5
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 19 23 Julie 2015 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan al ons personeel, leerders en ouers. Ons glo en vertrou dat julle almal goed uitgerus is. Sterkte vir die kwartaal wat voorlê. Ons sê ook welkom aan Ilené Oberholzer wat vanaf hierdie kwartaal tot aan die einde van die jaar in Monique Lemon se plek aangestel is. Sy is al ‘n ou bekende en ons weet dat sy sommer gou sal inpas. Oueraand en Inligtingsessie Die oueraand vind Maandag 3 Augustus vanaf 17:00 – 18:00 plaas. Die gr. R- tot gr. 7-personeel kan in die registerklasse gespreek word. Die inligtingsessie sal na afloop van die oueraand (18:15 – 19:00) in die saal plaasvind. Die doel van die sessie is om in gesprekvoering met ouers te tree en sodoende ‘n meer gestruktureerde kommunikasiekanaal daar te stel. Die beheerliggaam en skoolbestuur sal teenwoordig wees om na voorstelle, insette en terugvoering te luister. Hiermee ‘n vriendelike versoek dat u enige saak wat u graag op die agenda wil plaas, sal e-pos aan [email protected] voor of op 30 Julie 2015 om 10:00. Kaaptoer Baie dankie aan al die leerders en ouers wat die afgelope vakansie die Kaaptoer bygewoon en ondersteun het. Die leerders het Laerskool Fairland se naam hoog gehou. ‘n Spesiale dankie aan al die personeel wat die leerders op dié toer vergesel het. Personalia Baie geluk aan Charné (Writes) Augustyn wat tydens die vakansie in die huwelik getree het met Herman. Ons wens julle ‘n voorspoedige en geseënde lewe saam toe. Ons dink aan Hendrik Eloff en Verna van Greunen wat nog steeds behandeling ontvang. Van die personeel Mnr. Goosen, baie welkom terug. Die kwartaal het met ‘n spoed weggespring en ons sien daarna uit om die pad saam met jou te loop. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 1 Aug. Juniorkoor: NG Fairland 27 Jul. Skaak: Liga 24 Jul. Gr. R- Skoolgereedheidstoetse 4 Aug. Seniorkoor: Halleluja Koorfees 28 Jul. Hokkie: Dogters o/9 o/13 by LLG 28 Jul. 1ste stel Sport- en Kultuurfoto‟s 23 Aug. Juniorkoor: Sing in Harmonie - finaal 30 Jul. Hokkie: Seuns by LLG 28 31 Jul. LAPA Boekuitstalling (Jaco Jacobs 30 Jul.) 31 Jul. Krieket-aandreeks: o/11- en 1ste span by L/s Orion 29 Jul. VVF Dankie sê 3 Aug. Skaak: Liga 3 Aug. Oueraand 4 Aug. Hokkie: Dogters o/9 o/13 by LLG Ouerinligtingsessie 6 Aug. Hokkie: Seuns by LLG 5 Aug. ATKV-leesprojek (Gr. 6 & gr. 7) 11 Aug. Hokkie: Dogters o/9 o/13 by LLG 7 Aug. Kankerbewuswordingsdag 13 Aug. Hokkie: Seuns by LLG 10 Aug. Skoolvakansiedag 14 Aug. Krieket-aandreeks: o/11- en 1ste span by L/s Orion 14 Aug. Gr. R-Ouma en oupadag 17 Aug. Skaak: Liga 18 Aug. Battle of the Books 18 Aug. Hokkie: Dogters o/9 o/13 by LLG 20 Aug. Gr. R- en gr. 1- inligtingsoggend 20 Aug. Hokkie: Seuns by LLG 27 Aug. Gr. R-immunisering 24 Aug. Skaak: Liga 5 Sept. Kaskardag en Kuierfees 25 Aug. Hokkie: Dogters o/9 o/13 by LLG 8 Sept. ATKV- Junior Olimpiade, Huistaal 27 Aug. Hokkie: Seuns by LLG 31 Aug. Skaak: Liga 7 Sept. Skaak: Liga 14 Sept. Skaak: Liga

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ... · Dit is net ‘n paar van die plekke wat ons kinders die afgelope vakansie besoek het. Ek luister met ‘n gevoel van opwinding en

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 19 23 Julie 2015

Vinkie Laerskool Fairland

UIT DIE HOOF SE KANTOORBaie welkom terug aan al ons personeel, leerders en ouers. Ons glo en vertrou dat julle almal goed uitgerus is. Sterkte vir die kwartaal wat voorlê.Ons sê ook welkom aan Ilené Oberholzer wat vanaf hierdie kwartaal tot aan die einde van die jaar in Monique Lemon se plek aangestel is. Sy is al ‘n ou bekende en ons weet dat sy sommer gou sal inpas.Oueraand en InligtingsessieDie oueraand vind Maandag 3 Augustus vanaf 17:00 – 18:00 plaas. Die gr. R- tot gr. 7-personeel kan in die registerklasse gespreek word.Die inligtingsessie sal na afloop van die oueraand (18:15 – 19:00) in die saal plaasvind.Die doel van die sessie is om in gesprekvoering met ouers te tree en sodoende ‘n meer gestruktureerde kommunikasiekanaal daar te stel.Die beheerliggaam en skoolbestuur sal teenwoordig wees om na voorstelle, insette en terugvoering te luister.Hiermee ‘n vriendelike versoek dat u enige saak wat u graag op die agenda wil plaas, sal e-pos aan [email protected] voor of op 30 Julie 2015 om 10:00.KaaptoerBaie dankie aan al die leerders en ouers wat die afgelope vakansie die Kaaptoer bygewoon en ondersteun het. Die leerders het Laerskool Fairland se naam hoog gehou. ‘n Spesiale dankie aan al die personeel wat die leerders op dié toer vergesel het.PersonaliaBaie geluk aan Charné (Writes) Augustyn wat tydens die vakansie in die huwelik getree het met Herman. Ons wens julle ‘n voorspoedige en geseënde lewe saam toe.Ons dink aan Hendrik Eloff en Verna van Greunen wat nog steeds behandeling ontvang.Van die personeelMnr. Goosen, baie welkom terug. Die kwartaal het met ‘n spoed weggespring en ons sien daarna uit om die pad saam met jou te loop.

BELANGRIKE DATUMS

BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN

1 Aug. Juniorkoor: NG Fairland

27 Jul. Skaak: Liga 24 Jul. Gr. R-Skoolgereedheidstoetse

4 Aug. Seniorkoor: Halleluja Koorfees

28 Jul. Hokkie: Dogters o/9 – o/13 by LLG

28 Jul. 1ste stel Sport- en Kultuurfoto‟s

23 Aug. Juniorkoor: Sing in Harmonie - finaal

30 Jul. Hokkie: Seuns by LLG

28 – 31 Jul.

LAPA Boekuitstalling (Jaco Jacobs – 30 Jul.)

31 Jul. Krieket-aandreeks: o/11- en 1ste span by L/s Orion

29 Jul. VVF Dankie sê

3 Aug. Skaak: Liga 3 Aug. Oueraand 4 Aug. Hokkie: Dogters

o/9 – o/13 by LLG Ouerinligtingsessie

6 Aug. Hokkie: Seuns by LLG

5 Aug. ATKV-leesprojek (Gr. 6 & gr. 7)

11 Aug. Hokkie: Dogters o/9 – o/13 by LLG

7 Aug. Kankerbewuswordingsdag

13 Aug. Hokkie: Seuns by LLG

10 Aug. Skoolvakansiedag

14 Aug. Krieket-aandreeks: o/11- en 1ste span by L/s Orion

14 Aug. Gr. R-Ouma en oupadag

17 Aug. Skaak: Liga 18 Aug. Battle of the Books 18 Aug. Hokkie: Dogters

o/9 – o/13 by LLG 20 Aug. Gr. R- en gr. 1-

inligtingsoggend 20 Aug. Hokkie: Seuns by

LLG 27 Aug. Gr. R-immunisering

24 Aug. Skaak: Liga 5 Sept. Kaskardag en Kuierfees 25 Aug. Hokkie: Dogters

o/9 – o/13 by LLG 8 Sept. ATKV- Junior Olimpiade,

Huistaal 27 Aug. Hokkie: Seuns by

LLG

31 Aug. Skaak: Liga 7 Sept. Skaak: Liga 14 Sept. Skaak: Liga

2

REDAKSIEMosselbaai, Plet, George,Walvisbaai, Etosha,Dullstroom.Kruger, Ushaka, Botswana, Parys in die Vrystaat enParys in Frankryk,Kanada en Helsinki!Dit is net ‘n paar van die plekke wat ons kinders die afgelope vakansie besoek het. Ek luister met ‘n gevoel van opwinding en “ Ek-wil-ook”! Lekker groen van jaloesie brom ek iets oor Jan Tuisbly se karrretjie. Opgeblase en jammer vir myself kom ek op die eerste skooldag tuis. By die voordeur wag die yorkies my in met wriemelende lyfies en fladderende krulsterte, oorstelp van blydskap om my te sien. ‘n Mens sou dink ek was vir ‘n maand weg. Tot die afsydige kat skuur spin-spin teen my skene en wederhelfte draai met ‘n welkom-glimlag om en vra: “Koffie of tee?”En ek besef opeens dat ek ook tydens die vakansie op ‘n paar spesiale plekke was, plekke wat ‘n onvergeetlike impak op my lewe gemaak het. Hulle name is: Liefde en Waardering, Rus en Vrede, Lag ‘n slag en ... Oos, Wes, tuis bes. Ja-nee,soms reis jy die verste as jy reis na binne!Erika Joubert

KULTUURJuniorkoorOefening: 25 Junie 14:00 - 15:30Datums om te onthou:NG Kerk Fairland - 2 AugustusSing in Harmonie Finaal - 23 AugustusOnthou asb. om die woorde te leer vanaf die Pieter Koen CD!SeniorkoorWelkom terug na ‘n heerlike vakansie. Ons hoop almal is uitgerus en reg vir die nuwe kwartaal. Onthou die datum van die Sing in Harmonie finaal op 23 Augustus by Silverstar Casino. Oefentye:Dinsdae 17:00 tot 19:00 in die saal. Almal moet asb. die oefeninge bywoon. Skriftelike verskonings moet ingehandig word indien oefeninge nie bygewoon kan word nie.

SPORTKRIEKET (Begin op Maandag 20 Julie)Oefentye vir o/9- tot o/13-spanne:Maandae: 14:10 – 15:40Dinsdae en Woensdae: 13:45 – 15:15

HOKKIEDogtershokkieOefening begin Maandag 20 Julie. Die tye is as volg:Maandae: 14:15 - 15:30 Dinsdae: 13:45 - 15:00 (geen oefening as daar wedstryde is)Woensdae: 13:45 - 15:00Wedstryde vind elke Dinsdag plaas op Laerskool Louw Geldenhuys se velde op die volgende datums:Dinsdag 28 Julie Dinsdag 7 Augustus Dinsdag 11 AugustusDinsdag 18 Augustus Dinsdag 25 Augustus Dinsdag 1 SeptemberDinsdag 8 Septembero/7- en o/8-spanne: Oefentye: (Begin op Maandag 20 Julie)Maandae: 13:35 – 14:10Dinsdae en Woensdae: 13:05 – 13:40Seunshokkie-oefentye:Dinsdae: 13:40 - 15:40Donderdae: 14:10 - 15:10 (wedstryde word ook op Donderdae gespeel)TENNISSeniorsRondomtalie:Seniorseuns 29 Julie TrinityHouse RandparkrifTennisafrigting: gr. 1- en gr. 2-leerdersIndien daar enige belangstelling is, kontak asb. vir Philip Lawson (082 079-8531).SKAAKOefeningGr. 1 : Donderdag Na skool tot 14:15 Kamer 22Gr. 2 – 3 : Donderdag 14:00 – 15:00 Kamer 27Gr. 4 – 7 : Donderdag 15:00 – 16:30 Kamer 31LANDLOOPOefentye: Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00 Donderdag: 14:15 – 15:30Onthou om jou tekkies saam te bring!Mnr. Jordaan

INLIGTINGSENTRUM• ATKV-KinderboektoekenningAfgehandel en stembriefies is getel. Uitslae is deurgestuur na die ATKV se hoofkantoor en sodra ons hoor watter boeke is die wenboeke, sal ons berig daaroor plaas.

3

• ATKV-SpelathonMathilda Steyn, gr. 6 en Kyle Vorster, gr. 7 het Laerskool Fairland dié week verteenwoordig by die ATKV Spelathon se finale rondte. Ons is baie trots op die twee fenominale spellers!• LAPA-Boekuitstalling 29, 30 en 31 JULIETeken asb. die belangrike datums in u dagboek aan en kom maak gerus ‘n draai by Lapa se witwarm boekuitstalling van meestal Afrikaanse tonekrul-lekker boeke! Lapa-uitgewers het weer vir ons ‘n skrywersbesoek gereël saam met die uitstalling op Donderdag 30 Julie en dit is die alom-gewilde skrywer Jaco Jacobs wat ons weer kom besoek. Hy is die skrywer van die gewilde Professor Fungus, Bastian Blom, Zackie Mostert-reekse en nog vele meer! Moet dit beslis nie misloop nie!• ATKV-Leesprojek 2015Vraestelle word geskryf op Woensdag 5 Augustus. Die meeste van die boeke is reeds deurgelees. Fokus nou op die opsommings en sorg dat jy voor 5 Augustus die opsommings ‘n paar keer deurgelees het. • BATTLE OF THE BOOKS 2015Die gewysigde datum is gedurende die vakansie deurgestuur. Die eerste rondte vind plaas op Dinsdag 18 Augustus te Olivedale Openbare Biblioteek.Lekker leesgroete!Leanie Taljaard

ALGEMEENVERE-KASTye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Lillian Ankersmit082 324-5034AMESA Wiskunde-uitdaging FINALE RONDTE 2015Die finale rondte van die AMESA Wiskunde-uitdaging word op Woensdag 29 Julie van 14:00 – 15:00 by die skool geskryf. Leerders moet om 13:45 voor kamer 33 aantree en sal van ander skoolaktiwiteite verskoon word. Slegs ‘n potlood, uitveër en sakrekenaar word benodig.Ons wens hierdie leerders alle voorspoed toe!Graad 4:Duan Brittion Shané Mengel Gerrit Műller Wilhelm StrümpferStian van der Walt Francois van Zyl Lara Lategan Arno BrücknerJuan van der Merwe Emile Liebenberg Isabella du Toit Joshua van den BergEzaan Husselmann Jean Oosthuizen Liam Parsons Zack Jansen

Graad 5:Keelin Boake Carla Dannhauser Kyle de Vos Zelrie GagianoRuan Krause Dené Potgieter Lyné Olivier Ekhard RabieFranco Vosloo Juan Schoeman Zander van Niekerk André van GraanArno Janse van Rensburg Thanel van der Mescht Lourens Kruger Ben de BruynTwanette Meyer Caitlyn Rothmann Elize Naudé Raine PretoriusJuan Neveling Ruan Schoeman Anika Oosthuizen Ryan SnymanAlana Viljoen Christian Strauss Reinhard van Zyl Marcel SteynAndrea Beukes Zack van NiekerkGraad 6:Johann Beyers Neal Keyter Charles de Kock Manisha LotteringStefan du Plooy Xander Coetzee Ruben Kruger Rheinard FerreiraLuan Husselmann Izelle Pohl Lize-li Smit Lydia de BruynSchalk Viljoen Megan Townsend Michel CroukampGraad 7:FC Bezuidenhout Sebastian Mathot Berndt Schreuder Jason van der BijlShaun Wilson Keaghan Delport Pieter le Roux Zoë van BlerkCarl KrauseToediening van medikasie GR. 1 – 3Indien ‘n leerder ongesteld is en medikasie by die skool moet drink, moet u asb. die medikasie met duidelike voorskrif van die toediening aan die klasonderwyseres stuur.KANKERBEWUSWORDINGSDAG – 7 AUGUSTUS 2015Laerskool Fairland gaan vanjaar met hulle welwillendheidsprojek vir CANSA op 7 Augustus ondersteun. Kanker lê so baie van ons na aan die hart en daarom is daar besluit om ‘n vrywillige fondsinsameling te hou deur middel van ‘n muntlegging, wat deur elke graad ondersteun kan word. Ons gaan ook bandanas verkoop teen R10 elk sodat ons skool saam ons solidariteit kan wys aan kankerlyers.Ons is vreeslik opgewonde oor hierdie projek en sal meer inligting deurstuur.GR. 1.25 – BAIE DANKIE!‘n Woord van opregte dank aan al die leerders en ook ouers van gr. 1/25 vir my heerlike verjaarsdagpartytjie asook al die bederf-geskenkies! Julle is baie spesiaal!Juf. Marilet

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBANDSPORT BUITE SKOOLVERBANDDie volgende leerders het op Saterdag 20 Junie by die halfjaarlikse gradering van die Kano Instituut die volgende sertifikate verwerf:1/24 Ethan van Damme Oranjebelt1/27 Niel Marais Geelbelt1/27 Carlo Schoeman Geelbelt

4

LINDENPARK BASAARH.v. Bram Fisherrylaan en Centrallaan, Linden-uitbreiding. Saterdag 1 Augustus (09:00 tot 14:00)Verskeie stalletjies met handgemaakte ware, kerrie en rys, hamburgers, pannekoek, vetkoek ens.Aktiwiteite vir die hele familie, teetuin, skyfskiet, kaskarre, skattejag, kindermark, speletjies en vele meer.Bespreek ‘n marktafel en kom verkoop jou eie goedere.Tel: 011 782 0203 / [email protected] CLUB15 Holiday Club punte om te koop. Skakel: 0825622306.

2/14 Eric Beyl Oranjebelt3/12 Liam van Damme Oranjebelt3/13 Richard Steenekamp Geelbelt3/29 Hannes Alberts Geelbelt4/47 Juan-Gustav Schoeman Geelbelt

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL : BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUMDie derde kwartaal het begin, en nou…IS DIT TYD om in te skryf vir musieklesse! Ons bied lesse te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiekprogrammering.Anthea Clark, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum.JUSTINE VELSORGPRODUKTEOp soek na hoë kwaliteit velsorgprodukte spesiaal ontwerp vir die harde Suid Afrikaanse klimaat? Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 vir Justineprodukte soos Tissue olie vir vlekke en merke, “Anti-Aging” produkte en daai spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 10 bestellings kry 10% afslag!

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL : BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUM Die derde kwartaal het begin, en nou…IS DIT TYD om in te skryf vir musieklesse! Ons bied lesse te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiekprogrammering. Anthea Clark, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum. JUSTINE VELSORGPRODUKTE Op soek na hoë kwaliteit velsorgprodukte spesiaal ontwerp vir die harde Suid Afrikaanse klimaat? Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 vir Justineprodukte soos Tissue olie vir vlekke en merke, "Anti-Aging" produkte en daai spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 10 bestellings kry 10% afslag! LINDENPARK BASAAR H.v. Bram Fisherrylaan en Centrallaan, Linden-uitbreiding. Saterdag 1 Augustus (09:00 tot 14:00) Verskeie stalletjies met handgemaakte ware, kerrie en rys, hamburgers, pannekoek, vetkoek ens. Aktiwiteite vir die hele familie, teetuin, skyfskiet, kaskarre, skattejag, kindermark, speletjies en vele meer. Bespreek „n marktafel en kom verkoop jou eie goedere. Tel: 011 782 0203 / [email protected] HOLIDAY CLUB 15 Holiday Club punte om te koop. Skakel: 0825622306.

5

HELFTE A5 ASB. SHEREE!

Carina van Vuuren Opvoedkundige Sielkundige

Evaluerings, Terapie, Vak- en Beroepsleiding, Coaching. Mediese Fonds Tariewe.

148 Market str. Fairland 084 563 8334 011 431 3676

[email protected] www.exceptional-living.co.za

Exceptional-living