12
1 Visie: Gedring deur God se Liefde leef ons om Hom te verheerlik Missie: Geloof, Koinonia en Getuienis Jaargang 20__________________________________________1de Kwartaal 2019 DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die geleentheid om nuwe plekke te besoek. Padkaarte, ander se verduidelikings of GPS word gebruik om die regte pad te vind. Vir vele is die betroubare die beste. Andrew het nie van die “antie in die blik” (GPS) gehou nie. Hy het vooraf die padkaart bestudeer, wou die volledige beeld sien van waarheen hy gaan. Afgesien van die metode wat gebruik word, kom jy wel by jou bestemming uit. Vir ons daaglikse lewe is die erkende Padkaart die mees betroubare. Kyk ‘n keer in ‘n Konkordansie en sien hoe baie tekse daar oor die regte pad in die Bybel is. Die Israeliete moes vir veertig jaar deur die woestyn swerf, met ‘ n ompad en met ‘n vuurkolom snags en ‘n wolkkolom bedags as wegwysers. Hulle het nie vandag se goedversorgde paaie gehad nie en moes God se aanwysings gehoorsaam (Eksodus 13). Ook Deut 5 : 33: Bly op die pad wat die Here julle God vir julle aangewys het, sodat julle kan bly lewe en voorspoedig kan wees en …….” Ons dink ook aan Paulus en ander sendelinge se reise en die bewarende hand van die Here. Baie van ons het die Here in ons jong dae leer ken. Ps 119 : 9: Hoe kan ‘n jong mens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!” In die Bybel kry jy altyd die regte antwoord as die twyfeldae kom, soos in Jer 31 : 21: “Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop.” En ook nuwe moed soos in Jer 31 : 25: “Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.”

DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

1

Visie: Gedring deur God se Liefde leef ons om Hom te verheerlik

Missie: Geloof, Koinonia en Getuienis

Jaargang 20__________________________________________1de Kwartaal 2019

DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die geleentheid om nuwe plekke te besoek. Padkaarte, ander se verduidelikings of GPS word gebruik om die regte pad te vind. Vir vele is die betroubare die beste.

Andrew het nie van die “antie in die blik” (GPS) gehou nie. Hy het vooraf die padkaart bestudeer, wou die volledige beeld sien van waarheen hy gaan. Afgesien van die metode wat gebruik word, kom jy wel by jou bestemming uit. Vir ons daaglikse lewe is die erkende Padkaart die mees betroubare. Kyk ‘n keer in ‘n Konkordansie en sien hoe baie tekse daar oor die regte pad in die Bybel is. Die Israeliete moes vir veertig jaar deur die woestyn swerf, met ‘n ompad en met ‘n vuurkolom snags en ‘n wolkkolom bedags as wegwysers. Hulle het nie vandag se goedversorgde paaie gehad nie en moes God se aanwysings gehoorsaam (Eksodus 13). Ook Deut 5 : 33: “Bly op die pad wat die Here julle God vir julle aangewys het, sodat julle kan bly lewe en voorspoedig kan wees en …….” Ons dink ook aan Paulus en ander sendelinge se reise en die bewarende hand van die Here. Baie van ons het die Here in ons jong dae leer ken. Ps 119 : 9: Hoe kan ‘n jong mens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord!” In die Bybel kry jy altyd die regte antwoord as die twyfeldae kom, soos in Jer 31 : 21: “Rig vir jou padwysers op, bring vir jou rigtingborde aan, hou jou oog op die grootpad, op die pad wat jy moet loop.” En ook nuwe moed soos in Jer 31 : 25: “Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.”

Page 2: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

2

Die tyd het aangebreek dat ek na ‘n versorgingsoord (ou mense se koshuis) moet gaan. Dit is nie ‘n maklike besluit om ‘n bekende omgewing hiervoor te verruil nie. Dit verg dae en nagte se worsteling en daarby die wete: “Ek is alleen, sonder ‘n lewensmaat wat saam kan besluit!” Toe kry ek Ortberg se “As jy op die water wil loop, klim uit die boot” te lese. Petrus, die immer impulsiewe apostel, vra verlof: “Here, as….” Hy kon nie self die belangrike stap neem nie. Met die woord “kom” kry hy verlof. Sou jy of ek die moed gehad het om dit te doen? Die opdrag “kom” sluit ook die uitklim in. Petrus het geluister, uit die boot geklim en op die water geloop! Maar net solank sy oog op Jesus was! Toe hy sy oë van Jesus afneem, moes hy uitroep: “Here, red my!” “Klim uit die boot” was ook my voorbereiding. Ek het gebid en op die regte tyd was die regte kamer beskikbaar. Wanneer ons twyfel is daar elke keer hoop. Die storm bedaar nie elke keer nie, maar daar is elke keer die bevestiging van hulp. Ps 119 : 166 : “Ek vestig my hoop op hulp van U, Here, u gebooie gehoorsaam ek.” Ons voorouers moes met ossewaens ry. Een van hulle het dié wyse raad aan sy kinders gegee: “Wanneer dit te donker word om verder te gaan, span uit en wag tot dit lig is.” In die nuwe jaar sal ons ook donker tye beleef. Onthou dan om uit te span en vir die lig te wag. Na aanleiding van Spr 3 : 6 het ons as kinders die volgende koortjie gesing: “Ken Hom in al jou weë!” Mag 2019 voorspoedig wees, gevul met sy seëninge. Jes 30 : 21: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ‘n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.”

Joan Barry

Ns: Joan woon nou in Rusoord Centurion.

KERSSANG ONDER DIE STERRE – 16 DES Parys-Wes-gemeente het die inwoners van Parys weer genooi, heelparty het op Sondagaand, 16 Desember gekom en daar is lekker saam gekuier en piekniek gehou voordat daar kersliedere onder die sterre gesing is. Baie dankie aan Francois en Elizabeth wat die leiding geneem het. Dankie ook aan Dries en diegene wat met die reëlings gehelp het. Dit was weereens ‘n lekker geleentheid wat groot en klein baie geniet het. Kom ons maak aan die einde van hierdie jaar weer so.

Page 3: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

3

DIENSGROEP GETUIENIS BESOEK MPONENG PRIMARY SCHOOL Die Diensgroep Getuienis het Mponeng Primêre Skool verlede jaar op 7 Desember besoek. Die doel van die besoek was om die kinders bietjie te bederf voordat die skoolvakansie begin. Tydens hierdie besoek is die Jesus-film in Suid Sotho eers aan hulle vertoon op hul moderne projeksieskerm wat die Departement daar geïnstalleer het (wat ‘n plesier – jy prop net die rekenaar in en daar gaan hy). Nadat die kinders die film klaar gekyk het, is ons na Takwasa Youth Campsite waar die kinders heerlik gesmul het aan die vetkoeke, waatlemoen, koek en koeldrank wat aan hulle gegee is. Takwasa het ook heerlike fasiliteite waar ‘n groter groep mense saam kan kuier en piekniek hou. Soos al gebruiklik, is daar weer ‘n Bybel oorhandig aan die skolier wat in 2018 die beste presteer is. Die ontvanger vir 2018 was Thandiwe Mayila – hier saam met Dinie Prinsloo, ‘n lidmaat is van Parys-Wes en ‘n onderwyseres by Mponeng. (Foto: Dinie)

Klein mensies met groot vetkoeke WÊRELDBIDDAG VIR MANS Saterdag, 2 Maart 2019 het ongeveer 20 manne vanoor die hele Parys in NG Wes se kerkgebou byeengekom om te bid! Teen 07:00 daardie oggend het ons deel uitgemaak van mans die ganse wêreld oor wat hulself voor die Here verootmoedig het. Nadat ons ‘n gesang gesing het – ja, ons orrelis, Hermien Bosman, het ons klompie op die orrel begelei om die Here te loof en te aanbid met ‘n loflied, is die Bybel by een van die tekste wat nie in die 1983-vertaling voorkom nie, gelees. Die laaste gedeelte van die Onse Vader-gebed, wat meeste van ons sedert kindsbeen as logiese afsluiting ken – WANT AAN U BEHOORT DIE KONINKRYK EN DIE KRAG EN DIE HEERLIKHEID TOT IN EWIGHEID! AMEN! ‘n Hele aantal entoesiastiese gebede het mekaar met reëlmaat opgevolg waarna ons die mooi oggend gepas met die sing van die

Page 4: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

4

Ons Vader-gebed afgesluit het. Ons opregte bede is dat die Here al die gebede van daardie dag en elke ander dag deur sy kinders sal verhoor.

Barry van Wyk

WêRELDBIDDAG VIR VROUE

Dit was vanjaar NG Parys-Wes se beurt om die Wêreldbiddag vir Vroue aan te

bied en dit is deur Elizabeth Fourie gelei.

Elke jaar kom vroue regoor die wêreld op 1 Maart bymekaar om te bid. Elke jaar kry ‘n ander land se vroue ‘n beurt om ‘n tema vir die biddag te kies. Hierdie jaar het die biddag-boodskap gekom vanuit Slowenië. Slowenië was voorheen bekend as Joegoslawië, ‘n klein landjie met pragtige natuurskoon en berge, in Oos-Europa geleë, net noord van Kroasië. Wat geloof aanbetref is die inwoners hoofsaaklik Rooms Katoliek, maar daar is ‘n klein persentasie Protestante. Die vroue van Slowenië het ‘n wonderlike tema vir vanjaar se biddag gekies: “Kom … die Fees is gereed!” Hulle praat natuurlik van die Hemelse Fees, en van God se uitnodiging aan ons elkeen om dit by te woon, soos opgeteken in Lukas 14 vers 16-24. Daarmee saam, is ‘n pragtige

skildery geverf om die skrifgedeelte uit te beeld. Die kunstenaar verduidelik: “I wanted to present two topics: the country of Slovenia and the main biblical story of the invitation to the feast. On the top, women in the Slovenian national traditional costumes. The semi-circular

Page 5: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

5

ornament with Slovenian folk embroidery represents a plate or a table with our best known national dish cake - potica. Grapes are from vineyards from different wine producing regions. As an expression of love, the table is decorated with a red heart made with honey, and a Slovenian flower carnation. Under the table, one can see the children from the margins of the society. They heard the invitation to the feast. A homeless woman carries a child in her arms, a blind woman with arms in front already preparing for a step, a deaf person responds by changing the position of his head, a spastic girl’s involuntary movements shows her joyous acceptance of the invitation to the banquet. Colors of Slovenian folk embroidery were used, red and white. The green background color emphasizes the green Slovenia, fields and forests. The warm colors of children express the joy of heartfelt invitation.

Hierdie kunswerk beeld dus eintlik almal uit wat na die Fees oppad is – gebrokenes, blindes, verlamdes en armes … kort om, dis die mense wat gebuk gaan onder hierdie wêreld se seer, wat natuurlik maar almal van ons wat glo, insluit. Die vroue van Parys het in ‘n groot getal bymekaar gekom - en deur middel van ‘n gebed-sangdiens, God se uitnodiging na Sy Hemelse Feesmaal, weereens aangeneem. Te midde van die heerlike samesang en gebede, was die onmiskenbare teenwoordigheid van die Here. Dit was weereens ‘n baie spesiale geleentheid. Die foto (aangeheg) is geneem met die doel om dit na die vroue van Slowenië te stuur met ‘n groete-boodskap vanuit Parys. Hieronder, ‘n Gebed vir Vroue Biddag, en Ps 23 vir Vroue, waarvoor baie van die dames gevra het:

DANKGEBED Dankie ons Here vir U uitnodiging aan ons, om U Fees te mag bywoon. Hier is ons – ook maar net kinders, wat niks weet nie - Soms verlam deur hartseer, eensaamheid of radeloosheid Soms gestrem deur sonde, en ongeloof Soms blind vir al U klein en groot wonderdade in ons lewens en soms doof vir U stem van liefde .... Dankie vir genadetyd Dankie vir mede gelowiges wat ons optel en aanmoedig

Dankie vir U goue draad van liefde, geloof en oorwinning wat deur die eeue, tot vandag toe nog, in hierdie wereld gesien kan word. Ons prys U en neem graag U uitnodiging aan - Want U het alles gereed vir ons Ons prys U – Amen PS 23 VIR VROUE Die Here is my Herder, ek sal geen hartseer vrees nie Hy droog my trane, ja ek is ewig Sy dogter-kind! Wanneer ek, as vrou, die gevoel van alleen-wees ervaar

Page 6: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

6

Hou Sy hande myne stewig vas. Hy vertroetel en vertroos my met ‘n oneindige liefde Wat net Hy vir my kan skenk. Wanneer familie of vriende te ver is vir net-gou-‘n-drukkie-gee, Sal Hy gereedstaan. Want wie is daar wat beter van my vrou-wees weet?

En al gaan my lewe of verhoudings deur donker dae Sal Hy my altyd teen Sy boesem hou en daaraan herhinner: Ek is ekstra spesiaal, want ek is vrou!

Elizabeth Fourie

Foto: Francois Fourie Grafika aan begin: Gansbaai Courant – Feb 2014

DIENSGROEP DIENS VAN BARMHARTIGHEID Die nuwe jaar het begin en die Diensgroep is weer hard aan die werk. Ons wil weereens dankie sê aan gemeentelede vir hul bydraes. Met u finansiële bydraes en die fondsinsamelings van die Thabitagroep en hierdie Diensgroep, kon ons vir beide Charlotte Theron Kinderhuis (CTK) se Esterhof in Bethlehem en die seunshuis van Sasol Jeugsorgsentrum nuwe beddens koop. Op 2-3 Maart het Esterhof ons gemeente besoek. Baie dankie aan Damalachite wat die seuns geakkommodeer en bederf het met ‘n Spur-ontbyt, etes en aktiwiteite. Dit was definitief 'n hoogtepunt vir die seuns! Sondagoggend het die seuns wat wissel van +- 3 tot 12 jaar die diens by Parys-Wes saam die huismoeder Elsabé Lundie, haar man, Boet en Reinhardt

Page 7: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

7

en Alefare wat ook help by die huis, bygewoon. By die geleentheid het Elsabe Parys-Wes bedank vir hul volgehoue ondersteuning van CTK. Terug in Bethlehem het Elsabe die volgende boodskap gestuur: “Goeiemore. Ons het veilig gery. Nogmaals Baie Baie Dankie vir ‘n AWESOME naweek!!! Die kids kan nie uitgepraat raak daaroor nie”. Corina Grobbelaar ONS SENIOR BURGERS - 80 jaar en ouer Baie geluk vir die dag en seën vir die nuwe lewensjaar. “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Helige Gees!” Rom 15:13

JANUARIE 07 – Una Erasmus (86): Gaan redelik, bloeddruk wissel baie, een dag op en dan weer af. 09 – Tineke Botha (84): Sy het onlangs ‘n heupvervanging gehad, daar was komplikasies en sy moes terug hospitaal toe. Sy is nou uit die hospitaal en word tuis versorg. FEBRUARIE 02 – Karel Hammond (83): Hy beweeg moeilik, maar onder omstandighede gaan dit redelik.

03 – Len van Dalen (81): Bene gee in en hy beweeg baie moeilik. Verder redelik goed. 05 – Marie Lombard (83): Gaan goed onder omstandighede. Dankbaar vir goeie gesondheid. 17 – Coenie Pullen (87): Het haar man gedurende Desember verloor en dit was ‘n baie hartseertyd. Verder gaan dit goed. 19 – Hettie Wessels (87): Bene is pynlik, loop baie moeilik, maar verder gaan dit goed. 22 – Van Janse van Rensburg (92): Dit gaan goed, velkanker is redelik onder beheer. Hy kry elke dag krag van Bo! 24 – Joan James (83): Dit gaan baie goed, geen klagtes nie. 29 - Hannah Visser (83): Dit gaan goed. Kuier baie by die kinders.

MAART 01 – Isabel Cruywagen (82): Sy is nog baie bedrywig en aan die gang en geniet nog goeie gesondheid. 06 – Kobus Cronje (85): Gaan goed, gesondheid redelik, nie ernstige klagtes nie. 08 – Coenraad De Jager (95): Hy was twee weke in die hospitaal maar alles is weer reg en hy is baie dankbaar. 14 – Hannie van Eeden (82): Dankbaar dat dit goed gaan. Het twee heupver- vangings gehad en het nou geen ernstige klagtes nie. 27 – Babsie Stone (82): Gaan goed, osteoperose gee probleme maar sy bly nog aan die gang. 30 – Willie Burger (82): Met sy gesondheid gaan dit goed. Hy het nie klagtes nie en baie om voor dankbaar te wees.

Page 8: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

8

VALENTYNSDAG - PIK-EN-PROE – 10 FEBRUARIE 2019 Ons was vanjaar bietjie haastig en het reeds op Sondag, 10 Februarie aangetree met ons teelepels vir die Valentynsdag-pik-en-proe. Ons kon net nie tot 14 Februarie wag om weer die heerlike disse van die gemeente se dames en hier en daar dalk ook ‘n heer, te proe nie. Daar is weer lekker gekuier en ge-eet en na afloop van die ete het ons huistoe gegaan met die wete dat dit weer ‘n mooi geleentheid was – en dit is so belangrik vir die heil van die gemeente. Baie dankie aan almal wat die saal so mooi voorberei het. Dit het baie feestelik gelyk. Dankie ook aan elkeen wat ‘n dis gebring het. Dit was ,soos altyd, baie smaaklik. En dan natuurlik dankie aan elkeen wat daar was. Jul teenwoordigheid maak die geleentheid.

KERSKOSPROJEK 2018

Daar is gevra en die

gemeente het weereens

mildelike bygedra vir die

2018-Kerskosprojek. Elke

bietjie het gehelp om die

mooi bedrag van

R12 026.00 in te samel. Dit

word veral waardeer as

mens die huidige stand van

die ekonomie in ag neem.

Almal kry swaarder en die

ontvangers van die

kospakkies het feitlik niks.

Dit was dus vir ons ‘n groot voorreg om die kerskospakkies kort voor

Kersfees namens die gemeente uit te deel en te weet die ontvangers gaan

iets meer hê om gedurende die Kerstyd te eet.

Namens die Diensgroepe Getuienis en Diens van Barmhartigheid en

natuurlik ook die ontvangers van die kerskospakkies, wil ons die gemeente

Page 9: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

9

hartlik bedank vir hul bydraes.

Baie dankie ook aan Pride Milling vir hul ruim bydrae vir Parys-Wes se

kospakkieprojek sedert die einde van 2017. Ons kon nou uit die oortollige

geld van die Kerskosprojek, weer by Pride Milling 60x5kg sakkies mieliemeel

koop vir die volgende drie maande se kospakkies en Pride Milling het

dadelik gesê hulle skenk dan weer dieselfde hoeveelheid. Dit word

waardeer.

Foto: Ouma Emily Lethoba (88)(regs) en Maria Pule se pakkies word in

Tumahole afgelewer omdat ouma Emily nie meer Schonkenville toe kan stap

om dit te kry nie.

DOPELINGE BY PARYS-WES

Baie geluk aan die volgende ouers wat hul kindertjies in Januarie en Februarie 2019 laat doop het. Die ouers is nie almal van die gemeente nie maar van die grootouers wel. Baie geluk ook aan al die grootouers. Dit gebeur ook nie aldag dat twee van jou kleinkinders op dieselfde dag gedoop word nie en om die doop dan nog self ook te behartig, is uitsonderlik. Baie geluk Bernard Louis en Ina met die doop van Bernard Louis en Bernard Louis op 6 Januarie 2019. Foto: Bernard Louis Steyn en se ouers.

Van Naam Doopdatum Geboortedatum Ouers Van Wyk Bernard Louis 6 Januarie 2019 16 April 2018 Louis en Riëtte van

Wyk

Steyn Bernard Louis 6 Januarie 2019 30 Julie 2018 Abrie en Jolanda Steyn

Joubert Abigale 10 Februarie 2019

02 Mei 2018 Francois en Michelle Joubert

Van Niekerk

James Peter 10 Februarie 2019

06 Oktober 2011 Francois en Michelle Joubert

Van Wyk Diederik Phillippus

10 Februarie 2019

23 Januarie 2018 Hannes en Jana van Wyk

Selfs as jy op die regte pad is, sal jy omgery word as jy net daar sit.

Charles H. Spurgeon

Page 10: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

10

NUWE INTREKKERS – EERSTE KWARTAAL 2019

Hartlik welkom aan al die volgende lidmate en kinders wat die afgelope paar maande by Parys-Wes aangesluit het. Ons vertrou dat jul welkom voel in die

gemeente en wil jul graag uitnooi om aktief betrokke te raak by die verskillende aksies in die gemeente. Welkom ook aan al die kinders, wie se name ongelukkig nie op die lys is nie. Ons is seker julle gaan ook ‘n goeie tuiste by Parys-Wes vind. Kontak gerus die kerkkantoor om meer inligting

daaroor te kry.

Naam Van Adres Vorige

Gemeente Wyk Kontaknr

Johan Beukes Loopstraat 11c Hervormde Kerk, Parys Loop

079 4739594

Francois en Michelle Joubert Olienhoutstr 4

NG Derdepoort, Pretoria Cilliers

082 4457966

079 7324180

Frikkie en Petro Kruger Delverstraat 75A NG Parys-Suid Gradwell

083 4127431

072 5821222

Sybrand & Walda Strauss Sally Martin 422 NG Vredefort Sally Martin

082 5791305

082 5022724

Du Preez Strauss Sally Martin NG Vredefort Sally Martin -

Jorina Van Aswegen Van Collerstraat 38

NG Suiderstrand Delver

076 7400883

Marianne Van der Colff Eagle Nest 9

NG Hospitaalpark, Bfn De Villiers

056 8115189

Pierre en Chantelle

Van der Merwe

Gedeelte 60 Plaas Rooderand Venterskroon

NG Roossenekal Koppieskraal

078 3333519

078 0788391

Bert en Jakkie Visagie NG Swakopmund Koppieskraal

Rassie en kinders Erasmus Caroblaan 26 NG Parys-Suid Eike

082 8852499

Valerie Ellis Sally Martin 53 NG Lynwoodrif Sally Martin 082

2629276

Piet en Lasya Beukes Delverstraat 46 NG Taaibosspruit Hickman

082 6532162

Babes en Kobie Roberts Derdelaan 17b Parys End

078 9009200

‘n Ware vriend is iemand wat instap as die res van die wêreld uitstap.

Walter Winchell

Page 11: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

11

Vir langer as ses dekades ondersteun Geopende Deure vervolgde Christene regoor die wêreld deur die voorsiening van Bybels en dissipelskapsopleiding, asook praktiese en geestelike hulp sodat die vervolgde Kerk sterk en toegerus is om die Groot Opdrag te vervul … daar op die frontlinies van ons geloof.

Op Sondag, 10 Maart het ‘n verteenwoordiger van die organisasie Parys-Wes besoek en hy het die gemeente oor die werksaamhede van Geopende Deure ingelig. Die volgende inligting is verkry vanaf hul webwerf by www.opendoors.org.za en daar is heelwat meer beskikbaar.

HUL WERK Aan die hart van Geopende Deure se bediening is die strewe om bewustheid te skep en gebed aan te moedig vir die wêreldwye vervolgde Kerk. Ons stel verskeie hulpbronne aan Suider-Afrikaanse Christene beskikbaar om hulle bewus te maak van die behoeftes van die vervolgde Kerk en om ondersteuning deur gebed aan te moedig.

Geopende Deure is in meer as 60 lande betrokke by: Die verskaffing van Bybels en Christelike literatuur Leierskap- en dissipelskapsopleiding Die voorsiening van lewensonderhoud Persoonlike besoeke aan vervolgde gelowiges

Hoe kan jy betrokke raak?

• Word ‘n gebedskryger vir vervolgde Christene. Ontvang gereelde gebedsversoeke en nuus vanuit die vervolgde Kerk en bid vir hulle.

• Reis saam met Geopende Deure. Besoek en bemoedig vervolgde Christene regoor die wêreld.

• Bied finansiële ondersteuning: Ondersteun vervolgde Christene deur maandeliks, of eenmalig, by te dra tot projekte of behoeftes.

Geopende Deure kan gekontak word by e-pos [email protected] of telefoon +27 11 888 9341

Page 12: DIE NUWE PAD - Parys · DIE NUWE PAD Gedurende die vakansietyd is baie gery. Baie gaan vir hul jaarlikse vakansie-kuier, soms na ‘n bekende omgewing maar dikwels gebruik ons die

12

SINODALE KONFERENSIE VIR VROUELIDMATE – 16 FEBRUARIE 2019 Die Sinodale konferensie is deur vier afgevaardigdes van Parys-Wes, nl. Hortense Hugo, Madeleine Lategan, Hermien Bosman en Marie Lombard by Nampopark buite Bothaville bygewoon. Ons het die oggend in lieflike gietende reën uit Parys vertrek nadat Hortense die Here se seën op die dag gevra het. Nagenoeg 500 dames het die geleentheid bygewoon. Na registrasie en ‘n ligte ontbyt het die dag se verrigtinge begin. Dr Pieter van Jaarsveld (Moderator van die NG Kerk in die Vrystaat) het die byeenkoms met Skriflesing en gebed geopen. Sy boodskap was “Lig in die duisternis” en hy het gelees uit Jesaja 60 : 1 – 3: “Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring!” So moet ons lig in hierdie land van ons wees. Ons moet getrou bly aan die Woord van God en ligdraers in ‘n donker wêreld wees. Ansa Steyn (Voorsitter Vrouelidmate NG Kerk, Vrystaat) het die verwelkoming gedoen. Daarna het ons almal hartlik saam gesing. Dit was ‘n belewenis om soveel vroue te hoor sing. Die hoofspreker vir die dag was Lynette de Beer, ‘n baie goeie spreker en diep gelowige Christen wat ons aandag gehou en ons ook laat skaterlag het. Haar vraag aan ons was: “Weet jy wie jy is?” Ons is gedurig besig om onsself met ander te vergelyk. Die duiwel steel ons identiteit. Ons voel dikwels dat ons nie goed genoeg is nie, dat ons nie mooi genoeg aangetrek is nie, ens, ens. Ons kyk nie almal dieselfde na dieselfde dinge nie en ons oordeel mense te veel en het soms so ‘n vry sê oor ander. Ons moet weet wie ons is. God het aan ons gedink voordat ons gebore is! Die spreker het ook die verskillende persoonlikheidstipes behandel en daarop gewys dat sekere persoonlikhede nie met mekaar klaarkom nie. Die sonde het ons uitmekaar gedryf, maar God gee ons die genade om te verander. Ons is nie altyd so bekend met die Woord van God nie. As ons dit nie ken nie hou ons onsself met beuselagtighede op. Satan probeer gedurig om ons te laat twyfel en bring woede en onmin in ons lewens. Ons moet weet wie ons is, lewe volgens die Woord en gevul met die Heilige Gees sodat ons ambassadeurs in hierdie wêreld kan wees.

Marie Lombard

KONTAKBESONDERHEDE

Kontak asseblief die kerkkantoor by 056 811 5316 of stuur ‘n e-pos aan [email protected] indien enige van jou

kontakbesonderhede verander het.

Kommentaar of bydraes vir die Posduif kan gestuur word aan [email protected]. Jul is ook welkom om Hansie of Elize Bekker te skakel by 056 811 4754 of 082 820 4306.