4
Mills & Boon Boekklub Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede Januarie 2008 ’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons MILLS & BOON KLUBLEDE Brief van die REDAKTEUR ’n Gelukkige 2008 aan al ons lesers! Liewe lesers, Dis 2008 en ’n nuwe jaar vol splinternuwe uitdagings lê vir ons voor! En met nuwe voornemens. Mag 2008 vir almal hope geluk en goeie gesondheid bring, en heerlike leesgenot. En natuurlik ’n lang en gelukkige verhouding met die Mills & Boon Boekklub! Soos die meeste klublede sal onthou, het ons sowat ’n jaar gelede ’n vraelys uitgestuur om ’n profiel saam te stel en ’n opname te maak van wat ons klublede se voorkeure is. Daarom val ons hierdie nuwe jaar sommer weg met ’n splinternuwe opname om te hoor wat ons lesers nog graag in ons nuusbrief wil lees, en wat julle behoeftes is wat ons boeke betref. In 2007 het ons ’n opwindende liefdesverhaalwedstryd aangebied en ons wenner, Lelanie le Roux van Oudtshoorn, het reeds haar wenverhaalboeke ontvang. Maar ons kan nie nuwe planne maak met die klub en ons Hartsgedagtes-brief tensy ons weet wat ons lesers verkies nie. Ek doen dus GROOT asseblief ’n beroep op al ons klublede om ons vraelys, wat saam met hierdie maand se nuusbrief uitgestuur word, te voltooi. Dit sal verseker dat julle elke maand iets nuuts kry om te lees. En dié wat lus het, kan sommer ’n briefie insluit – dis altyd lekker om van nader met ons lesers kennis te maak! Help dus asseblief en sê wat julle dink. Mills & Boon Boekklub Aan die einde van 2007 het ons byna 3 000 Mills & Boon Klublede gehad. Dis aansienlik meer as waarmee ons sowat twee jaar gelede begin het en ons klub groei steeds. Die behoefte aan Afrikaanse ligte leesstof is die rede waarom ons klub so fluks groei en daarom wil ons graag ’n nuwe opname maak oor die voorkeure van ons klublede. Ons het met die vorige opname baie goeie reaksie van ons lesers gekry. Lesers was bereid om deel te neem en hulle mening te gee wat ons baie help om die nuusbrief volgens julle smaak saam te stel. Soos julle agtergekom het, het ons gedurende die afgelope jaar probeer om ons lesers se voorstelle in die nuusbrief aan te bied en hoop julle het dit geniet. Maar dis nou al weer meer as ’n jaar later en daar het heelwat nuwe lesers (en nuwe behoeftes) bygekom. Resultate uit ons vorige opname: a. Ideale hoeveelheid boeke per maand Ons vorige opname toon dat 60% van ons lesers graag vier of meer boeke per maand wil ontvang. Die opgraderingsopsies van die Boekklub is dus aangepas sodat lede tot ses boeke per maand kan ontvang. b. Mills & Boon-omnibus Die resultate het ons ’n goeie aanduiding gegee van wat ons lesers van ’n omnibus verwag. Nie minder nie as 77% van ons boekklublede verkies dat die omnibus uit ’n verskeidenheid reekse saamgestel word. Die 3-in-1 keurbundel van 2006 was dus ’n reusesukses en het heeltemal uitverkoop! c. Nuwe Mills & Boon-reekse Volgens 2006 se opname het 75% van ons lesers belangstelling getoon in spanningsliefdesverhale asook liefdesverhale met ’n Christelike inslag. Dit het gelei tot die bekendstelling van ons twee nuwe gewilde reekse, Intrige en Inspirerende Romans. d. Boekklub-nuusbrief Boekklublede het ook uitgewys dat hulle ’n groter verskeidenheid artikels in Hartsgedagtes wil sien, soos resepte, artikels oor diere, gesondheid en tuinmaak. Die Mills & Boon Boekklub-nuusbrief het ’n nuwe blaadjie omgeslaan en bied nou elke maand artikels oor hierdie onderwerpe. Hartsgedagtes het ook in 2007 ’n splinternuwe voorkoms gekry saam met die nuwe omslae van die M & B-romans. Ons lesers se mening is vir ons baie belangrik want daarsonder kan ons nie ’n suksesvolle boekklub of nuusbrief aanbied nie. En soos julle kan sien, neem ons die resultate van ons navorsing baie ernstig op! Ons wil graag die Boekklub aanpas volgens jul voorkeure sodat julle die maksimum leesgenot daaruit kan put, en sien dus uit na jul terugvoer! Só het ons gegroei! { { { 2005 2006 2007 { 2007 { 2005

’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Brief van die ... · ons het met die vorige opname baie goeie reaksie van ons lesers gekry. lesers was bereid om deel te neem en hulle mening

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Brief van die ... · ons het met die vorige opname baie goeie reaksie van ons lesers gekry. lesers was bereid om deel te neem en hulle mening

Mills & Boon Boekklub

Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede

Januarie 2008

’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Mills & Boon KluBlede

Brief van dieRedAKTeuR’n Gelukkige 2008 aan al ons

lesers!

Liewe lesers,

Dis 2008 en ’n nuwe jaar vol

splinternuwe uitdagings lê vir ons

voor! En met nuwe voornemens.

Mag 2008 vir almal hope geluk

en goeie gesondheid bring, en

heerlike leesgenot. En natuurlik ’n

lang en gelukkige verhouding met

die Mills & Boon Boekklub!

Soos die meeste klublede sal

onthou, het ons sowat ’n jaar

gelede ’n vraelys uitgestuur om ’n

profiel saam te stel en ’n opname

te maak van wat ons klublede

se voorkeure is. Daarom val ons

hierdie nuwe jaar sommer weg

met ’n splinternuwe opname om te

hoor wat ons lesers nog graag in

ons nuusbrief wil lees, en wat julle

behoeftes is wat ons boeke betref.

In 2007 het ons ’n opwindende

liefdesverhaalwedstryd aangebied

en ons wenner, Lelanie le Roux

van Oudtshoorn, het reeds haar

wenverhaalboeke ontvang.

Maar ons kan nie nuwe planne

maak met die klub en ons

Hartsgedagtes-brief tensy ons

weet wat ons lesers verkies nie.

Ek doen dus GROOT asseblief ’n

beroep op al ons klublede om ons

vraelys, wat saam met hierdie

maand se nuusbrief uitgestuur

word, te voltooi. Dit sal verseker

dat julle elke maand iets nuuts

kry om te lees.

En dié wat lus het, kan sommer ’n

briefie insluit – dis altyd lekker om

van nader met ons lesers kennis

te maak!

Help dus asseblief en sê wat julle

dink.

Mills & Boon Boekklub

Aan die einde van 2007 het ons byna 3 000

Mills & Boon Klublede gehad. dis aansienlik

meer as waarmee ons sowat twee jaar

gelede begin het en ons klub groei steeds.

die behoefte aan Afrikaanse ligte leesstof is

die rede waarom ons klub so fluks groei en

daarom wil ons graag ’n nuwe opname maak

oor die voorkeure van ons klublede.

ons het met die vorige opname baie goeie

reaksie van ons lesers gekry. lesers was

bereid om deel te neem en hulle mening

te gee wat ons baie help om die nuusbrief

volgens julle smaak saam te stel. soos

julle agtergekom het, het ons gedurende

die afgelope jaar probeer om ons lesers se

voorstelle in die nuusbrief aan te bied en

hoop julle het dit geniet. Maar dis nou al weer

meer as ’n jaar later en daar het heelwat nuwe

lesers (en nuwe behoeftes) bygekom.

Resultate uit ons vorige opname:

a. Ideale hoeveelheid boeke per maand

ons vorige opname toon dat 60% van ons

lesers graag vier of meer boeke per maand

wil ontvang. die opgraderingsopsies van die

Boekklub is dus aangepas sodat lede tot ses

boeke per maand kan ontvang.

b. Mills & Boon-omnibus

die resultate het ons ’n goeie aanduiding

gegee van wat ons lesers van ’n omnibus

verwag. nie minder nie as 77% van ons

boekklublede verkies dat die omnibus uit

’n verskeidenheid reekse saamgestel word.

die 3-in-1 keurbundel van 2006 was dus ’n

reusesukses en het heeltemal uitverkoop!

c. Nuwe Mills & Boon-reekse

Volgens 2006 se opname het 75% van

ons lesers belangstelling getoon in

spanningsliefdesverhale asook liefdesverhale

met ’n Christelike inslag. dit het gelei tot die

bekendstelling van ons twee nuwe gewilde

reekse, intrige en inspirerende Romans.

d. Boekklub-nuusbrief

Boekklublede het ook uitgewys dat hulle

’n groter verskeidenheid artikels in

Hartsgedagtes wil sien, soos resepte, artikels

oor diere, gesondheid en tuinmaak. die Mills &

Boon Boekklub-nuusbrief het ’n nuwe blaadjie

omgeslaan en bied nou elke maand artikels

oor hierdie onderwerpe. Hartsgedagtes het ook

in 2007 ’n splinternuwe voorkoms gekry saam

met die nuwe omslae van die M & B-romans.

ons lesers se mening is vir ons baie belangrik

want daarsonder kan ons nie ’n suksesvolle

boekklub of nuusbrief aanbied nie. en soos

julle kan sien, neem ons die resultate van ons

navorsing baie ernstig op! ons wil graag die

Boekklub aanpas volgens jul voorkeure sodat

julle die maksimum leesgenot daaruit kan put,

en sien dus uit na jul terugvoer!

Só het ons gegroei!

{ { {20052006

2007

{2007

{2005

Page 2: ’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Brief van die ... · ons het met die vorige opname baie goeie reaksie van ons lesers gekry. lesers was bereid om deel te neem en hulle mening

Mills & Boon Boekklub

Brief van dieRedAKTeuR (verv.)

Ons herinner julle ook net weer

aan ons 3-in-1 keurbundel wat in

November verskyn het. Dis heerlike

leesstof met verhale wat nog nie

aan ons klublede gestuur is nie.

Bestel dus gerus jou kopie as jy

nog nie een het nie.

Soos gewoonlik het ons ook weer

interessante brokkies uit Animal

Talk, ’n liplekker soetigheid-

resep uit Avokado (voor die goeie

voornemens om die vakansie se

oordadigheid weer af te skud,

begin), ’n kykie na die sterre se

voorspellings en natuurlik ons

blokraai.

Ons wens julle nogmaals ’n

voorspoedige 2008 toe en hoop ons

het nog jare se lekkerlees saam!

Nuwejaarsgroete,

Elizabeth

BoeKe vir volgende maandFyn uitgesoekte vrouLee Wilkinson

Valentina se skoonheid

sou op sigself die

biljoenêr Richard

Anders se aandag getrek

het – al het hy nie

genoeg rede gehad om

haar te verlei nie!

Richard, erfgenaam van die allerpragtige

Anders-kasteel, kan slegs verseker wees van

sy erfporsie indien hy met Valentina trou.

Valentina is smoorverlief op die aantreklike

heer wat haar skoon oorrompel het! in die

slaapkamer skenk sy hom haar onskuld,

voor die kansel haar woord – maar sal sy

ook haar hart aan Richard kan gee wanneer

sy die waarheid uitvind?

die Griekse biljoenêr se babawraakJennie Lucas

Vir Anna Rostoff was dit

opwindend om vir nikos

stavrakis te werk – tot

een noodlottige nag toe

die Griekse magnaat

met haar liefde maak . . .

Maar toe kry nikos vir hom ’n nuwe

minnares en Anna vlug. nege maande later

moet Anna ’n pap babatjie – en ’n gebroke

hart – versorg.

nikos is briesend toe hy ontdek dat Anna

sý seun weggeneem het – hy sweer dat hy

wraak sal neem! Hy sal Anna as sy bruid

besit, en haar leer wie baas is!

Beesboer en beskermerJudy Christenberry

Jason Barton met sy

staalgrys blik is ’n man

om mee rekening te

hou!

Rosemary Wilson

het pas haar huis en

haar erfenis verloor, maar sy laat haar nie

onderkry nie. ewe tuis in ’n sjiek pakkie as

in haar jeans op ’n perd se rug, weet sy ook

wat sy wil hê.

Toe Rosie en Jason onder die westelike

sterrehemel gestrand raak, raak dinge

gevaarlik. daar is net een plek waar Rosie

wil wees, en dit is in die arms van haar

cowboy – wat belowe het om haar te

beskerm!

’n soldaat vir KersfeesJillian Hart

Kelly logan val amper

op haar rug toe Mitch

dalton, die klasmaat op

wie sy destyds beenaf

was, die boekwinkel

binnekom. die verruklik

aantreklike man wil hê

sy moet hom help om ’n geskenk vir sy ma

uit te soek.

’n Vriendskap ontwikkel tussen hulle. Maar

Mitch vertrek binnekort na die Midde-ooste

en ná haar onstuimige grootwordjare glo

Kelly buitendien dat verhoudings gewaag

is. nogtans is daar ’n vae hoop in haar hart

dat die Goeie Vader dalk spesiale planne vir

hulle het . . .

Geheime agent en paDelores Fossen

Federale agent luke

Buchanan will net sy

seun opspoor en wraak

neem op almal wat

betrokke was by die

onwettige aanneming.

Toe hy oplaas die vrou opspoor wat sy

seun as haar eie grootgemaak het, is hy

vasbeslote om haar te laat boet omdat sy sy

seun van hom gesteel het.

luke is egter nie al een wat op elaina se

spoor is nie. iemand maak jag op haar en

hou haar bewegings noukeurig dop. die

oomblik toe luke die vrees in elaina se oë

sien, sweer hy ’n eed om haar en die baba

ten alle koste te beskerm. Maar wie gaan

hom beskerm teen die teer gevoelens wat

elaina in hom wakker maak?

’n dokter om voor te wagMargaret McDonagh

dokter Conor Anderson

word by die eerste

aanblik deur die locum

Kate Fisher bekoor. Haar

donker, sielvolle oë trek

hom soos ’n magneet en

agter Kate se afsydige

houding skuil daar ’n passievolle vrou. Maar

nie lank nie of haar verlede haal haar in . . .

Het die losbol-dokter eindelik sy ander

helfte ontdek? Kan hy Kate help om weer

heling te vind, weer haar pragtige oë laat

skitter?

Die Groot Ses verwys na

’n paar van suid-Afrika se

majestueuse voëls: die gompou,

breëkoparend, saalbekooievaar,

bromvoël, swart-aasvoël en die

visuil.

’n Groot Vyf vir soogdiere . . .

’n Groot Ses vir voëls . . .

’n Supertwaalf vir rugby-

spelers . . . Hoekom dan nie ’n

Groot Twaalf vir die insekwêreld

nie?

Het jy geweet daar is ’n paar

indrukwekkende soorte in suid-

Afrika: die reuse-naaldekoker,

Tafelberg se vlerklose kakkerlak,

termiet, blaasopsprinkane, reuse-

stokinsek, reuse-hotnotsgot,

reuse-waterwants, reuse-

mierleeu, reuse-sluipvlieg,

reuse-miskruier, mopaniewurm

en reuse-houtboorderby.

Die groot ses . . .

Mills & Boon Boekklub

Uit: Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia Uitgegee deur Zebra Press.

Page 3: ’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Brief van die ... · ons het met die vorige opname baie goeie reaksie van ons lesers gekry. lesers was bereid om deel te neem en hulle mening

Mills & Boon Boekklub

Breinkrag-BloKKiesRAAisel nr. 1

Kopiereg voorbehou: Anina Roux en Albé Grobbelaar © http://www.xword.co.za/Toestemming word hiermee verleen om hierdie blokkiesraaisel in een uitgawe van Jacklin uitgewers se Hartsgedagtes-nuusbrief te publiseer

dwars 6 skryfster van die Maasdorp-reeks, __ Blakemore

(6)

8 Groot ongeluk of ramp (6)

9 eskimohut (4)

10 sonder om aan eie belange te dink (8)

11 Resiteer of opsê (7)

13 na eie keuse (latynse afk.) (2,3)

15 landengte (5)

16 skrywer van The Jungle Book, Kim en Gunga

Din, Rudyard __ (7)

18 omkom deur gebrek aan lug (8)

19 nie dooierig nie (4)

21 Klein onderdeel van ’n geheel (6)

22 Koningin van die speurverhaal, __ Christie (6)

Af1 onvriendelik (4)

2 Gedrukte verslag van die verrigtinge in die

Parlement (7)

3 skrywer van Charlie and the Chocolate Factory,

__ dahl (5)

4 springsteen se oscar-liedjie, Streets of __ (12)

5 Gifstof in tabak (8)

7 skrywer van die Fritz Deelman-reeks en Die

Groot Verlange (4,8)

12 Aanhitser of opstoker (8)

14 iets eervols of iemand wat uitblink (7)

17 Ronderige vlekke (5)

20 Anna neethling- __ (4)

Dwars: 6 stella,

8 onheil, 9 iglo,

10 selfloos,

11 Voordra, 13 Ad lib,

15 ismus, 16 Kipling,

18 Versmoor, 19 Hups,

21 detail, 22 Agatha.

Af: 1 stug, 2 Hansard,

3 Roald, 4 Philadelphia,

5 nikotien,

7 leon Rousseau,

12 opsweper,

14 sieraad, 17 Kolle,

20 Pohl.

oplossing nr. 1

Mills & Boon Boekklub

Hierdie lekkernye sal tot twee weke in

die yskas hou – as dit nie voor die tyd

geheimsinnig verdwyn nie . . .

Genoeg vir 6

Tyd: 10 minute + vriestyd

Bestanddele:

20 oreo-koekies (hou 3 vir versiering)

1 liter vanieljeroomys

250 ml gesmelte sjokolade vir roomys

100 ml gesmelte sjokolade vir kolwyntjie-

doppies

250 ml styf geklopte room

125 ml neute (opsioneel)

Metode:

1. Breek oreo-koekies in groot stukkies en

meng met vanieljeroomys wat sag geword

het. (Hou 3 vir versiering.) Vou eers

helfte van 250 ml gesmelte sjokolade en

geklopte room in, en dan die ander helfte

van die sjokolade en die neute. Plaas in

vrieskas tot gevries.

2. Voer ’n silikon 6-muffinpan met die 100 ml

gesmelte sjokolade. Gebruik ’n kwassie.

Verf verskeie lae op sodat dit soliede

sjokoladedoppies vorm.

3. Plaas in yskas totdat sjokolade heeltemal

gestol het – sowat 20 minute.

4. Verwyder sjokolade uit die vorms en vul

met ’n skeppie of twee van die oreo-

roomysmengsel. Versier met ’n halwe

oreo-koekie.

KoM sit aan . . .

Oreo-roomys-kolwyntjiesOreo-roomys-kolwyntjies

Teken in op Avokado-tydskrif en ontvang 20% afslag as jy die Mills & Boon Boekklub

noem. Skakel hulle gerus by (011) 280-5787.

Uit: Avokado

Page 4: ’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Brief van die ... · ons het met die vorige opname baie goeie reaksie van ons lesers gekry. lesers was bereid om deel te neem en hulle mening

Mills & Boon Boekklub

sTeRWYseRsvir

Januarie 2008deur William Smith

ons diere . . . uit Animal Talk – uittreksel

ster van die maand: steenbok (22 des – 21 Jan)

Jy word gemotiveer deur

’n begeerte om beroemd

en ryk te wees – en die

drang na sukses stel jou

sonder uitsondering in

staat om alle struikelblokke

te oorkom. Hoe dit ook

al sy, soms is jy jou eie

grootste vyand omdat jy te

veel op jou neem. leer om

tevrede te wees wanneer

jy jou doelwit bereik het.

Teleurstelling kry jou nie

onder nie en jy reik telkens

weer boontoe. omdat jy

soveel waarde heg aan mag,

is jy nie besonder sensitief

of simpatiek nie, maar jy is

nogtans lojaal aan diegene

wat by jou staan. Hoewel

jy gewoonlik diplomaties is

en betroubaar wat jou lewe

en liefde betref, kan jy ook

koel berekenend wees in jou

strewe om te voldoen aan

jou wense en begeertes.

© 2007 Jacklin uitgewers, Posbus 521, Parklands 2121Mills & Boon Boekklub

SLIM pERD!

’n sweetvosmerrie, Kerry, het ’n skotse

boervrou se lewe gered toe die perd ’n

koei, wat die vrou aangeval het, geskop

het totdat die koei die aftog geblaas het.

Fiona Boyd het aan The Scotchman vertel:

“ek twyfel g’n oomblik dat Kerry my

gered het nie. As sy nie in dieselfde kamp

gewei het nie, was ek dood. Kerry was

fantasties. sy het my lewe gered.”

Mevrou Boyd was alleen by die huis op

hulle plaas Chapmanton naby Castle

douglas in skotland toe sy ’n kalfie

benoud hoor skree. sy het gaan kyk wat

aangaan en gesien die kalf het van sy ma

af weggedwaal. Mevrou Boyd het besluit

om die kalf en sy ma saam in ’n hok te

jaag, maar toe sy naby die kalfie kom, het

die koei skynbaar uiteindelik ook die kalf

se gekerm gehoor en op mevrou Boyd

afgestorm en haar onderstebo gestamp.

Toe mevrou Boyd probeer regop kom, het

die koei haar weer omgestamp en toe met

haar volle gewig bo-op die vrou geval.

Terwyl mevrou Boyd onder die dier

probeer uitkom het, het sy gesien hoe

Kerry, haar 15-jaar oue sweetvosmerrie

wat in dieselfde kamp gewei het,

aangehardloop kom en wild na die koei

begin skop. Te midde van die stryd

tussen die twee diere, het mevrou Boyd

daarin geslaag om onder die koei uit

te kom en ses meter ver tot onder ’n

elektriese heining te kruip. sy het dit

uiteindelik reggekry om haar man wat in

’n ander kamp gewerk het, te roep en hy

het haar hospitaal toe geneem.

Fiona Boyd sê: “Koeie is gewoonlik

vreedsame diere, maar dié koei wou

sekerlik net haar kalf beskerm. ek moes

nie die kalf alleen probeer aanjaag het nie

en sal dit vir seker nie weer doen nie.”

So ’n getroue perd moet

’n medalje kry!

Vir meer inligting oor die Animal Talk-tydskrif, skakel hulle gerus by (011) 468-2090.

Voorspoedige nuwejaar!

♦ Hy is jou vriend, jou maat, jou beskermer, jou hond. Jy is sy lewe, sy liefde, sy leier. Hy sal joune wees, getrou en opreg, tot die dood toe. Jy is dit aan hom verskuldig om soveel toewyding te verdien. – onbekend.

♦ Honde is nie ons hele lewe nie, maar hulle maak ons lewe heel. – Roger Caras

♦ Jy sal altyd gelukkig wees as jy weet hoe om met ’n vreemde kat vriende te maak. – Amerikaanse gesegde