8
VANOGGEND SE FAMILIEDIENS DS ANTON DUVENHAGE (EFESIËRS 4: 1 -16) Gedurende die feesseisoen het ek meer as eenkeer die aanmerking gehoor: “Daar is „n hoër mag - maak nie saak deur watter godsdienstige kanale mens tot hierdie 'mag'/ entiteit bid nie, solank mens met oortuiging bid sal mens ok wees.” Jesus self reageer op hierdie stelling in vandag se teksgedeelte wanneer Hy sê: “EK (slegs JESUS) is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader BEHALWE deur My nie.'' - Joh. 14: 6. Solus Christus! Die enigste manier hoe ons die Trinitêre God kan verstaan is as ons eerste vir Jesus verstaan - Jesus is immers ons vertrekspunt. Daar is geen ander naam nie! Slegs in Jesus vind ons vreugde, vrede en vryheid. Geen wêreldse owerhede kan die heerlikheid van die Here beïnvloed of ondermyn nie, aangesien Hy reeds die dood oorwin het. Gee ons nog aan Hom al die eer? Verstaan ons nog die woord wat ons bid wanneer ons sê: “in Jesus naam”? Vriende, Jesus Christus is die ENIGSTE weg tot die Vader. Welkom vanoggend in Sy huis! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Gemeenteontwikkeling Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Sê nou ons verwelkom jou vanoggend en ons bid jou toe: Mag die jaar 2017 „n jaar van vrees wees, vrees vir die Here! Wat hoor jy as ons vir jou „n jaar van vrees toebid ...? Wat is jou reaksie Moet ek bang wees vir God want Hy gaan my straf...? Dink weer: Hoor wat sê jou Bybel: Lees Deuteronomium 10v12, 20-21 (OV): “En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al Sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel. Die HERE jou God moet jy vrees. Toegegee, vrees neem verskillende gestaltes aan: Daar is baie om te vrees en om voor bang te wees, soos byvoorbeeld geweld en mishandeling. Maar dit is negatiewe vrees. En dit is nie hierdie soort vrees wat die Woord van ons vra nie. Daar is ook „n positiewe vrees: Vrees soos vir ongelukke help ons juis om versigtig te bestuur. Vrees vir siekte help ons om gesond te eet en te leef. Vrees vir mislukkings help ons om hard te studeer en werk. Nee, die kind van God is nie bang vir God nie. Ons het ook geen rede om vir Hom bang te wees nie. Ons het immers Sy belofte dat niks ons kan skei van Sy liefde vir ons nie (Romeine 8v38-39). Ons het Sy belofte dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat nie (Hebreërs 13v5). Ek vrees wel die gevolge as ek soos die verlore seun, van die Vader wegloop. Ek vrees die gevolge as ek die nuwe jaar instap sonder om Vader se hand se neem. Ons bid jou toe „Vrees-vir-die-Here‟ vir 2017 - Mag die jaar 2017 „n jaar van vrees vir die Here! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 15 JANUARIE 2017 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 22 JANUARIE DR WILHELM BURGER NUWE REEKS BEGIN 22 Jan - 12 Feb Reformasie 500 Teks: Ef. 2:1-10 1. Hoe verstaan jy vers 1-3? 2. Wat is jou definisie van sonde? 3. In vers 4-7 word die karakter van God beskryf. Is dit hoe jy Hom ervaar? 4. Vers 8-10 is goeie nuus! Hoe sal jy dit in jou eie woorde met iemand deel? 5. Waarom leef baie mense nog met onsekerheid oor hulle redding? Ons bid vir die reeks en die vernuwing van ons geloof. AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DS ANTON DUVENHAGE Ons nooi u almal hartlik uit. Kom as gesin, as vriende, as familie U is almal baie welkom! Teentrixgroepe na die diens.

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · 15 JANUARIE 2017 TEKS VIR DIE WEEK DR WILHELM BURGER NUWE REEKS BEGIN ... WOENSDAG 18 JAN Here, ons weet dat dit ʼn nuwe jaar en ʼn nuwe dag in ons lewensboek

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

VANOGGEND SE FAMILIEDIENS

DS ANTON DUVENHAGE (EFESIËRS 4: 1 -16)

Gedurende die feesseisoen het ek meer as eenkeer die

aanmerking gehoor: “Daar is „n hoër mag - maak nie saak

deur watter godsdienstige kanale mens tot hierdie 'mag'/

entiteit bid nie, solank mens met oortuiging bid sal mens

ok wees.” Jesus self reageer op hierdie stelling in vandag

se teksgedeelte wanneer Hy sê: “EK (slegs JESUS) is die

weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die

Vader BEHALWE deur My nie.'' - Joh. 14: 6. Solus Christus! Die enigste manier hoe ons die Trinitêre God

kan verstaan is as ons eerste vir Jesus verstaan - Jesus

is immers ons vertrekspunt. Daar is geen ander naam nie!

Slegs in Jesus vind ons vreugde, vrede en vryheid. Geen

wêreldse owerhede kan die heerlikheid van die Here

beïnvloed of ondermyn nie, aangesien Hy reeds die dood

oorwin het. Gee ons nog aan Hom al die eer? Verstaan ons nog die woord wat ons

bid wanneer ons sê: “in Jesus naam”? Vriende, Jesus Christus is die ENIGSTE weg

tot die Vader. Welkom vanoggend in Sy huis!

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Gemeenteontwikkeling

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Sê nou ons verwelkom jou vanoggend en ons bid jou toe:

Mag die jaar 2017 „n jaar van vrees wees, vrees vir die Here!

Wat hoor jy as ons vir jou „n jaar van vrees toebid ...?

Wat is jou reaksie – Moet ek bang wees vir God want Hy gaan my straf...?

Dink weer:

Hoor wat sê jou Bybel:

Lees Deuteronomium 10v12, 20-21 (OV): “En nou, Israel, wat eis die HERE jou God

van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al Sy weë te wandel en Hom lief te

hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel. Die HERE jou

God moet jy vrees.

Toegegee, vrees neem verskillende gestaltes aan: Daar is baie om te vrees en om

voor bang te wees, soos byvoorbeeld geweld en mishandeling. Maar dit is negatiewe vrees. En dit is nie hierdie soort vrees wat die Woord van ons vra nie.

Daar is ook „n positiewe vrees: Vrees soos vir ongelukke help ons juis om versigtig te

bestuur. Vrees vir siekte help ons om gesond te eet en te leef. Vrees vir mislukkings

help ons om hard te studeer en werk.

Nee, die kind van God is nie bang vir God nie. Ons het ook geen rede om vir Hom bang

te wees nie. Ons het immers Sy belofte dat niks ons kan skei van Sy liefde vir ons

nie (Romeine 8v38-39). Ons het Sy belofte dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat

nie (Hebreërs 13v5). Ek vrees wel die gevolge as ek soos die verlore seun, van die

Vader wegloop. Ek vrees die gevolge as ek die nuwe jaar instap sonder om Vader se

hand se neem.

Ons bid jou toe „Vrees-vir-die-Here‟ vir 2017 -

Mag die jaar 2017 „n jaar van vrees vir die Here!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

15 JANUARIE 2017

TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 22 JANUARIE

DR WILHELM BURGER

NUWE REEKS BEGIN

22 Jan - 12 Feb

Reformasie 500

Teks: Ef. 2:1-10

1. Hoe verstaan jy vers 1-3?

2. Wat is jou definisie van

sonde?

3. In vers 4-7 word die

karakter van God beskryf.

Is dit hoe jy Hom ervaar?

4. Vers 8-10 is goeie nuus!

Hoe sal jy dit in jou eie

woorde met iemand deel?

5. Waarom leef baie mense

nog met onsekerheid oor

hulle redding?

Ons bid vir die reeks en die

vernuwing van ons geloof.

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

DS ANTON DUVENHAGE

Ons nooi u almal hartlik uit.

Kom as gesin, as vriende,

as familie U is almal baie

welkom!

Teentrixgroepe

na die diens.

DINSDAG 17 JANUARIE Sopkombuis

WOENSDAG 18 JANUARIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Kom kyk gerus.

DONDERDAG 19 JANUARIE 16:00 GESAMENTLIKE VROUE GEBEDSGELEENTHEID by die VGK Mount Pleasant. Kom bid saam met die vroue van die dorp.

SONDAG 22 JANUARIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Rooitrein en Bybelgroepe tydens die diens.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 24)

NUWE INTREKKERSTEE direk na die Erediens (Sysaal). Ons nooi alle nuwe intrekkers om saam te kom kuier!

18:00 AANDDIENS & TEENTRIX

NEEM ASB KENNIS: GEMEENTE BASAAR - DATUM SKUIF NA 29 APRIL 2017

KATEGESE EN TEENTRIX

Liewe jongmense, ons is baie opgewonde oor 2017 en om die jaar saam met julle te leer, speel, kuier en aanbid.

Hier is „n lys waar al die Bybelgroepe kinders tydens die erediens in die oggende bymekaar kom. Teentrix groepe

kom in die aandie na die diens bymekaar in die sentrum. Ons bid dat julle die groepe sal geniet en sommer baie van

God, Jesus en die Heilige Gees sal leer.

Hierdie jaar begin ons met nuwe reekse vir die kinders en het boekies aangekoop daarvoor. Ons vra daarom asb dat

ouers in die volgende weke

"Registrasiefooie" vir elke kind kan

betaal om hierdie kostes te dek:

Rooitrein kinders - Geen

Bybelgroepe - R50 per kind

Teentrix - R80 per kind

Hierdie fooie kan in die klassies betaal

word. BAIE DANKIE!

Vir enige navrae, kontak asb vir

Roeleen Wessels op

082 679 2792

of

[email protected]

SIEN JULLE SONDAG!

FAMILIEDIENSTE /TOERUSTINGSONDAG

(Eerste Sondag van kwartaal en/of

Eerste Sondag van die maand)

Liewe vriende, ons wil graag hierdie jaar nog meer

aandag aan ons families gee, en daarom is dit met

groot opgewondenheid dat ons aan die begin van

2017 kan sê: „‟Ons is „n familie‟‟! Ons belydenis stop

immers nie daar nie. Hierdie jaar maak ons erns

daarvan om by geleentheid die HELE familie deel te

maak van die erediens – elkeen het „n plekkie en

elkeen is belangrik.

Die familiedienste gaan daarop fokus om die hele

familie (oupas, oumas, ma, pa, enkelopendes, tieners,

kinders, kleuters en babas) bymekaar te bring.

Ons nooi dus spesiaal ons Teentrix kinders na die

oggende se familiedienste.

Na die diens gaan daar vele geleenthede wees vir

toerusing. Daar gaan in die sentrum en sysaal ak-

tuele onderwerpe wees wat ons onder mekaar kan

bespreek (vir oud en jonk).

Daar gaan ook in die verskeie lokale na die diens kur-

susse / toerustingsgeleenthede wees o.a. kort dissi-

pelskap opleiding, Padlangs reeks vir jong ouers,

ondersteuning en leiding vir afgetredenes ens ens.

(Hou die Hartklop dop volgende week vir „n lys - ons

begin op Sondag 5 Februarie. As familie in Christus

wil ons mekaar so toerus om nóg meer van „n verskil

by ons huise en in die gemeenskap te maak. Kom ons

bid saam vir hierdie wonderlike geleenthede!

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

Here, Ons God en Vader, vandag buig ons laag

voor U met vreugde in ons hart. Here, dankie

vir die Christusfees wat verby is. Dankie vir familie en vriende wat saam met

ons dit geniet het. Dankie Here, dat U hulle behoed en bewaar het op ons

besige paaie.

GEBEDSBLAD

WEEK 16 - 22 JAN

MAANDAG 16 JAN

Vader, ons begin ʼn nuwe jaar. Kinders begin met

ʼn nuwe skool jaar. Vader, ons dra ons kinders en

onderwysers op aan U en ons bid vir kalmte, rustigheid en gehoorsaamheid

aan ouers en onderwysers. Ons bid vir elke kind in ons skole en in ons land.

DINSDAG 17 JAN

Here Jesus, met ons nuwe jaar, is daar baie

dinge waarvoor ons bid. Gee ons die genade

om ook hierdie jaar U, Ons Vader, Seun en Heilige Gees met ons daaglikse

lewe te vertrou. Ons besef dat daar is geen probleem in die lewe wat nie

anders begin lyk as wanneer ons dit ʼn saak van gebed maak nie. Dankie vir

U liefde en genade.

WOENSDAG 18 JAN

Here, ons weet dat dit ʼn nuwe jaar en ʼn

nuwe dag in ons lewensboek is. Here, ons

gebed is dat U vandag vir ons met liefde daarop skryf, dat ons dag gevul was

met Jesus-liefde, met vrede in ons hart teenoor vriende, familie en elkeen

met wie ons in aanraking gekom het. Blydskap vir die genade wat ons van U

ontvang het.

DONDERDAG 19 JAN

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Dierbare Vader, vir hierdie week wat verby is, weet

ons dat U ons toegevou het in U Vader arms.

Dankie vir U Liefde, U Vreugde, U Krag, U Beskerming en U seën. Ons bid dat

U met ʼn glimlag sal afkyk na ons en weet dat ons hierdie week ander in ag

geneem het en van U wonderlike liefde en genade vertel het. Seën ons

vandag met U Vader liefde.

VRYDAG 20 JAN

Francois Goosen Chemo

Adriaan van Niekerk Verswak

Mariska Wagenaar Kanker

Jan Hendrik Malan Chemo

Marita Venter Herstel tuis

Chantelle Theron Kanker

Koos van Rooyen Hartomleining

Jannie Smit Operasie (kanker)

Piet Hoffman Chemo

Ester Bester Verswak

Amanda Symington

Lynette Crafford Bestraling

Jan Eksteen Longe

Piet Haumann Behandeling

Mike Swart Hospitaal (ernstig)

Carel Roux Behandeling

Betsie de Vries Herstel

Eben Kotze Operasie

Berry Pflügler Operasie gehad

Krappies Carstens

Elize Malan Heup

Marichen van Wyk Kniegvervanging

Gawie Liebenberg 9-ster

Hennie Botha Geval

MEEGEVOEL met die familie van Kosie & Ansie

de Villiers met heengaan van Suretha

DIE DROOGTE: Dank vir reën in groot dele

van die land, maar daar is nog „n waterskaars

droogte in die Wes-Kaap. Ons is op ons knieë.

BRANDE: Ons bid vir al die persone wat ge-

raak is deur die brande is veral die Wes-Kaap.

Ons bid ook vir die brandbestryders, dat U

hulle sal hernu met U krag. Here, wees asb

genadig! Ons bid ook vir boere waar weiding af-

gebrand het. Jahwe Jire (die Here voorsien)

ONS BEGIN DIE JAAR MET 'N LIED

Rig jou oë op Jesus, Turn your eyes upon Jesus,

Wie sal ooit die wonder kan peil Look full in His wonderful face,

Alle aardse dinge word nietig en klein, And the things of earth will grow strangely dim

In die lig van Sy luister en heil. In the light of His glory and grace.

Bly volhard soos atlete Keep your eyes upon Juses

Dis God wat ons wedloop bepaal Let nobody else take His place,

Daars 'n skaar verlostes wat wag So that hour by hour you will know

om die baan His power

Dat ons almal die wenstreep sal haal Till at last you have run the great race.

VOETSPORE “Met my hele hart soek ek U,Wees genadig soos U beloof het” (Ps 119 : 58 in NLV)

Waar lê jou voetspore? Ons almal laat voetspore op die lewenspad na. Hoe lyk joune?!!

Jou fisiese spore sowel as die geestelike spore. Ons ken die verhaal van die seuntjie wat in die sneeu agter sy pa

aangeloop het - in sy (pa) se spore. Dit is fisiese spore, maar dit het ook 'n geestelike uitwerking gehad - op pa en

seun.

Wie loop in jou spore? - jou kind of dalk die persoon vir wie jy 'n mentor kan wees, of dalk iemand wat jou dophou.

Jesus het vir sy dissipels gesê 'volg my'. Hulle het sonder aarseling dit gedoen en wat 'n verskil het dit nie in hulle

lewens gemaak nie.

Onthou jy die een ry voetspore toe Jesus jou gedra het? Dit was woesyntyd en dit was swaar. Hy het jou nie net

daar afgegooi nie – Hy dra jou nog steeds – dit is jy self wat soms afklim en dink jy kan alleen aangaan.

Nou - as jy so deur Hom gedra word, dan kan ander mos maar jou voetspore (eintlik Sy voetspore) volg. Dink net

hoe dit iemand se lewe kan beïnvloed!

Dink asseblief hieroor na en wat dit in jou eie lewe beteken. Lees asb 1Kor 10 : 21 – 11 : 1 (NLV)

1Kor 10 : 33b “Ek soek nie my eie voordeel nie, maar dié van baie ander met die oog op hulle redding. Volg dan my

voorbeeld, soos ek weer Christus s'n volg.”

LOOF DIE HERE AL WAT LEWE WIL HOM DANK EN HULDE BRING –

HY HET AL ONS SKULD VERGEWE; ONS 'N NUWE LIED LAAT SING .

Kom ons bely ons ongehoorsaamheid en dan kan ons skoon voor die Vader staan in gebed.

Ons bid elke eerste Woensdag van die maand saam met die VGK

Gemeentes van Hawston, Mount Pleasant en Zwelihle vir 24 uur. U bid

by u huise en so verenig ons in gebed vir ons gemeenskap. Bid asb saam!

GEBEDSWAG een

1 FEBRUARIE 2017

GEBED

Ps 116 : 1 – 2 “Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebede.

Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe.”

ONS BID VIR DIE JAAR WAT VOORLÊ

1 Ons land in 'n deurmekaar wêreld.

2 Dat elkeen van ons waar ons woon of werk, 'n positiewe bydra sal lewer tot voordeel van ons medemens en die

uitbreiding van sy kennis van God en Sy liefde en genade vir elke mens.

3 Ons skoolkinders en studente om getrou te werk met 'n doel voor oë en om uit te sien na die toekoms. Ons bid

dat hierdie jongmense deur die Here geseën sal word met Sy vrede en lewensblyheid.

4 Vir ons dorp Hermanus. Vir 'n tydperk van voorspoed en seën vir al die inwoners van die verskillende woonge-

biede en die besighede.

5 Vir al die spesiale mense : Die Burgermeester en almal betrokke by ons dorp se administrasie; die Brandweer;

Polisie; Dokters en Verpleegpersoneel; Onderwysers en Jeugleiers; Versorgers van Seniors, Gestremdes en

Siekes. Ons verskillende Kerke en Predikante.

Dit is 'n nuwe jaar – 2017 – en die pad lê voor. Mag die Here jou seën en jou paaie gelyk maak !!

LOOF DIE HERE, WANT HY IS GOED! SY GOEDHEID DUUR VIR ALTYD

(Ps 118 : 1)

ONS BID VIR … PREEKREEKS WAT BEGIN SONDAG 22 JANUARIE - 12 FEBRUARIE

(Ds Wilhelm Burger)

Met die oog vanjaar se groot viering van 500 jaar

sedert die Hervorming gaan Wilhelm die volgende

vier Sondae oor die volgende tema's praatl:

Splinternuwe ou waarhede vir vandag

22 Jan - Geloof is ongelooflik belangrik

(Sola Fidei)

29 Jan - Christus sigbaar in wyn en water

(Sola Christi)

05 Feb - Die Woord in kindertaal

(Sola Scriptura) (Familiediens)

12 Feb.- Goedkoop genade? (Sola gratia)

Ons vier Reformasie 500 saam met die gereformeerde

kerke wêreldwyd. Dit is 'n geleentheid om die hart van ons

geloof weer af te stof en nuut te besin oor wat ons glo.

U is baie welkom om u vriende, bure, hele familie saam te bring.

Welkom!

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kom maak u gerus mooi vir 2017. Vir ’n afspraak, kontak Ester op 081 453 8130. Welkom!

KLINIEK 10h00 – 12h00: Maak 'n afspraak by sr. Ronel Calitz by 073 152 5623. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir Ronel.

TRIMGIM IN DIE ONSTEATER OM 14h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die slaapkamer vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed.

10h00 - 12h00: KOM BREI SAAM of kom wees kreatief saam met dr. Hoepie Howell - 'n bekende psigiater in Hermanus. Sit rustig, brei/wees kreatief en luister na haar voorlesings. NAALDWERK: Bring u klere om reg gemaak te word (9h30 - 10h00). Rita Ferreira staan gereed om u te help. Tel: 028 316 2981.

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 16 - 20 JAN

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 16 JANUARIE (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 17 JANUARIE

WOENSDAG 18 JANUARIE

DONDERDAG 19 JANUARIE

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting Prys op aanvraag

KONTAK NOMMERS

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

JUKSKEI Ons wil baie graag die jukskei baan by die Dienssentrum ge-

bruik. Dit raak nou lekker weer en die oefening is goed vir die

bene en die spiere! Indien u belangstel om saam te kom speel

by die jukskeibaan kontak asseblief vir Joan/Hannie by 0218

316 1745. Ons soek ook mense wat goeie kennis het om juk-

skei te kan speel - ons kan onsself help maar goeie advies/

leiding sal baie welkom wees.

FACEBOOK Die Dienssentrum het 'n facebook-

blad. Word asseblief vriende met

ons. U gaan net in op Onrusrivier

Dienssentrum en "invite" ons.

KOLWYNTJIE

TEETUIN

DIE TEETUIN

IS WEER OOP

OP VRYDAG

3 FEBRUARIE DV.

Sal al die werkers

asseblief hulle

rooster vir die jaar

by die kerkkantoor kom afhaal? Welkom terug

aan almal en mag ons in 2017 net so „n geseënde

jaar uit SY hand ontvang.

Ons sien baie uit daarna om

weer saam met julle te kuier

op Vrydagoggende.

SPESIALE UITNODIGING

DINSDAG 24 JANUARIE 2017 @ 10h00

Die Dienssentrum se program vir 2017 word amptelik

afgeskop met 'n warm broodjie en 'n glasie sjampanje.

Ons gaan ook sorg vir lekker musiek.

RSVP asb voor/op Vrydag, 20 Januarie by Joan/Hannie.

Koste is R20 per persoon.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

wees

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES 23 JANUARIE DV Namens al die gesinne wil ons vir die gemeentelede 'n voor-spoedige 2017 toewens. Baie dankie vir al die LIEFDE-GAWES wat ons van julle af ontvang. WAARDEER!!

SOPGROEP 3 Kry julle rooster by die kerkkantoor asb. Ons eerste beurt is 31 JANUARIE. Mag die HERE ons sopbediening se werksopdrag seen in hierdie jaar.

ALLE BEDIENINGE

Ons nooi graag lidmate om rustig (en biddend) deur die gemeentekalender van

2017 se bedieninge bladsye te blaai en hoor by Vader waar Hy jou roep om in te

skakel. Ons bedieninge het u nodig om LIG uit te dra na ander. Kontak gerus die

bedieningesleier vir meer inligting oor daardie bediening en kom maak so „n verskil!

Julle is baie welkom om saam op Jesus se vragskip te klim en Sy boodskap uit te

dra. WELKOM!

Groot dank en waardering vir ons Kalenderborg vir Januarie

wat die druk van die kalender van 2017 moontlik gemaak het.

Ons bid Vader se seën vir jul gesinne en besigheid.

Finansiële Dienste

Optimum Sentrum, Hoofweg 10, Onrusrivier Tel: 028 316 3743 / 082 416 6788

[email protected]

VOSBURG VLEIS

Daar sal na die verloop

van die diens Sondag

nog vleis van Vosburg

in klaskamer 5

(oorkant Dienssentrum)

beskikbaar wees.

NB! Daar gaan

kaartfasiliteite

beskikbaar wees!

Baie dankie!

WAT IS NOG BESKIKBAAR?

Springbok/skaap wors:

R70 p/kg

Skaap/bees wors:

R70 p/kg

Wildspastei: R70

Russians: R80

Skilpadjie: R50

Vleis vir potjiekos: R60 p/kg