12
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 1 OKTOBER 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS Tharine Geldenhuys OP Erfenisdag het Kroonnuus sy kamera saamgevat om ’n bietjie die watertoestand op Kroonstad van nader te beskou. Dit is toe ook sommer ’n lekker dag om die kronkelende Valsrivier se skoonheid te geniet. Dié rivier is die lewensaar van die watervoor- raad vir Kroonstad. Die Groblersdam is die tweede opgaardam ná die Serfonteindam waaruit water met twee kleiner 600 kW-waterpompe en een kragtige 950 kW-pomp na die Bloemhoekdam gepomp word. By die pompstasie was geen sekuriteitswag in sig nie. Iewers moet ’n kenner na die werking van die pompstasie gaan kyk, die reëntyd is op hande. Drade is ontkoppel en dit is duidelik dat die motors van die pompe los staan. Vir die leek kan die kleiner pomp dalk die ding doen om water na die Bloem- hoekdam te pomp, maar die ander twee, onderskeidelik die groot 950 kW-pomp en die kleiner 600 kW-pomp, staan doelloos en nie op die bestemde plekke om die water by die Bloemhoekdam te kan aanvul nie. Intussen berig kleinhoewebewo- ners aan die Bloemhoekdam dat die damvlakke aansienlik daal. Thys Vermeulen, VF+-raadslid in die Moqhaka-raad, het op die onlangse raadsvergadering sy kommer oor die gereedheid van die munisipaliteit aan die vooraand van die somerreënsei- soen uitgespreek. Vermeulen was die ingenieur wat oorspronklik die Bloemhoek- dam van 1974 tot 1977 gebou en voltooi het. Die eerste water is op 8 November 1977 in die 20 000 me- galiter-dam gepomp. In 1995 is die damwal met twee meter verhoog om die kapasiteit na 26 000 megaliter op te stoot. In Mei 2006 is die pompe destyds met trots deur die voormalige munisipale bestuur- der, Moses Moadira, in ontvangs geneem. Dit het toé R11 miljoen gekos. Die kragtoevoer is toe ook ten volle herstel en die ringtoe- voer na dié pompstasie is glo ook aangebring. Besorgde inwoners met wie Kroonnuus gesels het, wil weet waarom die stil winter nie gebruik is om die pompe en motors te versien nie. ) ’n Medianavraag is aan die munisipaliteit gestuur om uit te vind wanneer die Groblersdam- pompstasie ten volle gerat sal wees om water aan die vooraand van die reëntyd na die Bloem- hoekdam te kan pomp. As terugvoering wel ontvang word, sal Kroonnuus dit publi- seer. Wéér kommer oor water Wéér kommer oor water Pompstasie lyk nie gerat vir komende reëntyd DIE groot 950 kW-motor en wa- terpomp is nie by die Groblers- dam se pompstasie gekoppel nie. Die gedeelte waar die geboë ys- ters teenwoordig is, is waaraan die pomp gekoppel moet wees. Dit is bo-oor ’n gat wat in die pyp- leiding na die Bloemhoekdam lei. Foto’s: Tharine Geldenhuys DIT blyk of die elektriese kabels nie aan die kleiner 600 kW-pomp en motor gekoppel is nie. Dié pomp is egter op die oog af die enigste wat op die regte plek geplaas is om wa- ter na die opgaardam te kan pomp. DIE groot motor is nie aan die pom- pe gekoppel nie en kan derhalwe nie as die reën kom en die rivier begin vloei water na die Bloemhoekdam pomp nie. DIE pompstelsel is in Mei 2006 teen R11 miljoen opgeknap. Of dit wel dié reënseisoen gereed sal wees om water na die Bloem- hoekdam te pomp is ’n oop vraag. KROONNUUS verneem dié waterpomp hoort nie so te staan nie, maar moet aan die pypleiding (geboë ystergedeelte) gekoppel wees. SÊ jou sê op Kroon- nuus se Facebook- blad.

Kroonnuus 20131001

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kroonnuus 20131001

Citation preview

Page 1: Kroonnuus 20131001

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 1 OKTOBER 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

Tharine Geldenhuys

OP Erfenisdag het Kroonnuus sykamera saamgevat om ’n bietjiedie watertoestand op Kroonstadvan nader te beskou. Dit is toeook sommer ’n lekker dag om diekronkelende Valsrivier seskoonheid te geniet. Dié rivier isdie lewensaar van die watervoor-raad vir Kroonstad.Die Groblersdam is die tweede

opgaardam ná die Serfonteindamwaaruit water met twee kleiner600 kW-waterpompe en eenkragtige 950 kW-pomp na dieBloemhoekdam gepomp word.By die pompstasie was geen

sekuriteitswag in sig nie. Iewersmoet ’n kenner na die werkingvan die pompstasie gaan kyk, diereëntyd is op hande.Drade is ontkoppel en dit is

duidelik dat die motors van diepompe los staan. Vir die leek kandie kleiner pomp dalk die dingdoen om water na die Bloem-hoekdam te pomp, maar dieander twee, onderskeidelik diegroot 950 kW-pomp en die kleiner600 kW-pomp, staan doelloos ennie op die bestemde plekke omdie water by die Bloemhoekdamte kan aanvul nie.Intussen berig kleinhoewebewo-

ners aan die Bloemhoekdam datdie damvlakke aansienlik daal.Thys Vermeulen, VF+-raadslid

in die Moqhaka-raad, het op dieonlangse raadsvergadering sykommer oor die gereedheid vandie munisipaliteit aan dievooraand van die somerreënsei-soen uitgespreek.Vermeulen was die ingenieur

wat oorspronklik die Bloemhoek-dam van 1974 tot 1977 gebou envoltooi het.Die eerste water is op 8

November 1977 in die 20 000 me-galiter-dam gepomp.In 1995 is die damwal met twee

meter verhoog om die kapasiteitna 26 000 megaliter op te stoot.In Mei 2006 is die pompe

destyds met trots deur dievoormalige munisipale bestuur-der, Moses Moadira, in ontvangsgeneem. Dit het toé R11 miljoengekos. Die kragtoevoer is toe ook

ten volle herstel en die ringtoe-voer na dié pompstasie is glo ookaangebring.Besorgde inwoners met wie

Kroonnuus gesels het, wil weetwaarom die stil winter nie

gebruik is om die pompe enmotors te versien nie.) ’n Medianavraag is aan diemunisipaliteit gestuur om uit tevind wanneer die Groblersdam-pompstasie ten volle gerat sal

wees om water aan die vooraandvan die reëntyd na die Bloem-hoekdam te kan pomp.As terugvoering wel ontvang

word, sal Kroonnuus dit publi-seer.

Wéér kommer oorwaterWéér kommer oorwaterPompstasie lyk nie gerat vir komende reëntyd

DIE groot 950 kW­motor en wa­terpomp is nie by die Groblers­dam se pompstasie gekoppel nie.Die gedeelte waar die geboë ys­ters teenwoordig is, is waaraandie pomp gekoppel moet wees.Dit is bo­oor ’n gat wat in die pyp­leiding na die Bloemhoekdam lei.

Foto’s: Tharine Geldenhuys

DIT blyk of die elektriese kabels nieaan die kleiner 600 kW­pomp enmotor gekoppel is nie. Dié pomp isegter op die oog af die enigste watop die regte plek geplaas is om wa­ter na die opgaardam te kan pomp.

DIE groot motor is nie aan die pom­pe gekoppel nie en kan derhalwe nieas die reën kom en die rivier beginvloei water na die Bloemhoekdampomp nie.

DIE pompstelsel is in Mei 2006teenR11 miljoen opgeknap.Of ditwel dié reënseisoen gereed salwees om water na die Bloem­hoekdam te pomp is ’n oop vraag.KROONNUUS verneemdiéwaterpomphoort nie so te staan nie,maarmoet

aan die pypleiding (geboë ystergedeelte) gekoppel wees.

SÊ jou sêop Kroon-nuus seFacebook-blad.

Page 2: Kroonnuus 20131001

2 KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013

Tharine Geldenhuys

DIE afgelope drie weke het Steynsrus-in-woners water.Dít is te danke aan die water wat

sowat 18 km na die dorpie se suiwe-ringswerke oorgepomp word.At van Niekerk, bekende slaghuisei-

enaar op die dorp, is verheug oor diéverbetering in dienslewering.“Hoewel die Fezile Dabi-distriksmu-

nisipaliteit die pompe vir die doelaangekoop het, is die aanvoerwerkdeur die DA se Peter Frewen in die

provinsie gedoen.”Dis ook ’n pluspunt dat die boorgate

op die dorp gesink is.Van Niekerk sê mense moet steeds

water op die waterarmdorpie metgroot omsigtigheid en met die oog opbesparing gebruik.Die water wat uit die Valsrivier

hierheen gepomp word, word nougesuiwer vir die dorp se watergebruik.Sover moontlik word die boorgate

se water vir moontlike droogtesgespaar as die Valsrivier sou droog-loop.

Steynsrus het water

Regs: DIE immergewilde Smokie het Donder­dagaand op die kykNET­musiekverhoog op dieClover­Aardklopfees opgetree. Kroonnuus enLefra­produksies het aan talle gelukkige leserskaartjies na dié optrede geskenk. Inlas: Diemashoof vanKroonnuus het met trots langs diekykNET­musiekverhoog gepronk. Bo: TharineGeldenhuys (redakteur) en Jana Bekker,Noord­Vrystaatse verslaggewer vir Volksblad,moederkoerant van Kroonnuus. Foto’s: Brett En-gland en Tharine Geldenhuys

Smokie singSmokie sing

Sien nog foto’s van Smokie se kon-sert by www.krooonnuus.co.za enfacebook-vriende se Smokie-foto’sop Kroonnuus se Facebook.

Tharine Gelden-huys

ISAK VAN DERKOLFF is al 14 jaar be-trokke by skoue enveral as die nasionalejeugskou se voorsit-ter. Hy kan nie uitge-praat raak oor diepuik organisasie vandie Bloues (HoërskoolKroonstad) wat verle-de week vir die nasio-nale jeugskou as gas-heer opgetree het nie.“Frikkie van Zyl (leer-krag en organiseerdervan die jeugskou) ensy span het Kroonstadop die map geplaas.”Deelnemershetvan

oor die land heen hulvee,pluimvee,konyneen perde na die land-bouterrein van dieBloues gebring.Die skou was die

grootste in die geskie-denis met 417 deelne-mers.Foto’s van die na-

sionale jeugskou isop Kroonnuus sewebtuistewww.kroon-nuus.co.za beskik-baar.

Skougrootsukses,99R84

OBCMixed Portions

Value Pack

5kg

,99R122Lt Coke

2Lt

,99R15OBC

Brown Sugar

2kg

,99R121kg Necks

1kg

OPEN: MON to FRI 8.00am - 7.00pm SAT 8.00am - 5.00pm SUN 9.00am - 3pm.Trading hours vary from store to store. Please phone your closest store for more information. While stocks last.OBC Chicken reserves the right to limit quantities per customer. E&OE. Products my vary from images shown.

KROONSTAD: 24 Reitz Street Kroonstad Tel: 056 212 7687

YOU CAN PAY WITH YOUR SASSA CARDYOU CAN PAY WITH YOUR SASSA CARD

Specialsvalidfrom

4Octoberuntil6October2013

ORWHILESTOCKSLAST

Specialsvalidfrom

4Octoberuntil6October2013

ORWHILESTOCKSLAST

WWe see sellll AirtAirtimeimeWe sell Airtime

Pro

du

cts

mig

ht

vary

fro

mst

ore

tost

ore

.

Page 3: Kroonnuus 20131001

KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013 3

Tharine Geldenhuys

“LET’S promote Kroonstad positively,”says Piet Cordier, chairperson of KroonstadBusiness and Tourism (KB&T) and residentin Elandia.“Iwould like to thank theemployeesat the

MoqhakaMunicipality who in spite of diffi-cult circumstances are trying their utmostwith limited tools and finances to renderservices to the community. For those whotake their jobs seriously, a big thank you.”The team that repaired Breytenbach

Street in Elandia with such enthusiasmmust be applauded, says Cordier.“It is a pleasure driving home and to see

and feel the progress as we drive.“I have noticed that roads are being re-

paired and repainted and other work thatwe are not aware of is also being done. Ourtown is starting to bloom to coincide withsummer, it seems.“I am so excited and positive about the

changes in Kroonstad and would like us allto become positive and come up with posi-tive solutions and not only the negative.“It will certainly mean a lot to our town

and residents. To be negative and complainconstantly and not come up with positivesuggestions therewillnotbepositive resultsand/or progress,” Cordier concluded.) Kroonnuus’s editor, TharineGeldenhuys,also filled more than 200 potholes inBreytenbach Street and Rooibok CrescentinElandiaaspart of thenewspaper’s 67min-utes for Mandela Day.

Be positive, be the change

BREYTENBACH STREET looked like a dirtroad. Here workers of the Moqhaka Munici­pality prepare the road for a cold tarr top­ping. Photos: Piet Cordier

DECENT preparation of the area leads toa correctly repaired road.

Jana Bekker

STEYNSRUS. – Plastiek-inkopiesakke waarinpepersproei gespuit is, is glo verlede week asstraf om ses gr. 9-kinders se kop vasgebind om-dat hulle vyf minute laat was en tekkies skooltoe gedra het. Dié straf is na bewering deur dieSteynsrus-polisie uitgedeel.Piet Ntjepela, Mohlomi Mokoena, Kgachelo

Shabalala en Lerato Seleke het verlede Dinsdagvyfminute laat bydieNtjhafaditswe-skool opge-daag. Op pad klas toe het hulle die hoof, SiphoMosia, teëgekom. “Hy het ons aangesê om dieskoolterrein teverlaat,” sêPiet.Hy isdieenigstevan die groep wat huis toe is om sy ma te gaanhaal. Toe sy ma nie tuis is nie, is hy terug skooltoe. Nadat Mosia hulle weer aangesê het om teloop en hulle nie gehoor gegee het nie, het hydie Steynsrus-polisie ontbied. Twee polisieledehet die kinders in ’n vangwa gelaai en polisie-kantoor toegeneem.JonasLegothlaenKamohe-lo Mokhitli, wat tekkies gedra het pleks vanskoolskoene, is saamgeneem. Drie polisielede(twee mans en ’n vrou) het hulle beveel ommet

hul hande teen ’n muur te staan. “Hulle het onsbegin slaan en geskop,” sê die seuns.Pepersproei is glo in sakke gespuit en om die

seuns se kop vasgebind. Die seuns het gehoorhoePiet flou val. “Nadat hy flou gewordhet, konons hoor hoe die vrouelid hom aanhou skop,”sê die ander. Toe Piet bykom, het twee lede diekinders teruggeneem skool toe. Volgens dieseunsis hulle twee dae later na die Boitumelo-hospitaal vir behandeling gebring.In reaksiehetMosia erkendie polisie is nadie

skool ontbied. Hy sê dit was om die kinders seouers te gaan haal. Oor die beweerde voorval bydie polsie sê hy hy weet nie of dit waar is of nie.“Hulle was piekfyn toe hulle terugkom by dieskool.”Mosiahet gesêbaie leerlingedaagmetdiever-

keerde skoene by die skool op. “Nadat ek ver-skeie leerlinge versoek het om huis toe te gaanomhul skoolskoene te gaan aantrek, het drie ge-weier,” sê hy. Oor die laatkommers sê hy hulleis “altyd laat”. Hulle het ’n rebelse houding, sêhy. “Ek het al baie met hulle hieroor gepraat.”Stephan Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n

aanrandingsaak is geopen enaandieOnafhank-like Polisieondersoekdirektoraat oorhandig.Die Boitumelo-hospitaal het Volksblad na ’nwoordvoerder van die Vrystaatse departementvan gesondheid verwys,maar teen druktydwastelefoonoproepe steeds onbeantwoord.Die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (1996)

bepaal geen persoon mag lyfstraf toedien nie.

Polisie dien glo straf toe

LEERLINGE van Steynsrus (Matwangtwang) wat na bewering lyfstraf toegedien is omdat hullelaat gekom het en tekkies skool toe gedra het, is van links Piet Ntjepela Molantoa, Jonas LijanaLekgotla, Percyval Seleke Lerato, Simon Mokhithi Kumohelo, Kleinbooi Mokhitli Simon en Inno­cent Kgachelo Shabalala. Foto: Jana Bekker

DINK jy lyfstraf is reg of verkeerd?Neem aan Kroonnuus se meningspeiling.

Page 4: Kroonnuus 20131001

4 KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013

Water vermorsondanks droogteOKTOBER, die mooiste, mooistemaand. Nie vanjaar as jy in dieveld gaan stap en byna geensprietjie groen gras sien nie. Nie asbeeste langs die pad hul nekomtrent verrek om ’n bietjie deurdie draad ’n hap gras te kry nie.

Dit blyk of Kroonstad se munisi-pale bestuur nie veel erg daaraanhet om die watersituasie op diedorp reg te stel nie. Om nie eensdie talle rioollekkasies te noem nie.En wat van gesuiwerde water watop die dorp om elke hoek en draai“vrugteloos” uitlek?

Ry in Noordweg en kyk na dielekkende water wat onverstoordlangs die gevangenis vloei. Selfs ’nkraan wat naby Die Oewer-meent-huise onder die Sarel Cilliers-brugskynbaar gesteel is en net nievervang word nie.

In Elandia het ’n munisipalewatertoevoerpyp in Breytenbach-straat tot die vermorsing vanderduisende liters water gelei.Gelukkig is dit ná aanmelding togherstel. Die Bloemhoekdam sewatervlak daal by die dag al hoemeer. Vrydag was die dagtempera-tuur meer as 30 °C. Dít verhoogverdamping. Onderhoud aanmotors en pompe is noodsaaklik.

Die reuse-waterpompe wat dieopgaardam, Bloemhoekdam, in diereënseisoen moet aanvul, blyk ’nwit olifant te wees. ’n “Olifant”waarvan die waarde besef sal wordas daar nie meer water is nie.

Dit is hartseer dat mense nie agslaan op die Grondwet wat elkeinwoner van die land die reg biedom skoon drinkwater te mag hênie. Dit is jammer dat wekroepevan kundiges oor die watersituasieop Kroonstad as dié vernaamstemunisipale diens aan die inwoners,as politiekery afgemaak word.

Van die land se heel bestewateringenieurs is hier op Kroon-stad beskikbaar om die regteaanbevelings vir die watersituasiete maak.

Skynbaar word dié kundiges, watelke pypleiding, boorgat, rivier enaanleg op die punte van hulvingers ken, net nie raakgesien nie.

Marie Antoinette het gesê diemense vra om brood, maar geehulle eerder koek. Dit sal ’njammerte wees as die uitvoerendeburgemeester, speaker en munisi-pale bestuurder dalk in dietoekoms sê: “Water? Kom ons kry’n kader wat gebottelde water uitdie Ooste kan aanry.”

Gewilde sousie laatvarkvleis skitter’n SOET-SUUR-SOUSIE is net dieding wat ’n varkvleisie omtower.

Nog ’n resep uit Ilze Bunting seMi-krogolf-Boerekos

Bestanddele:250 ml pynappelsap80 ml water80 ml asyn50 g suiker50 g mielieblom10 ml tamatiepastaMetode:Meng mielieblom en suiker in

glasbak.Voeg die pynappelsap by en roer

totdat sous glad is. Voeg die res vandie bestanddele by en roer.

Kook op volle krag vir ses minuteen roer twee maal tydens die kook-proses.Moro ya twekere le asene250 ml pynapolê sousu80 ml metsi80 ml asyne50 g tswekere50 g maizena10 ml thini e nyane ya tamati sousuMokgwa:Tshelamaizena le tswekere kahara

baka ya galase.Tshela sousu ya pynapolê, soka

hantle.Tshelaasyne, le thini ya tamati sou-

su ka moswakong.Peha ka microwave. Metsotso ê

tshelela. Soka motswako hantle met-sotso ê mebedi, o soke hape metsotsoê menê.

Public servants serving the public a foreign conceptHENK LE ROUX, DIRECTOR: UR-BAN DYNAMICS GAUTENG INC,Gauteng:

BEING a regular visitor to Kroon-stad since 1987 it is shocking to see thedeterioration in the condition of thetown. Potholes need no additionalmention, but think about the qualityand supply of water (water restric-tions for the past seven years at leastas supply cannot be managed), theprostitutes on every corner in theCBD, the blocked manholes literally“pumping” raw sewerage into everywatercourse (behind the Pick n PayCentre and at Zuma Park), every openarea being allowed to be turned intoillegal landfills, the dangerous condi-tion of pavements in the CBD, the in-

complete maintenance work left allover town by municipal employeeswhich in no way complies withHealth and Safety legislation, the dis-graceful condition of municipal as-sets (Loubser Park, Kroon Park,Show Grounds, the Power Plant) andso the list continues.

I have no doubt the municipal man-ager is a man with abundant qualifi-

cations in Public Administration andprobably even has an MBA. I had thedubious honour of meeting him lastyear when my company requested ameeting in order to offer services tothe value of a couple of hundred thou-sand rands for free, no strings at-tached. In order to secure the meetingI first had to write a detailed memo-randum,explaining thereason formymeeting request. (What has become ofthe concept of a public servant serv-ing the public?) Upon the day of themeeting, attended by provincial de-partments and others, the municipalmanager forgot to introduce himself,had to ask one of the officials in themeeting what the purpose of the meet-ing was, had no idea how to chair ameeting, left the meeting after ten

minutes as he had other matters to at-tend to, returned, fell fast asleep forfive minutes, woke up and closed themeeting as he had admittedly not putenough time aside to deal with thematters at hand. When confronted,the response was that he is the munic-ipal manager and that he, as repre-sentative of the local authority, coulddecide when a meeting was closed re-gardless of progress. Not a single mat-ter on the agenda was resolved andneither did we get to the main matterat hand, namely the work we wereprepared to undertake for free.

As the accountable officer, thissame municipal manager is to be helddirectly accountable for the wastageof the billions the auditor general re-ports about. The same man who has

a boss, called the executive mayor,and who both have to comply with theMFMA they so blatantly ignore. Itwould probably serve the rate payerswell to send these overly qualifiedpeople home on paid leave and awaitthe expiry of their contracts. It wouldultimately save the rate payers fur-ther fruitless and unauthorized ex-penditure. The question is reallywhether these and others in the Mo-qhaka Municipality might inexplica-bly wake up and smell that they, andyour town, are up to their necks inwhat is running out of every blockedmanhole wherever you drive. Or arethey just riding the gravy train untiltheir terms expire, only to be re-de-ployed elsewhere to mismanage an-other facet of our daily survival?

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

Peter J. Muller

DIE Wet op Nasionale Erfenishulp-bronne, Wet 25 van 1999, plaas ’n be-perkende regulasie op enige veran-deringe aan geboue wat 60 jaar of ou-er is.

Dit is bo en behalwe die drie vlak-ke van geregistreerde erfenishulp-bronne: nasionale, provinsiale enplaaslike erfenishulpbronne. Eenvan die hoofredes waarom die beper-king op geboue oor 60 jaar geplaasword, is om te verhoed dat geboue uitvroeër eras verander of beskadigword voordat ondersoek ingestel isom te bepaal of die geboue dalk be-duidende waarde vir die samelewinghet. Verskeie kriteria word gebruikom te bepaal watter waarde ’n gebouhet aangaande erfenis, wat insluitmaatskaplike en kulturele waarde,geskiedkundig waarde, argeologiesewaarde, argitektoniese waarde, este-tiese waarde, wetenskaplike en teg-nologiese waarde, groep- en verhou-dingswaarde en laastens baken-waarde.

Wanneer ’n gebou in die groep valwat beskerm word deur die 60 jaar-klousule word die eienaar wetlikverplig om aansoek te doen by dieProvinsiale Erfenishulpbron-orga-nisasie voordat enige veranderingeaangebring mag word.

Die veranderinge sluit in aanbou-ings, verbrekings en onderhoud vandie gebou. Selfs indien so ’n gebounet geverf moet word, moet aansoekgedoen word.

Die organisasie waar aansoek indie Vrystaat gedoen moet word, isdie Vrystaatse Erfenishulpbronne-owerheid. Hy sal ’n permit uitreik astoestemming vir die beplande werkverleen word. Onder die Wet op Nasi-onale Erfenishulpbronne is enigeenwat nie die regte stappe doen nie ennie ’n permit verkry nie en veranderaan ’n gebou wat beskerm is, skuldigaan ’n misdadige oortreding en kanvervolg word.

Daar is verder ’n wanpersepsie datindien daar oor die jare heen aan ’ngebou verander en gewerk is, en net’n gedeelte van die oorspronklike ge-

bou behoue gebly het, dat die gebounie meer as 60 jaar oud is nie en dusnie onder die beskerming van diewet val nie.

Die definisie in die wet aangaandewat beskerm word, verwys na diedeel wat ouer as 60 jaar is, asook eni-ge deel (die nuwer dele) wat daarmeegeassosieer word. Die verantwoor-delikheid berus by elke gebou-eie-naar, insluitend regeringsinstel-lings, om hulle te vergewis van diegebou se ouderdom voordat enigewerk gedoen word. Dit kan gedoenword deur met die plaaslike ower-heid te gesels of deur die ProvinsialeErfenis-organisasie te kontak.

’n Alternatief is om ’n gerekendeargitek te nader om hulp met enigenavorsing, asook die daaropvolgen-de aansoek, indien nodig, maar ver-kieslik ’n persoon met ondervindingvan historiese geboue.

Vir meer inligting kan lesers ge-rus die volgende webwerwe besoek:www.heritagefreestate.co.za;www.heritagekzn.co.za; www.sah-ra.org.za en www.aphp.org.za.

Dié geboue deurwet beskerm

Peter J. Muller

WANNEER dit by ouer gebouekom, is daar baie vrae wat by diemeeste eienaars opkom. Tweevrae wat dikwels geopper word,is: “Hoekom mag ek nie aaneiendom wat ek besit, verandernie?” en “Wat mag ek veranderen wat mag ek nie?” Die antwoor-de op die twee vrae is verreikenden nie noodwendig wat eienaarswil hoor nie.

In Suid-Afrika word verskeieelemente beskerm as deel van onserfenis, dit sluit nie net gebouein nie, maar ook grafte, kuns,plante en nog vele meer. Daar isverskeie vereistes en reëls watvan toepassing is op elkeen vandie groepe. Vandag fokus ek opdie beboude omgewing.

Kroonstad is rondom 1855gestig en die dorp het ’n rykgeskiedenis. Die talle ou gebouegetuig hiervan. Elke ou gebouvertel ’n storie: glorie, oorloë,apartheidsonderdrukking, dielandbou en die groei en bloeitydvan die streek.

Vir elkeen van ons vertel elkegebou ’n ander storie. Oorlewen-de familie van vegters wat in dieBoereoorlog gesneuwel het, hegwaarde aan geboue van waar hulvoorvaders vegopdragte gekry het(soos die ou Markgeboutjie op diehoek van Mark- en Murray-straat), terwyl oorlewendes vandie apartheidonderdrukkingstydweer waarde heg aan gebiedewaar hulle aangespoor is om teveg vir gelykheid en beterlewensomstandighede. Al diegeboue en plekke vorm deel van’n komplekse legkaart wat onsgesamentlike geskiedenis vorm.

Die estetiese en argitektoniese

waarde vangeboue, waarvanKroonstad ’noorvloed meester-stukke het, magnie onderskatword nie.

Van die land sebekendste argitek-te, sir HerbertBaker (wat dieStandard Bank-ge-bou ontwerp het)en GerardMoerdyk (wat dieNG kerk Kroon-stad-Noord inReitzstraatontwerp het) semonumente staanhier sterk.

Vir die tydwaarin dié gebouegebou is, is dievaardighede insandsteenwerkbenydenswaardig.Dit getuig vangeduld en vernuf,ver weg vanmassaproduksieen die snelleinternetontwikke-lings. Die tyd envernuf watdaaraan toegewyis gedurende diejare voor massa-produksie en dieinternet.

Verskeie huise is ook metkundige vaardigheid gebou,terwyl ander net opgerig is metgeen belang vir gehalte nie,weens die groot aanvraag watontstaan het.

Elkeen dra sy deel by om diegeskiedenis ’n tasbare bestaan te

gee, ’n geskiedenis wat gesien engevoel kan word en nie net oppapier bestaan nie.

Om dié rede is die beskermingvan die wonderbaarlike erfenis-hulpbronne belangrik. Dit vertelvir die huidige generasie watgebeur het om die land van onste kry waar hy nou is.

Geskiedenis sóweerspieël

DIE NG kerk Kroonstad is deur Gerard Moerdyk ont­werp. Die kerk staan ook as die Klipkerk bekend.

Foto: Tharine Geldenhuys

Page 5: Kroonnuus 20131001

KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013 5

Page 6: Kroonnuus 20131001

6 KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013

Tharine Geldenhuys

“NUUS is deesdae oral en enige tyd beskikbaar – dit isletterlik aan jou vingerpunte. Dit is daarom belangrikdat ’n publikasie soos Kroonnuus ook op ander plat-forms, soos sy webwerf en op sy Facebook-blad, aanvul-lende inligting aan sy lesers bied. Op dié manier kan jyjou gunsteling-koerant lees, saampraat en terugvoeringgee – enige tyd, enige plek. Die digitale era maak ditvir Kroonnuus moontlik om onmiddellik met sy leserste kommunikeer. Dit vervang nie die papierkoerant nie,maar verryk die inhoud en dra by tot die skepping van’n lewendige aanlyngemeenskap vir Kroonnuus,” sê

Johanna van Eeden, redakteur van die Volksblad-groep.Die aktiewe Facebook-blad van Kroonnuus lok

kommentaar en lesers kan voel dat hulle ’n bydrae kanlewer. Vrydag het die amptelike “likes” op die blad op738 gestaan.

Wat wil lesers graag op die webblad lees?Hou lesers van die fotogalerye van byvoorbeeld die

matriekafskeidgeselligheid en sportgeleenthede?Wil jy graag ’n burgerjoernalis word? Jy kan jou

skryfdrome uitleef en naam in die joernalistiek beginmaak. Wil jy graag vir Kroonnuus ’n blog skryf?

Vertel ons wat jy in jou plaaslike koerant op diesosiale media wil sien en lees.

Watwilmense sien, lees?SEDERT Kroonnuus aan die begin van Maart ‘lewendig’ op die wêreldwye web bereikbaar is, het die publikasie se beson­derse besoekers (unique browsers) tot in Augustus na meer as 1 400 gestyg.

‘LIKE’ Kroonnuus se Facebook-blad. Besoek ookwww.kroonnuus.co.za vir meer nuus en foto’s

Page 7: Kroonnuus 20131001

KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013 7

MATILDA NONTA-MO and MadineoNtsalla,with theassis-tance of CromulEvents, are providingwomen of all ages inKroonstad and sur-rounding areas an op-portunity to listen tospeakers who will ad-dress a wide variety ofissues women face.

The Kroonstad An-nual Women’s Infor-mation Show 2013 willtake place on Satur-day, 5 October, at theJSM Setiloane Secon-dary School, HillStreet, Kroonstad. Re-gistration starts at08:30 with the openingat 09:00.

The speakers inclu-de amongst others,Portia Radebe, DiseboNakedi, Neo Nadine,Puleng Motsoenegand Pastor Mothupi.

Topics will include:women’shealth, fashi-on and style, finance,women in business,women in leadership,single parenting, aswell as marriage andrelationships.

Women will be gi-ven time to ask questi-ons to the panel ofspeakers, as well asnetwork after the for-malities are comple-ted.

“Empowered wo-men have a far-rea-ching impact on socie-ty. Not only do theyimprove themselves,but they pass theirskills and knowledgeonto their children,beginning an empo-wering process of thenext generation.

“What we invest insomeone’s life todaywill be reaped for ge-

nerations to come,”says Peter Muller ofCromul Events.

Tickets cost R200for platinum, R150 forgold and R100 for sil-ver and are available

at registration, but toconfirm a seat, theycanalsobeobtainedatCromul Events, 52Symmonds Street, OuDorp, Kroonstad, ore-mail info@cro-

mul.co.za.For information

about the show, aswell as Cromul’sEvents, call 056-212-7740 or visit www.cro-mul.co.za/kawi.

Show gives women a boost in life

Page 8: Kroonnuus 20131001

8 KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013

HACIENDA HOTELSUNDAY BUFFETFor bookings contact

056 212 5111

DKD TENNISKLUBhou 'n algemene jaarverga-

dering op5 Oktober 2013 om 13:30 bydie tennisklub. Alle lede so-wel as voornemende lede

welkom

SA LEGIOEN STEL KOM-PETISIE UIT Van

3 Oktober na 18 Oktober.Jammer vir ongerief.

4 JEWELLER'SWORKBENCHESwith light fixtures.

R 350.00 eachContact Sandra 082 657 2282

BELLO MIA ENHOUSE OF DÉCOR

Hillstraat 20 Hill StreetNuwe adres!

Oorkant Paint ShopKom kyk na al die

silwerbakke, kandelare,glase ens. vir jou huis.

Lekker geskenke vir elkegeleentheid. Verhuring vandècor vir funksies ook

hier. Die mooistekindergeskenke en klere virkleuters, babas en kinders.

Tandekrale, snoesigelangoor hasies vir troostye,

ook hier beskikbaarSkakel 082 554 5852

DOEN u NAALDWERK ?Groot verskeidenheid

patrone tekoop vanaf R5,00tot R10,00.

Skakel 082 820 1371

KLEIBAKSTENE ISBETER -

BERT'S BRICKS(Potchefstroom)KleipleistersteneKleisierstene

KleiplaveiselsteneSement-Maxi-Stene

Sement PlaveiselsteneMinimum vragte in

Kroonstad en omgewing10 000 bakstene.018 292 1615

www.bertsbricks.co.za

'N PAAR SplinternuweWidex Clear 220. Gehoor-stukke R 14 000 - WaardeR 26 000 - Pasiënt oorlede

voor ontvangs - 082 657 2282

Ons vervaardig:

Skakel058 303 1680

PophuiseStoor- en

huishulpkamersasook

hondehokke!

Trendy Wendy

BRUI EN WITSKAAPHONDJIES tekoop.Onmiddellik beskikbaar.

Skakel 082 785 3735

RINGNEKKE TEKOOPAsook hul babas.Skakel frans by

082 4717470

TE KOOP GEVRA:enige elektriese of

handgereedskap asookhoutwerk gereedskap entoerusting, meubels,

yskaste, antieke goedere enenige ander artikels. Skakel056 212 5418 of 076 168 1921

PRAGTIGE BABA KAT-JIES

beskikbaar 2 x mannetjies2 x wyfies.

Skakel 082 908 4630

HOUTKAPPERTJIE:083 568 1568

Afsaag, 'trim' enverwydering van bomeKaggelhout te koop.

LEKKENDE DAK? Skakeldie spesialiswaterdigter.

Gratis kwotasie. Meer as 22jaar ondervinding. 10 jaar-waarborg. Skakel Luther

Cronje 082 891 4052

MOJOPLUMBING

Vir alle loodgietersdiensteen verstopte riole is ek daar!

Tertius 073 2700 311 a/u

056 212 2977056 212 2977Noodnommer:Noodnommer:

StefanStefan082 653 6222082 653 6222

OndergrondseOndergrondseelektrieseelektriesekabelfoutkabelfoutopsporingopsporing

STEELWORXBUILDINGSHOP FITTINGPLUMBINGGATE MOTORJohan: 082 452 2458

056 212 [email protected]

TIP TOPProfessionele

skoonmaak van

matte, meubels en

motors.

Gratis

kwotasies.

Navrae:Louis Keyser by

056 215 2306 a/uof 083 282 8184

tipto

p/k

n/1

7m

aart

2009/jurg

TOKKER GLOYMoenie die geleentheid

misloop nie. 15% Afslag opgekwoteerde pryse met toon

van die advertensie.Vir enige

bou,opknapping,verbeterin,teelwerk, en/of verande-

ringe aan u gebou/ woning.Kontak my gerus vir gratis

kwotasie.SEL: 083 249 1699

GESIFTE ONKRUIDVRYEkraalmis - R40 vir 50 Kg.Skakel 078 886 6404 om

reëlings te trefvir bestellings.

OM GRASSNY DIENSTEGratis kwitasie

Skakel Orton 082 729 6000

HARNO VERVOER4 & 8-ton-trok beskikbaar vir

die verwydering vanbourommel en algemene

vervoerwerkSkakel 073 157 7248

Vervolg Bl.op 11

Page 9: Kroonnuus 20131001

KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013 9

Page 10: Kroonnuus 20131001

10 KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013

JUKSKEISPELERS van dieKroonheuwel­ PrimêreSkool is in die Vrystaatbe­ker­toernooi as uitblinkers(vyf beste spelers) vir diedag aangewys. Hulle is vanlinks Charné Smalberger(belowendste speler), Mar­lien Smalberger (uitblinker),Suné Grobler (uitblinker) enNiel du Preez (uitblinker).Foto: Verskaf

Page 11: Kroonnuus 20131001

KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013 11

OKTOBER is Borskankermaand. Elke vrou,jonk en oud, moet hulself vir enige afwykingsin hul borste ondersoek. Borskanker is waar-skynlik die mees gevreesde siekte by vroueweensdiehoëvoorkomsdaarvan, die emosione-le en fisieke trauma wat daarmee gepaardgaan,asook dat die oorsaak van borskanker steedsgrootliks onbekend is.Dr. JohannMyburgh, Kroonstadse radioloog,

sê borskanker is ’n kwaadaardige gewas wat ineen of albei borste van ’n vrou kan ontstaan enkan óf verspreidend, óf stilstaande wees.Die vroulike bors bestaan uit lobules wat die

melkproduserende kliere bevat en buisies watdiemelknadie tepels vervoer.Naas longkankeris borskanker die tweede grootste oorsaak vankankersterftes by vroue in die ouderdomsgroepjonger as 40 jaar en die soort kanker waaraanvroue ouer as 40 jaar die meeste sterf.Wie kry borskanker?Teen 40 jaar is die kans 1 uit 217.Teen 50 jaar is die kanse 1 uit 50.Teen 80 jaar is die kanse 1 uit 9.Vir elke 110 vroue by wie borskanker voor-

kom, word dit by een man aangetref.Die meeste vroue wat met borskanker gedia-

gnoseer word, het ’n familiegeskiedenis van diesiekte. Meisies wat voor 12 jaar begin menstru-eer en vroue wat ná 55 jaar nog menstrueer sekanse om borskanker te kry het ’n geringe ver-hoogde kans vir borskanker. Borsweefsel watsensitief is vir die invloed van die vroulike hor-moon estrogeen se kanse vir borskanker ver-hoog. Vroue wat voorbehoedmiddels gebruik,het ’n geringe verhoogde kans op borskanker,maar die verhoogde voorkomssyfer verdwynwanneer hul langer as tien jaar gelede voorbe-hoedmiddels gebruik het.Vrouewateensopiealkoholperdagdrink,het

’n geringe verhoogde kans op mammokarsi-noom en vroue wat twee tot vyf sopies alkoholper dag drink, het ’n 1,5 maal hoër risiko as nie-alkoholgebruikers.Die enigste manier om borskanker te voor-

kom is vroeë opsporing. Kyk na die volgendewaarskuwingstekens:) Enige tasbare knop in die bors.) Enige tepelafskeiding.) Verandering in die voorkoms van die tepel.) Enige knoppe in die armholte.) Enige velveranderings oor die bors soos skil-feragtigheid, rooiheid of intrekking (indui-king).) Enige bloeding uit die tepel.) ’n Gevoel van volheid, swaarheid of ongemakin die bors(te).Vir meer inligting bel Myburgh by 056-212-

3299.

Beveg kanker só

JEF'S ALGEMENEVERVOER & NUTSMAN

Verwydering vanbourommel, takke en enige

iets uit erwe ens.083 494 5877 Faks 056 212 1322

FME WEDDING &PARTY PLANNEROnthaal, dekor,

spyseniering, kerse,tafels & stoele, stoelcoverskandelare,"underplates",breekware, tafeldoeke,

Rooimat,ens.Skakel 079 515 8814.

Vakansieverblyf-Stellen-bosch:Billike dubbel en

enkelkamers beskikbaar ingoedtoegeruste Koshuis van-

af 9 Des 2013 tot 2 Jan2014.Sentraal gelee.

(021 887 1583

CASH FOR YOURCAR OR BAKKIER 10 000 - R 30 000

071 967 0285

1x DUPLEX (2BEDROOM)@ R 3650 P/M.

2x FLATS (3BEDROOM)@ R 3000 P/M.TEL 056 212 5462

1SLP WOONSTELDadelik beskikbaarOnderdak parkering.

R 1 500 p m.Louise 072 410 7719

2 SLAAPKAMER MODER-NE WOONSTEL, met grootkombuis , in veilige area

met elektriese hek.Plesimeter ,gratis skoon wa-ter. Veiligge ondernet parke-

ring. Pragtigge uitsig.Kraalkophoewe. R1900.00p.m. Skakel 082 387 7057

DUBBEL WOONSTEL tehuur te Alistra Hof Nr. 11,

Brandstr, Kroonstad.Beskikbaar: 1 Oktober 2013

Huurgelde beloopR 2 000 p m. Sleutel DepositoR 2 000. Opstel van kontrak:

R 228.00 BTW IngesluitKontak: Mev Terblanche by056 212 5197 (kantoor ure) ofepos: [email protected]

ENKEL WOONSTEL tehuur te De Sousa Hof nr. 8,

Symondstr, Kroonstad(Regoor die Brak-en-Jan-Kleuterskool) Beskikbaarvanaf 1 Oktober 2013.

Huurgelde beloop R 1 500p m. Sleutel deposito R 1 500Opstel van kontrak: R 285.00

BTW Ingesluit. Kontak:Mev Terblanche by

056 212 5197 (Kantoor-ure)of epos: [email protected]

GEMEBILEERDEEEN MAN

TUINWOONSTEL baie net-jies te huur in

Suid Rand vanaf 1 Oktober.skoon maak diens 3 keer per

week veilge parkeeringen alarm stelsel.

Skakel 072 309 9886

NETJIESETWEESLAAPKAMER

woonstel op kraalkop hoewebeskikbaar vana 1November2013.Onderdakse parkering

en een toesluit motor-huis.Vooraf betaalde krag-meter.Huur R2600 p.m Ska-

kel 082 337 3102

NUUT OORGEDOENDETUINWOONSTEL

vir enkel persoon . Wateren Ligte ingesluit. Geentroeteldiere, veilige parke-

ring. R2000,00.Skakel Jeanne 082 970 2939

WOONSTEL te huurin Wilgenhof

Tel: 056 213 4997na ure 056 213 1590

LOOKING FOR A JOBas a domestic workerfor 3 to 5 days a week.Contac 082 064 2598

OPSOEK NAINSLAAPWERK vir 3tot 5 dae per week.Skakel 073 207 8642

ONS BENODIG NSENIOR DAME wat

voldoen aan die volgendevereistes:

Moet oor eie voertuig beskiken geldige lisensie.

Rekenaar ondervinding enoortyd te werk indien nodig.Pligte behels Administratie-we/Ontvangs/Rekenaar

werk.Salaris onderhandelbaar ty-

dens onderhoud.Skakel 081 024 0867 of

faks u CV na 086 585 7387PA/ KANTOOR

ADMINISTRATEUR:Dinamiese finansiëledienste praktyk.

Vaardighede wat vereisword, sluit in:

* Vermoë om problemeop te los.

* Goeie beplanning enorganisasie vermoë

* Vermoë om selfstandigte werk* Tik-en

rekenaarvaardighede(noodsaaklik). Ons soek na'n energieke persoon wat op

diens ingestel is enuitstekende kommunikasie

vermoëns het. Vorigeondervinding binne diefinansiële diensbedryf isnoodsaaklik. E-pos jou CVna [email protected] faks na 086 273 0346 omons teen 4 Oktober 2013 tebereik. As jy nie binne 20

werksdae na diesluitingsdatum van hierdie

advertensie van onsverneem het nie, aanvaarasseblief dat jou aansoek

onsuksesvol was.TEUNISKRAAL PLAASSLAAGHUIS benodig

kassiere.Salaris onderhandelbaar.072 460 3569/ 056 214 4515/35

Naudé-Thompson122 BOEDEL WYLEEMW HANSENBOEDELNOMMER:6685/2013

KENNISGEWING

In die boedel van wyleERROL MARTIN WESLEYHANSEN

(Identiteitsnommer:380513 5079 084) wie buitegemeenskap van goederegetroud was met ELSAHANSEN (GEBOREHOWARD(Identiteitsnommer:420417 0019 081)Gebore op 13 Mei 1938 enwie se laaste adresVerwoerdstraat 2,Presidentia, Kroonstad,ProvinsieVrystaat was.En wie oorlede is op29 Junie 2013Boedelnommer: 6685/2013Meesterskantoor,Bloemfontein

Ingevolge Artikel 35 (5) vanWet 66 van 1965, wordhierby kennis gegee dat dieEerste en Finale Likwidasie-en Distribusierekening inbogemelde boedel ter insaelê vir persone wat daarbybelang het vir 'n periode vaneen-en-twintig (21) dae,vanaf 4 Oktober 2013,te kantore van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein en te kantorevan die Landdros,Kroonstad.

q.q Eksekuteurp/a NAUDè-THOMPSONING.Cross-straat 98Posbus 932Kroonstad9500Telno: 056 212 3280/9

122. BOEDEL WYLE:JC DE KOCKBOEDELNOMMER:3088/2013

BOEDELKENNISGEWINGIn die boedel van wyleJOHANNA CATHARINADE KOCK (GEBOREBOTHA) Identiteitsnommer520314 0032 082, in lewewoonagtig te ArboretumSentrum vir Bejaardes,Woonstel Nr. 11, Kroonstad,Vrystaat,Boedelnommer 3088/2013

Kennis word hiermee gegeedat die eerste en finalelikwidasie- endistribusierekening in diebogemelde boedel ter insaesal lê in die kantore van dieMeester van die Hooggeregs-hof, Bloemfontein en van dieLanddros, Kroonstad, vir 'ntydperk van 21 dae vanafVrydag 4 Oktober 2013.

GC ENGELBRECHTEksekuteur TestamentêrPosbus 1606Kroonstad9500

Boedel wyle:FT PRINSLOOBoedelnommer:2716/2012

DE

HA

RT-7

-10-0

8-K

N-L

H

Eienaar/Owner De Hart,

Kruger, Basson and

Schoeman

Ing/Inc 2003/024376/21

BTW/VAT no 4400193399

de HartProkureurs – Attorneys

KENNISGEWING

In die boedel van wyleFREDRIKA THEUNISINAPRINSLOOGebore op 4 Junie 1933;Identiteitsnommer:330604 0033 084In lewe: Pensionaris,Datum van dood:17 Oktober 2011Huwelikstatus: WeduweeAdres: Die Plaas Rondebult,Distrik Kroonstad;Boedelnommer: 2716/2012

KENNIS GESKIEDHIERMEE dat die EERSTEEN FINALE LIKWIDASIE-EN DISTRIBUSIE-REKENING in bogemeldeboedel in die kantore vandie Meester van dieHooggeregshof,BLOEMFONTEIN en dieLanddros KROONSTAD vir'n tydperk van EEN-EN-TWINTIG (21) DAE vanafdatum vanaf publikasiehiervan ter insae sal lê viralle persone wat daarbybelang het.INDIEN geen beswaardaarteen by die Meester vandie Hooggeregshof binne diegemelde tydperk ingedienword nie, sal dieEKSEKUTEUR(S) totuitbetaling daarvolgensoorgaan.

EKSEKUTEURDE HART, KRUGER,BASSON & SCHOEMANINGELYFPOSBUS 250KROONSTAD9500TELNR. (056) 212 2131VERW.: FJ Schoeman

Boedel wyle:WAV VAN NIEKERK -Boedelnommer:9397/2013

DE

HA

RT

-7-1

0-0

8-K

N-L

H

Eienaar/Owner De Hart,

Kruger, Basson and

Schoeman

Ing/Inc 2003/024376/21

BTW/VAT no 4400193399

de HartProkureurs – Attorneys

KENNISGEWING

In die boedel van wyleWILLEM ADRIAANVENTER VAN NIEKERKgebore op 8 Julie 1935identiteitsnommer:350708 5010 081,in lewe: boer,datum van dood:31 Augustus 2013Huwelikstatus:Getroud binne gemeenskapvan goed met JohannaMaria van Niekerk,Identiteitsnommer:340311 0023 085Adres: Plaas Roodekrans,Distrik KroonstadBoedelnommer: 9397/2013

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee aangesê om binne'n tydperk van DERTIG (30)dae vanaf datum vanpublikasie hiervan hul eiseteen die boedel in te stel enhulle skulde aan die boedelte betaal.

DE HART, KRUGER,BASSON & SCHOEMANINGELYFPOSBUS 250KROONSTAD9500TELNR. (056) 212 2131VERW.: FJ Schoeman

GEKLASSIFISEERD

Page 12: Kroonnuus 20131001

12 KROONNUUS, DINSDAG 1 OKTOBER 2013

Tharine Geldenhuys

NAGENOEG 800 ringbalspelers van oor dieland heen het verlede week op die terrein vandie Afrikaanse Hoërskool (Rooies) vir die Suid-Afrikaanse skole-ringbalkampioenskappe by-eengekom.Kroonstadse ringbalspelershet puikop die kampioenskappe gepresteer. Spelers watin die onderskeie Suid-Afrikaanse spanne, dieSuid-Afrikaanse presidentspan en Suid-Afri-kaanse uitnodigingspanne ingesluit is, is:o.13-seuns: CJ Hattingh – Suid-Afrikaanse

spano.17-meisies: Jossie Steyn – Suid-Afrikaanse

spano.17-seuns: Francois Stemmet – Suid-Afri-

kaanse span en Reuben Ranyane – Suid-Afri-kaanse span (kaptein).o.18-seuns: Erik Knoetzeo.18-meisies: Karabo Malebo – Suid-Afri-

kaanse spano.13-meisies: Ilene Fullard – Suid-Afrikaan-

se presidentspan; ClarissaDe Jonge – Suid-Afri-kaanse presidentspan en Palissa Mahlatsi –Suid-Afrikaanse uitnodigingspan.o.15-seuns: Ruben Smith – Suid-Afrikaanse

presidentspan en Regardt van Tonder – Suid-Afrikaanse presidentspan.o.17-meisies: Sherese Lodewyk – Suid-Afri-

kaanse uitnodigingspan; Chanté Ortman –Suid-Afrikaanse uitnodigingspan; CurineUys –Suid-Afrikaanse presidentspan (kaptein) enShandre van der Sandt – Suid-Afrikaansepresidentspan.o.17-seuns: Riaan Prinsloo – Suid-Afrikaan-

se uitnodigingspan; Tinus Van Schalwyk –Suid-Afrikaanse uitnodigingspan en Leonard

Grundlingh – Suid-Afrikaanse presidentspan.o.18-seuns: Erik Knoetze – Suid-Afrikaanse

span en Nicolis Capazorio – Suid-Afrikaansepresidentspan.Spanbestuurders: Jacques Compaan – Suid-

Afrikaanse seuns o.13 en Carla Steyn Suid-Afri-kaanse uitnodigingspan meisies o.15.

CJ HATTINGH is vir die Suid­Afrikaanse seunso.13­ringbalspan gekies. Foto’s: Tinkie Hattingh

LEONARD GRUNDLING in aksie.

Wys slag in ringbal

CHANTÉ ORTMAN (voor in blou) met CurineUys in aksie op die Suid­Afrikaanse skolering­balkampioenskappe op Kroonstad.

TEL (056) 212 3171

KroonnuusKroonnuusWWW.KROONNUUS.CO.ZA