12
1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum Die Kandelaar – 3 November 2019 Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119 Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765 E-pos: [email protected] WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure: Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00 Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is. Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 / Frans Oosthuizen 082 859 2092 ROOIKERK-EREDIENSTE Sondagoggend 09:00 Hannnes Teks: Handelinge 10 Tema: Verandering: Bedreiging of Uitnodiging 09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk 10:15 Junior- en Seniorjeug- Omgeegroepe Sondagaand 18:00 Hannes Teks: Handelinge 11:1-3 en 8 Tema: Die gevaar van die gemakstoel. Deurkollekte: Fonds vir Bybelgenootskap SA Volgende Sondag Oggend Hannes Aand Hannes WELKOM Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwe- lidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank. Biddag vir Reën : 10 November 2019 SPESIALE UITNODIGING: Ons nooi al ons boere, hetsy lidmate of nie, uit na ons spesiale Biddag vir Reën op Sondag, 10 November. Bring asseblief jul boerdery-vriende en bure saam na hierdie geleentheid tydens ons Erediens.

Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

1 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die

Kan

del

aar

– 3

No

vem

ber

20

19

Telefoon en faks: 051 522 2547Finansies 051 522 8119

Bankbesonderhede: NG Kerk Universitas-Wes Nedbank Reknr. 1187847283 Takkode: 198765

E-pos: [email protected]

WEBADRES: www.rooikerk.co.za / nguniversitaswes Kantoorure:

Maandag, Dinsdag, Donderdag , Vrydag: 08:00 tot 13:00 Woensdag: 08:00 tot 10:00 en 12:00 tot 13:00

Sondae: Net ná die erediens tot 10:30 of tot die laaste persoon gehelp is.

Leraar: Hannes du Plessis 062 127 5300 /

Frans Oosthuizen 082 859 2092

ROOIKERK-EREDIENSTE

Sondagoggend

09:00 Hannnes

Teks: Handelinge 10

Tema: Verandering: Bedreiging of Uitnodiging

09:00 Baba-, Peuter- en Kinderkerk

10:15 Junior- en Seniorjeug-Omgeegroepe

Sondagaand

18:00 Hannes

Teks: Handelinge 11:1-3 en 8

Tema: Die gevaar van die gemakstoel.

Deurkollekte: Fonds vir Bybelgenootskap SA

Volgende Sondag

Oggend Hannes

Aand Hannes

WELKOM

Besoekers en nuwe lidmate kom ontmoet die Nuwe-

lidmatespan ná die erediens by die Inligtingstoonbank.

Biddag vir Reën : 10 November 2019

SPESIALE UITNODIGING:

Ons nooi al ons boere, hetsy lidmate of nie, uit na ons spesiale Biddag vir Reën op Sondag, 10 November. Bring asseblief jul boerdery-vriende en bure saam na hierdie geleentheid tydens ons Erediens.

Page 2: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

2 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VERJAARDAE Baie geluk aan elkeen wat vandag of in die volgende week verjaar.

3 Nov Hennie De Beer Elna Slabber 4 Nov Jan Jacobs Jaco Scholtz Xander Steyn 6 Nov Wynand Buurman Elsie Greyling Ilse Nel Ansie Papgis Maretha Steyn 7 Nov Jurgens Jacobs Beryl Matthys Riaan Matthys Alana Stroebel Alida Viviers 8 Nov Herman Groenewald 9 Nov Annelie Litthauer

LIEF EN LEED

Ons dink en bid vir Reinette Joubert met groot gesondheidsuitdagings. Baie sterkte ook aan haar familie.

Connie Bruwer is ontslaan en sterk tuis aan.

Ernst Reblin, ons koster, is weer in Rosepark hospitaal agv ‘n infeksie wat die uithaal van die pasaangeëer genoodsaak het . Baie sterkte aan hom en sy gesin.

Ons bid vir elkeen wat siek is ʼn spoedige herstel toe en dat jy tydens jou siekwees, sterker sal word en gou weer al jou energie sal terugkry.

Ons dink aan Mias en Yolandi Nortier (oudlidmate en Rooikerk-teologiese student) met die heengaan van Mias se pa.

KOFFIEKROEG-KERK

Aangesien die bywoning

heelwat minder tydens die

aanddienste en veral in

skoolvakansies is, beplan ons

om vanaf 1 Desember vanjaar

ons aanddienste in ‘n meer

informele styl te hou. Dit sal

in die koffiekroeg plaasvind en

ook ‘n saamgesels-karakter

hê. Ons nooi almal om dit

asseblief by te woon en saam

met die Rooikerk-Striata-

familie te kom kuier om die

Woord.

VERSORG DIE VERSORGER

Soms gebeur dit dat daar binne gesinsverband ‘n situasie ontwikkel waar ‘n gesinslid of –lede die versorging van ‘n familielid moet “oorneem” weens siekte of skielike verandering in iemand se fisiese onafhanklikheid, bv na ‘n ongeluk, beroerte, ens. Dit is dus persone wat nie noodwendig mediese of nasorg-opleiding het nie. Hierdie kan ‘n uiters vermoeiende en emosioneel tappende proses wees. Iemand wat dit persoonlik ervaar het en voel dat die Here dit op sy hart gedruk het om hierdie versorgers by te staan, is Jannie Gunter. Hy nooi nou ander wat hierdie rolle vervul uit om hom te skakel indien hul ‘n behoefte het aan iemand wat verstaan en kan ondersteun.

Jannie se kontaknr : 083 395 2125

Page 3: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

3 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

FINANSIëLE STAND VAN DIE GEMEENTE VIR DIE TYDPERK: 1 MAART 2019 - 30 SEPTEMBER 2019 (Striata ingesluit)

Begroot vir die

jaar

Begroot tot op datum

Werklik tot op datum

Verskil tot op datum

INKOMSTE -2,894,028.73

-1,657,683.46 -1,539,431.14 -118,252.32

Min: UITGAWES 2,894,028.73 1,691,405.70 1,439,042.94 252,362.76

* Bedryfsuitgawes 920,602.70 537,018.24 393,679.14 143,339.10

* Gemeente Visie / Sending en Uitreikaksies

425,630.00 252,375.83 167,206.33 85,169.50

* Salarisse en Lone 1,547,796.03 902,011.63 878,157.47 23,854.16

(-Tekort) / Surplus 0.00 -33,722.24 100,388.20

September, Oktober en November se spesiale

koevertinsameling gaan vir TIENDEMAAND-DANKOFFERS vir

ons drie gestuurde uitdagings.

Page 4: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

4 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

NUWE BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: NG KERK UNIVERSITAS WES Bank: NEDBANK Rekeningnr: 1187847283 Takkode: 198765 Maak asb seker u gebruik die nuwe bankbesonderhede vir enige inbetalings

Indien jy nog nie die Kandelaar weekliks in

jou e-pos ontvang nie, of jou e-pos adres het dalk

verander, stuur asb ʼn e-pos aan

[email protected].

KLEUTERKERK

Ons kleutermaatjies (ouderdom 2 tot 5 jaar), word uitgenooi om saam te kom kuier by ons eie Kleuterkerk. Sodra die kindermoment in die Erediens afgehandel is, kan die kleuters saam met Marietjie Daffue uitbeweeg.

Page 5: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Rooikerk-Dagboek Oktober en November 2019

10 November 19:15 Leiersbyeenkoms

17 November 09:00 Roepingsfees 18:00 Kerssangfees

24 November Leiersbevestiging

Preekwerkgroep - Maandae om 18:30. Spiritualiteitskursus I - Maandae om 17:30

Gebedsbediening

“Dankie dat U ook na my geroep het en dankie dat ek u roepstem vanaf die kruis gehoor het.”

Johan Smit

Hilda Human 083 732 1025

SOPKOMBUIS Enige bestanddeel-skenkings vir die kook van sop, sal opreg

waardeer word.

Kontak of gee af by die Kerk

ʼn PAAR GEDAGTES RONDOM GEBEDSBEDIENING

Elke eerste Dinsdag van die maand word ‘n gebedsbyeenkoms gehou om 18:00 by Striata H41. Hier word ons versterk en geseën deur God en mekaar.

Gebedsversoeke word ontvang en aan ongeveer 62 lede deurgegee. Soms word vertroulike gebedsversoeke ontvang en dit word so hanteer.

‘n Voorreg om weekliks in Die Kandelaar gedagtes wat ek hier en daar optel, te deel.

Beplanning is tans besig om die Gebedskamer te skuif. Indien jy van hulp kan wees, ook met idees, kontak my asb.

GEBED: Dat ons ‘n biddende gemeente sal wees.

Page 6: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

6 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

VAKATURE : ADMINISTRATIEWE BESTUURDER UNIVERSITAS-WES GEMEENSKAPSENTRUM

wat die Rooikerk- en Striata-bedieningspunte insluit ………………………………………………………………………………………

Indien jy oortuig is dat die Here deur die onderstaande inligting met jou praat, word jy genooi om met ons kontak te maak aangesien die

gemeente op 1 Januarie 2020 ‘n vakature sal hê.

Die gemeente word gekenmerk deur ‘n warm, gasvrye en informele bedieningstyl. Die kern van die bediening geskied deur een leraar, asook ‘n leraar by die aftreeoord, Striata en ‘n aantal Teologiese studente, tesame met ‘n span toegeruste leiers.

Die gemeente is ‘n waardegedrewe, missionale gemeente binne n breëre Bloemfontein-gemeenskap met die uitdagings waartoe ons GEROEP, versamel, gevorm EN GESTUUR word deur die die Here…

Posvereistes:

1. Minimum Graad 12 2. Rekenaarvaardigheid (Microsoft Word, Excel en Outlook) 3. Kennis van Winkerk sal tot voordeel van aansoek strek 4. Moet beskik oor uitstekende interpersoonlike vaardighede, entoesiasme en

presiesheid tov werksmetodes en onder druk kan funksioneer.

Werksure: Maandae tot Vrydae 08:00 tot 13:00, met kantoordiens elke tweede Sondag direk na die Erediens.

Salaris: Onderhandelbaar na gelang van kwalifikasie en ondervinding.

Indien die Gees deur bogenoemde aan jou raak, stuur vir ons jou volledige CV met 3 verwysings met kontakbesonderhede aan: [email protected]

Vir meer inligting, kan jy met die volgende persone gesels:

a. Danie Strauss – Voorsitter Diensverhoudinge: 082 553 5971 b. Emil van Zyl – Diensverhoudinge: 060 614 5156 c. Esmé Sinden – Finansies beampte: 051 522 2547

Jy kan ook nog verdere inligting kry deur te lees op die webwerf: www.rooikerk.co.za.

Sluitingsdatum: Maandag 11 November 2019 om 12:00

Ons behou ons die reg voor om nie noodwendig ‘n aanstelling te maak vanuit die aansoeke wat ontvang is nie.

Page 7: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

7 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Taakspan: Vrouebediening NGKVS: ‘n Spesiale bederf-projek

Die nood is groot weens die erge droogtetoestande en verskeie aksies word reeds geloods en droogtehulp aangebied vir boere in hierdie gebiede. Die Taakspan: Vrouebediening van Sinode Vrystaat het ‘n inisiatief geloots om vir die boervroue in die Noord-Kaap bederf-skoenbokse op te maak om hulle ook spesiaal te laat voel. Hulle wil die vroue sodoende ondersteun en bederf, aangesien hulle eie welstand nie iets is wat meer aandag geniet nie. Die inhoud van ’n bederfpakkie vir ongeveer R250 moet binne in ’n skoenboks pas. Dit kan verskeie items insluit, waarvan die volgende goeie riglyne is:

Een of twee pare nuwe sokkies, lipstiffie, maskara, of ‘n mooi serpie

Hande/lyfroom, aanrol/deodorant

Haarsjampoe en opknapper, tissues, tandepasta, tandeborsel, Vaseline

Body wash, koekies seep, waslappe, skeermessies

Tydskrif, geestelike dagboek, penne en potlode Pleisters, Panado’s, watte

Jellie- of suiglekkers, suiker, tee en koffie (cuppuchino stokkies), koekies (moet net nie saam met seep verpak nie, draai afsonderlik toe)

Kombuisvadoek/afdroogdoek

Vuurhoutjies

Sit ook gerus ’n bemoedigende briefie daarby, met jou naam (as jy wil) én ’n teksvers en draai dit mooi toe. Sommige persone draai hul bokse met koerant- of bruinpapier toe en sit ‘n mooi strik om.

Bederf-bokse of pakkies moet die Sinodale Kantoor vóór Vrydag 15 November 2019 bereik, waarna dit betyds vir Kersfees na dorpe in die Noord-Kaap versprei sal word. Dit kan by Thea Bosman by die Sinodale Kantoor in Bloemfontein, te Van Heerdenweg 20, Wilgehof, besorg word - die kantoor is langs Engo (Westerbloem, ens) se hoofingang geleë, k/u Ma-Vr 08:00-16:00). Vir meer inligting, kontak gerus vir Béneli Pretorius (voorsitter Vrouebediening), op 082 648 0653, of stuur e-pos aan [email protected]

Jy kan dit ook by Striata of die Rooikerk afgee.

Page 8: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

8 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Streek Afrika

Leier President Uhuru Kenyatta

Bevolking 50 951 000 Christen 82%

Meederheidsgeloof Christen (Islam in die noordooste en kusgebiede) Regering Republiek

Ranglysposisie 40

Punte 61 Vorige Ranglysposisie 32

Vorige Punte 62

Die Islamitiese ekstremiste groep, Al-Sjabaab, is verantwoordelik vir die meeste vervolging in Kenia. Met ʼn tuisbasis in Somalië, maak hulle Christene dood, vernietig kerke en forseer Christene om van hul huise te vlug. Bekeerlinge van Islam tot Christenskap kan erge druk van hul families verwag, insluitend dwanghuwelike, die teistering van kinders, en om onterf te word. In sommige plekke kan dit gevaarlik wees om kerke te bou of in kerke te ontmoet.

Bid: Veral vir Christene wat in die noordooste van Kenia bly waar vervolging meer algemeen voorkom.

#40 Kenya

Die Kerkkantoor beskik oor ʼn

ou fotostaatmasjien.

Jy kan ʼn aanbod maak.

doen dit asb skriftelik en gee

af by die Kerkkantoor.

Page 9: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

9 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Die seuns wil graag vir Kersfees iets terug gee aan die gemeenskap.

Oupa en Ouma Geskenkpakkies Daarom vra ons hulp in die vorm van:

Lyfroom wat beide mans en vrouens kan gebruik, sjampoe en bevogtiger “conditioner”, lyfsproei en “roll-on”.

Die seuns voorsien self die ander produkte. Plaas asb in Carpe Diem-boks by inligting sentrum.

Vir meer inligting kontak Elzabé 0658315271 en Alta 0836870643.

Ca

rpe

Die

m

Page 10: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

10 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Vandag: 1 November 2019

Vanoggend se erediens word gelei deur Frans Oosthuizen

Teks: Filippense 4:4-7,

Tema: Oefen jou bekommernisse

Volgende Sondag se erediens word ingerig as ʼn biddag vir reën.

Die wonder van gebed

Ons gebede word nie net beantwoord as ons kry wat ons gevra het nie, maar ook as ons uitgedaag word om te wees wat ons kan wees. Morris Alders

Al kry ons nie alles wat ons wil hê nie, kan ons steeds dankbaar wees dat ons nie alles kry wat ons verdien nie. Anoniem

Bid asseblief vir Lorina Marais en Dollie Shan

Progam vir die week

Dinsdag Bybelstudie 10:00 in die saal. Almal is welkom. Kom er-vaar God se teenwoordigheid wanneer ons na God en mekaar luister. God werk met ons uit Johannes 4. Moet dit nie mis nie!

“As dit nie vir die Here was nie!/?“

Page 11: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

11 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

GELUK MET JOU VERJAARSDAG

By ‘’n huweliksherdenking sê ons dankie vir die lewensmaat waarmee die Here ons geseën het. Wanneer ’n baba gedoop word dink ons terug aan God se trou. God is die God van geslagte wat homself onvoorwaardelik aan ons verbind. Hy is die God van die verbond! Met ‘’n verjaarsdag vier ons fees en herdenk ons ‘’n baie spesiale dag.‘’n Dag waarop die Almagtige die wêreld geseën het toe ‘’n nuwe fase in Sy plan vir die wêreld in werking getree het. Ja, met jou geboorte het God die trajek van die wêreld verander! Jou hierwees is ʼn stuk bederf. Deur jou aan ons te leen het God ons geseën. Jou gesin, die geloofsgemeenskap waaraan jy deel het, vriende, die omgewing waarin jy geleef en gewerk het, Striata, personeel, versorgers ens, ens, ens …. Niks sou dieselfde gewees het sonder jou nie! Jy is, was en sal deel wees van God se reddingsplan vir hierdie wêreld! Kom ons dank die Here en vier saam fees!

Mooi jaar vir jou in God se liefdevolle teenwoordigheid

6 November Stella van der Berg 7 November Gienie Groenewald

9 November Eric Kleynhans

Lees ook op bl 1 van die Biddag vir reën; hulp vir die

versorger (bl 2) en die finansies word op

bl 3 bespreek.

Page 12: Kantoorure: Woensdag Sondae: Hannes du Plessis Frans ...rooikerk.co.za/wp-content/uploads/2019/11/... · saam met Marietjie Daffue uitbeweeg. 5 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

12 NG Universitas-Wes Gemeenskapsentrum

Paar los dog treffende gedagtes

Voor ek saans gaan slaap, gee ek al my bekommernisse van die dag aan God oor – Hy gaan tog die hele nag wakker wees. Mary Crowley

Dat voëls van kommer en sorge oor ons koppe vlieg nou ja, daaraan kan ons niks doen nie. Maar ons kan keer dat hulle kom nes maak in ons hare. Martin Luther

Dit is wanneer jy jou bekommernis oor die toekoms by jou las van vandag voeg dat dinge vir jou te swaar word. Onthou: Dit is nie wat God van jou verwag nie. Hy vra jou om more in sy hande te laat en jou aandag aan vandag te skenk. George MacDonald (1824-1905)

Vandag se bekommernis doen niks om more se probleme op te los nie; dit beroof ons net van die krag wat ons vandag kon gehad het. Kommer help ons tog nie om aan dit wat ons vrees te ontsnap nie. Die maak ons net te swak om dit te kan hanteer as dit kom. Kommer is die rente wat ʼn mens betaal op probleme voor dit nog opdaag. Corrie ten Boom (1892-1983)

Kommer is ʼn deposito op 90% van die onheile wat ons nooit gaan tref nie. John Benton

Maandelikse insameling Yadé en Rooikerkhuis

Hierdie instansies is tuistes vir inwoners wat oor een of ander rede hulle tuistes verloor het en tans hier woon.

Vrywillige bydraes/ skenkings van kos, linne- of kombuisware of geldelike donasies vir hierdie instansies, kan elke eerste Sondag van elke maand by die voorportaal van Striata voor kerk ingehandig word.

Alle bydraes word opreg waardeer. Baie dankie.