Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Woord
Ontmoeting 1 Josef God laat alles ten
goede saamwerk.
Welkom by die eerste les van die jaar. Dit is ’n goeie geleentheid om mekaar eers te leer ken. Ons begin die
jaar met die les van Josef as inleiding tot die semester se tema. Ons tema handel oor hoe God kinders in die
Bybel gebruik het. Die doel is om kinders te laat besef dat God hulle ook kan gebruik, dit maak nie saak wie
hulle is, waar hulle bly of hoe oud hulle is nie.
Teks: Genesis 37:39-47
Hulpmiddels:
A3 karton/papier
Swart verf
Verskillende kleure verf
“Slangetjies en leertjies”-speletjie op A3-karton
gekopieer en gelamineer
Kopieer die “slangetjies en leertjies”-speelkaarte
en sny hulle uit (Laai die aparte pdf file af.)
Kopieer die sterretjies en knip hulle uit.
Dobbelsteen
Skuifstuk vir elke kind, byvoorbeeld verskillende
knopies
Wyding
Temalied: “God hou van kindertjies” (Soekie en die
Radikids: Die coolste Radikids liedjies ooit)
Stilword-ritueel: Laat die kinders op hul magies lê
met hul ogies toe en hul koppe op hul arms en
hulself indink as skapies. Laat hulle ‘n paar keer
diep asemhaal en luister na die woorde van ‘n liedjie
wat Dawid geskryf het. Lees nou Psalm 23 vir hulle
rustig voor.
Welkom
Deel die kinders in groepe van nie meer as 5 of 6
kinders in ’n groep nie. Verduidelik aan hulle hoe
die volgende kenmekaar speletjie werk.
Graad 1-3:
Sê jou naam vir die groep en noem een ding van
jouself wat jy dink die ander kinders nie van weet
nie. Die tweede persoon herhaal die eerste
persoon se naam en stel dan hom-/haarself voor
en noem ook een ding waarvan die ander kinders
nie weet nie. Die derde kind begin weer by die
eerste naam, ensovoorts. Op hierdie manier word
die name herhaal en leer almal mekaar se name.
Graad 4-6:
Sê jou naam vir die groep en noem 2 dinge van
jouself wat waar is en een ding wat vals is. Die
ander kinders in die groep moet dan raai watter
een is nie waar nie, byvoorbeeld 1) jy het al in ’n
helikopter gevlieg, 2) jy het al ’n duisend rand
gewen en 3) jy het al ’n slang vasgehou. Herhaal
totdat elkeen in die kring ’n beurt gehad het. Indien
iemand reg raai watter stelling vals is, moet die
persoon wat die stellings gemaak het een keer
Ons gee ’n oorsig oor die hele verhaal om ’n
geheelbeeld van Josef se lewe kry.
Grootgroep leier vertel:
Ons het mekaar beter leer ken deur ons speletjie
en ons het kans gehad om vir mekaar goed te
vertel wat waar en wat vals was. As Josef vir ons
sy storie vertel het, sou ons gedink het die goed
wat met hom gebeur het, kan nie regtig waar wees
nie, maar dit het werklik gebeur. ’n Klomp slegte
dinge het gebeur, maar kom ons kyk hoe God dit
verander het in iets wat mooi en goed was.
Nota aan die groepleier: Neem ’n A3 wit papier/
karton en vou dit in die breedte in die helfte. Terwyl
die verhaal vertel word, skryf jy (of ’n assistent)
met koki al die slegte goed van Josef se lewe in
die vou van die papier. Skryf die woorde vertikaal,
nie meer as 2 cm weg van die vou af nie. (Die
woorde moet so na as moontlik aan die vou wees.)
Om jou te help, is al die sinne of woorde wat in die
vou geskryf moet word, vetgedruk in die verhaal.
Verhaal:
Toe Josef 17 jaar oud was, het hy dikwels sy pa se
rondom die groep hardloop. Herhaal totdat elkeen
’n beurt gehad het om homself voor te stel.
troppe vee saam met sy halfbroers opgepas. Josef
het by sy pa nuus aangedra oor die verkeerde
goed wat sy broers gedoen het. Jakob het Josef
liewer gehad as al sy ander kinders. Eendag gee
hy vir Josef ’n besondere geskenk, ’n pragtige jas.
Josef se broers het hom gehaat omdat hulle pa
hom voorgetrek het.
Een nag het Josef ’n droom gehad en hy het dit vir
sy broers vertel. Hy het gedroom dat hulle op die
landerye werk en sy broers se gerwe koring het
voor syne gebuig. Daarna hulle hom nog meer
gehaat het. Hulle het hom gespot en nog minder
van hom gehou. Josef het nog ’n droom gehad. Hy
het gedroom die son, maan en elf sterre (dieselfde
getal as sy broers) het voor hom neergebuig. Sy
broers het hom ná die drome nog meer gehaat
omdat hulle gedink het hy sê hy is belangriker en
beter as hulle.
Eendag het Josef se pa hom na sy broers gestuur
waar hulle in die veld besig was om die vee op te
pas. Hy moes gaan kyk hoe dit met sy broers
gaan en vir sy pa kom vertel. Toe sy broers hom
sien aankom, het hulle planne gemaak om hom
dood te maak. Ruben het hulle gekeer. Hy het
voorgestel dat hulle Josef eerder in die put gooi.
Toe Josef daar aankom, het hulle sy spoggerig
jas uitgetrek en hom in die put gegooi.
Handelaars het daar verbygekom en die broers
besluit toe om Josef vir 20 stukke silwer as ’n
slaaf in Egipte te verkoop.
Josef moes as slaaf in die huis van Potifar gaan
werk. Potifar se vrou het van Josef gehou en wou
gehad het dat hy by haar moet kom lê. Josef het
geweet dis verkeerd en het nee gesê. Potifar se
vrou het ’n stuk van sy klere gegryp en afgeskeur.
Sy het geroep dat die wagte haar moet kom help
en het gejok dat Josef haar wou seermaak. Potifar
was baie ontsteld en het Josef dadelik in die
tronk gegooi.
Nota aan die groepleier: Neem nou swart verf en
drup dit redelik dik in die vou. Vou die papier toe
en maak dadelik weer oop. Wys die swart streep
vir die kinders. Skryf weer al die goeie dinge wat
vetgedruk is aan die regterkantse helfte van die
bladsy. Noem aan die kinders dat ’n klomp slegte
goed met Josef gebeur het, maar ’n klomp
wonderlike goed het ook uit die verhaal gekom.
Verhaal:
Al het dit baie moeilikheid vir Josef veroorsaak dat
sy pa hom voorgetrek het, weet ons dat sy pa
baie lief was vir hom en dit was ’n goeie ding.
Nie net het sy pa vir hom omgegee nie, maar
Ruben het sy lewe gered deur die broers te
oortuig om hom eerder in die put te gooi. En het jy
al gewonder oor die put waarin Josef gegooi is en
hoe wonderlik dit was dat daar nie water in was
nie, anders het Josef dalk verdrink. Dit moes baie
sleg vir Josef gewees het om as slaaf verkoop te
word, maar hy het as slaaf in Potifar se huis gaan
werk. Potifar was ’n amptenaar van die Farao en
hoof van die lyfwagte. Potifar het hom goed
behandel.
Josef was saam met ’n skinker en ’n bakker van
die Farao in die tronk. Een nag het die skinker en
bakker elkeen ’n droom gehad. Hulle was baie
ontsteld en het nie geweet wat die drome beteken
nie. God het vir Josef gehelp om die betekenis
van die drome vir hulle te verduidelik. ’n Rukkie
daarna het die Farao (die koning van die land) ook
’n droom gehad wat hy nie verstaan het nie. Die
skinker wat saam met Josef in die tronk was, het
op daardie stadium vir die Farao gewerk en hy het
onthou dat Josef hom met sy droom gehelp het.
Die Farao het dadelik vir Josef laat kom. God het
weer vir Josef gehelp om die Farao se droom
te verstaan en aan hom te verduidelik. God het
die Farao gewaarsku dat daar hongersnood op
pad was en dat hy nou kos moet bêre vir wanneer
daar nie kos gaan wees nie. Josef het aan die
Farao voorgestel dat hy ’n bekwame persoon oor
die hele Egipte moes aanstel om te help om van
die kos bymekaar te maak en te bêre. Op die
manier sal daar genoeg wees om te eet wanneer
die 7 jaar van hongersnood aanbreek. Indien dit
nie gedoen word nie, sou ’n ramp die land tref en
al die mense sou doodgaan. Die Farao en sy
raadgewers was in hulle skik met Josef se
voorstelle en het besluit dat Josef daardie man
moet wees. So het Josef die heerser in Egipte
geword; hy was tweede in bevel van die land.
Die Farao het vir Josef gesê: “Ek is die koning,
maar niemand sal in die ganse Egipte ’n vinger
verroer of ’n voet versit sonder jou goedkeuring
nie.”
Josef se broers is ook geraak deur die
hongersnood en moes na Egipte kom om kos by
die Farao te koop. Josef het dadelik sy broers
herken, maar hulle het nie besef dat dit hy was nie.
Josef het hulle gehelp en vir hulle kos gegee.
Hy het sy broers vergewe en kon vir sy hele
familie, ook sy pa, plek gee om in Egipte te bly.
Aangesien Josef tweede in beheer was, het die
Farao vir Josef gesê dat sy familie in die beste
deel van Egipte kon gaan bly.
Nota aan die groepleier: Drup nou verskillende
kleure verf op die positiewe goed uit die verhaal
wat neergeskryf is. Vou die papier weer toe en vryf
daaroor sodat die verf versprei. (Maak seker jy
doen dit op ’n koerant of plastiektafeldoek
aangesien die verf aan die kante kan uitkom).
Maak die papier weer oop en wys vir die kinders
die skoenlapper wat gevorm het.
In elkeen van ons se lewens gebeur daar goeie en
slegte goed. God bly in beheer van ons hele lewe.
God wil altyd die beste hê vir sy kinders. Dus, al
sien ’n mens die swart gedeelte of die slegte
gedeelte in die skoenlapper raak, is die mooi wat
God in ons lewens laat gebeur die deel wat ons
eintlik moet raaksien. Lees Romeine 8:28 vir die
kinders:
En ons weet dat God alles ten goede laat
saamwerk vir hulle wat Hom liefhet. (NLV)
Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:
1. Ek wonder wat was vir jou mooi in die verhaal.
2. Ek wonder waar jy jouself in hierdie storie sou
sien.
3. Ek wonder of Josef steeds sy broers sou
vergewe het as sy lewe nie so goed uitgedraai
het nie.
4. Ek wonder watter deel sou jy wou uitlaat in die
storie.
Werskaf
Elke kind kan nou sy eie skoenlapper maak.
“Slangetjies en leertjies”-speletjie.
“Vind die bakker en die skinker”-aktiwiteit.
Die Here is voor julle om die
weg gelyk te maak.
Die Here is langs julle om julle
in Sy arms toe te vou.
Die Here is agter julle om
die aanvalle van die bose te keer.
Die Here is onder julle om julle
te vang as julle dalk val.
Die Here is binne julle om
julle te inspireer.
In die tronk het die bakker en die skinker drome gehad. Josef het vir hulle verduidelik wat hul drome beteken het. Wie is die bakker en wie is die skinker?