91
LOVEGODGREATLY.COM Hierdie joernaal behoort aan: LAAT REG GESKIED, BEWYS LIEFDE EN TROU, LEWE BEDAGSAAM VOOR JOU GOD ‘N STUDIE OOR MIGA vir kinders

LAAT REG GESKIED, BEWYS LIEFDE EN TROU, LEWE BEDAGSAAM VOOR JOU … · 2019. 5. 1. · Omdat God goed en heilig is, is daar gevolge vir ons sondes. Maar die profeet Miga herinner

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • L O V E G O D G R E A T L Y . C O M

    H i e r d i e j o e r n a a l b e h o o r t a a n :

    L A A T R E G G E S K I E D , B E W Y S L I E F D E E N T R O U ,

    L E W E B E D A G S A A M V O O R J O U G O D

    ‘ N S T U D I E O O R M I G A

    v i r k i n d e r s

  • LAAT REG GESKIED, BEWYS LIEFDE EN TROU, LEWE BEDAGSAAM VOOR JOU GOD: ‘N STUDIE OOR MIGA

    Kopiereg © 2019 deur Love God Greatly Bediening

    Toestemming word verleen om hierdie dokument te druk en te herproduseer vir die doel om die Laat Reg Geskied, Bewys Liefde En Trou, Lewe Bedagsaam Voor Jou God: ‘n Studie oor Miga aanlyn Bybelstudie te voltooi. Moet asseblief nie hierdie dokument op enige manier verander nie. Alle regte voorbehou.

    Gepubliseer in Dallas deur Love God Greatly.

  • ‘n Woord aan Ouers

    Hierdie boek is die resultaat van ‘n begeerte om ‘n bygaande studie joernaal vir kinders te hê wat saam met die Laat Reg Geskied, Bewys Liefde En Trou, Lewe Bedagsaam Voor Jou God

    joernaal vir volwassenes gebruik kan word.

    Love God Greatly Afrikaans is toegewy om God se Woord beskikbaar te maak aan ons pragtige gemeenskap van vrouens… en nou

    het vrouens die geleentheid om God se Woord met hulle kinders te deel deur hierdie

    studie wat uniek ontwerp is vir jong harte.

  • 4

  • 5

    I N H O U D S O P G A W E

    I N L E I D I N G

    L E E S P L A N

    J O U D O E L W I T T E

    W E E K 1

    W E E K 2

    W E E K 3

    W E E K 4

    0 7

    0 8

    1 1

    1 2

    3 2

    5 2

    7 2

  • 6

  • 7

    I N L E I D I N GL A A T R E G G E S K I E D , B E W Y S L I E F D E E N T R O U , L E W E

    B E D A G S A A M V O O R J O U G O D

    Hallo daar,

    Ons is so bly dat jy hierdie vier weke-studie oor die boek Miga saam met ons gaan doen! Ons weet nie baie van die profeet Miga nie, behalwe dat hy dieselfde tyd as Jesaja en Hosea gelewe het. Tog het God vir Miga ‘n baie belangrike boodskap gegee om vir die volk van Israel te vertel, ‘n boodskap wat tot vir jou en my ook is! Hoe ‘cool’ is dit?!

    Baie mense in Miga se tyd het dom en selfsugtige besluite gemaak. Hulle wou net hulleself gelukkig maak, in plaas daarvan om uit liefde vir God te lewe. Natuurlik het hulle partykeer so gelewe asof hulle lief was vir God ... maar hulle harte was ver van Hom af. Nog ‘n ding, hulle was betrokke by afgodery. Afgodery is die groot woord vir wanneer mens iets meer as vir God liefhet. Wanneer ons dit doen, word daardie persoon of ding ‘n afgod in ons lewens. Dit doen God nie net oneer aan nie, maar dit maak ook sy hart seer.

    In Hosea 6:6 sê die Bybel vir ons dat God ons harte wil hê, nie ons offers nie. Dit beteken dat God wil hê ons moet lief wees vir Hom, nie net al die gewone ‘kerk-dinge’ doen en maak of ons lief is vir Hom nie. Hy wil hê dat ons gehoorsaam moet wees aan Hom omdat ons lief is vir Hom. Dis ‘n baie belangrike les wat mens vroeg in jou lewe moet leer!

    Die mense in Miga se tyd het gesukkel met baie sondes waarmee kinders en grootmense vandag ook sukkel. Sondes soos gierigheid, om van ander mense te steel en selfs geweld.

    Oor die volgende vier weke sal jy in hierdie belangrike Bybelboek leer dat God oordeel en vergewe. Oordeel gebeur wanneer ons iets doen wat sonde is, iets wat ander seer maak, of onsself of vir God. Omdat God goed en heilig is, is daar gevolge vir ons sondes. Maar die profeet Miga herinner ons daaraan dat ons ‘n God dien wat liefdevol en vriendelik is en ook gewillig is om ons te vergewe. Liewe maat, onthou altyd dat God lief is vir jou. Hy het baie genade en raak nie maklik kwaad nie. Hy haat sonde, maar Hy is lief vir die sondaar. Moet nooit hierdie waarheid vergeet nie.

    Ons bid dat jou geloof sterker sal word terwyl ons deur die boek Miga lees en jy reg sal laat geskied, liefde en trou sal bewys, en dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.” Miga 6:8

    Ons moedig jou aan!

  • 8

    S O A P L E E S P L A N

    WEE K 1

    M a a n d a gLees: Miga 1:1, 2 Kronieke 27:1-2; 28:1-4; 29:1-2SOAP: 2 Kronieke 29:2

    Vir verdere l e e swerk : 2 Kronieke 27-28

    D i n s d a gLees: Miga 1:2-7, 2 Konings 17:7-13SOAP: Miga 1:2-3

    Vir verdere l e e swerk : 2 Kronieke 29

    Wo e n s d a gLees: Miga 1:8-16, 2 Konings 17:14-23SOAP: 2 Konings 17:18-20

    D o n d e r d a gLees: Miga 2:1-5, 2 Kronieke 36:15-21SOAP: 2 Kronieke 36:15

    Vr y d a gLees: Miga 2:6-11, Deuteronomium 11:13-17SOAP: Miga 2:7

    WEE K 2

    M a a n d a gLees: Miga 2:12-13, Psalms 103:1-14SOAP: Miga 2:12

    D i n s d a gLees: Miga 3:1-4, Jesaja 55:8-9SOAP: Jesaja 55:8-9

    Wo e n s d a gLees: Miga 3:5-8, Jakobus 5:19-20SOAP: Miga 3:8

    D o n d e r d a gLees: Miga 3:9-12, Psalms 82SOAP: Psalms 82:2

    Vr y d a gLees: Miga 4:1-5, Openbaring 21:1-8SOAP: Miga 4:5

  • 9

    WEE K 3

    M a a n d a gLees: Miga 4:6-8, Psalms 93SOAP: Miga 4:7

    D i n s d a gLees: Miga 4:9-13, Romeine 8:28SOAP: Miga 4:12

    Wo e n s d a gLees: Miga 4:14 - 5:5, 2 Kronieke 32:20-23SOAP: Miga 5:3-4a

    Vir verdere l e e swerk : 2 Kronieke 32

    D o n d e r d a gLees: Miga 5:6-8, Handelinge 17:1-4; 18:1-4, 24SOAP: Miga 5:6

    Vir verdere l e e swerk : Hande l inge 17, 18, 19

    Vr y d a gLees: Miga 5:9-14, Psalms 50:15-23SOAP: Miga 5:14

    WEE K 4

    M a a n d a gLees: Miga 6:1-8, Galasiërs 4:12-16SOAP: Miga 6:8

    D i n s d a gLees: Miga 6:9-16, Job 39:34-40:5SOAP: Job 40:3-4

    Wo e n s d a gLees: Miga 7:1-7SOAP: Miga 7:7

    D o n d e r d a gLees: Miga 7:8-13SOAP: Miga 7:8-9

    Vr y d a gLees: Miga 7:14-20SOAP: Miga 7:18-20

  • 10

  • 11

    1.

    2.

    3.

    Handtekening:

    Datum:

    JOU DOELWITTE

    Ons glo dat dit belangrik is om

    doelwitte neer te skryf vir hierdie

    studie. Neem nou tyd en skryf drie

    doelwitte neer waarop jy wil fokus

    soos jy elke dag opstaan en in God

    se Woord delf. Maak seker dat

    jy terugverwys na hierdie doelwitte

    tydens die volgende paar weke, om jou

    te help om gefokus te bly. Jy kan dit

    doen!

  • M A A N D A G

    D I N S D A G

    W O E N S D A G

    D O N D E R D A G

    V R Y D A G

    G E B E DS K R Y F J O U G E B E D S V E R S O E K E E N

    L O F P R Y S I N G S V I R E L K E D A G N E E R .

    Gebedsfokus vir hierdie week: Spandeer tyd om vir jou familie te bid.

    12

  • W E E K 1

    13

    Volk van Jakob,

    moet daar gevra word:

    “Is die Gees van die Here kwaad?

    Doen Hy sulke dinge?”

    Belowe Ek nie goeie dinge

    vir dié wat opreg lewe nie?

    M i g a 2 : 7

  • S K R I F G E D E E L T E S V I R W E E K 1

    14

    M A A N D A G

    M i g a 1 : 1

    1 Die Woord van die Here wat gekom het tot Miga van Moreset tydens die regering van die Judese konings Jotam, Agas en Hiskia. Dit handel oor Samaria en Jerusalem.

    2 K r o n i e k e 2 7 : 1 - 2

    1 Jotam was vyf en twintig toe hy koning geword het en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Jerusa, ‘n dogter van Sadok. 2 Jotam het gedoen wat reg is in die oë van die Here en in alles die voorbeeld van Ussia, sy pa, gevolg, met dié verskil dat hy nie in die tempel van die Here oortree het nie. Die volk het egter met hulle afgodsdiens voortgegaan.

    2 K r o n i e k e 2 8 : 1 - 4

    1 Agas was twintig toe hy koning geword het, en hy het sestien jaar in Jerusalem geregeer. Hy het nie gedoen wat reg is in die oë van die Here soos sy voorvader Dawid nie. Hy het die pad geloop van die konings van Israel en hy het selfs beelde van die Baäls laat giet. 3 Hy het in die Ben-Hinnomdal offerandes gebring en van sy kinders daar verbrand volgens die afskuwelike gebruik van die heidennasies wat deur die Here voor die Israeliete uit verdryf is. 4 Hy het diereoffers en wierookoffers gebring op die hoogtes en op die rante en onder elke groot boom.

    2 K r o n i e k e 2 9 : 1 - 2

    1 Hiskia het koning geword toe hy vyf en twintig was en hy het nege en twintig jaar in Jerusalem geregeer. Sy ma was Abi, ‘n dogter van Sagaria. 2 Hiskia het gedoen wat reg was in die oë van die Here en het in alles die voorbeeld van sy voorvader Dawid gevolg.

    Vir verdere leeswerk: 2 Kronieke 27-28

    D I N S D A G

    M i g a 1 : 2 - 7

    2 Luister alle volke! Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my God wil teen julle getuig, Die Here wil uit sy heilige tempel getuig.

  • 15

    3 Die Here kom uit sy woonplek uit, Hy kom af, Hy kom oor die hoë plekke van die aarde. 4 Berge smelt weg onder Hom, laagtes skeur oop. Soos was in vuur smelt, smelt die berge, hulle loop teen die hellings af soos water. 5 Dit alles gebeur oor die sonde van Jakob, oor die oortredings van die volk Israel. Wat is die sonde van Jakob? Samaria! Wat is Juda se afgodshoogte? Jerusalem!

    6 Daarom sal Ek Samaria ‘n puinhoop in die oop veld maak, ‘n plek om wingerde te plant. ek sal sy bouklip in die laagte afgooi, sy fondamente oopgrawe. 7 Al sy afgodsbeelde sal stukkend geslaan word, sy verdienste uit prostitusie sal verbrand word. Ek sal al sy afgode vernietig, want hy het hulle bymekaargemaak met sy verdienste uit prostitusie. Hulle sal die pad gaan van Verdienste uit prostitusie.

    2 K o n i n g s 1 7 : 7 - 1 3

    7 Dit het gebeur omdat die Israeliete gesondig het teen die Here hulle God wat hulle uit Egipte laat wegtrek het, onder die mag van die farao, koning van Egipte. Maar hulle het ander gode vereer 8 en geleef volgens die gebruike van die nasies wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak, gebruike wat deur die konings van Israel nagevolg is. 9 Die Isareliete het die Here hulle God dinge toegedig wat nie waar is nie en toe vir hulle hoogtes gebou oral waar hulle gewoon het, van plekke af waar net ‘n wagtoring was, tot in die vestingstede. 10 Hulle het klippilare en gewyde pale opgerig op elke hoë rant en onder elek groen boom. 11 Op elke hoogte het hulle wierookoffers gebring net soos die nasies wat deur die Here verdryf is om vir die Israeliete plek te maak. Met die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het hulle die Here uitgetart. 12 Hulle het die stinkende afgode gedien wat die Here hulle uitdruklik verbied het. 13 Die Here het Israel en Juda deur elke profeet en siener gewaarsku: “Bekeer julle van julle verkeerde paaie. Kom my gebooie en voorskrifte na volgens die hele wet wat Ek julle voorvaders bevel het, wat Ek deur my dienaars die profete aan julle gegee het.”

    Vir verdere leeswerk: 2 Kronieke 29

  • 16

    W O E N S D A G

    M i g a 1 : 8 - 1 6

    8 Daarom sal ek rou en huil, Sal ek kaalvoet en sonder klere rondloop. Ek sal skreeu soos ‘n jakkals, klaag soos ‘n volstruis. 9 Samaria se sweer is ongeneeslik, Dit het gesprei tot by Juda: dit raak al aan my volk se stadspoort, aan Jerusalem.

    10 Moet dit nie in Gat vertel nie, moenie daaroor huil nie. Gaan rol liewer in die stof in Bet-Leafra. 11 Gee pad, jy wat in Safir woon, jy is kaal uitgetrek. Jy woon in Saänan, Kan nie uitkom nie, die mense van Bet-Esel treur, hy kan julle nie meer help nie.

    12 Jy wat in Marot woon, is siek van angs, Daar het onheil van die Here af gekom Tot by die poorte van Jerusalem. 13 Span die perde voor die strydwa, Jy wat in Lakis woon! In Lakis het die sonde van Sion begin, die oortredings van Israel is daar gevind. 14 Daarom is ‘n trougeskenk aan Moreset-Gat gegee. Die huise van Aksib is ‘n teleursteling Vir die konings van Israel. 15 Jy wat in Maresa woon, die Here laat een wat verower, na jou toe kom. Die trots van Israel sal tot by Adullam kom. 16 Skeer ‘n kaal kol op jou kop, Skeer ‘n kaal kol op jou kop soos dié van ‘n aasvoël, want dié oor wie jy bly is, sal van jou af in ballingskap weggevoer word.

  • 17

    2 K o n i n g s 1 7 : 1 4 - 2 3

    14 Maar hulle wou nie luister nie; hulle was net so hardkoppig soos hulle voorvaders wat ook nie op die Here hulle God vertrou het nie. 15 Hulle het sy voorskrifte en sy verbond verwerp wat Hy met hulle voorvaders gemaak het. Sy waarskuwings het hulle in die wind geslaan, hulle het agter afgode aangeloop wat niks is nie en so het hulle self niks geword. Hulle het geleef net soos die heidennasies om hulle, iets wat die Here hulle beveel het om nie te doen nie. 16 Al die gebooie van die Here hulle God het hulle niks laat lê: hulle het twee kalwerbeelde laat giet, ‘n Asjerabeeld gemaak, voor elke hemelliggaam gebuig en vir Baäl gedien. 17 Die volk het hulle seuns en dogters as offers laat verbrand en hulleself besig gehou met waarsêery en toekomsvoorspellings. Met volkome oorgawe het hulle gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here en Hom uitgetart. 18 Die Here het so toornig op Israel geword dat Hy hulle verwerp het. Net die stam van Juda het oorgebly. 19 Maar ook Juda het die gebooie van die Here hulle God nie gehou nie: hulle het die praktyke van Israel nagevolg. 20 Daarom het die Here die hele nageslag van die aartsvader Israel verwerp. Die Here het hulle verdruk deur hulle oor te gee in die mag van plunderaars totdat Hy hulle finaal verwerp het. 21 Hy het Israel afgekeur van die koningshuis van Dawid, sodat hulle Jerobeam seun van Nebat koning gemaak het. Jerobeam het Israel van die Here losgemaak en hulle tot vreeslike sondes verlei. 22 Die Israeliete het volhard in al die sondes wat Jerobeam gedoen het; hulle het dit nie laat vaar nie. 23 Uiteindelik het die Here hulle laat vaar soos Hy hulle deur al sy dienaars, die profete, gewaarsku het. Hy het Israel uit sy land na Assirië toe laat wegvoer, waar hulle vandag nog is.

    D O N D E R D A G

    M i g a 2 : 1 - 5

    1 Ellende wag vir julle wat rampe teen ander beplan, wat op die bed lê en dink aan kwaad om te doen, wat dit vroeg in die more gaan uitvoer omdat hulle die mag in die hande het. 2 Hulle begeer ‘n stuk grond en vat dit, huise, en lê beslag daarop. Hulle kul ‘n man uit sy huis uit, ‘n mens uit sy besittings uit. 3 Daarom, so sê die Here: Ek beplan ‘n ramp teen hierdie mense, hulle sal dit nie kan ontwyk nie. Hulle sal nie meer regop kan loop nie, Want dit sal ‘n tyd van swaarkry wees. 4 Daardie dag sal hulle ‘n spotlied oor jou maak,

  • 18

    hulle sal ‘n klaaglied sing en sê: “Ons is geheel en al vernietig, my volk se besitting is opgedeel, dit is van ons afgevat, ons land is onder verraaiers verdeel.”

    5 Daarom sal jy nie meer iemand In die gemeente van die Here hê om jou land te verdeel nie.

    2 K r o n i e k e 3 6 : 1 5 - 2 1

    15 Die Here die God van hulle voorvaders het vorrtfurend aan hulle sy wil bekend gemaak deur middle van sy boodskappers, want hy was begaan oor sy vol ken sy woning, 16 maar hulle het die boodskappers van God uitgelag, sy woorde geminag en sy profete gespot totdat die toorn van die Here oor sy volk losgebreek het. Die straf was onherroeplik.

    17 Die Here het die koning van die Galdeërs teen hulle laat optrek, en dié het die jongmanne van Juda doodgeaak binne in die heiligdom en nie jongman of meisie, grysaard of invalide ontsien nie. Die Here het almal in die mag van die konings van Babel gegee. 18 Alles wat in die tempel was, of dit groot was of klein, die skatte van die huis van die Here, van die koning en sy amptenare, alles het hy na Babel toe gevat. 19 Daarna het hulle die tempel afgebrand, die muur van Jerusalem aafgebreek, al die beste huise afgebrand en alles wat van waarde was, verwoes. 20 Almal wat nie doodgemaak is nie, is na Babel toe weggevoer, waar hulle die koning van Babel en sy seuns se onderdane was totdat die Perse die bewind oorgeneem het. 21 So is die word van die Here vervul wat deur middle van Jeremia gekom het. Die ballingskap het aangehou totdat die land vir sy sabbatsjare vergoed is. Die hele tyd dat die land woes gelê het, het dit ‘n sabbatsrus geniet, ‘n volle sewentog jaar.

    V R Y D A G

    M i g a 2 : 6 - 1 1

    6 Dié wat maak of hulle profete is, sê: “Moenie jy ‘n profeet probeer wees nie, moenie oor dié dinge praat nie. Daar sal nie ellende oor ons kom nie.” 7 Volk van Jakob, moet daar gevra word: “Is die Gees van die Here kwaad?” Doen hy sulke dinge?”

    Belowe Ek nie goeie dinge vir dié wat opreg lewe nie? 8 My volk het in die afgelope tyd

  • 19

    ‘n vyand geword En in opstand gekom; julle stroop die mooi klere af van dié wat houtgerus by julle verbystap soos soldate van die slagveld af. 9 Julle jaag die vrouens van my volk uit hulle gerieflike huise uit, julle vat die blywende gerief wat Ek hulle gegee het, van hulle kinders af weg.

    10 Maak klaar, gee pad! Dit is nie julle blyplek nie, Want dit is onrein en verwoes, Onherstelbaar verwoes! 11 Wanneer ‘n rondloper, ‘n bedrieër lieg En sê: “As profeet beloof ek aan julle Wyn en bier,” Sal hy vir hierdie volk dié profeet wees.

    D e u t e r o n o m i u m 1 1 : 1 3 - 1 7

    13 “As julle al die gebooie wat ek julle vandag gee, stiptelik gehoorsaam en die Here julle God liefhet en dien met hart en siel 14 sal Hy vir julle land sy reën gee op die regte tyd, lente- en somerreëns, en julle sal koring, wyn en olie oes. 15 Die Here sal sorg vir groen gras op julle veld vir julle vee, en julle sal oorgenoeg hê om te eet. 16 ‘Pas op dat julle nie verlei word om ander godet e gaan diene n vereer nie, 17 want dan sal die toorn van die Here teen julle ontvlam, en hy sal dit nie laat reën nie, die aarde sal nie meer sy opbrengs lewer nie , en julle sal baie gou verdwyn uit die goeie land wat die Here aan julle gee.

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    20

    M A A N D A GL e e s :Miga 1:1, 2 Kronieke 27:1-2; 28:1-4; 29:1-2S O A P :2 Kronieke 29:2

  • 21

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    22

    L e e s :Miga 1:2-7, 2 Konings 17:7-13S O A P :Miga 1:2-3

    D I N S D A G

  • 23

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    24

    L e e s :Miga 1:8-16, 2 Konings 17:14-23S O A P :2 Konings 17:18-20

    W O E N S D A G

  • 25

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    26

    L e e s :Miga 2:1-5, 2 Kronieke 36:15-21S O A P :2 Kronieke 36:15

    D O N D E R D A G

  • 27

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    28

    L e e s :Miga 2:6-11, Deuteronomium 11:13-17S O A P :Miga 2:7

    V R Y D A G

  • 29

  • H I E R D I E W E E K H E T E K G E L E E R . . .G E B R U I K D I E S P A S I E H I E R O N D E R O M ‘ N P R E N T J I E

    T E T E K E N O F T E S K R Y F O O R W A T J Y H I E R D I E W E E K

    G E L E E R H E T U I T J O U T Y D I N G O D S E W O O R D .

    30

  • 31

  • M A A N D A G

    D I N S D A G

    W O E N S D A G

    D O N D E R D A G

    V R Y D A G

    32

    G E B E DS K R Y F J O U G E B E D S V E R S O E K E E N

    L O F P R Y S I N G S V I R E L K E D A G N E E R .

    Gebedsfokus vir hierdie week: Spandeer tyd om vir jou land te bid.

  • W E E K 2

    33

    Elke nasie kan maar lewe

    in die naam van sy god,

    ons sal vir altyd in die Naam

    van die Here ons God lewe.

    M i g a 4 : 5

  • S K R I F G E D E E L T E S V I R W E E K 2

    34

    M A A N D A G

    M i g a 2 : 1 2 - 1 3

    12 Ek sal julle almal bymekaarmaak, Jakob, Ek sal dié vergader wat van Israel oorgebly het, Ek sal hulle bymekaarbring soos skape in ‘n kraal, soos ‘n groot kudde in die weiveld, die wêreld sal dreun van mense. 13 Een wat uitbreek, sal hulle lei, hulle sal uitbreek en deur die poort gaan, hulle sal daar uitgaan, hulle Konings sal voor hulle uitgaan, die Here sal voor hulle wees.

    P s a l m s 1 3 0 : 1 - 1 4

    1 Ek wil die Here loof, Met alles wat in my is, Wil ek sy heilige Naam loof. 2 Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie. 3 Dit is Hy wat al my sonde vergewe, wat al my siekte genees, 4 wat my red van die graf en my met liefde en ontferming kroon, 5 wat my die goeie in oorvloed laat geniet, my die jeugdige krag van die arend skenk.

    6 Die here laat geregtigheid en reg geskied. aan almal wat verdruk word. 7 Aan Moses het Hy

  • 35

    sy wil bekend gemaak, aan Israel wat Hy van plan was om te doen. 8 Barmhartig en genadig is die Here, Lankmoedig en vol liefde. 9 Hy sal on sons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie. 10 Hy handel met ons nie volgens ons sondes nie, vergeld ons nie ons ongeregtighede nie, 11 want so groot as die afstand tussen hemel an aarde is, so groot is sy liefde vir dié wat Hom dien. 12 So ver as die ooste van die weste af is, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af. 13 Soos ‘n vader hom ontferm oor sy kinders, so ontferm die Here Hom oor dié wat hom dien. 14 Hy weet waarvan ons gemaak is, Hy hou dit in gedagte dat ons stof is.

    D I N S D A G

    M i g a 3 : 1 - 4

    1 Ek het gesê: Luister, leiers van Jakob, Regeerders van Israel! Weet julle nie wat reg is nie? 2 Julle wat die goeie haat en die verkeerde liefhet, julle wat die mense se vel van hulle afskeur, die vleis van hulle bene af, 3 wat my volk opeet asof hulle vleis is, hulle vel afstroop en hulle bene opkap, wat hulle opsny vir die kookpot, soos vleis vir die braaipan.

  • 36

    4 Wanneer hulle tot die Here roep, Sal Hy hulle nie antwoord nie. Dan sal Hy Hom nieaan hulle openbaar nie, want hulle het baie verkeerd gehandel.

    J e s a j a 5 5 : 8 - 9

    8 My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optredes nie soos Myne nie, sê die Here; 9 soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.

    W O E N S D A G

    M i g a 3 : 5 - 8

    5 So sê die Here oor die profete wat my volk verlei, die profete wat van vrede praat so lank hulle kos kry, en iemand hulle nie bly instop nie, oorlog teen hom verklaar: 6 Daar is vir julle net nag, Nie ‘n gesig nie, donkerte, nie ‘n voorspelling nie. Die son sal ondergaan vir hierdie profete, die dag sal pikdonker word oor hulle. 7 Die sieners sal teleurgestel staan, die voorspellers sal bedroë daarvan afkom. Hulle sal almal treur en hulle baard bedek as teken van rou, want God sal nie antwoord nie. 8 Ek daarenteen, het baie krag, ek het die Gees van die Here, ‘n sin vir reg en die moed om aan Jakob sy sonde bekend te maak, aan Israel sy oortreding.

  • 37

    J a k o b u s 5 : 1 9 - 2 0

    19 My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, 20 weet dan da thy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat ‘n menigte sondes vergewe word.

    D O N D E R D A G

    M i g a 3 : 9 - 1 2

    9 Luister hierna, leiers van Jakob, Regeerders van Israel, julle wat dei regspraak minag en alles verdraai, 10 julle wat vir Sion met moord gebou het en Jerusalem met onreg: 11 Jou leiers lewer uitspraak vir omkoopgeld, jou priesters gee onderrig teen salaris, jou profete maak voorspellings teen betaling, en tog verwag hulle hulp van die Here! Hulle sê: “Die Here is by ons, onheil sal ons nie tref nie.” 12 Daarom is dit julle skuld dat Sion soos ‘n stuk land geploeg sal word, dat Jerusalem ‘n puinhoop sal word, dat die tempelberg ‘n hoogte vol bossies sal word.

    P s a l m s 8 2

    1 In die hemelse vergadering, tussen die hemelwesens, staan God op om uitspraak te lewer: 2 “Hoe lank gaan julle nog Onregverdige beslissings vel, nog partydig wees vir die goddelose? Sela

    3 Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, ‘n regverdige uitspraak vir die hulpelose

  • 38

    en die behoeftige lewer, 4 julle moet die mens in nood En die arme bevry, hulle uit die mag van die goddelose red; 5 maar julle weet niks, julle verstaan niks, julle gaan eenvoudig in duisternis voort, en so word die fondamente van die wêreld geskud. 6 Ek het wel gesê: Julle is almal gode, Almal met mag beklee.

    7 Maar nou, julle sal elkeen sterwe soos ‘n mens en aan julle einde kom soos enige maghebber.”

    8 Kom tog, o God! Lewer uitspraak oor die wêreld, want al die nasies behoort aan U.

    V R Y D A G

    M i g a 4 : 1 - 5

    1 Daar kom ‘n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, ‘n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom, 2 baie nasies sal daarnatoe gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huisvan God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die word van die Here.” 3 Hy sal oordeel tussen baie volke,

  • 39

    Regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon. Hulle sal van hulle swaarde Ploegskare smee en van hulle soiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. 4 Elke man sal onder sy eie wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom. Die Here die Almagtige het dit gesê. 5 Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.

    O p e n b a r i n g 2 1 : 1 - 8

    1 Toe het el ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het nie meer bestaan nie. 2 En ek het die heilige stad gesien, die nuwe Jerusalem, van God af uit die hemel uit sien afkom. Die stad was gereed soos ‘n bruid wat vir haar man versier is. 3 Toe het ek ‘n harde stem van die troon af hoor sê: “Kyk, die woonplek van God is nou by die mense. Hy sal by hulle bly; hulle sal sy volke wees, en God self sal by hulle wees as hulle God. 4 Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan.”

    5 Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” En daarna sê Hy: “Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar.” 6 Verder sê Hy vir my: “Dit het klaar gebeur. Ek is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Aan elkeen wat dors het, sal Ek te drinke gee uit die fontein met die water en die lewe, verniet. 7 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry, en Ek sal sy God wees, en hy sal my seun wees. 8 “Maar dié wat bang en ontrou geword het, die losbandiges, moordenaars en onsedelikes, bedrieërs en afgodsdienaars en al die leuenaars, hulle lot is die poel wat met vuur en swael brand, dit is die tweede dood.”

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    40

    M A A N D A GL e e s :Miga 2:12-13, Psalms 103:1-14S O A P :Miga 2:12

  • 41

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    42

    L e e s :Miga 3:1-4, Jesaja 55:8-9S O A P :Jesaja 55:8-9

    D I N S D A G

  • 43

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    44

    L e e s :Miga 3:5-8, Jakobus 5:19-20S O A P :Miga 3:8

    W O E N S D A G

  • 45

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    46

    L e e s :Miga 3:9-12, Psalms 82S O A P :Psalms 82:2

    D O N D E R D A G

  • 47

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    48

    L e e s :Miga 4:1-5, Openbaring 21:1-8S O A P :Miga 4:5

    V R Y D A G

  • 49

  • H I E R D I E W E E K H E T E K G E L E E R . . .G E B R U I K D I E S P A S I E H I E R O N D E R O M ‘ N P R E N T J I E

    T E T E K E N O F T E S K R Y F O O R W A T J Y H I E R D I E W E E K

    G E L E E R H E T U I T J O U T Y D I N G O D S E W O O R D .

    50

  • 51

  • M A A N D A G

    D I N S D A G

    W O E N S D A G

    D O N D E R D A G

    V R Y D A G

    52

    G E B E DS K R Y F J O U G E B E D S V E R S O E K E E N

    L O F P R Y S I N G S V I R E L K E D A G N E E R .

    Gebedsfokus vir hierdie week: Spandeer tyd om vir jou vriende te bid.

  • W E E K 3

    53

    Hy sal na vore kom en sy volk lei

    deur die krag wat die Here hom gee,

    deur die sterkte van die

    naam van die Here sy God.

    Hulle sal woon tot in die

    uithoeke van die aarde,

    want hulle leier sal sterk wees.

    Hy sal vrede bring.

    M i g a 5 : 3 - 4 a

  • S K R I F G E D E E L T E S V I R W E E K 3

    54

    M A A N D A G

    M i g a 4 : 6 - 8

    6 Daardie dag, sê die Here, sal Ek dié wat kreupel is, bymekaarmaak sal Ek dié wat verstrooi is, vergader, en ook dié wat Ek met rampe getref het. 7 Ek sal die kreupeles die oorblyfsel maak, die siekes ‘n sterk nasie. Ek, die Here, sal op Sionsberg oor hulle heers, nou en vir altyd.

    8 Verlate vesting, Sionsheuwel, die beloftes aan jou sal vervul word: jy sal weer heers soos voorheen, Jerusalem sal weer die hoofstad wees.

    4 Mightier than the thunders of many waters,     mightier than the waves of the sea,     the Lord on high is mighty! 5 Your decrees are very trustworthy;     holiness befits your house,     O Lord, forevermore.

    P s a l m s 9 3

    1 Die Here is Koning, Hy beklee Hom met majesteit. Die Here beklee Hom, Hy omgord Hom met krag. Die wêreld staan vas, dit wankel nie, 2 en vas staan utroon van ouds af: U is van altyd af daar. 3 Riviere het gedruis, Here, riviere het gedruis, riviere het gedreun, 4 maar hoog bo die geraas

  • 55

    van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.

    5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae.

    D I N S D A G

    M i g a 4 : 9 - 1 3

    9 Waarom skreeu jy so hard? Het jy nie ‘n koning nie? Het jou raadgewer omgekom Dat kraampyne jou oorval het? 10 Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne soos ‘n vrou in kraam! Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon en na Babel toe gaan. Daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande. 11 Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan, hulle sê: “Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.”

    12 Maar hulle ken nie die plan van die Here nie; hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie: Hy het hulle soos gerwe Op ‘n dorsvloer bymekaargebring. 13 Maak klaar en dors die gerwe, Sion! Ek maak jou sterk: Ek gee vir jou bronskloue Sodat jy baie nasies kan vermorsel. Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het, al hulle besittings aan die Koning van die hele wêreld.

  • 56

    R o m e i n e 8 : 2 8

    28 Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

    W O E N S D A G

    M i g a 4 : 1 4 - 5 : 5

    14 Jy is nou vasgevang, rowerstad! Ons word beleër! Die vyand sal die koning van Israel met ‘n kierie op die kakebeen slaan.

    1 Maar jy, Betlehem-Efrata, jy is klein onder die families in Juda, maar uit jou sal daar iemand kom wat aan My behoort en hy sal in Israel regeer. Sy begin lê ver terug, in di egryse verlede! 2 Hy sal sy mense ‘n kort rukkie prysgee, solank as wat dit ‘n vrou neem om ‘n kind in die wêreld te bring. Dan sal dié uit sy familie wat die ramp oorleef het, terugkom na die Israeliete toe. 3 Hy sal na vore ko men sy volk lei deur die krag wat die Here hom gee, deur die sterkte van die Naam van die Here sy God. Hulle sal woon tot in die uithoeke van die aarde, want hulle leier sal sterk wees. 4 Hy sal vrede bring. Wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hy in ons mooi huise wil ingaan, sal ons baie leiers, genoeg generaals teen hom uitstuur. 5 Hulle sal Assirië platloop met die swaard, die land van Nimrod met swaarde wat reg is om te steek.

  • 57

    Die regeerder uit Betlehem sal ons red uit die mag van Assirië wanneer Assirië ons land binneval, wanneer hyo ns gebied binnekom.

    2 K r o n i e k e 3 2 : 2 0 - 2 3

    20 Koning Hiskia en die profeet Jesaja seun van Amos het daarom gebid en na die hemel geroep. 21 Toe stuur die Here ‘n engel, en dié het elke soldaat en leier en offisier in die kamp van die koning van Assirië dood gemaak. Hy moes beskaamd die aftog blaas terug na sy land toe. Toe hy daar in die tempel van sy god ingaan, het van sy eie seuns hom vermoor. 22 So het die Here vir Hiskia en die inwoners van Jerusalem gered uit die mag van koning Sanherib van Assirië en uit die mag van almal by hom. Die Here het sy volk aan alle kante beskerm. 23 Baie mense het vir die Here in Jerusalem offers gebring en kosbare geskenke vir koning Hiskia van Juda, wie se aansien onder die nasies hoog gestyg het na dié gebeure.

    Vir verdere leeswerk: 2 Kronieke 32

    D O N D E R D A G

    M i g a 5 : 6 - 8

    6 Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen baie volke wees, hulle sal daar wees soos dou wat van die Here af kom, soos stortreëns op groen gras wat nie vir ‘n mens wag nie, nie na mense kyk nie. 7 Dié van Jakob wat oorbly, sal tussen die nasies wees, tussen baie volke, hulle sal daar wees soos ‘n leeu tussen wild of tussen ‘n trop skape: hy verskeur as hy tussen hulle deurstap, hy vang sy prooi, en niemand kan dit uit sy bek ruk nie.

    8 Mag jy jou teenstanders oorweldig, Israel, mag al jou vyande uitgeroei word!

  • 58

    H a n d e l i n g e 1 7 : 1 - 4

    1 Paulus-hulle het deur Amfipolis en Apollonië na Tessalonika toe gereis, waar daar ‘n Joodse sinagoge was. 2 Soos dit Paulus se gewoonte was, het hy daarheen gegaan en op drie sabbatsdae na mekaar uit die Skrif met die Jode geredeneer.

    3 Hy het die Skrif uitgelê en daaruit aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood moes opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hy is die Christus.” 4 Party van die Jode het oortuig geraak en by Paulus en Silas aangesluit. ‘n Groot aantal godvresende Grieke en ‘n aansienlike getal vooraanstaande vroue het ook nog bygekom.

    H a n d e l i n g e 1 8 : 1 - 4 , 2 4

    1 Hierna het Paulus Atene verlaat en na Korinte toe gegaan. 2 Daar het hy vir Akwila, ‘n Jood wat in Pontus gebore is, ontmoet. Hy het kort tevore saam met sy vrou, Priscilla, uit Italië daar aangekom, nadat keiser Claudius beveel het dat al die Jode Rome moet verlaat. Paulus het hulle gaan opsoek, 3 en omdat hulle net soos hy tentmakers van beroep was, het hy by hulle ingetrek en saam met hulle gewerk. 4 Maar elke sabbatsdag het hy in die sinagoge met die mense geredeneer en Jode en Grieke probeer oortuig.

    24 Intussen het daar ‘n Jood met die naam Apollos, wat in die Aleksandrië gebore is, in Efese aangekom. Hy was ‘n begaafde spreker met ‘n deeglike kennis van die Skrif.

    Vir verdere leeswerk: Handelinge 17, 18, 19

    V R Y D A G

    M i g a 5 : 9 - 1 4

    9 Daardie dag, sê die Here, sal Ek jou perde uitroei, jou strydwaens vernietig. 10 Ek sal die stede van jou land vernietig, al jou vestingstede afbreek. 11 Ek sal jou toorgoed wegvat uit jou hand, daar sal nie meer waarsêery by jou wees nie. 12 Ek sal jou afgodsbeelde vernietig, jou klippilare by jou afbreek. Jy sal nie meer jou handewerk aanbid nie.

  • 59

    13 Ek sal jou gewyde pale uitruk, jou stede verwoes. 14 In my toorn en gramskap sal Ek die nasies straf wat nie na My luister nie.

    P s a l m s 5 0 : 1 5 - 2 3

    15 Roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp en jy sal My eer.”

    16 Maar vir die goddelose sê God: “Waarom sê jy my voorskrifte een vir een op en beroep jy jou op my verbond, 17 jy wat ‘n afkeer het van wat Ek jou leer en jou nie steur aan wat Ek sê nie? 18 As jy ‘n dief raakloop, breek jy saam met hom in, en as jy die kans kry, pleeg jy egbreuk. 19 As jy jou mond oopmaak, praat jy kwaad; jou tong ryg bedrog aanmekaar. 20 Jy sit en praat teen jou broer, jou eie broer beswadder jy.

    21 “Moet Ek stil bly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek is rekenskap van jou, Ek kla jou aan! 22 Julle moet luister na hierdie waarskuwing, julle wat nie met God rekening hou nie, anders verskeur Ek julle sonder dat iemand kan red.

    23 “Die mens wat My eer, is die een wat lof as ‘n offer bring. Hy wat reg lewe, vir hom sal Ek red.”

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    60

    M A A N D A GL e e s :Miga 4:6-8, Psalms 93S O A P :Miga 4:7

  • 61

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    62

    L e e s :Miga 4:9-13, Romeine 8:28S O A P :Miga 4:12

    D I N S D A G

  • 63

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    64

    L e e s :Miga 4:14 - 5:5, 2 Kronieke 32:20-23S O A P :Miga 5:3-4a

    W O E N S D A G

  • 65

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    66

    L e e s :Miga 5:6-8, Handelinge 17:1-4; 18:1-4, 24S O A P :Miga 5:6

    D O N D E R D A G

  • 67

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    68

    L e e s :Miga 5:9-14, Psalms 50:15-23S O A P :Miga 5:14

    V R Y D A G

  • 69

  • H I E R D I E W E E K H E T E K G E L E E R . . .G E B R U I K D I E S P A S I E H I E R O N D E R O M ‘ N P R E N T J I E

    T E T E K E N O F T E S K R Y F O O R W A T J Y H I E R D I E W E E K

    G E L E E R H E T U I T J O U T Y D I N G O D S E W O O R D .

    70

  • 71

  • M A A N D A G

    D I N S D A G

    W O E N S D A G

    D O N D E R D A G

    V R Y D A G

    72

    G E B E DS K R Y F J O U G E B E D S V E R S O E K E E N

    L O F P R Y S I N G S V I R E L K E D A G N E E R .

    Gebedsfokus vir hierdie week: Spandeer tyd om vir jou kerk te bid.

  • W E E K 4

    73

    Mens, die Here het jou

    bekend gemaak wat goed is:

    Hy vra van jou dat jy

    reg sal laat geskied,

    dat jy liefde en trou sal bewys,

    dat jy bedagsaam sal lewe

    voor jou God.

    M i g a 6 : 8

  • S K R I F G E D E E L T E S V I R W E E K 4

    74

    M A A N D A G

    M i g a 6 : 1 - 8

    1 Hoor wat die Here sê: Maak klaar, roep die berge as getuie, laat die heuwels hoor wat jy te sê het. 2 Berge, vaste fondamente van die aarde, julle moet luister na die saak wat die Here het. Die Here het ‘n saak teen sy volk, Hy het Israel aangekla.

    3 My volk, wat het Ek jou aangedoen? Hoe het Ek jou moeg gemaak? Antwoord My! 4 Ek het jou uit Egipte gebring, Ek het jou uit die plek van slawerny gered, Ek het vir Moses gestuur om jou te lei, ook vir Aäron en Mirjam.

    5 My volk, dink aan die planne van koning Balak van Moab, en wat Bileam seun van Beor hom geantwoord het. Dink aan alles tussen Sittim en Gilgal, en weet dat die Here julle die oorwinning laat behaal het. 6 Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë god gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers?

    7 Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?

  • 75

    8 Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

    G a l a s i ë r s 4 : 1 2 - 1 6

    12 Ek smeek julle, broers: Word soos ek, soos ek my ook met julle vereenselwig het. Julle het my nooit sleg behandel nie. 13 Julle onthou mos hoe dit gekom het dat ek die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het. Dit was deurdat ek siek geword het. 14 En al was my toestand vir julle ‘n versoeking om my te verag of selfs te verfoei, het julle dit nie gedoen nie. Inteendeel, julle het my ontvang asof ek ‘n engel van God was, ja, asof ek Christus Jesus self was. 15 Julle was so bly daaroor. Wat het nou van julle blydskap geword? Dit kan ek van julle getuig: As dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het. 16 Het ek dan nou julle vyand geword deurdat ek die waarheid aan julle voorhou?

    D I N S D A G

    M i g a 6 : 9 - 1 6

    9 Om die Here te dien, dit is wysheid.

    Die Here roep die stad; luister, leier en julle almal wat aanhou roof: 10 Goddelose plek, moet Ek die verkeerde maatlyn bly verdra, of die vals inhoudsmaat wat Ek so haat? 11 Moet Ek die eienaar van ‘n onbetroubare weegskaal vryspreek, een met ‘n sak vol vals gewigte? 12 Die stad se ryk mense pleeg geweld, sy inwoners lieg en hulle bedrieg.

    13 Daarom het Ek jou begin straf; Ek het jou begin verwoes oor jou sondes. 14 Jy sal eet en nie genoeg kry nie; jy sal honger bly. Jy sal geboortepyne hê, maar nie ‘n kind in die wêred bring nie.

  • 76

    En wanneer jy ‘n kind in die wêreld bring, gee Ek hom vir die swaard. 15 Jy sal saai, maar nie oes nie, jy sal olywe pars, maar jou nie met olie insmeer nie, jy sal druiwe pars, maar nie wyn drink nie. 16 Jy het Omri se reëlings nagekom, gedoen wat Agab gedoen het, hulle raad gevolg. Daarom sal Ek jou verwoes, Ek sal jou inwoners ‘n bespotting maak. Jy sal my volk se vernedering moet dra.

    J o b 3 9 : 3 4 - 4 0 : 4

    34 Die Here het verder vir Job gesê: 35 “Wil jy ‘n saak maak teen die Almagtige en Hom bestraf? Wil jy vir God teregwys? Antwoord Hom dan!”

    36 Job het toe vir die here gesê: 37 “Ek is nie opgewasse teen U nie. Hoe sou ek U kon antwoord? Ek sal liewer stilbly. 38 Ek het gepraat, maar ek kon nie ‘n antwoord vind nie, ek het weer geprobeer, maar nou sal ek stilbly.” 1 Die Here het weer vir Job aangespreek uit die stormwind uit: 2 “Maak jou reg vir die stryd: Ek sal vra, antwoord jy My. 3 Wil jy my beslissing tot niet maak? Wil jy My skuldig verklaar sodat jy vrygespreek kan word? 4 Het jy die mag wat Ek het? Kan jy jou stem uit die onweer laat hoor soos Ek?

  • 77

    W O E N S D A G

    M i g a 7 : 1 - 7

    1 Ellende wag vir my, ek het geword soos ‘n land wat afgeoes is, soos die natrossies in die wingerd, Daar is niks om tee et nie, en ek wou graag voorvye gehad het. 2 Daar is nie meer ‘n gelowige in die land nie, onder die mense kry jy nie ‘n opregte nie, almal stel strike om moord te pleeg, hulle maak met vangnette jag op hulle broers. 3 Al wat die regeerder vra, is dat hulle goed moet sondig; die regter vra omkoopgeld, die vername praat net oor wat hy begeer. Hulle verdraai alles.

    4 Die beste onder hulle is soos ‘n gifplant, die opregte erger as ‘n doringheining. Die dag van jou straf kom, wees op die uitkyk daarvoor! Hulle sal binnekort in verwarring raak.

    5 Moenie ‘n maat vertrou nie, moenie op ‘n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê. 6 Die seun beledig sy pa, Die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. ‘n Man se huismense het sy vyande geword.

    7 Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor.

  • 78

    D O N D E R D A G

    M i g a 7 : 8 - 1 3

    8 Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot ‘n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig. 9 Ek sal aanvaar dat die Here my straf in sy toorn, want ek het teen Hom gesondig. Wanneer Hy my saak verhoor en oor my uitspraak lewer, sal Hy weer lig bring in my lewe, sal ek ondervind dat Hy die oorwinning gee. 10 My vyand sal dit sien, hy sal deur skaamte oorval word, hy wat vir my vra: “Waar is die Here jou God?” Ek sal op my vyand neersien, hy sal plat getrap word soos modder op die straat.

    11 Die dag wanneer jou mure herbou word, Dié dag sal jy nie onder die vyand se wet staan nie. 12 Dié dag sal hulle na jou toe kom van Assirië af tot by die vestingstede, van die vestingstad af tot by die Eufraat, van die een see af tot by die ander en van die een berg af tot by die ander. 13 Die aarde sal verwoes wees oor sy inwoners, oor alles wat hulle gedoen het.

  • 79

    V R Y D A G

    M i g a 7 : 1 4 - 2 0

    14 Pas jou volk op met jou kierie, die kleinvee wat aan jou behoort, wat alleen wel in die Karmelbos. Hulle sal in Basan en Gilead wei soos lank gelede.

    15 Ek sal jou wonders laat sien soos in die tyd toe jy uit Egipte getrek het. 16 Die nasies sal dit sien en teleurgestel staan, al was hulle ook hoe sterk. Hulle sal stilbly, hulle sal hulle doof hou. 17 Hulle sal stog eet soos die slange wat op die grond seil, hulle sal bewe en uit hulle wegkruipplekke uitkom na die Here ons God toe. Hulle sal skrik en vir U bang wees.

    18 Wie is ‘n God soos U? U vergewe sonde, U straf nie die sonde van dié wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie vir altyd kwaad nie, U betoon liefde. 19 Hy sal ons weer genade betoon, Hy sal ons sonde tot niet maak, U sal al hulle sondes in die diepsee gooi. 20 U sal getrou wees teenoor Jakob, liefde betoon aan Abraham, soos U in die voortyd aan ons voorvaders met ‘n eed beloof het.

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    80

    M A A N D A GL e e s :Miga 6:1-8, Galasiërs 4:12-16S O A P :Miga 6:8

  • 81

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    82

    L e e s :Miga 6:9-16, Job 39:34-40:5S O A P :Job 40:3-4

    D I N S D A G

  • 83

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    84

    L e e s :Miga 7:1-7S O A P :Miga 7:7

    W O E N S D A G

  • 85

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    86

    L e e s :Miga 7:8-13S O A P :Miga 7:8-9

    D O N D E R D A G

  • 87

  • 1. Skryf vandag se skrifgedeeltes neer.

    2. Op die oop bladsy aan die regterkant, teken of skryf wat hierdie verse vir jou beteken.

    3. My gebed vir vandag:

    88

    L e e s :Miga 7:14-20S O A P :Miga 7:18-20

    V R Y D A G

  • 89

  • H I E R D I E W E E K H E T E K G E L E E R . . .G E B R U I K D I E S P A S I E H I E R O N D E R O M ‘ N P R E N T J I E

    T E T E K E N O F T E S K R Y F O O R W A T J Y H I E R D I E W E E K

    G E L E E R H E T U I T J O U T Y D I N G O D S E W O O R D .

    90

  • 91