Upload
others
View
13
Download
2
Embed Size (px)
Citation preview
Hier in die Oos-Kaap is die Heer vir ons die bron van roem en eer.
Hy’t ons in hierdie streek laat woon om Hom as Koning hier te kroon.
Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in Sy liefde mee.
Die Heer skep ons tot eenheid saam as heiliges in Jesus Naam.
Ons gee ons gawes vir mekaar en maak dan so Sy liefde waar.
Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in Sy liefde mee.
O Here Jesus maak ons vry om alle mense lief te kry.
Ons dien U as ‘n priesterdom wat offers bring totdat U kom.
Hier tussen berg, Karoo en see, neem God ons in Sy liefde mee.
neem God ons in triomftog mee.
• Ons glo aan een kerk as
spieëlbeeld van ons een
God: Vader, Seun en
Heilige Gees
Daarom verbind ons ons
aan eenheid onder
mekaar, in ons kerkfamilie
en met ander Christene
oor die wêreld.
• Ons glo aan ‘n heilige
kerk wat deur wet en belydenis ‘n ligdraer in
die wêreld is
• Daarom verbind ons ons
om as Geesvervulde
mense prakties aan die evangelie gestalte te gee.
• Ons glo aan ‘n algemene kerk wat
weens Christus se koningskap oor tyd
en ruimte heen bestaan
Daarom verbind ons ons om die boodskap
van Christus oor die wêreld heen te dra.
Ons glo aan ‘n Christelike
kerk wat as
barmhartigheidsgemeen-
skap in Christus gesalf is
Daarom verbind ons ons om
met dade lief te hê en
blymoedige offers te bring.
• Ons glo aan die gemeenskap
van die heiliges wat hulle
gawes met vreugde tot nut van
mekaar gee
Daarom verbind ons ons om na
mekaar om te sien en die ander
se belang eerste te soek.
Laat, Heer, u vrede deur my vloei -
waar haat is,
laat ek daar u liefde bring
Laat ek in pyn en smart
vertroostend wees
en krag gee deur geloof in U,
o Heer.
O Heer, help my om altyd so te leef
om ander hoër as myself te ag.
Ja, om lief te hê - ander bo myself -
en ook eerder te gee as te verwag.
Laat, Heer, u vrede
deur my vloei -
en laat ek hoop gee
waar daar twyfel is.
Ek wil u lig in
duisternis laat skyn.
Laat ware vreugde
altyd uit my straal.
O Heer, help my om
altyd so te leef
om ander hoër as myself te ag.
Ja, om lief te hê
- ander bo myself -
en ook eerder te gee
as te verwag.
Laat, Heer, u vrede
deur my vloei -
leer my om ook soos
U te kan vergeef.
Maak my bereid om
aan myself te sterf,
dat ander U al meer
in my kan sien.
Hemelse Vader, ons bring U eer - U wat u skepping met wysheid regeer.
Groot is u almag, liefde en trou. Ons eer u goedheid; op U kan ons bou Ons eer u goedheid; op U kan ons bou
Christus, Verlosser, ons bring U eer - U daal uit liefde as Middelaar neer.
U gee u lewe; U maak ons vry. Dankbaar kom ons nou onsself aan U wy Dankbaar kom ons nou onsself aan U wy
Heilige Gees, aan U al die eer - U wat gelowiges lei en wil leer.
Rig ons gedagtes, heers oor ons hart.
Gee ons u vrede en troos ons in smart
Gee ons u vrede en troos ons in smart
U liefde kleur die blou-blou helder hemel
U goedheid ruis die dagbreek oor die see
U almag blink in maanlig oor die berge
Die skoonheid van U skepping leer my meer
U glorie sprei in vlerke van ’n arend
Genade sweef in wolke, hoog en vry
Die skepping sing vir my gewone sterfling
Die Skeppergod se liefdeslied weerklink in my
Ek sien die kruis, ek volg die spoor na Golgota
Ek sien die kroon, die dorings wat u dra
Ek kniel hier neer, om nederig en dankbaar
Vergifnis vir my sondeskuld te vra
Ek ken die kruis, ek ken die Man van smarte
Ek voel die pyn, U liefdesbloed bevry
En van die kruishoutkoppie styg die note
Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my
Wat is die mens, dat U oor hom sou glimlag
En wie is ek dat U vir my sou kom?
Hoe groot U liefde, grenslose genade
Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my
Hoe groot U liefde, grenslose genade
Die Lam van God se liefdeslied weerklink in my
Van krip tot kruis weerklink U
liefdeslied vir my
Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek spreek en wind en golwe bedaar,
Ek sal ook jou getrou bewaar.
Wees stil en weet: Ek is die Heer. Ek ken jou pyn, jou donkerste nag.
Ek is by jou, Ek gee jou krag
Wees stil en weet: Ek is die Heer. Kom bring na My jou
kommer en vrees. Ek sal vir jou ‘n toevlug wees.
Wees stil en weet: Ek is die Heer. Bly waak en bid; volhard in geloof.
Ek is by jou soos Ek beloof.
Let your living waters flow over my soul
Let your Holy Spirit come and take control
Every situation that has troubled my mind
All my cares and burdens unto you I roll
Jesus (3x) Father (3x) Spirit (3x)
Come now Holy Spirit and take control
Hold me in your loving arms and make me whole
Wipe away all doubt and fear and take my pride
Draw me to your love and keep my by your side
Jesus (3x) Father (3x) Spirit (3x)
Give your life to Jesus and lift your soul
Let him take you in his arms and make you whole
As you give your life to Him He’ll set you free
You will live and reign with Him eternally
Jesus (3x) Father (3x) Spirit (3x)
Vader, Seun, Heil'ge Gees, hoe sal ons u heerlikheid
kan verwoord, u lof besing met ‘n aardse stem?
Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer.
Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.
Woord uit Woord, Lig uit Lig, kom as mens op aarde.
Bo begrip, bo ons verstand is u grootheid, Heer.
Eer die Vader, eer die Seun, eer die Gees as God en Heer.
Eer ons God as Majesteit, loof Hom tot in ewigheid.
Ek bring U my lof, o Heilige God My lof is ‘n offer aan U (2x)
En ek sing, want ek weet
My Verlosser, U leef Ek besing u grootheid
tot in ewigheid.
Ek bring U my lof, o Heilige God
My lof is ‘n offer aan U (2x)
Ja, ek kniel voor U neer U die ewige Heer
En ek hef my hart en hande op tot U
Ons Vader, neem ons hande en maak ons een.
Versterk u self die bande - gee ons u seën.
Bind ons in u genade aan U, o Heer,
en leer ons om met dade u Naam te eer.
Heer, wees vir ons ‘n Vader wat sorg en sien.
Trek ons in Christus nader om U te dien.
Laat, Heer, u Gees ons voorgaan, laat Hy ons lei,
dat ons u Woord gehoorsaam, ons aan U wy.
Leer ons mekaar vergewe, mekaar vertrou.
Laat ons die hele lewe op liefde bou.
Laat heers oor ons u vrede, en bind ons saam.
Verhoor tog ons gebede in Jesus Naam.
Bly volhard soos atlete – dis God wat ons wedloop
bepaal. Daar ‘n skaar verlostes wat wag om die baan
dat ons almal die wenstreep sal haal.
Elke las moet ons afgooi – die sonde wat maklik verstrik –
dat ons God se pad met volharding kan loop;
dis die pad na die ware geluk.
Hou die oë op Jesus – ons Vriend, ons Verlosser, ons
Hoof. Vir die vreug daarná
het Hy smarte verdra; Hy begin en versterk ons
geloof.
My hande hef ek op na U Ek loof U naam en buig voor U
Want U is Heer Die Koning van my hart
En ek dien geen afgod nie En niks is meer belangrik nie
As dat U in my hart regeer Daar is geen plek vir ander nie
Voor U o Heer lê ek nou my lewe neer
O Koning Heer ek wil U eer U naam besing U hulde bring
Want U o Heer bly altyd in beheer U wil ek my lewe wy
Gehoorsaam my in u verbly Laat my lied ‘n loflied wees
Aan U o Vader, Seun en Gees Ek wil U roem, Vader noem
My God en Heer
Hou oor my vannag u hande, grote God, wat altyd waak. Laat my rus in u beskerming as dit donker om my raak.
Heer, vergeef my al my sondes; maak my hart opnuut weer
skoon: Dan sal ek geen
onheil vrees nie - dan sal vrede in my woon.
Neem ons huis, ons vriende, almal,
in bewaring deur die nag. Môre dank ons U vir goedheid -
gawe van ‘n nuwe dag.