6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 33 19 - 26 Oktober 2018 OUERBEGROTINGSVERGADERING: Ouers word herinner aan die Ouerbegrotingsvergadering wat op Maandag, 22 Oktober om 7:30 in die skoolsaal plaasvind. Die finansiële begroting vir die skool en koshuis (vir 2019) moet met hierdie vergadering deur die ouers van ons skool goedgekeur word. KWARTAALPROGRAM: Ons wil net die volgende op die kwartaalprogram korrigeer: Die Kleuterskoolkonsert vind op Vrydag, 9 November om 19:00 plaas en nie op 8 November nie. MELODRAMA CD: [BESTELVORM] Baie dankie aan Delene Da Camara en haar span vir ‘n genotvolle en suksesvolle opvoering! Alle fondse gaan vir ons skool. ‘n Melodrama CD is @ R80 elk beskikbaar. Vul asseblief die bestelvorm in en stuur op Maandag, 22 Oktober saam met die korrekte bedrag na die klasonderwysers. Sluitingsdatum vir bestellings: Maandag, 29 Oktober. STOKKIELEKKERDAG: Daar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag lank! Slegs die spesifieke stokkielekkers wat by juffroue Elza en Linette gekoop is, mag geëet word! Elke stokkielekker kos R2 en moet vooraf bestel en betaal word. Julle kan dan op Vrydag, 26 Oktober julle stokkielekkers eet. Hierdie fondsinsameling is ‘n graad 6-projek vir die afskeid wat hulle vir die graad 7-klas op 6 November gaan hou. Ondersteun hulle asseblief! KOSHUIS: Baie baie dankie aan die anonieme persoon wat 40 meter skadunet vir die koshuis se groentetuin geskenk het. Wees verseker dat ons dit verskriklik baie waardeer! Ons benodig steeds fyn ogiesdraad as iemand ons asseblief daarmee kan help. Liezel Roodt VAKATURE: Assistent koshuisvader. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is vir ‘n assistent koshuisvader by Kareehof Koshuis. LEERDERDEELNAME: KRIEKET: UITSLAE: Ons 0/13 krieketspan verloor met 44 lopies teen Kimberley Junior in die Pro 20 liga. Krieketoefening vir die volgende spanne vind op Maandag, 22 as volg plaas: 0/9: 14:20 0/11 en 0/13: 15:00 WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: Die volgende spanne speel op Dinsdag, 23 Oktober teen Douglas op die volgende velde: 0/11: op ons veld 0/13: op Landboudal se veld

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewDaar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewDaar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 33 19 - 26 Oktober 2018 OUERBEGROTINGSVERGADERING:Ouers word herinner aan die Ouerbegrotingsvergadering wat op Maandag, 22 Oktober om 7:30 in die skoolsaal plaasvind. Die finansiële begroting vir die skool en koshuis (vir 2019) moet met hierdie vergadering deur die ouers van ons skool goedgekeur word.

KWARTAALPROGRAM:Ons wil net die volgende op die kwartaalprogram korrigeer:Die Kleuterskoolkonsert vind op Vrydag, 9 November om 19:00 plaas en nie op 8 November nie.

MELODRAMA CD: [BESTELVORM]Baie dankie aan Delene Da Camara en haar span vir ‘n genotvolle en suksesvolle opvoering! Alle fondse gaan vir ons skool. ‘n Melodrama CD is @ R80 elk beskikbaar. Vul asseblief die bestelvorm in en stuur op Maandag, 22 Oktober saam met die korrekte bedrag na die klasonderwysers. Sluitingsdatum vir bestellings: Maandag, 29 Oktober.

STOKKIELEKKERDAG:Daar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.:Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag lank! Slegs die spesifieke stokkielekkers wat by juffroue Elza en Linette gekoop is, mag geëet word!Elke stokkielekker kos R2 en moet vooraf bestel en betaal word. Julle kan dan op Vrydag, 26 Oktober julle stokkielekkers eet.Hierdie fondsinsameling is ‘n graad 6-projek vir die afskeid wat hulle vir die graad 7-klas op 6 November gaan hou.Ondersteun hulle asseblief!

KOSHUIS:Baie baie dankie aan die anonieme persoon wat 40 meter skadunet vir die koshuis se groentetuin geskenk het. Wees verseker dat ons dit verskriklik baie waardeer!Ons benodig steeds fyn ogiesdraad as iemand ons asseblief daarmee kan help.Liezel Roodt

VAKATURE: Assistent koshuisvader. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is vir ‘n assistent koshuisvader by Kareehof Koshuis.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET: UITSLAE:Ons 0/13 krieketspan verloor met 44 lopies teen Kimberley Junior in die Pro 20 liga.Krieketoefening vir die volgende spanne vind op Maandag, 22 as volg plaas:0/9: 14:200/11 en 0/13: 15:00WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:Die volgende spanne speel op Dinsdag, 23 Oktober teen Douglas op die volgende velde:0/11: op ons veld0/13: op Landboudal se veldSpelers mag om 13:45 verdaag en die bus na Landboudal vertrek om 14:10.Die 0/9 krieketspan speel op Woensdag, 24 Oktober om 14:30 teen Koffiefontein hier op ons veld.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE] Ons 0/9A, 0/11 (slegs eerste 5 spelers) en 0/13A en B dogterstennisspanne speel op Woensdag, 24 Oktober teen Eureka op hulle bane. Wedstryde begin om 14:30 en spelers mag om 13:00 verdaag. Die bus vertrek om 13:15 en R30 busgeld is vooraf betaalbaar.Vul asseblief die afskeurstrokie in om u kind se vervoer te bevestig.

NEWTON ATLETIEK:Die volgende atlete het presteer:Jané Burger: 5de plekke in 80m en verspringAdriaan Burger: 5de plekke in 60m en 80mRohandri Masuret: 2de plek verspring, 5de plek 100mCarlené Masuret: 3de plek verspring

NOVALS TENNISTOERNOOI:Geluk aan die volgende spelers wat plekke behaal het:Johandri de Wet: 2de plekAdriaan Burger: 3de plekHanru Hugo en Leo Wilkinson: 6de plekkeOns is trots op hierdie groep tennisspelers wat ons Jakkies se naam hoog gehou het. Julle het met julle mooi gedrag en sportmangees ander skole beïndruk! Dankie aan mnr Tait wat die groep vergesel het.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewDaar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag

KAROOBOKKIE TENNISTOERNOOI:Spelers het nog tot 24 Oktober tyd om vir hierdie oulike tennistoernooi in te skryf. Sien die inligting op nuusbrief 32!SWEM:Sterkte aan die swemmers wat die naweek aan die Flamingo Gala in Kimberley gaan deelneem.

ALGEMEEN:SWEMBAD – PRIVAATFUNKSIE:Daar vind op Saterdag, 20 Oktober ‘n privaatfunksie by die swembad plaas vanaf 12:00 tot 22:00. Geen toegang in daartyd tydgleuf vir enige ander persoon.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Tweedehandse Kickboxing Klere**Baie goeie toestand**

1 x paar XS Kickers1 x Kopskerm

1 x paar 8-OZ Handskoene1 x paar S Shinpads

1 x 00/120 Broek1 x 7-8yr Hemp

1 x 9-10yr Northern Cape Hemp

Skakel vir Sonja van Tonder indien jy belangstel!Tel: 083 630 9720

GEBEDSLYS:

Ons onderwysers

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewDaar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag

Baie sterkte aan die graad12’s van HLS met hulle Matriek-eksamen

“Drone”-kaartjies:

GRAAD: AANTAL BOEKIES VERKOOP:

1 172 9

3A 23B 24A 84B 45A 45B 25 Wow!!!6A 96B 137A 28 Wow!!!7B 6

TOTAAL: 127 (R31 750.00)

Phantom 4 Pro+Die Phantom 4 Pro + “drone” het van oorsee af gekom en wag vir sy nuwe “baas”!!! Hierdie “drone” is die heel nuutste en het ‘n beter kamera as die vorige een. Hy kan ook verder vlieg. Onthou van die mini-drones wat die kinders gratis ontvang as hulle 10 boekies verkoop het. Hierdie klein drone is ideaal vir beginners! Dit het LED liggies en kan in die aand ook vlieg!

Die klas wat die meeste kaartjies verkoop het, gaan ook bederf word met Pizza en roomys-“floats” by Blikaspaai. Kom ons motiveer mekaar en maak hierdie projek ‘n groot sukses die jaar!!

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN EUREKA (Woensdag, 24 Oktober)

OUER: _________________________________________

SPELER: ______________________________ 0/ ______

EK NEEM SELF MY KIND NA EUREKA:

MY KIND HET VERVOER NODIG NA EUREKA:

HANDTEKENING: ___________________

DATUM: _____________

R30 busgeld is vooraf betaalbaar

BESTELVORM: MELODRAMA CD

OUER: _____________________________________

LEERDER: __________________________________

WIL GRAAG ______ (AANTAL) MELODRAMA CD/’S@ R80 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN R _________

HANDTEKENING: _____________________________

DATUM: ____________________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewDaar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewDaar is toestemming verkry dat ‘n skoolreël vir een dag verbreek mag word nl.: Die eet van stokkielekkers in al die klasse vir die hele dag