2
Ons fokustema: “Ons loof U met ’n psalm in die hart” is uit vyf van die onderskeie Psalm- groepe saamgestel en is in die volgende werkstema geformuleer: God is KONING oor sy hele SKEPPING. As gevolg van die VERGIFNIS deur Jesus Christus lewe ons (onder sy koningskap en in sy skepping) as PELGRIMS om Hom van harte te LOOF. Die meetsnoere het vir my in – Faan de Beer Week 4 Ons, AS PELGRIMS, loof U met ʼn psalm in die hart Vandag se preke vorm die afsluiting van week 4 waarin ons as pel- grims op pad is na die Vaderhuis. Week 5 Ons LOOF U met ʼn Psalm in die hart Hierdie week kom ons aan die einde van ons Fokusweek vanuit die Psalmbundel in die Bybel. Lofprysing aan God is die hoogste doel van die mens, en die hele skep- ping, se bestaan. Hoekom staan jy op in die oggend? Om te gaan werk! Hoekom gaan werk jy? Om geld te hê! Hoekom wil jy geld hê? Om te kan eet! Hoekom wil jy eet? Om te kan lewe! Hoekom wil jy lewe? Om God te kan prys! (Oor die vraag hoekom God geloof moet word staan ons in die eerste dagstukkie stil.) Dit is eers wanneer ʼn mens tot die insig kom dat die lewe nie oor jouself en jou eie gemak gaan nie, maar oor die lof aan die Here, dat daar sin en betekenis in jou lewe kom. Wat ʼn wonderlike voorreg is dit om deel te wees van die Fokusweek oor die Psalms. Hoe moeilik is dit egter om in ʼn paar woorde te sê watter rol psalms in my lewe speel of gespeel het. ʼn Psalm wat my terugvoer na my kleuterjare is beslis Psalm 23. Op driejarige ouder- dom het ek die psalm berymd gememoriseer met die hulp van my pa se oudste suster wat op ʼn hoë ouderdom gereeld by ons kom kuier het. In die plek van “O ek het ʼn perd en ʼn blinkvos perd...” is Psalm 23 vir my geleer en moes ek dit as driejarige met fami- liebesoek op aandrang van my ouers en tot groot verleentheid van myself vir die groot- mense sing. Baie skaam, maar tot verbasing van almal en met groot trots van my ouers het ek Psalm 23 nootvas en korrek gesing: “Net soos ʼn herder uittrek met sy skape...”. Soos die jare verbygegaan het, het “Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie...” ʼn belangrike deel van my lewe geword. lieflike plekke geval...

Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke gevalhaar matriekjaar in ʼn motorongeluk. Haar son het ondergegaan toe dit nog dag was en daarmee het die lewe vir my tot stilstand gekom

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Ons fokustema: “Ons loof U met ’n psalm in die hart” is uit vyf van die onderskeie Psalm-groepe saamgestel en is in die volgende werkstema geformuleer: God is KONING oor sy hele SKEPPING. As gevolg van die VERGIFNIS deur Jesus Christus lewe ons (onder sy koningskap en in sy skepping) as PELGRIMS om Hom van harte te LOOF.

Die meetsnoere het vir my in

– Faan de Beer

Week 4 Ons, AS PELGRIMS, loof U met ʼn psalm in die hartVandag se preke vorm die afsluiting van week 4 waarin ons as pel-grims op pad is na die Vaderhuis.

Week 5 Ons LOOF U met ʼn Psalm in die hartHierdie week kom ons aan die einde van ons Fokusweek vanuit die Psalmbundel in die Bybel. Lofprysing aan God is die hoogste doel van die mens, en die hele skep-ping, se bestaan. Hoekom staan jy op in die oggend? Om te gaan werk! Hoekom gaan werk jy? Om geld te hê! Hoekom wil jy geld hê? Om te kan eet! Hoekom wil jy eet? Om te kan lewe! Hoekom wil jy lewe? Om God te kan prys! (Oor die vraag hoekom God geloof moet word staan ons in die eerste dagstukkie stil.)Dit is eers wanneer ʼn mens tot die insig kom dat die lewe nie oor jouself en jou eie gemak gaan nie, maar oor die lof aan die Here, dat daar sin en betekenis in jou lewe kom.

Wat ʼn wonderlike voorreg is dit om deel te wees van die Fokusweek oor die Psalms. Hoe moeilik is dit egter om in ʼn paar woorde te sê watter rol psalms in my lewe speel of gespeel het.

ʼn Psalm wat my terugvoer na my kleuterjare is beslis Psalm 23. Op driejarige ouder-dom het ek die psalm berymd gememoriseer met die hulp van my pa se oudste suster wat op ʼn hoë ouderdom gereeld by ons kom kuier het. In die plek van “O ek het ʼn perd en ʼn blinkvos perd...” is Psalm 23 vir my geleer en moes ek dit as driejarige met fami-liebesoek op aandrang van my ouers en tot groot verleentheid van myself vir die groot-mense sing. Baie skaam, maar tot verbasing van almal en met groot trots van my ouers het ek Psalm 23 nootvas en korrek gesing: “Net soos ʼn herder uittrek met sy skape...”. Soos die jare verbygegaan het, het “Die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie...” ʼn belangrike deel van my lewe geword.

lieflike plekke geval...

Memoriseervers: Psalm 100-1:1Juig, al wat leef, juig voor die HEER!

Dien God met blydskap, gee Hom eer;kom nader voor sy aangesig,en prys Hom met ‘n lofgedig!

Kleingroepriglyn en preekteks: Die preekteks vir volgende Sondag is Psalm 150 maar ons behan-

del in die kleingroepe ook Psalm 146

Ons wil graag saam met ons kinders die volgende Psalmversies in die vyf weke aanleer. Die versies sal in elke erediens gesing word. Die volgende versies is gekies

Psalm 145-2:2, Psalm 8-1:1, Psalm 38-1:1, Psalm 134-2:2 , Psalm 100-1:1

Gedurende my laerskooljare het ons elke Maandagmiddag tydens katkisasie psalms gesing. So het ek byna elke psalm geken en in baie gevalle meer as een versie. Tydens my hoërskooljare en later het baie psalms ʼn integrale deel van my lewe geword.

Na my studentejare en tydens my huwelik met Cora is daar vir ons vier pragtige kinders gebore. Weer het ʼn psalm vir my uitgestaan: “Mag ons seuns wees soos plante wat hoog groei in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare uitgebeitel soos ʼn paleis.”

Tydens ons kinders se jeugjare het Psalm 18: “Ek het U hartlik lief O Heer...” ʼn groot rol in my lewe gespeel. Met my kitaar waarop ek slegs ʼn paar drukke geken het, het ons rondom die braaivleisvuur baie aande Psalm 18 oor-en-oor gesing.

Toe tref ʼn groot tragedie my gesin. My oudste dogter, Nanette, sterf tragies tydens haar matriekjaar in ʼn motorongeluk. Haar son het ondergegaan toe dit nog dag was en daarmee het die lewe vir my tot stilstand gekom. Droefheid het my platgeslaan. Met groot respek gesê, ek was kwaad vir die Here. Hoekom moes so iets gebeur in die fl eur van my kind se lewe? Die waaroms wou net nie ophou nie. Maar waar kry ʼn kind van die Here vertroosting? Ek het antwoorde in die Bybel gesoek, dag en nag! Ek was weer ernstig terug by die psalms. Psalm 73 en veral vers vier wil ek beklemtoon: “Tog het ek daaraan” (dit is die goedheid van die Here begin twyfel...) en byna koers verloor. En dan Psalm 73 vers 25 en 26 “Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. Al is ek afgetakel na liggaam en gees God is my sterkte, aan Hom behoort ek vir altyd. Ek het ʼn worsteling deurgegaan met die heerlike eindpunt in die ontworsteling, ek word by God gebring, om Christus ontwil. Pragtig kon ek bely uit die psalms: “Nogtans sal ek altyd by U bly, niks sal my van U liefde skei, U wat my regter-hand gevat het”.

In Psalm 23 gee die Here my die versekering dat Hy vir my goed sal wees as ek in Sy huis sal bly. Sluit vandag aan by die kudde waar ons veilig en gelukkig voel en dan kan ons sing:

U salf my hoof, U maak my hart blymoedigen vul my beker met U heil oorvloedigU goedheid, so onfeilbaar en weldadigomring my op my lewenspad gestadigtotdat ek eenmaal in Gods heilige woningdie troue Herder ewig eer as Koning