40
Die Desember 2014 Nr 239 Ligdraer

Ligdraer Desember 2014 Desember 2014 web.pdfOuers sal eerder vir hulle kinders se eksamen bid as vir hulle siele! Al wat vir ons belangrik geword het is om suksesvol deur die lewe

  • Upload
    others

  • View
    10

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

DieDesember 2014

Nr 239

Ligdraer

“Hy’s die Lelie van die dale, die he lder Môrester, Hy ’s d ie skoonste uit tienduisend nou vir my.”

Voorblad

Indien u ‘n artikel in die Ligdraer wil p laas, kontak d ie redakteur, Hermann Havenga, by die volgende nommers:

Huis 018 462 9304Selfoon 084 437 6266of e-pos aan [email protected]

Die Ligdraer is in PDF formaat beskikbaar op die Kerk se webwerf by www.cvsa.co.za

Lied 175

1 Kersgroete - Leraar Fanie Visagie

3 Here, spaar u volk! - Leraar Fanie Visagie

11 Met groot dank - Anita Smal

12 In Memoriam - Bettie Rossouw

13 Ons roeping na Suid-Korea - Pieter Oberholzer

17 Die blye boodskap - Miemie van Heerden

19 Kersfees - Zebeth Lubbe

21 Hoor sy roepstem - Sarin Oberholzer

26 Dopelinge

26 Nuwe lidmate

27 Lidmate 80 jaar en ouer

29 Verjaarsdae 70

31 Sterfgevalle

33 Algemene inligting

35 Huwelike

35 Voornemende lidmate

36 Spesiale Dienste 2015 en 2016

+

Inhoud

Kersgroete

1

Dierbare broer en suster, 'n jaar het al weer soos 'n gedagte verby gegaan. Ons het

hierdie afgelope jaar ondervind dat God se weë nie ons weë is nie en sy gedagtes is

nie ons gedagtes nie. Baie van ons dierbares is deur die dood opgeroep na hulle

ewige bestemming. Indien ons 'n lys sou moes opstel van persone wat in die

afgelope jaar moes verhuis, sou dit moontlik heeltemal anders gelyk het.

Weereens besef ons dat ons lewe in die hand van ons Meester is en niemand weet

wanneer dit ons sterfjaar sal wees nie. Kom ons bid opreg vir die bedroefdes, dit kan

moontlik in die komende jaar ook ons lot wees.

Ek het die nag van 31 Oktober 'n besondere droom gehad wat my baie lank sal bybly.

Ek het op 'n hoogte gestaan en dit was 'n baie donker nag, so asof die maan en

sterre bedek is met 'n laag wolke en die siloeët van donker berge was duidelik

sigbaar in die glans van 'n verblindende lig wat in die middel van die berge na

boontoe skyn. Ek het my verwonder oor die besondere glans van die lig wat soos

goue strale na bo geskyn het. Dit was nie die gewone wit glans wat normaalweg

deur skerp lig uitgestraal word nie. Dit was goud van kleur. In die middel van die

plek het die toppe van 'n stad uitgesteek wat suiwer van goud was. Die geboue het

soos ons moderne stede gelyk.

Ek het wakker geword en my verwonder oor die droom. Ek het by myself gedink

dit was moontlik so 'n kykie op die goudstad wat die Here vir sy kinders voorbery

het. Terwyl ek in die kansel sit die volgende dag om br Dries Nell te begrawe en

ek die liede lees op sy begrafnisbrief het Lied 193 : 4 my skielik herrinner aan my

droom. Die woorde van die lied is:

Met opgewondenheid het ek besef dat vir die kind van God wag daar 'n onbeskryflik

heerlike erfenis wat nie eens deur 'n droom of ons gedagtes werklik beskryf kan

word nie. Mag die Here gee dat nie een van ons daardie erfenis misloop nie.

Ons bede is dat die glans van die Herdersvelde ook in hierdie Kerstyd elke hart sal

verlig en dat die Christuskind opnuut in ons harte gebore word.

Ons glo dit gaan vir elke kind van God 'n baie spesiale feestyd wees. 'n Geseënde

Kersfees en voorspoedige nuwejaar word u almal toegewens.

Liefdegroete, in die Naam van ons Here Jesus Christus.

Leraar Fanie Visagie

“As eens my lewensklok sy laaste tik sal slaan,“As eens my lewensklok sy laaste tik sal slaan,

Sal die voete eens deurboor,My lei die swartste berge oor;

As eens my lewensklok sy laaste tik sal slaan.”

2

Boodskap van ons leraar op Sondagoggend 28 September 2014

Josua 7 vers 13

Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is 'n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder

julle uit verwyder het nie.

2 Timotheus 3 vers 1 tot 5

MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges,

grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat 'n gedaante van godsaligheid het,

maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af

Ons kom soms in die lewe op plekke waar jy deur jou gedagtes of waarneming wakker geskud word. Wanneer ek met u wil praat oor die Kerk van Christus, en dan in die besonder die Christelike Vereniging

van Suid-Afrika, lê dit baie swaar op my hart.

Ek hoor nie meer: “Die Here het my siel gered” nie. Wanneer 'n landbouer, kom ons sê 'n wynplaas het, en hy het

Here, spaar u volkFanie Visagie (Leraar)

3

die wingerd toegerus met dit wat nodig is, al die stikstof en wat ookal nodig is toegedien, en hierdie wingerd lewer nie die oes op nie, dan is daar iewers drasties fout. Ek het in die breë gedink en besef die Kerk van Christus lewer net nie meer kinders van die Here op wie se siele waaragtig gered is soos vroeër jare nie. Ons sien baie groot en intelligente bewegings, baie mense wat besluite maak, ons sien baie mense word kinders van die Here op 'n verstandelike vlak, hulle kom tot bekering om maar net weer 'n maand of 'n jaar daarna terug te val in die ou manier van lewe. Wat my die bekommerdste maak is dat die kinders van die Here so beïnvloed word deur die sielemoordenaar dat dit ook nie meer aan hulle saak maak nie.

Baie mense dink nie eers daaraan om vir siele te bid wat verlore gaan nie, wat staan nog v i r mense op die sendingveld wat elke dag daardie stryd m o e t s t r y i n d i e v y a n d s e teenwoordigheid. Ons is nie bekommerd daaroor nie, ek is nie bekommerd oor iemand langs my of selfs my broer of my suster nie, want ek lewe net vir myself en vir my huisgesin! My hele lewe draai om dit wat vir mý belangrik is, en die roeping waarmee God sy Kerk geroep het word nie uitgeleef deur die Kerk van Christus op aarde nie. Daar is nie 'n óés nie! Daar kom nie meer siele tot bekering nie! Ons kry dit nie meer dat mense kragdadig deur die krag van die Heilige Gees in hulle binneste vernuwe word sodat hulle kan staande bly in hierdie lewe nie. Ons lewe in 'n wêreld van gemak en van voorspoed en van

sukses. Ouers sal eerder vir hulle kinders se eksamen bid as vir hulle siele!

Al wat vir ons belangrik geword het is om suksesvol deur die lewe te gaan. Dit het my genoodsaak om bietjie terug te gaan in die geskiedenis, en ek het gesien vanaf 1850 tot 1857 was daar presies dieselfde toestand op die aarde. Meneer Moodie het in Amerika navorsing laat doen en uit drieduisend kerke kon nie een sê dat in daardie jaar het een siel tot bekering gekom nie – 1 8 5 7 . D i e i n v l o e d v a n d i e sielemoordenaar het die Kerk van Christus lamgelê! Dit pla hulle nie. Dit is die een kongres en vergadering, na die ander. Mense word opgeroep om hierdie groot byeenkomste by te woon en dit is wonderlik, almal deel in lofprysinge en al hierdie dinge, MAAR die siele wat veronderstel is om gered te word, word nie gered nie! Dít maak dat 'n mens stil wil staan, dat ek wil stilstaan en vir u sê: “Ek is bekommerd, nie alleen oor die Christelike Vereniging van Suid-Afrika nie, oor die Kerk van Christus in die algemeen.” As ons hierdie probleem sou voorlê aan watter sinode of kerkraad of wie ookal, dan gaan ons baie slim, intelligente oplossings kry, maar die groot probleem lê nie by mense wat saam besluit oor moontlik is dit hierdie of daardie nie… Hierdie siekte waaroor ek met u praat se wortels lê baie diep in die grond weggegroei. Jy gaan nie net hier en daar 'n takkie kry en sê dit is die probleem of dat is die probleem nie. Die groot probleem in die Kerk van Christus is dat die Heilige Gees bedroef weggedraai het. Hy is

4

nie meer teenwoordig nie.

Ek wil vir u 'n uittreksel lees uit oom Fanie Roos se boodskap wat hy oorgedra het kort voor sy afsterwe:“In 1907 het die Here aan my openbaar dat daar drie geeste van die duiwel oor die wêreld sal uitgaan. Die eerste is 'n ONENIGE VERDEELDE GEES wat die mensdom in die wêreld sal verdeel en onenigheid en tweedrag sal teweeg bring. Die tweede gees is 'n ONSEDELIKE EN ONHEILIGE GEES van ontug wat 'n onreine lewe onder die mensdom sal verwek en slegte gedrag ten gevolge hê. Die derde is 'n WÊRELDSGEES wat die dood en die ewigheid sal toesluier en die wêreldslewe met sy drang na stoflike goed op die voorgrond sal stel. Hulle sal nie tyd hê vir die Godheid en geestelike dinge en om gereed te maak vir die ewigheid nie.” Hierdie boodskap het verskyn in 'n Ligdraer in 1944. Profetiese woorde: 'n Wêreldsgees wat maak dat hy die kinders van die Here verblind en hulle gerus maak, want hy kom voor as 'n engel van die lig. En terwyl hulle aanbid en die Here dien lewer die Kerk van Christus geen oes op nie. Hier en daar sien ons kom daar een en ander tot bekering.

Weet u, die Here het ten doel gehad om die Kerk te plant sodat hierdie kinders van Hom die evangelie kan gaan verkondig aan 'n verloregaande mensdom. Volgens u lê ek seker te veel klem daarop, maar wat ek vir u wil sê is: ons kort krag van bo af deur die inwerking van die Heilige Gees in ons harte. Ons kan al wat 'n seminaar is

bywoon, ons kan al wat 'n vergadering is reël, al wat spesiale dienste is bywoon, noem maar op: Ebenhaezer, Baviaanskrans, net waar ons ookal gaan, maar as die Heilige Gees nie in ons midde neerdaal soos vroeër nie, gaan dit tevergeefs wees dat ons die werk van die Here op aarde doen.

Dit het tyd geword dat ons soos Josua en die ouderlinge op die grond sal val en sê: “Here, spaar u volk.” Dit lyk tussen ons in ons eie lewe, in ons eie kerk, in die Kerk van Christus, is daar die dinge wat ons doen wat ons weet die Here nie mee tevrede is nie. Maar, ons wil dit verskans, ons wil dit wegsteek. Hierdie Israeliete word deur die woestyn gelei, en hulle staan by die Jordaan. Die Jordaan word gekloof en die Here lei hulle die beloofde land in, en alles word reg gedoen. Josua stuur verspieders uit na Jerigo, en die Here doen 'n grootse wonder: sonder dat hulle 'n wapen optel laat val Hy daardie mure plat, en hulle vernietig Jerigo. En die Here sê vir hulle dat alles wat leef met die ban getref en doodgemaak moet word. Al die besittings moet verbrand word – net die goud, silwer en koper moet by die tempelskat gevoeg word. Hierna stuur Josua verkenners na Ai toe, en hulle kom terug met die boodskap: “Ons hoef nie baie manne te stuur nie.” Ek sien in hierdie manne se gemoed daardie gemotiveerdheid: “God is besig om die stryd vir ons te stry. Toe die verspieders die eerste keer by die grens van hierdie beloofde land gekom het, het hulle teruggekom en negatiewe berigte gebring. Net Josua en Kaleb het gesê ons kan die

5

land inval. "Moenie al die manne vermoei op die tog nie, net 'n paar, ons sal hulle maklik oorwin.” Maar, hier staan die manne van Ai op en Israel moet wegvlug. 'n Skande vir die volk van die Here. Dit is hoekom Josua en die ouderlinge op die aarde gaan lê en sê: “Here, hoekom het U ons nie liewer anderkant die Jordaan gelos nie? Wat gaan hierdie mense nou sê?” Die Here sê: “Staan op, waarom lê jy nog.” Miskien is dit waar ons net so bietjie wil stil word.

Daar is plekke in die lewe waar ons gesondig het voor die Here. U mag dalk dink: “Maar ek doen nie regtig snaakse dinge nie”, dan wil ek vir u vra: “Dierbare broer en suster, het u die las van siele al in u lewe ervaar?” Want die oomblik wanneer die Heilige Gees van 'n mens besit neem begin jy bid vir siele, dan begin jy bid vir mense wat verlore gaan, en lê hulle swaar op jou hart. Ek luister na die gebed: “Here, help die siele wat verlore gaan.” Tussen ons is die sonde wat ons sal moet identifiseer en bely en uithaal, dan sal die Here saam met ons gaan op die pad vorentoe. As ek na oom Fanie se woorde luister, profetiese woorde, sien ek hoe hierdie geeste hulle invloed al in die Kerk van Christus het. Dit is my hartsbegeerte dat Suid-Afrika sal herleef. Dat die Here vir ons sal raaksien. Dat Hy vir ons sal toerus met daardie krag wat ons nodig het om in hierdie lewe Christus alleen te dien. Ons boekie waaruit ons sing sê voorop: “Christus is alles”. Die apostel Paulus sê in 1 Kor 2:2: “Want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie

behalwe Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.” Mense wat alleen op aarde lewe om God te behaag.

Ek het begin delf en lees van die herlewing wat uitgebreek het net nadat meneer Moodie 'n uitnodiging gemaak en gesê het: “Wil almal wat so in julle harte voel hierdie tyd wat voorlê tot die end van die jaar elkeen een uur in 'n week gaan bid, saam met 'n ander een of alleen.” Vir 'n uur lank in 'n week moes hulle hul afsonder in gebed en bid dat die Here met sy Heilige Gees hulle sal herskep en sal nuut maak. Vanmôre is dit my vraag aan u: Is u (u wat so voel – die ander kan maar aangaan met u lewe), bereid om saam met my een uur in 'n week u af te sonder? U kan dit tien minute op 'n dag maak, dan het u net ses dae nodig, en u kan as u wil saam met my in hierdie tyd wat voorlê vra dat die Here met sy Heilige Gees die ban onder ons volk en onder ons self uit sal verdelg. Net die Heilige Gees alleen lig in 'n mens se hart wanneer sy krag van 'n mens besit neem – en dan staan ek en hulle wat saam met my werk dalk voor in die ry om te erken: “Here, ek is 'n sondaar. Ek staan skuldig voor U.” Die Here wil ons skoonmaak! Hy wil ons reinig! Hy begin altyd hier bo, in die huis van die Here, by hulle wat die werk moet doen. Dit help nie ek wil vir u sê wat u moet doen, maar ek gee nie ag op dit wat hier in my hart plaasvind wanneer die Heilige Gees die dinge uitlig in my lewe nie.

Ek het vir ons gelees in Timotheus hoe lyk mense wat 'n gedaante het van godsaligheid, en al hierdie dinge wat

6

genoem is hoor ons, maar ons luister nie – dit gaan by ons verby. Ek wil u vra dat ons in hierdie dae sal bid totdat ons die oorwinning behaal. Weet u, ons vlug te veel vir die duiwel. Ons keer hom kort-kort die rug. Hy is besig om ons al meer en meer te oorwin.

Die vraag bly staan: waar is die siele wat gered word? Ek luister na die liedjie wat ons netnou gesing het: “Die Koning het beveel dat almal hulle bekeer.” U kan daardie woorde weer gaan lees.

Ons moet alleen vir Hóm lewe – dit is wat God wil hê die mens op aarde moet doen. Hy moet die spil wees van alles wat u en ek in ons huise doen. Die pappa, as hy besluite maak moet dit gaan om God te verheerlik. Net dit! Ek sal u sê as u Woensdag- en Saterdagaande hier kom sal u u hande saam slaan! Géén oes. Niemand stel belang nie. Ons kan nie vir mense bied wat hulle graag wil hê nie. Selfs Sondagaande loop die kerk leeg. Ons sal dalk een van die dae die deure moet sluit.

Dierbare broer en suster, ek wil nie hê my kinders moet verlore gaan nie. Ek wil nie hê u kinders moet verlore gaan nie. Ek wil nie hê u wat nou met daardie sonde onder u boesem sit moet net hier buite deur die vyand vernietig word nie. Ons weet wat die sonde is! Ons weet wat die verkeerde is! Maar ons lewe al daarmee saam asof dit deel is van die samelewing! In hoeveel boeke wat ek oopmaak sien ek waar gay-verhoudings op die voorgrond gestel en uitgebeeld word -

die rolmodelle van ons kinders. Hulle sien hierdie dinge en hulle dink die lewe lyk maar so. Hierdie een ontrou aan sy vrou en nou weer met daardie een in 'n verhouding, en die Christendom aanvaar dit as deel van ons samelewing!! Die Heilige Gees staan daar eenkant, weg van ons af. Met al ons swier, met al ons blink, met al die dinge wat vir ons so belangrik is, staan die Heilige Gees eenkant.

Ek glo as ons in hierdie dae gaan bid met die opregtheid van ons hart sal die Here uit die hemel uit antwoord soos wat Hy jare terug geantwoord het! Daar in Amerika, in Fultonstraat, het die Heilige Gees vir die eerste keer in daardie mense se lewens in gebrand. Skielik het die kerke oorgeloop! Nie omdat dit goeie sprekers was nie – omdat die Gees van God besig was om sy Kerk te plant op aarde, en u en ek is die nageslag. Waarmee sal ons vanmôre na die Here toe gaan? Waarmee sal u en ek voor Hom gaan staan? Weet u broer en suster, as u eendag aan die einde van u lewe kom gaan dit nie help u sê (en ek het dit baie gehoor): “Ag, ek het gelowige ouers gehad” nie. As u voor God staan, het u die Heilige Gees in u binneste? Lewe daardie vuur hier binne-in u? As u dit nie kan sê nie broer en suster, dan het ons almal iets om te doen! Dan wil ek u aanspoor om opnuut op te kyk na die ou ruwe kruis, na die Here Jesus wat uit die hemel uit gekom het. Hy het nie gekom om mense te plesier en almal se siektes te genees en terug te gaan en te sê: “Ek het 'n groot werk gedoen” nie. Hy het gekom om te soek en te red hulle wat verlore is! En Hy sê vir sy

7

dissipels: “Gaan die wêreld in, en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Dit is die opdrag! U kan Handelinge 1 tot 6 gaan lees en sien hoe het die gelowiges daagliks aangegroei. Mense wat kragdadig deur die krag van die Heilige Gees oortuig is dat: “Jou geloof is verkeerd, jy moet hierdie geloof aanneem. Jy moet die Christendom, die Christelike geloof aanneem.” Ons het die voorreg om te sê: “My mamma en my pappa het my opgevoed as 'n kind van die Here, as 'n Christen.” Wat gaan u en ek vir die Here sê? Hoeveel keer het hierdie evangelie na ons toe gekom waar ons hier uitstap net soos ons hier ingestap het? Dit is nie jou skuld of my skuld nie, ons het nooit besef maar hier in my lewe is dalk die dinge wat ek voor God moet bely en uithaal nie. Hier staan dinge in die pad van die Gees.

Ons kan na Ebenhaezer en Bloempark toe gaan en ons kan Kersfees vier, maar as die krag van die Heilige Gees ontbreek is ons besig om vleeslike Christene te produseer wat geen krag het nie! Die Heilige Gees wil met ons elkeen praat deur die stem van 'n nietige skepsel. Jy kom op plekke in hierdie lewe waar jy besef maar ek het net nie die vermoë om met mense te praat dat hulle die Here Jesus kan aanneem nie. Dan sê die Stem vir jou: “Dit is omdat jy te min bid my vriend. Jy wil alles gedoen hê sonder om te bid.” Ek staan vanmôre heel eerste skuldig voor die groot God, en ek wil in hierdie dae so klein word dat die Here sal sien ek is opreg in my bedoeling wanneer ek Hom vra dat Hy vir ons met

daardie krag van bo af moet kom volmaak. Dat siele kragdadig gered sal word. U wat 'n bietjie ouer is sal vir oom Sarel onthou. Terwyl hy daar op Afrikanermyn op die dansbaan tot oortuiging kom en hy terugjaag huistoe met sy motorfiets kry hy sy mamma op haar knieë: “Here, red my kind se siel!” Dierbare broer en suster, dit is hoe die Heilige Gees werk. Jy staan hier op jou knieë en die Gees doen die werk op 'n ander plek! Mammas, bid vir julle kinders se siele! Die Here wil hê ons moet skoon en rein voor Hom begin wandel dat Hy saam met ons kan trek. Hy sê vir Josua: “Ek trek nie saam met hierdie volk voordat die ban nie onder hulle uit verwyder is nie.” Kom ons maak skoon.

Dit lyk al hierdie dinge wat vir ons so belangrik is op die aarde gaan vir ons verlore laat gaan. U moet mooi vir my luister: Al hierdie dinge wat vir u belangrik is gaan vir u verlore laat gaan, as u nie u lewe met God regmaak nie. Ons wil te veel staatmaak op geestelike oortuiging wat uit die vlees kom. Ons dink as ons glo, as ons kerk besoek, as ek 'n goeie persoon is wat betrokke is by watter organisasie ookal, dan is ek oppad hemel toe. Die Here Jesus sê jy moet weergebore word my vriend. Wat beteken wedergeboorte? Wedergeboorte beteken hierdie ou skepsel wat hier staan, sterf! Hier staan 'n nuwe skepsel op. Die apostel Paulus sê: “Ek lewe nie meer nie. Die ou dinge het verbygegaan, kyk, alles het nuut geword.” Het u al in Jesus nuut geword? Hoeveel keer moet hierdie woorde oor en oor en oor in ons harte

8

inval voordat ons sal besef Jesus wil ons nuut maak! Ons moet hierdie dinge waaraan ons so vashou weggooi. Ons moet deurbreek na die troon van genade toe waar ons met ons Saligmaker alleen sal praat, waar ons sal sien die Heilige Gees begin nader en nader kom. Ons het gesien hoe die Gees van tyd tot tyd nog in ons midde lewe bring. Maar ek wonder hoe voel die Here Jesus oor sy Kerk op aarde as Hy moet sê: “Maar waar is die siele! Julle het kerke vol mense en julle hou konferensies, julle doen al hierdie dinge, maar waar is die siele wat hemel toe moet gaan!?” Ek is bevrees ons sal soos Israel moet stil word en sê: “Ja Here, ek het 'n probleem. Ons het 'n probleem. In my lewe is 'n probleem.”

Weet u waar is die Kerk van Christus? Hier sit hy voor my. Dit bestaan uit mense uit, mense wat een vir een voor God moet verskyn en sê: “Here, ek maak skoon. Ek maak 'n nuwe besluit.” Dit lyk die Gees swewe en Hy soek daardie harte wat oopmaak sodat Hy aan elkeen wat wil, daardie genade kan gee. Maar die harte is toe! Wil u nie u hart oopmaak nie? Kyk na die ou ruwe kruis. Kyk na die Jesus wat sy lewe kom gee het sodat elkeen wat in Hom glo en Hom aanneem nie verlore hoef te gaan nie. Hier in my hart is 'n verlange om net te sê: “Oom Fanie, kom staan net hier en praat met die nageslag dat hulle sal ag gee op dit wat jare terug in u hart gewerk en nou 'n werklikheid is.” Is u bereid om in hierdie tyd wat voorlê saam met my deur te dring na die troon van genade toe? Sodat die Here ons kinders en

ons nageslag se siele kragdadig sal red. Sodat ons mense sal sien wat hulle voet op hierdie pad sit, maak nie saak wat ander van hulle sê of oor hulle sê of teen hulle doen nie, hulle het hulle oog op die goudstad. Die meeste van ons mense, sodra jy hom persoonlik aanvat, dan gaan lê hy langs die pad. Hy het nie die krag om deur te gaan nie, want hy het vleeslik bekeer. Die Here wil hê ons moet deurbreek. Ons moet daardie vastigheid kry soos hierdie apostels, wat ten spyte en ten koste van vervolging, van slegsê, van tronkstraf, van slae en wat dit ookal was, vasgehou het aan daardie iets wat hulle ontdek en wat vir hulle so spesiaal was dat hulle aangehou het om die evangelie te verkondig tot hulle dood toe.

Dit help niks ons bid vir mense op die sendingveld nie, hulle sal geen krag kry nie. As die Kerk van Christus nie in hulle midde krag het soos hulle moet hê nie gaan daardie mense 'n verloorstryd stry. Dit het tyd geword dat u en ek besef dat dit die krag van die Heilige Gees is wat die gevolge daar ver tot stand bring. Dit wat u en ek nie kan doen nie. Ek kan u nie oortuig nie, maar die Heilige Gees kan. Wil u met u lewe aangaan soos dit tot hier gegaan het? Dit is my vraag: Is u ook moeg om 'n verloor stryd te stry? Is u nie moeg om kort-kort die rug te moet draai en te hardloop omdat die vyand u gewen het nie? Kom ons dring deur na die genadetroon toe. Ek vra u as daar 'n begeerte in u hart is om vir die Here iets daadwerklik te doen – vra Hy moet u skoonmaak. Vra Hy moet

9

ons kom besoek met sy Heilige Gees. Nie net hierdie Geeswerk nie, ons land, al die Christene oor die wêreld. Ons het weer herlewing nodig. Ons is nie 'n elite groep wat iewers eenkant alleen lewe nie. Die Here het sy opdrag aan 'n verloregaande wêreld gegee wat gered moet word. Dit is u en my verantwoordelikheid. U mag dalk eendag daar aankom en sê: “Maar Here, ek was elke Sondag in die kerk, ek het besluite gemaak.” Die Here sal sê: “ Maar waar is die siel wat ek elke dag langs jou laat loop het? Wie jy verag het omdat hy of sy nie gedink of gedoen het soos jy nie, maar wat gesmag het na die lewe?” Kom ons word stil voor die Here. Kom ons besef dat u en ek oppad is om een of ander tyd hierdie lewe te gaan verwissel met die ewige. Ek moes in hierdie jaar hoeveel jonger mense begrawe. Is u lewe met God reg?

Jong broer en suster, het Jesus van Nasaret al u siel gered? Dit lyk dit is 'n uitroep uit my siel uit! Wil u hê die Here moet u siel red? Of dink u dat u dit dalk gaan maak aan die einde van u lewe? U gaan dit nie maak nie! Gaan lees hierdie deel. Agan het gesê: “Ek het gesondig voor die Here.” Josua het hom met klippe laat doodgooi en hulle het alles wat hy gehad het verbrand en klippe op hom gestapel. Want, as God praat moet ons luister!

U moet ag gee, u moet luister na

hierdie roepstem wat uit die hemel uit

kom! Ek weet, ek praat met die

outoriteit van die Heilige Gees. As u

saam met my in daardie plek was waar

ek deurgedring het, dan weet ek die

Gees is hier en ek weet ek praat nie iets

buite die Bybel of buite die Woord nie.

Ek praat met die roepstem van nog een

van die roepers van die Here wie se

stem dalk weldra gaan stil word. U en

ek moet gaan rekenskap gee van dit

wat deur die jare aan ons gebring is, en

of ons daarop ag gegee het! Is u siel

gered? Het die Here u al herskep? Wil

u nader kom sodat Hy u kan nuut

maak? Hoor u daardie roepstem van

die Heilige Gees wat sê: “Jy my kind,

Ek wil jou nader trek.”? Dit is die

wonderlikste van die krag van die

Heilige Gees: Hy praat met my en ek

kan nie glo die Here praat met so 'n

slegte mens soos ek nie. Dit was my

eerste gewaarwording: “Here, wie ek?

Here ek is onwaardig!” Hy stap bo-oor

al my foute en Hy stap binne-in 'n

sondaarhart in.

Daardie reddende genade is tot

beskikking van elkeen wat sê: “Ja,

Here, ek gaan in hierdie tyd wat voorlê

myself verootmoedig.” En nie net tot

by Ebenhaezer nie, tot by die einde van

die jaar moet u saam met my u elke

week een uur lank afsonder, daar is

genoeg geleentheid om tyd te maak in

'n week. Gaan sonder u af, maak u

lewe met God reg, bid vir my, bid vir

hierdie volk, bid vir Suid-Afrika. Bid vir

die werk van die Here. Bid vir die Kerk

van die Here dat Hy sal lewe blaas in sy

Kerk. Dan staan daar weer 'n geslag

op, vol van die Heilige Gees

10

Graag wil ek aan die gemeente van die Christelike Vereniging dankie sê vir al die gebede wat vir my en my familie opgegaan het na die afsterwe van ons seun en broer. Alhoewel ons nog nie algeheel sy dood (wat skielik en tragies was) kan verwerk nie en nog baie swaar kry, leef ons in die wete dat daar nog al die tyd vir ons gebid word en dat die Heer en u ons lief het en nie vergeet nie.

Ek het na ons seun se dood deur diep waters gegaan, en asof sy dood nie genoeg leed was nie het ek in Maart my regterbeen bo die knieg verloor. In Junie moes ek weer ingaan vir 'n verdere operasie en weereens is daar onbeskryflik baie vir my gebid. Die been genees baie mooi en is al feitlik heeltemal gesond. Dit is slegs as dit so bitter koud is dat die been nog baie seer word en geweldig brand. Party dae word ek baie moedeloos oor wat my oorgekom het. Tot ek een van die vele slapelose nagte na 'n program op TV gekyk het (ek het net die laaste gedeelte gesien). Dit het gehandel oor 'n swart man wat sonder arms en bene sy studies voltooi en 'n graad verwerf het. Die hele gehoor wat die gradeplegtigheid bygewoon het het die man staande toegejuig. Hy is 'n inspirasie vir baie en ek het skaam geword vir myself omdat ek murmureer terwyl ek net een been verloor het. Ek kan die Here

nie genoeg eer en loof vir wat Hy vir my gedoen het nie! In die donkerste van my beproewing dra Hy my deur, en wanneer ek terugkyk op die pad wat ek gekom het sien ek dat Hy my dra. Ek en Nico wil ook spesiaal aan oom Koos Botha en Fanie Visagie 'n groot dankie sê vir hulle gereelde besoeke en gebede. Ook aan ons leraar wat altyd bereid is en daar is. Wanneer ons mismoedig word en hom kontak dan maak 'n tydjie om met ons te deel en ons weer aan te moedig om net op te kyk en die Here te loof en sy Naam groot te maak met alles wat ons het.

Ons wil die Here loof wat op 18 Junie 2014 aan ons 'n volmaakte en pragtige kleindogter gegee het deur ons dogter Natasha en haar man Carlo.

Laastens wil ons ook weereens aan die gemeente en vriende wat so getrou vir ons bid bedank. U sal seker nooit weet hoeveel ons dit waardeer nie. Dit is 'n voorreg om aan so 'n groot Geeswerk te behoort en te weet dat die Here leef en by Hom is niks onmoontlik nie. 'n Buitestaander sal nie besef en weet wat die voorreg is om daaraan te behoort nie. Dit is net ons wat dit aan die wêreld kan verkondig en dan die mens van die wêreld te laat sien hoe heerlik dit is om aan die Here te behoort.

Met groot dankAnita Smal

11

Vyf jaar van groot hartseer en verlange is verby. Sal ek dit ooit vergeet? Sondag 15 November 2009 toe ek die vreeslikste tyding van my lewe gekry het: My kind is dood! O, daar kan seker nie 'n groter iets met jou gebeur as om so 'n boodskap te kry nie. Sonder 'n groet of 'n afskeidswoord of 'n gebed. Mag die Here almal wat kinders het daarvan bewaar. As jou kind siek is en jy sien die dood kom nader kan jy nog vir hom of haar bid en afskeid neem – dank die Here daar voor, maar so ' n sk ie l i ke onverwagse dood is seker die bitterste gal wat jy ooit kan drink.

Daar gaan nie een enkele dag verby wat ek nie aan hom dink nie. Maar, ek troos my daaraan dat ek hom in die huis van die Here grootgemaak en baie vir hom gebid het. Dis net die Here alleen wat die hart van 'n moeder verstaan. Gelukkig was ek nog nooit een dag ontevrede of opstandig teenoor die Here nie. Hy maak nie foute nie, en weet wat die beste is vir ons – al verstaan ons nie alles nie. Al gaan ons ook deur donker dieptes Hy hou ons vas en dra ons deur waar ons nie self kan loop nie. Die Here is my

Herder, ek kom niks kort nie.

Al het die Here een van my kinders weggevat het ek nog ander kinders, skoonkinders en kleinkinders wat vir my baie liefde gee en na my omsien, waarvoor ek Hom elke dag dank. Mag die Here hulle ryklik seën vir alles wat hulle vir my doen. Loof en prys sy heilige Naam!

In MemoriamBettie Rossouw

Jamie Rossouw1962 - 2009

12

Ek herinner my aan 'n baie spesiale naweek in 1971. Dit was kerk in die Bosveld op die plaas Liverpool. Ek en my eggenote, Bessie, was toe nog nie bevriend nie. Oorlede oom Sarel Smit en B e s s i e h e t t y d e n s d i e jongelingsvereniging die lied: “Hoor die Heer roep werkers vir sy akkers...” (Lied 127 in die nuwe liedeboekie) gesing. Toe hulle die derde vers sing: “Daar's miljoene sterwend in hul sonde!” het die krag van die Heilige Gees so sterk neergedaal dat baie van die gemeente vinnig na die kansel beweeg het. Ek was geskok toe ek weer tot myself kom daar voor die kansel waar ons almal die koor: “Spreek my Heer, spreek tot my.” saam gesing het.

Ek het heelwat nagedink oor wat die ervaring in die kerk daardie dag kon beteken. Ongeveer 20 jaar later is ek deur my werk na afgeleë plekke verplaas waar ek baie saam met nie-blankes in ons ou tuislande gewerk het, asook blanke boere gemeenskappe. Dit was altyd my mening dat my roeping vir sendingwerk sou wees om my lig in my werkplek te laat skyn. Ek het nooit gedink dat ek nog oorsee sou gaan vir sendingwerk nie.

Die Here is só getrou. Hy het ook vir Bessie in 1971 geroep vir sendingwerk. Iemand het 'n bekende Christelike lied op 'n elektroniese orrel in Musiekland in K lerksdorp gespeel . Bess ie het spontaan begin saamsing. Daar het 'n vreemdeling in die winkel ingekom en hy het na haar sang geluister. Later het die persoon vir Bessie eenkant genader en aangebied om al die kostes te betaal as sy saam met Niel en Peggy Verwey na die Ooste sou gaan om te sing tydens hul sendelingdienste. Sy het ook daaroor gebid en bevestiging van die Here se roeping in die Bybel gekry en sy was gewillig om te gaan. Dit was egter baie moeilik vir haar ouers en hulle wou dit nie toelaat nie. Maar sy het die roeping onder omstandighede in haar hart bewaar. Dit het lewendig gebly en die Heilige Gees het haar gedurig daaraan herinner.

'n Bejaarde dame het gedurende die jaar 2000 v i r ons seun Louwrens in Pietersburg woord van die Here af gebring. Dit was oor die Here se plan vir sy lewe. Sy het onder andere gemeld dat sy hom sien waar hy in 'n oorsese land besig is met die werk van die Here. Sy het hom as 'n baanbreker gesien wat die weg gebaan het en dat sy ouers sou volg.

Ons Roeping na

Pieter Oberholzer

Suid -Korea

13

Die Here het in 2009 vir hom 'n pad gemaak na Suid-Korea en hy het daar begin werk. Ek en Bessie het in September 2011 vir hom gaan kuier in Suid-Korea. Louwrens het gereël dat Bessie by 'n paar kerke kon sing. Hier het sy in verwondering besef dat dit deel was van die roeping wat sy in 1971 ervaar het. Ek het die geleentheid gehad om te getuig van die Here se goedheid en voorsiening vir ons gesin. Die Here het my herinner aan die woord vir Louwrens dat hy die baanbreker sou wees en dat sy ouers sou volg. Volgens my het dié woord daardie tyd tydens ons besoek in vervulling gegaan, en was dit toe afgehandel.

Die Here se plan was anders. Ek het gedurende Maart 2013 'n dringendheid ervaar om my los te maak van my werk. Op daardie stadium het ek baie ure per dag gewerk as gevolg van 'n tekort aan personeel. Dit het gebeur dat ek selfs oor naweke en tydens verlof op bystand moes wees. Die enigste manier was om op vervroegde pensioen te gaan. Dit het vir my en Bessie nogal lank geneem om finaal hieroor te besluit. Die Heilige Gees is getrou en ek het vir weke die koortjie “Moenie vrees nie, Ek is aan jou sy. In My hand hou ek jou toekoms vas...” en Lied 97 “Alles offer ek aan Jesus...” in my gedagtes gehoor. Ons het eers in Julie 2013 finaal besluit en ek het aansoek gedoen vir vervroegde pensioen. Ek het toe nog nie geweet wat ek na my aftrede sou doen nie.

Gedurende September 2013 het ons in Oos Londen na ons kerk se boodskap oor Skype geluister. Louwrens het ook vanaf Suid-Korea geluister. Ek het voor die

diens gevoel dat ek daarna vir hom moes bid. Hy het toe ook na die diens gevra dat ek ernstig vir hom moes bid. Hy het toe nog nie vir ons gesê dat hy van plan was om terug te kom na Suid-Afrika nie. Op daardie stadium het hy baie geestelike weerstand in Suid-Korea ervaar en het nie meer kans gesien om daar aan te gaan nie. Tydens ons saambid het die teenwoordigheid van die Here baie sterk op ons daar in ons sitkamer neergedaal. Ek kon hoor dat Bessie baie geween het. Sy het toe vir ons vertel van 'n visioen wat sy gesien het tydens die saambid. Terwyl sy die teenwoordigheid van die Here sterk ervaar het, het sy 'n hand gesien wat in lopende skrif op ons sitkamer muur geskryf het. Sy het opgewonde gelees terwyl die hand Suid-Korea geskryf het. Ek het die versekering gekry en kon dadelik vir haar en vir Louwrens sê dat die Here ons na Suid-Korea roep na my aftrede. My werk het my aansoek om vervroegde pensioen eers in November 2013 goedgekeur.

Ons kon as 'n familie die Kersdienste g e d u r e n d e D e s e m b e r 2 0 1 3 o p Klerksdorp bywoon. Ons was baie onseker oor die toekoms en ek wil graag almal bedank wat ons met soveel liefde in julle gebede ondersteun het en nog ondersteun. Ons is heeltyd bewus van 'n stille krag wat ons dra en ons weet dit is al die gebede. Ons familie kon nog gedurende Januarie 2014 gaan vakansie hou het in die wildtuin. Dit was baie goed vir die familie en ek het in die stilligheid gewonder waar en wanneer ons weer die geleentheid sou kry om saam as 'n familie te kon wees. Die Here is baie goed en ek het nooit kon dink dat ons familie teen Julie 2014 weer bymekaar

14

sou wees, maar dié keer in Suid-Korea.

Ons ou plaasskool naby Thabazimbi in die Bosveld het 'n reünie aan die einde van Januarie 2014 gereël en ek kon dit bywoon net voor ons vertrek na Suid-Korea. Dit was vir my so goed om ons standerd vyf onderwyser na byna vyftig jaar weer te sien. Ek kon ook die ou kerk op die plaas Liverpool (die kerk is ongeveer 1980 gesluit) en ons ou plaashuis besoek. Daar het ek die roeping van meer as 40 jaar gelede onthou. Ons sou oor 'n paar dae na Suid-Korea vertrek vir sendingwerk.

Elke keer wanneer my werk my verplaas het, het ons as 'n familie ondervind dat die Here vir ons by die nuwe omgewing alles mildelik voorsien het. Ons is so dankbaar vir sy goedheid en getrouheid. Hierdie keer was ek onseker oor die omstandighede in Suid-Korea maar ek het geglo dat die Here wat nog altyd voorsien het, weer sou voorsien. Ek en Bessie het net met ons bagasie daar aangekom, en Louwrens het meubels gehad van 'n een-slaapkamer woonstel waar hy gebly het. 'n Klein woonstel sou ons baie beperk het en sou ook geen plek bied om besoekers te ontvang nie. Die enigste alternatief was 'n vervalle, baie ou tradisionele Koreaanse huis teen billike huur koste. Ek en Louwrens het ingespring en met min moeite dit leefbaar gekry. By nadere ondersoek het ons gevind dat, met min moeite, ons dinge so kon rangskik dat daar vyf slaapkamers in die huis is! Die Here het voorsien dat die huis binne drie maande ten volle gemeubileer, toegerus en gerestoureer was teen minimum koste. Ons het aan niks kort gehad nie. Daarna

kon ons ander drie kinders vir ons kom kuier het. So was ons familie in Juliemaand weer almal bymekaar, maar dié keer in Suid-Korea. Ons kon ook saam as 'n familie Koreaanse vriende ontvang. Die meeste uitlanders wat daar gaan werk, bly in eenslaapkamer woonstelle. Dit kan nie vergelyk met die huis waarin ons bly nie. Die Here het weer mildelik voorsien.

Ek moes tydelike werk in Suid-Korea aanvaar om lewenskoste te dek en om 'n visum te kon bekom. Die pos wat ek aanvaar het is om Engelse klasse vir kinders by 'n privaatskool aan te bied. Dit is ekstra klasse wat hulle na skool bywoon. In die begin was dit nogal moeilik omdat van die kinders nie gedissipl ineerd was nie , en die onderwyser nie veel kon doen wanneer hulle ongehoorsaam is nie. Ek het ernstig gebid om leiding en insig oor hoe om hulle te hanteer. Ek kry toe Markus 10:14 waar Jesus gesê het: “Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.” Ek moes in skaamte erken het dat ek moet verander om hulle met die liefde van Jesus te kan hanteer. Ek het intussen baie lief geword vir hulle en bid baie in die stilligheid tydens klasse vir hulle. Dalk is my lewe die enigste Bybel wat sommige van hulle kan lees omdat party van hul ouers ongelowig of selfs heidene is.

Ons luister gereeld Sondae na ons kerkdienste vanaf Klerksdorp oor Skype. Suid-Korea se tyd is sewe ure voor Suid Afrika. Die 10h00 diens in Suid-Afrika is dus 17h00 in Suid-Korea. Dit is wonderlik om so ver van ons kerk te wees

15

en nog steeds na ons kerkdienste te kan luister. Ons het soveel seën ontvang dat dit voel asof ons in die kerk in Klerksdorp is . D ie Here het ook wonder l i k onderneem dat ons die meeste spesiale dienste in Suid-Afrika kon bywoon gedurende die afgelope jaar. Ons weet nie hoe om Hom te loof vir sy goedheid nie.

Ons huis is in Sangju, 'n plattelandse dorp in die middel van Suid-Korea. Dit is baie rustig in vergelyking met die hoofstad Seoul waar daar twaalf miljoen mense woon. Sangju staan ook bekend as die fietsry hoofstad van Suid-Korea en daar is gerieflike fietspaaie. Ons familie ry almal fiets en hulle openbare vervoer is baie veilig en betroubaar. Verder maak ons van taxi's gebruik. Ons het as 'n familie fietstoere onderneem en dit is w o n d e r l i k o m s a a m d i e m o o i natuurskoon van die land te sien. Suid Korea het ongeveer vyftig miljoen mense en die land is relatief klein, kleiner as ons Vrystaat Provinsie. Hulle misdaad is baie min en daar is nie verkeersbeamptes nie. Die polisie doen die werk van verkeersbeamptes. Daar is baie min polisiemanne, maar heelwat soldate as gevolg van die spanning tussen Noord- en Suid-Korea. Ongeveer 54 % van die bevolking daar is Christene. Die kerke is baie wel-af en goed georganiseer, maar sterk tradisioneel. Hulle aanbidding is baie geprogrammeerd en daar is min plek vir die werking van die Heilige Gees. Daar is ook baie onenigheid tussen die kerke. Daar is geprofeteer dat die Here vir Noord- en Suid-Korea gaan herenig. Die kerke in Suid-Korea moet dus vrede maak en een word om hulle bloedfamilie van Noord-Korea met die liefde van

Jesus te kan ontvang wanneer die Here die twee lande gaan versoen.

Die Koreane werk hard en vir lang ure. Hulle land is goed ontwikkeld. Daar is hoë standaard infrastruktuur en treine wat tot 300 km per uur kan ry. Die lede van hulle gesinne het oor die algemeen min tyd vir mekaar omdat almal baie gedryf word om te presteer. So sal skoolkinders tot 22h00 ekstra klasse neem om hulle beter te kwalifiseer. Dit verseker goeie kwalifikasies, maar hulle gesinslewe ly daaronder. Ons familie het gevind dat oud en jonk van die Koreane wat ons ontmoet het graag by ons wou wees. Ons het die voorreg gehad om as 'n familie na hulle uit te reik met sang en musiek en om van hart-tot-hart met hulle te deel. Die liefde van Jesus trek mense en ons is maar net die instrument in sy hand. Die Koreane wat ons ontmoet het is Christene, New Age-beweging of Boeddhiste. Daar is min wat Engels verstaan en ons maak soms van 'n tolk gebruik wanneer ons die geleentheid het om van die Here se goedheid te getuig.

Ons is dankbaar om weer vanaf 1 September 2014 in Suid Afrika te kan wees. Ons wil graag in die wil van die Here bly, en beplan om vroeg volgende jaar terug te gaan. Ons weet nie presies wat die doel van die Here se roeping na Suid-Korea is nie, maar as slegs een siel hom tot die Here bekeer, is dit die moeite werd. Jesus het self volgens Lukas 15:10 gesê: “So sê ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.” Hou asseblief aan om die Here se wil vir ons lewe te bid. Ons bid ook vir almal daar in die vreemde vir die Here se seën op elkeen se lewe.

16

Met Kersfees herdenk ons die koms van die vleesgeworde Christus na die wêreld. Jesus het ons lief met 'n liefde wat altyd gee. Net die beste en kosbaarste, soos met Kersfees toe God vir ons sy Seun gegee het. God het ons ook lief, met 'n liefde wat vergewe. As dit is hoe God sy liefde aan ons bewys, behoort ons mekaar ook lief te hê. Christus het na hierdie wêreld gekom s o d a t s y l i e f d e e n g e n a d e ' n werklikheid kan word in die hart van elkeen wat in Hom glo. Hy het gekom om verlorenes te soek en te red. Almal wat Hom aangeneem het, het Hy die reg gegee om kinders van God te word. Hy kom met hande vol genade, vergifnis en seën.

Liewe broer en suster, die wonder van God se genade is dat Hy ons nie vergeld na wat ons doen nie. Hoewel daar nie vir ons Here Jesus plek op aarde was nie, gaan Hy tog om vir elke berouvolle sondaar plek in die hemel t e b e r e i . D a a r w o r d n i e ' n kennisgewing uitgehang wat sê dat daar geen plek is nie. Liewe broers en susters, maak seker dat u naam geskryf is in die boek van die lewe. Die Betlehemskind het gekom om die duisternis te verlig, om die dood te

oorwin. Hy het opgestaan en Hy lewe tot in alle ewigheid. Wil u graag by Jesus gaan inwoon in daardie heerlike goudstad? As Hy vir u so skielik kom haal met die dood? U het 'n keuse: of by Jesus in die hemel, of in die ewige verderf! Jesus dwing niemand nie. Dit is u wat moet besluit! Neem vandag nog vir Jesus aan as u Verlosser en Saligmaker. Steek jou hand uit na Hom en fluister: “Heer ek kom.” Maak 'n nuwe oorgawe, bly op jou knieë en dank Hom vir die krag van die Heilige Gees wat jou in staat stel om te oorwin. Omdat God se pad altyd reg is, is dit die enigste en veilige pad vir volgelinge van Christus. Christus het die vermoë gehad om van die kruis af te kom en almal uit te delg wat Hom bespot het, maar Hy sterf aan die kruis ter wille van u en my sonde. Die haatdraende wêreld gun Hom nie sy lewe nie, maar Hy belowe met hemelse liefde en genade die ewige lewe aan almal wat in Hom glo.

Gedurende die feestyd is daar mense wat vrolik is, maar daar is ook die minder bevoorregtes wat nie huise het n ie , wat in parke s laap . D ie gevangenes in sel le, s iekes in hospitale, en eensames in hulle huise.

Die blye boodskapMiemie van Heerden

17

Waar die Kerstyd soveel blydskap vir die bevoorregtes bring, bring dit vir andere 'n besef van totale verlatenheid – op 'n mooi dag wat so anders bedoel is – Kersdag. Daar is ook die ernstige siek mense na wie omgesien moet word, en daar is ook andere vir wie Kersfees nooit weer dieselfde sal wees nie, omdat die familiekring onherstelbaar verbrokkel is deur die dood van 'n geliefde. Van die ergste is die eensaamheid van hulle wat hierdie Kersfees vir die eerste keer, of by herhaling, 'n dierbare sal mis omdat die dood ingetree het. Wie sal werklik hierdie verlange verstaan?

Dierbare broer en suster, tel jy onder die gelukkiges? Kyk dan om jou en vra dat jou oë mag oopgaan vir die pyn en droefheid rondom jou! Waar kan jy deur 'n glimlag, 'n vlugtige besoek, 'n vriendelike gebaar iets doen om die vrede van Kersfees uit te dra aan hulle wat dit so nodig het? Christus het na sy eiendom toe gekom en tog het sy eie mense Hom nie aangeneem nie. Die kindjie van Betlehem moes as mens hier op aarde self hierdie donker weë loop en daarom is Hy een met ons in droefheid en pyn. Ook Hy moes eenmaal sy verlatenheid uitsnik. So w o r d K e r s f e e s d e e l v a n d i e lydensgeskiedenis van ons Here Jesus. Verby die krippie sien ons die houtkruis en die geskree van die skare: “Kruisig Hom, kruisig Hom!” Toe die Seun van die mens na sy eiendom gekom het, het Hy ongeloof en verwerping gevind.

As Christus nie gekom het nie sou ons in 'n wêreld geleef het sonder die

boodskap van liefde, want dit is die blye boodskap van Kersfees. As Christus nie gekom het nie sou ons sonder die evangelie geleef het. Dan sou die nuwe testament nie bestaan het nie. Daar sou nie 'n Christelike kerk gewees het nie. Ons sou in 'n wêre ld sonder gebed , sonder Nagmaal of die sakrament van die heilige doop geleef het. Dit sou 'n wêreld sonder verlossing gewees het. Ons sou ons sondes moes dra en nie 'n kruis van versoening met God geken h e t n i e . O n s s o u g e e n toekomsverwagting gehad het nie. Maar, loof die Here, Hy het na ons toe gekom. Hy is die weg en die waarheid en die lewe, deur Hom alleen kan ons na die Vader gaan.

Wanneer 'n pelgrim vandag die geboor tep lek van Chr is tus in Betlehem wil binnegaan moet hy laag buk om deur die opening te kom, wat as 'n deur dien. So sal ons almal in hierdie Kerstyd laag moet buk voor die kindjie van Bethlehem, sodat ons aan Hom die ware hulde kan bring wat Hom toekom.

18

Heil ons! Daar is 'n Kind gebore,'n wonder van Gods liefdemag,

tot eewge heerskappy verkore,sy las is lig, sy juk is sag.

Sy Naam is Wonderbaar; sy dadeis wonders, waar die hel voor swig;Hy skenk aan sondaars sy genade

en voer hul na die hemellig.

In gehoorsaamheid aan my hemelse Vader (ons Vader) :

“Die klokkespel om middernag,Vertel ons dit is Kersfees,

oral staan groepies mense saam,besig om Kersliedere te sing...” (Lied 16)

En natuurlik is ons lidmate van die Christelike Vereniging van SA baie bevoorreg, want van vroeg Oukersaand vertrek vragmotors met kleuters, kinders, jongmense en ook ja waarlik, ouer mense. Almal wil graag hierdie mooiste mooi van Jesus se koms aan iedere en 'n elk met jubelsange deel.

Soos met die nuutste tegnologie (selfone) help dit ons ook om die herdenking van Jesus se geboorte aan te kondig. Ons stuur gemaklik heen en weer aan ons geliefdes, vriende en familie die mooiste seënwense en boodskappe aan. Netwerklyne raak baie baie besig en boodskappe kom baie lank na middernag nog deur, terwyl ons lankal knus slapend onder die komberse lê, dankbaar vir nog 'n geseënde Kersdag wat ons geskenk is.

Vroeg Kersoggend 2013, nog voor die vroeëmôre biduur, lees ek al die mooiste wense en kry hierdie boodskap:

“Weet jy, gedurende die nag word ek wakker van die mooiste engelesang - van mense wie sing op 'n vragmotor : 'Ere sy God in die hoogste'. Ek sit my kamerlig aan, hardloop na my voordeur, maak dit oop en sien hoe die vragmotor stop, 'n entjie agteruit beweeg, en (so voel dit vir my) asof hul spesiaal vir my kom sing: 'Vrede op aarde, halleluja...' Ek onthou ook die lied: 'Die Heiland is gebore...' en nog twee of drie ander.

KersfeesZebeth Lubbe

19

Vir my 'n groot Kersgeskenk. Mag jy net so 'n geseënde Kersfees geniet soos wat ek dit gaan geniet. Mag jy ook hierdie engele hoor sing en sy vrede op aarde ontvang. Baie liefde Ciciel.”

Ek het nie eens vir haar 'n sms teruggestuur nie, nee sommer dadelik geskakel en haar 'n geseënde Kersfees toegewens en sommer oor die telefoon vir haar gebid, want sy is 'n weduwee, wie se kinders almal buite die grense van Suid-Afrika woon. Onmiddellik is ek herinner van wat die waarde is van die Kersboodskap wat jubelend vanuit die oopte van 'n vragmotor aan Klerksdorp se inwoners gesing word .

Kersfees 2014 is DV voor ons - aan elkeen (oud of jonk) wie al ooit op 'n vragmotor die herdenking van Jesus se geboorte besing het, of nou vir die eerste keer gaan doen wil ek sê: Jesus se seën rus op jou, want daar is soveel mense wie nie Kersfees herdenk soos ons nie. Dit is 'n tyd waarin ons baie bewus word van Jesus se nabyheid, en ook die geleentheid om stil te gaan staan en iemand na Jesus te lei.

“Kersfeestyd, die blye Kersgety!Herders waak wyl eng'le hul verbly.

Almal sing in Kersfeestyd,sing en maak ons harte bly.

Almal loof en prys die Heer in die Kersfeestyd ... Jesuskind maak ons ook rein en vry.” (lied 18)

Romeine 10:14: "Hoe kan hulle in Hom glo van wie hul nie gehoor het nie?"

In November 2013 het ek op 'n baie ongewone manier betrokke geraak by 'n nie-winsgewende rehabilitasie sentrum vir wilde diere. Baie jongmense van oorsee is betrokke by d i e p r o j e k . H u l l e s t e u n d i e organisasie finansieel en van hulle kom werk ook vrywilliglik sonder betaling hier in Suid-Afrika.

Ek het laat die aand by die plaas in Tzaneen aangekom. Dit was baie donker. Net so paar sterretjies het in die hemel gewink. Alhoewel die kamp met elektriese heining toegespan is, het die akkommodasie eenhede geen krag gehad nie. In die donkerte het die naggeluide reeds die natuurskoon wat ek die volgende dag sou aanskou, aangekondig.

Die naggeluide en natuurstilte het 'n wonderlike bekoring en soos ek met my klein flitsliggie na my slaap-eenheid toe stap, was ek meteens bewus van God se teenwoordigheid. Die vrede wat die plekkie bring het die

ongewensde herinneringe van die lang besige pad sommer laat verdwyn. Die kamp was stil. Die besoekers van oorsee moet almal mense wees wat van die natuur hou. Seker ook mense wat vroeg gaan slaap. Wel, so het ek die prentjie van die vreemdelinge voorgestel. Die vrede op die plaas is so na aan die hemel. Ek het stil geword en so in sy teenwoordigheid aan die slaap geraak.

Die kamp het vroeg ontwaak. Daar is baie wat gedoen moet word op die plaas, elke dag, jaar vir jaar. Selfde verantwoordelikhede elke dag, net die vrywillige werkers wat kom en gaan deur die jaar. Dou voor dag het die sonbesies al gesing, en was die lug gevul met vog wat mens oortuig dat dit binnekort baie warm gaan word. By my kamerdeur uit was dit lowergroen - bome, bosse, pragtig! Ek het die voetpaadjie gevolg na die restaurant en kantoor van die plaas. Dit was amper 'n kilometer se stap van die slaap-eenhede af na die restaurant toe. Baie van die uitlanders was reeds besig om ontbyt te eet. Hulle was glad nie soos ek hulle die vorige aand in my gedagtes voorgestel het nie. Van hulle

Hoor sy roepstemSarin Oberholzer

21

se hare het toutjies gehang. Rooi gesigte en oë vertel dat hulle bietjie minder as ek geslaap het. By die restaurant deur uit was daar 'n tafel wat my bedenkinge bevestig het. In die een hoek was bottels en bottels drank, en half-vol glase het op die vuil tafel gestaan.

Soos die dag en ons take vorder, het ek meer van hierdie mense ontmoet. Elkeen het 'n ander karakter en storie van waar hulle vandaan kom, en hoe hulle by die projek betrokke geraak het. Ek het gesoek onder die groep, maar alhoewel party van die meisies van Kanada 'n sagtheid in hulle gehad het, kon ek nie in een die Heilige Gees se bekende karakter gewaar nie. Harde, rowwe, stukkende jongmense was die realiteit en nie, soos ek myself voorgestel het, mense wat God en sy natuur liefhet nie. Dalk hier en daar is daar tog een met so 'n bietj ie waardering vir die natuur, maar die projek en die plaas is eerder vir hulle 'n gerieflike plek vir ontvlugting van probleme en gesag.

Ons was almal baie besig en die warm dag het vinnig verby gevlieg. Ek sou aanvanklik die middag terug ry, maar my reëlings het verander. Dit het beteken dat ek nog 'n aand by die plaas moes oorbly. Die skemer het tyd gemaak vir die groep om 'n heerlike aandete te geniet en te kuier na die dag se harde werk. Na ete het hulle so een-vir-een om die groot tafel buite gaan sit. Ek het gesien hierdie gaan weer 'n lang, laat aand wees vir sommige van hulle. "Hier moet ek gou wegkom," het ek gedink. Ongemerk

het ek by die sydeur uitgeglip. Ek wou eerder tyd met die Here spandeer en stil word. My selfoon se liggie het die skemer paadjie tree vir tree help verlig na die kamp toe. "Sarin, waarheen gaan jy?" het ek die sagte stem van die Heilige Gees in my binneste hoor praat. "Here, ek wil net by U wees. In die vrede van die stilte en my kamer." Hy antwoord toe weer: "Sarin, jy moet nou daar by die groep wees. Tussen hulle... hulle ken My nie." "Maar die alkohol... dis so vuil. Ek wil nie nou gaan nie Here, ek wil alleen wees." So het ek heelpad met die sagte stem geredeneer tot voor die hekkie van die kamp. Ek het die kombinasie nommers van die slot ingesleutel. Die slot sou enige oomblik oopspring, en dan sou ek by my kamer wees. Maar tot my verbasing wou die slot nie oopgaan nie. Ek ruk en pluk toe, maar niks kry die slot oop nie. Die elektriese heining maak ook nie ruimte vir 'n plan B nie.

"Sarin, jy moet teruggaan restaurant toe. Hou op wegkruip en vlug. Ek het jou nodig" het ek die sagte stem weer hoor praat. "Goed Here, ek sal gaan." Ek moet gaan! Ek het geen ander keuse nie! Iemand sal my die geheim van die s lot moet vertel . Een of ander veiligheidsietsie wat ek nie weet nie. Al w a t o o r b l y i s d a t e k m e t d i e kronkelpaadjie moet terug stap na die restaurant toe en by iemand gaan hulp vra - daar waar die groep nou heel luidrugtig besig was om te kuier.

Ek het geglimlag. Hy werk so mooi met ons. Hy het ons so geweldig lief. Hoe kan mens dan anders as om oor te gee en sy stem te gehoorsaam wanneer Hy

22

so saggies by mens pleit. Al is die slot die hoofrede dat ek terug gaan restaurant toe, het ek reeds my gesindheid verander. Soos ek terugloop het die skemer reeds donker nag geword. Die selfoon verlig net treetjie vir treetjie. Skielik besef ek hoe donker dit vir hulle moet wees wat Hom nie ken nie. "Here, help my. Maak my u instrument" het ek gebid. "Ek is jammer ek wou nie u stem gehoorsaam nie. Vergewe my vir my hardkoppigheid en selfsugtigheid. Bereik u doel vanaand. Ek weet nou U het 'n afspraak met iemand."

By die restaurant aangekom het ek gaan water haal en eers bietjie in die sitkamer gaan sit. Een van die vrywillige werkers wat op die perseel woon het daar verbygestap, en hy het my toe mooi verduidelik wat die laaste stap van die kombinasie slot is. Sommer iets eenvoudig, maar as jy nie 'n gereelde dief is nie sal jy nie sommer die geheim ken nie! "Here, eks nou hier," het ek in my gedagtes gebid en net gewag tot ek sy nabyheid voel. In die hoek van die sitkamer het 'n meisie alleen gesit. Ek het haar nog nie ontmoet nie. Ek het oorgestap en myself aan haar gaan voorstel en 'n bietjie met haar gesels. Sy het pas by die plaas aangekom van Frankryk af. Sy het gekom om vir 'n maand lank vrywillige werk in Suid-Afrika te doen. Sy praat 'n hoë Engels met 'n mooi Franse aksent. Sy het my gevra of ek weet waar die kamp is waar ons slaap. Sy het baie moeg gelyk na die lang vlug en ek het aangebied om haar gou te gaan wys. Ek kon die dankbaarheid op haar gesig sien.

Ek het steeds net my selfoon by my gehad, en sy het ook nie iets soos 'n flits by haar gehad nie. Ons het so saam die donker te ingestap , a l met d ie kronkelpaadjie na die eenhede toe. Daar is twee plekke waar die pad split, een kant dam toe. Op 'n ander plek is daar weer 'n kruispad wat na die ander deel van die plaas toe lei. Ons moes kophou om in die donker nie 'n verkeerde paadjie te vat en te verdwaal nie. Daar was ook geen rigting aanwysers nie. Net baie bome en bosse wat almal dieselfde lyk. Die skadu's van die bome was al om ons. Sy was baie bang - glad nie gewoond aan die soort donker nie. "Is jy glad nie bang nie?" het sy my versigtig in Engels gevra. Ek het haar aandag van die donkerte probeer aflei en sommer net gesels. Nog voor ek mooi kon dink, vra ek haar toe: "Waarin glo jy? Wat is jou geloof?" Sy het doodstil gaan staan en met haar hande beduie terwyl sy in 'n hoë Engels antwoord: "Jy weet, die natuur is my god. Ek kry my energie van die bome en die son af." Sy't so half in die rondte gedraai en gewys na die lug en die bome met die lang skadu's om ons. "Hulle is my god. En jy? Waarin glo jy?" vra sy toe.

My hart was nog onder skok oor haar antwoord. Sjoe, dink ek vinnig. Ek het al met baie te doen gekry, maar nog nie met so iets nie! Al wat ek kon uitkry was die woorde van die lied Amazing Grace: "Once I was lost, but now I'm found." Sy gaan staan weer stil, draai na my toe en vra verbaas, "You were lost?" Duidelik het sy geen idee gehad waarvan ek praat nie. "Here help my” het ek in my gedagtes gebid. “Sit u

23

woorde in my mond." Nog voor ek kon keer het dit net begin uitborrel! ”Ja, ek was eens verlore - verlore in sonde - maar ek is gered deur Jesus Christus. Hy is my alles en Hy is altyd by my." ''Oh..." het sy geantwoord. "Ja, en Hy gee sy engele opdrag om ons te beskerm!" het ek verder gepraat. ''Ek het al gehoor van engele'' sê sy. Weereens begin die Heilige Gees deur my getuig oor waar Hy engele gebruik het om my te beskerm. Die krag van getuienis! Ek het nog baie goed met haar gedeel. Dit het net uitgeborrel, soveel so dat ek myself nie geken het nie en ek het in my binneste geweet dat dit Hy was wat nou met haar praat. Sy het belangstellend baie vrae gevra.

Die paadjie kamp toe was skielik te kort. Ons het nou voor die hekkie met die kombinasie slot gaan staan. Sy het na my gedraai en nog en nog vrae gevra. Geen haas na haar kamer toe nie. Onder andere het sy vir my iets skokkend gevra. "Nou hoe weet jy dat Jesus God se Seun is as Josef dan sy pa was?" Ek het verbaas na haar gekyk. Sy is sewe en twintig en ek besef sy weet niks! Ek vra toe versigtig: "Ken jy die verhaal van die engel Gabriël wat die aankondiging gemaak het, die een wat aan Maria verskyn het?" "Nee, glad nie" het sy geantwoord. Ek het haar die verhaal vertel, en ook van die hele verlossingsplan. Die sondeval wat die mens verwyder het van God en hoe God sy eie Seun vir ons gestuur het, wat die volmaakte offer was. Nou kan ons ons lewens aan Hom oorgee en Hom aanneem deur te erken dat Hy ons Verlosser is. Ons moet erken dat Hy ons kom terugkoop het deur sy

bloed en al ons oortredinge vergewe, en weer met God kan wandel en so ook die ewige lewe hierna beërwe. Die Here het tot haar gespreek deur my op my eenvoudige manier. Toe sê sy iets wat my seker nog die meeste in my lewe geruk het: "Weet jy, jy's die tweede persoon in my lewe wat my vertel van hierdie God.” "Here kan dit moontlik wees?'' het ek in my hart gevra. Sy het aanhou praat: "Dalk wil jou God hê ek moet Hom aanneem. En wat my die meeste oortuig is dat jy en die ander meisie - wat my 'n paar jaar terug van die God vertel het - so oortuigend van Hom praat. Julle is so seker dat Hy daar is. Nie een van die ander gelowe glo so oortuigend dat hulle god werklik bestaan nie. Hulle twyfel, maar jy twyfel niks!'' "Ja, God is 'n werklikheid. Hy is so getrou! Hy het ons so baie lief en Hy wil nie hê een van ons moet verlore gaan nie," het ek haar geantwoord. Toe sê sy: "Die eerste keer toe ek jou gesien het in die hoek van die sitkamer, het ek 'n vreemde energie uit jou sien straal wat ek nie ken nie." Mense wat met snaakse gelowe besig is, kan verskillende energieë sien. In my hart het ek met dankbaarheid geweet dat hierdie vreemde energie die Heilige Gees is wat altyd saam met ons gaan.

"Ek weet ek moet soos iemand wat perdry, die leisels vir Hom oorgee" het sy verder gesê. Kyk hoe getrou is die Heilige Gees. Hy praat ook met haar, terwyl ek van Hom getuig. Ek het nie een oomblik die verduideliking van die leisels eers gebruik nie. Sy het dit uit haar eie uit gesê! Sy gaan toe aan met praat: "Ek sal daaroor dink, maar ek's

24

nog nie reg om oor te gee nie. Ek hou daarvan om in beheer te wees. Daar is eers 'n saak wat ek moet afhandel tydens die vakansie. Dalk sal ek Hom later 'n kans gee." My hart was seer. Die Gees was bedroef. Hy het deur my nog by haar gepleit. In die verte kon ons flitsliggies sien aankom. Van die groep mense het begin terugkom na die kamp toe. Ja, dit was al baie laat, ons het 'n hele paar uur voor die hekkie gestaan en praat. God het definitief daardie aand 'n afspraak met haar gehad. Toe ons die slot oopsluit en na ons kamers toe loop kom die versie by my op: 1 Kor 3:7 "So is dan hy wat plant en hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei." Dis die Gees wat oortuig. Ons is net die instrument - gewillig in sy hande. Ek bid dat die Here die volgende arbeider in haar lewe sal instuur. Dat die Here haar nog 'n kans sal gee om hom aan te neem. Sy beplan om weer Suid-Afrika toe te kom, en ons sal dan, as die Here wil, weer ontmoet. Ek het intussen vir haar 'n Franse Bybeltjie gekoop.

Ons het so baie om voor dankbaar te wees! Daar is mense daar buite wat nog nooit van die Here gehoor het nie, en wat nie die geleenthede het wat ons h e t n i e . O n s n e e m d i t a s vanselfsprekend aan. Almal het êrens 'n Sondagskool of 'n juffrou of selfs 'n kerk gehad wat hulle van Hom vertel het. Maar die werklikheid is daar is ba ie wat nog NOOIT eers d ie Kersboodskap gehoor het nie! Dit herinner my aan Romeine 10:13 – 14: ''Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle

nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hul nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?'' Tydig en ontydig moet ons sy getuies wees. Ons moet altyd vrugte dra, reg deur die jaar. Mens sal nooit weet as die siel in duisternis voor jou staan nie. Jou getuienis kan hom of haar die liggie laat sien. Soos die liedjie se woorde sê: "Want die siel in duisternis, soek met angs en gaan verlore, as hy daardie liggie mis."

Hierdie gebeurtenis het my weereens laat besef dat ons as mens 'n keuse het. Ek het die keuse gehad of ek die sagte stem sal gehoorsaam en teruggaan en myself beskikbaar stel om van Hom te getuig. Die Franse meisie moes 'n keuse maak of sy Hom gaan aanneem. God dwing homself nie op mens af nie. Hy laat soms dinge in 'n rigting gebeur om ons te lei in sy wil. Maar dit bly nog steeds ons wat moet besluit wat ons met Hom gaan maak. Hy het geweet dat Hy daardie aand met haar 'n afspraak sou hê, hier in Suid-Afrika. Hy vertrou ons met so baie. Hy het beskik dat ek selfs 'n dag langer moes bly om haar van Hom te vertel. Ek is dankbaar oor die geleentheid. Die saad is gesaai en nou kan ek net vertrou dat God dit sal laat groei. Saam werk ons aan die mooi saak, soos die gedeelte in 1 Korintiërs 12 aan ons verduidelik: “Een is die hand en een is die voet, saam is ons die liggaam van Christus.” Jesus se laaste opdrag aan Sy dissipels was Mattheus 28:19,"Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies..."

25

Naam Ouers Plek Datum

Susan van Wyk Kobus en Suhanne Klerksdorp 07/06/2014Mainke Strydom Gert en Ilze Klerksdorp 07/06/2014Sarel Pretorius Arno en Jacoline Ebenhaezer 11/10/2014Anja Strydom Wilco en Joani Ebenhaezer 11/10/2014

Dopelinge

Nuwe Lidmate

26

Klerksdorp 07/06/2014 Lizelle TaylorBaviaanskrans 13/09/2014 Rozelle Roos

Vir die lidmate in ons Geeswerk is dit voorwaar 'n trots en voorreg om hulde te bring aan hierdie groep senior mense. Hulle is inderdaad ons geestelike steunpilare waarteen mens nog so dikwels kan leun, want hul gebede se waarde is ver bo korale en kan nie bepaal of bereken word nie.

1 Driesie Spies 10-03-1916 992 Jan Kriel 01-07-1918 973 Annatjie Jonker 07-11-1922 934 Martie Nel 09-03-1923 925 Poppie Duminy 13-08-1923 926 Rina Ebersohn 17-01-1924 917 Ems Duminy 15-05-1924 918 Duifie Brand 08-05-1925 909 Miem Swart 06-11-1925 9010 Petie Pretorius 28-02-1926 8911 Lissie Blom 03-05-1926 8912 Fanny van der Merwe 01-10-1926 8913 Anna van Wyk 01-01-1927 8814 Bettie Rossouw 21-01-1927 8815 Kosie Fourie 14-03-1927 8816 Marie Stehlik 06-05-1927 8817 Frans Blom 02-06-1928 8718 Miemie van Heerden 16-09-1928 8719 Annetjie de Beer 15-10-1928 8720 Kitty Steyn 28-04-1929 8621 Baba Kriel 07-03-1930 8522 Dorie Strydom 05-05-1930 8523 Annatjie Myburgh 28-11-1930 8524 Gert Scholtz 23-07-1931 8425 Drienie le Grange 26-07-1931 8426 Sonny Vermeulen 11-09-1931 84

27

Lidmate80 jaar en ouer

27 Sannie le Grange 12-09-1931 8428 Ben Roos 30-09-1931 8429 Dirkie Blom 07-12-1931 8430 Billy Swartz 20-02-1932 8331 Martie Roos 23-02-1932 8332 Miems Swanepoel 19-03-1932 8333 Tienie du Plooy 21-04-1932 8334 Katy Fourie 29-04-1932 8335 Jackie le Grange 06-07-1932 8336 Sannie Lindeque 19-07-1932 8337 Mienie Sampson 29-07-1932 8338 Nellie Strydom 08-09-1932 8339 Delene Coetzee 18-09-1932 8340 Dinie Strydom 05-04-1933 8241 Ria Labuschagné 24-06-1933 8242 Kitty Kriel 15-07-1933 8243 Caroline Visagie 27-07-1933 8244 Kobus Swanepoel 31-07-1933 8245 Doris Linde 30-10-1933 8246 Dina Visagie 06-03-1934 8147 Marie van den Berg 07-03-1934 8148 Sarie van Rensburg 14-06-1934 8149 Maggie Rossouw 18-08-1934 8150 Ella Vermeulen 03-09-1934 8151 Hettie Botha 12-10-1934 8152 Kotie van Rensburg 06-11-1934 8153 Joey le Grange 01-12-1934 8154 Dora Barnard 06-12-1934 8155 Breggie van Rensburg 24-12-1934 8156 Dawie Pretorius 08-01-1935 8057 Annatjie Swanepoel 14-02-1935 8058 Koos Botha 10-05-1935 8059 Brechtje Labuschagné 06-03-1935 8060 Lettie Scholtz 25-11-1935 80

Elkeen van ons se opregte voorreg om ook vir hulle met groot trots en liefde te bid. Ons is inderwaarheid verplig om vir hulle in te tree met groot oorgawe, want hulle het die hitte van die stryd gedra. Dis hierdie steunpilare waarna die apostel Paulus in 2 Tim.4;7 verwys as:

“Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig;

ek het die geloof behou.”

28

1 Anna van Wyk (Pretorius ) Klerksdorp 3 Douw Barnard Klerksdorp 8 Dawie Pretorius Klerksdorp 11 Hottie Rossouw Leeudoringstad 12 Neels Botha Klerksdorp 14 Marie Swanepoel (Roos) Klerksdorp 16 Corrie Kriel (Van der Merwe) Vryburg Roelie Swanepoel Vanderbijlpark 17 Rina Ebersohn (Labuschagnè) Klerksdorp 18 Willem Strydom Klerksdorp 21 Bettie Rossouw (Labuschagnè) Klerksdorp 22 Tienie Botha (Marais) Klerksdorp 25 Thinus Barnard Pretoria 25 Bessie Naudé (Swanepoel) Klerksdorp 26 Baba Schutte (Smith) Barberspan 26 Marie Swanepoel (Strydom) Klerksdorp

4 Nellie Fouché (Viljoen) Klerksdorp 13 Louwtjie Botha Klerksdorp 14 Annatjie Swanepoel (Fouché) Klerksdorp 16 Liefie van Rensburg (Koch) Lichtenburg 20 Billy Swartz Klerksdorp 20 Santjie Rosoouw (Barnard) Wolmaransstad 23 Martie Roos (Fourie) Klerksdorp 24 Kotie Snyman (Pretorius) Pretoria 28 Petie Pretorius Klerksdorp

+

Januarie

Februarie

Verjaarsdae 70

29

Maart

April 2 Frank du Rand Klerksdorp 4 Roelie Oberholzer Vanderbijlpark 5 Dinie Strydom (Van der Linde) Klerksdorp 8 Bettie Barnard (Flemming) Pretoria 10 Lukas Swanepoel Klerksdorp 11 Tillie van Zyl (Oosthuizen) Stilfontein 13 Pieter Rossouw Klerksdorp 16 Tabitha Strydom (Brittz) Klerksdorp 19 Annatjie Roos (Stopforth) Klerksdorp 21 Tienie du Plooy (Prinsloo) Vryburg 22 Marietjie van Rensburg (Zimmerman) Klerksdorp 23 Corrie Botha (Pieterse) Klerksdorp Anna Jordan (Pieterse) Gansbaai 24 Jannie Roos Pretoria 26 Kola Oberholzer Standerton 28 Kitty Steyn (Vermeulen) Louis Trichardt 29 Katy Fourie (Craucamp) Vryburg

5 Baba Vermeulen (Delaport) Klerksdorp Willie Bindemann Klerksdorp 6 Dina Visagie (Pypers) Klerksdorp Petro Botha (Spies) Klerksdorp 7 Baba Kriel (Visser) Vanderbijlpark Martie Nieuwoudt (Strydom) Klerksdorp Marie van den Berg (Botes) Vereeniging 9 Martie Nel (Minnaar) Klerksdorp Giep Strydom Vryburg 10 Driesie Spies Pretoria 13 Peet Pretorius Klerksdorp Attie Havenga Klerksdorp 14 Kosie Fourie Straatsdrift 17 Attie Duminy Klerksdorp 18 Tonie Smit Vryburg 19 Miems Swanepoel (Pretorius) Klerksdorp 23 Hannatjie Visagie (Ferreira) Klerksdorp 31 Joey van der Watt (Roos) Potchefstroom Santjie Coetzee (Rossouw) Leeudoringstad

30

Sterfgevalle

SybrandVan Dyk1972.04.082014.03.11

AndréSpies

1951.02.102014.07.31

PieterPretorius1937.03.032014.07.30

DaanVenter

1941.10.222014.08.14

NienieVisagie

1937.10.182014.08.14

JohannaNagel

1948.01.262014.08.19

31

AnnietjieVisser

1990.06.092014.08.29

LeviVan Rensburg

1958.08.062014.09.10

KobusDu Toit

1980.04.212014.09.25

SandraStrauss1950.03.212014.10.08

BettieRoos

1923.09.292014.10.04

LenieNell

1952.09.062014.10.11

DriesNell

1947.03.012014.10.28

HenryMassyn1933.11.262014.11.10

NellieFouché

1936.01.072014.08.22

32

Finansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-AfrikaKlerksdorp PretoriaABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening) Rekeningnommer 3030 230 018 Rekeningnommer 40 5155 4280

HulpfondsABSA bank Rekeningnommer 91 8911 5604

Kerkkantoor (Klerebank en Museum)

Nina le GrangeTelefoon 018 462 2381Faks 018 462 4203 Selfoon 083 630 8148E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag en Donderdag 08:00 - 12:00

Adresveranderinge‘n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om, wanneer u adres of kontakbesonderhede verander, ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, of dit e-pos na [email protected]

Algemene Inligting

33

KontaknommersLeraar Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248Evangelis Koos Botha 082 335 6454Evangelis Neels Botha 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 012 807 5802 082 823 4861Evangelis Johan Pretorius 083 229 4036 Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, verskeidenheid van musiek en sang asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is op CD beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’s

Buiten bogenoemde is daar ook 'n verskeidenheid ander CD's beskikbaar.

Bestellings en betalings kan gedoen word by die kerkkantoor of by br Gert Strydom (083 654 4949 of 018 462 6833)

Baviaanskrans S 27°20’58.08” O 26°26’06.84”

Bloempark S 26°44’00.77” O 27°44’02.14”

Ebenhaezer S 26°34’13.82” O 24°30’11.86”

Klerksdorp S 26°52’27.70” O 26°39’04.06”

Leeudoringstad S 27°14’13.45” O 26°14’42.90”

Pretoria S 25°52’31.92” O 28°05’49.73”

Vryburg S 26°56’50.10” O 24°43’09.30”

GPS Koördinate van kerkterreine

34

Carel Roos en Elizma Cloete is op 5 Julie 2014 te Grootbosch buite Klerksdorp deur ons leraar in die

huwelik bevestig.

Huwelike

35

Voornemende Lidmate

Ons leraar is van voorneme om weer met ons voornemende lidmate in Middelburg by broer Jaco en suster Ilse Pretorius se hotel bymekaar te kom.

Daar word beplan om DV op Vrydag, 12 Desember 2014 vanaf die kerksaal in Klerksdorp te vertrek en sal weer Sondag 14 Desember 2014 terug wees.

Almal wat begerig is om Kersfees lidmaat te word, asook diegene wat gedurende die jaar lid geword het, word saam genooi na Middelburg, waar almal saam sal kuier en die Kerk se reëls breedvoerig bespreek gaan word.

Dit word beklemtoon dat daar geen kostes aan verbonde is nie.

Indien u belangstel om saam te gaan, moet u br Stefan Botha kontak by 083 408 2223 sodat die nodige reëlings getref kan word.

dienste

2016Baviaanskrans12 tot 14 Februarie

Pretoria4 tot 6 Maart

Ebenhaezer24 tot 27 Maart

Bloempark15 tot 17 April

Klerksdorp6 tot 15 Mei

Pretoria12 tot 14 Augustus

Baviaanskrans9 tot 11 September

Ebenhaezer7 tot 9 Oktober

Bloempark11 tot 13 November

Klerksdorp16 tot 26 Desember

2015Pretoria6 tot 8 Februarie

Baviaanskrans6 tot 8 Maart

Ebenhaezer2 tot 5 April

Bloempark1 to 3 Mei

Klerksdorp15 tot 24 Mei

Pretoria14 tot 16 Augustus

Baviaanskrans11 tot 13 September

Ebenhaezer9 tot 11 Oktober

Bloempark6 tot 8 November

Klerksdorp18 tot 27 Desember

Spesiale Dienste

36

DieLigdraer

Volgende uitgawe...