6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 22 25 Jul – 1 Aug 2014 OUERS: RAPPORTE: Rapporte is vandag aan ons leerders uitgedeel. Ouers moet dit asseblief noukeurig saam met hulle kinders deurgaan. BUITEMUURSE ROOSTER/KWARTAALPROGRAM: Die finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram word by die nuusbrief ingesluit. Daar is hier en daar veranderinge op hierdie twee dokumente aangebring. TOELATINGS VIR 2015: Inskrywings vir 2015 open op 28 Julie en sluit op 29 Augustus. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel. Inskrywings vir graad R in 2015 (by Kammaland of van ander dorpe af) moet asseblief van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik maak. Alles is op ons webtuiste: www.jakkies.com beskikbaar. GRONDSLAGFASE – GRAAD R – 3: Ouers moet asseblief kennis neem dat hulle kinders op Dinsdag, 29 Julie, Dinsdag 5 Augustus en Woensdag, 6 Augustus om 11:00 verdaag, aangesien die grondslagfase onderwysers ‘n Departementele kursus moet bywoon. Daar sal dus op daardie dae geen beginnertennis by juffroue Marisan en Naomi plaasvind nie. TENNISBANE: Twee van die tennisbane is met groot kostes oorgedoen die afgelope vakansie. Ons vra ons ouers en kinders om ons tennisbane so mooi op te pas, asof dit u eie persoonlike besitting is. Geen persoon/kinders mag met skopfietse, fietse, rolskaatse of “J-boards” op die tennisbane kom nie. Geen skoolskoene op die bane, slegs tekkies. Leerders moet ons help om klippies op die baan dadelik te verwyder. Indien iemand op so ‘n klippie trap maak dit ‘n klein gaatjie in die baan wat weer later lei tot ‘n barsie. As ons die bane oppas kan dit nog lank in ‘n goeie toestand bly. Dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak! NOORDKAAP KUNSFEES: Baie sterkte aan ons leerders wat aan die Kunsfees in Kimberley gaan deelneem vanaf 28 Julie tot 15 Augustus. Geen leerder mag onttrek nie en ouers moet onthou dat u kind sy/haar gediggie moet saamneem en inhandig by die beoordelaars. Baie dankie aan ons ouers wat self hulle kinders na hulle optredes vervoer. Alle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode weer uitgedeel word as almal klaar deelgeneem het. Ons koor tree op 13 Augustus op. WAARDETUIN: Ons benodig steeds woestynrosies en kompos vir ons waardetuin. Gee asseblief by die kantoor in as u ons daarmee kan help. Baie dankie! KOSHUIS: Ons herinner alle koshuisouers aan die koshuisouervergadering op Maandag, 28 Julie om 7:30 in die eetsaal. Maak asseblief van hierdie geleentheid gebruik om met die Koshuiskomitee te kommunikeer. Die koshuiskomitee het net ná hierdie vergadering hulle komiteevergadering. LEERDERDEELNAME:

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com file · Web viewAlle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com file · Web viewAlle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 22 25 Jul – 1 Aug 2014OUERS:RAPPORTE:Rapporte is vandag aan ons leerders uitgedeel. Ouers moet dit asseblief noukeurig saam met hulle kinders deurgaan.

BUITEMUURSE ROOSTER/KWARTAALPROGRAM:Die finale buitemuurse rooster en kwartaalprogramword by die nuusbrief ingesluit. Daar is hier en daar veranderinge op hierdie twee dokumente aangebring.

TOELATINGS VIR 2015:Inskrywings vir 2015 open op 28 Julie en sluit op 29 Augustus. Indien u kennis dra van ouers wat leerders by ons skool wil inskryf moet u hulle asseblief hiervan in kennis stel. Inskrywings vir graad R in 2015 (by Kammaland of van ander dorpe af) moet asseblief van Jacobsdal Primêr se toelatingsvorm gebruik maak. Alles is op ons webtuiste: www.jakkies.com beskikbaar.

GRONDSLAGFASE – GRAAD R – 3:Ouers moet asseblief kennis neem dat hulle kinders op Dinsdag, 29 Julie, Dinsdag 5 Augustus en Woensdag, 6 Augustus om 11:00 verdaag, aangesien die grondslagfase onderwysers ‘n Departementele kursus moet bywoon. Daar sal dus op daardie dae geen beginnertennis by juffroue Marisan en Naomi plaasvind nie.

TENNISBANE:Twee van die tennisbane is met groot kostes oorgedoen die afgelope vakansie. Ons vra ons ouers en kinders om ons tennisbane so mooi op te pas, asof dit u eie persoonlike besitting is.Geen persoon/kinders mag met skopfietse, fietse, rolskaatse of “J-boards” op die tennisbane kom nie. Geen skoolskoene op die bane, slegs tekkies.Leerders moet ons help om klippies op die baan dadelik te verwyder. Indien iemand op so ‘n klippie trap maak dit ‘n klein gaatjie in die baan wat weer later lei tot ‘n barsie. As ons die bane oppas kan dit nog lank in ‘n goeie toestand bly.Dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak!

NOORDKAAP KUNSFEES:Baie sterkte aan ons leerders wat aan die Kunsfees in Kimberley gaan deelneem vanaf 28 Julie tot 15 Augustus. Geen leerder mag onttrek nie

en ouers moet onthou dat u kind sy/haar gediggie moet saamneem en inhandig by die beoordelaars. Baie dankie aan ons ouers wat self hulle kinders na hulle optredes vervoer. Alle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode weer uitgedeel word as almal klaar deelgeneem het. Ons koor tree op 13 Augustus op.

WAARDETUIN:Ons benodig steeds woestynrosies en kompos vir ons waardetuin. Gee asseblief by die kantoor in as u ons daarmee kan help. Baie dankie!

KOSHUIS:Ons herinner alle koshuisouers aan die koshuisouervergadering op Maandag, 28 Julie om 7:30 in die eetsaal. Maak asseblief van hierdie geleentheid gebruik om met die Koshuiskomitee te kommunikeer. Die koshuiskomitee het net ná hierdie vergadering hulle komiteevergadering.

LEERDERDEELNAME:GIMNASTIEK: [AFSKEURSTROKIE]Sterkte aan ons gimnaste wat op Saterdag, 26 Julie aan ‘n uitnodigingskompetisie in Bloemfontein deelneem. Gimnaste moet 30 minute voor deelname aanmeld. Program is as volg:Lev 1: 8:00Lev 2: 10:00Lev 3: 12:15Die Suid-Vrystaat gimnastiekkampioenskappe vind op Saterdag, 2 Augustus in Bloemfontein plaas. Gimnaste wat wil deelneem moet die afskeurstrokie invul en saam met R200 inskrywingsgeld op Maandag, 28 Julie by juffrou Madeleine inhandig.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/9A en B, 0/11A en B, 0/13A en B seunstennisspanne speel op Woensdag, 30 Julie tennisligawedstryde teen Newton. 0/13 op HLS se tennisbane en 0/9 en 0/11 hier by ons.

LAPEZA TENNIS:Gelde vir Julie beloop R140 per speler en is op Maandag, 28 Julie betaalbaar asseblief. Gelde vir Augustus beloop R280 per speler en is betaalbaar op Maandag, 4 Augustus.

SWEM:Ouers moet asseblief vroegtydig kennis neem dat beginnerswem in die nuwe swemseisoen deur die skool slegs vir graad 1 – 3 leerders aangebied gaan word. Alle ander swemmers moet by die Jakkies Swemklub aansluit.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com file · Web viewAlle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode

Kontak gerus vir Lanie Steenkamp indien u navrae het. ‘n Inligtingsbrief rondom die swemklub word by die nuusbrief aangeheg vir u kennisname. Let asseblief op na dringende sperdatums.

TWEEKAMP / ATLETIEK:Atlete wat aan die Sone-atletiekbyeenkoms deelgeneem het, asook voornemende tweekampers kan op ‘n Maandag vanaf 16:00 - 17:00 by oom Johan Etzebeth ‘n oefensessie bywoon. Hierdie atlete sal ook oefenprogramme ontvang om op die ander dae op hulle eie te volg om solank fiks te word. Ouers moet ons asseblief hiermee help. Tegnieke vir velditems gaan in LO-periodes vir leerders vanaf graad 3 – 7 aangeleer word.

NAUTILUS:Leerders wat aan die volgende Nautiluskompetisie op 9 Augustus wil deelneem kan R150 inskrywingsgeld by die finansiële kantoor inbetaal.Sperdatum: Vrydag, 1 Augustus.

AMESA WISKUNDE:Leerders skryf op Dinsdag, 29 Julie om 13:00 die Amesa wiskundevraestelle.

SKAAK:Sterkte aan Johandré vd Berg, Phillip Noeth, Fransien Steenkamp en Rian Steenkamp wat vandag en môre aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

BiolinkAlmal praat oor Biolink! Maak seker jy weet ook wat Biolink is!

Op 9 Augustus stal Biolink by die Jacobsdal Primêre Skool se Karnavaldag uit. Kom vind meer uit oor hierdie ongelooflike program wat jou kind kan help fokus en konsentreer. Dit verbeter onder meer skoolprestasie, bevorder ‘n goeie selfbeeld en maak leer en speel lekker!

Prof. Deon Visser, chemie-dosent aan die Vrystaatse Universiteit en breinkind van Biolink, kom spreek ouers en onderwysers op 15 Augustus om 12:00 in die laerskoolsaal toe. Hy sal ouers meer vertel van Biolink. Maak seker jy mis nie hierdie uurlange inligtingsessie nie.

Biolink-sessies word by die laerskool aangebied. Daar is ook nog plek vir kleuters (in skooltyd).

Vir enige verdere navrae, skakel Miranda van der Walt by 053 591 0757 of 083 7090 688.

Besoek ook Biolink se webwerf by www.bio-link.co.za. GEBEDSLYS:Ds Elize Stander (oupa oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com file · Web viewAlle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode

AFSKEURSTROKIE: GIMNASTIEKINSKRYWING (2 Aug)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

(GIMNAS SE NAAM EN VAN) _________________________________

GAAN MY EIE KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER GIMNASTE SAAMNEEM.

MY KIND/ERS BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke gimnas: R50

VIR DIE OPRIG OF MAAK VAN:

STORE, HEININGS OF DIEFWERING

Kontak gerus vir:

Kobus Gabriëlsen: 079 741 0248 Tanya Gabriëlsen: 079 639 0464

Ons doen ook enige sweiswerk, ook aan vlekvrye staal.

ONS NETJIESE WERK IS ONS TROTS!

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com file · Web viewAlle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com file · Web viewAlle sertifikate wat verwerf word, moet die volgende dag by die sekretaresse ingehandig word. Dit gaan tydens ‘n saalperiode