8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 7 27 Februarie – 6 Maart 2015 OUERS: BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 2 Maart. BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Baie dankie aan ouers wat reeds lede vir die verkiesing genomineer het. Die verkiesing vind op Vrydag, 13 Maart 2015 plaasvind. Nominasievergadering: 7:30 – 8:00 Verkiesing: 8:00 – 12:00 Nominasievorms by die kantoor beskikbaar. Kieslyste is in die voorportaal geplaas sodat u, u besonderhede kan kontroleer. Ons het elkeen van u se stem nodig asseblief. Moet asseblief nie hierdie belangrike gebeurtenis ignoreer nie. REDENAARSKOMPETISIE: Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 3 Maart om 14:30 in die Biblioteek plaasvind. SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Toerlede het elkeen ‘n inligtingsbrief ontvang met ‘n vorm wat deur ouers ingevul en op Maandag, 2 Maart by juffrou Madeleine Koorzen ingehandig moet word. Alle donasie-/borgvorms, asook alle toergelde, moet op Vrydag, 6 Maart teruggehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.) Sakgeld word by die kantoor ingehandig. Skenkings vir die toer kan vanaf Maandag, 2 Maart by die boekstoor ingehandig word. Vleisskenkings moet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis. Sy sal self die skaapkarkas laat opsny in die snitte wat sy benodig vir haar kosdisse. Indien u ‘n reëling met haar wil tref, kan u haar kontak by: 0828832439 WÊRELBIDDAG VIR VROUE: Ouers en belangstellendes is welkom om op Vrydag, 6 Maart om 7:30 die Wêreldbiddag vir vroue in die skoolsaal by te woon. Ds. Elize Stander gaan dit waarneem. VISVANGKOMPETISIE: Die Ouervereniging het versoek dat die visvangkompetisie as gevolg van ‘n besige eerste kwartaal na die vierde kwartaal uitgestel word. LEERDERDEELNAME: INSKRYWINGSGELD: Atlete wat aan die Fichardtpark, asook die Motheo/Xhariep Atletiek- byeenkomste deelgeneem het, moet asseblief op Maandag, 2 Maart hulle R15 inskrywingsgeld (vir elke byeenkoms) by die klasonderwysers inbetaal. Ons skool het reeds hierdie bedrae aan die organiseerders oorbetaal. MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE: Baie geluk aan ons atlete wat met die Motheo/Xhariep Atletiekkampioen-skappe goed presteer het. Ons sluit die uitslae by die nuusbrief in. Hierdie atlete is gekies om aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe, wat op 7 Maart te Sasolburg plaasvind, deel te neem. Ons skool het die volgende prestasies op die byeenkoms behaal: Wenner van die 0/13 Seuns trofee

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 7 27 Februarie – 6 Maart 2015OUERS:BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 2 Maart.

BEHEERLIGGAAMVERKIESING:Baie dankie aan ouers wat reeds lede vir die verkiesing genomineer het. Die verkiesing vind op Vrydag, 13 Maart 2015 plaasvind.Nominasievergadering: 7:30 – 8:00Verkiesing: 8:00 – 12:00Nominasievorms by die kantoor beskikbaar. Kieslyste is in die voorportaal geplaas sodat u, u besonderhede kan kontroleer. Ons het elkeen van u se stem nodig asseblief. Moet asseblief nie hierdie belangrike gebeurtenis ignoreer nie.

REDENAARSKOMPETISIE:Ons nooi alle leerders, ouers en belangstellendes uit na ons eerste Redenaarskompetisie wat op Dinsdag, 3 Maart om 14:30 in die Biblioteek plaasvind.

SPORT EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Toerlede het elkeen ‘n inligtingsbrief ontvang met ‘n vorm wat deur ouers ingevul en op Maandag, 2 Maart by juffrou Madeleine Koorzen ingehandig moet word. Alle donasie-/borgvorms, asook alle toergelde, moet op Vrydag, 6 Maart teruggehandig en inbetaal word. (Leë donasievorms moet ook ingehandig word.)Sakgeld word by die kantoor ingehandig.Skenkings vir die toer kan vanaf Maandag, 2 Maart by die boekstoor ingehandig word. Vleisskenkings moet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis. Sy sal self die skaapkarkas laat opsny in die snitte wat sy benodig vir haar kosdisse. Indien u ‘n reëling met haar wil tref, kan u haar kontak by: 0828832439

WÊRELBIDDAG VIR VROUE:Ouers en belangstellendes is welkom om op Vrydag, 6 Maart om 7:30 die Wêreldbiddag vir vroue in die skoolsaal by te woon. Ds. Elize Stander gaan dit waarneem.

VISVANGKOMPETISIE: Die Ouervereniging het versoek dat die visvangkompetisie as gevolg van ‘n besige eerste kwartaal na die vierde kwartaal uitgestel word.

LEERDERDEELNAME:INSKRYWINGSGELD:Atlete wat aan die Fichardtpark, asook die Motheo/Xhariep Atletiek- byeenkomste deelgeneem het, moet asseblief op Maandag, 2 Maart hulle R15 inskrywingsgeld (vir elke byeenkoms) by die klasonderwysers inbetaal. Ons skool het reeds hierdie bedrae aan die organiseerders oorbetaal.

MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:Baie geluk aan ons atlete wat met die Motheo/Xhariep Atletiekkampioen-skappe goed presteer het. Ons sluit die uitslae by die nuusbrief in. Hierdie atlete is gekies om aan die Vrystaat Atletiekkampioenskappe, wat op 7 Maart te Sasolburg plaasvind, deel te neem.Ons skool het die volgende prestasies op die byeenkoms behaal:

Wenner van die 0/13 Seuns trofee Seunsatlete behaal ‘n tweede plek uit 51 skole Dogtersatlete behaal ‘n sewende plek uit 42 skole Michela Steenkamp is onder die top 50 atlete met haar prestasies in

Diskusgooi en Gewigstoot.

Ons is trotse Jakkies!

TWEEKAMP:Baie geluk aan Danie Botha wat vir die Suid-Vrystaat tweekampspan gekies is en op 4 April aan die SA Kampioenskappe in Stellenbosch gaan deelneem. Jomari Lübbe, Junior van Niekerk en Wynand Botha is reserwes. Hierdie atlete het inligtingsbriewe ontvang.

RUGBYKLINIEK – GEMSBOK KIDZ: [AFSKEURSTROKIE]Die Rugbykliniek deur Gemsbok Kidz (Jean Stemmet en sy helpers) gaan op Woensdag, 4 Maart vanaf 15:00 tot 17:00 Kostes: R100 per speler. Afskeurstrokies en gelde kan op Maandag, 2 Maart by die klasonderwysers ingehandig word.Al die rugby-afrigters het daarna ‘n reëlbespreking en kursus oor afrigtingstegnieke en die sielkunde van sport.

SKAAK:Sterkte aan ons 10 skaakspelers wat die naweek aan die Kwalifiserende Skaaktoernooi hier in ons skoolsaal deelneem.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 6-klas hou hulle koekieverkoping op Maandag, 2 Maart. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

WAARSKUWING:Nuutste skelmstreek in die platteland: Ouers moet asseblief kennis neem dat twee mans in ‘n wit bussie by huise omgaan en 2L Coke’s uitdeel en dan ‘n praatjie aanknoop. Hierdie Coke het verdowingsmiddels in wat die eienaar/bediende laat slaap. Hierdie mans kom dan terug en roof die huis. Wees asseblief versigtig.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Heerlike volroom Melkysies te koop

@ R60 vir 20

Vrugte-ysies@ R40 vir 20

Verskillende geure

Kontak Jolize Wiid0836597114

GEBEDSLYS:

Abré Strauss (oogoperasie gehad)Stephan Hugo (arm-operasie gehad)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis

AFSKEURSTROKIE:

GEMSBOK KIDZ RUGBYKLINIEKWoensdag, 4 Maart

NAAM VAN OUER: ____________________________________________

NAAM VAN SPELER: ______________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE RUGBYKLINIEK. INGESLUIT HIERBY IS DIE INSKRYWINGSGELD VAN R100

HANDTEKENING VAN OUER: __________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL en 15.docx · Web viewmoet, indien dit moontlik is, al volgende week ingehandig word. Skaapkarkasse, wors en maalvleis direk na Adri du Toit by die koshuis

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

Aansoeke word ingewag vir ‘n tydelikeADMINISTRATIEWE KLERK

(Departementele pos)

Aanvangsdatum: Onmiddelik

Minimum vereiste: N5 of 3 jaar erkende opleiding

HANDIG DIE VOLGENDE IN, OF EPOS NA [email protected] Aansoekvorm (Z83) - by die skool beskikbaar

Gesertifiseerde afskrifte van oorspronklike kwalifikasiesVolledige CV

Sluitingsdatum: 6 Maart 2015 om 13:30

NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by: [email protected]

Piet RetiefstraatJACOBSDAL053 5910039

Faks: 053 5910103