4
24 Augustus 2014 Jaargang 3 #27 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – roep hemel, aarde en alle mense op tot lofprysing Rev Willem Steyn Theme: I am nothing compared to the stars, but I am precious to the Lord Scripture reading: Psalm 8 Key text: Psalm 8:10 11:30 International Service Lofpr�ing 18:00 Aanddiens Ds Willem Steyn Tema: Ek is niks in vergelyking met die sterre, maar kosbaar vir die Here Lied 456: 1-3 Loof, heel die skepping, loof die Heer Lied 458: 1-3 Aan U ons lof, o God Lied 462: 1-3 Aan U, ons Vader, lof en dank Sing: Ps. 8-1:1,3,4,5 Sing: Ps.8-3:6 (Kinderbegeleiding) Sing: Ps.19-1:1,6 Skriflesing: Psalm 148 Teks: Psalm 148:13,14 Sing: Ps.29-2:1-5 Sing: Ps.148-2:1-9 Amen: Sb.13-3 Sing: Sb 12-3: 1, 2 Sing: Ps 33-2: 1, 2, 3, 4 Sing: Lied 163: 1 Skriflesing: Psalm 8 Teks: Psalm 8:10 Sing Ps 8-2: 3, 4, 5 Sing: Lied 190: 1, 2, 3 Amen: Sb 13-2 Ouderlinge en Diaken aan diens Ouderlinge: Johan van Dijk & Faan van Wyk Diaken: Wiida Bisschoff

Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens · Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – ... 20

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens · Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – ... 20

24 Augustus 2014Jaargang 3 #27

09:30 OggenddiensDs Fanie Coetzee

Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – roep hemel, aarde en alle mense op tot lofprysing

Rev Willem SteynTheme: I am nothing compared to the stars, but I am precious to the Lord

Scripture reading: Psalm 8 Key text: Psalm 8:10

11:30 International Service

Lofpr�ing

18:00 AanddiensDs Willem Steyn

Tema: Ek is niks in vergelyking met die sterre, maar kosbaar vir die Here

Lied 456: 1-3 Loof, heel die skepping, loof die Heer

Lied 458: 1-3 Aan U ons lof, o GodLied 462: 1-3

Aan U, ons Vader, lof en dank

Sing: Ps. 8-1:1,3,4,5Sing: Ps.8-3:6 (Kinderbegeleiding)

Sing: Ps.19-1:1,6Skriflesing: Psalm 148 Teks: Psalm 148:13,14

Sing: Ps.29-2:1-5Sing: Ps.148-2:1-9

Amen: Sb.13-3

Sing: Sb 12-3: 1, 2Sing: Ps 33-2: 1, 2, 3, 4Sing: Lied 163: 1Skriflesing: Psalm 8Teks: Psalm 8:10Sing Ps 8-2: 3, 4, 5Sing: Lied 190: 1, 2, 3Amen: Sb 13-2

Ouderlinge en Diaken aan diens

Ouderlinge: Johan van Dijk & Faan van Wyk

Diaken: Wiida Bisschoff

Page 2: Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens · Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – ... 20

Teeskinkbeurte24 Augustus

KG 10 (Petro Steyn) &Wyk 10 (Cora de Beer)

31 AugustusKG 11 (Annemarie Schoeman) &

Wyk 11 (Mariette Fourie)

7 SeptemberKG 12 (Sanet van der Merwe) & Wyk 12 (Nannie van der Schyff)

Baie dankie!2

Meelewing

Welkom hier!Juan Louis van der Vyver

083-456-5065Marinus Keyser072-720-9375Celeste Iorio072-911-2313

Suzette Coetzee (082-854-0764) ondergaan DV Maandagoggend ʼn ernstige rugoperasie. Ons bid vir die goeie afloop van die operasie asook vir die herstel daarna. Ria Lessing (082-550-2589) het geval en haar arm gebreek. Ons dink aan haar met die ongemak.Tannie Kokkie Helberg is weer in die hospi-taal opgeneem vir behandeling. Ons bid dat daar vir haar beterskap kan kom en dink ook aan oom Jaap (078-483-4999) wat haar in die tyd moet bystaan.Geluk aan Gerhard Steenekamp (072-225-3669) wat verkies as een van die twee onder-hoofleiers by Gimmies. Sterkte met die verant-woordelikheid. Trots op jou!Sterkte aan Liez Rost (082-909-6057) wat her-stel na ‘n operasie aan haar hand.

Die gedagte van ʼn klompie lidmate om ʼn slag saam in die Wildtuin te gaan kamp het oor die jare ontstaan. Nou is daar so ʼn geleentheid. Ongelukkig kon ons net ʼn beperkte aantal kampplekke gelyktydig kry waarvan daar nou nog TWEE beskikbaar is.Hiermee dus ʼn uitnodiging vir belangstellendes wat volgende jaar vir die nagte van 16 tot 20 Junie (Dinsdagnag tot Saterdagnag) in Balule wil gaan saam kamp. Die privaatkamp is naby Olifantskamp geleë en daar is nie elektriese krag of ʼn winkel by die kampterrein nie.Die gedagte is dat elkeen op eie koste, met eie toerusting daar kom en dat ons dan in die aande saam kuier. Die koste is R250 per nag vir 2 mense (maksimum 6 – Vierde tot sesde persoon betaal nog R72 per volwassene en R36 per kind). Kontak asb vir ds Fanie indien jy belangstel om saam te gaan.

Kamp in die Wildtuin

Ons is dankbaar vir die gawe van kinders in ons gemeente. Ons wil graag vir ons ouers die ruimte gee om hulle klein kindertjies te leer om saam met die hele gemeente die Here te ontmoet. Ons wil daarom die drie agterste rye onder die gallery langs die moederskamer re-serveer vir gesinne met klein kindertjies. As jy gewoonlik daar sit tydens ons samekomste hoef jy nie te skuif nie, ons vra maar net vir verdraagsaamheid vir die klein mensies.

Kinders in die erediensLiefdegawes

by die deure24 AugustusOggend: VenterskroonAand: Pemba “The Word in a box”31 AugustusOggend: TS PublikasiesAand: Meelewingsfonds7 SeptemberOggend: Transoranje InstituutAand: Meelewingsfonds

Liefdegawes tydens die diens word vir die Liefdesdiens van die diakens gebruik.

Page 3: Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens · Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – ... 20

3

Diensgroep:Hoërskooljeug

Borg-’n-BybelHierdie kwartaal pak ons weer die Borg-’n-By-bel-projek aan. Die Borg-’n-Bybel-projek word in die plek van ‘n eenmalige Bybelverspreidingkollek te ge-hou. Ons vra elke belydende lidmaat om ‘n skenking van R50 hiervoor te maak. Ons mik om 600 Bybels (dus R30 000) aan die Bybel-genootskap te skenk.Daar is spesiale “Borg-’n-Bybel”-koevertjies beskikbaar by die deure en kerkkantoor. Plaas asseblief u bydraes in die bruin blikke naby die deure. U is ook welkom om ‘n elektroniese inbetaling te maak. Betaal asb in die gewone rekening (sien agterop Lantern) in, maar maak die verwysing “Borg ‘n Bybel”.Vir meer inligting – kontak die kerkkantoor.

Verjaarsdae

2

Maandag, 25 AugustusErika van’t Zand 072-892-0990

Dinsdag, 26 AugustusJohan Reinecke 078-893-8903Estiaan Steyn 082-708-5226

Donderdag, 28 AugustusLeah Matthee 082-459-1313

Vrydag, 29 AugustusTina Coetzee 082-899-3247Daleen Grobler 082-440-7260Francois Lion-Cachet 083-950-0122Miekie van der Walt 082-331-9218

Saterdag, 30 AugustusMarielet Arangies 084-700-1649Elza Hattingh 083-299-7376Benette Rautenbach 079-516-6369Wynand vd Wateren 083-658-3819

20

2121

Hierdie groep reik uit na ons hoër-skooljeug. Die doel van hierdie groep is om leiding en raad te gee, te kuier en ook die jeug te mentor. Sosiale aksies word gehou, nie net binne Bult self

nie, maar ook tydens die gesamentlike eredienste met Oos-gemeente. Hoe

word ek deel?? Bel vir Nina Brink 082 331 7281 vir meer inligting rakende

die sosiale aksies of besluit om self ook ’n mentor te word. Ook is enige borge

welkom om die aksies te finansier.

LentesangdiensSondag 7 September hou ons weer Lentesangdiens saam met Cachet.

Dit begin 19:00 hier in ons kerkgebou.

Volgende Sondagaand is daar ‘n gesament-like jeugbediening by GK Oos. Die laerskool en hoërskool kom om 17:45 bymekaar, terwyl die aanddiens om 18:00 begin. Die laerskoolkinders gaan kyk hoe die Here in Saulus se lewe gewerk het. Die Here kan mense se lewens heeltemal verander en ons gaan ook saam praat oor hoe Hy in ons le-wens werk.Hoërskool jongmense, ons gaan verder leer oor wat dit beteken om ’n dissipel van Jesus te wees. Die vorige keer het ons gekyk na wat my plek as dissipel in die kerk is. Tog is elke kerk deel van die groter prentjie: die kerk oor die hele wêreld. Waar pas ons daar in en wat is ons verhouding met hulle? Kom praat bietjie saam hieroor...

Ongewone MusiekkonsertKlawesimbel-duo (John Coulter en Jetty

van Rensburg) vanmiddag om 15h30 in die Pretorius-Musiekateljee, Konservatorium.

Kaartjies (R60/R40/R30) by die deure.

Die volgende lidmate is ter approbasie as ouderlinge voorgestel: Stefan Linde, Marthiens Heymans en Louis van der

Walt. Die bevestiging sal DV tydens die aanddiens van 14 September plaasvind.

Gesamentlike Jeugbediening

Page 4: Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens · Jaargang 3 #27 24 Augustus 2014 09:30 Oggenddiens Ds Fanie Coetzee Tema: Ons, sy gunsgenote wat naby aan die Here is – ... 20

4

Kerkkantoor 018-297-4843 (tel) 086-750-5339 (faks) e-pos: [email protected]: www.gkpotchbult.co.za

Kontakons

Ds Fanie Coetzee: [email protected] Willem Steyn: [email protected]

Skakel gerus met Fransa by die kerkkantoor (Weeksdae van 08:00 - 13:00) vir:

Algemene navrae, Lantern (saktyd Donderdae om 10:00), Preekopnames, Webbladnavrae, ens.

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die BultABSA Tomstraattak 670-264-661 (Tjekrekening)

Verwysing: Van, voorletters, Wyk / KG

Bankbesonderhede

• ADVERTENSIES •

Ek wil graag ‘n lidmaat wordEk wil graag huisbesoek hê

Gooi in kollektesakkie / Gee in by kerkkantoor

Naam: ..................................................................Telefoonnommer: ...........................................

Sonnige, 2 slaap, 2 badkamers en dubbel-garage huis met oopplan woon/eetkamer en klein tuin, dadelik beskikbaar. Gelee in Steve Biko Str (Tom str), naby die Spar. Een van drie huisies agter ‘n sekuriteitshek. Kontak Elizabeth by 0825627558.

Studente eenslaapkamer woonstel Vinkel & Koljander te huur of te koop. Oorkant PUK met onderdagkparkering, TV, braai-area, ens. Tel: 082-320-4965

Baie dankie vir die kommunikasie van die Lantern weekliks [per e-pos]. Dit is elke keer ‘n instrument in God se hand om my te herinner aan ons gemeente. Met dit wil ek sommer aankondig dat ek na ons gemeente terugkeer teen die einde van die maand. Teen Sondag die 31ste sal ek weer in Potch wees om saam met die gelowiges in my eie taal ons Here te loof en aanbid. Ek wil net ‘n groot dankie uitstuur aan al die gelowi ges wat so getrou gebid het vir my, en die werk in Vietnam. Ek kom terug met wonderlike nuus oor die Kerk van ons Here hier. Nuus waaroor ons kan juig! Die kerk is lewendig en groei-end – en dis die Vietna mese gelowiges wat die kragtige evangeliste is in God se hand. Ek wil ook net dankie se vir elke briefie, en woord van bemoediging aan my, maar ook aan elke medegelowige wat saam staan in die stryd. Baie dankie vir al die liefde. “Ge-seënd is die wat barmhartig is, want hulle sal God sien.” Ons het vertrou op God om sy heerlikheid te sien, en is nie teleurgestel nie. Vorentoe sal ons steeds bly hoop op God om heerlikheid te aan skou. “Geseënd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel. Geseënd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” Liefde, Magdaleen Lientjie Venter

Hoërskool uitreik na HillbrowOns gaan weer DV Vrydag 12 Septem-ber op ‘n uitreik na MES (Middestad Evan-geliese Sorg) in Hillbrow. Die reëlings is as volg: Vertrektyd: Vrydag 12 September om 15:00. Terugkoms: Vroeg-oggend Saterdag 13 September. Kostes: Geen. Verlede jaar se uitreik was ‘n hoogtepunt vir almal wat ge-gaan het – so skryf sommer vandag nog jou naam op die lys in die voorportaal! Daar is net 25 plekke beskikbaar.

Studente kleingroep toerustingDie studente kleingroepleiers en ouder-linge kom vanmiddag 16:30 by die G5 Koffiekamer bymekaar om saam te bid, Bybelstudie te doen en toerusting te ontvang oor alledaagse lewensvrae. Die geleentheid is oop vir ALMAL wat graag saam wil groei in hulle verhouding met die Here.

Briefie uit Vietnam