11
1 Met die Covid-19-pandemie is alle groot byeenkomste gekanselleer. Innibos het met Coleske Artists, die klank en beligtingsreus MGG, klankingenieur Murray Lubbe en Computicket saamgespan om vir feesgangers ʼn digitale fees aan te bied in die tydgleuf wanneer Innibos normaalweg sou wees. Kom vier virtueel fees! Al die onderstaande produksies kan vanaf 26 Junie 2020 gestroom word. Kaartjies is by Computicket te koop vanaf 15 Junie 2020. Feesterreinkonserte Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van die afgelope jare is afgestof en herverpak. Indien jy dit in die verlede misgeloop het of net weer daardie lekkerte wil ervaar, kan die volgende konserte lewendig gestroom word. Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Met Die Heuwels Fantasties, Dewald Wasserfall, Bok van Blerk, Riana Nel, Joe Foster, Jay, Corlea Botha, Joseph Clark, Jak de Priester, Koos Kombuis, Laurika Rauch, BlackByrd, Juanita du Plessis, Ruan du Plessis en Franja du Plessis. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 120 min Prys: R75 ʼn Lewendige opname van een van Innibos se spog hoofverhoogkonserte wat jou asem sal wegslaan. Kom beleef al Suid Afrika se top kunstenaars op een verhoog met spesiale effekte en kyk self waarom 35 000 feesgangers hierdie konsert ʼn tien-uit-tien gegee het.

Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

1

Met die Covid-19-pandemie is alle groot byeenkomste gekanselleer. Innibos het met Coleske Artists, die klank en beligtingsreus MGG, klankingenieur Murray Lubbe en Computicket saamgespan om vir feesgangers ʼn digitale fees aan te bied in die tydgleuf wanneer Innibos normaalweg sou wees. Kom vier virtueel fees! Al die onderstaande produksies kan vanaf 26 Junie 2020 gestroom word. Kaartjies is by Computicket te koop vanaf 15 Junie 2020.

Feesterreinkonserte

Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van die afgelope jare is afgestof en herverpak. Indien jy dit in die verlede misgeloop het of net weer daardie lekkerte wil ervaar, kan die volgende konserte lewendig gestroom word.

Innibos is Groot Konsert

Uit die Innibos 2014 argief Met Die Heuwels Fantasties, Dewald Wasserfall, Bok van Blerk, Riana Nel, Joe Foster, Jay, Corlea Botha, Joseph Clark, Jak de Priester, Koos Kombuis, Laurika Rauch, BlackByrd, Juanita du Plessis, Ruan du Plessis en Franja du Plessis. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 120 min Prys: R75

ʼn Lewendige opname van een van Innibos se spog hoofverhoogkonserte wat jou asem sal wegslaan. Kom beleef al Suid Afrika se top kunstenaars op een verhoog met spesiale effekte en kyk self waarom 35 000 feesgangers hierdie konsert ʼn tien-uit-tien gegee het.

Page 2: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

2

JacarandaFM Konsert

Uit die Innibos 2019 argief Met Theuns Jordaan, Refentse, Riana Nel, Emo Adams, Tarryn Lamb, Ruhan du Toit. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 110 min Prys: R80

Kom kyk na ʼn konsert met die beste stemme in Suid-Afrika. Ruhan du Toit se vertolking van Sound of silence en Emo en Tarryn Lamb se onvergeetlike vertolking van Shallow is maar enkele van die hoogtepunte in hierdie konsert vol ikoniese songs. Voeg hierby Theuns Jordaan, Refentse en Riana Nel en jy het ʼn vertoning met talle hoendervleis-oomblikke.

kykNET Verjaarsdagkonsert

Uit die Innibos 2019 argief Met Jo Black, Bok van Blerk, Elvis Blue, Karlien van Jaarsveld, Emo Adams, Riana Nel, Laurika Rauch, Joseph Clark, Corlea Botha, Dr Victor, Nádine, Roan Ash, Jak de Priester, Demi Lee Moore, Early B, Pieter Koen. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 270 min Prys: R100

Hierdie produksie het nie verniet weggestap met die Fiësta as die Beste Opelugvertoning van 2019 nie. Wanneer kykNET verjaar, moet daar mos groot makietie gehou word en hierdie konsert sal jou verwagtinge oortref.

Page 3: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

3

Musiekproduksies:

Stef Bos - Bos innie Bos

Met Stef Bos Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 70 min Prys: R50

Uit die Innibos argief. Hierdie vertoning is in 2017 by Innibos voor ʼn gehoor opgeneem en het ook daardie jaar met die Fiësta as Beste Podium Musiekproduksie weggestap. ’n Reis deur die tyd, deur die land en deur die wêreld met stories en songs. Van Hillbrow tot Die taal van my hart. Van Suikerbossie tot Papa. ’n Reis van Gods Window na Komatipoort, van Naboomspruit tot die Tuine van die Kompanjie, van buite na binne, van die kop na die hart.

Jannie Moolman en Kevin Leo – Crooners

Met Kevin Leo en Jannie Moolman Gradering: Gesin Tydsduur: 60 min Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Prys: R80

Kevin Leo en Jannie Moolman deel met hulle gehoor die ongelooflike musiek van kunstenaars wat bekend staan as Crooners. Hul gehoor word bederf met die immergewilde klanke van onder andere Mack the Knife, That’s Amore, Delila en Unchained Melody. Ou bekendes soos Dean Martin, Tom Jones, Nat King Cole en Bing Crosby kom loer in met hulle treffers. Geen viering van die Crooners sal volledig wees as Old Blue Eyes homself nie ook teenwoordig is nie. Kevin Leo en Jannie Moolman het die keuse van hulle Crooner gunstelinge met sorg gekies om vir elke lid van die gehoor ʼn hele paar nostalgiese momente te verseker.

Page 4: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

4

Doep is nie dood nie – Musiek van Koos du Plessis

Met Jannie du Toit, sang en kitaar, Susan Mouton, tjello, Chanie Jonker op klavier Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Gesin Tydsduur: 70 min Prys: R80

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Doep is nie dood nie is ’n aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis. Hy is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar na sy afsterwe is dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, verwesenlik hiermee sy voorneme om Koos du Plessis se werk in die harte van ’n volgende geslag te laat voortleef. Die liedjies sowel as die teks is dié van Koos du Plessis.

Jak de Priester – Inniboskonsert

Met Jak de Priester. Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 80 min Prys: R80

Spesiaal opgeneem vir stroming tydens die Innibos Digitaal uitsendings. Jak neem spesiaal ʼn konsert op vir Innibos Digitaal met van sy geliefde treffers sowel as nuwe liedjies. Jak het vroeër vanjaar Album 10 bekend gestel, en van die temas wat hy in dié musiekversameling aanraak, is ouerskap, reise deur en mense van Suid-Afrika, en vriendskap. Ja, ons het nog nooit ophou luister sedert Sally Williams Nougat nie, so skuif nader.

Page 5: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

5

Storm in a F cup / Bra-vades

Met Michelle Botha Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Geen onder 16 Tydsduur: 70 min Prys: R60

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Debra is 40 plus… en al ʼn paar keer om die blok… en weer om die blok… Haar liefdeslewe is soos ʼn ou tweedehandse motor wat al in ʼn paar ongelukke was! Het jy al gewonder wat jou bra sou sê as sy kon praat? Wel jy gaan nou uitvind. Debra se bra’s Old Faithful en Glitzy is daar om Debra te help, kommentaar te lewer en natuurlik, haar te ondersteun op die slagveld van die liefde. Met musiektreffers uit die 70’s soos Enough is enough van Barbara Streisand en Donna Summers en uit die 80’s, Bonny Tyler se Total eclipse of the heart en I need a hero word jy op ʼn nostalgiese, maar skreeusnaakse reis van ʼn vrou se soeke na liefde geneem. Thomas Barlow is die regisseur van hierdie tweetalige vertoning.

Dr Victor & the Rasta Rebels

Grading: Family Streaming from 26th June 2020 at 18:00 Duration: 60 minute Price: R80

Specially recorded for Innibos Digital. For more than 40 years Dr Victor, real name Victor Khojane, has been crafting and creating an uplifting up-tempo sound that has earned this singer, musician, songwriter and producer an enviable reputation on the South African music scene and abroad. Together with his group The Rasta Rebels, they continue to be one of the busiest live bands in South Africa and abroad, doing a range of events from corporate gigs to headlining shows across the country and abroad. Fans of Dr Victor and the Rasta Rebels can look forward to an uplifting and energetic show on the Innibos Digital platform.

Page 6: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

6

Toneelproduksies:

Leengoed

Met Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Gesin Tydsduur: 60 min Prys: R80 Ondersteun deur NATi

Hierdie is ʼn debuut teaterproduksie spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Die legendariese Tobie Cronjé en Wynand van Vollenstee smee kragte saam in ʼn splinternuwe tragikomedie. Wat kan ʼn voormalige sangafrigter wat jare in Japan gewerk het en ʼn wyse ou man tog in gemeen hê? Wat gebeur wanneer hierdie twee wêrelde mekaar ontmoet – en dit nogal by ʼn vlooimark? Hierdie is die aangrypende verhaal waarin oënskynlike vreemdelinge vanuit twee verskillende wêrelde ontmoet. Hulle vind onwetend antwoorde by mekaar en in die sameloop met sy verrassende ommekeer en slot, kom elke swerwer tog tuis. Leengoed is oorspronklike vermaak vir elke persoon wat al ooit nagedink het oor die lewenspad; oor dit wat ’n mens kies en wat jou pad kruis.

Manne

Met Chris Vorster, Hennie Jacobs, Hannes Brümmer, Theodore Jantjies, Francois Lensley en Deon Coetzee Gradering: Geen o/14 (Taal) Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 65 minute Prys: R50

Uit die Innibos argief. Hierdie produksie is voor ʼn gehoor in opgeneem tydens Innibos 2017. ʼn Spul vriende herenig vir ʼn jagnaweek. Met geraamtes in die kas en wraak op die brein stap vyf manne die boendoes binne ... slegs vier keer terug. Nou word die koring van die kaf geskei, die manne van die muise, die jagters van die prooi. “Ja manne, alles is snaaks tot iemand seerkry ... dan is dit nie meer snaaks nie ... dan is dit skreeusnaaks.” Komedie, spanning en drama is aan die orde van die dag in hierdie produksie. Beter waarde vir jou geld as ʼn tros piesangs ... gewaarborg!

Page 7: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

7

Die Pomporrelkonsert

Met Johny Klein Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 75 minute Prys: R60

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld geskryf, daardie smal landboustreek tussen die Swartland en die Weskus. Op sy beurt laat klink akteur Johny Klein die kleurryke Sandveldse taal op in sy voorlesings van Deist se verhale waarin eiesoortige karakters gebore word en hul vreemde en snaakse draaie kry. Dit is meesterlike storievertellings.

Annale van ʼn windgat

Met Craig Morris Teks: Barry van Rensburg Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Ouerbegeleiding Tydsduur: 80 minute Prys: R60

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. ’n Skreeusnaakse komedie oor persoonlikheidstipes en kommunikasiestyle wat teatergangers behoorlik aan die praat gehad het. Dié teks deur Barry van Rensburg is vol woordspelings wat jou sal laat krul van die lag. Die stuk werk met die vier basiese persoonlikheidstipes soos dit oor die eeue heen uitgekristaliseer het, maar met die nuwe name banggat, hardegat, slapgat en windgat gee dit sommer baie skop aan die tipes. Dit is ʼn laugh-a-minute maar met dié verskil dat daar ʼn skeut lewenswysheid bygevoeg word. En dit sonder een enkele vloekwoord. Hierdie is ʼn moet-sien-produksie vir elkeen wat lus is om te lag.

Page 8: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

8

Rainbow Nation – ’n Comic relief in swaar tye

Met Simon Bruinders Regie: Barry van Rensburg Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Gradering: Ouerbegeleiding Tydsduur: 40 minute Prys: R60

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Die Rainbow Nation spreek ons aan. In Afrikaans! Uit die mond van die Bruinman van Suid-Afrika, die afstammelinge van die Khoi en die San wat eerste die vlaktes, berge en valleie “geroam” het. Hoe het die Rainbow Nation ontstaan en hoekom? Dit was so bietjie soos ’n huwelik. En ’n huwelik is vrek moeilik – veral as daar cultural en economic differences tussen die twie parties is. Is dít hoekom dit nie gewerk het nie, en was die Rainbow Nation nie maar dalk van die begin af honnerde jaare gelede hiesa nie? Daa’s questions … en daa’s answers. Kom checkt ‘it yt!

Die Hart Verklap

Met Chris Vorster Teks: ʼn Vertaling en verwerking van Edgar Allan Poe se The Tell-Tale Heart deur Chris Vorster en Dion van Niekerk Gradering: Gesin Tydsduur: 55 minute Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Prys: R50

Hierdie vertoning is opgeneem tydens die 2019 Vrystaat Kunstefees. Met spesiale dank aan die Universiteit van die Vrystaat en die personeel van die Scaena Teater. Hierdie is ʼn klassieke verhaal oor obsessie, vervolgingswaan en moord. ʼn Onbeholpe moordenaar probeer sy bes om ʼn onsigbare gehoor te oortuig dat hy nie versteurd is nie, maar hoekom wil hulle hom nie glo nie? Sy argument is dan so duidelik, sy dade so slinks, sy sintuie so skerp ... hoe durf hulle sê hy is mal en boonop skuldig? Die Hart Verklap is ʼn innoverende en komiese riller wat in 2019 reuse sukses behaal het by die Vrystaat Kunstefees en spog met vier Blinker-nominasies en twee Blinker-toekennings. Vorster is ook genomineer vir ʼn kykNET Fiësta vir Beste Spel in ʼn Solo-vertoning.

Page 9: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

9

Die Narre Werklikheid

Met Thomas van Niekerk en Joshua Carstens Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 70 minute Prys: R65

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Twee narre, Hans Jors en Hans Nors, se ma het hulle as kinders in die sirkusbaas se sorg agter gelaat. Nou, jare later, toer hulle deur die land op soek na haar. Hulle komiese soektogte neem hulle na ’n dominee, ’n waarsêer en baie kroeë. Hierdie tragi-komedie is ’n tour de force in fisieke teater. Die twee karakters bevind hulle deurentyd in lagwekkende situasies. Wees gereed om ’n traan weg te pink; die twee is argetipes van rouheid. Onder die maskers en agter die glimlagte is ons almal gestroop. Jy sal lag, frons en nadink oor die lewe.

Woordproduksies:

Rasende Ryme

Met Elsabé Daneel en Wilken Calitz Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 40 minute Prys: R70

Aktrise en woordkunstenaar Elsabé Daneel snoer kragte saam met musikant en skrywer Wilken Calitz om ou en nuwe gedigte musikaal te laat opklink. Klanke word op die verhoog opgedis, opgeneem, verwerk, ge-‘loop’ en dan vermeng met voordrag om die verse tot op die been te ontgin. Musiektegnologie en woordkuns vermeng sodat jy ou bekende gedigte nog nooit só gehoor het nie.

Page 10: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

10

Kinderproduksies:

Felias en Pokkel

Met Jakkie Louw Gradering: Gesin Tydsduur: 30 minute Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Prys: R40

Felias en Pokkel is twee veldmuise in die boer se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel het baie vragies oor waar melk, koffie, plastiek en die koronavirus vandaan kom. Felias staan bont om te verduidelik, en dan moet hulle ook nog die honger kat dophou! O ja, en daar is sowaar ’n pratende donkie ook! Die produksie met lekker saamsing-liedjies en komedie word in poppekas-styl aangebied. Snaaks, oorspronklik en uit die pen van Jakkie Louw.

Oom Karoolus en Lente

Met Cor en Letitia Uys Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 30 minute Prys: R40

Meer as drie dekades lank reeds bring die immer gewilde Oom Karoolus en Lente hoop aan kinders met hulle besondere kinderbediening. Die Goeie Nuus word maklik en verstaanbaar vir die kleingoed oorgedra. Maar grootmense geniet hierdie net soveel soos die kinders. Kom skuif saam met die kleinspan in en geniet Oom Karoolus en Lente se manewales.

Page 11: Innibos is Groot Konsert Uit die Innibos 2014 argief Gradering: … · 2020-06-26 · Innibos se Standard Bank-hoofverhoogkonserte is elke jaar ʼn besondere skouspel. Konserte van

11

Liewe Heksie en die Tuindwergie

Met Debrè Opperman, Ana van Achterbergh, Botha Enslin en Phillru van Achterbergh Gradering: Gesin Stroming vanaf 26 Junie 2020 om 18:00 Tydsduur: 40 minute Prys: R50

Spesiaal opgeneem vir Innibos Digitaal. Die geliefde Liewe Heksie, wat terloops op 42 April verjaar, kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Matewis die kat altyd naby. Maar toe Casper die tuindwerg op ’n dag wakker word in Liewe Heksie se tuin, is daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n stoute Gifappeltjie wees? Dié is die laaste Liewe Heksie-storie wat Verna Vels geskryf het.

Innibos winkelvenster:

Kyk op Innibos se webtuiste om inkopies te doen op die onderskeie webwerwe van die talle uitstallers wat jaarliks hul produkte by Innibos verkoop. Van eiesoortige klere en handgemaakte leerskoene tot heerlike kosgoete en sommer net iets moois vir die huis – kry dit by www.innibos.co.za!