12
1 SEPTEMBER 2011 ALGEMENE KERKNUUSBRIEF – SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE Hꝏglied 2:11-13 Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan. Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land. Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

1

SEPTEMBER 2011

ALGEMENE KERKNUUSBRIEF – SUIDER-AFRIKA UNIEKONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE

Hooglied 2:11-13Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.

Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek,

en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land. Die vyeboom laat sy

voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur.

Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

Page 2: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

2

in hierdie uitgawe...Oortuigende Politici, of Gods Wonderbare Woord? p 3

Só lyk die personeel by die SAU - vervolg p 5

Elsie Wessels – ons eie “selebriteit” p 6

Seniors is ons steunpilare p 7

Verslag oor kerkbou in Lesotho p 8

Inhuldiging van die Helderberg Kollege President p 10

Spesiale Sakevergadering van die Transvaal Konferensie p 12

Voorslaggies – Aandag! p 12

Kwartaalliks uitgegee deur dieSAU Departement KommunikasieFairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301Tel: (051) 447-8271, Faks: (051) 448-8059www.adventist.org.za

Redakteur S.G. du PreezMede-Redakteurs T. L. Letseli, T. KuneneUitleg en ontwerp Firefli Design Studio +27 (0)83 459 7459

Gids vir die Suider-Afrika Uniekonferensie

SAU ADMINISTRATEURS

President T.L. LetseliSekretaris T. M. KuneneHoof Finansiële Beampte E.A. OdendaalFinansiële Beampte M. MweembaAssistent Finansiële Beampte H.A. LangfordAssistent Finansiële Beampte H. Munez

DEPARTEMENTELE DIREKTEURS

ADRA P. R. GelderbloemAftrede/Pensioen M. Viljoen Fasiliteite D. LetseliGesondheid/Gesinsbediening J.U. Negre Inligtingstegnologie VakantJeugbediening P.R. MaliguduKommunikasie/PARL S.G. du Preez Korrespondensie Bybelskool R. ZeemanMinisterieel/PAKIA/Rentmeesterskap E. BaronMOWCS H.M.M. EngelbrechtOpvoedkunde G.T. du PreezPersBediening/VolwasseSS/Adventiste Sending/GeesvanProfesie G. ReynekeSEDCOM & Trustdienste A. du PreezUitgewery G. MweembaVroue-/Kinderbediening/KinderSS N.Z. KuneneWK Ouditeursdiens C.J. Haupt

PLAASLIKE KONFERENSIES

Kaap Konferensie – L. M. Mbaza, PresidentPosbus 5961, Walmer, 6065, Tel: (041) 581-0100/1

Kwazulu-Natal Vrystaat Konferensie – B. M. P. Ngwenya, PresidentPosbus 740, Pinetown, 3600, Tel: (031) 700-5301

Lesotho Konferensie – A. Mainoane, PresidentPosbus 714, Maseru, Lesotho, Tel: (00266) 31-2664

Namibië Veld – M. S. Mukubonda, PresidentPosbus 2144, Windhoek, 9000, Namibië, Tel: (00264) 61 22-8140

Swaziland Konferensie – J. Mahlangu, PresidentPosbus 562, Manzini, Swaziland, Tel: (00268) 505-2617

Trans-Oranje Konferensie – A. M. Setsiba , PresidentPosbus 46061, Orange Grove, 2119, Tel: (011) 640-3084

Transvaal Konferensie – D. C. Spencer, PresidentPosbus 751423, Garden View, 2047, Tel: (011) 616-6800

ISSN 019-5092

UITGAWE 20 NOMMER 3 SEPTEMBER 2011

SEWENDEDAG-ADVENTISTEKERK

Erratum: Maranatha, Junie 2011 Uitgawe (Uitgawe 20, Nommer

2), bladsy 7 van die invoegsel. Die byskrif tot die middelste foto

verwys verkeerdelik na Good Hope Laerskool in plaas van Riverside

Laerskool. Ons vra om verskoning vir die fout.

Page 3: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

3

Hoofartikel

OORTUIGENDE POLITICI, OF GODS WONDERBARE WOORD?Oortuigende politici en welsprekende ekonome wil almal laat dink dat ons onsself van enige gebeurlikheid kan red. Deur die eeue hét hulle en sál hulle ons teleurstel, WANT HIERDIE WÊRELD KAN HOMSELF NIE RED NIE! Wel, wat kan ons red? Is die antwoord nie die missie van die kerk nie? Selfs wêreldlinge besef die antwoord is ingryping van buite onsself en buite ons aardse omstandighede. Vir Christene is die antwoord uit Gods Woord baie eenvoudig en kan ons dit in een sin opsom: Slegs Gods genade kan ons red en ons moet dit verkondig!As ons weer na hierdie sin kyk, sien ons twee besliste elemente:1. God se genade en2. Die verkondiging daarvan

Baie boeke, briewe, artikels en liedere is al oor genade geskryf, maar wat beteken God se genade eintlik? Genade is nie net wat God doen nie, maar wie Hy in werklikheid is. Genade is tweeledig: dit is God se ondernemingsgees en die mensdom se onvermoë om enigiets vir homself te doen. Iemand wat vra, “Wat is so wonderlik omtrent genade?” nadat hy/sy na ʼn lied soos “Genade groot” geluister het, kan net iemand wees wat baie voortvarend is – iemand wat nog nie tot die besef gekom het nie van ons volslae hulpeloosheid op planeet aarde en van God se verbysterende reddingsdaad vir onwaardige mense deur Jesus te stuur om vir ons te kom leef, sterf en oor die dood te triomfeer. Genade maak ons bewus van ons sondigheid en ons hulpeloosheid. Die kern van genade is wié God is, soos gesien in wat Hy vir verlore mense doen. Dit is gevaarlik om te dink dat die wortel van die mens se probleme nie in sy sondige natuur lê nie, maar wel in sy verworde omgewing; dat as hy ʼn kans sou kry om sy gevorderde vaardigheid en wysheid te gebruik, ʼn nuwe wêreld tot stand gebring kon word.Genade word raak opgesom in die lied deur Rebecca J. Peck. Dit beskryf pragtig wat elkeen wat God se genade, soos verpersoonlik in Jesus wat op Golgota se kruis sterf, ervaar:

Nou dat ons vlugtig na genade gekyk het, hoe gaan ons te werke om genade te verkondig? Ons leer by Jesus van God se genade deur:

o Wát Hy geleer het eno Hoé Hy mense behandel het.

Die kerk is ʼn lewende entiteit waardeur Christus lewe en werk. Geen ander georganiseerde liggaam van kinders, vroue en mans - afgesien van hulle ouderdom en gawes - kan hierop aanspraak maak nie. Elke individu

in God se kerk word mettertyd blootgestel aan heiligmaking, word al hoe meer verander in die gelykenis/beeld van Jesus Christus, daarom sal ons meer van Gods genade op God se manier openbaar. Die kerk sal dus genade

verkondig deur: o Wát die kerk leer – die drie-engele-boodskap sê dat ons in die laaste genade-oomblikke op hierdie aarde lewe

en ons is opdrag gegee om dit te verkondig!o Hoé die kerk mense behandel – soek sondaars om te koester/red, gee om soos Jesus omgegee het,

benadruk wat God belangrik ag, en vermaan soos Jesus vermaan het – met trane in sy stem.

“Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn…” Titus 2:11.

Die Christen se missie is Jesus se missie – om God se genade aan verlore mense te verkondig!

Ler Gideon Reyneke, SAU Direkteur - Persoonlike Bediening, Sabbatskool, Wêreldsending

Verse 2:His scars of suffering brought me healing;He spilled His blood to fill my soul;His crown of thorns made me royalty;His sorrow gave me joy untold!

Verse 3:He was despised and rejected, stripped of His garments and oppressed;I’m loved and accepted,And I wear a robe of righteousness!”

Verse 1:His heart was broken, mine was mended;He became sin, now I am clean;The cross He carried bore my burden;The nails that held Him set me free.

Chorus:His life for mine; His life for mine-How could it ever be?!That He would die – God’s Son would die – to save a wretch like me?!What love divine – He gave His life for mine!

His Life For Mine

Page 4: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

4

OPVOEDKUNDE

Leona Ruiters is pas as Sekretaresse in die Opvoedkundedepartement aangestel. Sy is in Bloemfontein gebore. Sy en Randolph het drie kinders. Leona het vir agt maande as Ontvangsdame by Helderberg Kollege gewerk en daarna vir vier jaar as Administratiewe Kantoor-assistant by die Media Sentrum. Sy is tans besig met haar Diploma in Kantooradministrasie. Randolph sal na sy graduasie leraar wees en Leona wil hom graag in sy werk bystaan. Sy wil ook sorg dat hulle kinders dig aan die Heer se sy bly.

FASILITEITE

Duduzile Letseli is as Bestuurder van Fasiliteite by die SAU aangestel. Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel Kollege voltooi. Sy verwerf haar Onderwysdiploma aan Bethel Kollege en haar graad in Openbare Betrekkinge aan Andrews Universiteit. Duduzile is ʼn baie geesdriftige mens wat graag ʼn verskil wil maak, wil presteer en waarde aan die lewe wil toevoeg.

MINISTERIEEL

Mpontsi Fantinah Shabalala is onlangs as Sekretaresse in die Ministeriële Departement by die SAU aangestel. Sy is in Bethlehem gebore en het haar werksloopbaan by die SPA begin. Mpontsi is die leidster van die Jong Adventiste Vrouebediening (YAWM) in haar gemeente en is ook Ambassadeur vir die Sewendedag-Adventiste Studentevereniging (SDASA). Sy wil graag produktief en doeltreffend in haar werk wees en die kerk in alle opregtheid en eerlikheid dien. ʼn Baie interessante feit oor Mpontsi is dat sy ʼn digter is! Sy beplan om binnekort ʼn godsdienstige digbundel te publiseer.

UITGEWERY/GGOD

Steven Price het in 2001 as Boodskapper/Bestuurder by die SPA begin werk. Hy is in Bloemfontein gebore en het sy skoolloopbaan by Dokter Blok Hoërskool voltooi. Hy is met Emmalina Pulane getroud en hulle het twee kinders. Steven wil graag sien dat almal gered word wanneer Jesus weer kom. Sy hartewens is dat sy gesin gereed sal wees. Ons is gebore om ander te help om Jesus te leer ken, sê hy.

William Lesego Mosepedi het in 2000 as kontrakwerker by die SPA begin werk, maar is sedertdien as Nutsman aangestel. Hy is in Bloemfontein gebore. Hy is met Keneilwe getroud en hulle het twee kinders. Hy verwerf ʼn diploma in sakebestuur aan die Sakebestuurskollege van Suid-Afrika. Hy is tans besig met ʼn kursus in Verhuringspraktyk in Menslike Hulpbronne by UNISA. Willie versprei graag Gods Woord deur gratis literatuur uit te handig. Hy wil verseker dat mense weet dat Jesus binnekort gaan kom!

Aaron Pobe het in 2001 as Stoorman/Nutsman by die SPA begin werk en is steeds in dieselfde posisie werksaam by die GGOD. Papi is in Bloemfontein gebore en het Ikalelo Hoërskool bygewoon. Hy is met Lovely Audry getroud en hulle het drie kinders. Papi wil graag hê dat sy kinders ʼn goeie geleerdheid ontvang en goeie burgers van Suid-Afrika sal word. Hy wil graag hê dat hulle vir ander van God sal vertel.

Só lyk die personeel by die SAU - vervolg

Leona RuitersOPVOEDKUNDE

Duduzile Letseli FASILITEITE

Mpontsi Fantinah ShabalalaMINISTERIEEL

Steven PriceUITGEWERY/GGOD

William Lesego Mosepedi UITGEWERY/GGOD

Aaron Pobe UITGEWERY/GGOD

Page 5: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

5

Thembela Mntambo JEUG

Eric BothaHULPPERSONEEL

Krusi BothaHULPPERSONEEL

Maggie NqabeniHULPPERSONEEL

Hester Mlozana HULPPERSONEEL

William DebesHULPPERSONEEL

JEUG

Thembela Mntambo is pas as Sekretaresse in die SAU Jeugdepartement aangestel. Sy is in Alice in die Oos-Kaap gebore en het in Bloemfontein skoolgegaan. Sy is ʼn Eunice-meisie en verwerf haar BA in Korporatiewe Kommunikasie aan UOVS. Sy is lief daarvoor om te studeer en wil ten minste nog twee grade behaal. Thembela wil mense graag gelukkig maak en sien uit na persoonlike geestelike groei.

HULPPERSONEEL

Eric Botha werk as Boodskapper by die SAU. Hy is in Colesberg gebore en het daar begin skoolgaan, maar het sy skoolloopbaan in Bloemfontein voltooi. Hy het sy werksloopbaan in 1992 by die SAU begin en geniet sy werk terdeë. Hy is met Krusi getroud en hulle het drie seuns. Eric se begeerte is dat sy seuns goed sal studeer. Hy wil graag sien dat sy gesin gelukkig is en gereed sal wees om Jesus te ontmoet wanneer Hy kom om hulle hemel toe te neem.

Krusi Botha werk sedert 2008 as Skoonmaker by SAU ADRA. Sy is in Burgersdorp gebore en woon die hoërskool in Bethulie by. Sy het aanvanklik as kelnerin in Brandwag, Bloemfontein, gewerk. Krusi is met Eric getroud en hulle het drie seuns. Sy is baie lief vir haar gesin en wil hê hulle moet gelukkig en gereed wees wanneer Jesus weer kom.

Maggie Nqabeni werk as Skoonmaker by die SAU. Sy is in Bloemfontein gebore en het ook hier skoolgegaan. Sy het eers as huishulp gewerk, toe as verkoopsdame wat klere en kos verkoop het. In 2009 sluit sy by die SAU aan. Maggie het drie kinders. Haar wens vir haar kinders is om ʼn goeie geleerdheid te kry en om die Here te leer ken.

Hester Mlozana is ʼn Skoonmaker by die SAU. Sy is in Petrusburg gebore en het ook daar skoolgegaan. Voordat sy in 2011 by die SAU begin werk het, het sy by die Bloemfontein Lughawe se Skoonmaakdienste gewerk. Hester het vier kinders. Sy wil graag sien dat almal van hulle hul skoolloopbaan goed sal voltooi en dat hulle gelukkige, suksesvolle landsburgers sal word.

William Debes werk in die Instandhoudingsdepartement by die SAU. Hy is in Bloemfontein gebore en het ook daar skoolgegaan. Hy het in 1999 by die SAU begin werk. Hy is met Baliwe getroud en hulle het een seun. William wil graag Engels studeer en eendag ʼn Engelse onderwyser word. Hy wil graag ʼn gelukkige gesin hê en wil almal gered sien wanneer Jesus weer kom.

Alex Nkuna is Vervoerfasiliteerder/Bestuurder by die SAU. Hy is in Zebediëla gebore en het daar begin skoolgaan. Hy het hoërskool in Meadowlands, Soweto, bygewoon. Alex begin in 1984 by die Suider-Unie in Johannesburg werk. In 1992 kom hy na die SAU in Bloemfontein. Hy is met Thobeka getroud en hulle het drie kinders. Alex geniet dit om passasiers te vervoer en wil almal, veral sy gesin, gelukkig sien.

Petrus Maphakonyana werk sedert 2009 by die SAU en sorg dat die tuine pragtig lyk. Hy is in Bloemfontein gebore en het Moemedi Hoërskool bygewoon. Hy wil graag eendag ʼn polisieman word. Petrus hou daarvan om mense te bemoedig. Hy wil sy moeder se welsyn verseker en graag sien dat hulle almal in Gods koninkryk gered word.

Simon Monaheng werk sedert 2001 in die Instandhoudingsdepartement by die SAU. Hy is in Fauresmith gebore en het ook daar skoolgegaan.Simon is met Trish getroud. Hy geniet sy werk en sal graag wil sien dat almal gelukkig en tevrede kan saamlewe.

Elias Moepi werk sedert 2004 in die Instandhoudingsdepartement by die SAU. Hy is in Dewetsdorp gebore en het ook daar skoolgegaan. Hy is met Seekoei getroud en hulle het twee volwasse kinders. Sy hartewens is dat sy hele gesin gereed en wagtend sal wees wanneer Jesus terugkom.

Page 6: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

6

Ida Ramohomana werk sedert 1998 as Skoonmaker (Fasiliteite) by die SAU. Sy is in Fauresmith gebore en het in Jagersfontein skoolgegaan. Ida het drie kinders en wil graag by die SAU werk tot sy die dag aftree.

Masabata Ramohomana werk as Skoonmaker (Fasiliteite) by die SAU. Sy is in Jagersfontein gebore en het in Bloemfontein skoolgegaan. Haar eerste werk was by ʼn versekeringsmaatskappy in Bloemfontein waar sy kelnerin was. Masabata wil graag met God aan haar sy oud word.

Nthabeleng Belebesi werk sedert 2010 as Skoonmaker (Fasiliteite) by die SAU. Sy is in Sterkspruit, Oos-Kaap, gebore. Haar eerste werk in Bloemfontein was dié van kelnerin by Ilanga Estate. Sy help graag ander mense en hoop om verder te studeer in Verpleegkunde.

Shadrack Motseki is sopas as Nutsman in die Instandhoudingsdepartement by die SAU aangestel. Hy is in Bloemfontein gebore en het in Kaapstad skoolgegaan. Sy eerste werk was by Kaap Saab, waar hy bestuurder van motorkarre was. Hy is met Lizelle getroud en hulle het drie seuns. Hy wil graag hê dat sy seuns goed sal lewe en hard sal studeer, ook dat sy hele gesin gereed sal wees wanneer Jesus weer kom.

Steven Halter is sopas as Nutsman in die Instandhoudingsdepartement by die SAU aangestel. Hy is in Brandfort gebore en het in Botshabelo skoolgegaan. Hy werk aanvanklik by Spoornet. Steven geniet die werk wat hy nou by die SAU doen. Hy het God lief en wil graag gereed wees wanneer Jesus ons kom haal.

Elsie Wessels – ons eie “selebriteit”

Elsie Wessels is ʼn lid van die Loerie Parkkerk in George. Sy geniet dit nog om kerk by te woon en met haar vriende te gesels. Op 21 Julie 2011 het sy 95 jaar oud geword. Sy sê, haar geloof in God en haar sin vir humor hou haar jonk. Elsie (Ella) Maria (geb Grobler) is ons eie “selebriteit”. Sy was met John William (Willie) Wessels getroud. Willie was die seun van Jan (Bril) Wessels. Jan was die seun van die welbekende Pieter Wessels. Twee seuns is uit hierdie huwelik gebore – Pieter (oorlede) en Johan.

Urma Williams, Loerie Park, George

Alex NkunaHULPPERSONEEL

Petrus Maphakonyana HULPPERSONEEL

Simon Monaheng HULPPERSONEEL

Elias Moepi HULPPERSONEEL

Ida Ramohomana HULPPERSONEEL

Masabata Ramohomana HULPPERSONEEL

Ntabeleng BelebesiHULPPERSONEEL

Shadrack Motseki HULPPERSONEEL

Steven Halter HULPPERSONEEL

Page 7: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

7

Seniors is ons steunpilareGeneem uit TygerBurger (Marana Brand van Hulsteyn) en TygerTalk (Vennessa Scholtz), Woensdag, 20 Julie 2011.Tydens ʼn groot geselligheid, ‘Christmas lunch in July’, van die Tygerberg-dienssentrum en Meals on Wheels op 19 Julie by die Edgemead-gemeenskapsaal, is alle betrokkenes vir die sukses van dié sentrum hartlik bedank.Skenkers, vrywilligers, amptenare van Meals on Wheels se plaaslike en nasionale kantore, verteenwoordigers van die department van maatskaplike dienste, raadslede, borge en vele meer het die goed-georganiseerde geleentheid bygewoon.Die Kaapstadse burgermeester, Patricia de Lille, het die heerlike kuier bygewoon en die senior burgers bedank vir hulle aandeel in die mooi land wat hulle help opbou het. “Dit is iets waaraan ons altyd erkenning moet gee. Dankie dat julle ons in hierdie wêreld gebring het om na julle nalatenskap te kyk.”Sy het na ʼn staaltjie verwys wat emeritus-aartskop Desmond Tutu vertel het. Hy het gesê, baie ouers los hulle kinders by ouma en oupa wanneer hulle gaan werk om hul brood te verdien. “Die dag as oumas en oupas staak, sal die land se ekonomie tot stilstand kom!” het sy onder ʼn gelag gesê. “Daarom sê ons baie dankie omdat julle steeds tot die samelewing bydra.”Sy het Meals on Wheels bedank vir hulle goeie werk en gesê sy kan sien die seniors is gelukkige mense. Onder luide toejuiging het sy die seniors goeie gesondheid, sterkte en Gods seën toegewens. In haar voorlegging het Drina Engelbrecht, nasionale direkteur van Meals on Wheels (MoW), die gehoor oor MoW se geskiedenis van 47 jaar ingelig, met spesiale fokus op die Tygerberg-dienssentrum, wat nou 42 jaar oud is. Die nasionale instelling het in die 2009/2010-tydperk landwyd 10,15 miljoen etes aan bejaardes, kwesbares, gestremdes en ander

minderbevoorregtes verskaf, terwyl die syfer in 2005/2006 op 3,7 miljoen gestaan het. “Ons sal bly groei, omdat die behoefte altyd daar is en steeds bly toeneem.” Sy het haar trots met die bydrae van die Tygerberg-sentrum uitgespreek en hulle geloof vir die feit dat hulle nie net etes verskaf nie, maar ook eensaamheid en vereensaming van bejaardes teenwerk.

Boonop lewer die sentrum ook verskeie ander dienste soos tuisbesoeke, basiese mediese dienste, vervoerdienste, kerkdienste, vermaak en die beoefening van stokperdjies. Sy het daarop gewys dat die sentrum basies R1 per ete van die nasionale kantoor ontvang. Die res moet alles van donateurs af kom. Die sentrum bedien ook Khayelitsha, Bellville-Suid, Parowpark en die kinderkliniek by Tygerberg Hospitaal.

• Mense wat die Tygerberg-dienssentrum wil help of inligting verlang, kan Linda Louw (bestuurder) by 021 939 4043 skakel.

By die Tygerberg-dienssentrum se ete vir bejaardes in die Edgemead-gemeenskapsentrum was Norman Ryan (direkteur: Meals on Wheels Wes-Kaap), Linda Louw (bestuurder: Tygerberg-dienssentrum), burgemeester Patricia de Lille, Lwandiso Stofile van die burgemeesterskantoor, Effort Bhebe (nasionale finansiële direkteur:

Meals on Wheels), en Drina Engelbrecht (nasionale direkteur: Meals on Wheels). Fotograaf: Carina Roux, TygerBurger

Page 8: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

8

VERSLAG OOR KERKBOU IN LESOTHOAgt jeugdiges van die Suid-Kaap (George, Hartenbos, Sedgefield, Willowmore) het op 30 Junie 2011 onder die leierskap van ler Servaas Viljoen uit George vertrek om deel te neem aan ʼn Maranatha-projek. Hulle sou help om ʼn kerk te bou in die klein gehuggie Ha-Molipha in Lesotho. Hulle het ook ʼn sleepwa gepak met komberse en klere om aan die armstes in Lesotho uit te deel.

Met hul terugkeer op die 10de Julie was dit duidelik dat hierdie ondervinding hulle lewens verander het. Volwassenes wat saamgegaan het, was ler Servaas Viljoen, Ockie Fourie, Buks Prinsloo, Gloria Harker (van George) en Johnsy Posthumus – al die pad van Kalifornië in die VSA.

Die plaaslike mense het die jeugdiges tipiese Sotho name (verskyn tussen hakies) gegee. Dié van George was Lyle (Mpho beteken “Geskenk”) Lennox, Ashley (Lerato beteken “Liefde”) Wragg, Grant (Mnani beteken “Oulik”) Wragg, Montana (Tsepang beteken “Glo:) Fenton, Daniella (Mosa beteken ”Vriendelikheid”) Malgas. Van Hartenbos: Donald (Thabo beteken “Geluk”) Smith. Van Sedgefield: Danielle (Botle beteken “Pragtig”) Davidson. Van Willowmore: David (Tsepo beteken “Geloof”) Tainton. Van Heidelberg, Gauteng: Michelle (Dineo beteken “Baie Gawes”) Harmse. Van Kalifornië: Madelyne (Sediba beteken “Lente”) en Nadine (Palesa beteken “Blom”) Posthumus.

Na hierdie uitreikingsprojek het die groep hul ondervindings met ons naburige kerke gaan deel.

Ek het hulle ʼn paar vrae gevra en hier is van hulle antwoorde:

Vraag: Hoekom wou jy graag deel wees van die span wat kerke in ʼn ander land sou gaan bou?

Lyle: Die woord “span” beskryf ʼn groep mense wat saamwerk om ʼn spresifieke doel te bereik. Ons span het daarin geslaag om dit te doen. Ek was oortuig dat ons span die taak sou kon uitvoer en dit is hoekom ek deel wou wees van die span. Ek het in elke individu geglo en ook in ons Kaptein, Jesus Christus, ons Heer en Verlosser.Gloria: Sedert ek “Mission Brother” op Hope-kanaal kyk, brand die begeerte in my om deel van so ʼn groep te wees, waar ek my tyd, geld en kundigheid kan bydra.Grant: Die rede waarom ek deel van ʼn kerkbouspan in ʼn ander land wou wees, was om die ondervinding van ʼn leeftyd op te doen. Ek was ook oortuig dat God wou hê ons moes help om die gemeenskap se gebed vir ʼn kerk te help beantwoord. Ek was nog nooit deel van ʼn kerkbouprojek nie en het gedink dit sou wonderlik wees.Daniella: Vandat ek as klein dogtertjie na sendingverhale luister, wou ek gaan sendingwerk doen. Toe hierdie geleentheid hom voordoen, wou ek deel van die groep wees. Ockie: Dit was die eerste keer dat ek so ʼn wonderlike geleentheid gekry het en het dit met albei hande aangegryp.Ashley: Ek wou graag deelneem aan hierdie kerkbouprojek in ʼn ander land want dit het gevoel asof God dit wou hê. Ek wou nog altyd ʼn vrywillige sendeling wees en hierdie geleentheid, saam met my beste vriende, kon ek nie laat verbygaan nie. Dan is ek ook baie geïnteresseer in ingenieurswese en hierdie ondervinding sou in my kraal val. Ek was ook oortuig dat dit my verhouding met die kerkjeug, wat die ondervinging sou meemaak, sou verstewig.

Vraag: Was dit opwindend om jou paspoort by die grens te gebruik?

Lyle: Om uit ʼn mens se gemaksone te beweeg, laat jou skrikkerig voel, maar is altyd pret. ʼn Paspoort is soos ʼn sleutel en daarom voel jy belangrik as jy dit kan gebruik om uit jou gemaksone te tree in ʼn plek wat jou hulp nodig het.Gloria: Ja, en wat my veral opgeval het, was die vriendelike personeel wat selfs ʼn poging aangewend het om my op my naam te noem.Grant: Dit was opwindend om my paspoort by die grens te gebruik en dit was wonderlik om stempels op die eerste bladsy te kry. Ek kon nie wag om te sien of die mense se optrede in Lesotho sou verskil van dié van die mense in Suid-Afrika nie. Ons is nie toegelaat om foto’s te neem by die grenspos nie, ek weet nie hoekom nie, maar dit was interessant om die Sotho-mense te sien en hoe hulle aantrek.Danella: Dit was my eerste keer om die land te verlaat en ek was trots op my groen Suid-Afrikaanse paspoort.Ockie: Ek kon sien hoe ons vir ure by die grenspos wag, maar tot my verbasing het alles vlot verloop.Ashley: Dit was baie opwindend om my paspoort by die grens te gebruik. Ek het volwasse en onafhanklik gevoel. Dit was die eerste keer wat ek my paspoort gebruik het, ʼn heerlike ondervinding, en ek sal dit graag weer wil doen.

Vraag: As jy Lesotho en Suid-Afrika moes vergelyk, wat is die grootste verskil?

Lyle: Die grootste verskil tussen SA en Lesotho word in die ou cliché saamgevat, “jy besef nie wat jy het voordat dit verdwyn nie”. Die mense in Lesotho is brandarm en hulle weet wat hulle het. Baie dinge wat ons as vanselfsprekend beskou, is net nie daar nie. Dit is waarom hulle so taai is en ʼn warm verwelkomende lewensuitkyk het. Dit, dink ek, is die groot ding wat ons as Suid-Afrikaners van hulle kan leer – om te weet wat ons het voordat dit verdwyn en om te leer om mense wat ons land binnekom, te verwelkom.

Page 9: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

9

Gloria: Wat my opgeval het, was die uitgestrekte ongerepte landskap, die vrede en vreedsaamheid, die onbesoedelde lug en die absolute minimum waarmee die mense tevrede is.Grant: Die verskil tussen Lesotho en Suid-Afrika is die skokkende hoeveelheid vullis (erger as in Suid-Afrika) en die vuilgoedhope net waar jy kyk. In Lesotho lê daar afvalmetaal orals rond en niemand stel daarin belang om dit verkoop om geld te maak nie. Die winkels in Suid-Afrika is baie beter as dié in Lesotho.Danella: Toe ons Lesotho binnegaan, was dit asof daardie mense baie het om in te haal om ons moderne standaard te bereik. ʼn Mens ruik egter gou die skoon vars lug en daar is geen karre wat verbyjaag nie.Ockie: Hier het alles sy eie tyd – daar is geen haas nie.Ashley: Vir my is die groot verskil tussen Lesotho en Suid-Afrika dat die Sotho’s hul paar besittingkies waardeer en besef hulle het nie geld nodig om gelukkig te wees nie. Nieteenstaande hulle lewensomstandighede sal hulle altyd met ʼn pragtige glimlag en gewuif van die hand groet.

Vraag: Wat moes julle die eerste dag doen?

Lyle: Daar was stukkies en brokkies wat ons op Sondag moes klaarmaak voordat ons kon begin werk. Ons moes onder andere ʼn groot houer skoonmaak. Ons het ook vir die pasiënte in Maluti Hospitaal gaan besoek en vir hulle gesing.Gloria: Op die perseel waar ons gebly het, was daar ʼn houer vol boumateriaal en gereedskap wat ons moes uitpak en weer mooi netjies terugpak vir die volgende dag, toe die harde werk sou begin.Grant: Ek is as leier van vervoer en gereedskap aangestel. My werk was om te verseker dat ons al die gereedskap het vir die bou van die kerk en dat almal in die regte karre was en veilig na en van ons blyplek vervoer is. Na elke dag se harde werk moes ek ook sorg dat die karre skoon en gesluit is.Danella: Ons het die geleentheid gehad om met die plaaslike mense kennis te maak en te gesels, maar moes ook regmaak vir die volgende dag se ernstige werk. Ons het die blaaskansie na die lang rit en die min slaap van die eerste nag terdeë geniet.Ockie: Ons het by Maluti Hospitaal gebly en ek het ʼn klouterraam vir die hospitaalkinders reggemaak.Ashley: Op die eerste dag moes ons ʼn houer met boumateriaal uitpak en netjies oorpak sodat dit maklik verkrygbaar en in werkende toestand was vir wanneer ons dit by die bouperseel nodig sou kry. Ek was ook in beheer van die finansies vir hierdie sendingtoer.

Vraag: Vertel my van ʼn ondervinding op hierdie toer wat jou sal bybly.

Lyle: Die ondervinding om vriende te maak en my verhouding met my jong mede-gelowiges sowel as met die Here te versterk, is geskep deur die werk en speel in Lesotho. Ek dink dit sal my lewenslank bybly, want ons is nou vir altyd vriende. Dit was ook een van die eerste kere dat ek geloof prakties ondervind het.Gloria: Die bou van die kerk sal die gemeenskap altyd aan my herinner, want hulle het my die naam “Khopotso” gegee, wat “Herinnering” beteken. Ek was die oudste in die groep en ek dank God vir my liggaamlike fiksheid en gesondheid.Grant: Ek sal nooit die dag vergeet toe ek en my vriende in die berg gaan stap en deur yswater tot by die middel sonder kouse of skoene geloop het nie. Ek het die geselskap van die meisies op die toer baie geniet. Dit was heerlik om vriende van Amerika weer te sien en ek het my verhouding met die een meisie, wat altyd ʼn vriendin was, verstewig. Op die ou einde was die ongelooflike besienswaardighede die wonderlikste van alles. Dit was heerlik om hierdie ondervinding van ʼn leeftyd saam met my beste maats te kon meemaak.Danella: Onthou, ons is van Suid-Afrika en om saam met my vriende die sneeu te sien en daarin te speel, was onvergeetlik.Ockie: Hierdie jongmense se gewilligheid om so hard te werk, was ongelooflik. Blywende vriendskappe is gesmee. Om die dankbare gesigte van die plaaslike inwoners te sien, het my hart verbly en ek voel so geseën omdat ek ʼn verskil in ander se lewens kon maak.Ashley: Iets wat my vir altyd sal bybly is, hoe ek en my maats saamgewerk het - selfs in moeilike tye. Ons het ons verhoudings om God gebou en het die heerlikste tyd van ons lewe gehad! Die vriende wat saam met my op die Lesotho Sendinguitreiking was, sal altyd my kosbaarste vriende bly en die wonderlikste ding is dat hulle almal Sewendedag-Adventiste is.

Vraag: Sou jy die jeug aanmoedig om volgende jaar weer so ʼn sendingtoer te onderneem as die geleentheid hom sou voordoen?

Lyle: Ek glo ek is nog een van die jeug en ek sal beslis enigiemand wat graag voluit wil leef, aanraai om te gaan. Die kameraadskap en die mense se gesigsuitdrukking nadat jy vir hulle iets gedoen het, is iets om te ervaar.Gloria: Ja, natuurlik. Ek is seker dit sal ʼn ervaring wees wat die lewe die moeite werd sal maak, net soos dit vir my was.Grant: Ek sal beslis die jeug aanmoedig om weer volgende jaar so ʼn toer te onderneem, as hulle die geleentheid sou kry. Ons word versterk as ons saam is en ons het nodig om met ander mense te praat en Gods Woord regdeur die wêreld te versprei. Om op sendingtoere te gaan, gee inspirasie.Danella: Ek sal die eerste een wees wat my vriende sal aanmoedig om dit te doen.Ockie: Sonder enige twyfel – spring daarvoor! Jy sal nooit spyt wees nie.Ashley: As ek weer die geleentheid sou kry, sal ek beslis wil gaan! Ek is seker my vriende sal nie aanmoediging in die toekoms nodig hê nie, maar in geval hulle nie kans sien nie, sal ek meer as gewillig wees om hulle aan te spoor om van plan te verander.

Urma Williams, Loerie Park

Page 10: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

10

INHULDIGING VAN DIE HELDERBERG PRESIDENT, DR PAUL SHONGWE MAANDAG, 25 JULIE 2011

Die dag het begin met ʼn sterk suidooster vanaf die Helderbergreeks, tóé onder die wolke en ʼn motreën – dit was ʼn nat, koue dag. Die verrigtinge van die dag was goed beplan, met omtrent twee ure vir die inhuldigingseremonie. Daarna sou spesiale en genooide gaste saam met die president en sy vrou in die raadsaal bymekaarkom vir persoonlike gelukwensing en beste wense. ʼn Geselligheid vir die fakulteit en personeel om die Shongwe’s te ontmoet en die vorige president, Dr Leseli, en die vise-president finansies, Mnr Eric Odendaal, totsiens te sê, is vir die aand beplan. Om tienuur het die akademici in die voorportaal van die ouditorium bymekaargekom en die fakulteit in hul kleurvolle regalia het op die verhoog plaasgeneem, met die deelnemende party en ʼn paar eregaste in die voorste ry. Die visepresidente het nou hul eie spesiale Helderberg Kollege regalia - nie hule eie akademiese drag nie - wat hulle op spesiale geleenthede dra. Dr Letseli is tans die Kanselier van die Kollege en hy het op die spesiale Kanselierstoel gesit.

Hy het almal amptelik by hierdie heuglike geleentheid verwelkom. Dr Letseli is Kanselier uit hoofde van sy amp as President van die Suider-Afrika Uniekonferensie en hierdie is die enigste Kollege in hierdie Unie. Dr Eddie Appollis, kapelaan van die Kollege, het die openingsgebed gedoen. Die geleentheidspreker is deur Ler Trevor Kunene, sekretaris van die Suider-Afrika Uniekonferensie, voorgestel. Dit was Dr Papu, Ministeriële Sekretaris van die Suid-Afrika - Indiese Oseaan Divisie. He het nadruk gelê op die feit dat Dr Shongwe die 13de president van Helderberg Kollege is en dit het allerhande interessante vergelykings opgeroep. Hy het die president vergelyk met Salomo, wat nie skaam was om te sê dat hy beter as sy voorgangers wou wees nie, dus moet die president beter as all die vorige presidente wees. Die Helderbergkoor en ʼn mannegroep het twee pragtige spesiale musiekuitvoerings gegee. Daarna is die president deur die Kanselier ingehuldig en die opdrag is deur Dr Gerald du Preez, Direkteur van Opvoedkunde van die Suider-Afrika Uniekonferensie, voorgelees. Die President is gevra om om sy akademiese drag uit te trek en die nuwe regalia van die President van die Kollege is aan hom oorhandig. Hy het dit vir die res van die verrigtinge gedra.

Dr Shongwe het die Kerk gedien as leraar, jeugdirekteur en visepresident Studente Aangeleenthede en Openbare Betrekkings van 1083 tot 1999. Daarna het hy die korporatiewe wêreld betree en vir tien jaar in verskeie banke gewerk, insluitende Standard Bank, NedBank, die Peoples Bank en as HUB van Mobux Holdings. Hy dien ook as trustee en raadslid vir ʼn hele paar opvoedkundige en ontwikkelingsprojekte. Sy ondervinding in die korporatiewe wêreld gee hom die geleentheid om met baie invloedryke mense in politieke en sakekringe te skakel. Al hierdie kennisse sal hom goed te staan kom terwyl hy die Kollege na groter hoogtes voer.

Die president het op die opdrag gereageer en ook sy visie vir die Kollege uitgestippel. In sy rede het hy iets baie belangrik gedoen – hy het twee personeellede vereer. Die eerste was Berenise Peffer, ʼn dame wat fisies uitgedaag is en met krukke loop. Sy is een van die bibliotekarisse. Sy is spesiaal genoem en vereer vir die werk wat sy doen en ook vir haar deelname in die aktiwiteite van die Kollege ten spyte van haar uitdaging. Die tweede persoon wat erkenning gekry het, was Mev Rebecca Joubert, sy baie knap sekretaresse. Sy is in baie opsigte die gom wat alles bymekaar hou en dinge by die Kollege vlot laat verloop. Die president het ook eer betuig aan sy moeder wat van Johannesburg gevlieg het en in die gehoor teenwoordig was. Hy het erkenning gegee aan sy drie kinders en sy vrou and hulle het by hom en sy moeder op die verhoog aangesluit. Mev Shongwe, wat langs haar man op die verhoog gesit het, het ʼn pragtige ruiker van die Kollege ontvang. Mev Injety, vrou van die visepresident akademiese administrasie, het die ruiker aan Mev Shongwe oorhandig.

Twee van die visepresidente het boodskappe van gelukwensing van mense regoor die wêreld voorgelees. Die president is gelukgewens deur die president van die Studentevereniging, Mej S. Smit. Sy en ʼn ander student het ʼn spesiaal versierde koek vir die geleentheid aan Dr Shongwe oorhandig. Voormalige presidente van die Kollege is die geleentheid gegee om hul gelukwense uit te spreek. Dit het my ingesluit, wat die langste diens aan die Kollege gelewer het, naamlik 17 jaar. Opnames van boodskappe deur Dave Allen en Gary Ross is voorgespeel en is gevolg deur ʼn boodskap van Dr Gerald du Preez. Die tweeuurlange inhuldigingseremonie is afgesluit met die sing van die Kollegelied en ʼn slotgebed deur ler Francois Louw, die vorige Uniepresident, tans die HUB van Vista Kliniek in Pretoria.

Die genooide gaste is in die Kollege Raadsaal onthaal en die studente het verversings in die gimnasium geniet. So het ʼn onvergeetlike dag in die geskiedenis van die Kollege tot ʼn einde gekom. Dr Shongwe is ten volle ingehuldig en hy dra van nou af die verantwoordelikheid! Hy is die dertiende president van Helderberg Kollege, wat sy deure op hierdie kampus in 1928 oopgemaak het, en die 27ste president in die volle geskiedenis van die kollege wat as Union Kollege in 1893 begin het, en gevolg is deur Spionkop Kollege in 1919. Union Kollege is die eerste SDA kollege wat buite Noord-Amerika gevestig is. Lees gerus meer hieroor in my toespraak wat hieronder verskyn.

Page 11: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

11

TOESPRAAK TYDENS INHULDIGING

Mnr die President en Mev Shongwe, Mnr die Kanselier en Raadslede, spesiale en eregaste, fakulteit en personeel, studente, Dames en Here, dit is vir my ʼn groot eer om ʼn paar woorde met u te wissel tydens hierdie heuglike geleentheid van u inhuldiging as President van Helderberg Kollege. Ek het die unieke voorreg gehad om onder en met u en as kollega van die laaste elf presidente, rektors, prinsipale van Helderberg Kollege te werk, oor ʼn tydperk van 62 jaar! Ek het in 1949 as ʼn st 8-leerling na Helderberg gekom. Destyds was die bestuur van die Laerskool, Hoërskool en Kollege onder dieselfde administrasie. Hierdie leiers het elk sy eie persoonlikheid, gawes en talente gehad om die vereistes van die presidensie na te kom, maar hulle het ten minste twee dinge in gemeen gehad. Hulle het dit as ʼn roeping beskou, ʼn unieke goddelike roeping om betekenis te gee aan die visioen wat hulle ontvang het en tweedens, hulle het geglo aan die Filosofie van Christelike Opvoeding soos uiteengesit in EG White se boek Opvoedkunde. Dit is hierdie filosofie van opvoedkunde wat die SDA-kerk in staat gestel het om vandag die grootste protestantse opvoedkundestelsel ter wêreld te hê. Mnr die President, ek weet u beskou hierdie aanstelling van President as ʼn roeping en nie net ʼn werk nie. Hierdie roeping gee u rigting en doel in alles wat u doen; dit gee betekenis aan die visioen wat u vir Helderberg-Kollege het. Ek het u as student in die tagtiger jare leer ken toe u die Andrews Universiteit se uitbreidingskursus bygewoon het om ʼn MA-graad te verwerf. Ek het die geleentheid gehad om te sien hoe u as jeugdirekteur in die Suider-Afrika Uniekonferensie in die negentiger jare die leiding neem en dit het my oortuig om u as Direkteur van Studentesake en Openbare Betrekkings in 1995 na hierdie kampus te beroep. Dit was my laaste jaar as Rektor van Helderberg-Kollege. U het uitstekend in daardie posisie gevaar. Daarna is u vermoëns en talente in die korporatiewe wêreld geslyp, wat u nou in ʼn baie gunstige posisie plaas om die Kollege voorwaarts en na groter hoogtes te voer.

Mnr die President, ek wil u graag ʼn verhaaltjie vertel. ʼn Groep bergklimmers wou ʼn sekere piek van ʼn hoë bergreeks aandurf. Hulle het hierdie piek van hul hotel gesien en toe die dag reg en die weer gunstig was, besluit hulle om te begin klim ten spyte van die feit dat die piek elke af en toe agter die mis verdwyn het. Hulle wou egter soontoe gaan. Daar was klein hopies klippe wat vorige klimmers aan die rant van die voetpadjie as bakens opgestapel het. Nadat hulle vir ʼn paar ure geklim het, kom hulle by ʼn plek waar hulle ʼn bietjie asem kon skep. Tot hulle ontsteltenis ontdek hulle daar dat die bakens in plaas van op, af gewys het. Toe was daar groot verwarring, want die piek het ook agter die mis verdwyn. Sommige het gedink om die bakens te ignoreer en steeds boontoe te beweeg. Ander was van mening dat hulle eerder die bakens, wat ander vir hulle daar gelaat het, moes volg. Uiteindelik het die leier die groep oortuig om die bakens te volg, want klimmers sal mekaar altyd help en die bakens het daarvan getuig. Onwillig het hulle die pad ondertoe gevolg and na ʼn halfuur kom hulle om ʼn draai en daar sien hulle hoe die piek in al sy glorie vir hulle wink om opwaarts te gaan! Mnr die President, ek wil vandag graag ʼn paar bakens met u en Mev Shongwe deel. Voeg waarde tot die waardes wat hierdie klein Kollege groot gemaak het. Soos die HUB van Coca Cola gesê het, “Waarde het slegs waarde as daar waarde aan geheg word.” Akademiese uitmuntendheid, Hoë Akademiese Standaarde, mag nooit onder verdenking gebring word nie. Dit is nie snobisties om hoë akademiese standaarde te handhaaf nie, want dit is in die strengheid van akademiese studie dat kreatiwiteit te voorskyn tree en dit kan help om die oormaat probleme wat ons samelewing so plaag, op te los. Die Kerk en die gemeenskap neem graag graduandi van Helderberg-Kollege in diens. Die omvang van hul opleiding en hul uitkyk op dienslewering het aan baie van hulle invloedryke posisies in verskillende dele van die wêreld besorg.

Tweedens, Mnr die President, kyk mooi na u belanghebbendes – mense is u grootste bate. Hulle kan u bemagtig om u visioen te realiseer. Soms sal u dalk u gesag wil gebruik om van lastige studente, moeilike personeellede, klaende ouers en baasspelerige raadslede ontslae te raak, maar u kan nooit van u alumni ontslae raak nie – hulle is daar om u te ondersteun! Vandag is daar meer as 2 000 alumni van hierdie kollege wat saam met u bly is oor u aanstelling. Hulle belowe hul ondersteuning in die visie wat u vir die kollege het en bid vir u sukses. Onthou, dit was studente en alumni wat die Raymond Ackerman swembad vir die Kollege geskenk het, dit was alumni wat die imponerende ingang tot die Kollege laat bou het, dit was alumni was meer as 600 olyfbome laat plant het om die beursfonds te help om die opvoedkundige pogings van die Kollege te bevorder. Ek kan ʼn lang lys projekte noem wat alumni op hierdie kampus onderneem en voltooi het. Moenie u alumni oor die hoof sien nie – hulle is ʼn bate – waardeer hulle! Mnr die President, u is aangestel om hierdie Kollege na groter hoogtes te lei, om u visie te realiseer en om doelbewus te sorg vir die bakens wat hierdie klein Kollege groot gemaak het. Ons wens u alle seën van omhoog toe en bid vir u sukses. Ons sal met groot belangstelling kyk hoe die Here u en u vrou sal lei en rig, om die visie van ons dag te realiseer. Laat ons nou as ʼn gemeenskap die verlede met dankbaarheid onthou, die huidige met vreugde vier en die toekoms met vertroue tegemoet gaan!

Ek en my vrou wil ons persoonlike gelukwense voeg by die baie wat u vandag sal ontvang. Ons daaglikse gebede sal u ondersteun in die realisering van u visie. Ek sluit af met wyse woorde waaroor u kan dink. Dit is meer as 2 000 jaar gelede deur die groot Sjinese skrywer, Laozi, geskryf, “As jy mense wil lei, loop agter hulle”.

Ek dank u!David Birkenstock

Alle kwalifikasies is ten volle geakkrediteer by die Raad vir Hoër Onderwys en is geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.Sertifikaat Nr. 2001/HE08/001

DOEN VANDAG

AANSOEK

SMS “info” na

45 5 45R1.50

per SMS

Gst1893

KOLLEGE

BA Sakestudies in RekeningkundeBA Sakestudies in BestuursweseBA in KommunikasiekundeBA in SielkundeBA in Teologie

...en vele ander diploma- en sertifikaatkursusse

Page 12: Hooglied 2:11-13 - Southern Africa Union Conference MARANATHA september 2011.pdf · Sy is in Pretoria gebore, het haar skoolloopbaan daar begin en dit in die hoërskool by Bethel

12

VOORSLAGGIES – AANDAG!Sabbat, 27 Augustus, was ‘n baie spesiale dag vir die Kuilsriviergemeente. Die Voorslaggies sou die oggenddienste waarneem en die tema was “Jesus vir Almal”. Die Sabbatskool het op die volgende drie stellings uitgebrei: “Ek is aangeneem”; “Ek is geborge”; “Ek is belangrik”. Voor die erediens het die 30 kinders en hulle raadgewers in volle uniform op die maat van die militêre orkesmusiek in die gang opgemarsjeer en hul temalied van die verhoog af gesing. Al die formaliteite van gebede en aankondigings is baie knap deur die kinders behartig.

Die program is formeel deur die Voorslaggieleier, Rosemary Eager, aangekondig:

ONS IDENTITEIT IN DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES

Die Voorslaggies het ‘n toneel aangebied gebaseer op hul aktiwiteite in ‘n Voorslaggie-speelgrond, ‘’n Speelgrond vir kinders met boumateriaal om mee te bou, te klim en in weg te kruip.’ Hulle boumateriaal was die Gawes van die Gees gelys in Romeine 12:7,8. Veertien kinders het op die verhoog verskyn, een seun en een dogter op ‘n slag, en het Bybelkarakters met spesifieke gawes wat hulle bewonder het, bespreek en uitgebeeld. Vir elke gawe is daar kleurvolle ‘powerpoint’ name en prente op die skerm vertoon. Na elke gawe was daar ‘n gepaste lied vir die Voorslaggies en die gemeente om te sing.

Die sewe gawes is soos volg voorgestel:1. Profeet – Daniël, Anna, die vier dogters van Filippus, en Ellen White – “Refiner’s Fire”2. Dienskneg – Martha, Elisa – “Make Me a Servant”3. Onderwyser – Johannes die Doper, Debora – “In His Time”4. Bemoediger – Naäman se vrou se diensmeisie, Paulus – “Rejoice in the Lord Always”5. Gewer/skenker – Die verlore seun se vader, die weduwee met die oortjie – (die offergawe is deur die Voorslaggies opgeneem) 6. Leier – Lidia, Moses - “I Have Decided to Follow Jesus”7. Genadebetoner – Josef, Petrus, Dorkas.

Die program is afgesluit met die lees van Matteus 7:24-27, gevolg deur ‘n geesdriftige reaksie van die Voorslaggies – “Ons Rots is Jesus!” Ons kinders gaan sorg vir die voortbestaan van ons families en ons kerk. Laat ons die beste in hulle belê.

Ivy PetersenDie geskrewe teks vir die bogenoemde toneeltjie is vryelik beskikbaar aan enige kerk wat dit graag wil gebruik. Indien u belangstel, stuur ‘n e-pos aan [email protected].

K E N N I S G E W I N GSpesiale Sakevergadering van die Transvaal Konferensie

Kennis word hiermee gegee deur die Transvaal Konferensie Uitvoerende Komitee, ooreenkomstig Afdeling 7.4 van die Transvaal Konferensie Grondwet, dat ʼn Spesiale Sakevergadering op Sondag, 06 November 2011 gehou sal word by die Sedaven Gehoorsaal. Registrasie sal om 08:00 begin en die vergadering sal om 09:00 ʼn aanvang neem. Hierdie Spesiale Sakevergadering word byeengeroep in die lig van die besluit wat tydens die vorige gereelde Transvaal Konferensie Sakevergadering van 31 Oktober 2010 geneem was (besluit 10-18), om enige SAU besluite wat sal lei tot die volle herstrukturering van die Transvaal Konferensie, terug te bring na ʼn behoorlik saamgestelde Transvaal Konferensie Sakevergadering.

AGENDA1. Om die Suider-Afrikaanse Uniekonferensie Sakevergadering besluit van 22 November 2010 (besluit 10-33) te oorweeg, wat voorstel dat die Transvaal Konferensie en die Trans-Oranje Konferensie in een nuwe territoriaal in lyn Noordelike Konferensie herstruktureer word.2. Terugvoering te gee van die Inligtingsessies soos ingewin van die Streke.3. Verder items wat deur die Transvaal Konferensie Uitvoerende Komitee ingesluit mag word.

PRESIDENT : D C SPENCERSEKRETARIS : E M BAXEN