Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
1
HOOFSTUK 1
PROBLEEMSTELLING EN ALGEMENE ORIËNTERING
1.1 INLEIDING
Die pasiënt is die belangrikste rolspeler in die gesondheidsorgsisteem. Die
pasiënt kan egter nie as die een enkele faktor in die lewering van
gesondheidsorg binne 'n holistiese gesondheidsorgsisteem beskou word nie,
aangesien daar verskeie voorsieners van gesondheidsorg en diensleweraars
is. Die lewering van pasiëntsorg is 'n humanitêre aktiwiteit wat nie slegs die
behandeling van gesondheidsprobleme insluit nie, maar ook die voorkoming
van fisiese en psigiese siektes, die verkryging van optimale gesondheid deur
rehabilitasie asook die handhawing van 'n aanvaarbare vlak van gesondheid.
Gesondheidsorg word ook deur die pasiënt verkry deurdat hy/sy die proses
van pasiëntonderrig ondersteun ten einde selfversorgend te wees
(Christensen & Kockrow 1999:10). Die moderne medisyne,
gesondheidstelsels en -sorgdienste dra daartoe by dat groter klem geplaas
word op die rolverandering wat by die verpleegkundige plaasvind. Deur
byvoorbeeld die rol as bestuurder en voorligter te vertolk, speel die
verpleegkundige 'n rol daarin om die toekomstige gesondheidsorgstelsel te
vorm en te ontwikkel (Le Storti, Cullen, Hanzlik, Michiels, Piano, Ryan &
Johnson 1999:62).
In die onderhawige studie is daar gefokus op die rol van die verpleegkundige
in die verskaffing van pasiëntonderrig aan pasiënte wat totale
heupvervangingchirurgie ondergaan het. Vir die doel van hierdie studie word
voortaan na heupvervanging of heupvervangingchirurgie verwys. Hierdie rol
behoort ‘n sinvolle bydrae tot sodanige pasiënte se suksesvolle aanpassing in
die gemeenskap na chirurgie te lewer. 'n Hoër insidensie van heupfrakture,
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
2
kostes verbonde aan mediese sorg asook die hoër mortaliteitsyfers
veroorsaak dat behandeling 'n groot uitdaging aan gesondheidsorgdienste
stel (Yarnold 1999:36). Verdere faktore wat ‘n impak op die
gesondheidsorgsisteem het, is onder meer sosiale verandering (privaat-
versus staatsondersteunde sorg), verbeterde mediese sorg asook die
skepping van gelyke ekonomiese geleenthede vir alle kulture wat daartoe lei
dat die gemiddelde lewensverwagting van die breë bevolking verhoog word.
Dit dra onder meer daartoe by dat ouer persone wat aan degeneratiewe
toestande van die bene en gewrigte lei, chirurgie vereis wat dikwels
gewrigsvervangings insluit. ‘n Verdere tendens dui daarop dat daar ook ‘n
toename voorkom ten opsigte van jonger persone wat
heupvervangingchirurgie ondergaan as gevolg van traumatiese beserings
(veral a.g.v. motorvoertuig- en motorfietsbotsings), sportbeserings en
beserings wat tydens die uitvoering van werk voorkom. Dit sluit in
bekkenfrakture en ledemaatbeserings.
Uit die voorafgaande bespreking blyk dit duidelik dat heupfrakture en
moontlike gevolglike heupvervangingchirurgie een van die
gesondheidstoestande is wat nie net ‘n probleem vir bejaardes of ouer
persone nie, maar ook vir jonger mense, inhou. Dié vorm van chirurgie kan
egter beskou word as ‘n traumatiese gebeurtenis, wat 'n bedreiging vir
sodanige persone se fisiologiese en psigososiale toestand inhou.
Onafhanklike funksionering ten opsigte van basiese daaglikse aktiwiteite,
byvoorbeeld motorbestuur en algemene mobiliteit, kan deur oneffektiewe
nasorg en rehabilitasie beperk en nadelig beïnvloed word. Robinson
(1999:1342) is van mening dat persone wat heupfrakture gehad het dikwels
permanente vermindering in hulle funksionele status ondervind.
Ortopedie kan, volgens Powell (1986:86), beskou word as ‘n studie van die
vorm en funksie van die menslike raamwerk asook die reaksie van die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
3
liggaam op beserings van die bene, spiere, senuwees en sagteweefsel wat tot
die verlies van funksie kan lei. In aansluiting hierby stel Schoen (2000:6) dit dat
daar basies vier fokusareas in ortopediese verpleging beklemtoon
kan word, naamlik die vermindering van pyn, verbeterde pasiëntmobiliteit,
voorkoming van komplikasies en pasiëntonderrig.
‘n Verdere tendens wat voorkom, is dat pasiënte reeds op ‘n vroeë stadium na
heupvervangingchirurgie uit die hospitaal ontslaan word. Gevolglik word daar
groter klem op tuisverpleging geplaas word. 'n Faktor wat bydra tot hierdie
klemverskuiwing ten opsigte van vroeë ontslag is die koste verbonde aan
mediese sorg wat met hospitalisasie gepaard gaan. Hierdie koste-implikasie
het ‘n belangrike impak op die benadering van bestuurde gesondheidsorg.
Bestuurde gesondheidsorg behels dat vooraf toestemming vir hospitalisasie
van mediese fondse verkry moet word om sodoende die verwante kostes te
minimaliseer en beheer. Tydens hospitalisasie word die pasiënt dan ook
besoek deur die gevallebestuurder van die betrokke mediese fonds ten einde
die hospitalisasietydperk te moniteer en bestuur. Met sodanige bestuurde
gesondheidsorgbenadering word die nodigheid van mediese sorg dus beheer
reeds voordat dit nog gelewer is. Verder word daar ook aandag geskenk aan
aspekte soos hospitaaltoelating en die tipe en hoeveelheid mediese sorg wat
gelewer word. Proenca (1999: 67) is van mening dat die getal dae wat
pasiënte effektief gehospitaliseer word dramaties afgeneem het as gevolg van
die druk wat die bestuurde gesondheidsorgbenadering op die tydperk van
hospitalisasie uitoefen.
Vanweë die feit dat die pasiënt wat heupvervangingschirurgie ontvang die
hospitaal op ‘n vroeë stadium moet verlaat, kan voldoende en effektiewe
onderrig aangaande die aard, omvang en impak van die chirurgie op
sy/haartotale funksionering as essensieel beskou word. ‘n Vraag wat dus na
vore kom, is of die pasiënt voldoende onderrig voor, tydens en na die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
4
uitvoering van die chirurgie ontvang het. ‘n Verdere aspek wat aandag behoort
te ontvang is of onderrig of gebrek daaraan enige effek op die post-
operatiewe herstelfase van die pasiënt uitoefen, al dan nie, aangesien dié tipe
chirurgie 'n verandering in lewensstyl en lewenswyse kan impliseer.
1.2 PARADIGMATIESE PERSPEKTIEF
Vir die doel van hierdie studie word Orem se Selfsorgteorie as teoretiese
raamwerk gebruik. Die klem in hierdie teorie word geplaas op die persoon se
vermoë om selfversorgend te wees, om in selfsorgaksies te voorsien en
hierdie aksies op 'n konstante basis te beheer, om lewe en gesondheid te
bewaar, en om die gevolge van siekte en besering te hanteer, asook so
spoedig moontlik na besering te herstel (Polit O'Hara 1995:112). Polit O’Hara
(1995:25) omskryf Orem se benadering as "the practice of activities that
individuals initiate and perform on their own behalf in maintaining life, health
and well-being". Die basiese vertrekpunt van Orem se Selfsorgteorie is
daarop gerig om individue te lei en ondersteun om aan hul eie terapeutiese
selfsorgbehoeftes (onafhanklike funksionering) te voldoen (Polit O’Hara
1995:25).
Die hoofdoel van die studie is daarop gerig om voldoende inligting, onderrig
en voorligting aan die pasiënt as deel van die rehabilitasieproses te verskaf
ten einde hom/haar in staat te stel om tot normale funksionele aktiwiteite of so
na as moontlik daaraan terug te keer.
1.3 ONTLEDING VAN DIE PROBLEEM
Dit blyk asof die hospitalisasietydperk van pasiënte wat
heupvervangingschirurgie ondergaan in die tydperk van 1983 tot 1995 van
ongeveer 17 tot 6,3 dae verminder het (Keston & Enthoven 1998:7).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
5
Genoemde outeurs het beklemtoon dat faktore soos pre- en post-operatiewe
pasiëntonderrig tot verkorte hospitalisasie bydra en as noodsaaklik vir
suksesvolle rehabilitasie beskou word. Pasiëntonderrig behoort reeds
tydens die persoon se eerste besoek aan die chirurg te begin. Dit moet met
toelating tot die hospitaal en selfs tot en met ontslag deel van ‘n voortgesette
onderrigprogram vorm. In die betrokke eenheid
waar die onderhawige studie gedoen is, bestaan daar 'n inligtingstuk wat met
toelating tot die eenheid aan die pasiënte oorhandig word. Hierdie
inligtingstuk bevat egter slegs inligting aangaande die verloop van
hospitalisasie, byvoorbeeld doktersbesoeke, laboratoriumtoetse wat uitgevoer
moet word, fisioterapie en wondsorg.
Orem se teorie beklemtoon dat pasiëntonderrig moet plaasvind sodat
pasiënte tot onafhanklike funksionele aktiwiteite kan terugkeer. Pasiënte
behoort addisionele pasiëntonderrig oor basiese aspekte te ontvang,
byvoorbeeld wat met die begrip "totale heupvervanging" en bedoel word en
wat die moontlike impak van die chirurgie op die pasiënt asook gesinslede se
lewensstyl kan wees. Aandag moet geskenk word aan die feit dat die pasiënt
se mobiliteit vir ‘n sekere tydperk beperk sal word, byvoorbeeld die feit dat die
persoon na die chirurgie nie regop mag sit nie. Pasiënte, gesinslede en ander
versorgers behoort breedvoerig onderrig te ontvang oor die rede waarom
sodanige aktiwiteite beperk word ten einde dit nie slegs te begryp nie, maar
ook insig te toon betreffende die aard, omvang en impak hiervan op die
rehabilitasieproses. Dit kan tot beter samewerking en motivering tot deelname
aan die rehabilitasieproses lei. Sonder samewerking en motivering kan die
probleem ontstaan dat pasiënte nie werklik besef dat daar aanpassings ten
opsigte van hulle lewenswyse moet plaasvind nie, veral gedurende die eerste
ses weke na chirurgie en in sommmige gevalle selfs op ‘n permanente basis.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
6
Ignatavicius, Workman en Mishler (1999:400) het die belangrikheid van die
arbeidsterapeut as lid van die rehabilitasiespan beklemtoon. In
ooreenstemming hiermee het Powell (1986:86) gemeld dat die
arbeidsterapeut in samewerking met die verpleegkundige ‘n belangrike rol
tydens die rehabilitasieproses speel deur onder meer betrokke te wees by die
beroepsberaming van die pasiënt. In die gevalle waar ‘n pasiënt van ‘n
hoërisiko- arbeidsmilieu, byvoorbeeld dié van ‘n vakman kom en waar daar
fisiek baie van die pasiënt vereis word, kan daar wel 'n verwysing na die
arbeidsterapeut gereël word.
Rehabilitasie word deur Ignatavicius et al (1999:400) as 'n aktiewe, dinamiese
proses beskou met die uiteindelike langtermyndoel om die individu tot
funksionele terugkeer na die omgewing te lei. Volgens dié outeurs sluit
rehabilitasie egter 'n spanbenadering in deurdat die ortopediese chirurg,
verpleegkundige, fisioterapeut, arbeidsterapeut asook die pasiënt en die
gesinslede daarby betrokke is. Rehabilitasie word verder beskou as 'n
kreatiewe proses wat reeds tydens die aanvang van die siektetoestand of
besering ‘n aanvang behoort te neem. Dit behoort voorts deur die totale
herstelfase te strek ten einde die pasiënt te lei om suksesvol aan te pas by
die veranderings wat met die siekte/besering gepaard gaan. Die genoemde
outeurs impliseer dat die rehabilitasieproses nie effektief geïmplementeer
word as pasiëntonderrig nie ‘n integrale deel van die pasiënt se totale
siekteverloop en rehabilitasieprogram vorm nie (Ignatavicius et al 1999:400).
Deur pasiëntonderrig as deel van die rehabilitasieproses te beskou kan ‘n
holistiese en omvattende verpleegsorgprogram daargestel word.
1.4 PROBLEEMSTELLING
Aangesien dit wil voorkom asof sommige pasiënte wat
heupvervangingchirurgie ondergaan nie werklik besef watter impak dit op hul
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
7
lewenswyse kan hê nie, is die belangrikheid van pasiëntonderrig na
heupvervangingchirurgie bestudeer. Verder wil dit voorkom asof sommige
pasiënte ook nie die erns en belangrikheid van hulle aktiewe deelname aan
die rehabilitasieproses begryp nie. Die chirurgie kan enersyds ’n pasiënt se
lewenskwaliteit ten opsigte van pyn en mobiliteit verbeter, maar andersyds kan
dit van ‘n pasiënt vereis om intensief betrokke te wees by die
behandelingsprogram ten einde die sukses daarvan te verseker. Die
belangrikheid van die betrokkenheid van die pasiënt asook die gesin en/of
versorger by die rehabilitasie vorm ‘n integrale deel van die spanbenadering
tot die proses. Daar moet egter deurentyd seker gemaak word dat beheer oor
die kwaliteit en kwantiteit van onderrig uitgeoefen word om enige
onduidelikhede, onsekerhede en dubbele boodskappe te minimaliseer.
Pasiëntonderrig behoort ook tydens die pre- en post-operatiewe fases plaas
te vind. Daar word dus aandag aan aspekte soos die chirurgiese prosedure
gegee. Post-operatiewe pasiëntonderrig kan weer aspekte soos mobilisasie,
moontlike komplikasies wat kan voorkom en voorsorgmaatreëls wat toegepas
moet word insluit.
1. 5 DOEL VAN STUDIE EN NAVORSINGSVRAE
Die doelstelling van die studie is om behoeftes ten opsigte van
pasiëntonderrig te bepaal ten einde die rehabilitasieproses van
heupvervangingchirurgie pasiënte te bevorder.
Die doelwitte van die studie is drieërlei. Eerstens is dit om te bepaal watter
pasiëntonderrig tydens die pre- en post-operatiewe fases verskaf is aan
pasiënte wat heupvervangingschirurgie ondergaan het. Tweedens is dit om
vas te stel wat pasiënte se behoeftes in dié verband is. Derdens is dit om
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
8
aanbevelings te maak ten opsigte van ‘n inligtingstuk wat reeds tydens die
eerste besoek en bespreking van chirurgie aan pasiënte gegee kan word.
Ten einde duidelikheid oor die studierigting te verkry, is die volgende
navorsingsvrae ontwikkel om die navorsing te rig:
- Watter pre- en post-operatiewe onderrig is wel ontvang deur die
pasiënt wat heupvervangingchirurgie ondergaan het?
- Watter onderrig is nie ontvang deur die pasiënt wat
heupvervangingchirurgie ondergaan het nie en wat dus as gapings of
tekorte beskou kan word?
- Watter belangrike inligting moet in die inligtingstuk vervat wees?
1.6 METODES EN PROSEDURE
Navorsing kan beskou word as die spil waarom alle wetenskapsbeoefening
draai en behels die toepassing van verskillende navorsingsmetodes in die
wetenskaplike proses. Fouché en Delport (2002:81-82) asook Mouton en
Marais (1990:20-25) meld dat wetenskaplike navorsing kwalitatief of
kwantitatief van aard kan wees. Vir die doel van die studie word kwantitatiewe
navorsing en wel nie-eksperimentele navorsing gebruik. ‘n Beskrywende
benadering word as navorsingstrategie toegepas.
Kwantitatiewe navorsing beklemtoon die versameling, tabulering en
analisering van data op numeriese wyse om sodoende navorsingsvrae te
beantwoord (Fitzpatrick 1999:45). Beskrywende navorsing is gebruik ten
einde omvattende inligting van veranderlikes rakende die huidige praktyke te
verkry. Hieruit is beramings, beplannings en implementerings van
gesondheidsvoorsiening gemaak (Crookes & Davies 1998:127). Dié tipe
navorsingsmetode word gebruik om kenmerke van 'n spesifieke groep met 'n
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
9
spesifieke kenmerk te ondersoek, naamlik pasiënte wat
heupvervangingchirurgie ondergaan het (Crookes & Davies 1998:128).
1.6.1 Populasie
Volgens Brink (1996:132) dui populasie op die totale getal gevalle wat
voldoen aan ‘n bepaalde kriteria wat vir die navorser van belang is. Vir die
onderhawige studie verwys populasie na alle pasiënte wat
heupvervangingchirurgie gedurende 'n spesifieke tydperk in die ortopediese
eenheid van 'n spesifieke privaathospitaal in Gauteng ondergaan het.
1.6.2 Insluitingskriteria
Insluitingskriteria dui op 'n gemeenskaplike segment van 'n populasie wat op
een of meer kenmerk gebaseer word en wat by die populasie ingesluit word
(Strydom & Venter 2002:198) Alle pasiënte wat in die gekose ortopediese
eenheid in die spesifieke hospitaal gedurende 'n spesifieke tydperk
opgeneem is en heupvervangingchirurgie ondergaan het, ongeag ras, geslag,
ouderdom en kultuur en wat bereid was om aan die studie deel te neem en in
staat was om die vrae in Engels en Afrikaans te beantwoord, is by die
populasie ingesluit.
1.6.3 Steekproefneming
Steekproefneming word gedefinieer as elemente van die populasie wat vir
insluiting in die studie in aanmerking geneem word (Strydom & Venter
2002:199). In kwantitatiewe navorsing word gewoonlik van ewekansige
steekproefneming gebruik gemaak. Vir die doel van hierdie studie is daar
egter besluit op nie-ewekansige steekproefneming. Nie-ewekansige
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
10
steekproefneming kan deur middel van gerieflikheids-, kwota- en doelgerigte
steekproefneming gedoen word. Gerieflikheidsteekproefneming is geldig
wanneer die steekproef getrek word uit 'n deel van die populasie wat geredelik
toeganklik is. Die respondente wat in hierdie studie ingesluit is, het almal die
betrokke eenheid besoek en was dus geredelik beskikbaar. Die
gerieflikheidsteekproefneming word as gevolg van beskikbaarheid van
respondente van die beperkte en spesifieke populasie gebruik (Crookes &
Davies 1998:189, Strydom & Venter 2002:197).
Die respondente wat in hierdie studie ingesluit is, was almal pasiënte in die
spesifieke ortopediese eenheid van ‘n privaathospitaal in Gauteng en het die
chirurgiese ingreep gedurende 'n bepaalde tydperk ondergaan. ‘n
Steekproefgrootte van 20 respondente is by die ondersoek betrek. Al die
pasiënte wat binne die spesifieke tydperk vir heupvervangingchirurgie in die
betrokke eenheid opgeneem is, is genader om aan die studie deel te neem en
die eerste 20 wat bereidwillig was, is as respondente in die studie ingesluit.
Aangesien daar ongeveer 90 heupvervangingsoperasies per jaar in die
spesifieke eenheid uitgevoer word, is 20 as verteenwoordigend van die
populasie beskou. Die proses van steekproefneming word in Hoofstuk 4
(4.3.3) volledig bespreek.
1.6.4 Metode van data-insameling
Die data-insamelingsinstrument wat gebruik is, is die gestruktureerde
onderhoudskedule. Dit behels 'n persoonlike onderhoud wat met die pasiënte
aan die hand van ‘n gestruktureerde onderhoudskedule gevoer is. Deur middel
van oop-einde en geslote vrae is inligting van die respondente bekom en data
aangaande hulle siening van die pasiëntonderrig wat hulle pre- en post-
operatief ontvang het, is genoteer. Die gestruktureerde onderhoudskedule sluit
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
11
dus nie slegs ‘n ja/nee-respons in nie, maar moedig eerder verduideliking en
gesprekvoering aan (Polit O’ Hara 1995:201).
1.6.5 Etiese oorwegings
Die volgende etiese aspekte wat as belangrik beskou word, is tydens die
onderhawige studie in ag geneem (Crookes & Davies 1998:328):
- Outonomiteit. Die respondente is gehanteer as outonome individue
wat hulle eie aktiwiteite beheer. Respondente kon dus die keuse
uitoefen om aan die studie deel te neem, al dan nie. Selfs nadat
respondente aangedui het dat hul sou deelneem, het hulle steeds die
reg behou om te eniger tyd te onttrek (Crookes & Davies 1998:328).
- Volle blootstelling. Die navorser was verantwoordelik om die
respondente ten volle in te lig oor die doel asook die aard en omvang
van die onderhawige studie. Geen inligting is van respondente weerhou
nie (Polit O'Hara 1995:365).
- Ingeligte toestemming. Voornemende respondente is ten volle
ingelig oor die doel van die navorsing asook wat van hulle verwag is,
alvorens hulle enige besluit oor deelname, al dan nie, geneem het.
Ingeligte toestemming dui dus op die feit dat die respondent voldoende
inligting oor die studie voor enige besluitneming rakende deelname
ontvang het (Crookes & Davies 1998:321).
- Integriteit. Die navorsing het op 'n eerlike en openlike wyse geskied.
Die verslag is so volledig moontlik saamgestel sonder dat belangrike
inligting weerhou is. Aangesien respondente die reg op privaatheid en
vertroulikheid het, is alle inligting wat van hulle bekom is met die nodige
omsigtigheid en versigtigheid gehanteer ten einde hulle identiteit te
beskerm. Vooraftoestemming is verkry van die
verpleegdiensbestuurder van die betrokke privaathospitaal waar die
respondente gehospitaliseer is (sien Bylae E). Die behandelende
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
12
geneeshere is ten volle ingelig aangaande die navorsingsprojek en het
hulle volle ondersteuning gegee.
1.6.6 Geldigheid en betroubaarheid
Aandag is aan aspekte soos geldigheid en betroubaarheid gegee. Geldigheid
verwys na die doeltreffendheid waarmee die navorsingsvrae beantwoord is.
Betroubaarheid verwys na die konstantheid van gegewens rakende dieselfde
toets, tydens verskillende onderhoude. Geldigheid en betroubaardheid word
in Hoofstuk 4 (4.5, 4.6) breedvoerig bespreek word.
1.6.7 Data-analise
Ten einde die inligting wetenskaplik te verwerk, is die gestruktureerde
onderhoudskedules statisties met die nominale dataprogram ontleed. Daarna
is dit geïnterpreteer en beskryf en in tabelle en figure weergegee. Analise
verwys na die ontleding van navorsing met betrekking tot die veranderlikes wat
gemeet is om aan te toon hoe die veranderlikes in dié data met mekaar in
verband staan, asook om die verskille tussen twee of meer groepe te beskryf.
Interpretasie is die wyse waarop verbande tussen die verbandhoudende
komponente van die navorsing beklemtoon word ten einde betekenisse te
verklaar en/of te beskryf (Odendal, Schoonees, Swanepoel, Du Toit &
Booysen 1988:47, 471).
1.7 OMSKRYWING VAN SLEUTELKONSEPTE
Verskeie sleutelbegrippe van belang vir die onderhawige studie is
geïdentifiseer, naamlik pasiëntonderrig, rehabilitasie, ortopediese verpleging,
totale heupvervanging asook die begrip heup. Dit word vervolgens omskryf.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
13
1.7.1 Pasiëntonderrig
Volgens Nel en Uys (1993:4), kan die begrip pasiëntonderrig beskryf word as
die gestruktureerde doelgerigte proses waardeur 'n pasiënt meer kennis oor
sy siektetoestand verkry om hom/haar sodoende in staat te stel om sy/haar
siektetoestand te aanvaar om 'n meer hoopvolle lewe te lei. Hierteenoor is
Odendal et al (1988:760) van mening dat onderrig beskou kan word as die
proses om ‘n persoon te leer, voor te lig, en op te lei of op die hoogte van ‘n
onderwerp te bring. Vir die doeleindes van die onderhawige studie word
pasiëntonderrig dus beskou word as die proses waardeur ‘n persoon ingelig
word oor feitlike aspekte rakende die chirurgie, moontlike verwagtinge van die
chirurgie en wat van die persoon verwag word ten einde suksesvol te kan
aanpas. Die onderrigdata moet deur die verpleegkundige geverifieer word
ten einde te toets of die pasiënt dit wel begryp.
1.7.2 Rehabilitasie
Rehabilitasie word deur Ignatavicius et al (1999:185) beskryf as 'n dinamiese
aktiewe program met die uiteindelike langtemyndoel om die individu tot
funksionele terugkeer na die omgewing te lei. In aansluiting hierby beskryf
Christensen en Kockrow (1999:897) rehabilitasie as die proses waardeur ‘n
individu gehelp word om te herstel tot sy/haar volle fisiese, psigiese, sosiale
en maatskaplike kapasiteit waartoe hy/sy in staat is.
1.7.3 Ortopediese Verpleging
Vir die doel van hierdie studie word vier fokusareas van ortopediese
verpleging beklemtoon, naamlik die vermindering van pyn, verbeterde
pasiëntmobiliteit, voorkoming van komplikasies en pasiëntonderrig aan die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
14
pasiënt wat heupvervangingchirurgie ondergaan (Schoen 2000:6).
1.7.4 Totale heupvervanging
Die totale heupvervangingsprosedure dui op vervanging van die asetabulêre
en femorale (femurkop en femurnek) komponente met kunsmatige prostese
(Ignatavicius et al 1999:406).
1.7.5 Heup
Ten einde die begrip heupvervanging te begryp, word hierdie konsep ook
omskryf. Die heup word as 'n bal-en-potjie-gewrig beskryf wat toelaat dat 'n
persoon in verskillende rigtings kan draai terwyl dit die liggaam ondersteun.
Wanneer die liggaamspostuur geen stres hanteer nie, is dit onwaarskynlik dat
die persoon enige heupgewrigprobleme sal ondervind. Indien daar enige
probleme soos distorsie van die vertebrale kolom, posturale distorsie en
oorgewig voorkom, kan dit daartoe bydra dat die heupgewrig onder druk
geplaas word wat dan tot abnormale drukking op die gewigdraende gewrigte
aanleiding gee. Die heup laat fleksie/ekstensie, adduksie en abduksie en 'n
kombinasie van mediale/laterale rotasie bewegings toe. Die femurkop
artikuleer met die fossa van die asetabulum. Die femurkop is bedek met
artikulêre kraakbeen wat die gewrigswrywingskoëffisient verminder, behalwe
waar die ligament aan die femurkop aanheg. Die artikulêre spasie van die
asetabulum vorm 'n onvolledige ring wat ook die lunate-oppervlakte genoem
word (Schoen 2000:271).
1.8 UITLEG VAN DIE STUDIE
Die studieprojek is soos volg saamgestel:
Hoofstuk 1: Probleemstelling en algemene oriëntering
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
15
Hoofstuk 2: Literatuuroorsig: Pasiëntonderrig en rehabilitasie van pasiënte
wat heupvervangingschirurgie ondergaan het
Hoofstuk 3: Heupvervangingchirurgie – oorsake, verloop en gevolge
Hoofstuk 4: Metodologiese verantwoording, prosedures en tegnieke
Hoofstuk 5: Analise en bespreking van data
Hoofstuk 6: Opsomming van bevindings, gevolgtrekkings, beperkings en
aanbevelings
1.9 SAMEVATTING
In hierdie hoofstuk word die navorsingprobleem, asook die doel van die studie,
gegee. Die doelwitte is as drieërlei beskryf naamlik om te bepaal watter
pasiëntonderrig tydens die pre- en post-operatiewe fase verskaf is aan
pasiënte wat heupvervangingchirurgie ondergaan het, wat die pasiënt se
behoeftes in dié verband was en watter inligting in ‘n inligtingstuk daaroor
vervat moet word.
Hoofstuk 2 bevat die literatuuroorsig wat onderneem is ten einde bestaande
inligting oor die fenomeen van belang in te samel. In Hoofstuk 3 word
belangrike aspekte wat as kennisbasis ten opsigte van
heupvervangingchirurgie vir die verpleegkundige behoort te dien bespreek.
Die verpleegkundige moet insig toon aangaande aspekte wat in dié hoofstuk
vervat is om sodoende omvattende en volledige pasiëntonderrig te kan
verskaf.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
16
HOOFSTUK 2
LITERATUUROORSIG: PASIËNTONDERRIG EN
REHABILITASIE VAN PASIËNTE WAT HEUPVERVANGING-
CHIRURGIE ONDERGAAN HET
2.1 INLEIDING
Hierdie hoofstuk is 'n literatuuroorsig van die rehabilitasieproses vir 'n
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
17
pasiënt wat heupvervangingchirurgie ondergaan. Aspekte wat aandag
geniet is, onder andere faktore wat 'n invloed uitoefen op die lewering van
pasiëntsorg, die benadering tot bestuurde gesondheidsorg; ‘n veranderende
benadering tot rehabilitasie, met die klem op korter hospitalisasie; die
belangrike rol van pasiëntonderrig en leer binne hierdie veranderde
omgewing waar pasiënte en families toenemend aktiewe rolspelers in die
rehabilitasieproses vorm; asook die eise van ‘n multi-kulturele benadering.
As een van die belangrikste rolspelers in die gesondheidsorgsisteem is die
verpleegkundige dikwels die persoon wat as skakel tussen die geneeshere,
fisioterapeute, pasiënte en families dien. Om hierdie rede moet die
verpleegkundige deeglik toegerus word om dié belangrike rol te vertolk.
2.2 TEORETIESE RAAMWERK
Soos reeds genoem word die teorie van Dorothea Orem vir die doel van
hierdie studie gebruik. Orem (2001:45) identifiseer die volgende drie
verpleegsisteme, naamlik kompensatoriese, gedeeltelik kompensatoriese
en ondersteunend-onderriggebaseerde verpleegsisteme. Die
kompensatoriese verpleegsisteem, waar die pasiënt oor ‘n beperkte vermoë
tot selfsorg beskik, is dus slegs funksioneel wanneer die pasiënt afhanklik is
van sorg byvoorbeeld direk post-operatief. In die gedeeltelike
kompensatoriese verpleegsisteembenadering kan die pasiënt tot 'n
beperkte mate selfsorg toepas maar benodig hulp met sommige aktiwiteite
(ongeveer sewe tot een-en-twintig dae post-operatief). Die derde sisteem,
naamlik die ondersteunende/onderriggebaseerde sisteem kom voor
wanneer die pasiënt sekere voorligting, kennis, vaardighede en onderrig
benodig om sodoende selfversorgend te kan wees. Al drie bogenoemde
verpleegsorgsisteme is van belang en sal as teoretiese basis vir die
onderhawige studie gebruik word, omdat die pasiënt na die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
18
heupvervangingchirurgie van die kompensatoriese tot die ondersteunend-
onderrig gebaseerde sisteem vorder en begelei word. Alhoewel onderrig,
volgens Orem se benadering, slegs van toepassing is in laasgenoemde
sisteem is die navorser van mening dat onderrig reeds en selfs vir die
pasiënt gegee moet word wat totaal afhanklik is van verpleegsorg en ook
geen selfsorg kan uitoefen nie. Indien slegs die ondersteunend-onderrig
gebaseerde sisteem by die studie betrek is, kan dit die behoeftes aan
onderrig by die pasiënt wat totaal afhanklik is van sorg, moontlik ignoreer en
die persoon se motivering tot selfsorg belemmer. Deur al drie die
genoemde pasiëntkategorieë by die studie te betrek word alle pasiënte dus
deur kennis bemagtig.
Binne die konseptuele raamwerk, soos in Orem se teorie gestel, word vier
konsepsuele aspekte, naamlik die persoon, omgewingsfaktore, gesondheid
en verpleging, beskryf (Orem 2001:91). Dit word vervolgens kortliks bespreek.
2.2.1 Persoon
Die persoon is die ontvanger van verpleegsorg, dit wil sê, die persoon wat op
beide biologiese en sosiale vlak moet ontwikkel. Hierdie persoon kan dus,
enersyds, selfsorgbehoeftes oorbrug deur byvoorbeeld hulp te vra, of,
andersyds, oor selfkennis beskik om sodoende doelgerigte aksies uit te voer
ten einde die probleem te oorbrug. Onderrig kan in beide gevalle relevant
wees. Eerstens, kan onderrig verskaf word indien die pasiënt hulp vra.
Tweedens word die pasiënt deur onderrig bemagtig om verantwoordelik te
wees vir eie doelgerigte aksie wat tot sy/haar eie voordeel strek (Orem
2001:91).
2.2.2 Omgewingsfaktore
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
19
Omgewingsfaktore dui op faktore buite die mens wat bestaan uit
omgewingstoestande asook die omgewing wat tot die pasiënt se ontwikkeling
bydra. Die omgewingstoestande word gesien as eksterne fisiese en
psigososiale omgewingsfaktore soos depriverende toestande. Hierdie
omgewing, hetsy omgewingsfaktore of ontwikkelingsomgewing, kan dus
negatief of positief op die selfsorgvermoë van 'n persoon inwerk (Orem
2001:70).
2.2.3 Gesondheid
Orem beskou gesondheid as bestaande uit fisiese, psigiese, sosiale asook
interpersoonlike aspekte wat geintegreer funksioneer en voortdurend instand
gehou moet word. Dit sluit dus die bevordering en instandhouding van
gesondheid op al die genoemde vlakke in. Verder behels dit die behandeling
van siektetoestande asook die voorkoming van komplikasies. Hoewel Orem
se teoretiese model onderrig beskou as ‘n integrale deel van gesondheid
word daar nie werklik na die rol van onderrig in die rehabilitatiewe funksie van
die gesondheidsisteem verwys nie (Esterhuyzen 1996:13). Dit mag
geïmpliseer word maar word nie eksplisiet deur Orem uitgewys nie.
2.2.4 Verpleging
Orem (2001:71) beskou verpleging as 'n diens wat gerig is op selfsorg ten
einde die pasiënt se selfsorgvermoë te bevorder. Hiervolgens is die rolle
van die verpleegkundige en pasiënt aanvullend tot mekaar ten einde selfsorg
te verseker en te maksimaliseer.
2.3 PASIëNTONDERRIG
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
20
Die belang van pasiëntonderrig as deel van die rehabilitasieproses word
vervolgens bespreek.
2.3.1 Definisie van pasiëntonderrig
Nel en Uys (1993:4) definieer pasiëntonderrig as die gestruktureerde
doelgerigte proses waardeur 'n pasiënt meer kennis oor sy/haar
siektetoestand verkry wat hom/haar sodoende in staat stel om sy/haar
siektetoestand te aanvaar en hom/haar 'n meer hoopvolle lewe te laat lei.
Daarteenoor stel Hoeman (1996:131) dit dat pasiëntonderrig en leer
onafskeidbaar is en dat die rehabilitasieproses fokus op die individu se
behoefte om dié aangeleerde gedrag in sy/haar leefstyl toe te pas. 'n
Volledige pasiëntonderrigberaming van die pasiënt en gesinslede se
pasiëntonderrigbehoeftes moet gemaak word. Hul leerstyl en
leerhindernisse soos pyn en fisiese beperkings moet hierby ingesluit word.
Hierdeur word dus bepaal watter data nodig is om die nodige
pasiëntonderrig te verskaf (Elder, O'Hara, Crutcher, Wells, Graham & Heflin
1998:36).
Pasiëntonderrig is essensieel om 'n pasiënt te lei deur voorgeskrewe riglyne
te volg ten einde die sukses van die chirurgie te verseker. In ‘n studie van
Katz (1997:34) oor pasiëntonderrig word die belangrikheid van die
verpleegkundige se sleutelrol om pasiëntonderrig te verskaf, beklemtoon.
Dit dra daartoe by dat komplikasies voorkom word asook dat funksionele
vermoë gehandhaaf word. Clark (1996:127) is van mening dat die doel van
pasiëntonderrig daarop gerig moet wees om die pasiënt se selfbeeld te
verbeter en om waardes duidelik uit te stip. Dit moet ook die pasiënt se
kennis en insig verbeter sodat 'n toepaslike gesondheidsbesluit geneem kan
word. Dennill, King en Swanepoel (1999:149) beskou pasiëntonderrig as die
ontwikkeling waardeur kennis aangaande gesondheid bevorder word. Dit lei
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
21
dan ook tot selfbemagtiging en verbetering van die selfbeeld.
Gesondheidsbevordering en pasiëntonderrig is belangrike komponente van
die verpleegkundige se rol terwyl pasiëntonderrig as die hoeksteen van
verpleegsorg gesien word. Deur pasiëntonderrig word die pasiënt bemagtig
om ingeligte besluite te neem en gee die pasiënt dan die versekering van
sy/haar mede-verantwoordelikheid vir gesondheid. Deur die verpleegsorg
wat die verpleegkundige verskaf, vind pasiëntonderrig op 'n informele basis
plaas en word die pasiënt blootgestel aan inligting wat hom/haar bemagtig.
In ‘n studie deur Benefield (1996:47) oor tuisversorging, meld hy dat
"excellent communication skills are vital to success in home care." 'n
Vertrouensverhouding moet tussen die verpleegkundige, die pasiënt,
gesinslede en ander versorgers bestaan, omdat die pasiënt die
onderrigverskaffer behoort te vertrou ten einde die sukses van die
rehabilitasieproses te verseker. Die verpleegkundige moet alle komponente
bepaal wat die pasiënt se totale fisiese, psigiese en sosiale aspekte insluit,
asook die mate waartoe hy/sy in staat is om aan daaglikse aktiwiteite deel
te neem. Enige chroniese siekte of fisiese ongeskiktheid bring verandering
in die pasiënt se lewensstyl en liggaamsbeeld teweeg. Die verpleegkundige
moet kanale skep waardeur die pasiënt op gemoedelike en gemaklike wyse
kan kommunikeer om sodoende gevoelens, behoeftes en vrese te
verbaliseer (Ignatavicius et al 1999:203).
Yarnold (1999:40) het bevind dat pasiënte wat heupvervangingchirurgie as
gevolg van trauma ondergaan het, dikwels 'n vrees het om weer te val. Dit
kan hulle vermoë om vir hulself onafhanklik te versorg beïnvloed. Om die
pasiënt se samewerking te verkry is dit noodsaaklik dat hy/sy die nodige
pasiëntonderrig en inligting ontvang. Dit is oneties om samewerking van die
pasiënt te verwag indien hy/sy nie voldoende inligting aangaande sy
siektetoestand ontvang het nie (Beeslaar 1999:81).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
22
Suksesvolle rehabilitasie hang grootliks af van die koördinasie van die
rehabilitasiespan se aktiwiteit asook die aktiewe deelname van die pasiënt
en gesinslede/versorger aan die rehabilitasieproses. As gevolg van 'n
snelveranderende gesondheidsorgstelsel voorsien sekere dienste wat al die
jare aan die behoeftes van die pasiënte, gesinne en gemeenskap voldoen
het, nie meer aan sodanige behoeftes nie. Dit dra daartoe by dat die klem
op tuisversorging geplaas word en dit bring mee dat pasiëntonderrig 'n al
hoe groter rol begin speel. Deur die verskaffing van onder meer
innoverende pasiëntonderrigprogramme en -dienste kan die pasiënt die
nodige vaardighede en kennis aanleer en dus bemagtig word. ‘n
Klemverskuiwing het dus van binne na buite die hospitaal plaasgevind wat
die behoefte aan pasiëntonderrig en versorging verhoog het. In 'n studie wat
in 1996 in die Beth Israel Hospitaal in Boston deur Kantz, Wandel, Fladger,
Folcarelli, Burger en Clifford (1998:13) gedoen is, is daar 'n opname
gemaak onder pasiënte wat na hul eie huise ontslaan is. Tydens die studie
is bevind dat 'n groot gedeelte van die pasiënte wat uit hospitaal ontslaan is,
gerapporteer het dat die ontslagvoorligting wat hulle tydens hospitalisasie
ontvang het, volgens hul mening onvoldoende was. Daar is ook bevind dat
indien die gehospitaliseerde pasiënte ‘n behoefte aan leer gehad het, die
pasiëntonderrigverskaffers nie voldoende tyd en bronne tot hul beskikking
gehad het nie. In die studie deur Kantz et al (1998:13) is bevind dat ontslag
beskou word as 'n terloopse episode eerder as 'n proses van kontinuïteit.
Daar was ook geen formele ontslagbeplanningsfase nie. Die ontslagproses
wat plaasgevind het, was grotendeels afhanklik van die sisteem wat deur die
rehabilitasiespan gevolg is. Dié sisteem is grootliks op die kennis van die
verpleegkundiges gebaseer.
In ‘n studie oor verbetering van ontslagbeplanning in Swede en Engeland
deur Lundh en Williams (1997:435) is die doel van pasiëntonderrig as volg
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
23
beskryf:
- om individue, gesinne en gemeenskappe te lei om siektes en
behandelingsopsies beter te verstaan en hulle te bemagtig om aktiewe
deelnemers in die gesondheidsorg proses te word;
- om die oorgang van die hospitaal na die huis te vergemaklik nadat die
nodige vaardighede aangeleer is; en
- om pasiëntonderrig en ondersteuning aan individue, gesinslede en
gemeenskappe te gee sodat hulle in hulle nuwe omstandighede kan
aanpas.
2.3.2 Faktore wat pasiëntonderrig beinvloed
Alvorens 'n pasiënt onderrig ontvang, moet sekere faktore wat die onderrig
kan beïnvloed, geidentifiseer word. Die verskillende faktore wat
pasiëntonderrig kan beïnvloed word hiernaas genoem word:
- Gesin. Die gesin moet tydens die pasiëntonderrigproses betrek
word om sodoende samewerking en sukses van die
rehabilitasieproses te verseker (Christensen & Kockrow 1999:40).
- Leergeleentheid. Vier determinante word deur Christensen en
Kockrow (1999:40) geidentifiseer wat die leerproses sal beinvloed,
naamlik: die aard van menslike leergedrag en -ontwikkeling, die
kennisstruktuur van die individu, kulturele invloede en die
pasiëntonderrigomgewing.
- Houding. Elke volwassene het vooropgestelde idees, aangeleerde
houdings en gedragspatrone wat die leerproses kan beïnvloed. Die
verpleegkundige behoort die houding van die pasiënt met die
lewering van pasiëntonderrig in ag te neem (Christensen & Kockrow
1999:40).
- Geletterdheid. Die geletterdheidsvlak moet bepaal word en die
pasiëntonderrigprogram moet daarvolgens aangepas word. As die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
24
pasiëntonderrigprogram byvoorbeeld net in geskrewe vorm bestaan,
moet sekere aanpassings gemaak word. Prosedures moet
verduidelik en geverifieer word sodat daar vasgestel kan word of die
pasiënt wel verstaan wat gesê is. In Suid-Afrika is daar elf amptelike
landstale wat die kommunikasie en verstaanbaarheid tydens
pasiëntonderrig kan beïnvloed. 'n Oplossing vi r die probleem is dat
daar van videos of prentemateriaal gebruik gemaak kan word
(Christensen & Kockrow 1999:40).
- Omgewing. Die leeromgewing moet geskik wees vir pasiëntonderrig
en behoort vry van enige stoornisse soos geraas, slegte reuke en
verlies aan privaatheid te wees (Thelan, Davie & Urden 1990:60).
Privaatheid en konfidensialiteit van inligting moet verseker word
(Christensen & Kockrow 1999:40). Om die sukses van
pasiëntonderrig te verseker moet bogenoemde tydens die lewering
van pasiëntonderrig in ag geneem word.
- Tyd. Die tydperk wanneer die pasiëntonderrig aan die pasiënt gegee
word, kan 'n invloed uitoefen op dit wat werklik deur die pasiënt gehoor
word. Reeds met die eerste ondersoek en bevestiging van die
chirurgie wat selfs maande voor die geskeduleerde tyd kan wees, word
pasiëntonderrig gegee. Die nuus dat chirurgie nodig is, veroorsaak
spanning by die pasiënt en kan, as ‘n eksterne faktor, beperkend wees
op dit wat wel gehoor word (Christensen & Kockrow 1999:40).
- Motivering. Intrinsieke motivering bestaan deurdat die pasiënt die
behoefte het om te leer en daardeur lewenskwaliteit bevorder. Dit kan
egter gebeur dat die pasiënt onwillekeurig by die rehabilitasieproses
betrek word, deurdat hy/sy as gevolg van trauma rehabilitasie nodig het
en nie noodwendig oor intrinsieke motivering beskik nie (Christensen
& Kockrow 1999:40).
- Pasiëntonderrigverskaffers. Die pasiëntonderrig word aan die
pasiënt gegee deur lede van die rehabilitasiespan byvoorbeeld
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
25
geneeshere, fisioterapeute en verpleegkundiges. Laasgenoemde is in
die geskikste posisie om pasiëntonderrig te verskaf. Daar behoort ook
'n vertrouensverhouding te bestaan om die sukses van kommunikasie
te verseker (Christensen & Kockrow 1999:40).
- Geheue. Beide die korttermyn- en langtermyngeheue van 'n pasiënt
het 'n invloed op die uitkoms van pasiëntonderrig. Deur geskrewe
onderrig word leer versterk wat ook ondersteuning vir die leerder
verskaf (Christensen & Kockrow 1999:40).
- Fisiologiese stressors. Faktore, byvoorbeeld huidige siektetoestand,
pyn, hipotensie, gehoorprobleme, veranderde kognisie en koors, kan 'n
invloed uitoefen op dit wat die pasiënt ontvang en leer. Indien die
pasiëntonderrigverskaffer bewus is van enige faktore wat
pasiëntonderrig kan beïnvloed, moet hy/sy die nodige sensitiwiteit
toon en op die belangrike inligting fokus en die tydsduur van die
pasiëntonderrigsessies tot ongeveer vyf tot tien minute te verkort
(Christensen & Kockrow 1999:40).
- Psigologiese stressors. Faktore soos angs, spanning, hulpeloosheid
en bekommernis kan ‘n nadelige effek uitoefen op dit wat die pasiënt
leer en internaliseer (Christensen & Kockrow 1999:40).
- Kultuur. Kultuur is 'n aanduidende aspek tydens die beramingsfase
van die pasiënt se psigososiale toestand in aanmerking geneem moet
word. Die multikulturele dimensies wat in ag geneem moet word en
onder meer aspekte soos taalgebruike en gelowe insluit, kan juis as
struikelblokke gesien word. Om die probleme te oorkom kan daar van
tolke gebruik gemaak word om spesifiek die taalprobleem aan te
spreek. Spesifieke gelowe en gebruike moet uitgelig word om
sodoende enige struikelblokke in dié gevalle in pasiëntonderrig ook uit
die weg te ruim (Christensen & Kockrow 1999:41; Katz 1997:36).
2.3.3 Die doel van pasiëntonderrig
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
26
Wiles, Pain, Buckland en McLellan (1998:795) het in ‘n studie wat uitgevoer is
om die rehabilitasiebehoeftes te bepaal van pasiënte wat na 'n serebro-
vaskulêre insident uit die hospitaal ontslaan is, verskeie behoeftes
geidentifiseer. Daar is bevind dat die voorsiening van kwaliteit- en
kwantiteitpasiëntonderrig verskeie voordele het, naamlik: vermindering van
angs, verbeterde pasiëntsamewerking, deelname aan die
rehabilitasieproses, onafhanklike funksionele vermoëns, bemagtiging van die
pasiënt, pasiëntbevrediging en beter interpersoonlike vertrouensverhoudings
tussen die rehabilitasiespan en pasiënte. Die voortydige identifisering van
pasiëntbehoeftes en pasiëntpersepsies kan daartoe bydra dat die pasiënt
bemagtig word. Dit weer verseker dat hulle ingeligte besluite kan neem ten
opsigte van behandelingsopsies (Wiles et al 1998:796). Wiles et al
(1998:796) gaan van die veronderstelling uit dat geskrewe inligting suksesvol
is indien dit volledig gedoen word. Die pasiëntonderrig behoort nie net aan
die pasiënt gegee te word nie, maar ook aan die persone wat die
versorgingsrol oorneem sodra die pasiënt uit die hospitaal ontslaan word.
Die studie van Wiles et al (1998:797) het onder meer bevind dat daar 'n
pasiëntonderrigbehoefte was wat verdeel kon word in: kliniese inligting,
praktiese inligting en inligting oor versorging en beskikbare
versorgingsbronne in die gemeenskap. Die nodige kliniese inligtingsaspek
behels die voorkomende, prognose- en die herstelfase. Die kliniese inligting
dek byvoorbeeld die verloop van die spesifieke siekte en die kans op
herstel. Praktiese inligting sluit in onmiddellike en post-ontslaghantering van
dag-tot-dag-aktiwiteite. Hierdie aspek fokus meer op die funksionele vermoë
van die pasiënt en herintegrasie in die gemeenskap, terwyl die derde area,
naamlik versorgingsbronne, inligting aangaande beskikbare bronne in die
spesifieke omgewing insluit. Indien dit nodig sou wees om addisionele hulp
soos tuisverplegingsdienste te gebruik, byvoorbeeld vir wondsorg, word
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
27
inligting aangaande die beskikbare bronne om so ‘n diens te lewer hierby
ingesluit.
In ooreenstemming met die studie van Wiles et al (1998:767) het Goodman
(1997:1241) in 'n studie oor pasiënte se persepsies oor
pasiëntonderrigbehoeftes bepaal dat hulle oor spesifieke aspekte onderrig
verlang. Dié aspekte sluit in praktiese aangeleenthede soos toegelate
mobiliteit - indien daar enige beperking daarop was mediese toestande en
komplikasies wat post-operatief kan voorkom, oefening, dieëtbehoeftes en
medikasiegebruik. Verdere aspekte is die psigologiese aangeleenthede wat
angs, spanning en onsekerheid aandui en gemeenskapsondersteuning wat
die herintegrasie in die gemeenskap en beskikbare hulpbronne insluit.
Mistiaen, Duijnhouwer, Wijkel, De Bont en Veeger (1997:1233) het ‘n studie
gedoen wat daarop gerig was om ouer persone wat uit ‘n akutesorginstelling
of hospitaal ontslaan is se behoeftes te identifiseer.
Probleme na ontslag is in vier areas ingedeel, naamlik: spesifieke
pasiëntonderrigbehoeftes, funksionele beperkings, fisiese en emosionele
funksionering. Die spesifieke pasiëntonderrigbehoeftes het te make met die
aspekte waaroor pasiënte - nie voldoende inligting ontvang het nie en meer
inligting sou wou ontvang. Die funksionele beperkings het onder meer die
probleme ingesluit wat daartoe bydra dat ‘n pasiënt nie onafhanklike
aktiwiteite kan uitvoer nie. Die aspekte van fisiese en emosionele
funksionering is in drie areas ingedeel, naamlik die algemene gesondheid
van die pasiënt en die fisiese en emosionele probleme wat onder meer
slaapstoornisse ingesluit het.
Die studiebevindinge dui daarop dat die pasiëntonderrig tydens ontslag
onvoldoende was. Pasiënte het spesifieke vrae ten opsigte van die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
28
siekteverloop en die herstelfase gehad.
Deur aandag te gee aan die onderrigbehoeftes van elke pasiënt, word
daardie pasiënt se leerbehoeftes bevredig. Dit dra daartoe bydra dat ‘n
pasiënt se visie en kennis verbreed en hy/sy verantwoordelikheid vir sy/haar
eie gesondheid aanvaar (Banks & Jones 1996:14). Basiese pasiënt-onderrig
vorm die grondslag vir 'n lewenslange leerervaring en dra by tot menslike
ontwikkeling.
Een van die oogmerke van die onderhawige studie is om te bepaal watter
inligting deur die respondente benodig word om sodoende aan die behoefte
te voldoen. Die behoefte kan aangespreek word deur byvoorbeeld die
samestelling van ‘n inligtingstuk aangaande heupvervangingchirurgie wat
reeds met bevestiging van die chirurgie aan die respondente oorhandig kan
word. Dit behoort moontlik te wees deur die inligting wat van pasiënte verkry
is, te gebruik om te bepaal watter aspekte van heupvervangingchirurgie
aangespreek behoort te word. ‘n Voordeel van geskrewe inligting is dat dit
altyd deur die pasiënt gebruik kan word indien dit benodig sou word. Willock
(1998:351) meld dat inligtingsbrosjures vir die oorgrote meerderheid van die
samelewing moontlik moeilik verstaanbaar sal wees, maar dat die probleem
oorkom kan word deur die inligting in samewerking met die pasiënt en sy/haar
gesin op te stel. In 'n studie wat by die Nottingham City Paediatric Renal Unit
(Willock 1998:351) uitgevoer is, is bevind dat die deelname van die
multidissiplinêre span tydens die samestelling van ‘n inligtingstuk aan te
bevele is. In die genoemde studie is ‘n inligtingsbrosjure saamgestel met
inligting wat deur middel van onderhoudvoering van kinders se ouers verkry is.
Gesinslede het dit veral positief ervaar om betrokke te wees by die
samestelling van die inligtingsbrosjure. Spesiale voorsiening behoort gemaak
te word vir pasiënte wat ongeletterd is en waar daar kulturele struikelblokke
voorkom. Inligtingsbrosjures word as waardevol beskou hoewel dit nie mens-
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
29
tot-mens/- individuele kontak vervang nie (Willock 1998:354).
2.4 DIE REHABILITASIEPROSES VAN 'N PASIËNT WAT
HEUPVERVANGINGCHIRURGIE ONDERGAAN
Die doel asook die verskillende fases van die rehabilitasieproses word
vervolgens bespreek.
2.4.1 Rehabilitasie
Christensen en Kockrow (1999:897) definieer rehabilitasie as die proses
waardeur 'n individu gehelp word om tot die volle fisiese, psigiese, sosiale en
maatskaplike kapasiteit waartoe hy/sy instaat is te herstel. Tegnologiese
ontwikkeling en finansiële beperkings dra daartoe by dat die tydsduur van
hospitalisasie vir pasiënte verkort. Die gevolg hiervan is dat pasiënte nou
vinniger en sieker ontslaan word of soos Mistiaen et al (1997:1233) dit stel,
"quicker and sicker". Die onderhawige studie fokus op rehabilitasie en
pasiëntonderrigfaktore wat 'n positiewe invloed op suksesvolle rehabilitasie
kan uitoefen. Ander aspekte, byvoorbeeld die toenemende klem op bestuurde
gesondheidsorg, kulturele sensitiwiteit, die kwaliteit- en
kwantiteitpasiëntonderrig wat die pasiënt ontvang asook die effek daarvan op
die pasiënt en gesinslede, word ook bespreek.
Die verpleegkundige vertolk dikwels, vanweë die aard en omvang van haar
blootstelling aan die pasiënt, ‘n essensiële rol as lid van die rehabilitasiespan.
Volgens Christensen en Kockrow (1999:898) kan die doel van rehabilitasie
beskou word as die "stepping stones on the road to recovery". Tydens hierdie
pad na herstel word daar primêr op die pasiënt gefokus ten einde hom/haar
na onafhanklikheid te lei. Hiervolgens word rehabilitasie deur Christensen en
Kockrow (1999:898) gesien as die oorbruggingsproses tussen "uselessness
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
30
and usefulness, hopelessness and hopefulness and between despair and
happiness". Aangesien die pasiënt beskou word as deel van 'n gesinsisteem
is dit belangrik dat gesinslede en persone wat die versorgingsrol gaan vertolk
ook tydens die pasiëntonderrig- en rehabilitasieproses betrek moet word.
Hierdeur word hulle ook toegerus met die nodige kennis en vaardighede om
die pasiënt maksimaal tuis te kan ondersteun. Hierdie betrokkenheid is veral
nodig as gevolg van die bestuurde gesondheidsorgbenadering waar pasiënte
toenemend op ‘n vroeë stadium ontslaan word.
Deur aktiewe rehabilitasie word individue ondersteun om hulle
herstelvermoë te maksimaliseer en om situasies te hanteer binne die
beperkings wat hul tydelike of permanente gesondheidsvlak en funksionele
vermoë beinvloed. Die hoofdoel van rehabilitasie is dus daarop gerig om die
ego-integriteit van die pasiënt asook ‘n gevoel van selfwaarde te bevorder.
Om die selfwaarde van die pasiënt, wat moontlik voor die chirurgie afhanklik
van gesinslede was, te ontwikkel, is dit nodig dat gesinslede aktief aan die
rehabilitasieprogram deelneem ten einde begrip vir die proses te kry.
Rehabilitasie kan ook as ‘n behandelingsproses beskou word wat ten doel
het om enige verdere funksionele beperkings van die pasiënt te
minimaliseer. Dit impliseer dat die huidige vermoë behoue moet bly om
verder beperkings te voorkom. Terselfdertyd word daar ook gepoog om
maksimale funksionering te herstel.
Die rehabilitasieproses, as ‘n geïntegreerde deel van die
gesondheidsisteem, word toenemend beklemtoon aangesien wetenskaplike
vooruitgang, populasiegroei en verbeterde tegnologie daartoe lei dat daar
meer pasiënte in die samelewing voorkom wat met tydelike en/of permanente
ongeskiktheid belas word. Tradisioneel is daar gevind dat daar op die siekte
en die fisiese behoeftes van die pasiënt gefokus is. Hedendaags word daar
egter op die totale pasiënt (as ‘n fisiese, psigiese, sosiale en religieuse wese)
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
31
gefokus waardeur daar na optimale funksionering gestreef word. Dit sluit selfs
die effektiewe herintegrasie van die pasiënt in die gemeenskap insluit.
Powell (1986:662) identifiseer twee basiese pasiëntgroepe wat rehabilitasie
ontvang. Die eerste groep ervaar tydelike fisiese ongeskiktheid, sonder enige
permanente beperking, en sal volkome herstel. Die tweede groep is
permanent ongeskik en is nie ten volle fisies rehabiliteerbaar nie. Die
hoofdoel van rehabilitasie vir eersgenoemde groep is om te voorkom dat hulle
enige permanente ongeskiktheid ontwikkel.
In aansluiting by die argument van Christensen en Kockrow (1999:897) stel
Ignatavicius et al (1999:185) dit dat rehabilitasie beskryf word as die proses
waartydens 'n persoon leer om met chroniese en tydelike
ongeskiktheidstoestande, dikwels as gevolg van trauma, saam te leef.
Rehabilitasie fokus dus daarop om toe te sien dat die pasiënt na ‘n optimale
vlak van sy/haar fisiese, psigiese, sosiale en ekonomiese funksionele vermoë
terugkeer.
Om die pasiënt te oorreed om aktief aan die rehabilitasieproses deel te neem
ten einde enige onvermoë te oorbrug, kan dus as een van dié belangrikste
take van die rehabilitasiespan beskou word. Ter beklemtoning hiervan verwys
Alexander, Fawcett en Runciman (1994:943) na Virginia Henderson wat reeds
in 1966 die verpleegkundige uitgesonder het as die persoon wat daarop moet
fokus “to assist the individual, sick or well, in the performance of those
activities contributing to health or its recovery that he would perform unaided if
he had the necessary strength, will or knowledge. And to do this in such a way
as to help him gain independence as rapidly as possible". Henderson het dus
reeds toe die verpleegkundige beskou as unieke rolspeler en lid van die
rehabilitasiespan wat as fasiliteerder moet optree om die pasiënt te oorreed
om aan hierdie rehabilitasieproses deel te neem. Volgens die argument val
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
32
die klem eerder daarop dat 'n persoon aktief moet deelneem aan die proses
om beter te word eerder as om passief te wag dat herstel geleidelik plaasvind.
2.4.2 Die doel van rehabilitasie
Rehabilitasie kan as ‘n doel- en uitkomsgerigte proses beskou word. Die doel
van ‘n spesifieke pasiënt se rehabilitasie word bepaal deur 'n inklusiewe
proses waardeur alle lede van die rehabilitasiespan betrek word. Die
rehabilitasieproses begin reeds tydens die pasiënt se eerste besoek aan die
chirurg, wat direk na opname in die hospitaal voortgesit word en wat selfs tot
na ontslag kan strek. Die rehabilitasieprognose hang egter direk af van die
pre-operatiewe funksionele mobiliteit. Die post-operatiewe heuprehabilitasie
is daarop gerig om die persoon te help om:
- 'n pynvrye, stabiele gewigdraende heup te gebruik;
- 'n voldoende mate van beweging vir normale funksies te handhaaf;
- na volle onafhanklike ambulansie met behulp van hulpmiddels terug te
keer; en
- na basiese selfsorgaktiwiteite terug te keer sonder die gebruik van
enige hulpmiddels (Morris, Lipsitz, Murphy & Belleville-Taylor
1997:273).
Bogenoemde stem ooreen met die doel van die onderhawige studie deurdat
pasiënte wat heupvervangingchirurgie ondergaan het gelei moet word om al
hul funksionele funksies te herstel en te handhaaf.
Christensen en Kockrow (1999:898) se siening van die volgende hoekstene
van rehabilitasie kan as ‘n samevattende weergawe van rehabilitasie beskou
word. Dit kan kan ook as vertrekpunt vir die navorsingsprojek gesien word:
- Individueel-gesentreer. Alle pogings wat deur die
rehabilitasiespan uitgevoer word, fokus op die pasiënt se behoeftes
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
33
en doelwitte. Indien onrealistiese doelwitte aanwesig is, moet die
verwagtinge in samewerking met alle spanlede herbepaal word.
- Gemeenskapsintegrasie. Die sukses van rehabilitasie word deur
die suksesvolle herintegrasie van die pasiënt tot die gemeenskap op
beroeps-, sosiale en rekreasievlak bepaal (Christensen &
Kockrow 1999:898).
- Onafhanklikheid. Daar moet voortdurend na fisiese en
emosionele onafhanklikheid gestrewe word (Christensen & Kockrow
1999:898).
- Funksionele vermoë. Die vermoë om onafhanklik te kan
funksioneer behoort die einddoel van enige rehabilitasiepoging te
wees (Christensen & Kockrow 1999:898).
- Spanbenadering. Dit moet voordurend in gedagte gehou word dat
rehabilitasie ‘n multidissiplinêre spanbenadering is en dat
samewerking ‘n essensiële voorvereiste vir sukses is (Christensen &
Kockrow 1999:898).
- Lewenskwaliteit. In die strewe na rehabilitasie moet daar eerder
op kwaliteit as kwantiteit van lewe gefokus word (Christensen
& Kockrow 1999:898).
- Gesondheidsbevordering. Rehabilitasiedoelwitte moet op die
voorkoming van komplikasies en optimalisering van
funksionele vermoë gerig wees (Christensen & Kockrow 1999:898).
- Veranderingsproses. Die rehabilitasiespan is verantwoordelik om
verandering wat in die pasiënt se funksionering plaasvind positief
te rig (Christensen & Kockrow 1999:898).
- Aanvaarding. Pasiënte moet gelei word om enige beperkings
hetsy van tydelike of permanente aard te verwerk en te
aanvaar (Christensen & Kockrow 1999:898).
- Pasiënt- en gesinsonderrig. Deur pasiëntonderrig kan die pasiënt
en gesinslede tot onafhanklike en optimale funksionering gelei word
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
34
(Christensen & Kockrow 1999:898).
Hierdie rol van die verpleegkundige as lid van die rehabilitasiespan word
duidelik in Regulasie 2598 (Bestek van Praktyk van Geregistreerde
Verpleegkundiges) van die Wet op Verpleging, Wet 50 van 1972 soos
gewysig (Nursing Act No 50 of 1978, as amended), van die Suid-Afrikaanse
Raad op Verpleging verduidelik. Hiervolgens word rehabilitasie as een van
die primêre funksies van die verpleegkundige beklemtoon.
2.4.3 Rehabilitasieproses
Rehabilitasieproses dui op die verskillende fases naamlik beraming,
beplanning en implementering ten einde die individu te help om te herstel tot
die volle fisiese, psigiese, sosiale en maatskaplike kapasiteit waartoe hy/sy
instaat is (Christensen & Kockrow 1999:897).
2.4.3.1 Beramingsfase tydens die rehabilitasieproses
Die proses van rehabilitasie behels dat daar onder meer 'n volledige
beraming gemaak word van aspekte soos die pasiënt se geskiedenis,
fisiese toestand, funksionele mobiliteit, psigososiale funksionering en
beroepsaktiwiteite. Nadat daar 'n volledige pasiëntberaming gemaak is, volg
die beplannings- en implementeringsfases. Tydens die beplanningsfase word
daar byvoorbeeld beplan waar die pasiënt na ontslag versorging sal ontvang.
Tans bestaan die tendens dat sommige pasiënte geen voorafreëlings vir
sodanige versorging tref nie aangesien hulle nie werklik die omvang van
heupvervangingchirurgie begryp nie. Die implementeringsfase behels dus
dat die pasiënt na ontslag, soos in die beplanningsfase uitgespel, dan na die
versorgingsfasiliteit, hetsy ‘n privaatwoning of ‘n versorgingseenheid,
uitgeplaas word.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
35
Keston en Enthoven (1998:7) verwys na verskeie studies wat in die
Verenigde State van Amerika en Swede uitgevoer is. In dié studies is faktore
beklemtoon wat kostebesparing teweeg bring sonder dat dit noodwendig op
die kwaliteit van pasiëntsorg inbreuk maak. Genoemde outeurs maak die
stelling dat nie alle pasiënte met pynlike heupgewrigte noodwendig as
kandidate vir heupvervangingchirurgie beskou moet word nie. Hulle stel
sekere kriteria daar wat as riglyn kan dien en waaraan voorgenome
kandidate moet voldoen alvorens hulle as geskik vir sodanige chirurgie
beskou word.
Dit word gemeld dat die Grossmont Hospitaal in Swede gebruik maak van
spesifieke seleksiekriteria (Keston & Enthoven 1998:7) waarvolgens
pasiënte as geskik vir heupvervangingschirurgie beskou word. Toepassing
van sodanige seleksiekriteria sou die rehabilitasieproses post-operatief
positief beïnvloed en die sukses van rehabilitasie verseker. Die kriteria sluit
in verskeie aspekte chirurgie moet, byvoorbeeld, beslis ‘n bydrae tot die
vermindering van pyn lewer. Dit moet voorts‘n verbeterde funksionele vermoë
met onafhanklike daaglikse funksionering tot gevolg hê. Lewenskwaliteit
moet dus verbeter word. Die pasiënt moet psigies in staat wees om oor die
nodige insig te beskik om die impak van die chirurgie te besef asook oor ‘n
psigiese ingesteldheid wat suksesvolle rehabilitasie kan verseker.
Laasgenoemde kriteria verseker post-operatiewe samewerking wat ‘n
noodsaaklike voorvereiste vir suksesvolle rehabilitasie is aangesien geen
rehabilitasiepoging kan slaag sonder dat die pasiënt ten minste daartoe
verbind is nie. In ooreenstemming hiermee het Lundh en Williams (1997:435)
ook ‘n studie in Swede en Engeland uitgevoer en bevind dat indien pasiënte
onderrig en gelei word om behandelingsopsies beter te verstaan en aktiewe
deelnemers in gesondheidsorg te word, die oorgang van die hospital na die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
36
huis vergemaklik word.
Ignatavicius et al (1999:203) verwys na verdere aspekte wat tydens die
fisiese behoeftebepaling van die pasiënte wat rehabilitasie ondergaan
ingesluit behoort te word.:
- Holistiese beraming. Die persoon moet as 'n pasiënt in die
hospitaal en tuis as lid van 'n gesin en familie beskou word wat unieke
behoeftes het wat van persoon tot persoon kan verskil.
- Kommunikasie. Daar moet verseker word dat kommunikasiegapings
tussen die verpleegkundige, geneeshere, pasiënt, gesin en die res van
die lede van die rehabilitasiespan geminimaliseer word. Dit is ook
nodig dat gesinslede tydens die pasiëntonderrig en rehabilitasie van
die pasiënt betrek word. Pasiënte kan byvoorbeeld bejaardes insluit
wat hul eie vasgestelde persepsies en vooropgestelde idees het en
selfs gehoorprobleme kan ondervind. Daar moet dus verseker word
dat die pasiëntonderrig wel korrek ontvang word (Ignatavicius et al
1999:203).
- Selfsorgbehoeftes. Die pasiënt moet gelei en gehelp word om self
na sy/haar basiese selfsorgbehoeftes, byvoorbeeld persoonlike
higiëne en voeding, om te sien. Hierdie aspek stem ooreen met die
teoretiese raamwerk van Orem dat die pasiënt na selfsorg gelei moet
word (Ignatavicius et al 1999:203).
- Mobiliteit. Die strewe van enige rehabilitasieprogram is daarop
gerig dat die pasiënt die grootste mate van onafhanklike mobiliteit
moet bereik. Dit sluit in basiese mobilisering en beweging binne die
pasiënt se fisiese omgewing waarbinne hy/sy daagliks funksioneer. 'n
Probleem kan egter ontstaan as die persoon byvoorbeeld in 'n
woonstelblok met trappe woon. Sodanige pasiënt sal dan ondersteun
en gehelp moet word om by sodanige omstandighede aan te pas
(Ignatavicius et al 1999:203).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
37
- Sosiale, emosionele en ekonomiese selfversorging. Die rol van
die verpleegkundige is om deur middel van pasiëntonderrig ook
terselfdertyd ‘n beraming van die pasiënt se emosionele, sosiale en
ekonomiese status te maak ten einde die impak hiervan op sy/haar
toekomsgerigte planne te bepaal. Aangesien fisiese ongeskiktheid
nie slegs die pasiënt impliseer nie, maar ook die onmiddellike gesin
en familielede betrek, kan dit onvermydelik druk op die gesinsisteem
plaas. Een faset wat byvoorbeeld deur heupvervangingchirurgie
geraak word, is die seksuele aspek van die huweliksverhouding. Dit is
'n onderwerp wat dikwels deur die fisioterapeute, geneeshere en
verpleegkundiges geignoreer word. Dit kan onsekerheid by die
pasiënt tot gevolg hê en ook onnodige druk veroorsaak. Openlikheid
deur verpleegpersoneel tydens besprekings met die pasiënt kan
daartoe lei dat daar post-operatief realistiese aanpassings gemaak
kan word (Ignatavicius et al 1999:203).
Beide Christensen en Kockrow (1999:898) asook Ignatavicius et al
(1999:203) is van mening dat basiese aspekte in ag geneem behoort te word
met die rehabilitasie van 'n pasiënt wat heupvervangingchirurgie ondergaan.
In ooreenstemming met Keston en Enthoven (1998:7) meld De Palma
(1999:39) dat verdere faktore wat die pasiënte se terug na hul eie woning
direk na ontslag beïnvloed, sluit aspekte soos ouderdom, pre-operatiewe
onafhanklikheid en die vermoë om dan onafhanklik te mobiliseer in.
Die vermoë om onafhanklik te mobiliseer word verder volgens De Palma
(1999:37) beïnvloed deur onder meer ouderdom, geslag, afwesigheid van
verwardheid asook die gebruik van enige ortopediese hulpmiddels voor
ontslag. De Palma (1999:39) het ook verder in sy studie gevind dat pasiënte
wat ouer is asook dié wat 'n langer tydperk in ‘n hoësorgeenheid versorg word
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
38
daartoe neig om minder mobiel te wees. ‘n Verdere faktor wat volgens
genoemde outeur mobiliteit skynbaar affekteer, is die pre-fraktuur-status van
die betrokke ledemaat asook die ontslagdisposisie van sommige pasiënte.
Pasiënte wat reeds ‘n sogenaamde disposisie ten opsigte van rehabilitasie
het, moet dus bepaalde pasiëntonderrig ontvang ten einde hulle verwagtinge
ten opsigte van herstel positief te beïnvloed (De Palma 1999:39).
Pasiëntonderrig wat op aspekte soos motivering, positiewe denke en aktiewe
deelname aan die rehabilitasieproses fokus, moet uitgelig word as essensiële
elemente van herstel.
2.4.3.2 Beplanningsfase tydens rehabilitasieproses
Om aan die behoeftes van pasiënte te voldoen behoort die verpleegkundige
doelwitte daar te stel wat in samewerking met die pasiënte geïdentifiseer
word. Hierdie doelwitformulering behels die formulering van 'n
verpleegdiagnose, die beplanning van verpleegsorg, die implementering van
verpleegaktiwiteite, die evaluering van die uitkoms van die versorging en,
indien nodig, herberaming. Indien die pasiënt hierby betrek word kan hy/sy
mede-eienaarskap hiervan neem.
Hoeman (1996:3) verwys na die teoretiese model van Dorothea Orem waar
die progressiewe hulpverlening en gedrag van verpleegkundiges in die
rehabilitasiebeplanningsproses beklemtoon word. Hierdie benadering is
geskoei op die beginsels van rehabilitasie deurdat die volgende aannames
gemaak word:
- Individue het behoeftes aan selfversorging.
- Individue beskik oor die basiese vermoë om aan hierdie behoeftes te
voldoen.
- Selfversorging impliseer dat dit deur die persoon self gedoen word.
Die fokus van Orem se Selfsorgteorie behels dat die pasiënt aangemoedig
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
39
moet word om onafhanklik te funksioneer ten einde selfversorgend te wees.
Om hierdie rede het die navorser besluit dat die teoretiese vertrekpunt van
Orem geskik is om die vertrekpunt vir die onderhawige studie te wees.
Hoeman (1996:3) ondersteun ook die waarde en toepaslikheid van Orem se
teorie om die individu tot funksionele onafhankliheid te lei en by
selfsorgaktiwiteite te betrek.
Dienooreenkomstig behoort die verpleegkundige direk nadat die pasiënt tot
die eenheid toegelaat word reeds met die ontslagbeplanning te begin
aangesien die pasiënt dan behoort te weet waarheen hy/sy direk na ontslag
versorg sal word. Ontslagbeplanning kan volgens Christensen en Kockrow
(1999:147) gedefinieer word as die sistematiese proses van beplanning
waarvolgens die versorging van 'n pasiënt na ontslag uit die hospitaal gerig
word. Die klem word op kontinuiteit van versorging van akute sorg af tot by die
rehabilitasiefase geplaas.
Kommunikasie tussen die verskillende rolspelers is dus essensieel en die
verpleegkundige kan dialoog tussen spanlede bevorder en selfs koördineer
ten einde ontslagbeplanning effektief te implementeer (Christensen &
Kockrow 1999:147). Die verpleegkundige behoort egter ook in samewerking
met die pasiënt en familielede te bepaal of die pasiënt na 'n
versorgingseenheid, gesinslede of eie woning sal gaan sodra hy/sy ontslaan
word. Indien die pasiënt na gesinslede of na sy/haar eie woning gaan, is dit
belangrik dat ‘n beraming gemaak word van die tipe ondersteuningstelsels en
hulp wat beskikbaar is. Indien dit ‘n bejaarde persoon is wat gehospitaliseer
word, bestaan die risiko dat hy/sy ‘n hoër risiko ten opsigte van kruisinfeksie
het vanweë byvoorbeeld ‘n swakker weerstand en inkontinensie, en meer
geneigdheid tot disoriëntering en verwardheid asook hospitaalverworwe
wanvoeding het (Ignatavicius et al 1999:203). Hierdie is van die aspekte wat
die verpleegkundige tydens die beplanningsfase vir rehabilitasie in gedagte
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
40
moet hou.
Pasiëntonderrig vorm ‘n belangrike deel van die pasiënt se ontslagbeplanning.
Die kwaliteit van pasiëntonderrig kan effektiewe ontslagbeplanning asook die
kontinuïteit van sorg verseker. Verder kan die voorsiening van akkurate en
voldoende ontslaginligting 'n kardinale rol in pasiëntsorg na ontslag uit die
hospitaal speel as gevolg van ekonomiese rasionalisasie en die bestuurde
gesondheidsorgbenadering word ontslagbeplanning toenemend beklemtoon.
'n Studie wat deur Driscoll (2000:1165) in Melbourne, Australië uitgevoer is
om pasiënte en versorgers se persepsie van pasiëntonderrig en hul
interpretasie daarvan te bepaal, dui daarop dat die pasiënte ontevrede was
met die pasiëntonderrig wat hulle ontvang het. Hierdie gebrek aan effektiewe
pasiëntonderrig het tot ‘n groot mate angs en spanning onder hulle tot gevolg
gehad. Veral twee aanbevelings word deur genoemde outeur gemaak,
naamlik dat die pasiënte by die besluitnemingproses betrek moet word en dat
versorgers die beroepstatus van pasiënte tydens die ontslagbeplanningsfase
ook in ag moet neem.
Ontslagbeplanning is 'n verpleegintervensie wat kontinuïteit van sorg ten doel
het. Mistiaen, Duijnhouwer, Prins-Hoekstra, Ros en Blaylock (1999:1050)
meld in ‘n studie oor die gebruik van die Blaylock Risk Assesstment Screening
Score (BRASS-indeks) dat om probleme na ontslag te identifiseer, daar
reeds met toelating tot 'n akutesorgeenheid bepaal moet word watter pasiënte
ontslagbeplanning nodig het. Die BRASS-indeks bestaan uit tien
beramingskriteria, naamlik ouderdom, huislike omstandighede
ondersteuningsnetwerk, funksionele status, kognitiewe vermoë,
gedragspatrone, sensoriese beperkings, vorige hospitalisasies, mediese
omstandighede asook die tipe en hoeveelheid geneesmiddel wat gebruik
word. Hieruit blyk dit dat ontslagbeplanning ‘n proses behels wat verskeie
stappe impliseer wat ten doel het om die pasiëntsorgbehoeftes te analiseer
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
41
en antisipeer om kontinuiteït van gesondheidsorg te verseker. Mistiaen et al
(1999:1050) is egter van mening dat een van die leemtes van die BRASS–
indeks is dat daar nie voorsiening gemaak word vir die probleme of behoeftes
van die pasiënt wat na ontslag mag opduik nie.
Verskeie ander gerigte rehabilitasiemodelle is egter ook tydens die
literatuurstudie geïdentifiseer, onder meer die volgende:
- Kliënt gesentreerde model. Die model is kliënt-gedrewe of soos
Hoeman (1996:22) dit stel "consumer driven" deurdat aspekte soos die
pasiënt se behoeftes, denke, emosionele toestand en verwagtinge
beklemtoon word. Aandag word gegee aan die ontwikkelingsvlak van
die pasiënt (byvoorbeeld skolastiese opleiding en geletterdheidsvlak);
tipe ongeskiktheid wat bepaal watter spesialiteitsrigting benodig word
(byvoorbeeld spinale koordbeserings, onkologiese rehabilitasie);
kulturele diversiteit wat ook bepaalde implikasies vir die
rehabilitasieproses inhou en laastens die gesin wat as 'n kliënt
beklemtoon word deurdat lede se rolle in die kort-, medium en
langtermyn- interaksie uitgelig word. Doelgerigte-gesentreerde
model. Volgens hierdie model vind rehabilitasie in verskillende
omstandighede plaas, naamlik akute sorg en langtermyn-versorging.
Die nuwe neiging het egter die ontstaan van onafhanklike rehabilitasie
eenhede tot gevolg waar verbeterde doelgerigte kwaliteitsorg
plaasvind en die gemiddelde tydperk wat pasiënte gehospitaliseer is
verminder het (Hoeman 1996:23). Langtermynversorging is egter op
persone met permanente ongeskiktheid gerig met die doel om
maksimale onafhanklike funksionering en die nastreef van ‘n
kwaliteitlewe daar te stel.
- Gemeenskapsgebaseerdesorg. Gemeenskapsgebaseerdesorg
sluit onder meer in buite-pasiënt klinieke, gemeenskapshertoetrede-
programme en plattelandsgerigte programme in. Die fokus van die tipe
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
42
sorgbenadering sluit aspekte in soos die rol van gesinslede, kulturele
waardes en die erkenning van die pasiënte as mede-verantwoordelik in
die rehabilitasieproses. Hier word beide kort- en langtermyndoelwitte
gestel wat op die pasiënt se herintegrasie tot die samelewing en
spesifieke gemeenskap gerig is (Hoeman 1996:23).
2.4.3.3 Implementeringsfase tydens die rehabilitasieproses
Alexander et al (1994:946) identifiseer die volgende aspekte wat van
toepassing is op die implementeringsfase wanneer ‘n persoon na
heupvervangingchirurgie ontslaan word. Volgens genoemde outeurs behoort
die volgende aspekte of komponente aandag tydens hierdie
implementeringsfase te geniet:
- Posisionering. Dit is belangrik dat die pasiënt bewus moet wees van
die feit dat die geaffekteerde ledemaat post-operatief nie meer as 90
grade mag flekseer nie. Dit behels dat die tuisomgewing sodanig
aangepas moet word deurdat daar byvoorbeeld nie van gemakstoele
gebruik gemaak kan word nie en dat alternatiewe reëlings getref moet
word. Om dieselfde rede moet ‘n basiese aspek soos die toilet ook
aangepas word deur ‘n “toilet seat raiser” te bekom (Alexander et al
1994:946).
- Verplasings. Indien daar in en uit ‘n motor geklim moet word, moet die
persoon daarop gewys word dat hy/sy eers moet sit en dan die bene in
en uit die motor moet swaai of beweeg (Alexander et al 1994:946).
- Bad. Die aanbeveling word gemaak dat die pasiënt gedurende die
eerste twee maande post-operatief eerder moet stort om te verseker
dat hy/sy nie meer as die toegelate hoeveelheid grade buig nie
(Alexander et al 1994:946). Die risiko van gly in die bad word ook
sodoende uitgeskakel. Die gebruik van ‘n lang-handspons om die laer
bene te was om ook sodoende te voorkom dat daar gebuk word, word
aangemoedig.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
43
- Skoene. Laehakskoene wat veilig is en nie ‘n glyoppervlak het nie,
word aanbeveel (Alexander et al 1994:946).
- Rehabilitasie- en/of versorgingseenhede. Behandeling binne
hierdie eenhede is daarop gerig om basiese versorging te lewer aan ‘n
pasiënt wat nie in staat is om dit self te doen nie en ook nie in staat is
om na ‘n eie woning terug te keer nie. ‘n Voordeel van die tipe
eenhede sluit in die kostevermindering deurdat die kostes dikwels laer
is as wat dit byvoorbeeld in ‘n privaathospitaal sou gewees het. Daar
blyk ‘n tendens te bestaan dat ‘n groter aantal bejaarde pasiënte wat
nie oor ‘n ondersteuningsnetwerk tuis beskik nie, sodanige post-
operatiewe opsie oorweeg en verkies (Alexander et al 1994:946).
- Ortopediese hulpmiddels. Die beskikbaarstelling en gebruik van
hulpmiddels soos 'n loopraam, krukke en 'n toiletverhoog post-operatief
is essensieel om sodoende die basiese funksionele vermoë en
mobiliteit van die pasiënt te bevorder (Alexander et al 1994:946).
'n Studie deur Yarnold (1999:40) waarby 518 pasiënte betrek is, dui daarop
dat daar geen betekenisvolle uitkomsverskil voorgekom het tussen pasiënte
wat rehabilitasie in hospitale ontvang het teenoor pasiënte wat in
versorgingseenhede opgeneem is nie. Volgens die navorser kan pasiënte
wat heupvervangingchirurgie ontvang het nie noodwendig na hulle vorige
lewenswyse terugkeer nie as gevolg van hul vrees om weer te val. Indikasies
van pasiënte wat na 'n versorgingseenheid behoort te gaan, is onder andere
persone wat gedisoriënteerd is; bo 80-jarige ouderdom is; nie onafhanklik
kan funksioneer nie en dus nie selfversorgend is nie; oor gebrekkige
kommunikasievaardighede beskik; fekale inkontinensie het; druksere het; en
onvoldoende ondersteuningstelsels het.
Die verpleegkundige wat rehabilitasie bewerkstellig, kan dus die rol van
voorligter, pasiëntonderrigagent, konsultant, gevallebestuurder, navorser, leier
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
44
en spesialis, vertolk.
2.5 BESTUURDE GESONDHEIDSORGBENADERING
Bestuurde gesondheidsorg dui op 'n samewerkingsproses waar
gesondheidsdienste beraam, beplan, gekoördineer en gemoniteer word om
sodoende te verseker dat die individu se gesondheidsbehoeftes binne ‘n
koste- effektiewe raamwerk aangespreek word (Ignatavicius et al 1999:31).
Die beskikbare bronne behoort maksimaal benut te word ten einde koste-
effektief vir beide die pasiënt en die gesondheidsorgsisteem te wees sonder
om die kwaliteit van sorg in te boet. Die bestuurde
gesondheidsorgbenadering speel ‘n toenemende belangriker rol in die
gesondheidsorgsisteem in Suid-Afrika, veral by privaatinstansies. Die impak
daarvan op die gesondheidsorgsisteme, pasiënte, hospitalisering van
pasiënte asook die rehabilitasie van sodanige pasiënte word vervolgens
aangedui.
'n Evolusie het rondom bestuurde gesondheidsorg plaasgevind. Elder et al
(1998:34-39) het sover gegaan om 'n model te ontwikkel wat ses
bevoegdhede en drie doelwitte bevat. Die drie doelwitte sluit in: koste-
effektiwiteit, bevrediging of tevredenheid en kwaliteit. Die ses bevoegdhede
sluit in die beplanning en bestuur van pasiëntsorg, pasiënt- en gesinsonderrig,
ontslagbeplanning, probleemoplossing, kommunikasie, en samewerking in
(figuur 2.1).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
45
Figuur 2.1 Bestuurde Gesondheidsorgmodel (Elder et al 1998:36)
Ontslagbeplanning is nodig om kwaliteitsorg en koste-effektiwiteit asook
pasiëntsorg en -tevredenheid te verseker. Dit word beklemtoon dat
ontslagbeplanning reeds met die eerste kontak behoort plaas te vind en dat
die verpleegkundige 'n essensiële rol daarmee vertolk. 'n Voordeel van die
verkorte tydperk van hospitalisasie is dat elke oomblik wat met die pasiënt
gespandeer word, 'n geleentheid vir pasiëntonderrig is. Dit moet maksimaal
benut behoort te word. Daar moet egter in gedagte gehou word dat elke
pasiënt oor 'n unieke persoonlikheid, agtergrond, lewensstyl en vlak van
opvoeding beskik. Die individu het spesifieke behoeftes, verwagtings en die
respons tot gesondheidsorgdienste word deur al die bogenoemde faktore
beïnvloed.
Akute siekte, elektiewe chirurgie en trauma wat tot hospitalisasie kan lei, kan
'n korttermyn-krisis vir pasiënte en lede van die gesin tot gevolg hê aangesien
die ekwilibrium versteur word. Hierdie balansversteuring moet dus tydens die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
46
beraming van die pasiënt se algehele en selfversorging in ag geneem word.
Die beraming fokus onder meer op die pasiënt se rehabilitasiebehoeftes en
die rehabilitasieproses waardeur die pasiënt tot onafhanklike funksionering
gelei moet word.
Akutesorgfasiliteite en/of hospitale is nie meer die middelpunt van
gesondheidsorg soos wat die tendens voor 1990 was nie (Christensen &
Kockrow 1999:11). In 'n poging om hospitalisasiekoste van pasiënte te
verminder, word die tydperk van toegelate hospitalisasie beperk. Dit bring
mee dat die pasiënt, in vergeleke met die tydperk vir dieselfde tipe chirurgie
ongeveer tien jaar gelede, gouer uit die hospitaal ontslaan word. Dit bring
mee die pasiënt wat uit 'n hospitaal ontslaan word met behulp van kwaliteit-
en kwantiteitpasiëntonderrig deeglik toegerus moet wees sodat die
herstelfase bespoeding word. Dit is die taak van die verpleegkundige wat ‘n
lid van die rehabilitasiespan vorm om dit te doen.
Gesondheidskoste het 'n kritieke stadium in Suid-Afrika bereik deurdat
faktore soos 'n populasie met hoër gemiddelde ouderdomme en snelle
tegnologiese veranderinge meebring dat daar groter eise aan beide die
pasiënt en gesondheidsdienste gestel word. Die ontwikkeling van tegnologie
lei nie slegs tot beter diagnosering en behandeling van siekte nie, maar het
ook 'n geweldige koste-implikasie wat noodwendig finansiële druk op die
pasiënt plaas (Christensen & Kockrow 1999:11). Om die spesifieke rede kan
die belang van die bestuurde gesondheidsorgbenadering nie genoegsaam
beklemtoon word nie.
Die gevallesorgbestuursbenadering kan in 'n poging om kostes te bespaar
daartoe bydra dat die pasiënt se rehabilitasieproses indirek beïnvloed word.
Die impak van die bestuurde gesondheidsorgbenadering versus die kwaliteit
van sorg in die gesondheidsorgstelsel kan tot 'n etiese vraagstuk bydra. Die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
47
vraag ontstaan of daar 'n etiese kompromie plaasvind wat die versorgingsrol
van die verpleegkundige nadelig kan beïnvloed, soos bevind deur Kontosh
(2000:9).
Sedert 1974 word verpleging wat op rehabilitasie gerig is in die VSA as 'n
spesialisrigting beskou (Hoeman 1996:17). In Suid-Afrika word dit al hoe
meer beklemtoon vanweë die toenemende druk wat mediese fondse oral
uitoefen om algemene hospitaalkostes te minimaliseer. Verpleegkundiges
wat betrokke is by rehabilitasieprosesse het die verantwoordelikheid om
teoretiese konsepte ten opsigte van versorging aan die pasiënt op
verstaanbare wyse oor te dra. Deur die pasiëntonderrig wat aan die pasiënt
en lede van die gesin gegee word, tree die verpleegkundige as
veranderingsagent op. Daardeur word die pasiënt en sy/haar gesin bemagtig
om beskikbare opsies te evalueer en daarvolgens te beplan (Hoeman
1996:17).
In ‘n studie oor die impak van die bestuurde gesondheidsorgbenadering op
rehabilitasievoorsieners in San Diego, Minneapolis en Massachussets, het
Wheatley, Dejong en Sutton (1997:25) bevind dat daar in ‘n tydperk van
ongeveer tien jaar ‘n neiging ontstaan het om pasiënte eerder na
versorgingseenhede te stuur as om hulle in hospitale of klinieke te
rehabiliteer. Die outers het voorts bevind dat versorgingseenhede van 1985
tot 1994 'n toename van 68 tot 187 gevalle getoon het. Dit dui op 'n
persentasieverhoging van 175% in pasiënte teenoor die wat in hospitale of
klinieke toegelaat is. In aansluiting hierby meld dié outeurs dat
versorgingseenhede wat oor akutesorgfasiliteite beskik ook 'n 118% groei
getoon het.
In 'n studie wat Schifalaqua, Hook, O’Hear en Schmidt (2000:19) gedoen het,
word die sukses van 'n bestuurde gesondheidsorgprogram aan die hand van
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
48
‘n program- en ‘n kliëntkategorie bepaal. Die kliëntkategorie sluit byvoorbeeld
voorkomende gesondheidsuitkomste en tevredenheid met hospitalisasie in,
terwyl die programkategorie aspekte soos individuele gevallebestuur insluit.
Die studiebevindinge dui daarop dat die bestuurde
gesondheidsorgbenadering suksesvol was in die gevalle waar pasiënte en
gesinne kwaliteitpasiëntonderrig en ondersteuning van die verpleegkundige
ontvang het. Dit is omrede dit 'n direkte invloed op die hospitalisasietydperk
en koste van behandeling uitoefen het.
Pasiënte wat kwaliteitpasiëntonderrig ontvang het, is daardeur bemagtig en
kon sodoende effektiewe versorgingsopsies uitoefen en dit het
hospitaalontslag bespoedig. Die koördinering van ontslagbeplanning,
gevallebestuur en/of tuisversorging is dus noodsaaklik om die sukses van
deurlopende pasiëntsorg te verseker. Die proses behoort reeds voor
toelating tot die hospitaal te begin en is 'n deurlopende proses wat selfs tot na
ontslag strek.
Faktore wat bydraend kan wees en onnodige druk op kostes binne die
gesondheidsorgsisteem plaas, is onder meer die hoogs mededingende mark
veral binne die privaatsektor; oorvol hospitale wat meebring dat daar 'n tekort
aan beskikbaarheid van beddens is en daardeur die vroeë ontslag van
pasiënte teweegbring; die verandering in pasiëntakuïteit; en die toenemende
verandering in die beskikbare personeelsamestelling ("skill mix"). Morton
(1999:24) stel dit dat daar 'n al hoe groter ambivalensie plaasvind deurdat
daar enersyds druk uitgeoefen word om kostes vir die pasiënt en mediese
fondse te verminder, maar andersyds hoë kwaliteit- diens verwag word.
2.6 TRANSKULTURELE ASPEKTE
Daar word gefokus op die belangrikheid om die verskillende kulturele
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
49
aspekte in ag te neem en kultuursensitief te wees ten einde die sukses van
die rehabilitasieproses te verseker.
2.6.1 Transkulturele verpleging
Transkulturele verpleging dui op die fokus wat geplaas word op die analisering
van verskillende kulture en subkulture ten opsigte van versorging,
gesondheidsgelowe, waardes en gedragspatrone wat kultuurspesifiek is
(Hershenson 2000:154). Transkulturele verpleging in Suid-Afrika en spesifiek
vir die studie is belangrik omdat daar verskeie kultuurgroepe voorkom en dit
nog meer gekompliseerd is om kultureelgerigte sorg te verskaf aangesien die
ontkenning daarvan effektiewe verpleegsorg verhoed.
2.6.2 Transkulturele aspekte van belang in rehabilitasie
Indien verpleegkundiges die belang van verskeie kulture ignoreer dra dit
daartoe by dat dit die rehabilitasieproses negatief beïnvloed (Hershenson
2000:153). Demografiese veranderinge soos ras, etnisiteit, geslag, ouderdom
en ongeskitheid oefen noodwendig ‘n impak op die werksomgewing binne die
gesondheidsorgsisteem uit. Dit lewer dus ‘n bydrae tot die behoefte om
transkulturele gesondheidsperspektiewe binne die kliniese omgewing te
inkorporeer om sodoende die holistiese lewering van sorg te verbeter.
Gesondheidsorgwerkers behoort binne die kulturele diversiteit van pasiënte
kennis te dra van aspekte soos sienings en gelowe rakende gesondheid en
gesondheidsorg, gemeenskappe se houdings hieroor asook geestelike
gelowe en waardes wat die transkulturele gaping tussen die pasiënt en die
verpleegkundige veroorsaak. Dit kan daartoe bydra dat die verpleegkundige
genoop word om transkulturele administratiewe aspekte toe te pas om
sodoende hierdie diversiteit objektief en onbevooroordeeld te bestuur. Dit
word gedoen deur die proses van beraming, beplanning en besluitneming.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
50
Met pasiëntonderrig moet daar dus voorsiening gemaak word vir
opvoedkundige dienste wat kulturele waardes, gelowe, simbole en diverse
kulture in ag neem om ‘n bevredigende uitkoms te fasiliteer. Faktore wat 'n
invloed kan hê op individue se sienings van en reaksie op pasiëntonderrig is,
onder meer, opvoedkundige agtergrond, sosio-ekonomiese faktore,
gesinsverpligtinge, politieke en kulturele faktore, ekonomiese aspekte,
geloofsoortuigings en persoonlike verwagtinge. Kultuur kan, byvoorbeeld, 'n
invloed uitoefen op die wyse wat persone met mekaar kommunikeer, hoe
probleme gehanteer word asook die rol van die gesin, byvoorbeeld of dit ‘n
uitgebreide- of kerngesinstruktuur is.
Hershenson (2000:153) verwys na 'n studie deur Percic waar verskeie
aspekte rehabilitasie beïnvloed het, naamlik rolle (binne gesinstruktuur en
gesondheidspan), kulturele waardes en norme wat die pasiënt se houding
beïnvloed, die pasiënt se verwagtinge, voorsiene uitkoms asook interaksies
wat tydens die rehabilitasieproses plaasvind.
In aansluiting hierby verwys Hershenson (2000:153) ook na Criswell wat
bevind het dat sekere beperkings wat deur fisiese ongeskiktheid veroorsaak
word ook deur kulturele sienings en gelowe beïnvloed word en sodoende ‘n
effek op die uitkoms van rehabilitasie het.
Soortgelyke bevindinge is ook deur Hoeman (1996:14) gemaak, naamlik dat
die rehabilitasieproses asook die uitkoms daarvan deur kulturele sienings van,
byvoorbeeld, siektegedrag, -oorsake, en behandelingsverwagtinge
geaffekteer word. Daarom is dit nodig dat kultuurspesifieke aspekte met elke
individuele pasiënt wat na heupvervangingchirurgie gerehabiliteer word, in ag
geneem word. Deur die bestaan en belang van transkulturele verpleging in ‘n
diverse kulturele omgewing te verstaan en te erken, kan dit 'n bydrae maak tot
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
51
die lewering van 'n omvattende gesondheidsdiens aan die pasiënt. Pasiënte
en gesondheidsorgdienste kan dus baat vind indien die komplekse eise van
die verskeidenheid kulture inherent aan Suid-Afrika in ag geneem word.
2.7 SAMEVATTING
In hierdie hoofstuk is die belang van pasiëntonderrig as deel van die
rehabilitasieproses ondersoek. Dit kan egter nie onafhanklik gedoen word
sonder om faktore wat 'n rol daarop uitoefen te misken nie. Daarom is die
bestuurde gesondheidsorgbenadering en die erkennning van transkulturele
aspekte essensieel. Die rol van kultuur in enige pasiëntonderrigfunksie kan nie
misken word nie en daarom is transkulturele sensitiwiteit by, onder meer, die
verpleegkundige ‘n belangrike onderbou van pasiëntonderrig.
In die volgende hoofstuk word daar verwys na die beginsels van die chirugiese
proses van heupvervangingchirurgie en pre-operatiewe ondersoeke en -
voorbereiding. Die hoofstuk word in die studie ingesluit om die
verpleegkundige die nodige kennisbasis te gee sodat sy in staat sal wees om
volledige en effektiewe onderrig aan die pasiënt wat heupvervangingchirurgie
ondergaan, te gee. Dit sal dan uiteindelik die sukses van die
rehabilitasieproses verseker.
HOOFSTUK 3
HEUPVERVANGINGCHIRURGIE – OORSAKE, VERLOOP EN
GEVOLGE
3.1 INLEIDING
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
52
In hierdie hoofstuk word aandag geskenk aan die implikasies van die
ortopediese en mediese prosedures van heupvervangingchirurgie vir
pasiënte wat dit ondergaan. Hierdie hoofstuk dien voorts ook as die
teoretiese begronding van die onderhoudskedule. Begripsliteratuur is gebruik
om die gestruktureerde onderhoudskedule aan die hand van feite oor
heupvervangingchirurgie te ontwerp. Die oorsake, verloop en
voorsorgmaatreëls asook die gevolge van die tipe chirurgie word in diepte
bestudeer. Hoewel die chirurgiese en mediese prosesse nie in detail aan
die pasiënt verduidelik word nie, behoort kennis hiervan deel van die
verpleegkundige se oriëntasie en kennisstruktuur te vorm.
Hoewel die chirurg besluit watter behandelingsopsies/proteses gebruik gaan
word, behoort die verpleegkundige oor die nodige kennis hieroor te beskik
aangesien dit ‘n bepaalde invloed op die verpleegsorgplan asook
pasiëntonderrig en rehabilitasie uitoefen. Die verpleegkundige behoort ook
kennis te dra van die moontlike narkose-opsies, byvoorbeeld epidurale
narkose, wat toegepas kan word. Pasiëntonderrig behoort voorts inligting oor
komplikasies en ander mediese aspekte, byvoorbeeld tromboses, wond- en
urienweginfeksies, en dislokasies in te sluit. Dit is om hierdie rede dat daar
vervolgens kortliks aandag aan enkele belangrike ortopediese
behandelingskonsepte gegee word.
3.2 INDIKASIES VIR HEUPVERVANGINGCHIRURGIE
Daar is verskeie faktore wat tot heupvervangingchirurgie aanleiding gee.
Volgens die American Academy of Orthopaedic Surgeons
(http://www.my.webmd.com) is osteoartritits die mees algemene oorsaak vir
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
53
‘n totale heupvervanging, terwyl rumatoïede artritis, avaskulêre nekrose,
traumatiese artritis en spesifieke heupfrakture van die meer algemene
oorsake vir heupvervangingchirurgie is. Vervolgens word daar kortliks na die
oorsake van heupsiektes verwys.
3.2.1 Osteoartritis of degeneratiewe gewrigsiekte
Osteoartritis is 'n nie-inflammatoriese degeneratiewe toestand wat
gekenmerk word deur die progressiewe vernietiging en verlies van artikulêre
kraakbeen van die gewigdraende gewrigte, byvoorbeeld die heup- en die
kniegewrig, en vertebrale kolomgewrigte. Die normale kraakbeen word
deurskynend, sag, opaak en geel. Fissure en ulserasies ontwikkel en die
kraakbeen verdun. Die kraakbeen en die been onder die kraakbeen begin
erodeer, die gewrigspasies vernou en osteofiete word gevorm. Die
verandering in die kraakbeenmetabolisme veroorsaak dat inflammatoriese
ensieme tot weefselverswakking bydra. Dit lei tot die proses van
degenerasie. Dit is 'n siektetoestand wat meer algemeen onder ouer
persone en die vroulike geslag voorkom (Alexander et al 1994:396;
Ignatavicius et al 1999:406). Daar is twee vorme van degeneratiewe
gewrigsiekte. Met die primêre vorm is daar geen voorafgaande siekte of
abnormaliteit van die heup nie. Dit is gewoonlik geneties van oorsprong.
Die tweede vorm kom voor waar daar 'n voorafgaande siektetoestand soos
intra-artikulêre frakture, dislokasie van die heup of infeksie is. Pyn is die
mees algemene teken, en veral 'n "pain-at-night"- en "pain-on-activity"-
sindroom wat op osteoartritis dui. Verder wil dit voorkom of beperkte
beweging ook as kenmerkend beskou kan word. Osteoartitis staan ook
bekend as die slytasie-artritis omrede die kraakbeen verweer raak. Dit
veroorsaak dat been op been artikuleer en erge pyn veroorsaak en fisiese
vermoë beperk. Chirurgie word aangedui wanneer konserwatiewe metodes
nie suksesvol is nie. Sodanige chirurgie word totale heupvervanging genoem
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
54
(Powell 1986:576).
Die rehabilitasiebelang hiervan vir die verpleegkundige is dat pasiënte
gewoonlik vir ‘n relatiewe lang tydperk voor die chirurgie pyn ervaar en dat dit
rehabilitasie negatief of positief kan beïnvloed. Pasiënte is gewoonlik
vanweë hulle vorige ervaring van pyn soms onwillig of bang om te begin
mobiliseer. Indien fisiese funksionele vermoë voorheen hierdeur beperk is,
kan dit ‘n effek op mobilisasie-rehabilitasie hê. Dit is omdat die persoon deur
die jare die geaffekteerde ledemaat probeer beskerm het en die gesonde
ledemaat meer vir mobilisering en aktiwiteite aangewend het en die spiere
gevolglik verswak het. Dit dra dus daartoe by dat fisiese mobilisasie post-
operatief bemoeilik word. Die verpleegkundige en fisioterapeut moet nie slegs
bogenoemde tydens die beplanning van rehabilitasie in ag neem nie, maar
moet ook tydens pasiëntonderrig die impak hiervan op die pasiënt bespreek.
3.2.2 Rumatoïede artritis
Rumatoïede artritis is 'n chroniese sistemiese siekte van die bindweefsel. Dit
word gekenmerk deur chroniese/subakute nie-bakteriële inflammasie van die
sinoviale gewrigte en tendons. Inflammatoriese mediators soos sitokiene en
chemokiene aktiveer neutrofiele wat dan tot inflammasie lei. Die proses gee
aanleiding tot sinoviumverdikking en gevolglik tot die akkumulering van vog in
die gewrigspasie wat tot pannusvorming lei. Pannusvorming dui op vaskulêre
granulasieweefsel en bestaan uit inflammatoriese selle wat tot erosie van die
artikulasiekraakbeen lei wat dan geleidelik in beenvernietiging kulmineer
(Ignatavicius et al 1999:419). Die gewrigte het akute inflammasie en die
sinovium word dikker. Hierdie area van verhoogde selinfiltrasie lei dan tot
effusie wat as swelling manifesteer (Alexander et al 1994:394). Ensieme word
vrygelaat wat geleidelik tot erosie van die kraakbeen lei en die gewrig
uiteindelik kan vernietig.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
55
Die persoon wat aan rumatoïede artritis ly het dikwels erge pyn en in
sommige gevalle is die gewrigte selfs misvorm. Vanweë die aard van hierdie
siektetoestand word ander ledemate en gewrigte en hul funksionering ook
beïnvloed. Daar word van die verpleegkundige en fisioterapeut verwag om
genoemde aspekte tydens die beplanning van die rehabilitasieproses in ag te
neem. Hulpmiddels soos krukke wat vir ander pasiënte redelik toeganklik is,
kan moontlik aangepas word ten einde die pasiënt se onvermoë om dit te
gebruik te akkommodeer. Daar kan verwag word dat sodanige pasiënte
moeiliker sal rehabiliteer en dat rehabilitasie langer sal neem. Die
arbeidsterapeut kan ook ‘n belangrike rol in so ‘n geval vertolk aangesien
hierdie pasiënte se behoeftes binne die hospitaal en tuis ontleed kan word en
dienooreenkomstige praktiese aanpassings aanbeveel kan word.
3.2.3 Avaskulêre of osteonekrose
Avaskulêre nekrose van been en intra-artikulêre strukture kom voor as gevolg
van verminderde bloedvoorsiening na die weefsel. Dit volg na besering soos
heupontwrigting (tot twee jaar na ontwrigting) of intrakapsulêre
femurnekfrakture. Die ischemiese been word nekroties (Monahan, Drake &
Neighbors 1994:1430). Dit kan daartoe lei dat die been vernietig word. Dit
gaan met erge pyn gepaard as gevolg van die vormverandering van die
femurkop en sekondêre osteoartrose. Dit kan idiopaties wees of kan op 'n
fraktuur of dislokasie volg (Ignatavicius et al 1999:1280). Onderbreking van
bloedvoorsiening kan as gevolg van dié tipe besering plaasvind. Die sellulêre
patologie dui op nekrose van die osteoblaste wat dan nie beenhomeostase in
stand kan hou nie.
Die mees algemene oorsake van osteonekrose is die gebruik van steroïede
en die oormatige gebruik van alkohol. Nog 'n faktor wat hiertoe kan lei, is
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
56
borrelsiekte wat duikers kan opdoen.
Soos reeds genoem, is die pyn wat pasiënte met avaskulêre nekrose verduur
een van die grootste struikelblokke tydens die rehabilitasieproses. Die
oorsake van die toestand, naamlik substansmisbruik vereis dat die
verpleegkundige ‘n volledige sosiale en psigiese beraming van die pasiënt
moet doen om sodoende die nodige inligting na andere, byvoorbeeld ‘n
maatskaplike werker, deur te gee. Versuim om dit te doen kan ‘n negatiewe
impak op suksesvolle rehabilitasie uitoefen.
3.2.4 Trauma
Traumatiese besering van die heup, gewrig, femurkop of asetabulum kan lei
tot frakture wat dan heupvervangingchirurgie noodsaaklik maak. Tipes
traumatiese beserings vind plaas onder meer as gevolg van sportbeserings,
motorvoertuigongelukke, of 'n val wat tot 'n fraktuur lei (Farrell 1986:200).
Heupfrakture kan in intra-artikulêre of ekstra-artikulêre frakture ingedeel word.
Intra-artikulêre frakture sluit in basale (femurkopfrakture), subkapitale (frakture
onder die femurkop) en transservikale (femurnekfrakture) frakture. Ekstra-
artikulêre frakture is die frakture wat buite die gewrigskapsel of deur die
groter of kleiner troganter en in die intertroganteriese en subtroganteriese
area voorkom (Schoen 2000:233). Intertroganteriese frakture dui op frakture
wat buite die heupgewrig geleë is. Dié tipe frakture heg gewoonlik.
Subtroganteriese frakture is dié wat onder die kleiner troganter geleë is
(Alexander et al 1994:381). Die probleem is dat bloedvoorsiening na die
femurkop met verplaaste intrakapsellêre frakture versteur word. Indien trauma
die aanleidende oorsaak tot heupvervangingchirurgie is, behoort die
emosionele en psigiese aspekte van die pasiënt ook in ag geneem te word.
Enige gebeurtenis met ‘n skielike en onbeplande impak wat noodgedwonge
tot chirurgie lei, kan as traumaties beskou word. Die pasiënt het nie tyd om
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
57
die gebeure te verwerk nie en moet soms onwetend en/of onwillekeurig die
behandeling ontvang. Dit is dan dikwels ’n jonger persoon wat nog ‘n aktiewe
beroep beoefen en wat die broodwinner van die gesin is. Die pasiënt moet
voortdurend onderrig en ondersteuning ontvang om sodoende sy/haar
aktiewe betrokkenheid aan die rehabilitasieproses te veseker. Dan kan die
chirurgie suksesvol wees.
3.3 DIAGNOSTIESE ONDERSOEKE
Daar is verskeie diagnostiese ondersoeke wat uitgevoer word. Dit is
essensieel dat die verpleegkundige oor deeglike kennis daarvan beskik om
sodoende pasiëntonderrig te kan deurgee. Diagnostiese ondersoeke word
gewoonlik op ‘n buitepasiënt-basis tydens besoeke aan die chirurg gedoen.
3.3.1 Radiografiese ondersoeke
Om die mees geskikte behandelingsmetode te bepaal, is daar addisionele
studies wat gedoen kan word (Ignatavicius et al 1999:376).
3.3.2 Artrogram en Aspirasie
Aspirasie is die geskikte metode om te bepaal of daar enige infeksie
teenwoordig of afwesig is, veral indien vorige heupchirurgie plaasgevind het.
Die voordeel van die metode is dat vog direk van die gewrig geaspireer kan
word en dat dit waardevolle inligting bevat. Die artrogram of fluoroskopie
behels dat daar radio-opake kleurstof in die heupgewrigspasie gespuit word
om sodoende die kapsel uit te lig. Die hoofdoel van die tipe studies is om die
vorm en status van die femurkop in die asetabulum te bepaal (Schoen
2000:37).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
58
3.3.3 Radio-isotope studies
Indien enige infeksie vermoed word, kan 'n Indium-111 radio-isotoopstudie
uitgevoer word. Die pasiënt se bloed word getrek en met Indium-111, 'n
isotopiese stof gemeng. Dit word dan weer vir die pasiënt ingespuit. Na 24
uur word die gewrig geskandeer om sodoende te bepaal of daar enige
infeksie of sepsis teenwoordig is. Komplikasies van die metode blyk
minimaal te wees (Ignatavicius et al 1999:1241).
3.3.4 Magnetiese Resonansiebeelding (magnetic resonance imaging -
MRI)
Magnetiese resonansiebeelding behels ‘n spesiale studie waar magnetiese
veld en radiogolwe areas wat oor ‘n hoër konsentrasie sti kstof beskik,
beklemtoon en dus kan dui op weefsel met ‘n hoë voginhoud, tumore en
diskusletsels (Schoen 2000:41). Dit word gebruik om driedimensionele
beelde van die liggaam te verkry (Monahan et al 1994:1354). Die tegniek is
veral voordelig om die sagteweefsel rondom die heup te evalueer en om die
vroeë stadiums van osteonekrose te bepaal. Dit is belangrik om te verseker
dat die pasiënt nie enige metaalinplantate het nie, byvoorbeeld ‘n pasaangeër
of metaalhakies wat na serebrale aneurisme gebruik word, aangesien dit 'n
invloed op die beelding het. Die pasiënt mag ook nie 'n magnetiese
resonansiebeelding ondergaan indien hy/sy enige kledingstukke aan het wat
metaal bevat nie. Die metode kan ook nie gebruik word indien die pasiënt
reeds heupvervangingchirurgie met 'n metaalprostese ondergaan het nie -
tensy dit ‘n titaniumprostese is (Ignatavicius et al 1999:1241).
3.3.5 Rekenaartomografieskandering (RT of CAT-scan)
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
59
Dié ondersoek behels 'n gespesialiseerde dwarssnit-x-straal wat addisionele
inligting met betrekking tot die anatomie van die pelvis of heupe en die
beskikbare been kan verskaf. Dit kan gedoen word met of sonder 'n
radioaktiewe kontrasmedium wat intraveneus of oraal toegedien word. 'n
Rekenaartomografieskandering is baie sensitiewer as gewone x-strale en
dui variasies in weefseldigtheid aan. Dit is veral geskik vir pasiënte wat
kongenitale displasie of osteonekrose het (Schoen 2000:39).
3.3.6 X-straalondersoeke (Roëntgen- x-strale)
‘n X-straalondersoek, die mees algemene ondersoek wat uitgevoer word,
verskaf belangrike data van die skelet en ander strukture om, byvoorbeeld,
frakture, patologiese toestande (soos rumatoïede artritis, en avaskulêre
nekrose) en enige gewrigsveranderinge (soos los fragmente, en
gewrigspasievermindering) en dislokasies op te spoor en
sagteweefselbesering aan te dui (Ignatavicius et al 1999:1236). Standaard
105cm-afstand x-strale word gebruik om x-straalvergrotingseffekte te
standardiseer. Dit vergemaklik meting om die groottes te bepaal van
prosteses wat gebruik gaan word.
3.3.7 Beendigtheidsondersoeke
Beendigtheid, beenkwaliteit en beenkwantiteit verander met ouderdom
(osteoporose) en ook in respons tot 'n prostese. Beendigtheidsondersoeke is
'n tegniek om die veranderinge aan te dui (Schoen 2000:41).
3.4 LABORATORIUMONDERSOEKE
Verskeie bloedtoetse word vir persone met muskoskeletale siektes gedoen.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
60
3.4.1 Biochemiese ondersoeke
3.4.1.1 Serum Kalsium en Fosfate
Die waarde van kalsium is die benutting daarvan in beenformasie. Dit word
deur die aksie van vitamiene D vanuit die gastro-intestinale weë geabsorbeer.
Indien daar onttrekking daarvan as gevolg van die wanfunksie van die
parathormoon plaasvind, dra dit by tot die progressiewe verdunning daarvan
(Powell 1986:101).
Die belangrikheid van fosfate is dat die metabolisme daarvan nou verwant is
aan kalsium. Daar is 'n neerslag van kalsium in bene en fosfate kom in groot
hoeveelhede in die rooibloedselle voor. In normale omstandighede het 'n
verhoogde serum kalsium verlaagde serum fosfate tot gevolg en andersom.
3.4.1.2 Alkaliese fosfatase
Alkaliese fosfatase is 'n ensiem wat vrygelaat word by areas van nuwe
beenvorming. Vlakke van alkaliese fosfatase verhoog in enige toestand waar
beenvorming plaasvind, maar ook in destruktiewe beensiektes (Powell
1986:102). Die konsentrasie van alkaliese fosfatase verhoog ook in gevalle
waar been- of lewerskade teenwoordig is. Indien metoboliese beensiekte
teenwoordig is, verhoog die konsentrasie in verhouding tot die osteoblastiese
aktiwiteit. In ouer persone is alkaliese fosfatase ook geneig om verhoog te
wees (Ignatavicius et al 1999:1237).
3.4.2 Hematologiese ondersoeke
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
61
3.4.2.1 Volbloedtelling
Hematologiese toetse sluit onder meer die bepaling van die
rooibloedseltelling, witseltelling en hemoglobien in, wat dui op die totale
hoeveelheid suurstofdraende bloed wat in 100ml bloed beskikbaar is.
Suurstof word in die vorm van oksihemoglobien van die rooibloedselle in die
longe na die weefsel oorgedra. Die hematokrit dui op die persentasie
rooibloedselle wat in die totale bloedvolume is. Die hematokritwaarde word
geaffekteer deur veranderinge in die bloedvolume, byvoorbeeld met akute
bloeding (Alexander et al 1994:406, Ignatavicius et al 1999:948;). Die
witselstelling dui op die totale hoeveelheid sirkulerende witbloedselle.
Verhoogde witseltelling kan dui op inflammasie en infeksie (Corbett
1998:683). Die funksie van die witselle is om die liggaam teen mikrobes en
antigene te verdedig. 'n Verhoogde witseltelling of leukositose (meer as 10
000/cu mm) is een van die infeksiemerkers en dit dui op akute infeksie,
maligniteite, weefselnekrose, trauma en weefselbesering.
3.4.2.2 C-Reaktiewe Proteïne
'n Algemene toets wat gedoen kan word om die inflammatoriese respons te
bepaal is die C-reaktiewe proteïein (CRP-toets). Die toets word uitgevoer
om die verhoging in proteïne wat algemeen met inflammasie voorkom, te
bepaal (Corbett 1998:688).
3.4.2.3 Eritrosiet-besinking (ESR)
Die eritrosietbesinkingspoed bepaal die spoed waarteen rooibloedselle
afsak. Dit word bepaal deur die kleefbaarheid van die eritrosiete en die
vermoë van die eritrosiete om die albumien:globulien-ratio te versnel. Die
eritrosietbesinkingspoed is 'n nonspesifieke toets. 'n Verhoogde
besinkingspoed is algemeen in inflammatoriese toestande, selbesering, en
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
62
karsinoom. In ortopedie onderskei die toets spesifiek tussen rumatoïede
artritis en ander tipes inflammasie (Corbett 1998:689, Monahan et al
1994:607).
3.4.3 Bakteriologiese ondersoeke
Bloed-, weefsel- en vogmonsters kan na die laboratorium gestuur word om
kulture en sensitiwiteit te bepaal.
3.4.4 Histologiese ondersoeke
Been- en weefselmonsters wat intra-operatief verkry word, word vir
bevestiging van 'n diagnose en vir navorsingsdoeleindes vir histologiese
ondersoeke na ‘n patologielaboratorium gestuur (Powell 1986:102).
3.5 BEHANDELINGSMETODES
Daar word hiernaas kortliks verwys na die verskillende behandelingsmetodes
vir 'n heupgewrig wat nie meer normaal funksioneer nie.
3.5.1 Totale heupvervangingchirurgie
'n Totale heupvervanging is chirurgie wat ontwikkel is om die beskadigde
heupgewrig te vervang. Dit behels dat 'n kunsmatige heup of prostese van
metaal (titanium), vlekvrye staal of plastiek chirurgies ingeplant word. Die
heupvervanging herskep die normale funksionering van die heup. Die
heupgewrig word beskryf as 'n bal-en-potjie-gewrig. Met 'n totale
heupvervanging word die beskadigde femurkop met 'n prostese op 'n stam
vervang. Dit is 'n spesiale produk van plastiekpoli-etileen en pas in die "potjie"
of asetabulum. Die komponente word gewoonlik aan die been met 'n tipe
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
63
sement bekend as metielmetakrialiet geheg (Schoen 2000:295). Die doel van
heupvervangingchirurgie is pynverligting asook om verhoogde
bewegingsfunksie van die betrokke gewrig te verkry (Monahan et al
1994.1370). Totale heupvervangingchirurgie is 'n opsie vir alle pasiënte met
heupsiektes wat chroniese ongemak en funksionele beperking ondervind.
Revisie van 'n totale heupvervanging word aangedui indien daar meganiese
mislukking voorkom. Aangesien die onderhawige studie handel oor die
toepaslike pasiëntonderrig en -rehabilitasie word die ortopediese aspekte
hiervan vollediger bespreek.
3.5.2 Ander behandelingsmetodes
3.5.2.1 Konserwatiewe behandeling
Konserwatiewe of nie-chirurgiese behandeling is effektief in die vroeë
stadiums van artritis. Konserwatiewe sorg sluit onder meer in gewigsbeheer,
aktiwiteitsaanpassing, anti-inflammatoriese behandeling en
kortisoonbehandeling. Gewigsbeheer kom daarop neer dat 'n
gewigsverliesprogram toegepas indien 'n persoon oorgewig of obees is
omdat dit ekstra gewig op die gewrig plaas. Aktiwiteitsaanpassing behels dat
fisiese aktiwiteite, byvoorbeeld kontaksport en harde fisiese arbeid, beperk
word. Die verpleegkundige het egter nie enige bydrae by die
behandelingsopsie nie, aangesien die pasiënt nie gehospitaliseer is nie en
die chirurg op ‘n buitepasiënt basis besoek word.
3.5.2.2 Femorale osteotomie
Vir pasiënte met heupdisplasie is die behandelingsopsie 'n femorale
osteotomie of Chiari-osteotomie. Dit dra by tot die herbelyning van die heup
om die gewigdraende area te verbreed of meer kongruent te maak. Die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
64
behandelingsopsie is veral gunstig vir jong pasiënte (Schoen 2000:293).
Volgens een artikel (outeur onbekend) op ‘n webtuiste
(http://www.my.webmd.com) is die behandelingsopsie gewilder in Europa as
in die Verenigde State van Amerika. Geen aanduiding kon gekry word van
die aantal chirurgiese ingrepe wat in Suid-Afrika uitgevoer word nie. Hierdie
behandelingsopsie is nie moontlik in 'n geaffekteerde heup wat reeds
gevorderde degeneratiewe siekte het nie.
3.5.2.3 Artrodese
Die chirurgie behels dat die femurkop gestabiliseer en aan die asetabulum
vasgeheg word. Die doel van hierdie chirurgie is om die progressie van die
siekteproses van die heup te vertraag, om stabiliteit te verseker en
pynverligting te gee. Die prosedure is ook effektief vir jonger pasiënte veral
dié wat ‘n kort liggaamsbou het en wat oor die algemeen gesond is. Die
prosedure word voorts uitgevoer by pasiënte wat heuptuberkulose of
osteoartritis het en waar 'n piogeniese heupgewrig voorkom. Die risiko
verbonde aan die tipe chirurgie is nie-hegting veral in geinfekteerde heupe.
Dit bring ook mee dat pasiënte tot vier maande op bedrus verpleeg word wat
moontlike wanhegting tot gevolg kan hê (Schoen 2000:294). Kontra-
indikasies geld ook uiteraard vir pasiënte met ipsilaterale knieprobleme.
Pasiënte wat hierdie tipe prosedure ondergaan moet deeglik bewus wees
daarvan dat die heup “styf” gemaak word. Dit behels dat mobilisasie op ‘n
permanente basis beperk word aangesien die betrokke heupgewrig nie meer
kan buig nie en dit ‘n onomkeerbare prosedure is. Die pasiënt moet deeglik
kennis dra daarvan dat aktiwiteite soos om te buk en ‘n voorwerp van die vloer
af op te tel nie sonder meer kan geskied nie en dit eers deeglik beplan moet
word voordat dit kan plaasvind. Die prosedure word nie algemeen uitgevoer
nie.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
65
3.5.2.4 Pseudoartrose
'n Pseudoartrose of Girdlestone-chirurgie behels die verwydering van die
femurkop sonder enige vervanging. Die prosedure word uitgevoer indien
enige heupinfeksies voorkom of indien die pasiënt se beskikbare been
onvoldoende vir enige rekonstruktiewe prosedure is. Die gevolg is dat die
pasiënt se een been korter as die ander een sal wees. Dit sal daartoe bydra
dat die persoon minder stabiel ten opsigte van beweging is. Wat mobiliteit
betref, het die persoon 'n kruk nodig om op ‘n permanente basis te kan
mobiliseer, aangesien die heupgewrig vanweë die ontbrekende femurkop
onvolledig is (http://www.my.webmd.com, Schoen 2000:294).
Die pasiënt behoort onderrig hieroor te ontvang om sodoende versigtig te
wees wat mobilisasie betref. Daar is ‘n groter risiko om te val wat moontlik
verdere skade tot gevolg kan hê. Aangesien voortdurende heupinfeksies tot
die prosedure kan lei,
is dit noodsaaklik om maatreëls te tref om sodoende enige vorm van verdere
infeksies post-operatief te voorkom. Sodanige infeksies kan ‘n permanente
invloed op die funksionele vermoë van ‘n pasiënt uitoefen.
3.6 PROSTESES
Die chirurg evalueer die pasiënt om te bepaal of ‘n prostese aangedui word,
watter tipe prosedure aangedui word is en die tipe vervanging of prostese wat
gebruik gaan word. Vervolgens word die verskillende tipes prosteses en tipes
chirurgie kortliks bespreek.
3.6.1 Stam met akriliese sementfiksasie (Charnley-prosedure)
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
66
Met die prosedure wat sir John Charnley in 1962 gebruik het, is 'n bal ("kop")
van vlekvrye staal op 'n stam in die been geplaas om die femorale (bal) van
die gewrig te vervang. Daarby is 'n plastiekpotjie met ‘n hoë digtheid gebruik
om die asetabulêre deel te vervang. Beide komponente is aan die been met
'n gepolmeriseerde akrielsement of beensement geheg. Die prosedure is met
die jare verfyn. Die bal is deesdae modulêr, en kom in verskillende groottes
voor en die stamlengtes kan verskil. Die meeste van die koppe word van 'n
kobaltchroommetaalallooi of keramiekstof gemaak (Farrell 1986:199). Die
prostese se leeftyd word in die literatuur as 10 tot 15 jaar
(http://www.my.webmd.com) beskryf. Die verpleegkundige behoort tydens
pasiëntonderrig die pasiënt daarop te wys dat die geaffekteerde ledemate
tydens mobilisasie beskerm moet word en dat daar tydens mobilisasie slegs
gedeeltelike gewig op die betrokke ledemate gedra kan word.
3.6.2 Stamtipe sonder sementfiksasie (sementlose)
Daar is verskeie prosteses wat sonder enige sement gebruik word. Been
heg aan 'n metaalinplanting as die oppervlak van die metaal 'n spesifieke
topografie het. Die proses word poreuse groei of osseointegrasie genoem.
Die been moet presies vir die tipe prostese voorberei word omdat die
osseointegrasie in die porieë van die poreuse oppervlakte moet groei. Die
prosedure word sedert 1977 gebruik. Die sementlose prosedure word vir
jonger en aktiewe persone aanbeveel (http://www.my.webmd.com, Schoen
2000:295).
Die verpleegkundige moet daarvan bewus wees dat indien die chirurg hierdie
behandelingsopsie uitgevoer het, die pasiënt - sodra mobilisasie kan
plaasvind - vir ‘n tydperk van sowat ses weke geen gewig op die
geaffekteerde ledemaat mag plaas nie. Die pasiënt behoort ook hieroor
ingelig te word ten einde die belangrikheid hiervan te besef.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
67
3.6.3 Stamtipe met hibridiese fiksasie
Hibridiese fiksasie verwys na gevalle waar een komponent sonder sement en
die ander komponent met sement (gewoonlik die stam) ingeplaas word
(Farrell 1986:199, http://www.my.webmd.com).
3.7 MATERIALE GEBRUIK VIR GEWRIGSVERVANGINGS
Die verpleegkundige behoort te weet dat die prostesemateriale wat chirurge
gebruik ‘n bepaalde lewensduur het. Die lewensduur hang af van die
komponente, die tegnieke wat gebruik word, die kwaliteit van die fiksasies en
die aktiwiteitsvlak van die pasiënt. In jonger persone, byvoorbeeld, is dit
gewoonlik korter as gevolg van ‘n hoër vlak van aktiwiteit. Die afbraak van
sement kan weefselreaksie tot gevolg hê wat fiksasie belemmer en
veroorsaak dat die prostese los raak (Schoen 2000:295). Indien die
verpleegkundige nie kennis hieroor het nie, sal sy nie moontlike vrae van die
pasiënt volledig kan beantwoord nie.
3.7.1 Metaal-op-metaalprosteses
Dié tipe prostese is in die laat-1960-erjare gebruik en is primitief vergeleke
met vandag se standaarde. Dit is etlike jare gelede van die mark onttrek.
Navorsing word steeds gedoen om die volumetriese vermoëns daarvan aan te
pas (Callandrucio 1987:1262, http://www.my.webmd.com). Daar word tans
opnuut gekyk na metaal-op-metaal-artikulasies met verfyning van die
toleransies tussen die kop- en asetabulumprostese.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
68
3.7.2 Keramiek-op-keramiekprosteses
Keramiekprosteses word sedert 1970 gebruik. Keramiektipes is deur die jare
verfyn om te verseker dat die sterkte van die materiaal voldoende is. Die
gebruik van ‘n prostese van aluminiumoksiedkeramiek of sirkoniumkeramiek
is 'n opsie om verwering en weefselreaksie te beperk en sodoende die
lewensduur van die prostese te verleng. Die prostese moet baie spesifiek en
presies ingeplaas word om verwering te beperk (Farrell 1986:199,
http://www.my.webmd.com). Die voordele van keramiek is die spesifieke
hardheid daarvan asook die feit dat die oppervlak fyner as metaal gepoleer
kan word en wrywing dus minder is.
3.7.3 Monokomponentvervangings
Sodanige vervangings bied ‘n metode om verwering en weefselreaksie te
elimineer deur slegs die geaffekteerde deel van die gewrig te vervang. 'n
Monokomponentvervanging word aanbeveel vir pasiënte wat intra-kapsulêre
femurnekfrakture het en steeds oor artikulêre kraakbeen in die asetabulum
beskik. Die monokomponentvervanging bewaar been deur die voorsiening
van fisiologiese stresoordrag na die femurnek en proksimale femur. Die tipes
wat gebruik word, is die Moore's-prostese wat sonder sement geplaas word
en die Thompson-prostese wat gesementeer is (Schoen 2000:295).
Laasgenoemde tipe prostese word gewoonlik gereserveer vir pasiënte met 'n
beperkte verwagte lewensduur - gewoonlik 'n lewensverwagting van minder as
vyf jaar. Daar word gevind dat daar na vyf jaar gewoonlik chondrolise van die
asetabulum is, wat met pyn gepaard gaan (http://www.my.webmd.com).
3.7.4 Oppervlakvervanging van die heup
Met oppervlakvervanging word die femurnek bewaar eerder as geamputeer,
soos in die geval van stam-tipe-heupvervanging. Die femurkop word met 'n
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
69
prostetiese dop aangepas. Die voordeel van die metode is dat been bewaar
bly en die dislokasierisiko minimaal is. Die post-operatiewe aktiwiteit word
ook nie soveel beperk met die tipe prostese nie en die normale gebruik en
beweging van die heup is moontlik. Hierdie prosedure word nie algemeen
gebruik nie. Van die besware daarteen is dat die blootlegging van die
femurkop tot avaskulêre nekrose daarvan kan lei, wat later die kollaps van die
femurkop en dus faling van die prostese kan veroorsaak (Callandrucio
1987:1260, http://www.my.webmd.com).
3.8 PRE-OPERATIEWE VOORBEREIDING
Met bevestiging van die chirurgie is daar verskeie take ter voorbereiding van
die heupvervangingchirurgie.
3.8.1 Gesondheidsdiensversekering en magtiging van mediese fonds
Privaatinstansies en lede van sekere bestuurde gesondheidsorgfondse moet
magtiging van hulle fondse verkry alvorens enige prosedure tydens
hospitalisasie uitgevoer kan word. Bestuurde gesondheidsorg het dit ten doel
om diens te verskaf en finansieel daarvoor te vergoed in 'n poging om koste te
beheer terwyl die kwaliteit van sorg nie ingeperk word nie (Ignatavicius et al
1999:29). Die multidissiplinêre span identifiseer verwagte uitkomste vir die
pasiënt en verskaf intervensie om die pasiënte te help om die diens te kry.
Die kliniese asook kosteresultaat word vasgestel. Gevallebestuur is 'n
samewerkingsproses wat planne beraam, implementeer, koördineer, moniteer
en evalueer om sodoende aan die individu se gesondheidsbehoeftes te
voldoen. Kommunikasie en beskikbare bronne word aangewend om kwaliteit
en kostedoeltreffendee resultate te verseker. Tydens die hospitalisasie van ’n
pasiënt besoek die gevallebestuurder die pasiënt om te bepaal of daar aan
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
70
die vasgestelde riglyne voldoen word. Dit is dus noodsaaklik dat die pasiënt 'n
magtigingsnommer verkry alvorens toelating tot private klinieke plaasvind
(Ignatavicius et al 1999:30).
3.8.2 Ingeligte toestemming
Vir enige chirurgiese prosedure begin pre-operatiewe behandeling met die
beraming van 'n persoon se kennis van en insig in die voorgenome chirurgie.
Die betrokke chirurg verduidelik die prosedure en post-operatiewe
verwagtings. Die probleem is dat dit gewoonlik met bevestiging van chirurgie
plaasvind weke of selfs maande voor die geskeduleerde prosedure. Dit kan
meebring dat waardevolle en belangrike inligting vergeet word en/of dat
belangrike vrae nie gevra of opgevolg word nie (Ignatavicius et al 1999:411).
Pasiënte is dikwels ook in die stadium skaam en te onseker om vrae te stel.
Dit is belangrik dat die risiko’s, potensiële komplikasies en
behandelingsalternatiewe vir die pasiënt uitgestip word. Geskrewe
toestemming word tydens hospitalisasie van die pasiënt verkry. Die
pasiëntonderrigrol van die verpleegkundige verseker dat die pasiënt
voortdurend onderrig word. Die pasiënt se onsekerheid en angs behoort met
voldoende inligting te verminder.
3.8.3 Bloedoortapping
Tydens die chirurgie kan bloeding voorkom en 'n bloedoortapping kan
moontlik nodig wees. Daar is verskeie opsies beskikbaar om die
bloedverlies te vervang soos outoloëbloed; donorbloed en selbesparingsbloed
(Keston & Enthoven 1998:11)
3.8.4 Medikasie
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
71
Indien enige medikasie soos anti-koagulasieterapie gebruik word, word dit
voor die chirurgie gestaak en word daar bloed getrek word om 'n basislyn van
die stollingsprofiel en protrombienindeks te verkry. Die gebruik van anti-
koagulasieterapie kan aanleiding gee tot bloeding en stollingsdefekte. Dit dus
nodig om bogenoemde bloedtoetse te doen. Enige
hormoonvervangingsterapie word ses weke pre-operatief gestaak aangesien
die gebruik van hormoonterapie en beperkte fisiese mobiliteit bydraende
faktore vir diep veneuse trombose en pulmonale embolisme is (Keston &
Enthoven 1998:10). Dit is dus belangrik dat pasiëntonderrig in dié verband
gegee word.
3.8.5 Mediese evaluasie
Alvorens heupvervangingchirurgie uitgevoer word, doen ‘n internis 'n mediese
evaluasie. Dit behels dat basislyn- bloedtoetse, ‘n elektrokardiografiese toets
(EKG), borskas-x-strale, en ‘n fisiese ondersoek gedoen word om sodoende
enige onderliggende siektetoestand of potensiële probleme uit te skakel
(Yarnold 1999:37). Die ondersoek word met opname, een dag voor die
chirurgie, gedoen.
3.8.6 Ortopediese evaluasie
Die aanvanklike ortopediese evaluasie geskied met die eerste besoek aan
die chirurg waarna die bevestiging van die chirurgie volg. Reeds met die
eerste besoek word bekken-x-strale geneem. Met die ortopediese evaluasie
bespreek die dokter die chirurgie met die pasiënt waarna die pasiënt die
geleentheid kry om enige vrae te rig. Met opname in die hospitaal, een dag
voor die beplande chirurgie, besoek die chirurg weer die pasiënt. Indien die
pasiënt enige verdere vrae het, kan die chirurg dit beantwoord. Die chirurg
ontvang en gaan al die laboratoriumtoetse en x-strale na. Indien al die uitslae
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
72
binne aanvaarbare parameters is, sal die voorgenome chirurgie wel plaasvind
(http://www.my.webmd.com, Keston & Enthoven 1998:9). Indien daar enige
abnormaliteite voorkom, sal die chirurg of internis verdere verwysings,
byvoorbeeld na ‘n kardioloog, doen. Die verpleegkundige moet tydens die
pasiëntonderrig wat plaasvind sensitief wees vir die pasiënt se behoeftes en
enige onsekerheid wat tydens die ortopediese evaluasie kan ontstaan
identifiseer en hanteer.
3.9 ALGEMEEN
Sodra daar op chirurgie besluit is, is dit belangrik om met pre-operatiewe
pasiëntonderrig te begin. Dit sluit onder meer in mobiliteit, pynhantering, en
asemhalingsoefeninge (Yarnold 1999:38). In die betrokke eenheid waar die
onderhawige studie uitgevoer is, is daar 'n bestaande inligtingstuk wat tydens
opname gegee word aan alle pasiënte wat heupvervangingchirurgie
ondergaan (Bylae A). Slegs algemene inligting wat handel oor die
hospitalisasie, bloedtoetse, x-strale en wondsorg word hierin vervat. 'n
Inligtingstuk wat spesifiek betrekking het op die mobilisasie en ambulansie
word deur die fisioterapie-afdeling tydens opname een dag pre -operatief aan
die pasiënt gegee. 'n Konsultasie word deur die fisioterapeut gedoen en
inligting oor die behandeling tydens hospitalisasie en met ontslag word
verskaf.
3.10 INTRA-OPERATIEF
Die voorbereiding vir die chirurgie begin reeds agt ure voordat die prosedure
uitgevoer word. Die pasiënt word nie toegelaat om enige voedsel of vog oraal
in te neem nie. Die narkotiseur ondersoek die pasiënt en narkose-opsies
word verduidelik. Die doel van narkose is gedeeltelike of volledige verlies van
pynsensasie wat bewussynsverlies, spierverslapping en refleksverlies insluit
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
73
(Monahan et al 1994:98). Die chirurge werksaam by die eenheid waar die
studie uitgevoer is, maak algemeen gebruik van epidurale narkose en
algemene narkose. Daar word vervolgens kortliks na elk van die
behandelingsopsies gekyk.
3.10.1 Epidurale narkose
Die tipe narkose behels dat die narkosemiddel ingespuit word langs 'n
senuwee of senuweebaan wat pynstimulu aan die brein oordra. Dit lei
daartoe dat daar 'n tydelike blokkasie van oordrag van pynstimuli en
sensoriese impulse van 'n spesifieke deel van die liggaam is. 'n Lokale
narkosemiddel word gebruik om die absorpsie en dus ook die aksie van die
middel te verleng. Dit veroorsaak dat daar 'n tydelike motoriese funksieverlies
kan wees. Indien daar van die tipe narkose gebruik gemaak word, kry die
pasiënt 'n blaaskateter in situ (Monahan et al 1994:98). Die voordele van die
tipe narkose is dat bloedverliese verminder en die risiko van longprobleme
beperk word. 'n Groot risiko van die prosedure is dat dit hipotensie kan
veroorsaak. In die literatuur wat bestudeer is, word die pasiënt se
psigologiese voorbereiding beklemtoon om angs te verminder en
samewerking te bevorder (Alexander et al 1994:790). Die grootste motivering
vir die gebruik van die narkose is dat dit na voltooiing van die chirugie onder
goeie observasie steeds as 'n pynbeheermiddel toegedien kan word. Daar
moet minstens 12 ure pre-operatief van toediening van antistolterapie af
verloop voordat ‘n epidurale kateter ingeplaas word. Daar moet ook 12 ure
van die laaste antistolterapietoediening af verloop voordat epidurale kateters
verwyder kan word.
3.10.2 Algemene narkose
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
74
Die algemene narkose word toegedien deur 'n anestetiese middel intraveneus
toe te dien. Die werking vind deur inhalasie en absorpsie van die middel in
die bloed en die alveoli plaas. Die pasiënt ervaar 'n bewussynsverlies met
gevolglik verlies van sensoriese boodskappe wat nie deur die brein
geprosesseer word nie. Daar is ‘n afwesigheid van motoriese response. Die
tipe narkose kan newe-effekte hê soos respiratoriese komplikasies, maligne
hipertermie, hipotermie asook perifere vaskulêre komplikasies (Monahan et
al 1994:108). In die eenheid waar die studie uitgevoer is word ‘n kombinasie
van beide epidurale narkose en algemene narkose gebruik.
3.10.3 Pasiënt-beheerde Analgesie (Patient-controlled analgesia - PCA)
Die beheer van pyn na chirurgie is essensieel om die belewenis van pyn, die
chirurgie en herstelfase positief te beïnvloed. Pynbeheer na chirurgie word
deur Alexander et al (1994:798) beskryf as "a prime concern on humanitarian
grounds alone. It also has significant effects on other aspects of the patient's
recovery”. PCA is 'n gewilde keuse vir post-operatiewe pynbeheer. Dit behels
dat 'n narkotiese inspuiting of parenterale morfiensulfaat deur ’n PCA-pomp
toegedien kan word. Die voordeel van die tipe pynbeheer is dat dit
pynverligting maksimaliseer, en minder verwardheid en minder pulmonale
komplikasies tot gevolg kan hê (Yarnold 1999:38).
3.11 VOORKOMING VAN INFEKSIES INTRA-OPERATIEF
Die voorkoming van infeksies in pasiënte wat gewrigsvervangings ondergaan
is essensieel om die sukses en uitkoms van die prosedure te verseker. Daar
is chirurgie-verwante risiko’s wat 'n invloed op die verloop van die chirurgie
uitoefen. Voorsorgmaatreëls word geneem om infeksies intra-operatief te
beperk, byvoorbeeld deur velvoorbereiding en ontharing van die pasiënt, en
die dra van sterieljasse en skoenbedekkings deur die personeel (Corbett
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
75
1998:686).
3.11.1 Chirurgiese tegniek
Die chirurgiese aseptiese tegniek het 'n effek op kontaminasie. Kontaminasie
kan beperk word deur die korrekte hantering van weefsel, verwydering van
nekrotiese weefsel en eradikasie van dooie spasie (Corbett 1998:686).
3.11.2 Antibiotiese profilakse
Die doel van profilaktiese antibiotika is om die risiko van post-operatiewe
infeksie te verminder deur mikrobiale proliferasie te voorkom. Die keuse van
middel hang onder meer af van die moontlike bakterieë teenwoordig. Die
middel moet voorts nie bakteriële weerstandigheid te weeg bring nie en dit
moet voorts 'n lae toksisiteit hê en koste-effektief wees. Die keuse van die
middel vir profilakse is kefalosporiene omdat dit teen Staphylococcus aureas
en gram-negatiewe en koagulase- negatiewe Staphylococcus effektief is
(Corbett 1998:689).
3.11.3 Lokaal: Antibioties-bevattende sement
Studies wat McQueen uitgevoer het (Corbett 1998:686) dui daarop dat die
gebruik van sement met ‘n antibiotiese substans, 'n laer insidensie van
infeksie post-operatief het as dié met slegs parenterale antibiotika.
3.12 PROFILAKTIESE TEATERMAATREËLS
Die belangrikheid om infeksies te voorkom in pasiënte wat
heupvervangingchirurgie ondergaan het, kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Die voorsorgmaatreëls word reeds pre-operatief geneem om sodoende enige
infeksie as ‘n post-operatiewe komplikasie te voorkom. Die chirurgiese teater
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
76
het ventilasiesisteme wat verseker dat bakterieë verwyder word. Prosteses
verminder inokulasie van die bakterieë wat 'n verhoogde risiko vir chirurgiese
infeksies kan hê.
3.13 POST-OPERATIEWE KOMPLIKASIES
Tydens die post-operatiewe fase word die pasiënt aan komplikasies
blootgestel (Cahill 1996:637, Yarnold 1999:38). Vervolgens word die
komplikasies wat kan voorkom kortliks bespreek.
3.13.1 Urineweginfeksie en urineretensie
Volgens Yarnold (1999:38), ontwikkel tot soveel as 20% van pasiënte wat
heupvervangingchirurgie ondergaan urineweginfeksie as gevolg van ‘n
inblywende kateter. Die kateter is essensieel as gevolg van die effek van die
epiduraal wat vir pynbeheer gebruik word. Om urineweginfeksies te voorkom,
is dit noodsaaklik dat die kateter so gou as moontlik na die chirurgie verwyder
moet word. In die eenheid waar die studie uitgevoer is, word die kateters so
gou as 48 uur na chirurgie verwyder tensy dit teenaangedui word, soos in die
geval van verhoogde nierfunksies waar die bepaling van urineuitskeiding van
belang is. Die verpleegkundige moet observeer of daar enige tekens is wat op
infeksie dui en voortydig optree.
3.13.2 Diep veneuse trombose
In die eenheid waar die studie uitgevoer is, kry die pasiënte reeds pre-
operatief profilaktiese anti-koagulasieterapie. 'n Laemolekulêre-gewig
heparien, byvoorbeeld Clexane en Fragmin, word gebruik. Die redes vir die
hoër insidensie van diep veneuse trombose is die ortopediese prosedure wat
op laer ekstremiteite uitgevoer word. Veneuse-endoteelskade kan plaasvind
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
77
as gevolg van klampe wat tydens die chirurgie gebruik word, chirurgiese
manipulasie, hitte-gegenereerde polimerisasie gedurende chirurgie,
veneusestase as gevolg van immobilisasie, bedrus en ouderdom. Die risiko
van 'n diep veneuse trombose kom dikwels tussen die vyfde en tiende dag
post-operatief voor, hoewel dit nog etlike weke na die chirurgie steeds
moontlik is. Weens die risiko word profilaktiese anti-koagulasieterapie vir die
minimalisering van trombo-flebitis en embolisvorming aangemoedig (Cahill
1996:637). Die pasiënte wat chirurgie ondergaan, gebruik anti-koagulasie
terapie (laemolekuêre-gewig heparien) vir 'n minimum tydperk van tien dae
(selfs na ontslag uit die hospitaal). Na die kursus voltooi is, kry hulle permanent
orale aspirien. Die dra van anti-trombolitiese kouse vir die bevordering van
veneuse terugvoer vir 'n minimum tydperk van ses weke word ook aangeraai.
Vroeë ambulansie word aangemoedig om sodoende immobilisasie te
beperk. Die grootste komplikasie van diep veneuse trombose is pulmonale
embolisme. Dit is die mees algemene oorsaak van sterfte na
heupvervangingchirurgie (Yarnold 1999:39). Die vroeë identifisering van
tekens en simptome kan proaktiewe optrede tot gevolg hê en sterftes as
gevolg van pulmonale embolisme beperk (Yarnold 1999:39). Die
verpleegkundige moet bewus wees van die bydraende faktore wat tot diep
veneuse trombose kan lei en moet die pasiënt daarin onderrig om sodoende
enige komplikasie voortydig op te spoor en te behandel.
3.13.3 Dislokasie
Literatuur beskryf dat 2% van pasiënte wat heupvervangingschirurgie
ondergaan dislokasie van die femorale komponent van die asetabulêre
komponent ontwikkel (Alexander et al 1994:399). As gevolg van die feit dat 'n
prostese tydens heupvervangingchirurgie gebruik word, is daar 'n verhoogde
risiko vir dislokasie van die prostese. Die ontwrigting van die spier- en
gewrigsstrukture dra by tot die risiko. Die pasiënt moet voorligting oor die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
78
beperking op sekere fisiese aktiwiteite ontvang, byvoorbeeld fleksie van die
heup (meer as 90 grade) wat tot ontwrigting kan lei (Cahill 1996:638). Die
risiko vir ontwrigting dra by tot die gebruik van 'n abduksiekussing om
sodoende te voorkom dat daar adduksie van die geaffekteerde ledemaat is.
Vir 'n tydperk van drie tot ses maande moet voorsorgmaatreëls ten opsigte
van mobilasisie (die pasiënt moet nie in 'n diep gemakstoel sit of vooroor buk
en meer as 70 grade flekseer nie) geneem word om sodoende dislokasie te
voorkom. Tekens wat dui op dislokasie sluit onder meer in die onvermoë om
die heup te roteer of gewig te dra, beenlengteverkorting en pyn. Die pasiënt
moet die belangrikheid van basiese mobilisasiebeginsels verstaan om
sodoende te verseker dat die komplikasie van dislokasie voorkom word.
Indien die pasiënt pasiëntonderrig ontvang en die nodige kennis en begrip
toon, kan dit samewerking bevorder. Die pasiënt word so ‘n aktiewe lid van
die rehabilitasiespan.
3.13.4 Vetembolisme
Vetembolisme is ‘n potensieel dodelike komplikasie en is die gevolg van
vetmolekules wat vrygestel word in respons tot die verhoogde intermedullêre
kanaaldrukking wat deur die prostese uitgeoefen word. Dit kan binne 72 uur
na chirurgie ontwikkel (Schoen 2000:303).
3.13.5 Infeksie
Infeksie kan aan die kant van die chirurgie gelokaliseer word en is 'n
hoofkomplikasie onder heupvervangingspasiënte. Reeds met opname moet
daar verseker word dat die pasiënt se vel intakt is om sodoende te verseker
dat daar geen stukkende areas of septiese foki is nie en dat daar nie reeds 'n
infeksie onder lede is nie. Bakteriële infeksies van die been rondom die
prostese kan daartoe bydra dat dit 'n relatiewe onstabiele gewrig is. Dit kan
weer daartoe lei dat die prostese verwyder moet word (Alexander et al
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
79
1994:398). Die risiko van moontlike infeksie moet dus aan verpleegpersoneel
beklemtoon word om sodoende te verseker dat aseptiese tegnieke gebruik
word en dat die pasiënt nie blootgestel word aan enige risiko’s wat die
infeksies tot gevolg kan hê nie. Nosokomiese infeksies moet te alle tye beperk
en voorkom word. Die pasiënt ontvang reeds intra-operatief intraveneuse
antibiotika wat vir 48 uur toegedien word tensy dit revisie chirurgie is.
Laasgenoemde beteken dat die pasiënt die intraveneuse antibiotika vir 'n
tydperk van ongeveer sewe dae intraveneus moet ontvang. Pasiënte wat
revisiechirurgie ondergaan, het ‘n groter risiko van inflammasie wat tot
dieperliggende infeksie kan lei. Dit noodsaak ekstra voorsorgmaatreëls.
Derhalwe moet die pasiënt voorligting ontvang. Voorts mag 'n intramuskulêre
gluteale inspuiting onder geen omstandighede aan die geopereerde ledemaat
toegedien word nie. Die pasiënt moet ook onderrig word om sensitief te wees
vir tekens en simptome van infeksies en om dit voortydig uit te wys,
byoorbeeld blaasongemak, ingroeitoonnaels, tandinfeksies en tandabsesse
ten einde onmiddellik antibiotiese behandeling daarvoor te ontvang (Cahill
1996:636).
3.14 POST-OPERATIEWE SORG
Die post-operatiewe fase van behandeling en herstel begin onmiddellik na
chirurgie. In die eenheid waar die studie uitgevoer is, behels dit dat
aangesien die pasiënt epidurale narkose en –pynbeheer ontvang, hy/sy direk
post-operatief vir ongeveer 24 uur na 'n hoësorgeenheid vir deeglike
observasie oorgeplaas word. Die epiduraal is op hierdie tydstip steeds in
werking en daar moet dan vir enige verwante komplikasies, byvoorbeeld
respiratoriese asidose, opgelet word.
Die pasiënt sal spesifieke indringende kateters hê. Dit sluit die volgende in: ‘n
arteriële lyn vir bloedgasmonitering, ‘n sentrale veneuselyn vir die bepaling van
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
80
sentrale-veneusedruk, ‘n kateter vir die monitering van voginname en vir urine
uitskeidingmeting, en ‘n portovac-dreineringsisteem vir die spesifieke
bepaling van wondbloeding. Roetine vitale data soos bloeddruk, pols,
asemhaling en temperatuur word aanvanklik elke vyftien minute en daarna
uurliks bepaal vir die tydperk wat die pasiënt in die hoësorgeenheid is. Die
bloedgasbepaling asook hemoglobien, hematokrit en serum kalsium en -
magnesium word vier-uurliks bepaal en aanvullings word soos nodig gedoen.
Die neurovaskulêre status word uurliks vir die eerste 24 uur geobserveer. Na
ongeveer 24 uur in die hoësorgeenheid word die pasiënt na 'n chirurgiese saal
oorgeplaas. Die wond word eers drie tot vyf dae na die chirurgie oopgemaak
en die steke bly 14 dae lank in die wond voordat dit verwyder word. Roetine-
observasies word dan uitgevoer. Die belangrikste oogmerk van rehabilitasie
in hierdie fase is gerig op die herstel van funksionele mobilisasievermoë.
3.15 ONTSLAG UIT HOSPITAAL
Die beplanning vir 'n pasiënt se ontslag behoort reeds met toelating tot die
hospitaal te begin. Hospitalisasie vir veral bejaarde persone gaan ook
gepaard met risiko’s en sluit onder meer in kruisinfeksie, disoriëntasie,
verwardheid en hospitaal-verworwe ondervoeding (Pate 2000:46).
Ontslagbeplanning of tuisversorging-koördinering is essensieel om kontinuiteit
van versorging na ontslag te verseker. Die ontslagbeplanning moet die
verpleegkundige, die familie, die tuisversorger, fisioterapeut en, indien nodig,
die arbeidsterapeut insluit. In die eenheid waar die studie uitgevoer is, is
ontslagbeplanning nie 'n aktiewe en spesifieke fase wat met opname reeds in
werking tree nie. Dit is eerder 'n terloopse beplanning wat bespreek word
nadat chirurgie plaasgevind het. Navraag aan ander instansies het bevestig
dat dit daar ook die geval is.
In literatuur wat bestudeer is, van veral die VSA, word dit beklemtoon dat daar
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
81
reeds met opname vir ontslag beplan word. Daar word selfs melding gemaak
van 'n "discharge planning team" wat 'n aktiewe rol tydens die hospitalisasie
en selfs tot na ontslag speel (Hester 1996:35). Daar moet bepaal word of die
pasiënte met ontslag na 'n rehabilitasiesentrum moet gaan (veral met ouer
persone wat alleen bly) en of hulle na tuisomgewing kan terugkeer. In die
eenheid waar die studie uitgevoer is, is daar verwag dat pasiënte basiese
aktiwiteite op hul eie kan verrig, soos om in en uit die bed te klim, alvorens
hulle ontslaan word. Faktore soos bestuurde gesondheidsorg en hoë
mediese koste begin 'n effek uitoefen op die ontslagbeplanning, selfs voordat
die pasiënt opgeneem word. Dit sal in die toekoms toenemend 'n groter rol
speel.
3.16 SAMEVATTING
Uit voorafgaande bespreking blyk dit duidelik dat die verpleegkundige
voldoende kennis oor sekere ortopediese behandelingsaspekte moet hê
alvorens sy werklik in staat kan wees om kwaliteitpasiëntonderrig te verskaf.
Indien al bogenoemde aspekte tydens pasiëntonderrig in ag geneem word,
kan dit ‘n bydrae tot die suksesvolle herintegrasie en rehabilitasie van
sodanige pasiënte in die gemeenskap lewer. Hulle sal dan sodoende na
optimale funksionering en funksionele onafhanklikheid kan strewe.
HOOFSTUK 4
METODOLOGIESE VERANTWOORDING, PROSEDURES EN
TEGNIEKE
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
82
4.1 INLEIDING
In dié hoofstuk sal 'n oorsig en 'n uiteensetting gegee word van die metode wat
in die verloop van die studie gevolg is. ’n Beskrywing van die prosedures wat
vir die insameling van die gegewens gebruik is asook die tegnieke wat vir die
data-ontleding aangewend is, sal uiteengesit word.
4.2 METODOLOGIE
Die onderhawige studie is kwantitatiewe studie wat binne ‘n bepaalde konteks
plaasgevind het en die opname metode is gebruik.
4.2.1 Kwantitatiewe navorsing
Kwantitatiewe navorsing dui op die versameling, tabulering en analisering van
data op numeriese wyse. Brink (1996:14) asook Fouche en De Vos
(2002:137) beskryf kwantitatiewe navorsing as navorsing wat primêr betrokke
is by die toetsing van teorie en dit is uitkomsgerig. Die doel van kwantitatiewe
navorsing is om die oorsaak en gevolg van interaksie te beskryf (Crookes &
Davies 1998:126). Kwantitatiewe navorsing verwys na navorsing met ‘n
objektiewe benadering tot ‘n probleem, waartydens veranderlikes
geïdentifiseer en gemeet en hul interafhanklikheid bepaal word ten einde
“terapeutiese aksies” te neem, om ‘n situasie of probleem op te los (Polgar &
Thomas 2000:10).
Vir die doel van hierdie studie is daar gebruik gemaak van 'n kwantitatiewe
navorsingsmetode, aangesien die studie afgebaken is deurdat die
respondente volgens kriteria by die studie ingesluit is, naamlik dat hulle
heupvervangingchirurgie in 'n spesifieke ortopediese eenheid van 'n
spesifieke hospitaal ondergaan het. Die navorser vermoed dat daar by hierdie
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
83
respondente ‘n behoefte bestaan ten opsigte van toepaslike inligting rakende
die chirurgie en rehabilitasie, pre- en post-operatief. Die inligting wat
ingesamel word is gebruik om vas te stel of die vermoede van die navorser
gegrond is.
Tydens die studie is daar deur kwantifisering bepaal watter inligting aan die
respondente verskaf is, watter inligting nie verskaf is nie en watter inligting
deur die respondente as nodig geidentifiseer is om hulle, na
heupvervangingchirurgie en tydens die rehabilitasieproses te ondersteun. Die
inligting wat ingesamel word, sal gebruik word om die situasie te verbeter en
aanbevelings te doen vir die samestelling van ‘n omvattende inligtingstuk wat
reeds met bevestiging van die chirurgie aan die pasiënt oorhandig kan word.
4.2.2 Navorsingsontwerp
Die navorsingsmetode is ‘n opname in die vorm van ‘n gestruktureerde
onderhoud met ‘n gestruktureerde onderhoudskedule as navorsingsinstrument.
By hierdie tipe navorsing is demografiese data gewoonlik van belang. Hierdie
tipe navorsing word gebruik om kenmerke van 'n spesifieke groep of
voorkoms van 'n spesifieke verskynsel te verkry (Crookes & Davies
1998:127). In hierdie geval is dit pasiënte wat heupvervangingchirurgie
ondergaan het. Hierdie is ‘n kontekstuele studie wat beteken dat die
bevindinge nie veralgemeen kan word nie, want hierdie studie is slegs in een
hopsitaal in Gauteng gedoen. Dit beteken dus dat bevindings slegs vir hierdie
bepaalde konteks geldig is.
4.3 NAVORSINGSPOPULASIE
Die populasie dui op alle elemente of persone wat aan die kriteria voldoen om
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
84
ingesluit te word in die studie (Crookes & Davies 1998:325, Strydom & Venter
2002:198).
4.3.1 Populasie
Vir die onderhawige studie verwys die populasie na alle persone wat
heupvervangingchirurgie gedurende 'n spesifieke tydperk in die ortopediese
eenheid van 'n spesifieke privaathospitaal in Gauteng ondergaan het.
4.3.2 Insluitingskriteria
Insluitingskriteria dui op vereistes wat deur die navorser geidentifiseer is en
wat teenwoordig moet wees om sodoende by die populasie ingesluit te word
(Crookes & Davies 1998:320). Persone wat aan die insluitingskriteria
voldoen het, is persone wat heupvervangingchirurgie in die ortopediese
eenheid van 'n spesifieke privaathospitaal in Gauteng gedurende 'n spesifieke
tydperk ondergaan het. Die pasiënte moes Engels of Afrikaans magtig wees.
4.3.3 Steekproefneming
Strydom en Venter (2002:199) definieer steekproefneming as 'n proses
waarvolgens 'n kleiner, meer hanteerbare groep van 'n betrokke populasie, vir
die doeleindes van ‘n betrokke studie geselekteer word. In kwantitatiewe
navorsing word gewoonlik gebruik gemaak van ewekansige
steekproefneming (Babbie & Mouton 2001:166). In sekere gevalle kan egter
ook gebruik gemaak word van nie-ewekansige steekproefneming. Babbie en
Mouton (2001:166) is van mening dat nie-ewekansige steekproefneming
dikwels met sosiale navorsing meer gepas is. Dit sluit navorsing in die
gesondheidswetenskappe (dus verpleging) in. Die redes hiervoor sluit die
beskikbaarheid en bereidwilligheid van respondente in. Nie-ewekansige
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
85
steekproefneming was die mees geskikte tegniek van steekproefneming.
Gerieflikheidsteekproefneming is gebruik omdat pasiënte wat in die betrokke
eenheid heupvervangingchirurgie gehad het en wat bereidwillig en beskikbaar
was om aan die studie deel te neem, by die studie ingesluit is.
Gerieflikheidsteekproefneming word gebruik wanneer die steekproef uit 'n
spesifieke en beperkte populasie wat geredelik toeganklik is, getrek word en
wanneer van ‘n spesifieke en beperkte populasie gebruik gemaak word
(Crookes & Davies 1998:189, Strydom & Venter 2002:197).
Die eerste 20 respondente wat gedurende ‘n gespesifiseerde tydperk
heupvervangingchirurgie ondergaan het in die betrokke ortopediese eenheid
van ‘n privaathospitaal in Gauteng, en wat bereidwillig en beskikbaar was is by
die studie betrek. Aangesien ‘n totaal van nagenoeg 90 heupvervangings by
die betrokke hospital per jaar uitgevoer word, is ‘n steekproef van 20 as
voldoende beskou.
4.4 DIE NAVORSINGSINSTRUMENT
Die metode van data-insameling het deur middel van ‘n gestruktureerde
onderhoud plaasgevind en die instrument wat gebruik was, was ‘n
gestruktureerde onderhoudskedule (Bylae C en D).
4.4.1 Die tipe instrument
Vir die doel van hierdie studie is ‘n gestruktureerde onderhoud gebruik. Dit is
‘n persoonlike onderhoud waarin die respondent inligting aan die
onderhoudvoerder aan die hand van ‘n gestruktureerde onderhoudskedule
oordra. ‘n Gestruktureerde onderhoudskedule is ‘n geskrewe vraelys wat die
navorser lei met vasgestelde vrae om sodoende die onderhoud te rig (Greeff
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
86
2002:297,302). Dit is belangrik om dieselfde vrae aan al die respondente te
vra om geldigheid te verseker.
Om geldigheid te verseker, was dit belangrik om dieselfde vrae aan al die
respondente te vra. Objektiwiteit moes verseker word en nie geaffekteer word
deur die onderhoudvoerder se opinies en bevooroordeeldheid nie. Vir die
doel van die studie is daar op verskeie kategorieë inligting besluit wat in die
onderhoudskedule ingesluit is en waarop daar reeds voor die onderhoud
besluit is. Die onderhoudskedule het beide geslote en oop-einde-vrae
ingesluit. Waar moontlik, het die navorser die geslote vrae geformuleer sodat
“ja”- of “nee”-opsies toepaslik was, gevolg deur 'n kategorie soos "ander” of
"spesifiseer" om sodoende - waar daar nie beskikbare opsies beskikbaar
was nie - 'n geleentheid te bied om 'n alternatief aan te dui.
Die onderhoude met die respondente het twee weke na chirurgie, tydens
opvolgbesoeke aan die chirurg, plaasgevind. Die navorser het die
respondente nadat hulle die chirurg besoek het, na 'n kantoor geneem waar
die onderhoud gevoer is. Pasiëntgemak is verseker en indien pasiënt
ongemaklik was veral, omrede dit so kort na heupvervangingchirurgie was, is
die onderhoud eers onderbreek om die respondent se gemak te verseker.
4.4.1.1 Voordele van die gestruktureerde onderhoud
Die volgende is voordele van die gestruktureerde onderhoud:
- daar is geleentheid om vrae te verduidelik;
- daar is geleentheid om te valideer of die respondent die vraag
verstaan;
- eenvormige vrae word aan al die respondente gestel;
- geen leesgeletterdheid van respondente is nodig nie aangesien die
onderhoudvoerder al die vrae stel (Roe & Webb 1998:149).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
87
4.4.1.2 Nadele van die gestruktureerde onderhoud
Die nadele van ‘n gestruktureerde onderhoud word vervolgens genoem:
- dit kan as ‘n tydrowende proses beskou word;
- die navorser in hierdie geval kan moontlik gesien word as eers
versorger en nou as navorser;
- objektiwiteit van die navorser kan beinvloed word;
- anonimiteit kan nie verseker word nie aangesien die respondent se
naam aan die navorser bekend is (Roe & Webb 1998:152).
Om die nadele te voorkom of te beperk het die navorser verskeie maatreëls
ingestel. Die navorser het haarself deurentyd deur middel van selfkontrole
daaraan herinner aan dat sy nie gedurende die onderhoud as versorger moet
optree nie, maar wel as navorser. Sy het haarself dus sover moontlik in 'n
objektiewe posisie geplaas. Aangesien dit ‘n tydrowende proses vir die
pasiënte was, is hulle na ‘n kantoor geneem en gemaklik gemaak. Die
onderhoud het slegs twee weke na chirurgie plaasgevind en die pasiënt se
gemak moes in ag geneem word. Anonimiteit is sover moontlik gehandhaaf
deurdat die identiteite van die respondente nie in die rapportering gemeld is
nie en hul name nie op die onderhoudskedule geskryf is nie.
4.4.2 Die ontwikkeling van die navorsingsinstrument
Die navorser het self die gestruktureerde onderhoudskedule ontwikkel
gebaseer op inligting wat tydens die literatuurstudie bekom is. Verder het die
navorser se professionele ervaring in die verpleging van
heupvervangingpasiënte, asook insette van kollegas wat ook in die betrokke
studieveld werksaam is, ‘n bydrae gelewer.
Die gestruktureerde onderhoudskedule (Bylae C en D) het bestaan uit 34
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
88
vrae, waarvan 28 geslote vrae en vier oop-einde vrae was.
Die onderhoudskedule het ‘n toestemmingsbrief (Bylae B) gehad wat ten doel
gehad het om die vrywillige deelname van die respondente te verkry. Die
respondente kon ook ter eniger tyd van die studie onttrek.
Om 'n volledige onderhoudskedule daar te stel is die gestruktureerde
onderhoudskedule in vyf afdelings verdeel naamlik:
(1) Afdeling A: Biografiese data. Item 1 tot item 6 is hierby ingesluit.
Dit is onder meer die ouderdom, geslag, huistaal, verhoudingstatus en
werkstatus. Die waarde van die inligting was om die profiele van die
respondente te bepaal ten opsigte van geslag, kultuur,
ondersteuningsisteme en beroep asook ten einde te bepaal watter
faktore ‘n rol speel in die rehabilitasieproses van ‘n respondent wat nog
in die arbeidsmark staan.
(2) Afdeling B: Data ten opsigte van verblyf na ontslag. Hierdie vrae
sluit in item 7 tot item 9. Die spesifieke items het bepaal waarheen die
respondente na ontslag uit die hospitaal gegaan het en of daar enige
aanduiding was van hoe lank hul gehospitaliseer sou wees en hoe
toeganklik die plek waarheen hulle na ontslag gegaan het ten opsigte
van beweegruimte, trappe en hulp was. Die inligting was noodsaaklik
om te bepaal waarheen hulle na onstlag gaan en ook om die
toeganklikheid van die plek van ontslag vas te stel.
(3) Afdeling C: Algemeen. Die afdeling sluit algemene inligting (Item 10
tot 14) in. Hierdie afdeling het vrae oor die besoek aan die chirurg voor
chirurgie ingesluit. Die rol van die mediese fonds tydens die
hospitalisasietydperk is ook vasgestel. As gevolg van die impak wat
die bestuurde gesondheidsorgbenadering op die hospitalisasietydperk
van ‘n pasiënt het, was dit nodig om te bepaal hoeveel van die
respondente aan mediese fondse behoort het en of daar enige
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
89
beperking op die hospitalisasietydperk geplaas is.
(4) Afdeling D: Pre-operatiewe inligting. Hierdie afdeling sluit in die
vrae oor die pre-operatiewe fase (item 15 tot item 28). Die vrae bepaal
onder meer die rede vir die heupvervangingchirurgie (item 15), en dek
aspekte rondom mobiliteit (item 16). Item 18 tot item 23 stel vas watter
onderrig daar voor toelating tot die hospitaal ontvang is, en stel vrae oor
die post-operatiewe verloop en watter persone ‘n rol in die verskaffing
van onderrig gespeel het. Item 24 en item 25 bepaal of ‘n inligtingstuk
oor die verloop van die chirurgie tydens hospitalisasie ontvang is en of
die impak op die funksionering van die respondent duidelik was. Item
26 dek spesifieke aspekte, onder meer onderrig oor mobiliteit,
wondsorg, infeksie en diep veneuse trombose. Item 27 en item 28
handel oor watter lede van die multidissiplinêre span onderrig verskaf
het en of respondente van mening was dat die onderrig voldoende was,
al dan nie. Hierdie afdeling is ‘n belangrike deel van die studie
aangesien dit bepaal watter onderrig wel voor toelating in die hospitaal
asook tydens hospitalisasie verskaf is en watter inligting nie ontvang is
nie
(5) Afdeling E: Post-operatiewe tydperk. Vrae oor die post-
operatiewe tydperk sluit in item 29 tot item 31 en bepaal watter
ondersteunende hulpmiddels na ontslag uit die hospitaal nodig was en
of daar enige beroepsrehabilitasie verlang is. Item 32 en item 33
bepaal of daar enige verskil in die normale daaglikse fisiese roetine
was. Item 34 bied vir respondente ‘n keuse om enige aspekte waaroor
hulle verdere onderrig sou wou ontvang aan te dui. Hierdie afdeling
fokus op die ondersteunende hulpmiddels en aspekte wat respondente
as nodig verdere onderrig aandui.
Die onderhoudskedule is bespreek met en geëvalueer deur studieleiers wat
ervare navorsers en kundiges in die veld van pasiëntonderrig en ortopediese
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
90
verpleging is. Korreksies en veranderinge is aangebring soos nodig geag.
4.4.2.1 Die vertaling van die instrument
Na voltooiing van die ontwikkeling van die onderhoudskedule is dit in Engels
vertaal en deur 'n taalversorger versorg.
4.4.2.2 Toestemmingsbrief
Die respondente is met toelating tot die betrokke eenheid waar die studie
uitgevoer is deur die navorser genader en persoonlik gevra of hulle aan die
studie sou deelneem. Die doel en belangrikheid van die studie is eers aan
hulle verduidelik. Twee weke nadat chirurgie uitgevoer is en die respondent
die ortopediese chirurg besoek het, was 'n toestemmingsbrief aan die
respondent oorhandig vir voltooiing. Dit het dus die respondent ‘n geleentheid
gegee om oor ‘n tydperk te besluit of hulle wil deelneem of nie. In die
toestemmingsbrief is die doel van die betrokke studie weer verduidelik. Die
respondente het skriftelik toegestem tot vrywillige deelname aan die studie,
hoewel hulle steeds op enige stadium van die studie kon onttrek (Bylae B).
4.4.2.3 Loodsondersoek
Strydom (2002:215) asook Huysamen (1993:205) is van mening dat 'n loods-
of 'n voorondersoek op 'n beperkte aantal persone soortgelyk aan die
populasie wat tydens die werklike ondersoek betrek sal word, uitgevoer moet
word om sodoende die sukses en effektiwiteit van die ondersoek te verseker.
Die loodsondersoek het dus ten doel om die werkbaarheid van die
navorsingsmetode, prosedures en tegnieke asook die uitvoerbaarheid van die
beoogde projek te ondersoek (Strydom 2002:210-213).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
91
Die loodsondersoek om die navorsingsinstrument, die onderhoudskedule te
verfyn, is met drie respondente getoets. Die respondente het aan al die
insluitingskriteria voldoen. Daar is seker gemaak hulle nie deel van die
hoofstudie uitmaak nie. Verder is slegs respondente wat die ortopediese
chirurg tydens hulle tweeweke-ondersoek besoek het by die loodsondersoek
betrek.
Tydens die loodsondersoek is daar veral gefokus op aspekte soos
bewoording, vraagvolgorde, verwarrende, irrelevante vrae en/of vrae wat
moontlik oor die hoof gesien is, asook die tydsduur wat die onderhoude neem.
Dié loodsondersoek het aan die navorser die geleentheid gebied om die
onderhoudskedule te finaliseer. Daar is aan die sinskonstruksie van sommige
van die vrae verander om die verstaanbaarheid daarvan vir die respondente
steeds te verbeter.
4.5 BETROUBAARHEID
Betroubaarheid dui op die konstantheid, stabiliteit en konsekwentheid van die
navorsingsinstrument wat die konsep van belang meet (Burns & Grove
1993:339, Delport 2002 165-167). Polit en Hungler (1997:385) beskryf die
betroubaarheid van 'n navorsingsinstrument soos volg "...the reliability of an
instrument is the degree of consistency with which it measures the attribute it is
supposed to be measuring." Die betroubaarheid van 'n navorsingsinstrument
word dus bepaal deur die mate waarin dit konsekwentheid meet. Dit beteken
dat 'n navorsingsinstrument as betroubaar beskou sal word indien dieselfde
inligting verstrek word wanneer die ondersoek op dieselfde ondersoekgroep
herhaal word en dieselfde resultate verkry word. Die betroubaarheid van 'n
navorsingsinstrument sluit in die stabiliteit van die navorsingsinstrument; die
toets vir ekwivalensie (konsekwentheid van die resultate deur verskillende
ondersoekers) en interne konstantheid (die konstantheid van meting tydens al
die toetse) (Brink & Wood 1994:180).
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
92
Die betroubaarheid van die onderhoudskedule is as volg verseker:
- Die onderhoudskedule is deur 'n onafhanklike statistikus gekontroleer
en wysigings is aangebring soos versoek;
- Die onderhoudskedule is deur drie kollegas en die navorser se
studieleiers geëvalueer en gewysig soos versoek.
- Nadat die loodsstudie uitgevoer is, is daar regstellings aan die data
van die onderhoudskedule wat aanvanklik verwarrend was, aangebring.
- Die onderhoudskedule is in Afrikaans en Engels ontwikkel, sodat die
respondent tydens die onderhoud in taalvoorkeur kon antwoord. Daar
is egter nie voorsiening gemaak vir ander tale nie.
4.6 GELDIGHEID
Burns en Grove (1993:343) stel dit dat geldigheid daarop dui dat "the degree
to which the recorded description of a set of data conforms to its referent. The
present emphasis is thus on the results of the measuring or observing, rather
than the measuring or observational device itself". Geldigheid dui op die
metode van meting van die elemente wat relevant tot die studie is. Analities
beskou dui geldigheid dus daarop dat die onderhoudskedule wel meet wat dit
veronderstel is om te meet (Burns & Grove 1993:343, Delport 2002 165-167).
Roe en Webb (1998:161) is van mening dat dit hier baie moeiliker is om
onderhoude se kontrole en objektiwiteit te verseker as in die geval van
gestruktureerde onderhoudskedules om sodoende te verseker dat daar nie
bevooroordeling is nie. In hierdie studie het die navorser onderskei tussen die
rol as versorger en navorser en is objektiwiteit behou deur die rol van navorser
te vertolk.
4.6.1 Inhoudsgeldigheid
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
93
Volgens Delport (2002:167) dui inhoudsgeldigheid op diè vergelyking van die
meting van die tegniek om data te versamel met die beskikbare literatuur
(Brink & Wood 1994:176). Die onderhoudskedule is opgestel volgens die
gestelde doelwitte van die studie. Vrae is gevra oor die pre-operatiewe
inligting wat wel gegee is, inligting wat nie gegee is nie en die inliging wat deur
die respondente geïdentifiseer is as verlangde inligting om die
heupvervangingpasiënt tydens die rehabilitasieproses te ondersteun. Nadat
die literatuur krities geanaliseer is, is die onderhoudskedule op grond daarvan
saamgestel. Daarna is die onderhoudskedule gegee aan geregistreerde
verpleegkundiges wat daagliks heupvervangingspasiënte verpleeg en
rehabiliteer. Sodoende is insette van kundiges op die gebied verkry. Die
gestruktureerde onderhoudskedule is ook bespreek met en geëvalueer deur
studieleiers wat ervare navorsers en kundiges in die veld van pasiëntonderrig
en ortopediese verpleging is.
4.6.2 Gesigsgeldigheid
Gesigsgeldigheid is gebaseer op die bepaling of die instrument volgens die
"gesigswaarde" van die instrument meet wat dit veronderstel is om te meet
(Burns & Grove 1993:244, Delport 2002:167). Die navorsingsinstrument
voldoen aan gesigsgeldigheid aangesien alle vrae wel relevant is tot die
fenomeen wat bestudeer word.
4.7 DATA-INSAMELING
Data-insameling is gedoen deur middel van ‘n gestruktureerde onderhoud,
soos beskryf in 4.4.1.
4.8 ETIESE OORWEGINGS
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
94
Die studie het in die ortopediese eenheid in 'n privaathospitaal in Gauteng
plaasgevind en daarom is die toestemming van die betrokke
Verpleegdiensbestuurder reeds voor die aanvang van die studie verkry om die
studie in die betrokke hospitaal te doen (Bylae E). Die betrokke ortopediese
chirurge was ook in kennis gestel van die betrokke studie sodat hulle bewus
kon wees dat daar navorsing ten opsigte van die rehabilitasieproses van
heupvervangingspasiënte plaasgevind het en het hulle ondersteuning en hulp
tydens die studie verseker.
Die volgende etiese aspekte wat geïdentifiseer was, is tydens die betrokke
studie en veral ook tydens data-insameling in ag geneem en as belangrik
beskou (Strydom 2002:64-72):
- Outonomiteit. Die respondente is as outonome indvidue beskou wat
hulle eie besluite kan neem. Respondente kon dus die keuse uitoefen
om aan die studie deel te neem al dan nie. Selfs indien respondente
aan die studie deelgeneem het, het hulle die opsie gehad om te eniger
tyd te onttrek (Crookes & Davies 1998:328).
- Ingeligte toestemming. Ingeligte toestemming dui op die feit dat
die respondent voldoende inligting oor die studie ontvang het voor
enige besluitneming rakende deelname (Crookes & Davies 1998:321).
Respondente is ten volle ingelig oor die doel van die navorsing asook
wat van hulle verwag sou word alvorens hulle enige besluit oor
deelname geneem het. Die respondente is in die spesifieke eenheid
vir heupvervangingchirurgie opgeneem en deur die navorser genader
om vrywillig aan die betrokke studie deel te neem nadat die doel van
die studie aan hulle verduidelik is. Aangesien die onderhoude twee
weke na chirurgie gehou is, het die respondente die geleentheid gehad
om na te dink of hulle aan die navorsing wou deel neem of nie. Die
respondente het voorts ‘n toestemmingsbrief onderteken waarin die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
95
doel van die betrokke studie ook verduidelik is.
- Volle blootstelling. Die navorser was verantwoordelik om die
respondente ten volle in te lig oor die doel asook die aard en omvang
van die onderhawige studie. Geen inligting is van respondente weerhou
nie (Polit O'Hara 1995:365).
- Integriteit. Die navorsing het op 'n eerlike en openlike wyse geskied.
Die verslag is so volledig moontlik saamgestel sonder dat belangrike
inligting weerhou is. Aangesien respondente die reg op privaatheid en
vertroulikheid het, is alle inligting wat vanaf die respondente bekom
was, met die nodige omsigtigheid en versigtigheid hanteer ten einde
hulle identiteit te beskerm. Vooraftoestemming is vanaf die
Verpleegdiensbestuurder van die betrokke privaathospitaal waar die
respondente gehospitaliseer was, verkry (Bylae E), soos reeds
vermeld. Die inligting is ook nie gemanipuleer om enige persoon of 'n
instansie te bevoordeel nie, aangesien die studie ten volle onafhanklik
onderneem is.
- Anonimiteit en vertroulikheid. Anonimiteit is sover moontlik
gehandhaaf deurdat name van respondente nie op die
onderhoudskedule neergeskryf is nie en ook nie waar enige data van
die studie gerekordeer is nie. Vertroulikheid van inligting is ook
sodanig hanteer dat die inligting net vir data-analise vir die betrokke
studie gebruik is en vertroulik gehou is.
- Koste van deelname. Die studie het geen finansiële koste vir die
respondente gehad nie. Dit was egter wel tydrowend aangesien hulle
tydens hulle twee weke besoek aan die ortopediese chirurg, tyd vir die
persoonlike onderhoud moes afstaan.
4.9 DATA-ANALISE
Die voltooide onderhoudskedules is deur ‘n statistikus ontleed wat die
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
96
kodering en verwerking van data waargeneem het. Die program wat gebruik
was, was die Statistical Package for the Social Sciences.
4.10 SAMEVATTING
Die navorsingsmetode soos van toepassing op die studie is in hierdie
hoofstuk bespreek. Die ontwikkeling van die onderhoudskedule vir die voer
van onderhoude met respondente wat heupvervangingchirurgie ondergaan
het, is verduidelik. In die volgende hoofstuk word die data wat van die
onderhoude verkry is, ontleed en bespreek.
UUnniivveerrssii ttyy ooff SSoouutthh AA ffrriiccaa eettdd –– VVaann ddeerr MMeerrwwee,, CC ((22000022))
97