Upload
trinhminh
View
221
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
d
Adventsdiens Sondag, 20 November 2016
om 09:00
Sondag 13 November 2016 (Nagmaal)
07:30 Kapeldiens: Herman Carelsen
Wees saam met my bly, want die
skaap wat weg was, is gekry!
09:00 Erediens in Kerk: Herman Carelsen
Gr 6 Geloofsgetuienis
09:00 Kleuter- en Laerskoolkerk (Afsluiting)
10:00 Jr Geloofsontwikkeling (Afsluiting)
18:00 Aanddiens: Herman Carelsen
Maandag 14 November 2016
Dinsdag 15 November 2016
Woensdag 16 November 2016
Donderdag 17 November 2016
08:30 Bybelskool
19:00 BDK Vergadering
Vrydag 18 November 2016
Saterdag 19 November 2016
08:30 GL Beplannings-
vergadering
Sondag 20 November 2016
09:00 Adventdiens: Frikkie du Plooy
10:00 Nuwe Lidmaatbyeenkoms
18:00 Aanddiens: Heinrich Stapelberg
Sondag 27 November 2016 (Eerste Advent)
09:00 Erediens in Kerk: Herman Carelsen
10:00 Doopgesprek
18:00 Aanddiens: Sonika Krüger
Sondag 4 Desember 2016 (Tweede Advent)
09:00 Erediens in Kerk (Doop): Herman
Carelsen
13
- 1
9 N
ov
em
be
r 2
01
6
T iende- maand D a n k o f f e r 2 0 1 6
In die geloofsgemeenskap van
Florauna het ons ‘n tradisie dat
ons die 10de maand dankoffer
gedurende Oktober en daarna
opneem. Hierdie dankoffers word
nie vir enige aktiwiteite binne die
gemeente aangewend nie. Al die
fondse word vir aksies en projekte
in ons gemeenskap aangewend in
ooreenstemming met ons visie dat
ons nie net na binne die liggaam
van die Here versorg nie, maar
diensbaar in ons gemeenskap wil
wees.
Daar is GEEL koeverte in die
voorportale beskikbaar indien u
nog nie een ontvang het nie.
Hierdie GEEL-kleurige koevert kan
op een van die volgende wyses
ingedien word:
Plaas die koevert in die
kollekte-mandjie;
Of in die GEEL houer in die in-
gangsportale;
Of handig dit in by die Kerk-
kantoor.
Indien u die 10e maand dankoffer
brief per epos ontvang het, kan u
‘n GEEL-kleurige koevert in die
kerk se voorportaal neem en ook,
soos hierbo vermeld, daarmee
handel.
Sou u u bydrae deur middel van die
internet wil doen, vermeld dan
asseblief die volgende inligting:
10de Maand, Noemnaam en Van. Bankbesonderhede: NG Gemeente
Florauna, ABSA Pta-Noord, Rek:
060 591 857, Takkode: 509 145
Navrae: Riaan Engelbrecht
083 376 1938 / 012546 5724
GEEN KAPELDIENS vanaf 20 November 2016
Let asseblief daarop dat daar vanaf 20 November tot 9 Januarie 2017 geen
Kapeldienste sal wees nie.
NAGMAAL Sondag, 13 2016
Nagmaal sal by al drie eredienste bedien word.
GRAAD 6 GELOOFSBELYDENIS
13 November 2016
NAGMAAL
Alle graad sesse word uitgenooi om
Sondagoggend 09:00 saam met hul
ouers te kom nagmaal geniet tydens
die erediens.
GEEN AANDDIENSTE
Neem asseblief kennis dat daar vanaf 11
Desember 2016
tot
8 Januarie 2017 geen aanddienste sal wees nie
Leraars Bosberaad
21 – 22 November 2016
NUWE LIDMAATBYEENKOMS Sondag, 20 November 2016
Om 10:00
Jeug Afsluiting
Vanoggend sluit die
Kleuter- en Laerskoolkerk
sowel as
Jr Geloofsontwikkeling af.
Jr Geloofsontwikkeling, Sr
Geloofsontwikkeling en Kleuter-
en Laerskoolkerk hervat weer op
Sondag 15 Januarie 2017.
Onmiddellike Behoeftes
Ons hou op 2 Desember 2016 die jaarlikse Kersboomfunksie vir die 110 kinders betrokke by die projek. Dis seuns en dogters van gr R tot gr 11. Ons wil graag vir elke kind 'n Kersgeskenk van R150 in waarde skenk en het u ondersteuning nodig omvan hierdie poging 'n sukses te maak. Ons kort tans om en by 40 van die 110 geskenke. U kan 'n geskenk van R150 gee of 'n geskenk met daardie bedrag borg deur die bedrag in ons bankrekening te deponeer.
Rekeningbesonderhede is: Wolmer Gemeenskapsprojek,
ABSA tjekrekening 630 674 255, takkode 632005.
Skakel Nadia de Jonge, ons administrasieklerk, by 012 - 565 6332
of [email protected] vir meer besonderhede.
Ons maak ook reeds kos bymekaar vir die Kerspakkies van die inwoners wat ons ondersteun en kort voor Kersdag uitdeel. Ons sal u eersdaags voorsien van die lys items wat ons in so 'n pakkie plaas. Intussen kan u ons asb solank met enige blikkieskos (groente, vleis en vis) ondersteun. Ons het 'n vakature vir 'n kombuishulp by Huis Judea. Verkry verdere inligting by Stephen Nell (kontakbesonderhede onderaan).
Deurlopende Behoeftes
Met die voortdurende stygende pryse van kos kan ons met ons beperkte fondse nie naastenby genoeg aankoop vir die behoeftes nie. Kos wat aan ons geskenk word is dus altyd baie welkom. Ondersteun ons asb met enige kos, ook vars produkte, want ons beskik oor verkoelings-geriewe. Ons het ‘n dringende behoefte aan nie-bederfbare items soos blikkieskos, asook stapelvoedsel soos mieliemeel en brood. Inkopiesakke om items in te versprei, is ook altyd nodig.
Ons kan van enigiets gebruik maak wat uit jou huis kom, mits dit nog in ‘n werkende toestand is. Ons het nie tegnici wat stukkende items kan herstel nie. Dus, afgesien van kos, klere en finansiële ondersteuning, kyk of daar nie iets in jou huis is wat jy nie meer gebruik nie en bloot plek opneem. Oorweeg dit dan om dit aan ons te skenk.
Besoek ons webwerf www.wolmercommunityproject.co.za
vir meer inligting, ook hoe om ons aanlyn finansieel te ondersteun. Onthou ons is geregistreer om finansiële donateurs van art 18A-belastingsertifikate te voorsien.
Dankie dat ons op jou welwillentheid kan reken.
Vir verdere inligting oor TNO se werksaamhede en behoeftes, skakel:
Rene Geldenhuys, ons
gemeenteverteenwoordiger by 012 – 546 4886 / 076 153 9059
Frikkie Loots,
TNO se projekbestuurder by 012 – 546 6205 / 082 334 1407 /
Stephen Nell TNO se bestuurder by
012 – 565 6332 / 082 851 3244 / [email protected]
Tshwane North Outreach (TNO)
Indien u graag ‘n afspraak wil maak sodat ‘n leraar by u huisbesoek doen, skakel asb. vir Zita by die Kerkkantoor
012 - 546 5071 / 012 - 565 5724
HUISBESOEK
AFSPRAKE
GELOOFSBELOFTEOFFER September, Oktober &
November 2016
BEDRYF
Die deurkollekte wat gedurende hierdie tydperk ontvang word sal vir die bedryf van ons gemeente aangewend word.
Tans is die fasiliteitsbestuurder besig om ‘n opname te doen van onderhoudswerk wat aan ons geboue gedoen moet word. Hierdie onderhoudswerk sal natuurlik groot uitgawes meebring.
U bydrae sal dus baie waardeer word.
Ons het tot dusvêr R7 940.00 ontvang.
Baie dankie
Mart Fourie tree aan die einde van die jaar af
en sal nie meer in 2017 beskikbaar wees vir die aanbied van die handwerkklasse nie.
Ons wil nie graag hê dat die klasse moet
doodloop nie, daarom vra ons dat daar
asseblief 2 dames sal aanmeld om die klasse
oor te neem.
Dit behels eenvoudige naaldwerk-tegnieke
asook 'n geestelike boodskap elke
Donderdag van 15:00 tot 16:45 in die
Jeughuis.
U kan vir Mart kontak
by 073 225 4319
vir meer besonderhede
Handwerkklasse vir
Huishulpe
NUWE LIDMATE
Die volgende nuwe lidmate se attestate is van hul vorige gemeentes
ontvang:
Schalk en Hannalie van Niekerk
Danelle van Niekerk
Adriaan van Niekerk
Eugene en Ida Kitching
Janri en Tania Strydom
Kinders: Layton, Mia en Jandré
Lorma Naudé
Baie welkom in ons gemeente. Ons vertrou dat u gelukkig hier sal wees.
U word uitgenooi om by ons verskillende bedieninge betrokke te raak.
DOOP ONDERHOUDE
Elke eerste Sondag van die maand is Doopsondag.
Voornemende doopouers moet asb. daarop let dat hulle ‘n
dooponderhoud moet bywoon voordat hulle hul baba kan laat doop.
Dooponderhoude word in die KAPEL gehou en datums van komende
dooponderhoude is:
Sondag, 27 November 2016 om 10:00 Sondag, 29 Januarie 2017 om 10:00 Sondag, 26 Februarie 2017 om 10:00
Registreer asb. voor die doop-onderhoud by die kerkkantoor
012 546 5071
Koeweit
Koeweit is ʼn klein nasie met ʼn sterk ekonomie, hoofsaaklik as gevolg van oliehandel. Dit is een van die rykste lande in die Arabiese wêreld.
Die Koeweitse samelewing is konserwatief. Islam verskaf die voorskrifte vir ʼn wye verskeidenheid van reëls aangaande persoonlike-, familie- en gemeenskapslewe.
Die regering maak gebruik van die tradisionele konserwatiewe stamgemeenskap van die land om liberale en linksgesinde groepe uit te skakel en was tot dusver baie suksesvol daarin.
In die proses word ander godsdienstige minderhede ook ernstig geraak. In Koeweit staar Christene die meeste vervolging in die private-sfeer van hul lewens, gevolg deur die gemeenskap-sfeer in die gesig. Bekeerlinge staar die ergste vorm van vervolging, hoofsaaklik vanaf hul familie, gemeenskapsleiers, godsdienstige leiers en regeringsamptenare in die gesig.
Jy kan Efesiërs 3:17-18 bid: "… sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is…"
BYBELSKOOL AFSLUITING
Bybelskool sluit af op
Donderdag 24 November 2016.
KONINKRYKSBLAD Die geel Koninkryksblad vir November is
by die deure beskikbaar. Neem gerus een.