13
Junie 2013 SENWES ETIESE KODE 1 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODE Die Senwes Etiese Kode is ‘n hoëvlak dokument wat Senwes se toewyding tot die bedryf van besigheid op ‘n wyse wat wetlik en eties aanvaarbaar is vir elke direkteur en werknemer in die groep, openlik verklaar. Dit verduidelik die waardes, standaarde en riglyne wat elkeen behoort na te kom in hul skakeling met interne sowel as eksterne belanghebbendes. 2. TOEPASSING Die Kode is van toepassing op alle Senwes besighede en volfiliale en op alle werknemers en direkteure, sonder uitsondering. Daar word van elke direkteur en werknemer verwag om die kodes van toepassing op hul verantwoordelikheidsfeer en die relevansie daarvan te ken, te verstaan en om hul toewyding daartoe skriftelik aan te dui op ‘n jaarlikse basis. Hierdie kodes moet nagekom word in alle besluitneming en aksies en hul toewyding tot die maatskappy se waardes en etiese gedrag moet gedemonstreer word. 3. NAKOMING VAN DIE SENWES ETIESE KODE Senwes is verbind daartoe om besigheid te bedryf op ‘n etiese wyse en moet strewe na etiese gedrag in die bedryf van alle sake. In die verband het Senwes ‘n beleid van zero vedraagsaamheid vir onetiese gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die besigheid.

1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

  • Upload
    others

  • View
    11

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

1

1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODE

Die Senwes Etiese Kode is ‘n hoëvlak dokument wat Senwes se toewyding tot die

bedryf van besigheid op ‘n wyse wat wetlik en eties aanvaarbaar is vir elke direkteur

en werknemer in die groep, openlik verklaar. Dit verduidelik die waardes,

standaarde en riglyne wat elkeen behoort na te kom in hul skakeling met interne

sowel as eksterne belanghebbendes.

2. TOEPASSING

Die Kode is van toepassing op alle Senwes besighede en volfiliale en op alle

werknemers en direkteure, sonder uitsondering.

Daar word van elke direkteur en werknemer verwag om die kodes van toepassing op

hul verantwoordelikheidsfeer en die relevansie daarvan te ken, te verstaan en om

hul toewyding daartoe skriftelik aan te dui op ‘n jaarlikse basis. Hierdie kodes moet

nagekom word in alle besluitneming en aksies en hul toewyding tot die maatskappy

se waardes en etiese gedrag moet gedemonstreer word.

3. NAKOMING VAN DIE SENWES ETIESE KODE

Senwes is verbind daartoe om besigheid te bedryf op ‘n etiese wyse en moet strewe

na etiese gedrag in die bedryf van alle sake.

In die verband het Senwes ‘n beleid van zero vedraagsaamheid vir onetiese

gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

besigheid.

Page 2: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

2

Zero verdraagsaamheid beteken dat onetiese gedrag nie geïgnoreer kan word nie

en derhalwe moet alle gerapporteerde of geïdentifiseerde beweerde onetiese gedrag

formeel ondersoek word en toepaslike korrektiewe of dissiplinêre aksie moet ingestel

word. Versuim om dit te ondersoek en aksiestappe te doen is op sigself onetiese

gedrag.

Alle sake wat uitdruklik in die Kode, relevante Senwes beleide, riglyne en formele

kommunikasie gedek word, word geag duidelike etiese besigheidspraktyke daar te

stel en het ten doel om ‘n etiese kultuur daar te stel en onetiese gedrag te

ontmoedig.

Waar daar onduidelikheid is oor die toepassing van die Kode en onsekerheid oor

nakoming van die Kode, moet werknemers met hul lynbestuurders of Divisionele

Etiese Beampte of ‘n lid van die Uitvoerende Bestuur konsulteer.

Daar word van bestuurders regdeur die organisasie verwag om dit maklik te maak vir

hul werknemers om vry en openlik te kommunikeer oor sake rakende etiek.

Daar word van alle werknemers en direkteure verwag om hul toewyding tot die

maatskappy se waardes en etiese gedrag te verklaar en om alle insidente van

onetiese gedrag te rapporteer, ten einde te verseker dat die tweeledige strategie om

etiese gedrag te bevorder en onetiese gedrag teen te werk, suksesvol

geïmplementeer kan word.

Alle gerapporteerde insidente sal ondersoek word en indien voldoende inligting

verskaf word, sal toepaslike korrektiewe aksie geneem word. Anonimiteit is

gewaarborg vir enige persoon wat onetiese gedrag rapporteer.

Page 3: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

3

4. SENWES WAARDES – DIE FONDASIE VAN ONS ETIESE KODE

WAARDE WAARDEBESKRYWING

INTEGRITEIT Ons doen die regte dinge vir die regte redes en tree eties op te

alle tye.

BESIGHEIDS-

ORIëNTERING

Al ons aksies is daarop gemik om aan die behoeftes van ons

klante te voldoen en hul probleme op te los op ‘n professionele

wyse.

SELF-MOTIVERING Ons is self-gemotiveerd in die strewe om die maatskappy se

visie uit te leef en die realisering van ons beroepsaspirasies.

INNOVERING Ons strewe daarna om kreatief, verbeeldingryk en vindingryk te

wees in die soeke na oplossings vir besigheidsuitdagings en

voldoening aan die behoeftes van klante.

LOJALITEIT Ons is lojaar teenoor Senwes en tree op in belang van die

maatskappy te alle tye, met inagneming van die belange van al

ons belanghebbendes.

AANSPREEKLIKHEID Ons is verantwoordelik en aanspreeklik vir al ons aksies en

verbind tot die verskaffing van volledige, geloofwaardige,

akkurate en tydige inligting aan al ons belanghebbendes.

Page 4: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

4

5. SENWES ETIESE KODE

a. Ons is ‘n verantwoordellike en aanspreeklike korporatiewe burger, verbind

tot die bestuur van ‘n volhoubare besigheid met inagneming van ons

belanghebbendes, die omgewing en die gemeenskap.

b. Ons behandel al ons belanghebbendes met respek, sensitiwiteit en

waardigheid, onder alle omstandighede.

c. Ons strewe daarna om aan alle relevante wetlike en regulatoriese

vereistes te voldoen as ‘n minimum standaard.

d. Ons tree op met integriteit en professionalisme in al ons

besigheidsaktiwiteite, verwerp alle vorme van oneerlikheid en is

onverdraagsaam teenoor bedrieglike optrede soos diefstal, omkopery,

korrupsie, bedrog en wanvoorstelling.

e. Ons onderskryf effektiewe korporatiewe beheerbeginsels, belyn met

nasionale en internasionale riglyne.

f. Ons poog om konflikte van belange te vermy en verklaar sodanige

konflikte indien dit sou voorkom.

g. Ons verseker dat die verskaffing van inligting aan al ons

belanghebbendes tydig, akkuraat en gebalanseerd is, geen

wanvoorstellings bevat nie en nie misleidend is nie.

h. Ons sal regverdig en eerlik kompeteer en die regte van mededingers tot

regverdige kompetisie respekteer. i. Ons respekteer alle gemagtigde ooreenkomste deur Senwes aangegaan.

j. Ons respekteer menseregte en menswaardigheid en diskrimineer nie op

grond van ras, geslag, geloof of seksuele oriëntasie nie.

k. Ons bedryf ons persoonlike sake op ‘n fatsoenlike en verantwoordelike

wyse, met inagneming van die beskerming van Senwes se reputasie te

alle tye.

l. Ons sal alle gerapporteerde gevalle van wangedrag ondersoek en

toepaslike aksie neem, ongeag wie daarby betrokke is.

m. Ons sal die privaatheid en vertroulikheid van die werknemers wat

insidente van beweerde of waargenome wangedrag rapporteer beskerm

en hulle teen enige vorm van teistering beskerm.

Page 5: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

5

6. VERBONDEHEID TOT EN TOEPASSING VAN DIE ETIESE KODE

VERBINTENIS TOT

ONS AANDEEL-

HOUERS EN

BELEGGERS

• Tree altyd op in die beste belang van die maatskappy.

• Tree op as verantwoordelike bestuurder en beskerm die hulpbronne en

bates van die organisasie optimaal in die gebruik daarvan.

• Genereer volhoubare en markmededingende opbrengste op ‘n langter-

mynbasis.

• Voorsien aandeelhouers en beleggers van volledige, akkurate en

wesenlike inligting op ‘n tydige basis ten einde hulle in staat te stel om

ingeligte besluite te neem met betrekking tot hul beleggings.

• Verseker die langtermyn volhoubaarheid van die maatskappy.

• Respekteer en kom die gereserveerde magte vir aandeelhouers na.

VERBINTENIS TOT

ONS KLANTE EN

KLIëNTE

• Ons luister na en verstaan die aspekte van kommer van klante, hul

veranderende behoeftes en doen ons bes om daaraan te voldoen.

• Verskaf hoë kwaliteit produkte en dienste.

• Verskaf betroubare, voldoende, relevante en tydige inligting in ons

skakeling met hulle.

• Beskerm die vertroulikheid van klante-inligting en openbaar of deel nie

sodanige inligting met enige derde party sonder hul toestemming nie.

• Respekteer, handhaaf en kom die letter en gees van kontrakte tussen

Senwes en sy klante na.

• Hanteer klagtes, komplimente en navrae op ‘n effektiewe en spoedige

wyse.

VERBINTENIS TOT

ONS WERKNEMERS

• Wees sensitief met betrekking tot kulturele en geloofsverskille en

respekteer die waardigheid van elke individu.

• Respekteer die fundamentele regte van werknemers en voldoen aan

regverdige arbeidspraktyke.

• Verskaf ‘n bemagtigende, regverdige, gesonde en veilige

werksomgewing.

• Verskaf geleenthede vir werk, opleiding, ontwikkeling en

beroepsvordering op ‘n regverdige en gelyke beregtigingsbasis.

• Balanseer die beginsels van regverdigheid en gelykheid met die oogmerk

om historiese wanbalanse aan te spreek en dra by tot ‘n gemeenskap met

gelyke geleenthede.

Page 6: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

6

• Skep en onderhou ‘n omgewing en prosesse ter bevordering van openlike

en geloofwaardige kommunikasie.

• Erken en beloon werknemers op ‘n regverdige en billilke wyse, in lyn met

hul produktiwiteits- en prestasievlakke en die waarde wat hulle toevoeg

tot die maatskappy.

VERBINTENIS TOT

ONS

VERSKAFFERS

• Ons luister na en verstaan die aspekte van kommer van klante, hul

veranderende behoeftes en doen ons bes om daaraan te voldoen.

• Verskaf hoë kwaliteit produkte en dienste.

• Verskaf betroubare, voldoende, relevante en tydige inligting in ons

skakeling met hulle.

• Ons beskerm die vertroulikheid van klante-inligting en openbaar of deel

nie sodanige inligting met enige derde party sonder hul toestemming nie.

• Respekteer, handhaaf en kom die letter en gees van kontrakte tussen

Senwes en sy klante na.

• Hanteer klagtes, komplimente en navrae op ‘n effektiewe en spoedige

wyse.

VERBINTENIS TOT

DIE GEMEENSKAP

• Om ‘n verantwoordelike en sorgsame korporatiewe burger te wees.

• Skep van werksgeleenthede.

• Werk in vennootskap met die gemeenskap en ander rolspelers in die

inisiëring en ondersteuning van ontwikkeling en welsynsinitiatiewe, in lyn

met ons beleid.

• Verantwoordelike en effektiewe gebruik van natuurlike hulpbronne en die

eliminering en vermindering van aktiwiteite wat negatief op die omgewing

impakteer.

VERBINTENIS TOT

DIE REGERING EN

REGULATORIESE

OWERHEDE

• Respekteer en onderhou die gees en letter van landswette en

-regulasies.

• Ondersteun regeringsinisiatiewe wat gemik is op die daarstelling van ‘n

regverdige gemeenskap waarin gelyke regte van toepassing is.

• Om die regering te ondersteun as vennoot in die strewe na sosiale en

ekonomiese ontwikkelingsdoelwitte.

Page 7: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

7

7. VERANTWOORDELIKHEID MET BETREKKING TOT DIE ETIESE KODE

Die Senwes Direksie is finaal aanspreeklik vir etiese besigheidspraktyke en ‘n etiese

kultuur in Senwes.

• Die Sosiale & Etiese Komitee verskaf namens die Direksie oorhoofs leiding ten

opsigte van die etiese program.

• Die Besturende Direkteur is die Hoof Etiese Beampte van die groep, neem die

leiding en stel die voorbeeld ten opsigte van verbintenis tot waardes en etiese

gedrag, die inkorporering van etiek in Senwes by wyse van die ontwikkeling van

beleide, strukture en programme.

• Die Groep Etiese Beampte koördineer en monitor die daaglikse aktiwiteite en

implementering van die etiese program, bestuur die etiekkantoor en verskaf leiding

en advies met betrekking tot alle sake wat verband hou met etiek.

• Die Groep Etiese Komitee is verantwoordelik vir die ontwikkeling en implementering

van die etiese program, kommunikasie met alle relevante belanghebbendes en vir

die monitering van die kode.

• Die Uitvoerende Komitee is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat etiek

geïntegreer word by alle strategiese en bedryfsaktiwiteite van die besigheid en vorm

die basis vir die neem van alle besluite.

Ethics Governance Structure

BOARD OF DIRECTORS

Audit Committee

Social and Ethics

Committee

Executive Committee

Managing Director

GROUP ETHICS OFFICER

Group Ethics Committee

Divisional Ethics Officers

Group Internal Auditor

Financial Director

Risk & Sustainability

Committee Divisional Management

Group Risk Officer

Group Compliance Officer

Page 8: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

8

• Elke Bestuurder is getaak om te verseker dat die etiese kode behoorlik

gekommunikeer en verstaan word deur alle Senwes werknemers in sy/haar

verantwoordelikheidsfeer. Bestuurders kan die Groep Etiese Beampte of Divisionele

Etiese Beamptes kontak indien hulle enige bystand benodig met die implementering

van die Kode.

• Die Divisionele Etiese Beamptes het ‘n soortgelyke rol as die Groep Etiese

Beampte, op divisionele vlak, en is daar om te rig en advies te verleen met

betrekking tot alle sake wat verband hou met etiek.

• Die Menslike Hulpbronneafdeling sal verseker dat alle werknemers toegang het tot

die etiese kode en dat alle nuwe werknemers ‘n afskrif van die kode ontvang en

sodanig geöriënteer word dat hulle die kode en die toepassing daarvan verstaan.

• Die Interne Ouditafdeling is verantwoordelik vir die monitering van die etiek hulplyn

(“hotline”) en ondersoek alle gerapporteerde insidente van onetiese gedrag.

8. HERSIENING VAN DIE ETIESE KODE

Die etiese kode is ‘n lewende en dinamiese dokument wat jaarliks hersien sal word ten einde

die dinamiek, inspireringsimpak en relevansie ten opsigte van toepassing te verseker.

Daar sal van die Direksie en werknemers verwag word om hul verbintenis tot die kode

skriftelik op ‘n jaarlikse basis te bevestig.

9. ETIESE BESLUITNEMING EN RAPPORTERINGSRIGLYNE

Enige werknemer of direkteur wat met ‘n besluit gekonfronteer word, behoort die volgende

riglyne te oorweeg ten einde te verseker dat die besluite en aksie wat uiteindelik geneem

word, eties en konsekwent is met Senwes se waardes en etiese kode.

o Is die besluit wettig?

o Voldoen die besluit aan ons beleide en prosedures?

o Is hierdie besluit/aksie konsekwent met ons waardes en etiese standaarde?

o Voel die besluit/aksie reg en het ek vrede daarmee?

o Is ek gemaklik om hierdie besluit/aksie aan my hoof te rapporteer?

o Ondervind ek konflik en het ek my konflik aan die relevante mense

gerapporteer?

Page 9: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

9

o Sal ek gemaklik wees daarmee as die besluit/aksie in die media gepubliseer

word?

o Is dit ‘n besluit/aksie waarop ek trots is?

10. RAPPORTERINGSRIGLYNE

Daar word van werknemers en direkteure verwag om hulle te vergewis van die inhoud van

die etiese kode en indien daar enige onsekerhede is, moet hulle dit met hul lynbestuurder,

divisionele Etiese Beampte of Group Etiese Beampte bespreek.

Senwes werknemers en ander belanghebbendes word ook aangemoedig om enige

afwykings van die etiese kode wat hulle in hul interaksie met enige Senwes werknemers

waarneem, te rapporteer.

Page 10: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

10

ETIESE BESTUURSTRUKTURE EN KONTAKBESONDERHEDE

Struktuur Verantwoordelike

persoon

Telefoon E-pos

GROEP

Voorsitter van die Direksie Danie Minnaar 0824119979 [email protected]

Voorsitter: Sosiale & Etiese Komitee

James Botha 0716817904 [email protected]

Hoof Uitvoerende Beampte (Hoof Etiese Beampte)

Francois Strydom 0832742862 [email protected]

Groep Etiese Beampte Joe Maswanganyi 0832887331 [email protected]

Divisionele Etiese Beampte

Grainlink Chris Jonker 0184647392 [email protected]

Gideon Ralepeli 0834523543 [email protected]

Village Johan Schoeman 0832585915 [email protected]

Credit en Landboudienste Johan Meiring 0834177783 [email protected]

Menslike Hulpbronne Stephen Bogatsu 0832638323 [email protected]

Korporatiewe Dienste Japie Fransman 0827866882 [email protected]

Korporatiewe Dienste & Groep Finansies

Johan le Grange 0835092119 [email protected]

Regsafdeling en Sekretariaat Elmarie Joynt 0834401345 [email protected]

Interne Oudit Dirk Opperman 0836270548 [email protected]

Inligtingstegnologie Leon Hunter 0834530415 [email protected]

ETHIEKKANTOOR – HULPLYN Kry Hulp, Ondersteuning, Advies of Leiding

018-464-7363

ETIEK “HOTLINE”

Rapporteer enige insidente of praktyke

wat verband hou met onetiese gedrag

0804647800

Page 11: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

11

11. KOMMUNIKASIE EN BEWUSMAKING

Detail met betrekking tot die Senwes Etiese Kode en die “Hotline” sal deur die

verskeie media wat tans gebruik word, aan alle belanghebbendes gekommunikeer

word, en spesifiek werknemers, klante en verskaffers.

Die inhoud en media sal deurlopend hersien word ten einde relevansie,

bewusmaking, kennis en effektiewe betrokkenheid te verseker.

12. TOEPASSING EN MONITERING

Die toepassing van hierdie kode sal deurlopend deur lynbestuur en die relevante

etiese bestuurstrukture gemonitor word en periodiek aan alle relevante

belanghebbendes gekommunikeer word.

Page 12: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die

Junie 2013 SENWES ETIESE KODE

12

13. PERSOONLIKE ONDERNEMING MET BETREKKING TOT ETIESE KODE

a. Ek is verbind tot die Senwes waardes en etiese kode en neem volle

verantwoordelikheid vir die bestudering, begrip en toepassing van die kodes

ten einde te verseker dat my besluit en aksies altyd belyn is met die waardes

en etiese kode.

b. Ek verstaan dat ek ‘n verantwoordelikheid het om in die beste belang van

Senwes op te tree te alle tye.

c. Ek verstaan dat ek verantwoordelik is om met integriteit en professioneel op

te tree en om die reputasie van Senwes te bevorder in my handelinge met alle

interne en eksterne belanghebbendes.

d. Ek verstaan dat ek verantwoordelik is binne my werksomgewing om te

verseker dat Senwes sy verbintenis tot alle belanghebbendes sal volvoer

soos vervat in die etiese kode.

e. Ek verstaan dat ek verantwoordelik is daarvoor om alle belanghebbendes met

respek en waardigheid te behandel.

f. Ek verstaan dat daar van my verwag word om enige onetiese gedrag deur

enige belanghebbende wat ek waarneem of vermoed te rapporteer en dat

versuim om dit te doen, op sigself ‘n oortreding van die kode is.

g. Ek verbind myself hiertoe met die kennis dat Senwes my sal beskerm teen

enige vorm van teistering of viktimisering wat mag voortspruit uit my

rapportering van onetiese gedrag deur enige persoon, ongeag sodanige

persoon se posisie of status in die onderneming.

h. Ek verstaan dat voldoening aan die etiese kode krities is vir die sukses en

langtermyn volhoubaarheid van Senwes.

i. Ek verstaan dat versuim om aan hierdie etiese kode te voldoen tot dissiplinêre

aksie sal lei.

Naam Handtekening Personeel nr Datum

Page 13: 1. WAT IS DIE SENWES ETIESE KODEmedia.senwes.co.za/Global/documents/pdf/senwes/2017/etiek/senwes... · gedrag, ongeag die omvang of impak van die gevolge van onetiese gedrag op die