16
GRAAN- PRODUSENT VAN DIE JAAR Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005

Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

  • Upload
    dinhnga

  • View
    218

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

GRAAN-PRODUSENT

VAN DIEJAAR

Tydskr i f van d ie Senwes Groep • November 2005

Page 2: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Ingevolge die Wet op MunisipaleEiendomsbelasting wat op 17 Mei2004 aanvaar is, kan munisipaliteiteplaaseiendom belas. Prof Lester sêhy het die wetgewing deeglik bestu-deer en indien plaaseienaars en mu-nisipaliteite nie gaan saamwerk nie,gaan albei partye daar onder ly. “Diewetgewing is nie so eensydig sooswat dit lyk nie. Ingeboude meganis-mes beskerm beide die munisipaliteiten die produsent,” het hy gesê.

Prof Lester sê boere moet aan-vaar dat hul eiendom belas gaanword “omdat die regering dit so wilhê”. Maar dit is nie net slegte nuusnie. “Munisipaliteite moet aanvaar dathierdie wetgewing nié ‘n manier is om‘n stewige inkomste te verseker omoorspandering op die begroting regte stel nie,” het hy gesê.

Op hulle beurt moet produsentehul stemme dik maak en onmiddellikwerk van die saak maak. “So nie gaandaar binnekort ‘n rekening in die pos

wees wat produsente geen anderkeuse gaan laat as om ‘n tjek vir dieplaaslike regering uit te skryf nie.”

Volgens prof Lester berus die wet-gewing op ‘n deelnemende prosestussen produsente en munisipalitei-te wat sowat twee jaar sal duur.“Plaaslike owerhede het nie carteblanche om links en regs te doen wathulle wil nie. Dit is by verre beter omgrondbelasting deur ‘n wet te laat af-dwing as wat elke plaaslike regeringsy eie ding doen.”

Wildsplase en ekotoerisme val niebinne die definisie van landbou nie enword spesifiek uitgesluit. Dit betekenwildsplase kan teen die volle mark-waarde gewaardeer word.

Doel van die wetProf Lester sê sommige plaaslikeowerhede het reeds met die waar-dasieproses begin. Hy sê die meestemaak van eksterne ondernemings ofwaardeerders gebruik wat bloot by ‘n

plaas opdaag en begin opmeet. “Ditlei tot meer as een angsaanval en selfstot konfrontasies,” het Lester gesê.

Dit is egter belangrik om teonthou dat die plaaslike owerhedebasies met ‘n “voorraadopname”besig is, omdat daar geen rekordsbeskikbaar is van wat alles bestaannie. Die plaaslike owerheid sal wel ‘nwaardasierol moet kan beskikbaarstel. Prof Lester sê daar is proseduresvir teenkanting en appèlproseduresin plek.

“Konfrontasie tydens die waarda-sieproses gaan niks bereik nie,” hethy gesê.

Plaaslike owerhede moet die huidi-ge waardasierol van die munisipaliteiten ‘n ander een met inligting oor wat-ter nuwe eiendom toegevoeg is,byhou. Omdat plase ‘n nuwe toevoe-ging is, kan spesiale toegewings geld,soos dat ‘n rabat toegestaan kanword. Daar kan ook ‘n tydperk vaninfasering wees.

14 Senwester, November 2005

Grondbelasting hoef nie onbillik te wees nie

Munisipale owerhede kan nie eensydig grondbelasting hef nie. Die wetgewingwaarkragtens dit ingestel is, bevat allerlei wigte en teenwigte om te verseker dat diebelasting aan die toets van redelikheid sal voldoen, het prof Matthew Lester, belas-tingkundige en hoogleraar aan Rhodes Universiteit, tydens Senwes se JongboerToekomsfokusdag in September op Nampo Park gesê.

• Die plaaslike regering of munisipale bestuurder moet een keer per week, vir minstens twee agtereenvolgendeweke, in die staatskoerant en in ‘n plaaslike koerant ‘n advertensie publiseer dat die waardasierol vir ‘n tydperkvan nie minder nie as 30 dae ter tafel sal wees. Almal wat geraak word, moet genooi word om besware in te dien.

• Elke grondeienaar moet ‘n afskrif van die kennisgewing ontvang. • Besware moet deeglik gemotiveer en van ‘n professionele aard wees. Daar kan ook gevra word dat ‘n spesifieke

eiendom van die rol verwyder word. • Binne 14 dae ná die tydperk waarin besware ingedien kan word verstryk het, moet die munisipale bestuurder alle

besware aan die munisipale waardeerder oorhandig. Die munisipale waardeerder moet elke grondeienaar wat ‘nbeswaar ingedien het, skriftelik van sy bevindinge in kennis stel.

• Teen ‘n bykomende bedrag kan die beswaarmaker ná 30 dae op ‘n antwoord vir die redes aandring indien dit niebehoorlik in die brief van die waardeerder uiteengesit was nie. Dié antwoord moet binne 30 dae aan die beswaar-maker verskaf word.

• Die beswaarmaker kan – indien hy nie tevrede is met die redes nie – hom binne 30 dae tot die appèlraad wend.Die munisipale bestuurder moet die versoek om appèl binne 14 dae aan die voorsitter van die appèlraad stuur.Laasgenoemde moet binne 60 dae nádat so ‘n versoek ontvang is, ‘n vergadering belê.

Wat behels die proses van grondbelasting?

Page 3: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Wanneer die waarde van eiendomvir landboukundige doeleindes be-oordeel word, moet die volgendebepaal word:• die bydrae wat die landbou tot die

plaaslike gemeenskap lewer, • hoe dienslewering daardeur be-

vorder kan word, en • watter bydrae die landbousektor

tot die sosiale en ekonomiese wel-vaart van plaaswerkers lewer.

Voordat belasting betaalbaar is, moet‘n konsepbeleid waarvolgens diekoers bereken gaan word, vir min-stens 30 dae ter insae wees, sodat diebetrokke gemeenskap daarop kom-mentaar kan lewer.

“Produsente moet besef akte-

tasse en breinkrag gaan van baiegroter waarde wees as protesoptogtemet trekkers en vragmotors na hulmunisipale kantore.

“Alles hang egter af van hoe geor-ganiseerd hulle is en of hulle bereidgaan wees om die verskillendestappe wat gevolg moet word, temonitor.

“Indien die munisipale amptenareop hulle tone gehou en tot verantwoor-ding geroep word, sal hulle gou besefwaarom billikheid belangrik is. Met diehuidige wetgewing geniet grond-eienaars meer beskerming as ooit.

“Die wet erken dat plaaswerkers indie voorste linie staan om benadeel teword indien ‘n onbillike belastingkoers

ingestel word. “Wanneer daar land-bourampe plaasvind, is dit gewoonlikdie plaaswerkers wat eerste daardeurgeraak word. Produsente én hulplaaslike owerhede sal tydens dieproses bereid moet wees om saam tewerk so-dat sake nie hand uit ruk nie.Duidelike reëls moet geld,” het prof Lester gesê.

Prof Lester sê die nuwe wet is ineen belangrike opsig baie goeie nuus,naamlik dat munisipaliteite deur ‘n wetgereguleer word en nie kan aangaansoos wat dit hulle pas nie.

“Wanneer duidelike reëls geld,kan die spel begin,” het hy gesê.

Prof Lester is deur Sanlam Cobaltgeborg om die dag by te woon.

hoofstorie

15Senwester, November 2005

Senwes se Jongboer Toekomsfokusdag is op 15 September op Nampo Park aangebied. Van links is prof Matthew Lester (gasspre-ker), JB van den Berg (Voorsitter VL Jongboervereniging), Kobus Engelbrecht (gasspreker), Deon Bergh (Voorsitter Agri NWJongboervereniging), Frans du Plessis (Hoofbestuurder Senwes Handel), Bully Botma (Voorsitter van Graan SA) en dr JohnPurchase (Hoofbestuurder Graan SA).

Zantie Swanepoel (gasspreker), Dewald Louw (gaskunstenaar), Coba Jonker (Wolmaransstad), Elmie Bergh (Leeudoringstad) en Cornel van der Berg (Bothaville) het die damesprogram bygewoon.

Page 4: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Toe Kobus in 1982 as enigste seun sy pa se boerdery oorgeneem het,het sy idee van boerdery uit saaibestaan. “Al my eiers was in eenmandjie. Ek was ‘n sorghum- enmielieboer en vir die eerste tien jaarhet dit voor die wind gegaan. Maar indie 1992/1993-seisoen is ‘n oorskotmielies geproduseer en was mielie-boere in dieselfde krisis as wat diegraanbedryf tans ervaar. Ek het be-sluit om 700 ha van my mielielandete onttrek en onder aangeplante wei-ding te sit. Sedertdien het ek nog nieweer ‘n enkele pit mielies geplantnie,” vertel Kobus.

Kobus het ook besluit om te di-versifiseer en het sy beesboerde-ry vinnig uitgebrei. Hy spesialiseer inspeenkalfproduksie, met die klem op

kg vleis/ha/jaar, geproduseer met diehoogste netto wins per hektaar.

Krisis in die graanbedryfKobus sê nuwe markte vir graanbehoort dringend in Suider-Afrikaontwikkel te word. “Indien dit gebeur,kan graanboere voortgaan om te pro-duseer. Maar as dit nie gebeur nie engraanpryse bly op die huidige vlakke,behoort saaiboere net op hul hoëpotensiaal grond te boer. Onttrek dieres en sit dit onder vee,” is Kobus seraad. Kobus self boer in ‘n gebiedmet lae potensiaal. Boere hier salhulle somme dus mooi moet maakom met saaiery voort te gaan,” sê hy.

Kobus se onmiddellike raad aanprodusente is om glad nie somerge-wasse te plant nie. “Verskans, hetsy

deur fisiese graan aan te koop of deurpapiermielies. Die 10% of 20% pro-dusente wat voel hulle wíl plant, moetsorg dat hulle ekonomies kan oorleefen ‘n waterdigte kontrak het.”

Kobus se strategie was om allegraan terug te hou. “Ek het ‘n tweedeoes teen die lae pryse opgekoop omdit alles te bemark wanneer die pryseherstel het. Met die direkte produk-siekoste (R2 800 per hektaar in diégebied) en die pryse waarteen jygraan kan koop, kan jy 4,5 ton graanper hektaar aankoop, wat gelykstaan-de aan ‘n rekordoes is. Dit is dus niedie moeite werd om die risiko te loopnie. Sonder Senwes se ondersteu-ning sou dit onmoontlik gewees hetom hierdie strategie uit te voer,” sê hy.

Kobus sê die verkeerdste dingwat ‘n produsent kan doen, is omdrastiese besluite te neem en heel-temal van gewas te verander, of navee waarvan hulle geen kennis hetnie, oor te skakel. “Dit is ‘n gevaarlikeslaggat om in te trap. Wees baie ver-sigtig,” waarsku Kobus.

Raad aan jongboereJongboere is geneig om te maklik tewil verander, reken Kobus. “Hoeweldit maklik is om van bank, kopers,verskaffers en landboumaatskappy teverander, is dit belangrik om by diémense te bly met wie jy sake doen.Verander so min as moontlik aan jouondersteuningsbasis sodat jy niejaarliks nuwe mense van voor af moetleer ken nie. Ek glo vas ‘n produsentmoet ‘n kokon van kennis en inligtingom hom hê. Ek loop die pad reeds vir22 jaar saam met Senwes, my banken my verskaffers. Ek gebruik al hullekennis en ons pak alles saam aan. Dítis die pad om te loop.”

16 Senwester, November 2005

Jeanne Boshoff Strategiese boerderyverseker sukses

Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, hetdie “wysheid met die grysheid” hom genoop om na vee te diversifiseer – én ‘n liefdedaarvoor te ontwikkel. Jeanne Boshoff het by vanjaar se Graanprodusent van die Jaarop sy plaas Braklaagte in die Parys-distrik gaan kuier.

Kobus en sy vrou, Gezina, hanteer die boerderybeplanning saam. Gezina doen ook diefinansiële rekordhouding.

Page 5: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Verhouding met personeelKobus spog reeds vir die afgelope 22jaar met ‘n personeelomset van min-der as 1% per jaar.

“My werkers verdien goeie salaris-se en ek verskaf goeie behuising metalle geriewe. In ruil kry ek hoë pro-duktiwiteit en lojaliteit.” Kobus sê hyglo onwrikbaar aan indiensopleiding.“Na 22 jaar is al my bestuurspostedeur nie-blankes gevul, wat oor ‘ntydperk van baie jare in my boerderyopgelei is. Ek het ongeveer 50 wer-kers waarvan ses in bestuursposte is.Hulle het onder begin en hulself op-gewerk tot waar hul vandag is. Ek en

profiel

18 �

17Senwester, November 2005

1. Van links is Rina en Johan Dique (Senwes Besturende Direkteur), Malie en JapieGrobler (Voorsitter van Senwes) en Gezina en Kobus Dannhauser, by die“Graanprodusent van die Jaar” funksie in Johannesburg.

2. Kobus se vriende het die funksie saam met hom geniet. Voor langs Kobus is LouisClaassen en agter staan Vickey van der Westhuizen.

3. Ongeveer 36% van Kobus se grond word vir die produksie van sorghum aangewend.

1

3

2

‘n Reklamebord op Kobus Dannhauser se plaas naby Parys wat in onbruikverval het, dien nou as ‘n treffende advertensie van wat Senwes die pro-dusent alles bied. Die bord reg langs die N1-snelweg was ‘n seer vir dieoog – totdat Kobus, jarelange lojale klant van Senwes, dit vir Senwesaangebied het om te benut. Dié reuse Senwes-advertensie is vir verkeerin albei rigtings sigbaar en is ‘n sprekende voorbeeld van die wedersydesamewerkingsverhouding wat tussen Senwes en sy klante bestaan.

Page 6: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

my vrou hanteer alle administrasie enboerderybeplanning, in samewerkingmet konsultante.”

Ontwikkelende landbouKobus is die afgelope vyf jaar by ‘nopkomende landbouprojek in dieParys-omgewing betrokke waar tweegroepe boere onderskeidelik ‘n saai-en veeboerdery bedryf. Die departe-ment van landbou in die Vrystaat hethom genader om as mentor by dieprojek op te tree.

“Ek is trots op wat ons in vyf jaarvermag het. Die grond, wat aanvank-lik ‘n barre stuk aarde was, se infra-struktuur is herstel en op die saai-grond is die lande se voedingstatustot aanvaarbare vlakke opgebou.”

‘n Groot frustrasie vir opkomendeprodusente bly egter beloftes deur

die regering wat nooit uitgevoer wordnie en die politieke skommelings indie Vrystaat wetgewer. Kobus sê indie afgelope vyf jaar was daar vierLUR’e van landbou in die provinsialewetgewer. “Elke keer verander dienuwe LUR sy hele span, dan moet jynuwe mense van voor af leer ken. Indie afgelope vyf jaar het ons geennavrae of enige kontrole van dieVrystaatse regering gehad nie.”

Kobus sê opkomende landboukan suksesvol wees mits ‘n kommer-siële produsent as mentor optree, diebetrokke produsente wíl boer en die regering sy verantwoordelikheid bin-ne so ‘n projek besef.

“Produsente wil graag by suk-sesvolle projekte betrokke raak, maardie regering se onbetrokkenheid rydie proses in die wiele.”

Swart ekonomiesebemagtiging“Ek is baie positief oor die toekomsvan kommersiële landbou in die land.As Suid-Afrika nie nou in die voedsel-behoeftes van ander lande kon voor-sien nie, was hier groot chaos in diesuide van Afrika,” sê Kobus. Hy sê hy hoop die regering sal verant-woordelik en omsigtig met die her-verdeling van grond omgaan. “Ver-deling is ‘n realiteit. Ek het nie grootvrese vir grondherverdeling nie, maaralle betrokkenes moet nugter enredelik bly. “

Georganiseerde landbouKobus sê dit is ondenkbaar dat pro-dusente nie by georganiseerde land-bou betrokke is nie. “Die heletoekoms van landbou in Suid-Afrika is

18 Senwester, November 2005

‘n Gelukkige wenner – Kobus Dannhauser aangewys as Graanprodusent van die Jaar.

17 �

Page 7: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

in ‘n onderhandelingsfase. ‘n Produ-sent kan slegs ‘n lewensvatbare posi-sie vir homself daarstel deur deel vandie onderhandelingsproses te weesen dus by georganiseerde landboubetrokke te wees.

Kobus is die voorsitter van dieParys Distrikslandbou-unie, voorsittervan die grondkomitee van VrystaatLandbou in die Noord Streek, Klante-forumvoorsitter van Senwes en voor-sitter van die Sorghum Spesialiswerk-groep van Graan SA.

GesinKobus glo ‘n produsent móét die vol-le steun van sy familie geniet. Sy vrouen skoolliefde, Gezina, hanteer dieboerdery se finansiële rekordhoudingen is Kobus se steunpilaar.

Sy seun, Johan, is ‘n eerste-jaarstudent aan die PUK. Hy studeerB Com Rekenmeesterskap “sodat hyas produsent sy eie somme kanmaak. Hy gaan beslis na sy studiesboer”, sê Kobus. Sy dogters, Devinaen Carina, is in graad 11 en graad 10onderskeidelik.

Kobus en sy pa, wat sedert syaftrede op Parys woon, is ook baie naaan mekaar. “Hoewel my pa nie meermet die landbou bybly nie, glo ekonwrikbaar in hom. Hy ondersteunmy ten volle en het my nog nooitteleurgestel nie. Ek sal hom ewigdankbaar wees vir die geleentheidwat hy my gegee het om te kan boer.Hy het my toegerus om dit te doenwaarvoor ek lewe.”

Kobus se boerderyprofielGewasse3 500 ha onder sorghum. Ongeveer36% van sy grond word vir die pro-duksie van sorghum aangewend. Dieres is vir weiding wat met die uitson-dering van 700 ha Smutsvinger- enOulandsgras uit natuurlike veld be-staan. Sy graanboerdery sorg vir on-geveer 90% van sy totale produksie-inkomste.

BewerkingKonvensionele ploegbewerkings opalle lande met ‘n kleipersentasie vanminder as 20% en algehele rip oplande met ‘n kleipersentasie van hoëras 20%.

Langtermynopbrengs3,5 ton per hektaar. Dit is sowat 30%

hoër as die langtermyn gemiddeldvan die gebied. Kobus het die afge-lope vyftien jaar ‘n prys van ongeveer20% bo gemiddeld vir sorghum gere-aliseer deur goeie bemarking,kwaliteit en konstante produksie.

ToerustingNet die beste wat op die mark beskik-baar is. “Danksy Senwes se kwaliteit-produkte en ondersteuning kan ekmy mikpunte bereik en kwaliteitpro-dukte aan die mark lewer.”

Veevertakking1 500 Simbra kommersiële koeie.Kobus pas ‘n speenkalf produksie-

stelsel toe. In die somer word natuur-like weiveld gebruik. In die winter opdie landerye realiseer hy ‘n bykomen-de inkomste van ongeveer R120 perhektaar op die oesreste. Bulle wordslegs vir eie gebruik geteel uit dieSimbra en Simmentaler stoete van100 vroulike diere elk.

BemestingDie beste 250 ha aangeplante wei-ding word bemes tot op ‘n vlak van120 N/ha/jaar.

Dit gee ongeveer vyf ton ruvoerper hektaar wat hy vir wintervoedingbaal. Die hergroei word in die lentebewei.

profiel

Head OfficeSouth AfricaTel: +27 21 917 7177Fax: +27 21 917 [email protected]

I N T E R N A T I O N A L L Y T E S T E D : D E P E N D A B L E !

Drip | Plastro Hydro PC | Hydrogol | Hydrolite | Buttons | Drip In

Micro Emitters | Dan & Gulf Micro Sprayers | Statojet

Valves | Gulf Control Valves & Accessories

Filters | Amiad | Silicon Sand Filters

Sprinklers | Farm Sprinklers

Fertiliser Injector Pumps | ITC | Amiad

Irrigation Computers | Gulf | Gal

Air Valves | Unirain

Scheduling Equipment | Wetting Front Detector

Turf Irrigation | K-Rain

Design Software | WCADI

At Agriplas we produce the most effective solutionsto your irrigation needs. From driplines, micro sprays,sprinklers, valves and filters to sophisticated automationsystems to assist the continual movement of water.

Advanced technology in irrigation and an extensivenetwork of professional services provide the lifelineof growth.

Our products are manufactured from the toughestmaterials available and designed to ensure reliabilityand extended life-span without sacrificing easymaintenance.

for irrigation solutions

Page 8: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Suid-Afrika is aan die vooraand van ‘nheel nuwe era waar breëband-kom-munikasie die norm, eerder as die uit-sondering, sal word. Tegnologie soosderdegenerasie-selfoontegnologie(3G) maak breëband-toegang totdata en die internet baie makliker.

Breëband-tegnologie maak ‘n ein-de aan stadige en swak internetver-bindinge. Waar die radio of televisievroeër die enigste bron van inligtingwas, maak die gebruik van en toe-gang tot die internet dit vir produ-sente moontlik om inligting maklikerte bekom.

Die groot verskil tussen konven-sionele internet-toegang (inskakel) enbreëband-tegnologie is dat die ge-bruiker nie meer deur ‘n gewone tele-foonlyn en modem hoef in te skakelna sy diensverskaffer nie en dat ‘nmens 24 uur per dag, sewe dae vandie week, aan die internet gekoppelkan bly.

Die koste verbonde aan breë-band-tegnologie is seker die enigsteongunstige faktor wat die vinnigegroei van breëband-toegang in Suid-Afrika rem. Benewens die breëband-diens self, moet ‘n bykomende be-drag in sommige gevalle vir ‘n inter-net-diensverskaffer betaal word. Diékoste is egter stadig besig om te daalsoos wat meer mense van dié diensbegin gebruik maak. Die toetrede vanmeer rolspelers sal hopelik ook ‘nprysoorlog veroorsaak.

GPRS (General Packet RadioServices) bied ‘n heeltydse internet-verbinding aan verbruikers en maakdit moontlik om data oor ‘n bestaan-de selfoonnetwerk te stuur.

Dit stel die verbruiker in staat omdata deur ‘n selfoon te stuur en te ont-vang. Die verbruiker het dus internet-toegang, kan e-posse stuur en ont-vang en kan data aflaai.

Hoewel GPRS verbruikers deu-rentyd aan die internet gekoppel is,betaal hulle slegs vir die hoeveelheid

data wat wat oorgeplaas word.Die nadeel van GPRS is die lae

spoed – veral die oplaai-spoed – endie hoë koste van data met die ver-skillende pakkette van diensverskaf-fers. Die spoed is ook baie afhanklikvan hoe ver ‘n mens van die seltoringaf is en hoe besig die toring metgewone stemoproepe is. Die voor-deel weer, indien jy ‘n Blackberrybesit, is dat jy ten volle mobiel is.

3G, die nuutste toevoeging totbreëband tegnologie, is ook ‘n draad-lose kommunikasiediens wat heeltyd-se internetverbinding verseker. Dieverskil lê egter in die spoed. 3G maakdit vir gebruikers moontlik om hoë-spoed-toegang tot datanetwerke endie internet te kry. Met 3G-tegnologieis dit moontlik om e-pos en internet-toegang deur middel van palmreke-naars of Blackberry in jou sak rond te dra.

3G tegnologie bied moeitevrye,draadlose toegang tot die internet.Hoewel 3G tegnologie nog nie oral be-skikbaar is nie, kan gebruikers steedsop die GPRS netwerk staatmaak. 3Gmaak verhoogde bandwydte beskik-baar: tot soveel as 384 Kbps wanneer

‘n toestel staties is of teen voetganger-spoed beweeg, 128 Kbps in ‘n motoren 2 Mbps in vaste toestelle.

VodacomDie Vodafone Mobiele konnek-siekaart is 3G en GPRS magtig enmaak toegang tot die internet en dieaflaai van e-posse byna drie keer vin-niger as met ISDN.

Wanneer toegang tot Vodacom 4me-inhoud en internetdienste deur3G of GPRS verkry word, betaal jyslegs vir die stuur en ontvang vandata, nie vir die hoeveelheid tyd wat jyaan die internet gekoppel was nie.

Selfoongebruikers kan ook uitsienna die nuwe 3G-selfone wat Vodacomna Suid-Afrika bring. Dié selfone hetheelwat meer geheue en sterker ver-werkers om die breëbandtoegangdoeltreffend te benut.

Die fone het ook uitstekendekleurskerms en klankvermoë sodatgebruikers video’s sal kan kyk of diejongste musiek van die internet salkan aflaai en luister. Sommige fonesal ook speletjies-aanhangers die ver-moë gee om deur die 3G-netwerkmet mekaar mee te ding.

25Senwester, November 2005

Breëband-tegnologie maak internet vinnig en beskikbaarDie koms van breëband-tegnologie oorbrug probleme soos afstand en swak telefoon-stelsels en maak vinnige en goedkoop internettoegang, ook vir produsente, moontlik.

landbou in praktyk

Page 9: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Verwerkte voedselprodukte van mie-lies, soja en katoen wat van genetiesgemodifiseerde (GM) gewasse af-komstig is, word daagliks gebruik.Ons gebruik selfs medisyne wat metbehulp van biotegnologiese meto-des vervaardig is. Die eerste plant-soort wat met behulp van biotegnolo-gie gekweek is, was ‘n petunia in1982, gevolg deur piesangplante in1988 wat uit weefselkulture gekweekis. Die kloning van Dolly die skaap in1997 was ‘n opspraakwekkende ge-beurtenis. Uiteenlopende meningsbestaan oor die gebruik van bioteg-nologie. Wat akkerbougewasse be-tref, glo een groep dit is veilig ennoodsaaklik, terwyl anti-GM aktiviste

meen GM voedsel hou moontlike ge-sondheidsgevare en ander nadele in.

Ontwikkeling van tegnologie soosRoundup Ready® en Bt-mielies hetdie tradisionele konsep van onkruid-en stronkboorderbeheer verander. Diegebruik daarvan hou heelwat voordelevir die produsent in. Sedert die be-kendstelling van hierdie tegnologie hetdie aantal produsente wat GM-mieliesplant, beduidend toegeneem.

Wanneer ‘n produsent RoundupReady® of Bt-mielies aanplant, moet‘n lisensie-ooreenkoms tussen dieprodusent en patentreghouer aange-gaan word. Daar is bepaalde voor-waardes en nakomingsvereistes (enstrafklousules) in hierdie lisensie-

ooreenkomste. Met die aanplant vanBt-mielies is daar bepaalde voorwaar-des, soos die aanplant van toevlugs-oorde om te probeer voorkom datstronkboorders weerstand kan opbou

32 Senwester, November 2005

Geneties aangepaste mielies en identifikasie van status vir uitvoer

GM-mielies word uitgelaai.

Die DNA-samestelling van GM-mielies.

Produsente wat in die komende seisoen mielies gaan plant, se samewerking wordgevra om die uitvoerproses van GM-vrye mielies te vergemaklik. Bernard Muller,Akkerboukundige by Landboudienste, lig ‘n paar aspekte rakende GM-mielies en diebehoefte vir ‘n identiteitspreserveringstelsel uit.

Bernard MullerLandboudienste

Page 10: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

en uiteindelik nie meer doeltreffendbeheer kan word nie. Met die gebruikvan Roundup kan sekere onkruid ookmoontlik weerstand teen onkruid-doders opbou, met die gevolg dat ‘nweerstandsbestuurprogram gevolgmoet word.

Bt-mieliesDie Bt-geen (Bacillus thuringïensis) isoorspronklik afkomstig van bakterieëwat in die grond gevind is. Wanneerhierdie geen na ‘n mielieplant oorge-dra is, word ‘n spesifieke proteïen ver-vaardig. Die stronkboorderlarwes(Busseola fusca en Chilo partellus)het hegtingsplekke (reseptore) in diemaag waaraan hierdie proteïene hegwanneer die larwe vreet. Ongeveerdrie dae nadat die larwe gevreet het,begin die maagwand afbreek en ver-oorsaak dat die larwe vrek. Die voor-deel van Bt-kultivars is dat al drie ge-nerasies stronkboorder beheer kanword. Die ekonomiese waarde vanBt-mielies lê daarin dat dit die gebruikvan insekdoders verminder, spuitkos-te verminder, arbeid bespaar, omvalverminder, opbrengs verbeter engraankwaliteit help beskerm.

Die verspreiding van Fusarium enander swamme verminder in die kop-pe van Bt-mielies omdat die stronk-boorder nie meer die sfere van dieswamme doeltreffend kan versprei nie.Die gevolg hiervan is dat Bt-mielies indie meeste gevalle laer mikotoksien-vlakke as GM-vrye mielies het.

Roundup Ready® mieliesRoundup Ready® mielies is genetiesaangepas sodat Roundup Ready®-onkruiddoder tot en met die ware agt-blaarstadium bo-oor die mielies ge-spuit kan word sonder dat die mieliesenigsins geaffekteer word. Dié on-kruiddoder bevat ‘n unieke benatting-sisteem en is so geformuleer dat dieaktiewe bestanddeel, glifosaat, vinnigopgeneem kan word en na die wortelsvan die onkruid translokeer. Die on-kruid word dus doodgemaak sonderom die mielieplant te beskadig.Roundup Ready®-onkruiddoder iseen van die mees doeltreffende breë-spektrum, nie-selektiewe onkruiddo-ders beskikbaar, wat dit moontlikmaak om alle onkruid met een ofhoogstens twee bespuitings te beheer.In teenstelling met konvensionele on-kruiddoders, is daar geen grondwer-

king en gevolglike wagtydperk nie,met die gevolg dat enige opvolggewasgeplant kan word.

Die doeltreffende werking vankonvensionele onkruiddoders isonderworpe aan bepaalde om-standighede, soos grondvog en tem-peratuur. Daar is ook net ‘n bepaaldevenstertydperk vir toediening.

Belangrikheid van GM-vrye mieliesTeen die agtergrond van die huidigemielie-krisis, bestaan daar ‘n grootuitdaging om alle bemarkingsgeleent-hede van graan te ondersoek. Uitvoer-geleenthede vir GM-vrye mielies be-staan onder meer na Afrika-lande soosAngola, Kenia, Zambië, Malawi enZimbabwe. Gedurende jare wanneerhierdie lande se oeste nie na wense isnie, moet hulle witmielies invoer omaan hul vraag te voorsien.

Indien die wisselkoers dit toelaaten die graanpryse winsgewende tran-saksies tot gevolg het, kan nagenoeg2 miljoen ton witmielies na hierdie lan-de uitgevoer word. Om hierdie mark tekan voorsien, moet graanhandelaarsGM-vrye mielies apart ontvang, op-berg en vervoer. Die logistieke nag-merrie hieraan verbonde is vanself-sprekend, met ‘n gevolglike behoefteaan ‘n identiteitspreserveringstelsel.Graanhandelaars moet tans op boerese samewerking en integriteit staat-maak wanneer graan as GM-vrygelewer word.

Dit is nie ekonomies en praktiesmoontlik om elke vrag wat as GM-vryby silo’s gelewer word, tydens lewe-ring met behulp van toetsmonsters te monitor nie. Die graanafdelingtoets wel die buise wat as GM-vryemielies ontvang is om seker te maakdat dit aan die kopers se vereisteskan voldoen.

Alle graan wat as GM-vry aange-bied en verkoop word, word ook weerdeur onafhanklike ontleders en labora-toriums getoets om dit vir die uitvoer-mark as GM-vry te kan sertifiseer. Kon-troletoetse word ook by ontvangs indie invoerland op graan gedoen en in-dien dit positief is, word dit terugge-stuur. Dis duidelik dat die streng maat-reëls en toleransievlakke van 1% minruimte vir foute laat. Voorbeelde vanfoute is ‘n boer wat dink hy lewer GM-vrye mielies terwyl die mielies met GM-mielies kruisbestuif het. Die gevolg

hiervan kan wees dat een sleepwa GM-mielies ‘n hele buis van 6 000 ton GM-vrye mielies kontamineer.

Hoe kan produsente helpmet die verskaffing vanGM-vrye mielies?Kontaminasie as gevolg van genetie-se aanspoeling deur kruisbestuiwingtussen GM-vrye en GM-kultivars, iseen van die mees algemene pro-bleme wanneer die status van diegraan bepaal moet word. Maatreëlswat gevolg kan word, is om ‘n tydperkvan isolasie van nie minder nie as drieweke tussen blomtyd van GM en GM-vrye mielies te handhaaf. PlantGM-mielies so ver as moontlik vanGM-vrye mielies.

Die aanplanting-rigtings laat ditnie altyd toe nie, maar probeer om ‘nbufferstrook van minstens 500 m tot 1 000 m tussen GM-mielies en GM-vrye mielies te handhaaf. Dit geld nienet op die produsent se plaas nie,maar vereis ook dat produsente on-derling met hul bure moet kommuni-keer oor hul beoogde kultivarkeuses.Ander praktiese aksies is om planter-saadbakke skoon te maak wanneersaad gewissel word. Sorg ook datdie stroper, tapkarre en waens skoonis wanneer gewissel word. Deeglikeidentifikasie van GM-status is nood-saaklik wanneer graan gelewer word.GM-opslagmielies moet doeltreffendbeheer word indien die opvolgmieliesas GM-vry gelewer wil word.

SamevattingAangesien die meeste GM-vrye mie-lies wat tydens 2005 geïdentifiseer is,uitgevoer gaan word, gaan daarwaarskynlik baie min GM-vrye mieliesin die oordragvoorraad van die 2005oes wees. Indien aanplantings afge-skaal word en daar nie daadwerklikestappe gedoen gaan word om die GM-vrye mielies wat in 2006 gelewer gaanword, so doeltreffend as moontlikvooraf te isoleer nie, kan dit gebeur datalle uitvoergeleenthede vir GM-vryemielies nie ten volle benut word nie.Die gevolge sal wees dat die plaaslikeoordragvoorraad verhoog. Produsen-te wat die komende seisoen mieliesgaan aanplant, word vir hulle same-werking gevra sodat die hantering-,berging-, sertifiserings- en uitvoerpro-ses van GM-vrye mielies in dietoekoms vergemaklik kan word.

landbou in praktyk

33Senwester, November 2005

Page 11: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

HulpbronDie beplanning van ‘n veeproduksie-stelsel begin by die evaluering vandie hulpbron. Figuur 1 toon die tipie-se intydse droë materiaalproduksievan natuurlike veld in die Senwesgebied. Uit die figuur dikteer die hulp-bron die volgende:• Diereproduksie moet gedurende

die somermaande geskied.• Slegs droë diere moet oorwinter

word.• ‘n Wesenlike voerbank is nodig vir

oorwintering van die kudde.Ongeag die mark en die ondernemerse persoonlike voor- en afkeure, word

die beginsel van somerproduksiedeur die hulpbron gedikteer. Deuranders te besluit, is so goed soos ommielies gedurende April te plant.

VeldtipesVerskillende veldtipes kom weensverskeie redes op een plaas voor,naamlik gronddiepte, grondchemieseverskille, helling, mikroklimaat enso-voorts. Ongeag die rede vir veldtipe-verskille, benut vry weidende dierehulle nie eweredig nie en sal hullesekere soorte bo ander uitkies.

Verskille in veldtipe is ook diehoofrede waarom kampe gespan

word. Eerstens word veldtipes afge-span. Indien daar dan nog steeds temin kampe vir die doeltreffendebestuur van die kudde is, kan verderekampe gespan word.

Kampgrootte is ‘n baie kontro-versiële onderwerp. Die koste vanomheining in ag genome, moetkampgrootte eerstens deur die af-kamp van veldtipes en tweedens deurdie aantal kampe wat vir die bestuurvan die kudde nodig is, bepaal word. Kampgroottes van groter as150 ha in homogene veld moet blootuit ‘n kuddebestuursoogpunt ver-my word.

34 Senwester, November 2005

Beginsels vanveldbestuur

‘n Groot vraag na veeproduksiestelsels en die aanwending van weiding is sedert diewintermaande ondervind. Die doel van ‘n volhoubare veeproduksiestelsel is om ‘nbemarkbare produk daar te stel met instandhouding of verbetering van die hulpbron.Johan Mouton van Senwes Landboudienste gee ‘n paar beginsels vir die volhoubarebenutting van natuurlike weiveld, sonder om ‘n rigiede veldbestuurstelsel voor te hou.

Johan MoutonLandboudienste

Figuur 1: Veld se intydse droë materiaal produksie

Page 12: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

RuvoerproduksieNatuurlike weiding wat nie verniel isnie, dien as ‘n foto van die onder-grond. Hou in gedagte dat die tipe enhoeveelheid materiaal wat gepro-duseer word, ‘n funksie van diegrondprofiel en klimaat teenwoordig,is. Die veldgedeeltes op die meestesaaiplase is die gedeeltes wat om eenof ander rede, soos gronddiepte, niegeploeg kon word nie.

Die veld wat op dié grondvoorkom, kan onmoontlik produseerwat veld op diep grondtipes pro-duseer. Veldproduksie in die Senwesgebied wissel tussen 600 kg tot 1,6ton benutbare materiaal. Aangesiendie grond- en klimaat-interaksie hier-die produksie bepaal, sal dit nie ver-hoog by goeie veld met byvoorbeeldmeer kampe of wyse van benuttingnie. Die bestuursinset van die pro-dusent kan wel die kwaliteit endiereprestasie deur die wyse vanbenutting beïnvloed.

Die begrip van relatiewe voer-waarde word gebruik om kwaliteit tebereken. ‘n Wiskundige vergelykingvan al die faktore in ruvoer wat diere-prestasie beïnvloed, word gebruik omdie kwaliteit daarvan te bereken. Diegoue duimreël wat in die praktyk deurdie vergelyking gesien en gesteunword is:• Daar is altyd ‘n interaksie tussen

kwantiteit en kwaliteit van weiding.Hoe korter die weiding gehou word,hoe beter is die kwaliteit en ooreen-komstige diereprestasie teenoorlanger weiding wat swakker diere-prestasie lewer.

Dié beginsel kan baie goed aange-wend word in ‘n voervloeiprogram om

byvoorbeeld voorsiening vir lakteren-de diere te maak teenoor oorwinte-ring van droë diere met lae voedings-behoeftes.

RustydperkeGeen hulpbron kan konstant benutword en volhoubaar produseer nie.Ons kontantgewaslande ontvang on-derhoudsbemesting en bekalking,wisselbou en oorlêstelsels om diehulpbron in stand te hou. Rustydper-ke is die gereedskapstuk om veld ashulpbron te bewaar.

Die toevallige tydperk wat diere niein ‘n kamp was nie, kwalifiseer nienoodwendig as rustydperk nie. Gestel‘n kamp word tot op 10 cm hoogteontblaar en vir ‘n ses weke tydperkgelaat waarna die weiding tot ‘nhoogte van 30 cm herstel: het hierdieweiding gerus of geproduseer? Na die“rustydperk” van ses weke is daar 400kg materiaal meer as wat daar was, dieweiding het dus nie gerus nie, maaroptimaal geproduseer.

Rus in weidingstaal beteken ‘nlang genoeg tydperk vir die gras om ‘ngroot loof te produseer, wat op sybeurt stysel kan produseer en na dieplant se wortelstelsel terugvoer om ‘ngroeikragtige plant te verseker. Rusbeteken verder dat saailinge die ge-leentheid moet hê om te ontkiem, ‘nwortelstelsel te vestig en genoeg kosdaarin te berg om die winter te oorleefen vir produksie gedurende die ko-mende lente.

Hierdie beginsels geld vir meerja-rige spesies wat goeie diereprestasiegee. Rus beteken dus ‘n volle groei-seisoen rus. Gedurende die dorman-te tydperk, wat in aanvang neem met

die eerste ryp, het beweiding nie ‘nbetekenisvolle invloed op veld nie enkan dit benut word. Indien veld nie virdie volle groeiseisoen gerus kanword nie, moet daar ten minste ge-poog word om dit gedurende dieherfsmaande te rus.

Swak “diereprestasie spesies” seoorlewingmeganisme bestaan uitsaadvorming, aangesien hulle swakmeerjarig is en nie baie loof produ-seer nie, soos sekere van die Era-grostis tipes.

Ter verduideliking van Figuur 2:• Die spesie gemonitor is Rooigras

(Themeda triandra).• Die 100% op die linkerkant is ‘n

kontroleblok wat die groeiseisoengerus het. Die behandelings naregs op die grafiek is die aantal enhoogte van ontblarings wat gedu-rende die tydperk wat die kontrolegerus het, gedoen is.

• Die grafiek is die prestasie van dieweiding in die daaropvolgendeseisoen waar die kontrole gekor-rigeer is tot 100% en die onder-skeie behandelings as ‘n verhou-ding daarvan uitgedruk is.

Figuur 2 toon duidelik dat, ongeagdie frekwensie of hoogte van ontbla-ring gedurende ‘n groeiseisoen, dieveld se vermoë om die daaropvol-gende seisoen te produseer wesenliklaer is as veld wat gerus het. Kortliks,enige wyse van ontblaring benadeel‘n plant se groeikragtigheid. Diegoeie nuus is egter dat selfs plantewat baie straf ontblaar was, weer totop die 100 % vlak na ‘n groeiseisoense rus herstel.

Samevatting• Veldtipes moet geskei word.• Kampgrootte en hoeveelheid kampe

word deur kuddebehoefte bepaal.• Droë materiaalproduksie is ‘n funk-

sie van die hulpbron en bewei-dingstelsels verhoog dit nie.

• Verhoogde diereprestasie eninstandhouding van die hulpbronis nie moontlik in een seisoen nie.

Hou die volgende uitgawe van Sen-wester dop vir deel 2 van dié artikel. Ditsal ‘n praktiese antwoord gee om ‘nvolhoubare produksiestelsel daar testel wat nie rekordhouding en addi-sionele fondse sal kos nie en ‘n sekerevoervloei met voerbank daarstel.

35Senwester, November 2005

landbou in praktyk

Figuur 2: Wisselwerking tussen beweiding en rus.

Page 13: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Graanprodusente komvoor die volgendevraagstukke te staan:• Moet ek hoegenaamd plant?• Hoeveel moet ek plant? • Wat en waar moet ek plant? • Moet ek nie dalk “papiermielies”

koop nie? Daar is geen klinkklare antwoord nie.Produsente se situasies verskil dra-maties en hulle planne en oplossings

verskil ook. Die produsent moet hom-self ‘n paar basiese vrae vra en eerlikantwoord: • Hoe lyk my eie hulpbronne? • Hoe lyk my eie kennisvlakke van

die termynbeurs en sy instru-mente?

• Hoeveel geld het ek nodig om diejaar en volgende jaar deur te komen hoeveel het ek tans?

• Hoeveel gaan dit my kos om een

ha mielies te verbou? • Wat kan ek verander om die

mielies goedkoper te verbou?• Wat kan ek plant in die plek van

mielies om my vee deur die winterte kry en hoeveel produseersodanige gewasse?

• Hoeveel kos het ek vir die vee indie winter nodig?

• Wat gaan die Ontvanger met mymaak as ek nie plant nie?

Elke boer moet weet wat sy lande seopbrengspotensiaal oor die lang-termyn is. Opbrengs sal bepaal wat-ter lande geplant kan word.

Tabel 1 gee ‘n aanduiding vanhoeveel dit vanjaar gaan kos om ‘nhektaar mielies teen verskillendeopbrengste in die Senwes Oos-Vrystaat-distrikte te verbou.

Uit Tabel 1 is dit duidelik dat diekoste tussen ‘n 2,5 ton en 5 tonpotensiaal nie dramaties verskil nie.In Tabel 1 word daar nie voorsieninggemaak vir vaste koste nie. Uitontledings wat gedoen is, was daarook groot verskille in vaste koste. Diegemiddelde vaste koste per ha was indie orde van R1 100. Hierdie vastekoste moet by die totale direkte kostebygetel word om die werklike totaleproduksiekoste te bereken.

In Tabel 2 word die gelyk-breekpryse in die sak getoon om die

36 Senwester, November 2005

Pietman BothaLandboudienste Hou kop

en neem die regte besluiteProdusente moet na hulle eie situasie kyk en nie na die buurman se doen en late omte besluit wat die beste opsie is nie. Miskien kan die buurman aan die linkerkant planten die buurman regs niks plant nie. Pietman Botha van Senwes Landboudienste ver-duidelik dat elke produsent en besigheid uniek is. Gevolglik sal hulle planne engeleenthede om kop bo water te hou, noodwendig verskil.

Tabel 1: Opsommende kosteramings vir mielies.

Page 14: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

direkte en totale koste te dek.Tabel 2 toon hoeveel die mielie-

prys in die produsent se sak moetwees om beide veranderlike en vastekoste te dek. Dit is ook duidelik datlaer opbrengste ‘n beter prys moetkry om gelyk te breek. Dit sal pro-dusente in die laer produksie-poten-siaal gebiede dwing om meer doeltr-effend te boer. Dit sal die produsentse taak wees om self te besluit of hysy lande winsgewend onder graankan verbou gegewe die pryse wat opdie termynbeurs verhandel word.

Die verskil in totale koste tussendie laer en hoër produksiepotensiaal

grond is nie so dramaties hoog aswat aanvanklik voorgehou word nie.Wat wel waar is, is dat laer produksie-potensiaal lande aansienlik hoërpryse benodig om gelyk te breek.Produsente moet besluit om dielande óf te laat oorlê óf sal andermetodes moet prakseer om koste teverlaag. Elke produsent sal dus sy eieplanne moet maak na gelang van syunieke omstandighede.

NavraeSkakel gerus ‘n Senwes landboukun-dige vir hulp met enige beplanning enbesluitneming.

landbou in praktyk

Tabel 2: Mieliepryse om vaste en veranderlike koste te dek.

Page 15: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

Grondtipes verskil in karakter en eien-skappe. Sekere gronde is geneig omtoe te slaan, terwyl ander meergevoelig vir winderosie is. Waterinfil-trasie en -afloop moet bestuur word,maar weens die grondverskille kandaar nie ‘n standaard reël neergelêword wat vir alle praktyke werk nie.

Om ‘n besluit oor die mees ge-skikte onkruidbeheerstelsel te neem,is dit nodig om die voor- en nadelevan meganiese en chemiese onkruid-beheer te verstaan.

Hiervolgens kan die beste onkruid-beheerstrategie vir elke moontlikekombinasie van grondtipe, onkruid-spektrum en bestuursaspek uitge-werk word.

Voordele van mega-niese onkruidbeheer

• Alle onkruid, groot en klein, wordgedood, maar groter onkruid wordmakliker meganies as chemiesbeheer.

• Na die bewerking is die onkruidgewoonlik dood, behalwe as ditkort daarna reën.

• Die onkruidsaadbank in die grondword verlaag deur saad te laatontkiem.

• Meganiese bewerking deurlug diegrond en breek dit op.

• Daar kan in die dag en nag gewerkword en ondoeltreffende bewer-kings is maklik sigbaar.

• Die grond kry kans om van nade-lige residue ontslae te raak metgeen negatiewe uitwerking op op-volggewasse nie.

• Direkte uitgawes van aksies is rela-tief laag indien wye implementegebruik word.

• Meganiese bewerking behels rela-tief eenvoudige aksies en is nie be-stuursintensief nie.

• Aksies kan relatief maklik en doel-treffend uitgevoer word.

Nadele van meganieseonkruidbeheer

• Meganiese beheer vereis meertrekkrag as chemiese beheer.

38 Senwester, November 2005

Pietman BothaLandboudienste Onkruidbeheer

op oorlêlande Tydens ‘n oorlêjaar is onkruidbestryding een van die produsent se grootste en moei-likste take. Die keuse tussen verskillende opsies is ook moeilik, omdat elkeen sy eievoor- en nadele het. Pietman Botha van Senwes Landboudienste op Kroonstad geemeer raad oor watter onkruidbeheerstelsels op oorlêlande toegepas moet word.

Tabel 1: Verskeie onkruidbeheeropsies en die koste daarvan.

OPSIE PROGRAM GEBRUIK KOSTE PER HA OPMERKINGS

Opsie 1 4 glifosaat bespuitings R 320 Geen uitwerking op wissel-bou. Toepaslik vir landeonderhewig aan winderosie.

Opsie 2

1 glifosaat bespuiting1 atrasien/terbutielasien en grasdoderbespuiting1 atrasien en 2,4D amien bespuiting

R 322 Slegs mielies kan hiernaverbou word.

Opsie 31 glifosaat, terbutielasien bespuiting2 glifosaat bespuitings

R 319 Behoort geen uitwerking opwisselbou te hê nie.

Opsie 4

V–lem na eerste reën1 atrasien/terbutielasien en grasdoderbespuiting2 glifosaat bespuitings

R 350 Toepaslik vir lande onder-hewig aan winderosie. Isnadelig vir wisselbou.

Opsie 56 meganiese bewerkings met breedwerk-skoffels 100 mm diep

R 300 Geen uitwerking op wissel-bou. Lande kan waai.

Page 16: Tydskrif van die Senwes Groep • November 2005 · verseker sukses Kobus Dannhauser is in hart en siel ‘n Vrystater. En al ís saaiboerdery sy passie, het die “wysheid met die

• Aangesien oesreste ingewerk word,kan winderosie ‘n probleem word.

• Oesreste is weggewerk en vee kannie die reste verder benut nie.

• Dit is ‘n stadiger aksie om uit tevoer as chemiese beheer en meerimplemente kan nodig wees.

• Indien dit reën kort nadat geskoffelis, kan onkruid weer begin groei enbegin nuwe onkruide ook ontkiem.

• Reën kan die werk vertraag en dieonkruid kans gee om onder jou uitte groei.

Voordele van chemieseonkruidbeheer

• Benut oesreste solank jy wil.• Die stoppels op die land help om

erosie deur wind en water tevoorkom.

• Grondstruktuur word nie aan-houdend versteur en gebreek nie.

• Die chemiese onkruidbeheer-be-spuiting kan veroorsaak dat oorlê-lande natter is.

• Die onkruidbeheer-aksie kan rela-tief vinnig en goedkoper met ‘n klei-ner trekker en wye balkspuit wees.

• Beide trekkers en vliegtuig kangebruik word om onkruiddoder toete dien.

• Residuele onkruiddoders het ‘nlang nawerking.

• Omdat die grond nie versteur wordnie, word onkruid nie gestimuleer

om te ontkiem nie en kom daar na‘n paar bespuitings feitlik geenonkruid meer op nie.

Nadele van chemieseonkruidbeheer

• Aangrensende gewasse kan be-skadig word as gevolg van on-kruiddoderdrift, veral in gevallewaar nie-selektiewe onkruidddo-ders gespuit word.

• Die direkte kontant-uitgawes kanduurder as meganiese onkruidbe-heer wees.

• Winteronkruid, veral dié wat algroot geword het en onder vog-stremming verkeer, word moeilikchemies beheer.

• Onkruide wat nie met die eerstebespuiting dood is nie, word moei-lik daarna chemies gedood.

• Heelwat chemiese onkruiddodersdood nie noodwendig die wyeonkruid-spektrum op die lande nie.Kombinasies van onkruiddoders ofdosisse moet gebruik word omsekere spesies te beheer.

• Doeltreffendheid van bespuitingsword deur klimaatstoestande sooshumiditeit, temperatuur, wind enreën beïnvloed.

• Chemiese beheer vereis meer be-stuur. Toerusting of arbeidsfoutekan duur wees.

• Die spuitwerk self is moeilik omdat

daar nie noodwendig duidelikemerkers is om op te ry nie. Die uit-werking van die aksie is eers latersigbaar.

• Wanneer residuele onkruiddoderstoegedien word, moet daar vir op-volggewasse voorsiening gemaakword.

• Indien daar nie vooraf uitgemeet isnie, of as ‘n navigasietoestel niebeskikbaar is nie, is nagwerk dik-wels nie moontlik nie.

Aangesien die situasie van plaas totplaas verskil, is dit nie moontlik omnet een opsie aan te beveel nie. Dievoor- en nadele van elke tipe onkruid-beheer moet in ag geneem wordwanneer daar op ‘n spesifieke stelselbesluit word. Tabel 1 toon ‘n paaropsies en kostes daarvan.

Produsente kan van die dienstevan kontrakteurs gebruik maak. Hulledoeltreffendheid is in die algemeenbeter, wat die koste regverdig. Verderkan die kontrakteurs vir die doeltref-fendheid van die aksie aanspreeklikgehou word.

Uit Tabel 1 is dit duidelik dat daarnie dramatiese verskille tussen dieopsies is nie.

Vir meer inligting

Raadpleeg ‘n verteenwoordiger of ‘nSenwes landboukundige oor die meesgeskikte opsie vir u boerdery.

39Senwester, November 2005

landbou in praktyk

Stoppels op die land help om erosie deur wind en water te voorkom.