138
Om volhoubare ontwikkeling ‘n werklikheid in Kaapse huise te maak Handboek SLIMLEEF BIODIVERSITEIT WATER ENERGIE AFVAL

Handboek · Om volhoubare ontwikkeling ‘n werklikheid in Kaapse huise te maak Handboek Slimleef BIODIVERSITEIT WATER ENERGIE AFVAL

  • Upload
    vannhu

  • View
    286

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Om volhoubare ontwikkeling ‘n werklikheid in Kaapse huise te maak

HandboekSlimleef

BIOD

IVERSITEITW

ATEREN

ERGIE

AFVAL

Om volhoubare ontwikkeling ’n werklikheid in Kaapse huise te maak

HandboekSlimleef

’n Vennootskapshulpbron gepubliseer deur die Stad Kaapstad, 2009

Eerste uitgawe: November 2008

Meer inligting is beskikbaar van die Departement van Omgewingshulpbronbestuur:

6de Vloer

44 Waalstraat

Kaapstad

tel: (021) 487 2284

e-posadres: [email protected]

www.capetown.gov.za/environment

© Stad Kaapstad, AMATHEMBA Management Consulting, Sustainable Energy Africa

ISBN Nommer 978-0-9802784-0-8

Hierdie handboek is gedruk op SAPPI Triple Green papier, omgewingsvriendelike papier

vervaardig uit chloorvrye suikerrietvesel ter ondersteuning van

volhoubare bosaanplanting in Suid-Afrika.

Om volhoubare ontwikkeling ’n werklikheid in Kaapse huise te maak

HandboekSlimleef

Hierdie publikasie is deur Sustainable Energy Africa en AMATHEMBA Environmental Management Consulting opgestel en geredigeer.

Befondsing en insette deur die volgende:

Bedankings

Hierdie handboek wat op AMATHEMBA Environmental Management se huisgidsboek vir

omgewingsbestuur gegrond is, is namens die Stad Kaapstad deur AMATHEMBA en Sustainable Energy

Africa ontwikkel, met grafika en ontwerp deur Dotted Line Design.

Die boek is ‘n tasbare voorbeeld van samewerkende regering, gefinansier deur die Stad Kaapstad, die

provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, en die nasionale Departement

van Waterwese en Bosbou, met bykomende ondersteuning van die DANIDA-program vir stedelike

omgewingsbestuur (UEM).

Om ’n boek van hierdie aard saam te stel, vereis navorsing, kommentaar en advies van ’n reeks bronne.

Ons dank gaan aan elkeen wat tot die inligting in die boek bygedra het.

AMATHEMBA Environmental Management: Barry Wiesner, Tamara North, Stephen Davey

Stad Kaapstad, Strategie en Beplanning: Departement van Omgewingshulpbronbestuur

Stad Kaapstad, Nutsdienste: Departement van Water, Vaste Afval, en Elektrisiteit

Departement van Omgewings- en Aardrykskundige Wetenskap, Universiteit Kaapstad: Kevin Winter

Development Action Group: Fikiswa Mahote

Dotted Line Design: Doret Ferreira, Merylle Cornelson

Energienavorsingsentrum, Universiteit Kaapstad

Enviro Sense: Susanne Dittke

Eskom

Fairest Cape Association

Die VP-gasveiligheidsvereniging van Suider-Afrika (LPGSASA)

Die paraffienveiligheidsvereniging van Suider-Afrika (PASASA): Matt Nondwana

Programme for Basic Energy and Conservation in Southern Africa

Steadfast Greening: Grace Stead

Sustainable Energy Africa: Megan Anderson, Mark Borchers, Leila Mahomed, Audrey Dobbins

The Green House Project: Dorah Lebelo

i

Voorwoord deur die burgemeester van Kaapstad

Die gevare van klimaatsverandering vir ons omgewing en ons ekonomie is welbekend oor die wêreld heen.

Ons raak ook al hoe meer bewus van die beperkte beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne en fossielbrandstowwe.

Die watertekorte waaronder Kaapstad gebuk gaan, herinner ons gereeld dat ons nie hierdie hulpbron as vanselfsprekend kan aanvaar nie.

Ons herhaalde elektrisiteitsonderbrekings is ook ’n voorsmaak van die dreigende wêreldwye tekort aan fossielbrandstowwe.

In die dekades wat voorlê, met toenemende vraag en krimpende aanbod, sal fossielbrandstowwe as elektrisiteitsopwekker onbekostigbaar word.

Kaapstad is bekend vir sy blommeryk en -prag, maar ook dít is in gevaar weens die voortdurende ontwikkelings- en omgewingsdruk wat met lugbesoedeling en klimaatsverandering gepaardgaan.

Die Stad Kaapstad se doel is om die dienste wat ons lewer so volhoubaar moontlik te maak.

Om egter sommige van die uitdagende teikens te behaal wat ons vir onsself met betrekking tot energie, water, afval en biodiversiteitsbewaring gestel het, het die Stad die mense van Kaapstad se hulp nodig.

Die SLIMLEEF Handboek bevat ’n reeks praktiese stappe wat huishoudings in Kaapstad kan doen om hulle huise veiliger te maak en geld te spaar, terwyl hulle op die koop toe hulle impak op ons kosbare omgewing verminder.

Kundiges het hierdie stappe deeglik nagevors en só bewys dat dit ‘n verskil kan maak. Die stappe is eenvoudig en kan maklik deel word van ons alledaagse lewe.

Die SLIMLEEF Handboek bied ook inligting oor sleutel-omgewingshulpbronkwessies waarvoor ons wêreldwyd en ook in ons stad te staan kom.

Dié handboek is op die lees van AMATHEMBA Environmental Management Consulting se huisomgewingshandboek, en Sustainable Energy Africa se energiehandboek geskoei. Ons Stadsdepartemente het verseker dat die boek net die nuutste inligting bevat en ‘n goeie oorsig van die Stad se werksaamhede bied. Die Wes-Kaapse provinsiale Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, en die nasionale Departement van Waterwese en Bosbou het albei die boek help finansier, en so die belang van samewerkende regering getoon in ons benadering tot die veeleisende omgewingsprobleme wat ons deesdae die hoof moet bied.

Ek is oortuig dat alle betrokkenes by die ontwikkeling van hierdie omgewingshandboek trots sal wees om te sien hoe dit gegroei het. Dit sal ongetwyfeld die weg vir ander Suid-Afrikaanse stede baan, en ’n internasionale voorbeeld van praktiese stedelike volhoubaarheid word.

Ons by die Stad Kaapstad moedig alle gebruikers aan om hierdie kleurryke en insiggewende boek te gebruik en te geniet.

Hierdie oplossings sal ons help om ons natuurerfenis te beskerm, en sal ons ekonomie beter toerus om ’n wêreldwye energiekrisis die hoof te bied wanneer ons daarvoor te staan kom.

As dít gebeur, het ons daarin geslaag om die Stad Kaapstad se sleuteloogmerk van infrastruktuurgerigte ekonomiese groei ’n werklik volhoubare program te maak.

Helen ZilleBurgemeester van Kaapstad

ii

Besoek

www.capetown.gov.za/environment

vir bygewerkte inligting, vertalings en ‘n reeks ander omgewingshulpbronne en -publikasies.

iii

inhoud

Voorwoord deur die burgemeester van Kaapstad .................... i

iNleiDiNG .......................................................................................v

AfVAl ..............................................................................................1

Afval in ons stad ............................................................................7

Afval in jou huis ............................................................................13

Praktiese stappe ..........................................................................16

Kontakbesonderhede en hulpbronne ......................................29

eNeRGie ........................................................................................31

energie in ons stad ......................................................................36

energie in jou huis ....................................................................... 44

Praktiese stappe ..........................................................................52

Kontakbesonderhede en hulpbronne ......................................70

WATeR ...........................................................................................73

Water in ons stad .........................................................................78

Water in jou huis .......................................................................... 83

Praktiese stappe ..........................................................................86

Kontakbesonderhede en hulpbronne ......................................96

BiODiVeRSiTeiT ..............................................................................97

Biodiversiteit in ons stad ............................................................102

Biodiversiteit in jou huis of woonbuurt .....................................109

Praktiese stappe ........................................................................ 111

Kontakbesonderhede en hulpbronne ................................... 118

iv

v

iNleiDiNGKaapstad - eKapa - Cape Town - is Suid-Afrika se moederstad. Kaapstad is die oudste stad in die land,

die wetgewende hoofstad van Suid-Afrika, en ’n belangrike

handels- en toerismesentrum. Ure na sy vrylating uit die tronk,

het Nelson Mandela sy eerste openbare toespraak vanaf die

Kaapstad-stadsaal se balkon gelewer – en daardeur die begin

van ‘n nuwe era vir Suid-Afrika ingelui. Kaapstad is egter

waarskynlik die bekendste vir sy natuurprag – Tafelberg, die

Kaap van Goeie Hoop en die Kaapse Vlakte met sy eiesoortige

plantelewe. Fynbos is struikagtige, immergroen plantegroei,

en het veral bekendheid verwerf vir die kenmerkende protea.

Fynbos kom nêrens anders as langs die Kaapse kusstreek,

die aanliggende berge en sommige geïsoleerde binnelandse

bergtoppe voor nie. Kaapstad is ‘n tuiste vir sowat 3 000

inheemse plantspesies, waarvan 190 nêrens anders ter wêreld

voorkom nie.

Kaapstad is op almal se lippe vanweë sy natuurskoon

en biodiversiteit, maar moet nou vele ernstige

omgewingshulpbronuitdagings die hoof bied. Plaaslike

ontwikkeling en besoedeling het natuurlike habitats vernietig,

en so baie eiesoortige plante en skaars paddas en insekte wat

daarin voorgekom het in gevaar gestel. Aardverwarming weens

voertuiguitlaatgasse en kragopwekking sal ’n ernstige impak op alle lewe in ons Stad hê. Waterhulpbronne

raak baie vinnig al hoe skaarser, en opvullingsruimte al hoe voller.

Kaapstad word ook deur groot rykdomverskille tussen mense gekenmerk. Sommige inwoners gebruik

meer water, elektrisiteit en petrol, en genereer meer afval as die gemiddelde Amerikaner; ander bly

in huishoudings met net een kraan, en gebruik steeds gevaarlike brandstowwe soos paraffien vir

kosmaakdoeleindes.

Wat kan ons hieraan doen? Kan ons ’n verskil maak?

energie, water, afval en ons biodiverse omgewing

Elke keer as jy ‘n lig aanskakel, jou motor bestuur, water tap of jou vullis uitsit, neem jy ‘n besluit wat die

omgewing raak. Natuurlike hulpbronne – water, steenkool, olie, grond, vars lug – sál uitgeput raak as ons

dit vinniger gebruik as wat dit neem om vanself aan te vul. Daar bestaan baie aanduidings dat dit reeds

besig is om te gebeur.

“Our biggest challenge in

this new century is to take

an idea that seems abstract

– sustainable development –

and make it into a daily reality

for all the world’s people.”

Kofi Annan, UN Secretary General, March 2001.

vi

Die stapel-impak van huishoudings is beduidend. Om te verseker dat daar genoeg hulpbronne is – genoeg

vir almal, nou én in die toekoms – moet ons ons hulpbronne goed bestuur, en dit wat ons het doeltreffend

en billik gebruik. Baie van ons weet reeds dat ons dit behóórt te doen, maar twyfel dikwels oor die

presiese “wat” en “hoe”. Hierdie handboek is daarop gemik om jou van inligting oor water, afval, energie

en biodiversiteit te voorsien, en praktiese optrede aan die hand te doen om ‘n verskil te maak – om die

omgewing te beskerm, geld te spaar en ons huise veiliger leefplekke te maak.

Die goeie nuus is dat ons wel ‘n verskil kan maak. Elke kilowatt-uur (kWh) elektrisiteit wat jy vermy, sny

koolsuurgasvrystellings in die atmosfeer met meer as ’n kilogram. Koolsuurgas (CO2) is die vernaamste

bydraer tot aardverwarming – ‘n proses wat volgens wetenskaplikes oor die afgelope dertig jaar tot ‘n

styging van meer as ‘n halwe graad Celsius in die wêreldwye gemiddelde temperatuur aanleiding gegee

het, en die aarde se temperature teen die volgende eeuwisseling met ‘n verdere 1.4-5.8 oC kan laat klim.

Deur bloot jou 60 watt-gloeilamp met ‘n 11 watt-fluoresseerpuntlig te vervang, sal jy ongeveer 570 kWh

oor die gebruiksduur van die lig bespaar – meer as 570 kg koolsuurgas.

Red die aarde – dis lonend

Die wonderlike ding oor water- en elektrisiteitsbesparing en afvalvermindering is dat dit jou én die Stad

Kaapstad baie geld sal spaar! Die aanbevole stappe in hierdie boek is betreklik goedkoop en maklik. Waar

’n item soos ’n sonwaterverhitter mootlik effens duurder is, word die tydperk aangedui waarbinne jou

elektrisiteitsbesparing die installeringskoste sal dek.

Dink ook daaraan dat wanneer jy ‘n toestel koop, jy meer as net die winkelprys daarvoor betaal – jy

verbind jouself tot die werkskoste van die toestel vir so lank as wat jy dit het. Hierdie energie- en

waterkoste word vinnig ’n aardige bedrag. Gebruik daarom die volgende geleentheid wanneer jy ‘n nuwe

vii

toestel koop om na ‘n meer energie- en waterdoeltreffende weergawe oor te skakel. Dit kos gewoonlik

dieselfde as die minder doeltreffende eweknie, en sal mettertyd geld in jou sak terugplaas namate jou

energie- en waterrekening krimp.

Hoe om hierdie handboek te gebruik

Is jy van plan om ‘n nuwe toestel te koop? Knap jy jou huis op? Hou jy jou maandelikse begroting fyn

dop? Natuurlik wil ons almal slim huisbestuurskeuses maak – slim keuses vir ons gesondheid, veiligheid

én sak, maar ook vir die omgewing. Hierdie handboek bevat bruikbare inligting en nuttige wenke om

jou die beste keuses te help maak om energieverbruik, watergebruik en afvalproduksie te verminder. Dit

bied ook inligting oor hoe ons ons natuuromgewing so sterk en divers moontlik kan hou. Hierdie stappe

sal jou geld spaar, en die gesondheid in en veiligheid van jou huis verbeter. Dit sal ook ons impak op die

omgewing verminder.

Die handboek bevat ‘n klomp inligting, en daarom beveel ons aan dat jy dit rustig deurwerk – moenie alles

op een slag probeer doen nie. Stel vir jouself teikens om elke week ’n nuwe aktiwiteit te probeer.

Die handboek is in vier hoofdele verdeel: Afval, Energie, Water en Biodiversiteit. Elke deel bestaan uit vier

onderafdelings:

* die sleuteluitdagings met betrekking tot die hulpbron;

* wat die Stad Kaapstad doen om die hulpbron te bestuur;

* water, energie, afval en biodiversiteit in jou huis; en

* praktiese stappe – die “wat” en “hoe” – om geld te spaar, jou huis ’n veiliger plek te maak, armoede

te bestry, klimaatsverandering te stuit, luggehalte te verbeter en ons omgewing te beskerm.

Aktiwiteite en prente verseker ‘n deeglike begrip van die kwessies, en vergemaklik verwysing. Elkeen van

die vier dele dek ook veiligheids- en gesondheidskwessies. Gemeenskapsorganisering en -aktiwiteite vorm

’n noodsaaklike deel van goeie regering, en ’n paar interessante inisiatiewe binne Kaapstad se burgerlike

samelewing word in kort gevallestudies opgesom.

Verskillende soorte huishoudings kom voor verskillende omgewingskwessies te staan. So byvoorbeeld

vind hoë-inkomstehuishoudings moontlik dat hulle baie elektrisiteit verbruik, en daarom maniere moet

ondersoek om dit te verander. ’n Informele huishouding se grootste probleem is dalk die gesondheid en

veiligheid van huishouers weens die onveilige gebruik van paraffien. Ons hoop hierdie handboek sal vir

al die huise in Kaapstad van nut wees; waar ‘n bepaalde deel nie op jou van toepassing blyk te wees nie,

blaai eenvoudig om – of ondersoek en oordink die probleme waarmee jou bure dalk te doen het.

Water- en energiebesparende produkte kan van die meeste hardewarewinkels en verskaffers van

loodgieters- of verligtingstoestelle in Kaapstad verkry word. Baie “groen”/omgewingsvriendelike produkte

is ook in plaaslike supermarkte beskikbaar. Ons plaaslike kwekerye is vol inheemse plante, en sal jou kan

help om die beste soorte vir jou plaaslike gebied uit te soek.

Die handboek maak melding van ’n paar nuttige hulpbronne en verwysings, maar ’n volledige

bronnelys oor omgewingshulpbronne in die Stad is beskikbaar by die Stad se Departement van

Omgewinghulpbronbestuur, 6e vloer, Waalstraat 44, Kaapstad, telefoon (021) 487 2284 of e-pos:

[email protected]

Let wel: Pryse en diensheffings wat in die teks aangedui word, was geldig by die ter perse gaan, maar sal mettertyd verander.

AfVAl

Die aarde is ’n geslote materiestelsel – niks verdwyn ooit nie. in die natuur funksioneer die lewe in ‘n kringstelsel, en word die een organisme se afval die ander se kos. Herfsblare verrot op die grond, en die voedingstowwe wat hieruit ontstaan gaan terug na die aarde om weer kos vir die boom te word. ’n Opwindende uitdaging vir ons stadgemeenskap is om die lewe sonder afval te probeer voorstel, waar alles wat aan die einde van ’n lewe weggegooi word weer ’n ander lewe tegnies of organies voed.

2

AfVAl

‘n Omskrywing van afvalVaste afval word in twee hoofkategorieë verdeel: algemene en gevaarlike afval.

Algemene afval hou nie ‘n onmiddellike bedreiging vir die mens of omgewing in nie en sluit huishoudelike afval,

bourommel, tuinvullis, droë nywerheids- en kommersiële afval in. Met ontbinding en waterdeurdringing kan

loogsel (die vloeistof wat uit afval sypel) vorm, wat tot besoedeling kan aanleiding gee en waarskynlik gevaarlike

eienskappe het.

Gevaarlike afval is enige afval wat hetsy op sy eie of wanneer dit met ander afval in aanraking kom, ‘n

gesondheids- of omgewingsgevaar (kan) inhou.

Indien enigiets in jou vullisdrom nog ’n nut het (vir hergebruik deur iemand anders, herwinning of herstel), hoort

dit nie daar nie!

3

AfVAl

Afval, besoedeling en die omgewingBesoedeling is enige stof wat die omgewing nie kan opneem, gebruik of bestuur nie. Giftige chemikalieë wat by

natuurlike waterstelsels gevoeg word, kan byvoorbeeld nie deur daardie stelsel afgebreek word nie, en sal dus alle

organismes daarin beskadig. Besoedeling kan baie skadelik wees vir lewende organismes.

Afval keer uiteindelik terug na die natuuromgewing – selfs al neem dit ‘n plastiekbottel tot ‘n duisend jaar.

Wanneer afval nie behoorlik bestuur word nie, veroorsaak dit besoedeling. Namate materiaal in ‘n opvulterrein

begin verrot, word ‘n vloeistof genaamd loogsel/loogwater gevorm. Onbehandeld kan loogsel grond en

grondwater vergiftig. By Kaapstad se Vissershok-opvulterrein word daar daagliks duisende liter loogsel behandel.

Een van die hoofkweekhuisgasse, metaan (ook bekend as moerasgas), word afgeskei wanneer organiese afval sonder

suurstof in opvulterreine verrot. Metaan is 21-24 keer meer skadelik as koolsuurgas aangesien dit baie meer hitte

berg (wat tot aardverwarming bydra) en vir honderde jare in ons atmosfeer talm.

’n Betoog vir minder afval Afval is duur. Die aarde is ‘n geslote stelsel. Enige voedingstowwe en hulpbronne wat uit die stelsel geneem word

(en in ’n opvulterrein begrawe of verbrand word), is vir altyd vir ons verlore. Wat estetiek betref veroorsaak afval

verskeie vorme van besoedeling, van grond- en waterbesoedeling tot verstopte dreins weens rommelstrooiery.

Afval in die stad word deur die volgende meganismes bestuur: Dit word verwyder en mee weggedoen en/of

herwin via ons aflaaifasiliteite of die Athlone-vullisoorlaaistasie.

Die afval wat ons weekliks in dromme voor ons huise plaas is werklik net die oortjies van die seekoei. ’n

Beduidende hoeveelheid afval is gegenereer om elke produk te maak wat jy daagliks gebruik – dink maar aan

4

AfVAl

papier, klere of kos. Soveel as 90% van die materiaal wat vir die vervaardiging van ‘n produk gebruik word, word na raming feitlik onmiddellik in afval omgesit. Minder afval beteken dat ons werklik moet begin

dink oor wat en hoeveel ons regtig hoef te verbruik.

Om 1 ton papier te vervaardig, is 100 ton water nodig. Vir elke liter bier wat jy drink, word daar 10 liter water in die gistingsproses gebruik. Die vervaardiging van een selfoon verg 75 kg hulpbronne. Dit neem 1,5 kg hulpbronne – steenkool, olie en water – om een tandeborsel te maak.

Minder afval verseker dat kleiner vragte by opvulterreine afgelaai word, en spaar dus kosbare ruimte. Dit vertraag

ook die behoefte om nuwe terreine skoon te maak en natuurlike habitats te vernietig.

Elke dag word daar 6 000 ton afval in Kaapstad geproduseer – tussen 1,7 en 2 kg afval per inwoner per

dag. Daar word geraam dat hoë-inkomstehuishoudings vir die meerderheid afval verantwoordelik is

– ongeveer 2 kg per persoon per dag, met lae-inkomstehuishoudings wat net 1,5 kg afval per persoon

per dag genereer.

In die Wes-Kaap word daar jaarliks genoeg afval weggegooi om ’n ry vragmotors oor ’n afstand van

Kaapstad tot Gauteng te vul – ongeveer 1 200 kilometer!

(Fairest Cape Association, 4e uitgawe)

Wat is ‘n opvulterrein?‘n Opvulterrein is ‘n wetenskaplik uitgesoekte, ontwerpte en bestuurde fasiliteit wat so na as moontlik geleë moet

wees aan waar afval gegenereer word ten einde vervoerkoste te beperk. In ’n nuwe en moderne opvulterrein word

“selle” gewoonlik met waterdigte plastiekvelle uitgevoer. Ouer opvulterreine maak egter meestal op natuurlike

kleigrondversperrings staat om giftige loogsel uit natuurlike waterstelsels en waterdraers te hou.

Afval word daagliks by beheerterreine afgelewer waar dit versprei, saamgepers en met grond, sand

en skoon bourommel bedek word ten einde te voorkom dat rommel wegwaai en siektes, diere- en

insekplae versprei. Sodra afval begrawe en dig gepak is om suurstofafhanklike bakteriese afbreking te

voorkom, lê dit daar vir altyd. Toe ’n New Yorkse opvulterrein ‘n paar jaar gelede uitgegrawe is, het

koerante van ‘n honderd jaar gelede in ‘n perfek leesbare toestand te voorskyn gekom!

Dit word al hoe moeiliker om geologies geskikte terreine vir opvulling in Kaapstad te vind. Ons afval moet

dus al hoe verder vervoer word en diensheffings daarvoor sal huishoudings dus al hoe meer uit die sak begin jaag.

Hoekom verbrand ons nie ons afval nie?* Afvalverbranding verander bloot ‘n grondbesoedelingsprobleem in ‘n lugbesoedelingsprobleem.

* Afvalverbranding kan afvalvoorkomingspogings in die wiele ry. Verbrandingsoonde het konstante

volumes afval nodig om kostedoeltreffend te funksioneer, asook ’n afvalmengsel wat teen die hoogste

moontlike temperature moet brand om die vrystelling van giftige dampe te voorkom. Maklik herwinbare

verpakkingsmateriaal soos papier en plastiek sou daarom in die afvalmengsel moes agterbly om verbrand

te word.

5

AfVAl

* Wanneer afval met kwik, lood, kadmium of ander giftige metale en

chemikalieë verbrand word, word giftige dampe en baie gevaarlike as gevorm.

Verbrandingsaanlegte produseer sommige van die giftigste vrystellings denkbaar,

insluitend dioksien en furaan. In sommige gevalle word “askoeke” herwin wat op

hulle beurt as spesiale afval na opvulterreine geneem moet word en weens die

geweldig giftige aard daarvan in beton gekapsel word.

* In vergelyking met die opvulpraktyk, is afvalverbranding in Suid-Afrika baie duur

aangesien die afval vir meer doeltreffende vernietiging en minder besoedeling by

baie hoë temperature (900 ºC) verbrand word. Honderde miljoene rande is nodig

om ’n doeltreffende verbrandingsaanleg te bou en in stand te hou. Behoorlike

afvalvermindering kan dit voorkom.

maak seker dis afval vóór jy weggooiGroot hoeveelhede hulpbronne is nodig om die produkte wat ons gebruik te

vervaardig. Baie van hierdie hulpbronne ontbind nie vanself in die natuur nie.

Niehernubare hulpbronne word gebruik om die aluminium, plastiek en glas in ons produkte te vervaardig – dikwels

bloot as verpakking. Om hierdie hulpbronne te ontgin verg energie en geld, en beskadig natuurlike habitatte.

Die hergebruik en herwinning van baie van die “afvalprodukte” uit ons huise hou ‘n aantal voordele in:

* Die vraag na nuwe materiaal sal afneem, wat op sy beurt die behoefte sal verminder om niehernubare

hulpbronne te ontgin.

* Energie- en watergebruik sal afneem aangesien kleiner hoeveelhede nodig is vir herwinning in vergelyking met

die vervaardiging van nuwe produkte uit ontginde hulpbronne.

* Wanneer meer materiaal uit ons vullis herwin word, sal minder afval uiteindelik by ons opvulterreine gestort word.

Wat is ‘n niehernubare hulpbron?’n Niehernubare hulpbron is ’n natuurlike materiaal, byvoorbeeld olie of steenkool (wat vir

die vervaardiging van al ons plastiekprodukte en -verpakking gebruik word) wat in beperkte

hoeveelhede voorkom. Indien ons voortgaan om dit vinniger uit die aarde te ontgin as wat

dit in die natuur kan vermeerder of aanvul, sal dit uitgeput raak. Olie en steenkool verg

byvoorbeeld spesiale omstandighede en miljoene jare om weer te vorm. Die hergebruik en

uiteindelik ook herwinning van sodanige hulpbronne sal dit langer laat hou.

Die herwinningsiklusAfval wat nie herwin kan word nie, word na opvulterreine geneem. Verskeie mense (jyself, versamelaars of

kleinsakemense) neem herwinbare afvalmateriaal wat uit vullis en van opvulterreine gered word, na sentrale

verwyderingspersele. Hierdie aflaaisentrums word deur kontrakteurs in vennootskap met die Stad bestuur. In

sommige gebiede is daar terugkoopsentrums wat versamelaars vir materiaal betaal. Tensy groot hoeveelhede

versamel kan word, is hierdie geld egter gewoonlik baie min en daarom bly die aktiwiteit grootliks tot die

informele sektor beperk.

Goed gesorteerde en gebaalde (bondels) materiaal behaal hoër pryse. Pryse wissel na gelang van die soort

materiaal en die markaanvraag. Die mees waardevolle herwinbare materiaal is gewoonlik staal, koper, aluminium,

6

AfVAl

geelkoper, kwik en sink van toestelle, ligtoebehore, bekleding, flitse, loodgietertoebehore, drade en

boumateriaal.

Zero-afval – die kopskuif Baie mense gee te kenne dat afvalherwinning, hoewel dalk ‘n belangrike tussentydse maatreël, bloot

die aanleer van minder verkeerde gedrag behels, of dat dit van ‘n swak stelsel ‘n meer doeltreffende

een probeer maak. Inderwaarheid stel herwinning net klein hoeveelhede bykans verwoeste materiale vir

hergebruik beskikbaar. Dit is ondoeltreffend en ingewikkeld aangesien produkte nie uit die staanspoor vir

hergebruik ontwerp word nie. Herwinning behels hoogstens die vernietiging van produkte ná net een keer

se gebruik (deur dit teen aansienlike hulpbronkoste, veral water en energie, saam te pers, stukkend te sny

of fyn te maal) gevolg deur die moeisame en tydrowende ontginning van net die mees basiese materiale.

Die zero-afvalstrategie verg ‘n algeheel nuwe benadering tot produkontwerp en vervaardigingsmetodes.

Dié strategie vra dat ons ons inspirasie uit die natuur put. Kyk byvoorbeeld na die miere. Die miere op die

planeet het gesamentlik ‘n groter biomassa as mense. Miljoene jare lank voer miere al hulle vlytige bestaan,

maar hulle produktiwiteit voed steeds plante, diere én die grond. Daarenteen het menslike bedrywighede in

slegs die afgelope honderd jaar die gesondheid van alle ekosisteme op die planeet verswak.

Die zero-afvalstrategie ondersoek intelligente ontwerp aan die hand van die beginsels en voorbeelde van

natuurlike ekosisteme, waar die een siklus se afval die volgende se voedsel word. Sodoende sal ons uit die

staanspoor gesonde en hernubare produkte ontwerp. Afval as sulks word dus geheel en al uitgeskakel.

Vir verdere inligting, kontak die Institute for Zero Waste in Africa by selfoonnommer 083 471 7276 of

e-posadres [email protected]. Boeiende leesstof in hierdie verband is Cradle to Cradle: Remaking the

Way We Make Things deur Amerikaanse sakeman, William McDonough en Duitse skeikundige, Michael

Braungart (North Point Press, 2002). Die boek is ook in DVD-formaat beskikbaar.

7

AfVAl

AfVAl iN ONS STADMunisipaliteite is volgens wet verantwoordelik vir die verwydering van en wegdoening met afval in hulle

onderskeie gebiede. Ingevolge die Wet op Munisipale Stelsels word daar nou verder van munisipaliteite verwag om

‘n geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) voor te berei wat ook ’n geïntegreerde afvalbestuursplan moet insluit.

Die Stad Kaapstad is daarom verantwoordelik vir afvalbestuur en -beplanning, en het ’n verordening ontwikkel wat

ekonomiese aansporings insluit ten einde afvalbeperking en -herwinning aan te moedig. Hierdie verordening wag

tans om deur die Parlement goedgekeur te word.

Die hoeveelheid afval wat ons in Kaapstad genereer neem tans met 6% per jaar toe – in vergelyking met ‘n

jaarlikse bevolkingsaanwas van slegs 2%. Kaapstad se opvulterreine verkeer onder hewige druk. In 2003 is die

Swartklip-terrein toegemaak, en in 2005 en 2006 moes die Brackenfell- en Faure-opvulterrein onderskeidelik ook

hulle hekke sluit. Nou word daar by die oorblywende drie hoofopvulterreine, naamlik Coastal Park, Vissershok en

Bellville-Suid, met die 2,1 miljoen ton afval wat Kaapstad jaarliks genereer, weggedoen.

Die Coastal Park-opvulterrein sal nog vir ongeveer sestien jaar afval kan inneem; die Bellville-Suid-terrein se

oorblywende gebruiksduur is sowat vier jaar, terwyl die Vissershok-terrein nog sowat agt jaar sal kan funksioneer.

Die Stad het omgewingsmagtiging ontvang vir die vestiging van ’n streeksopvulterrein, maar dit is egter

onderworpe aan ’n appèlproses.

Die doel van rehabilitasie is om besoedeling en enige verspreiding wat omgewingsbesoedeling kan veroorsaak,

in bedwang te hou. Dit kos die Stad miljoene rande om ‘n toegemaakte opvulterrein te rehabiliteer, afhangende

van die grootte en ligging daarvan. So ‘n terrein word eers met ‘n dik laag kleigrond, bogrond en plantegroei

8

AfVAl

bedek. Die afval op die terrein word deur beide anaërobiese (metaanvormende) en aërobiese bakteriese verrotting

afgebreek. Dit is egter ‘n baie langsame proses – ontbindingstempo’s vir mensgemaakte afval soos plastiek, blikkies

en selfs papier kan honderde jare wees. Die terrein kan uiteindelik as ‘n oop ruimte of sportveld vir gemeenskappe in

die omgewing gebruik word, maar weens die gevaar van grondineenstortings en die moontlike vrystelling van giftige

materiaal in die omringende grond, water en lug, nooit vir behuising nie. In Athlone is daar byvoorbeeld ‘n park op ‘n

ou opvulterrein uitgelê.

Huishoudelike-afvalverwyderingsdiensEen keer per week verwyder die Stad se afvalverwyderingsdiens elke formele huishouding se afval, hetsy in

240 liter wielvullisdromme wat aan huishoudings voorsien word, of swart plastieksakke. In alle informele

nedersettings word geïntegreerde afvalverwyderings-en-

gebiedskoonmaakdienste gelewer. Dit behels die uitdeel van

swart vullissakke aan elke liewe hut/informele woning,

en die weeklikse verwydering van vol vullissakke,

sowel as die optel en verwydering van alle

rommel en gestorte vullis om die gebied aan

aanvaarbare higiëniese standaarde te laat

voldoen.

Wegdoening met huishoudelike afvalHuishoudelike afval uit Kaapse huise word

na die Athlone-vullisoorlaaistasie (ARTS)

geneem, waar die afval op ‘n voerband

geplaas word en alle herwinbare materiaal uit

die algemene afvalstroom verwyder word. Nie-

herwinbare materiaal word saamgepers en in houers

gelaai waarna dit per trein na die Vissershok-opvulterrein geneem word.

Diensheffings vir huishoudelike-afvalverwyderingAfvaldiensheffings word op grond van ’n tariefstruktuur en -beleid bereken. Sodanige heffings wissel na gelang

van die eiendomswaarde en die dromgrootte. Residensiële eiendomme met ’n waarde van minder as R100 000,00

ontvang ‘n 100% korting op afvalheffings vir die eerste wielvullisdrom. Gevolglik word die afvalverwyderingsdiens

gratis gelewer indien die huishouding slegs een drom gebruik. Residensiële eiendomme van meer as R100 000,00

betaal tussen R14,00 en R54,00 per maand vir ’n weeklikse enkeldrom-afvalverwyderingsdiens, afhangende van die

eiendomswaarde. Ons tariefstruktuur behels tans geen finansiële aansporing om afvalbeperking aan te moedig nie.

Vir meer inligting oor vaste-afvalverwyderingsheffings en die verskillende heffings vir die verwydering van

tuinvullis, bourommel en diensverskaffing, besoek die Stad Kaapstad se webtuiste by www.capetown.gov.za. Klik

op “Online Services” waar jy ‘n omvattende sigblad met residensiële heffings en verwante dienste van die vaste-

afvalbestuursafdeling sal kry.

9

AfVAl

10

AfVAl

Die Stad se “Waste Wise”-program en geïntegreerde afvalbestuursbeleidDie Stad se “Waste Wise”-program wat in 2002 van stapel gestuur is, koördineer en fasiliteer alle pogings om

afval, onwettige storting en rommelstrooiery binne die stad te verminder. Die hoofdoel van die program

is om alle inwoners van Kaapstad oor die realiteite en gevolge van afval in te lig en op te voed, sowel

as oor hoe hulle ’n betekenisvolle verbetering in die fisiese omgewing van die Stad teweeg kan

bring. Hierdie program is op ’n geïntegreerde manier ontwikkel, en bestaan uit vyf subprojekte

(teikengroepe), naamlik:

1. openbare opvoeding en bewusmaking;

2. skoolopvoedings- en -herwinningsprojekte;

3. handel, nywerheid, instellings en die administrasie;

4. vennootskap-/borgskapprojekte; en

5. die ontwikkeling van ondernemingsgeleenthede in die hergebruik van afval.

In Mei 2006 het die Stad Kaapstad een van die eerste Afrika-stede geword om ‘n geïntegreerde afvalbestuursplan

te aanvaar en in werking te stel. Hierdie plan wei uit oor die roetinefunksie van afvalverwydering en -wegdoening,

met die doel om die sleutelteikens vir afvalvermindering te behaal wat in beleid vervat word.

Ter ondersteuning hiervan word die “Waste Wise”-program as ’n opvoedingsplatform gebruik om bogenoemde

teikengroepe te bereik. Boonop is ’n geïntegreerde en volhoubare bemarkings- en kommunikasiesteunstrategie

ontwikkel wat op afvalbestuur, afvalvermindering en die skoonmaak van gebiede konsentreer. Hierdie strategie sal

openbare bewusmaking en opvoeding onder bepaalde teikengroepe in die hand werk, en dien as grondslag vir die

verskeie kommunikasie- en bemarkingsveldtogte wat vir hierdie doel van stapel gestuur word.

In die nywerheidsektor het die “Waste Wise”-program afvalbeperkingsklubs ondersteun en uitgebrei.

Skoner vervaardigingsbeginsels en feiteblaaie met eenvoudige riglyne vir die vermindering van afval en

vermorsingsaktiwiteite binne bepaalde nywerhede het die lig gesien. Afvalbestuurstelsels en -sorteerstudies het

afval binne hoë-impak- kommersiële gebiede soos inkopiesentrums verminder, en ‘n ekonywerheidspark is binne

‘n nywerheidsgebied van die stad aangevoor. Die vermindering van bourommel is ook deur beraadslaging met die

boubedryf as ‘n teiken gestel.

Sortering van huishoudelike afval’n Doeltreffende stelsel vir afvalsortering en -herwinning sal bepaal of die Stad sy teiken van ‘n 25%-vermindering in afval wat opvulterreine bereik teen 2015 sal behaal. Die tweesakproefprojek “Besin en

herwin” is tans in ’n aantal gebiede aan die gang om die beste moontlike opsie vir die sortering van afval in

huishoudings te toets en te ondersoek. As deel van hierdie projek word ’n deursigtige sak aan elke huishouding in

die geteikende gebiede gegee om met hulle herwinbare materiaal vol te maak. Hierdie sakke word dan saam met

hulle gewone huishoudelike afval verwyder.

Die Stad het onlangs 19 afvalherwinnings- en -aflaaiterreine binne ‘n 7 km-radius van jou huis ingerig. Dié

aflaaisentrums is sewe dae ‘n week tussen 07:30 en 17:30 oop. Hier kan huishoudings herwinbare en gesorteerde

afval, insluitend elektroniese of e-afval, gaan aflaai.

11

AfVAl

Kaapstad is die eerste stad in Suid-Afrika wat die herstel, hergebruik en herwinning van e-afval ingestel het. Elektroniese afval is die sambreelterm vir selfone, rekenaars en “wit toestelle” (yskaste, strykysters en stowe). Baie e-afvalonderdele

word van potensieel gevaarlike materiaal gemaak en behoort nie by algemene afval gevoeg te word nie. Elektroniese

produkte en toestelle kan vir waardevolle onderdele uitmekaargehaal word om dit in ander masjiene te gebruik, of kan as

kosbare metaal en materiaal herwin word. Alle e-afval kan na die Wynberg-aflaaifasiliteit (nr. 20 op die kaart op bladsy 9)

of die Footprints-aflaaisentrum (sien besonderhede hier onder) geneem word. E-afvalfasiliteite is nie by die ander terreine

beskikbaar nie.

‘n Paar opwindende multisak-afvalproefprojekte in Kaapstad het getoon hoe graag ons huishoudings by

herwinningsprojekte betrokke wil raak. Hoewel dit tans te duur is om regdeur die Stad in te stel, sal hierdie soort projekte

al hoe meer finansieel lewensvatbaar raak hoe meer huishoudings daaraan deelneem.

Die Blousakprojek wat in 2004 in Stellenbosch aangevoor is, is tans in drie gemeenskappe in volle swang en was tot

dusver baie suksesvol. Hierdeur sorteer bykans 1 500 huishoudings hulle blikke, glas en koerante, plaas dit in blou

sakke, waarna dit aan die Stellenbosch-munisipaliteit voorsien word. Hierdie sakke word weekliks deur plaaslike

terugkoopsentrums afgehaal.

‘n Soortgelyke afvalherwinningsprojek wat steeds aan die gang is, is in 2002 in Marina da Gama bekend gestel. Die

Geelsakprojek voorsien gratis geel sakke aan ‘n duisend huishoudings wat hulle afval daarin sorteer. Herwinbare materiaal

(papier, karton, glas, plastiek en blikke) beland alles in die geel sakke. Ná een en ‘n halwe jaar is ‘n totaal van 173 ton

afvalmateriaal herwin en hergebruik. Bykans 80% van huishoudings in die gebied neem steeds aan die projek deel.

In Mei 2000 het die Stad ‘n geïntegreerde afvaluitruil- (IWEX-)webtuiste bekend gestel. ‘n Soortgelyke

afvalherwinningsprojek wat steeds aan die gang is, is in 2002 in Marina da Gama bekend gestel. Hierdie materiaal

word gelys met besondere klem op die vermindering van die hoeveelhede gevaarlike afval wat ons opvulterreine bereik,

en die uitbreiding van tradisionele herwinningsmarkte in en om Kaapstad. Gemeenskapsorganisasies op die IWEX-

lysting sluit gemeenskapsaflaaisentrums, terugkoopsentrums, skuilings, toevlugsoorde, gemeenskapopheffings- en

werkskeppingsentrums in. Vir meer inligting, besoek www.capetown.gov.za/IWEX.

Gemeenskapherwinningsprojekte in Kaapstad‘n Aantal vindingryke en ontwikkelingsgerigte herwinningsprojekte is in Kaapstad op

die been gebring.

Footprints-aflaaisentrum in Wynberg is ‘n gemeenskapsgerigte projek sonder

winsbejag wat as ‘n omgewingsentrum dien en ‘n volhoubare leefstyl by die

publiek aanmoedig. Projekte sluit herwinning, komposvervaardiging, inheemse,

waterbesparende en organiese vrugte-en-groentetuine asook e-afval en “afvalkuns” in.

Vir meer inligting, tree met Michelle Sholto-Douglas by e-posadres [email protected] of

telefoonnommer (021) 794 5863 in verbinding.

In Claremont en Elsiesrivier het die Oasis-herwinnings-en-afvalbestuursprojek 336 verstandelik

gestremde mense in diens. Hoewel dit hoofsaaklik as ‘n sorgvereniging optree, het hierdie

bekroonde projek ‘n uiters suksesvolle onderneming uit herwinning gemaak. Die inkomste wat uit

herwinning verkry is, het tot die ontwikkeling van skole, dagsorgsentrums en werkwinkels gelei.

Skakel Aubrey Wicomb, herwinningsbestuurder, by (021) 671 5100 in Claremont en (021) 933 1586 in

Elsiesrivier.

12

AfVAl

Die Kommetjie-omgewingstaakgroep (KEAG) is ‘n

omgewingsdrukgroep wat ook ‘n aantal omgewingsprojekte bestuur. KEAG

het aan die spits gestaan van die provinsiale CoastCare-projek wat mense

in diens neem om strande, duine, ontspanningsterreine en vleilande skoon

te maak. Voorts bestuur hulle ‘n herwinningsentrum en ‘n gepaardgaande

Ilithalomsa-afvalkunsateljee-en-galery op Imhoff-plaas in Kommetjie. Skakel

(021) 783 3433 vir meer besonderhede.

Tsoga-omgewingshulpbronsentrum het herwinningsentrums in Langa

en Philippi. Hulle is besonder trots op hulle Philippi-sentrum wat geheel en al

uit afval en hernubare materiaal gemaak is. Hulle projekte behels sowat 300

mense wat die omgewing deur afvalbestuursaktiwiteite, agterplaasproduksie

van groente en vrugte, en deur-tot-deur-afvalverwydering skoonmaak en

vergroen. As deel van hulle “afvalkunsprojek” maak hulle handsakke en hoede.

Skakel Sonwabo by 082 542 3356.

Met die ondersteuning van die Universiteit Kaapstad se omgewing-

evalueringseenheid, en finansiering van USAID het Eunice Roro die

Inkqubela-herwinningsprojek in Khayelitsha tot stand gebring. Hierdeur

het “Mama Roro” tuisgemaakte sop gemaak vir diegene wat hulle vullis na

haar herwinningsdepot gebring het, en hulle ook vir hulle afval betaal.

Inkqubela is nie meer in werking nie, en ook Tsoga bied tans ernstige

finansiële uitdagings die hoof – dit laat vrae oor die lewensvatbaarheid van

gemeenskapgebaseerde afvalverwyderingsprojekte in minder gegoede

gebiede ontstaan. Die soorte afval in minder gegoede gebiede bring

minder geld in as dié in meer gegoede gebiede, en goedbedoelde projekte

sukkel uiteindelik finansieel. Uit ‘n omgewings- en werkskeppingsoogpunt

is sulke gemeenskapspogings uiters waardevol, maar verg dit groter

ondersteuning om uiteindelik volhoubaar te wees.

Indien jy meer oor afvalherwinning wil lees of dalk ‘n herwinningsentrum

in jou gebied wil begin, tree met die Departement van Omgewingsake en

Toerisme in verbinding om na hulle riglyne oor die herwinning van vaste

afval te kyk, of skakel die Fairest Cape Association (besonderhede aan die

einde van hierdie hoofstuk).

AfVAl iN JOU HUiS

13

AfVAl

Stad-afvalteikensDie Stad wil teen 2012 afvalproduksie met 25% verminder. Ons afvalvlakke neem tans vinniger as ons bevolking toe.

Algemene afval in die huisWanneer ons na ons afval kyk, word dit vinnig duidelik dat die verskillende soorte materiaal wat huishoudings as

afval weggooi eintlik verskeie moontlikhede vir hergebruik en herwinning inhou. Baie van ons afval is organies

(ontbindbaar). Groente- en vrugteskille en tuinafval behoort op ‘n komposhoop gegooi te word om gratis,

voedingsryke kompos vir ons tuine te maak. ‘n Bietjie later in hierdie afdeling kry jy maklike wenke oor hoe om jou

eie kompos te maak. By meer gegoede huishoudings word afval in die vorm van metaal, plastiek, glas, papier en

karton gegenereer – meestal verpakkingsmateriaal wat in baie gevalle herwin kan word in plaas daarvan om op ’n

opvulterrein te beland.

Tipiese afvalinhoud in ‘n lae-inkomstehuishouding

14

AfVAl

rommel, grond en as

organies

papier en karton

allerlei

glas

plastiek

metaal

tekstiele

Gevaarlike afval in die huis

Die gemiddelde huishouding beskik oor veertien tot vyf-en-veertig liter produkte wat sogenaamd gevaarlike afval

produseer. Vir raad oor die hantering van gevaarlike afval, sien “Praktiese stappe” effens verder aan in hierdie

hoofstuk. Giftige, gevaarlike huishoudelike afval word regstreeks of onregstreeks deur die volgende produkte

gegenereer:

Ontvlambare of brandbare stowwe (petrol, paraffien, dieselbrandstof, vuurhoutjies, verdunner, naellak,

aerosol en produkte met alkohol). Hou dit weg van ‘n oop of onbedekte vlam.

Prikkelmiddels (ammoniumhidroksied en/of bleikmiddel). Hou die produk weg van jou vel en oë. Gebruik

met handskoene. Prikkelmiddels kan ‘n seer of geswelde vel, oë, slymvliese of asemhalingstelsel veroorsaak.

Bytmiddels (metaalskoonmaakmiddel, motorbatterysuur, drein- en oondskoonmaakmiddels,

roesverwyderaars, bleik- en swembadsuur). Hierdie produkte vreet materiaal weg. Wanneer verfverdunner

byvoorbeeld in ‘n plastiekkoppie geskink word, sal die koppie oplos en verdwyn!

Tipiese afvalinhoud in ‘n middel- tot hoë-inkomstehuishouding

15

AfVAl

GEVAARLIKE MATERIAAL AlTeRNATief

bv. dreinskoonmaakmiddel koeksoda en wit asyn

Gevaarlike, toksiese of giftige stowwe (paraffien of plaagdoders) sal beserings of die dood

veroorsaak wanneer dit ingesluk, opgeneem of ingeasem word.

Plofbare/reagerende stowwe (dreinskoonmaakmiddels, skuur- en skottelgoedwasmiddels met

bleikmiddel, veral in kombinasie met ammoniak of ander sure) kan ‘n ontploffing veroorsaak of

giftige dampe afgee wanneer dit aan lug, water of ander chemikalieë blootgestel word.

Besmetlike stowwe (vuil doeke, kondome, spuitnaalde) versprei siektes en infeksies.

(Fairest Cape Association, 4e uitgawe)

Vinnige gevaarlike-afvalouditStap deur jou huis en maak ‘n lys van enige van bogenoemde gevaarlike materiaal wat jy

sien. Blaai na “Praktiese stappe” aan die einde van hierdie afdeling om uit te vind met watter

alternatiewe jy hierdie materiaal kan vervang wanneer jy volgende keer gaan inkopies doen.

Die motorhuis en kombuis waar jy skoonmaak-chemikalieë bêre is ‘n goeie wegspringplek.

16

AfVAl

PRAKTieSe STAPPeOns weet nou ons produseer te veel afval, en mors so energie, hulpbronne, skoon water en kosbare

natuurlike grond. So, hoe kan ons minder afval genereer? Ja, ons kan ons afval hergebruik en

herwin. Die eerste stap behoort egter altyd te wees om afvalhoeveelhede en -giftigheid uit die

staanspoor te verminder.

Volg die “drie h’s” wat deur die Fairest Cape Association en die Stad se Departement Vaste-afvalbestuur se skoner produksie projekte aanbeveel word: hokaai, hergebruik en herwin.

Hokaai * Koop slegs wat jy nodig kry en moenie oormatig verpakte produkte koop nie.

* Koop dié items wat jy gereeld nodig kry in grootmaat (minder verpakking). Koop hervulhouers/-

sakkies en konsentrate.

* Koop produkte wat in herwinde materiaal verpak is, soos papierhanddoek en sjampoebottels

van herwinde plastiek.

* Probeer weggooiprodukte soos weggooi-skeermeslemmetjies, -kameras, en papierborde vermy.

* Kies glas bo plastiek aangesien eersgenoemde altyd herwin kan word. Baie soorte

plastiekverpakkings kan steeds nie in Suid-Afrika herwin word nie (sien afdeling oor plastiek

hieronder).

* Vermy giftige of gevaarlike produkte.

17

AfVAl

Hergebruik/Herstel* Jy het dalk nie meer ‘n nut vir ‘n bepaalde item nie, maar iemand daar buite het wél. Skole,

liefdadigheidsorganisasies, biblioteke en sommige aflaaisentrums het dalk jou ongewenste klere, meubels,

speelgoed, boeke, video’s en tydskrifte nodig.

* Herstel items eerder as om dit weg te gooi. Ondersteun jou plaaslike naaldwerkster, skoenmaker,

fietsherstelwinkel, ensovoorts. Dit kan ook werkskepping in jou gemeenskap aanmoedig.

‘n Paar nuttige idees vir die hergebruik van huishoudelike goedere

* Bêre kos in houers wat weer gebruik kan word eerder as in nieherwinbare kleefplastiek of

tinfoelie van hulpbronintensiewe aluminium.

* Hergebruik geskenkpapier en geleentheidskaartjies.

* Oorweeg niemateriële geskenke soos ‘n aand uit.

* Sny gebruikte papier in vierkante om as skryfpapier te dien.

* Gebruik beide kante van enige stuk papier, en herwin dit daarna.

* Plastiekpotte en was- of plastiekoordekte melk- of sapkartonne maak uitstekende potte vir

saailinge.

Herwin* Herwin afval wat nie herstel of hergebruik kan word nie deur dit by jou naaste herwinningsdepot of

aflaaifasiliteit af te laai.

* Kies verpakkings en produkte van herwinde materiaal wat ook herwin kan word – wees op die

uitkyk vir die herwinningsimbool.

* Gebruik jou groenteafval om kompos te maak.

Word ‘n herwinningshuis

Sorteer jou afval

‘n Goeie manier om te begin is om drie dromme in jou huis te hê (oorweeg hergebruikte bokse): ‘n “organiese”

drom vir die komposhoop, ‘n “droë” drom vir herwinbare materiaal (blikke, plastiek, glasbottels, plastiekomhulsel,

papier en eierboksies) en ‘n drom vir nieherwinbare afval. Dit sal jou help om jou afval by die bron te sorteer.

Die voordele van herwinning

* Verminder die hoeveelheid afval wat na opvulterreine geneem word, en spaar lugruimte.

* Skep werk en genereer ‘n inkomste vir skole en organisasies.

* Verminder besoedeling en rommelstrooiing.

* Bespaar grondstowwe wat nodig is om nuwe produkte te vervaardig.

* Verminder die invoer van duur grondstowwe.

* Vertraag die verbruik van die wêreld se niehernubare (olie, steenkool en yster) en hernubare

hulpbronne (bome).

* Verminder energiekoste vir die vervaardiging van houers, verpakkings, ensovoorts.

* Bespaar water (vir die vervaardiging van verpakking en produkte). Papierherwinning gebruik 50% minder

water as papiervervaardiging uit houtpap.

18

AfVAl

Die uitsoek van herwinbare materiaalHieronder verskyn ‘n algemene lys van herwinbare materiaal. Vind egter ook uit watter materiaal jou

naaste herwinningsdepot aanvaar. Moenie materiaal by ‘n depot stort indien hulle nie daardie bepaalde

soorte herwin nie – so maak jy jou afval ander mense se kopseer! Herwinningsmateriaal moet ook uit-

en afgespoel word voordat dit herwin kan word. Die feite en syfers hieronder kom uit die Fairest Cape

Association en die Departement van Omgewingsake en Toerisme se handleiding vir verantwoordelike

toerisme.

Blik en metaal

Ongeveer vierhonderd ton blikke word maandeliks in die Wes-Kaap herwin. Volgens Collect-a-Can herwin

hulle 66% van alle koeldrankblikkies in Suid-Afrika, en bied so ‘n inkomstebron aan meer as 37 000 mense.

Die metaal word gebruik om nuwe produkte van dieselfde gehalte te maak, en bewaar so nievervangbare

natuurlike hulpbronne. Blikherwinning bespaar meer as 95% van die energie wat nodig is om ‘n nuwe blik

uit ystererts te maak. Alle staalskrootmetaal is wêreldwyd in groot aanvraag. Suid-Afrika voer tot 50% van

sy herwinde skrootmetaal uit.

Alle blikke kan herwin word – al is dit platgedruk, geroes of gebrand.

Karton en papier

Karton en papier is uitstekende materiaal vir herwinning. Vir elke ton herwinde papier word sewentien bome gered, en is 40% minder energie en 30% minder water nodig om papier te maak.

Die volgende moet nie herwin word nie:

* nat of vuil papier (sneesdoekies, papierhanddoek, kosomhulsels, papier waarop daar gemors is);

* was- of plastiekoordekte verpakking vir vloeistowwe (melkkartonne);

* kleefpapier (Post It-notas);

* deurslagpapier;

* chemies behandelde faks- of fotopapier; en

* hondekossakke, aartappelsakke en wasoordekte bokse.

Plastiek

Plastiek ontbind in die algemeen nie aangesien dit van chemikalieë

met ‘n petroleumbasis gemaak word (olie, steenkool en gas).

Hierdie materiaal herwin soms moeilik aangesien dit dikwels

met ander materiaalsoorte gekombineer word. Plastiek word

van verskillende plastiekpolimere gemaak. Dit is belangrik

dat soortgelyke plastiek sáám herwin word. Vra jou naaste

aflaaisentrum watter plastieksoorte hulle aanvaar.

Ongelukkig is daar binne die herwinningsbedryf in Suid-

Afrika weinig aanvraag vir die herwinning van plastiek buiten

poliëtileen, hoëdigtheidspoliëtileen en laedigtheidspoliëtileen

uit náverbruikersbronne, wat beteken dat enige ander plastiek

uiteindelik by ’n opvulterrein beland.

PeT HDPe lDPe PP

19

AfVAl

Hierdie plastieksoorte word gewoonlik saamgegroepeer vir herwinning.

PET: poliëtileen-tereftalaat LDPE: laedigtheidspoliëtileen

HDPE: hoëdigtheidspoliëtileen PP: polipropileen

Baie plastiekverpakkingsitems kan steeds nie in Suid-Afrika herwin word nie. Dit is egter ’n snel veranderende

gebied, en al hoe meer voorste handelaars begin verseker dat hulle verpakking herwin kan word, of daar

voldoende belangstelling en hoeveelhede is om ’n groter reeks plastiek te kan herwin. In die algemeen kan plastiek

met ’n herwinningslogo en identifikasienommer (bv. PET, of nr. 1, in die herwinningsdriehoek) herwin word. As jy

enigsins onseker is oor of plastiek herwin kan word of nie, doen navraag by jou plaaslike aflaaisentrum. Tans kan

ons nie die volgende herwin nie:

* multigelamineerde plastiekfoelie (vir voedselverpakkings soos dié van spek);

* saamgestelde plastiekverpakkings (soos Tetrapak-melk- en -vrugtesapkartonne) (Tetrapak kan reeds in

Johannesburg, en dalk binnekort in Kaapstad, herwin word.); en

* polistireen-kosbakke.

Dit is raadsaam om by jou plaaslike aflaaifasiliteit na te gaan wat herwinbaar is en wat nie.

As jy kies om nie produkte met nieherwinbare verpakkingsmateriaal te koop nie, stuur jy ’n sterk boodskap aan die

vervaardigers om hulle produkte meer omgewingsvriendelik te ontwerp en te verpak.

Glasbottels en -flesse

Die herwinning van ‘n enkele glasbottel bespaar genoeg elektrisiteit om ‘n 100 W-gloeilamp vir vier uur te laat

brand. Vir elke ton herwinde glas word 1,2 ton grondstowwe en 114 olie-energie bespaar.

Dit is belangrik om botteldoppe en kurke van glasbottels en -houers te verwyder. Sekere glasprodukte kan nie

herwin word nie. Kyk gerus na die lys hieronder aangesien enige van hierdie items in ‘n glasherwinningsbank die

hele klomp glas kan ruïneer.

Die volgende moet nie herwin word nie:

* koppies, pierings en erdeware;

* fluoresseerbuisligte;

* gloeilampe;

* spieëlglas;

* vensterglas (venster- en motorvoorruite);

* motorligte;

* drinkglase;

* draadversterkte glas; en

* laboratoriumglas.

20

AfVAl

Organiese afvalDeur met jou organiese afval kompos te maak spaar jy waardevolle opvulruimte, en verminder jy metaanvrystellings

wat tot klimaatsverandering aanleiding gee. Boonop plaas ‘n mens só belangrike voedingstowwe terug in die

grond. Dit is nie moeilik om kompos te maak nie – kyk maar na dié maklike uittreksel uit ‘n pamflet wat deur die

Suid-Skiereiland-munisipaliteit in samewerking met die Fairest Cape Association gepubliseer is (Desember 1999).

Jy kan met min moeite jou eie kompos maak. Omdat daar verskillende maniere is om te werk te gaan, moet jy ‘n

metode kies wat vir jou hoeveelheid afval en beskikbare tyd en ruimte geskik is. Die maklikste manier om kompos

te maak is bloot om ‘n hoop organiese afval in ‘n ongebruikte hoek van die tuin te maak. Dalk verkies jy om dit

in ‘n houer te doen sodat jy die hoop netjieser kan hou. Byekorf-komposdromme kan ook hiervoor by ‘n kwekery

gekoop word. Hout- of plastiekdromme (1 x 1 x 1 m3) is ideaal vir medium tot groot tuine. ‘n Maasdraadsilinder

(1 m in deursnee x 1 m) wat met karton uitgevoer is of ‘n groot kartonboks is ‘n goedkoop manier om ‘n

komposdrom te prakseer.

* Kies ‘n beskutte, skaduryke plek vir jou komposhoop of -drom.

* Strooi eers ‘n laag growwe materiaal soos takkies en strooi (vir belugting).

* Gooi hierna om die beurt lae “bruin” (droë blare) en “groen” (varsgesnyde gras) materiaal in ‘n 50 : 50

verhouding, asook mis (of seegras) as ‘n aktiveermiddel. Sprinkel hier en daar water, sand en gesnipperde

21

AfVAl

papier tussen die lae totdat die hoop ongeveer 1,5 meter hoog is. Die sand is nodig om die organismes by die

hoop in te voer. Lae kan bygevoeg word namate meer afval beskikbaar raak.

* Hou die hoop bedek met ‘n laag strooi, grond of ‘n ou mat om rotte, insekte en ander plae uit te hou.

* Maak die hoop gereeld nat (hou dit klam, maar nie papnat nie), en woel dit na ‘n paar maande om om die

proses te bespoedig. Jy kan ook komposwurms byvoeg.

* Wanneer die kompos donker en krummelrig is en soos grond ruik, is dit gereed om te gebruik. Dit kan enigiets

van ses weke tot ses maande neem, afhangende van die tyd van die jaar. Jy kan selfs tegelykertyd twee of

meer komposhope aan die gang hê sodat jy een het om by die tuin in te werk terwyl die ander een nog

opbou.

In sekere situasies kan dit beter wees om die organiese afval (na aanleiding van bogenoemde beginsels) in slote

of gate te begrawe wat groot genoeg is vir die hoeveelheid afval wat gegenereer is. In so ‘n slootbedding kan jy

groente, blomme of bome kweek. Voordele sluit die afwesigheid van vlieë en reuke in aangesien die afval deur ‘n

sandlaag bedek word.

Vir meer inligting oor kompos, besoek Abalimi Bezekhaya se webtuiste by www.abalimi.org.za, of stuur ‘n e-pos

na [email protected]. Die Fairest Cape Association se webtuiste by www.fairestcape.co.za bevat ook goeie

inligting oor kompos vir die meeste gebiede in Kaapstad.

22

AfVAl

Gevaarlike afval

Daar is geen manier om met gevaarlike huishoudelike afval weg te doen wat geheel en al veilig is nie. Voordat jy ‘n

gevaarlike produk koop, vra jouself of daar nie dalk ‘n veiliger alternatief bestaan nie. Dink oor hoe jy op ‘n veilige

manier daarmee kan wegdoen.

Eenvoudige reëls vir die gebruik van gevaarlike produkte

* Kies die minste toksiese produkte wat in jou huis vir jou werk. Skoonmaak- of wasprodukte met die SABS se AE-

simbool is “omgewingsaanvaarbaar” en SANS-goedgekeur.

* Belê in ‘n goeie vlieëplak, en vermy chemiese insekdoders. Sommige bevat chemikalieë soos Lindane wat in

Europa verban is aangesien dit met kanker, senuskade en asma verband hou.

* Koop net wat jy nodig het (kleiner hoeveelhede) sodat jy nie gevaarlike produkte hoef te bêre nie.

* Gaan die etiket na vir bestanddele, gebruiksaanwysings, hoe om die produk veilig te bêre asook hoe om veilig

daarmee weg te doen.

* Koop produkte met gelyste bestanddele. Mediese personeel sal in so ‘n geval weet hoe om vergiftiging te

behandel.

* Maak seker dat die produk duidelik gemerk is en die inhoud in die oorspronklike houer gehou word.

* Vermy spuitbuise so ver moontlik. Dit kan nie herwin word of veilig mee weggedoen word nie.

* Hou gevaarlike produkte weg van kinders en troeteldiere.

* Moet nooit gevaarlike produkte meng nie aangesien dit met mekaar kan verbind en reageer.

* Gebruik hierdie produkte altyd in ‘n goed geventileerde gebied en met die grootste sorg denkbaar.

* Moet nooit rook of eet terwyl jy chemikalieë gebruik nie, en was altyd jou hande na gebruik.

* Hou die houer se deksel deeglik toe. Indien ‘n houer lek, plaas die oorspronklike houer in ’n stortbestande,

duursame tweede houer met ’n duidelik gemerkte “LEKKASIE”-etiket.

* Bêre gevaarlike produkte in koel, droë en donker plekke weg van stowe of waterverhitters.

Verf, oplosmiddels en gom

Dertig blikke meestal giftige afval word vir die vervaardiging van elke blik kommersiële verf geproduseer. Massaverf

is een van die mees energierowende bouprodukte. Nog ’n skokkende feit is dat meer slagoffers van huisbrande aan

giftige dampe (van ou loodverf en ander gevaarlike produkte in die huis) beswyk as van die rook self. Die meeste

algemene houtverduursaammiddels dien as swam- en insekdoders wat jare nadat die produk gebruik is steeds uiters

giftig is.

Veiliger alternatiewe

* Indien verf of houtverduursaammiddels gebruik moet word, kies dié met lae giftigheidsvlakke. Breathcote

([email protected]) en EnviroTouch (http://www.envirotouch.com) bied ‘n paar goeie produkte.

* Vir houtafwerkings kan produkte met boor (lae tot matige giftigheidsgraad) gebruik word. Boorhoutbehandeling

voldoen aan SANS-spesifikasies. Produkte met boor is egter geneig tot uitloging, en daarom behoort hout wat

met hierdie produkte geverf word nie in die grond begrawe of in water gedompel te word nie. Wanneer dit

ekstern gebruik word is dit belangrik om verdere olie- of wasbehandelings aan te wend.

* Goeie verf, gom, vernis en verduursaammiddels met ‘n waterbasis of lae oplosmiddelinhoud is redelike

alternatiewe.

* Spyker matte eerder aan die vloer vas as om dit met gom vas te plak.

23

AfVAl

Batterye

In hierdie stadium beskik die Stad nie oor ’n battery-

afvalbestuursprogram met die aanbevole stappe vir ’n battery-

herwinningsaksieplan nie. Ons kan inwoners dus slegs aanraai om

wanneer hulle batterye koop by die handelaar uit te vind of hulle ’n

terugneembeleid het, of herlaaibare batterye te gebruik.

Kompakte fluoorligte (CFL’e)

Saam met Eskom ondersoek die Stad tans maniere om CFL’e

uit huishoudings deel van die herwinningstroom te maak.

Totdat ’n herwinningsprogram op die been gebring word, word

inwoners versoek om hulle gebruikte CFL’e op ’n veilige plek in

’n breekbestande houer of sterk plastieksak te bêre wat alles

bymekaar sal hou indien dit sou breek.

Olie

Een liter olie kan op water ‘n oliekol groter as twee sokkervelde vorm. Moet nooit teenvriesmiddel, olie of ander

chemikalieë op die grond, in stormwaterpype of in die drein gooi nie.

Die meeste motorhawens neem aan olieherwinningsprogramme deel. Indien jy jou motor tuis versien, neem die

gebruikte olie na die motorhawe of ’n herwinningsdepot soos Footprints of die Rose-stigting (Recovery of Oil Saves the

Environment), ‘n organisasie sonder winsbejag wat smeerolie bymekaarmaak, berg en herwin. Skakel hulle by

(021) 448 7492. Vir meer inligting, besoek www.rosefoundation.org.za.

in ‘n noodgevalIndien iemand per ongeluk ’n gevaarlike produk insluk, neem die persoon reguit na die naaste gifeenheid,

kliniek of hospitaal. Moenie braking aanhelp nie aangesien die dampe in die longe kan beland en dit

kan beskadig. Indien iemand giftige chemikalieë inasem, neem die persoon vinnig na vars lug en moenie

jouself aan die dampe blootstel nie. Maak alle deure en vensters oop.

Vra raad by die Tygerberg-gifbeheersentrum by (021) 931 6129, of die

Rooikruis-gifsentrum by (021) 689 5227. Indien die chemikalie in jou oë of op jou

vel kom, spoel die betrokke liggaamsdeel vir vyftien tot twintig minute met skoon, vars

water.

Veilige skoonmaakprodukteVermy gevaarlike huishoudelike produkte deur na hierdie woorde op die houer of

etiket te soek:

* nie-toksies/-giftig

* bevat geen petroleumbasis nie

* ammoniak-, fosfaat- en kleurstofvry

* bioafbreekbaar

* osoonvriendelik

* vir hergebruik en herwinning

* ensiem-aktief

* organies

24

AfVAl

Die meeste huishoudelike skoonmaakwerk kan met ‘n mengsel van gelyke dele asyn en water, of vloeiseep en

koeksoda gedoen word. Hier is ’n paar noodsaaklike, veilige skoonmaakprodukte vir jou volgende inkopielys:

Koeksoda neutraliseer sure, en maak blink oppervlakke skoon sonder om dit te krap. Dit poleer

en reinig aluminium, chroom, juweliersware, silwer, vlekvrye staal en tin. Dit is ook ’n goeie

materiaalversagmiddel en vlekverwyderaar, en versag boonop harde water. Dit verdryf reuke uit yskaste,

onwelriekende matte, bekleding en selfs dreine. Dit kan ook vetvure blus.

Boraks, ‘n wateroplosbare mineraal wat natuurlik voorkom, verdryf reuke, verwyder vlekke, ontmoedig

muf en skimmel, en verhoog die skoonmaakkrag van seep of wasmiddel.

Suurlemoensap verdryf reuke, maak glas skoon, verwyder vlekke uit aluminium, en is ‘n doeltreffende,

matige bleikmiddel vir wol. Interessant genoeg is suurlemoensap meer doeltreffend wanneer dit saam

met sonlig gebruik word.

Sout is ‘n uitstekende skuurmiddel om sekere metale en plastiek skoon te maak of te skrop, maar kan

sommige oppervlakke krap.

Asyn neutraliseer stowwe soos alkaliese seep om die pH-vlak te verlaag. Dit sny deur vetterigheid op

oppervlakke en is ‘n uitstekende reukweerder. Moet egter nie asyn op ’n marmeroppervlak gebruik

nie aangesien dit in die oppervlak kan invreet. Wit asyn is veilig vir gebruik op alle kleurvaste materiaal

buiten katoen en linne.

Wassoda is ‘n mineraal wat deur hardnekkige olierigheid en vet op roosters, panne en oonde sny. Dit

kan saam met koeksoda as ‘n plaasvervanger vir wasgoedseep gebruik word, en kan by enige apteek of

chemikalieverskaffer gekoop word.

’n Paar natuurlike resepte vir huishoudelike netheidHierdie wonderlike resepte vir huishoudings is deur Muna Lakhani vir Earthlife Africa se gifgroep, asook die

Departement van Omgewingsake en Toerisme se Afvalbestuursdirektoraat ontwikkel.

25

AfVAl

lugverfrissers

* Koeksoda of asyn op ‘n piering

* Aromaterapie-olie

* Gooi vanielje-ekstrak op ’n wattebolletjie, sit dit op ‘n piering, en plaas dit in die huis, motor of

yskas.

* Bedek die basis van jou kat se gemorsboks met koeksoda voordat hy/sy daarin ‘n draai loop. Dit

sal alle reuke vir die dag uit die weg ruim.

Veeldoelige huishoudelike skoonmaakmiddel

* Asyn en sout

* Vloeiseep en koeksoda

* Koeksoda (1 deel) en warm water (2 dele)

* Voeg een teelepel (5 ml) vloeiseep, een teelepel (5 ml) boraks en ’n kwart koppie

(62 ml) onverdunde wit asyn by een liter warm water. Meng en hou in ’n sproeibottel om

toonbanke, vloere, mure en matte mee skoon te maak.

Bad- en stortskoonmaakmiddel

Vee uit met asyn, en vryf dan met koeksoda op ‘n klam spons.

Ontkalkmiddels

Gebruik gedistilleerde wit asyn om ‘n kalklaag in ketels en toilette mee te verwyder. Suurlemoensap is ‘n

lekkerruikalternatief vir die behandeling van teepotvlekke.

Ontsmetmiddels

‘n Halwe koppie (125 ml) boraks in ‘n oplossing van 4½ liter warm water kan as ‘n reinigingsmiddel dien.

Waterstofperoksied (3%-oplossing) kan ook gebruik word.

Vetverwyderaars

Gebruik asyn of suurlemoen om deur vet te sny.

Maak jou eie vetverwyderaar deur ‘n halwe teelepel (2,5 ml) wassoda, twee eetlepels (30 ml)

wit asyn en ‘n kwart teelepel (1 ml) vloeiseep met twee koppies (500 ml) water te meng.

Wasmiddel vir skottelgoedwassers

‘n Mengsel van gelyke dele boraks en koeksoda (15 ml boraks en 15 ml koeksoda) kan as wasmiddel

in skottelgoedwassers gebruik word. Om egter veilig te wees is dit raadsaam om jou masjien se

vervaardiger na die uitwerking van hierdie produkte op jou masjien uit te vra.

26

AfVAl

Dreinskoonmaakmiddel

Voorkom dreinaanpaksels en -verstoppings deur jou drein gereeld skoon te maak en weekliks kookwater daarin af

te gooi. Doen ook die volgende op ’n gereelde grondslag:

1. Gooi ‘n halwe koppie (125ml) koeksoda gevolg deur ‘n halwe koppie (125ml) wit asyn in jou drein af.

2. Bedek en laat staan vir twee uur.

3. Spoel met kookwater.

Verwyder verstoppings uit jou drein met behulp van waterstofperoksied (beskikbaar by ‘n apteek) en ‘n

dreinplunjer. Moet dit egter nie ná gebruik van ‘n kommersiële dreinskoonmaakmiddel gebruik nie.

Vloerreinigers en -politoere

* Viniel- of linoleumvloere: ‘n doppie vol (5 ml) babaolie en water.

* Houtvloere: Wend ‘n dun laag gelyke dele groenteolie en wit asyn aan, en vryf goed.

* Geverfde houtvloere: een teelepel (5 ml) wassoda opgelos in vier liter warm water.

* Baksteen- en klipteëlvloere: een koppie (250 ml) wit asyn opgelos in 4½ liter water.

* Spoel met skoon water na al bogenoemde prosedures.

insekmiddels

Gebruik kruie of speserye met ‘n sterk geur. Sitrusolie, laventel, roosmaryn, peperkorrels, rooirissiepoeier,

peperment, lourierblare, naeltjies en sederolie is almal goeie insekmiddels.

metaalreinigers en -politoere

* Aluminium: Gebruik ‘n pasta van kremetart en water.

* Geelkoper: Gebruik ‘n pasta van suurlemoensap en koeksoda OF ‘n sout-en-asynoplossing.

* Chroom: babaolie en asyn OF aluminiumfoelie met die blink kant buite.

* Koper: Kook items in ‘n mengsel van sout (een eetlepel/15 ml), wit asyn (een koppie/250 ml) en warm water.

* Silwer: Voer ‘n pot of pan met aluminiumfoelie uit en kook dan die items in water met ‘n teelepel koeksoda

en ‘n teelepel sout.

* Vlekvrye staal: Gebruik onverdunde wit asyn om skoon te maak.

27

AfVAl

Skimmelverwyderaars

Skuur skimmelkolle weg met ‘n halwe koppie (125 ml) boraks, vier liter water en ‘n nylonskuursponsie. Los die

boraks net so sonder om dit af te spoel om verdere skimmelvorming te voorkom. ‘n Skuurpasta van sout en asyn

sal ook werk.

Oondreinigers

Maak ‘n dik pasta met water en koeksoda om jou aangepakte oond mee skoon te maak. Laat dit vir drie minute

staan. Skrop met ‘n nylonskuursponsie. As jou oond besonder vetterig is, voeg ‘n klein bietjie vloeiseep by die

mengsel. Probeer ook ‘n sproei van water en boraks (twee teelepels boraks in ‘n liter water) op die oppervlak van

die oond. Verwyder kolle met behulp van baie fyn staalwol.

Sprinkel sout op kolle waar jy gemors het terwyl die oond nog warm is sodat dit maklik verwyder as die oond weer

afgekoel het.

Vlekverwyderaar vir materiaal

Meng een deel gliserien en een deel skottelgoedwasseep met agt dele water, en wend dit so gou moontlik op die

vlek aan. Laat dit vir twintig minute (langer vir meer hardnekkige vlekke), en was gewoonweg saam met ander

kledingstukke. Hou die oplossing in ‘n drukhouer.

Toiletskoonmaakprodukte

Probeer enige van die volgende:

* Skoon bleikmiddel (sonder ‘n chloorbasis) sonder enige ander reinigingsmiddels.

* Koeksoda en asyn.

* Gooi ‘n kwart koppie (62 ml) boraks in die toiletbak, laat dit daar vir ‘n paar uur óf oornag, skrop en spoel.

Voeg suurlemoensap by vir ‘n vars reuk.

Venster- en glasreiniger

Gebruik warm water en suurlemoensap (twee eetlepels/30 ml) of asyn (‘n kwart koppie/62 ml). Meng, en hou in

‘n spuitbottel.

28

AfVAl

Plaagbeheer

Miere: Sprinkel rooirissiepoeier, paprika, droë peperment of boraks op die plekke waar die

miere jou huis binnekom.

Kakkerlakke: Maak ‘n pasta van boraks, meel en suiker (gelyke dele) met ‘n teelepel TCP-

ontsmetmiddel, en smeer dit op die vloer van die geaffekteerde area. Herhaal na vier dae, en

weer na twee weke.

Motte: Hang klere in vars lug en sonlig, en bêre dit daarna in lugdigte houers (soos ‘n

plastieksak) met sakkies laventel of sederspaanders.

Vismotte (silwervissies): Speel klaar met vismotte deur ‘n mengsel van boraks, suiker en

asyn op vloerlyste en in kaste aan te wend.

Indien dit nodig raak om ‘n plaagbeheeronderneming se hulp in te roep, soek een wat

omgewingsvriendelik is. Sulke ondernemings sal op jou bepaalde plaagprobleem konsentreer en sal nie

algemeen gevaarlike produkte gebruik nie.

Natuurlike plaagmiddels vir groente- en blomtuine

Voorkom die gebruik van insek- en plaagdoders in jou tuin deur eerder inheemse plante te plant, onkruid

met die hand uit te trek en ‘n seep-en-watermengsel op plante te spuit om van insekte ontslae te raak.

Dit sal die behoefte vir produkte met gevaarlike aktiewe bestanddele, wat die omgewing én mense skade

aandoen, laat afneem.

Onthou om te “tussenplant” wanneer jy jou groentesaad saai. Wanneer uie byvoorbeeld tussen wortels

geplant word, verwar hierdie gemengde reuk potensiële plae, en vreet hulle daarom nie aan jou

groenteplante nie. Ander goeie “afskrikmiddels” wat tussen groente geplant kan word sluit kruie met ‘n

skerp reuk of plante soos gousblomme of sprietuie in. Grasuie en knoffel werk uitstekend om plantluise

van rose weg te hou. Roosmaryn, kappertjies, peperment, salie en basiliekruid is ook doeltreffende

afskrikmiddels teen vlieënde insekte en miere.

29

AFVAL

KONTAKBESONDERHEDE EN HULPBRONNE

Algemene navrae oor die Stad Kaapstad se vullisverwyderings-, -skoonmaak- en -wegdoeningsdiens

(insluitend navrae oor aflaaifasiliteite en die aanmeld van onwettige storting): 0860 10 30 89

Stad Kaapstad se Waste Wise-veldtog: telefoonnommer (021) 400 3298/2292, of besoek hulle webtuiste by

www.wastewise.org.za

Die geïntegreerde-afvaluitruilprogram is in Mei 2000 deur die Stad Kaapstad bekend gestel in ‘n poging om die

hoeveelheid gevaarlike en algemene afvalmateriaal wat ons opvulterreine bereik, te verminder. Besoek

www.capetown.gov.za/IWEX vir meer inligting.

Die Instituut vir Afvalbestuur bevorder omgewingsaanvaarbare en kostedoeltreffende afvalbestuur met die doel

om die omgewing en Suid-Afrikaners teen swak afvalbestuur te beskerm: www.iwmsa.co.za.

Die Nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme het goeie afvalhandleidings ontwikkel. Tree met

die afvalbestuurdirektoraat in verbinding by (012) 310 3911, of besoek hulle webtuiste by www.environment.gov.za.

Die Fairest Cape Association is ‘n Wes-Kaapse nieregeringsorganisasie sonder winsbejag. Hulle bevorder ‘n skoner

en gesonder omgewing deur mense te bemagtig om verantwoordelikheid vir afval te aanvaar: telefoonnommer

(021) 462 2040, of besoek hulle webtuiste by www.fairestcape.co.za.

Natural Step maak die beginsels van volhoubare ontwikkeling ‘n werklikheid deur die raamwerk prakties aan

organisasies bekend te stel. Besoek www.naturalstep.org/about/international.php#SouthAfrica.

Nog ‘n goeie hulpbron is Muna Lakhani se How to Have a Safer Home, Improve Your Health and Your Environment.

Dit is in November 2002 deur Earthlife Africa se giffokusgroep gepubliseer.

Zero Waste in Africa-instituut: e-pos: [email protected]

HERWINNINGSORGANISASIESSappi Waste Paper (021) 930 7145

NAMPAK Recycling (021) 507 4300

Mondi Recycling (021) 931 5106

Oil Rose-stigting (021) 448 7492

Oasis-herwinning-en-afvalbestuursprojek (021) 671 5570

Tsoga-omgewingsentrum, Langa (021) 694 0010

Footprints (021) 794 5586

Abalimi Bezekhaya (vrugte-en-groentetuine) (021) 447 1256

Kommetjie-omgewingstaakgroep (021) 783 3433

30

AfVAl

liefdadigheidsorganisasies wat graag materiaal vir herstel en hergebruik aanvaar

Die meeste liefdadigheidsorganisasies aanvaar graag enige materiaal wat óf behoeftige gesinne regstreeks

kan help, óf verkoop kan word om geld vir hulle onderskeie sake in te samel. Materiaal sluit klere, meubels,

boeke, speelgoed en gereedskap in. In baie gevalle sal die organisasies selfs reël dat die materiaal by jou

huis gehaal word.

Aids Action (021) 948 7699

Ontwikkelingsvereniging van die Kaapse Vlakte (CAFDA) (021) 706 2050

Lifeline (021) 696 2100

Rooikruis-kinderhospitaal se Friends of the Children’s Hospital-organisasie (021) 658 5243

Die Heilsleër (021) 761 8530

eNeRGie

energie is onsigbaar en het geen tasbare inhoud nie. Ons weet dit is daar bloot omdat ons die uitwerking daarvan kan sien – hitte, lig en krag; die waarde wat ons daaraan heg is bloot gelykstaande aan dit wat ons daaruit kry. Sonskyn verskaf die energie vir alle lewensonderhoudende prosesse – dit bepaal ons weerstelsels, genereer hitte en laat plante groei en voortplant.

32

eNeRGie

Hernubare en niehernubare energie‘n Energiebron wat maklik vervang kan word (soos wind, son of hout) word as “hernubaar” beskou. Brandstowwe

wat in beperkte hoeveelhede voorkom (aangesien dit miljoene jare neem om onder spesiale omstandighede te

vorm) soos olie en steenkool, staan as “niehernubare” energiebronne bekend.

energiemetingWetenskaplikes meet energie in eenhede wat as joule bekend staan, en dui hoeveelhede in ton aan. Energie word

gewoonlik as arbeidsvermoë omskryf. Krag – die tempo waarteen energie verbruik word – word in watt (W)

gemeet. Een watt is gelykstaande aan energie wat teen ‘n tempo van een joule per sekonde verbruik word.

Een kilowatt-uur (kWh) is 1 000 watt wat vir een uur lank verbruik word, of 500 watt wat vir twee uur verbruik

word, of 2 000 watt wat vir ‘n halfuur verbruik word.

1 megawatt = 1 000 000 (1 miljoen) watt = 1 000 kilowatt

Die energiesiklus.

33

eNeRGie

“Oersonlig” – fossielbrandstowwe Die meeste van ons krag kom van fossielbrandstowwe – steenkool, gas en veral olie, wat die mees kritieke

hulpbron op die planeet geword het. Die olievoorraad waarvan ons ekonomieë afhanklik is, is tienmiljoene jaar

oud, en het in die Antieke Wêreld in oseane ontstaan wat van mikroskopiese plante en diere gewemel het. Toe

hierdie organismes gesterf het, het dit ‘n ryk, organiese modder op die seebodem gevorm. Oor millennia is hierdie

modderlae deur afsaksels bo dit saamgepers, en het dit stadig maar seker in die ingewikkelde mengsel van water-

en-koolstofverbindings verander wat ons vandag as olie ken. Op ‘n soortgelyke manier het steenkool in oerwoude

ontstaan wat onder die grond begrawe lê. Fossielbrandstowwe is in werklikheid sonenergie wat in oeroue

plantmateriaal geberg word. Daarom word hierdie brandstowwe ook dikwels “oersonlig” genoem.

Stof tot nadenke

* Ons hele ekonomie is afhanklik van olie. Suid-Afrika beskik oor geen natuurlike oliebronne nie. Daarom is ons

baie afhanklik van ander lande vir hierdie noodsaaklike hulpbron, en vloei al die geld wat ons aan olie bestee uit

ons Stad en ons land.

* Steenkool- en olievoorraad is beperk. Een van die dae sal dit uitgeput wees en daarom moet ons ons nou reeds

daarop voorberei. Steenkoolvoorraad in Suid-Afrika sal na raming nog 150 tot 200 jaar hou. Ons olievoorraad

kan oor so min as veertig tot vyftig jaar uitgeput wees, en ontleders voorspel dat daar lánk voordat olie werklik

op is reeds al hoe minder olie teen hemelhoë pryse beskikbaar sal wees.

* Die tegnologie wat van fossielbrandstof gebruik maak is nie baie doeltreffend nie. Die meeste van die

petrol wat ons gebruik word in (vermorste) hitte-energie omgeskakel. Omskakelingsverliese tydens

elektrisiteitsopwekking en -vervoer beteken dat jy maar sowat

2% van die energie in steenkool gebruik teen die tyd dat jy jou

gloeilamp aanskakel.

* Die verbranding van fossielbrandstowwe stel potensieel skadelike

gasse in die atmosfeer vry. Nie net kan dit plaaslik besoedeling

veroorsaak en tot asemhalings- en ander siektes aanleiding gee

nie, maar dit kan ook ‘n wêreldwye omgewingsimpak hê. Die

swaweldioksied (SO2) wat deur steenkoolverbranding vrygestel

word, los in waterdamp op om suurreën te vorm. Suurreën

het ‘n negatiewe impak op plante en diere wanneer dit op die

aarde neerdaal. Tans is klimaatsverandering of aardverwarming

die grootste bedreiging vir die planeet. Die toename in

fossielbrandstofverbranding oor die afgelope honderd jaar

word in hierdie verband as een van die hoof- bydraende faktore

beskou.

energie en klimaatsveranderingDie gemiddelde wêreldtemperatuur het oor die afgelope tienduisend

jaar met nie meer as een graad opwaarts of afwaarts aangepas nie.

Oor die afgelope honderd jaar het die gemiddelde temperatuur egter

met ongeveer ‘n halwe graad gestyg. Boonop word daar verwag dat

dit oor die volgende honderd jaar met ‘n verdere twee tot ses grade sal

styg. Wat gaan aan?

34

eNeRGie

Koolsuurgas (CO2) is een van die gasse wat in ons atmosfeer

voorkom. In 1999 was koolsuurgasvlakke 32% hoër as

vóórnywerheidsvlakke. Voorste wêreldwetenskaplikes in

die tussenregeringspaneel oor klimaatsverandering (IPCC)

het tot die gevolgtrekking gekom dat die verhoogde

gaskonsentrasies in die atmosfeer uit menslike aktiwiteit

spruit. Uit die kweekhuisgastoenames is 60% die gevolg

van koolsuurgas wat tydens fossielbrandstofverbranding

vrygestel word. Die oorblywende 40% bestaan uit

metaangas (CH4) vanaf opvulterreine, distikstofmonoksied

(N2O) vanaf landbou, en chloorfluoorkoolstof (CFC’s) wat

in yskaste en aërosol gebruik word. Die toename in hierdie

gasse lei daartoe dat meer hitte rondom die aarde vasgekeer

word.

Hierdie tendens behels meer as net verhitting. Hoër

temperature verhit ons oseane, verskuif strome en verander

windpatrone – wat alles ‘n uitwerking op ons weer het. Die

ysdekke in ons poolstreke het reeds begin smelt en stygende

seevlakke sal laagliggende gebiede op aarde laat oorstroom

en party eilande geheel en al verswelg. Voorspellings dui

daarop dat die weer selfs méér wispelturig sal raak.

Kaapse wetenskaplikes verwag dat sommige plante in ons

eiesoortige planteryk sal uitsterf namate dié gebied al hoe

droër word. Natuurrampe soos brande en vloede sal na

verwagting meer gereeld en in ‘n erger graad voorkom.

Navorsing aan die Universiteit Kaapstad toon dat ‘n

temperatuurstyging van een graad – wat binne die volgende

vyftig jaar verwag word – plaaslik tot sowat 29% meer brande kan lei. Die Kaap sal in die algemeen droër word en

gevolglik onder watertekorte gebuk gaan. Die ontwrigting van landbou sal tot verstedeliking aanleiding gee en al

hoe meer druk op voedselbronne plaas. Storms sal hewiger word en met swaarder reën gepaardgaan. As gevolg

van nuwe weerpatrone sal infeksies, hitteverwante en asemhalingsiektes al hoe vinniger versprei. Mikro-organismes

wat water en kos kan besoedel sal vinnig aanteel, en malaria sal na verwagting sy greep op ons land verder

verstewig.

energie en plaaslike lugbesoedelingDie verbranding van fossielbrandstowwe raak ons egter nie net op ‘n wêreldwye klimaatsvlak nie. Plaaslike

lugbesoedeling weens fossielbrandstofverbranding hou ook ernstige gevolge vir ons gesondheid en omgewing in,

en is besonder skadelik vir kinders, bejaardes of verswaktes. Kinders wat langs besige paaie skool toe stap word aan

motoruitlaatgasse blootgestel, en diegene wat binnenshuis met behulp van paraffien, steenkool en hout kos maak

kry weer op daardie manier met hoë vlakke van lugbesoedeling te doen. Kaapstad se “bruin mis” is die regstreekse

gevolg van uitlaatgasse. Hierdie gasse raak bruin wanneer dit aan sonlig blootgestel word.

35

eNeRGie

luggehaltebestuur en die Khayelitsha-lugbesoedelingstrategie- (KAPS-) projek

Die Wet op Luggehalte (2005) beskerm ons reg op ‘n skoon en gesonde omgewing. Die Wet bepaal

dat die Stad ‘n luggehaltebestuursplan moet ontwikkel waarvan ‘n konsep in Mei 2005 vir openbare

kommentaar gepubliseer is. ‘n Belangrike stadsprojek is die Khayelitsha-lugbesoedelingstrategie (KAPS).

Monitering van partikel- (PM10-)vlakke in Khayelitsha in 2004 het aan die lig gebring dat hierdie vlakke 90% hoër is as in

die middestad, en 70% hoër as in Goodwood.

In reaksie op hierdie ontstellende bevindinge het die Stad Kaapstad KAPS op die been gebring. Die projek is daarop

gemik om die hoof-PM10-bronne te vind en ingrypings in te stel ten einde die lugbesoedelingsvlakke in Khayelitsha

te verlaag. Seshonderd huishoudings en ondernemings sal betrek word en gemeenskapslede sal in diens geneem

en opgelei word om opnames en verkeerstellings te doen. Die studiebevindinge sal vir die ontwikkeling van ‘n breër

inwerkingstellingsplan aangewend word om lugbesoedeling in informele gebiede te verminder.

36

eNeRGie

eNeRGie iN ONS STADKaapstad is vinnig besig om naam te maak vir sy beslissende optrede en baanbrekermaatreëls met betrekking tot

volhoubare energieontwikkeling. So byvoorbeeld was die Stad Kaapstad die eerste Afrika-stad om ‘n strategie vir

energie en klimaatsverandering (2005) te ontwikkel. Hierdie strategie sit ‘n visie vir die voorsiening en verbruik van

volhoubare, omgewingsveilige energie vir die Stad se inwoners uiteen. Dit stel versyferbare teikens vir kernsektore

soos vervoer, elektrisiteitsvoorsiening, die residensiële sektor, die regering, en handel en nywerheid.

Hoofteikens van die Kaapstad-strategie vir energie en klimaatsverandering

* Dat 10% van alle huishoudings teen 2010 oor sonwaterverhitters sal beskik

* Dat 30% van alle huishoudings teen 2010, en 90% teen 2020 van fluoresseerpuntligte gebruik sal maak

* Dat alle nuwe subsidiehuise vanaf 2005 plafonne sal hê

* Dat hernubare energie teen 2020 10% van die Stad se algehele energieverbruik sal uitmaak

Waar kom ons energie vandaan?Kaapstad se brandstoftoevoerlyne is in baie gevalle buitengewoon lank. Ruolie word hoofsaaklik vanaf die Midde-

Ooste oor ’n afstand van sowat 10 000 km verskeep. Hierna word dit by Saldanhabaai, 120 km noord van Kaapstad

aan wal gepomp, en dan per pyp na die Caltex-raffinadery in Milnerton, 15 km buite die middestad gelei. Vanaf die

raffinadery word die verskillende soorte vloeibrandstowwe – petrol, diesel, paraffien en gas – na massadepots en

kleiner verspreiders geneem.

37

eNeRGie

eNeRGie iN ONS STAD

Elektriese energie kom uit die nasionale netwerk. Dié kry 95% van die elektrisiteitsvoorraad vanaf kragstasies

naby die steenkoolvelde van Mpumalanga, en die oorblywende 5% vanaf die Koeberg-kernkragstasie aan die

Weskus, 45 km noord van die middestad.

Elektrisiteit word deur middel van Eskom se netwerk gelei en uiteindelik óf regstreeks deur Eskom óf deur die Stad

as gelisensieerde verspreider na nywerhede, ondernemings en huishoudings versprei. Beduidende energieverliese

(tot soveel as 15-20%) vind tydens hierdie geleidingsproses plaas.

Paraffien, gas, petrol en diesel word alles uit geraffineerde olie vervaardig. Kerse word van was (‘n

olieneweproduk) gemaak. Steenkoolvoorrade word vanaf nasionale bronne, hoofsaaklik in Mpumalanga, ongeveer

1 500 km ver verspoor.

Baie van die energie wat ons gebruik, soos petrol, paraffien en gas, bereik ons deur privaatmaatskappye en

kleinhandelaars. Die nasionale regering reguleer hierdie brandstowwe se pryse. Ingevolge die Suid-Afrikaanse

grondwet is die Stad vir elektrisiteits- en gasnetwerke verantwoordelik.

elektrisiteitKaapstad se elektrisiteit word tans deur Eskom aan die Stad voorsien. Eskom lewer ongeveer 25% van die Stad se

elektrisiteit regstreeks aan verbruikers, terwyl die Stad self die res deur sy eie netwerke versprei.

ReD’s: Streek-elektrisiteitsverspreidingOnlangs aanvaarde wetgewing bepaal die instelling van streek-elektrisiteitsverspreiders (RED’s)

wat daarop gemik is om die land se vele gelisensieerde verspreiders in ‘n meer doeltreffende en

billike verspreidingstelsel saam te voeg. Tans bestaan daar ongeveer tweehonderd gelisensieerde

verspreiders wat op grond van tweeduisend verskillende tariefskemas funksioneer. ‘n Gebrek aan

regsklarigheid oor die verhouding tussen RED’s en munisipaliteite, in besonder met betrekking tot

die munisipaliteit se grondwetlike plig om elektrisiteit te versprei, het die instelling van volwaardige

RED’s vertraag. Die nasionale regering bly egter verbind tot die proses van streek-elektrisiteitsverspreiding, en is

vol moed dat regskomplikasies uit die weg geruim sal word. RED’s bied die geleentheid om ‘n nuwe kultuur van

“energiedienslewering” aan te moedig deur die voorsiening van gas, hernubare energie, mikro-opwekking en

sonwaterverhitters naas meer gebruiklike elektrisiteitsverspreiding moontlik te maak.

38

eNeRGie

Hernubarebron-elektrisiteit – Darling-windplaasDie herstrukturering van die elektrisiteitsektor maak dit ook vir

onafhanklike kragprodusente moontlik om elektrisiteit op te

wek. Suid-Afrika se eerste kommersiële windplaas is in Darling,

70 km noord van Kaapstad geleë. Dié plaas gaan in ‘n aantal

fases ontwikkel word, waarvan die eerste ‘n totaal van 5,2 MW

uit vier 1,3 MW-windturbines sal lewer. Die beoogde uiteindelike

lewering sal 13 MW uit tien 1,3 MW-windturbines wees. Dié

projek het ekonomies lewensvatbaar geword toe die ontwikkelaar

en die Stad Kaapstad ‘n gunstige kragverkrygingsooreenkoms

bereik het. Die Stad sal as deel van sy verbintenis tot die teiken van

10% hernubare energie teen 2020, ‘n premie vir die verkryging

van die hernubare energie betaal. Die Stad is voornemens om dié

“groen” elektrisiteit aan verbruikers te verkoop wat die behoefte

vir positiewe optrede met betrekking tot aardverwarming besef.

Fase 1 sal 13,2 GWh steenkoolelektrisiteitsopwekking per

jaar vervang – ‘n aansienlike drukverligting op ons nasionale netwerk asook ‘n beduidende vermindering in

omgewingsbesoedeling. In die loop van die projek sal die volgende besoedelende stowwe vermy en hulpbronne

bespaar word:

* 258 192 ton koolsuurgasvrystellings;

* 2 234 ton swaweldioksied;

* 1 111,4 ton stikstofmonoksied;

* 58 ton partikels;

* 142 560 ton steenkool;

* 42 240 ton sintel en stofas; en

* 396,6 miljoen liter water.

“Groen” elektrisiteit sal teen ‘n premie verkoop word en burger- en sakeondersteuning verg. Navrae oor die

verkryging van “groen” elektrisiteit kan aan die projekbestuurder gerig word by die afdeling vir elektrisiteitsdienste,

Stad Kaapstad, Posbus 82, Kaapstad 8000. Skakel (021) 446 2015 vir telefoniese navrae, of stuur ‘n e-pos na

[email protected].

Kernaangedrewe elektrisiteitVyf persent van ons nasionale elektrisiteitsvoorraad kom van Suid-Afrika se enigste kernkragaanleg by Koeberg naby

Kaapstad. Die regering en Eskom beplan om met die ontwikkeling van gruisbedtegnologie ons land se kernvermoë

verder uit te bou.

Ernstige kommer oor klimaatsverandering vanweë hoër konsentrasies koolsuurgas in die atmosfeer (waartoe

steenkoolelektrisiteitsopwekking grootliks bydra), laat sommige mense glo dat kernkrag ‘n belangrike

korttermyn-energieoplossing kan bied. Ingrypende optrede om koolsuurgasvrystellings onder beheer te kry, is

inderdaad ‘n dringende behoefte. Ander bly egter besorg oor die gevaar van afvalprodukte en onsekerheid oor

die kostedoeltreffendheid van hierdie energievorm. “Laevlak”-kernafval bly vir duisende jare gevaarlik giftig,

39

eNeRGie

terwyl “hoëvlak”-kernafval nêrens in die wêreld vir storting gelisensieer is nie – hierdie afval kan vir meer as

honderdduisend jaar radioaktief bly. Koeberg se laevlakafval word by Vaalputs in Namakwaland ondergronds

begrawe. Die hoëvlakafval word binne die Koeberg-aanleg geberg. Beide steenkool- en kerntegnologieë

berus op die gebruik van beperkte hulpbronne (steenkool en uraan), en hou groot omgewingsgevare in.

Energieoplossings op die lange duur moet dus die ontwikkeling van skoner, hernubarebron-energietegnologieë

as mikpunt hê.

Van die kragdraad tot die huisDie meeste huishoudings in Kaapstad

ontvang elektrisiteit deur die

elektrisiteitnetwerkstelsel. Daar is twee

betaalstelsels vir elektrisiteit. Met die ouer

kredietmeterstelsel word jy regdeur die

maand van elektrisiteit voorsien, en ontvang

jy aan die einde van die maand ‘n rekening

op grond van die hoeveelheid krag wat

jy gebruik het. Met die vooruitbetaalde-

meterstelsel moet jy jou elektrisiteit vooraf

koop – baie dieselfde as ‘n voorafbetaalstelsel

vir selfone.

Elektrisiteitspryse word deur die Nasionale

Elektrisiteitsreguleerder van Suid-Afrika

(NERSA) bepaal. Ten einde armoede te verlig

oormerk die regering 50 kWh elektrisiteit wat

gratis aan laeverbruik-huishoudings voorsien

word. In Kaapstad word die gratis basiese

elektrisiteitsvoorraad aan enige huishouding

voorsien wat gemiddeld minder as 400 kWh

per maand gebruik.

Dit is onwettig om jou elektrisiteitsmeterkassie se bedrading

te verander of daarmee te peuter. Dit kan tot afsluiting en die

heffing van ‘n heraansluitingsfooi aanleiding gee. Vir eerste

oortreders is hierdie fooi tans ongeveer R2 000 in gevalle waar

daar met die meterkassie gepeuter is en dit vervang moet

word. Waar die meterkassie omseil word en vervanging dus

nie nodig is nie, is die fooi sowat R1 000. ‘n Gepeuter met jou

elektrisiteitskassie is ook uiters gevaarlik en kan tot elektriese

skokke en/of brande aanleiding gee.

40

eNeRGie

Verstaan jou elektrisiteitsrekeningJou individuele maandelikse verbruiksyfer oor ‘n tydperk van twaalf maande word gebruik om jou gemiddelde

maandelikse verbruik te bereken. Hieruit kan die Stad sien of jy ‘n hoë of lae verbruiker is. Elektrisiteitspryse word

jaarliks aan die begin van Julie hersien en aangepas. Die pryse wat deur die Stad gehef word, word deur NERSA

gereguleer. Aangesien Eskom beoog om ou kragstasies in hergebruik te neem en nuwe opwekkingsvermoë te bou,

sal Suid-Afrikaanse elektrisiteitspryse na verwagting oor die volgende paar jaar betreklik skerp styg.

Huishoudelik 1 (hoë verbruikers): Indien jou huishouding meer as 600 kWh per maand gebruik, sal jy ‘n daaglikse

diensheffing van R2,39 betaal. Hierdie heffing geld, ongeag of jy elektrisiteit verbruik of nie. Voorts sal elke kWh

wat aangekoop word, 36,72c, BTW ingesluit, kos (die energieheffing).

Huishoudelik 2 (lae verbruikers): Indien jou huishouding minder as 600 kWh per maand gebruik, hoef jy nie ‘n

daaglikse diensheffing te betaal nie, maar slegs ‘n energieheffing wat ‘n klein “ingeboude” diensheffing insluit. Elke

kWh wat verbruik word, sal 48,94c,

BTW ingesluit, kos. Hoewel dit na meer

geld as die hoëverbruikersheffing lyk,

werk dit eintlik goedkoper uit aangesien

daar geen daaglikse diensheffing betaal

word nie. Indien jou huishouding oor

die tydperk van ‘n jaar gemiddeld 400

kWh of minder per maand gebruik, sal

jy elke maand 50 kWh gratis ontvang.

(Tariewe hier bo is vir die tydperk Julie

2007 tot Junie 2008.)

‘n Stad Kaapstad-voorafbetaalmeterstrokie

Indien jy oor ‘n voorafbetaalmeter beskik

en jou huishouding se gratis 50 kWh

elektrisiteit wil opeis, moet jy na die

verkooppunt gaan en daarvoor vra. Jy

hoef nie elektrisiteit te koop om die

gratis voorraad te vra nie. Die voorraad

werk egter op ‘n “gebruik-of-verloor”-

grondslag en sal nie tussen maande

oorgedra word nie.

‘n Gemiddelde middelinkomstehuis in

Kaapstad gebruik ongeveer 774 kWh

elektrisiteit per maand. Natuurlik sal

die hoeveelheid wat jou huis gebruik

grotendeels afhang van hoeveel mense

daar in die huis woon, of jy ‘n elektriese

warmwatersilinder het, asook die

hoeveelheid toestelle wat jy besit en

gebruik.

41

eNeRGie

Die koop van elektrisiteitIndien jy ‘n voorafbetaalmeter in jou huis het, kan jy by verskeie winkels, spazawinkels en taxistaanplekke

regdeur die Stad elektrisiteit koop. Wanneer jy gaan elektrisiteit koop, neem jou elektrisiteitskaart en/of vorige

aankoopstrokies met jou meternommer op saam. Indien jy ‘n Eskom-kliënt is geld dieselfde prosedure, maar moet jy

jou elektrisiteit by Eskom-verkooppunte koop. Hierdie punte is ook in winkels, spazawinkels en by taxistaanplekke in

gebiede wat Eskom-krag gebruik. Vir ‘n volledige lys van elektrisiteitsverkooppunte, besoek www.capetown.gov.za

en klik op “Electricity”.

Elektrisiteit kan ook met ‘n kredietkaart oor die Internet, of selfs met jou selfoon gekoop word. Hierdie metodes sal

egter slegs werk nadat jy op die tersaaklike webtuistes geregistreer het:

Skiereiland, besoek www.energy.co.za

Tygerberg, besoek www.ipay.co.za

Helderberg/Oostenberg, besoek www.ibuy.co.za

Daardie huishoudings wat deur die kredietstelsel betaal sal maandeliks ‘n rekening in die pos ontvang. Hierdie

rekening kan deur die Internet, by die poskantoor of by uitgesoekte verkooppunte betaal word.

Kredietmeter

Hoë verbruiker – huishoudelike tarief 1

• 450 kWh/maand betaal vir ‘n diens van R38,40/maand

• R0,2919/kWh vir elke eenheid verbruikte elektrisiteit

Verbruik vir gemete tydperk

Syfer gelees deur meterleser

Bedrag verskuldig

vir elektrisiteit

Huishoudelike tariefheffing

Gemete tydperk

42

eNeRGie

Vloeibare brandstowweOliemaatskappye verkoop petrol en diesel aan diensstasies. Die Stad Kaapstad stel streng sonerings- en

veiligheidsvereistes vir elke nuwe diensstasie. Petrol- en dieselpryse word tot op handelsvlak gereguleer en die

regering reik maksimum toelaatbare verkooppryse vir elke landdrosdistrik uit.

Paraffienverspreiding word nie soos dié van petrol en diesel

gereguleer nie en is hoofsaaklik markgedrewe. Paraffien word

meestal per pad vanaf raffinaderye na oliemaatskappye se

massadepots vervoer. Hierna word dit na kleiner afsetpunte

in die Stad geneem. Die regering reguleer paraffienpryse tot

op groothandelsvlak en beveel daarna ’n handelsprys met ’n

maksimum winsgrens van 33% op die groothandelsprys aan. Pryse

kan aansienlik verskil. In 2003 het die regering weggedoen met

BTW op paraffien, en dit so 14% goedkoper gemaak. Daar bestaan

egter kommer dat die verbruiker nie uiteindelik die vrugte van

hierdie subsidie pluk nie.

Vloeibare petroleumgas (VPG) word vanaf die raffinadery in

Milnerton na groot verspreiders en daarna medium verspreiders

vervoer. Die VPG-verspreidingsnetwerk is nie naastenby so

goed ontwikkel soos dié van paraffien nie – deels omdat

gasverkooppunte aan streng veiligheidsvereistes moet voldoen. Verbruikers vind dit ook moeilik om VPG-bottels te

vervoer. VPG-pryse word tans glad nie gereguleer nie.

Etanoljel is ‘n groen jelvloeistof wat van plante soos suiker of mielies gemaak word. Dit kan in plaas van paraffien

vir kookdoeleindes gebruik word. Aangesien dit nie soos ’n gewone vloeistof kan stort nie, hou dit ’n kleiner

brandgevaar as paraffien in. Dit veroorsaak ook minder besoedeling. Hoewel dit nog nie in Kaapstad beskikbaar is

nie, is die regering ’n voorstander van hierdie brandstof, en behoort dit kort voor lank geredelik beskikbaar te wees.

Steenkool is gedereguleer en word deur privaat verspreiders verkoop. Die afstande wat na en van steenkoolmyne

afgelê moet word, maak hierdie brandstof betreklik duur, en daarom word dit op ’n minimale grondslag in Kaapstad

gebruik. Hout word in sommige huishoudings vir kosmaak, verhitting en bepaalde aktiwiteite soos braai en

bierbrou gebruik. Die meeste hout word informeel uit plaaslike uitheemse plantasies bekom.

Kaapstad ondersoek die Verordening insake Sonwaterverhitters‘n Sonwaterverhitter gebruik die son se energie om water te verhit, en lei so tot ’n groot vermindering in

elektrisiteitsverbruik (sien “Praktiese stappe” hieronder). Na aanleiding van die strategie oor energie en

klimaatsverandering (2005) ontwikkel die Stad Kaapstad tans ‘n Verordening insake Sonwaterverhitters. Indien dit

aanvaar word, sal die Stad die eerste in Suid-Afrika wees om saam met ’n handvol voorste wêreldstede plaaslike

energiebestuur deur middel van ’n Verordening insake Sonwaterverhitters te rig.

Die konsepverordening bepaal dat alle nuwe geboue in die Stad, en alle aanbouings by bestaande geboue waar

warm water gebruik word, voortaan oor sonwaterverhitterstelsels moet beskik. Die wetgewing verleen vrystelling

aan geboue wat weens historiese of strukturele redes nie vir sodanige stelsels geskik is nie. Om finansiële redes

word enige privaat gefinansierde residensiële gebou onder die huidige subsidievlak (ongeveer R36 000) ook van

hierdie wetgewing vrygestel. Die verordening is nie daarop gemik om ’n swaar las op enigiemand se skouers te laai

nie, en daarom sal geboue waar die koste van ’n sonwaterverhitter meer as sowat 5% van die gebou se totale koste

sal uitmaak, waarskynlik ook vrystelling ontvang.

43

eNeRGie

Uitvaardiging is egter bloot die eerste stap. Die werklike uitdaging is om ingevolge die verordening se voorgenome

doelwitte ‘n sukses daarvan te maak. In hierdie verband is dit uiters belangrik om ’n goed funksionerende raamwerk

in plek te hê wat alle belanghebbendes die versekering bied dat die sonwaterverhitters (tegnies) sal werk en dat die

verwagte energie-, omgewings- en ontwikkelingsbesparings en -impakte bereik kan en sal word.

Vervoer in ons StadSoos in ander Suid-Afrikaanse stede het mense in Kaapstad hulleself wyd uitmekaar gevestig en het

apartheidsbeplanning daartoe gelei dat informele nedersettings ver van werksgebiede tot stand gekom het.

Dit veroorsaak lang daaglikse pendeltogte vir inwoners van hierdie gebiede. Privaatvervoer is die oorheersende

vervoermiddel in Kaapstad. Tussen 1990 en 2000 het voertuigbesit in Kaapstad met 45% toegeneem. Meer as

die helfte van al die energie wat in Kaapstad gebruik word, word vir vervoer aangewend. Die vervoersektor is

verantwoordelik vir die meeste koolsuurgasvrystellings, en is dus die grootste bydraer tot

klimaatsverandering.

Petrol- en dieselverbranding dra ook grootliks tot beide distikstofmonoksied- en

swaweloksiedvrystellings in die Stad by. Distikstofmonoksieddeeltjies is verantwoordelik

vir die bruin mis wat op windstil dae duidelik oor die Stad te sien is. Die nasionale

regering probeer tans met behulp van die Departement van Omgewingsake en Toerisme

se nasionale voertuiguitlaatstrategie ons brandstof suiwer. Lood in petrol is reeds vroeg in

2006 uitgefaseer. Katalitiese omsetters sal teen 2008 in alle nuwe (ingevoerde én plaaslik

vervaardigde) voertuigmodelle gemonteer word. Ou voertuie bly egter op ons paaie, en

selfs mét verbeteringe bly skadelike gifstowwe steeds in ons brandstof agter. Dit stel die

gesondheid van diegene wat langs besige kruisings en paaie woon in gevaar. Minder

brandstofverbruik bly dus ’n belangrike teiken.

In 1998/9 is ‘n metropolitaanse vervoerowerheid tot stand gebring en is ‘n aantal

vervoerfunksies aan die Stad gedelegeer. Spoorkonsessies het egter ’n nasionale

regeringsfunksie gebly. Die provinsie en die Stad Kaapstad herstruktureer tans openbare

vervoer. Sonder enige beheer oor treindienste konsentreer hierdie herstrukturering

egter op padgebonde openbare vervoer. Die Stad bevorder tans ’n aantal fietsprojekte

en beter voetgangergerigte beplanning, en doen ook stappe om patrone van stedelike

groei en ontwikkeling in toom te hou ten einde die afstande tussen woon- en

werkplekke te laat krimp.

Kaapstad se passasierspoordiens word deur Metrorail verskaf terwyl Golden Arrow-

busdiens die alleenverskaffer van geskeduleerde busdienste is. Minibustaxi’s word

as individuele of klein ondernemings, en ingevolge permitte van die plaaslike

padvervoerraad (wat binnekort as deel van die Taxiherkapitalisasieprogram na formele lisensies opgegradeer gaan

word) bedryf. Minibustaxi’s loop vanaf sowat tagtig formele taxistaanplekke en ongeveer ‘n honderd ander oorde.

Daar bestaan ook toevoerdienste na treinstasies, langerafstandroetes en korridordienste wat passasiers langs besige

strate op- en aflaai. Die nasionale regering se Taxiherkapitalisasieprogram is daarop gemik om oorlading en die

aantal voertuie op die pad te verminder.

eNeRGie iN JOU HUiS

44

eNeRGie

Kaapstad se verslag oor die stand van energie toon dat huishoudings vir 15% van die algehele energieverbruik en

38% van die algehele elektrisiteitsverbruik in Kaapstad verantwoordelik is. Vloeibare brandstof vir vervoer maak die

helfte van Kaapstad se algehele energieverbruik uit.

Energie is ‘n groot uitgawe vir baie van Kaapstad se armer huishoudings, wat dikwels soveel as 15 tot 25% van

hulle inkomste daaraan bestee. Bykans alle huise in Kaapstad is nou met elektrisiteit toegerus. Baie mense gebruik

egter steeds paraffien vir kosmaak- en verhittingsdoeleindes aangesien hulle waarskynlik nie nuwe elektriese

toebehore of elektrisiteit kan bekostig nie. Paraffien kan ook in klein hoeveelhede gekoop, van bure geleen of

op skuld van plaaslike spazawinkels bekom word indien kontant skraps is. Hoewel brandhout “gratis” bymekaar

gemaak kan word, is dit uiters tydrowend en soms selfs gevaarlik. Die gevaar bestaan ook dat die omgewing weens

oormatige houtkappery kan skade ly. Plakkershutbrande, swak luggehalte in huishoudings, die tydrowendheid van

houtinsameling, en paraffienvergiftiging is ’n paar van die “energielaste” waaronder armer inwoners van Kaapstad

gebuk gaan.

Middel- tot hoë-inkomstehuise gebruik gemiddeld twee keer soveel energie as laerinkomstehuise in Kaapstad, en is

dus vanweë hulle hoër elektrisiteitsverbruik (wat baie koolstof produseer) vir tot drie keer meer koolstofvrystellings

45

eNeRGie

verantwoordelik. Aangesien ons elektrisiteitspryse in Suid-Afrika baie laag is,

bestee middel- tot hoë-inkomstehuise maar ongeveer 3 tot 5% van hulle inkomste

daaraan. Dus bestaan daar geen groot finansiële aansporing vir huishoudings om

deur meer doeltreffende elektrisiteitsverbruik geld te spaar nie. Elektrisiteitspryse

sal egter na verwagting begin styg.

Deur te weet hoeveel energie jou huishouding gebruik – én waarvoor – sal jy die

elektrisiteitsverbruikareas kan uitwys wat jy in jou huis kan verbeter. Hierdeur sal

jy geld spaar, jou gesin en omgewing se gesondheid en veiligheid verbeter, en ons

Stad se energieteikens kan nastreef.

Huishoudings kan hulle elektrisiteitsverbruik met 20 tot 30% verminder – dikwels

met weinig of geen onkoste. Kragstasies gebruik twee liter water vir elke eenheid

elektrisiteit (1 kWh) wat opgewek word. Deur elektrisiteit te bespaar, bespaar jy

dus ook water!

Kyk hoe jy energie en geld in jou huis kan bespaar

Huishoudings wat hoofsaaklik elektrisiteit gebruik

Hierdie oefening sal jou help verstaan wáár jy elektrisiteit in jou huis gebruik en waar jy moontlik

kan bespaar. Die lys van tipiese huishoudelike toebehore se elektrisiteitsverbruik hieronder sal jou

hiermee bystaan.

Stap 1: Data-invordering

* Lys die toestelle in jou huis in kolom 1 van die tabel.

* Teken die elektrisiteitskrag (W) van elke toestel in kolom 2 aan. Toestelkrag word gewoonlik op die toestel

self aangedui. Dit dui egter dikwels die maksimum kragverbruik aan wat veel hoër as gemiddelde verbruik kan

wees. Die tabel hieronder, “Elektrisiteitsverbruik van tipiese huishoudelike toestelle”, bied ramings vir algemene

toestelle, en kan daarom van groter nut wees.

* Boekstaaf nou in kolom 3 hoe lank (aantal uur) elke toestel per dag gebruik word. (Neem verskille in week- en

naweekgebruik, en somer- en wintergebruik in ag, en werk self ‘n gemiddeld uit.)

Let wel: Sommige toestelle, soos yskaste en warmwatersilinders, skakel vanself met tussenposes aan. In sulke gevalle sal die tabel “Elektrisiteitsverbruik van tipiese huishoudelike toestelle” jou help om die verbruik te raam.

* Indien jy oor meer as een van enige toestel beskik, soos gloeilampe, dui dit in kolom 4 aan.

Stap 2: Berekeninge

* Bereken jou daaglikse elektrisiteitsverbruik met behulp van die volgende eenvoudige formule: (watt x uur

gebruik per dag)/1 000 = daaglikse verbruik

46

eNeRGie

Let wel: 1 kilowatt (kW) = 1 000 watt

Wat jy dus hier doen is om kolom 2 met kolom 3 en (in geval van meer as een toestel) met kolom 4 te

vermenigvuldig. Hierdie finale syfer word dan deur 1 000 gedeel om dit van watt-uur na kilowatt-uur om te skakel.

Skryf hierdie totaal in kolom 5.

* Om jou maandelikse verbruik te verkry, vermenigvuldig jou totale daaglikse syfer met 30 (dae), en skryf die

antwoord in kolom 6 neer.

* Tel nou jou totale kWh-verbruik vir alle toestelle op om jou algehele elektrisiteitsverbruiksyfer te verkry.

Stap 3: Identifiseer prioriteitsgebiede vir ingryping en moontlike besparing

Bestudeer jou resultate. In watter dele van jou huis gebruik jy die meeste elektrisiteit? Deur hierdie vraag te

beantwoord en eenvoudige, doeltreffende en kostebesparende stappe (soos in die volgende gedeelte uiteengesit)

te doen, sal jy jou elektrisiteitsverbruik kan verminder.

Tipiese middel-inkomstehuise mét elektrisiteit gebruik om en by 774 kWh/maand (ongeveer R250/maand se)

elektrisiteit. Die meeste hiervan – tot soveel as 60% - word vir waterverhitting deur die warmwatersilinder

aangewend. Verligting is dikwels die tweede grootste elektrisiteitsverbruiker. Die installering van sonwaterverhitters

en oorskakeling na fluoresseerpuntligte kan beduidende besparings in huishoudelike energieverbruik teweegbring.

Ouditblad vir huishoudelike elektriese toestelle

1 2 3 4 5 6

ToestelKragverbruik (watt)

Uur/dag in gebruik

Aantal toestelle

Gemiddelde kWh per dag (watt x uur/1 000)

Gemiddelde kWh per maand

bv. gloeilamp -

gloeilamp60 W 4 7

60 x 4 x 7 = 1 680/1 000

= 1,68x 30 = 5,04

Totale

elektrisiteitsverbruik

47

eNeRGie

elektrisiteitsverbruik van tipiese huishoudelike toestelle

Toestel Kragverbruik (watt)

Gem. uur/dag in gebruik

Toestel Kragverbruik (watt)

Gem. uur/dag in gebruik

Beligting Verkoeling

Gloeilamp (40W) 40 5 Vrieskas (kis) 105 4

Gloeilamp (60 W) 60 5 Yskas met vrieskas 158 5

Gloeilamp (100 W) 100 5 Yskas met vrieskas 250 2

Fluor. puntlig (12 W) 12 5 Huisinstandhouding

Fluor. puntlig (18 W) 18 5 Skottelgoedwasser 2 500 0.9

Fluor. puntlig (20 W) 20 5 Stofsuier 1 000 0.5

Sekuriteit (120W) 120 0.3 Wasgoed

Kosbereiding Strykyster 980 0.4

Koffiemasjien 670 0.5 Strykyster (stoom) 1 235 0.8

Elektriese oond 3 000 2 Wasmasjien 3 000 0.75/bondel

Braaipan 1 250 0.4 Tuimeldroër 3 300 0.5/bondel

Kookplaat, groot 2 400 0.3 Musiek, vermaak, tuiskantoortoerusting en ander

Kookplaat, klein 1 275 0.2 Diefalarm 10 24

Ketel 1 900 0.3 Selfoonlaaier 9 2

Mikrogolfoond 1 230 0.8 CD-speler 9 0.4

Broodrooster 1 010 0.3 Rekenaar 134 1.5

Snackwich 1 200 0.3 Koordlose telefoon 2 15

Voedselverwerker 166 0.2 Faksmasjien 45 13.6

Warmwatersilinder Haardroër 647 0.1

Warmwatersilinder (elektries) 2600 4.4 Radio 12 3

Warmwatersilinder

(sonkrag met elektriese

ondersteuning)

2 600 1.7 M-Net-dekodeerder 28 12.1

Ruimteverhitting Modem 8 24

Lugverkoeler 1 000 2.4 Drukker (laser) 500 0.1

Elektriese kombers 133 5.5 Naaimasjien 100 0.4

Olieverwarmer (groot) 1 850 1.8 Antwoordmasjien 5 15.6

Olieverwarmer (klein) 1240 0.3 TV 37 cm kleur 50 6

Waaierverwarmer 2 000 1.9 TV 70 cm kleur 100 6

Kapillêre verwarmer 1 500 2.2 Video-opnemer 27 4.7

Verwarmer 1 staaf 779 1

Verwarmer 2 stawe 1 320 1.4

Verwarmer 3 stawe 2 000 2.2

48

eNeRGie

– lees verder om meer hieroor uit te vind!

Huishoudings wat verskeie brandstowwe gebruikHierdie oefening ondersoek geldbesteding aan brandstof eerder as algehele energieverbruik. Wanneer jy verstaan

watter dinge in jou huis die meeste energie (en geld) verbruik, sal jy moontlike plekke vir besparing kan identifiseer.

Stap 1: Data-invordering

* Lys die brandstowwe wat jy gebruik, soos paraffien, gas, batterye, elektrisiteit en hout, in kolom 1 van die

tabel.

* Skryf in kolom 2 die verskillende aktiwiteite neer waarvoor jy elke brandstof gebruik, soos kosmaak, verligting,

musiek, verhitting, verkoeling of strykwerk.

* Boekstaaf in kolom 3 hoeveel jy van elke brandstof per week gebruik.

* Gebruik kolom 4 en skryf die prys per eenheid (soos liter of kilogram) van daardie brandstof neer.

Stap 2: Berekeninge

* Vermenigvuldig die hoeveelheid brandstof wat jy gebruik (kolom 3) met die koste per eenheid (kolom 4) om uit

te vind hoeveel elke brandstof jou per week kos. Skryf die resultaat in kolom 5 neer. Indien jy jou maandelikse

syfer wil kry, vermenigvuldig nog ‘n keer met 30 (dae).

Stap 3: Identifiseer prioriteitsgebiede vir ingryping en moontlike besparing

* Dink ‘n bietjie waaraan jy elke week die meeste geld aan brandstof bestee. Bestudeer hierdie hoofstuk vir

nuttige raad oor beter energiekeuses, en raadpleeg ook die gedeelte oor veiligheid aan die einde van hierdie

hoofstuk om te kyk of jy jou huis veiliger kan maak.

1 2 3 4 5

Soort brandstof AktiwiteitHoeveelheid per week (liters, kg, aantal)

Koste per eenheid (liters/kg/aantal)

Brandstofkoste/week (bedrag) x koste/eenheid)

Voorbeeld:

Paraffien Kosmaak 1 R3,55 R10,60

Totale koste

49

eNeRGie

Beraam jou familie se huishoudelike koolstofvrystellingsVerskillende brandstowwe stel verskillende hoeveelhede koolsuurgas vry. In Suid-Afrika stel elektrisiteit beduidende

vlakke koolsuurgas vry aangesien dit deur die verbranding van betreklik laegraadse steenkool opgewek word. Volg

die stappe hieronder vir ‘n vinnige raming van jou energieverbruik en verwante koolstofvrystellings. Let wel: Dit sluit

vervoerbrandstof uit. Dit sal in die gedeelte oor vervoer bereken word.

Stap 1: Skryf met behulp van bogenoemde oudits of na aanleiding van jou elektrisiteits- en/of brandstofrekening,

jou maandelikse brandstofverbruik in kolom 1 neer.

Stap 2: Vermenigvuldig dit met die waarde wat in kolom 2 aangedui word (bv. 1,08 vir elektrisiteit). Dit gee jou jou

koolsuurgasvrystellings per maand in kilogram. Skryf dit in kolom 3 neer.

Stap 3: Vermenigvuldig hierdie syfer met 12 (maande) (kolom 4) om jou jaarlikse koolsuurgasvrystellings te

bereken, en tel alles bymekaar vir vrystellings deur alle brandstowwe.

1 2 3 4

Indien elektrisiteit: _____

____kWhx 1,08 kg CO

2 per kWh ________kg CO

2/maand ________kg CO

2/jaar

Indien VP-gas: ______kg x 3,09 kg CO2 per kg ________kg CO

2/maand ________kg CO

2/jaar

Indien paraffien: ___liters x 2,58 kg CO2 per liter ________kg CO

2/maand ________kg CO

2/jaar

Totale energieverwante vrystellings uit jou huis _______ kg CO2/maand ________kg CO

2/jaar

Vergelyk jou huishouding se koolstofvrystellings met tipiese maandelikse

koolsuurgasvrystellings uit ander Kaapse huise.

Soort huishouding kg CO2/maand

Gem. lae-inkomste- Kaapse huis

sonder elektrisiteit146

Gem. lae-inkomste- Kaapse huis

mét elektrisiteit193

Gem. lae-inkomste- Kaapse huis 737

* Hierdie syfers sluit

vervoeruitlaatgasse uit.

50

eNeRGie

Ruk jou huis regMatthew Walton is versot op sy historiese plaasstylhuis en ruim eiendom in Dieprivier. Matthew het

ook ‘n vurige belangstelling in omgewingskwessies, en aan die einde van 2003 was dit tyd om sy huis

reg te ruk!

‘n Oudit wat na energie- en watergebruik kyk is in die Walton-huis onderneem. Die oudit het ook

ondersoek of dieselfde water- en energiedienste nie op ‘n meer doeltreffende wyse voorsien kon word nie

– sonder om die lewensgehalte van die Walton-huis te verander. Die oefening het ‘n paar belangrike veranderinge

tot gevolg gehad.

energie

* Nege konvensionele gloeilampe (60 en 100 watt) is met fluoresseerpuntligte (9 en 11 watt) vervang. Dit het

twee buiteligte ingesluit.

* Die Waltons se warmwatersilinder is met ‘n reëlaar toegerus. Dit is gestel om vroegoggend aan te gaan sodat

die gesin warm water sal hê wanneer hulle soggens opstaan, die meeste van die dag af te wees, en weer

betyds aan te gaan vir badtyd saans.

* ‘n Tweede ou warmwatersilinder is in die plafon ontdek. Hoewel hierdie silinder nie meer in gebruik is nie, was

dit steeds aan, en het dit hitte verloor en elektrisiteit vermors om regdeur die dag en nag te selfverhit. Hierdie

warmwatersilinder is afgeskakel.

* Die Walton-gesin het ook ‘n “Hot Box” (prutkissie) ontvang om kookkoste te verminder.

Water

* ‘n Swakstroom-stortkop is geïnstalleer. Dit laat ‘n swakker stroom water deur die spuitstuk vloei sonder om

druk in te boet. Die stort voel daarom nog presies dieselfde! Die gastetoilet is met ‘n hippospoelsak toegerus,

en ‘n veelspoelstelsel is in die drie gesinstoilette geïnstalleer.

* Die kombuiskrane is met belugters toegerus.

Vóór hierdie veranderinge was die huishouding se gemiddelde maandelikse elektrisiteitsverbruik 3 122 kWh, en het

dit hulle elke maand R1 217 uit die sak gejaag. Die veranderinge het R738 gekos om aan te bring. Die maand ná die

veranderinge het die Waltons se elektrisiteitsverbruik op 1 794 kWh gestaan – ‘n maandelikse besparing van 1 327

kWh. Nou was hulle maandelikse rekening ‘n skamele R700, en het dit dus R500 in die gesin se sak teruggesit. Met

hierdie besparing het die gesin die koste van die veranderinge binne ses weke vereffen.

Vóór die veranderinge het die Waltons maandeliks gemiddeld 40,5 kl water teen sowat R400/maand gebruik.

Die veranderinge het die Walton-gesin R1 385 gekos waarvan die meeste aan die installering van die drie

veelspoelstelsels bestee is. Die maand ná die veranderinge was die Waltons se watergebruik bloot 26,9 kl – ‘n

besparing van 13,5 kl water elke maand. Hulle maandelikse waterrekening was nou ongeveer R270, ‘n besparing

van sowat R130 per maand. Hiermee het die gesin die veranderinge binne tien maande afbetaal.

51

eNeRGie

Een persoon in ‘n gemiddelde, groot motor

12 liter per 100 km

Een persoon in ‘n gemiddelde, klein motor

8 liter per 100 km

Vier persone in ‘n gemiddelde, groot motor

4 liter per 100 km

Vier persone in ‘n gemiddelde, klein motor

3 liter per 100 km

Bus met veertig passasiers

2 liter per 100 kmTrein met driehonderd passasiers

1.8 liter per 100 km

Van punt A na B: Vervoer en jou huishoudingOns vervoermiddele na die skool, werk en elders het ‘n groot impak op ons omgewing, tensy ons stap of fiets

ry. Doen hierdie vinnige oefening indien jy met ‘n privaatmotor reis om ‘n prentjie te vorm van die impak wat jou

uitlaatgasse (koolsuurgas) op die omgewing het:

Stap 1: Bereken die gemiddelde afstand (in kilometer) wat jy weekliks per motor reis, en skryf dit neer.

Stap 2: Vermenigvuldig dit met 52 weke om jou gemiddelde jaarlikse reisafstand te bepaal.

Stap 3: Vermenigvuldig jou jaarlikse reiskilometers met 0,3 kg koolsuurgas = ______________kg uitlaat-/

koolsuurgas elke jaar.

Gemiddelde afstand wat per liter brandstof afgelê kan word

Stap en fietsry is natuurlik selfs meer brandstofdoeltreffend!

PRAKTieSe STAPPe

52

eNeRGie

Ons huise funksioneer deur middel van energie. Elke keer wat ons ‘n toestel aanskakel, ‘n lig aansit, kos kook, of

water verhit, gebruik ons energie. Van al die koolsuurgas wat vanaf die aarde in die atmosfeer vrygestel word,

kom 25% uit huishoudelike energieverbruik. Dit beteken dat stappe om energieverbruik in ons huise te verminder

‘n werklike verskil kan maak. Meer doeltreffende energieverbruik sal jou ook help geld spaar. Brandstof kan ook

gevaarlik wees, en daarom sal die beste energiekeuses jou huis ‘n veiliger plek maak.

Koop energiedoeltreffende toestelleVerskillende masjiene gebruik verskillende hoeveelhede energie om dieselfde taak te verrig. Dit beteken dat

wanneer jy ‘n nuwe toestel aankoop, jy voor ‘n belangrike keuse staan om ‘n verskil te maak, aangesien jou keuse

jou energieverbruik vir die volle gebruiksduur van daardie toestel sal beïnvloed.

Die regering is tans besig om ‘n gestandaardiseerde merkstelsel vir energiedoeltreffendheid te ontwikkel wat teen

2007 voltooi behoort te wees. Hiervolgens sal alle nuwe elektriese toestelle ‘n etiket hê wat die betrokke toestel se

energievereistes en -doeltreffendheid uiteensit sodat die verbruiker die verskillende toestelle so kan vergelyk. Hierdie

werkverrigtingsevaluering word volgens Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde (SANS) gedoen, en die etiketontwerp

lyk presies soos dié wat Europese Unie-lande gebruik. Toestelle in die “A”-klas is mees energiedoeltreffend, terwyl

dié in klas “G” minste doeltreffend is.

53

eNeRGie

Waterverhitting

Die beste keuse

Gebruiklike elektriese warmwatersilinders gebruik soveel as 60% van jou huishouding se elektrisiteit.

Waterverhitting oor ‘n oop vlam of op ‘n stoof kan tot brande en brandwonde aanleiding gee. Op die lange duur is

dit ook die minste kostedoeltreffende opsie. Hoewel sonwaterverhitters aanvanklik duur is om te installeer, is dit op

lang termyn ‘n veel meer ekonomiese en omgewingsvriendelike opsie.

Sonwaterverhitting (SWV)

Suid-Afrika geniet sterk en gereelde sonlig regdeur die jaar, en het een van die hoogste sonbestralingsyfers (ure

sonlig) in die wêreld. Ten spyte hiervan beskik minder as 1% van Suid-Afrikaanse huishoudings oor SWV’s. Dit is

grootliks te wyte aan die aanvangskoste vir installering, maar ook omdat baie mense bloot nie genoeg daarvan

weet nie. In lande soos Israel het ongeveer 60% van huishoudings ‘n SWV.

Sonwaterverhitting maak op die oorvloedige energie van die son staat. Hoewel SWV-stelsels elektriese

ondersteuning kan hê, gebruik dit steeds veel minder elektrisiteit. Dit beteken “gratis” warm water, minder

besoedeling én warm water tydens kragonderbrekings! SWV-stelsels verg min instandhouding ná installering, en

het ‘n tipiese gebruiksduur van twintig jaar of meer. Nie net sal dit jou help geld spaar nie, maar dit is ook ‘n groot

bate wanneer jy jou huis wil verkoop.

Hoe werk sonwaterverhitters?

SWV’s berus op eenvoudige, betroubare tegnologie. Die stelsels het twee hoofonderdele:

* ‘n plat, swart paneel wat as die “sonkollektor” bekend staan waardeur water vloei en deur die son verhit word; en

* ‘n geïsoleerde opgaarsilinder waarin warm water geberg word totdat jy dit nodig kry.

Die swart sonkollektorpanele word op ‘n dak gemonteer wat noord front, en verhit water mees doeltreffend

wanneer dit teen ‘n hoek van tussen 17 en 23° op die dak geplaas word. Die opgaarsilinder kan óf op die dak (‘n

sterkgekoppelde stelsel) óf in die dak (‘n splitstelsel) geïnstalleer word, maar moet altyd bo die sonkollektor wees.

Omdat dit swart is, neem die sonkollektor hitte van die son op om die water in die kollektor te verhit. Verhitte water

is minder dig as koue water, en styg na die bokant van die tenk, terwyl koeler vloeistowwe swaarder is en afsak.

Koue water in die silinder word afwaarts verplaas en veroorsaak so ‘n siklus deur die kollektor waar dit deur die son

verhit word. Hierdie “watersirkelbaan” staan as die termoheweleffek bekend.

Wanneer daar geen sonskyn is nie, stop die termoheweleffek. Goeie tenk-isolasie sal verseker dat die water binne-in

die tenk vir ‘n hele ruk warm bly. Die meeste stelsels het ook elektriese ondersteuning vir dae sonder sonlig, of vir

wanneer die huishouding meer warm water as gewoonlik nodig kry.

Die besluit om ‘n SWV te installeer

Afhangende van die grootte kos SWV-stelsels enigiets tussen R3 500 (integrale stelsel) en R20 000. Vir ‘n

gemiddelde huis van vier mense sal ‘n sonwaterverhitterstelsel met elektrisiteitsondersteuning ongeveer R7 500 tot

R12 000 kos.

Gestel ‘n gesin met vier lede se gemiddelde maandelikse elektrisiteitsrekening is R500, sal ‘n sonwaterverhitter

daardie gesin ongeveer R200 per maand spaar. Binne die bestek van ‘n jaar kom dit op ‘n besparing van R2 400

54

eNeRGie

neer. Jy sal ook waarskynlik heelwat meer begin spaar namate elektrisiteitspryse oor die volgende vyf jaar styg ten

einde die bou van nuwe kragstasies te finansier.

Dit beteken dat jy binne vyf jaar ná installering ‘n sonwaterverhitter ter waarde van R12 000 sal kan afbetaal.

Daarna is alle besparings suiwer geld terug in jou huishouding se sak. Indien jy in elk geval jou warmwatersilinder

moet vervang, maak dit selfs meer sin. Bo en behalwe die geldbesparing, sal jy ook binne net een jaar ná installering

van ‘n SWV voorkom dat sowat 2 400 kg koolsuurgas in ons atmosfeer vrygestel word.

Die goedkoopste manier om ‘n SWV te koop is om kontant daarvoor te betaal of van jou huisverband gebruik

te maak. Indien jy nie ‘n SWV kan bekostig wanneer jy jou warmwatersilinder dringend moet vervang nie, kan

jy ‘n SWV-versoenbare warmwatersilinder kies en eenvoudig later ‘n sonkollektor byvoeg. ‘n SWV-versoenbare

warmwatersilinder is gewoonlik beter geïsoleer as ’n konvensionele een en met bykomende inlaat- en uitlaatpype

toegerus om die termoheweleffek moontlik te maak.

Son, sonder sukkel

Jy kan ook jou water verhit deur eenvoudig ‘n swart emmer met ‘n 50 liter inhoudsmaat te gebruik. Die

emmer MOET skoon wees en mag geen chemikalieë bevat nie. Maak seker waar jou emmer vandaan

kom. Moet nooit ‘n ou emmer hergebruik nie, maar koop eerder ‘n nuwe een om water in te verhit.

Wenke vir ‘n doeltreffende warmwatersilinder

* Indien jou warmwatersilinder of die pype wat daaruit kom te warm is om aan te vat, beteken dit die

silinder verloor hitte en vermors energie.

* Isoleer jou warmwatersilinder en -pype met behulp van silinderisolasiepype of deur ‘n kombers of koerant

daarom te draai. Dit werk ook goed om eers materiaalwatteersel (waarmee kwilts en duvets gevoer word) en

daarna swaardiens-aluminiumfoelie met ‘n tou om die warmwatersilinder te draai.

* Verlaag die temperatuur op die warmwatersilinder. Die ideaal is 50 °C in die somer en 60 °C in die winter. Die

meeste warmwatersilinders word egter op 65 °C gestel. Deur die termostaat 1 °C koeler te stel, kan jy jou

verhittingskoste met 10% besnoei.

* Installeer ‘n reëlaar wat die warmwatersilinder op ’n vasgestelde, voorafbepaalde tyd laat aangaan, en voorkom

so dat die silinder water verhit wanneer jy dit nie nodig het nie. Let wel: Die reëlaar is bloot doeltreffend indien

die warmwatersilinder geïsoleer is.

* Vertikale warmwatersilinders is meer energiedoeltreffend as dié wat horisontaal geplaas word.

Kosmaak

Die beste keuse

Uit ‘n omgewings- én finansiële oogpunt is ‘n gaskookblad met ‘n elektriese oond, of ‘n gasring en elektriese

kookplaat goeie opsies vir kosbereiding. Gas kan egter moeilik verkrygbaar wees. Hoewel ‘n paraffienstoof

goedkoop is om te koop, hou dit ‘n groot brandgevaar in en moet dit daarom met groot sorg gebruik word. ‘n

Prutkissie (“Hot Box”) vul enige kooktoestel uitstekend aan.

55

eNeRGie

Gratis kosmaak – die warmkas

‘n Prutkissie bestaan uit twee kussings wat met polistireen gevul is. Die

toestel kos ongeveer R140. Jy kan egter dieselfde effek verkry deur eenvoudig

‘n pot in ‘n kombers of slaapsak toe te draai. Gebruik dus ‘n prutkissie vir

kookdoeleindes, en besnoei jou kookkoste met tot 60%.

Kos soos rys, pap, sop of bredies wat op die stoof tot kookpunt verhit is, kan

bedek in die prutkissie geplaas word. Die kussings of kombers sal die hitte

binnehou, en die kos sal dus aanhou kook. Let wel: Moenie die prutkissie gebruik as jy met olie kook nie.

Geregte word gewoonlik binne dieselfde tyd gaar as met gewone

kookmetodes, met die byvoordeel van groter voedingswaarde en beter smaak

en tekstuur (aangesien dit by ‘n laer temperatuur kook). Dit is op die koop toe

makliker om jou potte skoon te maak aangesien die kos nie aanbrand nie.

Salathiso is ‘n groep MIV-positiewe vroue uit die Kayamandi-gemeenskap in die buitewyke van

Stellenbosch. Hulle het in groepsverband prutkissies begin maak – ‘n produk wat hulle in antwoord

op hulle eie energieprobleme gebaseer het om so hoë brandstofkoste te besnoei. Die vroue deel die

wins uit hulle verkope. Vir die grootste deel van die groep is dit die enigste bron van inkomste. Om

hierdie projek te ondersteun, meer oor ‘n prutkissie uit te vind, of dalk een te bestel, skakel Wendy

Walton by (021) 683 8597.

Wenke vir kookdoeltreffendheid

* Maak seker dat die rubberseëls op oonde nie deurgeslyt of verweer is nie, aangesien die oond dan meer

elektrisiteit sal gebruik.

* Koop die kleinste toestel moontlik vir jou bepaalde kookbehoeftes. Dit sal brandstof bespaar.

* Gaan die energiedoeltreffendheid van kooktoestelle na voordat jy koop. Wanneer jy ‘n

paraffienstoof of gasring koop, vra die handelaar om jou ‘n “SABS-magtigingsbrief” te wys,

en as jy steeds twyfel, bel die SABS-reguleerder by 012 428 6375. Die SABS se stempel van

goedkeuring is nie ’n waarborg van gehalte en veiligheid nie.

* Gebruik ‘n ketel om water te kook. ‘n Ketel gebruik 50% minder elektrisiteit as wanneer jy water in ‘n

pot op die stoof sou verhit. Kook slegs soveel water as wat jy nodig het, maar maak seker dat die element ten

minste toe is onder water.

* Week bone, stampmielies en lensies oornag – dit spaar tyd, geld en heelwat kookure.

* Hou jou paraffienstoof skoon aangesien dit die toestel meer doeltreffend maak – jou brandstof sal langer hou

en die rook wat die stoof afgee sal nie so giftig wees nie.

* Draai die hitte af sodra ’n pot kos kookpunt bereik het – die kos sal doeltreffend aanhou kook. Dit hoef nie die

hele tyd by die hoogste temperatuur te kook nie.

56

eNeRGie

Verkoeling

Die beste keuse

‘n Elektriese yskas is die beste opsie. Indien daar nie elektrisiteit is nie, moet huishoudings tussen gas en paraffien

kies. Hoewel paraffien goedkoper is, is dit minder gesond en veilig. Gas is wel skoner en meer doeltreffend, maar

effens duurder as paraffien.

Wenke vir doeltreffende verkoeling

* Koop energiedoeltreffende yskaste en diepvrieskaste. Vra vir ‘n yskas met ‘n hoogs doeltreffende kompressor

en ‘n BLDC- (“brushless direct current”-)waaiermotor om energie te help bespaar. Vergelyk verbruiksyfers van

verskillende modelle. Hierdie inligting kom gewoonlik saam met die produk.

* Hou altyd ‘n spasie agterin die yskas oop sodat lug om die kondensatorspoele kan sirkuleer. Hou ook hierdie

spoele stofvry aangesien dit die yskas minder doeltreffend kan maak.

* ‘n Vol yskas gebruik minder energie as ‘n leë een. Hou bottels water in jou yskas aangesien dit die koue sal

behou.

* Maak seker dat jou yskas se rubberseël in ‘n goeie toestand is sodat koue lug nie ontsnap nie. Indien die seël

deurgeslyt is en die yskas dus nie dig sluit nie, skryf die fabrikaat en model van jou yskas neer en nader die

vervaardiger, enige toestelwinkel of herstelplek naby jou vir ‘n nuwe seël. Om die ou seël te vervang, skroef

die voering tussen die buite- en binnedeur los, trek die ou seël uit, sit die nuwe rubberseël in, en vervang die

skroewe.

Jou huisligte

Die beste keuse

Elektriese verligting is die beste opsie, veral indien jy fluoresseerpuntligte gebruik. Paraffienligte is

goedkoop om aan te skaf, maar duur om te gebruik, en gee ook nie ‘n helder genoeg lig om by te lees of te studeer

nie. Kerse is gevaarlik en ‘n algemene oorsaak van brande.

57

eNeRGie

Fluoresseerpuntligte (“Compact fluorescent lamps”/CFL’e)

Fluoresseerpuntligte skakel 80% van die energie wat dit gebruik in lig, en slegs 20% in hitte om. Tradisionele

gloeilampe skakel 20% van die elektrisiteit wat dit nodig het in lig, en 80% in hitte om. Hoewel hierdie tipe ligte

drie tot vyf keer duurder is as gewone gloeilampe, hou dit ses tot tien keer langer, en is dit daarom uiteindelik

goedkoper as gewone gloeilampe. Geen spesiale toebehore is nodig nie – vervang bloot jou bestaande gloeilamp

met ‘n CFL.

CFL’e is in alle supermarkte en hardewarewinkels te kry. Die pryse wissel na gelang van vorm en watt-sterkte. ’n

Tipiese huishoudelike gloeilamp (11 W as plaasvervanger vir ‘n 60 W-gloeilamp) kos om en by R12,00.

Deur ‘n 11 watt-CFL in plaas van ‘n 60 watt-gloeilamp te gebruik, sal jy ongeveer 570 kWh oor die gebruiksduur

van die CFL bespaar – en dus oor ’n gebruikstydperk van tien jaar ongeveer 570 kg minder koolsuurgas die

atmosfeer instuur. Indien elke huishouding in Kaapstad dit doen, sal ons die hoeveelheid koolsuurgasvrystellings in

die atmosfeer oor ’n tydperk van tien jaar met 313 500 ton verminder. Dit sou ook spitsaanvraag met ‘n beduidende

40 megawatt (MW) verminder.

’n Paar dinge om op te let

* Onthou, jou CFL bevat kwik. Wanneer dit daarom (ná ses tot tien jaar) uitbrand, moet jy dit eers in ‘n

plastieksak toedraai voordat jy dit weggooi ten einde die omgewing te beskerm.

* Die meeste CFL’e kan nie saam met dempskakelaars gebruik word nie.

* Moenie CFL’e in badkamers gebruik nie aangesien die stoom die elektronika binne-in die ligte kan beskadig.

* CFL’e bespaar die meeste energie wanneer dit vir ten minste twee tot drie uur per dag aangelaat word. Indien

dit gereeld aan- en afgesit word, sal ’n CFL weinig verskil aan elektrisiteitsverbruik maak.

* Hierdie tipe ligte neem ook ongeveer vyf minute om volle helderheid te bereik.

* CFL’e moet genoeg ruimte rondom die installering hê sodat lug daarom kan sirkuleer.

* Moenie CFL’e by liggeaktiveerde aftakkers inprop nie – dit verkort die gebruiksduur van die lig én die aftakker.

* Kry ‘n CFL met ‘n ingeboude sensor.

leD-trosgloeilampe

LED-trosgloeilampe is die nuutste ontwikkeling in verligtingstegnologie – met ‘n gebruiksduur van vyftien tot

twintig jaar, en ‘n skamele energieverbruik van 1,08 watt per gloeilamp (‘n 95%-besparing per lig in vergelyking

met ‘n gewone gloeilamp). Om die verwagte gebruiksduur van ’n enkele LED-trosgloeilamp te ewenaar, sal jy

ten minste vyftig gloeilampe moet koop. LED’s is vir stemmingsverligtingdoeleindes in ’n verskeidenheid kleure

beskikbaar. In teenstelling met tradisionele gloeilampe wat van gekleurde glas gebruik maak, maak die golflengte

van ’n LED die verskil. Hoewel hierdie tegnologieveld vinnig ontwikkel, is LED’s steeds betreklik duur, en word dit

tans vir taakgerigte verligting of beligting (bo ‘n lessenaar of skildery) en dekoratiewe doeleindes gebruik.

58

eNeRGie

’n Snoesige huis in die winter; ’n koel huis in die somer

Die beste keuse

Gasverwarmers is baie doeltreffend, maak ‘n hele vertrek vinnig warm, en is die beste toestel wanneer ‘n mens

koste, veiligheid en gesondheid in aanmerking neem. Dit is egter belangrik om gas slegs in ’n goed geventileerde

vertrek te gebruik. In die geval van gasverwarmers moet gasbottels en -toestelle en maklike hervullingsprosedures

ook in plek wees. Gasverwarmers is duurder as ander opsies, maar hou langer. Die elektriese olieverwarmer is meer

doeltreffend as die staafverwarmer, maar duurder om te koop. Steenkool, hout en paraffien is geredelik beskikbaar,

en kan vir beide kook- en verwarmingsdoeleindes gebruik word. Hoewel dit na ’n meer aanloklike opsie lyk, hou dit

egter gesondheids- en veiligheidsprobleme in.

Temperatuurwenke

* Moenie die oond- of stoofplaat gebruik om jou huis te verhit nie – ‘n (gas)verwarmer is meer doeltreffend en

veel goedkoper om te gebruik.

* Maak deure en vensters dig teen trekke – maak ‘n “deurwurm” uit afvalmateriaal. Doen ‘n bietjie naaldwerk en

maak ‘n lang wurm (10 cm in deursnee – ongeveer die deursnee van ‘n koeldrankblikkie). Stop nou die “wurm”

met sand. Plaas dit op die vloer aan die binnekant van die deur om die wind en trekke buite te hou.

Let wel: Trekke moet slegs afgekeer word indien die huis oor voldoende ventilasie beskik.

Ontwerp ‘n energiedoeltreffende huis

Verminder jou huishouding se energiebehoeftes met tot 70% deur eenvoudige ontwerpbeginsels wat minder

verligting, verhitting en verkoeling verg. Dit staan as passiewe sonontwerp bekend.

* Laat jou huis vir lig en sonskyn noord front.

* Aangesien die noordekant van jou huis die meeste son ontvang, behoort die dak daar (ten minste 40-60 cm)

verder oor te hang. In die somer wanneer die son hoog sit, sal die vensters in die skadu wees, terwyl dit in die

winter die son se strale sal deurlaat wanneer die son teen ’n lae hoek in die hemelruim sit.

* Vensterhortjies, sonkappe of skerms hou vertrekke koel deur die somer se warm sonstrale uit te hou.

* Op sonskyndae laat ‘n dakvenster natuurlike lig die huis binne, en skakel dit so die gebruik van kunsmatige

verligting uit. Maak egter seker dat die hellende glas van die dakvenster noord front.

* Natuurlike materiale (klip, hout, gras en klei) wat dikwels plaaslik verkrygbaar is, is die beste om ‘n koel huis in

die somer en ‘n snoesige huis in die winter te verseker. Modderstene is ’n uitstekende bron van isolasie.

* Steen- of betonvloere handhaaf gemaklike temperature in jou huis aangesien dit hitte goed gedurende die

dag absorbeer en dit dan stadig in die nag vrystel. Hierdie vloere behoort nie met matte bedek te word nie

aangesien ’n kaal betonvloer meer hitte as ’n matbedekte vloer absorbeer.

* Hitte gaan tien keer vinniger deur glasvensters as deur geïsoleerde mure verlore. Maak daarom in die dag jou

gordyne oop (laat die natuurlike lig en hitte in) en trek dit saans dig (hou die hitte binne).

* Plant ‘n bladwisselende rankplant of boom by ‘n stoep of op ‘n erf. In die somer sal hierdie lowerryke plante

skadu oor jou huis gooi. Wanneer die blare in die herfs afval, sal die kaal bome die sonstrale gedurende die

59

eNeRGie

kouer maande deurlaat om jou huis (deur die vensters) te verwarm.

* ‘n Sinkdak verloor baie hitte gedurende die winter, en raak baie warm in die somer. Isoleer die dak en verf dit

wit (wit weerkaats lig, en is daarom koeler) of gebruik aluminium of ander dakmateriale.

* ‘n Plafon en isolasie kan ‘n klein huis se energievereistes met soveel as 124 kWh per maand verminder – ‘n

geraamde besparing van R50,00/maand.

60

eNeRGie

Ses maklike stappe om ‘n plafon in te sit

1. Gaan jou dak vir moontlike lekkasies/gate na. Verf dit met bitumen (wat jy by ’n hardewarewinkel kan koop).

Gebruik plastieksakke om die gate tussen die bokant van die mure en die dak af te sluit.

2. Gebruik spykers en hang draad van die een kant van die vertrek na die ander – ongeveer 30 cm uitmekaar. Die

plafon sal dan bo-op hierdie draad rus.

3. Plaas twee of drie velle isoleerkarton tussen die draad en die dak. Onthou om ruimte tussen die karton en die

dak te laat aangesien hierdie luggaping die isoleer-effek tot gevolg het.

4. Gebruik kleeflint om stukke plastiek aanmekaar te heg. (Gebruik swart vullissakke of maak groot stukke plastiek

bymekaar en vou dit oop om groot velle plastiek te vorm.) Plaas hierdie plastiekvelle onder die isoleerkarton en

die draad. Daar mag geen gate in die plastiek wees nie.

5. Sit nou ‘n enkele laag karton onder die plastiek. As jy wil, kan jy hierdie laag verf.

6. Sit dan dun houtplanke op om te keer dat die plafon afsak.

* Met vergunning van S. Ward se The Energy Book (Sustainable Energy Africa)

Hoe om jou huis te isoleer

Isolasie tussen jou dak en plafon help baie vir ‘n snoesige huis in die winter en ‘n koel huis in die somer. Dit is

betreklik goedkoop en baie maklik om te doen. Die voordele van die byvoeging van isolasie neem af namate

die isolasie dikker raak. ’n Mate van isolasie is daarom veel beter as geen isolasie nie. Muurpleister is ook baie

kostedoeltreffend aangesien dit die muur se voginhoud verminder.

Gebruik nie-giftige, hernubare of herwinbare materiaal vir isolasie. Karton is doeltreffend, maar absorbeer water, en

brand maklik. Week karton in boor en water om dit meer brand- en insekbestand te maak. Boor is bioafbreekbaar

61

eNeRGie

Vermikuliet is goeie isoleermateriaal

en minder giftig as ander beskikbare produkte. Laat die karton droogword voordat jy

dit gebruik. Sit dit plat op die grond op ‘n stuk plastiek onder swaar klippe of stene

neer om dit plat te stryk voordat jy die behandelde karton aan die binnekant van mure

en plafonne gebruik.

Vermikuliet is ‘n ligte en veilige isoleermateriaal wat brandbestand en in plaaslike

hardewarewinkels te kry is. Ander isoleerprodukte in hardewarewinkels en op

bouerswerwe is gipsbord, goiingsak en sterk aluminiumfoelie.

Jy kan ook plastiekbottels baie dig teen mekaar pak en dit tussen die boonste plafon

en die dak plaas. Hierdie soort isolasie is insekbestand en keer lug vas wat goeie

isolasie skep.

moenie “ingeslote energie” vergeet nie

Elke produk wat gebruik word om ’n huis te bou verg energie om te maak en

te vervoer. Dit staan as ingeslote energie bekend. Oorweeg daarom as jy bou

of restoureer altyd tweedehandse boumateriaal. Dit bespaar energie en water,

beperk afval, en spaar boonop geld. Die tabel hieronder werp ’n bietjie lig op die

energiehoeveelhede wat nodig is om die verskillende materiale te vervaardig.

Hernubare energie vir jou huis

Die gemiddelde huis in Suid-Afrika kry meer as 600 kWh sonskyn per dag – baie meer as wat dit

ooit sal gebruik. Fotovoltaïese selle skakel sonlig regstreeks in elektrisiteit om en stoor dit in ‘n

batterystelsel. Fotovoltaïese panele word van halfgeleiermateriaal – gewoonlik silikon – gemaak

wat chemies behandel is sodat die boonste en onderste lae teenoorgestelde elektriese ladings

het. ’n Elektriese stroom word deur hierdie teenoorgestelde ladings opgewek, en vloei deur ’n

buitekring. ’n Batterypak stoor die krag totdat dit benodig word. ’n Fotovoltaïese stelsel in ’n klein

huishouding kan twee ligte vir vier uur laat brand, en ’n klein swart-en-wit-televisie of radio vir twee uur per dag

laat speel. Dit kos egter aanvanklik steeds baie om die panele en batterypak te koop, en die stelsel kan nie maklik of

kostedoeltreffend aan ‘n groot elektrisiteitsvraag, soos vir kosmaak of verhitting, voldoen nie.

Indien jy jou huis ‘n “groen-energiehuis” wil maak, is die mees kostedoeltreffende keuse om “groen” elektrisiteit

van ‘n groot, hernubarebron-elektrisiteitsprodusent te koop wanneer sodanige opsies (soos deur die Darling-

windplaas) beskikbaar raak. Hoewel jy steeds jou elektrisiteit deur die bestaande netwerk sal ontvang, sal jy ’n

premie (‘n hoër tarief as dié vir gewone elektrisiteit) betaal, en sal jy ‘n sertifikaat ontvang wat toon dat jy van ‘n

hernubare bron gekoop het.

Energie benodig (in kWh) om een ton van die volgende te vervaardig:

Plastiek 45 000 Aluminium 27 000

Koper 15 000 Staal 13 200

Sement 2 200 Bakstene 200-800, afhangende van die afwerking

Klip 200

The Greenhouse Project, 2005

62

eNeRGie

Vervoer: Die mees doeltreffende manier van punt A na B

Die beste keuse

Stap, fietsry of openbare vervoer is nie net die beste opsies vir die omgewing nie, maar ook die goedkoopste.

Mettertyd het stadsbeplanners egter voetganger- en fietsvriendelike ontwerp uit die oog verloor, terwyl

onderfinansiering van openbare-vervoerstelsels tot vermoëtekorte, ’n gebrek aan gekoördineerde roetes, en

veiligheidsprobleme aanleiding gegee het. Nuwe benaderinge tot stedelike vervoer word tans ontwikkel, maar sal

lank neem om uiteindelik toegepas te word. Intussen is daar ’n paar belangrike stappe wat reisigers kan doen om

meer doeltreffend van punt A na punt B te beweeg.

Openbare vervoerVind meer uit oor die openbare-vervoerroetes in jou gebied.

CapeMetrorail

Vir bygewerkte roosters en tarief- en roete-inligting, besoek www.capemetrorail.co.za.

Vir meer inligting, skakel die volgende tolvrye 24-uurnommers:

Metrorail: Algemene inligting: 0800 65 64 63

Metrorail: Misdaad: 0800 21 00 81

Golden Arrow-busdienste

Vir roosters en inligting, besoek www.gabs.co.za.

Vir meer inligting, skakel die volgende nommers:

Hoofkantoor: (021) 507 8800

Navrae en klagtes: 0801 21 21 11 en 0800 65 64 63

Stap en fietsry

Oorweeg so ver moontlik om te stap of fiets te ry in plaas daarvan om in jou motor te klim. Dit sal jou help geld

spaar, en hou boonop groot gesondheidsvoordele in.

energiedoeltreffende voertuie

Indien jy na ‘n nuwe motor op soek is, oorweeg ‘n brandstofdoeltreffende model – jou voertuigkeuse kan ‘n

beduidende verskil aan jou impak op die planeet maak. Met immerstygende petrol- en dieselpryse kan dit mettertyd

ook heelwat geld in jou sak terugsit.

Saamryklubs

Saamryklubs na en van die werk sal onmiddellik jou maandelikse brandstofuitgawes besnoei. Dit kan boonop

ontspannend en gesellig wees. Skoolsaamryklubs is ook nie ‘n slegte idee nie.

63

eNeRGie

Ry slim en omgewingsvriendelik

Deur jou motor doeltreffend te laat loop en op die mees brandstofdoeltreffende manier te bestuur, kan jy ‘n groot

impak op jou brandstofverbruik maak.

* Laat jou motor gereeld (ten minste elke 10 000 km) versien.

* Maak seker dat jou bande tot die korrekte druk (soos deur die vervaardiger aanbeveel) gepomp word. Pap

bande kan brandstofverbruik met tot soveel as 8% laat toeneem. LET WEL: ‘n Te lae banddruk vermeerder nie

net brandstofverbruik nie, maar verkort ook ‘n band se gebruiksduur drasties.

* Gebruik meergraadolie in jou enjin omdat dit sleepweerstand verminder.

* Gebruik eerder straallaagbande omdat dit minder rolweerstand bied en ‘n langer gebruiksduur as die

kruislaagsoort het.

* Versnel stadig, en verwissel so gou prakties moontlik van rat. ’n Motor loop meer doeltreffend by laer

omwentelings.

* Vermy ‘n stop-ry-bestuurstyl. Elke keer wat jy rem aanslaan vermors jy die energie wat deur versnelling

opgewek word. Vergewis jouself van verkeersligte, en trap minder rem – dit kan soveel as 18% van jou

brandstof per tenk bespaar.

* Moenie die spoedgrens oorskry nie. Teen ’n spoed van 110 km/h gebruik jou motor tot 25% meer brandstof as

teen 90 km/h.

* Dakrakke en oop vensters verhoog lugweerstand en brandstofverbruik met tot 20%.

* Jou motor gebruik ongeveer 10% meer brandstof wanneer jy die lugverkoeler aansit.

* Gebruik ‘n ritboek om jou brandstofaankope en kilometers afgelê neer te skryf sodat jy

vir jouself nuwe doelwitte kan stel.

‘n Veilige huis

Hoe om ‘n prop te bedraad

‘n Prop wat nie korrek bedraad is nie kan tot elektriese skokke, brandwonde en brande

aanleiding gee. Om ’n prop reg te bedraad, plaas die drade in die korrekte sokke (sien

diagram) en draai die skroewe om die drie drade vas te maak. Trek hierna versigtig aan die

drie drade om seker te maak dat dit stewig vas is.

Hoe om ’n gaslekkasie op te spoor

Dit is belangrik om jou gassilinder, -pype en -verbindings gereeld vir lekkasies na te

gaan. Sluit eers die gastoevoer by die silinder af. Gaan alle verbindings na. Draai nou die

gastoevoer stadig oop en borsel die verbindings met seepwater of vloeibare wasmiddel.

Borrels sal verskyn waar die gas lek. Neem die silinder na jou gashandelaar om na te gaan,

te vervang of te herstel.

Indien jy ooit gas in jou huis ruik, maak die vensters en deure vinnig oop. Draai die silinderklep toe en verlaat die

vertrek. Neem die silinder om nagegaan, vervang of herstel te word.

Ventilasie

Hou altyd wanneer jy enige brandstof – hetsy gas, paraffien, steenkool of hout – brand, ‘n venster of deur oop om te

verseker dat die kamer goed geventileer bly. Rook weens brandstofverbranding kan siekte en selfs die dood veroorsaak.

64

eNeRGie

Huisveiligheid-blitstoets

elektrisiteit JA Nee

In ons huis word elektriese drade ver van enige hittebron, soos vure, stowe en

kerse, gehou.

Alle drade is goed geïsoleer; daar is geen onbedekte koperdraad nie.

In ons huis loop daar nie elektriese drade onderdeur matte nie.

In geen stadium is daar meer as drie toestelle by een propsok ingeprop nie.

Ons het geen elektriese toestelle in ons badkamer of naby water nie.

Alle lede van ons huishouding weet dat hulle nooit ‘n prop uit die sok moet

trek terwyl dit steeds aangeskakel is, of aan ‘n elektriese koord moet trek nie.

Alle lede van ons huishouding weet dat ‘n toestel uit die (afgeskakelde)

propsok verwyder moet word voordat herstelwerk aan die toestel kan begin.

Ons skakel altyd die lig af voordat ons ‘n gloeilamp vervang.

TOTALE PUNT

Oorweeg die volgende stappe indien jy op sommige vrae NEE geantwoord het:

* Verskuif drade weg van hittebronne aangesien dit ‘n groot brandgevaar inhou.

* Haal koorde uit onder matte aangesien beskadigde en onbedekte drade ‘n brand kan veroorsaak.

* Koop isoleerband en bedek enige kaal koperdrade deur die band ‘n paar keer om die draad te draai.

* Indien daar te veel toestelle aan een sok verbind is, verwyder sommige van die proppe, en plaas dit eers terug

wanneer jy daardie toestel werklik nodig kry. Probeer om nooit op een slag meer as drie toestelle by een

propsok in te prop nie.

* Water gelei elektrisiteit, en daarom kan die gebruik van elektrisiteit in die badkamer of naby water tot ‘n

elektriese skok aanleiding gee.

* Skakel altyd ‘n toestel af voordat jy ‘n prop uit die sok verwyder, en skakel altyd ‘n lig af voordat jy die

gloeilamp vervang.

* Moet nooit onbedekte drade of vingers in sokke plaas nie. Deur aan die drade van ‘n ingepropte toestel te raak,

kan jy jouself skok.

65

eNeRGie

Paraffien JA Nee

Ons paraffienstoof en -lampe is skoon en brand helder.

In ons huis word paraffien veilig in ‘n kas of aan ‘n haak in ‘n plastieksak buite kinders

se bereik gebêre.

Ons paraffienbottels is duidelik gemerk en kinders kan dit daarom nie met koeldrank- of

melkbottels verwar nie.

Ons gebruik ‘n tregter (of die bokant van ‘n koeldrankbottel) in plaas van ‘n koppie om

lampe en stowe met paraffien vol te maak.

Ons paraffienstoof en -lampe word altyd op gelyk, stewige oppervlakke en uit spelende

kinders se pad gehou.

Ons paraffienlampe word altyd met ‘n glaslampskerm bedek, en brand nooit met ‘n

oop vlam nie.

Ons paraffien word in ‘n skoon houer gebêre en nooit met ander brandstowwe soos

brandspiritus, olie of petrol gemeng nie.

TOTALE PUNT

Oorweeg die volgende stappe indien jy op sommige vrae NEE geantwoord het:

* Hou jou toestelle te alle tye skoon. Vuil of stukkende toestelle sal ‘n klomp rook afgee wat jou gesin kan laat

hoes of hulle asma, brongitis of longontsteking kan gee.

* Hou altyd jou paraffien op ‘n veilige plek buite bereik van kinders. Houers moet duidelik gemerk word sodat

kinders sal weet om daarvan weg te bly. Tregters wat gebruik word om stowe en lampe met paraffien vol te

maak, behoort by die paraffien gebêre te word. Moenie ‘n beker of koppie hiervoor gebruik nie aangesien

iemand per ongeluk daaruit kan drink.

* ‘n Gelyk en stewige oppervlak sal voorkom dat ‘n stoof of lamp omval en ‘n brand veroorsaak. Verseker ook dat

toestelle uit kinders se pad gehou word wat dit per ongeluk kan omstamp.

* ‘n Groot pot op ‘n klein stofie kan ook die stoof onstabiel maak, dit laat omval en ‘n brand veroorsaak.

* Maak seker dat jou lampe bedek is, en voorkom so brande en brandwonde.

* Gebruik altyd ‘n skoon houer vir paraffien. Vuil paraffien veroorsaak vuil, skadelike rook.

* WEERSTAAN die versoeking om paraffien met ander brandstowwe soos olie en brandspiritus te meng.

Brandstofvermenging kan tot ontploffings aanleiding gee, en is daarom hoogs gevaarlik. ‘n Mengsel van petrol

en paraffien is besonder gevaarlik. Soms word paraffien per ongeluk met ‘n bietjie petrol gemeng wat op die

bodem van ‘n vervoertenk agterbly. Ruik aan jou paraffien om seker te maak dat dit nie petrol bevat nie. Indien

dit ‘n pienkerige kleur het, neem dit onmiddellik terug na waar jy dit gekoop het, en vra hulle om met hulle

verskaffers in verbinding te tree. Petrol brand selfs vinniger as paraffien, en daarom kan ‘n mengsel van die

twee brandstowwe groot ontploffings veroorsaak.

* Brandstofjel is ‘n baie veiliger opsie. Hoewel dit duurder as paraffien is, kan ‘n jel nie gedrink of gemors word

nie, en verminder dit dus die gevaar van vergiftiging en brandstigting.

66

eNeRGie

Kerse, steenkool en hout JA Nee

In my huis staan kerse te alle tye stewig in kersblakers.

Kerse word ver weg van oop vensters en gordyne gehou.

Wanneer ons binnenshuis vuurmaak word die rook deur middel van ‘n skoorsteen

uitgelaat.

Ons gebruik altyd droë hout en/of rooktrae steenkool vir vuurmaak.

Wanneer ons buite vuurmaak maak ons altyd seker dat dit goed beskut is en dat die

vuur deeglik geblus is voordat ons in- of weggaan.

TOTALE PUNT

Oorweeg die volgende stappe indien jy op sommige vrae NEE geantwoord het:

* Koop of maak stewige kersblakers waarin kerse kan staan in plaas daarvan om dit op ‘n bord in kerswas of

sommer op die tafel te laat staan waar dit maklik omval.

* Kerse kan ook in ’n ou glasfles geplaas word wat gedeeltelik met sand gevul is om die kers regop te hou. Die

sand sal ook die vlam blus indien die fles per ongeluk omgestamp word.

* Plaas kerse op veilige plekke. Vensterbanke is nie ‘n goeie opsie nie aangesien die wind dit daar kan omwaai, en

die vlam ook jou gordyne aan die brand kan steek.

* Vuurrook kan baie gevaarlik wees – baie mense, veral jong kinders, sterf jaarliks weens binnenshuise

lugbesoedeling. Maak altyd seker dat die rook deur ‘n skoorsteen uitgelaat kan word. Brand droë hout of maak

seker dat jy jou steenkoolhandelaar vir rooktrae steenkool vra.

* Wees ook op die uitkyk na energiedoeltreffende hout- en koolstowe wat jou brandstofverbruik verminder,

minder rook afgee, en geld spaar.

* Maak seker dat die huis goed geventileer is wanneer jy ‘n mbawula (koolstoof) binnenshuis gebruik. Steek altyd

die mbawula buite aan en bring dit eers binnetoe sodra die steenkool rooi gloei. ‘n Onderstebo vuur – met die

steenkool onder en papier en hout bo-op – gee minder rook af.

* ’n Windbestande gebied of skuiling sal buitenshuis voorkom dat ‘n vuur buite beheer raak.

67

eNeRGie

Gas JA Nee

Wanneer ek ons gasstoof of -lampe aansteek, trek ek altyd eers die vuurhoutjie voordat ek

die gas oopdraai.

Ons gassilinders word ver van enige regstreekse hittebron, soos ‘n vuur, lamp, verwarmer of

stoof, gebêre.

Ons koop ons gas van ‘n verskaffer wat aan veiligheidsvereistes voldoen.

Ons gaan ons gastoestelle met ons gashandelaar na indien iets daaraan ons bekommer.

Ons gaan gereeld die verbindingspype, rubberseëls (wasters), bottels en toestelle vir

stukkende plekke of lekkasies na, en vervang of herstel die toestel wanneer ons ‘n lekkasie

bespeur.

Die “gasbottelsleutel” word veilig buite kinders se bereik gebêre.

TOTALE PUNT

Oorweeg die volgende stappe indien jy op sommige vrae NEE geantwoord het:

* Maak seker dat jou gassilinder en -verbindings in ‘n goeie toestand is deur dit vir lekkasies na te gaan (sien

hierbo) en onmiddellik die nodige vervangings of herstelwerk te doen sodra lekkasies bespeur word.

* Moenie ‘n gassilinder gebruik wat reeds in ‘n brand betrokke was nie. Indien jy onseker is oor jou silinder of

toestelle, gaan dit vóór gebruik met jou gashandelaar na.

* Koop altyd gas van ‘n geregistreerde verskaffer wat aan veiligheidstandaarde voldoen. Dit behoort buite die

verskaffingsentrum aangedui te word.

Hoe om ongelukke te hanteer

Indien iemand in die huis ‘n elektriese skok opdoen

1. Skakel die hoofskakelaar af. Indien dit onmoontlik is, sluit die elektrisiteit by die muurprop af waaraan die

toestel verbind is. Gebruik indien moontlik ‘n niegeleiervoorwerp soos ‘n besem of stoel (hout of plastiek) om

die elektrisiteit by die prop af te sluit.

2. Indien die elektrisiteit nie afgesluit kan word nie, vermy kontak met die slagoffer aangesien jy ook ‘n elektriese

skok kan opdoen. Vat eerder aan sy/haar klere en sleep hom/haar weg. Indien die slagoffer se klere nat is,

beskerm jouself met behulp van rubberhandskoene, koerantpapier of plastiek.

3. Gebruik ‘n besem of stoel om die slagoffer van die elektrisiteitsbron weg te stoot.

4. Evalueer die slagoffer se asemhaling (geen of ongereeld). Gaan die polsslag na en kyk of die slagoffer by sy/

haar bewussyn is. Bel ‘n ambulans indien die slagoffer bewusteloos is, nie asemhaal nie en/of jy geen hartklop

kan bespeur nie. Vergewis jouself gerus van ‘n paar basiese noodhulptegnieke soos mond-tot-mond-asemhaling

en hartmassering.

68

eNeRGie

Indien iemand in die huis paraffien gedrink het

1. Indien iemand per ongeluk paraffien gedrink het, moenie hom/haar laat probeer braak nie. Die dampe kan in

sy/haar longe beland en longontsteking veroorsaak.

2. Moenie hom/haar iets gee om te drink of eet, of hom/haar laat lê nie. Laat die persoon regop staan of sit.

3. Neem die persoon onmiddellik na die kliniek of hospitaal, en neem die paraffienhouer saam met jou.

Optrede tydens brande

Suurstof onderhou verbranding. Die beste manier om ‘n brand te blus is daarom om dit met sand of ‘n kombers te

smoor (die suurstoftoevoer weg te neem).

1. Hou altyd ‘n groot emmer sand of ‘n groot wolkombers byderhand as jy vuurmaak of jou stoof gebruik.

Wanneer daar ‘n brand uitbreek, gooi sand of ‘n kombers regstreeks op die vlamme. ‘n Brandblusser is natuurlik

selfs beter.

2. Moet nooit ‘n brandstofverwante vuur met water probeer blus nie aangesien dit die brand kan laat versprei of

jou ‘n elektriese skok kan laat opdoen.

3. Indien daar ‘n brand in ‘n pot uitbreek, sit bloot die pot se deksel op aangesien dit nie sonder suurstof kan

aanhou brand nie.

4. Indien jou klere aan die brand slaan, moenie hardloop nie. STOP, VAL NEER, bedek jou gesig, en ROL heen en

weer op die grond om die vlamme te blus.

5. Indien jy ‘n brandwond opdoen, laat dit in water afkoel, en gaan dan na die kliniek of hospitaal.

6. Indien jy ‘n brandwond opdoen, gaan reguit na die kliniek of hospitaal.

69

eNeRGie

7. Indien daar ‘n brand in jou huis uitbreek, verlaat die huis so gou moontlik. Kruip op jou hande en knieë na die

naaste deur. Warm lug (rook) styg, en as jy daarom kruip/laag op die grond bly sal dit jou help om die giftige

rook vry te spring en voorkom dat jy weens ‘n suurstoftekort versmoor.

Hoe om ‘n klein brandwond te behandel

Hou die wond vir tien minute in koue water. Moenie Vaseline, olie of enige ander room daaraan smeer nie

aangesien dit sal versprei. Neem die persoon na ‘n kliniek of hospitaal indien die brandwond groter is as ‘n mens se

hand.

Noodoproepe

Kry die korrekte noodnommers vir jou gebied. Bêre dit op ‘n maklik bereikbare plek, en sê ook al die lede van jou

huishouding waar hulle dit kan kry en waarvoor om dit te gebruik. Maak ook seker van waar jou naaste telefoon is.

Kaapstad-nooddienste

Brandweer 107

Polisie 10111

Ambulansdiens 10177

Algemene noodnommer vanaf ‘n Cell C-, Vodacom- of MTN-selfoon

112

Tygerberg-gifinligtingsentrum 021 931 6129

Rooikruishospitaal-gifsentrum 021 689 5227

Kyk voor in jou telefoongids, en skryf nog nuttige telefoonnommers vir jou gebied hier neer:

Algemene noodnommer

Jou naaste brandweerstasie

Jou plaaslike polisiestasie se noodnommer

Plaaslike kliniek of hospitaal se noodeenheid

70

eNeRGie

KONTAKNOmmeRS eN HUlPBRONNe

elektrisiteitsverwante navrae

Vir Stad Kaapstad-voorsieningsgebiede

Algemene navraagnommer vir Stad Kaapstad-elektrisiteitsdienste 0800 220 440

Tolvrye kliëntesorgnommer vir voorafbetaalde meters 0800 22 04 40

Rekeningnavrae/afsluitings weens nie-betaling 0860 103 089

Navrae oor elektrisiteitsverbruik per meterlesings 0860 103 089

Navrae oor nuwe aansluitings/verandering in aansluiting 0800 220 440

Vir meer inligting oor elektrisiteitsheffings, meterinstallering, metertoetsing en diensverskaffing, besoek die

Stad Kaapstad se webtuiste by www.capetown.gov.za. Klik op “Online Services” en daarna “Tariffs Online” vir

‘n omvattende sigblad met residensiële heffings, of klik op “Electricity Overview” vir meer inligting oor ander

elektrisiteitsverwante dienste.

Vir eskom-voorsieningsgebiede

Vir algemene navrae oor Eskom-elektrisiteitsdienste, skakel 0860 03 75 66 of besoek www.eskom.co.za.

Vir alle aansluitings

Nooddienste: 107

24-uurnommer: 0860 10 30 54

Om ‘n kragonderbreking aan te meld

Athlone 0800 220 440

Bishopscourt 0800 220 440

Bonteheuwel 0800 220 440

Kampsbaai 0800 220 440

71

eNeRGie

Stadskom 0800 220 440

Claremont 0800 220 440

Constantia 0800 220 440

Epping Industria 0800 220 440

Vishoek 0800 220 440

Grassy Park 0800 220 440

Guguletu 0800 220 440

Houtbaai 0800 220 440

Kommetjie 0800 220 440

Bellville 0800 220 440

Brackenfell 0800 220 440

Durbanville 0800 220 440

Edgemead 0800 220 440

Goodwood 0800 220 440

Gordonsbaai 0800 220 440

Atlantis 0800 220 440

Bloubergstrand 0800 220 440

Belhar 0860 037 566*

Bishop Lavis 0860 037 566*

72

ENERGIE

Blackheath 0860 037 566*

Blue Downs 0860 037 566*

Cravenby 0860 037 566*

Eersterivier 0860 037 566*

Elsiesrivier 0860 037 566*

Khayelitsha 0860 037 566*

* Hierdie gebiede word deur Eskom van elektrisiteit voorsien.

Inligting oor energiedoeltreffendheidStad Kaapstad-elektrisiteit: tel. 0800 220 440, e-pos [email protected]

Besoek www.eskomdsm.co.za vir meer wenke oor elektrisiteitbesparing.

The Green House Project het ook goeie inligting oor energiedoeltreffende en volhoubare boupraktyke by

tel. (011) 720 3773 of webtuiste www.greenhouse.org.za.

Inligting oor brandstofveiligheidParaffienveiligheidsvereniging, tel. (021) 671 5767

VP-gasveiligheidsvereniging, tel. (021) 531 5785

Program vir Basiese Energie en Bewaring, tel. (011) 339 6633

SABS-reguleerder (om toestelle se veiligheidstandaarde na te gaan), tel. (012) 428 6375

WATeR

Water is ‘n natuurlike hulpbron waarvan alle lewende dinge afhanklik is. Hoewel dit in vele natuuromgewings vryelik beskikbaar is, is drinkwater in menslike nedersettings minder volop. Die vraag na water oorskry dikwels die aanbod, en om water in ‘n aanvaarbare vorm van die natuuromgewing na die kraan te kry kos baie geld.

74

WATeR

Die waterkringloopWater is een van die sleutelboublokke van lewe – mense kan nie daarsonder oorleef nie. Water is ook noodsaaklik

vir landbou en nywerhede. Selfs kragopwekking het water nodig. Om water te bespaar moet ons nie bloot aan die

water dink wat ons regstreeks vir drink- en skoonmaakdoeleindes in ons huis gebruik nie. Ons moet ook bewus raak

van wateraanwending in die kos wat ons eet, die produkte wat ons gebruik en die elektrisiteit waarmee ons ligte en

stowe werk. Deur slim met water om te gaan, sal jy dit help bespaar.

Ons reg op waterDie Wet op Waterdienste (108 van 1997) bepaal dat alle waterdiensowerhede, soos die Stad, doeltreffende,

bekostigbare, ekonomiese en volhoubare waterdienste moet voorsien. Dit beteken dat die armstes van die arm

mense die water wat hulle nodig het moet kan bekostig, terwyl die afdeling water en sanitasie terselfdertyd genoeg

geld moet genereer om die koste van waterbehandeling en -verspreiding te dek.

Die minimum hoeveelheid water vir huishoudings om aan hulle basiese behoeftes te voldoen, word deur dié Wet

as 25 liter per persoon per dag neergelê. Op grond van ‘n gemiddelde huishouding van agt mense, beteken dit

ses kiloliter per huishouding per maand. Hierdie hoeveelheid water behoort gratis aan alle Suid-Afrikaanse huise

voorsien te word. Water moet ook teen ‘n minimum stroomsnelheid van 10 liters per minuut voorsien word,

en indien die betrokke huis nie oor krane beskik nie, moet ‘n kraan binne 200 meter van daardie huishouding

geïnstalleer word. Geen verbruiker mag in enige jaar langer as sewe volle dae sonder watertoevoer wees nie.

Die Stad se afdeling water en sanitasie moet ook verseker dat toekomstige geslagte ook water sal hê.

* Die vervaardiging van ‘n klein motor verg

450 000 liter water.

* Om een fiets te maak het ‘n mens 130 liter

water nodig.

* Ongeveer 19 liter water is nodig om 1 liter

petrol te vervaardig.

* Daar is 3 liter water nodig om 1 000 W

elektrisiteit per uur op te wek. Strykwerk of

kosvoorbereiding in ‘n elektriese oond sal

daarom sowat 3 liter water by die kragstasie

gebruik!

Om eeN KilOGRAm van sekere kossoorte te maak, is groot hoeveelhede water nodig.

Neem ook die volgende in ag

50 000-100 000 liter

3 500 liter

1 650-2 200 liter

1 900 liter

500 liter

450-630 liter

75

WATeR

Waterhoeveelhede en ekwivalente1 m3 = 1 kiloliter (kl) = 1 000 liter (l)

1 megaliter (Ml) = 1 000 kl = 1 000 000 liter

Die kwessie van watervoorsieningEkonomiese groei in die huishoudelike, nywerheids- en landbousektor plaas groot druk op ons waterhulpbronne.

Die meeste van die onbehandelde water wat aan Kaapstad voorsien word, kom uit damme wat die Wes-Kaapse

winterreënwater opvang en berg. Hierdie opgegaarde water is dan beskikbaar om veral in die warm en droë

somermaande aan inwoners van Kaapstad te voorsien. Die hoofdamme waaruit Kaapstad sy watervoorraad kry is

Wemmershoek, Steenbras, Voëlvlei en Theewaterskloof.

’n Al hoe groter vraag na water vereis egter dat onbehandelde-waterhulpbronne aangevul word om te verseker

dat die vraag nie die beskikbare aanbod oorskry nie. Die Bergrivierwaterprojek, wat in 2008 voltooi sal wees, word

juis ingestel om Kaapstad se onbehandelde-watervoorsiening te vermeerder. Weens die kwynende moontlikhede

van lewensvatbare oppervlakwaterskemas in die Wes-Kaap, sal die Departement Waterwese en Bosbou en die Stad

alternatiewe watervoorsieningskemas soos grondwater en die ontsouting van seewater ondersoek.

Hierdie skemas kos egter baie geld, en kan etlike jare neem om te beplan en in werking te stel. Indien almal water

bespaar en dit verantwoordelik gebruik, sal die algehele vraag na water afneem, en sal ons die behoefte aan

wateraanvullingskemas uitstel. Die nuutste Waterverordeninge is juis afgekondig om hierdie gedragsverandering in

die hand te werk.

76

WATeR

Van die dam na die kraan: watervoorsiening

Die Departement Waterwese en Bosbou (DWAF) en die Stad Kaapstad besit en bedryf die stelsel damme waaruit

die Stad sy onbehandelde water bekom. Onbehandelde water word met behulp van pypleidings na die Stad se

waterbehandelingsaanlegte geneem, waar dit geskik gemaak word vir menslike gebruik deur dit aan verskeie

prosesse te onderwerp om stowwe daaruit te onttrek en enige skadelike mikro-organismes daaruit te verwyder.

Water wat deur die Stad by sy waterbehandelingsaanlegte gesuiwer word, voldoen aan die Suid-Afrikaanse

nasionale standaard vir drinkwater (SANS 241). Hierdie standaarde voldoen op hulle beurt aan die standaarde van

die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Waterbehandeling

By die waterbehandelingsaanleg gaan die water eers na ’n opbergkamer om die waterdruk te verminder en die

watervloei te beheer of te reguleer. Daarna word dit gemeet en aan die koagulasieproses onderwerp. Dit bestaan

uit die byvoeging van kalk vir pH-aanpassing, sowel as die byvoeging van yster of aluminiumsulfaat vir uitvlokking.

Hierdie chemikalieë word geblitsmeng met die water, waarna die water na ’n groter kamer geneem word om

voldoende kontaktyd toe te laat sodat deeltjies in die water kan saamgroepeer. Hierna gaan die water teen selfs

stadiger vloeisnelhede na besinktenks om toe te laat dat die saamgevoegde deeltjies in die water kan afsak en aan

die onderkant van die sedimentasietenks as slyk onttrek kan word. Die boonste helder water vloei deur gleuwe in

die tenk, en word gechloreer voordat dit deur die sandfiltreerlae beweeg. Daarna gaan die gefiltreerde water na

nog ’n kamer waar kalk vir pH-regstelling, en koolstofdioksiedgas (CO2) vir waterstabilisering bygevoeg word, d.w.s.

daar word verseker dat die water nie pype sal wegvreet of ketelsteen sal vorm nie. ’n Laaste dosis chloor word vir

ontsmetting bygevoeg net voordat die water die waterbehandelingsaanleg verlaat om in grootmaat geberg te word

voordat dit na huishoudings, nywerhede, ondernemings en die landbousektor versprei word.

77

WATeR

Kenmerke van water ná behandeling (gemiddeldes van 2006):

pH 8.5-9.2

Kleur minder as 5

Suurstof uit permanganaat opgeneem 0.8 dele per miljoen

Alkaligehalte (as CaCO3) 28-32 dele per miljoen

Chloried (as Cl) 25 dele per miljoen

Aluminium (as Al) 0.2 dele per miljoen

Yster (as Fe) 0.04 dele per miljoen

Totale hardheid (as CaCO3) 57 dele per miljoen

Fluoried (as F) minder as 0.1 dele per miljoen

Bron: Stad Kaapstad, Departement wetenskaplike dienste, Athlone

Afvalwater uit huishoudings en nywerhede word met behulp van ’n rioolstelsel van eiendomme

verwyder. Hierdie stelsel bestaan uit ’n netwerk pypleidings en pompstasies wat afvalwater na die Stad se

afvalwaterbehandelingsaanlegte neem, waar dit aan verskeie prosesse onderwerp word om stowwe daaruit te

onttrek wat skadelik kan wees vir mense en die omgewing. Sodra hierdie water behandel is, word dit via riviere en

strome vrygestel wat uiteindelik in die see uitloop.

Die Stad maak op geen manier wins uit die voorsiening van water en afvalwaterverwyderingsdienste nie. Die

heffings vir hierdie dienste word gestruktureer om die instandhoudings-, bedryfs- en uitbreidingskoste van die

water- en afvalwaternetwerk te dek.

78

WATeR

Ingevolge ons Grondwet is munisipaliteite daarvoor verantwoordelik om te verseker dat hulle inwoners toegang tot

water het. As waterdiensverskaffers moet hulle ook seker maak dat hulle waterdiens doeltreffend, bekostigbaar,

ekonomies en volhoubaar is. Verantwoordelikhede van sowel die Stad as die verbruikers word uiteengesit in die

Stad se Waterverordening, wat geredelik beskikbaar is op die Stad se webtuiste (www.capetown.gov.za/water/)

indien jy jou geheue wil verfris.

Toegang tot basiese drinkwater en sanitasiedienste

Drinkwater

Sedert die totstandkoming van die waterdienseenheid vir informele nedersettings in die waternetwerktak van die

Stad se afdeling water en sanitasie, is diensleweringsagterstande in Kaapstad bykans ingehaal. Ter nakoming van

die Grondwet wat toegang tot water as ‘n basiese mensereg beskerm, het 99% van alle huishoudings in die Stad

Kaapstad vandag binne 200 meter van hulle huise toegang tot drinkwater. Dit beteken ‘n toename van 6% sedert

2001 wat grootliks deur staanpypinstallasies bereik is. Die Stad hoop om die agterstande heeltemal uit die weg te

ruim, maar migrasie, stukkende krane en ander logistieke probleme maak hierdie 100%-doelwit ‘n uitdaging.

Sanitasie

Teen die einde van Junie 2005 is daar in alle formele huise in Kaapstad geheel en al met die emmerstelsel vir

rioolwaterwydering weggedoen. Dus beskik 94,8% van alle Kaapse huishoudings vandag oor spoelriolering.

(Bron: Waterdiens in aksie-pamflet, Mei 2006, Watervraagbestuur, Stad Kaapstad)

WATeR iN ONS STAD

79

WATeR

WATeR iN ONS STAD

Volhoubare watervoorsieningDie Stad moet ook verseker dat alle inwoners en ekosisteme nou én in die toekoms genoeg water sal hê.

Die afdeling vir watervraagbestuur in die Stad het ‘n tienpuntplan om te verseker dat die publiek en die raad

daadwerklik saamwerk om watervraag te verminder:

1. Verminder netwerk- en kommersiële verliese deur voortdurende herstelwerk en instandhouding aan die

waterverspreidingstelsel, en goeie monitering en evaluering van watergebruik op kommersiële persele.

2. Verminder lekkasies in lae-inkomstehuishoudings deur kommunikasie, opvoeding, die media en

programme oor lekkasieopsporing en -herstel gemik op huishoudings in informele nedersettings, waar

infrastruktuur swak en nie in die verlede behoorlik in stand gehou is nie.

3. Verminder die Raad se watergebruik deur waterslim stadsparke te ontwerp en alle raadsgeboue met

waterbesparingstoestelle toe te rus.

4. Verseker billike tariewe deur ‘n tarief-en-rekeningstelsel wat sorg dat water vir almal bekostigbaar en

finansieel volhoubaar is en doeltreffende watergebruik aanmoedig.

5. Beheer watervermorsing en verseker met behulp van verordeninge dat alle nuwe ontwikkelings waterdoeltreffend is.

6. Bevorder herbouings- en vermoëbouprogramme deur die media, en konsentreer op

waterbesparingstoestelle en die instelling van ‘n loodgieterherbouprogram.

7. Gebruik die media, spesiale geleenthede, forums en skole vir kommunikasie en opvoeding, en stel ‘n

leersame rekeningstelsel in werking vir langtermyngedragsverandering ter bevordering van waterbesparing.

8. Bevorder alternatiewe tegnologieë en waterbesparingsveldtogte deur waterherwinning, boorgate en

gryswaterprojekte.

9. Beskerm die Stad Kaapstad-watervoorraad op die lange duur deur die Werk vir Water-program,

rivierskoonmaakveldtogte en die bestuur en monitering van grondwateronttrekking te ondersteun.

10. Skep ‘n bevorderlike omgewing vir doeltreffende waterbesparing en -vraagbestuur op lang termyn deur dit as kernwaterdiensleweringstrategie te vestig en die inwerkingstelling daarvan te prioritiseer.

Die Stad se Waterverordening dwing watervraagbestuur af In September 2006 het die Stad Kaapstad twee nuwe verordeninge met betrekking tot water afgekondig – die

Waterverordening en die Verordening insake Afvalwater en Nywerheidsuitvloeisel (Provinsiale Staatskoerant 6378).

Volledige afskrifte hiervan kan op die Stad se webtuiste (onder “By-laws”) bekom word. Die Waterverordening sluit

’n permanente 10%-waterbeperking in. Dit is ‘n opwindende nuwe ontwikkeling wat ondoeltreffende watergebruik

wil uitskakel. ‘n Paar van die kernregulasies met betrekking tot huishoudings in bylae 2 van die Waterverordening

sluit die volgende in:

* Niemand mag tussen 10:00 en 16:00 ‘n tuin (of in der waarheid enige grasbedekte gebied) met (gesuiwerde)

drinkwater natlei nie.

* Niemand mag sonder vooraftoestemming van die waterdirekteur ‘n harde of geplaveide gebied met drinkwater

afspuit nie.

* Alle nuwe geboue en ontwikkelings in die Stad moet met waterbesparingstoestelle soos swakstroom-

stortkoppe en -kraantoebehore asook doeltreffende toiletspoelstelsels toegerus word.

* Geen toiletwaterbak mag ‘n groter inhoudsmaat as 9,5 l hê nie.

* Geen outomatiese aanvulstelsel met ‘n vlotterklep wat swembaddens en tuinpoele uit ‘n drinkwaterbron van

water voorsien, mag gebruik word nie.

* Hoofwatergebruikers wat meer as 3 650 kl water per jaar gebruik (soos ondernemings en nywerhede, maar

wat veelvoudige wooneenhede uitsluit) moet ‘n jaarlikse wateroudit onderneem.

Swart syfers = 1 000 kl

100 liters

10 liters

1 liter

Een tiende

van ’n liter,

of 100 ml

WysermetersDigitale meters Swart syfers = 1 000 kl

100 liters 10 liters

1 liter

Een tiende van ’n

liter, of 100 ml

80

WATeR

Bekostigbare en ekonomiese watervoorsieningSedert 2001 gebruik die Stad Kaapstad ‘n “stygtrap-tariefstelsel” vir waterrekeninge. Trap 1 verteenwoordig ‘n gratis

basiese watervoorraad – die eerste 6 kl wat gratis aan alle verbruikers voorsien word. Trap 2 tot 4 is steeds betreklik

goedkoop en styg stelselmatig. Op 1 Julie 2005 is watertariewe vir trap 5 (41-50 kl) met bykans 90% per maand verhoog,

en met 190% per maand vir trap 6 (meer as 50 kl). Die Stad probeer om water op ‘n billiker wyse te voorsien – water vir

jou basiese behoeftes word dus gratis of teen ‘n baie lae tarief voorsien; water vir doeleindes buiten bogenoemde basiese

behoeftes word toenemend duurder.

Jou waterrekeningDie Stad lees ongeveer elke dertig dae jou watermeter, waarna jy volgens bogenoemde stygtrapstelsel ‘n rekening ontvang.

Maak seker dat jy jou gratis basiese watervoorraad ontvang. Hoewel inwoners elke maand 6 kl water gratis ontvang, word

dit dikwels nie as presies 6 kl op jou rekening aangedui nie, maar eerder ‘n hoeveelheid tussen 5 en 6 kl. Dit is omdat jou

meter nie elke maand op presies dieselfde dag gelees word nie.

Indien jy nie jou waterrekening kan betaal nie, sal daar rente op uitstaande bedrae gehef word. Nie-betaling kan tot die

oplegging van waterbeperkings aanleiding gee. Dit beteken dat die kraan met ‘n beperkklep toegerus word sodat water

teen so ‘n stadige tempo vloei dat die huishouding slegs die gratis basiese voorraad van 6 kl per maand kan gebruik.

Huishoudings moet dan op ‘n afbetalingsplan met die Stad ooreenkom. Indien daar met die watermeter gepeuter word,

behou die Stad Kaapstad die reg voor om die watertoevoer af te sluit.

leer hoe om jou watermeter te leesVind uit waar jou watermeter sit. By bykans alle nuwe persele sit dit binne-in ’n meterboks buite die eiendom, onder ’n

deksel op die sypaadjie. By ouer installasies kan die meter bo die grond op die perseel gemonteer wees. In albei gevalle sal

dit op die watertoevoerlyn na die eiendom geleë wees. Maak seker dat jy toegang daartoe het en dit kan lees.

In Kaapstad is daar twee hoofsoorte watermeters vir huishoudelike gebruik: wysermeters en volumetriese meters. Die

swart syfers op die teller van albei meters registreer die aantal kiloliter wat gebruik is. Die lesing wat op grond van hierdie

swart syfers geneem word, word vir rekeningdoeleindes gebruik. By die wysermeter word die fraksies van die kiloliters op

die vier wysers met die rooi merkers geregistreer, terwyl die rooi syfers op die teller van die volumetriese meter vir hierdie

doeleinde gebruik word. Die fraksies word nie vir die verwerking van rekeninge gebruik nie, maar bloot om ondergrondse

lekkasies en ander foute by die loodgietersinstallasie op te spoor.

Die Stad se meterverifikasielaboratorium onderneem gereelde toetse van watermeters om te bevestig dat meterlesings

binne die SABS-speling val.

Watergebruik vir 36 dae Hoeveelheid gebruik (daaglikse gemiddeld)

Waterrekening

Trap 1 6,3120 kl gratis (meer as 6 kl aangesien meter ná 32-dagtydperk gelees word)

Trap 2 meer as 7,1010 kl @ R2,56

Trap 3 9,4680 kl @ R5,46 = 9,4680 x R5,46

Trap 4 4,3290 kl @ R8,08 = 4,3290 x R8,08

Vir meer inligting oor waterheffings, -aansluitings, -meterinstallering, -metertoetsing en

diensverskaffing, besoek die Stad Kaapstad se webtuiste by www.capetown.gov.za. Die “Online

Services”-snelskakel bied ‘n omvattende sigblad met residensiële heffings, of klik op “Water Services”

vir ander waterverwante inligting.

81

WATeR

DIE STYGTRAPTARIEF

Trap 1

0-6 kl: Jou gratis basiese watervoorraad

– hierdie eerste 7 kl word teen R0,00/kl

voorsien.

Trap 27-12 kl: Die daaropvolgende 5 kl word

teen R2,56/kl voorsien.

Trap 313-20 kl: Die daaropvolgende 7 kl word

teen R5,64/kl voorsien.

Trap 421-40 kl: Die daaropvolgende 19 kl word

teen R8,08/kl voorsien.

Trap 541-50 kl: Die daaropvolgende 9 kl word

teen R9,89/kl voorsien.

Trap 6Meer as 50 kl: Elke kl word teen R13,17

voorsien.

WATeR iN JOU HUiS

82

WATeR

Gevallestudie

Pak die stryd teen waterlekkasies in stadshuise aan

Mev. Zenzele, ‘n inwoner van Kaapstad, deel ‘n huis met sewe ander. Hulle leef op minder as R1 000

per maand. Hoewel mev. Zenzele se huis slegs een kraan en toilet het, het haar diensterekening tot ‘n

verstommende R17 050 gestyg, met maandelikse diensteheffings ten bedrae van R450 (55 kl). Mev. Zenzele se

huishouding is een van vele wie se watergebruik ongewoon hoog en gevolglike waterrekeninge onbetaalbaar

duur is. Hoe is dit moontlik?

Mev. Zenzele se toiletspoelbak is gekraak en die waster geslyt – dikwels as gevolg van swak boumateriaal. Hoewel dit net ‘n

paar rand sal kos om die geslyte waster te vervang, en maar R100 vir die spoelbak, moet hierdie werk deur ‘n loodgieter of

ervare nutsman gedoen word. Mev. Zenzele kan nie ‘n loodgieter se dienste bekostig nie en weinig inwoners beskik oor die

nodige gereedskap en ervaring om die werk te doen. Mev. Zenzele kan nie haar rekening lees nie en was geheel en al onbewus

van die waterskaarste in Kaapstad.

Die Waterlekkasieprojek – ‘n inisiatief deur die burgerlike samelewing aangevoer deur die Wes-Kaapse organisasie,

Environmental Justice Networking Forum – het mev. Zenzele gehelp om haar toilet te laat regmaak. Haar maandelikse

watergebruik het na 13 kl en ‘n heffing van R20 afgeneem. Die Waterlekkasieprojek is ’n burgerlike volhoubare

ontwikkelingsinisiatief wat wil verseker dat mense soos mev. Zenzele toegang tot ‘n deurlopende, voldoende, bekostigbare en

volhoubare watertoevoer het. Die projek het ook plaaslike jongmense met basiese loodgietervaardighede toegerus.

Deeglike perseelinspeksies het aan die lig gebring dat hoë watergebruik in die meeste gevalle die gevolg is van lekkasies op

die huishoudelike loodgieterinstallasies en in besonder die toiletspoelbakke binne die eiendomsgrense. Soos mev. Zenzele, is

huisinwoners nie daartoe in staat om die snelgroeiende agterstallige bedrae te vereffen of die lekkasies te laat herstel nie. Die

kennis oor hoe om die herstelwerk te doen, en die begrip dat water ‘n skaars en waardevolle hulpbron is, ontbreek ook.

Om hierdie probleem op te los het die raad spesiale toestemming verleen (burgemeesterskomiteebesluit MC 63/11/05) dat die

afdeling water en sanitasie “eenmalige” lekkasieherstelwerk op behoeftige persele doen. Voorts sal al die betrokke eiendomme

se agterstallige bedrae weens waterlekkasies afgeskryf word, mits watergebruik vir ses meterlesingsiklusse ná die herstelwerk

binne die verwagte norme bly.

Die Stad Kaapstad stel hierdie program wyd in werking, en het reeds meer as 11 000 lekkasies herstel en sedert 2006 ongeveer

R4 miljoen aan die projek bestee. ’n Ontleding van watergebruikstatistieke op die SAP-finansiële stelsel het getoon dat 45 000

behoeftige huise meer as 30 kl water per maand gebruik. Behoeftige huise word nou omskryf as eiendomme met ’n waarde van

R199 000.00 en minder. Hierdie 45 000 huise het saam ’n gemiddelde van 1 000 000 kl water per maand gebruik – meer as 5%

van die Stad se daaglikse watergebruik.

Daar word beoog dat die gemiddelde watergebruik na afloop van lekkasieherstelwerk minder as 15 kl per maand sal wees. Dit

sal ‘n totale maandelikse besparing van sowat 360 000 kl tot gevolg hê – meer as 1,5% van die Stad se daaglikse watergebruik.

Die Stad se watergebruikteikensDie Stad wil teen 2020 watergebruik en afvalwater met 30% verminder.

WATeR iN JOU HUiS

83

WATeR

Die Stad streef daarna om watergebruik aansienlik te verminder om te verseker dat almal genoeg drinkwater het –

nou én in die toekoms. Gedurende droogtebeperkingstye word besparings van tussen 10 en 20% suksesvol bereik.

Die uitdaging is nou om hierdie besparings op die lange duur vol te hou. Die Stad kan dit nie sonder alle inwoners

se hulp en ondersteuning doen nie. As huishoudings gebruik ons tot 60% van alle water in die Stad. Dit beteken

dat enige optrede van ons kant om water meer doeltreffend te gebruik, ‘n groot verskil in die Stad sal maak. Die

goeie nuus is dat dit sonder enige uitwerking op geriefsvlakke en tyd kan geskied.

Onderneem ‘n mini-wateroudit in jou huisHoeveel water gebruik jou huishouding? Waar gebruik jy die meeste water in jou huis? Is daar areas waar jy water

kan bespaar? Doen die volgende oefening, en kom so meer te wete oor watergebruik in jou huis.

Werk uit hoe en waarvoor jy water gebruik. So sal jy agterkom in watter areas jy die meeste water gebruik, en sal

jy keuses kan maak oor waar verbeteringe in jou huis ter bevordering van waterdoeltreffendheid aangebring kan

word. Dikwels word soveel as 40 tot 60% van huishoudelike water vir nie-noodsaaklike doeleindes, soos die natlei

van tuine of die volmaak van swembaddens, gebruik.

Vir ‘n meer uitvoerige wateroudit, aanvaar die prettige en interaktiewe huishoudelike-oudituitdaging op die Stad se

webtuiste by www.capetown.gov.za. Klik op “Your City” en dan “Water Services”.

84

WATeR

Aktiwiteit

Gemiddelde

watergebruik

per aktiwiteit

(liter)

Aantal keer

per dag wat

aktiwiteit

plaasvind

Totale

watergebruik

per persoon

per dag

(liter)

Aantal

mense in

huishouding

Totale

huishoudelike

watergebruik/

dag

Voorbeeld: Was

hande en gesig1,5 liter

drie keer per

dag

1,5 liter x drie

keer per dag

= 4,5

vier mense4,5 liter x vier

mense = 18

Was hande en gesig 1-3 Bad 80-150Stort vir vyf

minute80

Borsel tande

(terwyl die kraan

baie stadig loop

– gebruik liewer ‘n

beker)

4

Spoel die toilet 6-21

Drink water (‘n

koppie)0,25

Was skottelgoed

(met die hand)

18 enkelwasbak

36

dubbelwasbak

Gebruik

skottelgoedwasser17-45

Gebruik wasmasjien

(een 3 kg-bondel)80

Was klere met die

hand (een wasbalie

vol)

40

Kraan wat lek/drup

(1 druppel/sekonde

per dag)

30-60

Vrugte-en-

groentetuin (per m2

per dag)

4

Kook kos (‘n

maaltyd vir vyf

mense)

3

Gebruik die

tuinslang vir ‘n uur600

Tuinmaak – 46%

Ander – 54%

Tipiese middel- tot hoë-inkomstehuishoudingsTipiese lae-inkomstehuishoudings

Huishoudings met tuine

Huise mét ‘n tuin (net meer as die helfte van die respondente in die opname) – 46% van totale watergebruik

(Source: Water - How is it used at home, HE Jacobs, LC Geustyn and BF Loubser, Consulting Engineers).

“Ander” soos water vir kosmaak, skottelgoedwas en drinkdoeleindes – 14%

Toilettte – 37%

Baddens en storte – 32%

Wasmasjiene – 17%

Toilette – 73%

Baddens en storte – 19%

“Ander” soos water vir kosmaak, skottelgoed- en klerewas, en drinkdoeleindes – 8%

85

WATeR

Tipiese huishoudelike watergebruik ‘n Onlangse opname oor watergebruik in Kaapse huishoudings deur CES Raadgewende Ingenieurs wys op die

volgende tipiese watergebruikpatrone. Vraelyste is op die Internet ingevul en ook in ‘n HOP-behuisingsgebied

uitgedeel. Dié twee groepe respondente word hier breedweg as “middel- tot hoë-inkomste-” (Internet-

respondente) en “lae-inkomste”-huishoudings (HOP-respondente) geklassifiseer.

Hieruit is dit duidelik dat die toilet in lae-inkomstehuise die meeste water gebruik. Om water te bespaar – in

beide lae- én hoë-inkomstehuise – is dit uiters belangrik om seker te maak dat jou toilet nie lek nie. By hoë-

inkomstehuishoudings kan daar ook baie water in tuine bespaar word. Raadpleeg die volgende afdeling vir nuttige

raad en praktiese stappe met betrekking tot al hierdie gebiede.

Jy kan jou huishoudelike watergebruik op vele maniere verminder. Die idees en praktiese stappe wat hier aan

die hand gedoen word, sal nie net water nie, maar ook aan uitgawes bespaar. Die stappe is maklik en sal nie jou

lewensgehalte op enige manier beïnvloed nie.

86

WATeR

PRAKTieSe STAPPe

Hoe om met water te werk‘n Belangrike eerste stap is om uit te vind waar jou hoofwaterafsluitkraan sit sodat jy jou watertoevoer indien

nodig kan afsluit. Dink aan die stopkraan as jou huis se hoofkraan. Indien jy dit toedraai sal die water uit die

hoofwaterleidings afgesluit word en sal alle watertoevoer na jou huis gestop word.

Wanneer jy die afsluitkraan toedraai, hoor jy dalk ‘n harde slag of knal in jou waterpype. Dit staan as “waterslag”

bekend, en word deur die skielike verandering in die waterstroom en waterdruk veroorsaak wat die pype laat

vibreer. Mettertyd kan dit die steunstukke waarop die pype rus laat losraak, en so die waarskynlikheid van lekkasies

verhoog. Draai daarom net jou afsluitkraan toe wanneer dit werklik nodig is (soos wanneer jy ‘n lekkasie laat

regmaak).

Druppende krane en watervermorsing‘n Druppende kraan kan daagliks 30-60 liter water vermors. Indien jou waterrekening besonder hoog lyk – hoër as

wat jy op grond van jou wateroudit verwag het – is dit raadsaam om jou huis vir lekkasies na te gaan. Lekkasies kan

by krane, stortkoppe en oorlooppype van warmwatersilinders voorkom. ‘n Onnatuurlike groen kol in die tuin kan

op ‘n lekkasie in een van jou ondergrondse pype dui. Dit kan ook ‘n groot bron van waterverlies wees. Elk van die

volgende afdelings bied inligting oor hoe jy lekkasies in en om jou huis kan opspoor en herstel.

Ingevolge die Stad se nuwe Waterverordening is dit onwettig om enige lekkasie op pype of watertoebehore toe te

laat (Waterverordening, hoofstuk 3, artikel 42 (1)).

87

WATeR

GevallestudieNadat Hoërskool Rocklands op die Kaapse Vlakte hulle watergebruik begin moniteer het, het hulle

tot hulle skok agtergekom dat die skool gedurende vakansietye ook water gebruik. Dit het op

lekkasies in hulle stelsel gedui. Dié lekkasies is opgespoor en herstel, en het tot ‘n afname van 95%

in hulle watergebruik aanleiding gegee! Die skool se waterrekening het oor ‘n tydperk van drie

maande van R2 000 na minder as R200 gekrimp!

(Environmental Monitoring Group, 2005)

Wat het jy nodig om ‘n lekkasie te herstel?* ‘n verstelbare kloutang

* ‘n skroefbek

* ‘n 200 mm-skroefsleutel

* ‘n platpunt-skroewedraaier

* ‘n bietjie kennis van en vertroue in jou doen-dit-selfvaardighede!

Let wel: Draai altyd die afsluitkraan in jou huis se hoofwatertoevoerpyp toe voordat jy ‘n lekkasie probeer herstel.

Dié kraan is gewoonlik naby jou watermeter. Onthou ook om die afsluitkraan weer oop te draai nadat jy klaar

gewerk het.

Spoor ondergrondse lekkasies opWees op die uitkyk na onnatuurlike groen kolle in jou tuin. Dit wys dikwels op ‘n lekkasie in ‘n ondergrondse pyp.

Waar die watermeter onder ’n deksel op die munisipaliteit se sypaadjie geïnstalleer is (d.w.s. buite die eiendom), sal

die munisipaliteit die pyp aan die uitlaatkant van die meter tot op die grens van die perseel herstel. Die eienaar is

aanspreeklik vir herstelwerk aan sy/haar kant van die grens. Waar die meter op die perseel (d.w.s. op die erf) sit,

sal die munisipaliteit die pyp tot by die inlaatkant van die meter herstel. Die eienaar moet te alle tye toegang tot die

pyp en meter verseker, soos deur die Waterverordening bepaal. Vanaf die uitlaatkant van die meter is die eienaar

verantwoordelik vir die instandhouding van die loodgietersinstallasie.

eenvoudige toets vir ondergrondse lekkasies

1. Vra alle lede van jou huishouding om op te hou water gebruik terwyl jy hierdie toets doen. Wag ‘n halfuur

nadat watergebruik gestaak is voordat jy met die toets begin. Niemand mag enige water vir die volle uur wat

die toets duur gebruik nie.

2. Soek jou watermeter soos verduidelik onder die opskrif “Leer hoe om jou watermeter te lees” (bl. 80).

3. Skryf die meterlesing neer.

4. Gaan jou watermeter na om te sien of daar enige water deur die meter vloei. Indien jy ‘n wysermeter het, sal jy

kan sien of die sterrat draai. Indien die rat draai, is daar moontlik ‘n lekkasie in jou pypstelsel.

5. By ‘n volumetriese meter, is die rooi syfer heel aan die regterkant van die teller (wat in tiendes van ’n liter meet)

baie sensitief vir watervloei deur die meter, en sou dit lekkasies kon aandui deur na die volgende syfer oor te

rol. Sommige munisipaliteite sluit nuwe watermeters – vra hulle vir ‘n sleutel. Let egter daarop dat sommige

88

WATeR

volumetriese metermodelle slegs drie rooi syfers in plaas van die vier op die foto het. In sulke gevalle registreer

die rooi syfer heel aan die regterkant in trappe van ’n liter, en is dit daarom nie so sensitief vir watervloei as ’n

meter met ’n vierde rooi syfer, wat in tiendes van ’n liter meet nie.

6. Bevestig dat daar wel ‘n lekkasie is deur die meter een uur na jou eerste lesing ‘n tweede keer te lees. Dit is

belangrik dat niemand in die huis gedurende hierdie toets water gebruik nie, aangesien dit die toets ongeldig

sal maak.

7. Trek die eerste lesing van hierdie finale lesing af. Dit sal jou ‘n aanduiding gee van hoeveel water elke uur lek.

indien jy ‘n ondergrondse lekkasie vind

Bel ‘n loodgieter om die lekkasie te herstel. Indien daar pype vervang moet word, vra vir ‘n korrosiebestande

pyp (bv. hoëdigtheidspoliëtileen). Let daarop dat pype wat water uit die munisipaliteit se hoofwaterpyp vervoer,

ingevolge verordeninge nie in beton gehul of onder betonvloere gelê mag word nie.

ToiletteJou toilet se watergebruik kan maklik deur middel van goeie instandhouding en eenvoudige waterbesparings-

inisiatiewe verminder word. Ouer toiletspoelbakke met ‘n hewelspoelstelsel het ‘n inhoudsmaat van 9-12 liter. Indien

jy jou toilet na ‘n veelspoelstelsel (wat spoel solank as wat die handvatsel afgedruk word) of ‘n dubbelspoelstelsel

(‘n lang en ‘n kort spoeling) laat omskakel, kan jy jou waterkoste met tot 20% besnoei. Probeer jou spoelbakvolume verder verminder deur ‘n bottel of

sak in die spoelbak te sit om die water te verplaas.

Ingevolge die Stad se nuwe Waterverordening mag geen toiletspoelbak ‘n groter

inhoudsmaat as 9,5 liter hê nie (Waterverordening, bylae 2, Watervraagbestuur).

Dubbelspoel: Vir ‘n dubbelspoelstelsel moet jy ‘n nuwe dubbelspoelbak laat

installeer. Dit kos sowat R1 500 vir die hele stelsel. Dubbelspoelstelsels vereis

meer instandhouding as die veelspoelstelsel.

Veelspoel (onderbreekbare spoel): Hierdie eenvoudige stelsel laat jou toe

om die spoelvolume te beheer. Sodra jy die toilethandvatsel los, sal dit ophou

spoel. So bespaar jy meer as 50% in spoelvolume. ’n Bestaande toilet kan met ’n

veelspoelstelsel herbou word en kos tussen R60 en R450.

Plastiekbottel of “hipposak”: Deur ‘n plastiekbottel of “hipposak” in jou

spoelbak te plaas, sal jy teen min of geen koste die hoeveelheid water per spoeling

verminder. ’n Hipposak kos ongeveer R17. Die houer of sak behoort ideaal

gesien onder die bal geplaas te word. Indien jy jou watervloei met behulp van ’n

plastiekbottel probeer verminder, moet jy halfpad boontoe ‘n dreineringsgat aan

elke kant van die houer maak sodat die water wat binne-in die houer geberg word (en so ruimte beslaan) nie staande

raak nie. Die houer of sak behoort ideaal gesien oorkant die bal geplaas te word. Indien jy jou watervloei met behulp

van ’n plastiekbottel probeer verminder, moet jy halfpad boontoe twee dreineringsgate aan elke kant van die houer

maak sodat die water wat binne-in die houer geberg word (en so ruimte beslaan) nie staande raak nie. Die bottel sal

swaar belaai moet word om te keer dat dit dryf.

Toiletlekkasies

‘n Toilet wat lek kan binne een jaar tot 100 000 liter water vermors. Hierdie lekkasies verhoog jou watergebruik,

stoot jou dus in ‘n hoër watertariefkategorie of -trap, en kan jou daarom baie duur te staan kom.

89

WATeR

Hoe om vir toiletlekkasies te toets

Hier is drie eenvoudige toetse vir toiletlekkasies. Wag twintig minute nadat jy die toilet gespoel het voordat jy

hierdie toetse doen.

1. Luister of daar water in die toiletbak drup.

2. Druk nou ‘n stuk toiletpapier agter teen die binnekant van die bak. Indien die toiletpapier nat word, is daar

waarskynlik ‘n lekkasie.

3. Gooi 15 druppels voedselkleursel in die toiletspoelbak. Indien die water in die toiletbak ná 15 minute verkleur, is

daar ’n lekkasie.

Hoe om die lekkasie op te spoor

Verwyder die spoelbakdeksel, en kyk na die watervlak binne-in.

a) Indien die water op dieselfde vlak as die spoelklep-oorlooppyp is, is die watervlak te hoog gestel of lek die

vlotterklep.

b) Indien die water by die oorlooppyp inloop, is die vlotterklep te hoog gestel of lek dit.

c) Indien die watervlak onder beide oorlooppype is, lek die spoelklep.

Hoe om die watervlakke korrek te stel

Toiletoorlooppype voorkom oorstroming wanneer die watervlak in jou warmwatersilinder of toiletspoelbak te hoog

gestel is. Water kan dan by die toilet- of spoelklep-oorlooppyp inloop en so uit die huis gevoer word.

Indien daar water by die oorlooppype uitloop, beteken dit dat jou watervlak te hoog gestel is. Dit kan reggestel

word deur die vlotterklepstelling te verlaag deur die vlotterarm effens ondertoe te buig (draai die afsluitkraan toe

en verwyder die passtuk uit die spoelbak, hou die arm met een hand terwyl jy dit met die ander hand buig – dit sal

skade aan die toebehore voorkom.) Indien die klep oor ’n skroeftipe versteller beskik, sal jy die skroef moet draai

om die vlotter effens te verlaag.

Die watervlak behoort nou tot ’n vlak bo die oorlooppyp te styg, en die vlotterklep behoort te sluit. Indien dit

nie gebeur nie, en die watervlak hou aan met styg wat die spoelbak uiteindelik weer laat oorloop, moet die

vlotterwaster vervang word.

90

WATeR

Hoe om ‘n vlotterklepwaster te vervang

1. Draai die afsluitkraan toe – dit sal die watertoevoer na jou huis

stop.

2. Verwyder nou die splitpen en die vlotterarm.

3. Draai die dop af.

4. Gebruik waterdruk om die plunjer uit te druk en te verwyder.

(Draai hiervoor die afsluitkraan effens oop.)

5. Draai die geelkoperplunjer los om die waster binne-in uit te

haal.

6. Sit ‘n nuwe waster in en hermonteer die onderdele (stap 4 tot

stap 3 tot stap 2 tot stap 1).

7. Draai die afsluitkraan stadig oop en maak seker dat die

votterklep sluit wanneer die water die boonste vlak in die spoelbak bereik.

Hoe om ‘n spoelklepwaster te vervang

1. Draai die afsluitkraan toe.

2. Ontkoppel die hysdraad van die hefarm.

3. Verwyder die splitpen en die syvlotter.

4. Verwyder die spilmontering.

5. Draai die onderste flens los en verwyder die waster.

Let wel: Onthou in watter posisie hierdie waster gemonteer was sodat jy die nuwe waster ook so kan insit.

6. Installeer nou ‘n nuwe waster met die hellende kant boontoe.

7. Hermonteer die onderdele (stap 5 tot stap 4 tot stap 3 tot stap 2 tot stap 1).

8. Draai die afsluitkraan weer stadig oop en toets dat daar niks meer lekkasies

is nie.

91

WATeR

Baddens en storteIngevolge die Stad se nuwe Waterverordening mag die maksimum stroomsnelheid van enige stortkop nie 10 liter

per minuut oorskry nie (Waterverordening, Bylae 2, Watervraagbestuur).

‘n Gemiddelde bad het ‘n inhoudsmaat van 150-200 liter. ‘n Gemiddelde stort gebruik ongeveer 22 liter water per

minuut. ‘n Mens kry egter swakstroom-stortkoppe wat minder as die helfte van hierdie hoeveelheid per minuut

lewer. Swakstroom-stortkoppe werk onder druk en beperk die hoeveelheid water wat uit ’n stortkop kom. Water

beweeg deur ’n opening van ongeveer 5 mm, en word in ’n klein werwelkamer gedwing waar dit in miljoene

klein druppeltjies opgebreek word. Dit bespaar tot 50% water – en verminder ook jou elektrisiteitsverbruik vir

waterverhitting.

Daar is tans verskeie modelle en soorte swakstroom-stortkoppe op die mark wat stortwatergebruik met tussen 30

en 50% verminder. Let wel: Hierdie stortkoppe het gewoonlik 600 kPa warmwatersilinderdruk nodig om te werk,

en kan tussen R70 en R350 kos.

Wanneer jy stort, moet jy in gedagte hou dat indien jy steeds tien minute lank stort, jy nie water bespaar nie.

Onthou, hoe stadiger die stroomsnelheid en hoe korter die stort, hoe groter die waterbesparing.

WarmwatersilindersSoos toiletspoelbakke, het warmwatersilinders ook ‘n oorlooppyp om oorstroming te voorkom. Dit is normaal dat

water uit dié oorloop- (of dreinerings-)pyp, wat aan ’n uitsettingsuitlaatklep gekoppel is, drup. Wanneer verhitte

water uitsit, word ’n klein hoeveelheid deur hierdie klep uitgelaat. Die gedrup behoort egter te stop wanneer

die temperatuur van die verhitte water stabiliseer. Hierdie “normale” gedrup kan ’n uur of langer duur. Daar kan

daagliks tot twee liter water by hierdie oorlooppyp uitloop. Vang dit op en gebruik dit in jou tuin!

Indien daar aanhoudend water uit die oorlooppyp of uitsettingsuitlaatklep drup of vloei, of daar meer as twee liter

water per dag uitloop, is daar ‘n lekkasie. Aangesien dit ingewikkeld kan wees om lekkasies in warmwatersilinders

te herstel, is dit die beste om ’n gekwalifiseerde loodgieter te bel om die probleem reg te stel.

KraneBadkamer- en kombuiskrane kan met kraanbelugters toegerus word. Hierdie belugters verminder die normale

kraanstroomsnelheid van ongeveer 20-30 liter per minuut (waarvan baie vermors word) na ‘n meer sinvolle 6-10

liter. Die werking van hierdie swakstroomtoestelle berus op ’n klein skermpie wat aan kraanopeninge vasgeskroef

word en waardeur die water dan gedwing word. Die waterstroom word tot ‘n 5 mm-opening beperk, en

bygevoegde lugborrels sorg vir ‘n aangename, spatvrye, borrelende waterstroom. Jou kraan se stroomsnelheid kan

so met 50 tot 75% verminder word terwyl die waterdruk onveranderd bly.

Kraanbelugters behoort maklik aan te skroef. Nie alle krane kan egter met belugters toegerus word nie

aangesien sommige krane dalk nie oor skroefdraad beskik nie. Die dubbeldraad is geskik vir beide binne- en

buitedraadkrane. Hoewel die meeste krane vandag oor standaarddraad beskik, kan dit dalk by ouer krane nodig

wees om draadpasstukke te gebruik om waterbesparingsprodukte maklik te koppel. Hierdie passtukke is maklik

bekombaar. Maak ook seker by watter waterdruk (kPa) die produkte die beste sal werk. Ingevolge die Stad se

nuwe Waterverordening mag geen kraan by ‘n handwasbak ‘n stroomsnelheid van meer as 6 l per minuut hê nie

(Waterverordening, Bylae 2, Watervraagbestuur).

‘n Kraanbelugter kos ongeveer R35.

1 2 3

3 4 6

92

WATeR

Sewe maklike stappe om ‘n lekkende kraan reg te maak!

’n Druppende kraan beteken gewoonlik dat die waster vervang moet word. Doen dit só:

1. Draai die afsluitkraan (die hoofwatertoevoer na jou huis) toe, en draai dan die kraan heeltemal oop.

2. Skroef die bokant los. Wanneer jy die kraan losskroef, draai ‘n stuk lap daarom sodat jy dit nie krap nie.

3. Skroef nou die spil los.

4. Skroef die moer los waarin die waster sit, en verwyder die waster.

5. Monteer ‘n nuwe waster en vervang die moer. Maak seker dat jy die regte grootte waster vir die kraan gebruik.

6. Herinstalleer die spil, en skroef weer die kraan se bokant vas.

7. Draai die kraan toe, sluit die watertoevoer weer stadig aan en gaan die kraan na vir lekkasies. Moenie die kraan te

vas draai nie aangesien die nuwe waster nog sag is en maklik beskadig kan word.

93

WATeR

Skottelgoedwassers en wasmasjieneSlim keuses wanneer jy ‘n nuwe huishoudelike item koop, kan ‘n groot impak op jou water- (en energie-) gebruik

hê. Wees op die uitkyk vir water- en energiedoeltreffende produkte.

Skottelgoedwassers gebruik gemiddeld 40-75 liter water per was. Baie doeltreffende masjiene kan egter so min as 13 liter gebruik. Hierdie masjiene sal ook minder elektrisiteit gebruik aangesien daar minder water is

om te verhit. Masjiene met vinnige (vir nie-so-vuil skottelgoed) of halwevragsiklusse sal watergebruik met 37% en

energieverbruik met 29% verminder.

Wasmasjiene gebruik gemiddeld 150 liter water per was. Baie doeltreffende masjiene gebruik ongeveer 30%

minder water, en 40 tot 50% minder elektrisiteit. Wees op die uitkyk vir masjiene wat 37-45 liter water per was

gebruik. Weereens beteken minder warm water minder elektrisiteit.

Masjiene wat water bespaar bevat egter ‘n hoë konsentrasie wasmiddel. Tensy alternatiewe wasgoedseep gebruik

word, is die uitvloeisel uit hierdie masjiene dus nie geskik vir gebruik in gryswaterstelsels nie.

Algemene wenke

* Voorlaaiers is in die algemeen meer doeltreffend (water- én kragslim) as bolaaiers.

* Enige wassiklus met ‘n temperatuur van meer as 60 °C vermors baie groot hoeveelhede

energie.

* ‘n Vinnige-/snelsiklus en halwebondelopsie bespaar albei water in geval van kleiner bondels

wasgoed.

* Skakel wasmasjiene en skottelgoedwassers net aan wanneer hulle volgelaai is.

TuineHuise mét tuine gebruik dikwels soveel as 40 tot 60% van hulle algehele watergebruik vir

tuinmaakdoeleindes. Hierdie is behandelde drinkwater (wat geld kos om te suiwer). Daarom

moet ons goed dink voordat ons dit in die tuin gebruik. Ons kan slimmer wees deur ons tuine

gedurende die koelste tyd van die dag met behulp van drupbesproeiing nat te lei en gereeld

kompos en molm in te werk. Daar is selfs party inheemse Kaapse plante wat nooit water

hoef te kry nie, behalwe tydens aanplanting.

Ingevolge die Stad se nuwe Waterverordening mag tuine nie tussen 10:00 en 16:00

met drinkwater natgelei word nie. Waar ’n tuinslang gebruik word om ‘n tuin uit ‘n

drinkwaterbron nat te lei, moet ‘n beheertoestel soos ‘n sproeier aan die punt van die

tuinslang aangebring word (Waterverordening, bylae 2, Watervraagbestuur).

Kleurryke, inheemse en waterslimplante vir ons tuine

Die Kaapse Skiereiland het meer plantspesies (2 256) as die Britse Eilande (1 492). Hierdie

inheemse plante – fynbos – het oor duisende jare by die plaaslike weersomstandighede en

grond aangepas, en word gekenmerk deur klein, grys, wasagtige of harige blare wat dit teen

94

WATeR

ons warm, droë somers bestand maak. Inheemse plante is die beste vir ons tuine, en verg min, indien enige, sorg

en water. ’n Gevestigde waterslim tuin kan ook jou eiendom se waarde vermeerder. Hoe meer waterslim jy jou tuin

uit die staanspoor maak, hoe makliker en goedkoper sal dit wees om dit mooi te hou. Sodra jy besluit het om jou

tuin waterslim te maak, bespreek die opsies met jou plaaslike kwekery, of raadpleeg die Stad se pamflet “Skep ’n

waterdoeltreffende tuin”.

Indien jy ‘n grasperk móét hê, vervang kikoejoegras met inheemse, droogtebestande gras soos buffelsgras

(Stenotaphrum secundatum) en fyn kweek. Hierdie grassoorte verg die helfte minder water en min sorg. Die

grasperke in die Kirstenbosch-tuine (wat uit inheemse grasspesies bestaan) word vir slegs drie maande van die jaar

(gedurende somer) een keer per week snags natgemaak. Hierdie grasperke maak andersins op reën staat om te

oorleef, en is maklik beheerbaar.

Swembaddens’n Mens het altesaam 32,5 biljoen liter water nodig om die

geraamde 650 000 swembaddens in Suid-Afrika vol te maak.

Ongeveer 91 000 van hierdie swembaddens is in die Wes-Kaap.

In warm weer laat verdamping swembadvlakke met 0,5 tot

1 cm per dag sak. Swembadseile verminder verdamping met tot

90%, en bespaar so die water wat jy andersins sou gebruik om

jou swembadvlakke aan te vul. Die plastiek vir swembadseile

kos ongeveer R40 tot R50 per vierkante meter. Gesofistikeerde

oprolstasies en verwante toebehore sal meer as R2 000 kos.

Hoe meer water jy nodig het om jou swembadvlak aan te vul,

hoe hoër sal jou rekening wees.

Lekkende swembaddens kan onnodige waterverlies tot gevolg

hê. Wees op die uitkyk vir krake binne-in die swembad of

buitengewoon groen gras. Selfs beter – skryf neer hoe dikwels

jy jou swembadvlak moet aanvul. (Dit sal natuurlik meer gereeld

in die somer gebeur.) Indien jou swembadvlak met meer as 5

tot 6 cm per week daal, is daar waarskynlik ‘n lekkasie.

Ingevolge die Stad se nuwe Waterverordening is dit verbode

om outomatiese aanvulstelsels te gebruik wat met behulp van ’n vlotterklep swembaddens en tuinpoele uit ’n

drinkwaterbron van water voorsien (Waterverordening, bylae 2, Watervraagbestuur).

Boorgate en putte‘n Put is gewoonlik ’n installasie met ‘n pomp wat op grondvlak gemonteer word en ondergrondse water via ’n

suigpyp van ’n diepte van tot en met 8-10 meter optrek. ‘n Vlak boorgat is ongeveer 30 meter diep, terwyl diep

boorgate 100 m of dieper die grond in strek. Dit is baie duur om ’n boorgat te grawe, en die proses behoort vooraf

volledig nagevors te word. Grondwater kan ook minder ideaal wees vir plante.

Grondwater speel ‘n belangrike rol in die omgewing. Gedurende droogtetye vul grondwater riviere aan wanneer

watervlakke laag is. Gedurende reëntye gebeur die teenoorgestelde: Die riviere en stormwaterdreinering vul dan

weer die grondwater aan. Om te verseker dat boorgatwater nie besoedel of oorontgin word nie, moet daar beheer

uitgeoefen word oor die hoeveelheid grondwater wat ons onttrek. Dit is hoekom alle huishoudings met boorgate by

die munisipaliteit geregistreer moet wees.

95

WATeR

ReënwatertenksHoewel dit onwettig is om ‘n reënwatertenk aan die drinkwatervoorraadstelsel te koppel,

is so ‘n tenk vir jou was-, skoonmaak-, natlei- en swembadbehoeftes ‘n uitstekende idee.

Reënwatertenks kan ook so gekoppel word om water aan toiletspoelbakke te voorsien, en

so die aansienlike hoeveelheid water wat daagliks vir die spoel van toilette gebruik word, te

verminder.

Die gebruik van reënwatertenks in somerreënvalstreke kan baie voordeliger wees as tenks

in winterreënvalstreke. ’n Tenk van 5 000 l in ’n winterreënvalstreek wat hoofsaaklik vir

die spoel van toilette gebruik word, kan egter tot soveel as 15% per jaar bespaar. Hierdie

berekening word egter op afloopwater van ‘n 80 m²-dak en ’n gemiddelde of bogemiddelde

reënvalpatroon gegrond.

Reënwatertenks se inhoudsmate wissel van 200, 500, 1 000, 1 500 en 2 500 l tot 5 000 en 10 000 l. Aangesien

hierdie tenks betreklik groot is, beslaan dit ’n groot installeringsruimte. Spaar ruimte en kies ’n vertikale eerder as

’n horisontale tenk. Plaas die reënwatertenk in die skaduwee om die water so koel moontlik te hou. Hou in gedagte

dat ’n tenk van deurskynende materiaal tot algevorming in die water sal lei indien dit aan sonlig blootgestel word.

’n Tenk van 1 000 l blyk die mees ekonomiese – én gewildste – te wees, en kos sowat R890 vir die tipiese groen

plastiekweergawe. ’n Klein 250 l-tenk kos ongeveer R530.

Die swart en wit van grys waterGrys water kom van water wat in die huis vir bad-, was- en skoonmaakdoeleindes gebruik word. ’n Gryswaterstelsel

sal hierdie gebruikte water na ’n tuinnatleistelsel voer. Die grootte en hoek van die pype wat wasmasjienwater

weglei is belangrik. Filters, kleppe en ’n opgaarbak (vir berging) is ook nodig. Wasgoedwater met wasmiddels wat

fosfaat bevat is voedingsryk en kan plante se groei aanhelp. Baie opwasmiddels bevat egter oppervlak- aktiewe

agente (“surface active agents/surfactants”) wat sleg is vir jou tuin. Grys water uit die kombuis behoort ook nie vir

natleidoeleindes gebruik te word nie.

Grys water is nie altyd veilig nie. Jy sal ’n betroubare stelsel moet hê om te moniteer wat in die water beland, en

dit behoorlik te bestuur. Vermy om gesondheidsredes gryswatergebruik op groente, kruie of vrugte wat jy van

plan is om te eet. Wanneer jy grys water in jou tuin gebruik, is dit belangrik dat die waterdruppels groot en die

sproei swak is sodat die grys water nie na ander areas versprei nie. Moenie hierdie water op winderige dae op jou

grasperk sproei of sprinkel nie. Grys water moet ideaal gesien met behulp van ’n drupstelsel hergebruik word wat

die water reg op die plantwortels drup. ’n Selfs beter gryswaterdrupstelsel maak van ondergrondse pype gebruik.

Wees versigtig om nie grys water op oppervlakke toe te laat wat in die straat dreineer nie, aangesien dit die

stormwaterstelsel sal besoedel en uiteindelik in ons riviere en strome sal beland.

Hierdie stelsels is duur, maar wel in Kaapstad te kry. Die installering van ’n gryswaterstelsel is ingewikkeld. Doen

deeglike navorsing oor die proses, en maak seker dat jy ’n maatskappy met ’n goeie reputasie gebruik.

96

WATeR

KONTAKTe eN HUlPBRONNe Stad Kaapstad se waterdiensafdeling en blitslyn: 0860 103 089

Stad Kaapstad- tegniese beheersentrum vir water en sanitasie: 0860 103 054

E-pos: [email protected]; Internet: www.capetown.gov.za

Posbus 16548, Vlaeberg 8016

Streekkantoor van die Departement Waterwese en Bosbou, Strandstraat 17, Bellville: (021) 950 7100; Internet:

www.dwaf.gov.za

Environmental Monitoring Group (EMG), tel. (021) 448 2881

Standaarde vir boorgatontwerp en -konstruksie, sien SANS 10299 (2003) “Development and maintenance of

groundwater resources”

Raadpleeg ook die Boorgatvereniging van Suid-Afrika, www.bwa.co.za

“Installation Component Database: A-Z of Good Practice in Plumbing Installations in Commercial and Residential

Buildings”, WNNR, 2003

Wat doen ander stede in Suid-Afrika en oorsee om water te bespaar?

www.randwater.co.za

www.umgeni.co.za

www.savewater.co.za vir plaaslike waterbesparingswenke

www.thameswateruk.co.uk

www.sydneywater.com.au

www.webfoundry.co.za vir huisoudituitdaging

www.ewisa.co.za

BIODIVERSITEIT

Biodiversiteit (biologiese diversiteit) is die totaliteit van die verskillende lewende organismes op aarde, hulle genetiese verskille, en die gemeenskappe en ekosisteme waarin hulle voorkom. Dit is die “natuurlike rykdom” van die aarde waar al ons kos en baie van ons grondstowwe vandaan kom.

98

BiODiVeRSiTeiT

Biodiversiteit gaan nie net oor ’n lys spesies nie, maar eerder ’n reeks verhoudinge in ’n ingewikkelde web wat

ons maar nou eers begin identifiseer, om nie eens van verstaan te praat nie. Elke deel binne hierdie ingewikkelde

geheel word ’n bietjie swakker wanneer net een deel agteruitgaan of verdwyn.

Biodiversiteit het onder andere met spesie-, genetiese en ekosisteemdiversiteit te doen.

99

BiODiVeRSiTeiT

Spesiediversiteit‘n Spesie is ‘n groep organismes met eiesoortige kenmerke. Spesiediversiteit kyk na die aantal, soort en

verspreiding van spesies binne ’n ekosisteem. Ons kan steeds nie sê met hoeveel en watter ander spesies

ons hierdie planeet deel nie. Ramings wissel grootliks – van vyfmiljoen tot ’n honderdmiljoen. Tot dusver kon

wetenskaplikes maar ongeveer een-en-‘n-halfmiljoen spesies beskryf.

Genetiese diversiteitGeenwisseling stel organismes daartoe in staat om te ontwikkel en by nuwe omstandighede aan te pas. Die

poel van genetiese verskeidenheid word gevorm deur die keur van “voorkeurkenmerke” wat in ’n bepaalde

omgewing “werk”. Die verskeidenheid en kompleksiteit van habitats moedig groot verskille in die hoeveelheid en

verspreiding van genetiese variasie aan. Geïsoleerde bevolkings, soos dié op klein eilande of in beperkte habitats

wat van die omringende omgewing afgesny is, is daartoe geneig om minder genetiese variasie as bevolkings in

groot, ongeskonde ekosisteme te toon. Daarom is die geïsoleerde bevolkings meer kwesbaar vir uitsterwing.

ekosisteemdiversiteitDit verwys na die verskeidenheid habitats en verskillende spesiegemeenskappe wat in ‘n komplekse en

immerveranderende web van interafhanklike verhoudinge met mekaar omgaan. Ekosisteme wissel van water-

poele, moeraslande, riviermondings, vleie, koraalriwwe tot aardhabitats (woude, woestyne, berge, grasvlaktes,

prêries en toendras). Op landskapskaal word plantbiodiversiteit deur plantegroeisoorte verteenwoordig,

byvoorbeeld Kaapse sandvlaktefynbos en Skiereiland-sandsteenfynbos. Op ’n kleiner skaal is selfs skoolterreine,

parke en agterplase op sigself ekosisteme.

Die waarde en belang van diversiteitDit lyk dalk nie of biodiversiteit ’n ooglopende of regstreekse impak op die lewe in Kaapstad het nie, maar dit

raak en beïnvloed water, energie, gesondheid én ons ekonomie, en vorm die grondslag vir die voorsiening van

skoon water, energie- en ander hulpbronne, asook die versekering van goeie grondgehalte.

Ons deel ons planeet met

4 700 bakterieë 5 000 virusse

40 000 alge 1 170 000 ongewerweldes

47 000 fungusse 2 200 protochordata

17 000 korsmosse 21 700 visse

16 000 mosplante 5 100 amfibiese diere

13 000 varingplante 5 700 reptiele

750 naaksadiges 4 700 voëls

250 000 bedeksadiges 4 600 soogdiere

Tabel uit: Biodiversity – The living link – Let us preserve it, UNESCO en Punjab-staatsraad vir wetenskap en tegnologie

100

BiODiVeRSiTeiT

Biodiversiteit is die grondslag vir ‘n gesonde planeet (en menslike welsyn). Daar

word nou geglo dat ryklik diverse ekosisteme meer gehard is en beter as minder

diverse sisteme van spanninge soos droogte of habitatvernietiging deur die

mens herstel. Groter diversiteit bied ’n reeks weë vir ekologiese prosesse soos

voedingstofherwinning – indien een weg beskadig of vernietig word, is daar

alternatiewe beskikbaar sodat die ekosisteem onverstoord kan aanhou funksioneer.

Verswakte diversiteit stel die werking van ekosisteme in gevaar.

Biodiversiteit is besonder kosbaar:

* Ons natuurlike biodiversiteit suiwer ons water en lug, voorkom oorstromings

en hou ons grond in plek. Hierdie “dienste” is ongelooflik doeltreffend en

word gratis gelewer.

* Biodiversiteit voorsien die ingewikkelde genetiese poel waaruit ons kos en

medisyne voortgebring word. Wilde gene kan gewasse verbeter deur dit

teen siektes en klimaatsveranderinge bestand te maak. Voorts het meer as

21 000 plante wêreldwyd na bewering medisinale waarde.

* Dit maak dit al hoe belangriker om biodiversiteit vir toekomstige gebruik

te bewaar. Miskien bied een van ons plante eendag ‘n geneesmiddel

vir ‘n dodelike siekte, of lei dit tot die ontstaan van ‘n nuwe gewas of

tuinbouspesie!

* Soos in baie wêrelddele vorm ons asemrowende natuuromgewing die

hoeksteen van die Kaapse toerismebedryf, en maak baie ‘n bestaan

daaruit. Baie verdien ook hulle brood uit die pluk van blomme soos proteas,

medisinale plante soos boegoe, en die produksie van skoon fonteinwater.

* Ons natuuromgewing voorsien ons van ‘n plek waar ons kinders die natuur

kan ervaar en meer daarvan kan leer, van oop ruimte vir ontspanning, asook

skoonheid en rustigheid.

* In en op sigself is dit kosbaar – net soos enige persoon of ander vorm van

lewe. Waar een van ons diere- of plantspesies nêrens anders in die wêreld

voorkom nie, het ons ‘n besondere verantwoordelikheid – sodra die laaste

lede van ‘n spesie sterf, loop ’n hele genetiese geskiedenis ten einde.

inheemse teenoor eksotiese biodiversiteitDie term “biodiversiteit” onderskei nie op sigself tussen plante en diere wat natuurlik

in Kaapstad voorkom, en dié wat as ‘n regstreekse of nie-regstreekse gevolg van

menslike optrede en aktiwiteite hierheen gekom het nie. Plante en diere wat

natuurlik hier aard – dié wat in Kaapstad hoort – staan as inheemse spesies bekend.

Daardie plante en diere wat doelbewus of per ongeluk deur mense ingebring is,

word eksotiese of uitheemse biodiversiteit genoem. Uitheemse spesies wat gesond

groei en inheemse spesies uiteindelik vervang, staan as indringer- uitheemse spesies

bekend.

101

BiODiVeRSiTeiT

Rede tot kommer?Die Kaliforniese wetenskap-akademie wat ook ‘n

biodiversiteitshulpbronsentrum bedryf, raam dat meer as 10 000

aardorganismespesies jaarliks uitsterf, en dat die uitsterwingstempo

steeds toeneem. Die hoofoorsaak vir spesieuitsterwing is menslike

vernietiging van natuurlike habitats, insluitend lugbesoedeling,

waterbesoedeling, habitatwysiging en aardverwarming. (Die meeste

van hierdie aspekte is vroeër in hierdie handleiding bespreek.)

Een van die grootste bedreigings vir biodiversiteit is menslike

vernietiging of wysiging van natuurlike habitats. Namate ons al hoe

meer water gebruik, word riviere in damme omskep, en wysig dit die

natuurlike werking van die sisteem. Toenemende kosverbruik namate

die bevolking al hoe groter word, maak dat ons natuursisteme al hoe

meer grond aan landbou moet afstaan. Uitwaartse stedelike uitbreiding

(stadspreiding) wysig natuurlike habitats op ‘n soortgelyke wyse.

Namate mense na vorige natuurgebiede trek, verwyder hulle nie net

dikwels die plantegroei nie, maar bring hulle ook katte, rotte en ander

diere saam wat kleiner diere en voëls in die gebied teister en doodmaak.

In Kaapstad beskadig wegholbrande weens menslike aktiwiteit ook te

dikwels ons biodiversiteit. (Interessant genoeg word biodiversiteit soms

deur wegholsomerbrande gestimuleer aangesien die owerhede te bang

is om in die somer te brand hoewel dit die beste verbrandingseisoen vir

die aanwas van fynbosspesies is.)

In die lewensweb is ons almal verbind deur die lug wat ons inasem, die

water wat ons drink en die kos wat ons eet. Indien ons ander dele van

die web vernietig, vernietig ons ook ons eie kans op oorlewing.

Stof tot nadenke “Die mens (en die meeste ander organismes) se bestaan berus grootliks op wat bioloë primêre produsente

noem, naamlik plante. Die mens het oor die jare vyfduisend plantspesies as voedsel gebruik. Nou dien minder

as twintig as voedselbron vir die meerderheid van die wêreldbevolking, en is net drie of vier koolhidraatgewasse

die oorgrote meerderheid se stapelvoedsel. Een van die belangrikste voordele van biodiversiteitsbewaring is die

beskikbare wildeplant-geenpoel waaruit die beperkte genetiese basis van hierdie gevestigde voedselgewasse

uitgebrei kan word om sodoende weerstand teen siekte op te bou, produktiwiteit te verbeter en verskillende

omgewingstoleransies te skep.”

Australiese Biodiversity Series, referaat nr. 1

Die aarde kan in ses planteryke verdeel word. Planteryke is streke met eiesoortige plantegroei (plantgroepe) wat

dit van die res van die wêreld onderskei. Die suidwestelike hoek van Suid-Afrika staan as die Kaapse blommeryk

bekend. Dit is nie net die kleinste van die wêreld se ses planteryke nie, maar beskik ook oor die digste voorkoms

van plantspesies. Die Kaapse blommeryk het bykans 9 000 verskillende plant- en verskeie dierespesies.

Kaapstad is in die hart van die Kaapse blommeryk geleë – ‘n ligging wat van hierdie stad ‘n gebied van

wêreldbelang, ook bekend as ‘n wêreldwye “gonspunt” van biodiversiteit maak.

Trouens, Kaapstad staan allerweë as ‘n biodiversiteitspunt sonder gelyke bekend. Baie spesies in Kaapstad kom

net hier en nêrens anders op aarde voor nie. Hierdie spesies staan as endemiese spesies bekend. Kaapstad

het egter ook die twyfelagtige reputasie van een van die aarde se megarampgebiede – daardie gebiede wat op

die punt staan om ’n aansienlike deel van hulle biodiversiteit te verloor. Dit is ’n ernstige probleem vir daardie

endemiese spesies wat uitsterwing in die gesig staar.

Kaapstad is ook ryk aan dierebiodiversiteit, en word omring deur ‘n eiesoortige en diverse see-omgewing waarin

baie verskillende seeplante en -diere soos perlemoen, die suidelike noordkapper en die witdoodshaai voorkom.

102

BiODiVeRSiTeiT

BiODiVeRSiTeiT iN ONS STAD

Plaaslike biodiversiteitsfeiteEndemiese spesies: Kom slegs in ‘n bepaalde gebied, byvoorbeeld die Kaapstad-metro, voor.

Rooidatalys: ‘n Nasionale lys spesies, op grond van internasionaal erkende maatstawwe, wat

uitsterwing in die gesig staar.

* Suid-Afrika het die tweede hoogste aantal plantuitsterwings in

die wêreld.

* Ongeveer 70% van die 9 600 plantspesies in die Kaapse

blommeryk is nêrens anders op aarde te vinde nie. Sowat 20%

hiervan verskyn op die Rooidatalys.

* Kaapstad self beskik oor sowat 3 000 inheemse plantsoorte

waarvan 190 endemies is, 318 as bedreig beskou word, en 13

geheel en al uitgesterf het of nie meer in die veld voorkom nie.

* Die laagliggende gebied van Kaapstad onderhou meer as 1 466

plantspesies oor ’n gebied van 1 874 km², waarvan 76 endemies

is en 203 as bedreig beskou word.

* Die laagliggende gebied van Kaapstad het ook die hoogste

konsentrasie bedreigde plante per oppervlakte oorblywende

plantegroei in die wêreld.

* Die bergketting van die Kaapse Skiereiland onderhou 2 285

plantspesies oor ’n gebied van 471 km² waarvan 158 spesies

endemies is.

* Kaapstad het 83 soogdierspesies oor, terwyl 24 op die

Rooidatalys verskyn en 3 onlangs uitgesterf het.

* Daar is 361 voëlspesies in Kaapstad – 10 is bedreig, 22 verskyn

op die Rooidatalys en ten minste 3 het onlangs uitgesterf.

* Kaapstad het verskeie ongewerwelde spesies – slegs in die

bergketting van die Kaapse Skiereiland is daar ongeveer 111

endemiese soorte.

* Daar is 27 amfibiese spesies in Kaapstad waarvan 10 op die

Rooidatalys verskyn.

* Kaapstad beskik ook oor 57 reptielspesies waarvan 5 bedreig is

en 3 plaaslik uitgesterf het.

* Die Kaapse riviermondinge onderhou 24 visspesies.

* Daar is 18 verskillende nasionale aardplantegroeisoorte in

Kaapstad. Veertien hiervan word weens habitatwysiging

bedreig.

* Kaapstad het ook oorblyfsels van die mees bedreigde plantegroeisoorte in die land: Lourensford-

alluviumfynbos, Swartland-leirenosterveld en Swartland-kieselkreetrenosterveld.

* Baie wêreldwyd belangrike tuinplante het hulle ontstaan in Kaapstad en die Kaapse blommeryk in die

algemeen. Hieronder tel malvas, swaardlelies, freesias, ixias, speldekussings en gousblomme. Die Wes-Kaap is

ook ‘n wêreldsentrum van blomboldiversiteit.

103

BiODiVeRSiTeiT

Geïntegreerde metropolitaanse omgewingsbeleid en biodiversiteitstrategieOns Grondwet gee aan alle Suid-Afrikaners die reg op ‘n gesonde omgewing wat vir huidige en toekomstige geslagte

teen ekologiese agteruitgang beskerm word. Volhoubare omgewingsbestuur is ’n oorkoepelende plig van plaaslike

regering. In Oktober 2001 het die Stad Kaapstad die eerste Geïntegreerde Metropolitaanse Omgewingsbeleid (GMOB) aanvaar. Een van die GMOB se ses prioriteitstrategieë is die biodiversiteitstrategie wat daarop gemik is

om ons eiesoortige biodiversiteit in Kaapstad te beskerm, optimaliseer en uit te brei.

Biodiversiteit en bewaring was tot dusver vir baie stadsdepartemente en -lynfunksies taamlik laag op die agenda.

Benaderinge tot biodiversiteit is oor die jare deur versplintering gekenmerk, met te veel verskillende owerhede

verantwoordelik vir die beskerming van biodiversiteit in wat nou as die Stad Kaapstad bekend staan. Gevolglik is

pogings en benaderinge swak gekoördineer en geïntegreer. Die verklaring van ‘n paar gebiede tot reservate het op ‘n

perseelgerigte grondslag eerder as met behulp van ‘n stelselmatige bewaringbeplanningsbenadering geskied.

Gedurende die tagtiger- en negentigerjare is belangrike werk gedoen om sleutelbewaringsgebiede uit te wys, maar

die druk en dringendheid om ’n groot aantal migrante in die Stad ’n heenkome te gee het vordering vertraag. Daar

was ook geen duidelike of georganiseerde inwerkingstellingstrategie of aangewese liggaam wat vir inwerkingstelling

verantwoordelik sou wees nie.

Die instelling van die Tafelberg Nasionale Park (die destydse Kaapse Skiereiland Nasionale Park) in 1998 het ‘n groot

klomp bewaringsbestuurverantwoordelikhede van die Stad se skouers gelig. In 1997 identifiseer die Kaapse Vlakte-

florabewaringsperseelprojek, wat namens die Stad deur die Suid-Afrikaanse Botaniese Vereniging onderneem is,

37 kernflorabewaringspersele van die allergrootste belang vir algehele Kaapse biodiversiteit. In hierdie lig bied die

biodiversiteitstrategie ’n uitstekende geleentheid vir die Stad om biodiversiteit van nuuts af aan te pak en ons

belangrike natuurlike hulpbronne doeltreffend te bestuur en te bewaar.

104

BiODiVeRSiTeiT

Die sewe strategiese doelwitte van die biodiversiteitstrategie

1. Primêre biodiversiteit

Dit behels die instelling van ‘n netwerk bewaringsgebiede en biodiversiteitsnodusse wat daadwerklik bestuur

word. ’n Versameling plantegroei-oorblyfsels is met behulp van ’n objektiewe bewaringbeplanningsinstrument

uitgewys wat, indien dit korrek bestuur word, saam met die bestaande bewaringsgebiede en Kaapse florapersele

’n verteenwoordigende monster van Kaapstad se biodiversiteit sal bewaar.

2. Sekondêre biodiversiteit

Binne stedelike verband kan oop ruimtes met ander primêre funksies steeds ‘n belangrike

sekondêre bewaringsrol speel. Sodanige ruimtes sluit riviere, gebiede wat deel uitmaak

van stormwaterbestuur, parkweë, parke, padrande, serwitute en vervoerroetes in.

Biodiversiteitsbewaring sal in korridors, koppelings- en gemengdegebruikgebiede plaasvind.

3. Biodiversiteitsbewaring in varswatersisteme

Ter erkenning van die belangrike rol van ons varswatersisteme – riviere, moeraslande en vleie

– om sleutel- “groen” korridors tussen die berge en kuslyn te voorsien, sal hierdie sisteme op

’n meer doeltreffende en geïntegreerde wyse bestuur word. Dit sal daarop gemik wees om die

maatskaplike, ekologiese en geriefswaarde van varswatersisteme te beskerm en te versterk, en

sal waar moontlik die verdere kanalisering daarvan verhoed.

4. Die bestuur van indringer- uitheemse spesies

Indringer- uitheemse spesies hou een van die grootste bedreigings vir biodiversiteit in Kaapstad

in. Hierdie doelwit is daarom op die ontwikkeling en inwerkingstelling van ’n program vir

die bestuur van indringer- uitheemse spesies in die Stad Kaapstad gemik. Vennootskappe

met ander projekte en organisasies, veral die Werk vir Water-program, sal ’n belangrike deel

hiervan uitmaak. Die program sal ekonomiese geleenthede vir benadeelde gemeenskappe

bevorder en skep. As plaaslike owerheid sal die Stad Kaapstad se uitheemse-spesieuitwissing vir

privaatgrondeienaars ’n navolgenswaardige voorbeeld stel.

5. Biodiversiteitswetgewing en die toepassing daarvan

‘n Eenvoudige benadering tot biodiversiteit sal deur wetgewing, vindingryke wetstoepassing en

toegewyde bestuur gerugsteun word.

6. Biodiversiteitsinligting-en-moniteringstelsel

‘n Deurlopende inligting-en-moniteringstelsel sal goeie besluitneming en bestuur met betrekking tot biodiversiteit

en volhoubare ontwikkeling ondersteun.

7. Biodiversiteitsonderrig en -bewusmaking

Die strategie berus daarop dat die mense van Kaapstad betrek word by en eienaarskap van biodiversiteit aanvaar.

Plaaslike regering en omgewingsingeligte inwoners moet verantwoordelikhede deel. Hierdie doelwit sal op

die bemagtiging van inwoners van Kaapstad met betrekking tot biodiversiteitskwessies konsentreer ten einde

verantwoordelikheid vir die Stad se besondere biodiversiteitshulpbronne doeltreffend te deel en te aanvaar.

105

BiODiVeRSiTeiT

Hoe om indringerspesies te bestryIndringer- uitheemse spesies hou een van die grootste bedreigings vir biodiversiteit in Kaapstad in. Hierdie

spesies ding met inheemse spesies om habitats mee, veroorsaak in die geval van plantegroei meer intense

brande, en het ’n negatiewe uitwerking op waterhulpbronne (beide in hoeveelheid en gehalte). Volgens die

Amerikaanse regering het indringer- uitheemse spesies in effek 4% van wêreldwye BBP vernietig. Dit is twee

en ’n half keer Afrika se gesamentlike BBP. Naas habitatvernietiging deur mense, is indringerspesies die tweede

grootste moontlike oorsaak van spesieuitsterwing in die wêreld.

Indringerplante vernietig ons grond se produksiemoontlikhede. Kaapse fynbos het ’n veel laer biomassa as

houtagtige indringerplante, en gebruik veel minder water. Indringerspesies het ‘n baie hoër brandbare massa wat

tot die intense brande aanleiding gee wat angswekkend gereeld verwoesting oor ons Stad se berghange saai.

Indringerplante kan met soveel as tien keer die hitte van inheemse plante

brand, en vernietig dus die fynbossade wat in die grond geberg lê of juis

vir vrylating in laehittebrande bedoel is. Die indringerplant se eie sade

oorleef egter en dus loop uitheemse spesies dikwels sterker uit op grond

wat onlangs gebrand het.

Die Stad se doel vir die toekoms is ‘n stad sonder indringer- uitheemse

diere en plante. Hiervoor sal dit nou saam met ander projekte en

organisasies soos die bekroonde Werk vir Water-program, onder leiding

van die Departement van Waterwese en Bosbou, asook die indringer-

plantegroeiuitwissingsprogram van die Tafelberg Nasionale Park werk.

Werk vir Water is in 1995 van stapel gestuur in ’n poging om die

probleem van indringer- uitheemse plante en werkloosheid aan te pak.

Die program konsentreer op maatskaplike ontwikkeling – hoofsaaklik

deur die skep van werksgeleenthede waarvan 60% vir vroue, 20% vir

jongmense en 2% vir gestremdes uitgehou word – maar onderneem

ook navorsing, ontwikkel veldtogte vir opvoeding en bewusmaking, stel

strenger beheermaatreëls by lughawens, hawens en ander grensposte

in en bedink ’n grondige wetsraamwerk. Nuwe regulasies is onder die

Departement van Landbou se Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne afgekondig om die instroming van

indringer- uitheemse spesies die stryd aan te sê.

‘n Belangrike stap is om mense in te lig oor die behoefte om die verspreiding van uitheemse spesies te stop. Deur

die Santam/Cape Argus Ukuvuka-teenbrandeveldtog van 2000 tot 2005 in Kaapstad (‘n geesteskind van die

Werk vir Water-program), is uitheemse spesies op 78% van staatsgrond rondom die Tafelberggebied uitgeroei.

Hierteenoor is uitheemse spesies op slegs 21% van privaatgrond verwyder.

Werk vir Water het ‘n tolvrynommer (0800-005-376) om grondeienaars en ander besorgde mense in te lig oor

wat hulle te doen staan.

Dit is onwettig om rommel te strooi, insluitend om sigarette by motors uit te gooi. Die Verordening wat dít reguleer sal binnekort swaar boetes vir sulke optrede oplê. Die skuldige persoon sal vir enige brandskade aan eiendom wat uit sy/haar roekelose optrede spruit, aanspreeklik wees.

106

BiODiVeRSiTeiT

107

BiODiVeRSiTeiT

Toepassing van die biodiversiteitstrategieAlle bestaande stadsinisiatiewe sal saamgevoeg word, en groter integrasie

van biodiversiteitsdoelwitte sal regdeur stadsdepartemente ingestel word.

Die Stad sal ten nouste met die belangrikste streekbewaringsprojek, Cape

Action Plan for People and Environment (C.A.P.E), saamwerk asook verseker

dat strategieë van die Tafelberg Nasionale Park en die CapeNature-projekte

vir natuurbewaring in laagliggende gebiede gekoördineer word.

Die Stad kan egter nie die doelwitte van sy biodiversiteitstrategie op sy eie

bereik nie. ’n Grondliggende beginsel van die strategie is vennootskappe

met ‘n wye reeks organisasies en individue. Sleutelvennootskapsbeginsels

van die strategie sluit onder meer die volgende in:

* die ontwikkeling van plaaslike bewaringsleierskap, veral in voorheen

benadeelde gemeenskappe;

* die uitbreiding van gemeenskapsbetrokkenheid by stedelike bewaring

deur voetsoolvlakoptrede eerder as strukture en vergaderings;

* die ekonomiese ontwikkeling van benadeelde gemeenskappe deur die

ekonomiese potensiaal van ons natuurlike bates so ver moontlik uit te

bou; en

* vermoëbou en gedeelde verantwoordelikheid.

Cape Flats NatureCape Flats Nature is ‘n eiesoortige vennootskap tussen die Stad Kaapstad, die Suid-Afrikaanse

Biodiversiteitsinstituut, die Tafelbergfonds (WWF-SA) en die Suid-Afrikaanse Botaniese Vereniging,

in samewerking met Cape Action for People and the Environment (C.A.P.E). Die doel van die

projek is om goeie volhoubare bestuurspraktyke in stedelike bewaringsgebiede te bevorder sodat

omringende gemeenskappe daarby kan baat, veral waar inkomstes laag en lewensomstandighede

swak is.

Die projek is na aanleiding van die Stad Kaapstad se Geïntegreerde Metropolitaanse Omgewingsbeleid (GMOB) en

biodiversiteitstrategie ontwikkel. Die aangewese proefpersele was die Edith Stephens-moeraslandpark, Wolfgat-

natuurreservaat, Macassar-duine en Harmony Flats-natuurreservaat. Hierdie persele maak deel uit van die Stad se

biodiversiteitsnetwerk, sluit belangrike en verskillende plantegroeisoorte in en is langs sommige van Kaapstad se

armste gebiede geleë waar dié projek se gepaardgaande onderrig-, ontspannings- en ekonomiese voordele op ’n

tasbare manier ervaar kon word. Cape Flats Nature is in 2002 van stapel gestuur en het bestaande projekte op elke

perseel uitgebou en uitgebrei.

Cape Flats Nature het prosesse ondersteun wat plaaslike kampvegters en invloedryke rolspelers by plaaslike

omgewingsinisiatiewe betrek het, en so begrip vir plaaslike gemeenskappe verbeter het. Geld is ingesamel om ’n

nuwe geslag natuurbewaarders te werf en bou ten einde voetsoolvlakbewaringsbestuur by die proefpersele uit

te oefen. Cape Flats Nature is nie op sigself ‘n instelling nie, maar eerder ‘n katalitiese projek. Die Stad bly steeds

verantwoordelik vir die daaglikse bestuur van die persele terwyl stadslynbestuur oor die bewaringspan toesig hou.

108

BiODiVeRSiTeiT

Nuwe benaderinge tot bewaringsbestuur – met sterker bande tussen bewaring en gemeenskappe – is tot

stand gebring. Die klem het op gemeenskapsbetrokkenheid deur optrede eerder as struktuurbou geval, asook

klein optredes wat as vonke vir groter projekte dien. So byvoorbeeld is die behoefte om plaaslike jongmense

by voëlmonitering te betrek by die een perseel verwesenlik deur as deel van ‘n skoolvakansieprogram

voëlringingsdemonstrasies aan te bied. Twee jongmense wat die projek bygewoon en belangstelling daarin

getoon het, word nou as voëlmoniteerders opgelei. ’n Versoek vir omgewingsinligting deur ’n plaaslike

onderwyser het tot die ontwikkeling van die kwartaallikse Kaapse Vlakte-natuurtrein aanleiding gegee – ‘n

vennootskap tussen Cape Flats Nature en die skoleprogram vir omgewingsopvoeding waardeur ’n honderd

leerders van die Kaapse Vlakte per fiets deur Wolfgat en die Philippi-tuinbougebied na die Edith Stephens-

moeraslandpark ry. Langs die pad leer hulle meer oor die Stad se natuur- en beboude omgewing, en ontwikkel

terselfdertyd leierskaps- en spanwerkvaardighede.

Die uitdaging van Cape Flats Nature is om klein optredes in deurlopende programme met ‘n lewe van hulle eie

om te skakel. By die Macassar-duine is die uitdaging byvoorbeeld om “veilige dae”, wanneer honderde leerders

aan omgewingsopvoeding-aktiwiteite op die duine deelneem, in “veilige ruimtes” om te skakel waar klein groepe

veilig sonder toesig besoek kan aflê, en dit op sy beurt uiteindelik in “veilige bates van ekonomiese en ander

waarde” te verander wat toeriste én plaaslike inwoners lok.

Bron: Biodiversity for the People: Community partnerships drive conservation action on the Cape Flats, T. Goldman, L.P.

Mzwandile en L. Hendricks.

Kaapstad se natuurreservateDie Stad Kaapstad het ‘n wonderlike reeks natuurreservate en bewaringsgebiede wat inwoners en besoekers

kan geniet. ’n Volledige lys en verwante inligting is aan die einde van hierdie hoofstuk onder “Hulpbronne en

verwysings” te kry.

Luiperdpadda (“Western Leopard Toad”)

– ’n vlagskip vir stedelike bewaringDie luiperdpadda is ’n charismatiese spesie wat gevaar loop om

uit te sterf. Hierdie groot padda kom slegs in die kusstreek van die

Kaapse Vlakte tot die Agulhas-vlakte voor. Hulle plant voort in oop

waterliggame – deesdae is dít net in openbare oop ruimtes of op privaat

grond, terwyl die paar beskermde persele deur stadspreiding omring

word. Daarom is die samewerking van inwoners wie se tuine as vreet- en

toevluggebiede vir die paddas dien, noodsaaklik vir hulle oorlewing. Nog

’n groot bedreiging is padverkeer; baie paddas word raakgery wanneer

hulle laatwinter na en van hulle teelaardes beweeg en wanneer die

klein paddatjies vroegsomer hulle opwagting maak. Hierdie paddas is ’n

beskermde spesie, en dit is onwettig om hulle te versamel of te verskuif.

Vir meer inligting oor luiperdpaddas, en om meer paddavriendelik op te

tree, besoek www.leopardtoad.co.za.

109

BiODiVeRSiTeiT

Die Stad kan nie op sy eie die doelwitte van die biodiversiteitstrategie bereik nie. ’n Grondliggende beginsel van

die strategie is vennootskappe met ’n wye reeks organisasies en individue.

Aangesien Kaapstad die tuiste is van so ’n pragtige biodiversiteitserfenis, het ons as inwoners van Kaapstad ’n

belangrike verantwoordelikheid om daarna om te sien. Die natuurlike biodiversiteit wat in Kaapstad voorkom

is onder groot bedreiging, en indien ons dit nie bestuur en bewaar nie, sal baie van ons spesies en ekologiese

gemeenskappe vir altyd verlore wees. Ons is stellig die heel laaste geslag met die geleentheid om baie van ons

spesies te red. As ons nie nou optree nie, sal toekomstige geslagte nooit die kans hê om dit wat ons vandag het

te sien en te ervaar nie.

BiODiVeRSiTeiT iN JOU HUiS Of WOONBUURT

110

BiODiVeRSiTeiT

‘n Paar van die grootste bedreigings vir ons biodiversiteit in Kaapstad sluit die volgende in:

* stadspreiding en -ontwikkeling

* menslike bevolkingsaanwas

* verspreiding van indringer- uitheemse spesies

* rommelstrooiing, vullisstorting en besoedeling

* te gereelde, mensgestigte wegholbrande

* oorbeskerming teen brande in sommige gebiede

Blitstoets: Hoe biodiversiteitsvriendelik is jy?

JA NEE

Maak jy altyd seker dat niemand ‘n brandende sigaret by jou motorvenster uitskiet

nie?

Neem jy altyd jou rommel of tuinvullis na ‘n aangewese stortingsterrein, en los dit

nooit in die veld nie?

Maak jy te alle tye seker dat jy op aangewese stortingsterreine met olie en ander

chemiese produkte wegdoen, en gooi dit nie in die veld of by jou drein af nie?

Het jy ’n verskeidenheid plaaslike, inheemse plante in jou tuin en/of woonbuurt?

Besoek plaaslike, inheemse voëls jou tuin gereeld?

Is daar akkedisse, paddas of plaaslike, inheemse insekte soos die hotnotsgot of

motte in jou tuin en/of woonbuurt?

Het jy alle indringer- uitheemse spesies soos veral rooikrans, portjacksonbome,

kikoejoe, pronkgras, lantana en chromolaena (paraffienbos) uit jou tuin verwyder?

Dra jou kat ’n nekband of klokkie om klein plaaslike, inheemse diere te waarsku en

te beskerm?

Vermy jy die gebruik van sterk plaag- of onkruiddoders in jou tuin?

Ondersteun jy plaaslike inisiatiewe om die natuurgebiede in jou area te bewaar of

jou plaaslike ruimtes te vergroen?

Indien jy op drie of meer van hierdie vrae “ja” geantwoord het, kan jy verseker wees van ‘n gesonde hoeveelheid

“agterplaasbiodiversiteit”! Indien nie, sal die vele voorstelle onder “Praktiese stappe” jou op dreef kry.

111

BiODiVeRSiTeiT

PRAKTieSe STAPPeSonder ‘n voël se geroep, sonder speldekussingblomme elke jaar, sonder hoop om ‘n akkedis op ‘n klip te

sien, sonder die wete dat olifante en leeus steeds vry in die bosveld rondloop, sal die aarde vir die mens ‘n

eensame plek wees. Ons kan almal op verskeie maniere daartoe bydra dat Kaapstad se eiesoortige en spesiale

biodiversiteit gered en beskerm word. Hier is ’n paar voorstelle aan die hand waarvan jy op jou eie of saam met

jou huishouding biodiversiteit kan beskerm en bewaar:

Plant ’n inheemse tuinSelfs al woon jy op ‘n kleinhoewe, plant ‘n tuin wat die grond sal help stabiliseer, sal keer dat stof en sand by jou

huis inwaai, skadu sal gooi om die huis koel te hou en ‘n lewensruimte vir diere en plante bied. Skep met ander

woorde ‘n ekosisteem, en ondersteun biodiversiteit.

Dit is egter belangrik dat ons inheemse spesies in ons Kaapse tuine sal plant. Hierdie plante het oor ’n lang

tydperk saam met plaaslike diere in ’n komplekse lewensisteem ontwikkel – ‘n sisteem wat ons moet ondersteun

eerder as ontwrig ten einde die groot verskeidenheid lewensvorme daarin te behou. Plaaslike plante het voorts in

Kaapstad se strawwe, sanderige toestande ontwikkel, verg daarom min aanvullende water, en verminder so die

hoeveelheid water wat jy nodig het om jou tuin mooi te hou.

112

BiODiVeRSiTeiT

Indien jy naby die Tafelberg Nasionale Park, ’n natuurreservaat of ’n kernfloraperseel woon, is

dit ekstra belangrik dat jy plaaslike, inheemse spesies van die Kaapse metropolitaanse gebied

aanplant. Plante uit verder gebiede soos Hermanus kan met verwante wilde spesies kruis om

basterplante te vorm wat bewaringspogings sal ondermyn.

Aangesien verskillende plekke in Kaapstad verskillende weers- en natuuromstandighede

soos reënpatrone, windblootstelling en grondsoorte het, sal een lys plante nie aan almal

se behoeftes voldoen nie. Vir meer inligting oor geskikte spesies vir jou tuin, besoek die

webtuiste www.sanbi.org, en kies die “plantZAfrica”-afdeling. Daar sal jy tuinmaakinligting vir

elke veldsoort kry asook ’n lys plante vir waterslim tuine. Let daarop dat hierdie lys ook spesies

van buite die Kaapse metropolitaanse gebied insluit. Die Kirstenbosch-uitreikgroep het ook ’n

boekie getiteld Greening South African Schools gepubliseer oor hoe om ‘n inheemse tuin te

skep – die boekie is by die Kirstenbosch-boekwinkel te koop.

Oorweeg byvoorbeeld die volgende plaaslike, inheemse plante vir jou Kaapse Vlakte-tuin:

Bome

Kanferbos (Tarchonanthus camphoratus)

Melkhoutboom (Sideroxylon inerme)

Wildeolyfboom (Olea europaea subsp. africana)

Struike

Bitou (Chrysanthemoides monilifera)

Blombos (Metalasia muricata)

Wildeaster (Felicia aethiopica)

Blousalie (Salvia chameleagnea)

Bruinsalie (Salvia africana-lutea)

Kaapse Mei (Coleonema album)

Duinkraaiheide (Rhus crenata)

Duintaaibos (Rhus laevigata)

Geelblombos (Athanasia dentata)

Wildeaster (Felicia filifolia)

Wildedagga (Leonotis leonurus)

Wildemalva (Pelargonium cucullatum)

Wildeskurfkruid (Scabiosa incisa)

Wilderoosmaryn (Eriocephalus africanus)

Bossies/grondbedekkers

Stinkafrikaners (Arctotis stoechadifolia)

Varkblom (Zantedeschia aethiopica)

Vrouebossie (Geranium incanum)

Dekriet (Chondropetalum tectorum)

Pypsteelbos (Cliffortia ferruginea)

Varkoorplakkie (Cotyledon orbiculata)

Seelaventel/papierblom (Limonium perigrinum)

Suurvy (Carpobrotus edulis)

113

BiODiVeRSiTeiT

Portjackson- (Acacia saligna), bloekom- (Eucalyptus) en dennebome (Pinus pinaster) dring ‘n fynbosgebied binne.

Wees baie versigtig om nie indringer- uitheemse spesies in jou tuin te plant nie. Sulke spesies soos rooikrans

en pronkgras hou van die grootste bedreigings vir biodiversiteit in en verhoog ook die gevaar van ernstige

wegholbrande. Ingevolge die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (CARA) is dit nou onwettig om

indringer- uitheemse spesies te plant. Hierdie spesies kan met vele inheemse en nie-indringer- uitheemse spesies

vervang word. ’n Paar voorbeelde van plantsoorte wat nie meer verkoop mag word nie en wat so gou moontlik

uit jou tuin verwyder moet word, sluit die volgende in:

Bome

Lekkerbreekwilger (Salix fragilis)

Manatokka (Myoporum tenuifolium)

Oranjesestrum (Cestrum aurantiacum)

Dennebome (bv. seeden, Pinus pinaster)

Soet pittosporum/Australiese kasuur (Pittosporum

undulatum)

Wattelboom (bv. gouwattel, Acacia pycnantha)

Struike

Amerikaanse braam (Rubus cuneifolius)

Hakea (bv. soethakea, Hakea drupacea)

Selonsroos/oleander (Nerium oleander)

Spaanse besem (Spartinum junceum)

Bosbrandbessie (Lantana camera)

Paraffienbos (Chromolaena odorata)

Bossies

Pampasgras (Cortaderia selloana)

Blou passie- of kruisblom/blou-echium (Echium

vulgare)

Waterplante

Rooiwatervaring (Azolla filiculoides)

Waterhiasint (Eichornia crassipes)

Vir ‘n volledige lys indringer- uitheemse plante, besoek die webtuiste www.invasive.species.sanbi.org, of tree met

die nasionale Werk vir Water-program se Kaapse hoofkantoor by (021) 441 2700 in verbinding.

Naturaliseer jou woonbuurtAlle oop ruimtes in ons Stad, nie net privaattuine nie, behoort met inheemse spesies beplant te word. Moedig

naturalisering van openbare oop ruimtes aan deur byvoorbeeld inheemse struike en blombolle op grasbedekte

padrande te plant. Jy kan ook betrokke raak by skoolprogramme om inheemse tuine rondom speelterreine en

sportvelde uit te lê. Plaaslike ondernemings kan dalk daarin belang stel om sulke projekte te borg.

114

BiODiVeRSiTeiT

Abalimi Bezekhaya vergroen die Kaapse VlakteAbalimi, ‘n gemeenskapsgebaseerde NRO vir

omgewingsontwikkeling, ondersteun die skep

van ‘n permanente omgewingsbeweging in die

informele nedersettings op die Kaapse Vlakte

deur ekologiese stedelike landbou- en Kaapse

Vlakte-vergroeningsprogramme. Laasgenoemde

vergroeningsprogram konsentreer op hulpbronvoorsiening en

die skep van ’n vergroenings-en-bewaringsbeweging met die

oog op die hernuwing van die natuurlike inheemse omgewing

binne en om die informele nedersettings. Die bevordering

van ’n kultuur van omgewingsbewustheid, inkomsteskepping

en informele werkskeppingsgeleenthede is sleutelelemente

wat by elke projek ingebou word om volhoubare

gemeenskapsbetrokkenheid te verseker. Vir meer inligting, skakel Abalimi by telefoonnommer (021) 447 1256.

Skep ‘n chemikalievrye Stad Chemikalieë is dikwels giftig (plaag- en onkruiddoders, paraffien en diesel) en wegvretend (motorbatterysuur,

drein- en oondskoonmaak- of bleikmiddels). Natuursisteme sukkel om sulke stowwe af te breek, en word dikwels

beskadig wanneer dit daarmee in aanraking kom. Dikwels vergiftig dit onskuldige diere, watersisteme en plante.

Vermy die gebruik van sterk chemikalieë in jou tuin. Raadpleeg “Plaagbeheer” aan die einde van die hoofstuk

oor afval om alternatiewe te vind. Onthou altyd dat ’n inheemse tuin min plaagbeheer verg aangesien die plante

daarin saam met plaaslike diere en insekte ontwikkel het en dus as een sisteem funksioneer.

Maak wanneer jy inkopies doen seker dat jy produkte sonder gevaarlike chemikalieë koop. Dit beteken dat jy uit

die staanspoor nie die probleem sal skep nie! Lees produketikette sodat jy weet watter bestanddele ’n produk

bevat en dus die minste skadelike een kan kies. Die hoofstuk oor afval in hierdie boek doen ’n paar interessante

alternatiewe aan die hand waarmee jy gebruiklike skoonmaak- en ander produkte kan vervang, en bied ook ‘n

paar nuttige wenke oor chemikalieë/produkte wat vermy moet word.

Neem altyd chemikalieë, gebruikte olie of enige ander onnatuurlike stof na een van die Stad se vasteafval-

aflaaipersele of ander formele afhaalpunt (gebruikte olie kan na enige motorhawe/diensstasie geneem word waar

die Rose-stigting dit vir herwinning sal gaan oplaai – sien “Afval”). Moet nooit hierdie soort stowwe in jou drein

of in die straat gooi nie. Enige chemikalieë wat in die dreinering- of stormwaterstelsel beland, beland uiteindelik

ook in ons riviere, riviermondinge en oseane, en vernietig en maak baie plante en diere dood.

Hou jou woonbuurt skoon en sonder omgewingskadeTuinvullis, huishoudelike afval en bourommel behoort te alle tye na jou plaaslike vasteafval-aflaaisone (sien

“Afval”) geneem te word. Die storting van sulke afval in die veld is een van die vele redes waarom ons

115

BiODiVeRSiTeiT

natuurgebiede agteruitgaan. Bourommel kan natuurlike plantegroei platdruk. Tuinvullis

bevat weer indringerplantstof soos kikoejoegras wat dan in die veld versprei. Moet

nooit gebreekte glas in die veld laat of gooi nie. Dit kan sonlig na ’n bepaalde

punt trek en so tot brande aanleiding gee.

Afvalstorting in die veld of op enige oop perseel is ‘n oortreding. Indien jy sien

dat enigiemand hom/haar hieraan skuldig maak, skakel (021) 596 1999 om die

voorval by die metropolisie aan te meld.

Enige papier, plastiek of ander afval wat in die straat, op die grond of enige plek

gegooi word wat nie daarvoor bedoel is nie, staan as “rommel” bekend. Alle rommel, veral

plastiek, wat in natuurgebiede beland, is uiters skadelik vir diere. Baie robbe raak

verstrengel in plastieksakke wat deur hulle vel sny en hulle verwurg. Die Stad

lewer ’n afvalverwyderingsdiens aan alle huishoudings. Gebruik dit vir enige

afval wat jy nie kan herwin nie!

Moenie met jou motor of vragmotor op die strand of in natuurgebiede ry nie.

(Let daarop dat die Regulasies op Veldvoertuie strandryery verbied tensy jy oor

vrystelling of ‘n permit beskik.) Indien jy ’n motorfiets of vierwielfiets het, ry

slegs in behoorlik afgebakende gebiede wat vir hierdie aktiwiteit bestem is.

Raak betrokke by plaaslike omgewingsinisiatieweOns het almal ‘n verantwoordelikheid om ons natuuromgewing te bestuur. In hierdie verband word baie werk

op ’n vrywillige grondslag verrig. Hoewel dit geen finansiële vergoeding inhou nie, is dit tog vir baie mense

‘n verrykende ervaring om by omgewingsvrywilligergroepe aan te sluit. Sulke werk sal jou aanmoedig om uit

die huis te kom en ons wonderlike natuuromgewing te geniet. Dit is ’n gesellige aktiwiteit wat ‘n gees van

gemeensaamheid bou. President Mbeki is juis ’n voorstander van so ’n vrywilligerskultuur.

Kaapstad het ‘n baie aktiewe netwerk omgewingsklubs,

-verenigings en -groepe soos die Kaapse Voëlklub

– ‘n tak van Birdlife SA – en ‘n stedelike landbou-en-

vergroeningsorganisasie, Abalimi Bezekhaya. Die meeste van

Kaapstad se natuurreservate het ook aktiewe vriendegroepe

(bv. Vriende van Rietvlei) wat die natuurreservaat help

bestuur en ‘n wye reeks vrywilligerwerk doen wat die

verwydering van indringer- uitheemse plante, opvoeding en

bewusmaking, rommelopruiming en instandhouding insluit.

Hierdie groepe ressorteer onder WESSA, Suid-Afrika se

Natuurlewe-en Omgewingsvereniging – ons land se oudste en

grootste nieregerings-, lidgebaseerde omgewingsorganisasie

met die missie om openbare deelname in die versorging

van ons planeet aan te moedig. Deur sy takke ondersteun

WESSA ook die instelling van omgewingsklubs en plaaslike

omgewingstoesighouding.

116

BiODiVeRSiTeiT

Bestaande vriendegroepe in die Kaapstad-gebied

Afro Montane-inligtingsforum

Vriende van Bainskloof

Vriende van die Blaauwberg-bewaringsgebied

Boland-omgewingsforum

Botrivier-riviermonding & omgewing se “Botfriends”

Vriende van Bracken-natuurreservaat

Vriende van Ceciliawoud

Vriende van Constantiavallei-parkgordels

Durbanville-omgewingsforum

Vriende van Kaap die Goeie Hoop

Vriende van Helderberg-natuurreservaat

HOPE-groep (Hillside-Highway Organisation For Protection of The

Environment)

Vriende van die Liesbeek

Vriende van Leeukop

Vriende van Little Princess-vlei

Vriende van Meadowridge-meent

Montagu-ekoklub

Montagu-natuurtuinvereniging

Vriende van Paarden Eiland

Vriende van Rietvlei

Vriende van Rondebosch-meent

Scarborough-bewaringsgroep

Vriende van Silwermyn-natuurgebied

Vriende van Simonstad-kuslyn

Simonstad-florabewaringsgroep

Vriende van die Glen

Vriende van Tokai-woud

Vriende van Tygerbergheuwels

Vriende van Wolfgat

117

BiODiVeRSiTeiT

GemeenskapsbewaringHarmony Flats-natuurreservaat is ‘n klein perseel van minder as 10 hektaar. Hierdie reservaat

het egter die tuiste geword van ’n baie spesiale klomp plante met ’n groot verskeidenheid

blombolle, ’n paar daarvan uiters skaars. Die perseel is in die Strand-gebied geleë en word deur

uiters arm gemeenskappe met weinig toegang tot hulpbronne omring. Deur die Cape Flats

Nature-projek is die Harmony Flats-natuurreservaat se gemeenskapswerkgroep in 2003

tot stand gebring. Hierdie vrywilligergroep hou deur-tot-deurveldtogte vir brand- en algemene

bewustheid oor die reservaat. Plaaslike mense tree nou as vrywillige brandslaners op. Die werkgroep het

al indringerspesies verwyder, aan erosievoorkoming deelgeneem, en paaie ontwikkel om die reservaat te beveilig

en te bestuur sodat kinders daarin kan speel en leer. Oor die afgelope paar jaar het hulle ook ‘n Boomplantweek-

omgewingsopvoedingprogram aangebied waardeur hulle 400 leerders in die reservaat rondgeneem het,

spesiale plante aan hulle uitgewys en die geskiedenis van die gemeenskap se verhouding met hierdie kosbare

natuurgebied vertel het.

Teen die hange van Tafelberg het die Vriende van Tokai-woud internasionale finansiering van die Critical

Ecosystems Partnership Fund bekom om die plaaslike gemeenskap by ’n projek te betrek om nuwe lewe in twee

hektaar krities bedreigde Kaapse Vlakte-sandfynbos te blaas. Die gekose gebied is langs ’n bestaande klein

fynbosoorblyfsel wat verskeie Rooidata-spesies onderhou. MTO Forestry (Edms.) Bpk. het ‘n gedeelte van ‘n

denneboomplantasie verwyder, terwyl die Tafelberg Nasionale Park in April 2006 bystand verleen het met ‘n ná-

skoonmaakbrand om ontkieming van die fynbossaadbank aan te help. Die Vriende het uitheemse wattels (Acacia

saligna and A. longifolia) in die gebrande gebied met die hand verwyder, en moniteer nou die herstel van die

fynbosplante – tot dusver is meer as eenhonderd spesies opgemerk. Die Vriende-groep ontferm hulle nou ook

oor persele in die Soetvlei-moerasland om die gebied sonder indringer- uitheemse plante te hou, en verleen ook

bystand met ander projekte in die Tokai-plantasiegebied.

Indien jy nie ‘n vrywilligergroep deur daadwerklike deelname kan

ondersteun nie, oorweeg dit om hulle op ander maniere soos deur

skenkings by te staan – hetsy finansieel of in goedere (gereedskap,

bome, ens.). Abalimi Bezekhaya het byvoorbeeld ‘n Kaapse Vlakte-

boomprojek waarby mense kan aansluit, óf net as ‘n vriend wat

inligting oor die projek ontvang en versprei, óf as ‘n skenker.

Skenkings kan op die organisasie se webtuiste gemaak word.

Geniet die omgewing en alles wat dit biedBesoek en ondersteun jou plaaslike natuurreservaat. Natuurreservate

is daar vir almal om te geniet, en is wonderlike plekke om as individu

of gesin in te ontspan. Kontakbesonderhede vir alle Stad Kaapstad-

natuurreservate kan in ons afdeling met hulpbronne en verwysings

gevind word. Kaapstad is eiesoortig: Dit spog nie net met ’n

nasionale park (Tafelberg) binne sy grense nie, maar het boonop ’n

wêreldberoemde nasionale botaniese tuin by Kirstenbosch.

118

BiODiVeRSiTeiT

KONTAKTe eN HUlPBRONNe Abalimi Bezekhaya, “die planters”: ‘n Stedelike landbou-en-vergroeningsprojek: tel. (021) 447 1256, e-pos: abalimi@

iafrica.com; webtuiste: www.abalimi.org.za

Botaniese Vereniging van Suid-Afrika: tel. (021) 797 2090

Algemene navrae oor die Stad Kaapstad se vullisverwyderings-, skoonmaak- en wegdoeningsdienste: 0860 103 089

Stad Kaapstad-biodiversiteitsbestuur: e-pos: [email protected]

Streekkantoor van die Departement Waterwese en Bosbou, tel. ( 021) 950 7100

Eskom, Koeberg-natuurreservaat: tel. (021) 550 4021, webtuiste: www.eskom.co.za

Inligtingskantoor van die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin: tel. (021) 799 8783

Meld onwettige aktiwiteite (wat storting insluit) by die metropolisie aan: tel. (021) 596 1999

Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut: tel. (021) 799 8800

Tafelberg- nasionale park: tel. (021) 701 8692, e-pos: [email protected], Internet: www.tmnp.co.za

Om by ‘n bestaande vriendegroep aan te sluit of ‘n nuwe een tot stand te bring, tree met WESSA se nasionale

vriendekoördineerder, Marion Dunkeld-Mengell, by telefoon-/faksnommer (012) 667 2183 of selnommer 083 455 1736 in

verbinding.

Natuur-en-omgewingsvereniging van Suid-Afrika, Wes-Kaapse streekkantoor: tel. (021) 701 1397, e-pos: roshan@wessa.

wcape.school.za

“Working for Water”-tolvrynommer: 0800 005 376

Stad Kaapstad-natuurreservate en -natuurgebiede

Atlantis-natuurreservaat

Ure: 07:00-19:00

Toegangsfooi: R100,00 per 4x4, wat 4 passasiers insluit; bykomende mense R9,00 per permit; vierwielfietse en

motorfietse R60,00; R9,00 per persoon vir sandplankry en voetslaan

Vervoer: Taxi

Aktiwiteite: Voetslaanpaaie, sandplankry, 4x4- en motorfietsroetes

Omgewingsopvoeding: Slegs indien dit vooraf gereël word

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 577 5000; e-pos: [email protected]

Blaauwberg-bewaringsgebied, Bloubergstrand

Drie eiesoortige plantegroeisoorte: Kaapse Vlakte-strandveld (duinruigte), Swartland-leirenosterveld en Kaapse

sandvlaktefynbos

Ure: Kusgedeelte: sonop tot sononder (sewe dae per week); Eerstesteen-braai-en-piekniekfasiliteit: 08:00-

19:00 (November tot April), 08:00-17:00 (Mei tot Oktober); Blaauwberg Hill: tans net voorafgereëlde toegang

119

BiODiVeRSiTeiT

Toegangsfooi: Geen, buiten Eerstesteen teen R6 per persoon

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniekplekke, braaigeriewe, voetslaanpaaie, branderryplekke, voëlkyk, walviskyk, maandelikse Vriende-

groepaktiwiteite en visvang

Omgewingsopvoeding: Blaauwberg-bewaringsgebied se omgewingsopvoedingsentrum (bespreking noodsaaklik)

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. en faks: (021) 554 0957; e-pos: [email protected]

Bracken-natuurreservaat, Brackenfell

Dié natuurreservaat onderhou Kaapse sandvlaktefynbos en Swartland-

granietrenosterveld.

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae); gesluit oor naweke

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniekgeriewe, voëlkyk, rystoelvriendelike staproete

Omgewingsopvoeding: Brackenfell-omgewingsopvoedingsentrum

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. en faks: (021) 982 1323;

e-pos: [email protected]

Dick Dent-natuurreservaat, Somerset-Wes

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 851 6982, faks: (021) 851 2148, e-pos: [email protected]

Durbanville-natuurreservaat, langs Durbanville-resiesbaan

Oorgangsone van Swartland-leirenosterveld en Kaapse sandvlaktefynbos

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae); gesluit oor naweke

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniekplekke, wandelpaaie, voëlkyk; tuinhuisie vir vergaderings

Omgewingsopvoeding: Opvoedkundige aktiwiteite vir kinders in vennootskap met

“Cape for Kids” (bespreking noodsaaklik)

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 970 3097, faks: (021) 979 0093;

e-pos: [email protected]

120

BiODiVeRSiTeiT

edith Stephens-moeraslandpark, Philippi

Hierdie moerasland is die tuiste van ‘n verskeidenheid voëlspesies.

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae) (besprekings noodsaaklik oor naweke)

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniekplekke, seisoensmoerasland, Working for Wetlands-kwekery, stedelikelandboutuin, medisinale tuin

Omgewingsopvoeding: Edith Stephens-opvoedingsentrum

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 691 8070, faks: (021) 691 7375; e-pos: [email protected]

Groter Zandvlei-riviermondingnatuurreservaat, marina da Gama

Hierdie riviermonding onderhou ’n verskeidenheid inheemse vis- en voëlspesies.

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae); gesluit oor naweke

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Trein, taxi of bus

Aktiwiteite: Pier, voëlkykpunte, piekniekterreine, bootry, voetslaan

Omgewingsopvoeding: Zandvlei-omgewingsopvoedingsentrum binne stapafstand van Steenberg-treinstasie (bespreek

vooraf vir lewende reptielvertoning)

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. en faks: (021) 701 7542; e-pos: [email protected],

[email protected] vir omgewingsopvoeding

Harmony flats-natuurreservaat, Somerset-Wes

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 851 6982, faks: (021) 851 2148, e-pos: [email protected]

Helderberg-natuurreservaat, Somerset-Wes

Hierdie natuurreservaat onderhou Kogelberg-sandsteenfynbos, Boland-granietfynbos en ‘n klein bontebokbevolking.

Ure: 07:30-16:00 (Mei tot Oktober); 07:30-19:00 (November tot April) (sewe dae per week)

Toegangsfooi: R6 vir volwassenes, R4 vir senior burgers (met ID’s), R3 vir kinders, R5 vir voertuie

Vervoer: Taxi

Aktiwiteite: Piekniekplek, Duck Inn-restaurant, inligtingsentrum, geskenkwinkel, museumuitstalling en voetslaanpaaie,

somerkonserte met sonsondergang, herbarium (oop 10:00-16:00)

Omgewingsopvoeding: Mike Woods-omgewingsopvoedingsentrum (bespreek by (021) 852 8831)

121

BiODiVeRSiTeiT

Verblyf: Suikerbekkie-kampeerplek (bespreek by (021) 852 8831)

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 851 6982, faks: (021) 851 2148, e-pos: [email protected]

Kenilworth-resiesbaanbewaringsgebied

Ure: Slegs op afspraak

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi, bus

Aktiwiteite: Voetslaan, uitheemse-spesiebeheer

Omgewingsopvoeding: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 700 1843, e-pos: [email protected]

Kogelberg-natuurreservaat, Gordonsbaai

Hierdie reservaat maak deel uit van ‘n biosfeerreservaat wat Kogelberg-sandsteenfynbos onderhou.

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae), Steenbraskloof oop sewe dae per week

Toegangsfooi: R15 vir toegang tot Steenbraskloof (maksimum van 50 mense per dag; permitte by nabygeleë Sunbird

Lodge)

Vervoer: Taxi

Aktiwiteite: Voetslaanpaaie, abseil, kloofspring (deur ’n buitemaatskappy bedryf), strandaktiwiteite, uitsigpad en visvang

(met permitte)

Verblyf: Kampering (bespreek by (021) 856 1286)

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 856 4975, faks: (021) 851 2148, e-pos: [email protected]

lourensrivier- beskermde gebiede, Somerset-Wes

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 851 6982, faks: (021) 851 2148, e-pos: [email protected]

macassarduine-natuurreservaat, Khayelitsha/macassar

Kusduine waarop Kaapse Vlakte-duinestrandveld (duinruigte) voorkom.

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae); gesluit oor naweke

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniek, visvang op strand mét permitte, voetslaan, swem

Omgewingsopvoeding: Opvoedkundige programme buite aangebied

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 371 5141, faks: (021) 374 1910, e-pos: [email protected]

122

BiODiVeRSiTeiT

mamre-natuurtuin

Ure: Slegs indien vooraf gereël

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi

Aktiwiteite: Piekniekterrein, kort voetslaanpad

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 577 5000, e-pos: [email protected]

Rietvlei-moeraslandreservaat, Table View

Hierdie moerasland het Kaapse Vlakte-duinestrandveldplantegroei (duinruigte) waarin ‘n verskeidenheid

voëlspesies voorkom.

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae); 09:00-17:00 (naweke)

Toegangsfooi: R5 per persoon; R15 per voertuig

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Ontspanningswatertuie, piekniekterreine, visvangplekke, braaigeriewe, voetslaanpaaie, voëlkykpunt

Omgewingsopvoeding: Rietvlei-opvoedingsentrum

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 557 5509, e-pos: [email protected],

webtuiste: www.friendsofrietvlei.co.za

Rondebosch-meent

Ure: Nie van toepassing nie

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi, bus of trein

Aktiwiteite: Lenteblomme, geskiedenisuitstappies, draf, fietsry, stap met honde

Omgewingsopvoeding: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 700 1843; e-pos: [email protected]

Rondevlei-natuurreservaat, Grassy Park

Hierdie moerasland onderhou ‘n verskeidenheid voëlspesies. Dit is ook die tuiste van seekoeie en twee

eiesoortige plantegroeisoorte, Kaapse Vlakte-sandfynbos en Kaapse Vlakte-duinestrandveld.

Ure: 07:30-16:00 (sewe dae per week)

Toegangsfooi: Volwassenes R6,00; kinders (3-13 jaar) R3,00; senior burgers R4,00; daaglikse

visvangpermitte: volwassenes R30,00, kinders R10,00

123

BiODiVeRSiTeiT

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniekplekke, voëlkykpunte, uitkyktorings, ‘n museum, ‘n akwarium, visvangplatforms, bootritte,

oornagboskamp, boma en konferensiefasiliteit

Omgewingsopvoeding: Rondevlei-omgewingsopvoedingsentrum en Leonard Gill-veldmuseum (besprekings noodsaaklik)

Verblyf: Island Bush Camp onder die bestuur van Imvubu Nature Tours

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 706 2404, faks: (021) 706 2405, Imvubu Nature Tours tel. (021) 706 0842, Kaapstad-

omgewingsopvoedingstrust se oornag-omgewingsopvoedingskampe tel. (021) 706 8523,

e-pos: [email protected]

Silwerboomkloof-natuurreservaat, Somerset-Wes

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 851 6982, e-pos: [email protected]

Two Rivers- stedelike park, wat Raapenberg-voëlpark insluit

Ure: Nie van toepassing nie

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi, trein

Aktiwiteite: Tel. (021) 700 1843, e-pos: [email protected]

Tygerberg-natuurreservaat, Bellville

Hierdie reservaat bevat van die laaste oorblyfsels van die hoogs bedreigde Swartland-

leirenosterveld.

Ure: 09:00-16:00 (weeksdae), 09:00-18:00 (naweke en openbare vakansiedae)

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Voetslaanpaaie, piekniekplekke, voëlkyk, pragtige uitsig

Omgewingsopvoeding: Die Kristo Pienaar-omgewingsopvoedingsentrum bied opvoedkundige aktiwiteite vir kinders aan

(besprekings noodsaaklik).

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 913 5695, faks: (021) 913 6268, e-pos: [email protected]

Uitkamp-natuurreservaat, Durbanville

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 970 3097

Uitkamp-vleiland

Ure: Nie van toepassing nie

124

BiODiVeRSiTeiT

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi, bus

Aktiwiteite: Vleiland met interessante plante, paddas en voëls

Omgewingsopvoeding: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 970 3097

Wolfgat-natuurreservaat, mitchells Plain

Kusduine wat Kaapse Vlakte-duinestrandveld onderhou

Ure: 07:30-16:00 (weeksdae); gesluit oor naweke

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi of bus

Aktiwiteite: Piekniek, visvang by aangewese plekke langs kus (mét permitte), kusvoëls, swem

Omgewingsopvoeding: Opvoedkundige programme buite aangebied

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 371 5141, faks: (021) 374 1910, e-pos: [email protected]

Zeekoevlei-natuurreservaat, Pelican Park

Hierdie moerasland onderhou ‘n verskeidenheid voëlspesies.

Ure: 07:30-19:30 (somer, sewe dae per week); 07:30-18:00 (winter, sewe dae per week)

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi

Aktiwiteite: Piekniek, visvang

Omgewingsopvoeding: Zeekoevlei-omgewingsopvoedingsentrum

Verblyf: Kampbesprekings by (021) 706 8523

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 706 2404, faks: (021) 706 2405, e-pos: [email protected]

Zoarvlei-vleiland

Ure: Nie van toepassing nie

Toegangsfooi: Geen

Vervoer: Taxi, bus

Aktiwiteite: Voetslaan, voëlkyk

Omgewingsopvoeding: Program deur Stone Dragon-opvoedingsentrum by Weskus-studiesentrum. Op afspraak, Frank Wygold, tel. (021) 571 2384

Verblyf: Geen

Kontakbesonderhede: Tel. (021) 550 1086, e-pos: [email protected]

Lees hierdie boek om:

* geld te spaar deur goeie huishoudelike bestuur;

* jou huis ’n veiliger plek te maak;

* die belangrike omgewings- en hulpbronkwessies wat ons

almal in die gesig staar te verstaan;

* stadstariewe te verstaan;

* te weet waar om vir hulp of advies oor stadsdienste aan te

klop;

* meer oor alternatiewe tegnologieë soos sonwaterverhitters

te wete te kom;

* jou kennis en ervaring van ons plaaslike natuurreservate uit

te brei; en

* te leer hoe om ‘n lekkasie te herstel, ‘n gloeilamp om te

ruil, ‘n plafon in te sit, jou afval in kompos te verwerk, en

vele ander eenvoudige maniere om omgewingsvriendelik,

finansieel doeltreffend en veilig, maar bowenal SLIM te leef.