5
Ek slaan my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom. My hulp is van die Here wat Hemel en aarde gemaak het, wat trou bly tot in ewigheid en nooit laat vaar die werke van Sy hande nie. Geliefdes, Die Here groet ons vandag hier saam as Sy ligdraers – draers van die Heilige Vuur – genade en vrede vir julle van God onse Vader en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees. Amen Die tema van ons prediking vandag is “ Uit genade is ons vir die sonde dood – Lewe vir God” Ek wil begin deur julle ‘n verhaal van Emma Calve te vertel: Daar is ’n fassinerende storie van Emma Calve, Franse sopraan, wat bekend was in Brussels, Parys, Londen en New York. Terwyl sy in Venesië was, ontvang sy verskriklike nuus en besluit om selfmoord te pleeg. Maar sy word gestop deur die lied van ’n gondolier. Sy het hierdie diep behoefte gevoel om net nog een keer te sing voordat sy ’n einde maak aan haar lewe. Sy het ’n gondel gehuur en terwyl sy deur die kanale van Venesië vaar, sing sy al die liedere wat sy ken – as’t ware haar laaste “optrede”- al die musiek wat in haar broei terwyl sy sukkel met haar intense emosies van hartseer. Toe sy klaar gesing het, word sy bewus van ’n klomp gondels wat om haar gondel saamgekoek het. Sy was verbaas! Sy het onder ’n kombers weggekruip terwyl haar gondelier haar terugneem na haar hotel toe! Die volgende môre - haar laaste dag op aarde - word daar blomme saam met hierdie nota by haar hotelkamer afgelaai: “From Paul and Jeanne, who love each other greatly, to whom you have given an unforgettable night! May the blessing of God be upon you, who are the bearer of the Fire Divine.” Emma Calve het bly lewe! Sy het haar rede vir lewe ontdek: “The bearer of Fire Divine.” Is dit nie die mooiste beskrywing van ons beeld van God wat in ons leef nie; ons is die “bearer” van “Fire Divine”? Ons Skriflesing kom vandag uit Romeine 6:1-11 :Moes jy al sterf om n christen te wees Kom ons maak die Woord van die Here oop by Romeine 6. Ons gaan saam lees vanaf vers 1 tot vers 11. Maar kom, terwyl ons so met die geopende woord sit, laat ons die naam van die Here aanroep. O, Here ons Here.. Ons kom buig lag voor U, uit dankbaarheid vir U groot genade, vir al die gawes wat ons so wonderbaarlik uit U hand ontvang… Here ons bid tot U dat U, U Woord vir ons sal oopbreek, dat ons sal verstaan wat U vir ons wil sê. Lig ons op o Here en spreek deur U Gees in elkeen se hart. Amen Romeine 6 vers 1 1 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? 2 Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe? 3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy

Genade romeine 6

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Genade romeine 6

Ek slaan my oë op na die berge. Waar sal my hulp vandaan kom. My hulp is van die Here wat Hemel en aarde gemaak het, wat trou bly tot in ewigheid en nooit laat vaar die werke van Sy hande nie.

Geliefdes, Die Here groet ons vandag hier saam as Sy ligdraers – draers van die Heilige Vuur – genade en vrede vir julle van God onse Vader en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees. Amen

Die tema van ons prediking vandag is “ Uit genade is ons vir die sonde dood – Lewe vir God”

Ek wil begin deur julle ‘n verhaal van Emma Calve te vertel:

Daar is ’n fassinerende storie van Emma Calve, Franse sopraan, wat bekend was in Brussels, Parys, Londen en New York. Terwyl sy in Venesië was, ontvang sy verskriklike nuus en besluit om selfmoord te pleeg. Maar sy word gestop deur die lied van ’n gondolier. Sy het hierdie diep behoefte gevoel om net nog een keer te sing voordat sy ’n einde maak aan haar lewe. Sy het ’n gondel gehuur en terwyl sy deur die kanale van Venesië vaar, sing sy al die liedere wat sy ken – as’t ware haar laaste “optrede”- al die musiek wat in haar broei terwyl sy sukkel met haar intense emosies van hartseer.Toe sy klaar gesing het, word sy bewus van ’n klomp gondels wat om haar gondel saamgekoek het. Sy was verbaas! Sy het onder ’n kombers weggekruip terwyl haar gondelier haar terugneem na haar hotel toe! Die volgende môre - haar laaste dag op aarde - word daar blomme saam met hierdie nota by haar hotelkamer afgelaai: “From Paul and Jeanne, who love each other greatly, to whom you have given an unforgettable night! May the blessing of God be upon you, who are the bearer of the Fire Divine.”

Emma Calve het bly lewe! Sy het haar rede vir lewe ontdek: “The bearer of Fire Divine.” Is dit nie die mooiste beskrywing van ons beeld van God wat in ons leef nie; ons is die “bearer” van “Fire Divine”?

Ons Skriflesing kom vandag uit Romeine 6:1-11 :Moes jy al sterf om n christen te wees

Kom ons maak die Woord van die Here oop by Romeine 6. Ons gaan saam lees vanaf vers 1 tot vers 11.

Maar kom, terwyl ons so met die geopende woord sit, laat ons die naam van die Here aanroep.

O, Here ons Here.. Ons kom buig lag voor U, uit dankbaarheid vir U groot genade, vir al die gawes wat ons so wonderbaarlik uit U hand ontvang… Here ons bid tot U dat U, U Woord vir ons sal oopbreek, dat ons sal verstaan wat U vir ons wil sê. Lig ons op o Here en spreek deur U Gees in elkeen se hart. Amen

Romeine 6 vers 1

1Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem?

2Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

3Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?

4Deur die doop is ons immers saam met Hom in sy dood begrawe, sodat, soos Christus deur die wonderbaarlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so 'n nuwe lewe kan lei.

5Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding.

6Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie.

7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde.

8Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe.

9Ons weet dat Christus wat uit die dood opgewek is, nie weer kan sterwe nie; die dood het nie meer mag oor Hom nie.

10Hy het gesterwe en is eens en vir altyd vir die sonde dood. Nou lewe Hy, en Hy lewe vir God.

11Julle moet dus altyd onthou dat ook júlle vir die sonde dood is, maar vir God lewe, omdat julle een is met Christus Jesus.

Page 2: Genade romeine 6

Romeine agtergrond

Paulus oorwinter in Korinte – hy is by ’n beslissende keerpunt in sy lewe. Drie sendingreise en jare se toegewyde arbeid het hom oor ’n groot deel van die destydse bekende wêreld geneem – as Apostel na die heidinne het hy die evangelie wyd en syd verkondig. Hy rig nou sy oog op die weste – op Rome en selfs vêrder tot in Spanje – wat sou nog op hom wag in sy diens aan die Here.

Paulus was ook self nog nie in Rome nie – Hy het nie die evangelie daar verkondig nie. Hoe sal die christene in Rome op sy brief reageer? Die evangelie het Rome op die laatste in die jaar 48nC bereik – dis nou sewe of agt jaar later. Die evangelie het in Rome aangekom deur gewone gelowiges wat spontaan getuig het as hulle na Rome gereis het. Die meerderheid van die Christene in Rome was heidenne. Onder hulle was daar ’n sterk groep en ’n swakker groep – hulle het mekaar belas en met mekaar gestry oor kos en drank.

Paulus sit in hierdie brief die evangelie breedvoerig op die tafel. In die eerste 4 hoofstukke skryf Paulus dat almal skuldig staan voor God maar wie glo in Jesus Christus word uit genade vrygespreek – van hier af gaan hy nou vêrder en sê in die volgende hoofstukke dat vrygespreektes splinternuwe mense is. Hoofstuk 6 vorm deel van hierdie uiteensetting en sê dat ons vry is van die sonde en vir God dien. Paulus sê hier: Ons is nou God se mense en behoort daarom net met een doel te leef – Om God te dien met ons hele wese

Splinternuwe mense! Splinternuwe mens – dis jou status in Christus – leef dit.

Ek kan vandag vir baie lank aangaan oor sonde – ons kan dit uiteensit en sê wat dit is en nie is nie – ons kan argumente gebruik van almal doen dit, so dit is nie meer so erg nie – van groot sonde en klein sonde

En nou wil ek weet… Het enigiemand hier nodig gehad om te sterf om ’n Christen te word?

Ons dink mos nie so daaraan nie – ek lewe dan nog en ek voel ook baie lewendig – as jy my knyp kan ek voel – hier is

lewe in hierdie bene.

Maar om dood te gaan om Christen te wees is mos verregaande -

Iets ouds in my moes sterf sodat iets nuuts gebore kon word

Toe God met Paulus gepraat het op die Damaskus pad het hy nie geweet of hy dit dood of gebore word moet noem nie –

dit het soos beide gevoel – maar wat ook al dit was – dit het iets te doen met laat los [letting go]

Wat is meer tragies as om geestelik dood te wees en tog te maak asof ons lewe

Jy het ’n nuwe ID - daarop staan – die lewende in Christus.

Wat is jy?

Dead or Alive

Dead and alive

Omdat ons aan Christus behoort is ons dood vir die sonde

In Jesus se dood gedoop – saam gesterf

Die werk van die Heilige Gees is transformasie

Deur die krag van die opstanding is ek lewend vir God en my naaste

A.g.v. die opstanding sê Paulus in Rom 12 is ons lewende offers

Paulus wil nooit hê dat christene moet dink dat hulle gearriveer het nie

Doop – nuwe lewe in eenheid met Jesus Christus – dan maak dit nie sin om te dink dat dit nie saakmaak hoe jy leef nie.

Page 3: Genade romeine 6

Jy leef nou in Christus – geïnkorporeer in Christus – onder die invloed van die liggaam van Christus

Die vorige hoofstuk van Romeine het ons nogal taamlik onkant gevang – hoe kan ek meer voordeel kry as ek meer slegte goed doen. Die lewe werk mos nie so nie. As jy stout is, moet jy gestraf word – ons ouer mense ken die spreekwoord: wie nie wil hoor nie moet voel! Die regte gedrag word beloon maar verkeerde gedrag word gestraf. En nou het Paulus ons laat verstaan dat hoe meer die sonde raak hoe meer raak die genade van die Here. En dit is so waar. God se genade is grensloos – ons kan nie ’n prop daarop sit en dink dat God se genade gespaar moet word nie – a man catches grace like catching water under a waterfall – daar is net altyd nog meer.

En die klem op die genade is so nodig omdat ons baie keer so ongenadig kan wees – of die genade net vir onsself kan opeis – of onsself selfs kan aanstel as die uitdelers van God se genade.

Hoofstuk ses kan seker gesien word as ’n korreksie vir mense wat die genade wil misbruik en God se genade wil ontvang sonder om iets vir God terug te gee. Want die genade moet mos teenprestasie hê. Jy kan mos nie net genade ontvang en voortleef in sonde nie. Ons moet mos nou mooi probeer lewe – nie so baie sonde doen nie – ons beste voetjie voorsit vir die Here.

En dis net hier waar Paulus die kat in die duiwehok ingooi en wil sê: dit werk nie so nie. God se genade werk anders. Dit verander jou – dit maak jou nuut. Jy kry ’n nuwe identiteit saam met die genade – jy word een met Jesus Christus.

Hierdie misterie – om een te wees met Jesus Christus – om in Sy dood gedoop te wees – saam met Hom te gesterf het en saam met Hom opgewek te wees. Dis die kruks. Vers 11 is nie ’n sydelingse: Julle is dood vir die sonde nie – Julle IS dood vir die sonde.

Hierdie is die radikale kant van Christenskap. Hierdie is nie Christenskap met ’n soet sousie oor nie. Staan jy uit vir God / dood vir die sonde / een met Christus

Is jy in genoeg moeilikheid vir die Here –

Baie ons het op ’n dag gesê:

JA – ek bely dat Jesus my verlosser is – Ek bely dat ek ’n lewende liefdesverhouding met Hom het. Dat ek in verbondenheid met Hom leef – Geliefdes – dit beteken ons en Christus is een. Daar is nie onderskeid nie – as mense vir ons sien sien hulle vir Christus.

Dit bring ons by die onmoontlikheid van die sonde vir ons as Christene. Christus sondig nie – het vir al ons sonde gesterf – ons het saam met Hom gesterf – dis die genade – nou kan ons nie meer sondig nie, want ons is dood vir die sonde.

Amen

Here, ons dank U dat ons kan weet dat ons uit genade gered is. Dat ons nie redding kan verdien nie Here, maar dat dit slegs U genade is wat ons kan laat lewe al het ons ook gesterf. Gee Here dat U meer word in ons lewens en ons aan ons self sal sterf sodat ons een kan word met U. Ons dank U daarvoor

Amen

Ontvang nou die seen van die Here en gaan leef in Sy Genade

Geliefde, die Here seen jou, en behoed jou, Die Here sal sy aangesig van Genade oor jou laat skein, Die Here sal aan jou Sy vrede gee.

Amen