20
EENSGESIND TEN SPYTE VAN ONS VERSKILLE

Eensgesind ten spyte van ons verskille

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Slides for Sunday 16 March 2014 Early Morning Service at Godlife Church

Citation preview

Page 1: Eensgesind ten spyte van ons verskille

EENSGESIND TEN SPYTE VAN ONS VERSKILLE

Page 2: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Psalm 133 : 1-31 ’n Pelgrimslied. Van Dawid. Hoe

goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saamwoon!

2 Dit is soos kosbare olie op die kop wat afloop op die baard, op die baard van Aäron, tot op die soom van sy kleed.

3 Dit is soos die dou van Hermonberg wat neersak op die berge van Sion. Want daar gee die Here sy seën: ’n baie lang lewe.

Page 3: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Efesiërs 4: 1-71 Ek doen dus ’n beroep op julle, ek wat ’n gevangene in

diens van die Here is: Leef ’n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is.

2 Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra.

3 Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het.

4 Daar is net één Gees, net soos julle net één toekomsverwagting het op grond van julle roeping –

5 één Here, één geloof, één doop,

6 één God, ons almal se Vader; Hy heers oor almal,werk deur almal en woon in almal.

7 Maar aan elkeen van ons afsonderlik is volgens Christus se vrygewigheid ’n genadegawe gegee.

Page 4: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Efesiërs 4: 11-1311 Hý het sommige as apostels gegee,

ander as profete, ander as evangeliste, en ander as herders en leraars,

12 om God se mense toe te rus vir hulle dienswerk. Hulle werk is om Christus se liggaam op te bou.

13 So sal ons uiteindelik almal deur geloof en deurdat ons die Seun van God ken, ’n eenheid vorm, ’n volmaakte mens, wat aan die standaard van Christus se volmaaktheid voldoen.

Page 5: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Galasiërs 5:22-23

22 Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid,

23 sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

Page 6: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Eensgesind ten spyte van ons verskille

• Elke mens wat nog ooit op hierdie planeet geleef het, was of is 'n persoon in sy eie reg

• Unieke persoonlikheid en met sy eie kenmerkende karaktertrekke

• Ons vingerafdrukke is 'n bewys dat ons almal verskil

Page 7: Eensgesind ten spyte van ons verskille

• Verskille … spanning en twis

• Kan ook krag in verskeidenheid wees.

• Elkeen doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het.

• Ek (Paulus) het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei. 1 Korintiërs 3:6

Page 8: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Slegs die duiwel se belange word gedien wanneer gelowiges stry en mekaar verkleineer

Page 9: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Persone wat die Here die beste dien

• diegene wat die gawes wat hulle ontvang het, gebruik en ontwikkel.

• Eerder as om met mekaar te stry moet ons as Christene mekaar eerder aanmoedig om ons talente wat ons van die Here ontvang het, uit te bou en te ontwikkel

Page 10: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Matteus 18:20

Wanneer ons as Christene bymekaar kom, moet ons nooit vergeet Wie ook teenwoordig is nie.

“... want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

Page 11: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Vrede• Vrug van die Gees is vrede

• Evangelie is 'n evangelie van vrede

• Christus die vredevors

• Christus gebore …sing die engele van vrede

• by Jesus se oop graf staan verkondig die engele aan hulle vrede

• na sy opstanding laat Hy aan hulle vrede na

Page 12: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Hoe lyk evangeliese/Christelike vrede?

• Vrede nie maar net — soos ons dikwels dink — die afwesigheid van konflik, onrus en stryd nie.

• Volgens die Bybel is vrede: • sjalom, 'n toestand van totale

harmonie, waar daar liefde tussen partye is, begrip, samewerking, aanvulling.

Page 13: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Efesiërs 4:2-3 roep ons op om in hierdie vrede van Christus te leef, dat ons mekaar in liefde sal verdra, en ons daarop sal toelê om die eenheid wat die Gees tussen ons gesmee het te handhaaf deur werklik daarna te soek om in vrede met mekaar te lewe.

Page 14: Eensgesind ten spyte van ons verskille

want daar is maar net een liggaam, en een Gees, een hoop waartoe ons geroep is, een Here, een geloof, een doop, en een God en Vader van almal, en dit smelt ons tot 'n wonderlike eenheid saam..

Page 15: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Hoekom moet ons hierdie band van eenheid onder

mekaar bewaar? • Hierdie eenheid wat ons in Christus

ontvang het, word altyd weer en weer bedreig. Op soveel maniere. – Ons is byvoorbeeld nie dieselfde nie.– Ons word ook nie engele wanneer ons

tot geloof kom nie. – Ons bly mense. Ja, in Christus en deur

die Gees, word ons nuwe mense, maar tog mense.

Page 16: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Hoe doen ons dit prakties?• Nie deur gedwonge eendersheid nie• Nie deur totale andersheid nie. • Liewers: iewers tussen die twee uiter stes.• Nie deur eendersheid te probeer afdwing nie• Nie deur almal eenders te wil maak nie, eenders te wil laat glo, eenders

te laat aanbid, eenders te laat sing of eenders te laat leef nie. • Nie deur ander te dwing om hulle oortuigings en standpunte prys te

gee nie. Ook nie om ander se belangstellings en inisiatiewe en eie aard te onderdruk nie.

• Nie deur skeiding te wil najaag nie. • Nie deur maar te begin glo dat dit maar beter is as sommige gelowiges

hulle maar moet afskei en op hulle eie moet begin glo, aanbid en leef nie.

• Nie deur te begin sê dat die verskille in opinies en gewoonte tussen ons so sterk is dat elkeen maar liewer sy eie pad moet gaan nie,

• Nee, ons bewaar die eenheid van die Gees deur die band van vrede as ons mekaar se eie aard en uniekheid respekteer, en tegelyk konsentreer op wat ons met mekaar deel, en juis hierdie gemeenskaplikhede vertroetel, uitbou en bevorder.

Page 17: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Hoe doen ons dit prakties in die kerk?

• Nie deur mekaar te beskinder en te benadeel nie, maar mekaar te respekteer, te help, belangstelling te toon en mekaar te dien.

• Deur as gemeentelede vir mekaar om te gee, sorg te dra, en werklik Christelike gemeenskap met mekaar te beoefen.

• Deur tyd te maak vir mekaar, uit te vind oor ander se wel en wee, en mee te doen aan gesamentlike dienswerk, projekte en funksies.

Page 18: Eensgesind ten spyte van ons verskille

Hoekom behoort die gelowige eerder die moeiliker pad te kies, die pad van

vrede en eenheid?

• Ter wille van onsself. Ter wille van die vreugde wat ons sal ervaar wanneer ons die genade-werkinge van God in ons lewens ook in ander se lewens 'n moontlikheid en ervaring maak.

• Ter wille van Christus, Ter wille van ons getuienis in die wêreld dat Christus werklik ons vrede is, dat Hy 'n band tussen mense gelê het wat sterker as alle verskille en geskille is, sodat mense ook kan glo dat Christus tussen ons en God 'n band kom lê het wat sterker is as alle verskille en

geskille.

Page 19: Eensgesind ten spyte van ons verskille

• Deurdat ons die eenheid van die Gees bewaar deur die band van vrede, word Jesus Christus verheerlik.

• So word ons volwasse mense in die geloof, wat saam opgroei na Christus toe.

Page 20: Eensgesind ten spyte van ons verskille