Ons verhaal
Kopiereg Grimez Photography 2010
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer, in n inligtingstelsel bewaar, of versend word in enige vorm of op enige manier, sonder vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouers nie.
Eerste uitgawe 2010
In die republiek van Suid-Afrika gedruk en gebind deur Repro House
Ons verhaal
Jan Senekal is op 23 Desember 1929 gebore in Patensie. Op die ouderdom van sestien het hy op die vloot gaan werk, waar tydens die foto van hom en sy vriend geneem is. In 1945 het hy verhuis
na Louis Trichardt om opleiding te kry as 'n haarkapper. Daar het hy Sarie Grobelaar ontmoet.
Sarie Grobelaar is op 26 April 1930 gebore in All days in die Noord Transvaal. Kort na haar geboorte het sy en haar gesin verhuis na Louis Trichardt waar sy vir Jan Senekal ontmoet het. Hulle
het in die huwelik getree in 1949 en verhuis na Port Elizabeth.
Jan Senekal en sy kinders (1959)
Marieta Senakal is gebore 26 Julie 1955. Sy is die dogter van Jan en Sarie Senekal. Op 1 Mei 1976, het sy in die huwelik getree met George Grimes, die seun van George en Mara Grimes. George is op
26 November 1957 gebore.
Ons is drie kinders. Twee seuns en een dogter. Wesley is op 31 October 1980 gebore. Hy het deur die jare altyd uit gekyk vir my en ook vir my
broer, Jonathan, wat so gereeld homself in die moeilikheid bevind het.
Jonathan is op 26 April 1982 gebore. Van kleins het hy goed uitmekaar gehaal en weer perfek aan mekaar gesit. Deur die jare het hy my gewoond gemaak aan die idee dat ‘‘my broer alles kan
regmaak.’’
Ek is die jongste in die gesin en is op 27 Desember 1984 gebore.
My ma het gesorg dat die koppe draai as ons in die publiek verskyn. Ons klere het ons as 'n stel gevorm en alles moes altyd by mekaar pas. As dit nie genoeg bewyse was dat ons famielie is nie,
kon dit gesien word in die wyse hoe ons oe wat skreefies trek as ons lag.
Bianca is op 22 Mei 2001 gebore. Kort na haar geboorte het sy en haar ma, Amanda, gebore op 15 December 1975, by ons gesin aangesluit. Sederdien het sy ons lewens verryk met haar
teenwoordigheid.
Ons vehaal vervolg...
“Ek het die beste, coolste, liefdevolste, hardwerkendste, nederigste en opregste oupa wat kan “uithou, aanhou en BEKHOU”. My oupa is my grootste ster.” - Marel Victor
“My ouma is my rolmodel. Sy het my op 'n baie jong ouderdom van die Here geleer en daarom kan ek vandag se ek is 'n wedergebore Christen. Ek is baie dankbaar daarvoor. Ek is vreeslik lief vir
haar en sal haar nooit vergeet.” - Yolande Harding
Jy was nog altyd die begin van my bestaandie punt van my hart, my son, my maan
Vir jou het ek lief, so onbeskryflik, so veel'n liefde wat net 'n ma met haar kind kan deel
Ek is trots op dit wat jy van my gemaak hetdankie dat jy vir so lank oor my lewe gewaak het
dankie vir jou onvergelykbare liefde en trotsdankie vir die vrou wat jy is - jy is my rots
Ek het ontluik in 'n volwaardige vrou, jy hét mos daarvoor gehoop maar ek bid dat ek dieselfde reguit paadjie as jy kan loop
En wie weet, eendag het ek self 'n dogter of tweeen sal ek self eendag 'n traan of wat moet afvee
(Gedig deur Zelda Grunwald)- Zurika Grimes
Hy het groot droome, en 'n groot hart. As hy stories vertel trek sy oe skreefies soos hy lag. Deur die jare het hy altyd sy rol as ouboet vervul. Ek is trots om hom my broer te noem. - Zuirka Grimes
“Ek kan altyd staatmaak op my neef. Hy is 'n selfgemotiveerde persoon wat enige probleem kan oplos. Ek is trots om so 'n abusiese, opregte vriend en neef te he.” - Jacques Senekal
My hele hart lê ek voor jou neer My hele hart behoort aan jou en meer
As tyd vergaan en more kom nie meer, wil ek rus by jou, naby jou...Ek gee aan jou my hele hart. - Romanz