1
IN HIERDIE UITGAWE…
Bladsy 2
Die nuwe DK-President, Coreen King, skryf …
Bladsy 3-4
Ons neem afskeid en doen gelukwensing
Bladsy 4-10
Foto’s van die 2018-Beraad. Sien gerus hoe is daar gewerk, geleer en gesels…
Bladsy 11-13
Artikels
Bladsy 14-16
Boekresensies en boekwenners
Bladsy 16-17
Projekterugvoer, nuwe lede, Hoofkantoor-nuus
2018-BERAAD
2018-Beraad in perspektief – lede en vennote
kan kyk na sommige van die hoogtepunte van die
afgelope beraad. Daar was kliphard gewerk, nuwe
vriendinne gemaak, geluister, geleer en vele meer.
Ons hoop om die 2020-Beraad nog groter te
maak. Begin solank spaar, want dit gaan in die
mooie Kaap aangebied word…
“Here, U het my
aanmekaar
geweef…”
2
“Ek drink uit my piering, want my beker loop oor.”
Dankie vir ‘n wonderlike naweek in Pretoria. Dankie vir elkeen se bydrae en harde werk. Dit was
‘n naweek waarin al jou sintuie met groot genoegdoening geprikkel is. Dit was vol van lekker
gesels, eet, lag, waarneem, luister, nuwe vriende maak, kuier met ou vriende, drukkies uitdeel
en lief en leed deel met mekaar. Waar Vroue bymekaar is, bemagtig ons mekaar.
Ek het beleef wat dit is deur omring te wees met Vreeslose Vroue. Ek het beleef dat ‘n Vreeslose
Vrou, ‘n gelukkige vrou is.
Ons is verwelkom in die Jakarandastad wat sy persblou tapyt vir ons oopgegooi het. Ek wil die 6-
Myl dames aanhaal “Mag nuwe gedagtes soos bloeisels bot en ons inspireer om die gedagtes in
dade om te skakel, sodat ons die wêreld kan verkleur met skoonheid en oorvloed en dít is dan
ook wat inderdaad deur pers gesuggereer word.”
My boodskap aan elkeen is: Ontdek weer die hemel in jouself. Wees ‘n gelukkige mens deur
dankbaar te leef, goed te doen aan ander, jouself te koester, net jouself te wees en onthou die
HUMOR!
Ek is opgewonde om deel te wees van die nuwe entoesiastiese UB-span. Ons het Saterdagaand
weggespring met ons nuwe wedloop. Die aflosstokkies is aan ons oorgegee en mag ons die krag
en genade kry om die wedloop na die beste van ons vermoëns te hardloop.
Dankie aan elke tak wat vertroue gehad het om my tot President te verkies. Dit is vir my ‘n
ongelooflike voorreg om Dameskring op dié vlak te dien. Ek wil nie net President wees nie, maar
‘n vriendin vir elkeen!
Liefdegroete
Coreen
ONS NUWE PRESIDENT GESELS...
3
Coreen King, huidige President en Marda Oosthuysen, uittredende President land op OR Tambo lughawe vóór die
beraad.
‘n Opregte woord van dank aan ons uittredente President vir haar harde werk, insette gelewer en
‘n onwrikbare geloof. Ons is bly sy kan nou ‘n blaaskansie vat – maar, moenie te lank wonder,
Marda het reeds ‘n paar splinternuwe projekte op die horison…
Marda Oosthuysen, uittredende President oorhandig
die Presidentstoekenning aan Magdie de Kock vir
lojaliteit teenoor Die Dameskring, getrouheid en
sigbare uitlewing van haar christenskap.
Ons groet Marda...
4
Ons groet die vorige UB…
Agter vlnr: Nelia Potgieter, Thea Janse van Rensburg, Elphi Taljaard, Karen Hauman, Coreen King
Voor vlnr: Annelize Kay, Alita Rose, Letitia Boshoff, Marda Oosthuysen, Belinda Campher, Helena Gregory &
Stephani Venter
Baie geluk aan Elphi Taljaard, wat verkies is as Vise President. Sy staan hier by Belinda Campher (die vorige Vise
President).
5
DAAR IS GEWOEL EN
GEWERSKAF…
DIE DINEE… (Dames, daar is darem getof en getooi vir hierdie spoggeleentheid!)
Vlnr: Coreen King, Nelia Potgieter en Karin Stoffberg (werkswinkel-aanbieder en nuwe DK-lid) by ons spoggerige
dinee.
2018-BERAAD: VREESLOOS VROU...
‘n Collage van foto’s om te geniet
6
7
8
9
10
11
‘n Gedig deur ons spreker – Lina du Plessis…
“Ek is lief vir jou”
VLINDERVLERKIES EN DWARRELWINDE
Here, U het my uitgedink
my aanmekaar geweef
fyner as fyn, broser as broos
stekie vir stekie het U geweef
totdat ek selfs ‘n bietjie soos U lyk
met U eie vingers het U my aanmekaar gesit
U asem het vir my Lewe gegee
anders sou ek net bo-grond gewees het
maar nou het ek iets van U in my
maak my asseblief sagte, klam klei
vorm my om meer en meer soos U te wees
Soms voel ek sterk en vlieg ek hoog
te hoog vir my ragfyn vlerkies
want ek soek na U
ek verlang na U
ek wil by U wees
in die hemelblou lug daar bo
Want die wêreld se dwarrelwinde raak al sterker
ek beur teen die draaikolk van die wind
my vlindervlerkies wil skeur
ek rondomtalie saam met ‘n klomp gemors
opgesuig deur ’n aardse dwarrelwind
Here, help!!
Dan hoor ek U sagte fluistering
Ek is by jou, ook in dwarrelwinde
jy is in My hande, onthou jy?
Het ek jou al ooit laat val?
Ek weet jy is broos, jou vlerkies aan flarde
Maar jy is in My heelmaak-hande!
en ... Ek is lief vir jou!
(Lina du Plessis “Soos Vlinders in die Wind” ©CUM 2016)
12
AFRIKAANS-AAND Artikel deur Thea Janse van Rensburg UB Gebied 8 (Mpumalanga)
13
Koerantartikel
14
N U U T | L u x Ve r b i
‘ N B R I E F V I R R E I N A D E U R E L S A W I N K L E R
BESKRYWING
WANNEER REINA SAUER SE OUMA STERF, HOOR SY DAT SY HAAR HUIS OP MCGREGOR ERF. MAAR ’N ONTWIKKELAAR, DIE
ONTNUGTERDE EN SINIESE DEREK RETIEF, WIL GRAAG DIE HUIS DEEL VAN ’N SEKURITEITSKOMPLEKS MAAK. AL WAT DEREK KORT IS
REINA SE HANDTEKENING. MAAR DINGE IS NIE HEELTEMAL SO EENVOUDIG NIE. WAT OP AARDE MAAK REINA MET HAAR OUMA SE
VRIENDE WAT AFHANKLIK WAS VAN HAAR OUMA? EN WANNEER REINA DIE HUIS BEGIN OPRUIM, KOM SY OP ’N BOKS VOL BRIEWE
IN DIE SOLDER AF. MET VERSTOMMING LEES SY HOE HAAR OUMA DIT REGGEKRY HET OM ’N ONMOONTLIKE BESLUIT TE NEEM WAT
UITEINDELIK HAAR KLEINDOGTER SE LEWE MOONTLIK GEMAAK HET.
OOR DIE OUTEUR
Elsa Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die gesogte ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen
vir Tussen jazz en rock (LAPA) in 2010, Te eenders, te anders (Satyn) in 2014, en Liefde in laslap (Satyn) in 2016. Sy is
ook die ma van die bekende sanger, Heinz Winckler en woon op Bettysbaai.
BOEKRESENSIES EN BOEKWENNERS...
Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid,
ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe
blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.
15
Uitgewer: Lux Verbi Druknaam: Lux Verbi Publikasiedatum: 20 Julie 2018 Prys: *R180 Bladsye : 256 Formaat: 198 mm x 130 mm Bindstyl: Sagteband Kategorie: Fiksie ISBN-13: 9780796321008 Strepieskode: 9780796321008
* Prys onderhewig aan verandering
Wedstrydvraag om LUX Verbi Uitgewer-boek te wen: Sê in een sin hoekom jy graag hierdie boek wil wen.
E-pos jou Naam, Fisiese adres (vir koerier), selfoonnommer en antwoord na: [email protected]
BAIE DANKIE AAN LUX VERBI UITGEWERS VIR DIE PRAGTIGE BOEK WAT HIERDIE MAAND DEUR HULLE GEBORG WORD
-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------
Kinders leer die beste deur ander se voorbeeld na te volg en deur dinge te doen. In Uit ’n ouerhart deel Norma Rossouw 50 waarhede met ouers om prakties toe te pas en kinders toe te rus vir die lewe. Sy bevestig die belangrikheid van ouers se voorbeeld en om die Here saam met hulle kind in gebed en lofprysing te dien. Norma deel van haar eie insigte as ouer, wat die Bybel oor elke aspek sê, hoe om die Heilige Gees as Raadgewer in elke situasie te vertrou en hoe om God
te loof vir wat Hy reeds gedoen het. Temas wat bespreek word, is onder andere vriendskap, prioriteite, liefde in aksie, nederigheid en waarvoor om nee te sê. Daar is ook plek vir ouer en kind om vrae te beantwoord en gedagtes neer te skryf, asook voorstelle vir gebede om saam te bid en voorstelle vir dinge om as ouers en kinders te doen.
Norma Rossouw is ’n vreugdevolle vrou met passie vir die bediening waarvoor God haar geroep het. Sy het al talle leiersposisies
in die kerk beklee, maar haar leiding as ma vir G.J. is die een wat haar die naaste aan die hart lê. Sy is getroud met Gert en is
bevoorreg om die vrede van ’n plaas-lewe te kan geniet.
Wedstrydvraag om die CUM-boek te wen: Met wie is Norma Rossouw getroud?
E-pos jou Naam, Fisiese adres (vir koerier), selfoonnommer en antwoord na: [email protected]
BAIE DANKIE AAN CUM UITGEWERS VIR DIE PRAGTIGE BOEK WAT HIERDIE MAAND DEUR HULLE GEBORG WORD
16
BOEKWENNERS VIR SEPTEMBER
Deur water & vuur deur KARIN COMBRINCK Annemarie Lamont, STELLA
Aartappelgeloof deur ANGUS BUCHAN
Cecile de Villiers, STELLENBOSCH
Baie geluk – julle sal eersdaags jul boeke per koerier ontvang.
BEURSFONDS
Beursaansoeke het gesluit en die kandidate is reeds geallokeer. Baie dankie aan
almal vir hul getroue bydraes die afgelope jaar. Hou gerus vol met hierdie bydraes en
maak ‘n verskil aan studente wat in 2020 gaan studeer.
Name van takke en individue wat in September en Oktober bydraes gemaak het sal
in die NOVEMBER uitgawe van die Klits Klets geplaas word.
DIE GRANAAT – Borg ‘n bladsy
Borg ‘n bladsy verskyn elke kwartaal in die Granaat - dit is dus 'n deurlopende
projek…
PROJEK-TERUGVOER:
17
Advertensies kan geplaas word teen R150 per bladsy –‘n lyninskrywing – dit moet
nie langer as 30 woorde wees nie.
Bewys van betaling moet die borg se besonderhede (Naam en telefoonnommer &
dorp) en lyninskrywing vergesel en na [email protected] gestuur word.
Die volgende plasing sal in die Februarie 2019-uitgawe wees…
WAARDES VIR WOELWATERS
Waardes vir Woelwatersorg is beskikbaar by Belinda Campher. Bestel gerus jul
kopie(ë) by [email protected]
NUWE LEDE
Lidnr Naam en Van Gebied Tak
7403 Zeta McCleland 3 (Oos-Kaap 1) Port Elizabeth - Carpe Diem
7404 Edwa Kits 1 (Wes-Kaap 1)) Klerksdorp
7405 Karin Stoffberg 11 (Gauteng-Noord) Waterkloof – Aandblom
7406 Erica Bothma 1 (Wes-Kaap 1) Strand – Helderberg
Baie welkom by Die Dameskring! Mag julle tyd met DK geseënd wees.
TAKNUUS...
18
Uit die kantoor... deur Sonja Bothma
Ek het hierdie briefie (verkort) ontvang vanaf die ‘Kantoor-Diva’s’ op die foto wat tydens die
beraad die kantoor besoek het:
Liewe Sonja,
Baie, baie dankie dat jy vir ons jou kantoor gaan wys het - ek is beïndruk en ek vertel vir almal van julle rose en liedjietuin. Dit is
so pragtige atmosfeer om in te werk.
Sal jy asb my dankbaarheid oordra aan elke vreeslose vrou wat gehelp het om hierdie beraad 'n sukses te maak - dit moes baie
harde werk en baie tyd geneem het. Ons het so lank uitgesien en nou is dit alweer verby en ons is terug in die tuig. Dit was
werklik weer 'n belewenis en ek is so bly ek het my sussie saamgeneem.
Nogmaals baie, baie dankie - jy is 'n ster!
Liefnis
Lise Volschenk
HOOFKANTOOR-NUUS...
19
DIREKTE LYN NA HOOFKANTOOR: 012 301 1761
FAKSNOMMER: 086 416 4782
Die Dameskring (HOOFKANTOOR): Gerard Moerdijk-huis, Voortrekkermonumentterrein, Eeufeesweg, PRETORIA
Tel: 012 301 1761 Faks: 086 416 4782 [email protected]
Webtuiste: www.dameskring.co.za
U ontvang hierdie e-pos omdat u geregistreer is as ‘n lid op Die Dameskring-databasis. Indien u dit nie wil
ontvang, e-pos asseblief ‘Kanselleer’ na [email protected]
SPESIALE DANK AAN ONS GETROUE BORGE VAN ELKE MAAND SE KLITS KLETS: