19
1 IN HIERDIE UITGAWE… Bladsy 2 Die nuwe DK-President, Coreen King, skryf … Bladsy 3-4 Ons neem afskeid en doen gelukwensing Bladsy 4-10 Foto’s van die 2018-Beraad. Sien gerus hoe is daar gewerk, geleer en gesels… Bladsy 11-13 Artikels Bladsy 14-16 Boekresensies en boekwenners Bladsy 16-17 Projekterugvoer, nuwe lede, Hoofkantoor-nuus 2018-BERAAD 2018-Beraad in perspektief – lede en vennote kan kyk na sommige van die hoogtepunte van die afgelope beraad. Daar was kliphard gewerk, nuwe vriendinne gemaak, geluister, geleer en vele meer. Ons hoop om die 2020-Beraad nog groter te maak. Begin solank spaar, want dit gaan in die mooie Kaap aangebied word… “Here, U het my aanmekaar geweef…”

IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

1

IN HIERDIE UITGAWE…

Bladsy 2

Die nuwe DK-President, Coreen King, skryf …

Bladsy 3-4

Ons neem afskeid en doen gelukwensing

Bladsy 4-10

Foto’s van die 2018-Beraad. Sien gerus hoe is daar gewerk, geleer en gesels…

Bladsy 11-13

Artikels

Bladsy 14-16

Boekresensies en boekwenners

Bladsy 16-17

Projekterugvoer, nuwe lede, Hoofkantoor-nuus

2018-BERAAD

2018-Beraad in perspektief – lede en vennote

kan kyk na sommige van die hoogtepunte van die

afgelope beraad. Daar was kliphard gewerk, nuwe

vriendinne gemaak, geluister, geleer en vele meer.

Ons hoop om die 2020-Beraad nog groter te

maak. Begin solank spaar, want dit gaan in die

mooie Kaap aangebied word…

“Here, U het my

aanmekaar

geweef…”

Page 2: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

2

“Ek drink uit my piering, want my beker loop oor.”

Dankie vir ‘n wonderlike naweek in Pretoria. Dankie vir elkeen se bydrae en harde werk. Dit was

‘n naweek waarin al jou sintuie met groot genoegdoening geprikkel is. Dit was vol van lekker

gesels, eet, lag, waarneem, luister, nuwe vriende maak, kuier met ou vriende, drukkies uitdeel

en lief en leed deel met mekaar. Waar Vroue bymekaar is, bemagtig ons mekaar.

Ek het beleef wat dit is deur omring te wees met Vreeslose Vroue. Ek het beleef dat ‘n Vreeslose

Vrou, ‘n gelukkige vrou is.

Ons is verwelkom in die Jakarandastad wat sy persblou tapyt vir ons oopgegooi het. Ek wil die 6-

Myl dames aanhaal “Mag nuwe gedagtes soos bloeisels bot en ons inspireer om die gedagtes in

dade om te skakel, sodat ons die wêreld kan verkleur met skoonheid en oorvloed en dít is dan

ook wat inderdaad deur pers gesuggereer word.”

My boodskap aan elkeen is: Ontdek weer die hemel in jouself. Wees ‘n gelukkige mens deur

dankbaar te leef, goed te doen aan ander, jouself te koester, net jouself te wees en onthou die

HUMOR!

Ek is opgewonde om deel te wees van die nuwe entoesiastiese UB-span. Ons het Saterdagaand

weggespring met ons nuwe wedloop. Die aflosstokkies is aan ons oorgegee en mag ons die krag

en genade kry om die wedloop na die beste van ons vermoëns te hardloop.

Dankie aan elke tak wat vertroue gehad het om my tot President te verkies. Dit is vir my ‘n

ongelooflike voorreg om Dameskring op dié vlak te dien. Ek wil nie net President wees nie, maar

‘n vriendin vir elkeen!

Liefdegroete

Coreen

ONS NUWE PRESIDENT GESELS...

Page 3: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

3

Coreen King, huidige President en Marda Oosthuysen, uittredende President land op OR Tambo lughawe vóór die

beraad.

‘n Opregte woord van dank aan ons uittredente President vir haar harde werk, insette gelewer en

‘n onwrikbare geloof. Ons is bly sy kan nou ‘n blaaskansie vat – maar, moenie te lank wonder,

Marda het reeds ‘n paar splinternuwe projekte op die horison…

Marda Oosthuysen, uittredende President oorhandig

die Presidentstoekenning aan Magdie de Kock vir

lojaliteit teenoor Die Dameskring, getrouheid en

sigbare uitlewing van haar christenskap.

Ons groet Marda...

Page 4: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

4

Ons groet die vorige UB…

Agter vlnr: Nelia Potgieter, Thea Janse van Rensburg, Elphi Taljaard, Karen Hauman, Coreen King

Voor vlnr: Annelize Kay, Alita Rose, Letitia Boshoff, Marda Oosthuysen, Belinda Campher, Helena Gregory &

Stephani Venter

Baie geluk aan Elphi Taljaard, wat verkies is as Vise President. Sy staan hier by Belinda Campher (die vorige Vise

President).

Page 5: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

5

DAAR IS GEWOEL EN

GEWERSKAF…

DIE DINEE… (Dames, daar is darem getof en getooi vir hierdie spoggeleentheid!)

Vlnr: Coreen King, Nelia Potgieter en Karin Stoffberg (werkswinkel-aanbieder en nuwe DK-lid) by ons spoggerige

dinee.

2018-BERAAD: VREESLOOS VROU...

‘n Collage van foto’s om te geniet

Page 6: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

6

Page 7: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

7

Page 8: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

8

Page 9: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

9

Page 10: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

10

Page 11: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

11

‘n Gedig deur ons spreker – Lina du Plessis…

“Ek is lief vir jou”

VLINDERVLERKIES EN DWARRELWINDE

Here, U het my uitgedink

my aanmekaar geweef

fyner as fyn, broser as broos

stekie vir stekie het U geweef

totdat ek selfs ‘n bietjie soos U lyk

met U eie vingers het U my aanmekaar gesit

U asem het vir my Lewe gegee

anders sou ek net bo-grond gewees het

maar nou het ek iets van U in my

maak my asseblief sagte, klam klei

vorm my om meer en meer soos U te wees

Soms voel ek sterk en vlieg ek hoog

te hoog vir my ragfyn vlerkies

want ek soek na U

ek verlang na U

ek wil by U wees

in die hemelblou lug daar bo

Want die wêreld se dwarrelwinde raak al sterker

ek beur teen die draaikolk van die wind

my vlindervlerkies wil skeur

ek rondomtalie saam met ‘n klomp gemors

opgesuig deur ’n aardse dwarrelwind

Here, help!!

Dan hoor ek U sagte fluistering

Ek is by jou, ook in dwarrelwinde

jy is in My hande, onthou jy?

Het ek jou al ooit laat val?

Ek weet jy is broos, jou vlerkies aan flarde

Maar jy is in My heelmaak-hande!

en ... Ek is lief vir jou!

(Lina du Plessis “Soos Vlinders in die Wind” ©CUM 2016)

Page 12: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

12

AFRIKAANS-AAND Artikel deur Thea Janse van Rensburg UB Gebied 8 (Mpumalanga)

Page 13: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

13

Koerantartikel

Page 14: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

14

N U U T | L u x Ve r b i

‘ N B R I E F V I R R E I N A D E U R E L S A W I N K L E R

BESKRYWING

WANNEER REINA SAUER SE OUMA STERF, HOOR SY DAT SY HAAR HUIS OP MCGREGOR ERF. MAAR ’N ONTWIKKELAAR, DIE

ONTNUGTERDE EN SINIESE DEREK RETIEF, WIL GRAAG DIE HUIS DEEL VAN ’N SEKURITEITSKOMPLEKS MAAK. AL WAT DEREK KORT IS

REINA SE HANDTEKENING. MAAR DINGE IS NIE HEELTEMAL SO EENVOUDIG NIE. WAT OP AARDE MAAK REINA MET HAAR OUMA SE

VRIENDE WAT AFHANKLIK WAS VAN HAAR OUMA? EN WANNEER REINA DIE HUIS BEGIN OPRUIM, KOM SY OP ’N BOKS VOL BRIEWE

IN DIE SOLDER AF. MET VERSTOMMING LEES SY HOE HAAR OUMA DIT REGGEKRY HET OM ’N ONMOONTLIKE BESLUIT TE NEEM WAT

UITEINDELIK HAAR KLEINDOGTER SE LEWE MOONTLIK GEMAAK HET.

OOR DIE OUTEUR

Elsa Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die gesogte ATKV-Woordveertjie vir romanses gewen

vir Tussen jazz en rock (LAPA) in 2010, Te eenders, te anders (Satyn) in 2014, en Liefde in laslap (Satyn) in 2016. Sy is

ook die ma van die bekende sanger, Heinz Winckler en woon op Bettysbaai.

BOEKRESENSIES EN BOEKWENNERS...

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid,

ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe

blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Page 15: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

15

Uitgewer: Lux Verbi Druknaam: Lux Verbi Publikasiedatum: 20 Julie 2018 Prys: *R180 Bladsye : 256 Formaat: 198 mm x 130 mm Bindstyl: Sagteband Kategorie: Fiksie ISBN-13: 9780796321008 Strepieskode: 9780796321008

* Prys onderhewig aan verandering

Wedstrydvraag om LUX Verbi Uitgewer-boek te wen: Sê in een sin hoekom jy graag hierdie boek wil wen.

E-pos jou Naam, Fisiese adres (vir koerier), selfoonnommer en antwoord na: [email protected]

BAIE DANKIE AAN LUX VERBI UITGEWERS VIR DIE PRAGTIGE BOEK WAT HIERDIE MAAND DEUR HULLE GEBORG WORD

-------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Kinders leer die beste deur ander se voorbeeld na te volg en deur dinge te doen. In Uit ’n ouerhart deel Norma Rossouw 50 waarhede met ouers om prakties toe te pas en kinders toe te rus vir die lewe. Sy bevestig die belangrikheid van ouers se voorbeeld en om die Here saam met hulle kind in gebed en lofprysing te dien. Norma deel van haar eie insigte as ouer, wat die Bybel oor elke aspek sê, hoe om die Heilige Gees as Raadgewer in elke situasie te vertrou en hoe om God

te loof vir wat Hy reeds gedoen het. Temas wat bespreek word, is onder andere vriendskap, prioriteite, liefde in aksie, nederigheid en waarvoor om nee te sê. Daar is ook plek vir ouer en kind om vrae te beantwoord en gedagtes neer te skryf, asook voorstelle vir gebede om saam te bid en voorstelle vir dinge om as ouers en kinders te doen.

Norma Rossouw is ’n vreugdevolle vrou met passie vir die bediening waarvoor God haar geroep het. Sy het al talle leiersposisies

in die kerk beklee, maar haar leiding as ma vir G.J. is die een wat haar die naaste aan die hart lê. Sy is getroud met Gert en is

bevoorreg om die vrede van ’n plaas-lewe te kan geniet.

Wedstrydvraag om die CUM-boek te wen: Met wie is Norma Rossouw getroud?

E-pos jou Naam, Fisiese adres (vir koerier), selfoonnommer en antwoord na: [email protected]

BAIE DANKIE AAN CUM UITGEWERS VIR DIE PRAGTIGE BOEK WAT HIERDIE MAAND DEUR HULLE GEBORG WORD

Page 16: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

16

BOEKWENNERS VIR SEPTEMBER

Deur water & vuur deur KARIN COMBRINCK Annemarie Lamont, STELLA

Aartappelgeloof deur ANGUS BUCHAN

Cecile de Villiers, STELLENBOSCH

Baie geluk – julle sal eersdaags jul boeke per koerier ontvang.

BEURSFONDS

Beursaansoeke het gesluit en die kandidate is reeds geallokeer. Baie dankie aan

almal vir hul getroue bydraes die afgelope jaar. Hou gerus vol met hierdie bydraes en

maak ‘n verskil aan studente wat in 2020 gaan studeer.

Name van takke en individue wat in September en Oktober bydraes gemaak het sal

in die NOVEMBER uitgawe van die Klits Klets geplaas word.

DIE GRANAAT – Borg ‘n bladsy

Borg ‘n bladsy verskyn elke kwartaal in die Granaat - dit is dus 'n deurlopende

projek…

PROJEK-TERUGVOER:

Page 17: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

17

Advertensies kan geplaas word teen R150 per bladsy –‘n lyninskrywing – dit moet

nie langer as 30 woorde wees nie.

Bewys van betaling moet die borg se besonderhede (Naam en telefoonnommer &

dorp) en lyninskrywing vergesel en na [email protected] gestuur word.

Die volgende plasing sal in die Februarie 2019-uitgawe wees…

WAARDES VIR WOELWATERS

Waardes vir Woelwatersorg is beskikbaar by Belinda Campher. Bestel gerus jul

kopie(ë) by [email protected]

NUWE LEDE

Lidnr Naam en Van Gebied Tak

7403 Zeta McCleland 3 (Oos-Kaap 1) Port Elizabeth - Carpe Diem

7404 Edwa Kits 1 (Wes-Kaap 1)) Klerksdorp

7405 Karin Stoffberg 11 (Gauteng-Noord) Waterkloof – Aandblom

7406 Erica Bothma 1 (Wes-Kaap 1) Strand – Helderberg

Baie welkom by Die Dameskring! Mag julle tyd met DK geseënd wees.

TAKNUUS...

Page 18: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

18

Uit die kantoor... deur Sonja Bothma

Ek het hierdie briefie (verkort) ontvang vanaf die ‘Kantoor-Diva’s’ op die foto wat tydens die

beraad die kantoor besoek het:

Liewe Sonja,

Baie, baie dankie dat jy vir ons jou kantoor gaan wys het - ek is beïndruk en ek vertel vir almal van julle rose en liedjietuin. Dit is

so pragtige atmosfeer om in te werk.

Sal jy asb my dankbaarheid oordra aan elke vreeslose vrou wat gehelp het om hierdie beraad 'n sukses te maak - dit moes baie

harde werk en baie tyd geneem het. Ons het so lank uitgesien en nou is dit alweer verby en ons is terug in die tuig. Dit was

werklik weer 'n belewenis en ek is so bly ek het my sussie saamgeneem.

Nogmaals baie, baie dankie - jy is 'n ster!

Liefnis

Lise Volschenk

HOOFKANTOOR-NUUS...

Page 19: IN HIERDIE UITGAWE… - amawebs.com · U asem het vir my Lewe gegee anders sou ek net bo-grond gewees het maar nou het ek iets van U in my maak my asseblief sagte, klam klei vorm

19

DIREKTE LYN NA HOOFKANTOOR: 012 301 1761

FAKSNOMMER: 086 416 4782

Die Dameskring (HOOFKANTOOR): Gerard Moerdijk-huis, Voortrekkermonumentterrein, Eeufeesweg, PRETORIA

Tel: 012 301 1761 Faks: 086 416 4782 [email protected]

Webtuiste: www.dameskring.co.za

U ontvang hierdie e-pos omdat u geregistreer is as ‘n lid op Die Dameskring-databasis. Indien u dit nie wil

ontvang, e-pos asseblief ‘Kanselleer’ na [email protected]

SPESIALE DANK AAN ONS GETROUE BORGE VAN ELKE MAAND SE KLITS KLETS: