10
1 WILD LAND September 2014 SEPTEMBER 2014 | WILDLAND #0015 63 48 Kuns op geweer- kolwe 56 Pot vol hongersnood 51 Zeiss se gong- skiet Teken in en WEN groot WILDLAND FIRST FOR THE HUNTER | EERSTE VIR DIE JAGTER SA R25,00 BTW Ing. / VAT Incl. Other Countries R21.93 Excl. TAX 30 Kynoch - ’n ou gunsteling herleef Savage is geen barbaar Die vaders jag saam Só toets die FBI ammunisie 26 Jens hunts the Mountain Stallion 9 772307 794005 09015

WildLand - September 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

This is a free sample of WildLand issue "September 2014" Download full version from: Apple App Store: https://itunes.apple.com/us/app/id829607519?mt=8&at=1l3v4mh Google Play Store: https://play.google.com/store/apps/details?id=com.presspadapp.wildland Magazine Description: Established in March 2013,Produced by Andre Van Dyk, who retired after 13 years of service as editor of SA Hunter/Jagter. The product is aimed at the fast growing hunting market. Distributed to more that 2200 outlets nationwide. The Magazine is carefully constructed with a mix of: – Latest Product testing – Current Affairs and Reviews – Magnificent cinematography – Exploring of SA’s 15 000 hunting farms – Mouth Watering Game Recipes – Fully Bilingual content You can build your own iPad and Android app at http://presspadapp.com

Citation preview

Page 1: WildLand - September 2014

1 WILD LANDSeptember 2014

SEPTEMBER 2014 | WILDLAND #001563

48 Kuns op geweer-kolwe 56 Pot vol

hongersnood51 Zeiss se gong-skiet

Teken in en WEN groot

WILDLANDF I R ST F OR T H E H U N T E R | E E R ST E V I R DI E JAG T E R

SA R25,00 BTW

Ing. / VAT Incl.O

ther Countries R21.93 Excl. TA

X

30

Kynoch -’n ou gunsteling herleef

Savage is geen barbaar

Die vaders jag saam

Só toets die FBI ammunisie

26 Jens hunts the Mountain Stallion

9772307794005

09015

Page 2: WildLand - September 2014

Z6(i) FAMILYPRECISION IN EVERY SITUATIONStalking. Mountain hunting. Moving hunt. Safari. Hide hunting. Every type of hunting is special, each of them appealing and exciting in their own way. You are equipped for any of these scenarios with the Z6(i). This masterpiece from SWAROVSKI OPTIK has revolutionised the way we use rifl e scopes. It has a 6x zoom, thereby ensuring an impressive fi eld of view at low magnifi cation, as well as enabling you to recognise all the key details at high magnifi cation. You can choose from eight different models, which all essentially combine uncompromising optics with all the necessary fi ne settings. Perfectly adapted and already tried and tested more than 100,000 times. When seconds are crucial – SWAROVSKI OPTIK.

SEE THE UNSEENWWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

YOU CAN FIND OUR PRODUCTS AT EXCLUSIVE SPECIALIST RETAILERS AND ONLINE AT WWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

For your closest stockist, please contact Brad on 0861-005903

H21ND_SouthAfrica_A4_EN.indd 1 18.06.13 12:36

Page 3: WildLand - September 2014

3 WILD LANDSeptember 2014

Indeks / IndexUit die heup uit / From the hip 04Ons lesers praat 14Wat, waar en wanneer 15Internasionaal/International 16Die luiperds van Shayamanzi 30Lechwe facts 50Jan de Man praat met die jongspan 66

Savage Axis – allesbehalwe barbaars 06Só toets die FBI ammunisie 18Vat die spoor 44Cindy Adendorf – haar passie vir wild word op geweerkolwe vasgelê 48Zeiss se gong-skietdag 51Practical cartridge basics: 375 Ruger 52Kynoch – die ammunisie-staatmaker vir meer as ’n eeu 60

Vadersdagjag deur Dirk Laubscher 24Jens hunts the mountain stallion 26‘n Pot vol hongersnood 56

Safari & Outdoor - Afrika se eie Cabelas 36Gee jou Colt ‘n inspuiting 40

18

60

06 Savage is ‘n ou bekende produk in die VSA en begin nou ook meer byval by Suid-Afrikaners vind. Lees wat sê die vuurwapenkenner Pierre v/d Walt oor hierdie geweer.

Die FBI van die VSA is ‘n gesaghebbende organisasie wat wêreldwyd gerespekteer word. Ons het gaan uitvind hoe toets hulle ammunisie om aan hul uiters streng standaarde te voldoen.

Kynoch, die ou bekende ammunisie-vervaardiger van England, maak weer sy rug reguit onder die nuwe naam Kynamco.

WILDLANDF I R ST F OR T H E H U N T E R | E E R ST E V I R DI E JAG T E R

© Kopiereg Wildland. Alle inhoud in hierdie publikasie word deur kopiereg beskerm. Alle regte voorbehou.© Copyright Wildland. All content in this publication is copyright protected. All rights reserved. The editor reserves the right to change or shorten articles and letters. The editor, publisher and editorial staff accept no responsibility for the content of articles as well as the content of advertisements.

Algemene navrae / General [email protected]

Drukker / PrinterConti [email protected]: 011 334 1484Adres / Address:Unit D7 Village Main Industrial Park51 - 61 Rosettenville RoadVillage MainJohannesburg

Versprei deur: / Distributed by:Travis MooreT: 011 401 5778 [email protected] / Subscribers [email protected]: 082 455 8707

Member of/Lid van:

RUBRIEKE / COLUMNS

ARTIKELS / ARTICLES

JAGSTORIES / HUNTING STORIES

PROMOSIE-ARTIKELS / PROMOTIONAL ARTICLES

KOMPETISIES / COMPETITIONSKyk wat het ek gejag – wen ‘n Primos-skietstok 32Wen met Wildland – Teken in en wen groot 55&63

RESEP / RECIPEWild-en-groentepot 46

Posadres / Postal addressPosbus 30541,Wonderboompoort, 0033Redaksionele / Editorial staffRedakteur / EditorAndré van [email protected]: 012 335 1140C: 082 455 8707Uitlegkunstenaar / Layout artistQuentin NellAlgemene navrae / General inquiriesRika van Dyk T: 012 335 1140 C: 079 892 0023F: 086 208 0652Bydraers / ContributersAndrew MacleodDeon FurstenburgJan de ManJannie ParsonsPierre van der WaltPaul CoetzeeRené PrinslooDirk Laubscher

Jens Ulrik Høgh

“Like” Wildland op Facebook en staan ‘n kans om ‘n jagnaweek vir twee te WEN ter waarde van R10 000!

Foto: Mike Viljoen

www.facebook.com/wildlandmag

Z6(i) FAMILYPRECISION IN EVERY SITUATIONStalking. Mountain hunting. Moving hunt. Safari. Hide hunting. Every type of hunting is special, each of them appealing and exciting in their own way. You are equipped for any of these scenarios with the Z6(i). This masterpiece from SWAROVSKI OPTIK has revolutionised the way we use rifl e scopes. It has a 6x zoom, thereby ensuring an impressive fi eld of view at low magnifi cation, as well as enabling you to recognise all the key details at high magnifi cation. You can choose from eight different models, which all essentially combine uncompromising optics with all the necessary fi ne settings. Perfectly adapted and already tried and tested more than 100,000 times. When seconds are crucial – SWAROVSKI OPTIK.

SEE THE UNSEENWWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

YOU CAN FIND OUR PRODUCTS AT EXCLUSIVE SPECIALIST RETAILERS AND ONLINE AT WWW.SWAROVSKIOPTIK.COM

For your closest stockist, please contact Brad on 0861-005903

H21ND_SouthAfrica_A4_EN.indd 1 18.06.13 12:36

Page 4: WildLand - September 2014

4 WILD LAND September 2014

Wat jag betref is Suid-Afrika voorwaar in ‘n land van melk en heuning. Afgesien van mens se geldelike beperkings, kan ons hier jag waar ons wil en soveel ons wil – as jou beursie styf genoeg is gaan min ander dinge jou terughou.

Ons was gedurende Julie in die VSA by Federal in Minneapolis (Minnesota) en Lewiston (Idaho) en toe by Leupold in Portland (Oregon) om artikels wat later sal verskyn te doen. Maar natuurlik het ons oor jag in Suid-Afrika sowel as in die spesifieke State in die VSA gepraat. In al drie genoemde State kan jy net een “white tail deer” per jaar jag, want jy moet ‘n “tag” koop en as jou naam aandui jy het klaar een gekoop dan moet jy wag tot die volgende seisoen voordat jy weer een kan koop. Jy kan aansoek doen vir ‘n beer en ‘n moose, maar dit is eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid en as die loot op jou val kan jy nooit weer aansoek doen vir die spesifieke dier in die spesifieke Staat wat die ‘Tag” aan jou toegeken het nie. Indien jy n tag kry, op watter manier ookal, moet jy self in die jagveld kom, jy het nie ‘n gids nie, daar is nie kampe waar jy kan bly nie en dus jou slaapplek self voorsien. Jy moet self kos maak, en self jou gejagte dier uit die jagveld verwyder. Dit is pleinweg harde werk om in hierdie State te jag!

Vergelyk hierdie situasie met dié van ons hier in SA – as ek die geld en nodige lisensies het (in meeste gevalle is dit nie eens nodig om lisensie te kry nie, want die plaas het vrystelling) kan ek soveel rooibokke, blouwildebeeste, koedoes, rooihartbeeste,

elande, blesbokke, en wat ookal jag. Ek word vervoer op die jagplaas, die gejagte diere word herwin en afgeslag en jy slaap in meeste gevalle in ‘n chalet of hut wat alle geriewe in het. Ons is werklik in daardie opsig bederf - indien jy dit kan bekostig!

Daarom berei die Amerikaanse jagters hulself baie goed voor vir enige jagtog, plaaslik of in die buiteland, want hulle weet dat dit in meeste gevalle ‘n eenmaal in ‘n leeftyd geleentheid is om sekere diere te kan jag en dit moet ten volle benut word.

Volgende keer as jy kla oor alles wat in ons land verkeerd is, en ja daar is baie dinge wat lelik verkeerd loop, ons kan dit nie ontken nie, sit die glimlag op jou gesig terug en dink aan die positiewe dinge wat ons in die jagveld ervaar en hoe ‘n groot inspuiting ons in die plaaslike ekonomie gee. Die jagter se bydrae kan help om die ander dinge wat skeef is weer reguit te maak.

Op bladsy 44 begin ons hierdie maand met ‘n nuwe opwindende

reeks “Vat die spoor” waar ons na die spore van verskillende diere gaan kyk. Paul Coetzee die ervare professionele jagter en wildboer van Musina hanteer hierdie reeks vir ons.

Uit die heup uit!

Teken in op WILDLAND en staan ‘n kans om ‘n Savage Axis-geweer te WEN. Sien bl. 63SMS “Wildland” na 45633 om in te teken (R1,50 per SMS)

Subscribe to WILDLAND and stand a chance to WIN a Savage Axis rifle. See p. 63 SMS “Wildland” to 45633 to subscribe (R1,50 per SMS)

“Like” Wildland op Facebook en staan ‘n kans om ‘n jagnaweek vir twee te WEN ter waarde van R10 000!www.facebook.com/wildlandmag

!Ons wil graag die mening van ons lesers kry en dit in ‘n briewekolom publiseer. Stuur asseblief jul briewe aan [email protected]

We want to publish the opinion of our readers. Please send your letters to [email protected]

36

André van Dyk by die rooilechwe wat hy in die negentigerjare in Botswana met sy Musgrave .375 H&H Mag geskiet het.

en die Wildland-span

Reguit skiet

Ons jag in die land van melk en heuning

Engels op bladsy 40.

Page 5: WildLand - September 2014

5 WILD LANDSeptember 2014

Page 6: WildLand - September 2014

6 WILD LAND September 2014

Dit was ‘n wonderlike geskenk, want tydens die geswoeg om ammunisie en herlaaidata te bekom het ek ontsettend baie geleer. Ek het alles geleer van die prokureur Charles Newton, die vader van vaartkalibers wat pionierpatrone soos die .250-3000 Savage ontwerp het tot die eerste hammerlose hefboom-geweer ter wêreld, die Savage van 1895. Ook van die Savage maatskappy en sy interessante geskiedenis en sommer ook hoe om ladings vir onbekende of onbeskikbare patrone te begin ontwikkel. Ek het ook ‘n lang pad met wapensmede gestap, want die restourasieproses van die geweertjie was nogal innoverend gedurende die hoogty van sanksies.

Dit was voor die dae van selfone en internet en die voetwerk wat ek wêreldwyd per lang, handgeskrewe brief moes doen om inligting te versamel het my nie net fantastiese vriende wêreldwyd laat bekom

nie, maar my tot by die wegspringblokke as wapenskrywer gevoer. Getrou aan die geweer se tradisie, het ek dit jare later aan ‘n verdienstelike jong jagter aan die begin van sy jagloopbaan geskenk.

Die geweerOns fokus in die laaste tyd nogal sterk

op bekostigbare intreevlak gewere en omtrent elke maatskappy het nou al ‘n model in die armbeurs gegooi. Savage se bydrae is die Savage Axis, voorheen bekend as die Savage Edge, wat tot onlangs toe nog by Safari & Outdoor beskikbaar was vir ‘n skamele R 6,900, maar ongelukkig nou al almal opgeraap is.

Die Savage Axis is ‘n liggewig 2,95 kg geweer met sintetiese kolf en 22” loop beskikbaar in .223 Rem, .22-250 Rem, .243 Win, 25-06 Rem, .270 Win, 7mm-08, .308 Win en .30-06 Springfield. Vir my is die mees ongelooflike kenmerk van die

Axis dat dit in alle kalibers in linker-en regterhand modelle vervaardig word. Ek kan aan geen ander vervaardiger dink wat so goed vir “horrelpote” sorg nie.

Die Savage Axis aksie is op die M-110 model s’n geskoei. Dit kom net in .30-06 lengte, wat beteken dat dit effe groot is vir klein patrone soos die .223 Rem en kortgatte soos die .243 Win, 7mm-08 Rem en .308 Win. Dit pla mens egter nie, omdat die geweer so lig is nie –dit weeg slegs 2,95kg (6.5 lb). Vir stapjagters, veral vir diegene vir wie die jare begin aanstap, is ‘n ligte geweer baie lekker. Dis ook ‘n uitstekende keuse vir jongelinge en dames. Die Axis se greep is ook lekker dun vir kleiner handjies, maar vir piesangtros-hande kan dit ongemaklik wees.

Die eerste vraag is natuurlik of so ‘n ligte geweer nie hard skop nie. As grootkaliber fanatikus is ek seker nie die beste beoordelaar van skop nie, maar ek het die

Die Savage Axis – allesbehalwe barbaarsDeur Pierre van der Walt

Gedurende die laat sewentigerjare het ‘n oubaas hom oor ‘n arm student ontferm en ‘n stokou en afgeleefde Savage M-99 hefboomaksie geweer in die uitgediende en vrek skaars .22 Savage Hi-Power (5,6x52mmR) kaliber geskenk.

6 September 2014WILD LAND

Die praktiese en bekostigbare Savage Axis met die Bushnell Elite teleskoop.

Page 7: WildLand - September 2014

7 WILD LANDSeptember 2014

geweer gerieflik gevind om mee te skiet en die .30-06 is ongetwyfeld die ergste skopper onder die reeks kalibers waarin die Axis beskikbaar is. Die kolfontwerp en proporsies is uitstekend vir die beheer van skop. Ek het ook fyn gekyk as ander persone daarmee skiet. Die gebrek aan trompklim tydens die skoot het my telke male opgeval.

Daar is drie gebiede op die Axis waar Savage duidelik besnoei het om die Axis bekostigbaar te maak. Die eerste is dat die Axis se sneller nie verstelbaar is nie. Daar is wel ‘n duurder Axis II model met ‘n verstelbare sneller. Dit het nie regtig gepla nie, maar daar is verstelbare snellers vir die Axis te koop. Die tweede besparing is bewerkstellig deur die Axis nie met die AccuStock insetsel in die kolf toe te rus waarmee duurder Savage gewere toegerus word nie.

Laastens is die Axis se sintetiese kolf ‘n hol kolf wat nogal lawaaierig is as mens dit teen iets stamp. Verstaan my mooi; dis nie ‘n swak kolf nie, dis net nie met klank

absorberende matriaal gevul nie.Daar is geen manier wat mens ‘n

Bugatti bekostigbaar kan bou nie, maar ‘n bekostigbare Volkswagen Beetle wat ek vir 24 jaar gery het, bly een van my gunsteling motors. Dis hoe mens die kostebesnoeiings op alle intreevlak gewere moet benader en hoe die Axis benader moet word.

Die Savage Axis aksie is tipies M-110. Dit lyk eerder soos Os du Randt as Paris Hilton, maar dis uiters fuksioneel en weeg nader aan laasgenoemde. Die uitwerppoort is relatief klein, maar dis nie ‘n probleem op nie gevaarlike wild gewere nie. Die grendelkop is die, nou reeds bekende, drywende Savage grendelkop wat verseker dat dit altyd presies met die loopkamer oplyn en duidelik bydrae tot Savage gewere se akkuraatheid.

Die grendel is van die tipies modern stoot-voer tipe met beide die uittreker en dompel tipe uitwerper wat in die grendelkop versink is. Die grendelarm is ‘n aparte gietstuk met holtes om gewig

verder te verminder. Die grendelgooi (bolt lift) is 90° maar die grendelarm is relatief prominent. Mens sal seker moet maak dat die arm die teleskoop wat jy kies se agterste lensgroep hulsel mis tydens die oorhaal proses.

Ek bewonder my hele lewe lank al die Savage veiligheidsknip. As dit nie die gerieflikse grendelaksie veiligheidsknip ter wêreld is nie, dan weet ek nie wat is nie. Dis ‘n haelgeweer tipe veiligheidsknip. Anders as meeste ander sodanige veiligheidsknippe is dit nie op die handgreep geplaas is waar dit mens se duim vel-af kan stamp tydens skop nie; dit sit op die rompstert net agter die einde van die glipnok gleuf en is 100% toeganklik vir beide links- en regshandige skuts selfs terwyl die geweer geskouer is. Daar is doodeenvoudig geen beter posisie nie. ‘n Verdere lieflike kenmerk van die Savage veiligheidsknip is dat dit nie soos kompeterende ontwerpe met draadstangetjies die sneller blok nie, maar dat dit die glipnok blok. Dis veiliger as

Soos gewoonlik toets ons die gewere in 'veldtoestande' vir ons lesers. Cloete Hepburn van Tusk Safari's met die Savage op die skietbaan

Die Savage Axis is 'n geweer wat ontwerp en gebou is vir taai toestande met 'n vlekvryestaal-aksie en loop sowel as 'n sintetiese kolf, met die Bushnell teleskoop is dit ’n uitstekende keuse.

7 WILD LANDSeptember 2014

Page 8: WildLand - September 2014

8 WILD LAND September 2014

stangtipe knippe. Die Axis deel myns insiens die sinvolste veiligheidsknip op aarde met ander Savage grendelaksie gewere.

Uiteraard kom die Axis sonder korrel of visier as besparingsmaatreël. ‘n Teleskoop is dus ‘n noodsaaklikheid.

Die geweertjie word met ‘n verwyderbare 4-skoot magasyn in alle kalibers toegerus. Ek is nie ‘n groot voorstaander van verwyderbare magasyne nie, want baie mense verlê die goed gereeld. Dat dit ‘n gerieflike kenmerk is, is egter nie te betwyfel nie. Die Axis beskik oor ‘n besonder positiewe magasynknip reg voor die magasynkas. Dit was nog altyd die mees sinvolle en ergonomiesste posisie vir ‘n magasynknip en iets wat ek wens op alle gewere die geval was. Die Axis tel in die opsig onder dié bestes.

Ter opsomming dink ek dat die Savage Axis ‘n uiters sinvolle intreevlak ontwerp is wat veral deur linkshandiges wat in die mark is vir die tipe geweer oorweeg behoort te word. Ek wens gereeld dat die tipe gewere beskikbaar was toe my kinders klein was.

Die teleskoopDie teleskoop wêreld het die laaste

paar jaar nogal interesante veranderings ondergaan. Amerikaanse vervaardigers het premium klas teleskope begin aanbied en Europese vervaardigers het intreevlak modelle begin bemark. Ek weet nie of ek daaroor moet juig of tjank nie, maar ‘n Oosterse teleskoop onder ‘n groot Europese vaandel laat my soms wonder of ek nie beter waarde vir geld sou kry sonder die naam nie.

Hoe dit ookal sy. Die Amerikaners het ons nog nooit onder die indruk probeer bring dat hulle teleskooplense nie uit die Ooste kom nie. Verskillende klasse Bushnell teleskope word dus ook in verskillende Oosterse lande vervaardig volgens spesifikasie.

Bushnell se top spesifikasie teleskope is hul Elite reeks wat werklik uitsonderlike waarde vir geld bied. Die Elite is dus ook nie goedkoop of intreevlak teleskope nie. Die LRHS 3-12x44 Elite met sy G2H kruisdraad was dus eintlik anomalies op ‘n intreevlak geweer gemonteer. Dit was nogtans ‘n ervaring om die teleskoop te

gebruik.Die LRHS is uit Bushnell se reeks

taktiese teleskope gebore en spesifiek vir jagaanwending ontwikkel. Dit beskik oor ‘n soliede 30mm buis met die kruisdrade in die plaaslik minder bekende eerste fokale vlak. Dit beteken dat die kruisdrade saam met vergrotingsverstelling aanpas. Sluipksuts verkies die ontwerp omdat dit hulle in staat stel om afstand meer akkuraat te skat. Die G2H kruisdraad is basies ‘n stomp punt duplex kruisdraad met milrad afmerke en ‘n sirkel in die duplex opening. Onder die sentrale punt is daar afmikpunte van verskeie wydtes vir bepaalde aanwendings. Dit is ‘n baie bruikbare kruisdraad ontwerp.

Die teleskoop verstel in derdes van ‘n duim per kliek. Dit beskik oor gerieflike laeprofiel handverstelbare torings vir wind en hoogte met ‘n sogenaamde return-to-zero fasiliteit deur middel van Bushnell se RevLimiter Zero Stop meganisme. Dit verskil nie wesenlik van enige soortgelyke stelsel op ander teleskope nie.

Ek kan sonder huiwering op rekord plaas dat dit ‘n uitsekende teleskoop is.

Danie van Dyk met die blouwildebees wat hy met die Savage omgestamp het.

8 September 2014WILD LAND

Page 9: WildLand - September 2014

9 WILD LANDSeptember 2014

22-250 Rem, 243 Win, 260 Rem

308 Win, 300 Win Mag, 338 Lapua

243 Win, 260 Rem

22-250 Rem, 243 Win, 300 WSM

243 Win, 270 Win, 30-06 Springfield

Model 10 Predator Hunter

Model 10/110 BA

Model 12 LRP

Model 12 VLP

14/114 American Classis Stainless

Mark II G .22LR

Mark II BSEV .22LR

2013 – Savage wins 9 of 11SA Provincial Open Veldskiet titles

2013 – SA Open 1st, 2nd & 3rd 2014 – SA Open 1st, 2nd & 3rd{ }

Call Hennie on 078 802 0990, Dick or Amanda on +27 12 808 9911. [email protected] I [email protected] I [email protected] I www.inyathi.net

AVAILABLE AT THE FOLLOWING DEALERS:Ace HardwareAfrican Hunter & OutfittersAdvantage Archery & ArmsAcapulco Guns A.k. ArmsArms CcArms For Africa CcAug Behrens (Edms) Bpk Backyard BallisticsBloemfontein Indoor RangeBotha VuurwapensBouwer Broers (Pty) Ltd Buffalo Sporting SuppliesDie Blou MeulFishers ShootersG I WapensmidGriffin TacticalGerrie Coetzee Vuurwapens Hi-Tech Arms & Ammunition Cc

Highland OutdoorHunters BomaHunters Boma LydenburgHinterland - Senwes Kroonstad WapensHinterland - Senwes BothavilleHinterland - Senwes VereenigingHinterland - Senwes BpkJ & J WapensJohn Klemp Angling & HuntingKalahari Jag En KampKloppers Klk Krokodilspruit WapensLock Stock & Barrel Multi Rama Arms & AmmoMolopo Wapens/Wj Du ToitM&H ArmsNatal Gun CompanyNsn Guns & AmmoNobleteq Arms And Ammunition

Njala ArmsNwkPro-SportRs Sports & Outdoor CcSafari & Combat ArmsSafari & Outdoor CPT/PTA/JHBSavage ArmsSkerpknal VuurwapensSlingervel Sa Trading & Tech ServicesSavuti ArmsTarget Line Cc Tactical StarThe QuartermasterWaterberg AmmunisieWac's - HailstormXtt - WildmanWildman Hunting & OutdoorWildman Nelspruit

DistributeD by

Page 10: WildLand - September 2014

10 WILD LAND September 2014

op die baanEk het nie veel verwagtings vir meeste

van die intreevlak gewere gehad toe ek hulle die eerste keer baan toe geneem het nie. Ek was egter telkens verbaas met hul presisie veral gegewe die feit dat ek telkens fabrieksammunisie en ook intreevlak telelskope gebruik het. Dis tyd vir my om my vooroordele te sluk. Toegegee, intreevlak gewere is nie sluipskut gewere nie, maar hulle almal en spesifiek die Savage Axis, is meer as akkuraat genoeg om enige jagter tevrede te hou en biltong te verseker.

Die Savage Axis se heel swakste groepering met my aan die stuur was net onder 50mm (2”) op 100 treë (91m). Onthou net dat ek ‘n wonderskut is wat ‘n hardlopende springbok donkermaan in stormwind uit die vuis op 999 treë in die oog kan skiet. ‘n Ander perd het een maal amper aan die 12mm geraak en ons gemiddeld was net bietjie groter as ‘n minuut (MOA). Ek dink dis dêm beskaafd vir ‘n vlieggewig boksertjie op ‘n take-away dieet.

In die jagveld‘n Nuwe geweer op die skouer in die

bosveld, wanneer die res van die land redelik koud kry, is sekerlik iets waarna elke jagter droom. Met die Savage Axis gewapen en RWS se 184gr Evolution ammunisie het ons eerste die skietbaan besoek. Beide die skuts van die dag het links van die kol op die teiken geskiet, maar al die gate was baie naby aanmekaar. Dit is ‘n duidelike bewys dat die Axis van die ammunisie hou en dat dit nie saakmaak wie met hom skiet nie, hy skiet op dieselfde plek! In hierdie geval was die skuts Andre van Dyk en Cloete Hepburn

die plaasbestuurder van Tusk Safaris.Daar was ‘n rooibok en 'n blouwildebees

op die spyskaart en gelukkig is daar baie van hulle op Tusk en alhoewel hulle teen hierdie tyd van die jaar al redelik wakker was, het die koue hulle nie lus gemaak om te beweeg nie. Ons het drie bulle bymekaar gekry waar hulle lui-lui in die vroë oggendson rondstaan. Die skietstokke was op en Danie het hom vanaf 60 meter in die kuiltjie geskiet. Ons het hom 100 meter verder gekry. Die koeël is aan die anderkant net voor die pens uit maar dit lyk of dit mooi bymekaar gehou het, want daar was nie te veel vleisskade nie.

Geskiedenis – Savage Arms

Mens kan seker sê dat Savage Arms sy ontstaan in Kingston, Jamaika gehad het met die geboorte van Arthur William Savage (1857 - 1938), die seun van Brittanje se Spesiale Kommissaris vir die Wes-Indiese Eilande. Arthur het in Engeland en die VSA skool gegaan, maar na skool is hy vort na Australië om ‘n beesplaas te gaan bestuur. Daar was hy nie net ‘n jaar lank deur inboorlinge in gevangenisskap gehou nie, maar het mettertyd die grootste beesplaas in Australië besit. Vuurwapens was deel van sy daaglikse bestaan en geleer om masjinerie te herstel en te verbeter. Hy het onder andere ‘n suksesvolle torpedo ontwikkel.

Arthur Savage was duidelik ‘n man wie se dinges gejeuk het vir uitdagings en avontuur. Selfs die grootste beesplaas in Australië was te klein vir hom. Dinge was aan die gebeur in die VSA en hy is sak en pak soheentoe om Savage maatskappy

in 1894 in Utica, New York te begin. Sy piece de resistance was die hammerlose Savage M-85 gevolg deur die beroemde M-99 met sy ongelooflike spoel-magasyn soortgelyk aan die magasyn van die 1903 Mannlicher-Schönauer.

Die M-99 was hoogs effektief en bekostigbaar en verseker die fondasie vir die beginsels waarop die maatskappy tot vandag toe nog funksioneer. In 1919 het die Indiaanse Hoofman, Chief Lame Deer, Savage genader om gewere vir sy Reservaat te koop. In ruil vir afslag op die M-99 gewere sou die stam Savage gewere endosseer. Dis ook toe dat Arthur Savage die Indiaanse kop wat vandag nog as maatskappy kenteken dien in gebruik geneem het.

Soos talle ander Amerikaanse wapenmaatskappye het die Savage maatskappy na die stigter se afsterwe, en spesifiek die Tweede Wêreldoorlog, begin swaartrek. Vanaf 1960 tot die tagtigerjare is die maatskappy telkens verkoop en het konstant agteruitgegaan. Soveel so dat gedurende 1988 aansoek gedoen is vir bankrotskap-beskerming, oftewel geregtelike bestuur soos ons dit in Suid-Afrika ken. Ene Ronald Coburn is as president aangestel. Hy het die maatskappy se modelreeks aanvanklik tot slegs die Savage M-110 grendelaksie afgeskaal en so het die M-99 hefboom model in die stof gebyt.

Twaalf jaar later was Savage Arms weer kommersieel gesond en het die maatskappy uitbreidings gebasseer op bekostigbare, maar uitstekende waarde vir geld gewere begin aanpak. Groot suskes is met die omgewingsvriendlike SNAIL skietbaan stelsel behaal en dit het Savage ekonomies verder verstewig. Mark-leidende innovering met ontwerpe soos die AccuTrigger (2003) wat Savage

Die modulêre ontwerp van die Axis dra tot bekostigbaarheid by.

Die Bushnell Elite se verstelknoppe is gerieflik met die hand verstelbaar.

Die Bushnell Elite se netjiese lyne komplimenteer die waarde wat dit bied.

10 September 2014WILD LAND