16
VOORWOORD Lente in die Lug… As die voëltjies ons soggens wakker maak en ons kyk na buite en sien dat die bome bot, weet ons dat Hy Sy skeppingswerk hier op aarde onderhou en dat ons as mens ‘n skeppingsopdrag het om te onderhou en te bestuur. Landsdiens bied soveel geleenthede vir lofprysings, sonder om te sing! In ons leuse: “Dade en nie woorde” lê alles vasgevang. Met die afgelope suksesvolle leiersberaad, glo ek dat elke volwassene weer positief gelaai is met nuwe moed en inspirasie en dat ons positief ingesteld sal wees op elke liewe uitdaging. Dit is belangrik dat ons elkeen mekaar met die nodige respek sal behandel in geloof, taal en kultuur om saam as ‘n landsdiensfamilie voort te kan bestaan. Laat ons die voorbeeld aan die jeug voorbehou en mekaar inspireer tot hoë hoogtes. Baie sterkte aan elke landsdiener vir die nuwe termyn. “Carpe Diem” Tannie Ada Rheeder NOORD-KAAP NUUSBRIEF / NEWS LETTER SEPTEMBER 2019 Ons daag alle klubs uit om hul ledetal met 10% te laat groei!

landsdiens.co.zalandsdiens.co.za/.../2019/09/Noord-Kaap-Sept-2019.docx · Web viewOns uitreiking – liefde vir die medemens - was “wol”. Hoedjies en kousies word vir babas gebrei

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

VOORWOORDLente in die Lug…

As die voëltjies ons soggens wakker maak en ons kyk na buite en sien dat die bome bot, weet ons dat Hy Sy skeppingswerk hier op aarde onderhou en dat ons as mens ‘n skeppingsopdrag het om te onderhou en te bestuur.

Landsdiens bied soveel geleenthede vir lofprysings, sonder om te sing! In ons leuse: “Dade en nie woorde” lê alles vasgevang.

Met die afgelope suksesvolle leiersberaad, glo ek dat elke volwassene weer positief gelaai is met nuwe moed en inspirasie en dat ons positief ingesteld sal wees op elke liewe uitdaging.

Dit is belangrik dat ons elkeen mekaar met die nodige respek sal behandel in geloof,

taal en kultuur om saam as ‘n landsdiensfamilie voort te kan bestaan.

Laat ons die voorbeeld aan die jeug voorbehou en mekaar inspireer tot hoë hoogtes. Baie sterkte aan elke landsdiener vir die nuwe termyn.

“Carpe Diem”

Tannie Ada Rheeder

NOORD-KAAP

NUUSBRIEF / NEWS LETTER

SEPTEMBER 2019

Ons daag alle klubs uit om hul ledetal met 10% te laat

groei!

LANDSDIENS NOORD-KAAPMet die drie hoofdoelwitte :

Inheems is IN ..... Herwinning Waterbesparing en bewaring van riviere het ons die provinsiale kamp aangebied.

Koud ... baie koud langs die Vaalrivier het ons gekamp!Ons het ‘n definitiewe veldtog teen plastiek geloods! Verskeie klubs het die silikoonstrooitjieprojek ondersteun. Danielskuil het egter die bo-toon gevoer.

Ons het uitrustings gemaak van afvalprodukte soos papier, karton, plastiek en die prinsesse ... krone van blik vir die opskopaand.

Tannie Nadia het ‘n uitstekende aanbieding gedoen met moderne tegnologie in landbougewasse. Dele op landerye wat nie ‘n goeie

oes oplewer word met ‘n “drome” uitgewys en aandag word onmiddelik daaraan geskenkTannie Mari het elke klub toegerus om ‘n kruietuin te begin met sade, beenmeel en kompos!Tannie Nandie en haar span het die huppel in die stap vir die dag gesit met ‘body beat’.Mnr John Roderick het ‘n uitstekende praatjie oor die trekdae – die binneland in – gelewer. Hy het ‘n demonstrasie van die pangeweer vir ons gelewer met ‘n uitstekende uitstalling van gebruiksgoedere uit toeka se tyd.Oom Francois, Tannie Erma en Mariska het gesorg vir die geestelike “kos” van die kamp.Ons het ook begin met ‘n kampkoerant, “Die Tortelduifie”! Alle nuus van 2019 is vasgevang in die koerant, danksy Tannie Mari.Ons uitreiking – liefde vir die medemens - was “wol”. Hoedjies en kousies word vir babas gebrei teen die winterkoue. Die skenking is met gasteaand aan Tannie Judy Jooste oorhandig. Die spanning was hoog tydens die gasteaand..... Wie gaan saam op Nasionaal ? As leier vir die laerskool is ... aangewys. By die Junior Graad 8 & 9 groep is dit Hanco Erasmus en Lefran Smith en by die Graad 10 -12 groep is dit Gian van Zyl en ... Baie geluk aan al die Nasionale kampgangers!

HOËRSKOOL ADAMANTIAH erwin – Hergebruik – Verminder afval

Iets uit niks.Ons loods ‘n herwinningsprojek daagliks – glas, blik, plastiek en papier.Departement van Omgewingsake het vir ons vier houers geskenk vir herwinning.

In elke klas is daar herwinningshouers vir wit papier.

Alles word dan deur die leerders sorteer en gepak en geneem na die herwinningswerf.

Dit word geskaal en betaal !Ons wend die fondse aan vir uitreike en vir befondsing van minderbevoorregte leerders in Landsdiens.Ons doelwitte is –

Skoner omgewing Besparing van hulpbronne en grondstowwe Inkomste Werkskepping

Met hierdie projek het die skool platinumstatus by Eco-Schools behaal.’eco bricks’

Inheems is IN

Ons klubkamp by Mokala.Die voorsitter, Me Matilda Swanepoel van die ere-veldwagters het vir ons ‘n inleidende kursus oor inheemse bome in die Noord-Kaap aangebied.In Mokala, wat beten die Kameeldoringboom, kry jy ook die volgende bome :

Swarthaak Blinkblaar – Wag-‘n-Bietjie Kamferbos Bloubos Haak-en-Steek Witgatboom Rooi karee Wit karee

Ons het ook ‘n uitstalling gehou om die bewusmaking van indringerplante by die leerders tuis te bring en sodoende uit te roei en te vervang met inheemse plante.

Hoërskool DaniëlskuilMSCP MEINTJIES “COLOUR RUN” EN GEDENK-TEE TEN BATE VAN KANSA

Die naweek van die 8ste en 9de Maart 2019 was Daniëlskuil in rep en roer.Alles het begin Vrydag, 8 Maart 2019, waar Hoërskool Daniëlskuil ‘n “Colour run” aangebied het ten bate van die kankerleiers, persone in remissie en ons dierbares wat ons afgestaan het a.g.v. kanker. Vroegoggend was die skool al besig om verfpakkies te verkoop wat die leerders mildelik gegooi het tydens die skoliere se “colour run” gedurende skoolure. Skemeraand was daar geleentheid vir die dorp gewees om ook deel te hê. Dorpsmense het hulself jonk gehou en mekaar met verfpoeier gegooi.

Saterdagoggend, 9 Maart 2019, was daar ‘n damestee gehou. Die MSCP Meintjies-tee was ter nagedagtenis aan Juf Martha Meintjies gehou, wat ons vroeër die jaar aan kanker verloor het. Mev. Leonie Taljaard, ‘n verteenwoordiger van Kansa, was die

spreker tydens die tee en het die dames ingelig oor die regte eetgewoontes om jou kanse op kanker te verminder. Die dames het behoorlik uitgehang met hul gedekte tafels en gebak wat die tafels laat kreun het. ‘n Bedrag van omtrent R15 000 is oorbetaal aan Kansa.HOëRSKOOl DANIëLSKUIL GAAN GROEN – GROOT

Die lansdiensleerders het hul groenvingers behoorlik in die grond gehad. Juf Mari Muller het ons landsdieners ‘n ding of twee in die rooigrond gewys. Die laerskool leerders het blommetjies in ou buitebande geplant om hulle gedeelte van die skool op te fraai. Elke leerder het sy eie plantjie ontvang wat hy/sy geplant het. Die hoërskool het egter nie so lig daarvan afgekom nie. ‘n Stukkie grond is omgeskoffel en groente is geplant. Die groente het weelderig opgekom en ons werkers by die skoolterrein en kampgangers het heerlik daaraan gesmul.Ons is tans besig met ‘n gedenktuin vir

Juf Martha. Nuwe plantjies is geplant, klippies gestrooi en hier en daar ‘n beeldjie om die tuin behoorlik op te kikker.

Kuilies het ook ‘n doelwit gestel om 1000

spekbome te plant. Ons het laas week ons eerste 150 spekbome geplant.

CBC LAND SERVICE INTERACTION!We were welcomed by the Phoenix Land Service Club at Boys High School to a afternoon of fun games. As Dr. Seuss would say: Fun is good! We were divided into four groups as there were four different stations with different games such as:

Snakes and LaddersThis game was just really about hope and luck. We strongly believe this is because a dice is used. May the odds be ever in your favour!

30 SecondsPlaying this game made us realise that teamwork is a crucial factor and that there are different ways of communicating. The game brought us together as a team. We learnt different ways of describing all sorts of people, things and places physically and verbally (trying not to say the actual word!).

ChessThis game needs intense thinking and strategies where every piece has a different function. And playing it against time was quite challenging but really fun.

We concluded the afternoon with well deserved cake, beverages and snacks.We were very grateful to have had the opportunity of spending a lovely Friday afternoon with the Phoenix Land service club at Boy’s High School. This interaction taught us a number of lessons and we were able to increase the size of our Land Service family. Evenings like these that are filled with joy and laughter are memories we will cherish.Here’s to many more interactions and showing love to our neighbours!

-

DS JABOBS KAMP BY MOKALASak en pak ... vertrek ons na Mokala !

Ons het die inligtingsentrum van die park besoek waar ons meer oor die ontstaan van die park geleer het.Soos wat ons na die erosieslote gery het, het Me. Swanepoel die inheemse bome van die Noord-Kaap in die park aan ons uitgewys.Ons liefde vir arbeid het ‘n deurslaggewende rol gespeel toe ons ‘n reuse erosiesloot help toepak het. Ons het beslis ‘n enorme bydrae gelewer om gronderosie te bekamp.Die aand om die kampvuur het ons lekker

potjiekos gemaak en stokbrood gebraai.Ons het deur verskillende “loops” gery en baie wild en

voëls besigtig. Ons het ook op ons roetes rommel opgetel by piekniekplekke.

TECHNICAL HIGH SCHOOL KIMBERLEYThe Land Service club of Technical High School Kimberley had a busy year thus far. We participated in quite a lot of activities. Here is a report on a couple of the things we did.

We did quite a bit of handcrafts, one of which was to make mother’s day cards for our moms, using wax crayons that we melted to create works of art. We thoroughly enjoyed this and our moms

appreciated the handmade gift. We made bookmarks for ourselves and now we can use it in our textbooks. Then, the most daring handcraft we made, was during our club camp, where we made infinity photo blocks. This was a rather complicated activity, but it sure looks good. During our club camp in May, we had to prepare our own food and we had lots of fun cooking our own “chicken potjie”.Then we learned some Land Service songs as well as the traditions. We had a squatter camp, sleeping in our school, some kids even heard a ghost or two during the night. We had an early morning with body beat and breakfast. Then we had some fun and games and cleaned up the school’s garden as part of our camp task. We worked up quite an appetite and enjoyed lovely hotdogs for lunch. The camp ended way too soon.Then we also did our share in living out our love for our neighbour. We visited the Old age home close to our school and enjoyed an afternoon of singing to the old folks. We were quite surprised to see that the “ooms & tannies” knew lots of our Land Service

songs and were singing along with us. This was a great way to spend an afternoon. We also supported CANSA. We held a cake sale and donated the money to CANSA, as their Relay for life unfortunately rained out this year. We also held a “cuppa for cansa” during one of our brakes and gave the proceeds to them. Then some of our boys had an interaction with the hockey boys and went to the SPCA to help with a clean-up project. We had to carry out all the furniture in one of their storerooms and then clean it and repack everything in a neat & orderly fashion. This was hard work but in true Land Service style, we still managed to have some fun. And then of course we have to invest in ourselves & the future of Land Service, and some members or our management attended the recent training for managements that was given by tannie Ada. We learned so much and came back inspired for the new year that lays ahead. Then of course we left the best for last. We had time to just have fun and to live out the unofficial 5th love of Land Service, namely, food. We had a cake decorating competition. We divided into groups and gave over to our creative sides. We decorated the cakes

and then tannie Ada surprised us with a visit. She selected the winners and we all enjoyed a piece of cake.

STAATS LANDSDIENS BESOEK DIE DBVOp Donderdag, 18 Julie 2019, het Staats Landsdiens die DBV besoek. Die Landsdieners het katkos ingesamel en saam gebring om aan die DBV te skenk vir die kathok wat ons klub borg.Die Landsdieners was in ekstase toe hulle hul moue kon oprol en ‘n bietjie hul werksvernuf kon wys deur elke liewe kat wat in die hokke tans is, te kon poeier en vryf.‘n Paar het met rooi oë huis toe gegaan (nie net omdat hul graag ‘n katjie wou aanneem nie, maar ook a.g.v. hul allergie vir katte, maar dit moes vir eers opsy geskuif word). Dit was ‘n ervaring wat die meeste van hulle sal onthou en sommiges het uit hul eie al terug gegaan en weer ‘n kat of twee gaan poeier.

VOLWASSE LEIERSBERAAD 2019

Die Hoofbestuur van Landsdiens SA het ‘n Leiersberaad in Augustus 2019 by Amanzi in die Vrystaat aangebied. Alle voorsitters van provinsies en klubleiers was uitgenooi.Met die opening van hierdie spoggeleentheid is die nasionale projekte van Landsdiens aan ons voorgehou.

Herwinning Inheems Water – bewaring en red ons riviere

Hierdie temas is deurgaans deurgetrek deur die beraad.Ons eerste liefde, liefde in die Skepper, is aangespreek deur Ds. Martin en Daniel de Kock.Die boodskap wat my verseker sal bybly is “vrees en angs steel jou doelgerightheid. Kweek ‘n gelukkige gemoed van binne af.” “Let go – Let God!” Ons was bevoorreg om Dave Pepler se wedervaringe eerstehands te kan beleef. Sy kennis strek wyer as ensiklopidieë!My vraag was: waar kry ‘n mens weer iemand met soveel kennis oor plante? Sy antwoord was eenvoudig: “Ek het dit met my studente gedeel”. Dit was vir my ‘n openbaring dat ons in Landsdiens ons Landsdieners moet toerus met kennis om die skepping vir ons nageslag te bewaar.Verder was ons aangenaam verras met Hanna, ‘n oud Landsdiener van formaat. Sy leef letterlik en figuurlik haar liefde vir die medemens ten volle uit in die werk wat sy daagliks doen – deur haar te ontferm oor arm en minder bevooregte mense in SA – Beslis ‘n navolgenswaardige voorbeeld vir ieder en elk. Ons streek kon ook ‘n stywer in die armbeurs gooi om die nood van hierdie mense te verlig – so het hoofbestuur ook ‘n donasie aan hierdie organisasie gemaak. “Dade nie woorde.”In die veldtog teen indringerplante, het ons na Naas Grove geluister. Dit is goed om op eie bodem te begin soos ons skoolgronde en ‘n kenner te kry om indringers te identifiseer. Hierdie organisasie stel inligting beskikbaar om inheemse bome te identifiseer. Plant eers inheemse plante aan en verwyder dan stelselmatig indringers! Naas Grové kan gekontak word by [email protected] Die herwinningspleidooi is reeds al lank in ons midde gelê. Vandaar ons veldtog teen veral plastiekprodukte. Met die insluiting van hierdie inligting direk van plasiek SA, hoef ek niks meer te sê!Dit was vir my en elke kursusganger ‘n voorreg om hierdie beraad te kon bywoon. Dankie aan ons Hemelse Vader en aan die dagbestuur van Landsdiens SA wat dit vir ons moontlik gemaak het.

KLUBBESTUURSOPLEIDINGNoord-Kaap Landsdiens het by Rooifontein klubbestuur opleiding gedoen.Al die klubbesture het opgedaag en ons het opnuut vir mekaar gevra: “Wat is ons doelwitte waarom ons Landsdiens doen?” Almal was dit eens dat ons die vier liefdes van Landsdiens opreg moet uitleef – dat die “ek” moet minder raak en dat die “ons” moet groter groei. Die feit dat ons ook Landsdiens in ons alledaagse lewe moet uitdra en uitleef –Dade en nie woorde nie !Na die middagete het ons gewerk aan die beplanning van die jaarprogram vir 2020.Elke klub het ‘n geheue-stokkie, ‘n verkorte samevatting van klubbestuurpligte en verantwoordelikhede, asook al die belangrike datums in Landsdiens ontvang.Ons het veral klem gelê op die groei en werwing van nuwe lede vir Landsdiens.

Elke klub gaan tydens boomplantweek die bewusmaking van die aanplant van inheemse bome nastreef.Belangrike aspekte rondom boomplantweek is dat daar ‘n definitiewe bewusmaking moet wees van die nut van bome.

Suurstof Habitat Voedsel

Skaduwee Boumateriaal en so kan ons

voortgaan.Wat belangrik is, is dat bome wat aangeplant word, versorg MOET word.Gate moet groot en diep genoeg gegrawe word – kompos en beenmeel is ‘n moet en gereelde water moet gegee word en later in “fatsoen” snoei en beheer. Die bome moet ook aard in die omgewing. In die Noord-Kaap is dit definitief karee- en olyfbome.

Gaan “GROOT” gaan “GROEN”!