20
ASWOENSDAG Lydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander. Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51 . Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5. AANKONDIGINGS: KLOK: Stilte en tyd vir nadenke ... Weidingslied : VONKK 5:1-2 Votum : Geagte gemeente / familie / vriende die Skrif leer: Dit gaan goed met die mens vir wie God uitkies en laat nader kom om in sy huis bymekaar te kom. Seën : Die genade sal by ons almal wees wat ons Here Jesus Christus met ‘n onverganklike liefde liefhet. 1 | ZUURFONTEIN – 10 Maart 2018 -Doopsondag Ds. Johannes G. Janse van Rensburg

nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

AANKONDIGINGS:

KLOK: Stilte en tyd vir nadenke ...

Weidingslied: VONKK 5:1-2

Votum:

Geagte gemeente / familie / vriende die Skrif leer: Dit gaan

goed met die mens vir wie God uitkies en laat nader kom om in

sy huis bymekaar te kom.

Seën:

Die genade sal by ons almal wees wat ons Here Jesus Christus

met ‘n onverganklike liefde liefhet.

Kom ons bly sit dan sing ons oor die teenwoordigheid van God.

Laat ons mooi luister wat ons sing, want ons is nou ook in die

teenwoordigheid van God. GES 159: 1-3 – God is hier

teenwoordig; laat ons biddend nader, hier waar ons voor hom

vergader.

1 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 2: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Voorlees: Elizabeth Janse van Rensburg

Dit is die eerste Lydensondag ~ op pad na Goeie Vrydag. Ons

lees uit die lydensgeskiedenis ,die Johannes Evangelie. Kom

lees saam met my uit Johannes 14: 1-14

1 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My.

2 In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so

was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek

gereed te maak nie. 3 En as Ek gegaan het en vir julle plek

gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem,

sodat julle ook kan wees waar Ek is.

4 En julle ken die weg na die plek waarheen Ek gaan.”

5 Tomas sê toe vir Hom: “Here, ons weet nie waarheen U gaan

nie; hoe kan ons dan die weg daarheen ken?” 6 Jesus het vir

hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.

Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie. 7 As julle

My ken, sal julle my Vader ook ken. En van nou af ken julle

Hom en sien julle Hom.”

8 Toe sê Filippus vir Hom: “Here, wys vir ons die Vader, en dit is

vir ons genoeg.” 9 En Jesus sê vir hom: “Ek is al so lank by julle,

2 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 3: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe

kan jy dan sê: ‘Wys vir ons die Vader’? 10 Glo jy nie dat Ek in

die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met

julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die

Vader wat in My bly en sy werke doen. 11 Glo in My omdat Ek in

die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van

die werke self. 12 “Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook

die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit

doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

13 Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader

deur die Seun verheerlik kan word. 14 As julle My iets in my

Naam vra, sal Ek dit doen.”

Preek:

Die doop is ‘n sakrament van God. ‘n Teken van God. ‘n

Simbool (lewende prentjies) wat ons daaraan herinner dat God

sy volgelinge van hulle sonde skoongewas het.

Soos wat elke mens gebore word en in die wêreld inkom, kleef

die erfsonde aan jou. Later soos wat jy groter word en jou eie

besluite kan neem is daar ook daadsonde. Elke baba word dus

3 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 4: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

in sonde ontvang en gebore & elke mens leef in die een of

ander sonde. Daar was nog geen mens (behalwe Jesus

Christus) wat geheel en al sonder sonde was of is nie. Paulus

het namens ons almal gesê; ek het nog gedink om goed te

doen, toe het ek alweer die kwaad gedoen.

Met hierdie besef kom die woorde van Johannes 3: 16 nou by

ons op:

16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste

Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore

sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

Die doop is teken hiervan – teken van God se liefde vir sondaar

mense. Sondaar mense wat Hy deur die kruis en opstanding

skoon gewas het. Daarom doop ons met water. Nog ‘n

simboliese handeling ~ soos wat water ons vuil hande

skoonwas het Jesus se bloed aan die kruis ons van ons sonde

skoon gewas. Ons wat reeds gedoop is dra hierdie teken van

verlossing in ons.

4 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 5: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Vanmore bedien ons die doop aan kindertjies, sodat hulle

ouers sal onthou om hulle in hierdie liefde en verlossing van

Christus groot te maak. Ons doop hier in die gemeente, sodat

almal weer die geleentheid kry om na te dink oor die teken van

verlossing (die doop) wat hulle in hulle dra en wat hulle kinders

en kleinkinders dra.

Ek wil hierdie gedeelte afsluit en sê dat ek glo die meeste

misverstande en dwaalleer wat daar oor die doop bestaan is

wanneer mense (i) die fokus op hulleself laat val ~ dit is ek wat

my lewe vir die Here moet gee anders kan ek nie gered wees

nie en (ii) wanneer mense die fokus van die doop op die manier

van doop laat val ~ jy is nie gered as jy nie op hierdie manier

deur soveel water gedoop is nie.

Die doop is God se sakrament (sigbare woordverkondiging) wat

ons wil vertel van God se liefde en verlossing vir sy kinders

(groot of klein / met baie water of min water / deur

besprinkeling, begieting of onderdompeling).

5 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 6: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Ek vra die doopouers om na vore te kom en hier in die

openbaar hulle doopgeloftes te maak. Ons almal sal getuies

wees van hierdie geloftes wat hulle aan God maak.

Geloftes:

(i) Ek en my vrou glo dat ons, ondanks hulle sonde, deur God

in genade aangeneem is.

(ii) Ons glo dat die evangelie alles bekendmaak wat nodig is

vir ons verlossing, soos belig in ons belydenisskrifte.

(iii) Ons belowe dat ons ons kinders sal leer wat die Doop

beteken en dat ons haar sal laat grootword in die

gemeenskap van Christus.

Die gemeente sing uit Gesang 525: 1 terwyl die kinders

ingebring word.

Die doop word bedien ...

Nadat die doop bedien is, sing die gemeente (terwyl die ouers

na hulle kyk) uit Gesang 525: 3.

6 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 7: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Preek:

Verlede Woensdag, 6 Maart, was Aswoensdag. Dit was ook

Bybelstudie dag en ons het oor die inhoud en betekenis van

Aswoensdag gepraat. Ons was maar net ‘n klein groepie,

daarom het ek het besluit om vandag ook oor Aswoensdag te

praat.

Aswoensdag het sy ontstaan in die vroeë kerk, maar dit is nie

een van die mees gevierde dae in die Christelike kerk nie.

Aswoensdag, as deel van die liturgiese kalender, kom eintlik

net onder Westerse Christene voor – dit is veral katolieke,

Anglikane, Lutherane en Metodiste wat baie maak van hierdie

dag.

Tog oordeel ek dat hierdie dag deel kan (en moet) word van

ons gemeentes se liturgiese kalender. Selfs deel word van ons

persoonlike geestelike dissipline. Dit is verblydend dat meer en

meer Hervormde Gemeentes hierdie dag ‘n plek gee. Dit is wat

ek vandag gaan poog om te doen.

7 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 8: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Die waarde van hierdie dag kan eers bepaal word as ons besef

waaroor hierdie dag gaan. Eers as jy weet waaroor

Aswoensdag gaan, kan jy daaroor ‘n besluit neem. Kom ons

gaan kyk ‘n bietjie hierna ...

Alhoewel dit soms so lyk, is die hoogtepunt van die kerklike jaar

nie Kersfees nie. Die hoogtepunt van die kerklike jaar is

Paasnaweek- met Goeie Vrydag die dag wat ons Jesus se

kruisiging vier en Paassondag- die dag wat ons Jesus se

opstanding vier. Met die kruisiging en opstanding van Jesus

Christus

Aswoensdag is 40 dae voor Goeie Vrydag. Veertig dae van

gefokusde aandag op die betekenis van Jesus Christus se

lyding: Hoe het Jesus gely? Hoekom het Jesus gely? Wat is die

betekenis van Jesus se lyding vir my? Ek dink in ons gejaagde

lewe kan ons geloofslewe baat vind by ‘n gefokusde tyd saam

met Jesus Christus en die betekenis van Sy lyding vir ons. Hoe

dink u?

8 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 9: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Wat het mense oor die jare in hierdie periode van veertig dae

gedoen? Lydenstyd is ‘n tyd van selfondersoek, skuldbelydenis,

vas, gebed en diens aan ander. Hierin lê vir my baie waarde en

betekenis: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed en diens

aan ander.

Ons lewe jaag so baie dat ons eenvoudig nie meer stilstaan en

selfondersoek doen nie. Amper soos ons motor wat ons ry en

ry en ry, want daar is nie tyd vir ‘n diens nie- en dan eendag is

genoeg - genoeg, dan gaan staan die motor. Dan brand ek vas

in my geloofslewe. Dan begin ek twyfel in God en God se

bestaan? Dan wonder ek en ek wonder oor al die verkeerde

dinge.

Selfondersoek is om in die spieël te kyk en dinge raak te sien

wat nie reg is nie. In die selfondersoek besef ek skielik weer en

spandeer te min tyd aan God en God se saak. In die

selfondersoek besef ek dat ek eintlik baie min tyd spandeer om

God se Woord die Bybel oop te maak en te lees. Ek besef dalk

my waarde en norme is nie meer wat dit moet wees nie.

Wanneer laas het jy deeglik selfondersoek gedoen? Dit is nou

die tyd om daaraan aandag te gee.

9 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 10: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Skuldbelydenis: te erken ek was verkeerd. God wil ons

vergewe, maar Hy wag nog op ons skuldbelydenis.

Skuldbelydenis maak my ook vry om voluit vir God te lewe.

Sonder skuldbelydenis dra ek die swaar las van my sonde oral

en in elke verhouding met my saam. Om vanaand in my gebed,

uit gewoonte, te sê: vergewe my my sonde help nie baie nie.

Watter sonde? Skuldbelydenis is om my sonde by die naam

eerlik voor God te erken en vergifnis daarvoor te smeek.

Wanneer laas het jy eerlike en in jou binnekamer teenoor God

jou ware skuld erken en bely?

Vas: Vas red jou nie! Ons kerklike tradisie maak ook heeltemal

te min van vas. Die doel van vas is om jou te weerhou van iets

wat jou energie, aandag, geld en tyd steel – tot so ‘n mate dat

dit belangriker as God geraak het. Die mees algemene vorm

van vas is om jou van kos en ander drinkgoed te weerhou –

hierdie reiniging van die liggaam en die opoffering wat daarmee

gepaard gaan moet jou weer op God laat fokus. Hierdie 40 dae

van lydenstyd is ‘n tyd om te vas van enige iets wat jou energie,

aandag, geld en tyd steel – jy kan vas deur te besluit om vir die

volgende veertig dae nie TV te kyk nie, dalk op te hou rook,

10 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 11: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

dalk die tv speletjies, dalk vriende - iets wat jou energie,

aandag, geld en tyd steel – tot so ‘n mate dat dit belangriker as

God geraak het.

Gebed: Wanneer laas het ek en jy werklik eerlik en opreg met

God gepraat- gebid? Ek praat nie van skietgebedjies en so aan

nie. Ek praat van alleen tyd saam met God, ‘n stoei met God, ‘n

eerlike gesprek oor alles in jou lewe. Gebed is kommunikasie,

alleen stil tyd van gebed is kwaliteit kommunikasie. Onthou

geen verhouding kan staan bly sonder kwaliteit kommunikasie

nie.

Laastens diens aan ander: Ons lewe ongelukkig in ‘n tyd waar

dit gaan oor menseregte / my-regte. Wat kan ander vir my

doen? Wat moes ander vir my gedoen het. Hierdie 40 dae van

lyding is vir ons ‘n tyd om te dink oor wat ek vir ander kan doen,

hoe kan ek diensbaar vir ander mense wees. Bietjie meer hoe

kan ek diensbaar vir my kerk / gemeente wees en nie kan julle

glo my gemeente het nie dit en dat vir my gedoen nie.

11 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 12: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Geliefdes, nou wil ek vir ons Psalm 51 lees. Die Psalm wat so

baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede

is- Psalm 51 vertel vir ons mooi van die selfondersoek,

skuldbelydenis, vas, gebed en diens aan ander. Luister

aandagtig en kyk of jy dit kan herken.

Lees saam met my Psalm 51:

Vir die koorleier. 'n Psalm van Dawid, na aanleiding daarvan

dat die profeet Natan na hom toe gekom het oor sy owerspel

met Batseba.

Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings

uit in u groot barmhartigheid!

Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!

Ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus.

Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is

in u oë. U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig.

Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my

moeder swanger geword het.

12 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 13: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Maar U verwag opregtheid diep in 'n mens se hart: laat ek dan

diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.

Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek

witter as sneeu kan wees.

Laat my weer blydskap en vreugde belewe. U het my verbrysel;

laat my weer jubel.

Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit!

Skep vir my 'n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my

standvastig.

Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af

wegneem nie!

Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U

verlos is, laat my U weer met toewyding dien.

Dan sal ek oortreders leer wat U van 'n mens verwag; dat die

sondaars hulle tot U sal bekeer.

Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel

oor u verlossingsdaad.

Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.

'n Offer vra U nie, anders sou ek dit bring; 'n brandoffer wil U

nie hê nie.

13 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg

Page 14: nhzuurfontein.orgnhzuurfontein.org/.../uploads/2019/03/Aswoensdag-2019.docx · Web viewDie Psalm wat so baie kere met Aswoensdag samekomste gelees word. Die rede is- Psalm 51 vertel

ASWOENSDAGLydenstyd: selfondersoek, skuldbelydenis, vas, gebed, diens aan ander.

Tekste: Johannes 14:1-14 / Psalm 51.Liedere: V5:1-2 / G159:1-3 / G525:1&3 / G475:1-2 / G308:1-5.

Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal 'n hart

vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.

Laat Sion u liefde en u goedheid ondervind: herbou tog die

mure van Jerusalem.

Dan sal die offers wat voorgeskryf is, weer vir U aanneemlik

wees: offerdiere wat heeltemal verbrand word. Dan sal hulle

weer bulle op u altare offer.

Amen.

Gebed:

Slotsang: GES 475: 1 & 2

Seëngroet:

Gesang 308: 1-5

14 | Z U U R F O N T E I N – 1 0 M a a r t 2 0 1 8 - D o o p s o n d a gDs. Johannes G. Janse van Rensburg