14
METRO OOS ONDERWYSDISTRIK GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL GESKIEDENIS VRAESTEL 2 GRAAD 12 JUNIE 2016 ADDENDUM

Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

Embed Size (px)

Citation preview

Page 2: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA, 1970s TOT DIE 1980s

WAT WAS DIE AARD EN OOGMERKE VAN DIE SWARTBEWUSSYNBEWEGING IN SUID-AFRIKA GEDURENDE DIE 1970s?

BRON 1A‘n Uittreksel: SASO en Biko verduidelik die aard van Swartbewussyn.

Bladsy 2 van 12

SASO beskou homself as ‘n swart organisasie wat werk vir die bevryding van swartes in Suid-Afrika op twee vlakke – naamlik van sielkundige onderdrukking, sowel as politieke onderdrukking en uitbuiting.

Swartbewussyn is ‘n houding of ingesteldheid, ‘n houding van hoe ons dink, van die denke of gedagtes, ‘n lewenswyse ….

Die swartman moet sy eie waardestelsels opbou, hy moet homself sien as iemand wat homself moet definieer en nie moet toelaat dat andere hom moet kategoriseer nie.

Swartbewussyn beteken ‘n bewustheid by swartmense oor watter mag hulle as ‘n groep het … en daarom is groep samewerking en solidariteit belangrik. Ons moet saam staan....

Biko skryf in dieselfde brief: “Ons swartes“, en noem:

“In die algemeen het die swartman ‘n leë dop geword, ‘n skadu van ‘n man, totaal verslaan … ‘n slaaf, ‘n os wat die juk van verdrukking dra soos ‘n getroue skaap ...

Daarom moet die swartman eers selfondersoek doen, om lewe in die leë dop te blaas; om gevul te wees met trots en waardigheid … Dit is wat ons bedoel met ‘n proses van selfondersoek.

SASO Nuusbrief, September 1970.

Page 3: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 1B Die onderstaande bron toon aan watter invloed Swartbewussyn op die Soweto-opstande gehad het.

BRON 1C

Hierdie is ‘n uittreksel uit ‘n toespraak deur Suid-Afrika se vorige president, Nelson Mandela, wat gelewer is tydens die Steve Biko Gedenklesing in 2004 by die Universiteit van Kaapstad..

Bladsy 3 van 12

Steve Biko se reaksie op ‘n verslag oor bewyse van ondersteuning vir Swartbewussyn.

Die optrede van die jeug tydens die Soweto–opstande in 1976 was vir Biko bemoedigend. Hy het gesien dat swartes ferm, trots en vol selfvertroue kan wees en hoe hierdie aspekte wakker word in die jeug.

“In een woord – Soweto. Die fermheid, toewyding, doelgerigtheid en ‘n duidelike ontleding van die toestande – dit alles was ‘n direkte uitvloeisel van die Swartbewussyn- idees onder die jeug….Die mag en invloed van die beweging het inderdaad die gewoontes van mense verander. Die verandering is nie as gevolg van geweld nie, maar van ‘n toegewydheid aan hulle morele oortuiging.

Uit A Marx. (1992) Lessons of Struggle: South African Internal Opposition, 1960-1990.

Daardie ingryping het gekom in ‘n tydperk toe die politieke pols van ons mense lam gelaat was deur verbannings, gevangenisskap, ballingskap, moord en verdrukking. Onderdrukking het die land van alle sigbare organisasies gestroop wat vir die mense geveg het.

Maar dit was ook ‘n tydperk toe die gety van Afrika se brawade en bevryding wat ons ook hier aangemoedig het, swart trots wêreldwyd gekonsolideer het; ons - die onderdruktes - was vasberade en aangevuur om ons toekoms in ons eie hande te neem.

[Uit: httpiwww.anc.org.za/shw.php?id=2875. Toegang verkry op 28 Maart 2014]

Page 4: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 1D

Die spotprent van Zapiro hieronder bring hulde aan Steve Biko, 1977.

Steve Biko – 25 jaar later – Apartheid het hom doodgemaak, maar hulle kon nie sy idees doodmaak nie. Gepubliseer in Sowetan op 12 September 2002.

Bladsy 4 van 12

EK SKRYF WAT EK WIL, deur Steve Biko

SWARTEN

TROTS !

APARTHEID HET HOM DOOD GEMAAK, MAAR HULLE KON NIE SY IDEES DOODMAAK NIE

Page 5: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN OM TOT ‘N VERGELYK TE KOM MET DIE VERLEDE: DIE WVK

HOE HET DIE WVK BYGEDRA TOT NASIEBOU IN SUID-AFRIKA?

BRON 2A

Die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening van 1995.  

Bladsy 5 van 12

Aanhef tot die Wet

NO. 34 VAN 1995: WET OP DIE BEVORDERING VAN NASIONALE EENHEID EN VERSOENING, 1995. Om voorsiening te maak vir die ondersoek en daarstelling van ‘n verslag met volle insig rakende die aard, oorsake en mate van growwe menseregteskendings wat gepleeg was in die tydperk vanaf 1 Maart 1960 tot die afsny-datum wat in die Grondwet bepaal word; dit sluit in gebeure binne S.A en buite die Republiek;

Hierdie gebeure spruit uit die konflik van die verlede, en die wet wil vasstel wat met die slagoffers van sulke menserregteskendings gebeur het;

Dit gaan ook oor die toestaan van amnestie aan mense wat ‘n volledige verklaring doen oor die feite wat verband hou met sodanige politieke motief wat plaasgevind het in daardie tydperk; om aan diegene wat aan die ontvangkant van daardie geweld was ‘n kans te gee om daaroor te praat;

om maatreëls daar te stel vir die beskikbaarstelling van vergoeding, asook die rehabilitasie en herstel van menslike en burgerlike trots van diegene wat aan die ontvangkant was van menseregteskendings ……..

Geneem uit www.justice.gov.za/legislation/ acts / 1995 -034.pdf , Augustus 2015

Page 6: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 2B‘n Verklaring van President Nelson Mandela by die ontvangs van die eerste vyf volumes van die Verslag van die Waarheids- en Versoeningskommissie op 29 Oktober 1998.

Bladsy 6 van 12

“… en aan ons geslag om kennis te neem dat wanneer ons finaal gaan rus, ons kinders verseker sal wees met die wete dat drie eenvoudige woorde ons moet aanspoor: Nooit weer nie!

Vandag ontvang ons ‘n verslag waarvan die samestelling daarvan, deel is van die proses wat ons gebring het tot waar ons vandag is.

Dit verteenwoordig die harde werk om vrede en versoening te bevorder. Dit verteenwoordig die soeke na die waarheid wat ons toe kan laat om te bou of te vernietig.

Die verslag wat ons vandag ontvang – iets wat volledig voltooi sal word wanneer die amnestieproses afgehandel is – kan nie anders nie as om die einde van een seisoen en die begin van ‘n ander een aan te toon nie.

En soos ons hierdie stadium van die WVK proses waarneem, moet ons hulde bring aan die 20 000 manne en vroue wat die pyn en verlies wat hulle gely het met ons kon deel; die honderde wat dit gewaag het om te vertel van die gruweldade wat hul gepleeg het om sodoende te help om klarigheid te kry; inderdaad die miljoene Suid-Afrikaners wat dit moontlik gemaak het dat ons ‘n Suid-Afrikaanse nasie kon word.

(Uit die webtuiste, Toesprake van Nelson Mandela, www.nelsonmandela.gov.za.)

Page 7: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 2C‘n Spotprent van Zapiro wat verwys na die daarstelling van die Waarheidskommissie

in 1995.

Dullah Omar en die spookhuis, gepubliseer in die “Sowetan” van 23 Mei 1995

Bladsy 7 van 12

SA seVERLEDE

WAARHEIDSKOMMISSIE

AS ONS NIE UITVIND WAT DAAR BINNE IS NIE, SAL DIT ONS VIR EWIG TEISTER

Page 8: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 2D

‘n Verslag van SAUK-nuus oor die dood van Dirk Coetzee, die apartheidsmoordenaar, wat verantwoordelik was vir talle moorde. Die datum van die verslag is 8 Maart 2013.

Bladsy 8 van 12

Gegriefde naasbestaandes van apartheidslagoffers wat deur apartheids-moordenaar, Dirk Coetzee, vermoor was en wie laasnag oorlede is, hou vol dat die Waarheids- en Versoeningskommissie nooit aan hom amnestie moes toegestaan het nie. 

Coetzee was die bevelvoerder van die Vlakplaas-basis in die 1980s waar die moorde op anti-apartheid aktiviste beplan en uitgevoer was. Coetzee het gesterf as gevolg van nierversaking. 

Charity Kondile, die ma van ‘n kind wat sy nie kon begrawe nie, sê haar hoop om die waarheid uit te vind oor haar seun, Sizwe, se dood was deur die WVK in die wiele gery. 

‘n Gevreesde moordbende – bestaande uit onder andere Eugene de Kock en Joe Mamasela – het Sizwe en ‘n hele aantal anti-apartheid aktiviste vermoor. Coetzee se erkenning daarvan het daartoe gelei dat die WVK in 1997 amnestie aan hom toegestaan het. Tog het hy nooit die plek waar hulle Kondile se liggaam begrawe het, bekend gemaak nie. 

Kondile se familie is oortuig daarvan dat Coetzee belangrike geheime saam met hom graf toe geneem het.

Die verteenwoordiger van die Kondile familie, Vusi Pikoli sê, "Ek kan nie verstaan waarom die WVK amnestie aan hom verleen het nie, aangesien hy nie gesê het waar Sizwe vermoor was nie, alhoewel een van die vereistes was dat daar ‘n volledige openbaarmaking gedoen moes word. Sizwe se familie moet nou met die verlies saamleef. Hy (Coetzee) is dood sonder om alles bekend te maak."

(Uit: SABC News, SABC.CO.ZA)

Page 9: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

VRAAG 3: GLOBALISERING: ‘N NUWE WêRELDORDE

OP WATTER WYSE WIL DIE BRICS LANDE ‘N BYDRAE LEWER TOT DIE EKONOMIEë VAN OPKOMENDE LANDE?

BRON 3A

Die Suid-Afrikaanse se Regering se standpunt rakende BRICS (Brasilië, Rusland, Indië, China, Suid-Afrika)

NB: BBP: Totale getal goedere en dienste gelewer in ‘n land binne een kalenderjaar

Bladsy 9 van 12

Suid-Afrika het die Vyfde BRICS-beraad vanaf 26 tot 27 Maart 2013 by die Durbanse Internasionale Konvensiesentrum aangebied. Daarmee is die eerste siklus van BRICS-berade afgesluit. Suid-Afrika het vir die eerste keer deelgeneem tydens die derde BRICS-leiersberaad wat van 14 tot 15 April 2011 in Beijing, China, gehou was.

Die veranderende globale omgewing het ‘n groter politieke en ekonomiese rol vir BRICS-lande, asook ander opkomende lande, geskep. Daar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto Binnelandse Produk (BBP) sal bydra. BRICS is ‘n sterk groep van opkomende ekonomieë wat ‘n gesamentlike BBP van R18 triljoen teen einde van Desember 2010 gelewer het. Volgens die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se syfers van 2010, sal BRICS ‘n bydrae van 61% van die globale groei binne die volgende drie jaar lewer.

Suid-Afrika en ander BRICS ledestate sal voortgaan om saam te werk met internasionale organisasies en formasies soos die VN, die Groep van 20 (G20) en die IBSA (Indië, Brasilië en Suid-Afrika) Gespreksforum. Suid-Afrika het nog altyd Beweging van Onverbonde lande en die Groep van 77 as belangrik beskou vir skakeling, veral binne die raamwerk van die VN.

Suid-Afrika kan voordeel trek uit konkrete projekte van BRICS op gebiede soos landbou, wetenskap, statistiek, ontwikkeling, finansiële instellings, veiligheid en sekuriteit. Ministers van Landbou van die BRICS-lande het besluit om saam te werk op die gebiede van landbou, tegnologie, ontwikkeling en ruilhandel. Suid-Afrika bly toegewyd aan die bevordering van die Afrika-agenda en sal sy lidmaatskap van BRICS gebruik om strategiese samewerking tussen opkomende markgerigte ekonomieë van die Suide te bevorder.

Geneem uit die amptelike webtuiste van die S.A Regering, Augustus 2015

http://www.gov.za/about-government/brics-brazil-russia-india-china-south-africa

Page 10: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 3B

Waarom is Suid-Afrika by BRICS ingeskakel?

Bladsy 10 van 12

Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika het onlangs die vyfde jaarlikse vergadering afgesluit van lande wat gesamentlik as BRICs bekend staan. Of sal dit die BRICS wees? Die onsekerheid het ontstaan toe Suid-Afrika by die groep aangesluit het. BRICS verteenwoordig die wêreld se opkomende markte en tree op as ‘n teenpool of alternatief vir die G8 en G20-lande wat deur die wêreld se rykste ekonomieë oorheers word.

Die BRIC-lande was die stigterslede waarvan die afkorting, BRIC, deur Jim O’Neil in 2001 ontwerp was. Mnr O’Neill se standpunt was dat ‘n groot gedeelte van die wêreld se ekonomiese groei eendag van lande soos Brasilië, Rusland, Indië en China sal kom. Daar was hewige debat hieroor en of hierdie groepering sin kon maak: op daardie stadium was Brasilië se ekonomiese groei baie stadig en die land wou by daardie groepering ingesluit word; verder skyn dit of Rusland nie verdien het om ingesluit te word nie. China, aan die ander kant, het weer ‘n groter ekonomiese groeikoers gehad as die ander lande.

Daar was slegs een probleem met die BRICs: geen Afrikaland was daarby ingesluit nie. Dit was ‘n bietjie van ‘n verleentheid. Deur Afrika te ignoreer het gesuggereer dat die kontinent ekonomies irrelevant was en net goed genoeg was om grondstowwe aan die ander lande te voorsien. Dit het ook twyfel geskep oor die groep se voorneme dat hy ‘n spreekbuis sou wees vir die ontwikkelende wêreld.

En so het die klub van BRICs in 2010 BRICS geword.

Tenspyte daarvan gaan die BRICS-lande as ‘n eenheid – Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika – asook talle ander ontwikkelende markte gebuk onder swak groei in 2015.

So het China se aandelebeurs skerp gedaal, en daar is kommer oor dié land se stadige ekonomiese groei. Brasilië en Rusland beleef alreeds ‘n afwaartse kurwe en Suid-Afrika se ekonomie het met 1.3% in die laaste kwartaal gekrimp.

http://www.economist.com/blogs/economist-explains/2013/03/economist-explains-why-south-africa-brics,

http://www.marketpulse.com/20150901/indias-growth-stalls-as-rest-of-brics-suffer-weak-growth/

Augustus 2015

Page 11: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 3C

STATISTIEK 1

BRICS SE STATUS AS OPKOMENDE EKONOMIEë

https://www.bankersadda.com/all-you-need-to-know-about-brics-bank.html, Augustus 2015

STATISTIEK 2

Die grafiek toon aan die Gini Koeffisient van die BRICS-lande (die Gini koeffisient meet die gaping tussen ryk en arm/inkomste ongelykheid. Hoe groter die waarde van die Gini Koeffisient hoe groter is die gaping tussen arm en ryk.

Tabel 1: Inkomste ongelykheidsranglys (Gini koeffisient) van die BRICS-lande

BRICS-land Gini indeks Globale indeks Verslagjaar

Suid-Afrika 0.63 4 2009

Brazilië 0.55 13 2009

China 0.43 54 2005

Rusland 0.40 68 2009

Indië 0.30 116 2005

Bron: Index Mundi, April 2014 (saamgestel uit data van Wêreldbank)

Die inligting in die table is afgelaai van die internet op 18 Augustus 2015

http://www.hsrc.ac.za/uploads/pageContent/5386/Income%20Equality%201.jpg

Bladsy 11 van 12

42%Van wêreld-bevolking is woonagtig in BRICS-lande

17%BRICS se aan-deel in totale wêreldhandel

11%BRICS se aan-deel in globale

kapitale belegging

20%BRICS se aan-

deel in die wêreld BBP

Page 12: Web viewDaar word verwag dat die BRICS-lande teen 2020 ongeveer tot die helfte van die wêreld se Bruto

BRON 3D

KV Kamath, die bank se president:

Die Nuwe Ontwikkelingsbank BRICS (NDB BRICS), BRICS-bank 'ontwikkelende

lande staan hulle plek vol'.

Bladsy 12 van 12

Kamath het die verskille in benadering wat daar tussen die NDB en bestaande multi-laterale uitleenbanke soos die Wêreldbank en die Asiatiese Ontwikkelingsbank sterk beklemtoon.

Dit dui daarop dat NDB wys dat “ontwikkelende lande hulle plek kan volstaan” wat daarop dui dat daar ‘n verandering in die gedagtegang is; die NDB sal die “leners se behoeftes verstaan en met hulle dialoog voer”, in teenstelling met wat bestaande instellings doen. Die NDB kyk breër na dinge. Daar is nie mededinging nie. Daar is samewerking.”

“Derdens beoog ons om dinge teen ‘n vinniger pas te doen. Vir ‘n verskeidenheid redes kan bestaande ontwikkelingsbanke dit nie doen nie. Hulle neem tot twee en ‘n half jaar voordat geld aan lande geleen word. Ons mik vir ‘n ses maande skedule,” het Kamath gesê.

“Die Nuwe Ontwikkelingsbank BRICS (NDB BRICS) is ‘n alternatief vir die bestaande VSA-gedomineerde Wêreldbank en Internasionale Monetêrefonds. Die bank is opgestel om groter finansiële en ontwikkelingsamewerking tussen die vyf ontwikkelende markte te bevorder.

Gesamentlik het die oorspronklike vier BRIC-lande teen 2014 sowat 3 biljoen inwoners of 41.4% van die wêreld se bevolking gehad, wat meer as ‘n kwart van die grondoppervlak oor drie kontinente beslaan en verantwoordelik is vir meer as 25% van die wêreld se BBP. Die hoofkwartier sal in Shanghai, China, gesetel wees. Anders as die Wêreldbank waar stemkrag bepaal word deur die hoeveelheid kapitaal wat bygedra word, sal elke deelnemende land by die Nuwe Ontwikkelingsbank een stem het en geen land sal vetoregte hê nie.

http://ndbbrics.org/

http://www.hindustantimes.com/business-news/brics-bank-is-coming-of-age-of-developing-countries-kv-kamath/article1-1386147.aspx, Augustus 2015