4
Kampusnuus - 5 Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas- sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie breër. Dié vriendelike man is pas deur die universiteit gehelp om ’n gehoorapparaat te bekom. Andrew werk die afgelope 26 jaar by farmakologie en is onder andere verantwoordelik vir bodewerk. Hy vertel hy is al sedert sy kinderdae gehoorge- stremd en mense moet soos hy dit self stel “’n bietjie harder” met hom praat. Hoewel ál sy probleme volgens Peet du Toit, senior mensehulpbronbeampte: arbeidsverhoudinge, werknemerwelstand en oplei- ding, nie met die gehoorapparaat opgelos kan word nie, is dit nou onder beheer. Hulle het die nodige mediese toetse op Andrew gedoen en bevind dat hy met ’n gehoorapparaat gehelp sal kan word. “Dit verbeter die gehalte van sy werk- en huislewe,” sê Du Toit. Die besluit om hom te help is ’n uitvloeisel van ’n oudit wat die PUK ’n paar jaar gelede, na aanleiding van die instelling van die Wet op Gelyke Indiensne- ming gedoen het. Aan die hand van ’n definisie vir gestremdheid kon werknemers van die PUK hulself openlik of konfidensieel as beduidend gestremd klassifiseer. Du Toit sê dinge verander vinnig en mense het intussen deur ongelukke en siekte gestremd geraak terwyl ander weer meer bewus en ingelig oor die saak geraak het. ’n Beperkte fonds is beskikbaar om mense met gestremdhede te kan help en diegene met bewese gestremdhede en verdienstelike aansoeke sal vir hulp oorweeg word. Du Toit sê die fonds verleen finansiële bystand, maar mense sal nie in alle gevalle die volle bedrag ontvang nie. Die werknemer se eie bydrae, die mediese fonds of die aard, omvang en intensiteit van die gestremdheid speel ook ’n rol – veral wanneer dit hul vermoë om hul werk produktief te kan doen beduidend strem. Volgens Du Toit is die strewe om so konsekwent moontlik, na gelang van die behoefte en soort gestremdheid, hulp te verleen. Iemand met Andr Andr Andr Andr Andrew v w v w v w v w verw erw erw erw erwag ’n lied in die oor g ’n lied in die oor g ’n lied in die oor g ’n lied in die oor g ’n lied in die oor ’n disleksieprobleem sal byvoorbeeld nie dieselfde finansiële bystand ontvang as iemand wat gehoorge- stremd is nie. Nie alle bystand is finansieel van aard nie. Andrew se gehoorgestremdheid het hom egter nie gekeer om ’n vol lewe te hê en om sy werk goed te doen nie. “Ek werk lekker op die PUK.” Hy glimlag van oor tot oor as hy vertel van sy werk in die proef- diersentrum en sy werk as posbode wat hom reg oor die kampus laat beweeg. Die apparaat sal nie net sy werk makliker maak nie, maar sal hy ook die voëls kan hoor as hy oor die kampus stap... Mense met gestremdhede kan mnr. Peet du Toit by x2694 of [email protected] vir meer inligting en advies skakel. Personeelsake Teistering is ’n vorm van onbillike diskriminasie Seksuele teistering is een van dié vorme van teistering. Dit is gedrag, optrede of kommentaar van ’n seksuele aard wat ’n negatiewe uitwerking op die ontvanger daarvan het. Dit sluit ook sinspeling, onvanpaste gebare, betasting sonder toestemming en verkragting in. Dit kan ’n enkele optrede of herhaalde optredes wees. Viktimisasie vind plaas waar ’n werknemer geviktimiseer of geïntimideer word wanneer hy/sy nie instem tot die seksuele toenadering nie of waar gepoog word om ’n persoon af te kraak of te verneder. Binne die konteks van viktimisasie hoef ’n seksuele aantrekkingskrag glad nie te bestaan nie en hoef dit ook nie (slegs) aan ’n persoon van die teenoorgestelde geslag gerig te gewees het nie. Seksuele aandag word teistering wanneer: (i) dit volgehou word – hoewel ’n enkele voorval van teistering ook as seksuele teistering beskou kan word; en/of (ii) die slagoffer dit duidelik gemaak het dat die gedrag onaanvaarbaar is of waar dit onaanvaar- baar geword het; en/of (iii) die beweerde oortreder moes geweet het dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou word. Quid pro quo (’n “in ruil vir”/”iets vir iets”) teistering vind plaas waar iemand soos die eienaar, werkgewer, toesighouer, bestuurslid of ’n medewerknemer, die slagoffer se werks- omstandighede beïnvloed of probeer beïnvloed (byvoorbeeld met bevordering, opleiding, dissipline, ontslag, salarisverhoging of ander byvoordele) om die persoon te dwing of te probeer dwing om die klag van seksuele teistering te laat vaar. Spesifieke optrede of dreigemente kan gemaak word in weerwraak vir die weiering om aan die seksuele versoek te voldoen. Werknemers wat aan dié teistering blootgestel word is gewoonlik ondergeskiktes van die beweerde oortreder wat moet “met die groot moontlikheid van die benadeling van ’n loopbaan” saamleef. Seksuele bevoordeling (as deel van quid pro quo teistering) vind plaas waar ’n senior persoon in die werkplek slegs die persone wat aan sy of haar seksuele toenaderings voldoen, beloon. Hoewel diegene wat nie vir seksuele gunste genader word nie, nie geteister word nie, word daar ook teen hulle gediskrimineer omdat ’n werknemer wat beskikbaar is vir seksuele gunste slegs beloon word vir geen ander rede as juis hulle seksuele “beskikbaarheid” nie. Selfs die werknemer wat wedersydse seksuele gedrag goedkeur is ’n onwetende slagoffer omdat hy/sy ’n slagoffer van voortdurende inwilliging is. Hier is Peet du Toit, Andrew Tlhaole en prof. Madoda Zibi, direkteur:diversiteit, gelykheid en menseregte. KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM 5

Andrew verwag ’n lied in die oor€¦ · Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie ... klasse aangebied. Dit het ook gepaard

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Andrew verwag ’n lied in die oor€¦ · Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie ... klasse aangebied. Dit het ook gepaard

Kampusnuus - 5

Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-

sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie

breër.

Dié vriendelike man is pas deur die universiteit

gehelp om ’n gehoorapparaat te bekom. Andrew

werk die afgelope 26 jaar by farmakologie en is onder

andere verantwoordelik vir bodewerk.

Hy vertel hy is al sedert sy kinderdae gehoorge-

stremd en mense moet soos hy dit self stel “’n bietjie

harder” met hom praat. Hoewel ál sy probleme

volgens Peet du Toit, senior mensehulpbronbeampte:

arbeidsverhoudinge, werknemerwelstand en oplei-

ding, nie met die gehoorapparaat opgelos kan word

nie, is dit nou onder beheer.

Hulle het die nodige mediese toetse op Andrew

gedoen en bevind dat hy met ’n gehoorapparaat

gehelp sal kan word. “Dit verbeter die gehalte van

sy werk- en huislewe,” sê Du Toit.

Die besluit om hom te help is ’n uitvloeisel van ’n

oudit wat die PUK ’n paar jaar gelede, na aanleiding

van die instelling van die Wet op Gelyke Indiensne-

ming gedoen het. Aan die hand van ’n definisie vir

gestremdheid kon werknemers van die PUK hulself

openlik of konfidensieel as beduidend gestremd

klassifiseer.

Du Toit sê dinge verander vinnig en mense het

intussen deur ongelukke en siekte gestremd geraak

terwyl ander weer meer bewus en ingelig oor die

saak geraak het.

’n Beperkte fonds is beskikbaar om mense met

gestremdhede te kan help en diegene met bewese

gestremdhede en verdienstelike aansoeke sal vir hulp

oorweeg word. Du Toit sê die fonds verleen finansiële

bystand, maar mense sal nie in alle gevalle die volle

bedrag ontvang nie. Die werknemer se eie bydrae,

die mediese fonds of die aard, omvang en intensiteit

van die gestremdheid speel ook ’n rol – veral wanneer

dit hul vermoë om hul werk produktief te kan doen

beduidend strem. Volgens Du Toit is die strewe om

so konsekwent moontlik, na gelang van die behoefte

en soort gestremdheid, hulp te verleen. Iemand met

AndrAndrAndrAndrAndreeeeew vw vw vw vw verwerwerwerwerwaaaaag ’n lied in die oorg ’n lied in die oorg ’n lied in die oorg ’n lied in die oorg ’n lied in die oor’n disleksieprobleem sal byvoorbeeld nie dieselfde

finansiële bystand ontvang as iemand wat gehoorge-

stremd is nie. Nie alle bystand is finansieel van aard

nie.

Andrew se gehoorgestremdheid het hom egter nie

gekeer om ’n vol lewe te hê en om sy werk goed te

doen nie. “Ek werk lekker op die PUK.” Hy glimlag

van oor tot oor as hy vertel van sy werk in die proef-

diersentrum en sy werk as posbode wat hom reg oor

die kampus laat beweeg. Die apparaat sal nie net sy

werk makliker maak nie, maar sal hy ook die voëls

kan hoor as hy oor die kampus stap...

Mense met gestremdhede kan mnr. Peet du Toit

by x2694 of [email protected] vir meer inligting en

advies skakel.

PersoneelsakeTeistering is ’n vorm van onbillike diskriminasie

Seksuele teistering is een van dié vorme van

teistering. Dit is gedrag, optrede of kommentaar

van ’n seksuele aard wat ’n negatiewe uitwerking

op die ontvanger daarvan het. Dit sluit ook

sinspeling, onvanpaste gebare, betasting sonder

toestemming en verkragting in. Dit kan ’n enkele

optrede of herhaalde optredes wees.

Viktimisasie vind plaas waar ’n werknemer

geviktimiseer of geïntimideer word wanneer hy/sy

nie instem tot die seksuele toenadering nie of waar

gepoog word om ’n persoon af te kraak of te

verneder. Binne die konteks van viktimisasie hoef

’n seksuele aantrekkingskrag glad nie te bestaan

nie en hoef dit ook nie (slegs) aan ’n persoon van

die teenoorgestelde geslag gerig te gewees het

nie.

Seksuele aandag word teistering wanneer:

(i) dit volgehou word – hoewel ’n enkele

voorval van teistering ook as seksuele teistering

beskou kan word; en/of

(ii) die slagoffer dit duidelik gemaak het dat die

gedrag onaanvaarbaar is of waar dit onaanvaar-

baar geword het; en/of

(iii) die beweerde oortreder moes geweet het

dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou word.

Quid pro quo (’n “in ruil vir”/”iets vir iets”)

teistering vind plaas waar iemand soos die eienaar,

werkgewer, toesighouer, bestuurslid of ’n

medewerknemer, die slagoffer se werks-

omstandighede beïnvloed of probeer beïnvloed

(byvoorbeeld met bevordering, opleiding, dissipline,

ontslag, salarisverhoging of ander byvoordele) om

die persoon te dwing of te probeer dwing om die

klag van seksuele teistering te laat vaar.

Spesifieke optrede of dreigemente kan gemaak

word in weerwraak vir die weiering om aan die

seksuele versoek te voldoen.

Werknemers wat aan dié teistering blootgestel

word is gewoonlik ondergeskiktes van die

beweerde oortreder wat moet “met die groot

moontlikheid van die benadeling van ’n loopbaan”

saamleef.

Seksuele bevoordeling (as deel van quid pro quo

teistering) vind plaas waar ’n senior persoon in die

werkplek slegs die persone wat aan sy of haar

seksuele toenaderings voldoen, beloon. Hoewel

diegene wat nie vir seksuele gunste genader word

nie, nie geteister word nie, word daar ook teen

hulle gediskrimineer omdat ’n werknemer wat

beskikbaar is vir seksuele gunste slegs beloon

word vir geen ander rede as juis hulle seksuele

“beskikbaarheid” nie.

Selfs die werknemer wat wedersydse seksuele

gedrag goedkeur is ’n onwetende slagoffer

omdat hy/sy ’n slagoffer van voortdurende

inwilliging is.

Hier is Peet du Toit, Andrew Tlhaole en prof. Madoda

Zibi, direkteur:diversiteit, gelykheid en menseregte.

KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM5

Page 2: Andrew verwag ’n lied in die oor€¦ · Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie ... klasse aangebied. Dit het ook gepaard

Kampusnuus - 6

Taalwenk

’n Mens sien dikwels dat die woord eventueel (n.a.v.

die Engelse woord eventual) gebruik word met die

betekenis “uiteindelik”.

Dis verkeerd, want eventueel beteken iets anders,

t.w. “waarskynlik, moontlik, gevolglik”. Beslis nie

uiteindelik nie. Hierdie soort foutiewe woordgebruike

word maklik opgelos deur van goeie naslaanbronne

gebruik te maak vir kontroledoeleindes.

Daar is volgens bronne wel ’n besliste verskuiwing

aan die gang, naamlik dat eventueel al hoe meer

voorkom in die betekenis van uiteindelik. Dis helaas

nog nie veelvoorkomend nie.

WAMC

Eventueel en uiteindelik

Die fakulteit opvoedingswetenskappe se akademiese

personeel het op 6 en 7 September ’n UGO-werkswinkel

bygewoon wat deur me. Freda Wilkens en dr. Peet le

Roux van die nasionale departement van onderwys

gefasiliteer is. Die doel van die werkswinkel was om

akademiese personeel toe te rus met die jongste

kennis en vaardighede wat die UGO-kurrikulum in die

algemene onderwys en opleidingsband in skole vereis.

Deurlopende professionele ontwikkeling van aka-

demiese personeel is essensieel om te verseker dat

die universiteit kwaliteit onderwysers aan die professie

lewer. Op 21 September sal personeel deur me. Nadine

Pote, ook van dié departement, opgelei word in die

verdere onderwys en opleidingsband wat vanaf 2006 in

hoërskole geïmplementeer word. Voor is Johan Zerwick,

dosent in Setswana, Maryna Reyneke, dosent in

Engels, Ria van den Berg, dosent in Afrikaans, en

Christine du Toit, dosent in Afrikaans. Agter staan dr.

Peet le Roux van die nasionale departement onderwys,

prof. Barry Richter, direkteur van POK en me. Freda

Wilkens van die nasionale departement onderwys.

UGO-werkswinkel vir

personeel

Personeel van ekonomiese wetenskappe is as die “aantreklikste” span gekroon tydens ’n onlangse gholfdag wat

toerisme-honneursstudente gereël het as deel van ’n projek wat met die “Apprentice” ooreenstem. Hulle klere is deur

Platinum Press geborg. Hier is Melville Saayman, Mariëtte van Zyl, Peet van der Merwe en Albert de Klerk.

Die skool vir ekonomie, risikobestuur en internasionale handel het die verlede jaar se tradisie voortgesit en die eerste week in Augustus in tradisionele akademiese drag

klasse aangebied. Dit het ook gepaard gegaan met sprekers wat met studente oor werkgeleenthede, onderhoud en CV-voorbereiding gepraat het. Agter is prof. Fanus van

der Merwe, mnre. Joseph John Pearson, Jeandré Swanepoel, drs. Ewert Kleynhans, Waldo Krugell en mnre. Riaan Rossouw en Gerrit Bronkhorst. Voor is me. Marianne

Matthee, Stephanie van der Westhuizen, proff. Wilma

Viviers (direkteur) en Andrea Saayman.

KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM6

Page 3: Andrew verwag ’n lied in die oor€¦ · Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie ... klasse aangebied. Dit het ook gepaard

Kampusnuus - 7

Kampus in beeld

Personeel van die depar-

tement bemarking en kom-

munikasie het Loslitdag on-

dersteun. Voor is Desmond

Phuthi, Kiewiet Scheppel en

Nareze Lincoln. Agter hulle is

Hannelie Fourie, Annemarié

Hefer, Hannatjie Visagie,

Vivian Claassen, Ona Cain

en Kathleen Foutie. In die

middel is Gerda Grobbelaar,

Sandra Rossouw, Karien

Brits en Vincent Eastes.

Agter staan Charles Ntsizi,

Winton Windell, Chris Win-

dell, Marlizé Kruger, Lizanne

Pretorius, Matt Gibbs, He-

leen Mulder-Coetzee, Piet

Steyn en Hilda Nyelele.

Die BEK

steun

Loslitdag

Altesame tien

personeellede van

die Potchefstroom-

kampus het hul

doktorsgrade tydens

die lentegra-

deplegtigheid van

16 September

ontvang. Drie

personeellede van

die Vaaldriehoek-

kampus kry ook

tydens die

geleentheid hulle

doktorsgrade 34

doktorsgrade word

tydens die

plegtigheid

toegeken.

Die PUK-personeel

wat doktorsgrade kry is Dewald van Niekerk –

fakulteit lettere en wysbegeerte, Johan Jordaan,

Abraham Motlhabane, Daléne van Heerden en Ché

Weldon van die fakulteit natuurwetenskappe,

Andrew Abdool en Rouaan Maarman van die

fakulteit opvoedingswetenskappe, Leoné Malan en

Rudolph Schutte van die fakulteit gesondheidswe-

tenskappe en Waldo Krugell van die fakulteit

ekonomiese en bestuurswetenskappe.

Die drie personeellede van die Vaaldriehoekkam-

pus wat hulle doktorsgrade verwerf, is Joey

Buitendach, Jaqueline Bosman en Werner Nell.

Nege van die 34 doktorandi het hulle doktorsgrade

aan die Vaaldriehoekkampus verwerf.

PUK-personeel kry

doktotsgrade

Die senior provinsiale wenners van Noordwes se wiskunde olimpiade is onlangs by die Potchefstroom-

kampus aangewys. Tussen 700 en 1 000 leerders het vanjaar aan dié olimpiade in Noordwes deelgeneem.

Die toetse vir die olimpiade is deur wiskundiges van die universiteit opgestel. Hier is van die wenners in die

seniorafdeling (agter) Karin Campbell (70%) van Potchefstroom Gimnasium, Junhyung Ban (eerste met

90%) van Boys High School, Jiho Kim (70%) van Boys High School, Ipeleng Mathebula (70%) van Makgetse

High School en prof. Koos Grobler, direkteur van die eenheid vir bedryfswiskunde en informatika van die

PUK. In die middel is Shinsik Roh (70%), Dean Mapaba (70%), Gontse Sekhitla (70%), al drie van Boys

High School, Anuroop Nair (tweede met 80%) van Zinniville Secondary, Johandi Visser (70%) en Peet

Wolmarans (70%), albei van Gimmies. Voor staan dr. Enrico Pedro, hoofdirekteur van die Noordwes

onderwysdepartement, Me. Ilze Schoeman, wiskundedosent aan die PUK, mnr. Johann Engelbrecht,

areabestuurder van Makwassie Hills en me. Hettie Antinus, vakspesialis vir wiskunde van die NW

onderwysdepartement. Prof. Koos Grobler, direkteur van die eenheid vir bedryfswiskunde en informatika,

is op die inlas.

Abraham Motlhabane.

PUK-wiskundiges stel toetse vir olimpiade op

KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM7

Page 4: Andrew verwag ’n lied in die oor€¦ · Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie ... klasse aangebied. Dit het ook gepaard

Kampusnuus - 8

PROFIEL

Redakteur: Kiewiet Scheppel • e-pos: [email protected] • Tel: (018) 299-2761 • Sel: 083-274-8931

Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus

Oor sy vakgebied is hy passievol en kan hy boeke vol sê,

maar oor homself is prof. Hein Viljoen baie beskeie.

Daarby is hy (in sy eie woorde) glad nie ’n mens vir ’n

“gunsteling” dit of dat nie; dit was vir hom van die

moeilikste vrae.

Breyten Breytenbach is jou geliefkoosde digter.

Eerstens, het jy hom al ontmoet en wat het jy van hom

ervaar?

Ek het hom al ’n keer of wat raakgeloop soos by ’n

Winterforum op Wits en hy het al op die kampus gepraat.

Ons het egter nooit regtig op persoonlike vlak gekliek nie.

Tweedens, hy was destyds al ’n omstrede persoon,

veral wat politiek aanbetref, wat in sy werk het jou

aangetrek?

Hy is omstrede, ja. Ek het selfs so ’n dag van sy destydse

verhoor in Pretoria bygewoon. Wat my egter interesseer is

sy verbluffende kreatiwiteit en sy vermoë om met woorde

te speel en met onverwagse beelde vorendag te kom. Dood

en aftakeling is baie belangrik in sy werk, maar terselfdertyd

ook groei en ontwikkeling. Die vreemdste is sy sogenaam-

de nietweeledigheid. Soos ek dit aan studente verduidelik,

beteken dit om ’n skakelaar te dink wat tegelykertyd aan-

en afgeskakel is. Die paradoksale van sy werk interesseer

my geweldig. By hom is mooi lelik, en omgekeerd, en as

hy vloek, bid hy eintlik. Sy werk is vol teenstrydighede wat

hy voortdurend probeer oplos.

Jy het in jou studentejare al met T.T. Cloete te doen

gehad. Watter rol het hy in jou lewe as student, dosent

en digter gespeel?

’n Baie groot rol. Ek beskou hom as my “akademiese

vader”. Sy manier van dink en doen het ’n groot invloed

op my gehad, veral as student. By hom het ek veral geleer

om die woorde op die papier te lees. Soms verskil ek van

hom, soos met ’n regte pa ook maar, maar ek het eintlik

te veel ontsag vir hom om met hom te baklei. Hy is die

grondlegger van die literatuurwetenskap in die land. Ek

probeer vandag sy skoene in die akademie vol staan. Ek

weet net nie met hoeveel sukses nie

Hoe het jou kennis van letterkunde jou gehelp met die

skryf van jou gedigte?

Ek weet nie eintlik of daar ’n verband is nie. ’n Mens

leer maar by ander digters. Almal sê altyd jy moet so wyd

moontlik lees, maar ek sien self nie ’n duidelike verband

tussen my werk en ander s’n nie. Breytenbach se werk

het ’n groot invloed op my werk, maar ek dink ek steek

dit goed weg. Ek dig soms in reaksie op ander digters se

werk. Ek is ook ’n bewonderaar van die Vlaamse digter,

Paul van Ostaijen, wat baie eksperimenteer met bladuitleg

en lettertipes en so aan. Van Wyk Louw se werk het my

ook baie beïndruk.

Jy het al baie hoogaangeskrewe publikasies die lig laat

sien. Verstaan die gewone mens wat jy daarmee sê? Of

is dit net vir ’n spesifieke gehoor geskryf?

Ek sal graag eendag bekend wil wees as ’n “Man of

Letters”, maar die akademie dwing jou vandag meer na

die navorsingskant van letterkunde toe. Ek skryf

hoofsaaklik vir ’n akademiese gehoor, maar ook vir die

ingeligte leser. Ek probeer altyd helder skryf. Wat mense

nie altyd insien nie, is dat letterkunde eintlik oor die lewe

gaan. Letterkunde is deesdae meer toeganklik as

byvoorbeeld in die sestigerjare. Ons het nie meer soveel

uitleggers nodig om letterkunde te verklaar nie. Ek stel

wel ook belang in die nuwe wêreld van elektronies skryf,

soos die Internet. ’n Paar van my studente het al ’n

webwerf van Potchefstroomse digters geskryf (wat

jammer genoeg nog in my laai lê). Ek voel die toekoms

van letterkunde lê ook in hierdie elektroniese media, veral

omdat vandag se kinders dit die beste ken.

Waar en wie het jou liefde vir die letterkunde laat

ontvlam?

My hoërskoolonderwyser, Hendriek Boon by Volkies.

Sy was ’n formidabele vrou wat my deeglik leer lees het.

Maar eintlik was ek altyd maar ’n groot leser. Ek wou na

skool eintlik regte gaan studeer, maar het toe nooit daarby

uitgekom nie. Na my BA het ek selfs twee maande by

die destydse Bantoe Administrasie in Carletonville gewerk

voordat ek ’n beurs vir honneurs in Afrikaans gekry het.

Het van jou kinders jou liefde vir taal geërf?

My dogter Willemien is die naaste. Sy het B Mus studeer

en verlede jaar met ook ’n honneurs in literatuurstudie

gedoen. Sy is baie lief vir Latyn. My oudste is advokaat

en my jongste, wat nog op skool is, wil argitek word.

Waar sien jy Afrikaans oor tien of twintig jaar?

Afrikaans het genoeg inherente vitaliteit om te bly

voortbestaan. Die grootste probleme lê rondom die

politiek. Afrikaans moenie eksklusief gemaak word nie;

dit moet deel wees van die hele Suid-Afrika. Ek het ’n

broertjie dood aan politici wat wil dikteer wat moet

gebeur. Ek voel die mense self, die burgerlike samelewing,

moet opstaan vir hulle saak.

Wat is die belangrikste ding wat jy vir jong mense wil

leer?

Wat ek altyd by hulle probeer tuisbring is dat hulle vir

hulself moet kan dink. Hulle moet selfstandig en krities

kan wees en ek probeer hulle leer wat ’n mens “mens”

maak. Hulle moet mense in die breë sin van die woord

wees en nie net tegnies afgerond wees nie.

Wat is die beste boek wat jy al gelees het?

Dis baie moeilik want daar is soveel goeie boeke. Die

interessantste boek wat ek onlangs gelees het is van ’n

Indiese skrywer, Arundhati Roy, met die titel “The God of

Small Things”. ’n Fassinerende boek. Ek lees baie en hou

van “spy”-stories. Van die stories wat ek graag lees is sto-

ries oor die see, soos sê maar Douglas Reeman s’n of ’n

lekker spanningsverhaal van skrywers soos Deon Meyer en

Dick Francis. Of Kas van den Berg se boeke in die verlede.

Hoe ontspan jy?

Ek lees, kyk televisie en speel bietjie tennis. En ek mis

nie graag my yoga-klas nie.

Waar is jou gunsteling plek in die wêreld?

Ek dink nie eintlik in terme van gunstelinge nie. Ek hou

van stede soos Amsterdam en Parys, maar het ook nog

nie so wyd gereis nie. Ek sal dit graag nog wil doen. Ek

was onlangs in Barkly-Oos se wêreld. Dit is baie mooi daar

en die mense is baie vriendelik. Die suidoos-Kaap tussen

Eersterivier en Knysna is natuurlik ook pragtig. En in die

Kaap sal ek kan bly.

Waarvoor is jy bang?

Oor my kinders se toekoms in ons land. ’n Mens won-

der maar altyd of daar vir hulle nog plek gaan wees en

of hulle werk sal kry. ’n Ander ding is natuurlik die

“managerialism” vandag. Alles word tog so bestúúr. Ek

dink dit lei tot groot verarming van mense en hoe hulle

dink. Die idee dat die wêreld bestuur moet word, tegnies

rasioneel, en dat net meet- en weegfaktore tel. Op dié

manier word daar verby die mens in al sy fasette, ook sy

religieuse en spirituele fasette, gekyk.

Wie sal jy nog eendag graag wil ontmoet?

Ek het nie regtig hierop ’n antwoord nie want dis is nie hoe

my kop werk nie. Dis seker nou al afgesaag om te sê Mandela,

maar hy bly ’n formidabele persoon.

Waarsonder kan jy nie?

Boeke, my vrou en natuurlik die geborgenheid van my

gesin.

Watter musiek luister jy graag?

Klassieke musiek en ek hou ook van jazz. Ek hou ook van

ernstiger Afrikaanse musiek soos dié van Amanda Strydom.

En natuurlik David Kramer. Hy’s eintlik my gunsteling.

Het jy onlangs jou humeur verloor en wat doen jy om

weer “goed” te word?

Dit het nie onlangs gebeur nie. My kinders weet

natuurlik hoe om dit reg te kry! Ek vat lank om weer goed

te word. Ek word ook baie kwaad vir dinge wat ek as

onbillik of onregverdig beskou.

Voltooi, ek kan my nooit sien as....

’n Bloubul-ondersteuner nie!

PrPrPrPrProfofofofof..... Hein Hein Hein Hein Hein VVVVViljoeniljoeniljoeniljoeniljoen

Gebore: Pretoria.

Hoërskool: Hoër Volkskool in Potchefstroom.

Universiteit: BA honneurs aan die PU vir CHO. MA (met

lof) aan die Universiteit van Pretoria oor die poësie van

Breyten Breytenbach. Studeer vergelykende literatuur-

wetenskap aan die Ryksuniversiteit Utrecht in Neder-

land. D. Litt. aan die PUK.

Loopbaan: Na drie jaar as vertaler in die staatsdiens

word hy in 1975 lektor in Afrikaans by Tukkies, in 1978

in Afrikaans-Nederlands aan die PUK. In 1984 word hy

oorgeplaas na die departement algemene taal- en

literatuurwetenskap en tien jaar later is hy terugverplaas

na Afrikaans-Nederlands. In 1986 word hy tot senior

lektor bevorder, ’n jaar later tot mede-professor en in

1992 tot professor.

Hein Viljoen het reeds twee digbundels, Waterkristal in

1982 en Holtrom en groot kabaal in 2003, gepubliseer.

Hy is hoofredakteur van Literator en assistent-redakteur

van die Tydskrif vir Literatuurwetenskap, voorsitter van

die SA vereniging vir algemene literatuurwetenskap,

dien op die redaksie van Woord en Daad en is lid van

die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die

Maatschappij voor Nederlandse Letterkunde.

Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'

KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM8