Upload
dangdung
View
245
Download
18
Embed Size (px)
Citation preview
STRATEGIESE PLAN
Die visie, missie en plan van die Universiteit vir 2025
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
November 2011
Voorwoord
Terwyl die vorige strategiese plan (2007–2011) ten einde loop, voorsien die Universiteit van Pretoria
se Strategiese Plan vir 2025 die padkaart en navigasiebakens om die Universiteit te fokus op die
Universiteit se visie en strategiese doelwitte wat vir die volgende 15 jaar gestel is. Hierdie
langtermynplan is geïnspireer deur die idees wat in navorsing, besprekings en projekte deur ʼn aantal
individue en groepe binne die Universiteit ontwikkel is.
Die doel met die Strategiese Plan is om die kernelemente van ʼn gemeenskaplike visie en begrip van
die Universiteit se rol en identiteit in die konteks van uiteenlopende en veranderende eise saam te
vat — op streeks-, nasionale en internasionale vlak in ʼn toenemend ineengeskakelde wêreld. Korter
vyfjaarsiklusse van beplanning en implementering binne die breër raamwerk dien om die dinamiese
aard van verandering in te span om sodoende die lewenskragtigheid en responsiwiteit van die
Universiteit te behou in ʼn voorsiene trajek wat stewig in Afrika gesetel is.
Struktuur
Die Strategiese Plan vir 2025 verwoord die Universiteit van Pretoria se kernstrategieë vir die
volgende 15 jaar deur –
erkenning te verleen aan die Universiteit se ontstaansjare en die waarde van die huidige
diversiteit.
die Universiteit se strategiese trajek binne die veranderende sosiopolitieke, ekonomiese en
hoëronderwysomgewing te posisioneer.
die visie, missie en waardes te boekstaaf.
die klem te lat val op die kernaktiwiteite van navorsing, onderrig en leer.
die verbintenis tot en betrokkenheid by die gemeenskap in die akademiese missie in te bed.
die vermoë van ʼn groot residensiële universiteit in te span in die strewe na die vestiging van
ʼn navorsingsintensiewe identiteit.
diversiteit te benut om die Universiteit se intellektuele omgewing te verryk en
leerdersuitkomste te verbeter.
oorhoofse doelwitte, teikens en sleutelprestasie-aanduiders te identifiseer.
Die Plan fokus ook op steundienste en sleutelhulpbronne wat vereis word ten einde die Universiteit
se akademiese missie te verwesenlik:
Personeel en studente is die kernbate in mensekapitaal van die Universiteit.
Ruimtelike infrastruktuur en fisiese fasiliteite staan sentraal in die daarstelling van ʼn
omgewing waarin studente en personeel kan gedy.
Insgelyks is biblioteke en ander professionele/vakkundige fasiliteite, die ondersteuning van
navorsing, onderrig en leer, kennisbestuur en inligting- en kommunikasiehulpbronne en
-platforms noodsaaklik vir die handhawing van die universiteit se kennisgenererings-
aktiwiteite en die uitruil daarvan.
Maatskaplike, omgewings- en finansiële volhoubaarheid lê aan die hart van die Universiteit se
toekomstige lewensvatbaarheid en is gebaseer op vier belangrike dryfvere: volgehoue gehalte,
relevansie, finansiële kapasiteit en die doelbewuste aanwending van die Universiteit se bestaande
en toekomstige diversiteitspotensiaal.
Die beginjare
Die Universiteit se wortels lê in die vestiging van die Pretoriase sentrum van die Transvaalse
Universiteitskollege (Transvaal University College) in 1908. Die omgangsnaam van die Universiteit,
Tuks of Tukkies, is afgelei van die akroniem van dié kollege, TUC.
Die TUC het begin as ʼn dubbelmediuminstelling wat destyds in Kya Rosa gehuisves was. Kya Rosa
was ʼn huis met vier slaapkamers geleë in die middel van Pretoria. Die kollege het begin met vier
professore, drie dosente en twee-en-dertig geregistreerde studente. In 2011 was daar ongeveer
45 000 geregistreerde studente aan die Universiteit met ʼn verdere 14 000 aktiewe
afstandsonderrigstudente. Hierdie getal sal teen 2025 na verwagting groei tot ongeveer 55 000
kampusstudente en 20 000 aktiewe afstandsonderrigstudente, dus ʼn totale studentetal van sowat
75 000 met ʼn verwagte akademiese personeeltal van 2 125.
Die hoeksteen van die Ou Letteregebou is op 3 Augustus 1910 gelê waarna die kollege in September
1911 in die voltooide gebou ingetrek het. Na aanleiding van privaatwetgewing van die Parlement
(Wet 13 van 1930) het die Pretoria-tak van die kollege op 10 Oktober 1930 die Universiteit van
Pretoria geword. Vandag is die Universiteit se aktiwiteite versprei oor sewe kampusse — ses in
Pretoria, die hoofstad en toegangpoort tot Afrika, en een in Johannesburg, die ekonomiese
middelpunt van die land. In terme van geopolitieke ligging, is die Universiteit van Pretoria baie
gunstig geposisioneer om ʼn bydrae tot die land sowel as die streek se behoefte aan kennis- en
mensekapitaal te lewer.
Tot die vroeë jare dertig was die TUC die enigste ten volle tweetalige universiteit in Suid-Afrika. Teen
1931 was die meerderheid studente egter Afrikaanssprekend en as gevolg daarvan het die
Universiteitsraad in 1932 besluit dat Afrikaans die enigste onderrigmedium sou wees. Gedurende die
vroeë negentigerjare is Engels as tweede onderrigtaal heringestel, met die meerderheid studente
wat toe Engels as onderrigmedium verkies het.
Die Universiteit het nege fakulteite, naamlik Geesteswetenskappe; Regsgeleerdheid; Opvoedkunde;
Teologie; Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; Natuur- en Landbouwetenskappe; Ingenieurswese,
Bou-omgewing en Inligtingtegnologie; Gesondheidswetenskappe; Veeartsenykunde; en ʼn sakeskool,
die Gordon Instituut vir Sakestudies.
Die Universiteit van Pretoria se oorkoepelende waarde setel in die diversiteit van die personeel,
studente en programaanbod, en in navorsingsterreine wat die Universiteit se uitnemendheid
onderstreep. Universiteite in Suid-Afrika het ʼn spesifieke rol in die ontwikkeling van mensekapitaal
en die generering van kennis en vaardighede wat vereis word om die verskeie uitdagings van ons
ontwikkelende land, gemeenskap en streek die hoof te bied. Daarom is die Universiteit se
geprojekteerde groei in inskrywings oor die volgende 15 jaar daarop toegespits om ʼn gepaste
verhouding tussen voorgraadse en nagraadse studies, en tussen navorsing en hoëvlak professionele
kwalifikasies te vind.
ʼn Sleuteluitdaging vir die volgende 15 jaar is die versterking van die Universiteit se visie om ʼn
voorste navorsingsuniversiteit te word. Om hierdie visie te verwesenlik, sal die Universiteit tegelyk ʼn
model vir groei moet ontwikkel wat in sy unieke identiteit geanker is, en kernnavorsingsaktiwiteite
sal op plaaslike relevansie en bestaande sterkpunte wat internasionaal erken en geëvalueer word,
moet fokus.
Gebiedende kontekstuele faktore
In ʼn hulpbronbeperkte wêreld waar geweldige ongelykhede, veral in Afrika en die globale Suide
heers, is dit vanselfsprekend dat universiteite ʼn baie spesifieke rol moet vervul. Die visie van die
Universiteit van Pretoria is daarom nou verwant aan die verbintenis tot plaaslike behoeftes en
ontwikkelingsuitdagings. Terselfdertyd moet die Universiteit ’n middelpunt van kennisgenerering
wees wat in die globale wetenskapsgemeenskap erken word.
Die opsomming hieronder lig betekenisvolle uitdagings uit teen die agtergrond van heersende
globale tendense:
Internasionaal - dominante tendense
Sosiopolitieke tendense Ekonomie en demografie Hoër onderwys Multipolariteit en die groei van die globale Suide Soeke na energie-, voedsel- en watersekuriteit Hulpbronbeperkte wêreld Groei in sosiale en politieke identiteite, met godsdiens as belangrike merker van identiteit Uitdagings wat verband hou met vrede en sekuriteit Geslagsbemagtiging wat die geopolitieke landskap verander
Die wêreld het ‘plat’ geword weens die Inligting- en Kommunikasietegnologie (IKT)- rewolusie, met kennis wat vryelik beskikbaar geword het Wêreldresessie met ekonomiese groei gekonsentreerd in die Suide Jeuguitstulping in die Suide (China uitgesluit) Vinnige verstedeliking in die ontwikkelende wêreld Migrasie en mobiliteit – verlies aan vaardigheid vir die Suide, veral in Afrika Toegang tot natuurlike hulpbronne toegespits op Afrika
Verhoogde deelname en diversiteit/massafisering van hoër onderwys (HO) Universiteite op ranglyste – verhoogde onderlinge kompetisie Kennisekonomie en ’netwerkende’ gemeenskap IKT as hulpmiddel vir navorsing en ‘gemengde’ modelle van onderrig, bou van strategiese netwerke Gedifferensieerde hoëronderwyssektore Kenniskapasiteitsbehoeftes en kennisgapings —nasionaal, op streeksvlak en internasionaal Internasionalisering van HO Oop onderrighulpbronne (OOH) as openbare belang en ʼn hulpmiddel vir verhoogde institusionele sigbaarheid
Plaaslik — spesifieke uitdagings en eise
Lae kapasiteit in regering/openbare sektor – belangrikheid van vennootskappe van nywerheids-, regerings- en siviele gemeenskappe Onvoldoende sosiale en fisiese infrastruktuur Voortslepende sosiale en ekonomiese ongelykheid Suid-Afrika as poort na Afrika en vennoot in globale Suide (bv. BRICS)
ʼn Relatief stabiele ekonomie en goeie infrastruktuur in sommige areas, maar: Behoefte en gebrek aan hoëvlakvaardighede Hoë werkloosheid, veral onder 18—24-jariges Bevolkingsgroei en jeuguitstulping Hoë vlakke van armoede en ongelykheid Vinnige verstedeliking Groot ongelykhede in die gehalte van basiese onderwys en aansienlike onderwysagterstande
Druk om toegang en institusionele transformasie te verhoog Swak toevoer van studente op intreevlak Behoefte aan hulpbronryke leeromgewings en akademiese ontwikkeling Verlaging in per capita staatsubsidies Verhoogde staatsregulering Gedifferensieerde HO-sektor Verouderende navorsersgroep en
Kompeterende nasionale prioriteite (bv. gesondheid, maatskaplike welsyn)
behoefte om hoëvlak-vaardighede/mensekapitaal aan te vul Kennisgapings en noodsaak om kenniskapasiteit te verhoog Impak van internasionalisering op institusionele strategieë Veelvuldige eise op HO om by te dra/ om ’n verskil te maak’ Lae posisies op internasionale ranglyste
Hoewel dit ʼn bekende waarheid is dat ons nie ʼn vaste’ toekomsomgewing kan voorspel nie, is dit ook
so dat gebeure in die toekoms nie noodwendig onafwendbaar is nie: die Universiteit kan bemiddel
en sal proaktief sy toekomstige trajek bepaal. Om dit te bereik, sal belangrike besluite geneem moet
word om ʼn optimale balans tussen kompeterende eise te handhaaf en om voort te bou op
bestaande sterkpunte.
Visie, Missie en Waardes
Visie
Om ʼn voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees wat internasionaal erken
word vir gehalte, relevansie en impak, asook vir die ontwikkeling van mensebydraes, die skep
van kennis en vir betekenisvolle plaaslike en internasionale bydraes.
Missie In die strewe na erkenning en uitnemendheid in die kernfunksies van navorsing, onderrig en leer, en die integrasie van gemeenskapsbetrokkenheid daarin, sal die Universiteit van Pretoria gehalte, relevansie, diversiteit en volhoubaarheid as navigasiebakens gebruik.
Waardes
Die lede van die Universiteit van Pretoria glo dat– ons gemeenskap van vakkundiges gebaseer moet wees op die soeke na kennis deur
navorsing, en onderrig en leer, met lidmaatskap wat verkry is op grond van intellektuele meriete, vermoë en die potensiaal vir uitnemendheid; en dat
die verskillende perspektiewe wat uit uiteenlopende agtergronde en geskiedenisse wat ons identiteite definieer, voortspruit, vakkundige ondersoeke verdiep en akademiese debatvoering verryk.
Ons koester– akademiese vryheid, kreatiewe en innoverende denke, etiese standaarde en integriteit,
verantwoordbaarheid en sosiale geregtigheid; en ons personeel en studente as die Universiteit se kernbates.
Ons bevorder– ʼn navorsingsgedrewe en bevindingsgebaseerde benadering tot die skep van kennis; en akademiese burgerskap waardeur ons ons verbind om ons intellektuele vermoëns in die
belang van ons nasie en die mensdom in te span.
Ons erken dat–
in ʼn hulpbronbeperkte wêreld met aansienlike ongelykhede, die Universiteit moet trag om graduandi te lewer wat die belangrikheid van gemeenskapsbetrokkenheid, entrepreneuriële ondernemings en innoverende aksies in die skep van werkgeleenthede vir en ontwikkeling van ons plaaslike gemeenskappe verstaan.
Akademiese Visie
Die Universiteit van Pretoria se visie om ʼn voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees,
noodsaak dat die leidende strategie sal wees om die kernaktiwiteite van navorsing, onderrig en leer,
en daaruit voortspruitend gemeenskapsbetrokkenheid, stewig in nasionale en streekskonteks te
anker, en om ons akademiese werk internasionaal sigbaar te maak. Sentraal tot die Universiteit se
strategie is ʼn positiewe impak op die onmiddellike en breër gemeenskappe en omgewings. Die
Universiteit is — en moet dit bly — die middelpunt van kennisgenerering wat ook die globale
akademiese gemeenskap bedien.
Deur diversiteit, gehalte, relevansie en volhoubaarheid te vestig as sleutelnavigasiebakens in die
voortgesette prosesse van transformasie, sal die Universiteit erkenning moet geniet vir die bydrae
wat dit lewer. Terselfdertyd sal die Universiteit se groeitrajek, infrastruktuur, steundienste en
bestuurseffektiwiteit gerig wees op sleuteldoelwitte en die benutting van die potensiaal wat in ons
diversiteit opgesluit is.
Die Universiteit se akademiese visie kan soos volg geïllustreer word:
Strategiese Doelwitte
Om die Universiteit se impak op ekonomiese en sosiale
ontwikkeling te versterk
Om ’n leidende navorsingsintensiewe Universiteit
te wees
Om uitnemendheid in onderrig en
leer na te streef
Om toegang, deurset en diversiteit te verhoog
A k a d e m i e s e V i s i e
Strategieë, Doelwitte en Prestasieaanduiders
Kernbates: Personeel en Studente
Om die Universiteit se
internasionale profiel te versterk
Finansiële Hulpbronne
Akademiese Steundienste en Fasiliteite
Die Uitdaging: Navorsingsintensiewe en sosiale impak
Die strategiese doelwit vir die volgende 15 jaar is om die Universiteit se internasionale profiel te
versterk deur toenemend die samelewing se behoefte aan nuwe kennis deur navorsing aan te
spreek. As ʼn navorsingsintensiewe instelling, sal die Universiteit op probleme van nasionale en/of
streeksbelang konsentreer om sodoende tegelykertyd plaaslike impak en akademiese statuur en
sigbaarheid in ʼn hoogs kompeterende internasionale wêreld te verhoog. Naas die toerus van
graduandi met noodsaaklike vaardighede vir ʼn veranderende werksomgewing, sal die Universiteit
ook verbind bly om die behoeftes en uitdagings van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en ekonomie
die hoof te bied en om die hoëvlak-mensekapitaal te lewer wat vir die land se grootste uitdagings
vereis word.
Dit hou die volgende in:
Die verskaffing van mensekapitaal wat op die Universiteit se navorsingsintensiteit gebaseer
is, deur die uitset van graduandi met nagraadse kwalifikasies en grade op sowel navorsing as
op die professionele velde te verhoog en die Universiteit se eie mensekapitaal aan te vul.
Klem op die versnelling van kennisgenerering deur samewerking tussen die drie
oorvleuelende institusionele sfere — regering, hoër onderwys en die nywerheid — te
verhoog – ten einde die hibriede neweprodukte wat noodsaaklik is vir ontwikkeling, te
lewer.
Om terselfdertyd sleutel internasionale vennote en kennisnetwerke te identifiseer, te behou
en verder uit te brei om sodoende die Universiteit se navorsingskapasiteit en -verbintenisse
te versterk.
Bestaande navorsingsterkpunte wat as katalisatore dien ter ontwikkeling van ʼn
deurdringende navorsingskultuur. Dwarssnydende navorsingstemas met nasionale, streeks-
en/of internasionale relevansie sal geïdentifiseer moet word om die kapasiteit en impak van
navorsing te verhoog.
ʼn Soeke na optimale sinergie tussen navorsing en onderrig om ondersoekgebaseerde
kurrikula op voor- en nagraadse vlak te ondersteun, en tussen navorsing en professionele
programme en kwalifikasies om die identiteit van die Universiteit te versterk.
Bestaande sterkpunte in professionele velde sal behou word sodat die Universiteit van
Pretoria ʼn tweeledige fokus sal hê, naamlik navorsing en die lewering van graduandi in
daardie hoëvlakprofessies wat deur die ekonomie benodig word.
Weens die noodwendige kompromieë ter bereiking van verskeie van ons doelwitte, sal strategiese
keuses gemaak moet word in die stuur van die Universiteit na sy 2025 visie. In hierdie proses, moet
bestaande sterkpunte in ag geneem word:
ʼn Sterkpunt en kenmerkende eienskap van die Universiteit is die wye verskeidenheid in die
voor- en nagraadse programaanbod en die toegangsgeleenthede wat dit bied. ʼn
Sleutelvoorwaarde vir die Universiteit se toekomstige sukses en volhoubaarheid is egter die
vermoë om die huidige versnit van navorsing en onderrig optimaal te bestuur deur interne
differensiasie.
ʼn Verdere sterkpunt is die Universiteit se vermoë om ʼn wye verskeidenheid
goedgekwalifiseerde professionele mense te lewer — mediese praktisyns, veeartse,
ingenieurs, prokureurs, rekenmeesters, sielkundiges, onderwysers, maatskaplike werkers en
predikante. Hoewel dit in nasionale belang is dat hierdie aktiwiteite behoue moet bly, moet
navorsing verder versterk word, onder meer in hierdie velde, om optimale sinergie tussen
navorsing en die fokus op professionele opleiding te verseker.
Die Universiteit het ʼn uitstekende geleentheid om ʼn model te ontwikkel wat diversiteit effektief
ontgin, soos die verbintenis tot onderrig in sowel Engels as Afrikaans, waarvoor die Universiteit
potensieel internasionaal erken kan word. Daarbenewens is die Universiteit se ligging optimaal
vir die stig van navorsingsgenootskappe oor die spektrum van akademiese dissiplines.
NAVORSING
Die uitbou van die Universiteit van Pretoria se internasionale profiel soos bo beskryf, beteken dat die
Universiteit internasionale sigbaarheid en erkenning moet ontwikkel op terreine wat belangrik is vir
ontwikkelende lande, veral in Afrika en die globale Suide. Voorbeelde van breë velde wat
geïdentifiseer is, sluit in ingenieurswese, natuur- en fisiese wetenskappe, diere- en
mensegesondheid en opvoedkunde. Insgelyks moet die Universiteit aktuele sake aanspreek soos die
vestiging van effektiewe en regverdige regstelsels, sosiale geregtigheid, volhoubare landelike
ontwikkeling, water- en voedselsekuriteit, sanitasie, energieverbruik, vervoer, munisipale bestuur,
die bestuur van gesondheidstelsels en hospitale, asook die verbetering van skool- en kollege-
onderriguitsette.
Ten einde die internasionale en nasionale impak van die Universiteit se navorsing so hoog as
moontlik te maak, moet hulpbronne in die eerste plek in ʼn aantal gekose areas of sogenaamde
Institusionele Navorsingstemas (INT’s) gekonsentreer word. Kritiese massa en sinergieë sal sodoende
behaal word.
ʼn Aanwysende lys van die eerste INT’s en hul verwante kennisvelde is:
TEMAS
KENNISVELDE
Energie Chemiese Ingenieurswese Meganiese Ingenieurswese
Fisika Chemie
Voedsel, Voeding en Welstand Gesondheidswetenskappe Voedselwetenskappe Veeartsenykunde Opvoedkunde
Mikrobiologie Biologiese Wetenskappe Landbouwetenskappe
Genoomnavorsing Immunologie Genetika Biochemie Mikrobiologie
Bioinformatika Gesondheidswetenskappe Veeartsenykunde
Soönotiese Siektes Veterinêre Tropiese Siektes Biochemie Genetika
Immunologie Openbare Gesondheid Mikrobiologie
Menseregte en Diversiteit Ekonomie Regsgeleerdheid Politieke Wetenskappe Sosiologie
Sielkunde Genetika Genderstudies
Ekostelseldienste en Heenkome Meteorologie Biologiese Wetenskappe Sosiologie
Geografie Opvoedkunde Geesteswetenskappe
Alhoewel die INT’s ’n hoofrol in die Universiteit se strategieë sal speel, sal ander
navorsingsinisiatiewe voortgaan waar dissiplinêre sterkpunte en navorsingskapasiteit bestaan.
Terwyl interne differensiasie nodig is, is dit belangrik om ʼn basis van navorsing te bou deur die stel
van minimum navorsingstandaarde vir alle akademiese departemente.
NAGRAADSE STUDIE
As navorsingsintensiewe instelling moet die Universiteit ʼn navorsingsingesteldheid op alle
vlakke kweek. Dit is nêrens in die Universiteit belangriker as op die gebied van nagraadse
studie nie. Dit is juis op nagraadse vlak dat meer individuele aandag aan die intellektuele
ontwikkeling van studente gegee kan word.
ʼn Algemene onderskeid kan getref word tussen studente wat vir nagraadse navorsingsgrade
geregistreer is en studente wat vir professionele grade ingeskryf is. Nagraadse navorsingstudente is ʼn
belangrike bron van nuwe kennis. Die klem sal dus in die toekoms geplaas word op
navorsingstudente en junior personeel – magister- en doktorale studente en nadoktorale genote –
wat met aktiewe werwingstrategieë en toepaslike akademiese en finansiële ondersteuning gewerf
word. Daarbenewens sal aandag gegee word aan die voorsiening van sowel ʼn gepaste omgewing as
uitstekende studieprogramme om nagraadse sukses moontlik te maak.
ONTWIKKELING VAN AKADEMIESE PERSONEEL
Die werwing en ontwikkeling van kundige navorsingsgeoriënteerde akademici is noodsaaklik vir die
implementering van die Universiteit se strategieë. Die Universiteit sal op die volgende punte fokus:
die ondersteuning van personeel in die behaling van doktorsgrade of gelykstaande
kwalifikasies; en
die ontwikkeling van ʼn diverse kader uitnemende jong akademici deur opvolgbeplanning en
deur ʼn verhoging in doktorale gegradueerdes en nadoktorale genote.
Hierdie strategieë sal ook ʼn buigsame en gedifferensieerde benadering vereis tot die bestuur van die
kreatiewe spanning tussen onderrig en navorsing, en die diverse profiele van personeel sover dit
belangstelling, talent en kundigheid betref.
DEPARTEMENTELE DIFFERENSIASIE EN NAVORSINGSNORMS
In ʼn navorsingsintensiewe universiteit moet alle akademici vakkundiges wees wat onderrig gee,
navorsing doen en nuwe insigte en perspektiewe ontwikkel deur byvoorbeeld bestaande kennis wat
deur verskillende navorsers of in verskillende velde gelewer is, te integreer en daarop te verbeter.
Nietemin, soos hierbo vermeld kan dit, afhangend van uiteenlopende akademiese belangstellings en
dissiplines, verwag word dat differensiasie tussen personeellede sal plaasvind.
Benewens die faktore wat in ag geneem is by die identifisering van die Universiteit se institusionele
navorsingstemas, is daar ʼn behoefte dat die Universiteit sterk kerndissiplines sal ontwikkel. Hierdie
kerndissiplines bied die grondslag waarop fakulteite gebaseer kan word, en sal in ag geneem word by
die bepaling van watter departemente nodig sal wees en befonds moet word met die oog op
verhoogde navorsingsvlakke.
ONDERRIG EN LEER
Effektiewe onderrig en leer is die sleutel tot die uitvoering van die Universiteit se primêre funksie,
naamlik die lewering van kundige en hoogsvaardige graduandi wat aan die behoeftes van die Suid-
Afrikaanse ekonomie en gemeenskap voldoen, en om ons eie behoeftes aan mensekapitaal en ook
dié van ander kennisinstellings aan te vul. Onderrig van hoë gehalte op voorgraadse vlak vorm ook
die grondslag vir nagraadse studie en is nou verwant aan die strategiese doelwit om die Universiteit
se internasionale profiel deur middel van navorsing te verbeter. In die geheel gesien, vereis hierdie
die volgende:
Die ontwikkeling van ʼn ondersoekgebaseerde kurrikulum in die daarstel van ʼn basis vir
kennis, ’n hoë vlak van vaardighede en die toevoer van nagraadse studente en navorsers.
Die vestiging van ʼn vraaggebaseerde benadering in voorgraadse onderrig en die gebruik van
assessering as leerhulpmiddel.
Erkenning van die diversiteit van leerstyl, ervaring en individuele geskiedenis van elke
student, en die kreatiewe benutting van die verskeidenheid. Die bied van ʼn verskeidenheid
leergeleenthede in ʼn hulpbronryke omgewing ter ondersteuning van onderrig en leer, en
noukeurige oorweging om die beste “gemengde” leermodel te vind.
ʼn Fokus op die kenmerke van ʼn navorsingsuniversiteit wat tegelyk vaardige en meelewende
studente en graduandi lewer wat betrokke kan raak by ontwikkelingsuitdagings en in die
globale mark van die ontwikkelde en ontwikkelende wêreld kan kompeteer.
Die kern van die Universiteit se onderrig- en leerstrategie is om onafhanklike leerders te lewer wat
by die profiel van ʼn navorsingsintensiewe universiteit pas, ongeag van waarheen hul toekomstige
loopbaantrajek mag lei. Hulle sal die mensekapitaal van die Universiteit aanvul of as hoëvlak,
vaardige professionele mense die openbare of privaatsektor betree.
GEMEENSKAPSBETROKKENHEID
Samelewing- en gemeenskapsbetrokkenheid vloei voort uit die Universiteit se onderrig- en
navorsingsfunksies. Kurrikulêre en navorsingsverwante vorms van gemeenskapsbetrokkenheid en
inisiatiewe om die gewenste karaktereienskappe in studente te ontwikkel, word dus primêr
ondersteun.
Gemeenskapsbetrokkenheid behels in beginsel siviele verantwoordelikheid en burgerskap, en om die
beste van die navorsings- en onderrigvaardighede van personeel en studente aan spesifieke
behoeftes van diverse gemeenskappe te koppel. Sodoende word een van die “openbare belang”-
dimensies van universiteite ten uitvoer gebring. Deur hul diens en betrokkenheid word die wyer
studentelewe sowel as die persoonseienskappe van studente verryk terwyl hulle studeer.
NOTA: ʼn Omvattende akademiese plan genaamd Akademiese Plan en die impak op die Universiteit se vorm en grootte, UP2025, bevat die besonderhede van die Universiteit se akademiese visie.
AKADEMIESE VISIE: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwitte
Strategieë
Prestasie-aanduiders
Om ʼn voorste navorsingsintensiewe universiteit in Afrika te wees
1. Verhoog navorsingsuitsette 2. Fokus navorsingskapasiteit en impak op
institusionele navorsingstemas en bestaande sterkpunte in navorsing
3. Lok voorste akademici 4. Stel minimum norms vir navorsingsuitsette 5. Werf nagraadse studente aktief 6. Skep ʼn stimulerende omgewing vir
navorsingstudente en meganismes om nagraadse sukses te verseker
- ISI-veldranglyste - Sjanghai Jiao Tong- / THES- / QS-ranglyste - INT-relevansie vir ontwikkelende lande en belyning
met globale navorsingstendense - NRF-graderings, veral die aantal A- en B-
gegradeerde navorsers - Geweegde nagraadse en publikasie-uitsette - Persentasie nagraadse studente
SLEUTELDOELWIT: Verhoog die Universiteit se posisie in die internasionale ranglyste tot die 150—250 vlak Om die Universiteit se internasionale profiel en sigbaarheid te verbeter
1. Belyn internasionale verhoudinge met INTs en sterkpunte in navorsing
2. Verhoog aantal aktiewe internasionale navorsingsvennootskappe
3. Verhoog aantal internasionale studente op nagraadse vlakke
4. Aktiewe werwing van nadoktorale genote
- Aantal aktiewe internasionale vennootskappe en navorsingsamewerking
- Aantal personeel as mede-outeurs van internasionale publikasies
- Uitkomste van impakassesserings - Persentasie internasionale studente - Persentasieverhoging in nadoktorale genote - Aantal toekennings en pryse vir akademiese en
navorsingsprestasies
SLEUTELDOELWIT: Behaal vlakke van internasionale aktiwiteit wat vergelykbaar is met groot oorsese universiteite
Om die Universiteit se impak op SA se ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te versterk
1. Belyn groei in inskrywings, veral in professionele velde met behoeftes aan hoëvlak skaars vaardighede en die Menslike Hulpbronontwikkelingstrategie
2. Verhoog aantal aktiewe vennootskappe met industrie en regering
3. Soek vennootskappe vir optimale impak met plaaslike gemeenskappe, insluitend munisipaliteite
- Aantal graduandi met skaars vaardighede - Aantal aktiewe vennootskappe met nywerhede - Aantal aktiewe vennootskappe en projekte met
plaaslike gemeenskappe - Passing van die eienskappe van gelewerde
graduandi met veranderende werkplek en behoeftes van SA as ontwikkelende ekonomie en demokrasie
SLEUTELDOELWIT: Vestig ʼn gebalanseerde portefeulje van vennootskappe met nywerheid en regering in terme van behoeftes aan hoëvlak-vaardighede Om uitnemendheid in onderrig en leer na te streef
1. Laat onderrig met navorsing ooreenstem met ondersoekgebaseerde kurrikula
2. Versterk basisdissiplines 3. Verminder die aantal modules 4. Behou hoëvlak professionele programme
- Prestasie van basisdissiplines teen kernaanduiders - Eweknieondersoek na WAT en HOE onderrig gegee
moet word - Eweknie-evaluering van hoe onderrig voorsiening
maak vir ʼn diverse studentekorps - Bevraagteken redes vir die behoud van modules - Professionele akkreditasie van programme
SLEUTELDOELWIT: Verkry positiewe resultate wanneer basisdissiplines geëvalueer word en professionele programme teen internasionale maatstawwe gemeet word Om toegang, deursetsyfers en diversiteit te verhoog
1. Lok die mees talentvolle studente uit alle SA-gemeenskappe in terme van intellektuele belangstelling en vermoëns
2. Handhaaf hulpbronryke, gemengde onderrig om vir verskillende vlakke van gereedheid voorsiening te maak
3. Hou vol met verlengde programme in velde met hoë aanvraag totdat toegangsgelykheid bereik is
4. Fokus op eerstejaarstudente
- Demografiese profiel van studente in terme van ras, geslag, taal, sosiale klas
- Sukseskoers in eksamen en graduering
SLEUTELDOELWIT: Behaal van studentediversiteit en sukseskoers soortgelyk aan navorsingsuniversiteite bo-aan ranglyste
Aanvullende prestasie-aanduiders afgelei van dié in bostaande tabel, sal gebruik word na gelang van
die institusionele vlak wat ontleed word.
Die Universiteit van Pretoria se groei tot 2025
Soos hierbo bespreek, is een van die Universiteit se primêre funksies om graduandi te lewer met hoë
vlakke van vaardigheid, en daarom die belangrikheid om ʼn optimale balans te vind tussen
professionele en navorsingsprogramme. Hierdie en ander doelwitte sal bereik word deur beplande
inskrywing, verbeterde studentetoegang, verhoging in die diversiteit van studente sowel as die
sukses wat studente behaal.
Die verskaffing van toegang vir ’n diverse groep van Suid-Afrikaanse burgers bly ʼn belangrike
uitvloeisel van die Universiteit van Pretoria se missie en die studenteinskrywingstrategie. Die
Universiteit sal daarom beplande groei voortsit binne die beperkings van beskikbare fasiliteite en
ander hulpbronne, en veral, steeds binne die raamwerk van die akademiese visie en prioriteite.
Die formaat wat die Universiteit van Pretoria sal aanneem, sal bepaal word met behoorlike
inagneming van die bestaande en beplande areas van akademiese sterkpunte, en verhoogde
inskrywings in—
basisdissiplines
studievelde van nasionale belang
nagraadse navorsingsprogramme en kwalifikasies.
Die basis vir gedifferensieerde groei kan soos volg opgesom word:
BASIS VIR GEDIFFERENSIEERDE GROEI IN FAKULTEITE
FAKULTEIT FOKUS VAN GROEI REDE
Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie
Groei hoofsaaklik in Ingenieurswese en op nagraadse vlakke
Hoëvlak vaardighede en navorsingsintensiteit
Opvoedkunde: - Kontakonderrig - Afstandsonderrig
Sterk voor- en nagraadse groei Lae groei
Nasionale behoefte ≈ relevansie Inkomste en aanvraag
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Hoofsaaklik op nagraadse vlak Hoëvlak vaardighede en inkomste
Gesondheidswetenskappe Voorgraadse groei en matige nagraadse groei
Hoëvlak vaardighede, nasionale behoefte en versterking van navorsingsintensiteit
Geesteswetenskappe Lae groei en klem op nagraadse vlak Versterking van navorsingintensiteit
Natuur- en Landbouwetenskappe Sterk nagraadse groei Klem op navorsing
Regsgeleerdheid Groei slegs op nagraadse vlak Versterking van navorsingintensiteit
Teologie Matige voorgraadse en lae nagraadse groei
Tans nagraads- en navorsinggeoriënteerd
Veeartsenykunde Medium voor- en nagraadse groei Nasionale behoefte en navorsingintensiteit
Omsigtige beplanning en bestuurde groei lê aan die hart van die Universiteit se langtermynstrategie.
Die oorhoofse grootte van die Universiteit oor die volgende 15 jaar sal bepaal word om te verseker
dat die Universiteit realistiese fasiliteite van hoë gehalte aan alle studente en personeel kan verskaf
en steeds oor voldoende hulpbronne sal beskik om ʼn navorsingsintensiewe universiteit te wees.
Bestuurde groei sal voorsiening maak vir beduidende variasie tussen en in fakulteite. Dit word
beplan dat voorgraadse kontakstudente sal toeneem teen ʼn gemiddelde koers van 1.4% per jaar tot
2025, en nagraadse kontakstudente teen ’n koers van 2.2%. Dit sal akkumuleer tot ongeveer 55 000
studente op kampus, dus 10 000 meer as tans. Nadat die syfer aanvanklik staties gebly het, sal die
aantal aktiewe afstandsonderrigstudente weer toeneem tot ongeveer 20 000, wat die totale
studentetal aan die einde van die tydperk op ongeveer 75 000 te staan sal bring.
GROEI TOT 2025: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwitte
Strategieë
Prestasie-aanduiders
Volg realistiese groei na in ooreenstemming met die akademiese visie
1. Stel doelwit inskrywingskoers per jaar (per fakulteit) vas
- Aantal voorgraadse, nagraadse en afstandsonderrigstudente
- Afwykings van doelwit per fakulteit ≤ 2%
Gebruik inskrywingsbeplanning om die Universiteit se toekomstige formaat te bepaal
1. Werf en keur studente vir beplande groei op voor- en nagraadse vlakke
2. Stel jaarlikse doelwitte vir basisdissiplines en studievelde van nasionale belang vas
3. Moniteer registrasie, behoud en deurset en pas doelwitte vir groei aan
- Aantal voorgraadse, nagraadse en afstandsonderrigstudente
- Afwykings van doelwit per fakulteit ≤ 2%
Verbeter die verhouding van nagraadse tot voorgraadse inskrywings
1. Ontwikkel nuwe nagraadse werwingstrategieë
2. Hersien nagraadse administratiewe prosedures
- Persentasie nagraadse inskrywings
Verbeter die verhouding van nagraadse navorsingstudente tot gedoseerde nagraadse studente
1. Stel doelwit vir navorsings- en gedoseerde nagraadse inskrywings vas
2. Hersien keuringsprotokolle vir nagraadse studente
- Persentasie nagraadse studente ingeskryf vir navorsingsgrade
SLEUTELDOELWIT: ’n Totaal van 75 000 studente, 55 000 as kontakstudente en 20 000 as afstandsonderrigstudente
Personeel aan die Universiteit van Pretoria
Akademiese werk word deur mense gedoen. Die reputasie van ʼn universiteit hang daarom in ʼn groot
mate van die gehalte van personeel af, en goeie personeel lok op hul beurt goeie studente. Om dié
rede sal die Universiteit verder ontwikkel word in ʼn intellektueel stimulerende, innoverende en
uitdagende omgewing waarin kundiges van hoë gehalte uit diverse gemeenskappe in Suid-Afrika,
Afrika en die res van die wêreld sal wil kom onderrig gee en navorsing doen.
Dit sal die Universiteit in staat stel om ʼn verteenwoordigende korps van uitnemende akademiese en
steundienspersoneel te werf en te behou deur middel van—
die aanstelling van personeellede op meriete, insluitend personeel met die potensiaal vir
uitnemendheid;
die navolging van die Universiteit se Gelyke Indiensnemingsplan deur die aktiewe soeke na
lede van aangewese groepe in Suid-Afrika en elders; en
die aktiewe identifisering en beloning van alle vorms van akademiese uitnemendheid en
intellektuele innovering.
As navorsingsintensiewe instelling sal die Universiteit van alle akademiese personeel verwag om
navorsingsaktief te wees of besig te wees met kreatiewe uitsette as deel van hulle normale
werkuitvoering. Om die uitset van navorsing te verhoog, sal die Universiteit maniere ondersoek om
die verhouding van studente tot akademiese personeel te verbeter.
DIE UNIVERSITEIT SE PERSONEEL: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwit
Strategieë
Prestasie-aanduiders
Werf en behou uitnemende akademiese en steundienspersoneel
1. Aktiewe werwing van akademiese personeel deur ʼn reeks nasionale, streeks- en internasionale netwerke
2. Buigsame menslikehulpbronnebeleid 3. Aantreklike werkomgewing en
uitstekende fasiliteite 4. Aktiewe werwing van steunpersoneel
- Persentasie personeel met nagraadse kwalifikasies
- Persentasie permanente personeel - Persentasie bedankings van personeel - Akademiese personeel: aantal NRF-
gegradeerde wetenskaplikes aangestel
Vestig ʼn diverse personeelkorps
1. Geteikende befondsing om navorsingsuitnemendheid te behaal
2. Aansporings en toekennings vir sukses
- Gelyke-indiensnemingsdoelwitte - Diversiteit van personeelsamestelling (per
departement)
Verminder die verhouding studente: akademiese personeel in sleuteldepartemente
1. Verhoogde spandering aan akademiese personeel
2. Meer akademiese aanstellings in sleuteldepartemente
- Besteding aan akademiese personeel as persentasie van totale besteding
- Gedifferensieerde verhouding student tot personeel
SLEUTELDOELWIT: Verdubbel die huidige aantal NRF-gegradeerde akademiese personeellede
Studente aan die Universiteit van Pretoria
Studente is die lewensbloed van ʼn universiteit. Die werf van die mees talentvolle studente sal
daarom hoë prioriteit geniet.
Die Universiteit van Pretoria het egter beperkte kapasiteit. Dit beteken toenemend dat die studente
wat toegelaat word, gekeur word uit ʼn groot aantal aansoekers. Gegewe die belangrikheid van
diversiteit, moet ons studente die intellektuele belangstelling en vermoëns hê om suksesvol te wees,
asook verteenwoordigend wees in terme van ras, geslag, sosiale klas en taalvoorkeur.
Om ʼn verteenwoordigende studentekorps te verseker, word die Universiteit tans genoodsaak om
studente met ʼn betreklike breë spektrum van finale skooluitslae toe te laat. Voorsiening word
spesifiek gemaak vir graadprogramme met ʼn grondslagjaar wat effektief ʼn jaar by die studietydperk
voeg. ʼn Beduidende aantal studente is reeds byvoorbeeld op hierdie manier toegelaat tot grade in
natuurwetenskappe en ingenieurswese. Soortgelyke programme word ook in die vooruitsig gestel vir
ekonomie en bestuur, en opvoedkunde. Die eerste jaar van hierdie programme word op die
Universiteit se Mamelodi-kampus aangebied. Hierdie programme is tans belangrik; maar namate die
Suid-Afrikaanse skoolstelsel normaliseer en vir alle leerders gelyke geleenthede bied vir ontwikkeling
en bewyslewering van hul intellektuele vermoëns, sal die klem op die uitgebreide programme
verminder.
Om goeie studente te behou en die omstandighede te skep waarin hulle waarskynlik akademies
suksesvol kan wees, sal die Universiteit van Pretoria toepaslike akademiese en ander vorms van
ondersteuning aan alle studente lewer, insluitend nagraadse studente. Dit is ook ons voorneme dat
geen student met akademiese meriete toegang tot die Universiteit geweier sal word weens ʼn gebrek
aan finansiële hulpmiddele nie.
ʼn Sterk en gebalanseerde akademiese program moet studente onder andere meer toerus met
lewensvaardighede wat gebaseer is op universeel aanvaarde waardes. Studente word verder aan
holistiese leergeleenthede blootgestel danksy die moontlikhede wat die kampusse bied. As sentrum
vir die skep van nuwe kennis deur navorsing, beoog ons veral om ʼn ondersoekende en
entrepreneuriële ingesteldheid in studente te kweek.
Baie studente verkies om in die Universiteit se koshuise te woon. Almal wat aansoek doen, kan
ongelukkig nie toegelaat word nie. Die Universiteit beoog om die koshuiskapasiteit te verhoog om
ten minste die bestaande verhouding tussen die getal beskikbare beddens en ingeskrewe
studentetal te handhaaf namate die Universiteit groei. Dit mag alternatiewe modelle van befondsing
en geakkrediteerde openbare-privaat vennootskappe vereis, asook verskillende
akkommodasietariewe om voorsiening te maak vir die verwagte 25 persent van studente wat deur
die Universiteit gehuisves word. Alle koshuise moet hul verbind tot die ontwikkeling van ʼn kultuur
van leer wat op die Universiteit se kernwaardes gebaseer is.
Die ervaring van studentwees aan ʼn groot residensiële universiteit vereis verder dat die Universiteit
van Pretoria ʼn stimulerende omgewing skep wat bevorderlik is vir studie en kundigheid vir alle
studente – vir diegene in koshuise asook dagstudente. Met hierdie doel in gedagte sal die
Universiteit die ondersteuning aan fakulteit- en daghuise voortsit. Die Universiteit sal ook
studentesentra ontwikkel waar studente tussen lesings kan studeer en waar ʼn
gemeenskaplikheidsgevoel en portuurgroepondersteuning gekweek kan word.
DIE UNIVERSITEIT SE STUDENTE: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwitte
Strategieë
Prestasie-aanduiders
Werf en keur die mees talentvolle studente uit alle SA-gemeenskappe op die basis van akademiese meriete
1. Gebruik sowel uitslae van skoolverlaters as addisionele assessering om studente met goeie kognitiewe vermoëns en intellektuele belangstelling te identifiseer
- Verspreiding van TP-tellings (APS) vir studente wat vir die eerste keer registreer
- Slaagsyfer in toelatingsassessering
Verhoog diversiteit in terme van ras, geslag, sosiale klas en taalvoorkeur
1. Werf studente aktief vanuit die volle spektrum van stedelike en landelike gebiede
- Diversiteitsprofiel van studente (persentasie swart, vroulik, internasionaal, Afrikaanssprekend)
- Persentasie plaaslike en internasionale studente
Skep omstandighede vir suksesvolle studie
1. Verskaf finansiële hulp aan verdienstelike studente uit arm omstandighede
2. Verskaf so veel as moontlik koshuisakkommodasie
- Finansiële hulp aan studente as persentasie van onderrigfooie
- Persentasie studente in universiteitskoshuise - Persentasie studente in daghuise
SLEUTELDOELWIT: Identifiseer, werf en laat bestepresteerder-skoolverlaters toe van oor die land gebaseer op matriekuitslae en/of prestasie in toelatingstoetse
Steundienste
Gehalte steun- en ontwikkelingsdienste is ʼn voorvereiste vir die ondersteuning van akademici om
uitnemende navorsers en leerkragte te word en te wees, en die ondersteuning van studente om die
uitdagings van die universiteitsomgewing en hul studie die hoof te bied.
Die “waardefunksie” van elke steundiens aan die Universiteit van Pretoria is onontbeerlik vir die
bereiking van die Universiteit se langtermynvisie en sluit ʼn reeks aktiwiteite in wat bydra tot die
versterking van die instelling se identiteit en produktiwiteit. ʼn Aantal kernsteundiensfunksies word
hieronder aangedui:
Toegang tot gerieflike en effektiewe administratiewe dienste
Ondersteuning vir navorsing en innovasie vir akademici, nagraadse studente en nadoktorale
genote
Akademiese ontwikkeling en ondersteuning vir onderrig, leer en assessering
Institusionele beplanning en strategiese bestuursinligting
Effektiewe biblioteek- en inligtingsdienste
Goedbestuurde fasiliteite en laboratoriums
Inligting- en kommunikasietegnologie en kennisbestuurstelsels
Fasiliteite wat ʼn stimulerende omgewing daarstel vir onderrig, leer, navorsing en kundigheid
Oorkoepelende gehalteversekering van die Universiteit se aktiwiteite.
Toegang tot gerieflike en doelmatige administratiewe dienste is van die uiterste belang vir die
welsyn van personeel en studente. Dit sluit die ondersteuning verleen aan die kernfunksies van die
Universiteit in, naamlik navorsing en innovasie asook onderrig, leer en assessering. Akademiese
administrasie is verder belangrik vir doeltreffende rekordhouding en beheer. Daarbenewens stel
institusionele beplanning en strategiese bestuursinligting die Universiteit se leierskap in staat om die
verloop van prestasie van doelwitte te meet en te evalueer teen kernaanduiders, terwyl
gehalteversekering die Universiteit se interne selfregulering en eksterne prosesse van eksterne
evaluering, onafhanklike ouditering en internasionale akkreditasie ondersteun.
Die gesonde bestuur van inligting en kennishulpbronne, onder meer deur die biblioteekstelsel, is
grondliggend ter bereiking van die visie om ʼn navorsingsintensiewe universiteit te wees. Voorsiening
sal in die Universiteit se biblioteke gemaak word vir verbeterde dienste aan nagraadse studente,
veral aan navorsingstudente. Hierdie dienste sal wissel van hulpverlening met verkryging van
inligting tot gereserveerde areas waar studente ongehinderd kan werk.
Inligting- en kommunikasietegnologie (IKT) is ʼn noodsaaklike strategiese hulpbron vir die Universiteit
se wetenskaplike werk, die bestuur van kennis, interaksie met studente, personeel en lede van ander
instellings en vir die doelmatige administrasie van die Universiteit. Dienooreenkomstig wil ons streef
om die Universiteit se stelsels in pas te hou met internasionale ontwikkelings op die gebied in die
veld, en om inligting- en kommunikasietegnologie in te span as strategiese hulpbron.
ʼn Omgewing beïnvloed die atmosfeer van die aktiwiteite wat daarin plaasvind. Om hierdie rede wil
die Universiteit verseker dat die omgewings waarin dit funksioneer, die akademiese strewes daarvan
ondersteun. Dit sluit in die voorsiening van ʼn aantreklike en veilige fisiese omgewing vir alle
personeel en studente.
DIE UNIVERSITEIT SE STEUNDIENSTE: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwitte
Strategieë
Prestasie-aanduiders
Gerieflike en doelmatige administratiewe dienste
1. Ondersteuning van doelmatige studenteregistrasie, toelating en graduering
2. Nakoming van statutêre verpligtinge in terme van HEMIS- voorleggings
3. Effektiewe rekordhouding en dokumentasie vir doeleindes van beheer
- Inskrywingsbeplanning teen beplande institusionele doelwitte
- Akkurate inligting oor personeel, studente, finansies en ruimtes
- Ongekwalifiseerde eksterne ouditverslae oor statutêre voorleggings
- Toeganklike huidige en geargiveerde rekords oor beleide en besluite
Goeie navorsingsfasiliteite
1. Verskaffing van gepaste navorsingsfasiliteite, insluitend laboratoriums
- Ruimte in laboratoriums per kategorie - Ruimte toegeken vir navorsing
Ondersteuning van navorsing en innovasie
1. Verskaffing van effektiewe inligting, ondersteuning en oorsig oor nagraadse en nadoktorale programme
2. Verskaffing van inligtingondersteuning en bestuur van navorsingstoekennings en -kontrakte
3. Internasionale fondswerwing 4. Handhawing van toepaslike
databestuur oor navorsingsaktiwiteite en -uitsette
- Aansienlike verhoging in navorsingsbefondsingstroom
- Eksterne erkenning van bestuurseffektiwiteit wat toekennings en kontrakte betref
- Goed gevestigde inligtingsentrum en toesigfunksionaliteit oor nagraadse fakulteitsprosesse
- Belyning van databasis met interne en eksterne bronne van navorsingsdata
Ondersteuning van onderrig en leer
1. Verskaffing van teikengerigte ontwikkelingsdienste en ondersteuning aan personeel en studente
- Aantal opgeleide akademici - Aantal dosente ondersteun om die
deursetsyfer en kurrikuleringsagteware te verbeter
- Aantal studente ondersteun
Strategiese bestuursinligting
1. Ontleding van institusionele prestasie teen kernaanduiders
- Aantal ontledings voorgelê - Kernaanduiders gemeet teen nasionale en
internasionale norme, tendensontledings en omgewingskanderings
Goeie akademiese biblioteke
1. Verskaffing van genoegsame biblioteek- en studieruimte
2. Versekering van toegang tot akademiese inligtingsbronne
- Aantal kampusstudente per biblioteeksitplek - Aantal biblioteekbesoeke per dag - Aantal toeganklike elektroniese databasisse - Kliëntediensopname
Gehalteversekering en implementering van die taalbeleid
1. Bestuur van eksterne evaluering, oudits en programakkreditasiebesoeke
2. Fasilitering van interne selfregulering deur gehalteversekeringsprosesse
3. Bestuur en verfyning van die taalbeleid en die effektiewe implementering daarvan
- Institusionele erkenning van die rol van gehalteversekering en verhoogde versoeke vir gehalteversekeringsondersteuning
- Verhoogde aantal programme met internasionale akkreditasie
- Praktyke teen internasionale norme gemeet met betrekking tot toepassings van meertaligheid in universiteite
IKT en kennisbestuur* 1. Verhoging van toegang en die effektiwiteit van IKT-dienste
2. Ontwikkeling en implementering van kennisbestuursbeleid en -prosedures
- Positiewe uitkoms op kliëntediensopname - IKT-verskaffing en kennisbestuur gemeet teen
internasionale praktyke
Fisiese omgewing Sien volgende afdeling en tabel onder
SLEUTELDOELWIT: Geleidelik verhoogde vlakke van tevredenheid met steundienste soos gemeet deur opnames en teen internasionale maatstawwe van goeie praktyk
*Aanduiders en maatstawwe wat deur internasionale navorsingsintensiewe universiteite gebruik word sal nagevors en toegepas word
Kampusse en fasiliteite
Die Universiteit van Pretoria het ʼn groot en omvattende verskeidenheid fisiese fasiliteite, versprei
oor ses kampusse in Pretoria en een in Johannesburg (Illovo). Alle kampusse in Pretoria bied
koshuisakkommodasie en die Illovokampus het ʼn studentehotel. Daar is ook ʼn aantal
satellietkampusse wat die Universiteit in staat stel om die kliniese en steundienste vir onderrig uit te
brei na meer afgeleë gebiede:
1. Die Hatfieldkampus huisves die Fakulteite Geesteswetenskappe; Regsgeleerdheid; Teologie; Ekonomiese en Bestuurswetenskappe; Natuur- en Landbouwetenskappe; en Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie, asook die sentrale administrasie en ʼn aantal koshuise vir damestudente.
2. Die Hillcrestkampus huisves die Universiteit se hoofsportfasiliteite, die meeste van die manskoshuise en die proefplaas.
3. Die Groenkloofkampus huisves die Fakulteit Opvoedkunde en ʼn aantal koshuise en verdere
sportfasiliteite.
4. Die Mamelodikampus is die tuiste van ʼn aantal verlengde programme, koshuisakkommodasie en verskeie van die Universiteit se gemeenskapsbetrokkenheidsprojekte.
5. Die Prinshofkampus huisves die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Dit is geleë langs die hoof-
provinsiale akademiese hospitaal wat deur die Universiteit gebruik word, en daar is ook ʼn aantal koshuise.
6. Die Onderstepoortkampus huisves die Fakulteit Veeartsenykunde, die Universiteit se
Veeartsenykundige Hospitaal, die Eenheid vir Onderrigdiere, asook koshuise.
7. Die Illovokampus in Johannesburg bevat die Gordon Institute of Business Science (GIBS), asook ʼn studentehotel.
Die uitbreiding van fisiese fasiliteite vir ʼn stedelike universiteit het dikwels ʼn lang wagtydperk weens
die beperkinge van die bestaande infrastruktuur en aangrensende gebruikers.
Langtermynbeplanning is dus noodsaaklik.
Deur die HEMIS-ruimtenorms te gebruik, word daar geskat dat ʼn addisionele 89 000 toekenbare
vierkante meter bouterrein benodig sal word om die realistiese groei tot 2025, soos genoem, te
akkommodeer. Dit is gelykstaande aan ʼn uitbreiding van 17,6% aan die Universiteit se fasiliteite,
hoofsaaklik deur die oprigting van nuwe geboue.
Twee-derdes van hierdie uitbreidings sal waarskynlik op die Hatfieldkampus plaasvind, gegewe die
huidige plasing van die departemente wat geoormerk is vir groei. Benewens bestaande
moontlikhede op hierdie kampus, besit die Universiteit ʼn aansienlike hoeveelheid eiendom tussen
die Hatfield- en Hillcrestkampusse wat die groei sou kon akkommodeer. Die Universiteit sal
desnieteenstaande voortgaan om hierdie eiendomme te konsolideer indien geskikte grond in die
mark beskikbaar kom. Gesprekke sal ook voortgaan met die munisipale bestuur oor die implikasies
van die beplande fisiese uitbreidings van die Universiteit vir stadsbeplanning. Die resultate hiervan
sal deel wees van die insette in die ontwikkeling van omvattende ruimtelike planne vir al die
Universiteitskampusse.
Nasionale behoeftes wat deur die regering geprioritiseer word, dui op ʼn verhoogde inname van
studente in mens- en dieregesondheidswetenskappe. Die Universiteit sal daarom veral aandag moet
gee aan die uitdaging van fisiese beperkings op sowel die Prinshof- as Onderstepoortkampusse,
asook die nodige infrastruktuur op satellietkampusse.
FISIESE UITBREIDING TOT 2025: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwit
Strategieë
Prestasie-aanduiders en doelwitte
Beplan ruimtelike ontwikkeling wat in die stedelike konteks toepaslik is
1. Ontwikkel langtermyn ruimtelike planne vir al sewe kampusse
2. Beplanning in ooreenstemming met strategieë vir stedelike hernuwing soos suksesvol toegepas in ander stede
3. Volgehoue verkryging van erwe in die korridor tussen die Hatfield- en Hillcrestkampusse
- Aantal kampusplanne gefinaliseer - Massaregte beskikbaar vir toekomstige
ontwikkeling - Persentasie van erwe wat deur die
Universiteit besit word in die korridor tussen die Hatfield- en Hillcrestkampusse
Verskaf voldoende fasiliteite van goeie gehalte om die groei in studentegetalle te akkommodeer
1. Bouprogramme opgestel aan die hand van projeksies en behoeftes aan studente- en personeelgroei
2. Ontwikkeling van bouprojekte en tydskedules
3. Ontwikkeling van program vir groot onderhoud-/hernuwingsprojekte
- Toekenbare vierkante meter per personeellid/student
- Goedgekeurde projekte en kapitaalplanne - Geskatte koste van die inhaal van agterstande
in onderhoud
Fasiliteer die effektiewe vloei van voetgangers en voertuie tussen kampusse
1. Ontwikkeling van verkeer- en vervoerplanne tussen kampusse
- Finalisering van vervoerplanne
SLEUTELDOELWITTE: Belyning van die verskaffing van fasiliteite met die groeistrategieë en inskrywingsdoelwitte van die Universiteit
Volhoubaarheid
Die Universiteit van Pretoria wil die finansiële vermoë wat nodig is om die akademiese doelwitte te
ondersteun, behou. Dit sal die volgende vereis: omsigtige finansiële en algemene bestuur, met
deurlopende evaluering en beperking van risiko’s waaraan die instelling blootgestel is, diversifisering
van bronne van inkomste, en ontginning van die ekonomiese waarde van die Universiteit se bates,
insluitend intellektuele goedere.
Die Universiteit steun ook die definisie van volhoubaarheid as “ontwikkeling wat voldoen aan die
behoeftes van die huidige geslag, sonder om die vermoë van toekomstige geslagte om aan hul
behoeftes te voldoen, in gevaar te stel”.1 Dit impliseer ʼn aanvaarding van die beginsel dat
volhoubaarheid finansiële, omgewings- en sosiale implikasies inhou.
In die jare wat kom, sal die “groen” ranglysting van universiteite toenemend onder die soeklig kom,
gegewe die hoë premie wat op omgewingsvolhoubaarheid in ʼn hulpbronbeperkte wêreld geplaas
word en, daarmee saam, die volhoubaarheid van sosiale praktyke. Die Universiteit van Pretoria is
van voorneme om hierdie uitdaging ten volle in die huidige beplanningsiklus aan te spreek en om die
beleid en implementeringseffektiwiteit wat verband hou met koolstofbestuur, energie, afvalbestuur
en die hergebruik en herwinning van die aansienlike hoeveelheid materiaal wat die instelling
verbruik te gebruik as standaard vir volhoubaarheid.
DIE UNIVERSITEIT SE FINANSIËLE VOLHOUBAARHEID: DOELWITTE EN STRATEGIEË
Doelwitte
Strategieë
Prestasie-aanduiders
Solvensie 1. Versekering dat genoegsame finansiële hulpbronne beskikbaar is om doelwitte te bereik
2. Ontwikkeling van ’n langtermynkapitaalplan vir die Universiteit se beplande uitbreiding
- Verhouding van bates tot laste - Finalisering van langtermynkapitaalplan
Likiditeit 1. Versekering van genoeg likiditeit - Verhouding van korttermynfondse tot korttermynverpligtinge
Verhoogde navorsingsbefondsing
1. Aktiewe inwin van befondsing vir INT’s en ander navorsingsprojekte
2. Verhoging van derdestroominkomste 3. Verhoging van die vloei van fondse
van die Universiteit se kommersiële ondernemings na navorsing
- Persentasie reële jaarlikse toename in navorsingsbefondsing
- Persentasie reële toename in derdestroominkomste
- Persentasie reële toename in fondse wat van die Universiteit se kommersiële ondernemings na navorsing vloei
Geïntegreerde verslagdoening
1. Implementering van geïntegreerde verslagdoening in die finansiële, omgewings- en sosiale kategorieë
- Goedkeuring van geïntegreerde verslae - Aanspreek van tekortkominge wat uit
inligting in verslae geïdentifiseer word
Sosiale en omgewingsvolhoubaarheid
1. Ontwikkeling van beleid en implementeringsplanne met betrekking tot volhoubaarheids-praktyke
- Assessering van beleid teen gestelde norme - Ontwikkeling van prestasie-aanduiders - Vasstelling van basislyndata met betrekking
tot afval, energie- en waterverbruik en vervoer
1 G Brundtland (red), 1987.
SLEUTELDOELWIT: Verdubbeling van inkomste uit donasies en kommersiële aktiwiteite en ʼn verhoging in die persentasie wat na navorsingsprojekte vloei