5
Secondary Story Headline Hemelvaart (Deur M.Smith) Junie 2013 The Gateway Skool Uitgawe 4 The Gateway Skool Nuusbrief Hemelvaart by ons skool is die jaar gevier met 'n inspirerende boodskap deur die skool se geliefde pastoor, Wynand. Sasol het die skool geborg met helium en ballonne om die jaar weereens Hemelvaart op 'n konkrete manier te ervaar. Elke leerling het 'n ballon ontvang met 'n Bybelversie aan die toutjie geheg. Almal het voor die personeelkamer vergader en op 'n gegewe oomblik het almal hulle ballonne laat opstyg. Die leerlinge het daarmee gehoop dat iemand wat bemoediging nodig het, 'n ballon met die Bybelversie sal ontvang. Die leerlinge het in verwondering na die kleurvolle ballonne gestaar soos hulle opgestyg het. Sommige het met groot opgewondheid hulle spesifieke kleur ballon gevolg. Ons is Sasol Ruimsig en die blommewinkel in Featherbrook Estate baie dankbaar dat hulle bygedra het om dit 'n onvergeetlike ervaring vir die leerlinge te maak.

The Gateway Skool Nuusbrief JUNIE 2013.pdf · 2013. 7. 25. · Maak oulike handewerk uit Herwinbare Produkte Handewerk uit herwinbare produkte: Idees vir kreatiewe projekte gedurende

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Secondary Story Headline

    Hemelvaart (Deur M.Smith)

    Junie 2013

    The Gateway Skool

    Uitgawe 4

    The Gateway Skool Nuusbrief

    Hemelvaart by ons skool is die jaar gevier met 'n inspirerende boodskap deur die skool se geliefde pastoor, Wynand. Sasol het die skool geborg met helium en ballonne om die jaar weereens Hemelvaart op 'n konkrete manier te ervaar. Elke leerling het 'n ballon ontvang met 'n Bybelversie aan die toutjie geheg. Almal het voor die personeelkamer vergader en op 'n gegewe oomblik het almal hulle ballonne laat opstyg. Die leerlinge het daarmee gehoop dat iemand wat bemoediging nodig het, 'n ballon met die Bybelversie sal ontvang. Die leerlinge het in verwondering na die kleurvolle ballonne gestaar soos hulle opgestyg het. Sommige het met groot opgewondheid hulle spesifieke kleur ballon gevolg. Ons is Sasol Ruimsig en die blommewinkel in Featherbrook Estate baie dankbaar dat hulle bygedra het om dit 'n onvergeetlike ervaring vir die leerlinge te maak.

  • Die skoolsokkie het op Woensdag 22 Mei 2013 plaasgevind.

    Die leerders het gesmul aan ‘n verskeidenheid

    lekernye en koeldranke terwyl hulle heerlik in die

    skoolsaal gedans het en foto’s op hulle selfone geneem

    het.

    Ongeveer 8% van skoolgaande leerders word geaffekteer deur die gedragsversteuring, AGHS.

    Alhoewel die rede daarvoor nog nie bekend is nie, word seuns 3 keer meer deur AGHS geaffekteer as

    dogters. Kinders met AGHS tree impulsief op, sukkel om te fokus en is hiperaktief. Alhoewel hierdie

    kinders verstaan wat van hulle verwag word, sukkel hulle om take te voltooi aangesien dit moeilik is

    om stil te sit en aandag te gee.

    Die meeste jong kinders tree so op wanneer hulle angstig of opgewonde is. Die verskil met AGHS is

    egter dat die simptome oor ‘n langer tydperk teenwoordig is en in

    verskillende omstandighede voorkom. Die simptome van AGHS

    bemoeilik ‘n kind se vermoë om sosiaal, akademies en moontlik

    onafhanklik te kan funksioneer.

    Daar is egter goeie nuus! Met die nodige behandeling en ondersteuning

    kan kinders met AGHS leer om hulle simptome suksesvol te beheer.

    Webtuistes vir verdere inligting in verband met AGHS:

    www.adhasa.co.za

    www.m.kidshealth.org/

    Andagsgebrek en Hiperaktiwiteits Sindroom(AGHS) Deur Alta Fisher

    The Gateway skool word gekenmerk deur ‘n intelligente personeelgroep. Ons wil graag

    Juffrou Nita Norris en Phuleng Patrick geluk wens met die verwerwing van hulle

    onderwys-deplomas.

    Onderwysers en assistente wat nog studeer sluit in Ruth Maenganya, Lydia Mofokeng,

    Juffrou Lizanne Hattingh, Juffrou Hanri Booyens, Juffrou Shona Blunn, Juffrou Debbie

    Breedt, ons onderhoof Anne Ruscheinski en selfs ons skoolhoof, Mev Kempen! Baie

    sterkte. Ons glo julle sal uitstekende resultate verwerf.

    PERSONEELHOEKIE

    Skooldans

    Soos wat die winter stadig

    nader kruip sien ons hoe bome

    verkleur en hulle blare verloor

    Bladsy2 The Gateway Skool Nuusbrief

  • Maak oulike handewerk uit Herwinbare

    Produkte Handewerk uit herwinbare produkte: Idees vir kreatiewe projekte gedurende die Junie vakansie:

    Groen handewerk is die kreatiewe verwerking van ou

    wegooibare produkte na ietsie nuuts, smaakvols, oulik en

    handig.

    Enige produkte wat omskep gaan word in kreatiewe artikels

    moet skoon en droog wees – die meeste kan eers vooraf in

    warm seperige water gewas word. Verseker dat daar geen

    skerp punte of klein

    loshangende stukkies is

    wat ‘n gevaar kan inhou

    vir klein kindertjies nie.

    HERWINNING “RECYCLING PRIVATE EYES” (Deur Karen Smit)

    Bladsy 3 Uitgawe 4

  • In ons Januarie nuusbrief het ons die vyf sektore bespreek waaruit The Gateway Skool se werksopleidings

    en oorgangsbeplanningsprogram bestaan. Ons het ook redes gegee van waarom dit belangrik is dat ons

    skool se leerders moet werk nadat hulle die skool verlaat het. Om suksesvol te wees in enige program moet

    realistiese doewitte gestel word. Ons doelwitte vir die werksopleidingsprogram is om:

    Leerders op hul toekoms te fokus

    Navorsing dui dat werksopleiding en oorgangsbeplanning leerders help om vinniger vanaf ‘n

    onsekere fase direk nadat hulle skool verlaat het, te beweeg na stadium waarin hulle meer gefokus

    is en hulle toekomsbeplanning kan doen.

    Ouers te bemagtig om ingeligte besluite te neem

    Ouers weet dikwels nie wie om te vra, waar om hulp te soek nie en is nie toegerus om raad te gee

    oor indiensnemingsfasette nie. By The Gateway Skool bemagtig ons ouers met hierdie vaardighede

    gedurende ons werksopleiding inligtingsoggend gedurende die begin van die vierde kwartaal asook

    tydens die individuele onderhoude met die ouers.

    Leerders te ondersteun om hul rolle as volwassenes aan te neem

    Die oorgangsfase verwys na die tydperk waar die leerder se rol verander vanaf leerder wees na

    volwassene in die gemeenskap. Geïdentifiseerde rolle sluit in: Semi-geskoolde of geskoolde arbeid ,

    hulp aan te bied om ‘n blyplek in stand te hou, betrokke te raak in die gemeenskap en om

    aanvaarbare persoonlike en sosiale verhoudinge aan te knoop.

    Leerders se onafhanklikheidsvlak te verbeter

    Die mate waartoe ‘n persoon die aktiwiteite van daaglikse lewe kan uitvoer hou direk verband met

    sy vlak van onafhanklikheid.

    Om die leerders toe te rus met uitstekende vaardighede om werk te kry in die gemeenskap waar hy/ sy woon.

    In ouers se gedagtes sal die volgende vraag waarskynlik dadelik opkom: “Wat doen die skool om hierdie

    doelwitte te bereik?” By The Gateway Skool implementeer ons die nuutste kurrikulum en onderrig die

    leerders in Taal, Wiskunde en Lewensvaardighede. Om

    hul ontwikkeling verder te verryk en om hul vir die lewe

    na skool voor te berei, bied ons vakonderwys aan in

    Rekenaars, Kuns, Verbruikers- en Gasvryheidstudies,

    Sang, Houtwerk, Werksopleidingskennis en Sport.

    Leerders in die Grondslagfase word blootgestel aan

    minder vakonderrig. Hulle roosters sluit ondermeer,

    Rekenaaropleiding, Sang en Sportopleiding, terwyl

    leerders in die Werksopleidingsfase bevoorreg is om

    onderrig te ontvang in feitlik al die vakke wat in die skool

    aangebied word.

    Moenie ons volgende nuusbrief mis waarin ‘n opsomming

    van elkeen van die vakke gegee sal word en aangedui sal

    word hoe die inhoud van die vakke die leerder vir sy

    toekoms voorberei.

    WERKSOPLEIDING EN OORGANGSBEPLANNING (Deur C Vlachos)

    Bladsy 4 Uitgawe 4

    Geagte Ouers, Ek het ‘n voltydse werker wat bedags na my 19 jarige serebraalgestremde dogter kyk en as my huishulp werk. Sy is opgelei deur die werkers by Pathways en is uistekend met my dogter. Sy is vriendelik en altyd gewillig om nuwe vaardighede aan te leer. Ongelukkig werk ek baie lang ure en sy sukkel met vervoer. Ek sal graag vir haar ’n werkie met billike werksure wou verkry. Vir navrae kontak my aseblief op die nommers onder. Vriendelike groete. Engela Boshoff Kontak besonderhede Tel: 011 279 4018 | Faks: 086 675 2978 | Cell: 082 561 5058

  • 21 Junie — Skool sluit

    8 Julie—12 Julie - Skool kamp

    Hibberdine

    15 Julie - Skool heropen

    Van Dalenstraat Noord Ruimsig

    The Gateway Skool

    Nommer: (011) 958 2080 Faks: (011) 958 2084 E-pos: [email protected]

    AFSKEURSTROKIE

    Ons is op die webwerf —

    www.thegatewayschool.co.za

    Hiermee erken ek, ________________________________ (ouer se naam) ouer/voog van

    _________________ in juffrou ___________________ se klas, ontvangs van The Gateway

    Skool se nuusbrief nommer 6/2013.

    _________________________

    Handtekening van ouer / voog