8
Saterdag 14 Julie 2012 GRATIS VOLG ONS OP TWITTER @StronkKoerant vir die nuut- ste feesnuus KOOS KOMBUIS ‘Ek haat dit om kerk toe te gaan’ BL. 2 Weergids Vere waai met Bobby van Jaarsveld-vertoning op Vryfees. Carla Wessels (18, links) en Charissa Venter (19), albei van Bloemfontein, het Bobby gisteraand behoorlik met verekussings in die Blêrkas op Kovsie-kampus bymekaargemaak Foto: WILLEM VAN DER BERG

Stronk 14/7

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Laaste uitgawe van die amptelike feeskoerant van die lekkerste fees in die land. #Vryfees

Citation preview

Page 1: Stronk 14/7

Saterdag 14 Julie 2012 GRATIS

VOLG ONS OP TWITTER

@StronkKoerantvir die nuut­ste feesnuus

KOOS KOMBUIS

‘Ek haat ditom kerk toete gaan’ BL. 2

Weergids

Vere waai met Bobby van Jaarsveld­vertoning op Vryfees. Carla Wessels (18, links) en Charissa Venter (19), albei van Bloemfontein, het Bobby gisteraand behoorlik met verekussings indie Blêrkas op Kovsie­kampus bymekaargemaak Foto: WILLEM VAN DER BERG

Page 2: Stronk 14/7

2 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Kontak ons!

Redakteur:Vicus BürgerProduksie:Charles SmithReza van RooyenMadelein VenterFotograwe:Lize van den BergWillem van der BergVerslaggewers:Leandré BlumeRuan BruwerHenry CloeteTheuns du BuissonJan GerberSimoné HaggardMargo OlivierFrancois Theart

Stronk-span

Bel die Stronk­kantoor by 051­401­9878/9880/9878/9418. DieStronk­kantoor is vir die duur vandie fees in die gazellie van die kos­huis Huis Kestell op die kampus vandie Universiteit van die Vrystaat.Bel die redakteur, Vicus Bürger, by083­704­0950 of stuur ’n e­pos [email protected] is ’n publikasie van dieVolksblad­groep.

09:0009:00 Boeke­ontbyt (Vishuis­eetsaal)09:0009:00 Vicky Fourie: Viva Vicky(UV­Sakeskool, lokaal 2)09:3009:30 Putsonderwater (ATKV­Wynand Mouton­teater)09:3009:30 Lize Beekman (Kunste­trust­Odeion)09:3009:30 Robin Hood (Koowee­Repteater)09:3009:30 Voor ek vergeet (Eunice­laerskoolsaal)09:3009:30 Jou eie keuse (UV­Sake­skool, lokaal 1)10:0010:00 Boksballade (kykNET­Scaena)10:0010:00 Ses snare (Sand du Ples­sis­teater)10:0010:00 The F­word (Kampusto­neel, Eunice­teater)10:3010:30 Kaapse Wynland­flieks,prog A (UV­Sakeskool, lokaal 3)10:3010:30 3 Prima donnas x 2 (Man­go­André Huguenet­teater)11:0011:00 Blue rain on a Tuesday(Aasvoëlklub)11:0011:00 Jan van der Merwe: Vry­staatse dorpe (UV­Sakeskool,lokaal 2)12:0012:00 Die Tam Tams hou talent­kompetisie (Koowee­Repteater)12:3012:30 Die woud (Kampustoneel,Eunice­teater)13:0013:00 Die rebellie van Lafras Ver­wey (ATKV­Wynand Mouton­te­ater)

13:0013:00 More beautiful piano(Kunstetrust­Odeion)13:0013:00 Jou eie keuse (UV­Sake­skool, lokaal 1)13:3013:30 Die Bram Fischer­wals(kykNET­Scaena)13:3013:30 Chris Chameleon (Sand duPlessis­teater)13:313:3 00 Navi Redd (Mango­AndréHuguenet­teater)13:3013:30 Koos Kombuis (Aasvoël­klub)14:0014:00 Labirint (Eunice­hoër­skoolsaal)14:0014:00 Annale van ’n windgat(Aasvoëlklub)14:3014:30 SMS: Babakoors! (Koo­wee­Repteater)11 5:005:00 No added charges (Kam­pustoneel, Eunice­teater)15:0015:00 Hier staanek (boeke, UV­Sa­keskool, lokaal 1)16:0016:00 Bagatelle &Études (Kunste­trust­Odeion)16:3016:30 Ou blare(kykNET­Scaena)17:0017:00 Jak de Pries­ter (Mango­AndréHuguenet­teater)17:0017:00 Kaptein Blitzen die skool vir su­

perheroes (Eunice­laerskool­saal)17:0017:00 Shutter 7 (UV­Sakeskool,lokaal 1)17:3017:30 Stef Bos (Sand du Plessis­teater)11 8:008:00 Ian Roberts en RKO (Aas­voëlklub)18:3018:30 Beatrix (Eunice­teater)19:0019:00 Johrné van Huyssteen(Kunstetrust­Odeion)19:0019:00 Elnora en Nirvana (Koo­wee­Repteater)20:0020:00 Hol & Seashells (kykNET­Scaena)20:0020:00 Teerling (Eunice­hoër­skoolsaal)20:0020:00 Pa . . . vir dummies (Euni­ce­laerskoolsaal)20:0020:00 Die rebellie van LafrasVerwey (ATKV­Wynand Mouton­teater)20:3020:30 Wouter Kellerman (Sand

du Plessis­teater)20:3020:30 Navi Redd(Mango­André Hu­guenet­teater)21:0021:00 ONT (Eunice­teater)21:0021:00 Ian Robertsen RKO (Aasvoël­klub)22:0022:00 Die graswe­wenaar (ATKV­Wy­nand Mouton­tea­ter)

Dagprogram

‘Ek haat dit om kerk toe te gaan’Theuns du Buisson enSimoné Haggard

“EK is mal oor gospel-musiek. Ekhouvandiebeatenekhoudaarvandat jy nie hoef skaam te wees nie,maar ek haat kerk toe gaan.”

Só het Koos Kombuis gister metsy vertoning in die Eunice-laer-skoolsaal gesê, terwyl hy van dieliedjies op sy nuwe CD, Dertien,wat hy as sy eie interpretasie vangospel-musiek beskryf, gesing het.

Die vertoning is begin op diemaatvanDieNagmaallied, gespeeldeur Melissa van der Spuy.

Hy het Melissa, op die klawer-

bord, voorgestel as die sexyste or-reliste wat hy nog gesien het. EnSchalk Joubert, op baskitaar, asdie basvioolspeler.

Sy vingers het soos spinnekop-pe, wat kokaïene gesnuif het, oordie snare gespring.

Dit was byna regtig soos ’n gos-pel-konsert. Dit was in ’n skool-saal, die klank was swak en die eenliedjie het selfs soos ’n gebedgeklink.

Die mense het handegevoustilgesit. Dit was glad nie die ge-wone Koos-vibe nie. Rook het niesoos ’n wolkombers bo die gehoorse koppe gehang nie. Al drank wat

te sien was, was Koos en Melissa seBeyerskloof Pinotage op die ver-hoog.

“Die mense sing nooit oor dieaarde nie, net oor die hemel,” hethy oor gospel-sangers gesê.

Hoewel sy nuwe musiek meer“geestelik” van aard is, het hysteeds nie sy slag met liefdeslied-jies en sy unieke humorsin verloornie. Die bewoording van sy liriekeis lekker en omstrede soos altyd –net soos in die refrein van die lied-jie wat hy vir sy vrou geskryf het.“Ag Here, gee my tog ’n vet vrou.Sykanmywarmindiebedhou. Sykan my in haar rolle toevou.”

Koos Kombuis gister in die Eu­nice­laerskoolsaal.Foto: WILLEM VAN DER BERGAmanda sê

oor haaren LuwesRuan Bruwer

DIE teaterpersoonlikheid Aman-da Strydom het gister aan Stronk’n gerug bevestig wat al jare lankdie ronde op die Kovsie-kampus doen.

Sy en die hoof van die drama-departement, Nico Luwes, wásdestyds romanties verbind nadathulle in 1976 mekaar op die stelvan die musikale produksie TheBoyfriend ontmoet het.

Strydom was toe in haartweede jaar as dramastudent.

Dit was egter volgens haar nievir Luwes wat sy die liedjieStoom geskryf het nie.

Oornawie sy indié liedjie (watspesifiek vir iemand geskryf isen waarin na landskappe inBloemfontein verwys word) ver-wys, swyg sy.

“Soveel mense het al aan-spraak daarop gemaak dat ek ditvir hulle geskryf het. Maar dis oukoeie en ek wil regtig nie eintlikhieroor praat of enigiemandseermaak nie.

“Ek het wel eendag voor dieWyand Mouton-teater vir Nicogevra hoekom hy stories ver-sprei dat ek Stoom vir homgeskryf het. Ek het gesê ek vinddit uiters aanmatigend. Hy hetnie iets terug geantwoord nie,”het Strydom gesê.

Luwes wou gister nie ’n woordoor enige romantiese verbin-tenis rep nie.

Die seer waarna Strydom ver-wys, het te make met haar skor-

sing uit die Universiteit van dieVrystaat. Dit het in haar eerstesemester van haar tweede jaar(1976) as dramastudent gebeur.

Volgens Strydom is sy skuldigbevind op grond daarvan dat synie ingeteken het in haar kos-huis, Huis President Steyn op dieKovsie-kampus, nie.

“Dit was die laaste dag vandie eksamen en ons het dit gaanvier. Ek het nie die aand terugge-keer koshuis toe nie, want ek soudie volgende oggend ’n trein PE(haar ouerhuis) toe vat.

“Dit (haar skorsing) was ’nperfektegeleentheidommyuit tewerk. Ek was toe reeds uit-gesproke oor my politieke oor-tuigings en iemand wat vooruitgedink het. Ek het ’n goeie ver-houding met ons koshuis seswart skoonmakers gehad.

“Dit was als dalk net ’n bietjieste veel vir die establishment vandie tyd gewees wat nie geneë metmy sienings was nie. Onthou,ons praat hier van die 1970’s.”

Sy sê dit het dinge destyds virhaar baie moeilik gemaak. “Dithet baie seer gemaak, ek was ’nvernedering vir die familie ge-wees en die eerste Strydom omgeskors te word. Dit het gemaakdat ek verskriklik versigtig is omiemand seer te maak.”

Strydom het aan die einde van1978 haar dramagraad op Tuk-kies behaal.

“Sedertdien het ek fantastiesetye hier (by Kovsies) gehad en iselkekeermetopearmsontvang.”

Amanda nogvandag op feesAMANDA STRYDOM is sederthaar laaste verskyning op dieverhoog as aktrise baie rolleaangebied, maar geen daarvanhet genoeg vleis aan gehad virhaar om dit te aanvaar nie.

“Daar was nooit iets wat totmy gespreek het nie. Toe ekhierdie teks (Voor ek vergeetdeur Karen Marx) sien, het ekgeweet dit sal dom wees om ditnie te aanvaar nie. Die stuk is somenslik, ek dink die suksesdaarvan lê juis daarin opge-sluit,” het Strydom gesê.

In die roerende drama tussenma en seun (gespeel deurHannes Muller) baklei albeiteen ’n siekte wat hulle onder-kry. Hierdie is Marx se heeleerste verhoogteks. Sy het voor-heen lank vir die sepie Egoligeskryf.

Die Vryfees-speelvak is dieproduksie se sesde. “Solankdaar speelgeleenthede aange-bied word waarin die teks totmy spreek, sal ek weer toneel-werk doen,” het Strydomverseker.– Ruan Bruwer) Voor ek vergeet is vanoggendom 09:30 in die Eunice­laerskool­saal.

Page 3: Stronk 14/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012 3

Bloemfontein trek rooi jas aanTheuns du Buisson

“IS Bloemfontein altyd so ’n lek-ker plek?”

Die vraag is al tallose kere dieweek gevra. Dan word dit op-gevolg met: “Theuns, jy bly moshier, nè?”

En dan moet ek antwoord.Maar wat sal ek hierop sê?

Ja, Bloemfontein is ’n lekkerplek. Dit reën maar min, so jykan die meeste dae doen wat jywil, tensy jy die een of andergeestesversteuring het wat vanjou vereis om net in die reën uitte gaan.

As jy so ’n versteuring het, isBloemfontein nie die plek vir jounie. As dit wel reën, veral in diewinter, verander Bloemfonteinin ’n ander plek.

Ek was verlede week in diestadion. Op die een of andermanier het die water alle Bloem-fonteiners verdryf.

Dit was skielik asof Nuwe-land op die Vrystaat-stadionneergedaal het. Die kleinerigeskare was almal in vlootblougeklee. Dit kan te wyte daaraanwees dat die meeste reëndigtebaadjies vlootblou is, maar diedreuning elke keer wanneer dieStormers ’n paar meter wen, hetdie teendeel bewys.

Nee wat, Bloemfonteiners isnou nie die mees patriotiesemense nie, al sê hulle ook so.

Op die Vryfees is hulle egter ’nbietjie beter. Die fees is ’n lekkerding, so jy vergeet sommer dit isin Bloemfontein.

Bloemfontein word as die stadmet die hart van ’n klein dorpiebeskryf. Ander beskryf dit weeras die stad met die brein van ’nplaas-opstal. Ek sal moet lieg asek sou sê dat ek nog nie na

Bloemfontein as laasgenoemdeverwys het nie.

Maar Bloemfontein verbaasjou ook. Net wanneer jy dinkdaar is geen hoop vir die pleknie, loop jy iemand raak. Ge-woonlik is dit ’n meisie in ’n rooijas. Meisies in rooi jasse laat ’nmens altyd beter dink van diedorp waarin jy hulle ontmoet.Dis asof ’n rooi jas ’n meisieoombliklik meer intelligentmaak. Of as dit ’n jas met ’n laehals is, pla dit jou ook nie juis asdit haar nie intelligenter ge-maak het nie. Maar dis nou ook’n storie vir ’n ander dag.

Nee wat, Bloemfontein is noumaar eenmaal ’n lekker plek.

Dis soos ’n klein hondjie.As jy ’n drol op die mat kry,

wil jy die dier maklik vir iets an-ders verruil, maar wanneer diehondjie ’n rooi winterjassieaantrek, kan jy net nie anders asom daarvoor lief te wees nie.

’n Pot vol stronk

Rooi stoelRooi stoel reis oral saamTheuns du Buisson

STRONK het sekerlik die mees bereserooi stoel op aarde ontmoet.

Theunis Minnie is ’n kunsfotograafvan Mosselbaai wat moeg geword hetvir die algemene landskapsfoto’s wathy altyd geneem het.

Hy het toe begin kyk na nuwemaniere om dit te doen en die oplos­sing het toe op ’n plaas te voorskyngekom.

“Ek het in ’n stadium by ’n plaas ver­bygery en in die middel van die werf hetdaar ’n sitkamerstoel gestaan. Hy hetnet so uit plek uit gelyk,” vertel Theunis.

Theunis het vir hom ’n rooi stoelaangeskaf en dit toer nou orals saam

met hom rond.Hy het foto's van die rooi stoel in die

Kango­grotte, op die strand, grasveldeen selfs tussen ’n trop olifante geneem.

“Met die olifante het ek amper ge­dink dit gaan die laaste shoot met dierooi stoel wees.”

Maar dit was darem mak olifante, endie rooi stoel het oorleef om nog baiereise te onderneem.

Om die regte stoel vir sy foto’s te kry,het Theunis by tweedehandse hande­laars omgegaan totdat hy die regtestoel opgespoor het.

“Toe ek hom kry, het die ouens gesêek moet voel hoe hy sit.

“Toe sê ek nee, ek wil eerder voel hoeswaar is hy.”

Theunis vertel ook dat die stoel virhom ’n plek in die foto is waarop jy jou­self in jou verbeelding sou kon tuis­maak.

Veral in een van sy foto’s lyk dit heellekker om so met jou voete in diebranders te sit.

Maar sit hy darem so nou en dan indie stoel?

“Ja, ek sit in hom, veral met ’n glasiewyn van dieselfde kleur.”

Theunis Minnie stal in die C.R. Swart­gebou op die Kovsie­kampus uit. Theunis Minnie voor die foto’s van sy rooi stoel en hul reise. Foto: WILLEM VAN DER BERG

‘‘Met die olifante hetek amper gedink ditgaan die laasteshoot met die rooistoel wees.— THEUNIS MINNIE, FOTOGRAAF

Page 4: Stronk 14/7

4 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Musiekproduksie bring hulde aan wyle Christa SteynMargo Olivier

OP die laaste dag van die Vryfeesword hulde aan die pianis enkomponis, wyle Christa Steyn,gebring.

Die musiekproduksie Kate-draal vind môre om 12:00 in dieKunstetrust-Odeion op Kovsie-

kampus plaas.Christa was deel van die

produksie toe dit in 2011 op dieKKNK bekend gestel is. Sy wasook die inspirasie daaragter.

Christa is vroeër vanjaarweens kanker dood.

Luidens ’n mediaverklaringhet die bekende orrelis Ockie

Vermeulen Katedraal saamge-stel om die veelsydigheid vandie orrel as ’n instrument uitte beeld.

In die produksie word musiek-style soos klassiek, jazz, kontem-porêr en selfs rock op die orrelgespeel.

Katedraal wys vir gehore dat

die pyporrel vandag nog net sovan toepassing soos in die Mid-deleeue is.

Daar word ook van Christa sekomposisies in die produksieuitgevoer.

Dit is die eerste keer wat Kate-draal op die Vryfees te sien salwees.

Ockie is in die produksie saammet die violis Lizelle le Roux,Christi-Louise Swanepoel opkontrabas en Hugo Radyn wattromme speel.

Dié uitvoering van Katedraalis dié kunstenaars se manierom aan hul oudkollega eer te be-toon.

Eerbewys shockingshocking,sê ‘Lafras’ se CarelHenry Cloete

IN die groenkamer van die ATKV-Wynand Mouton-teater sit die ak-teur Carel Nel aan ’n ronde tafel.Hy teug aan ’n Savannah Dry. ’nMiddagslapie is beslis op diekaarte, sê hy – die span wat dievoorbereidingswerk vir Die rebel-lie van Lafras Verwey in dié teaterbehartig, kon immers eers Vry-dag omstreeks 04:00 hul werk vol-tooi, sê hy, voordat die eerste ver-toning van dié toneelstuk ses uurlater plaasgevind het.

“Maar niemand het gekla nie,”sê die 27-jarige Nel. “Envanoggend was alles perfek.” Syhare is steeds grys gepoeier vandie oggend se grimeerwerk vir dievertoning.

Nel is wyd geprys vir sy vertol-king van Lafras Verwey in hier-die toneelstuk, waarvan die teksdeur Chris Barnard geskryf is endie regie deur Albert Maritz be-hartig is. Hy het selfs die 2011-Fleur du Cap-toekenning virbeste akteur ontvang vir dié ver-tolking.

“Ek het dit glad nie verwag nie!Ek het eintlik net gegaan vir diejol . . . Dit was nogal shocking. Ditwas ’n groot eer om net benoem teword.”

Die positiewe resensies het ookingestroom, maar volgens Nel isdit belangrik om nie dié meningste ernstig op te neem nie.

“Dit is baie lekker vir ’n akteurom ’n goeie resensie te kry, maardit is die opinie van een persoon.Dit is baie goed as dit goed is, ditis baie sleg as dit sleg is, maar asjy dit kop toe vat, gaan jy veran-der, jy gaan onmmmmmiddellik,”rek hy die lettergreep uit met syhande teen mekaar, “die ver-keerde besluit maak.” Hy leunvorentoe terwyl hy praat. Daar isiets soos ’n vriendelike intensiteitin sy oë.

Hy het Bloemfontein, waar hyaan die Universiteit van die Vry-staat drama studeer het, in 2008vir Kaapstad verruil, waar hyhom mettertyd by die teatergroepThe Mechanicals aangesluit het.

“Ek is baie bly ek het hier ge-swot,” sê hy oor die universiteitwaar hy sy teatertande geslyp het.“Ek het drie jaar hier geswot enseker 20 of 25 plays gedoen. Dishoe ’n mens leer.”

Oor die eerste vertoning Vry-dagoggend sê hy die gehoor was“baie responsive”. “Hulle hetsaam met my in Lafras se droom-wêreld geleef.”

Voor ’n vertoning van Lafrasbegin hy tien minute voordat diegordyne gelig word op en af stapen “ruk”. “Dit vat maar ’n rukkieom in Lafras in te kom.”

Oor sy terugkeer na Bloemfon-

tein vir die Vryfees is hy opge-wonde – veral om Lafras voor ’noorwegend Afrikaanse gehoor tekan uitvoer. In Kaapstad, sien,het selfs Engelse teatergangerssale stampvol gemaak om dié Af-

rikaanse produksie te beleef. “Ditis wel stresvol – al my ou dosenteen familielede gaan kom kyk . . .”) Die rebellie van Lafras Verwey isvandag om 13:00 en 20:00 in dieATKV­Wynand Mouton­teater.

Die akteur Carel Nel. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Projek virstudenteis hierom te blyRuan Bruwer

AL is verhoogstukke van dieVryfees-kampustoneel nie baiegoed bygewoon nie, is hierdienuwe projek hier om te bly.

Die dramadepartemente vanses universiteite is genooi omaanbiedings voor te lê waarvanvier gekeur is.

“Die swak bywoningsyfer salons nie ontmoedig om voort tegaan nie,” het Adri Herbert,feesorganiseerder, gesê.

“Solank as wat die feesbestaan, wil ons dit (kampus-toneel) deel van die fees hou.Dis deel van die fees se projekteom gehore, sowel as teaterskep-pers, vir die toekoms te helpverseker.

“Die moraal is dikwels laagonder jong akteurs en skrywersoor min geleenthede om hulwerk op te voer. Ons hoop diekampustoneel sal hierdiemense motiveer om aan te houom teater te maak,” het Herbertgesê.

Verne Munsamy, skrywervan No added charges, het haarwoorde beaam en gesê as jongdramaturg is dit soms frustre-rend om nuwe werk te skep,maar dan weens ’n gebrek aan geld te sukkel om dit opgevoerte kry.

“Danksy die Vryfees wat dieproduksie (deur die Univer-siteit van KwaZulu-Natal) virons gefinansier het, het ons ’nseldsame geleentheid gehad ommet die stuk te reis en ’n splin-ternuwe opvoering op dieplanke te kry. ’n Geleentheidsoos hierdie is dus baie belang-rik vir ons,” het hy genoem.

Volgens Roxanne Bain, watdie teks vir The F-word (opge-voer deur die Universiteit vanStellenbosch) geskryf en daaringespeel het, is sy dankbaar virdie platform wat die fees virhaar en haar medespelersgeskep het. Dit is soos die anderdrie stukke in die kampus-toneel die eerste keer hier opprofessionele vlak opgevoer.

“In ag genome dat die stukomstrede is met sterkmaatskaplike kommentaar watgelewer word, is ons veral blyvir ’n geleentheid soos hier-die om dit te kon opvoer,” het sygesê.

Herbert het gesê dit was ’nseldsame netwerkgeleentheidvir universiteite se dramade-partemente.

Page 5: Stronk 14/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012 5

Twiets oordie #Vryfees

@bobbyvjaarsveld: Eken die band nou oppadBloem toe vir ons showdaar vanaand 7 uur bydie Vryfees!!!” Jippie!#vryfees@nicolesmit87:So opgewonde vir@chrischameleon seshow vandag, by diebitter koue #vryfees inBloemfontein!!@milanmurrayThe show must go on...Ten spyte van myopgeswelde gesig.18hoo vanaand. Eunicesaal. #vryfees

Simoné Haggard

VA-GI-NA! Dit klink beteropgebreek in lettergrepe. Omdit verskeie kere te hoor tus-sen twee mans, waarvan daarseker net tien in die gehoorwas, is ongemaklik. Ek woulag. Ek wou huil.My kop in diegrond bêre soos ’n volstruis.

Empatie. Jy kon voel wat diekarakters voel. Hul seer envrees, gemak en die vernede-ring van vrouwees.

Daar was ’n gesnak na asemen gegiggel oor woorde watons nie juis elke dag hoor nie.

“Wolbeursie, snormossel,plat plesierspier . . .”

Daar was ’n voortdurendewarm gloed soos mense ge-bloos het. Tannies, knustoegewikkel in serpe en jasse,

en stywe lippe het geskok hieren daar “aahh” gebrom.

Donker tematiek word ookaangeraak. Dit word effens ge-masker deur komiese dialoog.

Die drie aktrises, AntoinetteLouw, Lulu Botha en SimoneBiscombe, vertolk ware ver-hale van vrouwees.

’n Kleuter wat verkrag worden ontwikkel in ’n 16- jarigebiseksuele karakter. ’n Vrouse geel rok met blou blom-metjies wat verdrink in haar“vloed”. ’n Vrou wat haar“skulp” verwerp, en later her-ontdek. Jy kan nie help omkwaad te word nie. Maar dit isomdat jy ’n vrou is. Ons isskaam oor wat met ons gebeur.Ons word soms verneder deurons eie biologiese ontwikke-ling.

Vagina­monoloë ontlokgemengde reaksiegemengde reaksie

Van links is Simone Biscombe, Antoinette Louw en Lulu Botha Foto: WILLEM VAN DER BERG

Twee Stronk­joernaliste vanverskillendegeslagte het nadie produksieDie Vagina­monoloë gaankyk. Hulindrukke is baieuiteenlopend.Die een het ditietwat komiesgevind en dieander het ietwatkwaad geword.Albei het skaamgekry. SimonéHaggard en OomLudwig vanGreunen vertel.

Oom Ludwig van Greunen

KYK, so ’n jong mannetjie roepmy toe nou in die lewe daar indie Eunice-hoërskoolsaal inBloemfontein.

Hy sê sy naam is Theuns vandie Stronk-feeskoerant en hykry te skaam om iets oor dieproduksie Die Vagina-monoloëte skryf.

Nou maar toe vra ek: Wat is ’nvagina? Ons ken nie sulke goedop die plaas nie.

Daar kom toe ’n nooi op dieverhoog en sê sy het verskeievroue oor hulle s’n gaan uitvra.Sy het seker ook nie geweet watdit is nie.

Hoekom anders sou sy hulledan nou daaroor uitvra? Maardaar kom toe ’n ander dame open vertel van hare.

Sy sê die ding het hare op enhaar man hou nie daarvan nie.Dit klink werklik na ’n onple-sierige ding om te hê.

Sy vertel hoe sy dit tot noumaar geskeer het en hoe dit ge-jeuk en gebrand het.

Ek kyk na ou Theuns daarlangs my. Ek sien hy kryskaam.

’n Hele paar ander mense kykook verward rond. Ander sitmet hul hande oor hul oë.

’n Rukkie later kom ’n vrou,omtrent my ouderdom en vravir wat sy nou oor die ding daaronder moet praat.

Sy praat van pype wat lek en’n vloed as Gé Korsten haarsoen.

Wat Gé met haar kelderver-dieping te doen het, sal ek jounou nie kan sê nie. Ek kan nie

hond of haar uitmaak nie, maarTheuns lag darem.

Dit lyk of hy die ou vrou ge-niet, so ek maak maar of ekweet wat aangaan.

Volgende word daar gepraatvan vaginas wat soos rose envisse en strande en bosveld ennugter alleen weet wat nogruik.

Nee goeiste.Ek ken nie sulke goed nie en

weet steeds nie waaroor al diebohaai gaan nie.) Nota van die redakteur: Ek hetvoor druktyd verneem Theuns hetwel dié berig geskryf, maar was teskaam om sy naam daaraan tekoppel. Hy is nog baie jonk. Eintlikmaar nog baie soos ’n seuntjie.Ludwig van Greunen is ’n fiktiewepersoon. Ons vra om verskoningvir enige verwarring.

Page 6: Stronk 14/7

6 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012

Jan Gerber

DIE ANC het glo ’n geneigdheidtot kaderontplooiing. Op dieVryfees is daar egter die ver-skynsel van die Kamper-ont-plooiing.

Altesaam vyf lede van dieKamper-familie is vanjaar indie een of ander hoedanigheidop die Vryfees betrokke.

Pa Gerben is regisseur vanS11 en is as akteur in Die Gras-wewenaar te sien, saam metdogter Marijda. Laasgenoemdeis ook die teaterbestuurder vandie ATKV-Wynand Mouton-tea-ter en assistent-regisseur vanS11.

Ma Atie is die stalletjies sekoördineerder en Gerben sebroerskinders, die tweeling Jo-han en Chris Kamper, is tweevan die bestuurders wat diekunstenaars karwei.

Die buitelandse lede van dieKamper-familie is óók betrokkeby die Vryfees.

Gerben en Atie se seun Hencowat in Rotterdam, Nederland,woon, het die plakkaat van S11ontwerp. Dit is gegrond op ’nskildery deur Mieke Kemp, Ger-ben se skoonsuster, wat ook inNederland woon.

“Dit is baie spesiaal dat Hen-co wat oorsee is die plakkaatkon maak,” het Gerben gesê.

Die Kampers is al sedert dietweede Volksblad-kunstefees be-trokke, met Gerben wat ookverbonde is aan die Kovsie-dra-madepartement, terwyl Atiemet administratiewe sakedoenig is.

“Marijda is gebore in dieteater,” vertel Atie met ’n glim-lag, kort nadat Marijda gister-middag by die Wynand Mou-ton ingeglip het om ’n ogie tehou.

Gerben sê dis glad nie moei-lik om saam met sy dogter aantoneelstukke te werk nie. Om-dat hy deel was van haaropleiding verstaan hulle me-kaar op ’n professionelemanier, het hy verduidelik.

“Wat ’n voordeel is, is dat syverstaan wat in my kop aan-gaan,” het hy bygevoeg.

Hy meen ook die fees is ’nlekker jaarlikse inspuiting virBloemfontein, omdat dit dieplaaslike teaterbedryf geleent-hede gee, en ook produksiesvan regoor die land hierheenbring.

“Almal is só positief,” het hygesê.

Al jare lank betrokkeKampers neem fees oor

Johan, Atie, Chris, Marijda en Gerben Kamper by die plakkaat vir die toneelstuk S11 wat Atie en Gerben seseun Henco, wat in Nederland woon, ontwerp het. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Van der Merwe kapweer na AfrikanerbondLeandré Blume en Henry Cloete

“DIE Afrikanerbond (AB) is soos jag-se gekastreerde casanovas by ’n or-gie. Hulle wil graag ’n bydrae lewer,maar hulle kan nie.”

Dít is die omstrede aanhaling watJan van der Merwe ’n jaar gelede indie nuus laat beland het.

Van der Merwe het Donderdagaandby die Draaitafel met die kunste-geleentheid op Kovsie-kampus diésentimente herhaal. Die Draaitafelwas deel van die Vryfees.

Van der Merwe het hom aan tafelmet feesgangers en ander skrywersskerp uitgelaat oor die AB se huidigedoen en late.

Hy het in 2002 ’n lid van die AB ge-word en is in 2004 tot die direksie ver-kies. Hy het tot en met 2008 daarin ge-dien, waarna hy bedank het.

Deesdae is hy in die ANC en spesi-ale raadgewer in die kantoor van dieonderburgemeester in Bloemfontein.

In sy eerste roman, Die moord opFrancis Victor, skryf hy onder meeroor die C.R. de Wet-fonds en die Kru-ger-miljoene, en die AB se onvermoëom die fonds tot nut van Afrikanersaan te wend. “Gebruik dit om stu-dente te help of finansier woorde-boeke, maar in dié stadium bevorderhulle niks,” is een van sy menings oordie hedendaagse bestuur van die AB.

Dié boek is meestal gegrond opfeite, maar bevat wel ook ’n klein hoe-veelheid fiksie. Alles wat Van derMerwe in die boek oor die C.R. deWet-fonds skryf, is gegrond op waregebeure, maar die moord op dievrouedireksielid is absolute fiksie.

Die oorspronklike manuskrip isagt keer herskryf, aangesien dit té

veel feite bevat het en té min fiksie.Hy sê hy sou nooit die boek geskryf

het as die AB steeds so baie mag besithet soos vroeër jare nie, maar noudatdie AB “feitlik geen mag meer hetnie”, was daar geen keer aan hom nie.

Volgens Van der Merwe verkoopdié roman goed.

Pieter Vorster, voorsitter van dieAB, het aan Stronk gesê dié liggaamhet hom verlede jaar breedvoeriguitgelaat oor Van der Merwe se skry-wes en uitsprake. “Dit was ’n onwel-riekende sagetjie. Daar is nou baiemeer relevante dinge waarmee onsbesig is as om kommentaar te lewerop Jan van der Merwe se twak.”

Hy het gesê die AB “lag dit af”.“Ons steur ons nie aan sy manewalesnie. Ek dink nie enigiemand steurhulle aan Van der Merwe nie.”

Hy is tans besig met die samestel-ling van ’n tweede boek, Vrystaatsedorpe, wat handel oor elke dorp in dieVrystaat se ontstaansgeskiedenis enwaar hul name vandaan kom. Dieboek sal later vanjaar uitgereik word.

Jan van der Merwe

Page 7: Stronk 14/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012 7

Zander Olivier (19): “Om al­mal wat ek sien te vry. Endie lekker spicy kos en mam­poer.”

Roëa Uys (20): “Die mam­poer­stalletjie en die Blêrkas.”

Marcelle Botha (20): “Ons blyin die tent en ons dans lekkerop die musiek. En ons drinkkoffie.”

Liani Meyburg (20): “Koffieen hot chocolate. En baieklere en handskoene.”

Cameron Sass (20): “Dieschwarmas hou my warm.”

Byron Wegger (20): “Metdrank. En ons bly in die bier­tent.”

Só verdryffeesgangersdie ysbereMet die kwik wat vandagrondom 10°C gaan vassteek,het Stronk by Vryfeesgangersop die Kovsie­kampusuitgevind hoe hulle warm bly.Francois Theart het die foto’sgeneem.

Milan effe ‘dikbek’, tree steeds opMargo Olivier

“THE show must go on . . . tenspyte van my opgeswelde gesig,”het die aktrise Milan Murray gis-teroggend getwiet.

Hoewel haar mond erg opge-swel is, was sy steeds gisteraandin ’n Vryfees-produksie te sien.

Milan, bekend as mede-aanbie-der van kykNET se Ontbytsake,

het Dinsdag ’n mondoperasie on-dergaan.

Sy het egter nie goed op die ver-dowingsmiddels gereageer nie. Syhet gistermiddag gesê haar mondhet begin opswel en die swellinghet steeds nie gesak nie.

“Ek lyk soos ’n eekhoring.”Volgens Milan gebruik sy nou

homeopatiese (natuurlike) mid-dels vir die swelling en pyn.

Sy het gisteraand in Teerlingvan PG du Plessis, onder regievan Sandra Prinsloo, in dieEunice-hoërskoolsaal opgetree.

“Situasies soos dié is maar deelvan die uitdagings van akteur-wees.” Milan sê sy moet nou netharder daarop konsentreer omwoorde beter uit te spreek enharder te praat sodat die gehoorhaar duidelik kan hoor.

’n Veer in dieVryfees se hoedRegisseurs beïndruk met dié venueRuan Bruwer

OM twee teaterregisseurs, be-kend om hul perfeksionisme enhoë peil wat hulle handhaaf só te-vrede te stel as wat die ATKV-Wynand Mouton-teatervandeesweek gedoen het, is ’nveer in die hoed vir die Vryfees endié venue.

Albert Maritz (Die rebellie vanLafras Verwey) en Lara Bye (Os-kar en die pienk tannie) kon gisternie hul ingenomendheid met diestandaarde van die Kovsie-kam-pus se vlagskip-venue wegsteeknie.

Albei het groot verwagtinge asdit by tegniese aspekte kom, sêBye wat haarself as ’n perfeksio-nis beskryf.

“Hierdie was een van my heelbeste teaterervarings nóg. Omboonop in só ’n fantastiese teaterte speel, was net ’n bonus,” het sygesê.

Sy sê sy raak soms gefrustreerdas daar nie genoeg tyd voor ’nproduksie ingeruim word om dieligte te toets nie.

“Die personeel was egter baiehulpvaardig daarmee en het dit

voor elke vertoning saam met mygetoets. Ek heg baie waarde aanligte, dit maak tog ’n groot deelvan die vertoning uit.”

Maritz, bekend as ’n regisseurwat weet wat hy wil hê en moeitemet sy verhoogstelle doen, sê syervaring het sy stoutste ver-wagtinge oortref. Dis vanjaar syheel eerste keer wat hy in diévenue gewerk het.

“Elke liewe persoon het uithul pad gegaan om te help. Dis lief-lik en laat jou gewaardeer voel.Hierdie is boonop die mooisteteater wat bestaan.

“My pa (Dawie) het destyds (in1987) hier in Die Koggelaargespeel en my van hierdie won-derlike teater vertel,” het Maritzgesê.

Sy produksie het Donderdag-aand om 22:30 ingetrek en almal iseers 03:30 daar uit.

“ ’n Mens sal nooit genoeg tydhê nie. Ons sou die hele nag konwerk as dit moet, maar ’n mensmoet darem slaap ook. Dankie ookvir ons motorbestuurder wat onsdaardie tyd van oggend kom haalhet.”

Maritz was baie in sy skik met

die tegnici. “Jou grootste vrees isaltyd dat die tegniese span by ’nvenue nie opgewasse is nie.

“Indien ons gisteraand (Don-derdagaand) nie bekwame mensegehad het nie, sou ons deur dienag moes gewerk het. My erva-ring is dus ’n baie positiewe een,”het hy gesê.

Sy stelle is in baie gevalle grootomrede hy graag klassieke stukkeafstof.

Maritz sê hy los met gemak dielogistieke reëlings in GaerinHauptfleisch se hande wat hom opdie meeste kunstefeeste vergesel.

Volgens Liandri de Klerk, ver-hoogbestuurder by die Wynand,word van die regisseurs soms asmoeilik of bombasties beskou,maar hulle weet eerder net wathulle wil hê.

“Dit maak dit vir ons ook mak-liker as hulle weet wat hulle wilhê.”) Maritz maak vanaand om 20:00weer sy verskyning op die ver-hoog (hy spits hom deesdae hoof-saaklik toe op sy werk as regis-seur en vervaardiger) wanneer hyvir een van sy spelers wat anderverpligtinge het, moet instaan.

Albert Maritz gister op die Vryfees. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Page 8: Stronk 14/7

8 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Saterdag 14 Julie 2012