3
LAERSKOOL GENERAAL HENDRIK SCHOEMAN Kwartaal 3 nr. 1 1 Augustus 2017 SchoemieBeeld Schoemies se top 10 leerders: Kwartaal 2 Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies in die Top 10 akademiese span in elke graad. Julle harde werk word beloon en ons as Schoemies is baie trots op elkeen van julle. Hou so aan en sterkte vir die nuwe kwartaal vol nuwe uitdagings en mikpunte om te bereik. Gr.4 Agter: Janco Janse van Rensburg (5), Annika Pistorius (10), Dieter Sittig (1), Keala Pearson (9) en André Olivier (7). Voor: Danielle Naudé (8), Zanté van der Merwe (3), Neo van der Watt (6), Kirsten Jooste (4) en Chanelle Kotze (2). Gr. 5 Agter: Bianca Biewenga (9), Milan Cornelius (8), Wian Lourens (7), Anmi Esbach (4) en Mienke Bossert (2). Voor: Andreas Adendorff (10), Liam Smit (3), Jan Botha (10), Mieke Robbertse (1), Danika Eichstadt (5) en Lindsay McManus (6). Gr. 6 Agter: Jac Olivier (2), Jana Maree (3), Johané Lessing (9), Mia van der Walt (6) en Cara Botha (9). Voor: Nicolaas Schoeman (11), Romé van Druten (8) Antoinette Robertson (1), Annie van Schalkwyk (4), Mikayla Meyer (7) en Rochelle Schutte (5). Gr. 7 Agter: Yadonne Ferreira (4), Anke Nell (3), Keola van der Watt (10), en Anya de Wet (7). Voor: Taneska Hendricks (1), Desire Nortje (6), Rhynie Viljoen (9), Bianca Smith (5), Karin Har- vey (8) en Megan McManus (2).

Schoemies se top 10 leerders: Kwartaal 2 · Vir enige inligting of nuusflitse wat u wil deurgee, kontak gerus vir Surika Steyn. E-pos: ... skappe wat in Desember by die Bloemhofdam

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • LAERSKOOL GENERAAL HENDRIK SCHOEMAN Kwartaal 3 nr. 1 1 Augustus 2017

    SchoemieBeeld

    Schoemies se top 10 leerders: Kwartaal 2

    Baie geluk aan die volgende leerders wat gekies in die Top 10 akademiese span in elke graad. Julle harde

    werk word beloon en ons as Schoemies is baie trots op elkeen van julle. Hou so aan en sterkte vir die

    nuwe kwartaal vol nuwe uitdagings en mikpunte om te bereik.

    Gr.4

    Agter: Janco Janse van Rensburg (5), Annika Pistorius (10),

    Dieter Sittig (1), Keala Pearson (9) en André Olivier (7).

    Voor: Danielle Naudé (8), Zanté van der Merwe (3), Neo van

    der Watt (6), Kirsten Jooste (4) en Chanelle Kotze (2).

    Gr. 5

    Agter: Bianca Biewenga (9), Milan Cornelius (8), Wian

    Lourens (7), Anmi Esbach (4) en Mienke Bossert (2).

    Voor: Andreas Adendorff (10), Liam Smit (3), Jan Botha (10),

    Mieke Robbertse (1), Danika Eichstadt (5) en Lindsay

    McManus (6).

    Gr. 6

    Agter: Jac Olivier (2), Jana Maree (3), Johané Lessing (9),

    Mia van der Walt (6) en Cara Botha (9).

    Voor: Nicolaas Schoeman (11), Romé van Druten (8)

    Antoinette Robertson (1), Annie van Schalkwyk (4), Mikayla

    Meyer (7) en Rochelle Schutte (5).

    Gr. 7

    Agter: Yadonne Ferreira (4), Anke Nell (3),

    Keola van der Watt (10), en Anya de Wet (7).

    Voor: Taneska Hendricks (1), Desire Nortje (6),

    Rhynie Viljoen (9), Bianca Smith (5), Karin Har-

    vey (8) en Megan McManus (2).

  • Algemene Jaarvergadering

    24 Augustus 2017

    18h00 vir 18h30

    NUUSBLAD Epos: [email protected]

    Tel: 012 - 253 1011/33

    Fax: 012 - 253 1171

    Vir enige inligting of nuusflitse wat u wil deurgee, kontak gerus

    vir Surika Steyn.

    E-pos: [email protected] / [email protected]

    Schoemie van die week

    Baie geluk aan die eerste week van

    die derde kwartaal se Schoemies van

    die week. Ons het julle raakgesien.

    Baie dankie vir die voorbeeld wat

    julle stel.

    Agter: Zanté Marsch (Gr. 6), Waldo

    Roos (Gr. 7), Annika Pistorius (Gr. 4) en

    Francois Naudé (Gr 5).

    Voor: Marco Nienaber (Gr. 1), Zak

    Steyn (Gr. 2) en Andrio Eksteen (Gr. R).

    Teagan Bester (Gr. 3) afwesig met foto.

    OSBRAAI

    1 SEPTEMBER 2017

    KOM AYOBA SAAM OP

    1 SEPTEMBER 2017

    KAARTJIES - R100

    Ariana Wilken

    Ariana het Noordwes

    kleure verwerf in

    ballet. Baie geluk

    met hierdie be-

    sonderse prestasie.

    Schoemies is trots op

    jou.

    Stephan Geldenhuys

    Stephan is gekies om die

    Noordwes Varswater

    Oewerhengel Unie te ver-

    teenwoordig tydens die

    Nasionale Kampioen-

    skappe wat in Desember

    by die Bloemhofdam

    gehou gaan word.

  • Judo

    Hierdie Judo’s het deelgeneem aan die “Jo’burg Judo Champion of Champions” toer-

    nooi. Hulle is deur na die SA skoletoernooi

    wat gedurende die Oktobervakansie in

    Turffontein gaan plaasvind. Baie geluk julle!

    Links: Hardus de Wet, Adriaan Olivier, Reiko de

    Wet, Dirk Fouche, Keon de Wet en Ivan Ferreira.

    TOP 4: SCHOEMIE LANDLOOP

    Vrydag 11 Augustus is ons Top 4 landloop byeenkoms wat by GHS gehou gaan word. Ons wil graag 10

    atlete (seuns en meisies) per ouderdomsgroep laat deelneem! Ons vra dat elke kind wat ‘n brief

    ontvang het, asb. sal deelneem. Nuwe leerders wat graag wil deelneem, kan hulle name by juffrou

    Marié Esbach gaan opgee om deel te neem.

    Uit die pen van Emile van Druten

    Beheerliggaam voorsitter

    Graag gee ons terugvoer oor die spesifieke BL aangeleenthede. Daar word steeds baie werk gedoen binne al die

    BL portefeuljes, en ons skool spog met verskeie pragtige prestasies. Spesiale aandag word gegee aan kapitaalpro-

    jekte en ons beoog steeds om ‘n projekplan vir die nuwe personeelkamer die jaar nog te finaliseer. Die 2018 voor-

    stelbegrotings is reeds verwerk en ingedien. Voorbereidings word tans daagliks gedoen: departementele

    submissies, skoolveiligheid, fasiliteitsbestuur, versekeringopdatering, onderhoud van geboue en terrein, asook

    algemene bestuur vind gestruktureerd plaas. Skoolfondsinsameling inisiatiewe duur voort wat insluit subsidie-

    aansoeke, evaluasies en die bestuur van groeiende slegte skuld. Onderwyseronderhoude en interne aanstellings op

    beide departementele en BL poste bly ‘n fokuspunt en duur voort. Die vakante adjunkhoofpos is ook na baie wag

    deur die departement geadverteer en onderhoude sal eersdaags plaasvind. Skoolbestuur inisiatiewe rondom die

    groeiende RO behoefte het ingesluit lokaalverbeteringe en onderwysertaakverspreiding. Ons glo ons sal die vrugte

    hiervan pluk. Rugby-en netbalresultate was op baie vlakke suksesvol te danke aan goedgeorganiseerde

    opleidingsprogramme en toegewyde onderwysers. Goeie prestasies word ook behaal met verskeie buitesporte soos

    skaak, gimnastiek, skopboks, perdry en dans. GHS maak ook sy merk in die streek met redenaars, drama, koor en

    verskeie musiekprestasies waarbinne die GHS kultuurkomitee goed funksioneer. Dit is gerusstellend dat die akade-

    miese aspek voortdurend bestuur word deur departementshoofde en dat terugvoer hiervan by elke BL vergadering

    gegee word. Die dagbestuur en finansiële komitee werk steeds aan die hersiening en integrering van skoolbeleide

    in samewerking met riglyne van FEDSAS. Dit sluit ook in inisiatiewe rakende die onlangse hofuitspraak oor

    godsdiens in skole. Skrywes ontvang van buitepartye in die verband kan op versoek by die skoolontvangs gelees

    word waar dit op lêer gehou word. Die BL beplan ook ‘n inligtingsessie hieroor met ons ouers sodra meer detail

    ontvang is vanaf FEDSAS. Soos in die vorige kwartaal rig ons ‘n duidelike woord van dank aan ons ouers wat be-

    trokke bly en soveel waarde toevoeg. Ek doen persoonlik ‘n vriendelike Schoemieberoep op u as ouers om die

    Algemene jaarvergadering by te woon, om ingelig te wees en deel te vorm van besluite. Dankie ook dat u as

    Schoemie altyd sensitief sal bly op veral sosiale mediaplatforms waar ons skool dalk onder bespreking kom.

    Seënwense vir julle almal.

    Emile van Druten