81
SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11) 3. Konseprookbeleid (bl. 12 - 13) 4. Grondwet van Beheerliggaam (bl. 14 - 17) 5. Taalbeleid (bl. 18 - 20) 6. Konsepgodsdiensbeleid (bl. 21 - 22) 7. Beleid oor seksuele teistering (bl. 23 - 25) 8. MIV/VIGS Beleidsdokument vir Skole (bl. 26 - 31) 9. Dwelmmisbruik (bl. 32 - 33) 10. Beleid oor geslagsgelykheid (bl. 34 - 39) 11. Grondwet van OOV (bl. 40 - 42) 12. Sportbeleid (bl. 43 - 45) 13. Assesseringsbeleid (bl. 46 - 58) 14. Leerderbywoningsbeleid (bl. 59 - 62) 15. Gedragskode vir opvoeders (bl. 63 - 64) 16. Veiligheid- en sekuriteitsbeleid (bl. 65 - 74) 17. Beleid t.o.v. sportborgskappe (bl. 75) 18. Selfoonbeleid (bl. 76) 19. Kultuurbeleid (bl. 77 - 79)

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

  • Upload
    hahuong

  • View
    243

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS

1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

3. Konseprookbeleid (bl. 12 - 13)

4. Grondwet van Beheerliggaam (bl. 14 - 17) 5. Taalbeleid (bl. 18 - 20) 6. Konsepgodsdiensbeleid (bl. 21 - 22) 7. Beleid oor seksuele teistering (bl. 23 - 25) 8. MIV/VIGS Beleidsdokument vir Skole (bl. 26 - 31) 9. Dwelmmisbruik (bl. 32 - 33) 10. Beleid oor geslagsgelykheid (bl. 34 - 39)

11. Grondwet van OOV (bl. 40 - 42)

12. Sportbeleid (bl. 43 - 45)

13. Assesseringsbeleid (bl. 46 - 58)

14. Leerderbywoningsbeleid (bl. 59 - 62)

15. Gedragskode vir opvoeders (bl. 63 - 64)

16. Veiligheid- en sekuriteitsbeleid (bl. 65 - 74)

17. Beleid t.o.v. sportborgskappe (bl. 75)

18. Selfoonbeleid (bl. 76)

19. Kultuurbeleid (bl. 77 - 79)

Page 2: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

TOELATINGSBELEID:

Beleid van WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL rakende die toelating van leerders tot die skool of grade by die skool

Aangesien Worcester-Noord Primêre Skool (hierna “die skool”) ‘n openbare skool is met regs-persoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna “die SBL”), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is;

Aangesien die SBL ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die be-palings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toela-ting van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal;

Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna “die wetgewing”) let:

(i) die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat in Wet Nr. 108 van 1996 (hierna “die Grondwet”); (ii) artikel 3(3)(4)(1) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr.27 van 1996 (“NEPA”); (iii) die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die minister van onderwys in Staats-

koerant Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98 (hierna “ministeriële beleid”) gepubliseer; en

(iv) die Wysigingswet op onderwyswette, Nr. 50 van 2002;

Aangesien die Skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatings-beleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatings-beleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker;

Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of verskillende Grade by die Skool soos volg: 1. AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL 1.1 Daar word erken dat - (a) die Departementshoof (Onderwys) (hierna “DH”) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO) wat deur die DH gedelegeer is (hierna “die DH-gedelegeerde(s)”), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en

(b) die DH/die DH-gedelegeerde(s) ‘n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op ‘n tydige en doeltreffende wyse plaasvind.

1.2 Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s) / die Skoolhoof hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te alle tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatings- proses gehou word te verkry.

1.3 Die Skool en die SBL sal van die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om die inligtings- bylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker.

1.4 Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp:

(a) die SBL-grondwet; (b) die Skool se taalbeleid; (c) die Gedragskode vir Leerders; en (d) hierdie toelatingsbeleid.

1.

Page 3: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

1TOELATINGSBELEID:

Beleid van WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL rakende die toelating van leerders tot die skool of grade by die skool

Aangesien Worcester-Noord Primêre Skool (hierna “die skool”) ‘n openbare skool is met regs-persoonlikheid ingevolge die bepalings van artikel 15 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Nr. 84 van 1996 (soos gewysig) (hierna “die Skolewet”) waarvan die beheer aan sy skoolbeheerliggaam (hierna “die SBL”), soos in artikel 16 van die Skolewet, toevertrou is;

Aangesien die SBL ingevolge artikel 5 van die Skolewet by magte is om onderhewig aan die be-palings van die Skolewet en enige toepaslike provinsiale wet, die Skool se beleid rakende die toela-ting van leerders tot die Skool en grade by die Skool te bepaal;

Aangesien die SBL met betrekking tot die kwessie van leerdertoelating tot die Skool of verskillende grade by die Skool op die volgende wetgewing (hierna “die wetgewing”) let:

(i) die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika vervat in Wet Nr. 108 van 1996 (hierna “die Grondwet”); (ii) artikel 3(3)(4)(1) en 5 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid, Nr.27 van 1996

(“NEPA”); (iii) die Toelatingsbeleid vir Gewone Openbare Skole, deur die minister van onderwys in Staats-

koerant Nr. 19377 van 19 Oktober 1998 (Kennisgewing Nr. 2432/98 (hierna “ministeriële beleid”) gepubliseer; en

(iv) die Wysigingswet op onderwyswette, Nr. 50 van 2002;

Aangesien die Skool en sy SBL die betrokke bepalings van die wetgewing raadpleeg in soverre dit vir hulle geld en bindend is en voorrang geniet bo die mag van die SBL om die Skool se toelatings-beleid te bepaal, en terselfdertyd vasbeslote is om die volle toepassing van die Skool se toelatings-beleid binne die perke van die wetgewing en van tyd tot tyd enige ander toepaslike wetgewing, te verseker;

Daarom verklaar die SBL namens die Skool nou die Skool se beleid vir die Toelating van Leerders tot die Skool of verskillende Grade by die Skool soos volg: 1. AANSOEKE OM TOELATING TOT DIE SKOOL 1.1 Daar word erken dat - (a) die Departementshoof (Onderwys) (hierna “DH”) en/of amptenare van die departement van onderwys (DVO) wat deur die DH gedelegeer is (hierna “die DH-gedelegeerde(s)”), vir die administrasie van leerdertoelating tot die Skool verantwoordelik is; en

(b) die DH/die DH-gedelegeerde(s) ‘n registrasieproses vir toelating tot openbare skole moet bepaal sodat leerdertoelating op ‘n tydige en doeltreffende wyse plaasvind.

1.2 Daar word beklemtoon dat die DH/die DH-gedelegeerde(s) / die Skoolhoof hierdie beleid te alle tye sigbaar, billik en ingevolge die wet in aanmerking moet neem tydens optrede ooreenkomstig paragraaf 1.1 hierbo of die beslissingsproses rakende toelatingsaansoeke. Die Skool en sy SBL sal ook van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te alle tye volle toegang tot en afskrifte van enige registers of lêers wat as deel van die toelatings- proses gehou word te verkry.

1.3 Die Skool en die SBL sal van die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om die inligtings- bylae vir beheerliggaamdoeleindes (hierby aangeheg) by die voorgeskrewe aansoekvorm in te sluit en die voltooiing daarvan deur die aansoeker te verseker.

1.4 Die Skool en die SBL sal van die DH/die DH-gedelegeerde(s)/die Skoolhoof verwag om te verseker dat aansoekers van die volgende in kennis gestel word en ook skriftelik bevestig dat hulle dit gelees het en begryp:

(a) die SBL-grondwet;

2

Page 4: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

(b) die Skool se taalbeleid; (c) die Gedragskode vir Leerders; en (d) hierdie toelatingsbeleid. Ouers wat nie daartoe in staat is om enige gedeelte van die bedrag of die volle bedrag te be- taal nie, is daarop geregtig om op die voorgeskrewe vorms by die SBL om algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld aansoek te doen. Sodanige aansoeke moet vertroulik deur die SBL hanteer word. Die SBL sal billik optree en bogenoemde maatstawwe asook die bepalings van die ministeriële toepas. ‘n Afskrif van laasgenoemde sal op versoek aan ouers beskikbaar gestel word. Ouers wat om vrystelling aansoek doen, kan ‘n opvoeder by die Skool of enige ander persoon vir bystand met die aansoek nader. ‘n Ouer/ouers wat deur die SBL se besluit verontreg voel, kan ingevolge die prosedure wat in genoemde regulasies uiteengesit word, by die DH appelleer.

3.3 Aansoekers om vrystelling moet egter daarop let dat die gekombineerde jaarlikse inkomste van ouers in berekening gebring word in die besluit of ouers vir vrystelling in aanmerking kom al dan nie. “Gekombineerde jaarlikse bruto-inkomste van ouers” word in regulasie 1 van voorgenoemde regulasies omskryf as:-

“die saamgetelde bruto-inkomste van al die ouers van ‘n leerder soos in die Wet omskryf...”.

3.4 Die Skolewet omskryf “ouer” soos volg:-

(a) die ouer of voog van ‘n leerder; (b) die persoon met wettige aanspraak op sorg vir ‘n leerder; of (c) die persoon wat onderneem om die verpligtinge van ’n persoon in paragrawe (a) en (b) ten opsigte van die leerder se opvoeding op skool na te kom.

Dus indien die leerder byvoorbeeld ’n pa én ’n ma het, maar by sy/haar tante woon, met ander woorde ’n persoon na wie daar in (c) hierbo verwys word, sal die gekombineerde bruto inkomste (vóór belasting of aftrekkings) van al drie - d.w.s. die ma, pa én tante - in berekening gebring word wanneer daar oor algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld beslis word.

3.5 Om hierdie rede moet die besonderhede van alle persone wat onder die omskrywing van “ouer” val, in die toelatingsaansoek aan die Skool verskaf word.

3.6 Die aansoeker se aandag word voorts op die volgende bepaling van die Skolewet gevestig”:-

(Artikel 41 - “Die beheerliggaam van ‘n openbare skool kan die betaling van skoolgelde deur ouers wat daarvoor aanspreeklik is....., deur regsproses afdwing.”

3.7 Ouers van leerders word aangemoedig om die hoë onderrigstandaard en die goeie skool- fasiliteite en -omgewing in stand te hou deur skoolgeld te betaal en, waar hulle algehele of gedeeltelike vrystelling van die betaling van verpligte skoolgeld ontvang, hulle dienste tot voordeel van die Skool aan die SBL beskikbaar te stel.

4. SKOOLEIENDOM Aansoekers se aandag word op die volgende gevestig:

(1) Elke leerder by ‘n openbare skool sal goed omsien na die eiendom van die skool wat tot sy/haar beskikking gestel word, en sal dit voor of op die datum wat deur enige opvoeder by die skool aangedui word, aan die skool terugbesorg.

(2) Die ouers van ‘n leerder by ‘n openbare skool sal aanspreeklik wees vir enige skade aan of verlies van skooleiendom waarvoor die betrokke leerder op sy/haar beurt teenoor die skool aanspreeklik is.

(3) Dit is elke ouer se plig om die Staat en die beheerliggaam van ‘n skool in die bevordering van ‘n kultuur van respek vir skooleieindom by te staan.

5. RISIKO VAN SKADE OF VERLIES Aansoekers word daarop gewys dat die Skool geen aanspreeklikheid aanvaar vir skade aan, die vernietiging of verlies van enige eiendom wat deur die leerder of sy/haar ouer(s) op die Skoolper-seel gebring word nie, ongeag wie sodanige skade, vernietig of verlies veroorsaak, hoe dit veroor-saak word, of dit deur iemand se optrede of versuim veroorsaak word, en of dit opsetlik of weens

3

Page 5: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

nalatigheid veroorsaak word. Die skool aanvaar geen aanspreeklikheid nie. Leerders word aan- gemoedig om na enige eiendom wat op die Skoolperseel gebring word om te sien, en aansoekers en ouers van leerders word aangemoedig om self die nodige versekering teen sodanige skade, vernietiging of verlies uit te neem. 6. VOLGORDE VAN VOORKEUR MET BETREKKING TOT TOELATINGSAANSOEKE

6.1 Tensy en totdat die DH in oorleg met die SBL anders besluit, is die natuurlike voedingsge- bied van die Skool Worcester

6.2 Die Skool is tans ‘n Afrikaansmedium-instelling en beskik dus oor menslike hulpbronne wat hoofsaaklik voorsiening maak vir daardie leerders wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is.

6.3 Aangesien die Skool en die SBL weet dat hulle nie onregverdig teen ‘n leerder mag diskrimi- neer namens wie ‘n toelatingsaansoek ingedien word nie, en dus geensins voornemens is om te diskrimineer nie, en hoewel hulle graag hulle deel tot leeronderrig in vennootskap met die Staat wil bydra, begryp hulle dat die Skool nie alle leerders kan inneem nie en dat een of an- der vorm van (billike) diskriminasie rakende leerdertoelating onvermydelik is. Daarom en in die lig van voorgenoemde, is dit die Skool se beleid dat aansoeke in die volgende volgorde van voorkeur hanteer word:- (a) Eerstens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is.

(b) Tweedens, aansoeke namens leerders wat bona fide (werklik) saam met hulle ouers (soos in die Skolewet omskryf) binne die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is.

(c) Derdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by ‘n adres binne die natuur- like voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is.

(d) Vierdens, aansoeke namens leerders wie se ouer(s) werklik by ‘n adres binne die natuur- like voedingsgebied van die Skool in diens is, en wie se gekose onderrigtaal (welke keuse deur die ouer(s) op die toelatingsaansoek aangedui word) die onderrigtaal van die Skool is. (e) Vyfdens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon, wie se moedertaal die onderrigtaal van die Skool is, en wat ‘n vak/vakke wil neem wat deur die Skool en nie deur ‘n ander skool nader aan die leerder se woonplek aangebied word nie.

(f) Laastens, aansoeke namens leerders wat buite die natuurlike voedingsgebied van die Skool woon en wie se moedertaal of gekose onderrigtaal die onderrigtaal van die Skool is, op ‘n eerste-kom, eerste-keuse-grondslag

Nieteenstaande voorgenoemde en in oorleg met die distriksdirekteur, behou die SBL die reg om oorheersende voorkeur te gee aan broers of susters van leerders wat reeds by die Skool ingeskryf is. 7. VEREISTES

Buiten waar die bepalings daarvan nie in die beste belang van ‘n leerder of ander leerders is nie, sal die SBL en die Skool die ministeriële beleid raadpleeg. 8. TOELATING VAN PERSONE SONDER SUID-AFRIKAANSE BURGERSKAP

Soos per regulasie 9. DIE SBL EN DIE LEERDERS VAN DIE SKOOL

9.1 Daar sal van alle leerders verwag word om hulle pligte na te kom. Leerders is voorts daarop

4

Page 6: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

geregtig om hulle regte uit te oefen en op die handhawing van hulle regte aan te dring soos in die Kode van die Regte en Pligte van Belanghebbendes by die Skool uiteengesit. 9.2 Die SBL beskou homself gebonde tot die beskerming van die opvoeders, leerders, ouers en nie-opvoeders van die skool teen liggaamlike of geestelike geweld in soverre die SBL by magte is daartoe, en voorts tot die koestering van die liggaamlike, geestelike en morele welsyn van leerders. Vir hierdie doeleinde:-

(a) behou die SBL die reg voor om die dissiplinêre en gedragsrekord van enige voorne- mende leerder by die Skool te bestudeer, en alle stappe binne sy mag te doen om die toe- lating van ‘n leerder te verhoed wie se gedrag juis daardie beste belange kan bedreig wat die SBL genope voel om te beskerm; (b) mag die SBL die DH om inligting vra en met hom/haar in geding tree oor die wysheid van die toelating van ‘n leerder tot enige graad by die Skool wanneer sodanige leerder ernstig benadeel sal word deur sy/haar onvermoë om op die vereiste vlak vir behoorlike onderrig in daardie graad te kommunikeer of mee gekommunikeer te word; (c) mag die SBL, gegewe die hulpbronne en omstandighede van die Skool, enige redelik uit- voerbare stappe doen om ‘n gestremde voornemende leerder in die Skool te laat aanpas; en (d) verwag die SBL dat personeellede, leerders of ouers enige saak by hom sal aanmeld met betrekking tot die misbruik van regte of inbraak op die belange wat die SBL juis wil beskerm. 10. DIE OUERS EN DIE SKOOL/SBL

10.1 Ouers/voogde van leerders word versoek om die toestemmingsvorm in te vul ten einde die Skoolpersoneel daartoe in staat te stel om in noodgevalle in die beste belang van die leerder op te tree of die leerder se pyn of ongemak te verlig totdat die “ouer(s)” kan ingryp.

10.2 Buiten hulle pligte, het ouers van leerders by die Skool ook verskeie regte. In hierdie verband word ouers na die Kode van die Regte en Pligte van belanghebbendes by die Skool verwys. Ouers het onder andere die reg om geraadpleeg te word rakende die formulering van die Skool se taal- en godsdiensbeleid en gedragskode, of enige wysigings daaraan. Hulle word ook ge- nooi om aanbevelings en voorstelle rakende die aanvulling of wysiging van bestaande beleid of die bestaande gedragskode ter oorweging by die SBL in te dien.

10.3 Ouers word aangemoedig om by al die werksaamhede van die Skool betrokke te raak, aan te bied om lede te word van die beheerstrukture en ondersteuningsgroepe wat die belange van die Skoolgemeenskap dien, en die onderrigproses te ondersteun deur opbouend met opvoeders om te gaan en te verseker dat leerders opgelegde take en huiswerk pligsgetrou en nougeset doen. Daar word voorts van ouers verwag om te verseker dat hulle kinders behoorlik toegerus is om ten volle aan die onderrigproses deel te neem en dat hulle skool stip op tyd en gereeld bywoon. 11. Hierdie beleid mag van tyd tot tyd deur die SBL gewysig, aangevul, verander of aangepas word.

5

Page 7: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

BYLAE

Vereiste inligting vir beheerliggaamdoeleindes bo en behalwe die besonderhede wat ingevolge mi-nisteriële beleid, provinsiale beleid of wette verstrek moet word:

1. Die naam, woonadres, werkadres en alle telefoon-, faks- of e-posbesonderhede van elke per- soon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val. 2. ‘n Gewaarmerkte afskrif van enige hofbevel wat voogskap of wettige aanspraak op sorg, of

enige soortgelyke reg van die persoon (“ouer”) wat daarop aanspraak maak, bevestig. 3. ‘n Beëdigde verklaring, werkgewersertifikaat, elektrisiteitsrekening of enige ander bewys wat redelikerwys deur die SBL vereis mag word om ‘n leerder en sy/haar “ouers” se woonplek, of die feit en plek van indiensneming van die leerder se “ouers” te verifieer. 4. ‘n Afskrif van ‘n identiteits- of ander dokument wat die identiteit van elke persoon wat onder die omskrywing van “ouer” in die Skolewet val, tot die redelike bevrediging van die SBL bevestig. 5. Skriftelike magtiging deur die ouer(s)/voog(de)/persoon na wie in punt 2 verwys word, aan enige persoon om hom/haar/hulle in die aansoek om toelating van die leerder tot die Skool of in enige ander aangeleentheid met betrekking tot die leerder te verteenwoordig. 6. Die onderrigtaal wat namens die voornemende leerder gekies word. 7. Besonderhede van enige aanmeldbare siekte waaraan die leerder (moontlik) ly. 8. Besonderhede van enige ernstige oortreding waaraan die leerder deur ‘n hof of enige skool waar die leerder voorheen ingeskryf was, skuldig bevind is. 9. ‘n Voltooide gedragsertifikaat van die skool waar die leerder tans ingeskryf is. 10. Besonderhede van enige toestand van die leerder wat die liggaamlike welsyn van enige ander

leerder of personeellid van die Skool kan raak. 11. Besonderhede van enige bepaalde behoeftes wat die leerder mag hê en wat mag aandag

verg om die leerder se skoolervaring te maksimaliseer of sy/haar beste belange te bevorder. 12. Besonderhede van enige toestand of omstandighede waarvan die Skool bewus behoort te

wees ten einde die beste belange van die leerder en/of enige ander leerders van die Skool te beskerm.

13. Enige bepaalde vakke wat die leerder graag wil studeer en wat nie deur ‘n skool nader aan

die leerder se woonplek aangebied word nie.

ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

6

Page 8: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME:

Alle beheerliggaamlede staan in ’n vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ’n vertrouensplig teenoor die skool. Dit vereis dat lede te alle tye soos volg optree: ALGEMENE GEDRAG VAN BEHEERLIGGAAMLEDE

1. Beheerliggaamlede moet te alle tye:

1.1 met getrouheid, eerlikheid, integriteit, in goeder trou, en in belang van die skool optree, en nie by enige handeling betrokke raak wat die skool en beheerliggaam se goeie naam oneer aandoen nie;

1.2 vir die beheer van die skool verantwoordelik wees, en die professionele bestuur van die skool aan die skoolhoof oorlaat;

1.3 die skool eties en ooreenkomstig onderstaande toepaslike wetgewing beheer:

1.3.1 die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; 1.3.2 die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996; 1.3.3 die betrokke provinsie se provinsiale skolewet; en 1.3.4 die bepalings van die grondwet van die skoolbeheerliggaam;

op ’n wyse wat doeltreffende, deursigtige en verantwoordbare skoolbeheer en -bestuur voor- sien, regverdigbare en gegronde besluite verseker, sowel as doeltreffende onderrig en leer in die skool aanmoedig;

1.4 betrokkenheid vermy by enige handeling wat die skool kan benadeel, die skool en beheerlig- gaam se goeie naam oneer aandoen, of die vertrouensverhouding tussen die beheerliggaam en die skool of enige lid van die skool of beheerliggaam kan skaad;

1.5 op ‘n manier optree wat die geloofwaardigheid van die beheerliggaam en die skool versterk;

1.6 verseker dat hulle besluite as beheerliggaamlede prosedureel billik is en deur grondige redes gestaaf word;

1.7 eerlik en rasioneel optree, en nie arbitrêr en onverantwoordbaar nie;

1.8 optrede vermy wat ‘n gegronde vermoede van vooroordeel wek;

1.9 onbeïnvloed bly deur bybedoelings of bedekte beweegredes;

1.10 alle vorms van onbillike diskriminasie en onverdraagsaamheid bestry, deur te verseker dat alle leerders, ongeag ras, kleur, etnisiteit, geslag, taal of geloof, gehalte onderrig ontvang binne die raamwerk van die skool se beleid;

1.11 op ‘n wyse optree wat bevorderlik is vir die vlot bedryf van die skool en vergaderings van die beheerliggaam; en

1.12 die skool so beheer en bestuur om nie net die skool gedurende die ampstermyn van die be- heerliggaam te onderhou nie, maar ook positief tot die ontwikkeling van die skool en die be- heer- en bestuurstrukture by te dra. FINANSIËLE SAKE

2. Die beheerliggam moet;

2.1 jaarliks ‘n begroting opstel vir aanvaarding deur die skoolouers;

2.2 op aanbeveling van die Finansieskomitee die jaarlikse finansiële state goedkeur;

2.3 ‘n boekhoustelsel voorsien en bygewerk hou, en ‘n skoolfonds stig en bestuur;

2.4 ooreenkomstig klousule 1 optree in die administrasie, beheer en bestuur van die skool se fi- nansies; 2.5 verseker dat daar in algehele eerlikheid met dokumente en rekords met betrekking tot skoolfi- nansies gehandel word;

7.

Page 9: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

2.6 alles in hulle vermoë doen om te verseker dat die finansiële en ander hulpbronne van die skool verantwoordelik en verantwoordbaar aangewend word;

2.7 pogings aanwend om borgskappe, skenkings of vrywillige bydraes ten bate van die skool te bekom van individue en ondernemings in die gemeenskap wat deur die skool bedien word, ten einde die gehalte van die onderrig wat die skool aan leerders bied, te verbeter, onder- worpe aan die voorwaardes soos in die toepaslike wetgewing uiteengesit;

2.8 verseker dat alle finansiële sake eerlik en ingevolge die toepaslike beleid, reëls, regulasies en voorskrifte geskied, soos deur die hoof van die provinsiale onderwysdepartement sowel as die beheerliggaam bepaal;

2.9 verseker dat alle sake met kommersiële banke op ‘n behoorlike wyse en ingevolge toepaslike beleid en praktyke geskied;

2.10 tydig seker maak dat geen lid van die beheerliggaam, of naaste familielede van lede van die beheerliggaam, belange in finansiële sake met betrekking tot die beheerliggaam het, sonder dat sodanige belange volledig openbaar gemaak word nie; en

2.11 doeltreffende en toepaslike stappe doen om onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uit- gawes; verliese vanweë misdadige of onreëlmatige optrede, en enige uitgawes in stryd met skoolbeleid te verhoed of te verhaal. OPENBAARMAKING VAN INLIGTING MET BETREKKING TOT DIE BEHEERLIGGAAM, DIE SKOOL, ‘N OUER, ‘N LEERDER OF ‘N WERKNEMER VAN DIE SKOOL

3. Beheerliggaamlede:

3.1 mag nie verklarings aan die media of enige persoon maak, of die media of enige persoon van inligting met betrekking tot die beheerliggaam, enige lid van die beheerliggaam, die skool, ‘n ouer, ‘n leerder of enige werknemer van die openbare skool voorsien nie, tensy dit ingevolge die goedgekeurde beleid of reëls van die beheerliggaam geskied;

3.2 mag nie met betrekking tot die beheerliggaam of enige lid van die beheerliggaam, die skool, ’n ouer, ’n leerder of enige werknemer van die skool, valse inligting versprei of ongegronde be- werings maak nie;

3.3 moet alle inligting wat hulle as beheerliggaamlede bekom, as vertroulik hanteer, tensy die wet of skoolbeleid anders bepaal;

3.4 mag nie enige inligting versprei wat die beheerliggaam as vertroulik bestempel nie;

3.5 moet in die uitvoering van hulle pligte toegang hê tot privaat en vertroulike inligting van leer- ders, ouers en werknemers van die skool, welke inligting te alle tye as vertroulik beskou moet word;

3.6 moet gedurende sowel as ná hulle ampstermyn:

3.6.1 vertroulike inligting slegs vir die doel waarvoor dit bekend gemaak is, gebruik;

3.6.2 die privaatheid van enige sodanige inligting respekteer, en die vertroulikheid daarvan hand- haaf; en

3.6.3 nie enige sodanige inligting openbaar maak nie, buiten in soverre dit nodig blyk te wees om hulle pligte ingevolge die wet of skoolbeleid uit te voer. OPTREDE MET BETREKKING TOT DIE WERKNEMERS VAN DIE SKOOL

4.1 Beheerliggaamlede moet hulle te alle tye daarvan weerhou om enigiets te doen wat as in- menging in die professionele bestuur van die skool, of in opvoeders se uitvoering van hulle professionele en ander pligte beskou kan word.

4.2 Beheerliggaamlede moet hulle te alle tye daarvan weerhou om, sonder magtiging van die be- heerliggaam, enigiets te doen wat as inmenging in die werk van nie-opvoeders in die uitvoer- ing van hulle pligte by die skool beskou kan word.

4.3 Beheerliggaamlede moet te alle tye toesien dat die beheerliggaam op hoogte gehou word van die bestuur van die skool en werknemers in die uitvoer van hulle pligte.

8

Page 10: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

PLIGTE VAN BEHEERLIGGAAMLEDE MET BETREKKING TOT BEHEERLIGGAAM-VERGADERINGS

5. Lede van die beheerliggaam moet:

5.1 minstens een maal per skoolkwartaal vergader;

5.2 minstens een maal per jaar ‘n vergadering met elk van onderstaande groeperinge hou:

5.2.1 ouers;

5.2.2 leerders;

5.2.3 opvoeders; en

5.2.4 ander personeel;

5.3 minstens een maal per jaar aan ouers, leerders en opvoeders verslag doen;

5.4 van alle vergaderings notule hou;

5.5 alle vergaderings van die beheerliggaam, of beheerliggaamsubkomitees waarin hulle dien, by- woon; en

5.6 deeglike aandag bestee en oorweging skenk aan die sake wat by beheerliggaamvergaderings bespreek gaan word.

WANGEDRAG

6. Beheerliggaamlede is skuldig aan wangedrag indien hulle:

6.1 enige bepaling of verpligting van die Gedragskode oortree; en

6.2 enige gemeenregtelike of landswet oortree wat regstreeks met hulle lidmaatskap van die be- heerliggaam verband hou, of wat die skool of beheerliggaam op enige wyse benadeel, of die skool of beheerliggaam se goeie naam oneer aandoen.

PROSEDURE IN GEVAL VAN BEWEERDE WANGEDRAG

7. Onderstaande prosedure moet in geval van beweerde wangedrag gevolg word:

7.1 Alle klagtes oor die gedrag van ‘n lid van die beheerliggaam moet aan die voorsitter van die beheerliggaam gerig word.

7.2 Klagtes oor die gedrag van die voorsitter van die beheerliggaam moet aan die ondervoorsitter gerig word.

7.3 Die voorsitter of ondervoorsitter, na gelang van omstandighede, sal by ontvangs van skriftelike bewerings van wangedrag die inligting ondersoek wat aan hom/haar voorgelê word, en bepaal of die bewerings van ‘n ernstige aard is of nie.

7.4 Die voorsitter kan kies om die lid slegs tereg te wys indien die klagte teen hom/haar van ’n minder ernstige aard is.

7.5 Indien die bewerings van ‘n ernstige aard is en verwysing na die volle beheerliggaam blyk te regverdig, sal die voorsitter ‘n buitengewone vergadering van die beheerliggaam belê om die aangeleentheid te bespreek.

7.6 Indien die ondervoorsitter bepaal dat daar ‘n prima facie-saak bestaan, moet hy/sy die be- heerliggaam versoek om ‘n buitengewone vergadering van die beheerliggaam te belê om die aangeleentheid te bespreek.

AANSTELLING VAN ONDERSOEKKOMITEE

8. Onderstaande prosedure moet met die aanstelling van ‘n ondersoekkomitee gevolg word:

8.1 By die vergadering soos in klousule 7.5 en 7.6 beoog, moet die beheerliggaam ‘n komitee van minstens drie persone saamstel om die bewerings teen die lid te ondersoek.

8.2 Die beheerliggaam kan ook nie-beheerliggaamlede aanstel as lede van die komitee soos in klousule 8.1 beoog.

9

Page 11: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

8.3 Die komitee moet:

8.3.1 binne ‘n redelike tyd ná sy aanstelling die aangeklaagde lid van ‘n skriftelike beskrywing van die bewerings van wangedrag teen hom/haar voorsien;

8.3.2 die lid geleentheid bied om skriftelike vertoë te rig binne 7 dae ná die datum waarop die skriftelike beskrywing van die bewerings van wangedrag aan hom/haar voorsien is;

8.3.3 sodanige vertoë oorweeg; en

8.3.4 ‘n aanbeveling by die beheerliggaam maak. AANBEVELING DEUR DIE ONDERSOEKKOMITEE

9.1 Die komitee kan aanbeveel dat:

9.1.1 die lid vrygespreek word by gebrek aan enige bewys dat die bewerings van wangedrag teen hom/haar waar is;

9.1.2 die lid tereggewys word; of

9.1.3 ‘n aanbeveling by die hoof van die provinsiale onderwysdepartement gemaak word om die lid uit die beheerliggaam te skors, of sy/haar lidmaatskap van die beheerliggaam te beëin- dig.

9.2 Indien die komitee skorsing of beëindiging van lidmaatskap, soos hier bo beoog, aanbeveel, en die beheerliggaam sodanige aanbeveling aanvaar, sal die beheerliggaam onmiddellik alle dokumente met betrekking tot die aangeleentheid vir ‘n finale beslissing aan die hoof van die provinsiale onderwysdepartement stuur. BESLUIT DEUR DIE HOOF VAN DIE PROVINSIALE ONDERWYSDEPARTEMENT

10.1 By ontvangs van die aanbeveling van die beheerliggaam, moet die hoof van die provinsiale onderwysdepartement:

10.1.1 alle dokumente oorweeg wat na hom/haar verwys is;

10.1.2 hom/haar daarvan vergewis dat die prosedure soos in klousule 8 bepaal. gevolg is;

10.1.3 die saak op meriete beskou; en

10.1.4 ‘n besluit neem om die aanbeveling van die beheerliggaam te bekragtig of te verwerp.

10.2 Indien die hoof van die provinsiale onderwysdepartement die aanbeveling van die beheer- liggaam bekragtig, moet hy/sy:

10.2.1 so spoedig moontlik die lid skriftelik daarvan in kennis stel;

10.2.2 skriftelike redes vir sy/haar besluit verstrek; en

10.2.3 skriftelike redes vir sy/haar reg van appél teen die besluit by die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys.

10.3 In afwagting van die beslissing van die appél, mag die lid nie aan beheerliggaambedrywig- hede deelneem nie. APPÉL DEUR ‘N LID VAN DIE BEHEERLIGGAAM BY DIE LID VAN DIE UITVOER-ENDE RAAD INGEVOLGE ARTIKEL 18A(6) VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET

11.1 Die appél moet:

11.1.1 binne 7 dae ná die datum van ontvangs van die skriftelike besluit van die hoof van die provinsiale onderwysdepartement ingedien word;

11.1.2 skriftelik ingedien word; en

11.1.3 duidelike redes vir die appél aanvoer.

10

Page 12: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

11.2 Die Lid van die Uitvoerende Raad moet:

11.2.1 die appél oorweeg; en

11.2.2 die besluit van die hoof van die provinsiale onderwysdepartement bekragtig of ter syde stel. 11.3 In afwagting van die beslissing van die appél, mag die lid nie aan beheerliggaambedrywighede deelneem nie. VERSUIM DEUR DIE BEHEERLIGGAAM OM TEEN SY LEDE OP TE TREE

12.1 Die hoof van die provinsiale onderwysdepartement kan die beheerliggaam opdrag gee om binne 7 dae teen die lede op te tree soos in klousule 9 bepaal, indien dit sou blyk dat:

12.1.1 ‘n lid of lede van die beheerliggaam die Gedragskode oortree het;

12.1.2 die beweerde oortreding prima facie van so ‘n ernstige aard is dat dit skorsing uit, of beëindiging van lidmaatskap van, die beheerliggaam regverdig; en

12.2.3 die beheerliggaam versuim het om stappe teen die lid of lede te doen, of nie daartoe in staat was nie.

12.2 Indien die beheerliggaam versuim om binne 7 dae op te tree, kan die hoof van die provinsiale onderwysdepartement op redelike gronde die lid of lede uit die beheerliggaam skors, of sy/ haar/hulle ampstermyn beëindig.

12.3 Die hoof van die provinsiale onderwysdepartement mag nie volgens klousule 12.2 optree nie, tensy hy/sy:

12.3.1 die lid of lede van die beheerliggaam wat die oortreding begaan het. skriftelik van sy/haar voorneme in kennis stel om die lid of lede uit die beheerliggaam te skors, of sy/haar amps- termyn te beëindig;

12.3.2 die beweerde oorteding uiteengesit en redes vir sy/haar voorneme verskaf het;

12.3.3 die lid of lede geleentheid gebied om binne 7 dae ná ontvangs van bogenoemde kennis- gewing aan hom/haar vertoë te rig oor die oortreding en die hoof van die provinsiale de- partement se voorneme; en

12.3.4 enige sodanige vertoë behoorlik oorweeg het.

12.4 Wanneer die hoof van die provinsiale onderwysdepartement ingevolge klousule 12.2 optree, moet hy/sy:

12.4.1 die prosedure soos in klousule 12.3.1 en 12.3.2 vervat, in aanmerking neem; en

12.4.2 die lid of lede in kennis stel van sy/haar/hulle reg van appél teen die besluit by die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

11

Page 13: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

KONSEPROOKBELEID:

1. INLEIDING

Hierdie dokument is die rookbeleid van Worcester-Noord Primêre Skool, wat deur die skoolbeheerlig-gaam goedgekeur is. Die rookbeleid erken die grondliggende waardes in die Grondwet van die Re-publiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996, en die toepaslike bepalings van die Wet op die Beheer van Tabakprodukte, Wet 83 van 1993, soos gewysig deur die Wysigingswet op die Beheer van Ta-bakprodukte, Wet 23 van 2007 (hierna ’die Tabakwet’).

Die doel van die rookbeleid is om ‘n aangename en gesonde omgewing vir sowel rokers as nie-rokers te skep, en om tabakgebruik onder veral jongmense te verminder en te beheer. 2. DIE BELEID

2.1 Die hele skoolterrein word tot rookvrye gebied verklaar, wat enige gang, voorportaal, trappe, hysbak, kafeteria, toilette of ander gemeenskaplike gebied insluit wat die werknemers en/of leerders gereeld gebruik, met uitsondering van die aangewese rookgebiede.

2.2 Geen leerder mag op die skoolterrein of in skooldrag weg van die skoolterrein rook nie.

2.3 Werknemers en besoekers mag slegs in die aangewese rookgebiede rook, en slegs indien dit nie met hulle werksprestasie of met die leerders se opvoeding inmeng nie.

2.4 Rook is verbode in enige voertuig wat aan die skool behoort of waarin werknemers en/of leerders vervoer word. 3. TOEPASSING

3.1 Dit is hoofsaaklik die skoolhoof se verantwoordelikheid om hierdie beleid met die hulp van die departementshoofde toe te pas, en toe te sien dat die skool se werknemers, leerders en be- soekers dit streng nakom.

3.2 Alle skoolwerknemers, -leerders en -besoekers sal saamwerk om die beleid toe te pas.

3.3 Die aangewese rookgebiede moet aan die standaarde in die Regulasies (GNR.975 van 29 September 2000) van die Tabakwet voldoen. As verteenwoordiger van die werkgewer (die Departement van Onderwys), is dit die skoolhoof se plig om toe te sien dat sodanige ge- biede in pas is met die voorskrifte; dat werknemers en besoekers slegs in hierdie afge- bakende gebiede rook, en dat geen leerder onder die ouderdom van 18 jaar sodanige ge- biede betree nie.

3.4 Die skoolhoof moet toesien dat:- (a) werknemers sonder vrees vir vergelding kan beswaar aanteken teen rook in die werk- plek wat in stryd is met hierdie beleid of die Tabakwet; (b) daar gehoor gegee word aan werknemers wat nie in die werkplek aan tabakrook wil blootgestel word nie; (c) geen werk+nemer, hetsy as ‘n uitdruklike of geïmpliseerde diensvoorwaarde, verplig word om in ‘n gedeelte van die werkplek te werk waar rook toegelaat word nie; en (d) geen werknemer verplig word om ‘n vrywaring te onderteken teen werk in ‘n gedeelte van die werkplek waar rook toegelaat word nie.

3.5 Die skoolhoof is verplig om nie-rook- en rookgebiede met duidelik sigbare tekens aan te dui. 4. ALGEMEEN:

4.1 Werknemers of leerders se versuim om hierdie beleid na te kom sal tot dissiplinêre stappe teen die oortreder aanleiding gee. In die geval van nie-nakoming deur besoekers, kan hulle vriendelik versoek word m die skoolterrein te verlaat, of toegang tot die skoolterrein geweier word.

4.2 Enige optrede in stryd met die Tabakwet is strafbaar ooreenkomstig die bepalings van die Wet.

12

Page 14: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

4.3 Afskrifte van hierdie beleidsdokument moet aan alle werknemers van die skool voorsien word.

4.4 Toepaslike kennisgewings moet ingevolge die Tabakwet in alle gebiede aangebring word waar hierdie beleid geld. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

13

Page 15: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

GRONDWET VAN BEHEERLIGGAAM: 1. WOORDOMSKRYWING

In hierdie Grondwet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken — ”beheerliggaam” die beheer- liggaam van Worcester-Noord Primêre Skool soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel:

“borgliggaam” ‘n liggaam of groep persone deur die beheerliggaam goedgekeur en wat bereid is om die skool finansieel te ondersteun;

“departementshoof” die hoof van die departement van onderwys in die provinsie Wes- Kaap;

“die Wet” die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996 (Wet 84 van 1996), en die maatreëls daarkrag- tens uitgevaardig;

“hierdie Grondwet” die Grondwet van die beheerliggaam van Worcester-Noord Primêre Skool;

“Lid van die “Uitvoerende Raad” die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys in die provinsie Wes-Kaap;

“maatreëls” die maatreëls betreffende beheerliggame van gewone openbare skole (uitge- sonderd openbare skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes); of die maatreëls betref fende beheerliggame van openbare skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (ingesluit openbare skole vir leerders wat kragtens die Wet op Kindersorg, 1983 (Wet 74 van 1983), en die Strafproseswet, 1977 (Wet 51 van 1977), daarheen verwys of oorgeplaas is); en

“onderwys” onderrig, instruksies of opleiding wat ingevolge die Wet van leerders verskaf word. 2. NAAM VAN DIE SKOOL

WORCESTER-NOORD PRIMêRE SKOOL

(hierna die skool genoem.) 3. STRAATADRES VAN DIE SKOOL

Jakarandalaan Worcester

Poskode: 6850 4. POSADRES VAN DIE SKOOL

Jakarandalaan Worcester

Poskode: 6850 5. STATUS VAN SKOOL

Die skool is ‘n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolge die Wet te verrig. 6. BEHEER EN PROFESSIONELE BESTUUR VAN SKOOL

6.1 Behoudens die Wet, setel die beheer van die skool in sy beheerliggaam: Met dien verstande dat die beheerliggaam of lid daarvan in sy of haar hoedanigheid as lid, nie met die professionele werksaamhede van ‘n opvoeder by die vervulling van sy of haar pligte mag inmeng nie.

6.2 Die beheerliggaam staan in ‘n vertrouensposisie teenoor die skool.

6.3 Behoudens die Wet en hierdie Grondwet, moet die professionele bestuur van die skool deur die prinsipaal, onder die gesag van die Departementshoof, onderneem word.

14

Page 16: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

7. DOELSTELLINGS VAN SKOOL

7.1 Om onderwys aan leerders te voorsien.

7.2 Om behoudens die bepalings van artikel 5 van die Wet, leerders toe te laat en in hul opvoed- kundige behoeftes voorsien, sonder om op enige wyse onregverdig te diskrimineer.

7.3 Om behoudens die bepalings van artikel 6 van die Wet, geen vorm van rassediskriminasie toe te te laat in die uitvoering van die skool se taalbeleid nie.

7.4 Om behoudens die bepalings van artikel 7 van die Wet, godsdiensbeoefening by die skool op ‘n billike wyse te laat geskied en om bywoning daarvan deur leerders en personeellede op ‘n vrywillige grondslag te laat plaasvind.

7.5 Om die skoolfonds, alle opbrengste daaruit en alle ander bates van die skool slegs te gebruik ooreenkomstig die bepalings van artikel 37 van die Wet.

7.6 Om finansieel so te funksioneer dat die skool sy verpligtinge sal kan nakom.

7.7 Om die gemeenskap te dien deur leerders so voor te berei dat hulle as goed opgevoede per sone hulle plek in die gemeenskap sal kan inneem.

7.8 Om aan die personeel van die skool die geleentheid te bied om professioneel te groei, werks bevrediging te kry en sodoende onderwys van hoogstaande gehalte te lewer.

7.9 Om ‘n bydrae te lewer tot die bevordering van sport en kultuur in die algemeen, maar in be sonder om sport– en kultuurbedrywighede as opvoedingsgeleenthede te benut tot voordeel van die leerders in die skool. 8. BEDIENINGSGEBIED

Die skool bedien tradisioneel die volgende gebied:

Worcester omgewing 9. WERKSAAMHEDE EN TOEGEWESE WERKSAAMHEDE VAN BEHEERLIGGAAM

9.1 Behoudens die bepalings van artikels 20 en 21 van die Wet, verrig die beheerliggaam die werksaamhede wat binne sy bevoegdheid val en wat nodig is vir die welsyn van die skool.

9.2 Die beheerliggaam handel ooreenkomstig die bepalings van artikel 37 van die Wet, met die skoolfonds en bates van die skool.

9.3 Die beheerliggaam wend ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet, fondse aan ten einde die doelstelling hierbo genoem te verwesenlik.

9.4 Ooreenkomstig die bepalings van die Wet en hierdie Grondwet, moet die beheerliggaam diens- te en fasiliteite daarstel in belang van die leerders en van onderwys.

9.5 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 43 van die Wet, moet die beheerliggaam ouditeure aanstel om die skool se finansiële rekords en state te ouditeer.

9.6 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 8 van die Wet, moet die beheerliggaam ‘n gedrags- kode vir leerders aanvaar ná oorleg met die leerders, ouers en opvoeders van die skool.

9.7 Ooreenkomstig die bepalings van artikel 9 van die Wet, moet die beheerliggaam leerders wat die gedragskode herhaaldelik oortree of ernstige misdrywe begaan, skors en/of aanbeveel dat hulle uit die skool gesit word.

9.8 Ooreenkomstig die bepalings van artikels 39, 40 en 41 van die Wet, moet die beheerliggaam toesien dat skoolgeld gehef word en kan die beheerliggaam betaling daarvan afdwing.

9.9 Die beheerliggaam stel die leuse, visie en die missie van die skool op. 10. AANSPREEKLIKHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

‘n Lid van die Beheerliggaam is nie anspreeklik vir enige skuld, skade of verlies van die skool nie, tensy hy of sy sonder magtiging, opsetlik kwaadwillig of nalatig opgetree het en daarom daarvoor verantwoordelik gehou kan word.

15

Page 17: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

11. SAMESTELLING VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Die Beheerliggaam van die skool word saamgestel ooreenkomstig die bepalings van maatreël 2 van die maatreëls. 12. AMPSTERMYN VAN LEDE VAN BEHEERLIGGAAM

‘n Lid van die beheerliggaam wat nie ’n leerder is nie, beklee sy of haar amp vir ’n termyn oor- eenkomstig die bepalings van maatreël 4 van die maatreëls. 13. KWORUM

Minstens een meer as die helfte van die lede van die beheerliggaam, saamgestel ooreenkom- stig die bepalings van maatreël 2(1) van die maatreëls, vorm ‘n kworum vir enige vergadering. 14. VERKIESING VAN AMPSDRAERS VAN BEHEERLIGGAAM:

Behoudens die bepalings van die maatreëls verkies die beheerliggaam uit sy geledere, op die eerste vergadering van die beheerliggaam, ampsdraers wat minstens ‘n voorsitter, ‘n tesourier en ’n sekretaris insluit.

15. TERMYN VAN AMPSDRAERS

15.1 Behoudens die bepalings van die maatreëls beklee die ampsdraers hul ampte vir ‘n termyn van 12 maande vanaf die datum van hul verkiesing.

15.2 ‘n Ampsdraer kan herverkies word na verstryking van sy of haar ampstermyn. Die termyn van ampsdraers en komitees, soos deur die Beheerliggaam aangewys, strek oor ‘n periode van een jaar.

16. VERSKONING VIR AFWESIGHEID VAN LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Die beheerliggaam aanvaar verlof vir afwesigheid van ‘n lid of lede vir ‘n periode soos deur d ie Beheerliggaam bepaal. 17. TOEVALLIGE VAKATURES IN DIE BEHEERLIGGAAM

‘n Toevallige vakature in die beheerliggaam ontstaan en word gevul ooreenkomstig die be- palings van die maatreëls. 18. KOMITEES

18.1 Die beheerliggaam kan, ooreenkomstig die bepalings van artikel 30 van die Wet, een of meer komitees aanstel om hom te adviseer en om onderworpe aan die opdrag van die beheerlig- gaam, die werksaamhede te verrig soos deur die beheerliggaam bepaal.

18.2 Die beheerliggaam kan enige besluit van ‘n komitee in paragraaf 18.1 beoog, wysig of tersyde stel. 19. VERGADERINGS

19. 1 Die Beheerliggaam moet minstens een keer elke skoolkwartaal vergader.

19.2 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar met leerders, ouers, opvoeders en ander personeel van die skool, onderskeidelik, vergader

19.3 Die beheerliggaam moet minstens een keer per jaar oor sy aktiwiteite aan ouers, leerders, opvoeders en ander personeel van die skool verslag lewer en ‘n finansiële jaarverslag aan ouers beskikbaar stel.

19.4 Vergaderings van die beheerliggaam geskied ooreenkomstig die bepalings van die maatreëls.

19.5 ‘n Buitengewone vergadering word deur die voorsitter belê wanneer hy of sy dit nodig ag of wanneer minstens agt (8) lede (beheerliggaam stel getal lede vas), ‘n skriftelike versoek met opgawe van redes vir sodanige vergadering voorlê.

16

Page 18: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

19.6 Elke lid van die Beheerliggaam het een stem. By staking van stemme het die voorsitter, be - newens sy of haar beraadslagenede stem, ’n beslissende stem.

19.7 ‘n Lid van die beheerliggaam moet van ‘n vergadering van die beheerliggaam onttrek vir d i e duur van die bespreking van en die besluitneming oor enige aangeleentheid waarby die lid ‘n persoonlike belang het. 20. NOTULE VAN VERRIGTINGE VAN VERGADERINGS

Die notules van die verrigtinge van vergaderings van die beheerliggaam moet ooreen- komstig die bepalings van die maatreëls hanteer word. 21. BANKREKENING

21.1 Die beheerliggaam moet ’n bankrekening open en in stand hou.

21.2 Behoudens paragraaf 21.1 moet alle skoolfondsgelde wat deur die skool ontvang word, in die skoolfonds gestort word. 22. AFSLUITING VAN DIE BOEKJAAR

Die boekjaar begin op die eerste dag van Januarie en eindig op die laaste dag van Desember. Die rekords en state van die skool moet daarna geouditeer word ooreenkomstig die bepalings van artikel 43 van die Wet. 23. INDIENING VAN FINANSIëLE STATE

Die beheerliggaam moet binne ses maande na die einde van elke boekjaar ‘n afskrif van die jaarlikse geouditeerde finansiële state aan die Departementshoof voorlê. 24. WYSIGING VAN GRONDWET

‘n Besluit ter wysiging van hierdie Grondwet vereis ‘n tweederdemeerderheid van die totale ledetal van die beheerliggaam, nadat alle lede minstens twee maande vooraf van die beoogde wysiging in kennis gestel is.

Indien te min lede by die vergadering wat hiervoor belê sou word teenwoordig is, moet ‘n tweede vergadering minstens twee weke na die eerste vergadering uitsluitlik vir dié doel by- eengeroep word. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

17

Page 19: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

TAALBELEID

INHOUDSOPGAWE

1. Missie van WNPS 2. Visie van WNPS 3. Huidige klassifikasie 4. Huidige tale van leer en onderrig 5. Tale en tydtoewysing per week 6. Proses t.o.v. hersiening van huidige beleid 7. Proses indien taalbeleid sou verander 8. Kommunikasie en assessering 9. Bevordering van veeltaligheid 10. Taalversoeke 11. Inskrywing van nuwe leerders

18

Page 20: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

1. MISSIE VAN WNPS

Die missie van die skool is die verskaffing van dinamiese, bekostigbare kwaliteitsonderwys om ’n gebalanseerde skool te skep waar opvoeding en onderwys vir alle rolspelers 'n genotvolle en sinvolle ervaring mag wees. 2. VISIE VAN WNPS

Om goed toegeruste leerders, wat te alle tye verantwoordelikheid vir hul optrede kan aanvaar, die wêreld in te stuur 3. HUIDIGE KLASSIFIKASIE VAN WNPS

Enkelmedium met Afrikaans as voertaal. 4. HUIDIGE TALE VAN LEER EN ONDERRIG

Afrikaans - Huistaal Engels - Eerste Addisionele Taal 5. TALE EN TYDTOEWYSING PER WEEK

6. PROSES T.O.V. HERSIENING VAN HUIDIGE BELEID

Jaarliks by die Beheerliggaamvergadering in die derde kwartaal sal hersiening van die beleid 'n punt op die agenda wees. 7. PROSES INDIEN TAALBELEID SOU VERANDER

Infasering sal plaasvind sonder dat enige huidige leerder se regte aangetas sou word. 8. KOMMUNIKASIE EN ASSESSERING

Huidiglik vind bostaande in die Huistaal, nl. Afrikaans, plaas.

Afrikaans Engels Graad 1 9 uur

Graad 2 9 uur

Graad 3 6 uur 4 uur

Graad 4 3½ uur 3½ uur

Graad 5 3½ uur 3½ uur

Graad 6 3½ uur 3½ uur

Graad 7 3½ uur 3½ uur

19.

Page 21: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

9. BEVORDERING VAN VEELTALIGHEID

Die Beheerliggaam ondersoek tans die moontlikheid om Xhosa as Tweede Addisionele taal in te faseer. Indien die skool se begroting daarvoor voorsiening maak, sal 'n onderwyser aan-gestel word met die uitsluitlike doel om Xhosa as leerarea vir leerders vanaf graad 4 tot graad 7 te onderrig.

Enkele handboeke t.o.v. Xhosa-taalonderrig is reeds beskikbaar.

Die doel is verder om elke klasonderwyser saam met sy/haar klas te laat onderrig in dié nuwe uit-daging! 10. TAALVERSOEKE VANAF OUERS / POTENSIËLE OUERS

Sodanige versoeke moet op skrif wees en sal liaseer word vir bespreking tydens die Beheerlig-gaamvergadering soos reeds gemeld. 11. INSKRYWING VAN NUWE LEERDERS

Hierdie dokument sal saam met die skool se gedragskode aan dié betrokkenes gegee word en 'n ontvangs-erkenning sal geteken moet word. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

20

Page 22: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

KONSEPGODSDIENSBELEID: Aanhef

Hierdie dokument is die godsdiensbeleid van Worcester-Noord Primêre Skool, soos die beheerlig-gaam dit goedgekeur het. Die godsdiensbeleid erken die fundamentele waardes wat in die Grond-wet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996; die toepaslike bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996, en ander tersaaklike provinsiale wetgewing vervat word.

Artikel 15(1) van die Grondwet bepaal dat elke persoon die reg het op vryheid van gewete, gods-diens, denke, oortuiging en mening.

Artikel 15(2) bepaal voorts dat godsdiensbeoefening by staats- of staatsondersteunde instellings kan geskied, mits: (a) sodanige beoefening die reëls nakom wat deur die tersaaklike openbare owerheid neergelê

is; (b) dit op ‘n billike grondslag geskied; en (c) bywoning daarvan vry en vrywillig is.

Worcester-Noord Primêre Skool erken dat bogenoemde regte nie absoluut is nie en deur artikel 36 van die Grondwet beperk kan word.

Artikel 7 van die Suid-Afrikaanse Skolewet verleen aan die beheerliggaam die mag om die reëls ingevolge waarvan godsdiensbeoefening moet geskied, te bepaal. Hierdie mag is onderhewig aan die Grondwet en enige ander toepaslike provinsiale wetgewing.

Godsdiensbeoefening moet op ‘n gelyke grondslag geskied, en opvoeders en leerders se bywoning moet vrywillig wees.

Op grond van bogenoemde het die beheerliggaam van Worcester-Noord Primêre Skool hierdie godsdiensbeleid met inagneming van die godsdienstige samestelling van die skool en ter uitvoer-ing van die missie van die skool opgestel.

Worcester-Noord Primêre Skool onderneem om te verseker dat elke verteenwoordigende gods- diens by die skool op gelyke grondslag hanteer sal word.

Woordomskrywings

‘Godsdiens’ - verwys na die omvattende en fundamentele oriëntasies in die wêreld, met be-paalde verwysing na heilige, spirituele en nie-sekulêre oortuigings; vereis toewyding; sluit geor-ganiseerde vorme van geloof en sekere wêreldbeskouinge in, en word ook kollektief gebruik om na daardie organisasies te verwys wat opgerig is ten einde hierdie oortuigings te beskerm en te bevorder.

‘Godsdienste onderrig’ - verwys na ‘n kurrikulêre program met duidelike en ouderdomsver-wante opvoedkundige doelwitte wat vir die onderrig en leer van godsdiens, godsdienste en gods-dienstige diversiteit in Suid-Afrika en die wêreld deur die Departement van Onderwys voorgeskryf word. Die studie van godsdiens moet ten doel hê om herkenbare opvoedkundige doelwitte te bereik wat in ooreenstemming is met die doelwitte en uitkomste van ander leerareas, en pro-gramme in Godsdienste onderrig moet, soos ander leerareas in die kurrikulum, tot die ontwikkeling van grondliggende waarnemings-, luister-, lees-, skryf- en denkvaardighede bydra.

“Godsdiensonderrig’ - verwys na ‘n program met inligting oor ‘n bepaalde godsdiens wat ten doel het om navolging van daardie bepaalde godsdiens te bevorder. Die beheerliggaam beskou die huisgesin en geloofsgemeenskap as die hoofvoorsieners van godsdiensonderig. Die skool is ‘n opvoedkundige instelling, en godsdiensonderrig maak dus nie deel uit van die formele skoolpro-gram nie. Die skool sal wél sy geriewe vir sodanige programme beskikbaar stel, met dien ver-stande dat godsdiensonderrig nie met die formele opvoedkundige doelwitte van die skool inmeng nie.

21

Page 23: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

‘Godsdiensbeoefening’ - dui op daardie aktiwiteite of optrede wat aan die waardes van ‘n bepaalde geloof of oortuiging uiting gee, en sluit onder andere bidure, Skriflesing, kleredrag en diëte in. Ingevolge die Suid-Afrikaanse Skolewet kan godsdiensbeoefening op die volgende ma-niere geskied: • Vrywillige, openbare geleenthede waar die skool se geriewe vir die doel van godsdiensbe-

oefening gebruik word • Vrywillige geleenthede (in skooltyd) deur die skoolgemeenskap (leerders en opvoeders) • Vrywillige geleenthede in gewone of ander pouses by die skool Skool se missie (Skool) se godsdiensbeleid

Ter uitvoering van die skool se visie en missie is Worcester-Noord Primêre Skool se godsdiensbeleid op ‘n enkele godsdiens, naamlik (godsdiens), gegrond. Omdat Worcester-Noord Primêre Skool die waardes in die Handves van Regte erken en eerbiedig, verseker die beheerliggaam dat die beoefen-ing van ander godsdienste gerespekteer en in ag geneem sal word. Opvoeders en leerders sal die bepaalde godsdiensbeoefening vrywillig kan bywoon. Die skool sal opvoeders of leerders geensins verplig om aan godsdienstige aktiwiteite deel te neem waarteen hulle ’n gewetensbeswaar het nie. Alternatiewe reëlings sal getref word vir toesig oor die leerders wat nié die godsdiensbeoefening wil bywoon nie. Leerders moet die skool van ’n brief voorsien waarin hul ouers die gewetensbeswaar bevestig.

Godsdienste onderrig sal ooreenkomstig die Nasionale Beleid oor Godsdiens en Opvoeding geskied. Dié onderrig maak deel uit van die leerarea Lewensoriëntering. Sodanige onderrig sal vanuit die skool se oogpunt geskied soos wat sy missie en visie dit bepaal.

Geen opvoeder sal verplig word om godsdienste onderrig te gee indien hy/sy ’n gewetensbeswaar teen die inhoud van die kurrikulum het nie. Sodanige beswaar moet skriftelik aan die skoolhoof oorgedra word. Die beheerliggaam kán oorweeg om ‘n persoon/persone aan te stel wat nié ‘n probleem sal hê om die bepaalde program aan te bied nie.

Worcester-Noord Primêre Skool sal sy geriewe vir godsdiensbeoefening deur enige verteenwoordi-gende godsdienstige groep in die skool beskikbaar stel. Sodanige beoefening mag slegs buite skoolure geskied, mag nie op die formele opvoedkundige doelwitte van die skool inbreuk maak nie, en is onderhewig aan voorwaardes wat die beheerliggaam bepaal.

Worcester-Noord Primêre Skool sal sover moontlik begrip en respek vir godsdienstige diversiteite bevorder en uitbou. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

22

Page 24: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

BELEID OOR SEKSUELE TEISTERING:

1. INLEIDING Seksuele teistering is ‘n ernstige probleem wat dikwels in onderwysinrigtings reg deur Suid-Afrika voorkom. Aangesien daar geen samehangende struktuur is waarvolgens sulke klagtes gehanteer kan word nie, is dit noodsaaklik dat daar ‘n protokol aanvaar word wat spesifiek aandag gee aan wat presies as seksuele teistering beskou word.

Dit is die plig van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) om op te tree indien sy werkne-mers, of andere wat met die departement te doen kry, aan seksuele teistering blootgestel word.

Seksuele teistering, sowel as die verwaarlosing van leerders, word in die WKOD se beleidsdo- kument Stop Misbruik behandel. 2. DOEL Die doel van hierdie beleid is om aan werknemers inligting te verskaf oor wat seksuele teistering behels, sowel as om respek vir en kennis aangaande die reg van werknemers te bevorder, veral ook hul reg op geborgenheid, persoonlike veiligheid, liggaamlike integriteit en gelyke behandeling. Die beleid wil ‘n omgewing skep waar werknemers die reg kan geniet om te werk, op te voed en kennis oor te dra in ‘n omgewing wat vry is van seksuele teistering. Hierdie beleid bied ‘n verwys-ing na die prosedures wat gevolg moet word wanneer sulke gevalle hanteer word, en wanneer ge-poog word om te verhoed dat hulle herhaal word.

3. TERMINOLOGIE

(Moet nie as definisies nie, maar eerder as beskrywings beskou word.)

Die “klaer” is ‘n persoon wat klagte gelê het van seksuele teistering, fisiese aanranding, of sek-suele aanranding (insluitend ‘n klag van agtervolging en intimidasie).

“Werknemers” beteken opvoeders, prinsipale, administratiewe personeel, ondersteunende per-soneel of werknemers van die WKOD wat aangestel is ingevolge die Wet op die Indiensneming van Opvoeders Wet 76 van 1998, of die Staatsdienswet van die WKOD, 1994, (soos gewysig).

”Seksuele teistering” is

3.1 ongewenste optrede van ’n seksuele aard. Die onwelkome aard van seksuele teistering onderskei dit van gedrag wat verwelkom word en wedersyds aanvaarbaar is.

3.2 Seksuele attensie word seksuele teistering wanneer:-

3.2.1 die ontvanger dit duidelik gemaak het dat die gedrag as aanstootlik beskou word. 3.2.2 die klaer bekend gemaak het (aangedui het) dat die gedrag onaanvaarbaar is. 3.2.3 die skuldige/teisteraar behoort te geweet het dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou sou word. 3.2.4 die ongewenste gedrag voortduur; ‘n enkele insident van onaanvaarbare gedrag kan egter ook op seksuele teistering neerkom.

3.3 Vorms van seksuele teistering:

3.3.1 Seksuele teistering kan ongewenste fisiese, verbale of nie-verbale gedrag insluit, en word nie tot die volgende voorbeelde beperk nie:

(a) Fisiese vorms van seksuele teistering sluit alle ongewenste fisiese kontak in, wat kan wissel van betasting tot seksuele aanranding en verkragting, en wat ook ‘n ontklee- ondersoek deur, of in die teenwoordigheid van ‘n lid van die teenoorgestelde geslag in- sluit. (b) Verbale vorms van seksuele teistering sluit die volgende in: onwelkome insinuasies, voorstelle en skimpe, seksuele toenadering, opmerkings et seksuele insinuasies, seks- verwante rappe of beledigings of ongewenste opmerkings oor ’n persoon se liggaam in sy of haar teenwoordigheid of teenoor hom of haar gemaak, ongewenste en onbehoor- like navrae oor ‘n persoon se sekslewe, en ongewenste gefluit of suggestiewe geluide wat op ‘n persoon of ‘n groep persone gemik is.

23

Page 25: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

(c) Nie-verbale vorms van seksuele teistering sluit die volgende in: ongewenste ge bare, on- behoorlike ontbloting, die ongewenste vertoon van seksueel-eksplisiete prente, slag- spreuke en voorwerpe, en e-pos, briewe en fakse met ‘n seksuele bybetekenis.

(d) Quid pro que teistering vind plaas waar ‘n opsiener, lid van bestuur of medewerknemer die proses van indiensneming, bevordering, opleiding, ontslag, salarisverhoging of ander voordele van ’n werknemer of aansoeker om ’n betrekking beïnvloed of poog te beïnvloed in ruil vir seksuele gunste.

3.3.2 Seksuele begunstiging bestaan waar ‘n persoon wat in ‘n gesagsposisie is, slegs diegene beloon wat op sy of haar seksuele toenaderings reageer, terwyl ander verdienstelike werknemers wat nie seksuele toenadering toelaat nie bevordering, gunstige meriete- evaluering of salarisverhogings ontsê word.

2.3.2 Seksuele teistering kan in ‘n verhouding van ongelyke gesag, óf tussen eweknieë voor- kom. Dit is moontlik vir vroue om deur mans of ander vroue geteister te word, en vir mans om deur vroue of ander mans geteister te word.

(uit: PAWK: Beleid oor Seksuele Teistering, 1 Desember 1999)

“Agtervolging” beteken om die klaer gedurig agterna te loop, te volg, of aan te spreek.

4. TOEPASSINGSVELD Hierdie beleid is van toepassing op alle werknemers van die Wes-Kaap Onderwysdepartement. ‘n Nie-werknemer van die WKOD wat ‘n slagoffer van seksuele teistering is, mag egter ‘n klag by die WKOD lê indien die teistering plaasgevind het in die werkplek of gedurende die tydperk dat die teisteraar in diens van die WKOD was. 5. PROSEDURE VIR DIE LÊ VAN ‘N KLAG VAN SEKSUELE TEISTERING

5.1 Beskikbare opsies om ‘n probleem op te los

5.1.1 Daar is twee opsies beskikbaar om ‘n probleem wat met seksuele teistering verband hou, op te los. Daar kan óf gepoog word om die probleem op ‘n informele wyse by te lê, of ‘n formele prosedure kan gevolg word.

5.1.2 Die klaer behoort nie onder enige druk te verkeer om een van hierdie opsies bo die ander te verkies nie.

5.2 Die informele prosedure

5.2.1 Die klaer mag probeer om die probleem op ‘n informele wyse op te los deur die persoon wat die ongewenste gedrag aan die dag lê, te nader en te verduidelik dat sodanige gedrag nie welkom is nie, dat dit vir die klaer aanstoot gee of haar/hom ongemaklik laat voel, dat dit met haar/sy werk inmeng, en dat die onwelkome gedrag gestaak moet word.

5.2.2 Daar word geen formele rekord van die proses gehou of op die lêers van die betrokkenes geplaas nie. Die betrokkenes mag egter ooreenkom om die proses te notuleer, wat dan later gebruik kan word om enige van die partye se saak te verduidelik indien die teistering sou voortduur.

5.2.3 Indien die informele benadering nie daarin kon slaag om die gewenste verandering te be- werkstellig nie en die gedrag voortduur, of indien die saak ernstig is, mag dit meer geskik wees om ‘n formele prosedure te volg. Ernstige gevalle van seksuele teistering mag byvoorbeeld seksuele aanranding, verkragting, ‘n ontklee-ondersoek, of quid pro quo teistering insluit, en sulke gevalle moet verkieslik deur middel van die formele prosedure hanteer word.

24

Page 26: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

5.3 Die formele prosedure

5.3.1 ‘n Klaer wat verlang om ‘n formele klag van seksuele teistering te lê, moet dit op skrif stel en aan sy of haar instellingshoof of Distrikskantoor, of aan die Direktoraat: Arbeids- verhoudinge by Hoofkantoor voorlê.

5.3.2 Die saak mag ingevolge artikel 17 of 18 van die Wet op die Indiensneming van Op- voeders (Wet 76 van 1998), of ingevolge die Dissiplinêre Kode en Prosedure vir die Staats- diens (Resolusie 2/99) hanteer word.

5.3.3 ‘n Nie-werknemer wat ‘n slagoffer van seksuele teistering in die werkplek was terwyl die teisteraar in die diens van die WKOD was, mag ‘n skriftelike klag aan die Direkteur Ar- beidsverhoudinge rig.

5.3.4 Indien die geval nie tot ‘n bevredigende ontknoping gebring kon word nie, kan dit vol- gens die prosedure vir dispuutresolusie hieronder hanteer word. 5.4 Dispuutresolusie

Indien ‘n klagte van seksuele teistering nie deur middel van die informele prosedures hierbo tot ‘n bevredigende ontknoping gebring kon word nie, mag enige van die betrokke partye binne 30 dae nadat die dispuut ontstaan het, die saak vir versoening ingevolge die bepalings van artikel 135 van die Wet op Arbeidsbetrekkinge, 1995, na die RVBA verwys. Indien die dispuut onopgelos bly, mag enige van die betrokkenes dit binne 30 dae na ontvangs van die sertifikaat wat deur die kommissaris ingevolge artikel 135(5) uitgereik is, na die Arbeidshof verwys. 5.5 Kriminele en siviele klagte

‘n Slagoffer van seksuele aanranding het die reg om afsonderlike kriminele of siviele klagte teen ‘n beweerde teisteraar te lê, en die wettige regte van die slagoffer word geensins deur die huidige beleid beperk nie. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

25

Page 27: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

MIV/VIGS BELEIDSDOKUMENT:

1. INLEIDING:

Alle leerders, opvoeders en ouers van hierdie skool onderneem om die MIV/VIGS Beleids- dokument te ondersteun.

Dit is hierdie skool se beleid om ‘n effektiewe voorkomingsprogram te implementeer en ‘n ver- sorgende houding te handhaaf t.o.v. die skoolgemeenskap. 2. DEFINISIES:

3. NIE-DISKRIMINASIE EN GELYKWAARDIGHEID M.B.T. LEERDERS EN 0P- VOEDERS MET MIG/VIGS:

3.1 Daar sal nie teen leerders of opvoeders met MIV/VIGS gediskrimineer word nie.

3.2 Leerders en opvoeders met MIV/VIGS sal op ‘n regverdige en humanistiese wyse hanteer word.

3.3 Spesiale maatreëls wat benodig word deur ‘n leerder of opvoeder met MIV/VIGS sal binne die skool se perke geakkommodeer word.

3.4 Hierdie skool handhaaf die menseregte van alle leerders, opvoeders en ouers van die skool- gemeenskap. 4. MIV/VIGS TOETSING: (Leerders)

4.1 Geen leerder mag toelating tot hierdie skool geweier word op grond van sy/haar MIV/VIGS status nie.

4.2 Geen leerder sal die voortsetting van hul skoolloopbaan geweier word op grond van sy/haar MIV/VIGS status nie.

4.3 Geen leerder sal medies getoets word MIV/VIGS as ‘n vereiste vir toelating tot hierdie skool nie.

4.4 Geen leerder sal medies getoets word vir MIV/VIGS as ‘n vereiste vir die voortsetting van hul skoolloopbaan nie.

4.5 Geen leerder sal medies getoets word vir MIV/VIGS vir insidenterings doeleindes nie.

4.6 Leerders wat die wens uitspreek om getoets te word vir MIV/VIGS sal ondersteun word deur: * Die versekering dat die versoek om getoets te word asook die uitslae vertroulik sal wees.

* Verwysing van die leerder na ‘n geskikte sentrum wat die nodige berading verskaf.

VIGS Beteken die “Verworwe Immuniteitsgebrek Sindroom”, dit is die finale stadium van die MIV infeksie.

MIV Beteken Menslike Immuniteitsgebrek Virus. Onredelike Diskriminasie Beteken regstreekse of nie-regstreekse onredelike diskriminasie teenoor ‘n persoon op een of meer aspekte van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (No. 108 van 1996)

Universele Voorsorgmaat- Dit is die konsep wat internasionaal bekend is in die MIV/VIGS reëls konteks wat gestandardiseerde voorsorgmaatreëls aandui met die doel om die verspreiding van MIV/VIGS van persoon tot persoon te bekamp. Dit sluit in die higiëniese voorsorgmaatreëls en die gebruik van rubber handskoene.

26

Page 28: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

5. PERSONEEL SE STATUS:

5.1 Personeel aangestel deur die Wes-Kaapse Onderwys Departement sal onderhewig wees aan die beleid van die Departement.

5.2 Personeel aangestel deur die Beheerliggaam sal onderhewig wees aan hierdie beleid. 6. MIV/VIGS TOETSING: (Opvoeders en nie opvoeders)

6.1 Geen opvoeder met MIV/VIGS se aanstelling in ‘n opvoedkundige of enige ander pos sal ge- weier word nie.

6.2 Geen opvoeder met MIV/VIGS se aansoek of aanstelling in ‘n bevorderingspos sal geweier word nie.

6.3 Die opvoeder se MIV/VIGS status sal nie as ‘n rede gebruik word vir afdanking, voortsetting van dienskontrak of hernuwing van dienskontrak nie.

6.4 Daar sal nie op ‘n onredelike wyse teenoor die opvoeder opgetree word nie.

6.5 Daar sal nie van opvoeders verlang word om roetine toetsing te ondergaan nie.

6.6 Die Beheerliggaam sal ten alle koste poog om te verseker dat geen bevooroordeling of vikti- misering sal plaasvind nie. Indien alle voorkomende pogings misluk en bevooroordeling en viktimisering voortgaan, sal die Beheerliggaam dissiplinêre stappe teen die oortreders neem.

6.7 Werknemers/opvoeders wat MIV-positief is, sal gelyke toegang tot personeelopleiding en beroepsbevordering hê.

6.8 Enige werknemer wat die wens uitspreek om getoets te word om sy/haar teenbloedliggaam- tellingstatus vas te stel sal ondersteun word deur: ~ Die versekering van die vertroulikheid van die toets en die daaropvolgende uitslae. ~ Die verwysing van die werknemer na ’n geskikte sentrum/instansie wat die nodige berading bied voor- en na die toetsing en wat die vertroulikheid van die uitslae verseker. 7. SIEKTEVERLOF/ONVERMOË OM TE WERK:

7.1 Enige werknemer wat MIV-positief is of VIGS het, is onderhewig aan dieselfde siektever- lofvoordele as ‘n werknemer wat enige ander langtermyn siekte het.

7.2 Enige werknemer wat nie meer in staat is om sy/haar pligte na te kom nie a.g.v. langtermyn afwesigheid of fisiese onvermoë, sal onderhewig wees aan die gewone reëls m.b.t. die boge- noemde.

7.3 ‘n Persoon met VIGS word versoek (maar nie verplig nie) om die skoolhoof of die Beheerlig- gaam in kennis te stel wanneer hy/sy nie meer in staat is om sy pligte voldoende na te kom nie. 8. VOORDELE EN BEHANDELING VIR PERSONEEL:

8.1 Werknemers word aangeraai om hulself in te lig m.b.t. die voordele wat mediese fondse en die pensioenfonds aanbied.

8.2 Werknemers wat VIGS het, word aangeraai om behandeling te ontvang teen oppertunistie- se infeksie wat ander personeellede en leerders in gevaar kan stel.

8.3 Werknemers wat HIV positief is, sal onderhewig wees aan dieselfde voorwaardes vir kom- pensasie, griewe prosedures en regverdige voorwaardes vir ontslag soos vir enige ander per- soneellid. 9. SKOOLBYWONING VAN LEERDERS MET MIV/VIGS:

9.1 Hierdie skool sal leerders met MIV/VIGS akkommodeer so ver prakties moontlik.

9.2 Leerders met MIV/VIGS sal hierdie skool se opvoedkundige klasse bywoon solank die leerder dit effektief kan doen.

9.3 Leerders met MIV/VIGS sal die voorregte geniet en onderhewig wees aan dieselfde reëls en regulasies as die ander leerders. Dit sluit die bywoning van klasse en ander skoolaktiwiteite in. Afwesigheid a.g.v. siekte sal dieselfde prosedure volg.

27

Page 29: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

10. VRYSTELLING VAN SKOOLPLIG:

10.1 Leerders van skoolgaande ouderdom wie nie binne hierdie skool effektief kan funksioneer nie, kan aansoek doen vir vrystelling van skoolplig.

10.2 Die Skoolhoof moet voorsien word van ‘n resente mediese verslag met dienooreenkomstige aanbeveling van die Algemene Praktisyn.

10.3 Die ouers/wettige voog(de) moet die skoolhoof skriftelik in kennis stel/versoek van die leer- der se vrystelling van skoolplig. (Afdeling 4 (1) Skolewet 1996) 11. TUIS ONDERRIG:

11.1 Indien die leerder met MIV/VIGS ongeskik word om skool by te woon a.g.v. siektes, sal die skool die werk aan die leerder beskikbaar maak, om tuis onderrig te word.

11.2 Die Skoolhoof, klasonderwyser(es) en betrokke ouers sal die nodige praktiese reëlings tref.

11.3 Die Skoolhoof en personeel sal die nodige ondersteuning bied in so ver dit moontlik is. (Afdeling 51 Skolewet 1996) 12. SPESIALE SKOLE/SPESIALE ONDERWYSBEHOEFTES:

12.1 Indien die leerder met MIV/VIGS, en/of MIV/VIGS-verwante gedrag- óf neurologiese pro- bleme ontwikkel, sal die skoolhoof:-

12.1.1 die leerder binne die skool akkommodeer met didaktiese hulp, óf

12.1.2 leerondersteuningsklas onderrig aanbied, óf

12.1.3 evalueer deur die Skoolkliniek met die doel dat die leerder in ‘n Spesiale Skool opge- neem word.

12.2 Die MIV/VIGS status van ‘n leerder mag nie as ‘n rede aangevoer word vir toelating tot spesiale onderwys nie. 13. OPENBARING VAN MIV/VIGS STATUS:

13.1 Leerder: Geen leerder of ouers van leerders word verplig om hul MIV/VIGS status bekend te maak nie.

13.2 Opvoeder: Geen opvoeder word verplig om hul MIV/VIGS status bekend te maak nie.

13.3 Die vrywillige bekendmaking van ‘n leerder of ‘n opvoeder se MIV status behoort verwel- kom te word en ‘n omgewing van vertroulikheid van informasie en versekering dat geen dis- kriminasie sal plaasvind nie, behoort geskep te word.

13.4 Vrywillige openbaring: Indien enige leerder of opvoeder hul MIV/VIGS status bekend wil maak, doen hul dit slegs aan die skoolhoof, op eie risiko. Die skoolhoof beloof om te alle tye die leerder en/of opvoeder se inligting met die hoogste konfidensialiteit te eerbiedig. Die leerder en sy ouers moet skriftelike toestemming gee aan die skoolhoof oor wie op die personeel ingelig moet word oor die MIV/VIGS status.

13.5 Indien die bogenoemde stappe in 10.3 gemeld, nie nagekom word nie, kan die skool en skoolpersoneel regtens aanspreeklik gehou word. 14. VEILIGHEIDSMAATREËLS

14.1 Algemeen:

14.1.1 Leerders wat seerplekke het bv. oop wonde, of oop sere of stukkende plekke op hul vel het, se ouers moet hierdie plekke met ‘n waterdigte verband bedek, indien nie sal die skoolpersoneel die seerplekke met waterdigte verbande bedek.

14.1.2 Personeel wat beseerde leerders behandel moet ten alle tye handskoene dra.

14.1.3 Enige oppervlak wat met liggaamsvloeistof besmet word sal met water en “jik”skoon ge- maak word.

14.1.4 Personeel wie bogenoemde oppervlaktes skoonmaak sal handskoene dra.

28

Page 30: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

14.1.5 Instrumente en implemente wat met bloed gekontamineer word, moet onmid dellik ontsmet word.

14.1.6 Enige lap-materiaal wat gebruik word en besmet is met bloed moet verbrand word.

14.1.7 Toiletpapier of sneesdoekies wat met bloed besmet is, moet in die toilet weggespoel word.

14.1.8 Alle leerders, opvoeders en ander personeel sal opgelei word m.b.t. noodhulp en die han- tering van bloed.

14.2 Leerders wat ly aan aansteeklike siektes moet die skool van bewyse voorsien sodat hy/sy mediese behandeling ontvang.

14.3 Waar moontlik, sal die skool die nodige stappe neem om leerders wat MIV-positief is, te beskerm teen die opdoen van aansteeklike siektes a.g.v. hul verswakte immuniteit.

14.4 Noodhulptasse:

14.4.1 ‘n Noodhulptas sal in die skool beskikbaar wees.

14.4.2 Hierdie Noodhulptas sal by die sekretaresse se kantoor gehou word, waar dit toeganklik is vir alle personeel en leerders.

14.5 In die klaskamer:

14.5.1 Elke klaskamer sal ‘n paar rubber handskoene, toiletpapier en/of tissues, plastiek sakke, waterdigte pleister en jik hê.

14.5.2 Die prosedure vir die hantering van bloed moet duidelik in die klaskamer sigbaar wees.

14.6 Uitstappies en/of sport- en ontspanningbyeenkomste:

14.6.1 Die betrokke opvoeder moet ‘n Noodhulptas neem op alle uitstappies/sport/ontspanning byeenkomste.

14.6.2 Hierdie Noodhulptas moet na afloop van elke uitstappie gekontroleer word. 15. VOORKOMINGSMAATREËELS

15. Sport:

15.1.1 Geen leerder met ‘n oop wond sal toegelaat word om aan ‘n kontaksport deel te neem nie, totdat die wond genees het nie.

15.1.2 Indien ‘n leerder bloeding opdoen tydens ‘n kontaksport oefening of wedstryd, sal die leerder onmiddellik van die veld verwyder word. Die wond moet behandel word en dig bedek word voordat die leerder verder kan deelneem aan die sport aktiwiteit.

15.1.3 Bloedbevlekte klere moet verwyder word, in ‘n plastieksak verseël word en ander klere aangetrek word. 16. OPVOEDING M.B.T. MIV/VIGS: (LEERDERS)

16.1 Alle leerders van hierdie skool sal inligting ontvang t.o.v. MIV/VIGS

16.2 Hierdie inligting sal aangepas word volgens die ouderdom van die leerders.

16.3 Opvoeding sal in die vak: Lewensvaardighede van hierdie skool plaasvind.

16.4 Opvoeding sal ook die volgende insluit: noodhulp, die rol van dwelms, seksuele mis- handeling, geweld en seksueel oordraagbare siektes.

16.5 Opvoeding sal ook die beskikbare hulpbronne in die gemeenskap insluit.

16.6 Leerders sal onderrig word om nie-diskriminerend op te tree teenoor persone met MIV/VIGS.

16.7 Leerders sal onderrig word oor waardes en norme en die handhawing van gesonde ver- houdings.

16.8 Onderrig sal geskied op ‘n korrekte wetenskaplike wyse en in ‘n taal wat ouderdoms toepas- lik is vir die leerders.

29

Page 31: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

17. OPVOEDING VAN MIV/VIGS: (OUERS)

17.1 Ouers sal ingelig word tydens oueraande, toesprake en per notule van die lewensvaar- dighede-opleiding van leerders.

17.2 Opleidingsgeleenthede m.b.t. MIV/VIGS vir ouers sal plaasvind.

17.3 Ouers moet aangemoedig word om die skool te ondersteun in die bekamping van die ver- spreiding van MIV/VIGS. 18. OPVOEDING M.B.T. MIV/VIGS: (OPVOEDERS)

18.1 Opvoeders van hierdie skool sal voortdurend opleiding ondergaan en seminare bywoon sodat hulle toegerus sal wees om korrekte wetenskaplike inligting aan ouers en leerders oor te dra. 19. OPVOEDING M.B.T. MIV/VIGS: (OPVOEDERS)

19.1 Alle personeel nl.: Administratiewe personeel, Klerke, Skoonmakers, Tuiniers, Assistente, Busbestuurders, Sportafrigters, Kontrakwerkers, Koshuispersoneel ens. sal opgelei en ingelig word oor MIV/VIGS. 20. WEIERING VAN SKOOLBYWONING MET LEERDERS WAT MIV/VIGS HET:

20.1 Leerders wat weier om skool by te woon met leerders wat MIV/VIGS het of blyk om te hê, sal deur die skoolhoof verwys word vir berading. Die ouers sal ook vir berading verwys word.

20.2 Indien leerders steeds skoolbywoning weier sal dissiplinêre stappe teen hulle geneem word.

20.3 Leerders of opvoeders wat weier om onderrig te word óf saam te werk met ‘n opvoeder wat MIV/VIGS het, sal deur die skoolhoof verwys word vir berading. Die ondersteuning van die Skoolkliniek, NRO’s en ander hulpbronne sal benut word.

20.4 Indien bogenoemde situasie nie opgelos kan word nie, sal dissiplinêre stappe geneem word teen leerders en opvoeders. 21. IMPLEMENTASIE IN DIE SKOOL:

21.1 Implementering van ‘n MIV/VIGS-, seksualiteits- en lewensvaardigheidsprogram in hierdie skool word deur die Beheerliggaam van hierdie skool goedgekeur.

21.2 Belangrike rolspelers in die gemeenskap sal deur die Beheerliggaam goedkeuring ontvang om die implementasie van ‘n program in die skool te bevorder. 22. DIREKTE FAMILIELEDE:

Die skool neem in ag dat die MIV-status van ‘n leerder, en/of hul ouers en/of ander familie- lede emosionele en finansiële gevolge het wat die leerder en die personeel kan raak. Alhoewel die skool die noodsaaklikheid van die vertroulike aard van die siekte in ag neem, kan die uit- werking wat die siekte op leerders en hul families het nie geïgnoreer word nie daarom is hierdie beleid daarmee in ag genome saamgestel.

22.1 Vertroulikheid: Indien ‘n familie sou ontdek dat ‘n familielid (nie die leerder nie) MIV-positief is, is hulle onder geen verpligting om die skool in kennis te stel nie. Indien die familie sou be- sluit om die skool in kennis te stel, sal hierdie inligting as streng vertroulik beskou word. Die skool sal poog om die leerder te ondersteun en berading aan te bied deur die skool se eie be- raders of om die leerder te verwys vir berading na buite ondersteuningsdienste.

22.2 Verantwoordelikheid: Die verantwoordelikheid vir die leerder se gedrag en versorging berus op die ouers of die voogde van die kind. 23. GESONDHEIDS-ADVIESKOMITEE:

23.1 Die portefeulje Gesondheids Adviseur sal aan ‘n lid van die Bestuursliggaam toegesê word.

30

Page 32: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

23.2 Hierdie amptenaar sal ‘n komitee stig, bestaande uit opvoeders, ouers, rolspelers in die ge- meenskap en leerders.

23.3 ‘n Voorsitter moet genomineer word (verkieslik iemand met mediese kennis).

23.4 Hierdie komitee sal verantwoordelik wees vir:- * die ontwikkeling en implementering van die skool se MIV/VIGS beleid * fondse insamel sodat projekte en programme m.b.t. MIV/VIGS in die skool aangebied kan word en voortbestaan * verdere opleiding aan opvoeders en ouers ondersoek en beskikbaar maak * toesien dat alle voorkomingsmaatreëls in die skool gehandhaaf word * as Mediators optree in gevalle waar leerders en opvoeders weier om skool by te woon, on- derrig of saam te werk met ‘n persoon wat MIV/VIGS het. * hierdie Beleidsdokument aanpas soos die skool se behoeftes wysig. * die evaluering en verdere beplanning van opvoeders van leerders m.b.t. MIV/VIGS * advies m.b.t. alle gesondheidsake, ingeslote MIV/VIGS gee.

23.5 Die skoolhoof sal verantwoordelik wees vir die implementering van die MIV-beleid in die skool. Hierdie Beleidsdokument is onmiddellik van krag en sal aan alle leerders, opvoeders, personeel en ouers bekend gemaak word. Hierdie Beleidsdokument is nie-diskriminerend van aard, dit respekteer die regte van alle mense en is ‘n dokument saamgestel in die beste belang van alle persone, insluitend persone met MIV/VIGS ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

31

Page 33: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

DWELMMISBRUIK:

Algemene beleid van Worcester-Noord Primêre Skool t.o.v. dwelmmisbruik in ons skool en omliggende gebiede waarby leerders betrokke is. 1. Die skool onderskryf die minister van onderwys se oproep dat skole bewus moet wees van

verskillende vorme van dwelms wat gebruik word in skole. Hoewel ons skool se leerders nie werklik gebruikers is van bogenoemde dwelms nie, pas ons die nodige maatreëls toe om te alle tye inligtingsessies met personeel en leerders te hou om kennis uit te brei.

2. Die volgende riglyne word gevolg: (Beleid)

2.1 Geen leerder mag in besit wees van enige onwettige dwelms, handel met, of verspreiding daarvan nie. Voorbeelde sluit die volgende in: (alkohol, tabak en voorgeskrewe medikasie) 2.2 Die skool sal altyd ondersteunend optree om 'n leerder wat betrokke raak, by te staan. Ouers sal ingelig word en die nodige stappe sal gevolg word. 2.3 Leerders wat betrokke is by dwelmmisbruik sal ondersteun word en onderrig sal nie onnodig gestaak word nie. 2.4 Indien 'n leerder nie wil saamwerk t.o.v. rehabilitasie nie, sal tydelik skorsing plaasvind of verdere stappe gevoer word soos neergelê deur die WKOD regulasies. 2.5 Alle inligting t.o.v. 'n leerder of personeellid moet konfidensieel hanteer word. Indien 'n leer- der 'n rehabilitasieprogram bywoon moet ouers en leerder skriftelik toestemming verleen daartoe. 3. Toetsing van dwelms:

Die skoolhoof of afgevaardigde mag van tyd tot tyd dwelmtoetse uitvoer op enige leerder van sy skool sonder enige toestemming indien dit as volg uitge- gevoer word.

3.1 Toetsing moet deur dieselfde geslag uitgevoer word. 3.2 Moet professioneel hanteer word.

Enige verdere inligting kan gekry word in “Substance abuse awareness champaign 2008".

Tolvryenommer vir alle soorte mishandeling: 0800 45 46 47

Noodnommers:

LIFELINE 021 461 1111 24 hour crisis counselling

CHILDLINE 021 461 1114 Help line for all forms of child abuse 0800 055 555

TRAUMA CENTRE 021 465 7373 Assistance and counselling with all types of trauma Hulp- en Ondersteuningsgroepe:

ALCOHOLICS 021 510 2288 Support group for people who think they may have ANONYMOUS a problem with alcohol

ALATEEN 021 592 3970 Support for teenagers with a parent who drinks too much

ALANON 021 592 3970 Support for family members & friends affected by someone’s drinking

NARCOTICS 0881 300 327 Support group for people who think they may have ANONYMOUS a drug problem

NARANON 0881 296 791 Support group for families & friends of people with a drug problem

32

Page 34: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

33

Page 35: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

BELEID OOR GESLAGSGELYKHEID:

1. INLEIDING

Die Beleid oor Geslagsgelykheid moet saamgelees word met die dokument: Beleid oor Geslagsgelykheid: Verwysingsdokument:

Hierdie beleid bied riglyne rakende geslagsgelykheid

• vir alle werknemers en leerders van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) en die geaffilieerde individue, strukture, liggame en organisasies wat binne die gebiedsfeer van die

WKOD optree.

• om te verseker dat mans en vrouens, en vroulike en manlike leerders, billik behandel word en gelyke toegang tot geleenthede (persoonlik, sosiaal, ekonomies, polities en kultureel) het.

Die volgende waardes het aan die Beleid oor Geslagsgelykheid sy beslag gegee:

• Die feit dat daar biologiese verskille tussen mans en vrouens is.

• Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (Wet 108 van 1996) wat bepaal dat elk-een gelyk is voor die reg, en aanspraak het op gelyke beskerming en bevoorregting deur die wet.

• Die feit dat die staat nie regstreeks of onregstreeks mag diskrimineer teen enigiemand op grond van ras, geslag, swangerskap, huwelikstaat, etniese of sosiale afkoms, kleur, seksuele oriëntasie, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, geloof, kultuur, taal of herkoms nie.

• Die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie (Wet 4 van 2000) wat bepaal dat die staat en organisasies prioriteit moet gee aan die eliminering van onbillike diskriminasie en die bevordering van gelykheid ten opsigte van ras, geslag en gestremdheid, en dat hulle dus spesiale maatreëls om gelykheid te bewerkstellig kan implementeer.

• Die vereiste dat voorkeurbehandeling van vroue (werknemers) en vroulike leerders, onder se-kere omstandighede, nie neerkom op diskriminasie teen mans (werknemers) en manlike leerders nie, mits hierdie maatreëls nie tot ongelyke of afsonderlike standaarde aanleiding gee nie.

2. DEFINISIES

Geslag verwys na die ekonomiese, sosiale en kulturele kenmerke en geleenthede wat verband hou met manlik of vroulik wees. Dit is ‘n stel eienskappe en gedragspatrone wat die samelewing van ‘n manlike of ‘n vroulike persoon verwag. ‘n Geslagsperspektief onderskei tussen wat biolo-gies gegee is en wat kultureel gekonstrueer is. Mans en vrouens word op spesifieke wyses deur hulle samelewings grootgemaak om bepaalde manlike en vroulike identiteite wat van mekaar ver-skil, aan te neem. Hierdie identiteite word onder meer deur klas, ras, godsdiensoortuigings, sek-suele oriëntering en gesinsrolle beïnvloed. Die term geslag word gebruik om hierdie sosiale, kul-turele en historiese verskille te beskryf. Geslag verskil nie slegs van kultuur tot kultuur nie, maar dit verander ook met verloop van tyd. Alle kulture en gemeenskappe behou sekere tradisies ter-wyl hulle ook nuwe tradisies ontwikkel. Geslagsverhoudings het gewoonlik ‘n hiërargiese struk-tuur, waar vrouens onderskik is aan mans, en minder mag, geleenthede en toegang tot middele het.

34

Page 36: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Verduideliking word vir die volgende definisies voorsien:

TERM

Diskriminasie- praktyke Feminisme Geslags- gebaseerde geweld

Geslagsverskille Geslagsgelyk-heid

Geslags- billikheid Geslags- perspektief

Geslagsbe-planning

Seksuele keuse

Seks

Plaasvervang- ende aanspreek- likheid

Vrouebe- magtiging

By indiensneming en in die onderwysstelsel vind diskriminasie plaas wanneer een per-soon minder gunstig as ‘n ander behandel word vanweë ‘n eienskap wat geen betrek-king het op sy of haar vermoë om ‘n taak te verrig nie. Hierdie eienskappe behels on-der meer lidmaatskap van ‘n groep, geslag, huwelikstaat, ouerskap, ras, etnisiteit, ge-stremdheid of seksuele oriëntering. Indirekte diskriminasie kom voor wanneer ‘n reël of ‘n voorwaarde wat neutraal voor-kom, in die praktyk ‘n bepaalde persoon of groep uitsluit van oorweging vir ‘n posisie. Byvoorbeeld, senioriteit as vereiste vir bevordering kan indirek teen vroue diskrimineer.

Die proses waar vroue op aktiewe wyse teenstand bied teen hulle verdrukking op grond van ras, klas of geslag.

Geslagsgebaseerde geweld is die gevolg van ongelyke magsverhoudings tussen mans en vroue, vroulike en manlike leerders. Dit vind plaas wanneer iemand mishandel (fisies of geestelik), aangerand of geteister word (fisies of mondelings) omdat hy of sy manlik of vroulik is. Geslagsgebaseerde geweld kom voor vanweë die samelewing se opvattings oor hoe aanvaarbare weergawes van vroulikheid en manlikheid gedemonstreer moet word. Voorbeelde wissel van seksuele teistering, kindermishandeling, die mishandeling van eggenotes, die treitering van homoseksuele mans en vroue, vrouemoord, die doodmaak van vroue wat as hekse beskou word, en bendeverkragting (jackrolling).

Gedrags- en houdingsverskille as gevolg van sosiale praktyk, wat dinamies is en uitge-daag en verander kan word.

Vroue en mans moet dieselfde voordeel trek uit goedere waaraan die samelewing waarde heg, geleenthede, hulpmiddele en belonings. Aangesien samelewings verskil oor die opvatting van wat waardevol is, is ‘n kritieke aspek van die gelykheid van vroue hulle bemagtiging om dit wat as waardevol beskou word, te beïnvloed en om deel te hê aan besluitneming rakende samelewingsprioriteite. Gelykheid beteken nie dat vroue en mans dieselfde is nie, maar dat geleenthede en kanse in die lewe nie van geslag sal afhang nie.

Die bevordering van gelyke geleenthede vir, en billike behandeling van mans en vroue op persoonlike, sosiale, kulturele en ekonomiese gebied. Dit behels die bevrediging van die behoeftes van vroue en mans, en seuns en meisies, sodat hulle in sowel die in-formele as die formele arbeidsmark kan meeding, ten volle by die samelewing betrokke kan wees, en hulle gesinsrolle op gepaste wyse kan vervul sonder dat daar op grond van geslag teen hulle gediskrimineer word.

Die integrasie van vroue in alle aspekte van die werk in ‘n inrigting of organisasie waar die verantwoordelikheid op die hoogste vlak van besluitneming gesetel is.

Beplanningspraktyke wat geslag as ‘n fundamentele analitiese komponent van beplan-ningsmetodologie insluit.

Keuse of voorkeur m.b.t. lewensmaats. Die bevordering van gelykheid - soos bepaal in die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskrimina-sie (Wet 4 van 2000), berus op die veronderstelling dat daar nie teen mense op grond van hulle seksuele voorkeure gediskrimineer moet word nie, en dat hulle derhalwe op billike en gelyke wyse behandel moet word en gelyke toegang tot geleenthede op alle lewensterreine, d.w.s. ekonomiese, sosiaal en kultureel, moet hê.

Die biologiese verskille tussen mans en vroue.

Die aanspreeklikheid van werkgewers (inrigtingshoofde) vir die wetsoortreding van hulle werkers of agente in die uitvoering van hulle pligte. Hierdie beginsels beteken dat alle bestuurders van organisasies, of persone met gedelegeerde magte en verantwoordelik-hede (met inbegrip van opvoeders) verantwoordelik is vir die tref van redelike voorsorg om teistering of diskriminasie te voorkom. Waar hulle geag word dit te gedoen het, kan hulle nie aanspreeklik gehou word nie.

‘n Strategie wat daarop toegespits is om vroue op te hef deur aan hulle toegang tot middele te gee, die magswanbalanse tussen mans en vroue reg te stel, en gelyke ge-leenthede aan hulle te bied om hulle volle potensiaal op persoonlike, sosiale en politieke vlak te verwesenlik.

VERDUIDELIKING

35

Page 37: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

3. DOELSTELLINGS

Die volgende is die doelstellings van die Beleid oor Geslagsgelykheid. • Om aandag te gee aan die gesindhede en gedrag van individue en groepe, en die diskrimine-

rende inrigtingspraktyke wat die tradisionele stereotipering van mans en vroue verskans en negatief op hulle groei en ontwikkeling inwerk • Om te verseker dat alle besluitneming en alle praktyke binne die WKOD opgestel is met inag-

neming van geslagsoorwegings wat ‘n proaktiewe uitwerking op toekomstige praktyke sal hê • Om beleid, praktyke en prosedures in alle opvoedkundige inrigtings, subdirektorate, direktorate

en programme in ooreenstemming te bring met die nasionale regsraamwerk van die Regering, wat ‘n ondertekenaar is van baie internasionele verklarings

• Om ‘n raamwerk vir die implementering van spesiale maatreëls daar te stel om gelyke toegang en geleenthede vir die bevordering van vroue en vroulike leerders te verseker met die oog op die bereiking van gelykheid. Dit sal alle terreine van onderwys, opleiding en ontwikkeling binne die WKOD insluit.

Die uiteindelike doel met die Beleid oor Geslagsgelykheid is om geslagsgelykheid vir vroue en mans, vroulike en manlike leerders te bewerkstellig, hoofsaaklik deur die bemagtiging van vroue en vroulike leerders, maar nie ten koste van mans en manlike leerders nie. 4. MAGTIGING

4.1 Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, (Wet 108 van 1996) 4.2 Wet op die Indiensneming van Opvoeders, (Wet 76 van 1998) (soos gewysig) 4.3 Suid-Afrikaanse Skolewet, (Wet 84 van 1996) (soos gewysig) 4.4 Wet op die Ontwikkeling van Vaardighede, (Wet 97 van 1998) 4.5 Witskrif op die Transformasie van die Staatsdiens, 1995 4.6 Wet op Arbeidsverhoudinge, (Wet 66 van 1995) (soos gewysig) 4.7 Wet op Nasionale Onderwysbeleid, (Wet 27 van 1996) 4.8 Witskrif op die Transformasie van Dienslewering in die Staatsdiens (Batho Pele Witskrif), 1997 4.9 Die Witskrif op Regstellende Aksie in die Staatsdiens, 1998 4.10 Wet op Gelyke Indiensneming (Wet 55 van 1998) 4.11 Wet op Basiese Diensvoorwaardes, (Wet 75 van 1997) 4.12 Staatsdienswet, (Wet 103 van 1994) (soos gewysig) 4.13 Staatsdiensregulasies, 2001 4.14 Wet op Voortgesette Onderwys en Opleiding, (Wet 98 van 1998) (soos gewysig) 4.15 Wet op Onderhoud, (Wet 99 van 1998) 4.16 Wet op Huishoudelike Geweld, (Wet van 1998) 4.17 Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onregverdige Diskriminasie, Wet 4 van 2000) 4.18 Die Convention for the Elimination of All Forms of Discrimination Against Women (CEDAW) 4.19 Die Women’s Charter for Effective Equality (1993) 4.20 Die Protokol to the African Chapter on Human and People’s Rights on the Rights of Women in Africa 5. REIKWYDTE

Die Beleid oor Geslagsgelykheid is van toepassing op alle werknemers en leerders van die WKOD en geaffilieerde individue, strukture, liggame en organisasies wat binne die gebiedsfeer van die WKOD optree. Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir die implementering van die Beleid oor Geslagsgelykheid berus dus by elke staatsdienswerknemer of agent van die staat binne die onder-wys.

Hierdie reikwydte is van toepassing op die interne bedryf van die WKOD as werkgewer, asook op die eksterne aktiwiteit van die WKOD as ’n diensagentskap van die regering.

36

Page 38: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

6. BELEIDSBEPALINGS EN ROLLE VERANTWOORDELIKHEDE 6.1 Elke Distrikskantoor/Direktoraat moet ‘n persoon hê wat fokus op geslagsgelykheid en ver- antverantwoordelik is vir die monitering van die geslagsperspektief in haar of sy verantwoor- delikheidsfeer binne die WKOD. 6.2 Die hoof van elke Distrikskantoor/Direktoraat moet persone wat fokus op geslagsgelykheid benoem om binne die betrokke gebied werksaam te wees. Hierdie persone moet minstens ‘n belangstelling in geslagsgelykheidskwessies toon en geslagswerk moet in hulle posbeskrywings vervat wees. Om kontinuïteit te verseker, moet die verantwoordelikheid gekoppel wees aan ‘n pos en nie aan ‘n persoon nie. 6.3 Elke Distrikskantoor/Direktoraat is verantwoordelik vir die implementering van die Beleid oor Geslagsgelykheid en sy eie beheermaatreëls, wat op doeltreffende wyse geadministreer moet word. 6.4 Elke Distrikskantoor/Direktoraat moet ‘n verteenwoordiger hê wat op die WKOD-Geslagsge- lykheidstruktuur binne die Direktoraat Menslike Hulpbronne dien. 6.5 Elke Distrikskantoor/Direktoraat is aanspreeklik teenoor die hoofde en direkteure van die D i s - trikte wat verslae oor die implementering van die Beleid oor Geslagsgelykheid of enige an- der projek of program verwant aan geslag kan aanvra. 6.6 Elke Distrikskantoor/Direktoraat is verantwoordelik vir die toewysing van die nodige middele in enige vorm (byvoorbeeld opleiding, finansies, tyd en bewustheid) vir die bevordering en imple- mentering van geslagsperspektief binne die WKOD. 6.7 Die Direktoraat: Menslike hulpbronontwikkeling is verantwoordelik vir die koördinering van geslagsgelykheidsaktiwiteite en -prosesse, die voorsiening van strategiese leiding, en die monitering en evaluering van die implementering van die Beleid oor Geslagsgelykheid en ander verwante geslagsgelykheidsprojekte en -programme.

37

Page 39: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Die volgende tabel gee ‘n uiteensetting van die rolle en verantwoordelikhede van persone, eenhede of groepe wat met geslagsgelykheid gemoeid is en die prestasie-aanwysers waarop monitering en evaluering gebaseer is.

Rolle en verantwoordelikhede van Prestasie-aanwysers vir monitering en persone, eenhede of groepe evaluering gemoeid met geslagsgelykheid

Verseker dat geslagskwessies as ‘n saak Die beginsels van nie-diskriminasie en geslags- van roetine aandag geniet by strategiese gelykheid is ingesluit in die departemenrt se visie en beplanningsoefeninge. missiestellings, strategiese doelwitte en planne.

Weerspieël geslagsoorwegings in sakeplan- Sakeplanne behoort spesifieke geslagsverwante ne, en besin gereeld daaroor. teikens in te sluit. Toepaslike riglyne vir werwings- komitees moet die verlangde geslagsverteenwoor- diging vir regstellende aksie aantoon.

Hersien beleide, projekte en programme Alle beleide, projekte en programme moet ‘n be-met die oog op geslagsimplikasies. wustheid van die praktiese en strategiese behoeftes van vroue en vroulike leerders, asook die volgende, weerspieël: Sensitiwiteit teenoor geslagsverhoudinge. Verhoogde beleggings in VBOO en VKO. Spesifieke geslagsgebaseerde uitgawes. Gelyke geleentheiduitgawes vir werknemers. Begroting vir geslagsperspektief.

Verseker dat opvoedkundige inrigtings, In alle data moet geslag gespesifiseer word (sowel , Distrikte, direktorate, subdirektorate en as ras en ander voormalige diskriminasiekategorieë) programme geïndividualiseerde data in om aan te toon hoe dit benut is. Geslagsverwante hulle werk voorsien en gebruik. werk (projekte, motiverings en programme) word deur hierdie inligting ondersteun.

Koördineer geslagsbewustheid, opleiding, Personeel ontvang toepaslike en relevante opleiding onderwys en ontwikkeling vir alle personeel in geslagsbewustheid, -ontleding en -beplanning. aan opvoedkundige inrigtings, Distrikte, Sodanige opleiding moet uitloop op waarneembare direktorate, subdirektorate en programme uitkomste, soos ‘n verhoogde bewustheid en sensi- om te verseker dat geslagsgelykheid in alle tiwiteit in die werk van personeel, en die ontwikkel- aspekte van die werk geïntegreer word. ing van kapasiteit vir die doeltreffende benutting van geïndividualiseerde data.

Hersien departementele beleid en beplan- Departementele en institusionele beleide en planne ning in ooreenstemming met nasionale en moet alle sleutelbeginsels wat in hierdie beleid ver- internasionale raamwerke vir beleid oor vat is, weerspieël. geslagsgelykheid.

Verseker dat die opvoedkundige inrigtings, Die beginsels van hierdie beleid word doeltreffend Distrikte, direktorate, subdirektorate en geïmplementeer en sigbare veranderings word ge- programme die beleid oor geslagsgelykheid maak. implementeer.

Moniteer en evalueer projekte en program- Daar is duidelike en doeltreffende meganismes vir me om te bepaal of hulle strook met die monitering en evaluering, en vorderingsverslae beleid oor geslagsgelykheid. word geredelik opgestel en daar is reaksie daarop.

Stel meganismes daar om met die same- Rekords word gehou van die aantal burgerlike lewing bande te smee en te skakel. organisasies wat geraadpleeg is. Notules en ver- slae van konsultasies word gehou. Die resultate van hierdie konsultasies behoort gedokumenteer te word.

38

Page 40: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

7. MONITERINGS- EN EVALUERINGMEGANISMES Die ontwikkeling en aanvaarding van die Beleid oor Geslagsgelykheid is ‘n belangrike stap ter be- vordering en institusionalisering van ‘n ontwikkelingsproses waarin mans en vroue, en vroulike en manlike leerders gelyke vennote word in die skep van maatskaplike, politiese, kulturele en ekono-miese transformasie in Suid-Afrika. Dit is dus noodsaaklik dat die implementering en impak van die beleid op doeltreffende en effektiewe wyse gemoniteer en geëvalueer word.

Aanwysers vir geslagsgelykheidsvordering

• Die versekering van gelyke toegang tot, en voltooiing van, basiese onderwys • Die verbetering van toegang tot beroepsopleiding, wetenskap en tegnologie • Die uitroeiing van ongeletterdheid onder vrouens • Die ontwikkeling van nie-diskriminerende leerprosesse • Die voorsiening van veilige en gesonde leeromgewings • Die bevordering van lewenslange onderwys en opleiding vir vrouens en meisies • Die toewysing van voldoende hulpmiddele vir opvoedkundige hervorming en die monitering

van implementering daarvan

Moniterings- en evalueringsmeganismes moet dus verseker dat:-

• sukses gemeet word, • strategiese inligting versamel word om die impak, relevansie en toepaslikheid van die pro-

gramme en of projekte te assesseer, • die implementering van die beleid ‘n positiewe uitwerking op die opvoeding van vroulike leer-

ders en vroue het, dog nie ten koste van die onderwys, opleiding en ontwikkeling van manlike leerders en mans geskied nie. Dit behoort die bogenoemde aanwysers te dek,

• vroulike en manlike leerders, vroue en mans, die waardes en vaardighede verwerf om die houdings- en gedragsveranderings te ondergaan wat benodig word vir die noodsaaklike en doeltreffende maatskaplike transformasie van die samelewing.

8. SLOTSOM

Die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) erken sy verantwoordelikheid vir die handhawing van die bepalings van die Suid-Afrikaanse Grondwet, wat aan burgers die reg op ‘n diskrimina-sievrye omgewing belowe. Die WKOD se Beleid oor Geslagsgelykheid wil nie slegs vir die de-partment die weg aandui om beter toegerus te word om die probleme wat voortspruit uit geslags-diskriminasie te hanteer nie, maar wil dit ook verbind tot die ontwikkeling van ‘n organisatoriese kultuur waar menswaardigheid en kulturele diversiteit verheerlik, geëer, verteenwoordig, gerespek-teer en erken word, en sodoende verseker dat ’n kultuur van menseregte diep in die organisasie, asook in die breër Suid-Afrikaanse samelewing, gevestig word. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ .......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

39

Page 41: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

GRONDWET VIR DIE OOV VAN DIE WORCESTER-NOORD PRIMÊRE SKOOL:

1. NAAM

Die naam van die vereniging is die ouer-onderwysersvereniging van die Worcester-Noord Primêre Skool. (Hierna genoem die Vereniging)

2. DOELSTELLINGS

2.1 Om hegte samewerking en welwillendheid tussen ouers/voogde van ingeskrewe leerders van die Worcester-Noord Primêre Skool (hierna genoem die skool) en onderwysers in hulle ge- samentlike taak te bewerkstellig.

2.1 Om ‘n platform te voorsien waar ouers ingelig kan word aangaande sake rakende die opvoe- ding van hulle kinders by die skool.

2.3 Om naas die Beheerliggaam op eie terrein in harmonie en noue samewerking met die Be- heerliggaam te werk.

2.4 Om met die toestemming van en/of in oorleg met die Beheerliggaam en die skool planne te beraam en te implimenteer om fondse ten bate van die skool in te samel.

3. LIDMAATSKAP

Ouers en voogde van ingeskrewe leerders van die skool, lede van die Beheerliggaam en on- derwysers van die skool.

4. BESTUUR

‘n Bestuur van 8 lede wat soos volg saamgestel word:

5 ouers (gewysig op 1 Februarie 2007) Die skoolhoof en adjunk-prinsipaal Een lid deur die Beheerliggaam benoem

Tydens die algemene jaarvergadering word lede vir ‘n 2-jaar termyn verkies en is herkies- baar, indien beskikbaar.

5. KLASVERTEENWOORDIGERS

Elke klas kies jaarliks ‘n verteenwoordiger om op die OOV te dien as koördineerder vir ‘n tydperk van een jaar. Dié verteenwoordiger word na afloop van die jaarvergadering tydens die klasbyeenkoms verkies.

6. VERGADERINGS

6.1 Algemene vergaderings

6.1.1 Die Algemene Jaarvergadering word gedurende die eerste skoolkwartaal van elke jaar gehou. 6.1.2 Verdere vergaderings sal, soos nodig, gedurende die jaar gehou word.

6.1.3 Lede moet minstens 7 (sewe) dae voor die vergadering skriftelik in kennis gestel word.

6.1.4 Die ouers en onderwysers wat by so ‘n vergadering teenwoordig is, sal ‘n kworum vorm.

6.2 Bestuursvergaderings

6.2.1 Die Bestuur sal minstens 1 keer per kwartaal vergader na skriftelike kennisgewing.

6.2.2 Die eerste vergadering geskied onmiddellik na die Algemene Jaarvergadering.

6.2.3 By laasgenoemde vergadering kies die bestuur sy eie voorsitter, ondervoorsitter, sekre- taris/sekretaresse en tesourier/e.

6.2.4 Genoemde ampsdraers beklee hulle ampte vir 1 (een) jaar, maar is herkiesbaar.

6.2.5 Vyf (5) lede sal ‘n kworum vorm.

6.2.6 Vakatures sal deur koöptering aangevul word.

6.2.7 Die verkose bestuur vergader binne dertig (30) dae om sy werkprogram vir die jaar te beplan.

40

Page 42: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

6.3 Spesiale vergaderings

6.3.1 ‘n Spesiale vergadering van die Bestuur kan ter enige tyd deur die Voorsitter belê word, op voorwaarde dat minstens 10 (tien) dae kennisgewing sal geskied.

6.3.2 Indien meer as die helfte van ’n dienende bestuur daarom versoek, kan ’n spesiale ver- gadering van die bestuur belê word. 7. MAGTE VAN DIE BESTUUR

7.1 Die bestuur het volle mag om die doelstellings van die Vereniging te verwesenlik, maar is nietemin verplig om te handel binne die riglyne van alle besluite van die Vereniging.

7.2 Die bestuur het verder mag om: sub-komitees aan te stel. lede van die Vereniging te koöpteer om in subkomitees te dien.

7.3 Alle sub-komitees sal outomaties ontbind sodra die taak waarvoor hulle aangestel is, afgehan- del is. ’n Lid van die bestuur sal altyd as voorsitter van die sub-komitee optree.

8. DAGBESTUUR

8.1 Die dagbestuur sal bestaan uit die prinsipaal, voorsitter en sekretaris van die Bestuur en het die mag om take wat deur die Bestuur aan hom opgedra word, uit te voer.

8.2 Die Dagbestuur het ook die mag om in geval van nood op te tree of te vergader en sodanige noodsituasie die hoof te bied wat sake van die Vereniging raak. Die besluit of so ‘n noodge- val of situasie wel in werklikheid ontstaan het, sal by die prinsipaal en die voorsitter van die Bestuur berus.

8.3 Die Dagbestuur sal alle optrede aan die Bestuur rapporteer.

9. BYWONING

9.1 Van alle lede van die Bestuur word verwag om gereeld die bestuursvergaderings by te woon.

9.2 ‘n Lid van die Bestuur wat by twee agtereenvolgende of drie nie-agtereenvolgende vergade- rings van die Bestuur in dieselfde ampstermyn afwesig is, se lidmaatskap verval outomaties en die Bestuur het die mag om die vakature deur koöptering aan te vul.

10. FINANSIES

Die Bestuur sal noukeurig boekhou van gelde ontvang.

Alle gelde ontvang, sal in die Trustfonds inbetaal word.

11. WYSIGING VAN DIE GRONDWET

Enige wysiging van die grondwet mag by die jaarvergadering behandel word. ‘n Twee-derde meerderheidstem van die lede teenwoordig word vereis om ‘n voorgestelde wysiging goed te keur. Die inhoud van voorgestelde wysiging moet die sekretaris binne die eerste vier weke van Januarie bereik.

12. BOEKJAAR

Die boekjaar van die Vereniging eindig op 31 Desember.

13. NOTULES

Alle vergaderings word genotuleer.

14. GEBED

Alle vergaderings word met gebed geopen.

15. TAAL

Lede mag by alle vergaderings Afrikaans of Engels praat.

16. STEMREG

Stemreg geskied deur die opsteek van hand, tensy die voorsitter anders reël.

41

Page 43: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

17. ALGEMEEN

17.1 Besprekings oor leerders se private lewe is verbode. Persoonlike klagtes van lede wat onder die jurisdiksie van die prinsipaal tuishoort, mag nie bespreek word nie.

17.2 Die Vereniging mag hom nie inlaat met die opvoedingsbeleid, of onderwysmetodes van die skool nie.

17.3 Die outoriteit van die Beheerliggaam bly onaangetas en moet in alle opsigte gerespekteer word.

18. OORSPRONKLIKE GRONDWET

Die oorspronklike eksemplaar van die Grondwet sal deur die prinsipaal en die voorsitter van die Vereniging onderteken word en veilig in die skoolargief bewaar word. Bostaande is die Grondwet van die Ouer-Onderwysvereniging van die Worcester-Noord Primêre Skool en tree in werking onmiddellik nadat dit deur die Beheerliggaam goedgekeur is. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________ ........................................... .......................................................... VOORSITTER - OOV VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................... .......................................................... SEKRETARESSE - OOV SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

42

Page 44: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

SPORTBELEID:

1. RUGBY

Spelers neem deel volgens ouderdomsgroepe USSASA ouderdomme 0/7, 0/8, 0/9, 0/11, 0/13 - Kaartstelsel word toegepas. Alle ouderdomsgroepe neem deel aan vriendskaplike wedstryde en ligawedstryde afhangende of daar spanne is waarteen hul kan speel. Alle spanne speel ook wedstryde op Saterdae bv. Sport-dae. Buitemuurse program maak voorsiening vir oefentye vir 0/7 - 0/13 spanne. LW: spelers van 0/7 tot 0/13 moet by hul ouderdomsgroepe oefen en wedstryde speel. 0/7 - 0/13 seuns oefen x 2 per week en speel ligawedstryde in die week. Sportdae vind meestal op Saterdae plaas. 0/14 seuns word geakkommodeer by 'n hoërskool van hul keuse.

2. NETBAL

Mini-netbal 7-,8- en 9-jariges speel mini-netbal. Hulle speel met ‘n no.4-bal en kort netbalpale (2,50m). Die 7- en 8-jariges sal aan meer formele wedstryde blootgestel word, met die oog op netbal ontwik-keling. 7- en 8-jarige speelsters sal egter eers kans gegun word om basiese vaardighede te oefen en wedstryde sal eers vanaf einde Mei plaasvind. Informele oefenwedstryde of netbalvaardigheids dae/-middae kan gereël word teen ander skole. 7-, 8- en 9-jariges word volgens die buitemuurse program ingedeel in spesifieke middag oefentye. Ons speel streng volgens ouderdom en geen uitsonderings mag gemaak word nie. Gr. 1’s wat bv. 8 is moet by die agjarige groep oefen. 9-Jariges neem deel aan ligawedstryde. Alle mini-netbalspelers oefen 2x per week. Indien daar wedstryde is, oefen hulle slegs 1x, per week, tensy anders gereël. Alle mini-netbalreëls geld soos deurgegee aan skole volgens NSA.

10- tot 13-jarige netbal:

Speel met lang pale en 'n nr.5-bal Alle spelers neem streng volgens ouderdomsgroepe deel. Die USSASA spelerskaarte word aange-wend as bewys van korrekte ouderdomme. Hierdie kaarte moet by alle wedstryde beskikbaar wees. 10- tot 13-jariges neem deel aan ligawedstryde en sportdae. 14-jariges oefen by ‘n hoër-skool van hul keuse en nie by ‘n 13C/D-span nie. 10-jariges speel met ‘n no.5-bal en kort pale (2,50m), maar gewone netbalreëls word toegepas. Alle spelers oefen 2x per week. Wanneer daar wedstryde in die week plaasvind, oefen die span slegs 1x tensy anders gereël. Die 0/13A-span is ‘n merietespan waarin 0/12 spelers mag speel indien hul op meriete daar speel en hul ouers toestemming daartoe gee.

• Spanne word volgens meriete gekies en afrigters moet seker maak dat ‘n spesifieke speler emosioneel en fisies gereed is om posisionele spel binne kompetisieverband te speel.

3. KRIEKET

Krieketafrigting: Liga bestaan vir 0/11 en 0/13-spanne. Jonger spelers kan deur die 0/11 en 0/13-afrigters genader word om hul oefeninge by te woon en kan op meriete in van die spanne opgeneem word. Die spe- lers se ouers moet skriftelik toestemming gee dat hul kinders in 'n ouer ouderdomsgroep mag deel-neem. A-spanne word volgens meriete gekies en by B-spanne word almal wat gereeld oefen en oor die nodige vaardighede beskik, geleentheid gegee . Gedurende die Septembervakansie vind ontwikkelingstoere plaas. (0/14 spelers word by die hoërskool van hul keuse geakkommodeer). Alle spelers wat belangstel of ’n aanleg vir krieket het, kan die oefeninge bywoon. Oefeninge en wedstryde vind plaas gedurende die eerste en vierde kwartaal. Spelers wat die nodige vaardigheidsvlak bereik, word gestuur na die Noord-Boland groepoefeninge. Wedstryde binne die liga vind plaas op Woensdae. Wedstryde buite die ligas word gereël vir Saterdae. Daar word gepoog om vir die 0/11B en 0/13B-span ook wedstryde te reël. By die 0/11 en 0/13 groepe is twee afrigters per groep betrokke, een vir die A-span en een vir die B-span.

43

Page 45: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

4. ATLETIEK

Algemene inligting:

Atlete neem deel volgens hulle ouderdomsgroepe (Die kaartstelsel word aangewend as bewys vir korrekte ouderdomme). Die skool se beleid maak voorsiening vir massadeelname tot en met die skool se kleuratletiekby-eenkoms.

Ouderdomsgroepe vanaf 7 tot 13 jaar neem deel (14-jariges skakel in by hoërskole van hul keuse). Na die kleurbyeenkoms word USSASA se program gevolg t.o.v. byeenkomste. Ons skool maak ook voorsiening vir Atletiekbyeenkomste en uurbyeenkomste wat ons self aanbied of by ander skole gaan bywoon.

Atletiek afrigting:

Gr.R oefen in skooltyd en neem slegs deel aan die kleuratletiekbyeenkoms. Slegs geïdentifiseerde atlete uit die 7- en 8-jariges word saam met ander atlete in middae geak-kommodeer. 7- tot 13-jariges oefen op tye soos uiteengesit in buitemuurse program en vind na skool plaas. Ouers wat meer tyd aan afrigting wil spandeer aan die atlete, kan van die skool se geriewe en ap-paraat gebruik maak. Inligting t.o.v. uitteken vir apparaat en sleutels is by die kantoor beskik-baar. 5. HOKKIE

Ouderdomsgroepe: 0/7, 0/8, 0/9, 0/11 en 0/13 seuns en dogters neem deel. Jonger spelers kan op uitnodiging van ‘n afrigters by 'n hoër ouderdomsgroep inskakel mits die toestemming van die ouer verkry is. Spelers moet egter emosioneel gereed wees om daar deel te neem. 0/14 Spelers mag deelneem in die 0/13 liga. Hierdie is ‘n spesiale reeling getref deur die Noord-Boland bestuur. Op aanvraag kan gemengde spanne opgemaak word wat onderskeidelik uit seuns en dogters ge-meng of verskillende ouderdomsgroepe bestaan. Die reëling geld waar daar ’n behoefte ontstaan vir meer wedstryde. Alle ouderdomsgroepe neem deel aan wedstryde. Oefenige vind plaas op Maandae en wed-stryde op Woensdae en Saterdae. Uitgesoekte 0/12 en 0/13 Spelers mag aan die Boland Streekproewe gaan delneem. Slegs eerstespanne speel met geborgde klere. Waar moontlik blaas ‘n onafhanklike skeidsregter altyd die eerste- span wedstryde. Eerstespanne speel slegs volveld-hokkie. 6. TENNIS

Die tennis word in verskillende groepe opgedeel wat verskillende tye oefen. Die eerste span bestaan uit seuns en dogters van verskillende ouderdomsgroepe wat volgens ’n ranglys bepaal word. Die 1ste span bestaan uit 4 dogters en 4 seuns. Op hierdie stadium oefen daar 10 seuns en 10 dogters saam omdat ons genoeg bane beskikbaar het tydens ons oefening. Die 0/12-span is die voederspan vir die 1ste en 2de span. Daar speel leerders tot en met 0/12. Hulle dien basies as ’n 3de span en ons gebruik hulle ook soms vir wedstryde. Wedstryde word op ‘n Donderdag gespeel en die aantal leerders wat speel word deur die ander skool bepaal. Jy speel dus nie volgens ouderdomsgroep nie, maar volgens rangorde. Wanneer ‘n Gr.3-leerders bv. talent toon, kan hy opskuif na die volgende groep en teen die laagste persoon uitspeel. M.a.w. ‘n Gr.3-leerder kan ook in die 1ste span speel. Wanneer die leerders gaan proewe speel, moet hulle onder die regte ouderdomsgroepe ingeskryf word: 0/10; 0/12 en 0/14. Tennis word in die 1ste en 4de kwartaal gespeel. Die Noord-Boland en Boland tennis speel egter in kwartaal 2 en 3 ook wedstryde. LW: Wanneer ‘n Gr.7-leerder (13 jaar) proewe gaan speel, speel hy/sy in die 0/14-groep. Wan-neer ‘n leerder dus 14 word in gr.7, hoef hy nie by ‘n hoërskool in te skakel nie.

44

Page 46: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

7. MINI-KRIEKET

0/7 - 0/9-spelers neem deel aan mini-krieket. Leerders moet volgens die ouderdoms-bepaling van USSASA deelneem. Vanaf die vierde kwartaal mag graad R-leerders ook kom oefen. Slegs Mini-kriekettoerusting word gebruik. Leerders mag nie eie toerusting saambring nie. Alle Minikrieketoefeninge word op die Sportprogram aangedui. Tydens oefeninge word baie aandag gegee aan die vlg: oogoefeninge, die korrekte boul-, kolfvaar-dighede asook aan veldwerkaktiwiteite. Die USSASA Mini-Krieketliga se bepalings is vir 0/9 seuns en dogters. Daar word egter vir elke wedstryd gevra of die skool beskik oor 0/7 en 0/8 spanne. 0/7 tot 0/9 spelers kry ook die geleentheid om aan Mini-kriekettoernooie deel te neem. Ouers word per brief ingelig van alle wedstrydverpligtinge. Die afstande en kolfgroottes is as volg: 0/7 - 10 m blad nr.3 kolf 0/8 - 12 m blad nr. 3/4 kolf 0/9 - 14 m blad nr. 4/5 kolf Spanne kan tydens die seisoen verander word soos leerders se vaardighede ontwikkel gedurende die seisoen.

Sien reëlings t.o.v. spelers in ouer ouderdomsgroepe by krieket (nr.3).

8. ALGEMEEN

8.1 Geen oor-ouderdomspeler mag by 'n jonger groep oefen of speel nie. 8.2 Geen ouer mag inmeng in spankeuses en oefeninge nie. 8.3 'n Speler moet oor genoegsame vaardighede beskik voordat hy/sy WNPS in 'n wedstryd kan verteenwoordig. 8.4 Navrae moet aan spesifieke koördineerders gerig word. 8.5 Indien die temperatuur in die Burger aangedui word as 38°C of hoër vind daar geen oefen- inge dié dag plaas nie. Die voortgaan van wedstryde berus op dié spesifieke afrigter se oordeel 8.6 Saterdae se wegwedstryde wat a.g.v. weersomstandighede kanselleer is, sal sodanig op die voorhek by die skool aangedui word. Voordat u dus onnodig die pad aandurf, maak eerder 'n draai by die skool! 8.7 Om te kwalifiseer vir erkenning op die presteerdersborde in die saal, moet 'n deelnemer wel sy provinsie/land in 'n item/wedstryd verteenwoordig het. Moet dus fisies deelgeneem het. 8.8 As dit op oefendae reën: Betrokke koördineerders van dié sportsoort neem voor 12:30 op die betrokke dag 'n besluit wat aan alle leerders gekommunikeer word. As weerstoestande na skoolsluiting so versleg en dit reën gedurende die tyd wat u kind moet kom oefen is die reëling dat oefeninge dan outomaties gekanselleer is. As dit egter op u plaas in Slanghoek reën maar die son skyn by WNPS - dan oefen ons! As u verder onseker is, kan u gerus die betrokke afrigter skakel - hul kontaknommers verskyn op die Buitemuurse Program. Lig asb. ook u kinders se toesig- houers, wat hul sport toe bring, van dié reëlings in. 8.9 Alle eerstespanne is meriete spanne en is dus nie reserveer vir slegs 0/13 spelers nie. 8.10 Spelers wat sonder ‘n geldige rede (siekte / dood in familie / provinsiale / nasionale verplig- tinge) nie aan ontwikkelingstoere deelneem nie, sal vir ‘n tydperk na die ontwikkelingstoer nie dié A-span verteenwoordig nie. Daarna geld die gewone reëling van meriete t.o.v. spankeuses. 8.11 Geen georganiseerde sport of professionele afrigting teen vergoeding mag Sondae op WNPS se sportgronde toegelaat word nie.

ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

45

Page 47: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

ASSESSERINGSBELEID:

1. Rede vir assesseringsbeleid

• Elke opvoeder moet te alle tye op hoogte wees van die inhoud van die Nasionale- en Provin- siale assesseringsbeleid en –riglyne. • Alle betrokkenes moet op hoogte bly van enige veranderinge wat aangebring word. • Betrokke beleid en riglyne moet ingebou wees in alle beplanning van assessering. • Elke opvoeder moet presies weet wat van hom/haar verwag word. • Daar moet eenvormigheid binne ‘n skool wees. • Geen leerder mag benadeel of bevoordeel word nie. • Buigbaarheid moet toegepas word deur unieke behoeftes van die skool aan te spreek en waar nodig in die beleid in te skryf.

2. Bestuur van assessering

2.1 Rol van amptenary

• Sistemiese monitering van assesseringsprosesse. • Ondersteuning deur Hoof Opvoedkundige spesialis asook vakadviseurs. • Leidende rol tydens klustervergaderings. • Moderering van progressie- en promosie praktyke. 2.2 Rol van prinsipaal

• Altyd op hoogte van Nasionale- en Provinsiale beleid, riglyne en veranderinge. • Sien oorkoepelend toe dat die res van die rolspelers hul opdragte uitvoer. • Bestuur gevalle waar beleidsvoorskrifte moontlik gebuig moet word om by skool se unieke omstandighede te pas. • Hanteer appèlle asook SOAK kwessies tesame met komitee. 2.3 Rol van kurrikulum- en assesseringskomitee

• Sorg dat Nasionale- en Provinsiale beleide en riglyne so effektief moontlik geïmplementeer en toegepas word. • Moet oorkoepelend toesien dat assesseringsbeleid van skool uitgevoer word. • Moet beleid gereeld hersien en aanpas om tred te hou met veranderinge in die kurrikulum en assessering. • Kwartaalliks vergader om relevante kurrikulum- en assesseringsaangeleenthede te bespreek. • Hanteer interne monitering / moderering van assesseringsprosesse. 2.4 Rol van vakhoofde/graadhoofde (grondslagfase)

• Verantwoordelik vir interne monitering van opvoedersportefeuljes van betrokke vak/graad. • Moderering van formele assesseringstake voordat dit deur leerders afgelê word. • Lei van vakvergaderings, twee keer per jaar. • Opstel van uitkomste vir betrokke vak asook toesien dat dit binne die akademiese jaar bereik word. • Hanteer interne monitering van bewyse van leer van betrokke vak/graad. 2.5 Rol van opvoeders

• Bly op hoogte van Nasionale- en Provinsiale beleid en riglyne. • Pas bg. beleide effektief toe. • Hou streng by assesseringsbeleid van skool. • Assessering van leerders se werk word gereeld, deeglik en betyds voltooi. • Assessering is altyd eerlik, onpartydig en deursigtig sodat geen leerder benadeel of onregver- dig bevoordeel word nie.`

46

Page 48: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

• Formele assesseringstake word vergesel van ‘n assesseringsinstrument. • Leerders word deeglik ingelig wat presies van hul verwag word alvorens ‘n formele asses- • seringstaak aangepak word. • Formele optekeningsbladsye, vorderingsverslae asook vorderingskedules stem altyd 100% ooreen. • Maak seker dat alle assesseringstandaarde aangespreek word deur die loop van die jaar. • Hou by datums soos bepaal word op die assesseringsplan.

2.6 Rol van leerders

• Toegang hê tot onderrig wat vaardighede en kennis so ontwikkel dat dit geassesseer kan word. • Moet deeglik ingelig wees wat van hom/haar verwag word alvorens ‘n formele assesserings- taak aangepak word. • Moet d.m.v. assesseringsinstrumente en vorderingsverslae deeglik ingelig wees oor sy/haar vordering. • Moet geleentheid vir intervensie gebied word indien nodig. • Moet geleentheid tot verryking gebied word indien nodig.

2.7 Rol van ouers/pleegouers

• Ouers moet ‘n aktiewe rol speel in die assesseringsproses (bv. “shared writing” projek – Eng. Gr. 4 – 7). • Moet ingelig wees oor assesseringspraktyke asook toegang hê tot die assesseringsbeleid in- dien nodig. • Moet deel wees van besluite aangaande sy / haar kind/ers. • Moet geleentheid kry om kontak te maak met die opvoeder tydens die kwartaallikse ouerbe- soekmiddag of soos nodig. • Moet geleentheid kry om kommentaar te lewer op sy/haar kind/ers se prestasie en vordering. • Neem deeglik kennis van datums waarop formele take afgehandel word sodat leerder nie on- nodig afwesig sal wees nie. • Bestudeer die kwartaallikse vorderingsverslag noukeurig en maak ‘n afspraak tydens ouerbe- soekmiddag indien die verslag dit so aandui. 3. Beplanning en toepassing van DASS

Dit is ‘n deurlopende, beplande proses van identifisering, versameling en interpretasie van inlig-ting oor die prestasie van leerders. Alle opvoeders pas deurlopende assessering toe en gee re-kenskap aan die betrokke vakhoof/graadhoof. Alle assessering word gebaseer op die beginsels soos ontvang vanaf die Nasionale Departement van Onderwys.

Assesseringsstappe:

(a) Versamel bewyse van prestasie. (b) Evalueer die bewyse t.o.v. uitkomste. (c) Teken bevindings op. (d) Gebruik die inligting om die leerder se ontwikkeling te verstaan en daardeur die proses van leer en onderrig te verbeter.

Assessering moet:

(a) die verskillende behoeftes van leerders in aanmerking neem. (b) verskillende assesseringstrategieë gebruik. (c) verskillende vorms van assessering insluit.

Assesseringstrategieë:

Vorms van assessering: navorsing, dataverwerking, verslaggewing ens. Assesseringsinstrumente: matriks, memorandum, kontrolelys, observasieblad ens. Assessering deur verskillende persone bv. opvoeder, self, makker, ouers, kundige van buite ens.

47

Page 49: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Assessering kan beide formeel of informeel wees. Formele assessering word opgeteken. Nie alles wat geleer word hoef formeel geassesseer te word nie. Informele of daaglikse assessering is die monitering van leerders se vordering. Verskillende assesseringsinstrumente moet gebruik word.

Assesseringsinstrumente mag slegs met swart pen ingevul word.

Die minimum aantal verpligte assesseringstake vir elke fase is as volg: Daar mag ook meer take as die minimum opgeteken word.

Grondslagfase:

Graad R assesseer deurlopend informeel. Geen formele assesseringstake word gedoen nie. Aan die einde van elke kwartaal word ‘n gemiddelde kode vir die vak opgeteken op die formele optekeningsbladsy wat nie ’n amptelike vereiste is nie.

Intermediêre fase:

48

Graad Vak Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totaal

Graad 1 Huistaal 1 2 2 2 7

Graad 2 Huistaal 1 2 2 2 7

Graad 3 Huistaal 1 3 3 2 9

Graad Vak Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totaal

Graad 1 First Additional 1 1 1 1 4 Language

3Graad 2 First Additional 1 1 2 1 5 Language

Graad 3 First Additional 1 2 2 1 6 Language

Graad Vak Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totaal

Graad 1 Wiskunde 2 2 2 1 7

Graad 2 Wiskunde 2 2 2 2 8

Graad 3 Wiskunde 2 3 3 2 10

Graad Vak Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totaal

Graad 1 Lewensvaardigheid 1 1 1 1 4

Graad 2 Lewensvaardigheid 1 1 1 1 4

Graad 3 Lewensvaardigheid 1 1 1 1 4

VAK Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totaal

Huistaal 2 2 2 2 8 Eerste Addisionele Taal

2 2 2 2 8

Wiskunde 2 2 2 2 8 Natuurwetenskap 1 2 1 2 6 Sosiale Wetenskap 1 2 1 2 6 Tegnologie 1 1 1 1 4 Ekonomiese Bestuurswetenskap

1 1 1 1 4

Lewensoriëntering 1 1 1 1 4 Kuns en Kultuur 1 1 1 1 4

Page 50: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Senior fase:

4. Skoolassesseringsplan

• Dui aan formele take van assessering (gr. 1 – 7) vir alle vakke asook die week waarin dit gaan plaasvind. • word kwartaalliks voltooi. • word aan ouers verskaf d.m.v. die weekbrief aan die begin van die kwartaal. • word in opvoedersportefeulje asook in die assesseringslêer gebêre.

• Tydstoewysing:

a) Assesseringsplan Datums van weke b) Lesplan Weke van assessering c) Werkskedule Weke per kwartaal d) Leerprogram Weke, kwartaal en jaar per fase

5. Skoolassesseringsprogram

• ‘n Jaarlikse formele plan van assessering vir ‘n spesifieke vak en graad. • Sluit in:

(a) Week waarin assessering gaan plaasvind. (b) Kort omskrywing van die aktiwiteit. (c) Assesseringsstandaard.

• Word in opvoedersportefeuljes gebêre. • Moet ooreenstem met die assesseringsplan.

6. Opvoedersportefeulje

‘n Versameling van al die beplanning van assessering, formele en informele assesseringstake asook assesseringsinstrumente vir die betrokke vak en graad.

Dit bevat die volgende:

1. Voorblad 2. Roosters 3. Vakbeleid 4. Assesseringsbeleid 5. Leerprogram 6. Werkskedule (Gr.1-3 = KABV dokumente) Gr.R verlang geen werkskedules nie 7. Lesplanne, Assesseringsinstrumente 8. Modules met formele assesseringstake 9. NKV / KABV 10. Beleidsdokumente 11. Klusterinligting 12. Aanvullende inligting 13. Intervensie Opvoedersportefeuljes word gedurende kwartaal 2 gemodereer deur die vakhoof

VAK Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4 Totaal

Huistaal 3 2 3 2 10

Eerste Addisionele Taal

2 2 2 2 8

Wiskunde 3 3 3 3 12

Natuurwetenskap 2 2 2 2 8

Sosiale wetenskap 2 2 2 2 8

Tegnologie 1 1 1 1 4

Ekonomiese Bestuurswetenskap

1 1 1 1 4

Lewensoriëntering 1 1 1 1 4

Kuns en Kultuur 1 1 1 1 4

49

Page 51: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

(gr. 4 – 7) of die graadhoof (gr. R – 3).

In die geval van bv. Lewensoriëntering waar verskeie opvoeders verantwoordelik is vir die afdelings van die vak hoef daar slegs een opvoedersportefeulje bygehou te word. Hierdie portefeulje moet by die vakhoof beskikbaar wees en moet al die afdelings van die vak bevat bv. Liggaamlike opvoeding, Puberteit, Heelbrein (gr.7), Religieuse studie ens.

7. Bewys van leer

• Bewyse van leerderprestasie van alle leerders moet te alle tye beskikbaar wees. • Bewyse van leer kan in verskillende formate gedoen en geberg word bv. modules, leerder portefeuljes, werkboeke ens. • Leerderportefeuljes word in die klaskamer geberg. • Leerders en opvoeders is verantwoordelik om dit op datum te hou. • Alle assessering is reeds voltooi deur leerders sowel as opvoeders wanneer dit in die porte- feulje gebêre word. • Wanneer nuwe werk geliasseer word, word daar ook gekontroleer of die portefeulje in orde is. • Leerderportefeuljes word bygehou gedurende die jaar. • Wanneer leerders eksamen skryf, is al hul werk netjies bymekaar. • Bewyse van leer word vir drie maande in die daaropvolgende jaar gehou en daarna word dit verwyder. 8. Optekening van leerderprestasie

Die formele optekeningsblad dien die volgende doel:

(1) Bied ‘n geheelbeeld van ‘n leerder se vordering in die betrokke vak. (2) Word gebruik om vorderingskedules en vorderingsverslae te voltooi. (3) Uitvalle kan waargeneem word waar intervensie nodig mag wees. (4) Dien as ‘n kontrolelys vir die aanspreek van leeruitkomste.

• Formele optekening word per leerarea kwartaalliks elektronies voltooi en word in opvoeders se assesseringslêers geberg. • Die formele optekeningsblad voldoen aan die departementele vereistes en bevat die volgende inligting:

1. Volle geboortename van alle leerders in die klas, alfabeties gerangskik. 2. Datums waarop assesseringstake voltooi is. 3. Leeruitkoms van die betrokke assesseringstaak. 4.1 % behaal vir die assesseringstaak (Intermediêre en Senior fase). 4.2 Kode behaal vir die assesseringstaak (Grondslagfase). 5.1 Finale % en kode vir die kwartaal. (Intermediêre en Senior fase). 5.2 Finale kode vir die kwartaal (Grondslagfase).

6. Professionele oordeel - kode aan die einde van die jaar. Toeganklikheid:

• Assesseringslêer moet ten alle tye op datum gehou word. • Assesseringslêer moet ten alle tye ter insae beskikbaar wees vir die vakhoof, graadhoof, assesseringskomitee, prinsipaal of amptenare van die distrikskantoor. Vertroulikheid:

• Assesseringslêer word op ‘n veilige plek gebêre. • Inligting word as vertroulik beskou. Die Nasionale Koderingstelsel word gebruik vir optekening:

50

Page 52: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Grondslagfase:

Intermediêre fase:

Senior fase:

9. Progressie

• Progressie is die proses waar daar uitslag gegee word of ‘n leerder na die volgende graad vorder of nie. • Progressie moet op die bewyse van ‘n leerder se prestasie t.o.v. die formele assesserings- take gebasseer wees. • Nasionale en Provinsiale beleid:

1. Leerders moet vorder as sy/haar ouderdom twee jaar hoër as die gemiddeld van sy klas maats is.

2. Geen leerder mag sonder toestemming vanaf die Distrikskantoor en betrokke rolspelers langer as vier jaar in dieselfde fase bly nie. (Vyf jaar in die geval van die Grondslagfase waar graad R aangebied is.)

3. Leerders vorder gewoonlik nie, indien hul meer as 50 dae afwesig was nie. 4. Leerders het Meer Tyd in die graad nodig indien intervensieprosesse gevolg is en daar nie genoegsame vordering getoon is nie.

PRESTASIEKODE

BESKRYWING VAN BEVOEGDHEID

PERSENTASIES

4 Uitsonderlike prestasie 70 - 100

3 Voldoende prestasie 50 - 69

2 Gedeeltelike prestasie 35 - 49

1 Nie bereik nie 1 - 34

PRESTASIEKODE

BESKRYWING VAN BEVOEGDHEID

PERSENTASIE

7 Uitmuntende prestasie 80 - 100

6 Verdienstelike prestasie 70 - 79

5 Beduidende prestasie 60 - 69

4 Voldoende prestasie 50 - 59

3 Matige prestasie 40 - 49

2 Basiese prestasie 30 - 39

1 Ontoereikende prestasie 0 - 29

51

PRESTASIEKODE ` BESKRYWING VAN BEVOEGDHEID PERSENTASIE

7 Uitmuntende prestasie 80 - 100 6 Verdienstelike prestasie 70 - 79 5 Beduidende prestasie 60 - 69 4 Voldoende prestasie 50 - 59 3 Matige prestasie 40 - 49 2 Basiese prestasie 30 - 39 1 Ontoereikende prestasie 0 - 29

Page 53: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

10. Vorderingskedules

‘n Vorderingskedule is ‘n kwartaallikse rekord wat ‘n opsomming verskaf van al die leerder prestasies per klas. Aan die einde van kwartaal vier word daar ‘n progressie- en promosieskedule voorgelê aan die distrikskantoor.

• ‘n Skedule word vier keer per jaar voltooi d.w.s. aan die einde van elke kwartaal. • ‘n Vorderingskedule word gebruik om ‘n vorderingsverslag op te stel. • Alle kodes en persentasies op die formele optekeningsblad, vorderingskedule en vorderings verslag moet ten alle tye ooreenstem. • ‘n Vorderingskedule moet die volgende bevat:

1. Unieke sobisnommer van elke leerder. 2. Volledige geboortename – alfabeties gerangskik (name op geboortesertifikaat, bywonings-

register, formele optekeningsbladsye, vorderingskedule en vorderingsverslag moet orals ooreenstem).

3. Hoeveelheid dae afwesig per kwartaal. 4. Jare in fase. 5. Persentasies en kodes verwerf vir alle leerareas. 6. Ondersteuning of intervensie verskaf (bv. didaktiese hulp deur opvoeder, leerderonder-

steuning deur LSO kollegas, remediërende onderrig, arbeidsterapie, bewegingsontwik-keling, skoolsielkundige, maatskaplike diens, berading by dominee, fisioterapie, pediater ens.)

7. Vorige graad, huidige graad, volgende graad. 8. Opmerkings – indien van toepassing. 9. Departementele voorblad en agterblad wat voldoen aan bepaalde vereistes. 10. Skoolstempel op elke bladsy. 11. Klasnaam (bv. Graad 7A) en jaartal.

11. Intervensie en ondersteuning

Leerder se prestasie voldoen nie, of voldoen slegs gedeeltelik aan die vereistes van die leer- uitkomste vir die graad.

Prosedures wat gevolg word:

STAP 1

Leerder ontvang, tydens onderrigtyd, persoonlike aandag van die opvoeder.

STAP 2

Opvoeder reël met ouers en bied didaktiese hulp aan na skool.

STAP 3

Verwys leerder na OOS-span en hy/sy word ingeskakel vir leerondersteuning. Aanbevelings word gemaak.

STAP 4

Indien vordering na ses maande steeds nie na wense is nie, word ouertoestemming verkry en die leerder word verwys na Skoolsielkundigedienste.

STAP 5

Skoolsielkundige neem een van die volgende besluite:

5.1 Leerder sal baat om meer tyd in graad te kry. 5.2 Leerder moet vorder met ondersteuning. 5.3 Leerder word IOP verklaar en bly in die hoofstroom met ‘n eie leerplan. 5.4 Leerder word in die OLSO-eenheid geplaas. 5.5 Leerder word na ‘n Spesiale skool gestuur. 5.6 Leerder word na ‘n Vaardigheidskool gestuur.

52

Page 54: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

STAP 6

Leerders wat moontlike simptome van aandagafleibaarheid, hiper-aktiwiteit of erge gedragsprobleme toon, word dadelik na die Skoolsielkundigedienste verwys.

Lang tydperk van afwesigheid (bv. in geval van swangerskap):

• Tuiswerk word steeds gestuur aan leerder tydens tydperk van afwesigheid. • Intervensie vind plaas wanneer leerder terugkeer na skool. • Maak gebruik van beskikbare ondersteuningsdienste bv. maatskaplike dienste, HELP krisis- sentrum, sielkundige, berading dominee ens. 12. Opvoederondersteuningspan

• Die OOS word deur die senior leerondersteuningsopvoeder gekoördineer. • Die OOS bestaan uit die leerondersteuningsopvoeders asook lede van die assesseringskomitee. • Die OOS bied ondersteuning met die identifisering van leerders met leerprobleme. • Die OOS help hoofstroomopvoeders met besluite rondom leerondersteuning. • Die OOS verskaf leiding aan opvoeders met die onderrig van leerders met spesiale behoeftes. • Die OOS bewerkstellig leerstrategieë vir leerders met leerprobleme tesame met opvoeders, ouers, sielkundiges en terapeute. • Volledige rekord moet gehou word van alle stappe wat geneem word. • Intervensievorms van betrokke leerders moet deur registeropvoeders op datum gehou word. • Die OOS is verantwoordelik dat verwysingsvorms die Distrikskantoor bereik. • Die OOS moet verseker dat strategieë geïmplementeer word. 13. Alternatiewe assesseringsvorme

Wanneer alternatiewe of aangepaste eksaminering of assessering vir ‘n leerder met spesiale onder-wysbehoeftes (LSO) oorweeg word, moet die doel daarvan wees om ’n getroue weergawe te ver-kry van die leerder se kennis, vaardighede en potensiaal. Die eksaminering/ - assessering- standaard mag nie verander nie en die LSO mag ook nie bo ander leerders bevoordeel word nie. Die enigste doel moet wees om die eksaminering/assessering so aan te pas dat die LSO ’n billike geleentheid gegun word om te toon of hy/sy aan die nodige assesseringsvereistes kon voldoen.

‘n Leerder kan deur ’n sielkundige in privaatpraktyk of skoolsielkundige van die WKOD identifiseer word synde ’n leerder met alternatiewe assesseringsbehoeftes. Die professionele verslag en aan-beveling van ’n sielkundige moet deur die GLOO komponent van die Kaapse Wynland Distrikskan-toor verifieer word en mag nie sondermeer deur die skool self bestuur word nie.

Metodes van alternatiewe assessering sluit in:

13.1 Addisionele tyd (10 minute per uur per vraestel) 13.2 Spellingkonsessie (waar leerder nie gepenaliseer word in tale vir spelfoute nie) 13.3 Amanuensis (voorlees en presiese terugskryf van leerder se verbale antwoorde) 13.4 Mondelinge i.p.v. skriftelike beantwoording van toetse 13.5 Voorlees van vrae deur ‘n gekwalifiseerde opvoeder sodat leerders die vrae skriftelik beant- woord 13.6 Vergrote druk Assesseringstake van leerder wat amanuensis in Tale ontvang word op dieselfde wyse geassesseer en gepenaliseer as die res van die graadgroep. ‘n Maksimum van 5% van die verworwe punt per vraestel mag in Tale afgetrek word.

14. Leerderprofiel

Dit is ‘n vertroulike lêer wat vir elke leerder saamgestel word vanaf graad R – 12.

Dit sluit die volgende in:

53

Page 55: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

1. Unieke sobisnommer. 2. Persoonlike inligting van leerder. 3. Mediese informasie. 4. Inligting van ouer of voog. 5. Persone saam met wie die leerder woon. 6. Persone wat toestemming het om die leerder by die skool te kom haal. 7. Vroeë intervensie-dienste gelewer (0 – 5 jaar). 8. Skole bygewoon (graad R ingesluit). 9. Deurlopende ondersteuning benodig. 10. Deelname aan buitemuurse aktiwiteite. 11. Prestasies t.o.v. akademie, sport, kultuur. 12. Kumulatiewe verslagkaart (Grondslagfase, Intermediêre fase, Senior fase, VOO fase). 13. Relevante dokumente: 13.1 Toelatingsvorm 13.2 Afdruk van geboortesertifikaat 13.3 Afdruk van kliniekkaart 13.4 Oorplasingsertifikaat 13.5 Vrywaringsvorm 13.6 Ouerkontakvorms 13.7 Afwesigheidsbriewe 13.8 Verslae van medici 13.9 Ondersteuningsdienste 13.10 Intervensieverslae 13.11 Vier vorderingsverslae teen die einde van die jaar 13.12 Ondersteuningsbehoefte Assessering 14. Besonderhede van registeronderwyser 15. Foto van leerder (nuwe foto’s word in graad 1,4 en 7 geplak)

Vertroulikheid:

Hierdie lêer moet te alle tye met die grootste vertroulikheid hanteer word. Slegs die prinsipaal, opvoeders en skoolsielkundige mag toegang tot hierdie profiele hê. Onder geen omstandighede mag leerders toegang tot profiele hê nie. Profiele word veilig in die kluis gebêre. Profiele mag nie huis toe geneem word nie en mag ook nie in die klasse bly nadat opvoeders verdaag het nie.

Persone verantwoordelik:

Die register opvoeder is verantwoordelik om sy / haar registerklas se profiele op datum te hou. Persoonlike inligting behoort gedurende die jaar bygehou te word indien dit verander. Aan die einde van die jaar sien elke opvoeder toe dat al sy leerders se inligting op datum is. Die graad-hoof sorg dat sy/haar medekollegas se profiele op datum is. Die vakhoof moet ook toesien, aan die einde van die jaar, dat die klasgroepe vir die daaropvolgende jaar korrek ingedeel is.

15. Vaslegging, analise en bewaring van rekords/data

• Die volgende dokumente word elektronies voltooi en daarna word ‘n harde kopie geberg.

REKORDS / DATA: BEWARING:

1) Formele optekeningsbladsye Assesseringslêer 2) Vorderingskedule Assesseringslêer 3) Vorderingsverslag Ouers ontvang, teken, stuur terug skool toe Registeronderwyser bêre rapport in leerder- profiel ANALISE:

• Kwartaalliks word ‘n kodeverspreidingsinstrument voltooi vir Huistaal, Eerste Addisionele Taal en Wiskunde vir graad 1 – 7. Graad R voltooi ‘n kodeverspreidingsinstrument vir

Huistaal en Wiskunde.

54

Page 56: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

16. Moderering

Die Distrikskantoor is verantwoordelik vir die sistemiese monitering van assesseringsprosesse. Die doel van hierdie besoeke is ondersteunend van aard sodat skole bemagtig kan word ter voorbereiding vir Progressie en Promosie aan die einde van die jaar. Kwaliteit van Onderrig en Leer bly die eerste prioriteit.

Die volgende dokumentasie kan vereis word:

1. Institusionele bestuur en beheer. 2. Kurrikulumkoördinering en advies. 3. Gespesialiseerde leerderondersteuning. 4. Korporatiewe dienste. Die kringspan kan opvoeders ook versoek om die volgende beskikbaar te stel:

• Leerderprofiele. • Opvoedersportefeuljes. • Leerderportefeulje / Leerderwerkboeke / Assesseringstake. • Departementele werkboeke • Meer tyd aksieplanne. • Intervensie.

Aan die einde van die jaar vind die finale Progressie en Promosie plaas. Volledige assesseringslêers word dan aan die kringspan voorgehou. Dit bevat die volgende:

1. Sobislys. 2. Assesseringsplan. 3. Kwartaallikse skedule. 4. Formele optekeningstabelle per klas. 5. Kwartaallikse Vorderingsverslag. 6. LitNum uitslae en teikens. 7. Interne monitering / modereringsplan. 8. Interne monitering / modereringsinstrumente. 9. WNPS Assesseringsbeleid.

Tydens Progressie en Promosie, aan die einde van die jaar, word daar finale uitslag gegee oor Meer Tyd leerders se vordering al dan nie. 17. Skool-gebaseerde moderering

Moderering is die proses van verifiëring van die uitslae van die deurlopende assessering. Moderering word gedoen om te bevestig dat alle assessering op die korrekte standaard is. Daar moet ook gekontroleer word dat verskillende opvoeders wat dieselfde vak aanbied dieselfde norme gebruik. Daar word ook gekontroleer of WNPS se assesseringsbeleid noukeurig gevolg word.

Die volgende afdelings word gemodereer:

DOKUMENT: WIE VERANTWOORDELIK: WANNEER:

1) Leerderprofiele Graadhoof & Persoon oorhoofs verantwoordelik volgens admin indeling Kwartaal 1 & 4 2) Opvoedersportefeulje Vakhoof (Gr. 4 – 7) Kwartaal 2 Graadhoof (Gr. R – 3) 3) Bewyse van leer Vakhoof Kwartaal 1 – 4 4) Assesseringslêer Assesseringskomitee Kwartaal 1 – 4 Proses van die moderering van bewyse van leer:

55

Page 57: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

• Assesseringstake moet gemodereer word voordat leerders dit ontvang. • Leerders se assesseringstake word na voltooiing geassesseer en die reslultate word opgeteken deur die betrokke opvoeder. • Die hele klas se bewyse van leer word aan die vakhoof gestuur. • Die vakhoof modereer 10% steekproewe uit die volledige stel. • Die vakhoof voltooi die modereringsinstrumente en stuur aan die prinsipaal. Positiewe kommentaar is belangrik asook die uitlig van probleemareas of tekortkominge. • Prinsipaal teken instrument en bevestig probleemareas of tekortkominge. • Opvoeder moet binne een week aan bg. probleemareas of tekortkominge aandag gee en weer voorlê aan die vakhoof. • Opvoeder bêre modereringsinstrument is sy / haar GGBS lêer. 18. Eksaminering

Eksaminering behels die skriftelike beantwoording van ‘n vraestel onder beheerde om-standighede. Dit meet ‘n leerder se begrip en vermoë oor ‘n wye spektrum van vaardighede. Dit word opgeteken as ‘n formele taak van assessering.

Indien ‘n leerder spesiale onderwysbehoeftes het, en as sodanige deur die Distrikskantoor ge-klassifiseer is, kan daar van alternatiewe assesseringsmetodes gebruik gemaak word vir eksamineringsdoeleindes (sien punt 13 – alternatiewe assessering.)

Eksamens word gedurende Junie- en Novembermaand, vir alle graad 4 – 7 leerders, afgelê in die volgende vakke:

Huistaal Eerste Addisionele Taal Wiskunde Natuurwetenskap Sosiale wetenskap Tegnologie Ekonomiese Bestuurswetenskap Kuns en Kultuur Lewensoriëntering

November eksamen vir Afrikaans, Eerste addisionele Taal en Wiskunde handel oor die hele jaar se werk. Die oorblywende leerareas handel oor die laaste ses maande se werk.

‘n Goeie vraestel se samestelling behoort soos volg te lyk:

+ 50% van die punte = parate kennis en vaslegging van vaardighede (alle leerders behoort dit te kan doen).

+ 20% - 30% van die punte = meer insig en afleidingsvrae.

+ 10% - 20% van die punte = hoër orde denke wat ‘n uitdaging aan die sterker leerders bied.

‘n Goeie gemiddelde % per graad behoort min of meer soos volg daar uit te sien:

GRAAD %

Graad 4 74% Graad 5 70% Graad 6 66% Graad 7 64%

Gemiddeldes word, na afloop van die eksamen, tydens ‘n vakvergadering bespreek waar aanbe-velings gedoen kan word.

‘n Volledige assesseringsinstrument, in die vorm van ‘n memorandum, word aan die leerders voorsien na afloop van die eksamen. Die vraestel word deeglik bespreek en leerders kan dus leer uit hul foute.

Indien ‘n gr.4 – 7 leerder tydens die eksamen afwesig is (met of sonder ‘n mediese sertifikaat) kan hy/sy nie in aanmerking kom vir die berekening van die top 10 presteerders nie. ‘n Alternatiewe vraestel sal nie met sy/haar terugkeer na die skool geskryf word nie.

56

Page 58: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Afrikaans : Vraestel 1 : Taal & Begrip Vraestel 2 : Stelwerk Vraestel 3 : Letterkunde

First additional Language : Paper 1 : Language & Comprehension Paper 2 : Essay Paper 3 : Literature

Wiskunde : Vraestel 1 : Sonder sakrekenaar Vraestel 2 : Met behulp van sakrekenaar

Natuurwetenskap : Vraestel 1 : Teorie Vraestel 2 : Prakties

Sosiale wetenskap : Vraestel 1 : Aardrykskunde Vraestel 2 : Geskiedenis

Akademiese erkenning leerders:

Daar word aan leerders erkenning gegee t.o.v. akademiese prestasie op die volgende wyses:

1. Akademiese balkies word aan die top 3 presteerders in gr.4-7 toegeken. Leerders wat 95% of meer as gemiddelde % behaal het, ontvang ook akademiese balkies. 2. Al die leerders van die top 10 ontvang sertifikate ter erkenning. 3. Die top 10 presteerders word formeel tydens ‘n saalbyeenkoms aangekondig. 4. Tydens ‘n daaropvolgende sangsaal periode sal daar addisionele erkenning aan akademiese presteerders gegee word. Alle leerders vanaf gr.4-7 wat 85% of meer as gemiddelde % be- haal het en wat nie deel uitgemaak het van die top 10 nie, sal ook sertifikate ontvang.

Hierdie stelsel behoort aan leerders as aansporing te dien om voortdurend hul bes te lewer.

57

Vraestelle: Punte en tydsduur

Vak Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Punte Tyd Punte Tyd Punte Tyd Punte Tyd

Afr. Vraestel 1 30 1h 40 1h 50 1h30min 50 1h30min Vraestel 2 20 1h 20 1h 30 1h 30 1h Vraestel 3 20 1h

Eerste addi- sionele Taal Paper 1 30 1h 40 1h 50 1h30min 50 1h30min Paper 2 20 1h 20 1h 30 1h 30 1h Paper 3 20 1h

Wisk. Vraestel 1 20 45min 20 45 min 30 45min 40 45min Vraestel 2 30 1h 40 1h 50 1h30min 60 1h30min

NW Vraestel 1 50 1h30min 60 1h30min 80 2h 80 2h Vraestel 2 20 1h

SW Vraestel 1 25 45min 30 1h 40 1h 50 1h30min Vraestel 2 25 45min 30 1h 40 1h 50 1h30min

Tegnologie 25 45min 30 1h 40 1h 50 1h30min 33

EBW 25 45min 30 1h 40 1h 50 1h30min

LO 25 45min 30 1h 40 1h 50 1h30min

KK 25 45min 30 1h 40 1h 50 1h30min

Page 59: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

Berekening van die Top 10 presteerders:

Die Top 10 presteerders word bereken d.m.v. die punte behaal vir elke vak. Nadat daar ‘n groot totaal verkry is sal dit na ‘n % omgeskakel word. Sien onderstaande gr.7 voorbeeld:

5 verskillende punte behaal uit vraestelle wat elk 100 punte tel (Afr., Eng., Wisk, NW, SW).

4 verskillende punte behaal uit vraestelle wat elk 50 punte tel (Tegnologie, EBW, LO, KK).

Groottotaal uit 700 punte verwerk na ‘n % wat wiskundig afgerond word tot 1 syfer na die desimale komma.

Punte se totale van gr.4 - 6 sal dus minder as gr.7 wees. 19. Skoolassesseringsonreëlmatigheidskomitee

Die skoolassesseringsonreëlmatigheidskomitee (SAOK) hanteer alle onreëlmatighede, onge-ruimdhede of afwykings vanaf die assesseringsbeleid, assesseringsplan, formele assessserings- take of interne/eksterne eksamens.

Die SOAK vergadering een keer per kwartaal waartydens bg. bespreek word. ‘n Plan van aksie word daarna in werking gestel. Die SAOK is ook verantwoordelik vir die voltooiing van die SAOK templaat wat teen die einde van elke kwartaal aan die Distrikskantoor voorgelê moet word.

Daar moet ten alle tye deur alle opvoeders gepoog word om enige assesseringsonreël-matighede tot die absolute minimum te beperk! 20. Appélle

Ouers of wettige voogde mag appél aanteken teen die resultaat van ‘n bepaalde formele asses- seringsaktiwiteit of die vordering / terughou van ‘n leerder:

Prosedure by die aanteken van appél:

1. Ouers kontak die betrokke register- of vakopvoeder. 2. Aangeleentheid word tydens ‘n ouerbesoekmiddag of ander afspraaktyd wat beide partye pas

bespreek. 3. Indien ouers nie tevrede is nie kan die saak verder gevoer word na die volgende persone:

graadhoof, OOS-span, skoolassesseringsonreëlmatigheidskomitee, prinsipaal. 4. Indien daar geen konsensus bereik kan word nie, kan daar ‘n verdere appél by die Distriks-

kantoor aangeteken word. 5. Indien ouers / wettige voogde steeds nie tevrede is met die uitkoms nie, mag ‘n verdere appél by die Onderwyshoof aangeteken word. 6. Die Onderwyshoof sal dan ‘n finale uitspraak lewer. 7. Korrekte dokumentasie vir die aanteken van ‘n appél moet deurgaans voltooi word. Die appélvorm moet deur die ouer / wettige voog, prinsipaal, hoof opvoedkundige spesialis en direkteur voltooi word.

Datum van laaste opdatering: 2012-05-14

ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN ____________

........................................................ VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM

.......................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

............................................................................... KOÖRDINEERDER VAN ASSESSERINGSKOMITEE

58

Page 60: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

LEERDERBYWONINGSBELEID:

1. DOEL VAN BELEID

1.1 Die oogmerk van hierdie beleid is om (a) stiptelike en gereelde bywoning by WNPS te bevorder en (b) om aan WNPS en die Wes-kaap Onderwysdepartement (WKOD) standaardprosedures te verskaf vir die rekordhouding, bestuur en monitering van leerderbywoning. 2. WETSRAAMWERK

2.1 Die nasionale minister van Basiese Onderwys het die Leerderbywoningsbeleid geformuleer met die goedkeuring van die Raad van Onderwysministers ingevolge Artikel 3 van die Wet op Nasionale Onderwysbeleid van 1996, wat verskyn het in Die Staatskoerant No. 33150, ge- dateer 4 Mei 2010.

2.2 Hierdie beleid sluit in die aangehegte skedules en verwante instruksies.

2.3 Hierdie leerderbywoningsbeleid is van toepassing op WNPS. 3. RASIONAAL VIR DIE BELEID

Belangrikheid van gereelde skoolbywoning

Inskrywing van leerders en hullle gereelde en stiptelike bywoning van die skool is voorvereis- tes vir ‘n opgevoede nasie. Verder is inskrywings en stiptelike, gereelde bywoning van die skool belangrik omdat

(a) elke skool ‘n plig het om elke leerder se fundamentele reg op onderwys te beskerm;

(b) inskrywing by ‘n skool ‘n leerder onder die verpligting plaas om die skool stiptelik en gereeld by te woon, tensy daar ‘n geldige rede vir afwesigheid is; en

(c) ‘n skool wat afwesigheid sonder ‘n geldige rede suksesvol kan beteuel sal heel waar- skynlik leerderretensie en prestasie verbeter. 4. LEERDERAFWESIGHEID

Definisie van ‘afwesig’

‘n Leerder word beskou as afwesig van skool wanneer hy of sy nie in die klas teenwoordig is nie of nie deelneem aan ‘n skoolaktiwiteit wanneer die register gemerk word nie. 5. GELDIGE REDE VIR AFWESIGHEID

5.1 Hoewel stiptelike en gereelde bywoning noodsaaklik is, kan dit van tyd tot tyd gebeur dat dit vir ‘n leerder nie moontlik of wenslik is om die skool by te woon nie. Enige van die volgende is ‘n geldige rede vir die afwesigheid van ‘n leerder van die skool:

(a) liggaamlike of sielkundige siekte, waarvoor ‘n prinsipaal kommunikasie van ‘n ouer mag benodig wat aandui dat die leerder nie in staat is om die skool by te woon nie, of ge- skrewe bevestiging deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn of tradisionele geneser in- dien die siekte langer as 3 dae duur;

(b) die skenk van geboorte, onderhewig aan geskrewe bevestiging deur ‘n geregistreerde mediese praktisyn of geregistreerde vroedvrou;

(c) godsdienstige of kulturele plegtighede soos goedgekeur deur die skoolbeheerliggaam (SBL) ingevolge die Nasionale Skoolkalenderbeleid;

(d) dood van ‘n familielid;

(e) ‘n afspraak by die hof, ‘n afspraak met maatskaplike dienste of ‘n ander amptelike agentskap, waarvoor ‘n prinsipaal dokumentêre bewys mag vereis;

(f) skorsing deur die SBL;

(g) ingryping van die natuur (d.w.s. gebeure wat buite die mens se beheer is);

59

Page 61: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

(h) buitengewone omstandighede waarvoor, volgens die opinie van die prinsipaal, ‘n tydelike afwesigheid van skool - (i) in die beste belang van die leerder is; of (ii) onvermydelik was.

5.2 Afwesigheid sonder ‘n geldige rede is onaanvaarbaar en sal stiptelik opgevolg word soos hieronder uiteengesit. 6. ROLLE EN VERANTWOORDELIKHEDE

6.1 Rol en verantwoordelikhede van die prinsipaal

6.1.1 ‘n Prinsipaal, in samewerking met die skoolbestuurspan (SBS) en die skoolbeheerlig- gaam (SBL), is verantwoordelik vir die ontwikkeling van ‘n kultuur van stiptelike en ge- reelde bywoning by ‘n skool.

6.1.2 ‘n Prinsipaal is daarvoor verantwoordelik om ‘n atmosfeer van omgee by die skool te skep waarin die SBS en onderwysers belangstel in elke leerder se welsyn en op die uitkyk is vir probleme wat leerderbywoning mag beïnvloed.

6.1.3 ‘n Prinsipaal kan, ingevolge artikel 16A of die Suid-Afrikaanse Skolewet (SASW) en artikel 4 van die Personeeladministrasiemaatreëls (PAM), ‘n plig of verantwoordelikheid soos in hierdie beleid beoog word, aan ‘n personeellid toeken wat lid van WNPS se SBS is asook aan ‘n aangewysde sekretaresse.

6.1.4 Die prinsipaal moet seker maak dat personeellede aan wie verantwoordelikhede toegesê is, t.o.v. skoolbywoningskwessies die belangrikheid begryp van akkurate rekordhouding en versigtige monitering, en dat hulle hulle verantwoordelikhede op ‘n bevoegde wyse nakom.

6.1.5 Die prinsipaal is verantwoordelik daarvoor om te verseker dat klasregisters en periode- registers opgestel word, afgemerk en behoorlik gemonitor word, en veilig bewaar word ingevolge hierdie beleid. By skole met elektroniese administrasiestelsels, is die prinsi- paal veranwoordelik daarvoor om toe te sien dat elektroniese registers behoorlik byge- hou en gerugsteun word, en dat drukstukke daarvan gemaak word ooreenkomstig hier die beleid.

6.1.6 Die prinsipaal moet leerderafwesigheid opvolg deur betrokke ouers te kontak of huisbe- soek te doen waar ‘n afwesigheidspatroon opgemerk word.

6.1.7 Indien die leerder vir drie agtereenvolgende dae afwesig is sonder ‘n geldige rede, moet die prinsipaal: (a) die ouers in kennis stel van die belangrikheid van gereelde bywoning;

(b) die leerder se plig beklemtoon om stiptelik en gereeld skool by te woon ingevolge die skool se gedragskode vir leerders;

(c) indien die leerder skoolpligtig is, die ouers in kennis stel van die wetsimplikasies van artikel 3 van die SASW;

(d) die ouers inlig van die risiko dat die leerder se rekord in die klasregister gekansel- leer kan word as gevolg van voortgesette afwesigheid;

(e) die leerder se terugkeer na die skool versoek;

(f) waar nodig, die ondersteuning van die distrikskantoor verkry; en

(g) waar nodig die ondersteuning van regering of nie-regeringsorganisasie vir sosiale ontwikkeling verkry.

6.1.8 Indien ‘n leerder, ten spyte van die prinsipaal se intervensie, voortgaan om afwesig te wees sonder ‘n geldige rede, moet die prinsipaal

(a) Die leerder aankla van die verbreking van die skool se gedragskode vir leerders; of

(b) die leerder se rekord in die klasregister kanselleer indien die leerder vir 10 agter- eenvolgende dae afwesig is.

60

Page 62: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

6.1.9 Wanneer ‘n leerder se rekord in die klasregister gekanselleer is, moet die prinsipaal: (a) Die ouer en klasonderwyser skriftelik van die datum en die rede vir die kansellasie in kennis stel; en

(b) indien die leerder skoolpligtig is, die distrikskantoor in kennis stel van die datum en rede vir die kansellasie.

6.1.10 Die prinsipaal moet die leerderteenwoordigheidskoerse in elke graad monitor en moet sodanige inligting insluit in die verslae wat die prinsipaal by die Departemenshoof of die SBL ingevolge artikel 16A van die SASW inlewer.

6.1.11 Die prinsipaal moet die distrikskantoor raadpleeg vir ‘n aanvaarbare oplossing indien, tydens die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. leerderteenwoordigheid moontlik geraak word deur akkommodasieprobleme of deur die afwesigheid van onderwysers wat optree as eksamennasieners.

6.2 Rol en verantwoordelikhede van onderwysers

6.2.1 Die klasonderwyser se rol en verantwoordelikhede

6.2.1.1 Die klasonderwyser is verantwoordelik vir die samestelling en afmerk van die klasregister gedurende die klasregisterperiode van elke skooldag, die noukeurige byhou daarvan en om dit na die skoolkantoor te neem vir veilige bewaring. Vrydae word die weeklikse op- somming gemaak en aan die einde van die kwartaal word die kwartaallikse opsomming gemaak.

6.2.1.2 Die klasonderwyser moet die prinsipaal in kennis stel indien ‘n leerder sonder ‘n geldige rede vir drie agtereenvolgende dae afwesig is, en moet die prinsipaal se aandag op ge- valle van herhaaldelike afwesigheid vestig sodat dit op ‘n behoorlike wyse met die ouers opgevolg kan word.

6.3 Rol en verantwoordelikhede van onderwyser

6.3.1 Die onderwyser is verantwoordelik daarvoor om die perioderegister af te merk, dit ak - kuraat by te hou en dit na die skoolkantoor te neem vir veilige bewaring. Dié register word daagliks tydens administratiewe periode afgemerk, weekliks aan die betrokke sekretaresse gestuur wat die opsomming maak en aan die einde van die kwartaal sal die betrokke sekretaresse ‘n kwartaalopsomming maak.

6.3.2 ‘n Onderwyser wat rede het om te glo dat ‘n leerder vir ‘n tydperk afwesig is sonder ‘n geldige rede, moet sodanige afwesigheid aan die skoolkantoor rapporteer.

6.4 Rol en verantwoordelikhede van leerders

6.4.1 ‘n Leerder het ‘n verantwoordelikheid om die skool stiptelik en gereeld by te woon. Die regering vertrou op ouers, SBL’e, onderwysers en die WKOD om hulle deel te doen om te verseker dat die leerders hierdie verantwoordelikheid aanvaar en daarvolgens optree. Die voorbeeld wat deur die ouers, SGB en onderwysers gestel word, is van kritieke be- lang in die skep van ’n kultuur van stiptelike en gereelde bywoning.

6.4.2 Met die uitsondering van graad 12-leerders mag geen leerder verlof kry van die skool om elders vir die eksamen voor te berei of weg te bly nadat die eksamen geëindig het nie. Graad 12-leerders mag 5 skooldae studieverlof neem om voor te berei vir die NSS- eksamen voor die eerste dag van die NSS-eksamen. Sodanige leerders hoef nie die skool by te woon op dae wanneer hulle nie eksamen skryf of nadat hulle elke eksamen geskryf het nie.

6.5 Rol en verantwoordelikhede van ouers

6.5.1 Van ouers word verwag om

(a) seker te maak dat die leerder die skool daagliks bywoon, betyds en vir die hele skooldag, tensy daar ‘n geldige rede vir afwesigheid bestaan;

(b) seker te maak dat die leerder nie uit die skool gehou word sonder ‘n geldige rede nie (familievakansies is nie ‘n geldige rede nie.);

61

Page 63: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

(c) die prinsipaal of klasonderwyser in kennis stel as die leerder afwesig is of moontlik afwesig of laat sal wees vir die skool en ‘n geldige rede verskaf. Dié ken- nisgewing moet die prinsipaal en registeronderwyser minstens 2 dae vooraf bereik (noodgevalle uitgesluit);

(d) met die skool saam te werk om die probleem op te los indien die leerder sonder ‘n geldige rede van die skool afwesig is; en

(e) die leerder aan te moedig en sover moontlik by te staan, om tyd wat as gevolg van afwesigheid van die skool verloor is, in te haal.

6.6 Rol en verantwoordelikhede van die skool

6.6.1 Die skoolgemeenskap, gelei deur die prinsipaal en SBL, is verantwoordelik vir die bevor- dering en monitering van skoolbywoning om leerders die beste geleentheid te bied om hulle skoolervaring optimaal te benut.

6.6.2 Die skool sal ondersteuning bied aan ‘n leerder wat afwesig was d.m.v. die spesifieke kollegas wat take en huiswerk sal deurgee met die oog daarop om verlore tyd in te haal of take wat misgeloop is, by te werk.

6.7 Rol en verantwoordelikhede van die SBL

6.7.1 Reëls wat handel oor stiptelikheid en gereelde bywoning moet deel uitmaak van ‘n SBL se gedragskode vir leerders.

6.7.2 Daar word van ‘n SBL verwag om aktief belang te stel in die bywoningskoers van leer- ders by hulle skool. In besonder moet die SBL ’n kwartaallikse verslag oor leerderby- woningtendense aanvra van die prinsipaal (ingevolge artikel 16A (2) (c) van die SASW) en die verslag by ’n vergadering bespreek. 7. PROSEDURE

7.2 Prosedures moet gevolg word in ooreenstemming met die skedules wat aangeheg is. 8. NIE-TOEPASSING

Betrokkenes wat nie dié beleid toepas nie, sal van wangedrag aangekla word (nie uitvoering van neergelegde opdragte). 9. IMPLEMENTERING VAN HIERDIE BELEID EN MONITERING DAARVAN

Deurlopende bewusmaking sal gereeld in die weeklikse weekbriewe aan ouers deurgegee word. 10. IMPLEMENTERINGSDATUM:

1 Januarie 2010. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN _____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

62

Page 64: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

GEDRAGSKODE VIR WNPS OPVOEDERS: 1. Optrede teenoor leerders * Skep ‘n geborge, veilige, rustige en gedissiplineerde klaskameratmosfeer. * Tree te alle tye hoflik, billik, menslik, konsekwent en regverdig op. * Respekteer die menswaardigheid en regte van leerders. * Skep geleenthede vir volle ontwikkeling van potensiaal. * Wees ten volle bewus van leerders se verskillende voorkeur leerstyle. * Respekteer leerders se geloof, taal, tradisies en ras. * Alle optredes moet as voorbeeld dien. * Tref voorsorg om die veiligheid van leerders na die beste van jou vermoë te verseker. * Taalgebruik moet gepas wees en as voorbeeld dien. * Erken die uniekheid, individualiteit en spesifieke behoeftes van elke leerder. * Strewe daarna dat elke leerder ‘n stel waardes ontwikkel wat in ooreenstemming is met die Handves van Menseregte soos vervat in die Grondwet van S.A. * Gesag moet altyd met deernis uitgeoefen word. * Geen lyfstraf of enige tipe aanranding (fisies en verbaal) mag plaasvind nie. * Stiptelik - slegs klas in ernstige noodgeval verlaat. Ook sportafrigting moet stiptelik begin. * ‘n Goeie sin vir humor verrig wondere! * Sarkasme mag nie deel van ‘n kollega se mondering wees nie. * Wees ferm, dog simpatiek. * Wees getrou en regverdig t.o.v. aanteken in straf- en beloningslêer. * Skoolreëls konsekwent toepas. * Wees gou om te prys en baie stadig om te veroordeel. * Wees self gebalanseerd tussen akademie, kultuur en sport en lei u leerders om dieselfde te wees. * Ondersteun u leerders ook op buitemuurse gebied (sport en kultuur) wanneer hul deel neem en optree. 2. Optrede teenoor medepersoneel * Weerhou jouself daarvan om die status en gesag van mede-kollegas te ondermyn. * Bevorder geslagsgelykheid en weerhou jouself van enige seksuele teistering. * Respekteer die onderskeie verantwoordelikhede van kollegas en die gesag wat daaruit voortspruit, om sodoende die gladde funksionering van WNPS te verseker. * Volg die korrekte prosedure om professionele onbevoegdhede of wangedrag te hanteer. * Wees lojaal en vind die regte plek en regte tyd om verskille op te los. 3. Optrede teenoor ouers * Erken die ouers as vennote in die onderwys. * Strewe om ‘n harmonieuse verhouding te bou. * Tree te alle tye billik en professioneel op. * Lig ouers voortdurend in oor die welsyn van hul kinders.

63

Page 65: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

64

4. Algemeen * Selfoon (eie of skool s’n) mag slegs met prinsipaal se goedkeuring in klas tydens onder rigtyd gebruik word. * Rook is beperk tot rookkamer op die skoolterrein. * Bly op hoogte van opvoedkundige tendense en ontwikkelings. * Kleredrag volgens WNPS se beleid. * Alle optredes op alle terreine moet die toets van waardigheid slaag. * Voorbereiding, merkwerk en didaktiese hulpverlening moet altyd gereeld en van hoog staande gehalte wees. * Wees te alle tye ‘n ware ambassadeur vir WNPS - iemand aan wie ouers graag en met volle vertroue hul kosbaarste besitting sal toevertrou! ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN _____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

Page 66: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

VEILIGHEIDS- EN SEKURITEITSBELEID:

1. INLEIDING

Hierdie dokument is die veiligheid- en sekuriteitsbeleid van Worcester-Noord Primêre Skool soos die beheerliggam dit op 2012-02-23 goedgekeur het. Die beleid is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996; die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (‘die Skolewet’); die Regulasies vir Veiligheidsmaatreëls by Openbare Skole (Staatskoerant 22754/2001: Kennisgewingnr. 1040); die Nasionale Departement van Gesondheid se Skoolgesondheidsbeleid (“National Department of Health Cluster: Maternal Child & Women’s Health and Nutrition Sub-Directorate: Child Health National School Health Policy and Implementation Guidelines June 2002”) en ander toepaslike wetgewing.

Ooreenkomstig die Regulasies vir veiligheidsmaatreëls by Openbare Skole is Worcester-Noord Primêre skool ‘n geweld- en dwelmvrye skool. Hierdie beleid het ten doel om hierdie verklaring prakties uit te voer en die skool se personeel, leerders en besoekers se welstand te beskerm. Die beleid is opgestel ten einde die gesonde skoolatmosfeer te skep wat noodsaaklik is vir uitnemende opvoeding. 2. WOORDOMSKRYWING

‘Gevaarlike voorwerp’ beteken: (a) enige springstof of plofbare toestel; (b) enige vuurwapen of gaswapen; (c) enige artikel, voorwerp of instrument wat gebruik kan word om ‘n persoon liggaamlike leed aan te doen of eiendom te beskadig, of om ’n persoon tydelik te verlam of bewus- teloos te laat; of (d) enige voorwerp wat die Minister deur kennisgewing in die Staatskoerant vir die doel- eindes van die Skolewet tot gevaarlike voorwerp verklaar, tensy sodanige voorwerp vir opvoedkundige doeleindes gebruik word.

‘Onwettige dwelmmiddel’ beteken enige onwettige stof met ‘n bedwelmende uitwerking.

‘Openbare skoolterrein’ sluit in enige gebou, struktuur, saal, kamer, kantoor, ontspannings- area, grond of afgebakende gebied wat onder die beheer van die skool is en waartoe ‘n lid van die publiek die reg van toegang geniet of gewoonlik toegelaat word of kan word.

‘Skoolhoof’ beteken die hoof van die skool wat op die gesag van die beheerliggaam handel.

‘Skoolaktiwiteit’ beteken enige amptelike opvoedkundige, kulturele, ontspannings- of sosiale aktiwiteit van die skool op of weg van die skoolperseel.

‘Toesig’ beteken die beheer en kontrole van leerders by die skool en gedurende skoolaktiwiteite.

Ander begrippe wat in hierdie beleid voorkom, sal vertolk word in ooreenstemming met die be-tekenis wat in die Skolewet daaraan verleen word. 3. GEWELD- EN DWELMVRYE SKOOL

3.1 Geen persoon mag: (a) die gebruik van enige gevaarlike voorwerp op die skoolterrein toelaat nie; (b) enige gevaarlike voorwerp op die skoolterrein berg nie, behalwe op amptelike aangewese plekke soos wat die skoolhoof bepaal; (d) enige onwettige dwelmmiddels op die skoolterrein hê nie; (e) die skoolterrein onder die invloed van enige onwettige dwelmmiddels of alkohol betree nie; (f) enige vorm van geweld of rusverstoring veroorsaak wat ‘n negatiewe uitwerking op enige skoolaktiwiteit kan hê nie;

65

Page 67: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

(g) willens en wetens die besit van enige gevaarlike voorwerp kondoneer, oogluikend toelaat, versteek, aanhits of aanmoedig, of weier, versuim of nalaat om die waar- neming of teenwoordigheid van enige gevaarlike voorwerp op die skoolterrein so gou moontlik by die departementele owerhede of die polisie aan te meld nie; en (h) enige persoon wat poog om iemand anders bloot te lê wat die voorkoming van gevaar- like voorwerpe en aktiwiteite probeer dwarsboom, direk óf indirek leed aandoen nie. 3.2 ‘n Polisiebeampte of, in sy/haar afwesigheid, die skoolhoof of sy/haar gedelegeerde mag sonder ‘n lasbrief:

(a) die skool deursoek indien hy/sy ‘n redelike vermoede het dat ‘n gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel op die skoolterrein teenwoordig is; (b) enige persoon op die skoolterrein deursoek; en (c) beslag lê op enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddel wat in stryd met die bepalings van hierdie beleid op die skoolterrein of ‘n persoon gevind word. 3.3 Geen opvoeder, ouer, leerder of enige ander persoon mag:

(a) alkohol; (b) onwettige dwelmmiddels; (c) enige onwettige middel; of (d) enige gevaarlike voorwerp, gedurende ‘n skoolaktiwiteit besit of gebruik nie. 4. TOEGANG TOT SKOOLTERREIN

4.1 Behoudens die Grondwet, toepaslike wetgewing en nasionale en provinsiale beleid mag die skoolhoof: (a) sodanige stappe doen wat hy/sy nodig ag ten einde die skoolterrein sowel as die persone daarop te beskerm; en (b) beveel dat die skoolterrein slegs ooreenkomstig bepaling 4.2 betree mag word. 4.2 Met betrekking tot enige bevel wat ingevolge bepaling 4.1. (b) uitgevaardig is, sal geen persoon op die skoolterrein sonder die toestemming van die skoolhoof betree nie. Vir die doeleindes van sodanige toestemming kan die skoolhoof die betrokke persoon versoek om:

(a) sy/haar naam, adres en enige ander tersaaklike inligting wat benodig kan word, te verskaf; (b) bewys van sy/haar identiteit te lewer; (c) te openbaar of hy/sy enige gevaarlike voorwerp of onwettige dwelmmiddels in sy/ haar besit het; (d) die inhoud van sy/haar voertuig, tas, bagasie, handsak, koevert, lêer of houer van enige aard wat in sy/haar besit of onder sy/haar beheer is, te openbaar en bloot te lê; (e) hom-/haarself of enige voorwerp wat in sy/haar besit of onder sy/haar beheer is aan ‘n ondersoek deur ‘n persoon van dieselfde geslag, ‘n elektroniese toestel, snuffel- honde of ander apparate te onderwerp ten einde die teenwoordigheid van enige ge- vaarlike voorwerpe of onwettige dwelmmiddels te bepaal; en (f) enigiets wat in sy/haar besit of onder sy/haar beheer is aan die skoolhoof te oor- handig vir ondersoek of bewaring totdat hy/sy die perseel verlaat. 4.3 Behoudens die bepalings van die Wet op Oortreding (Wet 6 van 1959) kan die skoolhoof op enige tydstip enige persoon van die skoolterrein verwyder indien: (a) die persoon die skoolterrein sonder die toestemming ingevolge bepaling 4.2 betree; (b) die persoon weier of versuim om enige stap ingevolge bepaling 4(1)(a) na te kom; of; (c) die skoolhoof dit nodig ag vir die beveiliging van die skoolterrein of die persone daarop.

66

Page 68: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

67 4.4 Indien dit nie prakties is om enige item of voorwerp op die skoolterrein wat ingevolge be-7 paling 4.2 ondersoek of in bewaring gehou kan word, te ondersoek of te bewaar nie, kan dit na ‘n geskikte plek verskuif word. 5. VRYSTELLING VAN SEKERE PERSONE

Die bepalings van klousule 4 is nie van toepassing nie op enige lid van ‘n polisiediens wat inge-volge enige wetgewing gestig is, ‘n lid van die Suid-Afrikaanse weermag, die Minister van Onder-wys, die Lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys in die provinsie, of ‘n beamp- te van die nasionale of provinsiale onderwysdepartement wat ingevolge die uitvoering van sy/haar funksies die skoolterrein moet betree en die skoolhoof van sy/haar identiteit oortuig. 6. SKOOLBESOEKE DEUR OPENBARE BEAMPTES EN POLITIEKE AMPSDRAERS

6.1 Behoudens paragraaf 7 hieronder het lede van die publiek, politieke ampsdraers, openbare verteenwoordigers en die media ‘n reg om die skool in belang van openbare rekenpligtigheid te besoek. Hierdie reg sal onderworpe wees daaraan dat die skool nie deur die besoeke ontwrig word en politiekery nie plaasvind nie. Dit is verder onderworpe aan redelike kontrole ten einde die behoorlike funksionering van onderwys te verseker.

6.2 Indien sodanige besoek verlang word, moet die voornemende besoeker skriftelik toestemming van die skoolhoof versoek. Die versoek moet ten minste dertig (30) dae voor die beoogde besoek ingedien word, tensy daar geldige redes vir ‘n korter kennisgewingtydperk bestaan. Die versoek moet die datum en tyd van die besoek, die rede vir die besoek, die name van die persone wat aan die besoek sal deelneem sowel as die aspekte waarna gekyk sal word duide- lik uiteensit. Die skoolhoof sal nie ‘n persoon wat sodanige skriftelike versoek indien, rede- like toegang weier nie.

6.3 In gevalle waar die Departementshoof skriftelike toestemming verleen, moet die Departe- mentshoof eers met die skoolhoof oorleg pleeg om te bepaal of sodanige besoek haalbaar is en of dit nie die skoolprogram ernstig sal raak nie. 7. BESOEKE DEUR OUERS OF ANDER PERSONE

7.1 Ouers of enige ander persone wat ‘n belang by die skoolgemeenskap het, het die reg om die skool te besoek, maar sodanige besoeke mag nie enige skoolaktiwiteit ontwrig nie.

7.2 Buiten ouers of ander persone wat bona fide-besoekers van sport-, kulturele of sosiale akti- witeite van die skool is, moet besoekers voor ‘n beoogde besoek ‘n afspraak met die skool- hoof maak en die redes vir, en deelnemers aan, die besoek vermeld.

7.3 Besoekers is onderworpe aan die bepalings van klousule 4.

7.4 Alle besoekers moet by die administratiewe sekretaresse in die administrasieblok van die skool aanmeld en moet die gasteboek invul.

7.5 Geen ongemagtigde individu word tot die skool se onderriglokale, parkeerterreine of skoolterrein toegelaat nie en oortreders sal vervolg word.

7.6 Die bestuurders van voertuie wat tot die skoolterrein toegelaat word, moet die sekuriteits- register by die hekke invul, en kan versoek word om hul voertuie aan ‘n sekuriteitsondersoek te onderwerp.

7.7 Reg van toegang tot die skool word voorbehou, en enige persoon wat as ‘n ontwrigting of bedreiging beskou word, sal summier van die skoolterrein verwyder word en kan van be- treding aangekla word. 8. SKOOLAKTIWITEITE

8.1 Die skool sal die volgende stappe doen ten einde leerders se veiligheid gedurende enige skoolaktiwiteit te verseker:

Page 69: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

68 (a) Na gelang van die beskikbare geld, die aankoop van versekering teen moontlike onge- lukke, ongevalle, beserings, algemene mediese onkoste, hospitalisering en diefstal wat nié deur artikel 60 van die Skolewet gedek word nie (b) Waar prakties moontlik, die versekering dat leerders te alle tye onder ‘n opvoeder se toesig verkeer (c) ‘n Versoek aan ouers of ander volwassenes om met leerdertoesig te help (d) Die versekering dat die toesighouer-leerder-verhouding in laerskole ten minste een op- voeder, ouer of volwassene vir elke 20 leerders is, en een opvoeder, ouer of ander vol- wassene vir elke 30 leerders in hoërskole, en dat geslag by die bepaling van die toesig- houer-leerder-verhouding in ag geneem word.

8.2 (a) Die volgende inligting moet skriftelik voorsien word aan ouers van leerders wat aan skoolaktiwiteite deelneem:

(i) Die doel van die skoolaktiwiteit (ii) Die aard van die verrigtinge wat gedurende die skoolaktiwiteit sal plaasvind (iii) Die volledige reisplan/agenda van die skoolaktiwiteit, met die kontakbesonderhede van die gashere en toesighoudende opvoeders (iv) Die vervoer-, verblyf- en spysenieringsreëlings (v) Waar van toepassing, dat die leerder reisdokumente en ‘n inentingsertifikaat sal be- nodig, en die instansie waar dit bekom kan word (vi) Dat die reisdokumente ten minste sewe (7) dae voor die vertrekdatum bekom moet word (vii) Ander tersaaklike inligting

(b) Onmiddellik ná die terugkeer van ‘n skoolaktiwiteit moet die toesighoudende opvoeder ‘n verslag aan die skoolhoof voorlê indien enige van die volgende plaasgevind het:

(i) ‘n Ongeluk (ii) Die besering van ‘n leerder, opvoeder, bestuurder of enige ander persooon (iii) Enige wangedrag deur ‘n leerder, opvoeder, bestuurder of enige ander persoon

(c) Die verslag moet die volgende inligting bevat:

(i) Die aard van die voorval (ii) Die aard van die besering, indien van toepassing (iii) Die tyd, datum en plek van die voorval (iv) Die prosedures wat in die hantering van die voorval gevolg is (v) Die naam van die toesighoudende opvoeder

(d) Die skoolhoof moet die verslag voorlê aan die beampte wat die skoolaktiwiteit goedge- keur het sowel as aan die beheerliggaam.

8.3 Ouers moet skriftelik tot leerders se deelname aan ‘n kulturele, ontspannings- of sosiale akti- witeit toestem. Geen leerder mag aan sodanige aktiwiteit deelneem indien sy/haar ouers nie toegestem het nie.

8.4 (a) Geen leerder mag toegelaat word om aan fisiese aktiwiteite, wat sport, spele of gimnas- tiek insluit, deel te neem indien: (i) die skoolhoof rede het om te glo dat sodanige aktiwiteit die leerder se gesondheid sal benadeel nie; of (ii) die ouer rede het om te glo dat sodanige aktiwiteit die leerder se gesondheid sal benadeel nie.

(b) Die skoolhoof moet toesien dat leerders oor die gevare en veiligheidsmaatreëls met be- trekking tot water ingelig word.

(c) Die veiligheidsmaatreëls met betrekking tot water ingevolge 8.4(b) is van toepassing op enige swem- of watersportaktiwiteite by:

(i) ‘n swembad; (ii) ‘n rivier; (iii) ‘n dam; of (iv) die see

Page 70: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

69 8.5 Gedurende enige swemaktiwiteite wat deel uitmaak van besoeke aan die see, riviere, damme en swembaddens, sowel as wanneer leerders aan watersport of wateraktiwiteite deelneem, moet die skoolhoof behoorlik toesig verseker.

8.6 (Indien daar ‘n swembad op die skoolterrein is) (a) Die swembad moet behoorlik omhein en te alle tye gesluit wees wanneer dit nie gebruik word nie. (b) Leerders mag slegs onder streng toesig in die omgewing van die swembad kom. (c) Swembadaktiwiteite mag slegs plaasvind indien opgeleide lewensredders gedurende die aktiwiteite teenwoordig is. (d) Die skoolhoof moet toesien dat kennisgewingborde met veiligheidsmaatreëls om en in die omgewing van die swembad vertoon word. 9. VERBODE TERREIN

9.1 (a) Die volgende areas is verbode terrein vir leerders:

(i) Klaskamers in pousetyd (ii) Personeelkamer (iii) Parkeerterreine (iv) Tegniese Tekeninge- en/of Houtwerkareas in pousetyd (v) Terreinpersoneel se blokke (vi) Administrasiekantore, tensy met toestemming (vii) Laboratoriums, tensy ‘n opvoeder ook teenwoordig is (ix) Fietsloods in skooltyd (x) Sportvelde in skooltyd (buiten pouses), tensy dit vir opvoedkundige doeleindes is én ‘n opvoeder ook teenwoordig is (xi) Saal (x) Tuine en blombeddings (xii) Die swembad en die onmiddellike omgewing van die swembad 9.2 Geen leerder mag sonder toestemming van die skoolhoof of ‘n opvoeder of enige ander per- soneellid van die skool enige van die bogenoemde areas betree nie. Oortreders sal volgens die gedragskode vervolg word.

9.3 Die skool aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige skade of verlies wat leerders en/of hul ouers as gevolg van die oortreding van hierdie klousule kan ly nie. 10. VERVOER

10.1 Indien ‘n skoolaktiwiteit leerdervervoer behels, moet die skool die aansoekvorm by die Regu-lasies volgens voorskrif voltooi en indien.

10.2 Indien die skool sy eie voertuie gebruik om leerders te vervoer, moet:

(a) sodanige voertuie verseker wees en padwaardigheidsertifikate hê; (b) die bestuurders van die voertuie oor geldige rybewyse en professionele bestuursper- mitte beskik.

10.3 Indien die skool ‘n maatskappy of privaat persone se voertuie gebruik om leerders te ver- voer, moet die maatskappy of eienaar van die voertuie die volgende voorsien:

(a) Versekeringsbewyse en padwaardigheidsertifikate vir elke voertuig (b) Passasiersaanspreeklikheidsversekering (c) ‘n Geldige rybewys en professionele bestuurspermit vir elke bestuurder

10.4 Die vervoermaatskappy of die eienaar van die voertuig met ‘n aflosbestuurder, ‘n vervoer- ondersteuningstelsel sowel as ‘n alternatiewe roete voorsien.

10.5 Elke voertuig wat leerders vervoer, moet met ‘n brandblusser toegerus wees.

Page 71: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

70

10.6 Die skoolhoof, toesighoudende opvoeder of lid van die beheerliggaam moet ingryp indien daar enige twyfel oor die padwaardigheid van die voertuig of die bevoegdheid van die voer- tuigbestuurder bestaan.

10.7 Wat die aanmeldling van enige ongeluk by die polisie betref, moet die skoolhoof, toesig- houdende opvoeder of lid van die beheerliggaam met die voertuigbestuurder of -eienaar skakel en self die ongeluk binne 48 uur aanmeld indien die voertuigbestuurder of -eienaar versuim om dit te doen.

10.8 Geen leerder mag na en/of van ‘n skoolaktiwiteit vervoer word sonder dat sy/haar ouers die nodige toestemming vir sodanige vervoer onderteken het nie. 11. PROSEDURE VIR NOODGEVALLE OF BRANDE

11.1 Die skoolhoof se kontrolelys:

11.1.1 Beoordeel en bestuur risiko’s en gevare op die skoolterrein 11.1.2 Wys ‘n gedelegeerde aan ingeval die skoolhoof afwesig is 11.1.3 Vestig ‘n verhouding met die plaaslike polisie en brandweer 11.1.4 Hersien jaarliks die noodplan in oorleg met die polisie en brandweer 11.1.5 Hersien jaarliks die noodplan in oorleg met die personeel, met inbegrip van personeel se bepaalde verantwoordelikhede

11.2 Noodinligtingsblaaie:

Elke leerder se huiswerkboek bevat ‘n inligtingsblad met die kontakbesonderhede van tersaaklike nooddienste. Vergrotings van hierdie blad moet op opvallende plekke op die skoolterrein vertoon word.

(Hierdie blad moet onder andere die kontakbesonderhede van die volgende dienste verskaf: die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die brandweer, ambulansdienste, die naaste hospitaal of kliniek,

water- en riooldienste, elektrisiteitsdienste, predikante, die skoolberader, ensovoorts).

11.3 Noodontruiming:

11.3.1 Die Veiligheidskomitee moet toesien dat die skool oor ‘n bygewerkte ontruimingsplan beskik. Sodanige ontruimingsplan moet die ontruimingsprosedure, ontruimingsroetes en ‘n skets van die skoolplan uiteensit wat ook die ligging van brandblussers aandui. Hierdie ontruimingsplan moet op opvallende plekke op die skoolterrein vertoon word, wat elke kantoor en klaskamer insluit. Ontruiming moet ten minste kwartaalliks ge- oefen word.

11.3.2 Indien moontlik, moet die plaaslike brandweerhoof jaarliks die brandontruimingsprose- dure beoordeel.

11.3.3 Die Veiligheidskomitee moet toesien dat die skool met brandblussers toegerus is, en die brandblussers moet gereeld nagegaan word. Brandalarms moet oor die hele skool- terrein sigbaar wees. Die skoolhoof moet verseker dat personeel opgelei word om brandblussers te gebruik.

11.3.4 Die mediese/gesondheidsbeampte moet verseker dat die skool ‘n volledige noodhulpstel het. Die stel moet gereeld nagegaan en aangevul word. Medisyne mag slegs volgens klousule 15 toegedien word.

11.3.5 Die beheerliggaam moet jaarliks ‘n skrywe oor die noodprosedures van die skool uitreik. Die skrywe moet instruksies bevat oor wat ouers moet en nié moet doen nie. Ouers moet versoek word om vrywillig noodhulpopleiding te ondergaan en hulle kinders aan te spoor om dieselfde te doen.

Page 72: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

71

11.3.6 Hieronder is basiese riglyne indien leerders, personeel of besoekers die skool moet ontruim:

(a) In geval van misdade wat op die skoolterrein gepleeg word

(b) In geval van ‘n brand (handklok oor die interkomstelsel of voorafgereelde stelsel) (c) In geval van dreigende individuele reaksie indien ’n gewelddadige of gewapende per- soon leerders, opvoeders of besoekers in gevaar stel (geen alarm).

(d) In geval van bomdreigement (kort, vinnige alarm)

• Ontruim deur flink van die skoolterrein weg te stap of stadig weg te ry. • Gebruik die hoofontruimingsroetes soos wat die noodplan aandui. • Hou roetes vir noodvoertuie oop. • Bly kalm, en kalmeer ook diegene om jou. • Gaan nadat almal teenwoordig is en meld enige vermiste persone by die skoolhoof

aan.

• Stel die polisie dadelik in kennis. • Versorg slagoffers so ver moontlik. • Wys betrokke partye aan. • Wys ooggetuies aan, indien enige. • Versper toegang tot die misdaadtoneel totdat die polisie opdaag. • Indien ‘n individu gewapen is, moenie self die vuurwapen probeer afneem nie.

• Die skoolhoof of gedelegeerde moet die brandweer in kennis stel. • Ontruim vinnig. • NB: Leerders moet alle vensters toemaak. • Ontruim die skool deur die hoofontruimingsroetes op die noodplan te gebruik. • Bevestig dat alle leerders, personeel en besoekers die gebou ontruim het. • Personeel moet leerders beheer deur hulle op ‘n veilige afstand van die brand-

toneel sowel as brandweertoerusting te hou. • Gaan na dat almal teenwoordig is en meld vermiste persone by die skoolhoof of

brandweer aan. • Niemand behoort die gebou te betree voordat die brandweer dit veilig verklaar nie.

• Geen ontruiming vind plaas nie. • Die persoon in beheer moet die betrokke persone laat platlê; moenie skielik begin

hardloop nie. • Sluit die deure en maak vensters en gordyne toe om buite-aktiwiteite uit te skakel. • Die skoolhoof of gedelegeerde moet die polisie bel. • Moenie enige wapen probeer afneem nie. • Die persoon in beheer moet by die leerders bly totdat die situasie ontlont is.

• Indien die skool ‘n bomdreigement ontvang, moet die skoolhoof die polisie in kennis stel.

• Die verdagte voorwerp of enigiets met betrekking tot die bomdreigement moet on- aangeraak bly.

• As die alarm lui, is ‘n vinnige ontruiming nodig. • Leerders moet alle vensters oopmaak, hulle eie besittings versamel en langs die voor-

geskrewe roete op die noodplan na ingeoefende area beweeg. • Geen persone moet enige items wat nié aan hom of haar behoort, saamvat nie.

Page 73: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

72 (e) In geval van mediese noodgevalle (geen alarm)

11.3.7 Die mediese/gesondheidsbeampte moet behoorlik van alle mediese noodgevalle rekord hou. 12. VERLOF OM DIE SKOOL VOOR DIE EINDE VAN DIE SKOOLDAG TE VERLAAT

12.1 Indien ‘n leerder die skool vroeër moet verlaat, moet die ouer/voog van die leerder ‘n brief stuur waarin verlof versoek word. Hierdie skrywe moet die redes en datum aandui waarvoor verlof versoek word. Die leerder moet die skrywe aan sy/haar voogopvoeder toon, wat die versoek dan vir goedkeuring aan die graadhoof sal voorlê.

12.2 Die administratiewe kantoor hou ‘n rekord van alle leerders wat die skoolterrein vroeër ver- laat. Hierdie rekord bevat die volgende inligting:

(a) Die naam van die leerder (b) Die graad van die leerder (c) Die naam van die persoon wat die leerder kom haal (d) Die tyd, datum en rede vir die vroeë vertrek

12.3 Indien iemand anders as die leerders se ouer(s) die leerder kom haal, moet die persoon be- wys lewer dat hy/sy deur die ouer(s) daartoe gemagtig is. Die skool moet verseker dat die gemagtigde persoon aan die leerder bekend is en moet die ouer bel indien daar enige twyfel oor die identiteit van die betrokke persoon bestaan.

12.4 Die skool sal die ouers vroegtydig in kennis stel indien die skool op enige gegewe skooldag vroeër sluit. 13. VEILIGHEID VAN LEERDERS SE EIENDOM

Die veilige bewaring van leerders se eiendom is leerders se verantwoordelikheid. Leerders word versoek om nie hulle tasse en ander waardevolle artikels sonder toesig te laat rondlê nie. 14. LABORATORIUMS, WERKWINKELS EN TEGNOLOGIE- EN/OF INGENIEURS- GRAFIKA-EN-ONTWERPKLASKAMERS

14.1 Opvoeders in Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Tegnologie en/of Ingenieursgrafika en -ontwerp moet toesien dat alle apparate en/of middels wat vir opvoedkundige doeleindes aangewend word en ‘n gevaar vir leerders kan inhou indien dit sonder toesig gebruik word, veilig bewaar word wanneer dit nie gebruik word nie.

14.2 Leerders mag nie ‘n laboratorium, werkwinkel of klaskamer wat vir Tegnologie en/of Inge- nieursgrafika en -ontwerp gebruik word, sonder ‘n personeellid se toesig binnegaan nie.

14.3 Die departemensthoof van die onderskeie vakgebiede moet toesien dat alle apparaat en ge- reedskap gereeld nagegaan en, indien nodig, vervang of herstel word. 15. MEDISYNE

15.1 Ouers word versoek om die skool skriftelik in kennis te stel van enige mediese toestand waar- aan ‘n leerder dalk ly.

15.2 Indien ‘n leerder ‘n doktersvoorskrif by hom/haar moet hê, moet die ouers die leerder sowel as die toesighoudende opvoeder van gewaarmerkte afskrifte van die voorskrif voorsien.

• Hierdie noodgevalle kan op die sportveld of in die skoolgebou self plaasvind. • Senior leerders moet bystand verleen om die kantoor in kennis te stel indien geen

personeellid in die omtrek is nie, en moet ook help om enige omstanders te beheer. • Die beseerde persoon moenie verskuif word voordat ‘n mediese beampte dit goed-

keur nie.

Page 74: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

15.3 Indien ‘n leerder medisyne neem en dit in die loop van ‘n skoolaktiwiteit sal nodig kry, moet die ouer(s) toesien dat die leerder vir die duur van die skoolaktiwiteit voldoende hoe- veelhede van die medisyne by hom/haar het.

15.4 Indien ouers wil hê dat die skool sekere medisyne aan hulle kind moet toedien, moet die no- dige toestemmingsbrief onderteken word.

15.5 Ouers sal volledig oor enige reis na of deur ‘n hoërisiko-siektegebied vir die doeleinde van ‘n skoolaktiwiteit ingelig word.

15.6 Indien leerders gedurende ‘n skoolaktiwiteit beseer of siek word en mediese behandeling be- nodig, moet die toesighoudende opvoeder: (a) alle nodige stappe doen om met die betrokke ouers te skakel ten einde toestemming vir sodanige mediese behandeling te verkry; (b) indien hy/sy nie die ouers kan bereik nie, bepaal of toestemming ten opsigte van so- danige mediese behandeling verleen moet word of nie.

15.7 Alle personeel moet hulle van die standaardvoorsorgmaatreëls vir die hantering van bloed of liggaamsvloeistowwe vergewis. 16. GESONDHEID

16.1 By aansoek om toelating moet die ouer bewys lewer dat die leerder teen polio, masels, tu- berkulose, witseerkeel, klem-in-die-kaak en hepatitis B ingeënt is.

16.2 Gesondheidsassesserings sal ooreenkomstig die Departement van Gesondheid se Skoolge- sondheidsbeleid op alle graad R-leerders van die skool uitgevoer word sowel as alle nuwe graa1-leerders wat nié in graad R geassesseer is nie.

Die volgende assesserings sal gedoen word: 16.3 Die volgende prosedure dien as riglyne in die koördinering van toepaslike reaksies om aange- melde gevalle van bevestigde (volgens laboratoriumtoetse) en/of vermoedelike gevalle van aansteeklike (oordraagbare) siektes soos meningitis, influensa A H1N1 (varkgriep), masels, tuberkulose, cholera en voedselvergiftiging onder personeel, opvoeders en leerders te be- stuur: (a) Inligting en opvoedings- en kommunikasiemateriaal oor die oorsake, simptome en voorkomingsmaatreëls met betrekking tot aansteeklike siektes moet onder die perso- neel, leerders en ouers versprei word. Dit kan in die vorm van pamflette, plakkate, aanbiedings en seminare geskied. (b) Voortdurende voorligting oor basiese higiëne moet plaasvind, soos om met die hand voor die mond te nies/hoes, om hande gereeld te was, om noue aanraking met siek persone te vermy, ensovoorts. (c) Siek leerders en persoeel word versoek om tuis te bly totdat hulle gesond is. Indien hulle enige kommerwekkende simptome soos asemnood, erge lighoofdigheid of bleek- heid ontwikkel, moet hulle onmiddellik ’n dokter raadpleeg. (d) Gesondheidsamptenare moet genooi word om leerders, ouers en personeel toe te spreek indien ernstige siektes of epidemies uitbreek. Dit moet gedoen word om die ge- meenskap se vrese en wanopvattings te besweer en advies oor voorkomingsmaatreëls te bied.

73

• Gehoortoets • Oogtoets • Spraaktoets • Fisiese ondersoek vir en motorise probleme • Mondgesondheidstoets • Antropometriese toets • Bykomende toetse wat versoek kan word • Uitwys van, en reaksie op, opsetlike beserings en kindermishandeling • Geestesgesondheidstoets

Page 75: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

74

16.4 Die aanmelding van bevestigde of vermoedelike gevalle

1.6.4.1 Ouers moet die skoolhoof inlig oor enige chroniese mediese toestand waaraan hulle kinders ly en wat die kinders se risiko kan verhoog indien hulle ’n aansteeklike siekte sou opdoen.

16.4.2 Ouers moet enige aansteeklike siekte waarmee hulle kind gediagnoseer word by die skoolhoof aanmeld.

16.4.3 Enige klagte van ‘n leerder dat hy/sy siek voel, moet as ernstig beskou word.

16.4.4 Leerders wat by die skool siek word of enige simptome van ‘n aansteeklike siekte begin toon, moet in ‘n siekeboeg (in afsondering, indien nodig) bly totdat hulle ouers hulle by die skool kom haal.

16.4.5 Ouers word versoek om siek kinders by die huis te hou totdat hulle gesond is.

16.4.6 Die skoolhoof moet enige bevestigde of vermoedelike gevalle van aansteeklike siektes by die distrikskantoor aanmeld.

16.4.7 Inligting oor die leerder, die toestand, datum van diagnose, gesondheidsinstansie en ander tersaaklike data moet opgeteken en veilig bewaar word.

16.4.8 Vertroulike mediese inligting sal te alle tye as sodanig hanteer word, en geen leerder sal gestigmatiseer word nie.

16.5 Die skoolhoof moet abnormale afwesigheid of enige teken van verhoogde simptome van aansteeklike siektes onder personeel en leerders moniteer.

16.6 In sekere gevalle kan die toediening van voorkomende medisyne aan persone wat in noue aanraking met besmette persone was, gelas word. In sulke gevalle kan ouers versoek word om toestemming/vrywaring vir die toediening van die medisyne deur ‘n gekwalifiseerde gesondheidspraktisyn te verleen. Indien die ouers nié bereik kan word nie, sal die skoolhoof in locus parentis optree.

16.7 ‘n Afskrif van die Nasionale Instituut vir Aansteeklike Siektes se aanbevelings oor die beheer van algemene aansteeklike siektes in opvoedkundige omgewings (“Recommendations for the Control of Common Communicable Diseases in Educational Settings”) (sien FEDSAS se webwerf onder “Dokumente - Wetgewing - Regulasies”) is by die mediese beampte van die skool verkrygbaar, en personeel, leerders en ouers word versoek om hulle van die inhoud daarvan te vergewis.

16.8 MIV/VIGS: Sien die skool se MIV/vigs-beleid.

16.9 Rook: Sien die skool se rookbeleid. 17. GESONDHEIDSOPVOEDING

17.1 Gesondheidsopvoeding is ‘n belangrike deel van die skool se gesondheidsaktiwiteite, en bied die beste geleentheid om leerders se onmiddellike en langtermyngesondheidsgedrag te be- ïnvloed. Gesondheidsopvoeding en die bevordering van gesondheidsaktiwiteite sal so ver moontlik by die skoolkurrikulum geïntegreer word.

17.2 Kwessies wat deur die bevordering van gesondheid en opvoeding gedek word, sluit die volgende in:

• Lewensvaardighede • Kindermishandeling • Hoë risikogedrag, wat dwelmmisbruik en geweld insluit • Padveiligheid en algemene veiligheid in huishoudings en gemeenskappe • Omgewingsgesondheid, met inbegrip van water en sanitasie • ‘n Gesonde leefstyl • Selfversorging vir leerders met chroniese nie-aansteeklike siektes

Page 76: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

75

18. Enige persoon wat hierdie beleid oortree, kan van die skoolterrein verwyder word. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN _____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

Page 77: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

BELEID TEN OPSIGTE VAN SPORTBORGSKAPPE: Slegs 0/13A-spanne kwalifiseer vir borgskappe en gevolglik mag slegs 0/13A-spanne met ge- borgde wedstryddrag en toerusting deelneem. Die res van die spanne speel in eenvormige drag soos deur die klerekomitee in samewerking met die onderskeie sportkoördineerders en alle rol-spelers vasgestel word. Geborgde items bly die eiendom van WNPS en die beginsel dat ‘n span en nie individue geborg word, geld dus. Die enigste uitsondering is waar oefenhempies, rugbybroekies en ander ap-paraat wat net vir 1 jaar gebruik word, geborg word. Aan die einde van dié seisoen word dit dan die speler se eiendom. Afrigters moet bogenoemde baie deeglik aan die begin van die seisoen aan spelers en ouers kommunikeer. Wedstryddrag word vir ’n 3-jaar periode geborg en die huidige borg moet eers genader word om te hoor of die huidige borgskap hernu kan word voordat ’n nuwe borg genader kan word. Die borg se naam of logo mag nie 30mm x 200mm agterop die wedstryddrag oorskry nie. Die 3 primêre kleure van WNPS; navy, wit en maroen moet die oorheersende kleure wees van spelersdrag. Soos reeds gemeld word ’n span geborg en daarom moet ’n speler wat ’n ander speler vervang onmiddellik van alle geborgde toerusting en drag voorsien word. Afrigters is verantwoordelik vir die administrasie van bogenoemde. Borge moet aangeteken word in die bestaande borgelêer in die kluis. Goeie kommunikasie moet dus tussen 0/13A-afrigters en die persoon verantwoordelik vir die koördinering van borge plaas-vind. Borge word genooi na ‘n saalbyeenkoms waar die oorhandiging plaasvind en borge moet ook in die weekbrief bedank word. Alle borge moet deur die betrokke afrigters na tuiswedstryde en onthale na dié wedstryde genooi word. Goeie kommunikasie tussen skool en OOV is noodsaaklik om die oorbenutting van spesifieke bronne te voorkom. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ____ DAG VAN _____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

76

Page 78: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

77

SELFOONBELEID: WNPS beskik oor 2 selfone waarvan die een altyd beskikbaar is as enige span of klasgroep per skoolbus reis. Die betrokke kollega/afrigter moet vroegtydig sorg dat die selfoon gelaai is. Die nommer van die selfoon moet ook vroegtydig aan die betrokke ouers gekommunikeer word. As daar meer selfone benodig word, kan kollegas hul eie selfoon gebruik en ‘n afskrif van die rekening ter betaling aan die skool voorlê. Leerders handig alle selfone weeksdae voor skool by die sekretaresse in. Hul name word daarby gevoeg en dit word tot skool uitkomtyd in veilige bewaring gehou. Die nie-nakoming van hierdie reëling sal tot gevolg hê dat die spesifieke leerder se selfoon tot die einde van die spesifieke kwar-taal in veilige bewaring (kluis) gehou sal word! Kollegas mag nie enige selfoonoproepe ontvang of maak tydens onderrigtyd nie. Unieke uit-sonderings moet vooraf met die prinsipaal uitgeklaar word. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN _____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM

Page 79: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

78

KULTUURBELEID:

Doelstelling

Om deur middel van Kultuur die opvoeding kwaliteite soos liefde vir taal, die kunste en deurset- tingsvermoë by die leerder aan te kweek en in te skerp. Om aan elke deelnemende leerder erkenning te gee vir sy/haar deelname aan kultuuraktiwiteite binne en buite skoolverband.

Visie

Om geleenthede te skep vir leerders om aan kultuuraktiwiteite deel te neem.

Missie

Ons beoog ‘n skool wat:-

• leerders aanmoedig en aanspoor om hul talente ten volle te ontwikkel • leerders voor te berei om onafhanklik te leer dink en op te tree, asook om verantwoordelik-

heid te aanvaar vir hul besluite en optrede • bestuur word deur vaste beginsels

“Die kultuur is die rustelose en vloeibare, die gedurige hervorming en herskepping van die geestelike waardes van die mens” (NP van Wyk Louw) AKTIWITEITE

1. Konsert

2. Eisteddfod

3. Visuele Kuns

4. Redenaars

5. Kore

6. Musiek

7. Kultuuraand

8. Kultuurbalkies

9. Sangsaal

10. Bybelvasvra

11. EE III

12. Musiekaand Kultuurbeleid : Konsert

1. Massa deelname as uitgangspunt.

2. Konsert vind elke 2de jaar plaas - alternatief met die Eisteddfod.

3. Klere: Elke graad bepaal sy eie behoeftes. Daar word van ouerhulp gebruik gemaak met die maak van kostuums.

4. Daar word nie met ‘n konsert na groot fondsinsameling gestreef nie, maar eerder om met baie min wins of gelykbreek die estetiese te bevorder.

5. Tydens die jaar van Eisteddfod hou die Graad R-groep hul eie konsert. Kultuurbeleid : Eisteddfod

1. Deelname aan Eisteddfod geskied elke 2de jaar wanneer Worcester hul eie Eisteddfod het. Leerders word dan vir alle afdelings deur die skool ingeskryf, maar die leerders betaal hulle eie inskrywingsgeld.

Page 80: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

2. Eisteddfod-deelname - individue en groepe, sluit in:- kore (sang en spreek), voordrag, skryfkuns, musiek, kuns, drama, ens.

3. Deelname aan alle items geskied deur oudisies.

4. Geen spesiale oefentye word geskep nie en afrigting vind buite skoolure plaas.

5. Daar word van leerders verwag om altyd in volle skooldrag deel te neem en op te tree.

6. Daar word erkenning gegee aan presteerders tydens sangsaal. Wanneer leerders by ander Kunswedstryde toekennings ontvang, word dit ook erken.

Kultuurbeleid : Visuele Kuns

1. Die skool neem volskaals deel aan enige kunskompetisie geloods deur die gemeenskap en ook op Nasionale vlak - bv. SANTAM Kinderkuns.

2. Deelname geskied op terme en voorwaardes (wat hoeveelheid inskrywings insluit) gestel deur die betrokke instansie. Kultuurbeleid : Redenaars

1. Worcester-Noord Primêre Skool neem volskaals deel aan die kompetisie wat deur die ATKV geloods word.

2. Uitdunne vind in graadverband plaas en die wat deurdring, neem tydens Sangsaal aan die skool se redenaarskompetisie in die voorgeskrewe ouderdomsgroepe deel. Daar word van

interne en eksterne beoordelaars gebruik gemaak.

3. Wenners van hierdie interne kompetisie dring deur na die eerste ronde van die ATKV-kompetisie. Die aantal leerders mag wissel n.a.v. die ATKV se reëlings vir die jaar.

Kultuurbeleid : Kore

1. Worcester-Noord Primêre Skool beskik oor ‘n Junior- en Seniorkoor.

2. Leerders word gekeur aan die hand van oudisies deur die Kooronderwyser.

3. Dit is ‘n eer om deel te wees van WNPS se kore en deelname aan die koor vereis pligsgetrou-heid en uithouvermoë.

4. Oefeninge is 1 maal per week, of soos behoefte dit bepaal.

5. Kore sing by die Worcester Eisteddfod, tydens Kultuuraande en op uitnodiging tydens ere-dienste en ander koorfeeste.

Kultuurbeleid : Musiek

1. Aangebied deur gekwalifiseerde persone

2. Opleiding in: Klavier Blokfluit Kitaar Klawerbord

3. Eksterne eksamens kan afgelê word by UNISA - ouers is verantwoordelik vir die inskrywings- gelde.

4. Leerders se name kom op ‘n waglys en indien daar ‘n opening ontstaan a.g.v. ‘n leerder wat staak, sal die opening uit die waglys gevul word. Leerders sal gekeur word deur ‘n een- voudige toets.

5. Musiekgelde word jaarliks saam met die skoolfonds bepaal.

6. Musiekleerders moet akademies sterk genoeg wees, aangesien musiekonderrig tydens skool- tyd plaasvind.

79

Page 81: SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS - Worcester Noord … · SAAMGEVATTE BELEIDE VAN WNPS 1. Toelatingsbeleid (bl. 1 - 6) 2. Gedragskode vir lede van Beheerliggaamslede (bl. 7 - 11)

80 Kultuurbeleid : Kultuuraand

1. ‘n Kultuuraand word aan die einde van die tweede en derde kwartaal gehou.

2. Vir hierdie aande word leerders wat deurlopend goed presteer, genooi om deel te neem.

3. Toegang is gratis. Kultuurbeleid : Kultuurbalkies

1. Kultuurbalkies word toegeken aan uitstaande kultuurprestasies.

2. Prestasies sluit in: UNISA - ererol Gemini - sangkompetisie-wenners Eisteddfod - medalje/afdelingswenners ATKV - redenaars wat tot by eindronde deurdring SANTAM-kalender kunstenaars

Kultuur : Sangsaal

1. Sangsaal vind Vrydae die laaste 2 periodes plaas.

2. Tydens sangsaal kry leerders die geleentheid om voor die skool op te tree en self in groepe die sangsaal-program vir die dag te reël.

3. Tydens hierdie periode ontvang ons ook eksterne toneel- groepe, sanggroepe, geestelike groepe ens.

Kultuurbeleid : Bybelvasvra

1. Neem jaarliks aan die Rapportryers se Bybelvasvra-kompetisie deel.

2. Dit strek ook 3 rondes vanaf April tot Oktober.

3. Een of twee spanne word ingeskryf na gelang van begroting en belangstelling.

4. Spanne word uitgesoek d.m.v. ‘n Algemene Kennis vraestel.

5. 4 Leerders met die hoogste telling word in die span opgeneem.

6. Enige graad is welkom om deel te neem. Kultuurbeleid : EE III

1. Alle leerders het geleentheid om opgelei te word vir Evangelisasiewerk.

2. Gekwalifiseerde aanbieders word gebruik.

3. Sertifikate word uitgereik aan die wat die kursus suksesvol voltooi. Kultuurbeleid : Musiekaand

1. Alle musiekleerders

2. Musiekaand word in die vierde kwartaal gehou.

3. Toegang is gratis. ONDERTEKEN TE WORCESTER-NOORD OP HIERDIE ______ DAG VAN _____________

.......................................................... VOORSITTER - BEHEERLIGGAAM ........................................................... SEKRETARESSE - BEHEERLIGGAAM