15
Natuur Wetenskap en Tegnologie Termyn 3: Jaar 1 Roodeparkskool COVID-19 Werkkaarte – DCAPS Natuur Wetenskap en Tegnologie - Week 5 Termyn 3: Jaar 1 Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig Hoop almal is gesond en veilig. Mis julle ALMAL!!!!! Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud. 1. Die beweging van energie in ‘n stelsel/ Beweging en musiekinstrumente INSTRUKSIES: Voltooi al die aktiwiteite op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek. Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke werkkaart. 1

Roodepark School · Web viewKen jy enige ander musiekinstrumente wat nie hier gewys word nie? Teken ‘n prentjie van die instrument en beskryf hoe dit gespeel word. Author Stephanie

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Natuur Wetenskap en TegnologieTermyn 3: Jaar 1

RoodeparkskoolCOVID-19 Werkkaarte – DCAPS

Natuur Wetenskap en Tegnologie - Week 5Termyn 3: Jaar 1

Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig

Hoop almal is gesond en veilig. Mis julle ALMAL!!!!!

Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud.

1. Die beweging van energie in ‘n stelsel/ Beweging en musiekinstrumente

INSTRUKSIES:

· Voltooi al die aktiwiteite op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek.

· Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke werkkaart.

· Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi.

· Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen.

· STERKTE en geniet dit!!!

Groete

Mev. S Booysen

Kom ons begin

Het jy al ooit iemand dop gehou wat ‘n musiekinstrument speel? Het jy opgemerk dat dit baie konsentrasie en werk verg om musiek te maak? Die musikant moet blaas, slaan, tik, skraap, strek, pluk, druk of skud aan die instrument om die klanke te maak wat ons musiek noem.

Musikante moet vir ure lank oefen om die klanke net reg te laat klink. In die onderwerp sal jy leer dat ‘n musiek instrument ‘n soort stelsel is wat inset van energie nodig het om ‘n uitset te lewer wat ons musiek noem.

SLEUTEL WOORDE:

· Tokkel – Wanneer jy die snare van ‘n instrument rek en dan los om ‘n klank te maak.

· Slaginstrument – ‘n Instrument wat gespeel word deur dit te slaan, skud of skraap.

· Strykinstrument – ‘n Musiekinstrument wat klanke voort bring deur snare.

· Blaasinstrument – ‘n Musiekinstrument wat gespeel word deur lug daar in te blaas.

· Vibreer – Om vorentoe en terug te beweeg in klein, vinnige bewegings.

· Uniek – Om anders te wees van ander op ‘n spesiale manier.

· Sening – ‘n dik bondel sterk materiaal in jou liggaam wat die bene in jou lyf verbind met die spiere.

Beweging en musiekinstrumente

Musiekinstrumente is ook stelsels. Hulle het dele wat saam werk om iets te laat gebeur. Hulle het ook ‘n inset van energie nodig om te kan werk. As daar geen inset van energie is nie, sal daar geen klank wees nie. Mense gee die musiekinstrumente die energie (inset) wat hulle nodig het om klank (uitset) te maak. Baie musiekinstrumente gebruik bewegingsinset van energie (soos slaan, skud, blaas of tokkel) om klanke te maak.

Aktiwiteit 1

1. Kyk na die prentjie hierbo. Elke kind het ‘n musiekinstrument.

a) Wat is die naam van elke instrument?

____________________________________________________________

____________________________________________________________

____________________________________________________________

b) Beskryf die klank wat jy dink elke musiekinstrument kan maak?

__________________________________________________________

__________________________________________________________

__________________________________________________________

c) Sal enige van die instrumente klank maak sonder dat iemand daaraan raak?

___________________________________________________________________

2. Dink jy dat jou stem as ‘n musiekinstrument beskryf kan word? Verduidelik hoekom jy so dink.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

3. Wanneer ‘n orkes speel, maak hulle klanke wat ons musiek noem. Geraas is ook klank. Wat is die verskil tussen musiek en geraas?

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Aktiwiteit 2

1. Pas elke musiekinstrument in kolom A by die beskrywing van hoe om dit te speel in kolom B.

KOLOM A

Antwoord

KOLOM B

Instrument

(1, 2, 3, 4)

Inset van bewegingsenergie

A. Tamboeryn

1. Blaas lug daardeur.

B. Kitaar

2. Slaan met stokkies of jou hande.

C. Trom

3. Skud dit of tik daarop.

D. Fluitjie

4. Tokkel op die snare met jou vingers.

2. Kyk na die prente van musiekinstrumente en beantwoord die vrae:

TromBanjoSaksofoonKwêlafluit

Driehoek Harp VioolBlokfluit

a) Weet jy hoe elke instrument gespeel word? Beskryf in ‘n sin wat ons met elke instrument moet doen om musiek te maak.

Trom: ______________________________________________________________

Banjo: ______________________________________________________________

Saksofoon: _________________________________________________________

Kwêlafluit: __________________________________________________________

Driehoek: ___________________________________________________________

Harp: ______________________________________________________________

Viool: ______________________________________________________________

Blokfluit: ___________________________________________________________

b) Ken jy enige ander musiekinstrumente wat nie hier gewys word nie? Teken ‘n prentjie van die instrument en beskryf hoe dit gespeel word.

Beskryf: ___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Soorte Instrumente

Musikante groepeer musiekinstrumente gewoonlik volgens die manier waarop hulle gespeel word. Verskillende instrumente het verskillende soorte bewegings as inset van energie nodig. Daar is 3 hoofgroepe waarin instrumente verdeel kan word:

1. Slaginstrumente – Wat ons skud, slaan, skraap of soos ‘n trom slaan.

2. Strykinstrumente – Wat ons speel deur die snare te tokkel of te vryf soos ‘n kitaar of viool.

3. Blaasinstrumente – Waarop ons blaas, soos ‘n kwelafluitjie of Tuba.

Aktiwiteit 3

1. Kyk weer na die instrumente in aktiwiteit 2 en vul die naam van elke instrument in die korrekte kolom in:

Slaginstrumente

Strykinstrumente

Blaasinstrumente

Musiekinstrumente het dele wat beweeg of Vibreer

Hoe maak vibrasies musiek?

Baie musiekinstrumente het dele wat vibreer. Soms vibreer die hele instrument. Wanneer iets vibreer, skuld dit met klein bewegings heen en weer. Inset van bewegingsenergie (soos blaas, slaan, tokkel of vryf) laat die vibrasies begin. Die vibrasies beweeg van die instrument af deur die lug en ons hoor dit as klanke. Kyk na elkeen van die instrumente op hierdie bladsy. Watter deel van die instrument, dink jy, is die deel wat vibreer?

Trom: ____________________________________________________________

Driehoek: _________________________________________________________

Kwêlafluit: _________________________________________________________

Inheemse Afrika – Musiekinstrumente

Die Gwashi is ‘n gesnaarde instrument wat deur die Kung San gespeel word. Die speler tokkel die snare met sy vingers en sing saam.

Die mbila mutondo van die Vendamense is die enigste tradisionele marimba in Suid – Afrika. ‘n Marimba het houtbalkie wat elkeen verskil in lengte. Elke balkie maak ‘n ander noot wanneer dit geslaan word.

‘n Boog (ook bekend as ‘n Umqangala) is ‘n eenvoudige instrument wat van natuurlike materiaal gemaak word, soos stokke en senings van diere. Die boog word gespeel deur op die snaar te tokkel, tik of vryf. Soms word ‘n ronde houer aand die boog geheg om die klanke harder te maak.

Die Mbira (ook genoem ‘kalimba’, ‘Sansa’ or ‘dipela’) is ‘n klein hout instrument met metal sleutels. Die sleutels word met die duime getokkel. Dit kom van Zimbabwe maar word deur die Venda-, Tsonga- en Pedi-mense van Suid – Afrika gebruik.

Horings word reg deur Afrika as musiekinstrumente gebruik. Die horing word gespeel deur lug deur ‘n opening langs die kant te blaas. Horings is dikwels gebruik om mense na die koning se kraal te roep.

Musiek, sing en dans is belangrik vir al die mense in Afrika. Inheemse Afrika-musiekinstrumente is eerste in Afrika ontwerp, gemaak en gebruik. Baie hiervan word nogsteeds deur Afrika-gemeenskappe gebruik en sommige word nou ook in ander dele van die wêreld gebruik.

Elkeen van die instrumente maak sy eie unieke klank. Klank is die hoofuitset van energie van alle musiekinstrumente.

Party instrumente, soos tromme, word oral oor die wêreld aangetref, maar die onderwerp en materiaal wat gebruik word, verskil.

Aktiwiteit 4

1. Lees oor bogenoemde inheemse Afrika-instrumente en beantwoord die volgende vrae:

a) Watter van die instrumente het jy al gesien terwyl dit gespeel word?

___________________________________________________________________

b) Wat noem jy daardie instrument?

___________________________________________________________________

c) Watter soort klank maak dit?

___________________________________________________________________

2. Wat is die bewegingsinset van energie wat nodig is om elke instrument te laat werk? Besluit vir elkeen of dit ‘n blaas- , stryk-, of slaginstrument is.

A. Inset: ___________________

Tipe instrument? _____________________B. Inset:___________________

Tipe instrument?_____________________C. Inset:___________________

Tipe instrument?_____________________D. Inset:___________________

Tipe instrument?_____________________E. Inset:___________________

Tipe instrument?_____________________

3. Kies twee inheemse instrumente wat in Suid- Afrika gespeel word.

___________________________________________________________________

4. Vul die inligting wat jy ingesamel het oor die instrumente in.

Naam van Instrument 1 :

Naam van Instrument 2

Teken ‘n prentjie van die instrument.

Watter kultuurgroepe gebruik die instrument?

Is dit ‘n blaas-, stry- of slaginstrument?

Beskryf die klank wat die instrument maak.

Wanneer word die instrument gewoonlik gespeel?

10