31
Ons Kgalagadi en Namibië toer Feb. 2016. Woensdag 3 Feb. Dis 17h30 en ons drink ’n drankie en gesels oor ons komende reis wat Maandag 8 Februarie begin. Dis ’n twee dae rit Kgalagadi toe en ons vertrek Maandag die 8ste. Iets pla my oor die datum en ek gaan haal die besprekings vorm en netsowel. Ons eerste aand in die wildtuin is die 8ste en dus moet ons reeds Saterdag vertrek. Dis konsternasie; Ma kanselleer kunsklasse en ek moet vinnig begin organiseer om die kamp goed klaar te kry. Dis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om alles reg te kry. Maar gelukkig is daar niks groots om te doen nie en alles is teen Saterdagoggend reg en ons ry so om en by 8uur. Saterdag 6 Feb. Ons kamp op Nuwoudtville op ’n plaas wat kamp plekke het. Dis stil en rustig met net ons in die kamp. Ons het al voorheen op die dorp gekamp maar in ’n ander park. Die een is beslis heelwat beter. Die boer se vrou sê dis droog in die gebied en Loeriesfontein, ’n dorp omtrent 50km verder aan het geen water nie en daar word water van hulle plaas aangery soontoe. Loeriesfontein is natuurlik die gebied waar Gerda se ouers geboer het en ook waar sy en Gep getroud is. Sondag 7 Feb. Ons stop in Upington om voorrade te koop, veral groente, want dis gewoonlik maar skaars in die Kgalagadi. Dis ontsettend warm (37 grade) en binne die bakkie is die beste plek. Net buite die dorp sien ons ’n snaakse konstruksie en dit draai uit om ’n sonkrag stasie te wees wat in aanbou is. Dis die tipe waar spieëls gebruik word om die sonkrag te konsentreer en dan daarmee konvensionele krag op te wek. Beslis die regte plek om dit te doen; ek dink hier skyn die son seker byna altyd. Ek wil net buite die dorp in ’n natuurgebied kamp, maar Ma verkies om so 60km verder op ’n plaas te kamp waar ons al dikwels oorgebly het.

Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

  • Upload
    dotu

  • View
    233

  • Download
    4

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Ons Kgalagadi en Namibië toer Feb. 2016.

Woensdag 3 Feb.

Dis 17h30 en ons drink ’n drankie en gesels oor ons komende reis wat Maandag 8 Februarie begin. Dis ’n twee dae rit Kgalagadi toe en ons vertrek Maandag die 8ste. Iets pla my oor die datum en ek gaan haal die besprekings vorm en netsowel. Ons eerste aand in die wildtuin is die 8ste en dus moet ons reeds Saterdag vertrek. Dis konsternasie; Ma kanselleer kunsklasse en ek moet vinnig begin organiseer om die kamp goed klaar te kry. Dis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om alles reg te kry. Maar gelukkig is daar niks groots om te doen nie en alles is teen Saterdagoggend reg en ons ry so om en by 8uur.

Saterdag 6 Feb.

Ons kamp op Nuwoudtville op ’n plaas wat kamp plekke het. Dis stil en rustig met net ons in die kamp. Ons het al voorheen op die dorp gekamp maar in ’n ander park. Die een is beslis heelwat beter. Die boer se vrou sê dis droog in die gebied en Loeriesfontein, ’n dorp omtrent 50km verder aan het geen water nie en daar word water van hulle plaas aangery soontoe. Loeriesfontein is natuurlik die gebied waar Gerda se ouers geboer het en ook waar sy en Gep getroud is.

Sondag 7 Feb.

Ons stop in Upington om voorrade te koop, veral groente, want dis gewoonlik maar skaars in die Kgalagadi. Dis ontsettend warm (37 grade) en binne die bakkie is die beste plek. Net buite die dorp sien ons ’n snaakse konstruksie en dit draai uit om ’n sonkrag stasie te wees wat in aanbou is. Dis die tipe waar spieëls gebruik word om die sonkrag te konsentreer en dan daarmee konvensionele krag op te wek. Beslis die regte plek om dit te doen; ek dink hier skyn die son seker byna altyd.Ek wil net buite die dorp in ’n natuurgebied kamp, maar Ma verkies om so 60km verder op ’n plaas te kamp waar ons al dikwels oorgebly het. Daar gekom is daar niemand by die huis nie, maar na ’n ruk kom ’n swart man wat net Engels praat (ongewoon in die gebied – beide swart en Engels) en sê daar is niemand tuis nie, maar kan hy help. Toe hy hoor ons wil kamp sê hy dis nie moontlik nie, want alles is onder water as gevolg van swaar reëns wat so twee weke gelede geval het. Ek voel nie lus om terug te ry nie en hy sê daar is ’n moontlikheid dat ons op een plek kan kamp en hy bied aan om my te gaan wys met sy Quadbike. Ek kon byna nie my oë glo nie. Die kamp plekke is op die wal van ’n dam, maar ons het nog nooit eens die water gesien wanneer ons daar gekamp het nie en nou lyk dit soos ’n meer. Die kampplek is natterig maar ek besluit dis OK om te kamp en gaan haal die bakkie en treiler en ons sit kamp op. ’n Rukkie later kom ’n span manne aan om bietjie oop te kap waar die bome se takke te veel oorhang en gou lyk alles sommer beter. Hieronder is ’n foto; gewoonlik is daar niks anders as stof waar nou water is nie.

Page 2: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Maandag 8 Feb.

Ons ry deur na Twee Rivieren kamp in die Kgalagadi waar ons 3 aande geboek het. Soos gewoonlik kry ons goeie diens by die ontvangs en dis altyd lekker om te sien sommige goed werk nog goed in ons land. Die mense is vriendelik en hulpvaardig. Die kamp is oorgedoen sedert ons laas daar was en ons kry ’n heel goeie staanplek, gegewe dat die koeltebome maar ietwat skraps is. Dis warm en ons spandeer die res van die middag deur net lui te wees en rond te sit.Dinsdagoggend pak Ma ’n piekniekmandjie en ons gaan ry ’n lang ent. Dis duidelik daar was ook goeie reën maar die gras het nog nie regtig gegroei nie en die wild is skaars. Maar ons sien al die gewone goeters soos gemsbokke, springbokke, volstruise, wildebeeste ensovoorts. Geen roofdiere anders as arende, aasvoels en valke nie. Die paaie is sleg soos gewoonlik en ek bly bande afblaas om die ry makliker te maak. Dis stowwerig en warm.

Woensdag 10 Feb.

Ons besluit om ’n lui dag deur te bring en bietjie te rus na die baie ry. Ons het net klaar ontbyt geeet toe ek na die datum op my horlosie kyk en skielik besef dis die 10de en dat ons van die 10de in Nossop kamp geboek is. Ons sou oorspronklik 3 nagte gebly het maar daar was nie plek nie en toe moes ek dit verander na 2 nagte. Toe maar oppak en die 120km aanpak na Nossop toe. Dis ’n lang en warm ry met geen spesifieke opwinding nie. Met die vinnige plan verandering het Ma vergeet daar is nie selfoon opvangs in Nossop en Mata Mata nie en dus laat sy vir niemand weet daarvan nie. Later was daar bietjie

Page 3: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

konsternasie hieroor. Ons kry ’n goeie plek om kamp op te slaan met heelwat skadu en is verlig daaroor. Later praat ons oor Maritz-hulle se toer deur die VSA laaste jaar en beny hulle lugversorging in die karavaan. Dit sou darem baie welkom wees. Die temperatuur bly maar om en by 38 grade. Ons wil eintlik iets intik om na die blog te pos later maar dis net te warm. Die middag gaan swem ons en van toeword dit ’n daaglikse instelling om in die middag te gaan afkoel.

Springbokke soek bietjie koelte.

Page 4: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Bo is blouwildebeeste en onder ’n gompou.

Page 5: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

’n Skilpad (wat anders) en hartebees.

Blouwildebeeste, gompou, skilpad en hartebees. Die gompou is beslis die grootste vlieende voel in Afrika en dalk nog in die wêreld, maar ek kan dit nie waarborg nie. Ek is maar altyd bietjie skepties wanneer stellings gemaak van die grootste, hoogste ens.

Donderdag 11 Feb.

Gister was vermoeiend en ons neem dit weer rustig. Daar is in elk geval nie veel diere om te sien nie. Ons het wel leeus gehoor laaste nag maar nog niks gesien nie. Van die ander mense was meer gelukkig en het ’n paar gesien. Maar soos iemand gese het; dis nie ’n dieretuin die nie en die diere is nie in hokke nie. Soms is mens net gelukkig/ongelukkig.

Die vlieë pla en nadat ons ’n paar doodgeslaan het voer ek hulle vir die klein swart miertjies wat ’n nes langs die stoel het. Dis amper net so interessant as om na groot diere te kyk. ’n Enkele mier sal hom kry en dadelik probeer wegsleep. Later los hy hom en hardloop terug nes toe en kort daarna kom dosyne

Page 6: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

helpers en sleep hom weg. Sonder twyfel word daar gekommunikeer en hulp gevra om die fonds huis toe te bring. Dit laat mens wonder van waar ons mense onsself die reg toe eis om oor alles baas te speel asof ons die enigste denkendes is. Daar is beslis meer samewerking selfs onder die insekte. Dis die lekker van kamp en veral in die natuur reservate. ’n Mens is meer ingestel in wat om jou aangaan en selfs die klein diertjies trek jou aandag. En as dit nie diere of insekte is nie dan is dit plante wat jou aandag trek.

Vrydag 12 Feb.

Nadat ons gister niks gedoen het nie en die rusdag geneem het wat ons op Twee Rivieren sou geneem het, besluit ons op tot op die Noordelike grens van die Park te ry. Dis meer as 100km en word ‘Lands End’ genoem. Dis ’n hoek waar Namibia, Suid-Afrika en Botswana bymekaar kom. Ons was al voorheen daar en kan dit onthou as ’n mooi gebied.

So 10km Noord van Nossop kom ons by ’n watergat en daar is sowaar ’n pienk flamink. Dis natuurlik glad nie flamink gebied die nie en dis ’n raaisel hoekom dit daar is. Dit moes seker op trek gewees het saam met ’n swerm en toe moes iets gebeur het wat hom moes laat land. Alhoewel hy gesond lyk sal hy beslis jakkalskos word. Geen manier wat hy in die wêreld kan oorleef nie. Daar is geen kos vir hom om te eet nie.

Die pienk flamink – gaan beslis jakkalskos word.

Die stop plek by Lands End is ietwat verwaarloos en ons spandeer nie veel tyd daar nie. Dis 42 grade buite en binne die bakkie is al lafenis wat daar is. Op ’n bord is daar ’n kort geskiedenis van die omgewing en dit vertel van die inheemse mense wat in opstand gekom het teen die Duitsers wat toe in besit was van Duits Suidwes soos dit toe bekend was. Dit was voor die Eerste Wêreldoorlog en ’n afdeling Duitse troepe is gestuur om hulle ’n les te leer. Die uiteinde van die saak was dat al die Duitsers doodgeskiet/vermoor is en die mense het ontsnap Botswana toe. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog het Suid-Afrika die gebied binnegeval en die Duitsers tot oorgawe gedwing. Daarna is Suid-Afrika die reg

Page 7: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

gegee om dit te bestuur onder ’n mandaat van die Verenigde Nasies wat tot einde gekom het toe hulle onafhanklikheid gekry het na die uitgerekte oorlog in die sestig en sewentigerjare met die grensoorloe waarby Suid-Afrika betrokke was.

Die informasie bord by Lands End bo en onder maak ek seker die nommerplaat is vas genoeg die pad ‘corrugations’ die hoof te bied.

Terwyl ons aandete maak kom draai daar ’n paar motte rond, maar dis normaal en ons steur ons nie juis daaraan nie. Maar toe skielik vermenigvuldig hulle met baie faktore en daar is duisende van hulle. Dis die meeste wat beide van ons nog ooit gesien het. Ons skakel al die ligte af en dit help maar ook net tot op ’n punt. Niks anders as om maar net saam te leef nie.

Saterdag 13 Feb.

Ins vertrek vroeg na Mata Mata kamp. Dis ook omtrent 100km weg en ons ontbyt langs die pad. Maar voor ons wegry moet Ma die bakkie omry om die treiler te haak. Ons nuwe aluminium kappie het deure

Page 8: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

wat aan die kante ook oopmaak en as hulle oop is en ek wil die bakkie net skuif doen ek dit sonder om dit eers toe te maak. Ma doen dit toe ook maar kyk nie mooi nie en die oop deur haak aan ’n tak en buig die raamwerk, met die gevolg dat die deur toe nie meer wil toemaak nie. Nee, daar was geen spanning nie en ek het nie eens geraas nie. Dit het net beteken dat daar nou net twee keer meer stof sou inkom en dit was reeds so erg dat dit nie regtig saak gemaak het nie.

Mata Mata is vir ons die beste kamp in Kgalagadi en sedert ons laaste daar was, het hulle nuwe ablusie geriewe gebou en dis baie mooi en nuut. Ons kry weereens ’n goeie staanplek onde koelte bome en ten spyte van die hitte is die kamp gou in orde en ons kan ontspan met ’n bier. Hier is baie ‘ground squirrels’ en is altyd aan die bedel maar hulle kry niks van ons af nie, want daar word mooi gevra dat die diere nie gevoed moet word nie. Hier is ook ’n swembad en ons gaan voort met ons middag swem om af te koel. Dis ietwat koeler, so 34 grade en daar waai mooi wolke oor wat ’n belofte van reën inhou. Ons het besluit om die vier dae wat ons hier spandeer nie te veel te ry nie, want alhoewel die bakkie die beste plek is om te wees met lugversorging maak die slegte paaie mens gedaan. En die diere bly in elk geval weg so daar is nie veel om te sien nie. Dis heerlik rustig in die kamp.Ek besluit om die bak kappie te probeer regmaak sodat die deur weer kan toemaak. Met ’n tou wat ek tussen twee hoeke span en opwen kry ek hom weer perfek reg en dis ’n groot geluk want daar is nog baie slegte paaie wat voorle en dit sou meer skade aanrig as dit nie kon toemaak nie.

Primitief maar dit werk.

Page 9: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die ‘ground squirrel’ wat bedel. Sy waai haar voorpoot asof sy wil sê ‘gee my iets om te eet’.

Sondag 14 Feb.

Vanoggend dek Ma tafel vir ontbyt en dis gewoonlik my werk want sy maak dit. Daar word ’n rooi tafeldoek oorgegooi en ek wonder wat gaan nou aan en asof dit nou ’n nuwe gier gaan word van hier af. Maar toe sê sy ‘gelukkige Valentyne’ en dis eers toe dat ek wakker word en onthou. Sy het ook sjokelade in so ’n klein hartvormige blikkie maar ons kon dit nie eet nie, want dit was te pap gesmelt deur die hitte. Darem herstel nadat dit in die koelkas was.

Die heeldag bou die wolke op maar dan verdwyn dit weer. Dit sal heerlik wees as dit bietjie wou reën en lafenis bring.

Net soos in Nossop, is daar weer motte, maar die keer is daar miljoene van hulle. Oral waar daar ’n lig is, is dit soos ’n wolk. By die ablusie geriewe loop mens oor hulle en dit gaan ‘crunch crunch’. Ons kon geen vlermuise sien nie en het gewens daar was want dit sou ’n fees vir hulle wees. Maar miskien was hulle tog daar en het net in die bome gesit met oop monde sodat die motte self kon invlieg.

Page 10: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die duifie het ons aangeneem en was gedurig onder ons voete.

Maandag 15 Feb.

Teen laatmiddag is die wolke Noord van ons dik en blou en daar is so ’n paar lang blitse en gerommel, maar dis duidelik dit sal na die Ooste beweeg en ons mis. Nietemin maak ek die die tent se venster flappe toe net ingeval. En toe skielik begin die wind waai en die gerommel word erg donderweer. Oral begin kampstoele wegwaai en tente val plat. En dan begin dit reën soos emmers water. Dis weerlig en donderweer, water en wind. Ons een tentpen gee mee en ek moet die tenthoek vashou om te verhoed dit dit rondflap. Binne minute staan baie van die kampers in damme water waar voorheen net stof was. Maar net so vinnig dit begin het, net so gou is dit oor. Ek dink nie dit was meer as 15 minute nie, maar dit was baie reën. Oral is daar plasse water en op plekke is dit meer soos damme. Die mense langs ons was nie daar nie en ons kollekteer hulle goed wat weggewaai het. Almal help mekaar om weer orde te skep. Van die mense wat op pad was, het groot hael gekry maar die kamp is gespaar. Later het ons gehoor dat ’n nabygeleë tentkamp is byne heeltemal vernietig deur die wind. Vir ons Kapenaars is die soort weer geheel en al ongewoon en ek geniet altyd die donderweer en die harde reën. Wind het ons wel genoeg van.

Page 11: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die kamp langs ons na die storm.

Nog ’n dam waar kampers was en moes vlug.

Page 12: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Orals is groot takke afgebreek en het die pad vol gelê.

Woensdag 17 Feb.

Daar is ’n grenspos by Mata Mata en ons is vroeg deur na Namibia toe. Ons ry na Mariental toe waar ons wil opvul met voorrade. Die pad is goed en dis ’n maklike ry. Mariental is ’n mooi dorp en ’n groot Super Spar het alles wat ons nodig het en ons is gou weer op pad. Daar is ’n kamp genoemd ‘Oppikoppie’ so 10km buite die dorp wat volgens die internet baie goed is en ons mik soontoe. By die uitdraaipad lyk dit asof daar nooit iemand ry nie en daar is ook so ’n lendelam hek wat lanklaas herstel is. Die pad anderkant die hek lyk woes en ongery en volgens die GPS is dit 6km tot by die kamp, alhoewel Sally (die GPS dame) ook blykbaar nie seker is nie. Ons besluit om terug te gaan Mariental toe waar daar blykbaar ’n heel goeie karavaanpark binne die dorp is. Dit is toe ook so en alhoewel dit bietjie aandag nodig het, is dit heel goed alhoewel naby die hoofpad met baie voertuie wat die heelnag besig bly. Ons is die enigste in die park. Net so voor 8uur die aand gaan die krag af maar dit pla ons nie, want ons het alles wat ons nodig het om te doen wat ons wil.

Die volgende oggend terwyl ek besig is om te skeer in die badkamer kom daar ’n ander kamper in wat laat ingekom het met ’n mobiele karavaan en net by die ablusie blok gestaan het. Dis net langs die elektriese heining en onder sprei ligte. Hy is ontsteld en vertel my hy was aan die slaap toe hy hoor hoe iemand sy voorruit stukkend slaan. Twee swart mans kom toe die karavaan binne en skiet op hom; so naby was die pistool die kruit het sy wang gebrand. Hulle vat toe sy broek waarin sy beursie was en is weer terug deur die draad wat hulle deur geknip het. Dit was erg ontstellend vir ons ook want ons het byne op dieselfde plek gaan kamp waar hy gestaan het. Sy seun was reeds op pad van Roodepoort en sou teen die middag daar wees. Nie ’n lekker ervaring vir enigiemand nie.

Donderdag 18 Feb.

Page 13: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Dis ’n kort ry vandag; net ongeveer 120km na Dubisib Castle Suidwes van Mariental. Het al van die plek gehoor maar geen idee wat om te verwag nie. Dis toe ’n baie mooi kampplek en die rede vir die plek se bestaan ’n kasteel uit sandsteen gebou. Dis gebou in 1908 deur ’n Duitse Generaal en die ambagsmanne is ingevoer vanuit Italia om met die lokale klip (sandsteen) te werk. Die Namibiese Regering het die kasteel van die teenswoordige plaas eienaar gekoop en gerestoureer. Alles is baie mooi gedoen en die oorspronklike slaapkamers is omskep in slaapplek vir toeriste. As mens sien hoe vêr in die ‘wildernis’ die plek nog steeds is, kan jy net dink hoe dit was in die tyd toe dit gebou is. Dit moes dae en selfs weke geneem het om by die naaste ‘beskawing’ te kom. Die meubels is alles ingevoer vanaf Duitsland en moes honderde kilometers vanaf of Lüderitz of Walvisbaai kom. ’n Mens staan net verstom oor hoe groot sommige mense kon dink om so iets in die wildernes te doen.

Die binnehof van die kasteel. Die twee Jakaranda bome is blykbaar daar vanaf die kasteel se oorsprong.

Page 14: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die kasteel se ingang. Beslis nie wat mens sien in Duitsland self nie, maar gegewe waar dit gebou is, is dit iets spesiaal.

Ons kampplek by Dubisib.

Vrydag 19 Feb.

Page 15: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Vandag ry ons Lüderitz toe. Dis die een plek en ek dink die enigste dorp in Namibia waar ons nog nooit was nie. Omdat dit aan die Weskus lê wil ek ’n groot vars vis koop om te braai. Ons plan is om twee dae oor te bly.Die eerste gedeelte is grondpad, of beter gese stofpad en op plekke maar redelik stamperig. Die natuur is mooi met berge en groot vlaktes waardeur mens ry. Vanaf Aus, 126km van Lüderitz af is dit teerpad wat baie nuut en goed gemaak is. Maar die natuur verdwyn heeltemal en dit word woestyn. Dit lyk of hier niks kan leef nie.

Die pad tussen Aus en Lüderitz. Later word dit waaiende sand duine. Tog het ons ’n gemsbok hier gesien en ook wilde perde. Wat hulle eet en drink weet ons nie.

Lüderitz self is klein maar heel mooi. Ma merk gou dat daar geen verkeersligte is nie, alhoewel baie van die pad hobbels wat nou so geliefd geword het, selfs in Suid-Afrika, om die verkeer te ‘kalmeer’. Die karavaanpark is net sand en rotse met ’n redelike erg wind wat waai. Die kamp bestuurder is vriendelik en sê waar ons die meeste skuiling kan vind agter ’n klomp groot rotse. Hier is geen bome nie. Ons slaan kamp op en gaan ry deur die dorp. Ons wil graag op ’n toer gaan na ’n spesifike ou ‘spookdorp’ waar die ou diamant myne was. Ongelukkig is dit Vrydagmiddag en dit neem 2 tot 3 werksdae om ’n permit te bekom want dis nog in die verbode diamant gebied. Ons besluit ons sal môre na een net buite die dorp gaan waar mens net ’n ingangsfooi betaal.

Ons gaan ry ’n ent na ‘Diaz Point’ wat een van die ‘moet siens’ is. Dis seker 20km op slegte pad en uiteindelik niks besonders nie. Nietemin, ons het dit gesien.

Page 16: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

By Diaz point is die teken – die brug wat nog nie reg is nie is die volgende foto. Dit het ons laat dink aan ’n kennisgewing in ’n ‘community’ kamp waar ons jare gelede ook in Namibia gebly het. Daar was ’n ‘bar’ van riete gemaak met die kennisgewing ‘This bar is not open because it is closed’.

En die stukkende brug.

Ek doen navraag oor waar ek vars vis kan koop maar daar is nie so iets nie. Net gevrieste vis wat ek nie wil hê nie. Ek koop dit in die Kaap. Terug by die kamp waai die wind en ons besluit om by die restaurant op die ‘waterfront’ te gaan eet. Dis baie mooi gedoen en kyk uit oor die baai waar heelparty bote op

Page 17: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

anker lê. Ma eet haar gewone calamari wat goed is maar dis Duitse wêreld die en ek kry ’n eisbein. Eislik groot maar so droog dat dit mens wurg. Beslis die verkeerde keuse.

Ons kamp by Lüderitz.

Die ‘waterfront’ by Lüderitz.

Saterdag 20 Feb.

Die wind het die heelnag gewaai en ons besluit om nie nog ’n nag te bly nie. Ons het in elk geval byna alles gesien wat daar te siene is. Ons pak op en toe ons die tent se oortrek opsit wil die zip nie werk nie.

Page 18: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die ding lol al lankal en is ook redelik gedaan. Siende hoeveel keer ons al op- en afgeslaan het, is dit seker redelik dat hy nie meer so goed werk nie. Ek maak ’n plan met ’n paar nood vasbind bande en ons kan anary. Eers gaan ons by die ou myndorp net buite Lüderitz aan. Dis genaamd Kolmanskop en tesame met die ingangsprys van R80pp kry ons ook ’n begelyde toer. Dis interessant en fassinerend. Diamante is in 1908 per ongeluk ontdek terwyl prospekteerdes na goud en koper gesoek het. Hier naby Lüderitz is die Dorp Kolmaskop gestig om dit te ontgin. Al die kenners moes natuurlik ingebring word vanuit Europa en hulle is hier ’n weelde lewe gegee. Elke huis het elka dag ’n blok ys gekry van die ysfabriek om hulle drankies koel te hou. Ook elektriesiteit en ’n telefoon in elke huis. ’n Slaghuis, winkels en dies meer. Die werkers was almal lokale mense en het in die kampong gebly. Die diamante is van die grond opgetel deur die werkers wat op hulle maag gelê het en dan vorentoe gekruip het. So baie was daar dat hulle dit selfs in die nag onder maanskyn gedoen het. Die werkers het ’n twee jaar kontrak gehad en gedurende die tyd kon hulle nie van die gebied weggaan nie. Op verstryking van die kontrak is hulle in isolasie gehou en ’n purgeermiddel gegee. Die latrines het ’n sif gehad sodat alle ingeslukte diamante herwin kon word. Duidelik geen werkers unies nie.

Die myn se hoofkantoor op Kolmanskop. Binne was daar ’n groot saal waar opvoerings en danse gereel is.

Page 19: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die trein deur ses muile getrek en soos ’n bus deur die dorp gery het. Dis deur die inwoners gebruik om inkopies ens. te doen en ook onder andere om elke dag se blok ys af te lewer.

Page 20: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Van die huise is vol sand gewaai. Hierdie een kan nie gerestoureer word nie, want as die sand verwyder word sal dit inmekaartuimel.

Die ys fabriek. Hier is ys in blokke gemaak vir die inwoners. Die wit kassie is die koelkas in elke huis waarin die ysblok geplaas is. Langsaan was die slagtery wat koel gehou is van die ys fabriek af. Dis fasinerend om te sien ‘modern’ alles was. Dit het my veral getref want toe ek ’n kind was, het ons geen van die soort weelde gehad nie en dit was 30/40 jaar later. Wys jou net wat geld kan doen – veral as mens dit op die grond optel.

Ons ry aan en besluit om op Aus te kamp. Tussen Lüderitz en Aus is hulle besig met ’n nuwe spoorweg. Blykbaar wil hulle meer gebruik maak van Lüderitz se hawe vir invoere en uitvoere. Daar was daar altyd een wat ook in 1908/9 gebou is en toe net 10 maande geneem het om te voltooi. Die nuwe een is in 2009 begin en is nog nie klaar nie. Daar moet ’n les erens wees.

Op Aus is daar ’n mooi kampplek en ons is die enigste daar. Dis ’n mooi omgeweing en ons is omring met koppe. Daar gebeur toe ’n ding wat die res van my lewe ’n raaisel sal bly. Ek besluit om ons treiler waterkan vol te maak. Haal die prop af en sit dit langsaan neer. Ma is toevallig net met die emmer besig om vadoeke te was (ja, hulle stink natuurlik) en ek wag om dit te kry en maak dan die kan vol. En toe is die prop weg. Ons soek hoog en laag en ek loop in sirkels om die treiler maar dis weg. Ek pak die voorkas uit om te sien of dit dalk daar ingeval het maar niks. Voordat ons die volgende dag verder ry, stop ons eers buite die kampplek en soek weer versigtig – niks. Na ons by die huis gekom het, het ons die hele treiler en bakkie uitgepak en vir ’n keer van al die stof ontslae te raak, maar van die prop was daar geen teken nie. Daar was geen bobbejane of ape wat die ding kon gegryp het nie en ons was alleen in die kamp. Dit laat my aan spoke glo.

Page 21: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die kamp by Aus. Dis ‘versamel voëls’ wat almal in een nes woon met ’n kamer vir elkeen. Aangesien die waterkan prop drie maal groter is as een van hulle, kon dit nie ingesluk word nie.

’n Versamel voelnes. Dikwels breek die tak wanneer dit te swaar word. Waar daar nie bome is nie neem hulle ’n telefoonpaal oor.

Page 22: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Dieselfde nes van onder gesien, met elke afsonderlike nes. Dis interessant om hulle dop te hou. Daar is nerens om te land nie en hulle vlieg direk in- en uit die nes. Voorwaar akkurate navigasie.

Sondag 21 Feb.

Van Aus af ry ons via Rosh Pinah myn na ’n kampplek op die Noord oewer van die Oranje rivier. Ons kry ’n bonus want laaste het ons die pad gery toe Murray-hulle saam was Namibia toe, in 2010. Toe was dit ’n slegte grondpad maar nou is dit geteer. Op Rosh Pinah myn hulle zinc. Dis nie ’n groot plek nie, maar daar is ’n baie mooi Spar winkel en ons vul aan met bietjie groente en koeldrank. Dis net 100km van hier na ons kampplek vir die aand maar dit neem byna 5 ure. Meeste van die tyd op die oewer van die rivier

Page 23: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

maar ’n slegte pad, baie stof, draaie, bulte en berge.

Die foto is by die samevloei van die Vis- en Oranje rivier en is die enigste brug oor die pad. Maritz, Beu en Netta kan julle nog die ronde klippe en sand onthou toe ons die Visrivier vallei pad gestap het?

Ons laaste kamp in Namibia op die Noord oewer van die Oranje rivier. In die gebied word tafeldruiwe geplant en soos gewoonlik is dit “die grootste tafeldruiwe plase in die Suidelike Halfrond”. Soos reeds voorheen gese is ek maar altyd skepties oor sulke stellings.

Page 24: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Maandag 22 Feb.

Vanoggend maklik deur albei grensposte by Viljoensdrif en terug in Suid-Afrika. Dis gewoonlik lekker om weer ‘tuis’ te wees maar met die dat almal in Namibia Afrikaans praat en oorwegend vriendelik is, wat nie altyd die geval is in SA nie, voel ons eerder dat ons iets agtergelaat het. Op Springbok koop Ma net ’n paar eiers en ’n brood terwyl ek opvul met brandstof. Ons plan is om hiervandaan Suidwes af te draai en in Namakwaland Natuurreservaat te slaap. Jare tevore het ons die pad gery toe ons van Johannesburg gekom het om blomme te kyk. Dit was nog met die Mercedes 300 en alhoewel bergagtig was dit ’n maklike ry. Redelik gou kom ons agter daar moes goeie reën gewees het kort tevore want die spruite (riviere in die gebied) wys daar het baie water gevloei. Daar is twee bergpasse maar ons onthou hulle as maar mak. Wel, die reën het gesorg dat die ‘mak’ passe toe meer rof is. Plek-plek is daar diep slote uitgekalwe en ander plekke kolle diep sand gespoel. Dis eintlik nie te erg nie, maar Ma hanteer die soort pad nog nooit baie goed nie en is binnekort so gespanne soos ’n snaar. Teen die tyd dat ons weer op die vlaktes ry is sy uitgeput. So entjie van waar ons dink die aand se kampplek moet wees is daar ’n hek wat se dis nog 27km en net geskik vir 4x4 voertuie. Ons nuwe bakkie ia natuurlik nie 4x4 nie (dit was weer ek wat ‘slim’ was) en ek wil dit nie waag nie, dus besluit ons om aan te ry Kamieskroon toe – net 30km verder en weer op die hoofpad. Weliswaar is daar toe nog ’n bergpas om oor te gaan en teen die tyd dat ons in Kamieskroon kom het Ma genoeg gehad daarvan. Daar is twee kampplekke, een binne die ‘dorp’ se hotel en die ander net buite. Duie een buite is verlate en ons kamp in die agterplaas van die hotel. Eintlik nie sleg nie, maar beslis nie so goed soos ons vorige paar kampe nie. Later kom daar nog twee kampers aan; al twee jong meisies van so vroeë twintigs en ek merk op dis die enigste twee mooi en jong meisies wat ons vir die laaste weke gesien het. Ek kry die kyk van Ma. Hulle ry ’n CFM (Somerset Wes huur 4x4) en Ma doen navraag daaroor. Hulle is van Switserland en ’n Oom het ’n huis op die dorp en vandaar die voertuig vanaf Somerset-Wes wat hulle huur. Ek raak verlief op al twee.

Dinsdag 23 Feb.

Ons besluit om soos gewoonlik vir drie dae by Citrusdal se warm baddens te kamp en al die stof af te was. Maar daar is geen plek nie; net een staanplek oor en daar is min skaduwee. Die hele plek is vol ou ooms en tannies. Ons het al gehoor daar is ’n lekker kamp op Porterville in die berge en besluit daarop. Dis toe op ’n plaas en regtig mooi. Ons besluit eers om net een aand te bly maar dis toe so rustig ons bly twee aande. Dis ’n saaiplaas (koring) maar die boer het ook met bokke begin boer. Dis so ’n halwe boerbok en baie mooi. Glo die duurste vleis op die mark – duurder as skaap en bees. Ook laag in cholestorol en vergelyk in daai sin met volstruis.Daar is ’n standhoudende rivier met baie mooi watervalle. Ek gaan kyk na die tweede een en oorreed Ma om ook met die lere op te klim om dit te sien want dis iets spesiaal. Sy stem geredelik in en klim op met gesperde oë so groot soos pierings. Maar uiteindelik is sy bly omdat dit so mooi is. Met die afkink verander haar oë na sop borde.

Page 25: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Die tweede waterval met ’n ‘swempoel’ onder.

Die twee foto’s is spesifiek vir Keira geneem om te wys Oupa is nie bang vir yskoue water nie.

Page 26: Web viewDis natuurlik die eerste rit met die nuwe bakkie en daar moet nog ’n paar goed gedoen word om ... Daarna is Suid-Afrika die reg gegee om dit te bestuur onder

Donderdag 25 Feb.

Ons is terug by die huis na 4500km en ’n vol vrag stof. Ons besluit om alles uit te pak uit die treiler en alles weer ’n slag skoon te maak. Ons het dit nog nooit gedoen voorheen gedoen en dis beslis tyd. Daar is ook heelwat goedjies wat regmaak nodig het en dit sal alles gedoen word voor ons weer weggaan.

Terwyl ons gery het, het ek ’n toestel ontwerp in my kop om ’n hoër druk in die bakkie en treiler te handhaaf om sodoende die stof buite te hou. By die huis op die internet het ek gesoek van wat kommersieel beskikbaar is en kan dit of nie kry nie, of dis regtig nie beskikbaar nie. Dit lyk my al wat beskikbaar is, is net ‘scoops’ wat natuurlik net sal werk terwyl ’n sekere spoed gehandhaaf kan word. En oorwegend kom die stof in op slegte paaie waar baie stadig gery moet word. Dit moet ’n probleem regoor die wêreld wees en maak vir ’n groot potensiele mark. Weet iemand van so ’n produk reeds op die mark? Maritz en Johan, hoe is julle 3D (CAD) teken kennis. Ek kan julle die basiese idee laat kry en dan kan mens ’n prototipe op ’n 3D printer maak. Millions of bucks are waiting. Tot dan toe gaan ek ’n paar computer waaiers in beide die bakkie en die treiler installeer om die druk te kry. Een waaier verplaas net meer as ’n kubieke meter lug/minuut en gebruik slegs .07amp so krag is nie ’n probleem nie.

Die hele rit was net een dag kort van drie weke.

___________________________________