5
Bladsy 20 Die Pendoring Bladsy 1 Sestiende Jaargang, April 2010 Die Pendoring “Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My…” Mark. 9;37 Telefoon 051-451 1334 Faksnommer: 0865709785 E-pos: [email protected] CVO Dankbaar Posbus 17662 BAINSVLEI 9338 TWEE NUWE KLASKAMERS IN AANBOU D ie hoop stene het lank langs die skool gelê. Vir eendag, as ons geld het vir aanbou,…. Uiteindelik het “eendag” aangebreek. Ouers het eiehandig die terrein voorberei, die fonda- mente is gelê en die bouwerk het begin. Op die foto hou nuuskierige leerlinge die vordering dop terwyl van die ouers toesig hou oor die bou- werk . HOOFARTIKEL 2 BRIEWEBUS 3 BCVO SAKE 4 BOUWERK AAN KLASKAMERS 5 PERSONEELONDERHOUDE MET VIER NUWE PERSONEEL- LEDE 7 NUUS VAN OUD-LEERLINGE 10 KULTUURBEDRYWIGHEDE 12 SPORTNUUS, WAAR ATLETIEK DIE TONEEL OORHEERS 13 CLOCOLAN HOU SKOUDANKBAAR WAS DAAR 18 NETBALTOER NA ENGELAND 19 LEES BINNE

Pendoring April 2010cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/01/Pendoring-April-201… · kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die HOOFBERIG Die Pendoring skool en deur die

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Pendoring April 2010cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/01/Pendoring-April-201… · kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die HOOFBERIG Die Pendoring skool en deur die

Bladsy 20

D ie Pe ndor ing

Bladsy 1

Sest iende Jaargang , April 2010

Die Pendoring

“Elkeen wat een van sulke kindertjies ontvang in my Naam, ontvang My…” Mark. 9;37

Telefoon 051-451 1334

Faksnommer: 0865709785

E-pos:

[email protected]

CVO Dankbaar

Posbus 17662

BAINSVLEI

9338

TWEE NUWE KLASKAMERS IN

AANBOU

D ie hoop stene het lank langs die skool gelê.

Vir eendag, as ons geld het vir aanbou,….

Uiteindelik het “eendag” aangebreek. Ouers

het eiehandig die terrein voorberei, die fonda-

mente is gelê en die bouwerk het begin. Op die

foto hou nuuskierige leerlinge die vordering dop

terwyl van die ouers toesig hou oor die bou-

werk .

HOOFARTIKEL 2

BRIEWEBUS 3

BCVO SAKE 4

BOUWERK AAN KLASKAMERS 5

PERSONEEL— ONDERHOUDE

MET VIER NUWE PERSONEEL-

LEDE

7

NUUS VAN OUD-LEERLINGE 10

KULTUURBEDRYWIGHEDE 12

SPORTNUUS, WAAR ATLETIEK

DIE TONEEL OORHEERS

13

CLOCOLAN HOU SKOU—

DANKBAAR WAS DAAR

18

NETBALTOER NA ENGELAND 19

LEES BINNE

Page 2: Pendoring April 2010cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/01/Pendoring-April-201… · kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die HOOFBERIG Die Pendoring skool en deur die

Bladsy 2

nie, maar as die kind nie die regte voorbeeld by die huis

kry nie, is al die harde werk by die skool ‘n nuttelose

oefening. Die omgekeerde is natuurlik net so waar.

Kom ons as ouers en person-eel strewe daarna om altyd

en in alle omstandigede mekaar se hande te vat en

‘n navol-genswaardige voor-beeld vir ons kinders te

stel. Die BCVO se leuse is mos nie verniet “Ter wille

van ons kinders nie.”

O pvoeding en onder-rig is woorde wat

ons gereeld by die skool, om braaivleisvure en by

sportbyeenkomste hoor en ook self gebruik. Die

vraag is net of ons weet wat hierdie woorde bete-

ken? Opvoeding kan kort-weg omskryf word as

basiese goeie maniere en word by die ouerhuis aan

die kind oorgedra. On-derrig is om akademiese

kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die

HOOFBERIG

Die Pendoring

skool en deur die onder-

wyser gedoen. Dit is nie die skool se taak om die

opvoedingsrol te vervul nie, alhoewel onderrig

altyd ook met ‘n sekere

mate van opvoeding

gepaard gaan. Dis tog snaaks hoe hierdie twee

take oorvleuel en hoe die ouerhuis en die skool

moet hande vat om die beste in ons kinders na

vore te bring. Maak nie saak hoe hard onderwys-

ers by die skool probeer

D ie jaarlikse winter-skool vir matriku-

lante word weer vanjaar tydens die laaste week

van die komende skool-vakansie op Middelburg

aangebied. Ons skool is bevoorreg deurdat twee

van ons personeellede, naamlik mnr. Pieta Oost-

huizen (skoolhoof) en mev. Marietjie Wink

deur die direksie van die BCVO genooi is om van-

jaar die Afrikaans en Wiskunde aan te bied.

Baie geluk aan hierdie

twee onderwysers. Mag hulle daarin slaag om ‘n

betekenisvolle bydrae te lewer om ons matrieku-

lante optimaal voor te berei vir vanjaar se

eindeksamen.

Verder tree juffrou Marietjie ook op as eksa-

minator en juffrou Han-neke as moderator van

die Wiskunde se tweede vraestel tydens die stan-

daardiseringseksamen wat in Junie geskryf

word.

A braham Landman se harde werk tydens die

volkspele periodes by ons skool is nie pure verniet nie.

Tydens die volkspele keur-ing van 24 April is Meri

Cornelissen gekies om aan die Judith Pellissierweek

gedurende die Junie-vakansie deel te neem. Baie

geluk aan Meri en Abraham.

WINTERSKOOL VOLKSPELE-BROKKIE

Bladsy 19

eerste dag het ons al ‘n

ligte oefening gehad om

aan die klimaat gewoond

te raak.

Ons het vyf wedstryde

gespeel waarvan ons drie

gewen en twee verloor

het. Ons was ook bevoor-

reg om op 5 April ‘n baie

leersame oefenkamp

saam met die Engelse

afrigters by te woon.

N a ses maande van

strawwe oefen-

kampe het die tyd uitein-

delik aangebreek. ‘n Op-

gewonde toerspan het

mekaar op 31 Maart by

O R Tambo lughawe ont-

moet vir ons vertrek na

Heathrow.

Vir die eerste vyf nagte

het ons in Gatwick oorge-

bly in luukse vierster-

hotelle. Sommer op die

NETBALTOER NA ENGELAND- Anné Calitz

Sest i ende Jaargang, No .1

Anné Calitz, Mollie Earlé en Mariechen Martins het die NAVSFED toer na Engeland meegemaak

Daar was darem ook tyd om

die besienswaardighede te

besigtig. Die besoeke aan

die Tower of London, Big

Ben, Buckingham paleis, die

Oxford Universiteit met sy

idilliese atmosfeer en die

Brigthon Pier (‘n speelpark

in Brighton), was ‘n bele-

wenis. Ook Stratford upon

Avon, die geboorteplek van

William Shakespeare was

op ons lys en is ‘n moet vir

enigiemand wat Engeland

besoek.

Dit was voorwaar ‘n won-

derlike ervaring en elke

sent werd wat daaraan

bestee is!

(Lees gerus ook die brief

van die spanbestuurder in

die briewekolom – Red.)

EKSAAMINVLAATIRSEKSAAMINVLAATIRSEKSAAMINVLAATIRS Waarvoor staan die afkorting a.g.v? - A G Visser

Die trappe van vergelyking van laf —laf, verspot, lafste Waar koop ons groente? - By froet en wets

Page 3: Pendoring April 2010cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/01/Pendoring-April-201… · kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die HOOFBERIG Die Pendoring skool en deur die

Bladsy 18

Ses t i ende Jaargang, No .1

Clocolan hou Skou - Deur Lelanie Le Roux

Die toutrekkompetisie was groot pret!

C locolan het van 4 tot 7 Maart ‘n groot

ontploffing van stallet-jies, trekkers, mense en

nogmaals mense beleef. En natuurlik was CVO

Dankbaar daar! Sakkie Pieterse het aan die

trekkerresies, waarvoor Clocolan se Skou bekend

is, deelgeneem. Daar was ook boeresport,

volkspele en lekker kuier en gesels oor alles en nog

wat.

Die boeresport was ‘n

uitputtende oefening van sakresies, driebeen-

resies, eiergooi en toutrek. By die volkspele

het Mariechen, Cobus, Lelanie , Lynelle en Anné

hulle slag met die swaai en tiekiedraai gewys.

Daar was ook die groot

kaskar resies van die seuns teen die meisies.

Die seuns het natuurlik ver gewen, maar dis mos

wat jy kan verwag van ons manne van staal! Hier en

daar was daar egter ‘n

kaskar en sy bestuurder wat so nou en dan sommer

sonder rede in die bosse beland het.

Deel van die skou was die

biefstuk-ete waarvan die opbrengs vir ons

skoolfonds gegaan het. Die mooi bedrag van R15 000 is

ingesamel.

Die naweek van Clocolan skou was ‘n uitstekende

geleentheid. As dit van my afhang, maak ons volgende

jaar weer so.

Bladsy 3

Liewe Pendoring Ek is die “nuwe

koshuistannie” en moet sorg

dat julle liggaamlik nie hongerly nie Het julle geweet dat hongersnood ook van toepassing gemaak kan word op hongerte van die gees?

Die gebrek aan geestelike voedsel sal net so seker jou dood veroorsaak as wat hongersnood jou liggam kan doodmaak. Om ons geestelike lewe te voed, het ons die Woord van God

ontvang. Bestudeer jou Bybel en word gevul en versadig. Deel dan die goeie nuus met ander wat geestelik onder die broodlyn lewe. Dit is ons elkeen wat die Weg ken, se plig.

Net so ietsie omtrent myself: Ek kom oorspronklik van die Weskus af — Yzerfontein om

presies te wees — daar waar die seewater yskoud, maar wondermooi is. Ek is lief vir lees, musiek, diere, alles wat mooi is in die natuur, en geniet dit om kos te maak. Ek is getroud met

Albert, wat my liefde vir die bogenoemde deel. Ons is bevoorreg om deel te wees van hierdie volkseie omgewing en vertrou dat die jaar vir ons alles wat mooi, goed en suksesvol is, sal inhou. Sou afdraende dae voorkom, sal ons dit met Jesus se hulp hanteer. Groete en sterkte aan almal. Sonja Fincham

Juffrou Karin groet

Thabazimbi – Ek wil graag aan elke leerling, ouer en

onderwyser baie dankie sê dat julle die afgelope drie

jaar deel van my lewe by

S es t ien d e Ja a r g a n g , N o .1

briewebus Ons nuwe koshuis-tannie skryf:

Baie welkom by ons en

dankie vir die lekker kos wat ons elke dag kan ge-

niet. ( Brief verkort) - Red.

Dankbaar was. Dit was vir my ‘n voorreg en plesier

om met Dankbaar se leer-linge te werk. Ek gaan

julle baie mis.

Dit was ‘n baie skielike

besluit en ek kon ongeluk-

kig nie almal groet nie. Hiermee groet ek dan en

beloof om by die skool te kom inloer as ons in Bloem-

fontein kom kuier.

Baie sterkte met al die harde werk wat elkeen

doen, sterkte ook aan die matrieks met die laaste

paar maande wat vir julle oor is. Mag die Here almal

wat betrokke is by CVO Skool Dankbaar se

handewerk seën.

Bosveld groete Juf Karin

Juffou Karin, jy het diep

spore hier getrap en baie

plekke volgestaan. Ons mis

jou, maar ons glo dat jy in jou

nuwe werkkring dieselfde

impak sal maak.

Vervolg op bladsy 5

Page 4: Pendoring April 2010cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/01/Pendoring-April-201… · kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die HOOFBERIG Die Pendoring skool en deur die

Bladsy 4

eksamen. Ons was uiters

tevrede met die verloop

van die eksamen en nie ’n

enkele probleem is gerap-

porteer tydens die af-

neem van die eksamen

nie. Die merkwerk het

ook baie goed verloop en

die rou punte was vroeg

reeds gereed. Net hier

het ons toe bietjie van ’n

wind gesluk met die sta-

tistiese aanpassing van

die punte. Dit het daar-

toe gelei dat die punte

eers laat op die 7de Janu-

arie beskikbaar gestel

was. Ons vra weereens

om verskoning vir die

oponthoud!

Vir 2010 fokus ons ern-

stig op die ontwikkeling

van materiaal vir die

BCVO leergange. Die

leergang beraad wat net

voor die onderrigberaad

gehou is, het baie goeie

resultate gelewer. Die

leergange word nou by-

gewerk met hierdie in-

sette en sal binnekort

beskikbaar wees as amp-

t e l i k e B C V O d o -

kumente. Hierdie sal dan

as basis dien vir verdere

verbeterings aan ons leer-

materiaal.

Ons hoop is dat die CVO

beweging in die Vrystaat

hierdie jaar net so geil sal

groei soos die gras na die

goeie reëns!

Hier by ons was dit die

geval van die een se dood

is die ander se brood met

die besluit van Boet en

Ricky Groenewald om

weer te gaan skoolhou by

CVO Louis Trichard. Dit

het ’n reuseleemte by die

kantoor gelaat, aangesien

die som van hulle individu-

ele bydraes baie meer as

twee gegee het. Na wye

advertensies, ’n groot

a a n t a l a a n s o e k e

en verskeie onderhoude,

het ons Mev. Lucia van

Wyk, ’n gesoute CVO ouer

en BCVO personeellid,

aangestel as Hoof Uit-

voerende Beampte.

Sekerlik die hoogtepunt

die afgelope paar maande

is die suksesvolle verloop

van die OAER se NSS

Die Pendoring

BCVO-AANGELEENTHEDE - Japie Grant

S oos by talle, indien nie alle, CVO skole,

word die bestuur van die BCVO ook

voortdurend uitgedaag om te reageer op vinnig

veranderende omstandighede

Bladsy 17

Sest i ende Jaargang, No .1

“No race can prosper till it learns there is as much dignity in tilling a field as in writing a poem”

Bogenoemde waarheid het my geliefde vader, Roelof Petrus Martins, 15 jaar gelede op ‘n klein notapapiertjie geskryf en vir my gegee.

Mariechen Nigrini

p/a Martins

Prokureurs, Notarisse en Transportbesorgers Huis Maria

Sewendestraat nr 3 Bloemfontein

RSA

Page 5: Pendoring April 2010cvodankbaar.co.za/wp-content/uploads/2011/01/Pendoring-April-201… · kennis aan die kind oor te dra. Dit word by die HOOFBERIG Die Pendoring skool en deur die

Bladsy 16

Ses t i ende Jaargang, No .1

N a ‘n hele paar SA

byeenkomste op

Ruimsig atletiekstadion in

Roodepoort, was vanjaar se

SA’s in die hartjie van die

Vrystaat op die Vodacom

stadion in Bloemfontein.

BCVO SA Atletiekkampioenskappe 26 –27 Maart

Anné Calits, Reynard de Viliiers, Dirkie Venter en Dirk van Niekerk(agter), het eerste plekke by die byeenkoms behaal .

REYNARD DE VILLIERS

ATLETIEK (WENNER)

Reynard is ‘n natuurlike

atleet met baie talent wat

vanjaar die wêreld aan die

brand gehardloop het. Sy atletiekprestasies het

vanjaar met rasse skrede verbeter en hy het drie

eerste plekke in die 0/14 ouderdomsgroep tydens

vanjaar se SA atletiekby-eenkoms in Bloemfontein

behaal, naamlik 100m in 12,1 sekondes, 200m in

26,2 sekondes en spies-gooi met ‘n afstand van

32,52 meter. Beslis ie-mand van wie ons in die

toekoms nog baie gaan hoor. Hy ontvang dan ook

die trofee vir Sportman van die Kwartaal van Radio

Rosestad. ANNE CALITZ ATLETIEK

Anne is ‘n atleet met baie

potensiaal wat dit nog ver

gaan bring in atle-tiek. Haar toegewydheid

en hardwerkendheid is vanjaar dan ook met goeie

prestasies beloon. Tydens vanjaar se SA atletiekby-

eenkoms in Bloemfontein het sy ‘n eerste plek in die

400m vir dogters 0/17 behaal en twee derde

plekke in die 100 en 200 meter.

DIRKIE VENTER ATLE-

TIEK

Dirkie kan in die toekoms

kwalifiseer vir deelname aan die ysterman kompe-

tisie. Hy presteer in baan en velditems. Dirkie het

tydens vanjaar se SA by-eenkoms aangetree vir die

100 en 150 meter finale en ook ‘n baie goeie eerste

plek in die gewigstoot vir seuns 0/12 behaal met ‘n

wenafstand van 8,55 me-ter.

Dirkie van Nierkerk was die wenner van die

3000 m vir seuns O19. Die puik prestasies van

van die ander drie wen-ners, naamlik Dirkie

Venter, Anné Calitz en

Reynard de Villiers word in meer besonderhede

uitgelig in die berig hier onder.

RADIO ROSESTAD SPORTSTER VAN DIE KWARTAAL

Bladsy 5

S es t ien d e Ja a r g a n g , N o .1

Netbalspeelsters blink

uit in Engeland

H iermee wil ek graag

terugvoering gee van die afgelope toer na

Engeland waarvan u skool se dogters deel was. Dit

was ‘n baie geslaagde

toer.

Dit is ook vir my aan-

genaam om u mee te deel

dat Molly Earle vir die Akademie span gekies is.

Sy is ook as onderkaptein van die 2de 0/17 span

aangewys. Die Akademie span het teen ‘n County

Akademie span gespeel en ons het 9-6 gewen.

Anné Calitz het ook die trofee vir die beste vor-

dering van die 0/17 ont-vang van 1 Oktober ver-

lede jaar tot nou met die

einde van die toer. U skool se dogters het

hulle as van die voorste spelers gedra en as ware

ambassadeurs opgetree. Baie geluk Sanet Pohl

Toerbestuurder

(Brief verkort. Lees ook Anné Calitz se indrukke van die toer op p.19 - Red.)

Briewebus / vervolg van bladsy 3

Kuier-bome wyk voor stootskraper — Cobus Venter

Ons eerste gedagte was: “Wat van die bome?” Maar

vir oom Koos Marx van Marx Vervoer en sy groot

CAT Front Loader was dit sommer kinderspeletjies.

Nog voor die val van die

eerste boom was al wat kind is voor die kantoor

met selfone om foto’s te

neem.

Tjoef tjaf het die geel

monster die vier denne-bome uitgehaal en was die

terrein reg vir fondasies grawe.

Op Vrydag 12 Februarie het die eerste pik die

grond getref. Man en muis het gehelp. ‘n Week

of twee later is die fonda-mente gegooi en die bou-

werk kon begin.

Ons hoop ons kan binne-kort die deure oopsluit!

Dinge lyk voorwaar be-lowend as ons kyk na die onlangse foto van die bouery hier onder—Red

V roeg die week van 7—13 Februarie was die nuus uit: daar gaan klaskamers

aangebou word voor die kantoor—daar waar die mammas altyd Maandae so lekker staan en kuier onder die bome!