17
1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste leer by die jeug. Liza Bohlman maak belangstellendes touwys oor die gebruik van sosiale media. Drie jonger lede van Landbouskrywers SA, Marieke Snyman, Liza Bohlman en Marike Brits het onlangs ander lede en belangstellendes touwys gemaak oor die gebruik van sosiale media in hulle doen en late as landboumedia. Daar is gesels oor hashtags, mentions, links en nog wat! Die belangrikste boodskap wat gedeel is, is dat landboujoernaliste verantwoordelik op sosiale media moet rondbeweeg en deurgaans die effek van hulle plasings op die beeld van landbou ingedagte hou. Die groep het lekker gesels oor wat presies die rol van ‘n joernalis op publieke sosiale media platforms is en hoe dié platforms die rol van die media verander.

Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

1

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

April 2018

Ervare landboujoernaliste leer by die jeug.

Liza Bohlman maak belangstellendes touwys oor die gebruik van sosiale media.

Drie jonger lede van Landbouskrywers SA, Marieke Snyman, Liza Bohlman en Marike Brits het onlangs ander lede en belangstellendes touwys gemaak oor die gebruik van sosiale media in hulle doen en late as landboumedia. Daar is gesels oor hashtags, mentions, links en nog wat!

Die belangrikste boodskap wat gedeel is, is dat landboujoernaliste verantwoordelik

op sosiale media moet rondbeweeg en deurgaans die effek van hulle plasings op die beeld van landbou ingedagte hou.

Die groep het lekker gesels oor wat presies die rol van ‘n joernalis op publieke sosiale media platforms is en hoe dié platforms die rol van die media verander.

Page 2: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

2

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

The date of the 2018 Agricultural Writers SA Farmer, Agriculturist

and New Entrant into Commercial Agriculture has been moved a week

onwards and will now be on Friday, 16 November 2018

at Anura in the Western Cape.

The annual meeting for members of the Agricultural Writers SA,

will now be on Saturday morning17 November 2018.

Die datum van ons 2018 Landbouskrywers SA se Boer,

Landboukundige en Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou skuif ‘n week

aan en sal nou gehou word op Vrydag, 16 November 2018 by Anura in die Wes-Kaap.

Die jaarvergadering vir lede van

Landbouskrywers SA sal dan plaasvind op Saterdagoggend

17 November 2018.

IMPORTANTNOTICE

BELANGRIKE KENNISGEWING

Agbiz kuier op GrootplaasIn 20 April 2018 se Grootplaas kuier twee kenners van Agbiz saam met Elsa

Esterhuizen in die ateljee. Mariana Purnell van Agbiz Grain gesels oor koringteling, en hoe die bedryf saamwerk om die produksie van hierdie gewas in Suid-Afrika momentum te gee.Daarna gee dr John Purchase ‘n bietjie perspektief oor die huidige plantseisoen en wat rolspelers van die opkomende oes verwag. Hy werp ook meer lig op die droogte in die Wes-Kaap en wat dit vir die koringbedryf kan beteken.

LEDE-nuus

Page 3: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

3

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Hierdie kalf het tydens Lichtenburg se landbouskou egter elke keer na die spieël geloop en “homself” natgelek wanneer Charl vir hom die spieël gewys het sodat Wayne Southwood, ‘n

vryskutfotograaf, ‘n foto kon neem, tot groot vermaak van almal wat die petalje dopgehou het.

(Foto: Wayne Southwood)

Skouwerk is nie altyd net harde werk vir landboufotograwe nie!

Skouwerk is nie altyd net harde werk vir landboufotograwe wat die skoukampioene afneem nie. Hulle het dikwels ook pret. Charl van Rooyen van Landbouweekblad

maak hier sports met ‘n Brahmankalf. Wanneer ‘n skoudier afgeneem word, moet sy ore na vore wys om hom ten beste te laat vertoon. Wanneer hy homself in ‘n spieël sien, het dit gewoonlik die nodige resultate.

Landbouskrywers SA gaan eersdaags ‘n geleentheid reél waar Charl ander fotograwe in die fynere kunsies van skoufotografie gaan touwys maak.

LEDE-nuus

Page 4: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

4

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Jun Agbiz Congress

7-8 June 2018

May Sansor Congress

9-11 May 2018 in Pretoria

May Nampo

15 to 18 May 2018 at Nampo ParkThree Sheep Courses in 2018The Veeplaas Intensive Sheep productions course, a partnership between Plaas Media (Veeplaas and Stockfarm), Mamre Dormers and the Faculty of Agriculture of the University of the Free State will present three courses during 2018. During the course the focus will be on the four factor plan and will include facilities, health, nutrition and financnial aspects. For more information please visit www.agriorbit.com

July

Jun

e A

pril Sheep Course

10-12 April, Bloemfontein

Sheep Course31-01 June, Royal Show, Pietermaritzburgh, Kwa-Zulu Natal

Sheep Course18-19 July, Port Elizabeth, Eastern Cape

Sep

t ALFA 201818 tot 20 September 2018, Afridome, Paryswww.alfaexpo.com

Aug

Produce Marketing Association Fresh Connections Conference and Trade Show, CSIR 15-16 Aug

Oct

Agricultural Writers SA North – Farmer of the Year awards event19 October

Nov

2018 Agricultural Writers SA Farmer, Agriculturist and New Entrant into Commercial Agriculture16 November

2018 Landbouskrywers SA se Boer, Landboukundige en Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou16 November

Nov

The annual meeting for members of the Agricultural Writers SAat Anura in the Western Cape.17 November 2018

Die jaarvergadering vir lede van Landbouskrywers SA by Anura in die Wes-Kaap. 17 November 2018

15 18to

10 12to

18 20to

15 16to

31 01to

18 19to

9 11to

7 8&

ImportantDATES

19

16

17

Page 5: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

5

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Monsanto South Africa this week celebrated an important milestone with the opening of its state of the art Plant Health Pathology laboratory at its maize breeding and research facility at Petit, reinforcing the company’s commitment to bring better products to farmers.

“As a leading global provider of technology-based solutions and agricultural products that aim to improve farm productivity and food quality, Monsanto remains focused on enabling both small-holder and large-scale farmers to produce more from their land while conserving more of our world’s natural resources such as water and energy.”

At this facility we will provide plant disease diagnosis, consultancy and testing services not only to our research team, but also to our TD, Seed production and commercial teams. This new laboratory supported by field testing, will enable us to analyse and interpret a vast range of diseases providing our clients with relevant and practical solutions for maize plant health issues.

“Monsanto has always strived to provide the best possible

products to farmers to improve on-farm productivity and this

is a major step forward to achieving our sustainability goals in Africa” said Kobus

Steenekamp, Commercial Lead for Monsanto in South Africa.

Monsanto opens Plant Health Pathology

From left to right: Cheusi Mutawila, Asia Africa Plant Health Pathology Lead.

Loren Trimble, Monsanto Africa Research and Development Lead.

Kobus Steenekamp, Monsanto SA Commercial Lead

Page 6: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

6

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

They pathology team will focus on the monitoring and assessments of major diseases on the continent, developing pertinent reaction plans, and pro-active breeding initiatives.

The services at the laboratory will include:

• The identification and diagnosis of plant diseases on maize

• Disease control advice

• Disease assessment for fungicide trials evaluating chemical and biocontrol products

• Seed testing for plant pathogens

• Site visits and consultancy

• Planning and conducting maize crop disease surveys

• Research projects on maize plant diseases

• Advise to the seed and production research as well as our seed production teams

• Advise to the sales and marketing teams regarding product placement

“The opening of the new Plant Health lab is a huge milestone

for Africa maize breeding. This world class new facility should

enable us to further improve our DEKALB product portfolio and deliver more value to our farmer

customers,” Cheusi Mutawila, Asia Africa Plant Health

Pathology Lead.

EnquiriesMagda du Toit

Corporate Engagement and Communication Manager

Monsanto South Africa Mobile: 27 82 388 0187

Tel: 27 11 790 8254 Office fax: 27 11 790 8362

From left to right: Cheusi Mutawila, Asia Africa Plant Health Pathology Lead. Loren Trimble, Monsanto Africa Research and Development Lead. Kobus Steenekamp, Monsanto

SA Commercial Lead

“It is really exciting to be part of the team and to open our new Plant Health Pathology Laboratory.

For many years the team has worked really hard to improve the quality of our hybrids and with this new facility, our products will continue to deliver success to our customers into the future,” says Loren Trimble Monsanto SA Research and Development Lead.

The facility took 8 months to complete and what is remarkable is that during that entire time, not one incident pertaining to safety was reported.

Page 7: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

7

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

NUUSvan dieindustrie

NEWSfrom theindustry

SkaapskoolAs ons vandag terugkyk na die afhandeling van ’n suksesvolle

derde Intensiewe Skaapskool, is dit duidelik dat groot veranderinge

in die skaapbedryf plaasgevind het sedert die eerste Skaapskool in 2016.

So sê Manie en dr Karin Wessels van die plaas Mamre in die Frankfort-distrik. Die projekplan van hul intensiewe, versnelde lamstelsel, die Mamre Intensiewe Lamstelsel (MILS), vorm die grondslag van die jaarlikse Intensiewe Skaapskool.

Die derde Veeplaas Intensiewe Skaap-produksieskool was volgens almal betrokke ‘n groot sukses en daar word uitgesien na nog skole by die Royal-skou in Pietermaritzburg, Port Elizabeth en op Bredasdorp in die Suid-Kaap tydens die nuwe Nampo Kaap. Besoek www.agriorbit.com vir meer inligting.

2018 Santam Agriculture

National Silage Competition

The process of sampling has started for the 2018 Santam Agriculture National Silage Competition. The team has taken to the road and started with visits to participating farms in the Western Cape.

Evan Macdonald from Bloemfontein and Kobie van der Walt from Noupoort, both Msc Animal Nutrition students at the University of the Free State, is off on a road trip in a swanky Hilux supplied by NTT Toyota Barberton to get the job done. Follow the hashtag #kuilvoerkoning on social media to stay up to date with the progress of the competition.

Die bekende dr Faffa Malan staan hier tussen Cherine Rabie en Anette Bosman by

die skaapskool.

Page 8: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

8

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Boere ontdek nuwe waters ‘n Klomp boere en ander rolspelers in landbou het onlangs nuwe waters ontdek toe hulle aanboord die MSC Sinfonia gegaan het vir die Laeveld Agrochem

SeilSafari.

Dit was ‘n eerste van sy soort boeredag op water en het werklik ‘n uitstekende geleentheid gebied vir onstpan, baie nuwe dinge leer en goeie verhoudings bou. Die gees op die boot was werklik unieke en het die perfekte platform geskep vir lekker gesprekke oor landbou en die uitruil van ervarings in die bedryf.

Wat opmerklik was, was dat ‘n opbouende en positiewe aanslag deur die bank die norm was en dat elke inligtingsessie ook vanuit so ‘n hoek aangepak word. Volgens Dries Duvenhage, ‘n pekkanneut-boer van Hartswater wat die reis meegemaak het, was dit ‘n ongelooflike ervaring. “Dit was anders as enige ander tipe bootreis, want ons het nie net hard gespeel nie maar ook hard gewerk. Laeveld het ‘n baie vole n goeie program aangebied. Dit was werklik op so ‘n vlak dat jy dit nie kan mis nie. Ek as boer het wonderlike pitkos en kennis op die reis versamel.”

BROKKIES

“Dit was anders as enige ander tipe bootreis, want

ons het nie net hard gespeel nie maar ook hard gewerk. Laeveld het ‘n baie vole n goeie

program aangebied. Dit was werklik op so ‘n vlak dat jy dit nie

kan mis nie. Ek as boer het wonderlike pitkos en kennis op die reis

versamel.”

Page 9: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

9

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Following the successful launch of The Dairy Mail Stewardship Awards in 2017, interested persons are now invited to submit nominations for 2018.The goal of the competition, in line with the strategic vision of the Milk Producers’ Organisation (MPO) – sustainable dairy farming for all – is recognising and rewarding good stewardship among South African dairy farmers.

Stewardship may be defined, in simple terms, as the careful and responsible management of the resources entrusted to our care. So, if anyone involved in the dairy industry knows of a dairy farmer who is the epitome of a good steward of a dairy farm, nominate him or her for the second annual The Dairy Mail Stewardship Awards competition which identifies outstanding stewards.

This award recognises dairy farmers who excel in all three areas of stewardship: social and environmental stewardship as well as profitability. However, it can also help to determine where farmers stand at present in respect of certain stewardship indicators, such as water use, where there is room for improvement, and can indicate what needs to be done and how to measure progress. In this way we are enabling farmers to achieve sustained improvement for their own benefit and the benefit of the dairy industry.

Good stewards of the land, animals and humans.The farmers who are nominated must excel in at least one of the following areas:

• Is he or she a good steward of the land? • Is he or she producing milk that is

healthy, wholesome and safe to drink? • Are the animals and humans on the

farm well cared for and treated with consideration?

• Is the farmer running a profitable dairy enterprise?

An adapted version of an American system in judging the stewardship awards was developed in 2010 as the American dairy industry’s first attempt to measure their impact at social and environmental levels as well as profitability. This system was taken as the foundation, and adapted in order to measure stewardship reliably in the South African context. We call this the MPO 3P Metric, because the MPO’s strategic vision – sustainable dairy farming for everyone – is built on the “three P’s”: people, planet, and profitability.

Entries should be submitted by email before 30 May and judging will take place on the farms during July and August. The winner will be announced at the national MPO gala dinner in September.

Nominate a dairy farmer for the 2018 stewardship awards

Page 10: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

10

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Altesaam ses plaasaanvalle is al in 2018 in die Vrystaat voorkom danksy goeie samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en landelike gemeenskappe. Dit is volgens die VKB VL Veiligheidslessenaar se inligting en beklemtoon die rol wat dit speel om landelike veiligheid te bevorder.

Veiligheid is ’n groot uitdaging vir die landbousektor, en dié lessenaar verbeter dit op ’n interne én eksterne vlak tot voordeel van landbouers.

Die bydrae wat VKB as vennoot van Vrystaat Landbou (VL) daartoe maak, is belangrik om ’n diens aan VL se lede te verskaf. Dié landbou-onderneming hou jaarliks ’n VKB Plaasveiligheid-gholfdag in Clarens om geld hiervoor in te samel.

Vanjaar se VKB-bydrae tot die lessenaar, wat op 19 April 2018 ingesamel is, is R610 000 en R190 000 meer as in 2017. Die gholfdag

word alreeds die afgelope vyf jaar aangebied. Altesaam 40 spanne het deelgeneem en meegeding om pryse ter waarde van sowat R80 000.

Verbetering van veiligheid“Ons is dankbaar vir die bydrae en pad wat ons met VKB kan stap om die VKB VL Veiligheidslessenaar doeltreffend te maak,” sê Gerhard Kriel, hoof uitvoerende beampte van VL. “Dit help ons om ’n diens aan ons lede te verskaf en hul veiligheid te verbeter. Dankie ook aan elkeen wat aan die gholfdag deelgeneem het. Julle maak ’n verskil tot voordeel van landbouers, wat kos op jul tafels sit. Ons moedig ander mense aan om ook deel van die Vriende van Vrystaat Landbou-ondersteuningsnetwerk te word.”

“Dit is vir VKB ’n groot voorreg om by te dra tot die taak van Vrystaat Landbou en die lessenaar,” sê Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur van die VKB-groep. “Landbouprodusente en hul werknemers speel ’n enorme rol in

Gholfdag ten bate van plaasveiligheid

Page 11: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

11

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

die welvaart van ons maatskappy en land. Ten einde voedselsekerheid te verseker, is dit ons plig om na die welstand van ons streek se landbouprodusente en hul personeel om te sien. Boonop is die gholfdag ook die ideale geleentheid om met ander bydraers tot die landboubedryf en die groter ekonomie te skakel.”

Tweeledige doel van

lessenaarVolgens dr Jane Buys, veiligheidsrisiko-analis van VL, het die lessenaar ’n tweeledige doel. Eerstens is dit om interne veiligheidstrukture op die grondvlak te bemagtig en uit te brei om misdaad en veiligheid voorkomend te beveg.

Die ander funksie is ekstern om skakeling met alle rolspelers, waarvan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die hoofrolspeler is, binne die Landelike Beveiligingstrategie (LBS) uit te brei.

“Alle doelwitte van die VKB VL Veiligheids-lessenaar is gefokus op ’n pro-aktiewe benadering,” sê sy. “Misdaad moet pro-aktief voorkom word, veral ernstige geweldsmisdade, wat plaasaanvalle insluit.”

Dit word gedoen deur byvoorbeeld opleiding-sessies oor grondbesettings, noodweer, siviele arrestasies, veediefstal en dienslewering wat deur die SAPD vir landbouers aangebied word. Die lessenaar vergader ook gereeld met plaaslike en provinsiale veiligheidstrukture, asook die SAPD se topbestuur.

Statistiek help misdaad voorkom

Die lessenaar verskaf waardevolle inligting oor plaasaanvalle en help om patrone uit te wys wat aangewend word om misdade te voorkom.

Daarvolgens het plaasaanvalle in die Vrystaat in die eerste kwartaal van 2018 afgeneem. Altesaam nege plaasaanvalle het tussen Januarie en Maart 2018 plaasgevind. Tydens dieselfde tydperk in 2017 is 16 aanvalle aangeteken.

Vyf van die aanvalle vanjaar was op produsente en opkomende boere, terwyl vier op werkers was.

VKB het onlangs sy vyfde Plaasveiligheid-gholfdag in Clarens aangebied om geld vir die VKB VL Veiligheidslessenaar in te samel. Van links is Paul Carshagen, voorsitter van

die VKB-direksie, Dirk Viljoen, voorsitter van die Landelike Veiligheidskomitee by Vrystaat Landbou (VL), dr Jane Buys,

Veiligheidsrisiko-analis by VL, Gerhard Kriel, hoof uitvoerende beampte van VL, Koos Janse van Rensburg, besturende direkteur

van die VKB-groep, en Francois Wilken, president van VL. (Foto: Vrystaat Landbou)

Page 12: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

12

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Agri SA Stel Transformasie-verslag Bekend

Agri SA se lede het R331 miljoen

op transformasie in die 2016/17 boekjaar spandeer en daardeur 108 307 begunstigdes geraak, waarvan meer as 55 000 nuwe boere is. Die 2018 Agri SA Transformasieverslag sluit in die verskeie projekte waarby bedryfslede, provinsies en korporatiewe lede by betrokke was. Die opname verslag en bykomende navorsing het ook die geleentheid gegee om krities die uitdagings tot transformasie te identifiseer, waarvan ‘n tekort aan kapitaal heel bo aan die lys is.

Die 2018 Agri SA Transformasieverslag is die eerste gekonsolideerde verslag oor transformasie in landbou. Agri SA se Transformasieverslag het ten doel om transformasie binne landbou te bevorder. Dit word gedoen deur beste praktyke, geleenthede vir verdere groei en oplossings vir ontwikkelings-uitdagings te identifiseer. Die opname onder ontwikkelingsprogramme vir boere rus Agri SA toe om die regering en ander belanghebbers pro-aktief oor die werk wat gedoen is en die uitdagings wat bestaan op te dateer. Die verslag is ‘n erkenning van die suksesse wat deur vennootskappe bereik kan word. “Die 2018 Transformasieverslag is ‘n uitstekende vertrekpunt om die belangrike gesprek rondom transformasie te voer,” sê Christo van der Rheede, Agri SA Adjunk Uitvoerende Direkteur. “Daar is ‘n groot mate van energie binne die landbousektor om transformasie te laat werk, maar ons moet ook seker maak die hulpbronne wat na daardie doel vloei tot werklike volhoubare boerderye lei.” Die 2018 Transformasieverslag is by die jaarlikse Agri SA Bedryfs- en Korporatiewekamer Konferensie bekend gestel. Die volle verslag is op die Agri SA webtuiste beskikbaar.

PERS-verklaring

PRESSrelease

Agri SA Releases Transformation

Report The Agri SA membership has spent R331 million on transformation in the 2016/17 financial year and reached an estimated 108 307 beneficiaries, of which includes 55 000 farmers. The 2018 Agri SA Transformation Report includes several projects which includes commodity members, provinces and corporates members that have been involved. The survey report and additional research also gives the opportunity to critically identify challenges to transformation, of which a shortage of capital is at the top of the list.

The 2018 Agri SA Transformation Report is the first consolidated report on transformation within agriculture. Agri SA’s Transformation Report is geared towards promoting transformation in agriculture. This is done by identifying best practices and exploring opportunities for further growth and finding solutions to developmental challenges. The survey of farmer development programs enables Agri SA to pro-actively update government and other stakeholders on the work done and challenges that exist. The report is a recognition of the successes that can be achieved through partnerships.

“The 2018 Transformation Report is an excellent point of departure to have a discussion on transformation,” said Christo van der Rheede, Agri SA Deputy Executive Director. “There is a great deal of energy within the agricultural sector to make transformation work, but we must also ensure that the resources that flow towards these aims lead to truly sustainable farms.” The 2018 Transformation Report was released at the annual Agri SA Commodity and Corporate Chambers Conference. The full report is available on the Agri SA website.

24 April 2018

Navrae/QueriesDan Kriek(President)

082 944 0566

Christo van der Rheede(Deputy Executive Director)

012 643 3427083 380 3492

Page 13: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

13

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Plaaslike nuusplatforms het die afgelope ruk gegons met die nuus oor Shell se aankondiging dat hy sy aktiwiteite met moontlike hidro-breking in die Karoo afskaal. Wat is die implikasie hiervan?

Die aankondigingIn die lig van uitdagende ekonomiese omstandighede en die swak olieprys het Shell besluit om sy span in die Karoo kleiner te maak terwyl hulle wag vir duidelikheid oor die Wet op die Ontwikkeling van Minerale en Petroleum-hulpbronne, 2002 (Wet 28 van 2002), tegniese regulasies en die uitslag van die toekenning van eksplorasieregte.

“Hoewel baie nuusplatforms berig het dat Shell uit die Karoo‘onttrek’ het, moet ons verstaan dat die besluit om hul span en aktiwiteit te verminder, hoegenaamd nie beteken dat hulle die aansoek om eksplorasieregte teruggetrek het nie,” verduidelik Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA. “Hoewel dit beslis goeie nuus is, bly ons versigtig.”

Steeds ’n moontlike bate vir Shell

Pasa (Petroleum Agency SA) is die afgevaardigde van die Departement van Minerale Hulpbronne om aansoeke om eksplorasieregte te hanteer. Volgens Rabie bly die aansoeke deur Shell steeds hangende. “Daar is ook interessante verwikkelinge oor Rhino Oil & Gas se aansoek om omgewingsmagtiging vir eksplorasie vir olie en gas. Agri SA het teen

hul omgewingsmagtiging geappeleer en dit is steeds hangende. Daar is dus baie werk wat nog gedoen moet word voor finale uitsprake oor die aansoeke gemaak word.

“Ons moet onthou dat die aansoek voortgaan en dat indien dié eksplorasieregte wel toegeken sou word, Shell dit steeds in sy sak sal hê.” Die maatskappy kan dus besluit om in die toekoms volstoom voort te gaan en om ’n produksiereg te verkry sodra die ekonomiese klimaat verbeter, of sou selfs die regte kon verkoop.

Volgens Rabie moet ons ook nie vergeet dat Shell nie die enigste skaliegasrolspelers is nie. “Rhino Oil & Gas het hangende aansoeke in Noordwes, Vrystaat, KwaZulu-Natal en Oos-Kaap en buiten Shell, is die entiteite in die Karoo Falcon en Bundu. Daar is dus nog baie beweging.” – Marike Brits, AgriOrbit

Die implikasie van Shell se afskaling van Karoo-aktiwiteite

“Ons moet onthou dat die aansoek voortgaan en dat indien dié eksplorasieregte

wel toegeken sou word, Shell dit steeds in sy sak sal hê.” Die

maatskappy kan dus besluit om in die toekoms volstoom voort te gaan en om ’n produksiereg te verkry sodra die ekonomiese klimaat verbeter, of sou selfs die

regte kon verkoop.

Page 14: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

14

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Foto van die maandBoordbesoek by die 2018 Maluma

symposiumPhotoof the month

Page 15: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

15

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Neem deel aan die Vleissentraal Versprestasiekampioenskap

@ ALFA 2018

Van 18 tot 20 September 2018 word die eerste Vleissentraal Versprestasiekampioenskap in Suid-Afrika @ ALFA in die Afridome in Parys

aangebied.Vleissentraal tree as die hoof- en naamborg van hierdie opwindende en eerste-in-sy-soort-kampioenskap op. Drie registrerende owerhede, SA Stamboek, die Lewendehawe Registrerende Federasie (LRF) en die Landbounavorsingsraad (LNR), sal as vennote optree om te verseker dat die kampioenskap op ’n wetenskaplike wyse bestuur word.

Die doel van hierdie kompetisie is om ’n totale prestasie-evaluering per dier te doen, wat die beoordelaars in staat sal stel om die topdier per ras aan te wys.

Neem deel aan ‘n unieke geleentheidGenootskappe en telers word nou uitgenooi om deel te wees van die eerste Versprestasiekampioenskap.

Vleissentraal bied aan elke genootskap wat deelneem die volgende:

• ’n Gratis stalletjie saam met die uitstalling van die diere. Hierdie geleentheid kan benut word om die spesifieke ras te bemark.

• Twee gratis kaartjies na die ALFA-galadinee.

• Gratis uitstalruimte aan die deelnemende boere van die genootskap.

Vir enige navrae of inligting skakel Albert Loubser by 082 562 2188 of [email protected]

Page 16: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

16

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018

Page 17: Ervare landboujoernaliste leer by die jeug....1 Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018 April 2018 Ervare landboujoernaliste

17

Newsletter of the Agricultural Writers SA - April 2018 | Nuusbrief van die Landbouskrywers SA - April 2018