6
Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 VANOGGEND SE EREDIENS DR CLIFFORD HEYS Clifford bring Planeet Aarde se rooi ligte onder ons aandag – die rooi ligte flikker en die ekonome moet die stuur neem! Het jy geweet jy is ‘n ekonoom? As ons aan die ekonomie dink, dink ons in terme van dienste, produksie, distribusie, verbruik en handel. Ons dink in terme van navorsing, tegnologie, informasienetwerke en finansiële stelsels. En ons dink reg! En nou kom Paulus en hy reken homself ‘n bestuurder en ekonoom [in Grieks ‘oikos’ (huis) + ‘nomos’ (bestuur) wat as ekonoom’ vertaal word - 1 Kor 4v1]. Elke ekonoom behoort Lev. 19v9-18 te lees – soos ons vanoggend gaan doen. Hier lees ons hoe ons op planeet aarde - saam met ons medemense- behoort te lewe. En ‘n getroue ekonoom sal die rooi ligte sien flikker as die mens 1,5 maal meer verbruik en verorber as wat die natuur kan produseer. as die werkloosheid bly toeneem en solank die regering se onderwysbeleid ons jeug benadeel. as die spreekwoordelike ‘inequality bubble’ só opgeblaas word dat dit dreig om te bars – (as die superryk 1% van die wêreld soveel as 40% van die wêreld se bates besit ) as oorbevolking en die veranderende weerpatrone, die smelt van die pole se yskoepels, die opbou van plastiekeilande in die oseane lei tot die stadige dood van plant, dier, vis en voël en uiteindelik van die mens. En dan hoor ek Jesus se snydende woorde in Luk 6v46. En ek hoor iemand dit só verwoord: “We embody a lot of what we confess is wrong.” Ons praat die mooiste en regte woorde, maar ons doen nie. ...? Ja? Nee? Mnr., mev., ms. die ekonoom, hier is jou uitdaging ....! TEKS VIR 10 JUNIE DR LIZEL JOUBERT EKSODUS 20: 8-11 PREDIKER 3 MARKUS 1: 15 Is tyd jou vriend of jou vyand? Wat is die verband tussen God en tyd? In watter seisoen van jou lewe is jy nou? HARTLIK WELKOM! Vandag is Biddag vir Ekologie. Die woord ‘ekologie’ beteken letterlik ‘n studie van ons huis/woning. (Die ‘eko’ is in Grieks ‘oikos’ soos in ‘huis’ of ‘huishouding’. En die woord ‘ logie’ is in Grieks ‘logos’ soos in ‘woord’ of ‘bestuur’). Met ander woorde, ekologie het te doen met die bestuur van ons aardse woning, planeet Aarde. Die woord ‘ekologie’ is die eerste maal in 1866 deur die Duitse wetenskaplike Ernst Haeckel gebruik. Hy is geïnspireer deur die ou Griekse filosowe soos Hippokrates en Aristoteles wat besorg was oor die welstand van die planeet aarde. Immers, die aarde is ons almal se woonhuis. Daar is nie ‘n ander nie. Ons moet dit oppas, bewaar en waardeer. Waardering vir die skepping? Lees Psalm 8. Moenie vanaand op jou knieë staan en bid nie. Stap na buite. Staan op jou voete. Kyk op na die hemelruim. Sien God se handewerk – onmeetlik en onverklaarbaar. Laat die verwondering jou doop in lof. En jy sal bid – nie met woorde nie, maar met onuitspreeklike sugtinge. Dit is die theatrum gloriae Dei, om Calvyn aan te haal. Besorgdheid oor die skepping? Maar môreoggend as die dag breek, gaan soek die bedreigde renoster, die bedreigde perlemoen, die bedreigde aasvoël, die bedreigde tobie, die rioolbesoedelde rivier en plastiekbesoedelde oseaan, die bedreigde kinders op straat, die bedreigde mens wat van asblik en asblik loop en aas. Bid dan met trane. Bid saam met ons vir ons planeet Aarde en al haar bewoners. Bid met jou eenvoudiger lewenstyl en met ‘n vullissak in die hand. Wees LIG! AANDDIENS VANAAND @ 18:00 Ons nooi graag alle tieners, ouers, jongmense en natuurlik jonk van gees! Kom sing saam, kom luister, kom gesels, kom kuier. U is almal baie welkom!

oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

Hartklop 3 JUNIE 2018

VANOGGEND SE EREDIENS DR CLIFFORD HEYS Clifford bring Planeet Aarde se rooi ligte onder ons aandag – die rooi ligte flikker en die ekonome moet die stuur neem! Het jy geweet jy is ‘n ekonoom? As ons aan die ekonomie dink, dink ons in terme van dienste, produksie, distribusie, verbruik en handel. Ons dink in terme van navorsing, tegnologie, informasienetwerke en finansiële stelsels. En ons dink reg!

En nou kom Paulus en hy reken homself ‘n bestuurder en ekonoom [in Grieks ‘oikos’ (huis) + ‘nomos’ (bestuur) wat as ‘ekonoom’ vertaal word - 1 Kor 4v1]. Elke ekonoom behoort Lev. 19v9-18 te lees – soos ons vanoggend gaan doen. Hier lees ons hoe ons op planeet aarde - saam met ons medemense- behoort te lewe. En ‘n getroue ekonoom sal die rooi ligte sien flikker

as die mens 1,5 maal meer verbruik en verorber as wat die natuur kan produseer. as die werkloosheid bly toeneem en solank die regering se onderwysbeleid ons jeug benadeel. as die spreekwoordelike ‘inequality bubble’ só opgeblaas word dat dit dreig om te bars – (as die superryk 1% van

die wêreld soveel as 40% van die wêreld se bates besit ) as oorbevolking en die veranderende weerpatrone, die smelt van die pole se yskoepels, die opbou van

plastiekeilande in die oseane lei tot die stadige dood van plant, dier, vis en voël en uiteindelik van die mens.

En dan hoor ek Jesus se snydende woorde in Luk 6v46. En ek hoor iemand dit só verwoord: “We embody a lot of what we confess is wrong.” Ons praat die mooiste en regte woorde, maar ons doen nie. ...? Ja? Nee?

Mnr., mev., ms. die ekonoom, hier is jou uitdaging ....!

TEKS VIR 10 JUNIE

DR LIZEL JOUBERT EKSODUS 20: 8-11

PREDIKER 3 MARKUS 1: 15

Is tyd jou vriend of jou vyand? Wat is die verband tussen God en tyd? In watter seisoen van jou lewe is jy nou?

HARTLIK WELKOM!

Vandag is Biddag vir Ekologie.

Die woord ‘ekologie’ beteken letterlik ‘n studie van ons huis/woning. (Die ‘eko’ is in Grieks ‘oikos’ soos in ‘huis’ of ‘huishouding’. En die woord ‘logie’ is in Grieks ‘logos’ soos in ‘woord’ of ‘bestuur’). Met ander woorde, ekologie het te doen met die bestuur van ons aardse woning, planeet Aarde.

Die woord ‘ekologie’ is die eerste maal in 1866 deur die Duitse wetenskaplike Ernst Haeckel gebruik. Hy is geïnspireer deur die ou Griekse filosowe soos Hippokrates en Aristoteles wat besorg was oor die welstand van die planeet aarde. Immers, die aarde is ons almal se woonhuis. Daar is nie ‘n ander nie. Ons moet dit oppas, bewaar en waardeer.

Waardering vir die skepping? Lees Psalm 8. Moenie vanaand op jou knieë staan en bid nie. Stap na buite. Staan op jou voete. Kyk op na die hemelruim. Sien God se handewerk – onmeetlik en onverklaarbaar. Laat die verwondering jou doop in lof. En jy sal bid – nie met woorde nie, maar met onuitspreeklike sugtinge. Dit is die theatrum gloriae Dei, om Calvyn aan te haal.

Besorgdheid oor die skepping? Maar môreoggend as die dag breek, gaan soek die bedreigde renoster, die bedreigde perlemoen, die bedreigde aasvoël, die bedreigde tobie, die rioolbesoedelde rivier en plastiekbesoedelde oseaan, die bedreigde kinders op straat, die bedreigde mens wat van asblik en asblik loop en aas. Bid dan met trane.

Bid saam met ons vir ons planeet Aarde en al haar bewoners. Bid met jou eenvoudiger lewenstyl en met ‘n vullissak in die hand.

Wees LIG!

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

Ons nooi graag alle tieners, ouers, jongmense en natuurlik

jonk van gees! Kom sing saam, kom luister, kom gesels, kom kuier. U is almal baie welkom!

Page 2: oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

DINSDAG 5 JUNIE SOPKOMBUIS

WOENSDAG 6 JUNIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS 18:00 BYBELSKOOL (NG HERMANUS) Hierdie komende Woensdag (6 Junie om 18:00 by Hermanus) en Donderdag (7 Junie om 9:00 by Onrusrivier) behandel ons Psalm 107. In elke dorp is daar ‘n spesiale straatnaam, of plaasnaam, of museum en boeke wat ‘n verhaal vertel. Israel het Psalm 107 om hulle verhaal te vertel, nie net Yad Vashem nie. Ons gaan hulle psalm lees. Navrae: Clifford by 028 316 4895 of 082 37 55 410.

18:00 OMGEWINGSORG - KOM GESELS SAAM (MAALRUIMTE) Ons nooi graag alle persone wat die natuur op die hart het om hul gedagtes te deel. Kom ge-sels saam en dink saam hoe ons ‘n verskil kan maak in ons omgewing. Navrae: Ds Michiel.

DONDERDAG 7 JUNIE 09:00 BYBELSKOOL (NG ONRUSRIVIER)

SONDAG 10 JUNIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 11)

09:00 EREDIENS: Dr Lizel Joubert gaan voor. Welkom! *** DIE JAFFEL-RAFFLE VANDAG - ONTHOU JOU PAPIER

18:00 AANDDIENS: Ds Anton Duvenhage. Ons nooi graag alle tieners, hul ouers, jongmense en jonk van gees. Teentrixgroepe weer aan na die diens.

SPOELKLIPPE UITSTAPPIE KUNSMUSEUM WATERFRONT (DIE OU SILO’S)

WOENSDAG 27 JUNIE 2018 Ons nooi u almal uit na ‘n wonderlike uitstappie!

Die eerste 36 persone wat bespreek en betaal by Mervian by die kerkkantoor, voor 13 Junie, sal die

uitstappie kan meemaak.

Koste: R180 per persoon (ons betaal slegs vir die bus aangesien toegang by die Museum gratis is op

Woensdae). Middagete (vir elkeen se eie rekening) by die Waterfront.

Ons vertrek om 07:30 vanaf die kerkgronde en behoort teen 17:00 terug te wees.

Navrae: Hannetjie Vosloo: 082 452 0780 of Marietjie Siebrits: 072 768 5468

TRANSKEI UITREIK 29 SEPT TOT 7 OKT 2018 Alle belangstellendes ( ook as jy nog nie doodseker is nie) vergader Woensdagaand 6 Junie om 18h30 by Ben en Elsa Marais, Branderdraaistraat 3, Sandbaai. Jongmense en ander wat oorweeg om te kom maar nie kan bywoon nie skakel ons asb by 082-373-6629. Welkom!

WYK 13 MUNISIPALE WYKSKOMITEEVERGADE-RING (ONRUS & VERMONT) OP DINSDAG 12 JUNIE 2018 @ 14:00 IN DIE DE WET SAAL (ROOSSTRAAT) Die publiek word vriendelik uitgenooi na die vergadering. Kom luister gerus en gesels saam oor sake in ons gemeenskap. Vir enige navrae, kontak gerus Wyk 13 se raadslid, Mnr Jean Orban op 072 955 2986. SKRYF SOLANK IN U DAGBOEK: Ons gaan ‘n bederfoggend hou op SATERDAG 21 JULIE @ 08:30-12:30 vir alle vroue en hul huiswerkers. Hou die Hartklop dop volgende week vir meer inligting.

Liewe Gemeente, na Maandag 28 Mei 2018 se kerkraadsvergadering, deel ons u graag die

volgende mee:

Verkies tot die Kerkraad

Servaas Verster (Eiendomme)

Verkies tot Voorsitter van die Kerkraad Piet Vorster (081 399 0557)

[email protected]

Verkies tot Onder-Voorsitter van die Kerkraad Frans Wessels (082 557 1440) [email protected]

Die poste in die kerkkantoor wat ook onlangs geadverteer was, is nou gevul. Dit is ons voorreg om bekend te stel dat

die volgende persone aangestel is vanaf 1 Julie 2018.

Hanna de Jager Rekeningkundige Beampte

Martie Verster Administratiewe Beampte

Ons bid vir al hierdie persone in hul nuwe poste. Mag Vader God ver-

heerlik word deur elkeen van julle se bediening hier by Onrusgemeente.

Ons bid SY oorvloed van seëning vir u elkeen. Amen.

HUIS LETTIE THERON BASAAR 28 JULIE 2018

Liewe Vriende. Huis Lettie Theron se jaarlikse basaar vind DV op Saterdag, 28 Julie 2018, plaas. Baie dankie dat ons weer met vry-moedigheid kan vra vir oop harte en hande. Soos julle weet, raak alles duurder en is daar 36 inwoners wat nie hulle verblyf ten volle kan betaal nie. Ook moet breekware, lakens ensovoorts weens slytasie gereeld vervang word.

Ons wil vra dat ons as gemeente, asseblief, as 'n span sal bydra om die basaar 'n groot sukses te maak sodat daar steeds ge-haltediens aan al die inwoners gelewer kan word.

Daar is 'n kollektelys by Mervian in ons kerkkantoor beskikbaar. Sal u asseblief betrokke raak. Hierdie basaar word net een keer per jaar aangebied. Baie dankie - julle samewerking sal opreg waardeer word.

Page 3: oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Johan Spies, Ernie Stephan, Etienne Louw, Jannie Smit (Onrus), Phillip Louw, Leonie Koekemoer, Annette Norman

IN DIE HOSPITAAL EN AANSTERK TUIS

Deon Terblanche, Babs Loubser, Johan Krog, Veronique Naude, Johan Pietersen, Bertha Koekemoer San-Mari Kruger se moeder.

SIEKTE / SORGEENHEID / BEMOEDIGING Alida Cilliers, Rupert Mizon, Quentin van Eeden, Johanna Groenewald, Marie Louw, Ernst Storm Jan-Hendrik Malan, Peet Geyser, Jannie & Inneke McClachlan, Fransie Kühn, Stephanus Schmidt, Steward en Leonie McFarlane

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE JEUG VAN HERMANUS: Vader, ons almal besef

dat om kind en jongmens te wees in vandag se

wêreld, nie altyd maklik is nie. Daar is baie uitdagings en versoekings. Die

sosiale media dra by tot wonderlike en goeie kommunikasie, maar ons bely

ook dat dit ons soms wegneem van U Woord Here. Ons bid U hand van

beskerming oor die Jeug in Hermanus. Wys U goeie Vaderhart vir elkeen.

WEEK 4-10 JUN

MAANDAG 4 JUN

ONS LERAARS: Here God, ons eer U vir die vier herders wat U hier by Onrusgemeente kom plant

het. Ons bid vandag spesiaal vir elkeen. Ons bid vir hul menswees, hul vroue en gesinne. Ons bid dat u hulle sal vul met nuwe krag elke dag om die dag se uitdagings so te hanteer dat U daardeur verheerlik word. Vader, ons bid U seën in oorvloed op hul verskeie bedieninge in die gemeente en gemeenskap. Laat hulle altyd net U LIG weerkaats.

DINSDAG 5 JUN

DIE SKEPPING: Vandag bid ons vir die aarde.

Ons bid vir ‘n nuwe sienswyse Here. Help ons

om waarlik U opdrag reg uit te voer en die aarde te bewaar soos U dit bedoel

het. Help ons om nuut te kyk, nuut te leef en nuut te werk in ons omgewing,

elke dag. Vader, sonder U kan ons dit nie doen nie. Kom Heilige Gees, kom

en lei U vir ons op die pad vorentoe.

WOENSDAG 6 JUN

DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon

wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die

stigma saam met dit minder en minder sal word. Ons bid dat U die mense

sal help om hulp te kry - daar is hulp! Ons bid vir die gesinne wat saam met

hulle leef, vir beter verstaan, vir geduld, vir genade. Here God, ons eer U

want ons weet elkeen is veilig in U hande - altyd!! Selfs daar waar dit baie

donker word. Dankie vir U LIG wat nooit ophou skyn nie.

DONDERDAG 7 JUN

GEBED

GOD SE SKEPPING

Vader, vergewe ons waar

ons nie gehoorsaam was

aan U opdrag om die

aarde te bewerk en te

bewaar nie.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM: Vandag word daar

weer gekuier by die Kolwyntjie Teetuin. Deur die

week is daar soveel heerlike kuiers, saamspeel, saamgesels en saam kreatief

wees. Dankie Here vir hierdie geskenk uit U hand. Ons bid vir almal wat daar

kom diens doen. Ons bid vir elke persoon wat by die deure instap. Vader,

ons eer U vir hierdie genade.

VRYDAG 8 JUN

GEBEDE VIR ONS GEMEENSKAP

Ons bly bid vir die gemeenskap van Hermanus. Ons bid vir gesprekke, onder-handeling en ooreenskomste tussen die Overstrand Munisipaliteit en leiers uit die gemeenskappe van Zwelihle, Mount Pleasant en Hawston. Ons bid vir wysheid, insig en onderskeidingsvermoë vir alle partye. Ons bid vir skoon agendas en ‘n ware luister na me-kaar. Ons bid vir besighede wat skade gelei het agv protesaksies. Ons bid Here God, vir vrede, regverdigheid en menswaardigheid. Vader, ons lê die Overstrand aan U voete neer. Amen.

Here God, ons kyk na die foto onder en bid vir die jeug van Suid-Afrika. Dankie vir so baie van hulle wat waarlik die hoop vir ons land is.

Page 4: oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

HAARKAPPER: Ester is ons haarkapper. Kontak vir haar by 081 453 8130 indien u enige haarbehoeftes het. Onthou daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018.

KLINIEK: Ons kliniek is oop op Dinsdae vanaf 10h00 - 12h00. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak indien u haar wil spreek. 'n Kliniekbesoek se koste is slegs R20 vir lede. NAALDWERK OM 9H30 - 10H00: Marlene Burger help om klere te verstel. Haar nommer is 028 316 3363 of 072 140 5807. Bring u klere op 'n Dinsdagoggend en bespreek die verstellings met haar. Sy sal vir u noem wat haar prys vir die klere se verstel is.

SITKAMER OM 10H00: ONDERSTEUNINGSGROEP: U word vriendelik uitgenooi na ons ondersteuningsgroep vir almal wat aan Spierdistrofie, MNS, MS, Parkinsons, Alzheimer en Demensie ly en hulle familielede. By hierdie geleentheid gaan ons weer lekker gesels oor ons bekommernisse en raad/advies/ondersteuning bymekaar kry. Ons gaan ook na 'n 5 minute "Youtube" inligtingdokument kyk van hoe Alzheimer in die brein ontwikkel. Vir enige navrae oor die groep, kontak gerus vir Erika Oosthuysen by die kerk.

VOETE- EN HANDEVERSORGING: Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Daar is ver-skillende fooie vir lede/nie-lede. Onthou hierdie diens is ook vir mans. Marilyn sien baie mans wat

spesiaal kom vir hulp met hulle voete. Daar is nuwe pryse vanaf 1 Maart 2018. Tydens die wintermaande begin Marilyn eers om 8h30.

ONS MAAK GESKENKE OM 10H00: Maak jy graag self geskenke soos inkopiesakke, speldeboekies, potpourrisakkies en nog baie meer? Kom kyk en doen saam met Mattie Swart (076 522 5669). Dit is 'n heerlike gratis leergeleentheid!

TRIMGIM: Mathilda Roos (bio-kinetikus) sien u op Woensdae om 15h00 in die OnsTeater by die Dienssentrum. Trimgimfooie is R45 pm vir lede van die Dienssentrum en R60 pm vir nie-lede. Kontak vir Mathilda by 082 339 1085.

SITKAMER OM 10H00: Kom speel Rummikub en ander speletjies saam met 'n groep mense. Dit is lekker ontspannend en sommer 'n geleentheid om saam met ander mense sosiaal te verkeer.

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

DINSDAG 5 JUN

WOENSDAG 6 JUN

DONDERDAG 7 JUN

KOLWYNTJIE TEETUIN

8 JUN 2018 (09:30 - 11:30)

Kom drink tee/koffie en geniet 'n eetdingetjie vir slegs R30 (R20 vir

lede). 'n Tweede koppie koffie gaan u slegs R5 kos. Groepbesprekings:

Siska Conradie 082 762 2732.

Die Dienssentrum is vir oud en jonk. Kom maak gerus 'n draai by ons en sien hoe lekker dit

is om in die dienssentrum net agteroor te sit en te ontspan saam met ander mense.

FILMKLUB DON 7 JUNIE @ 14:30

KONSISTORIE (SLEGS DONASIES)

Page 5: oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

ZOAR UITREIK (NABY CALITZDORP) 7 - 13 JULIE 2018 (TIENER UITREIK)

‘n Uitreik deur die jeug van die hele Overstrand na die jeug van Zoar en Calitzdorp. BEHOEFTES: Nie alle tieners kan op die uitreik gaan weens die finan-siële implikasie nie - indien lidmate gelei voel om by te dra, sal ons dit baie waardeer. Die koste beloop teen R1250 per kind en die gemeente dra reeds R300 (per kind) by. Sopkombuistoerusting: Ons ondersteun ‘n egpaar wat in die gemeenskap kos maak (behoeftige mense wat vir meer behoeftige mense kos maak), en hulle toerusting is ver van standaard af. Enigiets van gasbottels tot gasbran-ders, snyborde tot skillers ens, sal hoogs waardeer word (sopbestanddele sal ook nie weggewys word nie). Sop self: Verder gee ons ook elke oggend vir ongeveer 400 en in die aande vir ongeveer 150 kinders en volwas-senes sop. Indien u bereid is om sop te maak sal dit ons BAIE help. Die resep kan by die kerkkantoor (of by my via epos) gevind word. Met die sop uitdeel kort ons ook ‘n groot hoeveelheid plastiekkoppies om sop in uit te deel. Mussies, serpe en sokkies: Ons wil graag weer mussies, serpe en sokkies uitdeel en vra die gemeente om ons te help deur biddend, breidend te word. LW: Enige finansiële bydrae (wat ons baie sal waardeer, moet asb die verwysing "Jeuguitreik" bevat).

KOSTE: R950 per tiener BESPREKINGS & NAVRAE: DS ANTON

WAAROM MOET EK AANSLUIT BY DIE DIENSSENTRUM - 'N SPESIALE DIENS VIR SLEGS ONS LEDE: U kan nou meer inligting kry oor u siektetoestand by ons Dienssen-trum. As u vrae het oor u siekte, die implikasies daarvan op u leefwyse en u verlang meer inligting, skakel gerus Sr Ronel Calitz( tel. 073 152 5623) en maak `n afspraak vir 'n Dinsdagoggend (10h00 - 12h00) sodat sy die nodige agtergronds-inligting kan kry. `n Groep afgetrede geneeshere sal elke derde Don-derdag van die maand beskikbaar wees om vrae te beantwoord, nuutste inligting te verskaf en berading te voorsien. Let asseblief daarop dat geen diagnose of behandeling verskaf sal word nie.

LEDEGELD: Ledegeld is vanaf 1 Maart betaalbaar by Hannie/Joan teen R400 per individu en R600 per egpaar.

GESKENKBEWYSE OF GESKENKE: Dit is nie altyd so maklik om geskenke uit te soek nie. Onthou dat u altyd 'n geskenkbewys by Marilyn Prinsloo (082 532 6931) kan kry vir 'n voete- en/of handeversorging. Onthou ook dat ons by die Kolwyntjie Teetuin (028) 316 1745 vra vir Joan/Hannie) geskenkbewyse het. U kan u vriendin/vriend van 'n geskenkbewys voorsien om heerlik by die teetuin te kom ontspan. U kan selfs 'n maand of meer se Trimgim by Mathilda (082 339 1085) borg vir u vriend/vriend. Wat van 'n haarversorging by Ester (081 453 8130). Ons vrouens wil tog altyd mooi lyk! Bettie (076 129 3788) bak koeksisters, op bestelling, op die laaste Maandag van elke maand. Wat van 'n pakkie heerlike koeksisters as 'n geskenk vir 'n vriend/vriendin? Die Dienssentrum kan u help met die besluit vir 'n geskenk! Welkom!

KUNS KUNS KUNS KUNS - let wel op Dinsdag, 12 Junie om 10h00: Kom leer en ervaar prakties die elemente en konsepte van kuns en hoe dit manifesteer in 'n werklike kunswerk. Aan die einde van die sessie sal 'n individuele behoeftebepaling gedoen word aangaande verdere moontlike kunsklasse. Spreker is André Venter, 'n afgetrede skole-inspekteur van kuns en dosent by Wellington.

TROETELDIERSKOU: Ons nooi u nou reeds uit na ons troeteldierskou wat op Dinsdag, 26 Junie, om 10h00 by die dienssentrum gehou word. Alle vorme van troeteldiere kan gebring word. Ons het verskillende kategorieë van beoordeling. Dit is die tyd wanneer kleinkinders kom kuier - bring hulle ook saam. Indien u dalk pryse het wat by die huis rond lê en wag om gebruik te word bring dit asseblief vir Joan/Hannie/Erika. Dit sluit in honde/kat kombersies, honde/kat houers waarin hulle slaap, honde/kat kos, honde/kat beskuitjies, honde/kat speelgoed - enigiets waarvan 'n troeteldier en haar/sy eienaar sal hou. U is almal baie welkom!!

HEERLIKE HEERLIKE HEERLIKE HOENDER LASAGNE te koop by die Dienssentrum op Woensdag, 13 Junie teen R55. 'n Bordjie slaai sal saam met die lasagne beskikbaar wees teen R10. Bestel asseblief voor Vrydag, 8 Junie, om 13h00 by Joan/Hannie 028 316 1745.

VOSBURG UITREIK 22 - 26 AUG 2018 (JONG MANNE UITREIK)

• Fokus op die lewe as ‘n man van God & help met die ontwikkeling van VGK Vosburg se gemeentesentrum. • Indien lidmate belangstel om op die uitreik te gaan, moet hulle my asb so gou as moontlik kontak - daar is nog enkele plekke beskikbaar. BEHOEFTES: Moederskamer: Ons wil graag ‘n mobiele moederskamer binne (agter in die VGK-sentrum) bou/opslaan. Enige materiaal vir die bou, sowel as kindervermaak, sal waardeer word.

Klanksisteem: Die gemeente is tans sonder genoegsame klanktoerusting (daar is geen mikrofone, 'n baie klein menger en 'n onbruikbare klawerbord). Indien lidmate in die musiekindustrie is en van hierdie toerusting het wat rondlê, sal dit ’n voorreg wees om vir u spasie te skep deur die toerusting by u oor te neem. Verder is enige finansiële bydraes ook baie welkom.

Lemmetjiesdraad: Ons kort 200m lemmetjiesdraad om die gemeente te help om onder andere hulle nuwe klanksisteem en moederskamer te beveilig.

Industriële vloerpoleerder: Die skoonmakers by die VGK Gemeente poleer die hele Gemeente se vloer op hul knieë! Enige hulp hiermee sal baie waardeer word.

Vervoer: Indien lidmate gewillig is om hulle bakkie of kombi beskikbaar te stel vir die vervoer van die uitreikspan (en al die bagasie/toerusting), sal ons dit BAIE waardeer!

LW: Enige finansiële bydrae (wat ons baie sal waar-deer, moet asb die verwysing "Jeuguitreik" bevat).

KOSTE: R850pp (R400 dep om jou plek te verseker) BESPREKINGS & NAVRAE: DS ANTON

Page 6: oral, altyd en in alles Hartklop 3 JUNIE 2018 · DEPRESSIELYERS: Here, U ken elke persoon wat met hierdie siekte stoei. Ons bid dat die stigma saam met dit minder en minder sal word

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 082 37 55 410

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar op die Hartklop,kontak Karin [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR Maandae - Vrydae

08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloofbelofteoffer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

KOSPAKKIES: Baie dankie vir al die lidmate wat so getrou

maandeliks hul kospakkiebydraes (kontant en/of produkte) gee. Hierdie kospakkies word maandeliks gepak en vir die gesinne gegee wat werklik ‘n nood het. Ons berei ook noodpak-kies voor vir persone wat skielik nie kos het nie. Ons wil u verseker dat daar baie verantwoordelik omgegaan word met u bydraes. Hierdie kospakkies word nie gratis uitgedeel nie. Die ontvangers moet ‘n klein finansiële bydrae gee. Ons het egter nodig om elke maand sekere produkte aan te koop, aangesien ons nie genoeg van alle produkte kry om in die behoefte te voorsien nie. Ons vra dus dat u die lys in die kalender nagaan en seker maak vir watter produk u wyk verantwoordelik is. Tans is daar geen van die volgende produkte op die rakke nie: boeliebeef, hawermout, koffie, konfyt, sardyne in tamatiesous, spaghetti, suiker, tande-pasta, teesakkies, toiletpapier, tamatiesous, margarine, koffie. Indien u verkies om eerder maandeliks ‘n finansiële bydrae te gee, kan u die kerk-kantoor kontak om die bankbesonderhede aan te vra of u bydrae in ‘n gemerkte (Kospakkie) koevert by die kerkkantoor in te betaal. Vir enige navrae, kontak gerus vir Ronel van Zyl op 072 288 1439. Baie dankie!

PASLAKENS GESOEK: Ons soek asb enkelbed paslakens vir Huis Lettie Theron se siekeboeg. U kan dit asb na die kerkkantoor bring. Baie dankie!!

Gaan “like” ons gerus

NG Onrusrivier

ngkonrusrivier.co.za

Liewe Vriende, Ons vertrou dat dit goed met julle gaan. Ons kyk met baie dankbare harte terug oor die eerste 3 maande van die jaar en deel graag met julle oor hoe dit met ons en die bedieninge gaan. Eerstens alle eer aan die Here vir die wonderlike huis wat Hy vir ons voorsien het. Ons bly heerlik! Ons het verbasend vinnig in die woonstel aangepas, ten spyte van die feit dat ons vir 12 jaar in 'n huis gewoon het. Ons het 'n lieflike, groot balkon en dit help beslis! Nog 'n groot seën is die vriende wat Priyanka en Nadia so vinnig gemaak het. 'n Paar dae nadat ons ingetrek het, het 2 meisies aan die deur kom klop en gevra of hulle wil kom speel. Spoedig was dit 'n oor-en-weer gekuier en nou speel hulle elke dag saam met 'n groep kinders wat hier in die woonstelblok of huise in die buurt woon. Die strate in ons buurt is skoon en stil en almal ry fiets, of speel krieket en ander speletjies. Ons het soveel om voor dankbaar te wees, baie, baie dankie dat julle saam met ons gebid het!

Die Here seën ons werk hier. Hy bring mense oor ons pad wat opgewonde is oor die werk en op ver-skillende maniere betrokke wil raak, sodat die bediening by die Sorgsentrum kan voortgaan en groei. Hy stuur stukkende en uiters behoeftige kinders elke dag na ons toe en gee ons die fantastiese voor-reg om 'n verskil in hulle lewens te maak. Hy laat ons toe om die Goeie Nuus van sy Verlossing met hulle te deel. Hy gee ons die krag en genade om getrou te doen dit waartoe Hy ons geroep het, ten spyte van teleurstellings, hartseer en somtyds selfs moedeloosheid. Die Here voorsien elke dag die kliente wat nodig is om die Wassery te laat floreer. Ook daar kan ons sy getuies wees, deur hoe ons besigheid doen, en hoe ons ons kliente en per-soneel behandel. Ons sien sy hand in alles, en ten spyte van die baie harde werk en vele uitdagings, weet ons dat The Turning Point die Here se besigheid is en dat Hy dit wil seën en gebruik.

Ons is so dankbaar vir elkeen van julle! Skryf asb vir ons, laat weet vir ons hoe dit met julle gaan en hoe ons vir julle kan bid. Ons loof die Here vir julle! Al ons liefde en seën, Rahul, Lorette, Priyanka en Nadia [email protected]

SENDINGNUUS

UIT INDIË