8
Omsendbrief 28/15 2015 09 21 “Bemoediging is voedsel vir die hart, en élke hart is ’n honger hart.” ~ Pat Morley ~ Geagte ouers 1. PERSONALIA Baie geluk aan mnr Jacques en me Trudie Breet met die geboorte van hulle dogtertjie, Zadie, op 17 September 2015. Ons bede is dat die Here Sy hand oor hierdie gesin uitgestrek sal hou! (Bestuur) 2. SPORT 2.1 Krieket Baie geluk en dankie aan ons krieketspanne met julle pragtige spel teen Roodekrans. Julle het goeie sportmangees aan die dag gelê. Sterkte aan die volgende spanne met julle wedstryde hierdie week: Dinsdag, 22 September: o.9B vs Horison (weg) Dinsdag, 22 September: o.10A vs Dr Havinga (tuis) Woensdag, 23 September: Aandwedstryd: Kwaggas vs Horison om 16:00 (tuis) Privaatsak X01, Helderkruin 1733 Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected] Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za Hiermee ons laaste Kruiner Klets vir hierdie kwartaal. Ons wil graag vir almal baie dankie sê vir „n besige kwartaal waar ons weereens baie seëninge ontvang het. In besonder wil ons die volgende mense bedank: Leerders – baie dankie vir julle harde werk deur die kwartaal. Ouers – Baie dankie vir u ondersteuning gedurende dié besige kwartaal. Personeel: Onderwysers, Administratiewe personeel en Algemene Assistente Baie dankie vir u harde werk en lojaliteit teenoor ons leerders en ouers. (Bestuur) Volgende Kruiner Klets verskyn op 19 Oktober 2015.

op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

Dit

Omsendbrief 28/15

2015 09 21

“Bemoediging is voedsel vir die hart,

en élke hart is ’n honger hart.” ~ Pat Morley ~

Geagte ouers

1. PERSONALIA

Baie geluk aan mnr Jacques en me Trudie Breet met die geboorte van hulle

dogtertjie, Zadie, op 17 September 2015. Ons bede is dat die Here Sy hand

oor hierdie gesin uitgestrek sal hou!

(Bestuur)

2. SPORT

2.1 Krieket

Baie geluk en dankie aan ons krieketspanne met julle pragtige

spel teen Roodekrans. Julle het goeie sportmangees aan die dag

gelê.

Sterkte aan die volgende spanne met julle wedstryde hierdie

week:

Dinsdag, 22 September: o.9B vs Horison (weg)

Dinsdag, 22 September: o.10A vs Dr Havinga (tuis)

Woensdag, 23 September: Aandwedstryd: Kwaggas vs Horison om 16:00 (tuis)

Privaatsak X01, Helderkruin 1733

Telefoon: 764 2506/7 Faks: 764 5602 E-Pos: [email protected]

Webblad: http://www.laerskoolhelderkruin.co.za

Hiermee ons laaste Kruiner Klets vir hierdie kwartaal. Ons wil graag vir almal baie dankie sê vir „n

besige kwartaal waar ons weereens baie seëninge ontvang het. In besonder wil ons die volgende

mense bedank:

Leerders – baie dankie vir julle harde werk deur die kwartaal.

Ouers – Baie dankie vir u ondersteuning gedurende dié besige kwartaal.

Personeel: Onderwysers, Administratiewe personeel en Algemene Assistente

Baie dankie vir u harde werk en lojaliteit teenoor ons leerders en ouers.

(Bestuur)

Volgende Kruiner Klets verskyn

op 19 Oktober 2015.

Page 2: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

2/…

2

Geluk aan die volgende spelers wat opgeneem is in Sentraal-Wes spanne:

o.9

Werner Durrheim, Ethan Oberholzer

o.10

Morne Ehlers, Divan Spies, Ruan Nel, Juan Fourie, Heino van Rooyen,

Carl Whitehead

o.11

Joshua Dullisear

o.12

Christiaan Pauer

o.13

Ruben Eksteen, Tristan Vermeulen

2.2 Krieket: Aandreeks

Die krieketaandreeks het afgeskop en duur die week nog voort. Baie geluk aan die

Kwaggas wat teen Roodekrans gewen het.

2.3 Mini-krieket

Baie dankie vir die pragtige spel teen Weltevredenpark Primary. Dankie vir elkeen wat

Saterdag se Pretdag bygewoon het. Die mini-krieketseisoen vir die jaar is nou verby.

2.4 Hokkie

Baie geluk aan die o.12 dogters wat eerste geëindig het in die kleinskole liga. Ons is trots

op julle.

Slegs o.11 en o.12 dogters sal nog voortgaan met oefening. Geen oefening vir o.7, o.8, o.9,

o.10, o.13 en senior seuns nie.

Baie dankie vir julle getroue oefening tydens die hokkieseisoen.

2.5 Tennis

Baie geluk met die wedstryde van verlede week.

Sterkte met vandag, 21 September 2015 se wedstryde.

o.11 Groen vs Roodekrans (weg)

o.14 Goud vs Horison (weg)

2.6 Skaak

Op Woensdag, 23 September 2015 sal daar geen skaakoefeninge wees nie.

2.7 Landloop

Baie geluk aan Kéara Pretorius, Shovani Steinmann en Nicole Botha wat Saterdag,

19 September deelgeneem het aan die Gauteng Kampioenskappe te Pretoria.

(E Ferreira en T Breet)

3. KULTUUR

3.1 Revue

3.1.1 Leerders word daaraan herinner om hulle revue-klere voor Woensdag,

23 September terug te bring skool toe.

3.1.2 Neem kennis dat foto- en DVD-bestellings reeds gesluit het. Leerders sal

hulle DVD‟s voor die einde van die kwartaal ontvang.

3/…

Page 3: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

3

3.2 WOW-Spelfees

Baie geluk aan al ons Kruiner spellers wat Vrydag, 18 September deelgeneem het aan die

provinsiale rondte. Die volgende leerders: Esti Smit (Graad 1), Thea Kotze (Graad 2),

Mia Kotzee (Graad 2), Talia van Niekerk (Graad 3) en Kayla de Beer (Graad 5), is deur na

die nasionale rondte te Stellenbosch op 17 Oktober 2015.

3.3 Kersliedere by Kerslig

Ons nooi u almal, klein en groot, om Woensdag, 4 November ons

“Kersliedere by Kerslig” by te woon. Dis vir ons belangrik om

terug te gee aan die gemeenskap en om die jaar op „n gepaste wyse

af te sluit.

Die geleentheid gaan op die skool se rugbyveld plaasvind vanaf 18:30 tot 20:00. Bring

u kombers en piekniekmandjie en kom vier Kersfees saam met ons.

Indien moontlik, vra ons u om asseblief „n skoendoos met items vir minderbevoorregte

kinders op te maak.

- Die skoendoos moenie groter as „n medium (20 x 34 x 11 cm) grootte wees nie. „n

Medium grootte plastiekhouer is ook welkom.

- Wees kreatief! Versier die skoendoos met tekeninge, verf, uitgesnyde figure of

plakkers of selfs geskenkpapier.

- „n Naamplakker met die geslag en toepaslike ouderdom vir wie die geskenk geskik is

moet asseblief aan die regterkantste, boonste hoek geplak word.

- Hou asseblief in gedagte: NUWE en OUDERDOMSTOEPASLIKE items sal hartjies

baie bly maak. Die volgende items word versoek in al die skoendose: tandepasta,

tandeborsel, lekkergoed en „n speelding.

- Belangrike notas oor die inhoud:

Sjokolade moet in „n ziplock sakkie gesit word om te voorkom dan moontlike

gesmelte sjokolade ander produkte beskadig.

Moet asseblief geen medikasie, geweld verwante items (speelmesse of –gewere),

breekbare items (glasprodukte of spieëls) elektronika (batterye en battery

aangedrewe speelgoed), politieke, religieuse of rasse verwante

speelgoed insluit nie.

Alle vloeistowwe soos kosmetiese produkte en “bubble” moet in

„n ziplock sakkie verpak word.

Verseker asseblief dat geskenke ouderdomstoepaslik is en dat

geen items wat ingesluk kan word of as „n lekker aangesien kan

word ingesluit is nie.

Dit is ‘n vrywillige projek en u is onder geen verpligting om daaraan deel te neem nie! (K Lourens)

4. KOOR

Belangrike datums:

Geen Junior- en Kinderkooroefening op Woensdag, 23 September nie.

Junior- en Kinderkoorafsluiting vind op 29 Oktober 2015 plaas.

Kinderkooroptrede: 25 Oktober te NG Kerk Horison-Noord

(M Nel)

5. GRAAD RR/R ONDERWYSERES AAN DIENS DIE WEEK

Mee Hanli-Mari Olivier (Graad RR), Mariaan Deneys en Cherani van der Westhuizen (Graad R‟e)

sal hierdie week aan diens wees vanaf 06:45.

Page 4: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

(L Kapp) 4/...

4

6. KLEREBANK

Skakel gerus die skool op (011) 764-2506 om ‟n afspraak te maak met

me Elouise van Zyl vir die aankoop van tweedehandse klere.

(Bestuur)

7. SKOOLVERLATERS

Indien daar enige kinders is wat die skool verlaat aan die einde van hierdie kwartaal moet die

aangehegte skeurstrokie A asseblief voltooi en aan ons terugbesorg word. Onthou om u inlig-

ting op die webblad te deregistreer sodat u nie boodskappe van die skool ontvang nie.

(Me E Laubscher)

8. BELANGRIKE DATUMS

Baie sterkte aan almal wat hierdie week by die onderskeie aktiwiteite betrokke is!

21 September 2015 - Krieket: Aandreeks

- Tennis: o.11 Groen vs Roodekrans (weg)

- Tennis: o.14 Goud vs Horison (weg)

22 September 2015 - Krieket: o.9B vs Horison (weg)

- Krieket: o.10A vs Dr Havinga (tuis)

23 September 2015 - Krieket: Aandwedstryd: Kwaggas vs Horison om 16:00

- Junior- en Kinderkoor: geen oefening

- Skaak: geen oefening

- Skool sluit om 12:00

24 September 2015 - Publieke vakansiedag: Erfenisdag

25 September 2015 - Skoolvakansiedag

29 September 2015 - Hokkie afsluiting

1 Oktober 2015 - Graad 7 Entrepreneursdag

2 Oktober 2015 - Skool sluit om 09:45 (Leerders trek gewone klere aan)

- Leerders ontvang rapporte

9 – 11 Oktober 2015 - Kinderkoortoer na Bela Bela

12 Oktober 2015 - Skool heropen

- Geen buitemuurs (Personeelvergadering)

17 Oktober 2015 - WOW Spelfees te Stellenbosch

Helderkruingroete

C SCHUTTE EN REDAKSIE

HOOF ----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

SKEURSTROKIE A: SKOOLVERLATERS

Ek die ondergetekende,...............................................................................ouer/voog van ...............................................................

in graad …………….bevestig dat my kind die skool verlaat aan die einde van die tweede kwartaal.

HANDTEKENING: …………………………….……………………… -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Page 5: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

GEKLASSIFISEERDE BERIGTE

Bachelor/Tuinwoonstel te huur in

Wilropark

Ruim oopplan1 slaapkamer, 1badkamer

bachelor/tuinwoonstel te huur in

Wilropark en beskikbaar vanaf

1 Augustus 2015.

Huur: R4,000 pm

(sluit water en ligte in)

Skakel Frans by 071 462 9035 vir verder

navrae

Kunsklasse vir oud en jonk Leerders: Maandae 15.00 tot 16.30 Gr RR tot Gr 3 Woensdae 15.00 tot 16.30 Gr 4 tot 7 Hoërskoolleerders: Donderdae 18.00 tot 21.00 Volwassenes: Woensdae 9.00 tot 12.00 Donderdae 18.00 tot 21.00 Saterdae werkswinkels op aanvraag. Skilder self en het baie ervaring in aanbieding en onderrig van kuns. Beginners welkom. Baie ontspanne atmosfeer, geen vorige ervaring nodig nie, net ‘n liefde vir kuns. Leerders: Bevorder kreatiwiteit, konsentrasie, fyn motories, waarneming, probleemoplossings en sommer baie pret. Alle mediums. Volwassenes: Teken en skilder Kontak: Sannie Slabbert 082 938 7490 of 011 768 2956 Studio: Titaanlaan 29 Wilropark

KITAARLESSE VIR BEGINNERS

Kitaarlesse vir beginners in die Wilropark area.

Help jou kind om sy/haar passie vir musiek te

ontdek.

Vir meer inligting, asook beskikbare tye, besoek

my webwerf by leonlouw.liveteachguitar.com of

skakel my by 071 989 9228.

Vir hulp met boekhouding, finansiële state, belasting (persoonlik en besigheid) en sekretariële dienste skakel.

Leandra by 083 537 2898

Page 6: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

We buy, sell and pawn new and used goods, clothing,

furniture and appliances in good condition.

“Ladies, Gents and Kiddies Coats and Jackets in Stock”

KRUIN CENTRE SHOP 10 & 11, BANKET DRIVE, HELDERKRUIN

Office Hours 011 764-1055/082 317-3493 Email: [email protected]

A& B KUNSSENTRUM Kunsklasse met ‘n ander kleur! Net belangstelling en bereidwilligheid is hier nodig! ‘n Sessie per week sal u kind se talent, kennis en sluimerende vaardigheid stimuleer en nie frustreer! Vir meer inligting haal ‘n inskrywingsvorm af by me A Botes in die kunsklas van Laerskool Helderkruin.

Leerders vanaf graad 2 tot graad 7 is welkom!

Handyman Vir gratis kwotasies, betroubare en lojale diens, kontak Ignatius 082 926 3485 of Retha by snoepie 082 927 1244.

Page 7: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

Your attorneys for life.

For any Property related matters.

Tel: 011 028 2890 www.bslaw.org

Unit 35 Block C Willowbrook Office Park

Van Hoof Str, Willowbrook, Ruimsig

Page 8: op 19 Oktober 2015.kruiners.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kruiner-Klets-2815.pdf · 25 September 2015 - Skoolvakansiedag 29 September 2015 - Hokkie afsluiting 1 Oktober 2015 -

PHOTOSHOOT SPECIALS

Maternity, Newborn, Baby, Family, Little models

and Corporate Photoshoots My studio is in Weltevredenpark and I also do

location photoshoots

Contact me today for a quotation

Cheryl 083 501 5050

Email: [email protected]

Family etc website: www.studiocheryl.co.za

Corporate website: www.cvlphotography.co.za

GEE JOU KIND ‘N VOORSPRONG!! BioLink is die enigste maatskappy in SA wat ‘n unieke kombinasie van HEG en EEG “Edu-feedback”- opleiding doen om konsentrasie en leerprobleme geassosieer met ADHD en verwante probleme aan te spreek. Ons bied ook Studiemetodes (Gr 4 – 7), Oorbruggingskursus (Gr 3 na 4) vir Mammas aan! Indien u belangstel, kontak my gerus: Carina Rheeder – 079 44 66 351

WEES MA MET JOU EIE INKOMSTE Ek help ma's om geld van die huis af te maak en kosbare tyd saam met hulle kinders te geniet. Vir meer inligting - skakel of sms Antoinette by 0826592240