Upload
others
View
3
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
30 Augustus 2015
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Schalk van Wyk
10:00 In formele d iens Oudi tor ium Ds. Eric Swanepoel
19:00 Regeneration diens
Ouditorium
Wynand Breytenbach
Deuroffer: Bediening aan
Dowes
6 September 2015, Doop Biddag vir Dowes, VELDTOG: Die Wonderwerker
NUUSFLITS:
29 Aug: Betesdamark
30 Aug: Bevestig Mizelle
Prinsloo & Afskop van
Koninkrykbestuursveldtog
6 Sept: Cassie Carstens:
Hoe is ek ’n mentor?
Sien bladsy 5 vir meer inligting.
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo
10:00 Informele diens
Ouditorium
Ds. Mizelle Prinsloo
19:00 Regeneration diens
Ouditorium
Ds. Mizelle Prinsloo
Deuroffer: Christelike Lektuur-
fonds
30 Aug. 2015, Bybelsondag, Bevestiging: Ds. Mizelle Prinsloo Koninkrykbestuursveldtog
Daar is twee maniere om te lewe. Die een asof niks wonderlik is nie, en die an-der is om alles as 'n wonder uit God se hand te beskou. Dít is Mizelle se lewens-motto.
Haar intreepreek by Dur-banville-Bergsig handel dan ook oor Jesus se heel eerste wonderwerk: Johan-nes 2: 1-12 waar Jesus water in wyn verander by die bruilof in Kana.
Die afskoptema van die Koninkrykbestuursveldtog is: Die Wynmaker. (Lees meer oor die veldtog op bladsy 5.)
Op ’n jong ouderdom het Mizelle die roeping ontvang om haar lewe as instrument te gebruik om God se liefde, verlossing, genade, vrede, vreugde en hoop aan sy mense oor te dra. sy het altyd geweet die Here wil haar in sy kerk gebruik.
Mizelle het in 2006 by Hoërskool Stellenberg ge-matrikuleer en sy het haar Lisensiaat in Teologie in Stellenbosch voltooi in 2013. Haar skripsietitel is baie relevant vandag: Op soek na God buite die kerk. Dit vat mooi hande met
Bergsig se dissipelskap- fokus.
Mizelle het haar prakties by die gemeente in Danabaai en Parke Kraaifontein, ge-doen.
Daarna het sy by die si-nodale sentrum se Ar-moede- en sorgafdeling ingeskakel totdat sy dié jaar na Bergsig beroep is. Sy was daar verantwoordelik om te netwerk met ge-meentes en was onder an-dere ook betrokke by Vroeë Kindontwikkelingsprojekte .
Haar bedieningpassies sluit in: Prediking, Pastoraat, Bejaardebediening, Jeug-bediening en Jong Volwas-senes.
Haar bedieningsveld by Bergsig omvat: Gebed, Gesinne, Vroue en Enkello-pendes.
Mizelle is jonk, vol energie en opgewonde oor haar begin by Durbanville-Bergsig. Sy is gelukkig getroud met Carlo (’n loodgieter van beroep) en Milla, hul eersteling, is vandag nege weke oud.
Ons verwelkom Mizelle as Bedienaar van die Woord en wens julle as gesin ’n geseënde nuwe lewens-
fase toe as Bergsig lidmate.
Die jaar se Koninkrykbe-
stuursveldtog se naam is:
Die Wonderwerker.
Dit is ’n fantastiese 7 week-
preekreeks wat handel oor
Jesus se wonderwerke van-
uit die Johannes-evan-
gelie. Die klem val spesifiek
daarop om die persoon Je-
sus agter die wonderwerke
beter te leer ken. Jy kan
met hierdie preekreeks die
verwagting hê dat jou intie-
me lewe met Jesus gaan
groei. Lees meer op bl. 5
Ons verwelkom Ds. Mizelle Prinsloo
Vandag word Mizelle Prinsloo as nuwe leraar by Durbanville-Bergsig bevestig.
Ons is opgewonde en sien uit daarna om haar te verwelkom as deel van die span.
Ons nooi alle lidmate uit om die geleent-
heid by te woon en ons sal by beide ere-dienste die bekendstelling hanteer.
Gemeentelede word genooi vir tee na die diens om Ds. Mizelle en haar gesin te ontmoet. Kom ons gee haar ’n lekker Lig-draerverwelkoming!
Kom ontmoet die nuwe leraar
Bergsig-Uitreikhulp
Vanuit die Uitreikkantoor ...
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Hierby is die datums vir die jaar se Moslemuitreike:
Sept: 5 en 19, Okt: 17 en 31, Nov: 14 en 28, Des: 5
Bel vir Andre van der Westhuizen om meer hieroor te hoor 074 330 4431.
Moslembediening
Ons benodig 'n paar vrywilligers om te help op 'n Maandag van 9:00 - 13:00 met naaldwerk, kreatiewe handwerk, maak van tee, (klein takies) te Morningstar, Durbanville. Skakel 021 976 3275 of 082 353 8260.
BADISA
Ons het nog steeds ’n behoefte aan ’n stapelbed en ’n laai– kassie vir ’n persoon wat in ’n baie klein plekkie bly. Voorts ook ’n behoefte aan toiletware soos deodorant, sjampoe, handeroom, sanitêre doekies. Ons het ’n paar tienerdogters wat ons ondersteun en aan wie ons maandeliks die nood-saaklikhede moet verskaf. Miskien is daar ’n omgeegroep of twee wat ons hiermee kan help en sulke “care bags” kan opmaak. Baie dankie vir julle ondersteuning. Ons waardeer die hulp geweldig baie.
ELNA FRANCKE, MAATSKAPLIKE WERKER
TEL: 021 987 2940
Daar is ‘n pos beskikbaar by
FCD as opleidings-beampte.
Die aansoeke sluit 7 Sept. Vir
die volledige ad-vertensie e-pos
vir Annamaré by
en sy sal dit vir jou aanstuur.
NGK DURBANVILLE - BERGSIG
GGO-VERDELING : 2014/15 Hartlik dankie aan elke Bergsiglidmaat wat verbind was en bygedra het tot Bergsig se Geloofsgelofte- offerprojek (GGO) gedurende die afgelope 2014/15 kerkjaar. U het weereens meegehelp om 'n baie mooi bedrag van R944 817 ge-durende gemelde jaar vir hierdie doel by te dra (vergeleke met R957 761 tydens 2013/14).
God illustreer Sy seën aan ons in hierdie projek ongeag taai ekonomiese tye wat ervaar word. Ons loof en prys en dank Hom daarvoor. Hierdie GGO-fondse Is versprei oor 48 uitreikprojekte / instansies, waarby Durbanville-Bergsig bevoorreg was om by betrokke te kon wees en finansieel kon ondersteun.
Van die totale GGO-fondse ontvang, is 49.3% aangewend aan projekte / instansies "op ons voorstoep", terwyl 50.7% van die totaal aan projekte / instansies "oor grense heen" gegaan het.
Baie hartlik dankie vir die getroue wyse waarvolgens u, u geloofsgelofte nagekom het. Ons opregte dank en alle eer aan ons hemelse Vader wat hierdie projek op so 'n wonder-like wyse jaarliks in stand hou en laat groei en aldus ook Bergsig inskakel by sy Koninkrykswerk.
Bergsig se GGO-projek belewe vanjaar al sy 18de bestaansjaar.
Met woorde kies jy om te vernietig of te skep.
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Voorbidding
Bel Oswald by 079 108 9697 om deel van die gebedsketting te word
of e-pos na [email protected]
KNIELTYD: 30 Augustus
“Ek het meesal alleen gevoel in die kerk. Eers na 'n lang ruk het my verhoudinge met nie-gestremdes begin groei tot ware vriendskappe. Ek het dikwels gevoel ek word aangesien vir iemand wat net altyd hulp nodig het. Mense verstaan nie dat ek op gelyke vlak ook 'n vriend vir ander wil wees nie”. Steven, 'n jong man wat 'n rolstoel gebruik.
Die tema vir hierdie jaar “Die mooiste van vriendskap”, wil fokus op die verrykende ervarings wat moontlik is waar gestremde en nie-gestremde persone op gelyke vlak deelneem in vriendskappe van egte wederkerigheid. Op die RampUp webwerf is daar 'n aflaaibare pamflet met vars in-ligting en idees oor gestremdheid in die wêreld asook in kerke, in-teraksie tussen gestremdes en nie-gestremdes: www.rampup.co.za
SONDAG VIR PERSONE MET GESTREMDHEID
NAAM ADRES REDE BID VIR
Carola de Wet Rocktree Crecent 2, 021 975 9934 Operasie Genesing en geduld
Lorraine Blignaut Murraystraat 33, 021 976 8012 Operasie Herstel en bemoediging
Francois van Wyngaardt Andre (pa) 082 465 4957 Duikongeluk Bid vir gebruik van hande en arms
Heleen Rossouw Koedoestraat 10, 021 976 8966 Man oorlede Troos en bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Operasie Verligting van pyn
Mara van Zyl Fairtrees 22 Operasie Herstel en bemoediging
Raadjie Pretorius Alkmaarstraat 26 Operasie Herstel en bemoediging
Tania de Villiers Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging
Jacques Boonzaaier Klipheuwel Kry tans chemo Volkome herstel
Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging
Rhalene Uys Murraystraat 62, 021 979 2415 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging
Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging
Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Operasie Volkome herstel
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.
Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.
Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.
Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.
Bid vir die Regering en leiers van ons land.
Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
Dissipelskapsessie met
Ds Cassie sal die 6de September 17:30 tot 19:00 by Bergsig wees om die tweede deel te bespreek wat handel
oor hoe om ’n mentor te wees.
Program vir die week:
Kan ons Genesis letterlik glo, of is wetenskap reg? Wat van evolusie? Is die aarde miljoene jare oud en maak dit saak? Wie was Kain se vrou? Waar pas dinosourusse in die Bybel? Was Adam en Eva regte mense? Hoe het Noag al die diere in die ark gepas? Is ons afstammelinge van ape?
Hierdie en baie soortgelyke vrae word gedurig aan ons as Christene gerig. Die Bybel se relevantheid word al hoe meer in die media, in die klaskamer en in die werkplek be-vraagteken.
Die Bybel onderrig ons as Christene “…wees altyd gereed om 'n antwoord te gee aan elkeen wat van julle 'n ver-duideliking eis oor die hoop wat in julle lewe. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied vir God..” (1 Pet 3: 15 -16)
Hierdie kleingroepie beoog om ons as Christene toe te rus in ons kennis van die Bybel en om ’n sinvolle gesprek te kan voer met enige persoon wat vrae het oor die Bybel en hoe dit relevant is tot vandag se moderne tyd.
Die kleingroepie is vir jonk en oud, gesin of enkelpersoon wat in die onderwerp belangstel en gaan een keer per week bymekaar kom by Hermonstraat 27, Durbanville.
Kontak asb vir Charl Laas by [email protected] of Juanita Fourie by [email protected].
Apologie Kleingroep
Die tyd waarin ons leef het
’n beslissende tyd geword
vir baie dinge! Ons mo-
derne leefstyl het die
planeet aarde se
hulpbronne totaal oorbenut
en energiebronne gedrei-
neer. Niemand wat hierdie
lees is onskuldig daaraan
nie. Ons verbruik water,
houtprodukte, brandstof in
ons motors, elektrisiteit -
asof daar geen einde is nie!
Ons weet nou dat die
klimaat besig is om te pro-
testeer en ons vergrype tee-
noor die natuur nie langer
sal duld nie. Maar terwyl
hulpbronne uitgeput raak is
daar ‘n oorvloed aan in-
ligting. En om ingelig te
wees is die mens se manier
om homself op te hef tot
iemand wat weer nuut dink,
ver anderkant die hier en
nou en persoonlike gerief.
Die nuwe drywer is meer
vanuit die hart met ’n nuwe
bewussyn van ons plek in
die lewensiklus in sinchro-
nisasie met die natuur. En
soos ego deur eko vervang
word, waardeer ons weer
elke aspek van ons lewens
en leer ons om nederig te
wees in die aanskoue van
God se wonderlike skep-
ping!
Hier is ’n meevallertjie! Kyk
gerus na hierdie
video van ’n olifant se in-
teraksie met mense. Jy sal
dit baie geniet!
http://youtu.be/Z0HJRww0dp4
Die Regeneration aan-derediens word baie goed bygewoon en die behoefte het ontstaan vir ’n Kinderoppasdiens tydens die diens (19:00-20:15) veral tydens ons sewe weke Die Won-derwerkerreeks.
Sou jy graag hier wou help? Ons Junior Jeug-bedienaar, Bea, sal help met materiaal om die kinders besig te hou. Dit sal van hulp wees. Bel Ds Johan Els as jy beskikbaar is by 084 672 0626.
Doel van bediening
Om ‘n verwelkomende, gasvrye (‘inviting’)
kultuur by Bergsig te skep.
Wanneer nuwelinge by die gemeente
aankom, en nog nie besluit het of hulle
weer sal terugkom nie, word die besluit in
baie gevalle gebaseer op hulle heel eerste
ervaring van die gemeente. Wat is dit wat
mense heel eerste ervaar wanneer hulle
by ons gemeente aankom – hoe hulle
gegroet word by die deur …?
Hoof verantwoordelikheid
Om nuwelinge in te skakel by die ge-
meente en bekend te stel aan aktiwiteite
van die gemeente.
Koördineer alle verwelkomingsinisia-tiewe
vir die gemeente.
Vestig ’n kultuur van gasvryheid en
vriendelikheid waar almal gemaklik en
ontspanne kan voel.
Bedien mense met Jesus se liefde
sodat elkeen geliefd en tuis voel.
Wie behoort deel te wees van die span
Indien jy glo dat mense moet welkom voel
by ons gemeente.
As jy hierin ‘n bydrae wil maak ongeag jou
gawes of persoonlikheid.
Bel Johann van Tonder as jy wil deel raak
van die gasvryheidsbediening by 083 463
5050 of e-pos hom by:
Gasvryheidsbediening
VAN EGO NA EKO
Dalk kan jy ons help?
Program vir die week:
Wees deel van
Bergsig se
Facebook-blad
Durbanville-Bergsig
kerk - Sy ligdraers
Klik op “hou hiervan”.
(673 hou van Bergsig )
Bergs ig Boodskap
Baie baie dankie aan diegene wat reeds aangemeld het om te kom help, vele hande maak ligte werk. Dankie, vir julle FUNtastiese gesindheid.
A-Koord gaan tot verdere ken-nisgewing finansiële hulp aanbied aan die Hanno Fourie Trust. Hanno het al baie le-wens aangeraak in sy kort lewe en so ons wil graag op ons ma-nier deel in die vreugde wat hy aan mense bring. 50% van die netto opbrengs op Sondae gaan aangewend word om spesifiek te help met Hanno se maande-likse apteekrekening.
Ons het egter steeds ’n tekort aan hande om te help op Son-dae. Indien jy dus lekker kan bak, graag mense bedien of LIEF is vir OPWAS wil ons graag met jou hande vat. Ons gaan spanne maak sodat elkeen net een keer per maand aan diens sal wees. Die gedagte is dat die bakkers hulle gebak sal skenk vir die verkope. Dit gee ons die geleentheid om jou bydrae te verdubbel deur die verkope.
Kontak gerus vir Heidi (083 399 2013) Oswald (079 108 9697) of Wilna(082 575 9505)
“A cord of three strands
is not easily broken”
Bladsy 5
Die jaar se Koninkrykbe-
stuursveldtog se naam is:
Die Wonderwerker.
Dit is ’n fantastiese 7 week-
preekreeks wat handel oor
Jesus se wonderwerke van-
uit die Johannes-evan-
gelie. Johan Smith wat on-
langs ons getuienisweek
gelei het, getuig oor Die
Wonderwerker - dat dit een
van die mees “geestelik
verrykende reekse was wat
hulle tot dusver gedoen
het”.
Die klem val spesifiek daar-
op om die persoon Jesus
agter die wonderwerke be-
ter te leer ken. Jy kan met
hierdie preekreeks die ver-
wagting hê dat jou intieme
lewe met Jesus gaan groei.
Ons loods dit op 30 Au-
gustus met die eerste te-
ma: Die Wynmaker.
6 Sept. - Die Choreograaf
13 Sept. - Die Rebel
20 Sept. - Die God van Al-
gebra
18 Okt. - Die Waterloper
25 Okt. - Die Oogspesialis
1 Nov. - Die Grafdief
Ander goeie nuus is dat die
oggend- en aand-
eredienste dieselfde temas
gaan volg. Jy sou ook
saans een van jou vriende
kan nooi om die preek te
kom luister indien die og-
gendtema jou aangespreek
het. Die junior en senior-
kategese sluit ook by ‘Die
Wonderwerker’ preekreeks
aan. Families kan dus
saam op reis gaan omdat
almal in die gesin deur die
reeks bedien word.
Ons benodig gasheerhuise
vir lidmate wat vir die duur
van die veldtog in ’n groep
wil inskakel. As jy weet hoe
’n DVD speler werk kan jy
’n gasheer wees (geen
opleiding is nodig). Om as
gasheer te ‘volunteer’ bel
Juanita 082 963 3333.
Daar is kleingroepmateriaal
beskikbaar. Kleingroepe kry
’n spesiale DVD (R20 een
per groep) en Afrikaanse
handleiding teen R10 per
persoon. Vir navrae oor
materiaal bel kerkkantoor
021-976 4106.
Die Wonderwerker-reeks is
gebaseer op die boek van
Mark Batterson “The Grave
Robber”. Ons wil baie
graag ons lidmate aan die
oorspronklike werk bloot-
stel. Om regtig optimaal
geestelik te groei tydens die
reeks beveel ons ten sterk-
ste aan dat die boek
aangekoop word. Die goeie
nuus is, ons kry dit teen
45% goedkoper as wat die
rakprys is. Boeke is vanaf
12 Augustus by die kerk-
kantoor beskikbaar teen
R100.
Die 20ste September is ons
spesiale dankoffer-oggend
as deel van die reeks en
spesiale koeverte word dan
uitgedeel. By die afsluiting
van die Koninkrykbe-
stuursveldtog op 25 Okt.
neem ons weer die
koeverte op. Koeverte en
ander inbetalings is steeds
welkom tot Febr. 2016
Alle veldtognavrae kan aan
Ds. Johan Els gerig word.
Die Christelike Lektuurfonds
(CLF) bring steeds vir meer as
55 jaar die Boodskap van die
Bybel aan almal deur gratis en
bekostigbare lektuur.
Bestel gerus CLF pamflette in
die tale van SA met onderwerpe
wat wissel van geestelik tot so-
siaal-maatskaplike probleme en
vra God om jou te wys hoe om
dit daagliks te gebruik om ander
van Sy Liefde, Hoop en Verloss-
ing te vertel. Ons het ook by die
deure pamflette beskikbaar wat
jul gratis kan neem om uit te
deel aan die wat dit nodig het.
Raak betrokke by die
1 MILJOEN BYBELS VIR 1
MILJOEN KINDERS PROJEK
om die Boodskap na die kinders
van ons land in Afrikaans, En-
gels, Xhosa, Sotho, Tswana,
Zulu en Pedi te bring.
Vir meer inligting of indien jy self
die projek vir kinders in jou area
wil aanpak, kontak Hedwig
Moore by 021 864 3707. Be-
soek ons webwerf by
www.clf.co.za of skakel 021 873
6964 vir meer inligting.
Praat met mense oor Jesus deur die kanaal ...
NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810
Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure
H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106
Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606
S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]
[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za
Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers
11-13 September 2015 MANNEKAMP Die jaarlikse mannekamp vind weer plaas
by Boegoeberg. Die begintyd is vanaf
laatmiddag.
Beau de Klerk is die spreker.
Navrae: Andries [email protected]
Ankia du Plooy van die Sinodale Vrouekomissie gesels met ons oor
Vroue met Vlerke en daarna Lizel Stephens (’n lewensafrigter).
Ons bied ’n driegang maaltyd aan na
afloop van die sprekers.
‘n Vrolike boodskap by Gesinsweek 2015 Dink jouself gelukkig, ’n verfrissende tema in ’n strak wêreld!
Dr. Pieter van Jaarsveld het dit met soveel ‘flair’ kom deel
en dit was soms skreeusnaaks!
Hy noem dat deur visualisering, meditasie en asamhalings
oefeninge jy klaar jou ligaam positief kan instel. Ook dat ons
vir elke negatiewe gedagte, vyf positiewe gedagtes moet
terugsê aan onsself voordat ons dit uitkanselleer.
Gretha Wiid, bekende spreker oor huwelik en gesinsver-
houdings het by die afsluiting van die gesinsweek
beklemtoon wat die belang is om elke week vir jou geliefdes
dankie te sê, ’n kompliment te gee en respek te wys vir
hulle. Die drie lewensbeginsels sal ons help om baie van
ons verhoudingsprobleme te oorkom. Dink die week na
daar-oor en bêre dit nie net weg nie, maar beoefen dit.
Die VVV kleingroep bederf die SAPD vroue van Durbanville elke jaar. Maché Smith (’n junior ambassadeur vir gestremdes)
was die gasspreker en het met haar getuienis die mense in trane gehad. Die jaar was daar ’n ‘twist’ of eerder ’n gedans van
’n ander aard. Caley Jäck (fiksheid-instruktrise by Planet Fitness) het die vroue danse aangeleer. ’n Jolige affêre!