Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
OOMMGGEEWWIINNGGSSIIMMPPAAKKBBEEPPAALLIINNGGSS::
VVOOOORRGGEESSTTEELLDDEE SSOOLLAARR CCSSPP--IINNTTEEGGRRAASSIIEEPPRROOJJEEKK NNOOOORRDD--KKAAAAPP –– IINNTTEEGGRRAASSIIEE VVAANN DDIIEE SSOOLLAARR
PPAARRKK MMEETT FFEERRRRUUMM,, AARRIIEESS EENN NNIIEEUUWWEEHHOOOOPP
JJAANNUUAARRIIEE 22001122
KKOONNSSEEPP--OOMMVVAANNGGVVEERRSSLLAAEE:: NNIIEETTEEGGNNIIEESSEE OOPPSSOOMMMMIINNGG
Eskom Holdings (Edms) Bpk
(Eskom) ondersoek die potensiële
omgewingsimpakte wat die
konstruksie van verskeie 400 kV-
kraglyne tussen die nuut
goedgekeurde Solar Park naby
Upington en die Ferrum-, Aries-
en Nieuwehoop-substasies in die
Noord-Kaap kan hê. Ingevolge
die Wet op Nasionale
Omgewingsbestuur (No. 107 van
1998) (soos gewysig) moet
Omgewingsimpakbepalings
(OIB's) gedoen word sodat die
Departement van
Omgewingsake (DO) die
voorgestelde projekte kan
magtig. Zitholele Consulting
(Edms) Bpk (Zitholele) doen die
studies namens Eskom.
'n OIB is 'n proses wat in die
vroegs moontlike stadium die
omgewingseienskappe van 'n
voorgestelde projek en die
gevolge vir die omgewing en die
mense wat daar woon, evalueer.
Die doel is om die potensiële
omgewingsimpakte te evalueer
en om die omgewingsowerheid
te help om te besluit of die projek
gemagtig moet word of nie.
Waar daar waarskynlik
negatiewe impakte op die
omgewing sal wees as gevolg
van die projek, kan maatreëls
aanbeveel word om hierdie
impakte te versag of te
verminder tot 'n vlak waar dit
aanvaarbaar is. Die proses bied
ook aan Belanghebbende en
Geaffekteerde Partye (B&GP's) 'n
geleentheid om op hoogte
gehou te word van besluite wat
hulle of die omgewing kan raak.
Hierdie dokument is 'n
nietegniese opsomming van die
Omvangverslae vir die OIB. Die
doel is om te verduidelik wat
voorgestel word en hoekom dit
nodig is. Die alternatiewe wat
oorweeg sal word betreffende
tipe torings/maste en waar om
die voorgestelde kraglyne te
plaas, word verduidelik. Die
verwagte impakte word beskryf
en die wyse hoe hierdie studie
beoog om in die volgende
stadium van die studie na die
impakte te kyk, word geskets. Die
opsomming kan nie die
omvattende Omvangverslae
vervang nie maar bied 'n oorsig
van die inhoud van daardie
dokumente.
Eskom se gebruik van
steenkoolkragstasies het daartoe
gelei dat van die goedkoopste
elektrisiteit ter wêreld opgewek
word teen ~R10/W, maar dit
veroorsaak ook dat Suid-Afrika
die grootste produsent van
kweekhuisgasse in Afrika en een
van die top-20-
kweekhuisgasproduserende
lande ter wêreld is.
DOEL VAN DIE KONSEP-OMVANGVERSLAE
Die doel van die Omvangverslagfase is om
potensiële positiewe en negatiewe
omgewingsimpakte (sowel biofisies as
maatskaplik) rakende die voorgestelde projek
te identifiseer en te skets. Die Omvangverslae
identifiseer alternatiewe en aspekte wat
gedurende die Impakbepalingsfase deur
spesialiste ondersoek en geëvalueer moet
word.
Bestudeer asb hierdie nietegniese
Opsomming en verkieslik die
volledige Konsep-Omvangverslae
en lê u kommentaar op die
voorgestelde projek voor teen 9
Maart 2012.
Vul 'n kommentaarblad in, skryf 'n brief of
skakel per telefoon of e-pos met die Kantoor
vir Openbare Deelname. Alle OIB-dokumente
sal ook beskikbaar wees op die webblaaie van
Eskom (www.eskom.co.za/eia) en Zitholele
(www.zitholele.co.za/eskom-solar).
Kantoor vir Openbare Deelname André Joubert of Florence Rambuda Zitholele Consulting (Edms) Bpk Posbus 6002, Halfway House,1685 Tel: 011 207 2077 / 2075 Faks: 086 676 9950 E-pos: [email protected] [email protected] Tegniese navrae oor die OIB Konrad Kruger Zitholele Consulting (Edms) Bpk Posbus 6002, Halfway House,1685 Tel: 011 207 2079 Faks: 086 676 9950 E-pos: [email protected]
Wat is 'n
Omgewingsimpak-bepaling?
Hoekom is die kraglyne nodig?
2
KKOONNSSEEPP-- OOMMVVAANNGGVVEERRSSLL AAGG -- BBEESSTT UUUURRSSOOPPSSOOMMMMII NNGG
Y
Suid-Afrika het hom daartoe verbind om
koolstofdioksiedemissies te verminder, is 'n
ondertekenaar van die VN se
Raamwerkkonvensie oor Klimaat-
verandering (UNFCCC) en die Kioto-
protokol en is besig met die implementering
van strategieë om die land se
koolstofdioksiedemissies te verminder.
Eskom is voorts daartoe verbind om die
regering se inisiatiewe vir hernubare
energie te steun en beoog om teen 2013
sowat 2 400 GWh hernubare energie te
lewer vir die Departement van Energie (DE)
se teiken vir hernubare energie. Eskom het
onderneem om steenkool se huidige ~90%-
aandeel in sy primêre energieverskaffing
teen 2012 deur verskeie projekte tot 78% te
verminder en teen 2035 tot 70%.
Demonstrasieprojekte en navorsing deur
Eskom toon dat sowel son- as windenergie
groot potensiaal in Suid-Afrika het.
Gevolglik (en om sy koolstofvoetspoor te
verklein) beoog Eskom om die hernubare-
energiekomponent van sy voorsienings-
pakket teen 2025 tot ten minste 1 600 MW
te vergroot.
Die kragvoorsieningskrisis plaas ook groter
druk op Eskom om sy energiepakket te
diversifiseer en versnel sy beweging na
alternatiewe energiebronne soos kernkrag
en aardgas asook verskeie vorms van
hernubare energie.
Sonkrag is een van die hernubare-
energietegnologieë wat tot dusver die
minste benut is. Sonkrag lewer minder as 1%
van die wêreld se energie, volgens die
internasionale finansiëledienstegroep UBS.
Dit blyk egter dat die potensiaal van
sonenergie groei, en UBS bereken 50% groei
in die sektor op 'n jaargrondslag. En syfers
wat in 2011 deur die Earth Policy Institute
uitgereik is, toon dat die opwekking van
elektrisiteit deur sonenergie nou die
elektrisiteitbron is wat die vinnigste groei.
Die vernaamste struikelblok vir die gebruik
van sonkrag tot dusver is die koste daarvan,
wat op ongeveer R22,00/Watt geraam
word.
Die Upington-gebied is geïdentifiseer as
een van die plekke met die hoogste sonbestraling ter wêreld en die beste geleenthede om die son te gebruik om elektrisiteit op te wek. In 'n poging om hernubare energiebronne te benut ten
einde in die groeiende vraag na elektrisiteit te voorsien, gaan die Suid-Afrikaanse regering 'n Solar Park van R150 miljard oprig op Olyvenhoutsdrift, ~15 km wes van Upington in die Noord-Kaap. Solar Park sal die son se energie gebruik om uiteindelik
5 000 MW elektrisiteit op te wek.
Eskom begin die ontwikkeling van Solar Park
met die bou van 'n 100 MW Concentrating
Solar Power (CSP)-aanleg by Solar Park, wat
'n aantal spieëls gebruik wat deur
naspoorstelsels beheer word om 'n groot
oppervlakte sonlig in 'n smal straal te fokus.
Die hitte wat so ontstaan, word gebruik om
elektrisiteit op te wek. CSP word ook deur
die Wêreldbank gesteun, wat dit beskou as
die enigste emissievrye tegnologie wat
potensieel steenkoolkrag kan ewenaar.
Eskom het in Augustus 2007 'n positiewe
Rekord van Besluit (RvB) gekry met
goedkeuring vir 'n 100 MW-CSP-fasiliteit vir
hierdie projek en is tans besig met 'n
wysigingsaansoek as gevolg van
veranderinge in tegnologieë en voetspoor.
Die uitbreiding van die CSP-aanleg se
voetspoor sal 'n Omgewingsmagtiging
vereis, waarvoor 'n afsonderlike studie
gedoen word.
Hierdie wysigingsaansoek word ook deur
Zitholele Consulting hanteer. Skakel asb met
ons as u meer spesifieke inligting oor die
voorgestelde uitbreiding van die CSP wil hê.
Figuur 1: Model van sonstralingspatrone
3
KKOONNSSEEPP-- OOMMVVAANNGGVVEERRSSLL AAGG -- BBEESSTT UUUURRSSOOPPSSOOMMMMII NNGG
Y
Die Departement van Energie onderhandel
tans met verskeie Onafhanklike
Kragprodusente (OKP's) om sonkragaan-
legte by Solar Park op te rig in 'n poging om
genoeg elektrisiteit te kry om die 5 000 MW
vol te maak wat vir die aanleg beoog
word. Hierdie sonkragaanlegte sal 'n
verskeidenheid tegnologieë gebruik,
insluitende CSP-oplossings en
gekonsentreerde fotovoltaïese tegnologieë
(GFVT).
Die elektrisiteit wat op Upington deur Solar
Park opgewek word (deur OKP’s en Eskom),
sal in die Nasionale Netwerk geïntegreer
moet word. Die doel van hierdie Solar Park-
integrasieprojek is om voorsiening te maak
vir die groot infrastruktuurinvestering wat
Eskom sal moet maak ten einde die
Upington Solar Park by die Nasionale
Netwerk in te skakel. Die voorgestelde Solar
Park-integrasieprojek behels die bou van 'n
substasie by die Upington Solar Park en 400
kV-transmissielyne oos en suid van Upington
om die elektrisiteit na Eskom se Nasionale
Netwerk te vervoer, asook die bou van 'n
aantal 132 kV-kraglyne om die OKP-
sonkragaanlegte met die Eskom-netwerk te
koppel en die krag na Upington te vervoer.
Elektrisiteit begin altyd by die punt waar
krag opgewek word. Die meeste elektrisiteit
in Suid-Afrika kom van steenkoolkragstasies.
Steenkoolkragstasies wek driefasige WS-
elektrisiteit op. Die driefasige WS verlaat die
generator en gaan na 'n transmissie-
substasie naby die kragstasie.
Hierdie substasie gebruik groot
transformators om die generator se
spanning (wat duisende volt behels) om te
skakel in uiters hoë spanning vir
langafstandtransmissie op die
transmissienetwerk. Tipiese spannings vir
langafstandtransmissie in Suid-Afrika wissel
van 132 kV tot 765 kV en behels gewoonlik
hoë torings of maste van staal. Al sulke
maste het drie stelle drade vir die drie fases.
Baie maste het ekstra drade aan die
bopunt van die maste. Dit is die
gronddrade en is hoofsaaklik vir
weerligbeskerming bedoel.
Om krag in 'n huis of onderneming te kan
gebruik, moet die spanning van die
transmissienetwerk na die distribusienetwerk
verlaag word. Dit kan in verskeie fases
geskied.
Die omskakeling van "transmissie" na
"distribusie" geskied in 'n substasie.
Eskom beoog om een 400 kV-kraglyn van
ongeveer 200 km lank (afhangende van
die alternatief) te bou van Solar Park na die
Ferrum-substasie (Kathu). 'n Tweede lyn van
70 km sal van Solar Park na die
Nieuwehoop-substasie noordoos van
Kenhardt loop, en twee 100 km-lyne sal van
Solar Park na die Aries-substasie suidwes
van Kenhardt loop.
'n 400 kV-kraglyn vereis 'n 55 meter breë
serwituut. Die maste/torings vir 400 kV-
kraglyne is gemiddeld 33 meter hoog,
afhangende van die draai of hoek wat die
lyn maak en die topografie.
Om die nuwe voorgestelde 400 kV-kraglyne
met die bestaande netwerk te verbind, is
sekere opgraderings of ondersteunings-
infrastruktuur nodig by die eindpunte (Aries,
Ferrum- en Nieuwehoopsubstasies). Hierdie
infrastruktuurvereistes is by die OIB's
ingesluit.
Wat word voorgestel?
Hoe werk die elektrisiteitnetwerk?
Figuur 2: CSP in Sevilla, Andalusië, Spanje – 'n voorbeeld van 'n sonkragaanleg.
4
KKOONNSSEEPP-- OOMMVVAANNGGVVEERRSSLL AAGG -- BBEESSTT UUUURRSSOOPPSSOOMMMMII NNGG
Y
Die korridors wat vir die voorgestelde 400
kV-kraglyne oorweeg word, is 2 km breed.
Die rede hoekom 'n korridor van 2 km
breed vir 'n serwituut van 55 meter oorweeg
word, is om te verseker dat die kraglyn
verskuif kan word verby enige potensiële
maatskaplike en omgewingsensitiwiteite
wat in die Impakbepalingsfase van die
OIB's deur die spesialiste geïdentifiseer
word. Voorbeelde van sensitiwiteite sluit in
geboue, grafte, Rooidata-spesies,
sensitiewe grondgebruike, watermassas,
kritieke habitatte, ens. Gedurende
onderhandelinge met geaffekteerde
grondeienaars sal Eskom die lyn binne die
goedgekeurde korridor kan verskuif indien
die grondeienaars sekere vereistes het
betreffende hulle bestaande of beplande
infrastruktuur.
Verskeie kriteria is oorweeg by die
identifisering van die alternatiewe korridors.
Dit sluit in ekonomiese, tegniese,
omgewings- en maatskaplike doenlikheid.
• Ekonomies: Lengte van kraglyn;
• Tegnies: Topografie en kleinste aantal
draaipunte;
• Omgewing: Watermassas; sensitiewe
fauna en flora; bewaringsgebiede,
versteurde gebiede.
• Maatskaplik: Erfenis, geboue, visueel
(esteties)
Met behulp van bogenoemde kriteria is
verskeie alternatiewe korridorsegmente
geïdentifiseer (kyk kaart).
Die volgende alternatiewe word voorgestel
vir oorweging in die Impakbepalingsfase
van die projek:
• Korridoralternatiewe (ligging)
• Ontwerp van maste/torings
• Geen projek
Drie tipes strukture sal op hierdie projek
gebruik word, waarvan twee hier getoon
word – afhangende van die tipe terrein. Die
derde tipe is 'n spanmas, wat tipies op
moeilike terrein en by roeteveranderinge
gebruik word.
Dwarskabeldraagmas
Dit is belangrik om daarop te let dat die
topografie grotendeels sal bepaal watter
tipe toring gebruik word. Vanuit hierdie
perspektief moet daarop gelet word dat
vrystaande maste gebruik sal moet word
op moeilike terrein en waar die roete teen
'n sekere hoek van rigting verander.
Geankerde V-tipe draagmas
400 kV-kraglyne kan 'n uitwerking hê op 'n
verskeidenheid biofisiese en sosio-
ekonomiese aspekte van die omgewing.
Impakte kan tydens die konstruksiefase
asook tydens die bedryfsfase ontstaan.
Hoewel impakte gedurende die
konstruksiefase gewoonlik van korte duur is,
kan party daarvan langduriger gevolge hê,
soos versteuring van plantegroei. 'n
Omgewingsbestuursprogram (OBProg) sal
opgestel word vir toepassing gedurende
Wat is die alternatiewe op
projekvlak? Recommendations
Watter impakte word verwag?
Waar sal die kraglyne geplaas word?
5
KKOONNSSEEPP-- OOMMVVAANNGGVVEERRSSLL AAGG -- BBEESSTT UUUURRSSOOPPSSOOMMMMII NNGG
Y
die konstruksiefase om hierdie aspekte te
bestuur.
Impakte gedurende die bedryfsfase word
gewoonlik as die langtermynimpakte van
die projek beskou en sal gedurende die
Impakbepalingsfase deur 'n aantal
spesialiste oorweeg word, byvoorbeeld 'n
visuele impak. Die spesialiste sal ook kyk na
maniere om hierdie potensiële impakte te
bestuur, en hierdie versagtingsmaatreëls sal
in 'n OBProg vir die bedryfsfase opgeneem
word. Die Omgewingsimpakverslae sal 'n
raamwerk-OBProg bevat wat breedweg
kyk na hoe die potensiële impakte van die
konstruksie- en die bedryfsfase bestuur kan
word. Die OBProg sal vir u kommentaar
beskikbaar gestel word saam met die
Konsep-Omgewingsimpakverslae (KOIV's).
Omdat die kraglyne uiteenlopende
impakte op die omgewing kan hê, het 'n
aantal spesialiste opdrag gekry om sekere
aspekte te ondersoek wat meer
gedetailleerde ondersoek verg. Spesialiste
sal aangestel word om onder meer die
volgende impakte te ondersoek:
• Visueel, Maatskaplik, Terrestriële Ekologie,
Grond en Grondkapasiteit, Oppervlak-
water, Erfenis, Geraas, Elektromagnetiese
Golwe, en Voëls.
'n Kort opsomming van die potensiële
impak op elk van die omgewingselemente
verskyn hieronder:
Luggehalte
Kraglyne het nie die potensiaal om
luggehalte deur emissies te benadeel nie,
maar gedurende die konstruksiefase en
instandhouding kan stof ontstaan deur die
verwydering van plantegroei en die
beweging van swaar voertuie.
Geraas
Kraglyne van 400 kV word geassosieer met
'n sagte zoemgeluid. Dit moet verder
ondersoek word om te bepaal hoe
beduidend die geluid is en hoe dit
nabygeleë grondgebruikers potensieel kan
raak. Die ontwerp sal aan al die vereistes
van die Wet op Beroepsgesondheid en
Veiligheid voldoen.
Visueel
Die teenwoordigheid van 'n 400 kV-kraglyn
verander die voorkoms van die landskap.
Die grootte van die maste/torings is visueel
oorheersend. Die omvang van die visuele
impak hang af van die ligging van die
torings met betrekking tot die topografie.
Terrestriële ekologie
Die oprigting van 'n kraglyn en
gepaardgaande infrastruktuur kan
habitatte vernietig wat belangrik kan wees
vir biodiversiteit- en ekosisteemprosesse. Dit
sluit die bou van toegangspaaie in.
Akwatiese ekologie
Geen mas/toring sal in enige watermassa
geplaas word nie. Ofskoon geen konstruksie
in watermassas sal plaasvind nie, kan
sedimentasie in watermassas plaasvind as
gevolg van die verwydering van
plantegroei tydens konstruksie.
Grondwater
Tydens die lê van fondamente vir die
maste/torings se voetstukke kan beton en
koolwaterstowwe van swaar voertuie tot
besoedeling van grondwater lei.
Besoedeling van grondwater kan
gebruikers daarvan in die gebied benadeel
en kan 'n impak hê op terrestriële en
oppervlak akwatiese ekosisteme.
Erfenishulpbronne
Die uitgrawings vir die maste/torings se
voetstukke kan lei tot die vernietiging of
beskadiging van argeologiese of kulturele
(erfenis-) materiaal langs die korridor. Ander
geskiedkundige vondste kan deur
konstruksiewerkers gevandaliseer word.
Sosio-ekonomies
Die kraglyn het potensieel 'n positiewe
impak op plaaslike gemeenskappe en
ekonomiese ontwikkeling in die gebied
waar elektrisiteit verskaf word. Daar kan
egter negatiewe impakte op gebiede
wees waar grond verlore gaan omdat die
6
KKOONNSSEEPP-- OOMMVVAANNGGVVEERRSSLL AAGG -- BBEESSTT UUUURRSSOOPPSSOOMMMMII NNGG
Y
voorgestelde ontwikkeling eiendomme
verdeel. Dit is veral problematies in
hoëdigtheidlandbougebiede soos
wingerde. Verder kan daar veranderinge
(positief of negatief) in eiendomswaardes
wees as gevolg van die ontwikkeling.
Maatskaplik
Die serwitute op plase in die goedgekeurde
korridor sal deur Eskom gekoop moet word.
Die verlies van grond vir boere kan 'n impak
hê op die sekerheid van baie boere se
lewensbestaan. Die verlies van die serwituut
kan ook die plaaswerkersgemeenskap
benadeel.
Grondgebruikbeplanning
Die voorgestelde kraglyn vereis 'n 55 meter
breë serwituut. Die voorgestelde kraglyn sal
waarskynlik afwyk van die voorgestelde
grondgebruikpatrone wat in die plaaslike
beplanning geïdentifiseer is.
Verkeer
Gedurende konstruksie sal daar 'n toename
in voertuigverkeer op die bestaande paaie
in die streek wees. Dit kan die toestand van
die paaie beïnvloed.
Landbou en Grond
Die konstruksie van die maste asook die
latere voertuigverkeer kan erosie
veroorsaak in gebiede waar die grond
blootgestel word.
Die verlies van landbougrond kan
waarskynlik beduidend wees vir individuele
grondeienaars as gevolg van die
potensiële impak wat die projek kan hê
rakende sekerheid van lewensbestaan.
Openbare deelname is 'n baie belangrike
deel van die OIB-proses omdat dit B&GP's in
staat stel om inligting te kry oor wat
voorgestel word sodat hulle insette kan
lewer en kwellings kan opper in bepaalde
stadiums dwarsdeur die projek.
Die Konsep-Omvangverslae vir die
voorgestelde 400 kV-kraglyne sal van 30
Januarie 2012 tot 9 Maart 2012 op
ondergenoemde openbare plekke ter
insae beskikbaar wees.
Die Konsep-Omvangverslae sal van 6 tot 9
Februarie 2012 op ondergenoemde plekke
op openbare vergaderings voorgehou
word.
KONTAK LIGGING KONTAK
Gedrukte eksemplare
Me Theodora Tsalao Kathu Openbare Biblioteek, Burgersentrum, h/v Frikkie Meyer- en Hendrik Van Eckstraat, Kathu
(053) 723 2261
Me Ellen Visser Olifantshoek Openbare Biblioteek, Lanhamstraat 1, Olifantshoek
(053) 331 0002
Me Inga Engelbrecht Upington Openbare Biblioteek, Mutualstraat, Upington (053) 338 7157
Me Geene Einam Kenhardt Openbare Biblioteek, Parkstraat, Kenhardt (053) 651 6508
Me Manda Yough Kakamas Openbare Biblioteek, Voortrekkerstraat 28, Kakamas
(054) 431 6303
Me Yvonne Booysen Keimoes Openbare Biblioteek, Hoofstraat, Keimoes (054) 461 6406
Elektroniese eksemplare
Mnr Mfundo Maphanga www.eskom.co.za/eia /Solar Park Integration 011 800 4892
Mnr Andre Joubert www.zitholele.co.za/eskom-solar 011 207 2077
Mnr Andre Joubert Op versoek per e-pos op CD verkrygbaar van Zitholele Consulting
Tel 011 207 2077, of e-pos [email protected]
Die Konsep-Omvangverslae kan op die volgende plekke
besigtig word
Wat is die Proses van Openbare Deelname?
7
KKOONNSSEEPP-- OOMMVVAANNGGVVEERRSSLL AAGG -- BBEESSTT UUUURRSSOOPPSSOOMMMMII NNGG
Wat is die pad vorentoe?
This document is also available in English
U kan tot 9 Maart 2012 kommentaar en kwellings voorlê, waarna die verslae bygewerk sal
word, waar nodig, om sulke kommentaar en kwellings te weerspieël.
Die Kosep-Omvangverslae sal afgehandel word om die kommentaar en kwellings wat
ontvang is, te weerspieël en sal dan aan die DO voorgelê word. Die DO sal óf die aansoek
verwerp óf die aansoeker gelas om met die Impakbepalingsfase voort te gaan soos
voorgestel in die Studieplan vir die OIB of vereis dat wysigings aan die Omvangverslae en/of
die Studieplan vir die OIB aangebring word.
Kennisgewings oor die OIB word per e-pos en gewone pos gestuur aan diegene wat as
belanghebbende en geaffekteerde partye geregistreer het. Stuur asb u kommentaarblad
aan ons sodat ons u kan registreer. Benewens die terreinkennisgewings wat langs die
verskillende alternatiewe korridors aangebring is, is advertensies in die volgende koerante
geplaas:
Gemsbok, Noordkaap, Kathu Gazette, Kalahari Bulletin, Stellalander, Volksblad en Sondag.
DATUM TYDE PLEK
Maandag, 6 Februarie 2012 09:30 Namakwari Estate, Hoofstraat Kathu
Maandag, 6 Februarie 2012 14:00 Ditloung Openbare Saal, Lanhamstraat 1, Olifantshoek
Dinsdag, 7 Februarie 2012 09:30 Protea Hotel, Schroderstraat 24, Upington
Dinsdag, 7 Februarie 2012 14:00 Protea Hotel, Schroderstraat 24, Upington
Dinsdag, 7 Februarie 2012 18:30 Protea Hotel, Schroderstraat 24, Upington
Woensdag, 8 Februarie 2012 09:30 Keimoessaal, Hoofweg, Keimoes
Woensdag, 8 Februarie 2012 14:00 Kakamas Biblioteeksaal, Voortrekkerstraat 28, Kakamas
Donderdag, 9 Februarie 2012 11:00 Kenhardt Openbare Saal, Parkstraat, Kenhardt
Datums en plekke vir openbare vergaderings