8
ongeveer 22:00 gesien het kom van die kombuis af maar by nadere ondersoek het hy met 'n skok agtergekom die dak is aan die brand. Kliënte wat in die kroeg gekuier het, het teen die vlamme help veg. Een van hulle het brandwonde aan sy been opgedoen en ‘n ander het sy voet erg beseer toe hy op ‘n gebreekte bottelstuk te lande kom nadat vlamme hom van die dak afgedwing het. Die brandweer was spoedig op die toneel maar die vlamme was haastig en het alles verwoes, vertel Maritz. Polisie forensiese onder- soekers sal na verwagting die toneel fynkam om die oor- saak van die brand te bepaal. Deur Amanda Basson ([email protected]) LEPHALALE – Jayden da Costa (1) wat op 4 September ernstige brandwonde op- gedoen het toe ‘n brand by hul huis uitge- breek het, is Woensdagmiddag per vliegtuig oorgeplaas na die Meulmed Hospitaal in Pretoria. Aanvanklik was sy toestand so bedenklik dat die familie nie geweet het of hy die rit vanaf Mankweng hospitaal buite Polokwane na Meulmed in Pretoria sou kon oorleef nie. “Die vlugdokter was daar om Jayden oor te neem in die helikopter in,” het die familie Dinsdag op hul Facebook-blad geskryf. “Dit is toe dat hy besef hoe ernstig klein Jayden eintlik [siek en] verbrand is.” Jayden is onder verdowing en aan ‘n ase- mhalingstoestel gekoppel. Volgens Boland Maartens, die Da Costa familie se woordvoerder, het Jayden se ma, Sibreena, besluit om haar seuntjie oor te plaas na die Meulmed Hospitaal, omdat hulle voel dat hy die beste mediese sorg daar sal ontvang. Die familie behoort egter nie aan ‘n mediese fonds nie en hulle maak staat op skenkings wat deur verskeie organisasies en privaatpersone gemaak word. “Alle gelde Stryd om seuntjie se lewe red word streng gekontroleer deur ons boek- houers en volgens ons beraming sal ons om- trent R2 miljoen moet insamel vir Jayden se mediese koste.” Die Hero Burn Foundation-organisasie, wat hulp aan brandslagoffers bied, het op die sosiale netwerke Twitter en Facebook donasies aangevra om Jayden se mediese onkoste te help dra in die privaathospitaal. Die oorplasing het sowat R50 000 gekos en die daar word beraam dat Jayden tot twee maande in die hospitaal sal moet bly. Jayden se sussie, Kaitlint (8), het verlede week gesterf het as gevolg van die brand- wonde. Kaitlint is kort na haar opname in Mankweng hospitaal oorlede. Hulle oupa, José da Costa en Sibreena se verloofde, Jo- han Nel, het ook brandwonde opgedoen toe hulle gepoog het om die kinders uit die bran- dende kamer te red. Sibreena het Jayden se boetie, Douw (4) uit die kamer gegooi en hy is slegs vir rookinaseming behandel. José het sy voete verbrand toe hy deur die vlamme gehardloop het om Kaitlint en Jayden te red. Nel moes 'n venster breek om weg te kom. Engele vir Nood het ingetree om te help met die fondsinsameling. Enige iemand wat wil bydra kan die volgende rekeninge gebruik: Capitec (Ellisras), spaarrekening, no. 1401008176 (takkode 470010) vir Deur Martie Pretorius ([email protected]) MOKOPANE – Rattle Cage, die gewilde kuierplek langs die Nylpark Inkopiesentrum in Geyserstraat, is Saterdagaand deur ‘n brand in puin gelê. Brandstigting word sterk vermoed as die oorsaak van die brand, sê Martin Maritz, eienaar van die kroeg en eet- plek wat al ses jaar bestaan. “My ergste kommer is dat agt van my werknemers na dese werkloos gelaat is,” sê Maritz. Hy sê die meeste van sy werknemers was hulle gesinne se enigste broodwinners. Die besigheid was ook Maritz se enigste bron van inkomste en hy is tans onseker oor wat die toekoms vir hom inhou. Hy sê die brand het aan die Westekant van die kroeg by die grasdak ontstaan en dit is moontlik dat iemand die dak daar aan die brand gesteek het. Sy kroegman het oorspronklik gedink die rook wat hy teen Brand lê kuierplek in puin plaaslike skenkings en Engele vir Nood NPO 127460; tjekrekening no: 1115777742 (takkode 14457) vir buitelandse skenkings. Merk die verwysing duidelik Jayden. Fondse is dringend nodig om Jayden da Costa se mediese onkostes te dek. Foto's: Facebook.

Nn18 9 web issuu

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based Mokopane & Lephalale newspaper

Citation preview

Page 1: Nn18 9 web issuu

ongeveer 22:00 gesien het kom van die kombuis af maar by nadere ondersoek het hy met 'n skok agtergekom die dak is aan die brand.

Kliënte wat in die kroeg gekuier het, het teen die vlamme help veg. Een van hulle het brandwonde aan sy been opgedoen en ‘n ander het sy voet erg beseer toe hy op ‘n gebreekte bottelstuk te lande kom nadat vlamme hom van die dak afgedwing het.

Die brandweer was spoedig op die toneel maar die vlamme was haastig en het alles verwoes, vertel Maritz.

Polisie forensiese onder-soekers sal na verwagting die toneel fynkam om die oor-saak van die brand te bepaal.

Deur Amanda Basson ([email protected])

LEPHALALE – Jayden da Costa (1) wat op 4 September ernstige brandwonde op-gedoen het toe ‘n brand by hul huis uitge-breek het, is Woensdagmiddag per vliegtuig oorgeplaas na die Meulmed Hospitaal in Pretoria.

Aanvanklik was sy toestand so bedenklik dat die familie nie geweet het of hy die rit vanaf Mankweng hospitaal buite Polokwane na Meulmed in Pretoria sou kon oorleef nie. “Die vlugdokter was daar om Jayden oor te neem in die helikopter in,” het die familie Dinsdag op hul Facebook-blad geskryf. “Dit is toe dat hy besef hoe ernstig klein Jayden eintlik [siek en] verbrand is.”

Jayden is onder verdowing en aan ‘n ase-mhalingstoestel gekoppel.

Volgens Boland Maartens, die Da Costa familie se woordvoerder, het Jayden se ma, Sibreena, besluit om haar seuntjie oor te plaas na die Meulmed Hospitaal, omdat hulle voel dat hy die beste mediese sorg daar sal ontvang.

Die familie behoort egter nie aan ‘n mediese fonds nie en hulle maak staat op skenkings wat deur verskeie organisasies en privaatpersone gemaak word. “Alle gelde

Stryd om seuntjie se lewe red word streng gekontroleer deur ons boek-houers en volgens ons beraming sal ons om-trent R2 miljoen moet insamel vir Jayden se mediese koste.”

Die Hero Burn Foundation-organisasie, wat hulp aan brandslagoffers bied, het op die sosiale netwerke Twitter en Facebook donasies aangevra om Jayden se mediese onkoste te help dra in die privaathospitaal. Die oorplasing het sowat R50 000 gekos en die daar word beraam dat Jayden tot twee maande in die hospitaal sal moet bly.

Jayden se sussie, Kaitlint (8), het verlede week gesterf het as gevolg van die brand-wonde. Kaitlint is kort na haar opname in Mankweng hospitaal oorlede. Hulle oupa, José da Costa en Sibreena se verloofde, Jo-han Nel, het ook brandwonde opgedoen toe hulle gepoog het om die kinders uit die bran-dende kamer te red. Sibreena het Jayden se boetie, Douw (4) uit die kamer gegooi en hy is slegs vir rookinaseming behandel. José het sy voete verbrand toe hy deur die vlamme gehardloop het om Kaitlint en Jayden te red. Nel moes 'n venster breek om weg te kom.

Engele vir Nood het ingetree om te help met die fondsinsameling. Enige iemand wat wil bydra kan die volgende rekeninge gebruik: Capitec (Ellisras), spaarrekening, no. 1401008176 (takkode 470010) vir

Deur Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – Rattle Cage, die gewilde kuierplek langs die Nylpark Inkopiesentrum in Geyserstraat, is Saterdagaand deur ‘n brand in puin gelê. Brandstigting word sterk vermoed as die oorsaak van die brand, sê Martin Maritz, eienaar van die kroeg en eet-plek wat al ses jaar bestaan.

“My ergste kommer is dat agt van my werknemers na dese werkloos gelaat is,” sê Maritz.

Hy sê die meeste van sy werknemers was hulle gesinne se enigste broodwinners. Die besigheid was ook Maritz se enigste bron van inkomste en hy is tans onseker oor wat die toekoms vir hom inhou.

Hy sê die brand het aan die Westekant van die kroeg by die grasdak ontstaan en dit is moontlik dat iemand die dak daar aan die brand gesteek het. Sy kroegman het oorspronklik gedink die rook wat hy teen

Brand lê kuierplek in puin

plaaslike skenkings en Engele vir Nood NPO 127460; tjekrekening no: 1115777742 (takkode 14457) vir buitelandse skenkings. Merk die verwysing duidelik Jayden.

Fondse is dringend nodig om Jayden da Costa se mediese onkostes te dek. Foto's: Facebook.

Page 2: Nn18 9 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 SEPTEMBER 20152

OVER AND ABOVE YOUR FULL POLICY VALUE, AVBOB GIVES YOU:• A FREE basic funeral (burial or cremation)*• FREE transportation of the deceased in South Africa*This means you get to keep your money – your entire policy value – to spend on those extras that will ensure a dignifi ed send-off for your loved ones.These FREE funeral benefi ts* are over and above your policy value and special bonuses declared.

KEEP YOURMONEYAV

B-15

0729

-4-N

N/3

97

*Terms and conditions apply. AVBOB is an authorised Financial Services Provider. *Funeral benefi ts only apply if AVBOB Funeral Service conducts the funeral.AVBOB is a level 2 B-BBEE contributor. FSP 20656.www.AVBOB.co.za

Feel free to contact Neels Barnardo about AVBOB’s one-stop funeral insurance and funeral services solution.Marula Mile Shop 2, 35 J Louis Botha Drive, Ext 65, Ellisras. Tel: 014 763 1363

MOKOPANE – Die vyfde jaarlikse Cancer-vive bewusmakingsrit is onderweg met die hoofdoel om gemeenskappe aan die praat te kry oor kanker. Sowat 65 kankeroorwin-naars en ondersteuners het vroeër die week uit Gauteng vertrek vir ‘n 2300km roete wat in dorpe aandoen om inwoners te leer

Cancervive in Mokopanehoe om kanker vroeg te diagnoseer, en waar om toepaslike behandeling te kry.

Die projek maak gebruik van uitvoerende kunste, musiek, poësie, dans en storievertel-ling om die boodskap oor te dra. "Daar is te veel mense in ons land wat min of niks van kanker weet nie, maar om self die oorwin-

naars se persoonlike ervaringe eerste-hands te ervaar bring baie insig oor die siekte tuis," lui die Cancervive persverk-laring.

“Dr. Kulsum Jhetam, ’n radioloog in Mokopane, het seker gemaak dat die groep ook in ons dorp kom draai,” het Estelle Hartzenberg, bestuurder van die Dienssentrum vir Bejaardes, gesê. “Die Dienssentrum het as gasheer opgetree vir hierdie belangrike groep mense.”

Janie du Plessis (HUB van People Living With Cancer en voormalige TV-persoonlikheid) het haar verhaal gedeel. “Ons probeer die boodskap tuisbring dat jy nie alleen is as jy skielik met kanker moet saamleef nie. Baie soorte kanker het ‘n uiters hoë oorlewingspersentasie indien dit vroeg genoeg gediagnoseer word,” het Janie, wat self kanker oorwin het, gesê.

Vir inligting of om ’n donasie te maak besoek www.cancervive.co.za of gebruik die gratis kanker ondersteuningsnetwerk deur *120*1449# op jou selfoon in te tik. Wanneer jy 'n SMS ontvang wat vra vir die program nommer, tik 101 in en stuur (send).

Bo: Estelle Hartzenberg (links), bestuurder van die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes, saam met die bekende Janie du Plessis van People Living With Cancer. Janie het haar verhaal gedeel en verduidelik dat die nodige ondersteuning baie belangrik is om kanker oorlewendes by te staan. Links: Nog 'n kanker oorlewende praat oor die mites rondom kanker wat tans meer mense se lewens eis as MIV/Vigs, malaria en TB saam.

Minister heeds community’s callMOGALAKWENA – The two week long violent protests at Anglo American's Mo-galakwena Platinum Mine Northwest of Mokopane ended after mining Minister Ngoako Ramatlhodi facilitated a road map to resolve the surrounding communities’ disputes.

Mogalakwena mine said it's platinum production dropped by 8 600 ounces be-cause of disruptive community protests over the last two weeks.

Protestors demanded employment and threatened to continue blocking off access roads to the mine until their demands are met. The protests ended on Saturday after Rama-tlhodi engaged with community leaders, mine management and other im-portant role players at the Leka Lekalakala council chambers. Employees and con-tractors of the mine returned to work on Saturday.

In a statement issued by the depart-ment of mineral resources, the signed road map outlines the following:

Seritarita Secondary School opened on 14 September. All blasting schedules closer to the school must be discussed and agreed upon between community leaders of Leruleng and Scheming and should not interfere with the learning processes;

Agreements entered into between Anglo and the relocated villages must be revisited for the purpose of implementation;

A task team comrising representatives of affected villages must be established and

all grievances must be presented to the established team. The 1993 lease agreement between the affected commu-nities and the mine must be revisited by the task team and Anglo Platinum.

Legacy projects that will benefit the communities should be identified. The South African human rights commission will continue to en-gage representatives of the villages that are not represented to ensure that they join the task team.

The minister urged communities and the mine to work together to ensure the agreed road map to be implemented for peace and sta-bility.

Page 3: Nn18 9 web issuu

18 SEPTEMBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

LEPHALALE – A woman (24) was decapi-tated after she was allegedly hit by a speed-ing vehicle on Sunday night.

Warrant officer Frans Mokoena of the Lephalale SAPS says the woman apparently had an argument with the people she was driving with when they dropped her off next to the road in Nelson Mandela street.

The decapitated body of same the woman was later found by a passing motorist. The police found a Honda Ballade with a dam-aged radiator near Palala road and linked it

MARAPONG- The Lephalale municipality and members of the community embarked on a mass cleaning operation follow-ing the riots that took place last Monday.

The violent protest saw 22 busses belonging to Lowveld Bus Service torched, while Marapong municipal office and the satellite police station were also burned down. Some shops, shacks and the Marapong library were also vandalised.

Although it is still unclear what sparked the sudden violence the police arrested 14 people on charges of public violence, arson and malicious damage to property. The case was postponed to the 17 September 2015.

ANC ward councillor, William Motlokwa, said that they were happy to see that the community members took an active part in

Big clean up for Marapong

helping to clean the mess left behind after the violence. Some of the roads were com-pletely inaccessible due to large rocks, tree trunks and garbage that were dragged into the streets.

“People are free to protest but they should make sure that they do it within the boundar-ies of the law,” Motlokwa said.

“I don’t understand why people would burn property that is there to help them. They will now have to pay money to go to the police station in town.”

By Martie Pretorius ([email protected])

MOKOPANE – The police confiscated dagga plants to an estimated value of R10 000 be-hind the department of agriculture’s offices last Friday. This was after the security com-pany, Special Operations Solutions (SOS), discovered the dagga plantation growing in the department’s back yard.

“We were conducting a security check in the area when we came upon the planta-tion,” says Martin van Eck, response manag-er from SOS.” We then contacted the police.” Warrant officers Justice Molekwa and Rider Mohale accompanied members from SOS to the department where they confiscated the plants. The plants were in various stages of maturity.

Melida Makwaana, the Mokopane man-ager at the department’s offices told North-

Dagga plantation found behind agriculture department offices

ern News on Monday that she investigated the matter after being informed of it by the police’s visit. She also said the area the plan-tation was found on does not form part of the section the agriculture department are rent-ing from the owner.

Makwaana says, however, that one of the department’s general workers uses the area to plant corn but denies any involvement in the planting of the dagga.

Makwaana claims the owner cleaned the yard earlier this year but believes the plants have sprouted again. She said she will get rid of the plants for good by hiring an expert to treat the yard with a chemical to prevent it from growing again.

While the worker in question denied any knowledge of the dagga plants, the police gave him a stern warning and confiscated the plants to be destroyed.

Warrant officer Rider Mohale and Martin van Eck, response manager from SOS removes dagga plants in the back yard of the depart-ment of agriculture. Insert: The confiscated dagga plants being destroyed.

Woman decapitated during accidentto the body.

“We arrested the driver who alleges that he hit the woman's body with his vehicle, but that the woman was already dead by then,” Mokoena said.

“At this stage investigation is still con-tinuing and we have charged the man with failure to stop at the scene of an accident and reckless and negligent driving.”

Police urge anybody who has any infor-mation about this incident to report to the Lephalale police.

Page 4: Nn18 9 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 SEPTEMBER 20154

MOKOPANE - Die Tafelronde Kameeldoring '92 se opbrengs by die biertent van vanjaar se Kierieklapper Kunstefees het ’n fenom-enale R102 000 vir die Potgietersrus Diens-sentrum vir Bejaardes opgelewer.

Besoekers uit alle oorde het soos elke jaar die Kierieklapper Kunstefees ten bate van die Dienssentrum ondersteun. Die biertent het ook oudergewoonte as ’n oase by die fees gedien en duisende mense se dors geles. Danksy hierdie mense en die Tafelronde Kameeldoring '92 wat die biertuin jaarliks behartig is ’n stewige tjek van R102 000 aan die kunstefees se voorsitter, Johan Kirchner oorhandig.

Die Tafelronde het ook hulle dank uit-gespreek teenoor elke skenker en ondersteun-er vir hulle onderskeie bydrae by vanjaar se biertent.

Tafelronde skenk R102 000 vir bejaardes

Lede van die Tafelronde Kameeldoring '92 tydens die oorhandiging van die tjek vir die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes. Johan Kirchner, die kunstefees se voorsitter neem die tjek in ontvangs.

Lephalale – Kansa se tiende aflos vir lewe (Relay for life) het Saterdag plaasgevind. Die spanne het hulself behoorlik uitgevat en moes kyk hoeveel rondtes hulle om die Mogol Klub se rugbyveld kon stap. Die Hervormde kerk het beslis die fikste lidmate en het met die beker vir die meeste rondtes weggestap terwyl Laerskool Bosveld Primary die prys vir die beste junior span gekry het. Die kompetisie het 18:00 afgeskop en daar was verskeie kategorieë om aan deel te neem soos ‘n kostuum rondte en ook ‘n slaapklere rondte. Die Bittereinders was die kreatiefste span. Teen 06:00 Sondagoggend was die deelnemers poegaai, maar almal was dit eens dat dit ‘n heerlike byeenkoms ten bate van ‘n baie goeie saak was.

MOKOPANE - Aan musiektalent is daar nie tekort by Laerskool Krugerpark nie. Leerders in hulle onderskeie grade het goed presteer by Hoërskool Piet Potgieter se onlangse Bosveld Musiekfees. Zia Boltman en Aldrich Rossouw spog met die Mari Lourens Wisseltrofee vir junior ensemble. Hulle het albei ’n A++ vir hulle klavier items. Boltman het ook die Fruit & Veg City Wisseltrofee opgeraap en deel dit met Anyazé Strauss (10), ’n tuisleerder. Laasgenoemde trofee is vir hulle jazz instrumentale item.

“My dogters het my geïnspireer deur hulle harde werk en toewyding en ek het besluit om ‘n kans te waag op die kompetisie.”

Vaughnique en Danielle is nie vreem-delinge op die loopplank nie en het albei al verskeie titels losgeslaan. “Vaughnique het die Mej Waterberg titel in 2013 verower en ook die Mej Domefees.” Danielle was vroeër vanjaar tweede prinses in die Mej Bosveld Tiener kategorie en Vaughnique was eerste prinses in Mej Bosveld 2015.

Rina se rok vir die wedstryd is gemaak deur Kyna Consili House of Design in Centu-rion. “Tarien Cronje, die besturende direkteur, is ‘n goeie vriendin en sy het al vir my en my meisiekinders modelklasse aangebied.”

Rina sê dat meisies wat ‘n loopbaan as model wil aandurf net hulself moet wees. “Ouers moet sorgvuldig die kompetisies en fotograwe ondersoek voor hulle hul kinders daaraan blootstel, want daar is baie wolwe daar buite.”

Gedurende haar tydperk as Mrs Grand SA sal Rina haar toespits op ‘n welsynsor-ganisasie wat fokus op die voorkoming van kinder verdrinkings en wat ook ondersteuning gee aan kinders wat gestremdhede opgedoen het nadat hulle amper verdrink het.

Die gesin se talente het geen einde nie, want Rina en Phillip is ook aangewys as Intiem tydskrif se ambassadeurs. “Phillip is ongelooflik ondersteunend in alles wat ek en die meisiekinders aanpak,” sê Rina.

Phillip het Donderdag ‘n mylpaal bereik deur sy graad in DaVinci BCom Risiko Bestu-ur te kry.

Skoonheid met hart van goudLEPHALALE – Die pragtige Rina van Schalkwyk (41) is Vrydag aangekondig as Mrs Grand SA 2015/16 by Monte Casino. Hierdie besige vrou woon al sedert 2009 in Lephalale saam met haar man, Phillip, en twee dogters, Vaughnique (18) en Danielle (14).

Stap-stap teen kanker in Lephalale Musikante van formaat

Page 5: Nn18 9 web issuu

18 SEPTEMBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

LEPHALALE – Die wenners van Laerskool Bosveld Primary se spel-olimpiade is verlede week aangekondig. Die leerders kon in Afrikaans of Engels deelneem en die Graad 2-7 leerders het flink geleer. Heelwat leerders het volpunte gekry en uitdunne is verlede week gehou om die kampioene te onderskei. Die wenners was as volg: Graad 2: Afrikaans medium Wilmi van Rooyen, Engels medium Lethabo Chale; Graad 3: Afrikaans medium Ashley Jansen van Vuuren, Engels medium Anray Claasen; Graad 4: Afrikaans medium Suné Wagner, Engels medium Kwena Morumudi; Graad 5: Afrikaans medium Roeld Uijs, Engels medium Thando Skosa-na; Graad 6: Afrikaans medium Anika van Rooyen, Engels medium Omphile Moagi; Graad 7: Afrikaans medium Simoné Viljoen, Engels medium Jonathan Marques.

Wenduiwe vlieg teen 66km/hMOKOPANE – Die Sportman Amateur Posduifklub (SAP) se lede het hulle duiwe die afgelope naweek vanaf Winburg vir die jaar oud en die ope wedvlugte losgelaat.

Die wenduif in die jaar-oud wedvlug behoort aan Tiaan Marais. Dié duif het teen ’n spoed van 66km per uur ’n goeie wedvlug agter die rug. Johan van Zyl se duiwe het tweede, derde, vierde, vyfde, tiende en twaalfde by die hokke inge-klok. Barend van Biljon se duif het 6de geëindig en Louis Rossouw se duif is sewende in die jaar-oud wedvlug.

In die ope wedvlug, ook van Winburg is Barend van Biljon die eienaar van die wenduif. Dié duif is die tweede wenduif wat van Winburg teen ’n spoed van 66km per uur sy bestem-ming bereik het. Johan van Zyl se duiwe is in die tweede, derde en vierde plek terwyl Louis Rossouw se duiwe vyfde, 21ste en 22ste by die hokke ingeklok het. Nege van Fanie Viljoen se duiwe het plek gekry in die eerste 24 plekke. Só ook met agt van Tiaan Marais se duiwe. H.O Engelbrecht se duif is 19de in dié wedvlug. Die voorlaaste wedvlug is vanaf Britstown oor 890km. Die duiwe word reeds Woensdag ge-mandjie en Vrydag om 6:30 losgelaat.

Jong stoeier skitterMOKOPANE - Xander Benedetti (9) is ’n kranige stoeier van die Ion Baciu Stoei Akademie in Polokwane en ook ’n Laerskool Krugerpark leerder. Dié kêreltjie het die afgelope naweek ’n goue medalje en sy Limpopo kleure gekry ty-dens sy deelname aan die Limpopo Streek Stoei Kampioenskappe. Xander word deur Jan Roets afgerig. Dié stoeier gaan eersdaags in die Kaap aan die SA Streek Kampioenskappe deelneem.

MOKOPANE - Die HPP (Hoërskool Piet Potgieter) Grand Prix kaskar trofeë behoort vanjaar onderskeidelik aan Hel-ena Kockott se Graad 9B klas as die junior wenners en Ilze Malan se Graad 10A klas as die senior wenners.

Leerders in hulle onderskeie klasse het verlede Donderdag kragte saamgesnoer en ‘n sukses gemaak van die skool se fondsinsamelingsprojek wat jaarliks deur middel van ‘n kas-kar wedren gehou word.

HPP kaskar wedren

Bo: Niks staan in die Graad 11A klas se pad om aan ‘n strawwe Grand Prix kaskar wedren as die senior wenners uit te tree nie.Links: Graad 9B was die junior kaskar wedren wenners. Dié klas is ook as die span met die beste gees en die beste kaskar aangewys.

Spel-olimpiade wennersLEPHALALE – Officeman het Vrydag makietie gehou toe hulle van hul verskaffers bekendgestel het.

Amanda Lötter van Sharpie was een van die uitstallers wat gespog het met haar produkte. “Ons het nuwe penne wat spesiaal gemaak is om op materiaal te teken en ideaal is vir handgemaakte projekte.”

Officeman is toegerus om in almal se behoeftes te voor-sien. Alles van gewone skryfpenne tot kunsbenodighede pryk op hul rakke.

Nadia Breetzke, Officeman se bestuurder, sê dat hulle volgende jaar by die Bosveldfees ‘n stalletjie wil hê om voort te bou op Vrydag se sukses. “Ons voorsien nie net skryfbe-hoeftes nie, maar ook drukkers en witbord skerms.”

Diegene wat nie Vrydag daar kon wees nie kan gerus ‘n draai gaan maak by Officeman in Jan Leestraat vir enige kan-toor of kuns benodighede.

Officeman hou makietie

Gholfdag steun NoodforumMOKOPANE – Die Mokopane Noodforum se bestuurder, Eulogia de Wet, het haar dank uitgespreek teenoor almal wat betrokke was by die instansie se gholfdag verlede Saterdag. Alhoewel die ongure weer vroeër die oggend ’n invloed op die gholfdag gehad het, het die nat baan spelers nie teruggehou om dié saak te ondersteun nie. Die wenners van die gholfdag met 47 punte vir ‘n uittel is Tony Hawken en Martin Koekemoer. In die tweede plek, ook met 47 punte vir ’n uittel is Keith Freeman en Johan Kirch-ner en in die derde plek met 45 punte is Boeta Smit en Pieter Peens.

Page 6: Nn18 9 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 SEPTEMBER 20156

Page 7: Nn18 9 web issuu

18 SEPTEMBER 2015 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

CVO Skool swaai hokkie stokke MOKOPANE - Hokkiespelers van Potgietersrus CVO Skool het die afgelope naweek aan die Noord-Transvaal hokkie proewe deelgeneem. Die proewe is by die Zoutpansberg CVO Skoolgehou. Regs is die skool se hoërskool leerders wat onlangs gekies vir die Noord-Transvaal spanne. Hulle gaan op 24 September aan die landswye hokkie op Hoërskool Piet Potgieter se velde meeding. Hulle is voor van links, Lumari Smit, Riaan Greeff en Marnu de Kok. Agter, Wilhelm Pistorius, Danie de Beer, Ockert Goosen en Gerrit Yzelle. Onder is Leerders van Potgietersrus CVO Skool wat onlangs gekies is vir die Noord-Transvaal o/14 hokkie spanne. Hulle is voor van links, Jonè Meyer, Marcel Pretorius en Marga Genis. Agter, Inge Greeff, Stiaan Genis, Stefanie Heystek, Marte-lie van Zyl en Lenè Nel.

Page 8: Nn18 9 web issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

UMOKOPANE – Nine gymnasts from the Marshall Gymnastics Academy (MGA) secured spots in the Limpopo team and will represent the province at the SA Gym Games in Gauteng in October.

The Limpopo Artistic Gymnastic Com-petition for level 4-7 was held in Modimolle last weekend. Thirteen clubs sent their best representatives to compete and the gym-nasts from MGA held their own.

MGA competed against gymnasts from Polokwane, Modimolle, Phalaborwa, Louis Trichardt, Marble Hall, Tzaneen, Bela Bela, Swartwater and Hoedspruit.

Congratulations to Lesedi Mashishi (WAG 4 – 3rd on Floor and Beam, 6th over-all), Melody Raats (WAG 4 – 3rd on U-Bars, 2nd on Beam, 4th overall), Shani Dreyer (WAG 5 – 2nd on Beam, 4th overall), Lize Janse van Rensburg (WAG 5 – 2nd on U-Bars, 3rd on Beam, 3rd overall), Luan du Plessis (MAG 4 – 2nd on vault, 3rd on P-Bars, 2nd on High Bar, 4th overall), Josua van der Merwe (MAG 4- 3rd on Vault and High Bar, 6th overall), Juandré Ruytenberg (MAG 5 – 1st on Floor, P-bars, and High Bar, 2nd on Rings, 3rd on Mushroom, 1st overall), Sam-uel van der Merwe (MAG 6 – 1st on Floor, P-Bars, High Bar, 2nd on Rings and Vault, 3rd on Pommel, 2nd overall), Louis Boshoff (MAG 5 – 1st on Floor, and Rings, 2nd on

MGA gymnasts head for SA Gym Games

High Bar, 3rd on P-Bars, 3rd overall).Other gymnasts who also competed

were: Jodi Knight (WAG 4 – 9th overall), Johan Strauss (MAG 5 – 1st on Rings and Vault, 2nd on Mushroom and High Bar, 3rd on Floor and P-Bars, 3rd overall), Martin Brits

(MAG 5– 3rd on Floor, Mushroom, Vault, P-Bars, and High Bar, 4th overall), Kurt Kruger (MAG 6 – 3rd on Rings, Vault, and P-Bars, 4th overall), Jan van der Baan (MAG 4 – 9th overall) and Marnus Ruytenberg (MAG 4 – 10th overall).

LEPHALALE – The Hoërskool Ellisras girls’ soccer team had a ball against Waterberg Acad-emy last Tuesday. The Rassies won 2-1. Both goals were scored by Bontle Mashiane. John Mogohloane was the refferee and the coach is Steven Ramabale.

Watch out Banyana Banyana! Só word sake op die gholfbaan gedoenMOKOPANE – Die Mokopane Besigheidskamer het verlede Saterdag hul jaarlikse gholfdag by die Kameeldoring Buiteklub gehou. Brendon Goss het gewys hoe word sake op die gholfbaan gedoen en spog met ‘n kolhou op putjie 6. Wynand Welgemoed en Erenst Kruger het met die louere weggestap. Hule puntetelling was 49. Die wenners word gevolg deur Keith Freeman en John Davies in die tweede plek. Hulle punte was 49 vir ‘n uittel. In die derde plek is Riaan Foord en Frans Fourie. Naaste aan die pen op putjie 3 is John Davies en naaste aan die pen op putjie 17 is Riaan Foord. Die besigheidskamer het hulle dank uitgespreek teenoor elke speler en borg wat dié dag ondersteun het.

WIMPY delivers in Ellisras and Onverwacht.

Call Alma on 082 879 1582 to place

your order.