12
Valerie Cilliers ([email protected]) Dink twee keer voor jy tik en jou opinies en vuil wasgoed op die sosiale media netwerke loslaat... ‘n Herrie het op die laaste dag van die Bosveldfees losgebars rondom ‘n Facebook- inskrywing waarin ‘n inwoner van Lephalale herhaaldelik die gehate k-woord gebruik en nie-blanke mense as gemors uitgekryt het. Sy kommentaar het binne minute soos ‘n veldbrand versprei en is op nuusblaaie gedeel tot ontsteltenis van die gemeenskap. Baie van sy kollegas by sy werksplek was woedend en het aangedui dat hulle nie die saak daar gaan los nie. Ironies genoeg, het die meeste van sy kollegas hulself toe óók skuldig gemaak aan dit waarvan hulle hom beskuldig het – rassistiese haatspraak. Kenners waarsku dat sosiale media netwerke soos Facebook gebruikers laat voel dat hulle amper enigiets mag sê sonder gevolge. Min mense is egter bewus dat hulle toerekeningsvatbaar is vir die kommentaar wat hulle lewer. Eenvoudig gestel – jy bly verantwoordelik vir jou uitlatings. Professor Tameshnie Deane, ‘n mediareg dosent by Unisa, het aan Noordelike Nuus verduidelik dat vryheid van spraak, soos wat dit in die grondwet vervat word, nie haatspraak of rassistiese kommentaar insluit nie. In die sop oor Facebook Uitlatings wat iemand tot geweld kan aanhits is onwettig. Sou iemand ‘n saak teen die outeur van die kommentaar maak, kan hy of sy van haatspraak en aanhitsing tot geweld aangekla word. Volgens Deane is haatspraak neerhalende woorde oor individue of groep gegrond op ras, godsdiens, etnisiteit, geslag of seksuele voorkeur. Sy waarsku dat kommentaar veral op sosiale media wyd en ver gesien kan word. Sy meen dat, sou ‘n persoon geweld teen ‘n individu of groep aanmoedig en daar later wel geweld gepleeg word, so ‘n persoon tot ‘n groot mate verantwoordelik gehou kan word. Sy maan dat gebruikers van sosiale media netwerke versigtig moet wees met die kommentaar wat hulle lewer. Die Bosveldfees biertent het behoorlik uit sy nate gebars met die immer gewilde Juanita du Plessis se optrede Vrydagaand by die fees. Met ou bekendes en ook nuwe liedjies van haar nuwe album, Nashville, het Juanita weereens gewys waarom sy SA se mees suksesvolle vrouekunstenaar is. Juanita het nie alleen hier in die Bosveld kom kuier nie, sy het haar dogter Franja (19) en seun Ruan (23) gevra om die treffer “Kaalvoet kind” saam met haar te sing. Beslis een van die hoogtepunte by hierdie jaar se Bosveldfees. Juanita en kroos kuier in die Bosveld

Nn18 7 web issuu

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Limpopo-based community newspaper - Lephalale & Mokopane

Citation preview

Page 1: Nn18 7 web issuu

Valerie Cilliers ([email protected])

Dink twee keer voor jy tik en jou opinies en vuil wasgoed op die sosiale media netwerke loslaat...

‘n Herrie het op die laaste dag van die Bosveldfees losgebars rondom ‘n Facebook-inskrywing waarin ‘n inwoner van Lephalale herhaaldelik die gehate k-woord gebruik en nie-blanke mense as gemors uitgekryt het. Sy kommentaar het binne minute soos ‘n veldbrand versprei en is op nuusblaaie gedeel tot ontsteltenis van die gemeenskap.

Baie van sy kollegas by sy werksplek was woedend en het aangedui dat hulle nie die saak daar gaan los nie. Ironies genoeg, het die meeste van sy kollegas hulself toe óók skuldig gemaak aan dit waarvan hulle hom beskuldig het – rassistiese haatspraak.

Kenners waarsku dat sosiale media netwerke soos Facebook gebruikers laat voel dat hulle amper enigiets mag sê sonder gevolge. Min mense is egter bewus dat hulle toerekeningsvatbaar is vir die kommentaar wat hulle lewer. Eenvoudig gestel – jy bly verantwoordelik vir jou uitlatings. Professor Tameshnie Deane, ‘n mediareg dosent by Unisa, het aan Noordelike Nuus verduidelik dat vryheid van spraak, soos wat dit in die grondwet vervat word, nie haatspraak of rassistiese kommentaar insluit nie.

In die sop oor FacebookUitlatings wat iemand tot geweld kan

aanhits is onwettig. Sou iemand ‘n saak teen die outeur van die kommentaar maak, kan hy of sy van haatspraak en aanhitsing tot geweld aangekla word.

Volgens Deane is haatspraak neerhalende woorde oor individue of groep gegrond op ras, godsdiens, etnisiteit, geslag of seksuele voorkeur. Sy waarsku dat kommentaar veral

op sosiale media wyd en ver gesien kan word. Sy meen dat, sou ‘n persoon geweld teen ‘n individu of groep aanmoedig en daar later wel geweld gepleeg word, so ‘n persoon tot ‘n groot mate verantwoordelik gehou kan word.

Sy maan dat gebruikers van sosiale media netwerke versigtig moet wees met die kommentaar wat hulle lewer.

Die Bosveldfees biertent het behoorlik uit sy nate gebars met die immer gewilde Juanita du Plessis se optrede Vrydagaand by die fees. Met ou bekendes en ook nuwe liedjies van haar nuwe album, Nashville, het Juanita weereens gewys waarom sy SA se mees suksesvolle vrouekunstenaar is.Juanita het nie alleen hier in die Bosveld kom kuier nie, sy het haar dogter Franja (19) en seun Ruan (23) gevra om die treffer “Kaalvoet kind” saam met haar te sing. Beslis een van die hoogtepunte by hierdie jaar se Bosveldfees.

Juanita en kroos kuier in die Bosveld

Page 2: Nn18 7 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 JULIE 20142

Ellisras Hospital in partnership with the Lephalale Municipality recently initiated the Letsema clean-up campaign recently with the aim to create a clean and healthy environment for patients and visitors to the hospital.

“The campaign will attempt to reduce the amount of littering as well as educate staff and visitors to be environmental ambassa-dors,” says Emily Molokomme, chief commu-nity liaison officer at Ellisras Hospital.

“We have a serious challenge when it comes to littering and overgrown vegetation on the premises and we decided to partner with the municipality in ensuring a clean and healthy environment.”

The campaign includes a monthly clean-

Residents living in Onverwacht are petition-ing the local municipality to act against land owners who refuse to clean up vacant properties.

“There are al lot of open stands in and around the neighbourhood that is not main-tained by the owners and we are requesting the Municipality of Lephalale to act against owners and force them to clean up the stands,” the petition reads.

The community is also concerned about squatters erecting shacks on open properties. The DA’s Sybil Nieuwoudt is working with the municipality’s building department to engage a particular owner of a property in Swartrif Street. According to Nieuwhoudt the owner of the property has permission to house four people on the site which is in the process of being developed. The numbers of occupants are however growing by the day.

Community petition for a cleaner neighbourhood“The situation has become a health

hazard to our community as there is no run-ning water or a sanitary facility on site,” says neighbourhood watch representative Mariaan Wiid. “We request the immediate removal of these squatters.”

The open stands between Springbok street and Nelson Mandela Avenue has also become a dumping ground for rubbish. Resi-dents are concerned that the high grass gives criminals a place to hide while scouring for possible targets.

Northern News contacted municipal di-rector for waste management, Joshua Hlapa who accompanied Wiid and Nieuwhoudt to the open stands and fields in question.

Hlapa gave his assurance that the mu-nicipality would issue letters of non compli-ance to landowners and give them 14 days to clean up the stands. Failure to do so will

result in a R1 000 fine. The municipality will appoint a service provider to clean up the stand and present the owner with the bill should they not react to the letter in time. “We are happy to see the community get involved. We hope to work together to ensure a cleaner and safer environment, ” he added. According to Hlapa the municipality has for-malised a standard operational plan to clear the streets and sidewalks of litter on a weekly basis. “It is time to start enforcing the by-laws and we request the community to report illegal dumping to the waste management department. Littering is a criminal offence and should not be tolerated,” says Hlapa.

Municipal teams were already clearing sidewalks along Springbok Street on Wednes-day (photo). It has been reported that the Municipal parks department were cleaning parks in the area soon after the meeting.

Hospital launches cleanup campaignup by staff of the hospital and municipality and any company willing to participate in the venture. For information contact Emily on 014 763 2227.

Above: Staff of the Lephalale municipality joined in the campaign to clean up Ellisras hospital premises. Left: Emily Molokomme, hospital community liaison officer; councilor Johanna Mojela and Annetjie Molebaloa, acting operational manager: occupational health and safety were part of the cleanup campaign last Friday.

Page 3: Nn18 7 web issuu

18 JULIE 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 3

Sakelui, boere en inwoners van Mokopane en die omliggende Bosveld sal baat vind by Donderdag 24 Julie se besigheidskamer verga-dering by die Honeyball in Hooge straat.

Frik Wagner van Strike Force Armed Re-sponse and Alarms gaan inligting verskaf rond-om kamera monitering deur Yahclick (Satelliet Internet verbinding) en Vox Telecom dienste. Die produkte is saamgestel vir die beveiliging van besighede, privaat eiendomme en plase.

Frik, ‘n oud-polisieman met jare se onder-vinding in misdaadbekamping en wetstoepass-ing, is opgewonde oor hierdie stelsel wat sy maatskappy in staat stel om enige beweging op en om ‘n perseel op kamera vas te vang en onmiddelik die inwoners van huise of eienaars

With an old age home and several residential properties within a stone’s throw from the Hippo Tavern in Onverwacht, the liquor promo-tion event held there last Saturday evening and Sunday morning did not sit well with residents.

Loud music entertained a crowd of people until 6am Sunday morning. A resident, who wishes to remain anonymous, says she phoned the police at 5am Sunday morning, who told her that the municipality had given permission for the tavern to play loud music until 6am.

Northern News spoke to the owner of the Tavern, Eddie Jacobs, who said that it was not the municipality who granted permission, but the provincial police department. He produced a letter of permission for a liquor promotion event. The letter does not give any indication of what time the event should stop. It indicates that the event was categorised as a low-risk event which, according to the provincial police department, should have been held in the day up until 10pm.

The provincial department of economic development disagree, saying that the event is linked to the trading hours of the tavern as stipu-lated in the licensing agreement. According to liquor board regulations, a licensed tavern may only operate until 2am. Patrons are not allowed to drink liquor outside the premises.

According to the Lephalale police the re-quired Section 4 meeting was not held prior to the event. “We had no knowledge of the event or how many people were going to attend the event,” WO Frans Mokoena said.

Jacobs told Northern News that this was a once off event and that the tavern will operate during its usual trading hours from now on.

Helena Raats ([email protected])

Last Sunday, the ANC expelled 22 of its councilors from the Mogalakwena Municipal-ity in Mokopane following reports that these councilors attended a council meeting with opposition parties in April where discussions regarding the removal of the mayor and members of the executive committee were held.

Members of the provincial disciplinary committee (PDC) made the decision to expel the group on Sunday following disciplinary hearings held in June, stated Limpopo PDC chairwoman, Dorah Maraba.

Media reports in the Citizen stated that Maraba claimed the affected councilors “will-fully brought the ANC into disrepute” and that the group had refused to subject themselves to organisational discipline by common pur-pose. Maraba also stated that the members were not allowed to attend council meetings.

On Friday, the ANC convened a press con-ference at the Mogalakwena council cham-bers where William Mabuela, in his capacity as Mogalakwena sub-region chairperson of the ANC, addressed members of the media and role players. Mabuela is also the mayor of Mogalakwena.

“It is clear that the PDC have distanced themselves from the content and the spirit of the constitution of the ANC which is sup-posed to guide them when dealing with dis-ciplinary matters,” Mabuela said, referring to the manner in which the expelled ANC mem-bers were treated.

“In terms of the constitution of the ANC, the councilors have 21 days to appeal against the sanction against them should they wish to do so [during which time they remain in their positions].”

He added that the processes would be followed and that the 22 councilors are still employed by the Mogalakwena Municipality

Municipal warfare continuesand will continue to honour their duties until the processes have been concluded. “As part of the structure of the ANC, we acknowledge the outcomes of the PDC, but only if the cor-rect procedures are followed,” he said.

In his capacity as chairperson of the Mo-galakwena sub-region, Mabuela also said that “branches of the ANC are condemning the non-implementation of the recommendations of the KPMG report.”

The municipality underwent a forensic in-vestigation, conducted by KPMG, which con-cluded that there were indications of financial irregularities and pointed the finger at certain councilors and the former mayor, Thlalefi Mashemaite.

“The branches will not waver in its com-mitment that these councilors must be re-moved in line with the views of the ANC that corruption is the number one enemy of the party.”

Mabuela urged the national executive committee (NEC) of the ANC to come and visit Mogalakwena on a fact-finding mission. He believes that the PDC are acting on incor-rect and “one-sided information that they got from a select group.”

“We are calling upon the ANC leadership to come and get all the facts - this approach will do justice to the matter and will bring about stability in the Mogalakwena district.”

Tension mounted on Saturday when police were called in to stand guard to prevent the disruption of an ANC Regional General Coun-cil as disgruntled members that protested outside the venue demanded access to the meeting. According to SABC news, the 22 expelled councilors were among those who protested.

Marcelle Maritz, member of the executive committee, DA Ward councilor and official opposition to the ANC, said that it was “indeed a sad day for democracy when councilors are targeted by their own party [the ANC] for standing up against corruption.”

Loud music irks residents

Misdaadwenke by sakekamer vergaderingvan sakerpersele te waarsku nog voordat boosdoeners die grense behoorlik oorg-esteek het. “Ons dink hierdie stelsel gaan veral byval vind by plase waar boere meer blootgestel is omdat hulle so ver van mekaar af woon,” sê hy.

Nog ‘n spreker by Donderdag se verga-dering is Magda Glover van die Departe-ment van Arbeid. Sy gaan die riglyne van besoeke aan besighede gaan bespreek asook die verskeie vereiste plakkate by besighede.

Die vergadering begin om 18:00 vir 18:30 en alle belangstellendes word har-telik uitgenooi om dit by te woon. Vir meer inligting skakel: 015 491 8458.

Page 4: Nn18 7 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 JULIE 20144

Free rabies vaccinations- Lephalale18 August:Bosveld Winkel 09:00 - 13:00Department of Agriculture Office 09:00 - 13:00Onverwacht SAPS 09:00 - 13:00

19 August: Bosveld Winkel 09:00 - 13:00Department of Agriculture Office 09:00 - 13:00Baviaanshoek Thlotsong winkel 09:00 - 13:00 20 August:Steenbokpan Winkel 09:00 - 13:00Elmeston Maherry Halt 09:00 - 13:00Phomolong 09:00 - 13:00Steenbokpan (house to house) 09:00 - 13:00

21 AugustMarapong (house to house) 09:00 - 14:00

22 AugustWietfontein winkel 09:00 - 13:00Afguns winkel 09:00 - 13:00Limpopo draai winkel 09:00 - 13:00 Enquiries:Lephalale State VeterinaryOffice : 014 763 2137Dr. SD Malema :082 499 5555Mr.M Mdakane : 083 983 3449

Bekende gesig terug Yolande Coetzee is ‘n ou bekende by die Mokopane Besigheidskamer. Sy neem die leisels oor as kantoorbestuurder by Karin Steyn en sal seker maak dat alle sake glad verloop. Yolande het van 2003-2009 die besigheidskamer se kantoor bestuur. Sy het intussen haar eie vervoermaatskappy gestig en haar twee kinders versorg. Sy is getroud met Christo Coetzee. “Ek het dit gemis om met die besigheidskamer se lede saam te werk asook die Mokopane gemeenskap en nou voel ek sommer weer tuis!”

‘n Petisie vir skoner poshokkies by die poskantoor in Onverwacht het moontlik die deurslag gegee in ‘n besluit om die Poskantoor-gronde te omhein. Inwoners sal voortaan net gedurende besigheidsure (07:00 - 17:30) toegang tot hul poshokkies hê. Die stap is geneem omdat verskeie bosslapers die afgelope paar maande daar slaap en onhigiëniese toestande inwoners rooi laat sien het. Die petisie is deur sowat 150 inwoners en posbus huurders geteken en is deur DA raadslid, Sybil Nieuwoudt, aan die bestuurder van die Onverwacht Poskantoor, Laurna Kekana, oorhandig.

Uiteindelik ‘n plan met vuil poshokkies

Maak ‘n verskil in iemand se lewe…Die Cre8ing Lives projek in Mokopane is reeds voluit aan die gang en het werk geskep deur naaldwerk- en vaardigheisspanne (craft) in te span as skeppende werk.

Indien u van hulp kan wees, kan u die projek ondersteun deur ‘n SMS te stuur na 34388 met die woorde ‘Projek Noodforum’. Slegs een SMS per selfoonnommer teen R2.00 sal vir die projek R90 inbring danksy Helpende Hand se onderneming om ruim by te dra tot die projek.

Die Noodforum benodig ‘n perseel vir hul hout- en metaalwerk afdeling en vra dat enige iemand met ‘n beskikbare perseel hulle sal kontak.

Enige skenkings sal waardeer word en die volgende items word benodig: krale, alle groottes; afval hessian vir vloermatjies; skulpe; dik plastiek om werksoppervlakte van twee ou skoolbanktafels te beskerm; leë potplant houers; potplant grond; afval Denim, ou lang-broeke of baadjies; material kleursel; verskillende diktes kettingtjies; en ‘n klein hoeksnyer.

Skakel die Mokopane Noodforum vir meer inligting by 015 491 2506.

Weer tyd vir Hulp en Hoop se Dorpsmark Die gewilde dorpsmark vind weer plaas op die terrein van Hulp en Hoop Gemeenskapskerk te Mokopane op 2 Augustus.

Bring gerus die gesin en kom eet ‘n heerlike boere-ontbyt. Daar is ook ‘n verskeidenheid ander stalletjies van gebak, speelgoed, handwerk- en kunsitems en vele meer.

Hulp en Hoop wil graag die hele Mokopane gemeenskap betrek by die mark.

Bespreek vroegtydig jou stalletjie by die Kerkkantoor teen slegs R50 per stalletjie (bring jou eie gazebo, tafel en stoel). Goedkeuring moet vooraf gekry word aangesien daar nie uitstallers kan wees met dieselfde produkte nie.

Stalletjies open om 09:00. Sluitingsdatum vir stalletjies is

Vrydag 1 Augustus om 12:00.Stalletjie-besprekings en navrae

kan gedoen word by die Kerkkantoor in H.F. Verwoerdstraat of skakel 015 491 3537.

Find us online at www.noordnuus.co.za or find us on Facebook & Twitter

All roads lead to... Sanral?The National Department of Transport has declared a number of roads in Limpopo, including in the Mokopane and Lephalale districts, as national roads. According to the Government Gazette published on 10 July 2014 (Gazette 37815), the newly incorporated roads, which amount to 1 535.7 km, will now be under the manage-ment of the South African National Roads Agency Limited (Sanral).

The provincial roads that have been de-clared as national roads include: Provincial road P19 Section 2, provincial road P19 Section 1, provincial road P18 Section 1, provincial road P134 Section 3, provincial district road D3612 and Provincial district road D4066 as National Road R518. They are in the districts of Lephalale, Mokopane, Mokerong 2, Mokerong 3 and Thabamoopo in Limpopo;

Sanral’s Communications GM Vusi Mona says that “the incorporation of these roads serves as testament that Sanral has been doing outstanding work in the 19 704 km of roads that we maintain. Of this, 84% are non-toll roads, 15% toll and 1% GFIP (otherwise known as e-toll). Ninety-nine percent of our portfolio is uncontested and all is well with it,” Mona said. – allAfrica.com

Page 5: Nn18 7 web issuu

18 JULIE 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 5

Deur Dirk Gallowitz (Wes Cape Wheels)

Nissan SA het aan die begin van Julie die tweede generasie van sy gewilde Qashqai (uitgespreek: “Kaskai”) nutsvoertuig plaas-lik bekendgestel.

Met wêreldwyd meer as 2-miljoen een-hede van die kompakte pionier stoftrapper verkoop sedert die eerste model in 2007 bekendgestel is, is dit voorhandliggend dat daar groot verwagtinge gekoester word van die nuwe model in ‘n stram mark tussen tawwe kompetisie.

Die nuwe model word gebou in Nissan se fabriek in Sunderland, Engeland, en is ge-heel herontwerp met groot klem wat gelê is op verbeterde kwaliteit, luuksheid en natuur-lik die jongste tegnologie. Die nuwe Qashqai is langer, wyer, laer maar ook ligter as sy vo-organger danksy die Renault-Nissan Alliance CMF (Common Module Family) modulêre platform waarop gebou word.

Buite lyk die nuwe Qashqai varser en meer modieus-modern in voorkoms. Die neus word gedomineer deur ‘n nuwe Nissan V-sierrooster met herontwerpte hoofligte weerskante wat nou met LED dagliggies spog. Agter is daar ook groot nuwe ligte wat om die hoeke vou en ook LED komponente insluit.

Die hoër ryposisie en nuutontwerpte buffers dra by tot die avontuurlustige voorkoms van die nuwe Qashqai.

Die kajuit wat sitplek aan vyf insittendes bied, is ook omvattend vernuwe met veral klem op gerief. Nissan het met die gebruik van kwaliteit materiale ‘n aangename en gerieflike plek aan insittendes daargestel vir ‘n genotvolle ry-ervaring. Binne is been-, kop- en skouerspasie vergroot asook die baggasie laairuimte wat met 20 liter tot 430 liter verruim is.

Slaan jy egter die agterry sitplekke plat kry jy ‘n enorme 1585 liter se laaispasie.

Nissan stel nuwe Qashqai bekendDie kajuit is omvattend toegerus met

goeie ergonomie. Die voorpaneel en in-strumentasie lyk modern en is uitstekend afgewerk.

Onder die metaalvel van die nuwe Qashqai het Nissan uiteraard heelwat vernuwe om die nutsbuks se neus voor sy kompetisie te hou.

Nuwe ontwerp by die onderstel en veerstelsel bied groter rygerief en beter paddinamika. Die nuwe EPAS (Electronic Power Assisted Steering) bied ook beter terugvoer aan die bestuurder en het ‘n meer natuurlike gevoel.

Vyf modelle is beskikbaar in Suid-Afrika met drie enjin opsies en twee afwerkings-vlakke.

Een petrol model, naamlik ‘n nuwe 1.2-liter turbo aangejaagte enjin met direkte inspuiting is beskikbaar. Hierdie enjintjie lewer 85 kW @ 4 500 rpm en 190 Nm by slegs 2 000 rpm.

Die QASHQAI 1.2T modelle kom beskik-baar in Visia and Acenta afwerking en is toegerus met ‘n ses-spoed handratkas. Aan-drywing is deur die voorwiele.

Brandstof verbruik volgens Nissan SA op die 1.2T modelle is gemiddeld 6.2-liter per 100 km in ‘n gekombineerde siklus met ‘n koolstofuitlaat syfer van 144 g/km.

‘n Nuwe QASHQAI 1.5dCi Acenta model bied ‘n 1.5-litre turboaangejaagde diesel enjin wat 81 kW @ 4 000 rpm en 260 Nm wringkrag lewer tussen 1750 and 2 500 rpm. Die ligter enjin loop nou stiller met minder vibrasie. Hierdie model trek deur die voorwiele via ‘n ses-spoed handratkas. Volgens Nissan bied die model klasleidende brandstofekonomie van slegs 4.2-liters per 100 km en ‘n CO2 syfer van 109 g/km wat die 1.5dCi vrystel van enige groen belast-ings.

Topmodelle in die nuwe reeks word ook met diesels aangedryf en wel die 1.6dCi

Acenta XTRONIC CVT en 1.6dCi Acenta AWD. Toegerus met die nuwe generasie 1.6-litre turbo-aangejaagde diesel oond kan jy kies tussen Nissan se XTRONIC CVT ratkas, of ‘n ses-spoed handratkas en Nissan se ALL MODE 4x4-i vier-trekstelsel. Kraglewering is 96 kW by 4 000 rpm en 320 Nm piekwringkrag wat reeds vanaf 1 750 rpm beskikbaar is. Brandstof verbruik by die nuwe QA-SHQAI 1.6dCi CVT is 4.9-liter per 100 km in ‘n gekombineerde siklus met ‘n CO2 syfer van 129 g/km. Die QASHQAI 1.6dCi AWD handrat lewer 139 g/km se CO2 met gemiddelde verbruik van 5.3-liter per 100 km ook in ‘n gekom-bineerde siklus.

Beide diesel enjins benodig 50ppm diesel by die pomp.

Die nuwe Nissan QASHQAI modelle kom standaard met Nissan se klaslei-dende 6-jaar/ 150 000 km waarborg en 5-jaar/ 90 000 km diensplan wat ook ‘n padbystanddiens insluit.

Page 6: Nn18 7 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 JULIE 20146

Melt van der Spuy

Een van die snaakse goed van kamp is die gebruik van ’n ablusieblok. Dis die plek waar gewas en al die ander natuurlike goed van ’n mens gedoen word.

Herman het laas ’n ding met ’n ablusie-blok gehad. Hy en sy aller-gewigtigste het met kinders en al gaan kamp en die eerste aand toe moes gewas word.

“Kyk,” vertel Herman my sy storie. “Dis mos nou nie dat ek groter as normaal is nie. Dis net dat stoele deesdae baie kleiner is as in die verlede. Dis ook die eerste keer wat ons by dié kampplek kom.”

Ek weet hy probeer sy kant nou so skoon as moontlik hou. “Ja, en jy het gaan stort toe dit donker word.”

Hy vryf met die een hand oor sy hele gesig asof hy van voor af die water op sy

Dis bontstaan om nat te wordOm die kampvuur

lyf voel. “Dis so. Ek kom in die badkamer en maak die stort se deur oop. Eers dog ek ek het verdwaal en het ’n toegeboude muur oopgemaak, want vlak voor my is ’n muur. Ek kyk mooi en sien toe, nee, dit is die stort se anderkantste muur. Maar hy’s naby my gesig man, vrek naby.

“Ek stap binne en toe ek die deur agter my toetrek, is my maag net so katspoegie van die anderkantste muur af. En tussen-in is nog ’n gordyn wat moet toekom sodat die water nie op my klere spat nie.”

Ek sien Herman het nie daardie aand ge-weet wat vir hom wag nie. “En toe?”

“Toe trek ek maar my boude in sodat die deur agter my kan toegaan. Ek trek my hemp uit en toe ek wil omdraai om dit agter die deur te hang, kan ek nie my skouers by die res van my verby kry nie. Ek draai en probeer my skouers optrek, maar puur verniet.

“Ek laat val toe maar die hemp en al my ander klere so langs en onder my. Ek sien hier’s nog ’n trappie ook voor my en ek trap oor die ding. Toe’s ek in die stort gedeelte met my maag teen die muur en my rug teen die oopmaak deur.”

“Miskien moes jy maar die muur vol seep gesmeer het dan hoef jy net daarteen te vryf om skoon te kom,” is my slim opmerking.

Herman lyk nie baie ingenome daarmee nie: “Ek try toe om die kraan oop te maak, maar dit beteken ek moet my arm direk langs my lyf uitsteek soos ’n spietkop wat karre voorkeer. Ek sien ek kan dit maar opgee vir ’n bad job en tree agteruit om uit die stort te kom. Maar ek het van die trappie vergeet.”

Hy gaan rustig voort: “Broer, my voet haak aan daai trap en die res van my lyf besluit hulle gaan verby. My rug tref die deur wat vir die laaste keer in sy bestaan toe was.

“Ek gaan met deur en al by die stort uit dat stukke van die kosyn doer trek. Toe is dit grond toe. Die deur tref eerste die vloer en toe tref ek die deur en die vloer. Hulle sê die slag is op die Richterskaal aangetoon.”

Ek lag nou hardop. “En vir die res van die vakansie was dit was in ’n skottel in die karavaan.”

Herman glimlag net: “Seg jy met ’n mond vol tanne.”

Valerie Cilliers ([email protected])

Die sangpaar Burgerd en Zita het min bekendstelling hier in die Bosveld nodig en met hulle pragtige klassieke harmonieë het hulle verlede Vrydagaand by die Bosveld-fees op die koue wintersaand warm gesing.

“Dit was vir ons baie lekker om weer bietjie in die Bosveld te kuier. Ons geniet dit om vir so ‘n waarderende gehoor te sing en ons het nog altyd ‘n sagte plekkie gehad vir die mense van Ellisras,” so het dié beminde sang duo wat in Januarie getroud is na die vertoning aan Noordelike Nuus gesê.

Met ‘n splinternuwe duet album getiteld Burgerd+Zita, wat binne die volgende paar weke bekendgestel gaan word, is die paartjie opgewonde oor wat die toekoms vir hulle inhou. “Ons fokus is vir eers ons duet loop-baan en die bemarking van ons eerste album saam. Ons beplan om die album en ‘n by-passend, verhoogproduksie op die planke te bring en daarmee die land vol te toer.”

Burgerd is tans bedrywig in die ateljee as vervaardiger en begin stelselmatig werk aan sy debuut solo album. Zita se musiekskool

Burgerd en Zita betower hou haar besig wanneer daar nie getoer word nie en die vooruitsigte van ‘n nuwe solo al-bum is ook in die pyplyn. “Ons geniet dit om saam musiek te skryf, nie net vir onsself nie, maar ook vir ander kunstenaars,” vertel sy.

As jy hulle vra wat is die lekkerste, ‘n duet of ‘n solo, sê hulle: “Saamsing is sonder twyfel altyd eerste prys. Ons geniet dit ont-settend baie om kliphard vir mekaar te sing. Dit is ‘n diep verbintenis wat moeilik is om te beskryf. Ons liefde vir mekaar maak dit net soveel lekkerder... Ons deel werklik in hierdie opsig dieselfde passie.”

Dan wou ons natuurlik weet of hulle ook saam sing as hulle by die huis is? “Natuurlik! Die een kan nie wag om die ander se siel uit te trek met ‘n frase uit ‘n liedjie of musiek blyspel wanneer ‘n komiese geleentheid hom voordoen nie. Somtyds spot en skerts ons lekker as ons voor die kospotte staan en iets soos “O Sole Mio” sing, of kliphard saam met die musiekkanale op TV bulder.”

Self luister hulle graag na kunstenaars soos , Michael Bublé, Andrea Bocelli en Katherine Jenkins, maar hulle deel ‘n passie vir klassieke musiek- alles van Beethoven

tot Bach. Luciano Pavarotti en Maria Callas se stemme word ook gereeld in hulle huis gehoor.

As hulle nie kon sing nie sê Burgerd hy sou ‘n argitek, wildbewaarder of dalk ‘n loots wou wees. Zita sê weer: “Ek het geen twyfel dat ek altyd my pad terug sou vind musiek toe nie. Die besigheidswêreld interesseer my geweldig. Ek gee tussendeur ons bedrywige skedule ook musiek klasse (sang en teorie)

en ek sal dalk later in my lewe meer ernstig opleiding gee vir hoër kwalifikasies in musiek.”

En as hulle enige plek in die wêreld kon woon? “Ons is baie lief vir ons land en as ons enige plek kon kies sou ons steeds iewers in die Bosveld tussen die Waterberge ‘n nessie wou skrop. Bygesê sou ons nie ‘Nee’ sê as ons so af en toe in die Suide van Europa kon gaan kuier het nie. “

Page 7: Nn18 7 web issuu

18 JULIE 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 7

Wynand 083 655 2889

William 083 586 5606

087 943 3064/[email protected]

DZOMBOPLANTHIRE Z

T L B ’ SR O L L E R ST I P P E R SG R A D E R S

E X C A V A T O R SW A T E R C A R T S

L O W B E D

Moloto Nakeng (17), Tebogo Kganyago (16) and Gail Mokwatlo (17), all learners at Piet Potgieter High School, was part of the 13 model team and had the opportunity to take part in a professional four-day photo shoot earlier this month.

The Limpopo Beauty Modeling Academy treated the ladies by involv-ing them in the photo shoot that took place in Cape Town. For many of the models this was their first time flying.

The models worked with Veronique Photography, who also handles photo shoots for Sarie magazine in Cape Town.

“I believe traveling broadens one’s horizon and it really gave these models an amazing platform to understand what it is like to work as a professional model, being able to travel, work long hours and still look your best,” says Katryn Barwise, the owner of Limpopo Beauty Modeling Academy and the reigning Miss Humanity South Africa. “We had a lot of fun!”

“We also took some photo’s on table mountain as well as on a ship at the V&A Waterfront,” she says. The models were booked in at the four-star Ritz hotel overlooking the ocean. Barwise adds that this was the first time any of the models visited Cape Town, “as a youth development or-ganisation, wê strive to give our models opportunities such as this one.”

The other models from Mokopane included Rotenda Hangwani (19) and Nthabiseng Maleka (23). The photo’s from the Cape Town shoot can be viewed at www.limpopobeautymodeling.co.za.

Professional photo shoot for local beauties

The models from the Limpopo Beauty Modelling Academy during the shoot in Cape Town. Far right is Katryn Barwise, owner of the academy and the reigning Miss Humanity South Africa.

Right is local model Moloto Nakeng from Piet Potgieter High School.

Adele Essakow

“Die mense van Distopia voer ‘n sinnelose bestaan, vasgevang in hulle daaglikse roetines, met ‘n elektriese heining om hulle dorp, wat ontsnapping onmoontlik maak. Eendag daag daar egter ’n vreem-deling op wat dit durf om te glo dat die stories wat hulle elke dag hoor nie net legendes en sprokies is nie. Hy krap hulle vooropgestelde idees deurmekaar, maar uiteindelik moet elkeen ‘n besluit neem of hulle wil ontsnap en of hulle altyd vas-gevang sal wees.”

Hoërskool Piet Potgieter (HPP) bied hierdie jaar ‘’n wonderlike musiekbly- spel, geskryf deur Mokopane se eie Deirdré en Eldiré Strauss aan. Die musiekblyspel het 'n dieper boodskap en sinspeel op ’n gevoel van magdeloosheid en dat ons Redder (Jesus) ’n reuse verskil kan maak in ons lewens.

‘Trapped’ se hoofkarakters is Nico en Zoë en word vertolk deur Rikus Strauss en Mariska Pretorius (ook bekend as die sangeres Mia Louw).

Deirdré het aan die begin van April oudisies gehou en in Mei maand begin repeteer.

Behalwe vir Deirdré se betrokkenheid by die HPP blyspel, is sy ook ’n ou bekende in Mokopane se musiekkringe en rig ook HPP en Laerskool Krugerpark se kore af. Eldiré (20) is haar dogter en studeer tans onderwys in Pretoria.

Moet nie hierdie produksie misloop nie! Die produksie is hierdie jaar van 4 -6 Augustus om 19:00, in die Hoërskool se skoolsaal op die planke.

Kaartjies is R60 per persoon, vir besprekings kon-tak Karien op 015 491 3201.

HPP blyspel ’n wenner!

Page 8: Nn18 7 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 JULIE 20148

Page 9: Nn18 7 web issuu

18 JULIE 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 9

Page 10: Nn18 7 web issuu

www.noordnuus.co.za Noordelike Nuus / Northern News 18 JULIE 201410

Tien spanne het hierdie jaar ingeskryf vir die Bosvledfees potjieskoskompetisie. Een van die sewe plaaslike spanne wat goed gevaar het was die span van Drimac wat die Hoofpot kompetisie gewen het. Algehele wenners was die Rooi span bestaande uit: Andries de Klerk, Manda de Klerk en Adelle Johnstone. Die Drimac span was Hendrik van der Mark, Dirk Botha, Jansen van Nieuwenhuizen en Kobus van der Watt.

In 2009, Manie and Annemerie van Niekerk, poultry farmers in the Mokopane-area, identified a need for quality chickenfeed and –necessities as well as expert help with problem situations that may arise in poultry farming. They founded a company called TWK Voere and started out by offering feed- and other products to farmers in the area.

The business was well supported and the Van Niekerk’s decided to expand and rename the business as Van Niekerk Voere. This name change allowed the company to supply additional products and brands to the local market. The business was started “with God’s wisdom and mercy” and it continues to operate from this plat-form.

While Van Niekerk Voere still specialises in supplying farmers with items for poultry and specifically chicken farming (including chicks, medicine, wood shavings, feeding trays and packaging), it also supplies feed to other agricultural sectors including pig-, cattle-, sheep-, horse-, game-, hare- and even bird farmers. Grass and lucerne are also available.

“We also pride ourselves in sourcing experts to support farmers with advice with regards to illnesses and feed relating to chickens,” says Annemerie. “We are keen to partner with other suppliers and businesses to en-sure that our clients get the best possible service to help them grow their businesses. We try to offer our clients a one-stop service where possible and we assist all farmers from the smallest new farmers to agricultural giants!”

She adds that if Van Niekerk Voere does not stock a required product, they will source it for their client. The business has also expanded to include a fully equipped pet shop stocking everything you need from bird

cages, pet food to accessories. Animal lovers and dog-, cat-, hamster, rabbit- and bird owners are encouraged to visit the shop to see the wide variety products on offer.

The shop also boasts a special section for gardening to assist you in creating that quiet corner in your garden to help you regain your equilibrium.

Every employee is important to us as they assist in offering the best service and support to our clients and help to build the business. “We also thank our loyal clients, we appreciate your support.”

Van Niekerk Voere is situated on the corner of Kappie de Villiers and De Klerk street in Mokopane. It offers ample parking and even rest room fa-cilities to those farmers travelling long distances into town.

The business celebrates its sixth birthday this year and is offering a host of specials every weekend – the pub-lic is encouraged to visit the shop for great deals including discounts and the chance to win a big screen plasma TV!

Contact Van Niekerk Voere at 015 491 4527/3430.

PROMOTION

Partner with Van Niekerk Voere

Heerlike potjies by hierdie jaar se fees

Lephalale’s Comrades qualifierThe Mogol Marathon club in partnership with Exxaro and Lephalale Mall is hosting a 42km Comrades qualifier mara-thon on Saturday 2 August. The start and finish line is the Lephalale Mall and the event will include a 21km, 10km, a 5km fun run as well as a 420m for children under 10. Entry forms are available at the Lephalale Mall Centre Management Office, www.lephalalemall.co.za, the Mogol Club office and sport shop, as well as www.mogolklub.co.za. You can enter and register on the day from 05:00 at the Wimpy court, Lephalale mall.

Page 11: Nn18 7 web issuu

18 JULIE 2014 Northern News / Noordelike Nuus www.noordnuus.co.za 11

Sowat 40 deelnemers het die jaar ingeskryf vir die Bosveldfees 4x4 kompetisie wat Saterdag op die Mogolklubgronde in Lep-halale aangebied is. Die jaarlikse instelling is reeds baie gewild onder viertrek voertuig entoesiaste en deelnemers van sovêr as Botswana, die Vaaldriehoek, Brits en Rustenburg het aan die kompetisie kom deelneem.

Die dag het bestaan uit tien bane per klas en het die immer gewilde HiQ “Tyrepit”, TJM klipbaan en Autozone RTI ramp in-gesluit. Hierdie jaar is daar weer meegeding in vier klasse naam-lik: lank en kort asafstand vir standaard voertuie (LWB en SWB Standard) en lank en kort asafstand vir aangepaste voertuie (LWB en SWB Modified).

Die uitslae is as volg, SWB Standard: eerste Hennie Loock, tweede James Hockley, derde Vic Cruger. LWB Standard: eerste Cobus Daffue, tweede Cornelis Steenkamp en derde Jan Adri-aan de Beer. Die aangepaste voertuie se uitslae is as volg: SWB Mods: eerste Yssel Mulder (Vaaldriehoek), tweede Werner Kotzè (Botswana), derde Nantie Mulder (Vaaldriehoek). LWB Mods: eerste Tim van der End (Brits), tweede Rassie Ras en derde Jan Putter (Thabazimbi).

Die Ellisras 4x4 klub bedank almal wat betrokke was met die reël van die baie suksesvolle dag. Dank gaan ook aan hier-die jaar se hoofborg – Autozone asook HiQ, TJM, Basil Read, Masshire, VeeCee imports en Bosveld DJ - Stefan Meyer.

Hi-Q borg hokkie damesHi-Q Lephalale het hierdie week die Ellisras hokkieklub se damesspan geborg met sportsakke. Die span het hierdie jaar aan die klubliga deelgeneem en baie goed gevaar. Bestuurder van Hi-Q, Werner Erasmus, oorhandig die sakke aan afrigter en kaptein, Debbie Vosloo.

Verlede Saterdag het die Sportman Amateur Posduif klub deelgeneem aan ’n 516km-wedvlug van Winburg af. Dit was ’n maklike wedvlug en die duiwe het slegs ’n ligte kopwind gehad.

Die wenner van die jaar oud wedv-lug was Johan van Zyl met ’n spoed van 69.33km per uur. In die ope wedvlug is Barend van Biljon met ’n spoed van 70.35km die wenner.

Die uitslae is soos volg vir die jaar oud wedvlug:

Wildman borg jong boogskut

Die bekkige blommetjies en bulletjies wat hierdie jaar aan die Bosveldfees kompetisie in Lephalale deelgeneem het, het vele harte gesteel.

Dit was die onbenydenswaardige taak van die beoordelaar om ‘n wenner te kies uit vyf kostelike blommetjies en vyf pittige bul-letjies.

Gedurende die finale uitdunne was daar met elk ‘n onderhoud gevoer en met baie selfvertroue is daar gesels oor hul gunste- ling kos, hulle oulike juffrou, boeties en sus-

Laat die vlerke klap by duiweklubJohan van Zyl (1, 6, 7, 9 en 13); Fanie

Viljoen (2, 8, 10 en 12); Dewald Viljoen (3, 4 en 11); Tian Marais (5 en 14) en Louis Rossouw (15).

In die Ope wedvlug, lyk die plasings so:Barend van Biljon (1, 8, 10, 15, 22 en

30); Tian Marais (2, 7, 11, 16, 21, 24, 25 en 27); Dewald Viljoen (3, 4 en 12); Jo-han van Zyl (5, 6, 14 en 20); Fanie Viljoen (9,13, 18, 19, 23 en 26); Louis Rossouw (17 en 29) en Engelbrecht Hokke (28).

Mooiste blom en bul gekroon

Bosveldfees bulletjie wenner Viaud Bredenkamp (links) saam met die vyf blommetjies.Agter is Mej. Bosveld Joanita Visser en haar twee prinsesse Alicia Schlemmer (regs) en Chane de Jager.

Steven Verwey, ‘n leerder van Laerskool Bosveld Primary, is ‘n kranige boogskut met vele titels agter sy naam. Steven het reeds sy nasionale klere in die sport verwerf en het verlede jaar ‘n derde plek in die wêreld kampioenskappe behaal. Hy is ook hierdie jaar aangewys as die Mogolklub se junior sportman van die jaar. Rich Louw van Wildman het ‘n hemp en pet aan Steven oorhandig.

Die dogters en seuns wenners van die Bosveldfees baba kompetisie was:

Kayla Vorster en EJ Smith (0-3 maande); Mieke Visagie en Keegan Gouws (4-6 maande); Zuané Rossouw en Bradley Goddard (7-12 maande);

sies wat soms lastig is en wie dan nou die kwaaiste in hulle huis is.

Hierdie jaar se blommetjie wenner is Boadecia Paten, eerste prinses Kera Prinsloo, tweede prinses Millisha Robinson. In die vierde plek was Lee-Mari Meyer en die vyfde plek Elize Kruger.

In die bulletjie afdeling het Viaud Breden-kamp met die louere weggestap, Caden Shepherd was tweede, Colin Robinson derde, Phillip Loots vierde en Francois Campher vyfde.

Bosveld se mooiste babasLiney Retief en Niel van Deventer (13-18 maande); Zuanke du Plessis en Alex Buys (19-24 maande) en Lee-Chané van der Westhuizen en C.F. Kruger (25-36 maande).

Groot pret met ‘n 4x4

Page 12: Nn18 7 web issuu

oordelike uus orthern ewsN NAitblinkerschievers

U

Parents can teach their children to be safe cyclists by going out with them and leading by example. South African roads are public spaces and cyclists have the right to ride their bicycles on them but riding a bicycle on public roads is a huge responsibility and it is vital that children are made aware of the rules of the road (visit www.pedalpower.org.za) as well as how to handle a bicycle in a safe and respon-sible way.

Learning to cycle is a rite of passage for many children and has the added benefits of health and fitness. Cycling can be one way your child gets enough exercise during the winter school holidays and it makes for a good day’s entertainment for the whole family. Cycling represents fun, freedom and fresh air, everything that’s good about being a kid. It’s also an easy way to burn calories and to learn co-ordination.

Teaching children to travel effectively by bicycle as they get older develops patience, discipline, self-reliance and per-sonal responsibility.

Learning to cycle also teaches essential driving skills that will make them safer and more courteous motorists later in life. Like swimming and motoring, the safety of cycling is determined primarily by behaviour; education and skill de-velopment are key to success.

An important consideration for cycling with children is matching route selection and adult supervision to the developmental and skill levels of the child.

“Riding with children affords a parent the opportunity to supervise their cycling, especially at edge locations such as street crossings. Parents should model consistent behaviour by stopping and looking both ways before proceeding, and invite the child to assist in assessment of traffic conditions,” says Karin Pohl, GM of the Pedal Power Association.

Although many parents and children are tempted to think

Ride with your childrenof sidewalks as safe places for children to ride, traveling any distance on a sidewalk inevitably results in crossing intersec-tions and driveways or crossing roadways mid-block, this is illegal in South Africa unless there is a specific cycle path on the pavement. Such movements are associated with the most common collision types for child cyclists, in part be-cause of children’s errors, but also because motorists are less likely to notice bicyclists entering their path from sidewalk locations when they are focused on traffic approaching in the roadway.

A leading contributor to car-bike crashes is cycling on the wrong side of the road, which is also illegal in SA. At intersections, where the vast majority of car-bike collisions happen, other drivers aren’t expecting or looking for traffic approaching from the ‘wrong’ direction.

When riding with a child to supervise their bicycling, an ideal riding position is slightly behind and to the right of the child, with the child setting the pace. This position allows the parent or instructor to watch and communicate with the child, while also diverting overtaking traffic to pass at a larger distance from the child.

Children between the ages of 7 and 10 can develop the necessary traffic and handling skills to operate safely on low speed, low traffic two-lane residential streets. By their early teens, they can develop the skills to handle multiple lane streets.

“Although some cyclists may prefer more direct, larger roads depending on their travel objectives, low traffic streets and dedicated cycle paths are often the most enjoyable places to ride for a wide variety of cyclists,” explains Pohl.

The Pedal Power Association of South Africa offers helpful information that parents on their website www.pedalpower.co.za.