16
1 10/2015 Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS. Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible. Quest Kamp 2015 Foto: Annie Naudé

NL Montagu Bulletin #10

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Ons 10de bulletin van die jaar is hier!Die bulletin se doel is om ons vriende op hoogte te hou van ons bedieninge. Ons bedien graag die mense van Montagu en omgewing.

Citation preview

Page 1: NL Montagu Bulletin #10

1

10/2015

Nuwe Lewe Montagu is ‘n gemeente van die AGS.

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier!

Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

Quest Kamp 2015

Foto: Annie Naudé

Page 2: NL Montagu Bulletin #10

2

BIRTHDAYS & ANNIVERSARIES* IN OCTOBER &

NOVEMBER

November

1 Pieter Visser 1 Michelle van Zyl 2 Stephanie Swart

4 Bronwyn Boyce 5 Charné Anthony 6 Anné de Freitas

8 Sebastian v Heerden 9 Chris Vorster 12 Joubert Wolmarans

12 Helené Esterhuyse 14 Suné Esterhuyse 15 Wendy Strydom

16 Robert Thompson 16 Julian Flesch 17 Abraham Boyce

18 Jana Strydom 20 Cherise Thompson

24 Jacques Visagie 29 Drikus Visagie

20 Peter & Maretha Visser 23 Yolandé & Johann

Wolmarans

December

3 Hanri Strydom 8 Almay Wolmarans 9 Christian Arendse

10 Johan van Nooi 10 Lelanie Stemmet 17 Fred Rautenbach

10 Cobus Uys 18 Lourens du Plessis 21 Susan Visagie

25 Zelda Roscherr

15 José & Anné de Freitas 16 Bronwin & Abraham

Boyce

16 Mark & Petro

Strydom

21 Jacques & Susan

Visagie

Datum Dag Bediening Geleentheid

Okt 5-9 Okt Ma-Vr Tieners & Kinders Jeugkamp

23-25 Okt Vr-So Vrouebediening Vrouekamp

Nov 1 Nov Son Transformasie Uithoeke vd Aarde Sondag

29 Nov Son aand Mannebediening Manneaand - Jaarafsluiting

Des

6 Des Son NL3 Qlub Kinderkerk Jaarafsluiting

25 Des Vry Spesiale Dienste Kersoggenddiens

31 Des Do Spesiale Dienste Oujaarsaanddiens

BAIE WELKOM AAN ONS NUUTSTE LIDMATE! Francois & Maraleze Bosman, Johan & Daleen Marais, Ron & Mariza McCabe Allan & Anne-Marie McKay, Vian Nortjé, Ollie & Jo Prentice, Ynez & Waldi van der Westhuizen

Page 3: NL Montagu Bulletin #10

3

UIT PASTOOR LOURENS SE HART: GROEI EN VORDERING

Liewe Vriende,

So op die vooraand van die Jeugkamp is dit lekker om terug te kyk op `n mooi kwartaal. Maandag (5 Oktober) vertrek ons met 52 kinders na die Proteaplaas. Ons gaan vyf dae op hierdie pragtige plek in die Koo deurbring. Dit is by verre ons grootste Jeugkamp nog.

Die seën van God kan natuurlik nie aan syfers gekoppel word nie, maar syfers is altyd deel van die prentjie. Op Pinksterdag (so vertel Handelinge 2:41) het omtrent drieduisend mense tot bekering gekom. Dit bring soms `n wonderlike perspektief om so te kyk na die groei van sake.

Ons mannebediening kom gereeld op `n Vrydagoggend om sesuur bymekaar. Dan drink ons koffie, gesels oor die pad van geloof, en sluit met gebed af. Toe Cobus (Uys) met hierdie bediening begin het was daar dikwels maar drie of vier manne so op `n Vrydag. In die afgelope Winter, egter, het ook hierdie bediening `n deurbraak gehad. Ons is nou dikwels 14 of 15 manne saam, en was een oggend selfs 18!

Ons Engelse diens is ook besig om bestendig te groei. Onlangs het ons `n nuwe rekordbywoning van 42 volwassenes op `n Sondag by die Engelse diens gehad. Dit is ook interessant dat ons die tweede Sondag in September by die Afrikaanse diens 120 volwassenes in die diens gehad het, en dit op `n doodgewone Sondag.

Alles bymekaar gesien is dit wonderlik om God se seën en groei in alle fasette van ons gemeente raak te sien. Kom ons bid saam dat God ons na hoër hoogtes sal lei en ons verder sal gebruik om Sy lig in ons gemeenskap te skyn. Seën en sterkte vir die laaste kwartaal van 2015.

Liefdegroete,

Lourens

Page 4: NL Montagu Bulletin #10

4

CAMP QUEST 2015 – DIE HEERLIKE UITDAGING Bydrae deur Annie Naudé | [email protected]

Meeste van julle het reeds gehoor hoe wonderlik ons jeugkamp hierdie jaar was. Elke jaar sien ons uit na 'n week van saam kuier, speel, nuwe vriende maak en tyd spandeer met die Here. Hierdie jaar het al ons verwagtinge oortref!

Lank voor ons vertrek het, het ons begin beplan en die Here vertrou vir meer kinders om saam te kom as die vorige jare. Almal was verbaas toe ons 53 inskrywingsvorms ontvang het. 53 kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar!

Daar was geswem, geëet, gesing, gedans, berggeklim, min geslaap en baie gelag. Ek was beïndruk met ons kinders se mooi maniere en hulpvaardigheid. Veral die tieners. Hulle was geduldig met die kleintjies en het hulle deel gemaak van die verrigtinge.

Om kinders te bedien is so lonend! Hulle is eerlik en opreg. Hulle vra vrae sonder om skaam te wees en glo met oorgawe. Die eerste aandsessie het ons met lofprysing en aanbidding begin. Uit ondervinding weet ek dat kinders graag eerder lewendige liedjies met bewegings wil sing en dat dit moeiliker is vir hulle om op die Here te fokus wanneer ons stadiger liedjies sing. Die Heilige Gees het vroeg op die kamp die harte van ons kinders aangegryp. Van die eerste lied het hulle ingeduik en het die Here hulle geloof in Hom beloon. Daar is vir my niks mooier as jongmense wat die Here met vertroue en oorgawe aanbid nie. As Maandagaand al so gelyk het kan julle seker net dink hoe fantasties Donderdagaand was! Die kinders het mekaar met gebed bedien en

Page 5: NL Montagu Bulletin #10

5

hulle getuienisse gedeel. Die een na die ander het vorentoe gekom om te getuig van die Here se werklikheid in hulle lewens.

Daar was ook tye wat dit vir my moeilik was op die kamp. Dinge wat buite my beheer was wat ek mee te doen gehad het. Maar hierdie vers het my deur die week gedra:

Hy het egter vir my gesê: “My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede spog sodat die krag van Christus voortdurend deur my kan werk. 2 Korintiers 12:9

Ek het gesien dat die Here ons kan gebruik om lewens te verander al voel ons swak en broos.

Ons het egter hierdie skat in erdehouers, sodat die krag wat bo die normale is, God s’n kan wees en nie dié uit onsself nie. 2 Korinthiers 4:7

Ek is dankbaar vir ons kinders. 'n Gemeente met baie kinders is 'n gemeente met 'n toekoms!

En ek is dankbaar vir ouers wat hulle kinders in die weë van die Here grootmaak. Ons het nie net 'n toekoms nie, maar 'n goeie een, gevul met die beloftes en seëninge van ons Vader.

Hou asb saam aan om vir ons gemeente se kinders te bid. Ek vertrou dat die Here wat die goeie werk in hulle lewens begin het “dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus” (Filippense 1:6).

Onthou ook dat die Here vir jou kan gebruik om 'n verskil te maak in iemand anders se lewe, selfs al gaan jy deur 'n moeilike tyd.

Page 6: NL Montagu Bulletin #10

6

LEARN TO LEAD ~ L2L Contribution by Dave Smith | [email protected]

Judging by the enthusiastic feedback, I think it can safely be said that our last leadership event on 30th August was a success. This was entirely due to all those who participated and a word or two of thanks needs to be expressed.

Richard Thomson spoke on the topic “Real Talk” and the subject matter was relevant and thought provoking. Thank you Richard for your presentation.

Zelda Roscherr spoke on the topic “Being a person of influence” and it was good to see some of her Mentees in attendance. Zelda spoke in Afrikaans and again the subject matter was appropriate and interesting. Thank you Zelda for your presentation.

Thanks also need to go to Annie Naudé for her support, the technical team and of course to Pastor Lourens for his contributions.

IN THE PIPELINE! We have another leadership event scheduled to take place in November! Remember that Jesus chose ordinary men to be his disciples. He saw something in each one of them that would serve His purpose. Do you think that they saw themselves as leaders before Jesus came into their lives?

In the same way that Jesus set the example for His disciples to become leaders, so He is still setting the example for people today to follow Him and become leaders.

What about you? Come to next leadership event and start “Learning to Lead”.

Joseph Campbell wrote “If you follow your bliss, you put yourself on a kind of track that has been there all the while waiting for you, and the life you ought to be living is

the one you are living. When you can see that, you begin to meet people who are in the field of your bliss, and they open the doors to you. I say, follow your bliss and don’t be afraid, and doors will open where you didn’t know they were going to be. If you follow your bliss, doors will open for you that wouldn’t have opened for anyone else.”

I rest my case. See you all at the November event!

Page 7: NL Montagu Bulletin #10

7

KINDERBEDIENING Bydrae deur Thys Verreynne | [email protected]

Ons God is so groot, so sterk en so magtig, daar is niks wat Hy nie kan doen nie. “ Onthou jy dit van jou kinderdae? So maklik sing ons dit, maar het ons dit al ervaar? Ons het die Here vertrou vir 50 kinders vir ons kamp en hoeveel kry ons? Reg, 50 ! Is ons God nie groot en getrou nie ? Wie wil dan nou ‘n ander God dien ? Quest Camp , hier kom ons met God se 50 kinders! Bid saam met ons dat die kamp ook lewens sal verander soos die vorige kampe.

Wat maak ‘n swaardvegter in die kinderkerk ? Ja, ‘n regte opgeleide swaardvegter het ons kom besoek en ons so bietjie gewys hoe om ‘n swaard te hanteer en daarmee te veg. Klink dit snaaks vir ‘n kinderkerk ? Hier by NL3 Qlub is enige iets moontlik, solank daar ‘n Geestelike boodskap in is. Die swaard is die Woord van God en daarom moet jy hom ken en weet hoe om met hom te veg. Verdedig jouself en val aan waar nodig met die “swaard”. Dit is deel van die wapenrusting van God. ( Efesiers 6 : 11-17 ) Ons moet ons Bybel ken en weet wanneer om ons “swaard” te gebruik. Net ‘n gerusstelling, ons het darem ‘n opgeleide persoon gehad wat die regte swaard hanteer het en geen een was in gevaar nie. ( Geen kind is beseer in die geveg nie. )

Wat gaan verder aan by NL3Qlub? Kom kyk ‘n slag na ons nuwe matte en al ons “ posters “ teen die mure, moenie van die geverfde hande vergeet nie, alles deel van ‘n kindervriendelike kerk. Van ons in ‘n leë huis in getrek het, het daar al heelwat gebeur en lyk dit meer na ons huis. Dankie aan elkeen wat gereeld skenkings gee, ons waardeer dit opreg en wees verseker dat ons elke sent aanwend vir die Kinderkerk. Kom besoek ons gerus, julle is altyd welkom.

Seën groete

Kinderkerk personeel

Page 8: NL Montagu Bulletin #10

8

Page 9: NL Montagu Bulletin #10

9

Page 10: NL Montagu Bulletin #10

10

HOU KOMMER UIT JOU HART Bydrae deur Daleen Marais | [email protected]

Die jaar snel nou vinnig einde toe en dis ook die tyd

van die jaar dat ons voor nuwe keuses en uitdagings te

staan kom. Soms wonder ons oor werksverandering en

dan moet ons nou daaroor besluit om alles in plek te

kry voor die nuwe jaar begin. Ons matriekkinders moet

besluit oor hulle toekoms. In watter rigting gaan ek

leer, watter universiteit, kollege of koshuis? Ons

universiteitskinders studeer af en moet besluit

waarheen. Is daar vir my werksgeleentheid? Ons wonder ook oor ons land se

toekoms, oor politieke, ekonomiese en maatskaplike sekerhede wat in duie stort en

waarheen is alles oppad? Gaan dit net vorentoe verswak?

Al hierdie vrae laat kommer in ‘n mens se hart en dis net omdat jy maar mens is, maar

God gee self in sy Woord die wonderlike gerusstelling! Kom ons kyk na ‘n paar

voorbeelde uit die Woord.

Nahum 1:7 - Die Here is goed. In tye van nood is Hy ‘n veilige vesting. Hy ken elke

mens wat op Hom vertrou. Hierin lê die gerusstelling dat jy maar net op God kan

vertrou. Hy weet wat Hy vir jou bestem het en hoe jou paadjie vorentoe lyk!

Spreuke 19:21 - ‘n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat

die Here besluit het. Dit is goed om te weet ons lewe is in God se hand. Hoekom sal

ons dan bekommerd wees oor enige iets?

Habakuk 3:17 – 19 - Lees gerus die gedeelte of sing sommer die bekende liedjie van

die vyeboom wat nie bot nie en die Here gee jou voete van ‘n ribbok. Hierdie gedeelte

spreek die vertroue uit dat God vir sy kinders sorg en van sy onmeetlike liefde vir jou.

Al sou …. al sou …. en al sou …. nogtans sal ek in die Here jubel …. Die Here my God gee

vir my krag …. Wat is die ergste wat met my kan gebeur? Wat ook al, God gee my krag

om dit te hanteer. Daarom vertrou ek God om my perspektief op my situasie positief

te verander.

Matteus 6:19 – 34 - Die hele gedeelte is vol van vertroosting dat ons oor niks

bekommerd moet wees nie. God is in beheer. Hy sorg vir ’n swak mensekind soos ek

en jy. Hier is sewe redes uit Matteus 6 waarom ons ons nie moet bekommer nie :

Matteus 6:25 - Jy kan jou lewe elke dag toevertrou aan dieselfde God wat jou

‘n lewende wese gemaak het.

Matteus 6:26 - Kommer oor die toekoms haal jou uit rat vir vandag.

Page 11: NL Montagu Bulletin #10

11

Matteus 6:27 - Kommer doen meer skade as wat dit help.

Matteus 6 :28 - 30 - God ignoreer nooit diegene wat op Hom vertrou nie.

Matteus 6:32 - Kommer dui op ‘n gebrekkige geloof en begrip van God.

Matteus 6:33 - God wil hê dat jy werlike uitdagings die hoof moet bied en

kommer weerhou jou daarvan.

Matteus 6:34 - Doen elke dag wat jy kan doen, dan sal jy nooit deur kommer

vernietig word nie.

As jy aan God die eerste plek in jou lewe gee, beteken dit dat jy eerste na Hom sal gaan

as jy hulp nodig het ; dat sy wil gedurig in jou gedagtes sal wees ; dat sy liefde en

genade jou voorbeeld sal wees ; dat jy Hom in alles sal dien en in alles aan Hom

gehoorsaam sal wees. Moenie toelaat dat kommer oor die toekoms jou verhouding

met God vandag belemmer nie. Vertrou volkome op Hom. Hy sal kommer uit jou hart

jou!

Page 12: NL Montagu Bulletin #10

12

Page 13: NL Montagu Bulletin #10

13

Bydrae deur Tina

Verreynne

Tel: 023 100 0049

Dit gaan baie goed by NLS. Die kinders doen hulle huiswerk baie getrou. Ons groot beloning is die ouers se dankbaarheid vir die moeite met elke kind en die pragtigste briefies van die kinders. ‘n Drukkie met ‘n groot glimlag maak die wêreld se verskil in ‘n kind se lewe. Ons is so opgewonde dat van ons nasorg se kinders ook op die kamp kon gaan en ons weet dat dit tot groot betekenis vir hulle was.

Die vakansietoesigprogram het ook die vakansie afgeskop. Daar is van Graad RR tot Graad 12 kinders omgesien van 7:30 tot 17:00 in die middae. Prys die Here vir geleenthede wat opduik waarby ons tot diens vir die gemeenskap kan wees.

Dankie vir elkeen wat die nasorg opdra aan die Here.

TRANSFORMASIE & SENDINGNUUS Bydrae deur Tina Verreynne |[email protected]

Die Bid-Stap vir ons dorp en omgewing was tot groot seën. Dit is verseker goed om so saam te kom om te bid vir ons dorp. Dankie vir elkeen wat kom bid het en vir die wat by hulle huise en ook saam met hulle selvriende gebid het. Elke gebed is kosbaar en ons weet dat God na elke gebed luister.

Ons moet getrou vir alle sendelinge bid vir hulle veiligheid. Ons weet dat almal nie so bevoorreg is om die Woord te verkondig sonder gevolge nie. Sommiges se lewe is werklik in gevaar en dit is ons plig om vir hulle in te tree vir beskerming. Ons weet dat “ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” Daar is sendelinge wat daagliks die stryd ervaar en wat ten alle tye versigtig moet wees in hul doen en late. Ons weet dat die stryd nie op Christene gerig is nie, maar op Christus self. Die ou vyand is oorwin, maar hy het nie die stryd opgegee nie. Omdat die vyand ‘n geestelike vyand is, is ook net ‘n geestelike oorwinning moontlik. Die oorwinning sal net kan gebeur deur aanhoudende gebede. Die gebede is verseker die geheime wapen waar die geestelike stryd gestry word voor die aangesig van ons God.

In soveel lande vlug Christene vir hul lewe. Hulle word ontwortel en selfs ontvoer. Die ouers is besorg oor hulle kinders. Kerke word aangeval en die Christene kry regtig swaar. Bid asseblief getrou vir alle sendelinge, vir alle mede-Christene en dra hulle op aan die Vader.

Page 14: NL Montagu Bulletin #10

14

QUESTION: "WHAT IS ISLAM, AND WHAT DO MUSLIMS BELIEVE?" http://www.gotquestions.org/Islam.html

Islam is a religious system begun in the seventh century by Muhammad. Muslims follow the teachings of the Qur’an and strive to keep the Five Pillars.

The History of Islam

In the seventh century, Muhammad claimed the angel Gabriel visited him. During these angelic visitations, which continued for about 23 years until Muhammad's death, the angel purportedly revealed to Muhammad the words of Allah (the Arabic word for “God” used by Muslims). These dictated revelations compose the Qur'an, Islam's holy book. Islam means “submission,” deriving from a root word that means “peace.” The word Muslim means “one who submits to Allah.”

The Doctrine of Islam Muslims summarize their doctrine in six articles of faith:

1. Belief in one Allah: Muslims believe Allah is one, eternal, creator, and sovereign. 2. Belief in the angels 3. Belief in the prophets: The prophets include the biblical prophets but end with

Muhammad as Allah’s final prophet. 4. Belief in the revelations of Allah: Muslims accept certain portions of the Bible,

such as the Torah and the Gospels. They believe the Qur'an is the preexistent, perfect word of Allah.

5. Belief in the last day of judgment and the hereafter: Everyone will be resurrected for judgment into either paradise or hell.

6. Belief in predestination: Muslims believe Allah has decreed everything that will happen. Muslims testify to Allah’s sovereignty with their frequent phrase, “inshallah”, meaning, “if God wills.”

The Five Pillars of Islam These five tenets compose the framework of obedience for Muslims: 1. The testimony of faith (shahada): “la ilaha illa allah. Muhammad rasul Allah.” This

means, “There is no deity but Allah. Muhammad is the messenger of Allah.” A person can convert to Islam by stating this creed. The shahada shows that a Muslim believes in Allah alone as deity and believes that Muhammad reveals Allah.

2. Prayer (salat): Five ritual prayers must be performed every day. 3. Giving (zakat): This almsgiving is a certain percentage given once a year. 4. Fasting (sawm): Muslims fast during Ramadan in the ninth month of the Islamic

calendar. They must not eat or drink from dawn until sunset. 5. Pilgrimage (hajj): If physically and financially possible, a Muslim must make the

pilgrimage to Mecca in Saudi Arabia at least once. The hajj is performed in the twelfth month of the Islamic calendar.

Page 15: NL Montagu Bulletin #10

15

A Muslim's entrance into paradise hinges on obedience to these Five Pillars. Still, Allah may reject them. Even Muhammad was not sure whether Allah would admit him to paradise (Surah 46:9; Hadith 5.266).

An Evaluation of Islam Compared to Christianity, Islam has some similarities but significant differences. Like Christianity, Islam is monotheistic. However, Muslims reject the Trinity - that God has revealed Himself as one in three Persons: the Father, Son, and Holy Spirit.

Muslims claim that Jesus was one of the most important prophets—not God’s Son. Islam asserts that Jesus, though born of a virgin, was created like Adam. Muslims do not believe Jesus died on the cross. They do not understand why Allah would allow His prophet Isa (the Islamic word for "Jesus") to die a torturous death. Yet the Bible shows how the death of the perfect Son of God was essential to pay for the sins of believers (Isaiah 53:5-6; John 3:16; 14:6; 1 Peter 2:24).

Islam teaches that the Qur'an is the final authority and the last revelation of Allah. The Bible, however, was completed in the first century with the Book of Revelation. The Bible warns against anyone adding to or subtracting from God’s Word (Deuteronomy 4:2; Proverbs 30:6; Galatians 1:6-12; Revelation 22:18). The Qur’an, as a claimed addition to God’s Word, directly disobeys God’s command.

Muslims believe that paradise can be earned through keeping the Five Pillars. The Bible, in contrast, reveals that sinful man can never measure up to the holy God (Romans 3:23; 6:23). Only by God’s grace may sinners be saved through repentant faith in Jesus (Acts 20:21; Ephesians 2:8-9). Because of these essential differences and contradictions, Islam and Christianity cannot both be true. The Bible and Qur’an cannot both be God’s Word. The truth has eternal consequences. “Beloved, do not believe every spirit, but test the spirits to see whether they are from God, because many false prophets have gone out into the world. By this you know the Spirit of God: every spirit that confesses that Jesus Christ has come in the flesh is from God; and every spirit that does not confess Jesus is not from God; this is the spirit of the antichrist, of which you have heard that it is coming, and now it is already in the world” (1 John 4:1-4; see also John 3:35-36). Recommended Resources: Answering Islam: The Crescent in Light of the Cross by Norm Geisler and Logos Bible Software.

Page 16: NL Montagu Bulletin #10

16

Morning service Oggenddiens

Sunday 08:30 – 09:30 (English service) Sondae 10:00 – 11:15

Communion Nagmaal

1st Sunday of the month 1ste Sondag van die maand

Woordskool / Bible Class Sondae / Sunday 18:30 – 19:30

Creche Gedurende oggenddienste / During morning services

Kinderkerk / NL3Q Gedurende oggenddienste / During morning services

Men @ 6 Vrydae 6:00 – 7:00 in die kerksaal

Dames biduur Dinsdae 9:30 – 10:30 in die kerksaal

Ps Lourens du Plessis 023 614 2260 [email protected]

KONTAK ONS / CONTACT US Abigails Wendy Strydom 084 501 7377 [email protected]

Admin Petru Groenewald 0733705416 [email protected]

Ouderlinge / Elders Johan Stemmet 082 572 3855 [email protected]

Gebedsaksie / Prayer action Hannes van Rooyen

084 517 1226

Jeug / Youth Richard Thomson 083 990 1910 [email protected]

Kinderkerk / NL3Q Thys Verreynne 082 867 9086 [email protected]

Kommunikasie Zelda Roscherr 082 469 0094 [email protected]

Manne / Men Cobus Uys 082 789 5079 [email protected]

Leadership Development Dave Smith 0829907955 [email protected]

Musiekspan / Worship team Annie Naudé 079 877 3929 [email protected]

NuweLeweLand Akademie Annie Naudé 023 100 0049 [email protected]

Nuwe Lewe Studente Sentrum Tina Verreynne 023 100 0049 / 076 287 4415 [email protected]

Sondag / Sunday Creche Alet Stemmet 079 346 1086 [email protected]

Tegnies / Technical Stephan van der Walt

079 311 9971 [email protected]

Terrein & Geboue / Maintenance Frans White 073 318 1626 [email protected]

Transformasie / Transformation Tina Verreynne 076 287 4415 [email protected]

Vroue / Women Elsa van Heerden 083 641 5826 [email protected]

Bankrekening besonderhede: AGS Nuwe Lewe Sentrum | ABSA Bank Branch 632005

Rek Nommer / Acc number: 1050140225

Volg ons op “www.facebook.com/NLMontagu” of soek “Nuwe Lewe Montagu” www.nlmontagu.org