16
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief UNTE: 150 YD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 ONTWERP V1 TEORIE FEBRUARIE/MAART 2009 P T

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

UNTE: 150

YD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

ONTWERP V1

TEORIE

FEBRUARIE/MAART 2009

P T

Page 2: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 2 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.

Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae. Daar is keuses binne elke vraag in hierdie vraestel. Lees die opsies aandagtig deur. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. AFDELING A: Ontwerpgeletterdheid (VRAAG 1 tot 4) (80) AFDELING B: Ontwerp in 'n sosiale/omgewingskonteks (VRAAG 5 en 6) (40) AFDELING C: Ontwerp in 'n besigheidskonteks (VRAAG 7) (30)

Lees die vereistes van die vrae aandagtig deur. Beantwoord in volsinne en vermy die opnoem van feite. Gebruik die puntetoekenning om te bepaal hoeveel tyd aan elke vraag spandeer moet word. MOENIE dieselfde feite en voorbeelde in verskillende vrae herhaal NIE. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 3 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: ONTWERPGELETTERDHEID Beantwoord AL die vrae. VRAAG 1: 'ONGESIENE' ONTWERPE: ASSESSERING VAN VISUELE

GELETTERDHEID

Amanda Laird Cherry is een van Suid-Afrika se mees gevestigde mode-ontwerpers. Sy is wyd bekend vir die gebruik van verskillende kulturele verwysings in haar werk, insluitende die Sophiatown Vyftigers, Xhosa- komberse, tradisionele Zoeloe-drag, 'shweshwe'-materiaalstof en selfs Oosterse en Indiese invloede.

Bestudeer haar ontwerp hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

'n Uitrusting deur Amanda Laird Cherry vertoon by die

1.1

1.1.1

1.1.2

Noem en bespreek DRIE verskillende elemente en/of beginsels van ontwerp soos in die mode-uitrusting(s) hierbo gebruik. Evalueer en verduidelik hoekom hierdie ontwerp as 'n 'ware' Suid-Afrikaanse ontwerp beskou kan word.

(6)

2008 Design Indaba Expo.

(4)

Page 4: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 4 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.2 Kyk na die illustrasie hieronder, lees die teks, en beantwoord die vrae wat

volg.

'Louis Ghost'-/Spookstoele – ontwerp deur Philippe Starck en gemaak deur Kartell.

In hierdie ontwerp wys Philippe Starck 'n ongewone stoel gemaak van helder,

deurskynende plastiek. Ten spyte van die brose of 'spookagtige' voorkoms daarvan, is die 'Louis Ghost'-/Spookstoel stewig en duursaam, skok-, krap- en weerbestand, en kan tot ses stoele hoog opmekaar gestapel word.

1.2.1

1.2.2

Identifiseer of klassifiseer een of meer style of bewegings, hede of verlede, wat volgens jou 'n invloed op die ontwerper van hierdie stoel gehad het, toe hy dit beplan het. Motiveer jou antwoord met tipiese eienskappe van hierdie bewegings/style wat duidelik merkbaar is in Starck se ontwerp. Noem en bespreek enige DRIE universele beginsels van ontwerp wat in die ontwerp van hierdie stoel gebruik is.

(4) (6) [20]

Page 5: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 5 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2 Verwys na die ontwerp hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.

'n Plakkaat- en T-hempontwerp (identiteitsbeeld) deur Peet Pienaar gebruik vir 'n 'eKapa'-konferensie wat in 2005 in Kaapstad gehou is.

2.1 2.2 2.3

Wat is die fokuspunt van die ontwerp? Hoe het die ontwerper dit verkry?

Dink jy hierdie ontwerp is geskik vir alle groepe mense? Ondersteun jou antwoord met 'n beredeneerde argument.

Verduidelik wat jy dink polities korrekte (PK)-ontwerp beteken.

(3) (5)

(2) [10]

Page 6: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 6 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 3.1

Vergelyk die twee geboue hieronder in terme van die volgende: (verwys na verskille en ooreenkomste) • Invloede • Materiale • Tegnologie • Funksie • Motiveer watter een, volgens jou, die suksesvolste ontwerp is.

FIGUUR A: Kunsterapie-sentrum in Soweto – Kate Otten Argitekte. 'n Blik op die terapie-kamer (buite- en binnekant).

FIGUUR B: 'Bird's Nest', die Chinese Nasionale Stadion in Beijing.

Gebruik vir die 2008 Olimpiese Spele. Gemaak van gewapende beton.

(10)

Page 7: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 7 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2

Skryf 'n toespraak vir 'n ontwerpkonferensie oor 'n Suid-Afrikaanse ontwerper of ontwerpgroep/-ateljee/-agentskap van jou keuse. Die vereistes vir die toespraak is soos volg:

3.2.1

3.2.2

Noem die ontwerper of groep/ateljee/agentskap en beskryf kortliks EEN van sy/haar/hulle werke. Bespreek die volgende kortliks: die voornemens/invloede, die karakteristieke styl en werksmetodes/-tegnieke.

(4) (6) [20]

VRAAG 4 4.1 Professionele ontwerpers word dikwels gevra oor die style in die

ontwerpgeskiedenis wat 'n groot invloed op hulle gehad het.

Na aanleiding van die ontwerpgeskiedenis wat jy bestudeer het, besluit watter TWEE style uit die lys hieronder die grootste invloed op jou as ontwerper gehad het. Bespreek elkeen volledig.

Kies TWEE van die volgende: Kuns-en-Kunsvlytbeweging (1850 – 1900) Art Deco (1925 – 1939) Modernisme (1935 – 1955) Pop/New Age (1955 – 1975) Postmodernisme (1975 tot op hede) Gebruik die volgende riglyne in jou bespreking: • Noem die style, 'n ontwerper en 'n ontwerp van elkeen. • Verwys na die invloede op hierdie bewegings/style. • Bespreek die kenmerke van elke beweging. • Verduidelik die belangrikheid van die bewegings/style vir jou.

(4) (4) (10) (2)

Page 8: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 8 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.2

Die plakkate hierbo geïllustreer (FIGUUR A en FIGUUR B) kom uit twee

verskillende bewegings in die ontwerpgeskiedenis. Identifiseer die moontlike style of bewegings waaruit jy dink hierdie werke kan kom en vergelyk die historiese konteks en/of tipiese kenmerke van hierdie style of bewegings waarin die voorwerpe gemaak kon gewees het.

(10) [30]

TOTAAL AFDELING A: 80

FIGUUR A

FIGUUR B

Page 9: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 9 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ONTWERP IN 'N SOSIALE/OMGEWINGSKONTEKS VRAAG 5

5.1

FIGUUR A FIGUUR B

Verduidelik hoe die ontwerpers van FIGUUR A en FIGUUR B

teenoorgestelde boodskappe probeer oordra het. Vergelyk die volgende kwessies, soos gesien in FIGUUR A en FIGUUR B:

5.1.1

5.1.2

Konteks/gebruik van beelde/inhoud Die gebruik van tipografie/lettertipe in elkeen

(6) (4)

Page 10: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 10 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5.2 Verantwoordelike ontwerpers behoort versigtig daaroor na te dink hoe hulle

ontwerpe die mensdom beïnvloed. Kies enige EEN Suid-Afrikaanse sosiale kwessie wat jy bestudeer het. Gee jou kritiese mening oor die invloed daarvan op ontwerp in Suid-Afrika, byvoorbeeld stereotipering, geslagskwessies, waardes en veiligheid, ensovoorts. Sommige voorbeelde word hieronder getoon. Jy kan EEN van die moontlikhede hieronder kies om te bespreek.

Drukkerswese: VroulikeImanlike konstruering in gewilde tydskrifte.

Musiek: Herdefiniëring van die jeug se identiteit in kontemporêre Suid-Afrika.

Reklame: Kontemporêre dilemmas in Suid-Afrika.

Argitektuur: 'n Inkopiesentrum as visuele kultuur.

(10) [20]

Page 11: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 11 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6 Beantwoord TWEE van die VIER vrae. Kies VRAAG 6.1 en 6.2 OF VRAAG 6.3 en 6.4.

6.1 Skryf 'n artikel vir 'n omgewings-/sosialebewustheidstydskrif oor die volgende:

Plaaslike ontwerp en ons Suid-Afrikaanse omgewing Gebruik die volgende opskrifte: • Naam van die ontwerper/groep/ateljee/agentskap. • Noem die ontwerpproduk en bespreek TWEE invloede op hierdie werk. • Bespreek die tipiese kenmerke, materiale en tegnieke. • Bespreek die ontwerper se bydrae tot die bou van 'n 'groen'/

'eko-vriendelike'/volhoubare of sosiale positiewe omgewing in Suid-Afrika.

(1) (3) (4) (2)

EN

Page 12: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 12 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.2 LOT/EK: Mobiele Wooneenheid (MWE)

Hierdie eenhede word tans in die Verenigde State van Amerika uitgestal. Hieronder is verskillende aansigte van die skeepsvraghouers/eenhede wat vir huise of kantore gebruik word. Die skeepsvraghouer kan beskou word as 'n woonwa of kantoor met gestandaardiseerde, beweegbare elemente vir bad, kook, slaap en stoor. Dit is heeltemal mobiel en maklik vervoerbaar.

6.2.1

6.2.2

Bespreek DRIE moontlike probleme daaraan verbonde om in 'n skeepsvraghouer te woon en ook TWEE maniere waarop hierdie probleme oorkom kan word. Gebruik die foto's as verwysing. Noem enige EEN internasionale ontwerper wat jy bestudeer het en verduidelik hoe hy/sy omgewings-/sosiale innovering demonstreer deur middel van nuwe en byderwetse ontwerpe. Gee EEN voorbeeld van sy/haar werk.

(5) (5) [20]

OF

Page 13: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 13 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.3

6.3.1

6.3.2

Identifiseer die materiale wat in die ontwerp hierbo gebruik is en verduidelik hoe jy dink hierdie materiale 'n bydrae tot 'n 'groen' of volhoubare omgewing kan lewer. Bespreek enige EEN Suid-Afrikaanse ontwerper wat jy bestudeer het, wat op omgewings-/sosiale kwessies in ontwerp gefokus het. Noem die ontwerper en gee ten minste EEN voorbeeld van sy/haar werk.

(2) (8)

EN

Page 14: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 14 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6.4

Die twee hooftooisels hieronder is ontwerp deur die kostuumontwerper Julie Taymor vir die verhoogproduksie van The Lion King (1997), 'n musiekblyspel wat in Afrika afspeel. Hierdie musiekblyspel maak gebruik van menslike dansers in dierlike hooftooisels om die geveg tussen goed en kwaad uit te beeld. Dit beklemtoon ook die invloed van goed/kwaad op die omgewing en die diere self.

Julie Taymor gebruik 'n paar natuurlike materiale soos ligte balsahout en vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig.

6.4.1

6.4.2

Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo en verduidelik hoe die ontwerper dit reggekry het om die onnatuurlike wêreld van die verhoog in 'n natuurliker 'eko-vriendelike'/'groen' wêreld te verander. Daar moet na die gebruik van materiaal, metodes en inhoud (die 'boodskap') verwys word om haar sukses te verduidelik.

Bespreek die werk van EEN internasionale ontwerper van jou keuse wat op omgewings-/sosiale kwessies gefokus het. LET WEL: Jy mag nie dieselfde ontwerper gebruik as wat hierbo

getoon word nie. • Noem die ontwerper en die ontwerpproduk. • Analiseer die ontwerp met verwysing na omgewings-/sosiale kwessies.

(4) (6) [20]

TOTAAL AFDELING B: 40

Page 15: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 15 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: ONTWERP IN 'N BESIGHEIDSKONTEKS VRAAG 7 Beantwoord slegs EEN vraag. Kies VRAAG 7.1 OF VRAAG 7.2. 7.1 As 'n student van ontwerp is jy deur die redakteur van jou skoolkoerant gevra

om 'n motiverende artikel oor jou toekomsplanne as 'n ontwerper te skryf. Jy mag enige ontwerpveld(e) kies.

7.1.1

7.1.2 7.1.3 7.1.4

Bespreek jou moontlike studie- en loopbaangeleenthede as 'n ontwerper. Noem moontlike bydraes tot die gemeenskap en die omgewing wat jy met jou ontwerp(e) kan maak. Bespreek 'n moontlike besigheidsplan om by jou toekomsplanne as ontwerper te pas. Hoe sal jy jou ontwerpe/produkte bemark?

(10) (4) (10) (6) [30]

OF

7.2 Jou ontwerpmaatskappy het die trofee gekry vir die beste Suid-Afrikaanse

Ontwerp vir 2009.

7.2.1

7.2.2

Die kwessie van menseregte is 'n belangrike oorweging om hierdie toekenning te wen. Watter maatreëls het jou maatskappy in plek wat aandag gee aan die menseregte van jou werknemers? Jou maatskappy het een van jou administratiewe werknemers gekies om as 'n professionele ontwerper opgelei te word. Verduidelik die loopbaanrigting wat hy/sy sal moet volg om 'n professionele ontwerper by jou maatskappy te word.

(5) (5)

7.2.3 Berei 'n dokument voor vir die aansoek om 'n besigheidslening by

die Departement van Handel en Nywerheid. Identifiseer jou ontwerpbesigheid. Skryf 'n paragraaf oor ELK van die volgende riglyne: • Verduidelik hoe jy 'n teikenmark gaan vestig. • Verduidelik hoe jy jou besigheid en/of produk(te) sal adverteer.

(5) (5)

Page 16: NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 · 2018-05-01 · vere, en 'n paar sintetiese materiale ook bekend vir hulle ligte gewig. 6.4.1 6.4.2 Bestudeer die stelling en voorbeelde hierbo

Ontwerp/V1 16 DoE/Febr. – Maart 2009 NSS

Kopiereg voorbehou

• Verduidelik die eienskappe wat jy sal toepas om 'n suksesvolle

logo of produkmerk ('brand') vir jou produk te skep. • Dui die hoofopskrifte/-kategorieë aan wat jy veronderstel is om

in jou CV in te sluit.

(5) (5) [30]

TOTAAL AFDELING C:

GROOTTOTAAL:

30 150