Upload
vanessa-van-wyk
View
238
Download
7
Embed Size (px)
DESCRIPTION
Muldersdrif Gemeente Afkondigings 14 Augustus 2011
Citation preview
WELKOM BY ONS GESINSNAGMAAL
AFKONDIGINGS vir 14-20 Augustus 2011
SONDAG 14 AUGUSTUS 2011
Welkom by die erediens – Gelei deur ds Neels Kloppers
Gaskunstenaar : Marlouise
Alle volwassenes R75 Kinders tot 12jr R40
(Plus ‘n blikkie kos)
Kaartjies nou te koop by gasvrouens Memory Collatz, Rensia Swanepoel, Sanette du Plessis, Corli Pieterse, Hester Breytenbach, Esmé Kloppers, Ada van Wyk, Ferma Bekker, Marie Swanepoel
Saterdag 17 September 2011
9:30 vir 10:00
LENTEBRUNCH Ten bate van Abraham kriel kindersorg
SMS
Ons vra weereens om verskoning vir die sms’e wat nie uitgestuur word nie, ons stelsel is
alweer buite werking en behoort teen volgende week weer aan die gang te wees
Handelinge 2:45
“Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal
uitgedeel volgens elkeen se behoefte”
Strewers
Onthou van ons kamp-beplannings-vergadering
Dinsdag 16 Augustus om 10:00
In die kerksaal
Bring ‘n bordjie eetgoed
GEMEENTE GEBEDSVERSOEK
Ons vra dat ELKE gemeentelid saans om 20:00
‘n 3-minute gebed sal doen :
Bid asb vir : die Here se wil in ons gemeente
Ons is so geseënd, die Here gee so baie…
Ons het borge, donasies en skenkings of sommer net verniet
gekry… amper alles is betaal, slegs ‘n klein gedeelte van die
voedsel is betaalbaar.
So dis goedkoper om saam te kamp as om by die huis te bly…
Het jy al jou naam deurgegee aan Theda/Anita – doen dit
sommer nog VANDAG!!
Verjaardae
‘Mag julle ’n wonderlike verjaardag beleef’
Vandag 14 Augustus 2011 Piet Myburgh 082 333 4440 Rinus Brink 082 222 3700 Koert de Necker 084 512 7586
Maandag 15 Augustus Arnél du Plessis 082 575 4569 Charmaine Coetzee 082 934 9713 *Anya Lok 011-662 2865 Pieter Bezuidenhout 082 439 4965 Meisie Engelbrecht 082 895 9373 *Jonelle Verster 076 713 6471
Dinsdag 16 Augustus *Ruan van As Phillip Verster 082 490 8781 Elize Pike 083 373 0219
Woensdag 17 Augustus Gerbrand van Heerden 082 788 6861 *Thalia de Wet 083 260 4785
Donderdag 18 Augustus Trudie Myburgh 084 548 0851 *Alec Brink 011-954 4227 *WH Murray 011-869 9700 Jacques Lightfoot 011-662 2326
Vrydag 19 Augustus Wentzel Strydom 083 331 6629 *Wilmé Putter 012-664 1881
Saterdag 20 Augustus Paul Brümmer 082 882 6556
* jeug
Enige nuwe of bestaande lidmate wat by die gebedsaksie of enige ander bediening wil
inskakel, kan hul name deurgee na die kerkkantoor by [email protected]. Rensia sal dit
aan die betrokke portefeuljeleier besorg.
NOODFONDS
Die Bestuursraad het ‘n Noodfonds goedgekeur waarin ons geld gaan hou vir nood in die
gemeente. Gedurende die afgelope jaar het ons alreeds 7 gesinne kon help met kos, klere en
berading. Indien jy voel om ‘n bydrae hiertoe te maak, doen dit op die gewone manier deur ‘n
koevert in die kollektebord te plaas of ‘n internetoorbetaling, merk dit asb. met die verwysing
“Noodfonds”.
Ons wil ‘n GROOT dankie sê aan elkeen wat bygedra het sover,
julle help ontsaglik baie!
Inskakeling
Vandag 14 Augustus
8:30 Gesinsdiens en NAGMAAL
Geen JEEP-diens en kinderkerk Maandag 15 Augustus
19:00 Bestuursraad Dinsdag 16 Augustus
10:00 Strewers Woensdag 17 Augustus
9:30 Bybelskool
19:00 Bybelskool Sondag 21 Augustus
8:30 Erediens
8:30 JEEP-diens en kinderkerk
Vir wie sê Jesus:
“Maar ek het vir jou
gebid dat jou geloof jou
nie begewe nie. As jy
weer tot inkeer gekom
het, moet jy jou broers
versterk.”
Antwoord elders…
Koördineerder:
Anita Duif S: 082 411 7015 F: 086 589 9332; E - [email protected]
Ons bid vir . . SIEKES:
Maude en Fred Laurence: tannie Maude sterk tuis aan, oom Fred ook swak, bid asb vir albei vir rustigheid (079 312 8944) Nadia du Plooy: 7jr oud, terug by skool, wag vir nog toetsuitslae, moontlik spesiale individuele medikasie, bid ook vir Ma Lize vir krag en moed in hierdie tyd (Ma Lize 082 859 1434) Anneke Joubert (moeder van Christine Kruger): motorneuronsiekte , bid vir krag in hierdie tyd (Christine 083 301 6615) Johan Jansen van Rensburg: nog ‘n niersteen-operasie 11/8, ons bid vir spoedige beterskap (084 250 2087) Louis Swanepoel: rugprobleme, ontsettend baie pyn, behandeling by rugfisioterapeut, werk nog in UAE (Rensia 071 819 2822) Pieter Booysen: gaan vir toetse vir maag (072 737 4158) Corrie Brink: rugprobleme, sien spesialis 17/8 (072 446 2612)
Roudiens vir Brigitte (Carney-familie): Woensdag 24 Augustus om 11 :00
Kalender
‘n Hartlike van ons aan jou…
Ons vertrou dat ons gemeente vir jou ‘n ware geestelike tuiste sal bied. Ontmoet asb die diensspan in die voorportaal om meer inligting oor die gemeente te kry of ‘n nuwe lidmaat-pakket af te haal. U kan ook die kerkkantoor gedurende die week kontak. Onthou om die vorms so gou as moontlik terug te bring sodat julle op ons databasis bygevoeg kan word.
Datum Naam/Omgeegroep kontak
persoon
kontak
nommer
7 Augustus
Omgeegroep
Abraham van
Wykweg 45/
Featherbrooke
Memory Collatz 011-662 1005
14 Augustus Featherbrook
Omgeegroep Claudia Nel
Kobus
083 310 0834
21 Augustus Strewers Anita Duif 082 411 7015
4 September Omgeegroep
Honeydew
Martie en Kriek
Badenhorst 010-222 0651
Tee Skinkbeurte
Fokustekste
Agtste week in Koninkrykstyd
Jesaja 56: 1, 6-8
Romeine 11: 1-2a, 29-32; Matteus 15 (10-20) 21-28
Koördineerder: JACQUELINE KLEM : 082 920 6679
1. Gebedsversoeke en Getuienisse Jy is welkom om enige gebedsversoeke, gebedsverhorings en getuienisse deur te stuur op enige van die volgende maniere:
1. SMS Jacqueline op 082 920 6679 2. SMS kerkkantoor op 082 851 5163 / 079 697 1163 3. Bel die kerkkantoor of die leraars (sien agter op afkondigings vir al die kontak besonderhede) 4. Stuur ‘n epos na ons gebeds /getuienis epos adres: [email protected] – die eposse sal uiters
konfidensieël en vertroulik hanteer word en as jy anoniem wil bly of namens iemand anders konfidensieël voorbidding vra kan jy net so aandui in jou epos (Slegs die gebedsaksieleier het toegang tot die eposse en sal dit met respek & omsigtigheid hanteer)
5. Skryf op die voorbidding/getuienis blaadjie en plaas dit in een van die kruike in die voorportaal 6. Bring jou versoek/ getuienis na die erediens Sondag of tydens enige ander geleentheid en plaas
in die kruike
2. Voorbidding & Getuienis elke Sondag Elke Sondag word daar nou spesifiek tyd ingeruim vir gebed en om oor al die gebedsversoeke te bid, sowel as om die Here te dank vir die gebedsverhorings ontvang. Daar sal ook geleentheid wees vir kort getuienisse tydens die dienste, beide die JEEP en hoofdiens.
3. Voorbidding en Dankgebedspan As jy wil betrokke raak by die gebedspan – laat weet asseblief vir Jacqueline by [email protected]/ [email protected] of sms na 082 920 6679 of bel sommer en praat lekker persoonlik.
4. Inligting Soos in die verlede sal die gebedstafel allerhande inligtingstukke beskikbaar hê vir enige iemand wat meer wil weet oor gebed en gebedsaksies. Die daaglikse epos, weeklikse afkondigings en smse sal ook gereeld inligting deurgee oor gebed en voorbidding.
5. Kennis en Wêreldvoorbidding Ons sal streef daarna om meer kennis oor gebed en die wêreld waarbinne ons lewe met die gemeente te deel. Neem gerus elke week ‘n gebedskaartjie en bid elke dag vir daardie land / geleentheid
Antwoord: Petrus
Lees Lukas 22:32
HET JY ’n SPINNEKOP IN JOU LEWE?
Deur Benescke Janse van Rensburg
Piet Visagie was platsak en desperaat om by die volgende dorp te kom. Toe een van die vragmotorbestuurders vir ’n oomblik wegkyk, het hy agter in die vraghouer ingeglip. ’n Paar minute later het die trok vertrek en Piet het homself tuisgemaak en met die ritmiese gedruis van die bande op die teer aan die slaap geraak.
Twee ure later het Piet in die pikdonker vraghouer wakker geskrik. Iets harig was besig om teen sy wang uit te klouter. Nog half deur die slaap het hy die harige voorwerp met sy hand probeer wegvee – tevergeefs. Piet het sy boksie vuurhoutjies uit sy sak gehaal en een aangesteek. In die dowwe lig het hy meteens na die punt van ’n reusagtige, harige Tarantula-spinnekop se poot teen sy wang gestaar. Met een sprong was Piet teen die vraghouer se deur. Hy moes uitkom. Hy moes wegkom van hierdie spinnekop af! Toe kom die skok: Die vraghouer se deure is gesluit! Vrees en paniek het Piet oorweldig terwyl hy teen die geslote deure begin hammer en skree het.
Toe die vragmotor eindelik die volgende dorp bereik, het die bestuurder gaan ondersoek instel na die geskree vanuit die houer. Hier het hy vir Piet gekry – bewend met opgeswelde, bebloede hande, totaal deurdrenk met vrees en angs. En die spinnekop? Dié het reeds van Piet afgeval toe hy daardie eerste sprong na die vraghouer se deur gegee het...
Piet se vrees het veroorsaak dat hy totaal perspektief verloor het. In ons lewens gebeur dieselfde maklik. Ons vrees vir wat in die toekoms op ons mag wag, kan verhoed dat ons die hede geniet. Wat is jou vrese vandag? Vrees jy dat jou huweliksmaat ontrou aan jou gaan wees? Dat ons regering die myne of landbougrond gaan nasionaliseer? Dat jou kind met dwelms of die verkeerde vriende deurmekaar gaan raak? Of dat jy by die werk afgelê gaan word of met “daardie” siekte gediagnoseer gaan word?
Die Psalmdigter, Dawid het ook vrees geken. In Psalm 55:5-6 lees ons: “O God, luister tog na my
gebed … want ek is desperaat. My hart krimp inmekaar as die doodse vrees my oorval. ’n
Verskriklike angs sak oor my toe sodat ek heeltemal paniekerig raak!” Luister egter na hoe Dawid perspektief behou het te midde van hierdie vrees: “Net God kan my verlos en daarom sal ek my oë
op Hom hou!” (Psalm 55:17)
Dawid het gekies om sy oë op God gevestig te hou. Hy het besef dat hyself geen gebeure in die toekoms kan beheer nie, maar dat God kan. Hy het besef al klop sy hart woes en bang, hy sy rus in God kan vind. Wat van jou? Waarop is jou fokus – die moontlike spinnekop wat jou bang en verlam laat soos Piet in die trok, of kyk jy na God wie jou beskerm en in wie jy jou vrede kan vind?
Vader God, dankie dat ek in my diepste nood en vrees na U kan kom met die wete dat U steeds
in beheer is. Help my vandag om elke vrees in my hart voor U troon neer te sit. Ek vra dit in
Jesus se Naam. Amen.
Omgeegroep Kontakpersoon Kontak no Epos adres Dag Tyd
Driefontein /
Swartkops
Stefan
Rudman
082 567
5586 [email protected] Dinsdae 19:00
Featherbrooke Kobus Nel 083 310
0834 [email protected] Dinsdae 19:00
Honingklip /
Steynsvlei
Fielie
Swanepoel
083 380
4706 [email protected] Wissel 19:00
Renosterspruit /
Lanseria Johan Nell
082 444
2625 [email protected] Vrydae 19:00
Abraham van
Wykweg 45,
Muldersdrif
Ronnie Collatz 011-662 1005 [email protected] Sondae 18:30
Lanseria / North
Riding / Lammermoor
(in Kinderkerk)
Sanette du
Plessis
076 309
7942 [email protected] Donderdae 18:30
Plovers Nest 1121
Featherbrooke Est
(Jong gesinne)
Johan &
Vivienne J van
Rensburg
011-662
2678 [email protected] Donderdae 19:00
Honeydew
Martie &
Kriek
Badenhorst
010-222
0651 [email protected] Sondae 17:00
Helikia (Jong
Volwassenes)
Charmaine
Joubert
076 544
4406 [email protected] Woensdae 19:00
Bybelskool Ds Neels 083 560
3814 [email protected]
Woensdag
oggende &
aande
9:30
&
19:00
Omgeegroepe: Nuwe materiaal vir die derde kwartaal beskikbaar
by die Kerkkantoor.
Help jou om te herstel van die pyn van skeiding en egskeiding. Daar is nie baie mense om jou wat die pyn verstaan
wat deur skeiding of egskeiding veroorsaak word nie.
DivorceCare kan hiermee help. Dit is ‘n spesiale werkswinkel en ondersteuningsgroep vir mense wat deur ‘n egskeiding gaan of reeds geskei is. Die mense in hierdie groep verstaan jou pyn en wil jou troos en bemoedig in hierdie
moeilike tyd. Jy sal leer om die pyn van die verlede te verwerk en jy sal weer met nuwe verwagting kan begin bou
aan jou lewe. Kontaknommers: 011 475 1440 (tydens kantoorure)/Alet Reynders 082 927 9888 Plek: NG Kerk Constantiakruin H/v Yolanderylaan en Liebenbergweg Constantiakloof Roodepoort
Tyd: 19:00
Datum: Begin 30 Augustus vir 13 opeenvolgende weke – elke Dinsdagaand
Dienste
PASTORALE BERADING Geregistreerde berader bied:
• Christelike berading en ondersteuning
• Trauma en emosionele pyn
• Huweliks- en verhoudingsterapie
• Depressive en die rou-proses
Eis terug van jou mediese fonds.
Kontak Susan Eksteen op 076 051 1455 /
011-965 0987
Gilda Harris Fotografie Studio nou oop in Muldersdrif!
Swangerskap-; Baba-; Gesins- en Troufoto’s
083 317 7025 / 082 5677 446
www.ghphotography.co.za
email: [email protected]
Herstelwerk aan en/of nuwe grasdakke Kontak Dirk op 082 784 7856
BOEKHOU DIENS Alle boekhou dienste tot met balansstaat - sluit in
alle debiteure, krediteure, banke en rekonsiliasies.
� Jaareind state – nie net vir maatskappye nie
� Aankoop en installasie van Pastel pakkette
� Payroll, UIF, PAYE, BTW
Skakel Karin Grové op 082 821 1146
LOODGIETER Loodgieter-werk. Kontak Dewald op 076 758 0650
VAN WYK RAME Kontak ons vir enige raam van skilderye, foto’s,
sertifikate en vele meer.
Kontak Vanessa van Wyk op 083 419 3883
Dienste SIELKUNDIGES
Psigoterapie (kinders, adolessente en volwassenes),
studiemetodes, huweliksvoorbereiding,
huweliksberading, assesserings (skoolgereedheid,
skolastiese problematiek, vakkeuse,
beroepsvoorligting), ouerleiding, gesinsterapie en
werkswinkels. Mediese fonds tariewe, kontant
korting.
Kontak Andri Burger op 082 853 343 of
Annemarike de Beer op 084 208 7518
Epos: [email protected] Wegneemetes
JUDY SE KOMBUIS
Gesonde kos wat geskik is vir bv. kinders se middagete of indien mammas nie tyd het vir kosmaak wanneer dinge te besig raak.
Standaard porsie R25 genoeg vir 1 volw
Groot porsie R35 genoeg vir 2 volw
Hoendernoedelgereg Bobotie met rys Stroganoff Lasagne Kerrie en Rys Herderspastei Spek en kaas macaroni Chicken-a-la-king Spaghetti Bolognaise Vark goulash Bees en groentebredie Bees goulash Hoender en groentebredie Hoender goulash Romerige kerriehoender Spaanse hoender
Stysel by elke gereg.
Bel my vir bestellings, of kom koop in die saal na kerk... Judy 082 851 5649
Akkommodasie
Eenslaapkamer woonstel te huur. As jy belang stel, skakel:
Henna Booysen op 073 177 7804
Lanseria area – 2 slaapkamer woonstel te huur. R3000 p/m + elektrisiteit
Skakel Callie Botes op 072 606 9892
Kennisgewingbord
Leraars Ds Neels Kloppers
Sel 083 560 3814
Ds Kenneth Mckenzie
Sel 081 376 6709
Kerkkantoor Sel 079 697 1163
Faks 086 698 7605
Administrateur Maryna de Jager [email protected]
Kerk-SMS 082 851 5163
Admin Assistent: Rensia Swanepoel
Musiekleier Sanet Louw
082 824 9388
Dienspersoneel Terrein/ Koster Jack Segomotso
083 548 8263
Helikia – Jong Volwassenes Aksie Leier Jaco Crous: 082 853 5250
Epos: [email protected]
Jeug - Portefeulje Leier Sanette du Plessis
076 309 7942
Bestuursraad 2011
Portefeulje Bestuursraadlid Kontaknommer
Funksionele Portefeuljes
Bemarking & Kommunikasie Vermaak van Wyk 083 419 3883
Erediens Anton Steyn 082 785 6657
Finansiële Bestuur Gerbus Vermaak 082 440 0968
Hulpbron Bestuur Johan Nell 082 444 2625
Bedienings Portefeuljes
Gemeente Ronél Pieters 072 901 2463
Getuienis VAKANT -
Jeug Sanette du Plessis 076 309 7942
Omgeegroepe Danie Knipe 082 493 3908
Pastoraal Neels van Wyk 082 377 3250
Bestuursforum
Bestuursforum Koördinering Nico Doman 082 568 2120
Inligting Johan Vermeulen 082 464 6820
Ander kontakpersone
Strewers Anita Duif 082 411 7015
Tegniese ondersteuning Hannes v/d Merwe 011-662 2651
Spyseniering Ferma Bekker 072 958 4757
BANKBESONDERHEDE
Bank ABSA
Takkode 632005
Rekeningnaam NG Kerk Muldersdrif
Rekeningnommer 310580023
LOPENDE REKENING (TJEK)
Gemeente Besonderhede
Neem asseblief kennis dat die
gemeente geen landlyne het nie, kontak
ons op die selnommers
KERKKANTOOR URE
Maan tot Don 8:00 - 16:00
Vry 8:00 – 14:30